SSPN Test Site

Author: froberholzer

  • Pretorius hits half-century, Affies too good for KES

    Pretorius hits half-century, Affies too good for KES

    Vihan Pretorius, the younger brother of SA u19 star Lhuan-dré Pretorius, led Afrikaans Hoër Seunskool to a comprehensive seven-wicket victory over their old rivals, King Edward VII School, in Pretoria on Saturday.

    Just a day after his brother made 71 runs against Sri Lanka to secure South Africa a place in the semi-finals of the ICC u19 World Cup, Vihan, too, tallied a wonderful 71 runs from just 51 deliveries.

    His innings, combined with an unbeaten contribution of 39 runs from Divan de Villiers, meant that the side from Pretoria comfortably chased down a target of 144 runs.

    Jorich van Schalkwyk, put his all-round skills on show by leading the Affies’ bowling attack. He spun a web around the KES batsmen, claiming three wickets for only 12 runs. Wian Munnik (3/35) also got in on the act, while Armin Snyman (2/24) chipped in with two wickets of his own.

    For KES, Callum Ritchie, was the pick of their batsmen. He grafted hard under tremendous pressure to top score with 39. Michael Holmes was the only other KES batsman to make a noteworthy contribution, which was worth 22 runs.

    Christian Sabela gave it his all with the ball for KES and was their only successful bowler, returning figures of 1/13 from five overs.

    Armaan Manack’s exceptional 177 runs from just 151 deliveries put St David’s Marist Inanda in a commanding position in their fixture against St Alban’s College on Saturday. The opening batsman’s innings included a whopping 21 fours and two sixes.

    Another good contribution of 71 runs from Matthew West helped the side from Johannesburg amass a mammoth total of 318/7 from their 50 overs.

    On a day that belonged to the batsman, Boago Motlhabedi, shone for St Alban’s, claiming figures of two wickets for 35 runs from nine overs.

    Despite facing a daunting run chase, St Alban’s stayed in the fight with the bat and caused St David’s some discomfort as Head Boy and opening batsman Zack Richardson (88*, 75b*) and Patrick Weir (41*, 47b) got on top of the St David’s attack before lightning put an unfortunate end to the match.

    Summarised scorecards:

    King Edward VII School 143 (Callum Ritchie 39, Michael Holmes 22; Jorich van Schalkwyk 3/12, Wian Munnik 3/35, Armin Snyman 2/24); Affies 147/3 (Vihan Pretorius 71, Divan de Villiers 35*; Christiaan Sebela 1/13). Affies won by seven wickets.

    St David’s Marist 318/7 (Armaan Manack 177, Matthew West 71, Morteza Manack 23; Boago Motlhabedi 2/35, Patrick Weir 2/45); St Alban’s College 160/2 (Zack Richardson 88*, Patrick Weir 41*; Jason Rowles 2/49). Match abandoned due to lightning.

  • Noordheuwel shocks St John’s College

    Hoërskool Noordheuwel shocked St John’s College, winning by four wickets on Saturday, to bring down the curtain on a difficult week for the Johannesburg school, who have been without the services of their injured influential all-rounder, Luke Francis.

    After winning the toss, Norries opted to bowl first and that decision paid quick dividends. The Krugersdorp school’s opening bowlers, Damien Hopkins (2/29) and JJ Basson (2/42), struck early to have St John’s struggling on 3/2 after just two overs.

    Darshik Lutchman kept his composure, however, to lead a fightback for the visitors. Batting at three, he accumulated a well-played 61 from 103 deliveries.

    He found good support from Oliver Tait (50, 49b), who also notched a half-century and captain Joe MacRobert (32).

    Ruan Strauss swung the momentum back in Norries’ favour, capturing 3/38, while Marius Penning made a telling contribution with his return of 2/33 as St John’s were limited to 226 all out.

    Duan van Aswegen (68, 74b) and Pieter Bezuidenhout (53, 86b) gave the Noordheuwel innings an impressive start, combining well for a 94-run opening stand, before a brilliant run out by Lutchman provided a much-needed breakthrough.

    Alec Loveland snapped up 2/38, but Dylan Potgieter (31) and Ethan Smit (28), saw Norries across the line in the 46th over to claim a big scalp for the team from Krugersdorp.

    St John’s had begun their weekend with a five-wicket loss to the touring SACS 1st XI in a T20 clash on Friday.

    The hosts batted first but were unable to get on top of a good bowling performance by the Cape Town school. Reece Theunis did the most damage for the Capetonians, claiming three wickets for just 13 runs. Nicholas Nejthardt (2/14) and Ulrich Roth (2/18) provided good support, sharing four wickets between them.

    Oliver Tait (31) and Darshick Lutchman (24) led a St John’s recovery, which helped their side to 109/9 from their 20 overs.

