SSPN Test Site

Author: froberholzer

  • Le Roux laat paaltjies spat in groot oorwinning vir Dinamika

    Sebastian Le Roux na sy uitstekende boulskof van 5/22

    Sebastian Le Roux se uitstekende boulwerk het Saterdag Hoërskool Dinamika se eerste oorwinning van die jaar se Finbury-reeks verseker.

    Die naatbouler se syfers van vyf paaltjies vir 22 lopies het sy teenstanders, HTS Middelburg, onder enorme druk geplaas. Sy skof van sewe beurte het 31 leë aflewerings ingesluit teen ‘n ekonomiese pas van 3.14 per beurt.

    Dean van Onselen se terugkeer was inderdaad ook ‘n groot aanwins vir die span van Alberton.

    Die kaptein en aanvangskolwer was, saam met Le Roux, aan die voortou van sy span se sege met ‘n onoorwonne 77 lopies van slegs 44 aflewerings.

    Van Onselen se vennootskap saam met Duandre Nieuwenhuys (31*) het beteken dat hul span die telling in die 16de beurt reeds kon verbysteek.

    HTS Middelburg se Anthoni Smuts was die enigste kolwer wat kon indruk maak, en het ‘n goeie terugvegpoging geloods waarin hy 28 lopies tot sy span se totaal van 123 kon voeg.

    Behalwe vir Toy Engelbrecht (1/39) was daar geen verdere ondersteuning nie. Dit het die gewonde Middelburgers met ‘n nege-paaltjie nederlaag stert tussen die bene huistoe gestuur.

    Dinamika se volgende wedstryd sal teen die nuwelinge, Merensky Lanbou Akademie, in Tzaneen wees. Merensky het van die C na die D-afdeling van die kompetisie geskuif.

    ‘n Groot toets wag op die Tzaneeners nadat gure weer en onspeelbare toestande tot die uitstel van hul eerste wedstryd gelei het. Dit beteken dat hulle slegs ‘n enkele T20-wedstryd onder die belt sal hê wanneer hulle teen ‘n omgekrapde Dinamika-span te staan kom.

    Die ander wedstryd tussen Heidelberg Volkskool en Uplands College is ook na ‘n latere datum geskuif weens die Volkies se jaarlikse kragmeting met King Edward School van Johannesburg.

    Beknopte telkaart: 

    HTS Middelburg:123 (Anthoni Smuts 28; Sebastian Le Roux 5/22); Dinamika: 125/1 (Dean van Onselen 77*, Duandre Nieuwenhuys 31*; Toy Engelbrecht 1/39). Dinamika wen met nege paaltjies.

  • Botes draai web om Pietersburg kolwers

    Foto: Declan BotesDeclan Botes se uitstekende boulsyfers van vyf paaltjies vir 50 lopies het beteken dat Marais Viljoen se telling van 263 meer as genoeg was. Die wegbreekbouler se heldedade het die Hoërskool Pietersburg tot slegs 114 beperk.

    Die span van Alberton het sodoende hul rekening met ‘n oortuigende oorwinning van 149 lopies oopgemaak. Botes was egter nie alleenlik verantwoordelik vir die sege nie.

    Adullah Tadwala (3/10) en Nathan Coleske (2/28) het elkeen ook waardevolle paaltjies ingepalm.

    Jaden Govender was uitstekend met die kolf. Die aanvangskolwer het sy vermoë behoorlik tentoongestel en was die voorste lopievraat met ‘n telling van 67.

    Tiaan Khun (52, 52b) het ook ‘n vyftigtal behaal, terwyl Nathan Coleske (26) ook met die kolf uitgestaan het.

    Vir die Pieties was dit ‘n lang dag in die veld. Slegs Hanno van Zyl (3/32) en Nicholaas Oerlemans (2/36) kon enige indruk maak met die bal in die hand.

    Stephan Swanepoel was die uitblinker met die kolf. Die voorslagkolwer se beurt van 66 lopies was die meeste aan die kant van die Pieties. Philip Weterman (23) het goeie ondersteuning gebied, maar daar was ongelukkig niemand anders wat dit kon opvolg nie.

    Janco van Heerden het sy Finbury-toernooi op goeie dreef begin. Sy 81 lopies vroeg op die kolflys en drie paaltjies vir slegs 22 lopies was genoeg om Hoërskool Lichtenburg stert tussen die bene huis toe te stuur.

    Saam met van Heerden het Maarten Nortje (62) ook uitgeblink met die kolf in die hand. Met die bal was dit Xander Senekal (2/2) en Jonathan Wiseman (2/30) wat goeie ondersteuning gebied het.

    Ona Senekwane was die voorste Liggie-bouler met goeie boulsyfers van drie paaltjies vir 53 lopies. Sy mede boulers het wel later in die beurt hard gespook om ‘n goeie terugvegpoging af te rond.

    Dit was egter net Lethabo Memani (30, 62b) wat gelyk het of hy enige antwoorde op die vrae van die Midstream boulers gehad het. Luan Snyman (22) en Delvaughn Dyers (21) het tevergeefs probeer en die span van Lichtenburg is vir slegs 142 uitgeboender.

