SSPN Test Site

Author: froberholzer

  • Woeries skok Menlo met ‘n enkele paaltjie

    Hoërskool Centurion het Saterdag in die finale ronde van die Finsbury-reeks se A Afdeling vir ‘n groot opskudding gesorg deur vir Hoërskool Menlopark met nét een paaltjie te klop.

    Wouter Kielblock en Charl Prinsloo was die Woeries se vernaamste uitblinkers.

    Kielblock het die aanslag met die bal gelei, en met puik boulsyfers van drie paaltjies vir 58 lopies die Menlo-kolwers op die agtervoet gehad. Morné Prinsloo (2/18) en Rehan Lues (2/46) het die verdere skade met die bal aangerig.

    Charl Prinsloo het sy bestendige spelpeil met die kolf voortgesit, en ‘n deurslaggewende 67 lopies van 87 aflewerings aangeteken. Louniel Prins het ook die wilgerlat ingelê vir sy bydrae van 32 lopies, terwyl Stefan de Villiers (24) en Rehan Lues (23) hul staal getoon het onder taamlike druk.

    Vir Menlopark het Pierre de Villiers se konstante lyn en lengte vir hom vier paaltjies in die sak besorg, en hy is effektief bygestaan deur die bybreekbouler, Gerhard Engelbrecht, wat self met twee paaltjies kon spog.

    Morné Koekemoer en James Bronkhorst was Menlopark se uitblinkers met die kolf, en hul onderskeie bydraes van 41 en 40 lopies het hul totaal op ‘n aanvegbare 189 te staan gebring.

    Hoër Volkskool Potchefstroom het hul reeks met ‘n wegholsege van 103 lopies teen Hoërskool Rustenburg afgesluit. Volkies se sterkolwer Themba Sontjane het einde ten laaste sy ritme gevind en vernuftig gekolf aan sy 72 lopies vanaf slegs 65 aflewerings.

    Kobus Pienaar se onoorwonne 51 en Ruan Smit se 36 lopies het die nodige ondersteuning gebied om Volkskool tot ‘n bevredigende telling van 231 te neem.

    Die Rusties se Zander Diedricks het op die dag kop en skouers bo die res van die boulers uitgetroon, en het aan die einde van sy skof met ‘n vyftal paaltjies, vir slegs 33 lopies, gespog. Die alsydige speler het sy uitmuntende boulvertoning opgevolg met ‘n netjiese beurt in die middelorde en sy span se hoogste telling van 37 lopies aangeteken.

    Die draaier, Wessel Oosthuizen, was ook lekker op dreef vir die Rusties, en het vir Diedricks mooi ondersteun met drie paaltjies vir 52 lopies.

    Die Volkies se goed afgeronde boulaanval was egter eenvoudig té sterk vir die Rusties. Hul twee aanvangsboulers , Dian Liebenberg (3/18) en Berno de Klerk (3/29), het die aanvanklike skade berokken, en die baan geweg vir die draaier Diaan van der Merwe om met twee paaltjies van sy eie af te sluit.

    Beknopte telkaarte: 

    Hoërskool Menlopark: 189 (Morné Koekemoer 41, James Bronkhorst 40, Daniel Pienaar 29, Ekstas 25; Wouter Kielblock 3/58, Morné Prinsloo 2/18, Rehan Lues 2/46). Hoërskool Centurion: 190/9 (Charl Prinsloo 67, Louniel Prins 32, Stefan de Villiers 24, Rehan Lues 23; Pierre de Villiers 4/26, Gerhard Engelbrecht 2/41). Centurion wen met een paaltjie.

    Hoër Volkskool Potchefstroom: 231 (Themba Sontjane 72, Kobus Pienaar 51*, Ruan Smit 36, Diaan van der Merwe 22; Zander Diedricks 5/33, Wessel Oosthuizen 3/52). Hoërskool Rustenburg: 128 (Zander Diedricks 37; Dian Liebenberg 3/18, Berno de Klerk 3/29, Diaan van der Merwe 2/18). Volkskool wen met 103 lopies.

     

  • KES come out on top in historic fixture against Helpmekaar

    King Edward VII School‘s in-form Callum Ritchie led the side from Johannesburg to yet another victory on Saturday in an historic match against Helpmekaar Kollege.

    It was the first time in 25 years that the two sides had met in a 50-over fixture. Before that, they had played only twice previously in the Johnny Waite T20 competition.

    Ritchie was, once again, the spearhead for KES with both bat and ball. With Helpmekaar batting first, he claimed KES’s best bowling figures of the day, sending two Helpie batsmen back to the pavilion at a cost of only 23 runs.

    The impressive Fayaaz Ahmed (2/42) provided good support, with two wickets of his own.

    Kyle Swanepoel was the pick of the Helpmekaar batsmen. The opener knuckled down and handled the pressure of the KES bowlers well to contribute a mature 65 runs. Juan Minnaar (35) and Anthony Stone (30) also chipped in with valuable contributions to help their side past the 200-run mark.