    Knowing SACS was chasing a very average total, Reza Salie (54, 49b) played aggressively, scoring at more than a run a ball, to record a well-played and decisive half-century. His contribution set SACS up for the win, which was duly delivered by Rowan Taplin (22) and Litha Kraai (20).

    David Ireland (2/18) and Malan du Plessis (2/28) performed well with the balls for St John’s, but they didn’t have enough runs on the board.

    Summarised scorecards

    St John’s College 226 (Darshik Lutchman 61, Oliver Tait 50, Joe MacRobert 32, Alec Loveland 29; Ruan Strauss 3/38, Damien Hopkins 2/29, Marius Penning 2/33, JJ Basson 2/42); Noordheuwel 229/6 (Duan van Aswegen 68, Pieter Bezuidenhout 53, Dylan Potgieter 31, Ethan Smit 28; Alec Loveland 2/38). Noordheuwel won by four wickets.

    St John’s College 109/9 (Oliver Tait 31, Darshik Lutchman 24; Reece Theunis 3/13, Nicholas Nejthardt 2/14, Ulrich Roth 2/18); SACS 111/5 (Reza Salie 54, Rowan Taplin 22, Litha Kraai 20; David Ireland 2/18, Malan du Plessis 2/28). SACS won by five wickets.

  • Hoërskool Pietersburg honger vir sukses in Pretoria

    Hoërskool Pietersburg honger vir sukses in Pretoria

    Hoërskool Pietersburg sal Saterdag met groot ywer en selfvertroue na Pretoria opruk vir hul kragmeting met Hoërskool Zwartkop. Die Pieties is nog wenloos in vanjaar se reeks.

    Hulle het bitter naby aan ‘n sege gekom teen ‘n kookwater Midstream College in verlede naweek se tweederonde-kragmeting.

    Die Pieties se aanvangsbouler, Hanno Coetzee, sal opnuut wind in sy seile hê na ‘n puik vertoning teen die Pretorianers. Hy sal egter hierdie naweek poog om die kolf ook die praatwerk te laat doen.

    Sy kollega en voorslagkolwer, AJ Galloway, sal ook uitsien daarna om homself weer tuis te maak voor die penne, na sy belowende beurt in die vorige ronde en behoort uiters gevaarlik te wees met die wilgerlat.

    Philip Weterman sal sy posisie as aanvangskolwer inneem en is tot dusver lekker op dreef. Hy sal op sy vorige vertonings wil voortbou om ‘n marathonbeurt te probeer bydra.

    Wynand Frylinck sal die Pietie-kolwers op hul tone hou. Frylinck is tot dusver die Zwarries se gevaarman met die bal, en sal noukeurig dopgehou moet word, vernaam op sy tuisveld.

    Die Zwarries se voorste kolwer, Nicholas Conradie, spog tans met 139 lopies in die Finsbury-reeks, wat hy in slegs twee beurte teen ‘n kolfgemiddeld van 69,5 behaal het. Hy en Frylinck sal die Zwarries terug op die wenpad wil kry nadat ‘n teleurstellende vertoning met die kolf gelei het tot hul nederlaag teen Marais Viljoen in ronde twee.

    Die sukkelende Ben Vorster sal ook die tog na die Jakarandastad aandurf, waar hulle teen die onoorwonne Midstream College te staan kom.

    Die Tzaneeners het nie ‘n maklike taak wat voorlê na hewige nederlae in die eerste twee rondes nie.

    Midstream College se Janco van Heerden sal sy lippe aflek vir nog ‘n kans om te beïndruk met die bal en die kolf. Die alsydige speler se bydraes in die oorwinning teen die Pieties sou hom hope selfvertroue gegee het.

    Saam met Van Heerden sal die voorslagkolwer, Dian de Villiers, ook ‘n vername rol speel in sy span se toporde, na sy spogbeurt van 64 wat grotendeels verantwoordelik was vir Midstream se naelskraapse oorwinning in Pietersburg.

    Marais Viljoen durf die vlaktes van Noordwes aan wanneer hulle Saterdag met Hoërskool Lichtenburg kragte meet. Albei spanne betree die week met goeie oorwinnings onder die belt.

    Dit sal nietemin interessant wees om te sien hoe die Liggies die gevaarlike draai-aanval van Marais Viljoen hanteer. Nathan Coleske, Marais Viljoen se keurkolwer tot dusver, sal op sy spelpeil wil voortbou om sy boulers by te staan.

    Coleske sal egter eers verby die Liggies se talentvolle naatbouler, Ona Senokwane, moet kom. Senokwane is ‘n vername pyl in die Liggies se koker en beskik oor die vermoë om in ‘n oogwink momentum in die guns van die Lichtenburgers te swaai.

     

  • Van Onselen en Dinamika gereed vir groot Middelburg-toets

    Van Onselen en Dinamika gereed vir groot Middelburg-toets

    Die Hoërskool Dinamika kom hierdie naweek voor hul grootste uitdaging te staan met Hoërskool Middelburg se besoek aan Alberton .