    Hoërskool Zwartkop het sy kompetisie met ‘n oortuigende oorwinning teen Hoërskool Ben Vorster afgeskop.

    Nicholaas Conradie het die wind uit die Tzaneeners se seile gehaal met ‘n pragbeurt van 94 lopies. Wihan Gelderblom (57) het hom goed bygestaan met ‘n vyftigtal van sy eie. Dit het Zwartkop se telling na 239 opjegaag.

    Nhlalala Malungana was die voosrste Vossie-bouler met syfers van 3/36.

    Die Zwartkop-boulers was egter in ‘n verwoestende bui. Die Vossies kon slegs 44 lopies behaal voor die laaste kolwer pawiljoen toe gestuur is. Wynand Frylinck (2/2) was grotendeels verantwoordelik vir die Vossies se ondergang. Hy het egter goeie ondersteuning in Rowan Mclaren (2/13) en Zandre van Staden (2/15) gevind.

    Die trio se onderskeie boulskofte het, saam met ‘n goeie vertoning met die kolf, die span van Tzaneen ‘n behoorlike loesing van 195 lopies toegedien.

    Beknopte telkaarte: 

    Marais Viljoen: 263 (Jaden Govender 67, Tiaan Khun 52, Nathan Coleske 26; Hanno van Zyl 3/32, Nicolaas Oerlemans 2/36); Hoërskool Pietersburg: 114 (Stephan Swanepoel 66, Philip Weterman 23; Declan Botes 5/50, Abdullah Tandwala 3/10, Nathan Coleske 2/28). Marais Viljoen wen met 149 lopies.

    Midstream College: 285/9 (Janco van Heerden 81, Maarten Nortje 62, Dian die Villiers 27; Ona Senekwane 3/53, Lethabo Memani 2/43, Luan Snyman 2/46, Delvaughn Dyers 2/60); Hoërskool Lichtenburg: 142 (Lethabo Memani 30, Luan Snyman 22, Delvaughn Dyers 21; Janco van Heerden 3/22, Xander Senekal 2/2, Jonathan Wiseman 2/30). Midstream College wen met 143 lopies.

    Hoërskool Zwartkop: 239 (Nicholaas Conradie 94, Wihan Gelderblom 57, Vincent Matraiotti 21; Nhlalala Malungana 3/36, Anton Lourens 3/50, Hlulani Mhlongo 2/32); Hoërskool Ben Vorster: 44/9 (Nhlalala Malungana 17; Wynand Frylinck 2/3, Rowan Mclaren 2/13, Zandre van Staden 2/15). Zwartkop wen met 195 lopies.

  • Merkwaardige Van Zyl sink Centurion

    Merkwaardige Van Zyl sink Centurion

    Die Hoërskool Nelspruit se Vaughn van Zyl (5/19) het vroegoggend gesorg vir absolute chaos. Die aanvangsbouler het drie vinnige paaltjies laat spat om die Hoërskool Centurion op ses vir vyf te laat wankel.

    Die Woeries se reddingspoging is gelei deur een van sy sleutelspelers, Rehan Lues. Lues se 65 lopies het sy span effens uit die moeilikheid gekry, maar konstante druk deur Vaughn en kie het die span van Pretoria tot slegs 118 lopies beperk.

    Nathan Duncan se 26 lopies, tesame met John Duncan se bydra laer af in die orde, was genoeg om die Nellies se eerste oorwinning in die Finsbury-reeks met vyf paaltjies te verseker.

    Die Hoërskool Waterkloof se aanvangskolwers het geen tyd gemors om Die Hoërskool Rustenburg se boulaanval onder druk te plaas nie. Wian Ruthven was soos oudergewoonte in ‘n vernietigende bui met ‘n aggressiewe beurt van 129 lopies. Sy beurt het vier viere en nie minder nie as nege sesse ingesluit.

    Sy vennoot, Divan Behrens (75), se volwasse beurt het bygedra dat die twee ‘n vennootskap van 215 lopies om die eerste paaltjie kon bymekaarsit.

    Dit was egter nie die laaste strooi nie. Marcus Bakker (50) het ook ‘n aandeel gehad, terwyl Franco Cronje (49, 25b) verdere sout in die Rusties se wonde gevryf het.

    Met ‘n reuse telling van 338 lopies om te jaag was dit slegs Wesley Bruwer (41) en Logan Rossouw (37) wat waardevolle bydraes kon maak. Marcus Bakker was die gevaarman met die bal in die hand, en het drie paaltjie laat spat vir slegs 19 lopies.

    Saam met verdere bydraes deur die res van die Klofie-boulers is die Rusties tot ‘n teleurstellende 130 beperk, wat beteken dat hierdie jaar se gunstelinge sy toernooi kon afskop met ‘n reuse oorwinning van 207 lopies.

    Potchefstroom Volkskool het ‘n groot stelling gemaak nadat hy die ander gunstelinge, Hoërskool Menlopark, vir slegs 126 uitgeboender het.

    Diaan van der Merwe was aan die stuur van sake. Die draaier was die voorste paaltjievraat op die dag met syfers van vier vir 29 lopies. Boonop het daar ‘n waardevolle 55 lopies van sy kolf gekom.

