SSPN Test Site

Author: froberholzer

  • Rabie and Grey College get one over St John’s College

    Rabie and Grey College get one over St John’s College

    An amazing spell of bowling by Darion Rabie ensured Grey College wouldn’t leave Johannesburg without a victory under their belt.

    The all-rounder snared 6/17 to leave the St John’s College batting lineup in tatters in their limited-overs match on Mitchell Field on Sunday. His 10-over spell also included four maidens.

    Rabie wasn’t the only bowler to inflict damage on the home side’s batsmen. Henru de Wet, with 3/24, also got in on the action as he and Rabie did a stellar job of defending the 236/8 Grey College had totaled, batting first.

    At first, St John’s appeared to be on cruise control in pursuit of Grey’s score, with Nkosana Sibiya (47) and Thomas Ievers (28) compiling a solid 71 for the first wicket in just 11 overs. However, once the openers departed, it went horribly awry for the Houghton school as they folded and crumbled to 111/7.

    Grey, on the other hand, benefitted from telling contributions up and down their batting order.

    Casper Troskie top scored with 45 at just better than a run a ball, while Christiaan Kind weighed in with 42 at the top of the order, and Adam Niewoudt, Henru de Wet, Jaco Prinsloo and Neil Hattingh all made scores in the twenties.

    David Ireland, one of the younger players in the St John’s side, picked up 2/58, while four bowlers claimed a wicket each.

    Grey College, however, ran out comfortable 95-run winners after dismissing St John’s for only 141.

    King Edward VII (KES) sent St Andrew’s School, who were beaten by St John’s on Saturday, home with another defeat.

    Callum Ritchie starred with the ball for KES, knocking over 3/6 in four overs, while Michael Holmes, with 2/9, and Fayaaz Vawda, with 2/25, also impressed.

    Only Reuben van Aardt (38) and Andrew Sobiech (30) looked comfortable at the crease for Saints. Even with those decent contributions, the Bloemfontein boys tallied only 117 all out.

    St Andrew’s enjoyed some success early in the KES reply, reducing the hosts to 36/3 after nine overs, but Callum Ritchie rubbed salt into the visitors’ wounds by making 50 not out from 59 balls.

    At the other end, Michael Holmes calmly went about his business, hitting an unbeaten 32 from 54 deliveries, as he and Ritchie’s unbroken stand of 83 took KES to victory in the 27th over, with seven wickets still in hand.

    Summarised Scorecards

    Grey College 236/8 (Casper Troskie 45, Christiaan Kind 42, Neil Hattingh 28, Jaco Prinsloo 25, Henru de Wet 25, Adam Niewoudt 34; David Ireland 2/58); St John’s College 141/10 (Nkosana Sibiya 47, Thomas Ievers 28; Darion Rabie 6/17, Henru de Wet 3/24). Grey College won by 95 runs.

    St Andrew’s School 117/10 (Reuben van Aardt 38, Andrew Sobiech 30; Callum Ritchie 3/6, Michael Holmes 2/9, Vawda 2/25); King Edward VII 118/3 (Callum Ritchie 50*, Michael Holmes 32*; JC Young 1/32). King Edward VII School won by seven wickets. 

  • Briljante Waterkloof-duo sink Centurion

    Twee briljante beurte deur Waterkloof se kaptein, Beukes van den Berg, en die aanvangskolwer, Divan Behrens, was genoeg om die Pretorianers se tweede oorwinning, teen Hoërskool Centurion, in die A-afdeling van die Finsbury-reeks te verseker.

    Van den Berg het die toon aangegee met ‘n bydrae van 126 lopies van 87 aflewerings. Sy beurt het 10 viere en ses sesse ingesluit, en was ook die Klofies se hoogste telling vir die dag.

    Behrens het sy goeie spelpeil van die eerste ronde voortgesit. Hierdie keer kon hy egter die 100-merk verbysteek vir die Klofies se tweede honderdtal. Die aanvangskolwer se 101 lopies het van slegs 112 balle gekom.

    Hy en van den Berg het verdere sout in die Woeries se wonde gesmeer na Behrens se openingsvennootskap met AJ de Villiers (65) van 122 lopies.

    Die twee het uitstekend gekombineer om ‘n verdere vennootskap van 146 lopies tot die span se reuse-totaal van 349/6 by te dra in die toegelate 50 boulbeurte.