    Albei spanne is nog onoorwonne in vanjaar se Finsbury-reeks. Dit behoort derhalwe ‘n titaniese stryd, met die bal en kolf, tussen hierdie twee goed-gebalanseerde spanne af te gee.

    Dinamika se Nathan Visagie en Mark van der Berg sal die boulaanval lei. Albei het hulself goed van hul taak gekwyt in die span se gemaklike oorwinning in die tweede ronde van die kompetisie.

    Die Middies se gevaarlike Reuben Brandmuller sal die twee se aanslag aan die ander kant van die kolfblad inwag. Brandmuller het sopas ‘n reuse honderdtal in die sy span se eerste verskyning verlede naweek, teen Uplands College, behaal.

    Dean van Onselen, Dinamika se kaptein en vooraanstaande kolwer, is goed op dreef. Hy sal gretig wees om sy belowende spelpeil voort te sit en ‘n derde vyftigtal op sy kerfstok te plaas.

    Shaun Taljaard sal die Middies se gevaarman met die bal wees. Hy en sy mede-boulers sal vroeg wil korte mette maak met die Dinamika-kolflys om te verseker dat die span van Middelburg hul onoorwonne status behou.

    HTS Middelburg se selfvertroue sou ‘n hupstoot ontvang het na verlede naweek se hardverdiende oorwinning oor Hoër Volkskool Heidelberg. Hulle kom Saterdag teen Uplands College te staan, en die Middelburgers sal hoop dat hul kolwers die goeie spanpoging teen die Volkies kan herhaal.

    Die keurbouler van ronde twee, Hanro Terblanche, behoort weer ‘n sleutelrol te speel. Terblanche se uitstekende boulskof van vier paaltjies vir slegs vyf lopies het ‘n ommeswaai vir sy span bewerkstellig, en hy is groot wapen in die span se arsenaal.

    Uplands College se uitblinker, Leam van Zyl, behoort vir sy span die toon aan te gee na ‘n sprankelvertoning in sy eerste verskyning van die reeks, terwyl Marley Waspe puik ondersteuning met die kolf sal bied. Waspe se vermoë om lang beurte aanmekaar te slaan sal krities wees om ‘n goeie grondslag vir die span van Mpumalanga te lê.

    Merensky Landbou Akademie reis na Heidelberg, waar Hoër Volkskool Heidelberg op hulle wag. Die Tzaneeners lek nog hul wonde, na ‘n strawwe dag op kantoor teen die Afdeling se top span tot dusver, Dinamika

    Volkies is egter ook nog gewond na hul nederlaag van 34 lopies teen HTS Middelburg. Dit maak Saterdag se kragmeting des te meer belangriker, met kritieke ligapunte op die spel.

    Volkies se Vaughn Steynvaart sal mik om nog ‘n dinamiese vertoning met die bal op te dis. Sy spanmaat, Matt Wentzel, sal van voor wil lei en kapitaliseer op sy belowende begin met die kolf teen die Middelburgers.

    Merensky se Luka Heinlein het ‘n reuse taak op hande wanneer hy weer sy plek as aanvangsbouler inneem. Die naatbouler het in sy eerste verskyning beïndruk, maar het waarskynlik nog heelwat meer in die tenk.

    Die Tzaneeners se voorste kolwer teen Dinamika, Rinaldo Bornman, sal sy heldedade van die vorige week wil naboots. Sy kalmte in die middelorde behoort goud werd te wees vir die Plasies en hopelik die span aanvuur wanneer dit hul beurt is om die kolf op te neem.

  • St John’s College trump St Stithians in Johnny Waite T20 clash

    St John's College 1st XI captain Joe Macrobert.
    St John’s College 1st XI captain Joe MacRobert.

    St John’s College got the better of St Stithians in a Johnny Waite T20 clash played on Mitchell Field on Wednesday with a well-rounded performance.

    Thomas Ivers led the way with the bat for the home side, after captain Joe MacRobert had opted to bat first. Macrobert was shifted up to open the innings with Nkosana Sibiya, and the pair got the visitors off to a fast start.

    Macrobert, with a quick-fire 30 from 15 deliveries, which included five fours and a six, provided the kind impetus coach Bongani Ntini would have been hoping for when he made the move. Sibiya weighed in with 19 from 17 balls.

    Benefitting from that good platform, Ivers blasted his way to a well-played half-century from just 35 deliveries, which steered St John’s to a better than par total of 172/9 from their 20 overs.

    Cayden Sunker was the pick of the St Stithians’ bowlers, claiming 3/25 from his three-over spell. Ethan Jacobs lent good support, picking up 2/32 in four.

    Set a challenging run chase, St Stithians’ opening batsmen, Liam Mudenda and Pranav Raichetti played well and delivered the kind of start Saints would need to successfully pursue the big St John’s total.

    They put on 93 in 11.2 overs before Mudenda was out to Daniel Bruwer for a sparkling 55 from 33 deliveries, which included five fours and three sixes.