    Defending 213, the Helpie bowlers started well, led by Henno Steyn (2/21), who manufactured two much-needed breakthroughs in the first eight overs. Troy Gordon (35) led a recovery for KES as he and Callum Ritchie combined well for a 54-run partnership before Gordon was dismissed by Anrich Liebenberg (1/44).

    Ritchie, however, continued on his merry way, adding another excellent innings to his long list of them this season. His 76 runs from 94 deliveries broke the backbone of the chase and, with Zieg Roos weighing in with 34 runs, KES secured a five-wicket win.

    Hoerskool Waterkloof’s batsmen enjoyed their outing against St Alban’s College. Marcus Bakker, finally managed to kick on from a good start as he smashed 110 runs from just 89 deliveries, which included 11 fours and two sixes.

    Divan Behrens, continued his astonishing form, accumulating another 74 runs, while, at the other end, Wian Ruthven put on an exhibition of clean hitting, scoring 52 runs, as the pair combined for a 120-run opening stand.

    Christiaan Visage was the pick of the St Alban’s bowlers on a day that belonged to the batsmen, bowling well to return figures of three wickets for 65 runs. Liam Basch provided good support, claiming 2/67.

    Unfortunately for the St Alban’s batsmen, they couldn’t replicate the fiery performance of their Waterkloof counterparts. It wasn’t for a lack of trying.

    Zack Richardson batted extremely well for his 69 runs from 73 deliveries, while Kyle Block contributed a well-played 47, as he and Richardson shared a big 135-run stand for the second wicket.

    Wian Ruthven, though, spun a web around the St Alban’s batsmen, backing up his strong batting performance with a miserly 3/12 from 10 overs.

    Matthew Ward added 32 for St Alban’s, but it wasn’t enough in pursuit of a mammoth victory target of 363. Though they managed a respectable 250/6 in their 50 overs, it was still 112 runs short of Waterkloof’s intimidating total.

    St John’s College made light work of St Benedict’s College in their 50-over clash, and it began with the player of the match, David Ireland.

    Opening the bowling for St John’s, he put the St Benedict’s batsmen under tremendous pressure, sending down seven overs, five of which were maidens, and capturing 3/7. Alec Loveland (2/26) backed him up well.

    Carl Goosen led the way for St Benedict’s, with a fighting knock of 52 runs from 59 deliveries. A further contribution of 27 runs from Declan le Roux gave his side a needed boost, but 139 all out didn’t appear to be enough. It wasn’t.

    Joe MacRobert’s amazing form with the bat continued as he top-scored for St John’s for the second time in a week. The St John’s skipper wasted no time getting to his 62 runs, smashing seven fours and four sixes, in a fiery 27-ball stay, before he was run out by Cruz Pillay.

    Thomas Ievers, kept the scoreboard ticking along, with an unbeaten 47 runs from 44 deliveries, and shared in a 77-run stand with Macrobert, to see St John’s to a comfortable six-wicket victory after only 18.2 overs.

    Summarised scorecards

    Helpmekaar 213/7 (Kyle Swanepoel 65, Juan Minnaar 35, Anthony Stone 30, Anrich Liebenberg 24; Callum Ritchie 2/23, Fayaaz Vawda 2/42); King Edward VII School 215/5 (Callum Ritchie 76, Troy Gordon 35, Zieg Roos 34, Tiaan Goosen 20; Henno Steyn 2/21). King Edward VII School won by five wickets.

    Waterkloof 362/8 (Marcus Bakker 110, Divan Behrens 74, Wian Ruthven 51, Riley Miller 47; Christiaan Visage 3/65, Liam Basch 2/67); St Alban’s College 250/6 (Zack Richardson 69, Kyle Block 47, Matthew Ward 32, Patrick Weir 25, Liam Basch 23; Wian Ruthven 3/11). Waterkloof won by 112 runs.

    St Benedict’s College 139 (Carl Goosen 52, Declan le Roux 27; David Ireland 3/7, Alec Loveland 2/26); St John’s College 141/4 (Joe MacRobert 62, Thomas Ievers 47*; Declan le Roux 2/21). St John’s College won by six wickets.

  • Middies is ‘konings’ van Middelburg

    Hoërskool Middelburg het hul status as “konings van die krieketveld”, in Middelburg, bevestig, met ‘n oortuigende oorwinning van 156 lopies oor HTS Middelburg.

    Middies se alsydige Gavin Genis het verál koning gekraai, met sowel bal as kolf. Hy het nie alleen sy span se beste telling van 59 lopies, van 61 aflewerings, aangeteken nie, maar ook drie paaltjies vir 36 lopies laat spat.

    Ivan Deale was ewe goed op dreef, en het ‘n waardevolle 33 lopies  met die kolf bygedra. Hy en Genis het hul tyd saam in die middel geniet om ‘n handige vennootskap van 65 lopies tot die span se totaal van 241 by te dra.

    Ethan Dreyer, die Rooies se sterbouler, het uitgestaan met syfers van drie paaltjies vir 33 lopies, en is uitstekend bygestaan deur Hanro Terblanche (3/65) en Armand Kotze (2/2).