    Met ‘n enorme taak op hande, het die Woeries se kaptein, Charl Prinsloo, die druk goed absorbeer vir sy 63 lopies. Louniel Prins (38, 27b), Rehan Lues (31, 29b) en Judah Phillips (25, 44b), het op hul beurt ook ‘n verbete terugvegpoging geloods.

    Die Klofie-boulaanval het nietemin aanhou druk toepas en die aanslag, gelei deur Jaydon Blom (3/26), was eenvoudig té veel vir die Woeries. Dit het beteken dat die span van Centurion slegs 230 bymekaar kon maak voordat die laaste paaltjie gekantel het.

    Hoërskool Nelspruit het ‘n droewige naweek ervaar nadat hy twee nederlae in soveel dae gely het. Hoërskool Rustenburg was Vrydag té sterk vir die span van Mpumalanga, en die Rusties het ‘n goed-afgeronde spanpoging afgesluit met met ‘n oorwinning van 59 lopies.

    Wessel Oosthuizen het met die kolf vir die Rusties uitgeblink. Hy het ‘n indrukwekkende 66 lopies bygedra, terwyl Zander Diedricks ook ‘n nuttige bydra van 41 lopies kon maak.

    Nathan Rossouw was die gevaarman met die bal. Hy kon met syfers van vier paaltjies vir slegs 19 lopies spog.

    Vir die Nellies was dit weereens Vaughn van Zyl wat die kollig gesteel het. Van Zyl was die Nellies se voorste lopiemaker met 45, terwyl hy met die bal ook twee slagoffers kon eis.

    In Nellies se wegwedstryd teen Hoër Volkskool Potchefstroom het sake vir die besoekers skeefgeloop. Volkies se boulers het geen genade betoon nie.

    Dian Liebenberg het die meeste skade berokken met drie paaltjies, terwyl Schalk Pienaar (2/12) en die draaier, Olefa Padi (2/19), vier paaltjies tussen die twee van hulle kon plattrek.

    Die Volkies het daarna nie op hul laat wag nie en die 127 lopies wat benodig was in slegs 22 beurte behaal. Louis van Wyk het baljaar met ‘n totaal van 35. Sy bydrae, tesame met dié van Diaan van der Merwe (26*) en Attie Liebenberg (22*), was genoeg om ‘n oorwinning van sewe paaltjies vir Volkies te verseker.

    Menlopark het op sy beurt ligte werk van Hoërskool Rustenburg gemaak. Wian van Deventer het die leiding geneem met ‘n beurt van 67 lopies. Dian van Zyl (45) en Marcus De Aguar (34*) se latere aanslag het die span van die Jakarandastad tot ‘n telling van 223/8 aangevoer.

    Logan Russouw was die Rusties se uitblinker. Hy het vyf Menlo-kolwers terug pawiljoen toe gejaag in ‘n boulskof wat net 30 lopies gekos het.

    Sy kolwers kon egter nie dieselfde tempo as die Menlo-kolwers handhaaf nie. Wessel Oosthuizen was die voorste lopiemaker met 24 lopies. Hendre Robinson (22, 47b) en Logan Rossouw (21, 20b) het hul bes probeer maar was dit was helaas nie goed genoeg nie, met die laaste Rustie-paaltjie wat met die telling op 134 geval het.

    Beknopte telkaarte:

    Waterkloof: 349/6 (Beukes van den Berg 126, Divan Behrens 101, AJ de Villiers 65, Riley Miller 25; Rehan Lues 3/76). Centurion: 230 (Charl Prinsloo 63, Louniel Prins 38, Rehan Lues 31, Judah Phillips 25; Jaydon Blom 3/26, Jaco van der Walt 2/42). Waterkloof wen met 119 lopies. 

    Rustenburg: 211 (Wessel Oosthuizen 66, Zander Diedricks 41, Wesley Bruwer 30; Nathan Duncan 2/7, Duan Smal 2/30, Vaugh van Zyl 2/33, Jayden Meyer 2/47). Nelspruit: 152 (Vaughn van Zyl 45, Jaco Breyl 31; Nathan Rossouw 4/19). Rustenburg wen met 59 lopies.

