SSPN Test Site

Author: froberholzer

  • Liplekker-stryd wag in Pretoria

    Die derde-ronde stryd tussen die twee Pretoriaanse skole, Midstream College en Hoërskool Zwartkop, behoort toeskouers Saterdag op die punte van hul stoele vasgenael te hou.

    Die onoorwonne Midstream sal die wedstryd as gunstelinge betree. Die span van Midrand is inderdaad uitstekend op dreef, met hul aanvangsbouler, Xander Senekal, wat oudergewoonte die boulaanslag sal lei.

    Senekel, pas na sy vyftal paaltjies teen die Hoërskool Ben Vorster verlede naweek, sal sy verwoede ritme teen die Zwarries wil voortsit.

    In die kolfdepartement kan dinge nie veel beter gaan nie. Meeste van die Midstream-kolwers is op vorm, met Jeandre Lourens wat uitstaan. Die voorslagkolwer se paaltjie sal ongetwyfeld in die Zwarrie-boulaanval se visier wees.

    Aan die Zwarries-kant sal die bestendige Nicholas Conradie poog om Senekal en kie onder druk te plaas. Conradie het tot dus ver vuurwarm vertoon met die kolf, en is die span van Centurion se sleutel to sukses.

    Conradie sal hoop dat Wihan Gelderblom ook sy goeie spelpeil van die vorige twee rondes kan voortsit. Wat die boulwerk betref, sal Rowan McLaren vroeg-vroeg sy klas wil tentoonstel en ‘n beduidende rol speel om die imponerende Midstream-kolflys onder druk te plaas.

    Hoërskool Pietersburg pak Saterdag weer die langpad aan wanneer hulle teen Hoërskool Lichtenburg in Lichtenburg te staan kom. Albei spanne lek nog wonde na nederlae in die vorige ronde.

    Die Pieties sou egter heelwat selfvertroue uit sy vertoning teen Zwartkop geput het. Die jongeling, Andreas Jansen, het lekker ritme gevind met die bal en sal Saterdag daarop wil voortbou.

    Die Pieties se uitstaande bouler, Hanno van Zyl, beleef tot dusver ‘n indrukwekkende reeks met die bal. Die veelsydige speler sal egter graag ‘n bestendige bydrae met die kolf ook wil lewer.

    Die kaptein, Nicholaas Oerlemans, sal die sukkelende begin tot die reeks agter hom wil plaas, en daarop uit wees om ‘n waardevolle bydrae met die kolf te lewer.

    Die Liggies se vurige Ona Senokwane wag die Pietie-kolwers met hope selfvertroue in. Senokwane was die Liggies se keurbouler in die afgelope twee rondes.

    Sy kollega, Lethabo Memani, het ‘n taamlike rol om te vervul met sowel die bal as kolf. Memani se boulwerk het deur die loop van die reeks beïndruk, en die alsydige speler sal sy kolf ook wil laat praat. Dit sal vir Douw Jacobs, die Liggies se topkolwer, heelwat ondersteuning bied.

    Marais Viljoen reis na Tzaneen waar hulle vir die Hoërskool Ben Vorster die stryd aansê. Dit behoort ‘n taamlike toets vir die Tzaneeners te bied, aangesien Marais Viljoen na drie rondes steeds onoorwonne is en dit blyk nie of die span van Alberton enige planne het om spoedig te verloor nie.

    Hul aanvangskolwer, Tyron Douw, het sy ritme gevind met ‘n uitmuntende honderdtal teen die Liggies . Die gevaarman, Nathan Coleske, het homself ook weer onder die lopies bevind.

    Die Vossies se groot uitdaging sal kom wanneer die draaier, Declan Botes, die bal opneem. Hy behoort te brand om sy opponente op die stadiger, draaiende blaaie van Limpopo te fnuik.

    Njabulo Maseko, die Vossies se voorste kolwer, sal geensins terugstaan vir die uitdaging nie. Die draaier, Anton Lourens, sal ook daarop uit wees om vroeë paaltjies teen die sterk Marais Viljoen-kolflys te laat kantel.

  • Eldo’s voor reuse taak in Benoni

    Eldo’s voor reuse taak in Benoni

    Hoërskool Eldoraigne het ‘n groot taak op hande wanneer hulle Saterdag teen ‘n kookwater Hans Moore-span in Benoni te staan kom.

    Die stryd tussen bal en kolf sal ‘n interessante een afgee. Eldoraigne beskik oor ‘n vurige boulaanval, met Ruan Boshoff en Ruwan Oliphant, wat die boulaanval sal lei.

    Die twee kranige boulers het verlede week in die Pretorianers se oortuigende sege oor Hoërskool Montana ‘n beduidende rol gespeel.

    Hans Moore se kaptein, Warren Minnaar, is egter, na ‘n ietwat sukkelende begin tot die reeks, nou stewig op dreef, en sal saam met Stephan Vermaak en Xavier Coetzee oorgehaal wees om hul stempel, op tuisbodem, af te druk.

    Die Eldo’s se kolflys is egter nie te versmaai nie. Johan Broekman het oor die afgelope twee rondes bewys hoekom hy so hoog onder die Eldo’s aangeslaan word. Kyle de Bruin het ook beïndruk en sal wil voortbou op sy waardevolle 70-tal teen Montana .