    Met die kolf was die Rooies egter teleurstellend. Anthoni Smuts (27) en Hanro Terblanche (21) was die enigste kolwers wat ‘n noemenswaardige bydrae kon lewer.

    Katlego Baloyi was egter uitstekend met die bal vir die Middies. Sy vyftal paaltjies het slegs drie lopies in drie beurte gekos. Dit, tesame met Genis se vertoning, het die Rooies tot slegs 85 lopies beperk.

    Hoërskool Dinamika het behoorlik by die agterdeur ingeglip, teen Hoër Volkskool Heidelberg. Die span van Alberton is as kampioene van Afdeling D in die Finsbury-reeks gekroon, nadat hulle het met twee paaltjies geseëvier het. Mohammad Valli se 57 lopies van 43 aflewerings was die beslissende faktor tussen die twee spanne.

    Jayden Smith se drie paaltjies vir 12 lopies het ook ‘n deurslaggewende rol in sy span se sege gespeel. Dit het veroorsaak dat Volkies slegs ‘n telling van 137 lopies op die telbord kon plaas.

    Maro Hartkoph was die span van Heidelberg se voorste kolwer met 46 lopies, terwyl Quentin Dietrechsen hard vir die Volkies baklei het met die bal. Sy boulsyfers van drie paaltjies vir slegs agt lopies, tesame met Jaco Botha se 3/23, was so hittete genoeg om ‘n opskudding te veroorsaak.

    Uplands College se Benji Loon het sy span na ‘n spannende ses-lopie oorwinning oor Hoërskool Merensky aangespoor. Loon was die span van Mpumalanga se voorste lopie- en paaltjievraat met onderskeidelik 52 lopies en boulsyfers van 3/50.

    Sy aanvangsbouler, Gregory Kazandjis, se ekonomiese skof van twee paaltjies vir 21 lopies het ook ‘n beduidende rol in Uplands se sege gespeel.

    Vir die Tzaneeners was dit weerens Rinaldo Bornman wat hand opgesteek het. Die voorslagkolwer het sy span se hoogste telling van 58 lopies behaal, en is mooi deur Luka Heinlein (54) en Xander Schoeman (26) bygestaan.

    Kyle Crous was die span se sterbouler met uitmuntende syfers van vier paaltjies vir 33 lopies. Ekstras was egter die Plasies se ondergang en derhalwe moes hulle die knie, na ‘n naelbyt-einde, buig.

    Beknopte telkaarte:

    Hoërskool Middelburg: 241 (Gavin Genis 59, Ekstras 43, Ivan Deale 33, Hendre Nel 21; Ethan Dreyer 3/33, Hanro Terblanche 3/65, Armand Kotze 2/2, WJ Enslin 2/43). HTS Middelburg: 85 (Anthoni Smuts 27, Hanro Terblanche 21; Katlego Baloyi 5/3, Gavin Genis 3/36)/ Hoërskool Middelburg wen met 156 lopies.

    Hoër Volkskool Heidelberg: 137 (Maro Hartkoph 46, Dandre Louw 20; Jayden Smith 3/12, Tyrone Whateley 2/49). Hoërskool Dinamika: 138/8 (Mohammad Valli 57; Quentin Dietrechsen 3/8, Jaco Botha 3/23). Dinamika wen met twee paaltjies.

    Uplands College: 213/8 (Benji Loon 52, Ekstras 33, Marley Waspe 32, Luke Barnard 27; Kyle Crous 4/33, Logan Janse van Rensburg 2/23). Hoërskool Merensky: 207 (Rinaldo Bornman 58, Luka Heinlein 54, Ekstras 38, Xander Schoeman 26; Benji Loon 3/50, Gregory Kazandjis 2/21). Uplands College wen met ses lopies.

  • Pieters-pragbeurt handhaaf Kempies se onoorwonne status

    Wian Pieters se uitmuntende beurt van 124 lopies teen Hoërskool Montana, het Hoërskool Kemptonpark se onoorwonne status in Afdeling B van die Finsbury-reeks gewaarborg.

    Pieters het slegs 141 aflewerings nodig gehad om sy spogtotaal op te stel. Sheldon Kruger het goeie ondersteuning gebied met 78 lopies van sy eie. Die twee het uitstekend vir ‘n vennootskap van 171 lopies gekombineer om vir Kempies behoorlik op die voorvoet te plaas.

    Joshua Shanker het sy goeie spelpeil voortgesit om verdere sout in die Monties se wonde te smeer, met ‘n bruikbare 56 lopies.

    Die Monties se jong kolforde het nietemin hul beste vertoning van die reeks gelewer. Luhan Theunissen het met 44 lopies die toon aangegee, terwyl Marco Rudolph (40) en Juan Theunissen (34) ook bedrewe bydraes gelewer het.

    Pieters kon egter nie ‘n voet verkeerd sit nie en het ook met die bal ook uitgeblink. Hy het drie paaltjies vir 30 lopies laat spat, terwyl Kempies se voorste bouler, Martin Williams, ook weer sy vaardighede tentoongestel het om syfers van drie paaltjies vir slegs 17 lopies te behaal.