    Nelspruit: 126 (Nathan Duncan 26, Jayden Blom 23; Dian Liebenberg 3/25, Schalk Pienaar 2/12, Olefa Padi 2/19). Hoër Volkskool Potchefstoom: 129/3 (R Smith 41*, Louis van Wyk 35, Diaan van der Merwe 26, Attie Liebenberg 22; Liam Pringle 2/26). Hoër Volkskool Potchefstroom wen met sewe paaltjies.

    Menlopark: 223/8 (Wian van Tonder 67*, Dian van Zyl 45, Marcus De Aguar 34*, James Bronkhorst 20; Logan Rossouw 5/30, Marnus de Witt 2/48). Rustenburg: 134 (Wessel Oosthuizen 24, Hendre Robinson 22, Logan Rossouw 21; Matt van der Westhuizen 3/22, Gert-Nico van Zyl 3/34, Gerhard Engelbrecht 2/35). Menlopark wen met 89 lopies.

     

  • Coetzer cracks open Affies’ batting lineup

    Johan Coetzer’s remarkable spell of five wickets for just 16 runs in seven overs was a crucial factor in Pretoria Boys’ High’s victory over their old rivals Afrikaans Hoër Seunskool (Affies) on Saturday.

    The opening bowler’s heroics had Affies in serious trouble on 66/5 as he and his team-mates doggedly defend their middling total of 151.

    Coetzer’s wasn’t a lone venture, however, as he found good support from Adam Cannata (3/27) and Connor Hall (2/31), who shared the other five wickets.

    Marc van der Merwe also played his part in the Boys High victory, with his 66 runs proving to be a vital difference-maker.

    Coetzer was also in the thick of things with the bat, delivering a valuable cameo of 25 runs after a collapse in the middle order, which enabled PBHS to establish a total which they were, ultimately, able to defend.

    Divan de Villiers was mostly responsible for the Boys’ High collapse. The all-rounder led the Affies’ attack, knocking over four wickets for only 27 runs.

    However, only Janco Purchase, among the Affies’ batsmen, looked comfortable at the crease, while all around him the heavy pressure exerted by the Boys High attack resulted in a steady procession of batsmen entering and exiting the crease.

    Purchase contributed a well-played 37 runs from 48 deliveries before becoming Cannata’s second victim. After his departure things went pear-shaped for Affies, who managed only 121 before they were bundled out.

    In the end, Pretoria Boys’ High secured a stunning, but well deserved, 30-run victory.

    Summarised scorecard:

    Pretoria Boys High 151 (Marc van der Merwe 66, Johan Coetzer 25, Extras 20; Divan de Villiers 4/21, Petrus Rautenbach 2/17); Affies 121 (Janco Purchase 37, Extras 24; Johan Coetzee 5/16, Adam Cannata 3/27, Connor Hall 2/31). Pretoria Boys’ High won by 30 runs

  • Merensky wag vir Dinamika van agter die Sitrusgordyn

    Foto: Ankia Botha

    Hoërskool Dinamika pak die lang tog na die Laeveld aan wanneer hy Saterdag teen Afdeling-D se nuwelinge, Merensky Landbou Akademie, te staan kom.

    Dit sal die Tzaneeners se eerste verskyning in vanjaar se toernooi wees. Hulle wedstryd teen Hoërskool Middelburg is weens gure weer en onspeelbare toestande afgelas.

    Dinamika, daarenteen, kom vars van ‘n oortuigende sege oor HTS Middelburg. Die span van Alberton het die Middelburgers gemaklik met nege paaltjies verslaan.

    Die Tzaneeners sal verál op hul hoede wees vir Dinamika se naatbouler, Sebastian Le Roux. Le Roux het reeds vyf paaltjies op sy Finsbury-kerfstok.

    Hy sal egter nog gevaarliker wees in kondisies waar die blaaie so ‘n rapsie meer vir die boulers inhou.

    Dean van Onselen, die span se kaptein, sal ook gretig wees om weer die kolf in die toporde op te neem. Dié voorslagkolwer is mooi op dreef na ‘n onoorwonne vyftigtal in ronde een.

    Hoërskool Middelurg verwelkom Uplands College, van Mpumalanga. Die twee spanne het uitgemis op speelkans in ronde een. Dit verhoog die opwinding, met albei skole wat die kans op waardevolle ranglyspunte sal wil aangryp.