    Die twee sal ingewag word deur die witwarm, Adrian Watson. Watson is huidiglik die Hansies se voorste paaltjievraat in die kompetisie, en kon tot dusver reeds agt paaltjies in twee wedstryde op sy kerfstok plaas.

    Potchefstroom Gimnasium reis na Kemptonpark waar hulle teen die Afdeling B se enigste onoorwonne span, Hoërskool Kemptonpark, te staan kom.

    Die Kempies se Martin Williams sal die tuistoestande optimaal wil benut, nadat hy ‘n vyftal paaltjies geneem het in sy span se oorwinning oor Hoërskool Monument, en hy hou beslis groot gevaar in vir die Gimmie-kolwers.

    Williams is egter nie die enigste gevaarman nie. Wian Pieters is ook witwarm met die bal en sal saam met Williams poog om amok onder die Potchefstromers te saai.

    Gimmies lek nog hul wonde na ‘n reuse nederlaag teen Hans Moore in die vorige ronde. Kaptein en keurbouler, Tommie Botha, sal sake hierdie week wil regstel.

    Botha is ‘n sleutelspeler vir die besoekers met die kolf . Margeo Joubert behoort sy kaptein goed by te staan, en was ook die enigste Gimmie-bouler wat die Hansie-kolwers op hulle tone gehou het.

    Die twee sukkelende spanne tans in die afdeling, Hoërskool Montana en Hoërskool Monument, spook sake om die laaste plek in die Jakarandastad uit. Dit wil egter voorkom asof Monnas oor die laaste paar wedstryde belowende momentum begin opbou het.

    Die span se boulwerk teen die Kempies, alhoewel steeds aan die verloorkant, was indrukwekkend. Hier het André van Niekerk en Werner Durheim die voortou geneem.

    Aan die kant van Montana, lyk dit of die jong span se kolwers uiteindelik hul voete begin vind. Luca Bairos sal weer ‘n sleutelrol vir die Monties vertolk, en sal hoop dat Schalk van Jaarsveld sy goeie spelpeil van die vorige ronde kan voortsit.

    Altwee spanne is uitgehonger vir ‘n eerste sege.

  • Sizzling Swanepoel and Helpmekaar too good for Cornwall Hill

    Sizzling Swanepoel and Helpmekaar too good for Cornwall Hill

    Kyle Swanepoel, Helpmekaar | Fotograaf: Heinrich Minnaar

    Helpmekaar Kollege‘s Kyle Swanepoel played an integral role in his side’s comprehensive victory over Cornwall Hill College in a 50-over clash on Wednesday.

    The opening batsman led the way for his team, top scoring with a mature 86 runs from 99 deliveries, while Swanepoel and his opening partner, Anrich Liebenberg (37), combined well for a 69-run partnership for the first wicket.

    Anthony Stone was also impressive, anchoring the innings through the middle overs, with a 31-run contribution.

    It was, Waldo Haasbroek, however, who set the Helpie innings alight, with a blistering 44 off just 20 balls, which helped propel Helpmekaar to a big 288/8 from their 50 overs.

    Obakeng Mokonyane (3/65) and Jon-Maron de Jesus (3/57) did the bulk of the damage with the ball for Cornwall Hill, claiming six wickets between them, albeit it at a cost of 122 runs.

    In the batting department, however, there wasn’t much for Cornwall Hill College to write home about.

    Juan Minnaar underlined the Helpies’ dominance by knocking over three batsmen for just 19 runs. His colleagues Henno Steyn (2/18) and Dihan Janse van Rensburg (2/20) provided valuable support, and Anrich Liebenberg rounded off a very good Helpies’ bowling performance by chipping in with two wickets, to go along with his innings of 37 runs.

    The best that Cornwall Hill was able to muster was an unbeaten 15 by Mohale Pitson as the Pretoria school endured a forgettable day, stumbling to only 81 all out and a massive 207-run defeat.

    Summarised scorecard 

    Helpmekaar 288/8 (Kyle Swanepoel 86, Waldo Haasbroek 44*, Anrich Liebenberg 37, Anthony Stone 31; Jon-Maron de Jesus 3/57, Obakeng Mokonyane 3/65); Cornwall Hill College 81 (Mohale Pitson 15*; Juan Minnaar 3/19, Henno Steyn 2/18, Dihan Janse van Rensburg 2/20, Anrich Liebenberg 2/21). Helpmekaar won by 207 runs.

  • Monnas nearly upset St David’s Marist, KES cruise to 10-wicket victory

    Monnas nearly upset St David’s Marist, KES cruise to 10-wicket victory

    Hoërskool Monument came close to scoring a massive upset in the Johnny Waite T20 on Wednesday, in a hard-fought battle against St David’s Marist Inanda.

    An inspired bowling performance by Andre Van Niekerk (3/25) and Joshua McCoy (2/29) had St David’s on the ropes.

    A counterattacking 48 runs from just 27 deliveries from Jason Rowles and a composed knock by Matthew West (31), however, swung the momentum back in favour of the side from Inanda.