    Floors Mynhardt het ‘n verdere twee paaltjies laat kantel om die Monties tot slegs 171 lopies te beperk. Dit het ‘n gemaklike oorwinning van 131 lopies vir die Kempies verseker.

    Hoërskool Hans Moore het hulle reeks met ‘n oorwinning van 29 lopies teen Hoërskool Monument afgesluit. Die Hansies het weereens ‘n goed afgeronde kolfvertoning gelewer, met Adrian Watson wat ‘n indrukwekkende 64 lopies gemoker het en die kaptein, Warren Minnaar, wat van voor gelei het nog 40 lopies op sy kerfstok.

    Verdere bydraes deur Kenan Shaw (27) en Aiden Shaw (27) het die Hansies tot ‘n goeie telling van 237/9 in hul toegelate 50 beurte gelei.

    Monument, die span wat die meeste verbetering deur die reeks getoon het, se Werner Durrheim het met die bal uitgestaan. Hy kon met twee paaltjies vir 28 lopies spog, terwyl Andre van Niekerk sy reeks met 2/34 afgesluit het.

    Met die kolf was dit Monnas se Rieghardt Prinsloo wat die voortou geneem het met ‘n indrukwekkende 64 lopies, terwyl Nicholas van der Colff (27) en Caleb dos Santos (24) die nodige ondersteuning gebied het.

    Dit was egter nie genoeg om ‘n nederlaag af te weer nie. Adrian Watson se vyftal paaltjies vir 46 lopies en Henre Everleigh se 2/27 het Monnas beperk tot ‘n telling van 208 voordat die laaste paaltjie geval het.

    Hoërskool Eldoraigne het hul reeks op ‘n hoogtepunt afgesluit deur vir Potchefstroom Gimnasium gemaklik met nege paaltjies te klop.

    Ryno Redelinghuys was die Eldo’s se vernietigendste bouler met drie paaltjies vir 17 lopies, terwyl Daniel Steyn (3/20) en Ruhan Oliphant (2/14) ook hul deel bygedra het.

    Wat die Gimmie-kolflys betref was daar weinig om oor huis toe te skryf. James Wood het hard gespook om sy span se hoogste telling van 12 lopies aan te teken, maar uiteindelik kon Gimmies slegs ‘n skamele totaal van 67 lopies bereik.

    Eldoraigne se Kyle de Bruin het het geen tyd gemors om 43 lopies van net 19 aflewerings te moker nie, terwyl Ryno Mulder oorkant hom ook die telbord aan die gang gehou het met 21 lopies van 27 balle om die Eldo’s gemaklik oor die wenstreep te help.

    Beknopte telkaarte: 

    Hoërskool Kemptonpark: 302/4 (Wian Pieters 124, Sheldon Kruger 78, Joshua Shanker 56; Hanu van Heerden 1/31). Hoërskool Montana: 171 (Luhan Theunissen 44, Marco Rudolph 40, Juan Theunissen 34, Schalk van Jaarsveld 21; Martin Williams 3/17, Wian Pieters 3/30, Floors Mynhardt 2/29). Kemptonpark wen met 131 lopies.

    Hoërskool Hans Moore: 237/9 (Adrian Watson 64, Warren Minnaar 40, Kenan Shaw 27, Aiden Shaw 27, Xavier Coetzee 25; Werner Durrheim 2/28, Andre van Niekerk 2/34, JD Landsberg 2/37, Antonie van Niekerk 2/48). Hoërskool Monument: 208 (Rieghardt Prinsloo 64, Nicholas van der Colff 27, Caleb dos Santos 24; Adrian Watson 5/46, Henre Everleigh 2/27). Hans Moore wen met 29 lopies.

    Potchefstroom Gimnasium: 67 (James Wood 12; Ryno Redlinghuys 3/17, Daniel Steyn 3/20, Ruhan Oliphant 2/14). Hoërskool Eldoraigne: 68/1 (Kyle de Bruin 43, Ryno Mulder 21; Thlone Thabata 1/2). Eldoraigne wen met nege paaltjies.

  • Queens High completes double over Jeppe

    Queens High School completed a double over Jeppe High School for Boys, following up a midweek win with a nail-biting one-run victory on Saturday.

    Opting to bowl first, Jeppe did the necessary hard work, making early inroads, to have the Queens’ batting lineup wobbling at 24 for two after the first eight overs.

    Bafana Mthunzi then dug Queens out of the hole, contributing a well-played half-century, with his 51, the innings’ top score, coming from 96 deliveries. Tespiso Senosi (32) provided much needed support.

    Luke Cannon, however, had the upper hand over the Queens’ batsmen, claiming figures of three wickets for 32 runs. The leg-spinner, Shreshth Kumar, wrapped things up nicely for Jeppe with his contribution of two wickets for only 13 runs.