    Die Middies se voorslagkolwer, Reuben Brandmuller, sal graag sy vaardighede in die toporde wil tentoonstel. Sy kollega, Ivan Deale, sal ook die kans om die Uplands kolwers te kasty wil aangryp.

    HTS Middelburg reis na Heidelberg, waar Hoër Volkskool op hulle wag. Die Middelburgers lek nog hul wonde na ‘n teleurstellende nederlaag in Alberton verlede naweek, waarvoor hulle sal wil vergoed. Die kaptein, Toy Engelbrecht was die enigste speler wat gelyk het of hy goed op dreef was en sal van voor wil lei. Sy draaiboulwerk sal ook taamlike druk op die middelste beurt plaas.

    Aan Volkies se kant sal Matthew Wentsel die leiding neem. Die aanvangskolwer sal ‘n positiewe begin vir sy span wil help verseker, terwyl Dave Pelzer, die Volkies se draaibouler, nes Wentsel ‘n belangrike wapen in sy span se arsenaal behoort te wees.

     

  • Zwarries wag vir Marais Viljoen in Pretoria

    Zwarries wag vir Marais Viljoen in Pretoria

    Marais Viljoen sal hierdie naweek behoorlik getoets word wanneer hulle na Pretoria reis om met Hoërskool Zwartkop kragte te meet. Na afloop van die eerste ronde in die C-Afdeling van die Finsbury-reeks, spog albei die spanne met oortuigende seges.

    Marais Viljoen het Hoërskool Pietersburg gemaklik met 149 lopies afgestof. Die span van Alberton se indrukwekkende wegbreekbouler, Declan Botes, sal weer op sy beste wil wees. Botes het reeds een “five-for” op sy Finsbury-kerfstok.

    Die aanvangskolwer, Jaden Govender, se paaltjie sal ook een wees wat die Zwarrie-boulers vroeg sal wil oes. Dit behoort ‘n interessante stryd tussen hom en die Zwarries se aanvangsbouler, Rowan Mclaren, af te gee.

    Mclaren was, saam met Wynand Frylinck, grotendeels vir die Hoërskool Ben Vorster se ondergang verantwoordelik in ronde een .

    Met die kolf sal Nicholas Conradie die gevaarman wees en hy sal mik om die Marais Viljoen-boulers deurgaans besig te hou.

    Midstream College reis na Pietersburg waar die Hoërskool Pietersburg op hulle wag. Die Pietes se aanvangsbouler, Hanno Coetzee, sal uitsien om van die toestande op tuisbodem uit te buit, terwyl sy kollega en aanvangskolwer, Philip Weterman, op sy goeie begin in die reeks sal wil verbeter.

    Midstream College is egter nie te versmaai nie. Hulle voorslagkolwer, Janco van Heerden, behoort heelwat vetroue uit sy goeie eerste vertoning te neem. Saam met Van Heerden sal Maarten Nortje ook ‘n kritiese rol in die Pretorianers se middelorde speel.

    Xander Senekal en Johnathan Wiseman se openingsvennootskap met die bal sal die Pieties se toporde behoorlik toets.

    Hoërskool Lichtenburg pak die lang tog Tzaneen toe aan om met die Black Caps van Ben Vorster swaarde te kruis.

    Die Vossies lek nog wonde na ‘n behoorlike loesing van 195 lopies teen die Zwarries in ronde een. Die tuisveldvoordel behoort egter nuwe wind in hul seile te blaas. Tzaneen is alombekend as ‘n moeilike plek om heen te toer.

    Die Liggies sal dus op alle silinders wil vuur om ‘n tweede nederlaag in soveel weke te vermy. Hul aanvangsbouler, Ona Senekwane, sal ‘n vername rol hê om te speel. Met die kolf in die hand sal Lethabo Memani op sy goeie beurt teen ‘n sterk Midstream boulaanval wil verbeter.

    Vir die Vossies kan die draaier, Anton Lourens, ‘n groot impak hê, indien hulle hoop om ‘n eerste oorwinning te behaal. Die paaltjiewagter en voorslagkolwer, Ruben Pohl, sal poog om die Vossie-beurt te anker en sodoende nog ‘n ineenstorting deur die middelorde te verhoed.