    Louis van Wyk het sy Finsbury op hoë noot afgeskop. Die voorslagkolwer het die Menlo-boulers behoorlik onder druk gesit met ‘n uiters goeie 77 lopies om die beurt te anker.

    Dian van Zyl (36) was byna die enigste Menlo-kolwer wat met gemak gekolf het. Hy het die hoogste telling vir sy span aangeteken en was die enigste wat teen ‘n treftempo van meer as 100 kon kolf.

    Dit was egter nie goed genoeg nie en die teiken van 251 was net ‘n raps te ver vir die span van die Jacarandastad.

    Beknopte telkaarte: 

    Centurion: 118 (Rehan Lues 65; Vaughn can Zyl 5/19); Hoërskool Nelspruit 121/5 (Nathan Duncan 26, R Nel 25, John Duncan 23; Morne Venter 2/20, Wouter Kielblock 2/23). Hoërskool Nelspruit wen met vyf paaltjies.

    Waterkloof: 337/5 (Wian Ruthven 129, Divan Behrens 75, Marcus Bakker 50, Franco Cronje 49*; Nathan Rossouw 3/46); Hoërskool Rustenburg 130 (Wesley Bruwer 41, Logan Rossouw 37; Marcus Bakker 3/19, Franco Schmidt 2/10, Luan Ferreira 2/12, Marno Piennar 2/28). Waterkloof wen met 207 lopies.

    Potchefstroom Volkskool: 250 (Louis van Wyk 77, Diaan van der Merwe 55, Attie Liebenberg 47; Jean le Roux 3/44, Gerhard Engelbrecht 3/54); Menlopark: 126 (Dian van Zyl 36, Wian van Deventer 26; Diaan van der Merwe 4/29, Berno de Klerk 3/26, Olefa Padi 2/6). Potchefstroom Volkskool wen met 124 lopies.

  • Van Oeselen terugkeer ‘n groot hupstoot vir Dinamika

    Van Oeselen terugkeer ‘n groot hupstoot vir Dinamika

    Dean van Oeselen se terugkeer, na slegs een wedstryd in die 2023 seisoen, sal die Hoerskool Dinamika ‘n groot hupstoot gee in sy aanslag op Finsbury se Afdeling-D-titel .

    Die nuwelinge het in 2023 ‘n suksesvolle veldtog in die E-afdeling geniet. Hulle is as kampioene gekroon waarna hulle daarin kon slaag om die promosie-relegasie-wedstryd te wen om op te skuif.

    Van Oeselen se ervaring met die kolf behoort ‘n groot aanwins vir die Dinamika-span wees.

    Trent Shrives, ‘n nuweling in die groep, sal kyk om sy plek in die span te verstewig. Shrives sal met die kolf in die middelorde diens doen, maar dis sy wegbrekers wat vir die span van Alberton deurslaggewend kan wees.

    Die span se ander wegbreekbouler, Devandre Clarke, is deel van ‘n groep van nege spelers wat vir nog ‘n jaar lank in aksie sal wees.

    Hoerskool Middelburg blyk hulself in ‘n herboufase te bevind, met slegs vier spelers van 2023 wat oorbly. Hul voorslagkolwer, Reuben Brandmuller, is een van die wat weer in aksie sal wees, terwyl Ivan Deale ook sy terugkeer maak.

    Le Roux French en Shuan Taljaard is die ander twee wat die bestuurskorps van die span behoort te voltooi.

    Die jongeling, Eduan Strydom, is iemand om voor uit te kyk. Die veelsydige Strydom behoort sy stempel met die kolf en die bal af te druk.

    HTS Middelburg se Toy Engelbrecht sal ‘n gevestigde span aanvoer. Die Middelburgers kan met nege oorblywende spelers spog. Engelbrecht se kolfvernuf sal in die toporde getoets word, terwyl hy sal poog om teenstanders met sy draaiboulwerk te fnuik.

    WJ Enslin sal, nes Engelbrecht, sy plek as voorslagkolwer ineem. Hy is egter ook ‘n groot wapen in die arsenaal met sy boulwerk.

    Albei het in die onlangse Kovsie Smash goed vertoon, met Engelbrecht wat ‘n merkwaardige driekuns van paaltjies behaal het.

    Merensky Lanbou Akademie sal voel dat hulle ‘n punt het om te bewys. Hulle het van Afdeling-C afgeskuif, na ‘n herbouingsjaar. Dit blyk of dit moontlik die moeite werd sal wees nadat hulle nege spelers behou het.

    Luka Heinlein sal die gevaar met die bal in die hand wees. Heinlein was verlede jaar die Plasies se voorste paaltjievraat. Die jongeling, JP Botha, sal voltyds by die span aansluit nadat hy verlede jaar reeds ‘n paar wedstryde onder die belt kon kry.

    Botha se kolfvernuf en vermoë om die bal in enige rigting op die veld te swaai sal die Plasies se middelorde heelwat versterk.

    Heidelberg Volksool se Matthew Wensel, sal die span aanvoer. Die aanvangskolwers sal sy ervaring wil benut om te verseker dat die span vroeg sy stempel kan afdruk.