    As had been the case on Wednesday, when Queens recorded a six-run win, the Jeppe batsmen found the going tough. Katlego Sekopane led the charge with the ball for Queens. In an inspired spell, he knocked over three wickets for 25 runs. Opening bowler Martin Willemse (2/37) weighed in with two wickets up front.

    Jeppe were wobbling on 88/4, but Munib Ayob fought hard, contributing a fighting 50 from 122 deliveries. Unfortunately for him, only Aiden Reyneke offered decent support, making 22, but that wasn’t enough as they fell short, by the barest of margins.

    St David’s Marist Inanda batted superbly against Parktown Boys’ High, with Jason Rowles blasting an exceptional century. He let loose, smashing 23 boundaries in a wonderful 148 runs from only 116 deliveries. Matthew West (130, 134b) was equally impressive performance, hitting 15 boundaries in his innings as Parktown laboured in the field.

    Morteza Manack (38) and Reecy Reddy (25*) contributed 63 runs between them towards the end of the innings, helping St David’s to a mammoth total of 385/3 from their 50 overs.

    Parktown, however, didn’t go down without a fight. Yahya Baba batted exceptionally well for an unbeaten century, making 105 from 131 balls, with 11 boundaries. Brent Mandizha (51, 44b) also made use of the batting-friendly conditions.

    Both sides’ top performers with the ball, Uwais Mahomed (Parktown) and Avela Sibisi (St David’s) claimed the same figures, picking up two wickets for 43 runs. The target of 386 was simply a bridge too far Parktown, however, and they came up 143 runs short.

    Summarised scorecards 

    Queens High School 157/10(Bafana Mthunzi 51, Tsepiso Senosi 32; Luke Cannon 3/32, Shreshth Kumar 2/13); Jeppe 156/10 (Munib Ayob 50, Aiden Reyneke 22; Katlego Sekopane 3/25, Martin Willemse 2/37). Queens High School won by one run.

    St David’s Marist Inanda 385/3 (Jason Rowles 148, Matthew West 130*, Morteza Manack 38, Reece Reddy 25*; Uwais Mahomed 2/43); Parktown Boys’ High 242/5 (Yahya Baba 105*, Brent Mandizha 51, Khanyis Kraai 25; Avela Sibisi 2/43). St David’s Marist Inanda won by 143 runs.

  • Midstream oorgehaal vir Marais Viljoen-uitdaging

    Midstream College sien uit na die uitdaging daarvan om die nr. 1-span in Afdeling C van die Finsbury-reeks, Hoërskool Marais Viljoen, in Pretoria te verwelkom.

    Die Pretorianers sal hul reeks terug op die wenpad wil plaas, na ‘n nederlaag teen Hoërskool Zwartkop in die vorige ronde. Midstream se vooraanstande bouler, Xander Senekal, vaar tot dusver uitstekend.

    Hy het regdeur die reeks opspraak gemaak met die bal, terwyl hy ook ‘n belangrike rol vervul op die kolflys.

    Die aanvangsbouler, Jonathan Wiseman, lyk ook of hy sy ritme in die vorige ronde herwin het. Wiseman het ‘n ietwat stil reeks beleef totdat hy ‘n indrukwekkende vertoning teen die Zwarries gelewer het.

    Jean Holtzhausen se terugkeer na sy besering was ook goeie nuus vir die span van Midrand. Hy het dadelik sy voete weer gevind en sal Saterdag die Marais Viljoen-boulers van meet af onder druk wil plaas.

    Jeandre Lourens sal weer sy plek in die middelorde opneem om die Midstream-kolflys verder te versterk.

    Marais Viljoen gaan die kragmeting met ‘n uiters sterk kolflys tegemoet. Die meerderheid van hul toporde het deur die loop van die reeks die lopies opgestapel. Aldre Huyzers, na sy spogvertoning met 109 lopies teen Hoërskool Ben Vorster, sal die kolfaanslag lei, terwyl Nathan Coleske se paaltjie ook een is wat Midstream vroeg sal wil laat kantel. Coleske se draaiboulwerk is voorts ‘n gevaarlike wapen in die span van Alberton se arsenaal.

    Midstream sal ook ligloop vir die aanvangskolwer, Tyron Bouw. Bouw sal wil opmaak vir ‘n teleurstellende vertoning teen die Tzaneeners verlede naweek, en dit maak hom uiters gevaarlik. Tiaan Kuhn sal die span se boulaanval lei, waarna ‘n bedrieglike draaibalaanval die lewe vir Midstream erg kan bemoeilik.

    Hoërskool Lichtenburg pak die reis aan na Centurion waar hulle teen Hoërskool Zwartkop in die laaste ronde te staan kom. Albei spanne het bemoedigende oorwinnings in die vorige ronde behaal, met die Zwarries wat vir ‘n opskudding teen Midstream College gesorg en die Liggies wat koning gekraai het oor Hoërskool Pietersburg.