    However, David Ireland’s spell of two wickets for 27 runs, which included the dismissals of Raichetti for 40 and the dangerous Emile Odendaal for 10, swung the momentum back in favour of St John’s.

    Not even a quick cameo from Aidan van der Westhuizen (24, 14b) was enough to lift St Stithians to the win as they were held to 157/4 in their reply.

    King Edward VII School showed their class in a convincing victory over the tournament’s defending champions, Jeppe High School for Boys. 

    Opening batsman Callum Ritchie led the way with a remarkable 90 runs from just 57 deliveries, which featured a whopping seven sixes and six fours. Tiaan Goosen also got in on the action, filling the supporting role well, with 42 runs, which helped KES to a sound 173/3 from their 20 overs.

    The wicket had appeared to be batsmen-friendly when KES was at the crease, but Jeppe’s batsmen struggled with the track. Tiago Almeida was the pick of his side’s batsmen, but his run-a-ball 21 runs simply wasn’t going to cut it when Jeppe needed to score at 8.7 runs per over to win.

    After Almeida’s departure, things went pear-shaped for Jeppe as they kept losing wickets at regular intervals, and they were soon in deep trouble on 47/7.

    A late flurry from Keegan Caxerio (19) and Munib Ayob (17) put a better slant on the Jeppe scorecard, but their team’s challenge never materialised.

    Matthew Burgess starred with the ball for KES, bagging 2/6, while Christian Sabela (2/11) and Callum Ritchie (2/16) also excelled in a superb bowling effort, which took KES to a convincing 82-run victory.

    Summarised scorecards

    St John’s College 172/9 (Thomas Ivers 50, Joe MacRobert 30; Cayden Sunker 3/25, Ethan Jacobs 2/32); St Stithians 157/4 (Liam Mudenda 55, Pranav Raichetti 40; David Ireland 2/27). St John’s College won by 15 runs.

    King Edward VII School 173/3 (Callum Ritchie 90*, Tiaan Goosen 42, Cameron Smith 26; Ryan Harcourt-Baldwin 1/15); Jeppe High School for Boys 91/10 (Tiago Almeida 21; Matthew Burgess 2/6, Christian Sabela 2/11, Callum Ritchie 2/16, Michael Holmes 2/28). King Edward VII School won by 82 runs.

  • Potch Gimmies wil onoorwonne status behou

    Potchefstroom Gimnasium sal sy onoorwonne status in Afdeling-B van die Finsbury-reeks wil behou, wanneer die span van Noordwes Saterdag teen ‘n selversekerde Hans Moore in Potchefstroom te staan kom.

    Kaptein, Tommie Botha, is tot dusver Gimmies se sleutel tot sukes, en het reeds agt paaltjies in die eerste paar rondes laat kantel.

    Botha is ewe bedrewe met die kolf, na ‘n indrukwekkende begin teen Hoërskool Montana in ronde een.

    Gimmies se draaier, Caiden Seleka, het verlede naweek ook ‘n waarskuwing gerig aan die res van die afdeling. Die alsydige speler het die vloer met die Hoërskool Monument se boulers gevee om ‘n pragtige honderdtal te behaal.

    Die aanvangskolwer, James Wood, sal ook ‘n gevaar vir Hansies se boulers inhou. Hy het ook reeds ‘n vyftigtal onder die belt en sy lopietal staan reeds op 107 na twee rondes.

    Hans Moore beskik self oor ‘n sterk kolflys en dit gaan interessant wees om te sien hoe die twee teen mekaar opweeg. Hansies se aanvangskolwer, Stephan Vermaak, behoort die toon aan te gee na die suksevolle beurt van 97 waarmee hy die Montana-boulers in die tweede ronde geboelie het.

    Adrian Watson sal sy bes probeer om die Gimmie-kolwers op hul tone te hou. Sy vier paaltjies vir slegs 11 lopies teen Montana sou vir seker sy selfvetroue goed gedoen het. Watson is egter nie die enigste bouler waarvoor Gimmies op hul hoede moet wees nie. Brenton Francis sal ook weer sy pond vleis wil eis ten einde ‘n oorwinning vir sy span te verseker.

    Hoërskool Kemptonpark reis na Krugersdorp waar hulle teen ‘n sukkelende Hoërskool Monument te staan kom. Kempies se Martin Williams en Warren Pretorius behoort uit te sien na nog ‘n geleentheid om die paaltjies te laat spat.

    In die toporde, hou Floors Mynhardt groot gevaar in na sy onoorwonne vyftigtal in die Kempies se oorwinning oor Eldoraigne verlede naweek.

    Monument, steeds wenloos in vanjaar se reeks, sal na JD Landsberg kyk vir inspirasie. Landsberg is huidiglik Monnas se voorste lopiemaker en ook ‘n gevaarman met die bal in die hand.