    Thanks to the pair’s vital contributions, St David’s was able to set Monnas a target of 159, which was something for their bowlers to work with.

    At first, Monument appeared well on their way to overhauling that mark with ease, with Nicholas Vandercoff leading the way for the side from Krugersdorp. His made 53 and that innings, together with contributions from Johan Zeedjik (31) and Keagan van Wyk (24), put their side firmly in the driver’s seat.

    However, Oliver Botha (3/23) and Jared Beilings (2/23) had other plans, claiming five wickets between them at a cost of only 46 runs. That effort helped restrict Monnas to 150/7 in their 20 overs, which fell just nine runs short of a famous victory.

    The all-round heroics of Callum Ritchie powered King Edward VII School to a thumping 10-wicket victory over Queens High School on the John Hurry Oval.

    He not only top scored with an unbeaten 59, but he was also the pick of the bowlers, returning figures of three wickets for just 18 runs. Zieg Roos also did his part with the bat, contributing a well-played 41.

    In the bowling department, Ritchie was well supported by Fayaaz Vawda (2/21) and Christian Sabela (2/25), who have both been among the wickets this season.

    For Queens High School, it was only Kamogelo Matji (31) who managed to make a significant contribution.

    Rowan Smit struck a rip-roaring century for Trinity House Randpark Ridge, but it was, unfortunately for the home team, in vain.

    In an innings of the highest calibre, the opener dominated the St John’s College bowlers. His ton from just 61 deliveries, which included six fours and an astonishing eight sixes, before he became one of David Ireland’s three victims. Ireland’s spell pulled it back for St John’s as he captured 3/31.

    Then, the in-form Nkosana Sibiya, led the visitors’ charge with the bat. The gutsy opening batsman scored an unbeaten 69 runs from just 53 balls, with four fours and five sixes, to lead St John’s College to a comfortable eight-wicket victory with 3.2 overs to spare.

    He was well supported by Joe MacRobert, who smashed three fours and three sixes in a quickfire 35 from 16 deliveries, while Thomas Ievers weighed in with 30 from 24, which included three fours and two sixes.

    Jeppe High School for Boys claimed a comprehensive 53-run victory over Hoërskool Randburg. Strong batting performances from Aiden Reyneke (49, 31b) and Ryan Young (47*, 26b) lifted Jeppe to a demanding total of 173/6.

    Hoërskool Randburg’s reply was led by an unbeaten 51 runs off 36 balls by Anrich Henning, while Richard Barnard did his bit by contributing 25 runs.

    Shresth Kumar (2/13) and Luke Cannon (2/18), however, undermined the Randburg reply, sharing four wickets between them.

    Summarised scorecards: 

    St David’s Marist Inanda 158 (Jason Rowles 48, Matthew West 31; Andre van Niekerk 3/25, Joshua McCoy 2/29); Monument 150/7 (Nicholas Vandercoff 53, Johan Zeedjik 31, Keagan van Wyk 24). St David’s Marist Inanda won by eight runs.

    Queens High School 113/8 (Kamogelo Matji 31, Tsepiso Senosi 22; Callum Ritchie 3/18, Fayaaz Vawda 2/21, Christian Sabela 2/25); King Edward VII School 114/0 (Callum Ritchie 59*, Zieg Roos 41*). King Edward VII School won by ten wickets.

    Trinity House Randpark 155/5 (Rowan Smit 100, Jean du Toit 20; David Ireland 3/31); St John’s College 157/2 (Nkosana Sibiya 69*, Joe MacRobert 35, Thomas Ievers 30; Kian Vermaak 1/25). St John’s College won by eight wickets.

    Jeppe Boys’ 173/6 (Aiden Reyneke 49, Ryan Young 47*, Tiago Almeida 29, Kai van Aardt 22; Josef van der Berg 2/22); Hoërskool Randburg 120/7 (Anrich Henning 51*, Richard Barnard 25). Jeppe Boys’ won by 53 runs.

  • Anderson smashes 357 (from just 162 balls)

    JOSH ANDERSON of Trinityhouse Randpark Ridge’s u14-side after scoring an incredible 357 runs against St John’s College’s B-side. PHOTO: Supplied

    Josh Anderson, of Trinityhouse Randpark Ridge, had at least 357 reasons to have a broad grin on his face when he came off the cricket field on Saturday.

    Anderson went ballistic on the fields of St John’s College in an u14 fixture against the Houghton school’s u14B team, smashing an unbelievable, unbeaten 357 runs. And he retired with 11 overs of his team’s 50 overs still remaining!

    The opening batsman, who idolises South Africa’s own Mr. 360, AB de Villiers, and talented English batsman Jos Butler, has been playing the game since the tender age of six.

    “He’s had a passion for the game since day one. If you look at his schedule, it’s just cricket, cricket and some more cricket,” said Brian Anderson, the father of Trinityhouse’s hero.

    “He doesn’t take a day off. Even on days which are supposed to be his rest days, you will find him playing indoor cricket.”

    Josh faced only 162 deliveries in his innings, smashing a whopping 65 boundaries, of which 23 touched ground for the first time on the other side of the boundary rope. He also smashed 42 fours in his memorable innings.