    Die Liggies se gevaarlike duo met die bal, Ona Senokwane en Lethabo Memani, sal gretig wees om Centurion op horings te neem. Die twee spog gesamentlik met 15 paaltjies oor die laaste twee rondes. Senokwane vaar tot dusver uitstekend met die nuwe bal, terwyl Memani die skroewe in die middelste beurte weer styf sal wil vasdraai. Hy is ook een van die Liggies se beste kolwers tot dusver.

    Douw Jacobs kon in die laaste twee rondes 114 lopies met die kolf bymekaar maak, en  sal uitsien na die uitdaging wat Zwarries se sterk boulaanval bied.

    Vir die Zwarries is dit sy aanvangsbouler, Rowan Mclaren, wat ‘n deurslaggewende rol kan speel. Mclaren het uitstekend vertoon in die vorige twee rondes, met ses paaltjies wat hy laat spat het. Lichtenburg sal ook moet “ligloop” vir Liam van Wyk .

    Die twee voorslagkolwers, Zandre van Staden en Nicholas Conradie, sal die toon moet aangee om nog ‘n moontlike sege vir die Pretorianers te verseker.

    Hoërskool Ben Vorster gaan kuier agter die berg wanneer hulle teen tradisionele aartsvyande, Hoërskool Pietersburg, te staan kom. Albei spanne is nog wenloos in vanjaar se reeks, wat beteken dat ‘n sege in hierdie kragmeting die promosie-relegasie-spook sal weghou.

    Die Pieties se keurbouler, Hanno van Zyl, het in bykans elke wedstryd van die reeks met ‘n drietal paaltjies kon spog en hou groot gevaar in met die bal. Sy kolfwerk in die middelorde is ook nie te versmaai nie.

    Stephan Swanepoel sal van sy geleendheid in die toporde wil gebruik maak om sy lopietal op te stoot, terwyl die veelsydige Nicholaas Oerlemans ook sy pond vleis sal wil eis.

    Die Tzaneeners se kaptein, Njabulo Maseko, het nog nie op alle silinders gevuur nie, en sal in hierdie laaste wedstryd, teen die ou vyand, sy staal wil tentoonstel.

    Die draaier, Ndzalama Mushwana, het uitgestaan in die span se dragslae teen Marais Viljoen verlede naweek en, hoewel daar tot dusver nie baie op sy knoppie gedruk is om te boul nie, kan hy die Pietie-kolwers onder taamlike druk plaas. Ruben Pohl sal sy puik werk as paaltjiewagter wil voortsit en is ook ‘n bestendige kolwer in die Vossies se middelorde.

     

     

  • Kempies wil onoorwonne status behou

    Die Hoërskool Kemptonpark sal hul onoorwonne status in die Finsbury-reeks wil behou wanneer hulle Saterdag tuis teen Hoërskool Montana te staan kom.

    Die Kempies het deur die loop van die reeks uiters gemaklik voorgekom teen al hul teenstanders , en dit is grotendeels te danke aan ‘n sterk kolflys.

    Floors Mynhardt, die Kempies se nr. 1-kolwer, sal sy reeks op ‘n hoë noot wil afsluit, en na verlede naweek se teleurstelling, so gou as moontlik sy normale vorm wil herwin.

    Joshua Shanker, ook lekker op dreef, sal vir oulaas ‘n aansienlike telling op die bord wil plaas.

    Die sterk Kempie-kolflys behoort die nodige ondersteuning van ‘n bekwame boulaanval te ontvang. Martin Williams en Warren Pretorius sal hier die leiding neem. Albei is venynig met die bal en behoort die Montana-kolwers deeglik te toets.

    Vir die jong Monties-span was hierdie ‘n moeilike reeks, met die Pretorianers wat naarstiglik soek na ‘n eerste oorwinning in die kompetisie. Du Preez Prinsloo sal derhalwe wil voortbou op sy belowende beurt teen Hoërskool Monument.

    Wouter Kotze is ook nie te versmaai met die kolf nie en sal uitsien daarna om die Kempie-boulers aan te vat.

    Die Monties se bestendige Luca Bairos sal ‘n gevaar met die bal en die kolf inhou. Bairos het in elke wedstryd hard probeer om vir die die Monties ‘n  eerste sege te laat realiseer, en sal hoop dat Konrad Koukeas weer sy lengtes kan handhaaf om die Kempie-kolwers onder druk te plaas.

    Hoërskool Hans Moore reis na Krugersdorp waar Hoërskool Monument op hulle wag. Monnas sal die Hansies met hernude ywer aanpaak na hul sewe-paaltjie oorwinning oor Hoërskool Montana in die vorige ronde. Rieghardt Prinsloo sal die Krugersdorpers se gevaarman met die kolf wees, terwyl hy met sy boulwerk ook ‘n sleutelrol vir Monnas kan vervul.

    Joshua McCoy se 31 lopies in die vorige ronde sou sy selfvertroue ‘n hupstoot gegee het, terwyl Monnas se voorste bouler, André van Niekerk, met mening die bal laat praat. Van Niekerk spog met nege paaltjies in sy laaste twee verskynings, en hou groot gevaar vir die Hansies se kolflys in.

