
Ben Vorster is gekroon as Limpopo se topskool in vanjaar se DStv Schools Challenge.
Vossies het ál hul wedstryde van die dag oortuigend gewen in die Botho-afdeling, terwyl Tshiawelo gekroon is as die Ubuntu-kampioen.
Die dag het ‘n reeks van naelbytstryde opgelewer, met elke span wat hul hart uitgespeel en alles op die baan gelos het.
Ben Vorster het in die kwarteindronde weggestap met ‘n sege van 23-11 oor Frans du Toit, maar in die halfeindstryd het dit ‘n taaier kragmeting afgegee teen HTS Tom Naudé, met Vossies wat naelskraaps met 17-15 geseëvier het.
Die eindstryd was ewe spannend, met Ben Vorster wat net-net met 18-17 vir Hoërskool Pietersburg getroef het. Sowel Vossies as Pieties dring dus deur na die nasionale fase van die toernooi.
In die Ubuntu-afdeling het Tshiawelo ‘n moeiliker pad gehad na kwarteindronde en twee van hul sewe wedstryde verloor. In die kwarteindstryd het dit bloedsweet gekos om vir Seboye met 25-23 te klop, maar die halfeindstryd teen Hluvuka het ‘n effens makliker sege van 18-13 opgelewer.
In die eindstryd het Tshiawelo vir Khaiso met 20-12 verslaan.
Botho-posisies:
- Ben Vorster
- Hoërskool Pietersburg
- HTS Tom Naudé
Ubuntu-posisies:
- Tshiawelo
- Khaiso
- Sebakananga
Resultate:
Kwarteindronde:
Ubuntu: Hluvuka 10, Ramathope 0; Khaiso 24, Bela-Bela 11; Tshiawelo 23, Seboye 15; Sebakanaga 22, Russel Bungeni 16.
Botho: Hoërskool Pietersburg 23, Louis Trichardt 9; HTS Tom Naudé 21, Merensky 9; Frikkie Meyer 17, Hans Strijdom 14; Ben Vorster 23, Frans du Toit 11.
Halfeindronde:
Ubuntu: Tshiawelo 18, Hluvuka 13; Khaiso 23, Sebakanaga 22
Botho: Hoërskool Pietersburg 21, Frikkie Meyer 13; Ben Vorster 17, HTS Tom Naudé 15.
Eindronde:
Ubuntu: Tshiawelo 20; Khaiso 12.
Botho: Ben Vorster 18, Hoërskool Pietersburg 17.
Die res van die resultate:
[ninja_tables id=”75166″]