    Uit ‘n groep van sewe oorblywende spelers, sal Dave Pelzer ook een wees waarvoor teenstanders lugtig sal wees. Die veelsydige speler sal sy plek in die toporde ineem, terwyl sy draaiboulwerk van kardinale belang sal wees.

    Uplands College sal die sesde span wees wat in die C-afdeling Meeding.

    Die bepalings:

    20 Januarie

    Merensky vs Middelburg

    HTS Middelburg vs Dinamika

    Upland College vs Heidelberg Volkskool

    27 Januarie

    Merensky vs Dinamika

    Middelburg vs Uplands College

    Heidelberg Volkskool vs HTS Middelburg

    03 Februarie

    Dinamika vs Middelburg

    Upland College vs HTS Middelburg

    Heidelberg Volkskool vs Merensky

    10 Februarie

    Middelburg vs Heidelberg Volkskool

    Dinamika vs Uplands College

    HTS Middelburg vs Merensky

    17 Februarie

    Middelburg vs HTS Middelburg

    Upland College vs Merensky

    Dinamika vs Heidelberg Volkskool

  • Affies’ openers too good for young St Stithians

    Affies’ openers too good for young St Stithians

    The Affies’ openers showed off their batting prowess and made a statement to their future opponents, demonstrating that they won’t easily be easily beaten in 2024, in a big win over St Stithians College on Saturday.

    The experienced Jorich van Schalkwyk, who earned SA Schools‘ colours at the end of last year, continued his good form of the last couple of months. With Affies chasing 182, he took the game to the Saints’ attack who, it must be said, were without their SA u19 fast bowling star, Kwena Maphaka, who has been in exceptional form in recent matches.

    Van Schalkwyk top-scored with a wonderfully constructed 70 runs from 88 deliveries. His partner, the newbie, Henré Smith, matched him, also contributing 70.

    Together, they laid a solid foundation for a successful run chase, sharing in a dominating 129-run partnership for the first wicket.

    With only 63 more runs required to win, the pressure was off Vihan Pretorius, who made his way to the crease at number three. He did what was needed, compiling a mature 26, to see the Pretoria school to an emphatic victory.

    Petrus Rautenbach was the pick of the Affies’ bowlers, snapping up three wickets for only 27 runs. Ruben Groenewald provided good support with his return of two wickets for 32 runs.

    It was a difficult day at the office for the young Saints’ side. Emile Odendaal, though, met the challenge head-on for the Joburg school, top scoring with 45 runs.

    Saints, though, ran into trouble from the outset and stumbled to 67 for 5. Cayden Sunker (37, 64b) and Rushil Bhula (29, 72b) then provided some respite for the Joburg side, which gave their innings more substance.

    Their partnership of 48 runs, although not huge, allowed Saints to overcome their poor start and reach 181 for 9 in their 50 overs.

    Summarised scorecard

    St Stithians 181/9 (Emile Odendaal 45, Cayden Sunker 37, Rushil Bhula 29; Petrus Rautenbach 3/27, Ruben Groenewald 2/32); Affies 182/1 (Jorich van Schalkwyk 71, Henre Smith 70*, Vihan Pretorius 26*; Cayden Sunker 1/36). Affies won by nine wickets.

  • Botes die sleutel to Marais Viljoen se sukses in Finsbury-reeks

    Foto: Declan BotesMarais Viljoen se Declan Botes gaan ‘n groot sleutel tot die Alberton-span se sukses wees. Die wegbreekbouler is on baie se opinies en van die bestes in sy veld onder die jong talent in Suid Afrika.

    Saam met Botes sal sy kaptein, Aldre Huyzers, ook deurslaggewend wees. Die voorslagkolwer was reeds verlede jaar ‘n senior speler in die groep en sal dit waardevolle ervaring bydra tot sy span se aanslag op die titel.

    Die veelsydige Cayden Ramage maak ook sy terugkeer om die Marais Viljoen-span nog verder te versterk.

    Die trio saam met die jongeling, Tiaan Kuhn, sal beoog om die sukses van 2023 voort te sit na die span van Alberton as kampioen van die D-afdeling gekroon is.

    Midstream College het ‘n opwindende toernooi wat voorle. Die span van die Jakaranda-stad het slegs vier spelers van verlede jaar behou. Sy kaptein en voorslagkolwer, Jeanre Lourens, sal ‘n belangrike rol speel.

    Saam met Lourens sal die veelsydige Janco van Heerden sy plek as aanvangskolwer ineem. Van Heerden sal ook die verantwoordelikheid neem om die nuwe bal te neem.

    Juan Holtzhauzen bevind homself tans op die krukkelys, maar sal die Midstream-span uitsien na sy terugkeer met die hoop dat sy wegbreekers die knoop kan deurhak.

    Zwarkop blyk na ‘n goed gebalanseerde span. Die span van Pretoria beskik oor ‘n gevaarlike boulaanval. Die jongeling, Rowan Mclaren sal die tweede opeenvolgende jaar die nuwe bal die span neem. Mclaren was verlede slegs in Graad 9 wat beteken dat dat daar nog baie van hom in die toekoms voorle.