     

     

  • Kempies opgewonde vir Eldo-uitdaging in Jakarandastad

    Hoërskool Kemptonpark sal uitsien na die uitdaging wat voorlê wanneer hulle Saterdag na die Jakarandastad reis om met Hoërskool Eldoraigne kragte te meet.

    Albei spanne kom vars uit goeie oorwinnings in ronde een. Die Kempie-kolwers moes hard spook vir hul naelskraapse oorwinning met twee paaltjies oor Hans Moore van Benoni.

    hul twee voorslagkolwers, Wian Pieters en Stian de Villiers, sal op hulle suksesvolle begin tot die reeks wil voortbou.

    In die boul-departement sal Warren Pretorius daarna uitsien om die Eldo-kolwers op hul tone te hou.

    Aan die kant van Eldoraigne is dit die gevaarman, Cameron Welsh, wat die Kempies sal moet dophou. Welsh was die uitblinker in die Eldo’s se sege teen Hoërskool Monument.

    Sy aanvangsvennoot, Ruhan Oliphant, sal ook graag die tuistoestande optimaal wil benut. Oliphant is veral gevaarlik met sy vermoë om die nuwe bal te laat praat.

    Hans Moore verwelkom vir Hoërskool Montana in Benoni. Die Hansies sal die geleentheid wil gebruik om ‘n eerste oorwinning in die reeks te smaak.

    Kaptein, Warren Minnaar, is goed op dreef na ‘n puik beurt met die kolf verlede naweek. Saam met Minnaar sal sy kollega, Xavier Coetzee, ook mik om sy goeie spelpeil voort te sit.

    Die Monties lek nog hul wonde na ‘n behoorlike krieketles deur Potchefstroom Gimnasium in die eerste ronde van die reeks. Slegs aanvangskolwer, Rowan Sweetman, kom tot dusver gemaklik voor by die kolfkampie .

    Krieket is egter ‘n eienaardige spel en Saterdag sal ‘n behoorlike toets van karakter bied vir albei hierdie spanne.

    Hoërskool Monument durf die pad Potchefstroom toe aan waar hulle met ‘n begeesterde Potchefstroom Gimnasium swaarde sal kruis.

    Die Gimmies se kaptein, Tommie Botha, sal op die Monument-span wag. Botha se vertonning teen die Monties het ‘n duidelike boodskap gestuur dat hy as een van die topspelers in die afdeling gesien kan word.

    Aan die kant van Monument sal JD Landsberg die een wees waarvoor daar lig geloop moet word. Landsberg het bewys dat hy met die kolf en die bal gevaar inhou. Sy kollega, Riegardt Prinsloo sal ook ‘n belangrike rol in Monnas se kolflys speel en dié voorslagkolwer beoog om die lewe moeilik te maak vir Gimmies in Potchefstroom.

  • Potch Volkies versigtig vir omgekrapte Van Zyl en Hoërskool Nelspruit

    Hoër Volkskool Potchefstroom sou sy soet sege oor Menlopark in die eerste ronde van die Finsbury-reeks behoorlik gevier het. Hulle sal egter op hul hoede moet wees vir wat blyk na ‘n omgekrapte Hoërskool Nelspruit.

    Die span van Potchefstroom  het verlede naweek gemaklik met 124 lopies teen Menlopark geseëvier.

    Die Nelies het daarenteen ‘n punt bewys deur ‘n ander Pretoriaanse span, Hoërskool Centurion, met vyf paaltjies te klop.

    Vaughn van Zyl, die Nelies se aanvangsbouler, sal uitsien om weer op die Hoëveld se blaaie te boul. Hy het verlede naweek vyf paaltjies laat spat en die Menlo-kolwers behoort alte bewus te wees van die gevaar wat hy inhou.

    Hulle voorslagkolwer, Nathan Duncan, het ook die jaar goed afgeskop en sal poog om die Volkie-boulers onder konstante druk te plaas.

    Die Nellies sal egter op die uitkyk wees vir Volkies se, Louis van Wyk en Diaan van der Merwe. Albei is reeds goed op dreef met die kolf . Van der Merwe was ook Volkies se voorste paaltjievraat in hul kragmeting teen die Pretorianers.

    Berno de Klerk behoort die Potchefstromers se gevaarman met die bal te wees, terwyl die draaier, Olefa Padi, die skroewe in die middelste beurte styf kan vasdraai.