    André van Niekerk behoort die aanval te lei en sal graag sy goeie spelpeil met die bal wil voortsit. Hy en Landsberg sal hard spook om Monnas terug op die wenpad te plaas.

    Hoërskool Eldoraigne sal Saterdag tuisvoordeel wil benut wanneer hulle teen ‘n jong Montana-span te staan kom. Die Eldo’s se nederlaag teen Kemptonpark het egter hul ritme ietwat versteur.

    Johan Broekman het puik vertoon met die kolf teen die Kempies en sal daarop wil voortbou om broodnodige ritme vir sy span te herwin.

    Die veelsydige Cameron Welsh sal wil opmaak vir sy teleurstellende vertoning verlede naweek. Hy vorm ‘n belangrike skakel op Eldo’s se kolflys en sal ook die Pretorianers se boulaanval lei.

    Montana soek steeds na ‘n eerste oorwinning in vanjaar se kompetisie. Rowan Sweetman, die Monties se aanvangskolwer, is tot dusver sy span se uitblinker. Hy sal sy ervaring en kalmte tafel toe wil bring met die hoop dat sy span vir Eldo’s kan pootjie.

     

  • Jakarandastad kan uitsien na aksiebelaaide naweek

    Jakarandastad kan uitsien na aksiebelaaide naweek

    Die Jakarandastad kan uitsien na ‘n aksiebelaaide naweek van krieket wanneer Hoërskool Menlopark en Hoërskool Waterkloof in die derde ronde van die Finsbury-reeks teen mekaar te staan kom.

    Waterkloof is tot dusver nog onoorwonne na twee inspirerende vertonings teen Hoërskool Rustenburg en Hoërskool Centurion. Kaptein, Beukes van den Berg, is na ‘n puik beurt van 126 in ronde twee, goed op dreef.

    Na ‘n ietwat sukkelende seisoen tot dusver, behoort dit heelwat selfvertroue vir hom te bied, wat in sy taak as paaltjiewagter kan oorspoel. Sy goeie spelpeil met die kolf en selfvertroue agter die paaltjies maak van hom ‘n groot gevaar vir Menlopark.

    Die aanvangskolwer, Divan Behrens, is ook lekker op dreef. Behrens het in twee wedstryde reeds 176 lopies aangeteken, wat ‘n hondertal (101) en ‘n vyftigtal (75) ingesluit het.

    Menlopark sal ook na ‘n goeie oorwinning van 89 lopies teen Hoërskool Rustenburg in ronde twee, meer gerus voel. Wian van Deventer en kie kan uitsien na waarskynlik hul belangrikste kragmeting, terwyl van Deventer se selfvertroue ‘n stewige hupstoot sou gekry het nadat hy Menlo se keurkolwer teen die Rusties was.

    Dian van Zyl sal die Menlo-kolflys verder verstewig en wil voortbou op sy beurt van 45 lopies verlede week.

    Matt van der Westhuizen sal die Klofie-kolwers op hul tone hou as Menlo se vooraanstaande bouler na die eerste twee rondes van die reeks.

    In Centurion verwelkom Hoërskool Centurion ‘n sterk Hoër Volkskool Potchefstroom. Volkies se Louis van Wyk sal uitsien daarna om Pretoria, met die bal en die kolf, op horings te neem.

    Tesame met Diaan van der Merwe vorm van Wyk die kern van die Potchefstromers se kolfaanslag. Die draaier, Olefa Padi, sal weer sy plek as gevaarman in die middelste beurte inneem. Padi het ‘n beduidende rol in die Volkies se oorwinning teen Hoërskool Nelspruit gespeel.

    Hy sal egter teen die vernietigende Rehan Lues te staan kom. Die middelorde-kolwer is tot dusver goed op dreef. Sy treftempo van meer as 100 sal die Volkie-boulers behoorlik toets.

    Lues sal ook ‘n konstante gevaar vir die Volkie-toporde inhou wanneer hy weer die nuwe bal vir die Pretorianers neem.

    Die span se kaptein, Charl Prinsloo, sal sy puik spelpeil met die kolf wil voortsit. Prinsloo was die Woeries se keurkolwer in hul kragmeting met Waterkloof.

    Die span se twee nederlae en tuisveldvoordeel behoort as genoegsame motivering te dien vir hom en die res van sy span om die Volkies Saterdag te troef.

    Hoërskool Nelspruit en Hoërskool Rustenburg geniet ‘n loslootjie, na die twee spanne reeds verlede Vrydag kragte gemeet het.

    Pretoria Boys’ High verwelkom Grey College van Bloemfontein wanneer die twee spanne Saterdag swaarde kruis. Die span van Bloemfontein was vandeesweek in Johannesburg in wedstryde teen onderskeidelik King Edward VII School en St John’s College betrokke.

    Die Bloemfonteiners het na ‘n goeie oorwinning van 95 lopies teen St John’s, goeie momentum begin bou. Die Boys’ High span sal egter nie te versmaai wees nie.