    Saam met Mclaren sal Joshua Dubery die boulskof van die ander oopmaak. Sy kaptein, Estian van Zyl, se kolfvernuf sal vroeg in die beurt getoets word. Die aanvangskolwer beskik oor hope ervaring en sal beoog om sy span van voor te lei.

    Lichtenburg beskik self oor ‘n sterk boulaanval. Die Liggies se Douw Jacobs, sal behoorlik van voor lei. Die veelsydige speler sal die kolfbeurt open waarna hy die verantwoordelikheid as aanvangsbouler sal opneem. Die talenvolle Ona Senokwane sal die gevaarman van die ander kant af wees.

    Luan Snyman sal ‘n belangrike rol he om in die middelorde te vertolk. Hy word gesien as die gom wat die Liggies se kolflys bymekaar hou.

    Nelis Janse van Rensburg, Wiaan Cook, Juwan Vosser en Luan Snyman is die vier oorblywende spelers wat die kern van die Liggies span voltooi.

    Hoerskool Pietersburg se veelsydige Nicholaas Oerlemans sal die een wees waarvoor teenstanders sal uitkyk, terwyl Ben Vorster, heel moontlik ‘n moeilike jaar het wat voorle met ‘n groot groep jongelinge wat vir die eerste keer op eerstespan vlak in aksie sal wees.

    Die bepalings:

    20 Januarie 

    Marais Viljoen vs Pietersburg

    Zwartkop vs Ben Vorster

    Lichtenburg vs Midstream

    27 Januarie

    Pietersburg vs Midstream

    Zwartkop vs Marais Viljoen

    Ben Vorster vs Lichtenburg

    03 Februarie

    Pietersburg vs Zwartkop

    Lichtenburg vs Marais Viljoen

    Midstream vs Ben Vorster

    10 Februarie

    Lichtenburg vs Pietersburg

    Midstream vs Zwartkop

    Ben Vorster vs Marais Viljoen

    17 Februarie

    Pietersburg vs Ben Vorster

    Zwartkop vs Lichtenburg

    Marais Viljoen vs Midstream

     

  • Menlopark Stolk-loos vir afskop van Finsbury-reeks

    Menlopark Stolk-loos vir afskop van Finsbury-reeks

    WIAN RUTHVEN (Waterkloof)

    Die verdedigende kampioen van die Finsbury-liga se A-afdeling, die Hoërskool Menlopark, sal sonder die dienste van sy SA o.19-speler, Steve Stolk, moet klaar kom.

    Stolk sal die grootste deel van die kompetisie misloop weens sy betrokkenheid by die o.19 Wêreldbeker wat op 19 Januarie in Suid-Afrika begin.

    Die span van Pretoria bevind homself ook sonder die dienste van sy aanvangsbouler Tiaan Serfontein wat tans op die krukkelys is.

    Dit maak egter die deur oop vir sy kaptein, Ewald Meyer, om sy stempel vroeg in die jaar af te druk. Meyer is ‘n sleutelspeler vir die span van die Jakarandastad. Die veelsydige-speler sal die kolfbeurt open asook die nuwe bal vir sy span opneem.

    Willem Sevenster is nog ‘n belangrike pyl in die Menlo-koker. Sevenster is bekend vir sy aanvallende spel met die kolf in die hand. Hy sal ook weer in sy gereeelde posisie as paaltjiewagter diens doen. Menlo se draaibal-towenaar Pierre de Villiers is nog ‘n speler om voor uit te kyk. Saam met sy vernuf met die bal, speel hy ook ‘n belangrike rol in die span se kolforde.

    Dit bring hope ervaring na die tafel, aangesien al drie reeds die Titans se o.17 span by verlede jaar se streekstoernooi in Benoni verteenwoordig het.

    Waterkloof is sonder twyfel ook ‘n gunsteling om vanjaar aanspraak op dié titel te maak. Die span van Pretoria is in ‘n sterk posisie na hy die kern van sy suksesvolle 2023-span, wat as kampioene van die Titans A-Liga, die Noord/Suid T20-toernooi asook die Fain-reeks gekroon is.

    Sy kaptein en paaltjiewagter, Beukes van den Berg, sal weer vanjaar die span aanvoer, terwyl Marcus Bakker ook weer vir die Klofies in aksie te siene sal wees. Bakker dra waardevolle ervaring by as die enigste oorblywende speler wat reeds in 2023 op die Khaya Majola-week in aksie was.

    Wian Ruthven sal weer menigde boulaanvalle die skrik op die lyf jaag met sy terugkeer. Saam met Ruthven maak Divan Behrens en die opwindende Franco Cronjé ook hul terugkeur om die Klofie-span verder te versterk.

    Alex Volschenk is nie beskikbaar nie as gevolg van internationale verantwoordelikhede. Die jong veelsydige-speler neem die leisels op vir die Namibiese o.19-span in vanjaar se o.19 Wereldbeker. GJ de Swart is ook afwesig weens ‘n ernstige kniebesering en sal eers aan die einde van die jaar in aksie wees.

    Potchefstroom Volkskool sal in baie se opinies ‘n buiteperd in vanjaar se kompetisie wees. Die krieketkrag van Potchefstroom het oor die jare bewys dat hy onder die groter honde, meer as sy byt werd is.