    Die Nellies sal, weens die lang reis en besorgdheid oor die veiligheid van die seuns op die pad, Vrydag eers in Rustenburg draai, waar hulle teen die Hoërskool Rustenburg te staan sal kom.

    Hoërskool Centurion het ‘n reuse taak op hande wanneer hulle Saterdag teen die  Hoërskool Waterkloof in Pretoria te staan kom.

    Die Klofies lewer kookwater spel en het hul veldtog met ‘n reuse oorwinning van 207 lopies teen Hoërskool Rustenburg afgeskop. Wian Rutven blyk oudergewoonte weer gemaklik in die kolfkampie; die Klofie-aanvangskolwer het die eerste honderdtal in vanjaar se reeks aangeteken.

    Hy het ‘n merkwaardige 128 teen die Rusties gemoker. Aan die ander kant het sy kollega, Divan Behrens, ook op ‘n goeie noot begin.

    Die Woeries sal vir hul nederlaag wil opmaak. Hulle voorslagkolwer, Rehan Luus, sal poog om sy goeie spelpatroon voort te sit. Charl Prinsloo, die Woeries se kaptein, sal uitsien na nog ‘n kans om met die kolf te beïndruk, terwyl Morné Venter en Wouter Kielblok weer gevaar inhou met die bal.

    Hoërskool Menlopark verwelkom die Hoërskool Rustenburg, met albei spanne wat nog wonde lek na vroeë nederlae in vanjaar se kompitisie.

    Vir die Pretorianers sal hul voorslagkolwer en paaltjeiwagter, Willem Sevenster, ‘n belangrike rol speel. Sevenster sal wil opmaak na sy teleurstellende vertoning met die kolf teen Volkies.

    Die naatbouler, Jean le Roux, blyk ook of hy, met die bal in hand, goed op dreef is. Le Roux was in die eerste ronde een van Menlopark se uitblinkers en het reeds drie paaltjies op sy Finsbury-kerfstok.

    Aan die kant van Rustenburg sal die twee Rossouws, Nathan en Logan , weer op alle silinders wil vuur. Wesley Bruwer sal ook weer ‘n prominente rol in die Rusties se kolflys speel.

  • Magnificent Manack and St David’s sink Rand Park High

    Armaan Manack’s memorable unbeaten century played a massive part in St David’s Marist’s comprehensive victory over Rand Park High School in a Johnny Waite T20 clash on Wednesday.

    The opening batsman plundered 114 runs from only 65 deliveries. His innings included a whopping 15 boundaries, with 11 fours and four sixes.

    At the same time, Matthew West provided some much-needed support after two wickets fell early on in quick succession to leave the side from Inanda in a bit of a pickle.

    West’s 33, combined with Manack’s brilliance, gave St David’s a big total of 180/2 to defend.

    The success of his team’s batsmen must have inspired Jordan Abraham because he tore through the Rand Park batting line-up. The second change bowler bagged five scalps at a cost of only 19 runs from his four overs.

    Jordan Visagie (36) and JP Fourie (35) resisted. However, the pair seemed to be the only two Rand Park batsmen with any answers to the questions that Abraham was asking. Their valuable contributions weren’t sufficient to counter Manack’s and West’s knocks as Rand Park finished on 134/7 to suffer a 46-run defeat.

    Jeppe High School for Boys dealt with Northcliff in impressive fashion. Jeppe have made a strong start to the year, and they will be a force to be reckoned with if they continue delivering the brand of cricket that has brought them early season success.

    Their leg spin magician, Shreshth Kumar, was among the wickets again, returning the best figures for Jeppe on the day after sending three victims packing for 34 runs. Munib Ayob (2/10) and Luke Cannon (2/18) also played their part as Northcliff was restricted to only 123/9.

    That total was mostly thanks to a wonderful knock by Alex Wiest, lower down the order. He elevated his side’s innings by blasting 60 runs from only 44 balls, which included four fours and four sixes.

    Unfortunately for Northcliff, their struggles continued in the bowling department. Only Kieran Bradley managed to do any significant damage. His fine spell was rewarded with three wickets for 41 runs.

    For Jeppe, openers Kai van Aard (36) and Tiago Almeida (23) put in most of the hard yards, combining well for a solid partnership of 58 runs for the first wicket. Ryan Young’s 32 and a good cameo from Aiden Reyneke in the latter part of the innings saw Jeppe comfortably secure a six-wicket victory.