    Anderson represented the Gauteng Lions at u13 level in 2023, captaining the side. He also represented South Africa in Indoor Cricket last year, touring to Dubai to face the best from around the world.

    On Saturday, he was the aggressor in nearly all of Trinity’s partnerships. The most notable one was his partnership for the fifth wicket with Cameron Hayter (11) in which he contributed 126 of the 137 runs scored by the pair.

    “It was a controlled innings, nothing expansive. He batted really well,” said Thabane Moyo, Anderson’s coach.

    “I spoke to him after the first couple of overs and he told me he’s feeling good. He was relentless on anything short, making full use of his pull and cut shots. That is also where most of his runs came from.

    “He struggled a bit against spin, so he patiently waited for the seamers to come back on. That is when he really let loose.”

    Anderson gave St John’s only one chance, but he was dropped just before he had reached his century, after which he rubbed salt into his opponents’ wounds.

  • Dinamika glip verby Middies met een-paaltjie

    Dinamika glip verby Middies met een-paaltjie

    Hoërskool Dinamika het Saterdag sy derde agtereenvolgende sege in Afdeling C van die Finsbury-reeks ingepalm.

    Die span van Alberton is na die eerste drie rondes die enigste onoorwonne span, nadat hulle met ‘n naelskraapse sege van een paaltjie teen Hoërskool Middelburg koning gekraai het.

    Kaptein, Dean van Onselen, se terugkeer na die span blyk Dinamika se resep vir sukses te wees. Van Onselen was verlede jaar vir ‘n geruime tyd buite aksie met ‘n ernstige besering.

    Hy is vanjaar sommer vroeg-vroeg reeds stewig op dreef. Die voorslagkolwer se vyftigtal Saterdag was sy derde agtereenvolgende een in soveel rondes.

    Mark van den Berg het die voortou geneem met die bal. Die aanvangsbouler het, saam met sy vennoot Jayden Smith (2/9), amok gesaai onder die Middie-kolwers. Hulle is goed bygestaan deur Nathan Visagie (2/15) en Tyrone Whateley (2/16).

    Gavin Genis (53) het die kollig in die Middies se kolforde gesteel. Sy vyftigtal, tesame met bydraes deur Lohan Botha (29) en Shuan Taljard (25), het die span van Mpumalanga uit die moeilikheid tot ‘n totaal van 156 gestuur.

    Daarna was Middelburg se boulers aan die beurt. Eduan Strydom (3/37) het van voor gelei om sy span enduit in die wedloop te hou. Goeie ondersteuning deur Hendre Nel (2/32) en Gavin Genis (2/36) het Dinamika hard laat spook. Dit was egter nie genoeg nie en Dinamika kon die telling in die 43ste beurt verbysteek.

    Hoër Volkskool Heidelberg het hulself goed van hulle taak gekwyt deur Hoërskool Merensky met 38 lopies te klop. Dave Pelzer was weer op sy stukke met die kolf en het gekapitaliseer op enige swak bal om ‘n onoorwonne 82 lopies tot sy span se totaal te voeg.

    Die aanvangsvennootskap tussen Matthew Wentzel (63) en Marko Hartkoph (50) het vooraf die platform vir Pelzer gelê. Die twee het puik gekombineer vir ‘n gesamentlike 85 lopies voor Xander Schoeman (1/62) Hartkoph terug pawiljoen toe gestuur het.

    Luka Heinlein was weer met mening op dreef vir die Plasies. Sy boulsyfers van drie paaltjies vir 42 lopies was die Tzaneeners se beste op die dag. Die draaier, Rinaldo Bornman (2/30), het hom goed bygestaan.

    Die Plasies se talentvolle JP Botha het die besoekers so hittete tot ‘n onwaarskynlike oorwinning gelei. Botha se verwoestende beurt van 81 lopies, van slegs 69 aflewerings, is egter uiteindelik deur die akkurate boulwerk van Vaughn Steynvaart beëindig.

    Kyle Crous (36, 50b) het ‘n waardevolle ondersteuningsrol gespeel, maar beduidende boulskofte deur Gerrit Henken (2/27) en Dave Pelzer (2/30) het verseker dat die Plasies slegs 228 bereik.

    Uplands College se Kai Taylor het sy span tot ‘n gemaklike oorwinning van ses paaltjies oor HTS Middelburg gelei. Naylor het vyf Middelburg paaltjies laat kantel vir slegs 15 lopies. Leam van Zyl was ewe indrukwekkend met boulsyfers van vier paaltjies vir 22 lopies.

    Net die Middelburgers se kaptein, Toy Engelbrecht, was opgewasse teen die Uplands-aanslag . Hy het meer as die helfte van sy span se totaal aangeteken met sy bydrae van 48 lopies.

    Marley Waspe se beurt van 29 lopies was genoeg vir die span van Mpumalanga om HTS Middelburg se teleurstellende telling van 83 in slegs 22 beurte verby te steek.