    Attie Liebenberg sal die die span se sleutel tot sukses wees. Die voorslag kolwer sal ‘n belangrike rol in die Volkies se kolforde speel. Liebenberg sal ook sy span aanvoer.

    Die Noord-Wes aanvangsbouler Berno de Klerk maak ook sy terugkeur na die Volkie-span. Diaan van der Merwe neem weer sy plek as aanvangskolwer in en sal met sy linkerhandse draaiboulwerk in die middelste boulbeurte vir sy span goud werd wees.

    Die ervare Dian Liebenberg se draaiboulwerk sal ook weer verwelkom word met die hoop dat dit teenstanders se kolwers behoorlik kan fnuik.

    Hoërskool Nelspruit sal beoog om op ‘n moeilike 2023-seisoen te verbeter. Jayden Meyer, die Nellies se kaptein sal ‘n belangrike rol hierin speel. Hy is uiters gevaarlik met die kolf in die hand. Meyer het reeds die verantwoordelikheid om vir Mpumalanga met die nuwe bal tydens die Khaya Majola-week die leiding te neem.

    Die Nellies het ‘n groot gros jong talent wat vanjaar kan deurbreek. Vaughn van Zyl, John Duncan en Janco Breyl is drie van dié spelers wat verlede jaar Mpumalanga se o.16-span verteenwoordig het, wat vanjaar onder Meyer se leiding ‘n impak sal wil maak.

    Soos die meeste ander spanne in die afdeling het die Hoërskool Centurion ook ‘n groot deel van sy kern van die 2023-seisoen behou.

    Die twee belangrikste is sekerlik sy provinsiale spelers, Charl Prinsloo en Rehan Lues. Pretorius sal die leisels neem in die komende jaar en al sy kolfvernuf in die middelorde sal van uiterste belang wees. Sy draaiboulwerk sal egter ook ‘n groot wapen in die Woeries se arsenaal wees.

    Lues, die Woeries se aanvangsbouler, sal laer af die orde in aksie wees. Saam met sy vaardighede met die nuwe bal is Lues ook ‘n groot gevaar met die kolf. Die veelsydige-speler is wel-bekend in die Pretoria omgewing vir sy verwoestende kolfbeurte

    Saam met Prinsloo en Lues is dit Anton Stassen, Logan Fourie, Nathan Willemse en Wouter Kielblock wat die Woeries se staatmakers behoort te wees. Al vier het reeds goeie ervaring op eerstespanvlak en sal die kern van die Centurion-span vorm.

    Hoërskool Rustenburg is die sesde span wat in die A-afdeling van die reeks in aksie sal wees.

    Die uitspeelwedstryd om promosie/relegasie sal op 24 Februarie plaasvind. Die span wat laaste in die A-afdeling eindig sal teen die voorste span in die B-afdeling te staan kom.

    Die bepalings:

    20 Januarie 2024

    Hoërskool Rustenburg vs Waterkloof
    Hoërskool Nelspruit vs Centurion
    Potchefstroom Volkskool vs Menlopark

    27 Januarie 2024

    Potchefstroom Volkskool vs Hoërskool Nelspruit
    Waterkloof vs Centurion
    Menlopark vs Hoërskool Rustenburg

    3 Februarie 2024

    Centurion vs Potchefstroom Volkskool
    Menlopark vs Waterkloof
    Hoërskool Nelspruit vs Hoërskool Rustenburg

    10 Februarie 2024 

    Hoërskool Rustenburg vs Centurion
    Waterkloof vs Potchefstroom Volkskool
    Menlopark vs Hoërskool Nelspruit

    17 Februarie 2024 

    Potchefstroom Volkskool vs Hoërskool Rustenburg
    Centurion vs Menlopark
    Waterkloof vs Hoërskool Nelspruit

  • Magical Moyo seals the deal for Peterhouse

    Ryan Moyo‘s composure led Peterhouse to a nail-biting victory over Graeme College on Saturday at the Makhanda Cricket Festival. Under extreme pressure, he kept his cool, contributing a match-winning unbeaten 43 runs from 51 deliveries to guide his team to a stirring win.

    Sean Bennett’s 42 runs from 53 balls and a valuable contribution of 29 runs from Nicholas Anderson also played an integral part in their side’s successful chase of 200.

    For Graeme College, Marcus Williams led the way, top-scoring with a well-played 57 from 84 deliveries. Alongside Williams, Qhama Ngoma contributed a mature 31 runs as the pair helped Graeme to a respectable total of 199 all out.

    Bennett shone with the ball, as well, for Peterhouse, bagging figures of 2/16, while Jake Palmer (2/35) and Isaac Hildebrand (2/41) also got in on the action.

    Graeme College’s Jordan Damons and Erin Nelson set the cat amongst the pigeons with excellent bowling spells. Damons was the pick of their bowlers, claiming three scalps for 24 runs, while Nelson knocked over 3 for 36.

    Unfortunately for the local team, it was not quite enough to stop the Zimbabwean school from claiming a memorable one-wicket victory.