    Die span van Pretoria het verlede naweek, na ‘n goeie terugvegpoging met die bal, hul kragmeting met Afrikaans Hoër Seunskool met 30 lopies gewen.

  • Midstream glip verby Pieties in naelbytstryd

    Midstream College se tog na die hoofstad van Limpopo was die moeite werd, toe hulle ‘n tweede agtereenvolgende sege in Afdeling-C van die Finsbury-reeks behaal het met ‘n naelbytoorwinning oor Hoërskool Pietersburg.

    Dian de Villiers het die toon aangegee vir die Pretorianers met die kolf, en was Midstream se voorste lopiemaker met ‘n totaal van 64.

    Janco van Heerden het ook ‘n waardevolle beurt van 54 lopies van net 45 aflewerings bygedra, terwyl Jeandre Lourens (44) uitgemis het op sy vyftigtal met net ses lopies.

    Die Pieties se aanvangsbouler, Hanno van Zyl, was oudergewoonte dodelik met die bal. Sy balle het Midstream laat bontstaan en het vir hom vyf paaltjies besorg.

    Stefan Swanepoel het goeie rugsteun gebied sy drie paaltjies.

    Die Pietie-kolwers het hard geswoeg om ‘n eerste oorwinning te probeer bewerkstellig. AJ Galloway (69) en Cilliers van der Merwe (39) het dit so hittete reggekry om die Pietersburgers oor die lyn te kry.

    ‘n Goeie terugvegpoging deur die Midstream-duo, Janco van Heerden (3/29) en Ricus Cilliers (3/55), het die Pieties se aanslag egter in hul spore gestuit. Die ses paaltjies tussen die twee het beteken dat die Pieties net 231 kon aanteken, 14 lopies kort van ‘n oorwinning.

    Marais Viljoen en Hoërskool Zwartkop is behoorlik getoets onder moeilike omstandighede. Die span van Alberton was eerste aan die beurt met die kolf. Nathan Coleske het tot sy span se redding gekom na ‘n wankelrige begin, met ‘n ywerige beurt van 82 lopies. Declan Botes se uithoubeurt van 30 in die toporde het uiteraard ook ‘n waardevolle bydrae tot sy span se totaal van 171 gelewer.

    Zwartkop se Wynand Frylinck het weer die bal laat gesels en vroeg reeds  skade berokken met twee paaltjies vir 23 lopies. Zandre van Rooyen (2/33) en Layton Wilson (2/33) het hulself ook goed van hul taak gekwyt met vier paaltjies tussen die twee van hulle.

    Die Zwarrie-kolwers kon egter nie die mas opkom teen die sterk boulaanval van Marais Viljoen nie. Hier was Coleske ook die uitblinker met syfers van 4/35 . Declan Botes was ook gevaarlik en die wegbreekbouler het ‘n verdere drie slagoffers geëis om sy paaltjiestand na agt in twee wedstryde te skuif.

    Nicholas Conradie was die Zwarries se keurkolwer. Sy 39 lopies het van 39 balle gekom, maar was nie genoeg om sy span tot ‘n oorwinning aan te spoor nie.

    Lichtenburg se lang tog na agter die sitrusgordyn was aan die einde van ronde twee die moeite werd. Die Liggies kon daarin slaag om met ‘n  oorwinning met sewe paaltjies oor Hoërskool Ben Vorster huiswaarts te keer.

    Beknopte telkaarte: 

    Midstream College 245 (Dian de Villiers 64, Janco van Heerden 54, Jeandre Lourens 44, Ryan Strauss 25; Hanno van Zyl 5/22, Stefan Swanepoel 3/20). Hoërskool Pietersburg 231 (AJ Galloway 69, Cilliers van der Merwe 39, Philip Weterman 30, Hanno van Zyl 26; Janco van Heerden 3/29, Ricus Cilliers 3/55). Midstream College wen met 14 lopies.

    Marais Viljoen 171 (Nathan Coleske 82, Declan Botes 30; Wynand Frylinck 2/23, Zandre van Staden 2/25, Layton Wilson 2/33). Hoërskool Zwartkop 112 (Nicholas Conradie 39; Nathan Coleske 4/35, Declan Botes 3/45, Jordan Baijnath 2/9). Marais Viljoen wen met 59 lopies.

    Ben Vorster t. Lichtenburg: TBC 

  • Brandmuller-honderdtal te veel vir Uplands

    Reuben Brandmuller (147, 122b) se uitmuntende honderdtal was een té veel vir ‘n begeesterde Uplands College-elftal.

    Die voorslagkolwer het sy eerste wedstryd in Afdeling-D van die Finsbury-reeks ten volle benut om ‘n tydige waarskuwing aan al Hoërskool Middelburg se toekomstige teenstanders te rig.