    Beknopte telkaarte:

    Hoërskool Middelburg: 156 (Gavin Genis 53, Lohan Botha 29, Shaun Taljaard 25; Mark van der Berg 3/35, Jayden Smith 2/9, Nathan Visagie 2/15, Tyrone Whateley 2/16). Hoërskool Dinamika: 157/9 (Dean van Onselen 55; Eduan Strydom 3/37, Hendre Nel 2/32, Gavin Genis 2/36, Ivan Deale 2/38). Dinamika wen met een paaltjie.

    Hoër Volkskool Heidelberg: 262/7 (Dave Pelzer 82*, Matthew Wentzel 63, Marko Hartkoph 50; Luka Heinlein 3/42, Rinaldo Bornman 2/30). Hoërskool Merensky: 228 (JP Botha 81, Kyle Crous 36, Logan Janse van Rensburg 24, Xander Schoeman 23; Gerrit Henken 2/27, Dave Pelzer 2/30). Volkskool Heidelberg wen met 38 lopies.

    HTS Middelburg: 83 (Toy Engelbrecht 48; Kai Naylor 5/15, Leam van Zyl 4/22). Uplands College: 85/4 (Marley Waspe 29; Ethan Dreyer 2/17). Uplands College wen met ses paaltjies.

  • Minnaar en Coetzee lei Hans Moore tot groot sege in Potch

    Hoërskool Hans Moore se kaptein, Warren Minnaar, en voorslagkolwer, Xavier Coetzee, se gesamentlike aanslag met die kolf het hul span tot ‘n reuse oorwinning van 221 lopies gestuur oor Potchefstroom Gimnasium, in in vanjaar se Finsbury-reeks.

    Minnaar was in ‘n verwoestende bui en het uitstekend gekapitaliseer op die platform wat deur Kenan Shaw (24) en Stephan Vermaak (34) gelê is.

    Sy beurt van 91 lopies het vanaf slegs 68 aflewerings gekom. Coetzee het die Hansies se posisie verder verstewig met ‘n ewe indrukwekkende beurt van 85 lopies.

    Vir Gimmies was niemand so vernietigend met die bal in hand soos Margeo Joubert nie. Joubert kon aan die einde van die dag met uitmuntende boulsyfers van vier paaltjies vir 36 lopies spog.

    In die kolfdepartement het dinge egter skeef geloop vir die Potchefstromers. Adrian Watson, wat verwoed op dreef is in vanjaar se reeks, het nog vier paaltjies op sy kerfstok geplaas, terwyl Vermaak op sy goeie kolfbeurt voortgebou het deur ook by te dra met die bal. Sy twee paaltjies, vir slegs twee lopies, was die spyker in die Gimmie-doodskis.

    Die twee se kombinasie van venynige boulwerk en konstante druk het beteken dat Gimmies slegs 78 lopies kon aanteken voordat hulle laaste paaltjie gekantel het.

    Hoërskool Eldoraigne het ewe indrukwekkend met die kolf vertoon om Hoërskool Montana met nege paaljies te klop. Die vennootskap van 141 lopies tussen Kyle de Bruin (70, 112b)* en Johan Broekman (65, 78b)* om die tweede paaltjie, was die beslissende faktor tussen die twee spanne.

    Die twee voorslagkolwers het op die momentum van die boulers voortgebou. Ruan Boshoff was die Eldo’s se keurbouler. Hy het die Montie-kolwers behoorlik op hul tone gehou, en sy vier paaltjies, vir 33 lopies in nege beurte, het ‘n stewige begin deur die Monties erg in die wiele gery.

    Luca Bairos was die voorste lopiemaker vir sy span. Die Monties se voorslagkolwer het hard gespook om die Pretorianers se beurt te stabiliseer na Ruhan Oliphant (2/22) se uitstekende openingskof met die bal. Bairos se 29 lopies van 34 aflewerings, gekombineerd met ‘n waardevolle bydrae deur Schalk van Jaarsveld (24), het die Monties tot ‘n telling van 166 aangehelp.

    Bairos was ook sy span se enigste bouler van formaat. Hy het van Eldo’s se aanvangskolwer, Ryno Redelinghuys, vir slegs 13 lopies ontslae geraak.

    Hoërskool Kemptonpark het hul onoorwonne status behou toe hulle daarin kon slaag om Hoërskool Monument met 67 lopies te verslaan. Marko van Voorst was die Kempies se beste kolwer met 43 lopies. Joshua Shanker (38) en Stian de Villiers (21) het ook goed vertoon onder druk en in taai toestande.

    André van Niekerk het vir Monnas die grootste skade met die bal aangerig. Hy kon spog met puik boulsyfers van vier paaltjies vir 37 lopies. Werner Durrheim het goeie ondersteuning gebied met drie paaltjies van sy eie.

    Teleurstelling met die kolf het egter weer kop uitgesteek vir die span van Krugersdorp. Die Kempies se voorste bouler in vanjaar se reeks, Martin Williams, het behoorlik onder die Monnas-kolwers gemaai.

    Williams het ‘n uitstekende vyftal paaltjies geneem, wat sy span slegs 33 lopies gekos het. Wian Pieters het hom goed bygestaan, deur self drie Monnas kolwers terug pawiljoen toe te stuur .

    Slegs Keagan van Wyk kon iets waardevol bydra tot Monnas se teleurstellende telling van 112. Hy het hardnekkig vir sy 25 lopies, vanaf 38 aflewerings, baklei.