    Die Hansies se Xavier Coetzee sal die uitdaging verwelkom. Die voorslagkolwer was in die Hansies se vorige twee kragmetings uitstekend op dreef, met tellings van 85 teen Potchefstroom Gimnasium 84 teen Hoërskool Eldoraigne.

    Tihan Eloff het ook sy ritme gevind met ‘n goeie vyftigtal, maar sal dit ‘n stappie verder wil neem hierdie week. Hanroux Siemens sal die Hansies se boulaanval lei en vir oulaas die Monnas-kolwers op hul tone hou.

  • Marvellous MacRobert ton secures St John’s victory over Norries

    St John's College 1st XI captain Joe Macrobert.
    St John’s College 1st XI captain Joe MacRobert.

    Joe MacRobert’s marvellous century led St John’s College to a comfortable victory over Hoërskool Noordheuwel in a Johnny Waite T20 clash on Thurdsday.

    The opening batsman put the Norries to the sword, scoring 106 runs from just 56 deliveries. MacRobert’s innings included 11 boundaries, with five of them landing on the other side of the boundary.

    He combined well with his opening partner, the reliable, Nkosana Sibiya, for an assertive 50-run opening partnership. Sibiya contributed 24 of the 53 runs before Sage Pretorius (1/38) manufactured a much-needed breakthrough.

    After that, MacRobert floored the accelerator. Combining with Thomas Ievers (24), the pair piled on 105 runs in just 8.2 overs, scoring at nearly 13 runs to the over.

    A mini collapse, initiated by the pick of the Noordheuwel bowlers, Marius Penning, pulled it back somewhat for the side from Krugersdorp. On a day that undoubtedly belonged to the St John’s batsmen, Penning returned 2/25 from his four-over spell.

    Set a daunting 192 runs to win, Norries got off to a wobbly start, losing their first two wickets in the powerplay. Dian Taljaard led their recovery, top scoring with 28 runs. Middle-order batsmen Dylan Potgieter (24) and Pieter Bezuidenhout (26*) offered up some resistance, too. It wasn’t enough, though.

    An economical bowling performance by the St John’s bowlers, well led by Alec Loveland, kept the Noordheuwel batsmen subdued. He bowled magnificently, picking up 1/18. David Ireland, with 1/22, lent good support as the home team strode to a 45-run victory.

    Summarised scorecard: 

    St Johns College 191/5 (Joe MacRobert 106, Nkosana Sibiya 24, Thomas Ievers 24; Marius Penning 2/25); Noordheuwel 146/5 (Dian Taljaard 28, Pieter Bezuidenhout 26*, Dylan Potgieter 24, Duan van Aswegen 22; Alec Loveland 1/18). St Johns College won by 45 runs.

     

  • Middelburgers pak mekaar in buurstryd

    Middelburgers pak mekaar in buurstryd

    Middelburg kan uitsien na ‘n liplekkerstryd wanneer die twee plaaslike skole, Hoërskool Middelburg en Hoër Tegniese Skool Middelburg, in die laaste ronde van die Finsbury-reeks met mekaar kragte meet.

    Dit is altyd ‘n reuse naweek wanneer die twee skole op enige gebied meeding, en die gunstelinge in hierdie naweek se stryd, Hoërskool Middelburg, sal oorgehaal wees om die reeks met slegs ‘n enkele nederlaag af te sluit.

    In teenstelling daarmee sal HTS Middelburg sy reeks met ‘n sege wil afsluit, na ‘n nederlaag met vyf paaltjies teen Hoërskool Merensky in die vorige ronde.

    Die Middies se krag lê in hul sterk kolflys. Shuan Taljaard, die span se voorste kolwer, het in sy laaste twee wedstryde gesamentlik 119 op sy kerfstok geplaas, en Zubair Desai sal op die gholf van selvertroue, na sy beurt van 53 lopies verlede naweek, wil ry.

    Eduan Strydom sal die Middies-boulaanval lei, nadat hy ses paaltjies in sy laaste twee verskynings geneem het.

    Vir die Rooies sal kaptein, Toy Engelbrecht, van die massiewe geleentheid wil gebruik maak, nadat hy regdeur die reeks, met die bal en kolf, die toon aangegee het, om met ‘n groot vertoning af te sluit.

    Ethan Dreyer is die gevaarman met die bal in hand, terwyl die bestendige WJ Enslin ook ‘n groot gevaar vir die Middie-kolwers inhou.

    Arman Kotze sal oudergewoonte die anker in die Rooies se kolflys wees, nadat hy oor die laaste twee wedstryde goeie momentum opgebou het. Die voorslagkolwer sal hoop om sy span, met nóg ‘n spogvertoning met die kolf, oor die wenstreep te kry.

    Merensky reis vir die tweede agtereenvolgende week Mpumalanga toe wanneer hulle Saterdag teen ‘n omgekrapte Uplands College te staan kom. Die Plasies sal hoop dat hul snelbouler, Topher Elphinstone, sy vertoning teen HTS Middelburg verlede naweek kan herhaal. Die Tzaneeners hou ook asem op om te hoor of hul vooraanstaande bouler, Luka Heinlein, sy terugkeer, na ‘n maagspierbesering, kan maak.