    Brandmuller was slegs drie lopies kort van wat ‘n merkwaardige honderd-en vyftigtal sou wees. Sy beurt het ‘n string grenshoue ingesluit, waarvan 15 viere was en vier oorkant die grenstou grondgevat het.

    Sy kollega, Ivan Deale (61), sou ook heelwat selfvetroue uit sy beurt kon put. Die twee se vennootskap van 192 het die Middies se lopietempo behoorlik aan die gang gehou.

    Dit het verseker dat hul span ‘n reusetelling van 333/8 in dié se toegelate 50 boulbeurte kon opstapel.

    Liam van Zyl was Uplands College se uitstaande bouler. Van Zyl het aanhou veg vir die span van Mpumalanga en is met vier paaltjies beloon.

    Sy kolwers kon egter nie dieselfde vermag as dié van die Middies nie. Dit het egter nie beteken dat die span eenvoudig gaan lê het nie.

    Van Zyl was wat kolfwerk betref ook aan die spits. Sy beurt van 34 lopies was die hoogste individuele telling vir Uplands, terwyl Marley Waspe (28) en Gregory Kazandjis (26) ook waardevolle bydraes gelewer het.

    Dit was helaas nie genoeg om ‘n nederlaag af te weer nie. Shaun Taljaard het sy dinamiese beurt van 21 lopies, wat van slegs nege balle gekom het, opgevolg met puik boulsyfers.

    Hy het drie paaltjies laat kantel vir net 25 lopies. Saam met Taljaard was Hendre Nel (2/26) en Eduan Strydom (2/35) ook op hul stukke met vier paaltjies tussen die twee van hulle.

    Hoërskool Dinamika het hul dominerende spelpatroon voortgesit deur Merensky Lanbou Akademie met sewe paaltjies te verslaan. Dean van Onselen lyk na Afdeling-D se gevaarman met die kolf. Hierdie kranige kolwer het sy tweede vyftigtal in soveel weke opgelewer, na ‘n verbroude vangkans wat vir hom ‘n tweede lewe gegun het.

    Nathan Visagie se drie paaltjies vir slegs 13 lopies het ‘n beduidende rol in in Merensky se teleurstellende totaal van 114 gespeel. Mark van der Berg (2/12) het hom goed ondersteun, terwyl Jayden Smith (2/15) ook twee slagoffers geëis het.

    Vir die Tzaneeners was dit Rinaldo Bornman wat die kollig gesteel het. Hy het kop en skouers bo die res uitgestaan met sy vasberade beurt van 43 lopies. Die Plasies se aanvangsbouler, Luka Heinlein, het ook gewys wat in hom steek, deur twee vinnige paaltjies te neem.

    HTS Middelburg kon sy eerste oorwinning van die reeks smaak. Die span van Middelburg het uitstekend herstel na verlede week se nederlaag om Heidelberg Volkskool met 34 lopies te klop.

    Athoni Smuts (38) en Janco Aucamp (34) het leiding geneem met die kolf. Dit het beteken dat WJ Enslin (30) ook later in die beurt sy stempel kon afdruk.

    Vaughn Steynvaart (4/33) en Dandre Louw (2/29) was Volkies se topboulers gewees. Matt Wentzel het dit goed opgevolg met ‘n goeie kolfbeurt van 44 lopies. Marco Botha (22) het ook hard gewerk vir sy waardevolle telling.

    Die aanslag van die HTS Middelburg-boulers was egter net té akkuraat. Hanro Terblanche was in ‘n verwoestende bui en het vier paaltjies vir slegs vyf lopies laat val. Dit het die Volkies onder kwaai druk geplaas, en vir Ethan Dreyer (3/37) en Toy Engelbrecht (2/24) gehelp om die knoop deur te hak.

    Beknopte telkaarte:

    Hoërskool Middelburg: 333/8 (Reuben Brandmiller 147, Ivan Deale 61, Le Roux French 28, Shuan Taljaard 21; Leam van Zyl 4/82).   Uplands College: 180 (Leam van Zyl 34, Marley Waspe 28, Gregory Kazandjis 26; Shuan Taljaard 3/25, Hendre Nel 2/26, Eduan Strydom 2/35, Gavin Genis 2/36). Hoërskool Middelburg wen met 158 lopies.

    Merensky: 114 (Rinaldo Bornman 43, Loghan Janse van Rensburg 21; Nathan Visagie 3/13, Mark van der Berg 2/12, Jayden Smith 2/15); Dinamika: 115/3 (Dean van Onselen 62*, Trent Shrives 33; Luka Heinlein 2/27). Dinamika wen met sewe paaltjies.

    HTS Middelburg: 183 (Anthoni Smuts 38, Janco Aucamp 34, WJ Enslin 30, Armand Kotze 23; Waughn Steynvaart 4/33, Dandre Louw 2/29); Heidelberg Volkskool: 149 (Matt Wentzel 44, Marco Botha 22; Hanro Terblanche, Ethan Dreyer 3/37, Toy Engelbrecht 2/24). HTS Middelburg wen met 34 lopies.