    Monument’s Joshua McCoy led the side from Krugersdorp to a closely contested three-wicket victory over Queens High School. McCoy’s 52 from 43 deliveries steadied the ship for Monnas as they chased down a victory target of 141 runs in the 18th over.

    Mzwakhe Mkhwanazi (39) and Pranay Tailor (31), batting in the middle order, were the saving grace for the Queens’ innings. Their contributions enabled their side to post a competitive total.

    Opening bowler Martin Willemse was the main contributor with the ball for Queens. He had Monument in early trouble, with his four-over spell resulting in three wickets at a cost of only 21 runs.

    Ibrahim Haffejee (3/27), was the pick of the Monument bowlers, while Andre van Niekerk (2/16) and JD Landsberg (2/26) also made crucial breakthroughs to steer their side to a narrow victory.

    King Edward School (KES) easily shrugged off Hoërskool Randburg in their fixture. A quick 45-run partnership between Tiaan Goosen (55) and Troy Gordon (47) set the Johannesburg side up for an intimidating total of 178/4 from their 20 overs.

    It was then up to the bowlers to play their part and they did so in dominating fashion, restricting a struggling Randburg batting lineup to a meagre 79/8.

    Zieg Roos was the pick of the bowlers, snaring two wickets for only 11 runs. He was well supported by Matthew Burgess (2/16) as KES powered their way to a lop-sided 99-run victory.

    Summarised scoresheets 

    St David’s Marist Inanda 180/2 (Armaan Manack 114*, Matthew West 33; Kyle Page 1/19); Rand Park High School 134/7 (Jordan Visagie 36, JP Fourie 35; Jordan Abraham 5/12). St David’s Marist won by 46 runs.

    Northcliff 123/9 (Alex Wiest 60; Shreshth Kumar 3/34, Munid Ayob 2/10, Luke Cannon 2/18); Jeppe Boy’s 124/4 (Kai van Aardt 36, Ryan Young 32, Tiago Almeida 23, Aiden Reyneke 23; Kieran Bradley 3/41). Jeppe Boy’s won by six wickets.

    Queens High School 140/9 (Mzwakhe Mkhawanzi 39, Pranay Tailor 31, Ibrahim Haffejee 3/27, Andre van Niekerk 2/16, JD Landsberg 2/26); Monument 146/7 (Joshua McCoy 52, Keagan van Wyk 22; Martin Willemse 3/21). Monument won by three wickets.

    King Edward VII School 178/4 (Tiaan Goosen 55, Troy Gordon 47, Cameron Smith 34, Callum Ritchie 25; Tristan Nel 1/23); Hoërskool Randburg 78/9 (Zieg Roos 2/11, Matthew Burgess 2/16). KES won by 99 runs.

  • Well-rounded Jeppe sink Potch Volkies

    A well-rounded team performance from Jeppe High School for Boys secured them a significant victory over Potchefstroom Volkskool on Sunday in Johannesburg.

    Kai van Aardt led the charge with the bat for the hosts, who took to the crease first. Opening the innings, he top-scored with a mature 51 from 77 deliveries.

    After Jeppe’s openers had laid a solid foundation, with a well-constructed stand of 82 runs, Ryan Harcourt-Baldwin (36) and Ryan Young (35) weighed in with further valuable contributions.

    With five batsmen making 20 or more, Jeppe totalled 220/7 after their 50 overs.

    Eduan van der Merwe led the Volkies’ attack, picking up 2/33, while Devan Oberholzer also enjoyed success, capturing 2/37.

    When they began their reply, the Potchefstroom batsmen soon realised it was going to a challenging day out in the middle. Christoper Elston made big inroads for Jeppe, returning the impressive figures of three wickets for 20 runs, while Harcourt-Baldwin followed up on his good innings with a haul of 3/25.

    Volkies’ experienced campaigner, Berno de Klerk, led a short-lived fight back, contributing 24 runs, while Eduan van der Merwe grafted hard for his 20.

    However, sustained pressure from the Jeppe bowlers took its toll, leading to Volkies losing wickets in clusters. Shreshth Kumar (2/30) struck the final blow as the side from the North West suffered a heavy 109-run defeat after being bundled out for a disappointing 111.