    St Andrews College blew a wounded Dale College side out of the water in a one-sided game.

    St Andrew’s opted to bat first, giving their in-form batsmen another chance to pile on the runs. William Beamish was once again on song. This time, however, he reached triple figures, scoring a superb 105 from just 111 balls. His opening partner, Mitch Coventry, also got stuck into the Dale bowlers, contributing 55 runs.

    After a rapid fire 101-run partnership for the first wicket, more salt was rubbed into the wounds inflicted on the Dale attack. When Coventry departed, Murray Wilson continued the onslaught, combining with Beamish for a wonderful partnership of 94 runs.

    Then, when Samuel Scheckter strode to the crease, there was no let-up. He struck an astonishing 73 runs from only 47 balls in an innings that included six fours and one six, which helped College to a mammoth total of 361/4 from their 50 overs on the Lower Field oval.

    The disappointment continued for Dale College as their batsmen were found wanting under the severe pressure of a colossal run chase. Alistair de Kock tore through the Dale lineup, claiming six wickets in the blink of an eye. Then, Oliver Johns did the cleaning up, claiming two wickets in four balls.

    Dale were dismantled for a measly 23 runs, which meant they had suffered a crushing 338-run defeat.

    In another tightly contested clash, Trinityhouse overcame Kingswood College by three wickets. Christopher Zimmerman’s 46 runs, together with a well-played 37 from Ross Thompson, helped Kingswood to 182 all out.

    Tahir Ismail did the bulk of the damage for Trinityhouse, with a return of 3/13, while Kian Vermaak did his bit by taking 2 for 20.

    A masterful performance from Sohail Seonath, who scored a brilliant 91 runs from 123 deliveries, then set Trinityhouse on course for victory. His fine effort, combined with Jean du Toit’s 27 runs lower down the order, saw the boys from Johannesburg to a three-wicket win.

    Matthew Loon tried valiantly with the ball for Kingswood, claiming the impressive figures of four wickets for 43 runs. He was well supported by Daniel Jankins, whose return was 2 for 23.

    Summarised scorecards:

    Graeme College 199 (Marcus Williams 57, Qhama Ngoma 32; Sean Bennett 2/16, Jake Palmer 2/35, Isaac Hildebrand 2/41); Peterhouse 202/9 (Ryan Moyo 43*, Bennett 42, Nicholas Anderson 29; Jordan Damons 3/24, Erin Nelson 3/36). Peterhouse won by one wicket.

    St Andrews College 361/4 (William Beamish 105, Samuel Scheckter 73*, Mitch Coventry 55, Murray Wilson 47, Myles Sansom 27; Zaide Barnes 2/80); Dale College 23 (Alistair de Kock 6/11, Oliver Johns 2/0). St Andrews College won by 338 runs.

    Kingswood College 182 (Christopher Zimmerman 46, Ross Thompson 37, Jaryd Botha 24, Allistair Knott 23*; Tahir Ismail 3/14, Kian Vermaak 2/20, Jean du Toit 2/24, Rhil Singer 2/46); Trinityhouse 183/7 (Sohail Seonath 91, Jean du Toit 27; Matthew Loon 4/43, Daniel Jankins 2/23). Trinityhouse won by three wickets.

  • Dreyer Duo aan voorpunt van Kovsie Smash se span van die week

    Photo: Absolute Photos

    Na afloop van die suksesvolle Kovsie Smash se eerste toernooi, is daar ‘n span van die week aangekondig. Hierdie span sal dan na Nederland toer om spanne oor die waters aan te pak. Wesvalia se Eduard en Marneu Dreyer was sekerlik twee van die keurders se maklikste keuses.

    Saam met die twee Dreyers is Hoërskool Sasolburg se staatmaker, Meyer Pretorius, ook in die span opgeneem.

    Eduard Dreyer is as speler van die toernooi aangewys nadat hy 281 lopies teen ‘n gemiddeld van 93,7 deur die week aangeteken en 15 paaltjies teen ‘n gemiddeld van 6.7 geneem het, terwyl Pretorius 263 lopies gemoker het en 10 paaltjies laat kantel het.

    Die Fichies se veelsydige Davyd Oosthuizen het na ‘n suksesolle week ook deurgebreek om sy plek in die toerspan in te neem. Oosthuizen het die paaltjies laat kantel en het hy ‘n merkwaarde 23 slagoffers deur die week geeis. Met die kolf in die hand het hy 166 lopies teen ‘n gemiddeld van 16.6 aangeteken.

    Oosthuizen se spanmaat, Eben Botha, het ook ‘n welverdiende plek in die span los gekolf. Botha is ook as die kolwer van die week aangewys nadat hy 637 lopies teen ‘n gemiddeld van 39.8 vir die week gemoker het. HTS Middelburg se staatmaker, Toy Engelbrecht is ook opgeroep is om die Nederlanders te gaan trotseer.

    Jim Fouche se Pieter Conradie het ook die keurders beindruk deur die week. Conradie is ook as bouler van die week aangekondig. Hy het 24 paaltjies laat kantel teen ‘n gemiddeld van 17.8.