  • Williams laat Eldo-kolwers wankel

    Williams laat Eldo-kolwers wankel

    Foto: DG Sport Foto’s

    Hoërskool Kemptonpark het Saterdag, te danke aan ‘n merkwaardige boulskof deur Martin Williams, sy tweede gemaklike sege in afdeling-B van die Finsbury-reeks, teen Hoërskool Eldoraigne, behaal.

    Williams het die Eldo-kolwers behoorlik laat wankel. Hy het vyf paaltjies vir slegs 30 lopies in sy agt boulbeurte laat spat.

    Dit was egter nie alleen Williams wat skade aangerig het nie. Warren Pretorius was ook witwarm met die bal en het drie paaltjies geneem wat die Eldo’s tot slegs 131 beperk het.

    Johan Broekman (42) en Ryno Broekman (22) was die Pretorianers se keur met die kolf . Die twee voorslagkolwers het gewys dat geduld by die kolfkampie kan lei tot woordevolle lopies, met albei wat hard gespook het om Eldoraigne in ‘n beter posisie te probeer plaas.

    Dit het egter voorgekom of die Kempton-kolwers op ‘n ander blad kolf. Die span se twee aanvangskolwers het die nodige werk gedoen, met Floors Mynhardt wat voor in die koor was met ‘n onoorwonne beurt van 62 lopies.

    Sy aanvangsmaat, Wian Pieters (51), was ewe goed op dreef. Die twee se volwasse beurte het die Kempies se telling na 116 opgejaag, voordat Johan Broekman die eerste, en laaste deurbraak kon maak.

    Potchefstroom Gimnasium het vir Hoërskool Monument gemaklik met 202 lopies geklop. Caiden Seleka se beurt van 122 het die Gimmies stewig aan die stuur van sake geplaas. Saam met Seleka was James Wood ook lekker op dreef. Sy bydrae van 82 lopies het beteken dat die twee ‘n vennootskap van 178 lopies aanmekaar kon slaan om die Gimmies se telling op 288/9 te staan te bring in hul toegelate 50 beurte .

    Die Monnas-kolwers het op hul beurt klippe gekou teen ‘n venynige Gimmie-boulaanval. Die Gimmies se kaptein, Tommie Botha, het vir die tweede agtereenvolgende week vier kolwers teruggestuur pawiljoen toe. Jahndre Coetzee het hom bygestaan met twee paaltjies van sy eie.

    Slegs Monnas se staatmaker, JD Landsberg, kon ‘n taamlike beurt aanmekaarslaan. Landsberg het bykans die helfte van sy span se lopies aangeteken.

    Hoërskool Hans Moore het Afdeling-B se tweede ronde met ‘n nege-paaltjie sege teen Hoërskool Montana afgesluit. Die Monties se sukkelende kolflys het weer na ‘n bruikbare vennootskap van 76 lopies tussen Luca Bairos (53) en Luhan Theunissen (20) ietwat inmekaargestort.

    Adrian Watson (4/11) en Brenton Francis (3/13) was die Hansies se keurboulers. Die twee het gesorg dat die paaltjies behoorlik kantel, met sewe paaltjies vir slegs 24 lopies wat in dié twee se gekombineerde boulskof gespat het.

    Die Hansies se twee aanvangskolwers, Stephan Vermaak (97) en Kenhan Shaw (55*) het gevolglik ligte werk gemaak van die 161 lopies wat benodig was. Vermaak se uitsonderlike beurt het van slegs 64 aflewerings gekom, en het nege sesse en ses viere ingesluit.

    Konrad Koukeas was die enigste suksesvolle Montie-bouler. Hy het die einste Vermaak terug pawiljoen toe gestuur, maar die skade was reeds aangerig, en  Shaw se beurt kon dus verseker dat Hans Moore die Monties se telling in die 22ste beurt verbysteek.

    Beknopte telkaarte: 

    Eldoraigne: 131 (Johan Broekman 42, Ryno Mulder 22; Martin Williams 5/30, Warren Pretorius 3/35). Kemptonpark: 133/1 (Floors Mynhardt 62*, Wian Pieters 51; Johan Broekman 1/29). Kemptonpark wen met nege paaltjies.

    Potchefstroom Gimnasium: 288/9 (Caiden Seleka 122, James Wood 82; Andre van Niekerk 4/37). Monument: 86 (JD Landsberg 41; Tommie Botha 4/22, Jahndre Coetzee 2/20). Potchefstroom Gimnasium wen met 202 lopies.

    Montana 160 (Luca Bairos 53, Luhan Theunissen 20; Adrian Watson 4/11, Brenton Francis 3/13). Hans Moore: 161/1 (Stephan Vermaak 97, Kenhan Shaw 55*; Konrad Koukeas 1/21). Hans Moore wen met nege paaltjies.