    Beknopte telkaarte: 

    Hans Moore: 298 (Warren Minnaar 91, Xavier Coetzee 83, Stephan Vermaak 34, Kenan Shaw 24; Margeo Joubert 4/30, Henre Cronje 2/53). Potchefstroom Gimnasium: 78 (Divan van Eldi 10; Adrian Watson 4/17, Stephan Vermaak 2/2). Hans Moore wen met 221 lopies.

    Hoërskool Montana: 166 (Luca Bairos 29, Schalk van Jaarsveld 24; Ruan Boshoff 4/33, Reinardt Haasbroek 2/13, Ruhan Oliphant 2/22). Hoërskool Eldoraigne: 168/1 (Kyle de Bruin 70*, Johan Broekman 65*; Luca Bairos 1/29). Eldoraigne wen met nege paaltjies.

    Hoërskool Kemptonpark: 179 (Marko van Voorst 43*, Joshua Shanker 38, Stian de Villiers 21; André van Niekerk 4/37, Werner Durrheim 3/41). Monument: 112 (Keagan van Wyk 25; Martin Williams 5/33, Wian Pieters 3/25). Kemptonpark wen met 67 lopies.

     

  • Grey College turns Jacaranda city into a happy hunting ground

    Grey College turns Jacaranda city into a happy hunting ground

    Grey College, from Bloemfontein, turned the Jacaranda city into a happy hunting ground on the weekend by picking up two big wins over top Pretoria schools, and they added a win in Johannesburg for good measure.

    On Saturday, the side from the Free State came out on top in their first T20 of the day against a strong Pretoria Boys High side.

    In a low-scoring affair, they secured a two-wicket victory, thanks to Daniel Hattingh’s 41, which proved to be the deciding factor in the game.

    The Grey opening bowlers, Sicelo Matayi (3/2) and Casper Trotskie (3/9), were in red-hot form, claiming six wickets between them up front. River Scott chipped in with two wickets of his own as the Grey attack restricted Boys High to a meagre 103 all out.

    Graydon Lubbe was the Pretoria side’s stand-out performer with the bat, top-scoring with a mature 42 runs. His colleagues in the bowling department, Nic Rossouw (2/15) and Tim Tattersall (2/24), with four wickets between them, tried valiantly to stop the visitors. They didn’t have enough runs to play with, however, and the Bloem boys sealed victory in the 19th over.

    Later that afternoon, Grey College crossed paths with Jeppe High School for Boys in their second T20 of the day. A similar trend followed, with another low-scoring affair going the way of the men from the Free State.

    This time around, Henru de Wet led the Grey bowling attack, capturing 2/14. Sicelo Matayi was among the wickets again, bagging another two, to take his tally to five in the two T20 matches.

    Jeppe struggled against the disciplined Grey bowlers, making just 96/6 in their 20 overs, led by Ryan Harcourt-Baldwin’s 20.

    When Grey batted, Shreshth Kumar was the pick of the Jeppe bowlers, claiming two of the four wickets to fall at a cost of 28 runs.

    However, Ruben Maree’s 24 and Pieter Smit’s 23 from 26 balls saw the Bloemfontein school home with six wickets to spare.

    On Sunday, a big test awaited Grey College. Having to face the powerful Hoërskool Waterkloof on home turf certainly flipped a switch for the men from the Free State. Sicelo Matayi (3/25) and Casper Trotskie (3/29) were on song again as they tore through the Klofies’ top order.

    A flu-ridden Marcus Bakker battled manfully to top score for Waterkloof with 27 from 28 deliveries. His captain Beukes van den Berg and Jaydon Blom, with 20 runs each, were the only other batsmen to make notable contributions as the home team mustered only 139.

    Christian Kind then led Grey’s reply. The opening batsman struck an unbeaten 55 runs from 64 deliveries and, together with Adem Niewoudt (30) and Ruben Maree (26), propelled the visitors to within eight runs of the Waterkloof total before the heavens opened up. That was more than sufficient to secure Grey a comfortable DLS win.

    Summarised scorecards

    Pretoria Boys High 103 (Graydon Lubbe 42; Sicelo Matayi 3/2, Casper Trotskie 3/9, River Scott 2/35); Grey College 104/8 (Daniel Hattingh 41; Nic Rossouw 2/15, Tim Tattersall 2/24). Grey College won by two wickets.

    Jeppe High School for Boys 96/6 (Ryan Harcourt-Baldwin 20; Henru de Wet 2/14, Sicelo Matayi 2/22); Grey College 99/4 (Ruben Maree 24*, Pieter Smit 23; Shreshth Kumar 2/28). Grey College won by six wickets.

    Waterkloof 139 (Marcus Bakker 27, Beukes van den Berg 20, Jaydon Blom 20; Sicelo Matayi 3/25, Casper Trotskie 3/29, Darion Rabie 2/19, Daniel Hattingh 2/20); Grey College 131/5 (Christian Kind 55*, Adem Niewoudt 30, Ruben Maree 26; Wian Ruthven 2/17). Grey College won by 48 runs on DLS.