    Met die kolf sal die paaltjiewagter/kolwer, JP Botha, weer op sy stukke wees. Botha is uiters gevaarlik wanneer hy eers by die kolfkampie gevestig raak. Die bestendige Rinaldo Bornman sal ook sy plek in die middelorde opneem om die Plasies se kolflys verder te versterk.

    Die gewonde Uplands College sal nietemin ‘n handvol wees. ‘n Oorwinning Saterdag sal die span van Mpumalanga uit die stryd vir die houtlepel en promosie-relegasie hou.

    Die span se keurbouler, Kai Naylor, was in die laaste twee kragmetings in ‘n verwoestende bui en het agt paaltjies oor die vorige twee rondes ingepalm.

    Die veelsydige Leam van Zyl sal ook op die Tzaneeners wag na sy bestendige vertonings deur die reeks, en sal die nuwe bal vir sy span opneem, terwyl hy die kolflys in die middelorde behoort te versterk.

    Jack Robson sou ook taamlike selfvertroue uit sy vyftigtal teen Hoërskool Dinamika geneem het. Die voorslagkolwer sal mik om die Plasies se boulaanval voortdurend onder druk te plaas.

  • Rusties en Volkies mik om Finsbury-reeks op hoë noot af te sluit

    Hoërskool Rustenburg is daarop uit om sy Finsbury-reeks op ‘n wennoot af te sluit wanneer hulle met Hoër Volkskool Potchefstroom in Rustenburg kragte meet.

    Die Rusties het tot dusver ‘n bevredigende reeks geniet, en slegs teen die twee skole van Pretoria, Hoërskool Waterkloof en Hoërskool Menlopark, vasgeval.

    Logan Rossouw, die span van Noordwes se voorste kolwer, sal sy belowende spelpeil wil voortsit teen ‘n sterk Volkie-boulaanval. Rossouw se pragbeurt van 59 in die vorige ronde, teen Hoërskool Centurion, het ‘n beduidende aandeel in sy span se oorwinning van vyf lopies gehad.

    Sy ekonomiese boulwerk, soos regdeur die reeks bewys, behoort ook krities te wees indien die Rusties hoop om met ‘n oorwinning af te sluit.

    Benewens Rossouw, sal Volkies ook vir Callie Fryer moet ligloop. Die alsydige speler is lekker op dreef en die laaste wedstryd van die reeks behoort reuse motivering, om ‘n betekenisvolle bydrae te lewer, te bied. In die bouldepartement, sal Zandre Diedericks die Volkies se toporde met mening toets.

    Potch Volkies, ook goed op dreef, se momentum is ietwat gebreek deur ‘n nederlaag teen Waterkloof in die vorige ronde. Devan Obelholzer is die gevaarman met die bal in die hand en spog met ‘n halfdosyn paaltjies oor die laaste twee rondes.

    Berno de Klerk, die Potchefstromers se beste kolwer in die vorige ronde, sal  Diedericks en kie onder kwaai druk wil plaas, en ook hoop dat Diaan van der Merwe sy teleurstelling van verlede naweek agter hom kan sit.

    Van der Merwe moet mik om weer sy vertoning van 112 teen Hoërskool Centurion te herhaal. Die kaptein, Louis van Wyk, kan ook nie misgekyk word nie en sal van voor, met die kolf en bal, wil lei.

    Hoërskool Centurion het ‘n taamlike taak op hande wanneer hulle vir Hoërskool Menlopark tuis verwelkom. Die Woeries sal Menlopark se keurkolwer, Dian van Zyl, vroeg wil terugstuur pawiljoen toe, maar Van Zyl spog met 164 lopies in sy laaste twee beurte en dit blyk of daar geen keer aan sy indrukwekkende spelpeil is nie.

    Ewald Meyer sal ook weer onder die lopies wil maai nadat hy hope selfvertroue in sy beurt teen Hoërskool Nelspruit in die vorige ronde gebou het. Die Pretorianers se bybreekbouler, Gerhard van Zyl, behoort ook deurgaans ‘n bedreiging vir die Woeries in te hou.

    Charl Prinsloo, die Woeries se kaptein, het regdeur die reeks van voor gelei, met sowel bal as kolf, en sal die reeks op ‘n hoë noot wil afsluit, terwyl Judah Phillips sy bestendige vorm met die kolf sal wil voortsit.

    Wat boulwerk betref, sal Morné Prinsloo die Menlo-kolwers op hulle tone hou en ook hoop dat Rehan Lues weer sy ritme vind. Lues het tot dusver ‘n ietwat stil reeks beleef en sal oorgehaal wees om met ‘n laaste goeie vertoning vorendag te kom.

    Hoërskool Nelspruit en Hoërskool Waterkloof het verlede naweek reeds hulle reeks afgesluit. Die Klofies sal egter steeds in aksie wees wanneer hulle met St Alban’s College swaarde kruis.