    Sy spanmaat Franco de Necker het ook ‘n veelsydige week met bal en kolf geniet. Daar het 158 lopies van sy kolf gekom, De Necker was ook ‘n konstante bedreiging met die bal en het hy nege slagoffers deur die verloop van die week se spel geeis.

    Voortrekker se Andre Heunis se kolfvernuf het vir hom ‘n plek in die span verseker terwyl Lesego Mosikidi van Witteberg ook opgeroep is. Albei, Heunis en Mosikidi is hul skole se enigste verteenwoordigers.

    Kovsie Smash Toerspan:

    Eduard Dreyer (Wesvalia), Andre Heunis (Voortrekker), Marneu Dreyer (Wesvalia), Meyer Pretorius (Sasolburg), Eben Botha (Fichardtpark), Pieter Conrdie (Jim Fouche), Lesego Mosikidi (Witteberg), Hendro Boardman (Goudveld), Gabriel Mochabela (Trio), Toy Engelbrecht (HTS Middelburg), Davyd Oosthuizen (Fichardtpark), Franco de Necker (Jim Fouche), Ethan Walker (Wesvalia).

    Kolwer van die toernooi: Eben Botha

    Bouler van die toernooi: Pieter Conradie

    Speler van die toernooi: Eduard Dreyer

     

  • Van Zyl bags five-for in thumping victory over Muir College

    Van Zyl bags five-for in thumping victory over Muir College

    Roman van Zyl led the way for St Andrew’s College as they cruised to a thumping victory over Muir College on Friday at the Makhanda Cricket Festival. The opening bowler’s figures of 5 for 10 had the Muir batsmen in disarray as they stumbled to a disappointing 30 all out.

    This came after William Beamish was among the runs for a second day in a row, striking a classy 82 runs from 102 deliveries. Mitch Coventry also continued his good form, adding 70 runs to his tally for the week.

    Solid contributions from Mark Were (30*, 26b) and Murray Wilson (27, 40b) gave College a further boost as they put up 244/6 before the declaration came.

    In the Muir second innings, with only five wickets required for victory according to the laws of Time Cricket, Scott Miles led the way for College, bagging three of the five wickets at a cost of five runs, to steer St Andrew’s to a mammoth 209-run victory.

    Jaryd Botha’s 71 led Kingswood College to a first innings’ win of 48 runs over Peterhouse Boys’. His innings, together with a solid contribution of 38 from 78 deliveries by Christopher Zimmerman and an unbeaten 21 from the blade of Ross Thompson, stretched Kingswood’s total to 193.

    Ryan Moyo did the bulk of the damage for the Peterhouse side, claiming four wickets for 43 runs, while Sean Bennett followed up his success with the ball on day one with another three wickets, while conceding 47 runs.

    Tyler Chapman then shone with the bat for the Zimbabwean school, from Marondera, scoring a mature 50 runs from 86 balls and Rukudzo Midzi weighed with a solid 47. Despite those two good knocks, it was not enough as Matt Loon destroyed the Peterhouse innings with a return of four wickets for 24 runs, while Jack Collet also impressed, picking up 4 for 33.

    Murray Tyson‘s and Ashton Williams’s all-round performances secured a 67-run first innings’ victory for Graeme College over Hellenic Academy.

    Tyson led the way with both bat and ball, top scoring with a fine 64 from 71 balls, which he followed up with three wickets for 29 runs. Williams bagged three wickets for just two runs and contributed a fiery 37 from 29 deliveries.

    Only Daniel Makings appeared comfortable against the Kingswood attack for Hellenic Academy, contributing 32 and 36 not out, while Luke van Zyl was the pick of the Zimbabwean side’s bowlers, taking 2/40 in Graeme College’s first innings.

    Summarised scorecards 

    Hellenic Academy 1st Innings 126 (Jayden Matsikenyeri 34, Daniel Makings 32; Ethan Bokbaard 5/1, Marcus Williams 3/23); Graeme College 1st Innings 193/7 dec. (Murray Tyson 64, Ashton Williams 37, Luphelo Mdyesha 26; Luke van Zyl 2/40); Hellenic Academy 2nd Innings 52/2 (Makings 36*; Luphelo Mdyesha 1/1). Graeme College won by 67 runs on the first innings. 

    St Andrew’s College 1st Innings 244/6 (William Beamish 82, Mitch Coventry 70, Mark Were 30*, Murray Wilson 27, Extras 21; Michael Lipkey 3/52, Ruan Solomon 2/27); Muir College 1st Innings 30 (Jude Meyer 14; Roman van Zyl 5/10, Oliver Johns 2/0, Alistair de Kock 2/6); St Andrew’s College 2nd Innings 34/1 dec. (Lourie Apps 12*; Simnikiwe Soyaya 1/7); Muir College 2nd Innings 39/5 (Meyer 13; Scott Miles 3/5). St Andrew’s College won by 209 runs.

    Kingswood College 193 (Jaryd Botha 71, Christopher Zimmerman 38, Ross Thompson 21*; Ryan Moyo 4/43); Peterhouse Boys’ 145 (Tyler Chapman 50, Rukudzo Midzi 47; Matt Loon 4/24, Jack Collet 4/33). Kingswood College won by 48 runs on the first innings.