  • Briljante Behrens goed op dreef vir Klofies

    Divan Behrens se derde agtereenvolgende telling van meer as 50 lopies het aan die Hoërskool Waterkloof sy derde oorwinning in vanjaar se Finsbury-reeks besorg.

    Behrens se 76 lopies teen Menlopark kom na bydraes van 75 en 101 in sy vorige twee beurte teen onderskeidelik Hoërskool Rustenburg en Centurion. Dit plaas hom in ‘n stewige posisie as een van die kompetisie se voorste lopiemakers.

    Marcus Bakker, ook lekker op dreef, het ondernemend gekolf om sy tweede vyftigtal in vanjaar se reeks te behaal.

    Verdere bydraes deur Riley Miller (32) en die kaptein en paaltjiewagter, Beukes van den Berg (28), het verseker dat die Klofies ‘n goeie telling van 266 op ‘n oneweredige blad kon aanteken.

    Menlopark se boulers het hulself, teen ‘n sterk Klofie-kolflys, nietemin puik van hul taak gekwyt.

    Die span se twee draaiers, GN van Zyl (2/34) en Gerhard Engelbrecht (2/51), was die span se uitblinkers met vier paaltjies tussen die twee van hulle.

    Dian van Zyl se pragbeurt van 84 lopies, vanaf 108 aflewerings, was uit die boonste rakke. Die voorslagkolwer se beurt, saam met James Bronkhorst se bydrae van 39 lopies, het die span in ‘n uiters gunstige posisie geplaas.

    Die Klofie-boulers het hulle egter nie daardeur laat onderkry nie. Jaydon Blom het na ‘n strawwe begin met die bal sy ritme gevind en vyf kolwers terug paviljoen toe gestuur het. Hy het 46 lopies afgestaan.

    Jacques van Niekerk was die Klofies se goedkoopste bouler. Die aanvangsbouler was uit die staanspoor in die kol, en sy knaende lyn en lengte boulwerk het vir hom vier paaltjies vir slegs 16 lopies in die sak gebring.

    Wian Ruthven, wat in sy honderste wedstryd vir die Klofies gespeel het, het sy kant gebring in die veld. Die aanvangskolwer was genadeloos met enigiets wat deur die lug na sy kant toe gevlieg het. Ruthven het ‘n indrukwekkende vyf vangskote deur die loop van die Parkies se kolfbeurt benut.

    Potchefstroom Volkskool het Hoërskool Centurion ‘n behoorlike krieketles geleer. Die span van Noordwes se kolwers was op hul stukke in Centurion se uitstekende kolftoestande.

    Sy aanvangskolwer Diaan van der Merwe se pragbeurt van 112 lopies was sy span se voorste kolwer. Louis van Wyk (83) het homself ook goed van sy taak gekwyt, terwyl Ruan Smit in die middelorde verdere ondersteuning met ‘n bydrae van 52 lopies gebied het.

    Die Woeries se kaptein, Charl Prinsloo, het van voor met ‘n waardevolle beurt van 69 lopies gelei. Dit was ook die tuisspan se beste vertoning met die kolf. Judah Phillips (39) het ook hard probeer om sy span verby die Volkies se reusetelling van 334 te kry.

    Dian Liebenberg was egter nie van plan om dit maklik te maak vir die Woerie-kolwers nie. Liebenberg het uitgeblink met ‘n merkwaardige boulskof van vyf paaltjies vir 31 lopies. Devan Oberholzer (2/27) het die nodige ondersteuning gebied om te verseker dat Volkies met ‘n allemintige 171 lopies as oorwinnaars uit die stryd tree.

    Beknopte telkaarte:

    Waterkloof 266/9 (Divan Behrens 76, Marcus Bakker 51, Riley Miller 32, Beukes van den Berg 28, Alex Volschenk 21; GN van Zyl 2/34, Gerhard Engelbrecht 2/51); Menlopark 218 (Dian van Zyl 84, James Bronkhorst 39; Jayden Blom 5/46, Jacques van Niekerk 4/16). Waterkloof wen met 48 lopies.

    Potchefstroom Volkskool 334/5 (Diaan van der Merwe 112, Louis van Wyk 83, Ruan Smith 52, Berno de Klerk 35, Attie Liebenberg 28; Morne Prinsloo 2/47); Hoërskool Centurion 163 (Charl Prinsloo 69, Judah Phillips 36; Dian Liebenberg 5/31, Devan Oberholzer 2/27). Potchefstroom Volkskool wen met 171 lopies.

  • Bestendige Conradie deurslaggewend in Zwarries sege

    Nicholas Conradie, Hoërskool Zwartkop se voorste lopiemaker, se tweede vyftigtal in vanjaar se Finsbury-reeks was deurslaggewend in die span van Centurion se oorwinning Saterdag teen die Hoërskool Pietersburg.

    Conradie het ‘n verdere 56 lopies op sy kerfstok geplaas, om by sy beurte van 94 lopies teen Ben Vorster en 39 lopies teen Marais Viljoen vroeër in die kompetisie te voeg. Zandré van Staden (32) en Wihan Gelderblom (26) het hom deeglik bygestaan.