    Summarised scorecard: 

    Jeppe Boys’ 220/7 (Kai van Aardt 51, Ryan Harcourt-Baldwin 36, Ryan Young 35, Munib Ayob 28, Tiago Almeida 21; Eduan van der Merwe 2/33, Devan Oberholzer 2/37); Potchefstroom Volkskool 111 (Berno de Klerk 24, Eduan van der Merwe 20; Christopher Enslin 3/20, Ryan Harcourt-Baldwin 3/25, Shrehth Kumar 2/30). Jeppe Boys’ won by 109 runs.

  • Welsh woeker in Eldoraigne sege oor Monument

    Cameron Welsh se vertoning met die kolf en die bal het Hoërskool Eldoraigne se eerste sege van hierdie jaar se Finsbury-reeks teen Hoërskool Monument verseker

    Die veelsydige speler was die voorste lopiemaker van sy span op die dag. Hy het 68 lopies tot Eldoraigne se totaal bygedra. Dit het gehelp dat die Eldos Monument se telling van 187, met slegs twee paaltjies in hand, verbygesteek het.

    Johan Broekman (26) en Ryno Redelinghuys (23) het albei ook waardevolle bydraes gelewer.

    Welsh het ook uitgestaan met die bal. As aanvangsbouler het hy vroeg drie paaltjies vir slegs 32 lopies laat kantel. Ruhan Oliphant (2/34) het goeie ondersteuning gebied met twee paaltjies van sy eie.

    Vir die span van Krugersdorp was dit JD Landsberg, wat in sy kolfbeurt die voortou geneem het.

    Landsberg se 39 lopies het grootliks bygedra om ‘n kompeterende telling op die bord te plaas. Dit was ook die meeste vir sy span. Rieghardt Prinsloo (32, 75b) en Nicolas van der Clif (31, 43b) het gesaamentlik 63 lopies, in ‘n goeie terugvegpoging, bygedra.

    Landsberg was weer in die kollig met die bal in hand. Hy het die grootste skade berokken met goeie boulsyfers van 2/19. Dit was egter nie genoeg nie, en die laer orde van Eldoraigne kon vasbyt vir ‘n naelbytoorwinning.

    Potchefstroom Gimnasium het daarin geslaag om ‘n jong Hoërskool Montana met nege paaltjies te klop.

    Die Gimmies se kaptein, Tommie Botha, was op sy stukke. Die voorslagkolwer se onoorwonne 65 lopies het die wind uit die Montana-boulers se seile gehaal. Hy is goed bygestaan deur James Wood (25) en Divan van Eldik (25) in die Gimmies se jaagtog.

    Botha was ook die voorste paaltjievraat vir sy span. Hy kon in die middelste beurte vier paaltjies plattrek vir slegs 21 lopies. Die Gimmies se wegbreekbouler, Caiden Seleka, het ook twee paaltjies ingepalm.

    Aan die kant van Montana was dit net sy aanvangskolwer, Rowan Sweetman (45, 74b), wat gemaklik gelyk het. Die gebrek aan ervaring op eerstespanvlak in die Monties se kolflys het begin deurskemer en Sweetman kon geen waardevolle ondersteuning vind nie.

    Luhan Theunissen (1/28) het hard gespook in die Monties se poging om 123 te verdedig, maar was dit tevergeefs en die span van die Jakarandastad moes met ‘n nederlaag van nege paaltjies die knie buig.

    Beknopte telkaarte: 

    Monument: 187/8 (JD Landsberg 39, Riegardt Prinsloo 32, Nicolas van der Clif 31; Cameron Welsh 3/32, Ruhan Oliphant 2/34); Eldoraigne 188/8 (Cameron Welsh 68, Johan Broekman 26, Ryno Redelinghuys 23; JD Landsberg 2/19). Eldoraigne wen met twee paaltjies.

    Montana: 123 (Rowan Sweetman 45; Tommie Botha 4/21, Caiden Seleka 2/19, Thlone Thabata 2/21); Potchefstroom Gimnasium 124/1 (Tommie Botha 65*, James Wood 25, Divan van Eldik 25; Luhan Theunissen 1/28). Potchefstrrom Gimnasium wen met nege paaltjies.

    Hans Moore vs Kemptonpark: TBC