    Andreas Jansen het die Pieties met sy akkurate boulvernuf in die wedstryd gehou. Jansen se boulontleding van vyf paaltjies vir net 25 in sy tien boulbeurte op ‘n streep was die span van Limpopo se beste op die dag.

    Hanno van Zyl (3/30) en Ignus Ferreira (2/31) se verdere bydraes het gehelp om die Zwarries tot slegs 185 lopies te beperk.

    Die Pietie-kolwers het egter vinning agtergekom dat dit nie maklik sou wees om daardie totaal te jaag nie. Die Zwarries se aanvangsbouler, Rowan McLaren (2/36), het sommer vroeg reeds toegeslaan.

    Pieties se staatmaker met die kolf Nicholaas Oerlemans het teruggeveg met ‘n hardnekkige beurt van 40 lopies. AJ Galloway (24) en Stephan Swanepoel (22) het die nodige ondersteuning gebied.

    Goeie boulwerk deur die Zwarries se voorslag bouler, Vincent Matraiotti (2/14), en Liam van Wyk (2/30) het die Pieties egter gepootjie om ‘n oorwinning van 34 lopies vir die span van Centurion te verseker.

    Midstream College het vir  Ben Vorster van Tzaneen op ‘n drafstap met 113 lopies afgestof. Jeandré Lourens het ‘n goed afgeronde kolfvertoning met ‘n puik beurt van 56 lopies gelei. Jean Holtzhauzen (44) en Dian de Villiers (41) was ook mooi op dreef om Midstream College se totaal op 280 te staan te bring.

    Die Black Caps se voorste bouler, Enock Marima (5/45), het die Tzaneeners se eerste vyftal paaltjies van die reeks geneem. Saam met Marima het die draaier Anton Lourens (2/44) ook vir die tuisspan probleme besorg.

    Xander Senekal was die span van Midrand se suksesvolste bouler. Sy boulsyfers van vyf paaltjies vir 34 lopies het die Vossie-kolflys geknak. Slegs Njabulo Maseko (40) kon ‘n waardevolle bydrae lewer voordat hy deur Holtzhauzen pawiljoen toe gestuur is.

    Die Vossies het hard terugbaklei maar kon slegs 168 behaal voor die laaste paaltjie gekantel het.

    Marais Vijoen het sy uitstappie na Lichtenburg terdeë geniet. Die span van Alberton se kolwers het behoorlik gewoeker in hul oorwinning met 189 lopies oor Hoërskool Lichtenburg.

    Tyron Bouw (106) het van voor gelei. Die aanvangskolwer het na ‘n vroeë paaltjie sy ritme gevind om die Liggie-boulers onder geweldige druk te plaas. Sy honderdtal het 11 viere en drie sesse ingesluit.

    Nathan Coleske (70, 32b) en Jordan Baijnath (60*, 32b) kon daarin slaag om Marais Viljoen se lopietempo ‘n hupstoot te gee. Die twee se blitsbeurte het beteken dat Marais Viljoen ‘n reusetelling van 391 in sy toegelate 50 beurte op die bord kon plaas.

    Ona Senokwane (4/69) het die meeste skade aangerig. Die naatbouler kon daarin slaag om onder druk deurgaans deurbrake vir sy span te bewerkstellig.

    Douw Jacobs was die span van Noordwes se voorste kolwer. Hy het op sy beurt ‘n goeie 80 lopies van 107 aflewerings bygedra. Ongelukkig was Lethabo Memani (29) die enigste ander Liggie-kolwer wat iets met die kolf kon vermag. Dit het die Liggies in die moeilikheid gelaat en beteken dat hulle slegs 202 lopies op die bord kon sit.

    Beknopte telkaarte: 

    Hoërskool Zwartkop 185 (Nicholas Conradie 56, Zandre van Staden 32, Wihan Gelderblom 26; Andreas Jansen 5/25, Hanno van Zyl 3/30, Ignus Ferreira 2/31); Hoërskool Pietersburg 151 (Nicholaas Oerlemans 40, AJ Galloway 24, Stephan Swanepoel 22; Vincent Matraiotti 2/14, Liam van Wyk 2/30, Rowan McLaren 2/36). Hoërskool Zwartkop wen met 34 lopies.

    Midstream College 280 (Jeandré Lourens 56, Jean Holtzhauzen 44, Dian de Villiers 41, Maarten Nortje 24, Ricus Cilliers 24; Enock Marima 5/45, Anton Lourens 2/44); Ben Vorster 167 (Njabulo Maseko 40, Lourens Kriel 21, Enock Marima 21, Junior Ndlovu 20; Xander Senekal 5/34). Midstream College wen met 113 lopies.

    Marais Viljoen 391/9 (Tyron Bouw 106, Nathan Coleske 70, Jordan Baijnath 60*, Aldré Huyzers 43, Declan Botes 28, Nathan Bailey 26; Ona Senokwane 4/69, Lethabo Memani 2/58); Hoërskool Lichtenburg: 202 (Douw Jacobs 80, Lethabo Memamni 29; Ruben Kruger 4/12, Abdullah Tadwala 3/35, Declan Botes 2/36). Marais Viljoen wen met 189 lopies.