SSPN Test Site

Author: froberholzer

  • Anderson ton kickstarts exciting Makhanda Week

    Anderson ton kickstarts exciting Makhanda Week

    Nicholas Anderson’s electrifying century on the first day of a two-day match between Peterhouse Boys’ School and St Andrew’s College set an exciting tone for the 2024 Makhanda Cricket Festival.

    The two sides started a day earlier than the rest of the participants, on Wednesday, with Anderson and Peterhouse being sent in to bat.

    The Zimbabwean opener seemed unbothered by the gloomy, bowler-friendly weather. Scoring at a rate of knots, he smashed 14 fours and two sixes in his innings of 104 runs, which came off of just 98 deliveries. His dominance was reflected by the fact that when he was the second man out, having reached triple figures, Peterhouse’s total was on 142.

    Sean Bennett provided Anderson with strong support, with the middle-order batsman accumulating 47 runs from 70 balls. After Anderson’s and Bennett’s demise, Luke Marillier (35, 78b) and Victor Watama (31, 86b) knuckled down to get Peterhouse to a respectable first innings total of 275/9.

    Roman van Zyl did most of the damage for the College side, claiming four wickets for only 26 runs, while Alex Price contributed two scalps for just eight runs.

    The College batsman too, appeared to be very comfortable out in the middle, with the entire top order making solid contributions. Samuel Schekler was at the forefront of the run chase with a well-played 69 runs from 103 deliveries, while Mitchell Coventry made an impressive 60 from 112 balls.

    Alex Price, after his good bowling performance, followed up with a fighting 43 runs and, helped by Mark Were’s 37 runs, College took a 22-run lead.

    The second time around, Peterhouse lost wickets in clusters. William Beamish was the main bowling threat, capturing three wickets for only 11 runs. Jack Oliver also stood out with the ball, snapping up two for six.

    Sean Bennett was defiant again, contributing 31 runs from 37 deliveries, before the rain put a stop to proceedings, to bring an enthralling clash to a nail-biting end.

    Graeme College’s opening batsman Enrique Strydom‘s 74 put his side in a commanding position against Trinityhouse College. That knock, and a well-played 51 not out from Ashton Williams, enabled Graeme to declare on 211/6.

    Liam Lourens (38, 56b) and Jean du Toit (35*, 51b) led a resounding fightback from Trinityhouse. Their contributions, together with 30 from Ruwan Smit, took the Johannesburg school to 113/2 before rain brought the match to a premature finish.

    Jack Collet’s superb 3/10, which was supported by equally impressive spells by Dave Louden (2/12) and Sinawo Bukula (2/20), saw Kingswood bundle out Hellenic Academy for a disappointing 96 in their first innings.

    Only Malakai Harry, who top scored with 28 from 63 balls, offered notable resistance to the fierce attack from the Kingswood bowlers for the Zimbabwean side.

    Joshua Loon then took charge of proceedings, making his way to a wonderfully constructed 68 runs from 74 deliveries, which lifted Kingswood to 130/4 before rain resulted in the game ending in a draw.

    Summarised Scorecards

    Peterhouse Boys 1st Innings 275/9 (Nicholas Anderson 104, Sean Bennett 47, Luke Marillier 34, Victor Watama 31; Roman van Zyl 4/26, Alex Price 2/8); St Andrew’s College 1st Innings 297/6 (Samuel Scheckler 69, Mitchell Coventry 60, Mark Were 37, Murray Wilson 27, Laurie Apps 21*; Isaac Hildebrand 2/37, Ryan Moyo 2/79); Peterhouse Boys 2nd Innings 96/8 (Sean Bennett 31; William Beamish 3/11, Jack Oliver 2/6). Match Drawn.

    Graeme College 211/6 (Enrique Strydom 74, Ashton Williams 51*, Luphelo Mdyesha 30; Matthew Fuller 3/32); Trinityhouse Academy 113/2 (Liam Lourens 38, Jean du Toit 35*, Ruwan Smit 30; AJ Jeggels 1/12). Match Drawn.

    Hellenic Academy 96 (Malakai Harry 28; Jack Collet 3/10, Dave Louden 2/12, Sinawo Bukula 2/20); Kingswood 130/4 (Joshua Loon 68*; Thomas Sinclair 3/32). Match Drawn.

    Dale College vs Muir College: TBC 

    Hudson Park vs Woodridge College: TBC 

  • Dreyers lei Wesvalia na eerste Kovsie Smash kroon

    Dreyers lei Wesvalia na eerste Kovsie Smash kroon

    Wesvalia se kampioenspan. FOTO: DKM Photography

    Die eerste Kovsie Smash sal beslis vir nog baie jare onthou word onder die spelers van die Hoërskool Wesvalia, nog meer deur die Dreyer-duo, Eduard en Marneu, wat deur die week byna onkeerbaar was.

    Die span van Klerksdorp het sy momentum voortgesit en amok gesaai in die eerste Kovsie Smash-eindstryd deur vir Hoërskool Middelburg gemaklik met tien paaltjies af te ransel.

    Al die aksie was regstreek op SuperSport Schools (www.supersportschools.com) gebeeldsend.

    “Die eerste Kovsie Smash is met groot sukses afgehandel, met Wesvalia wat as kampioen gekroon is,” het Herman van der Merwe, skoolhoof van die Hoërskool Fichardtpark, gesê. Die toernooi is vanjaar as deel van Fichies se 40ste bestaansjaar se vieringe aangebied. Volgens die organiseerders sal hierdie toernooi ‘n jaarlikse instelling word met die Kovsies as hoofborg.

    “As gevolg van ongekende belangstelling is daar selfs sprake dat die toernooi nog kan uitbrei met die toevoeging van ‘n B-afdeling nie uitgesluit nie. Hierdie toernooi is uit verskeie oorde groot lof toegesing.” het Van der Merwe gesê.

    Quewen Fourie het die pas vir die Klerksdorpers gestel. Hy het van twee kolwers vir net 23 lopies ontslae geraak. Dit het gehelp om die Middies tot slegs 103/4 in hul toegelate boulbeurte te beperk.

    Gavin Genis (34*) het geblyk na die enigste Middie-kolwer met enige antwoorde op Wesvalia se skitterende boulwerk en skerp veldwerk wat die druk so rapsie verhoog het.

    Met Wesvalia stewig aan die stuur van sake het die Dreyer-duo geen tyd gemors opsoek na die 104 nodig vir ‘n geskiedkundige oorwinning nie. Eduard Dreyer was vir die soveelste keer aan die voortou van die aanslag met ‘n onoorwonne 54 lopies.

    Aan die ander kant was Marneu Dreyer self in ‘n vernietigende bui. Hy het stewig vasgebyt en ‘n goeie ondersteunende beurt van ‘n onoorwonne 39 lopies gespeel.

    Die twee se vennootskap van 105 lopies om die eerste paaltjie het verseker dat Wesvalia die telling in die 18de boulbeurt met al tien paaltjies steeds staande verby steek.

    Die gasheer, Fichardtpark, het op sy beurt die toernooi op ‘n positiewe noot afgesluit met ‘n  sege van 28-lopies oor HTS Middelburg. Die twee het sake uitgespook om die derde en vierde plek.

    MJ Herbst het uitgestaan met die kolf in hand. Sy bydra van 43 lopies, saam met ‘n onoorwonne 28 lopies van Stian Kruger se kolf het die Fichies tot ‘n goeie telling van 142/6 gelei.

    HTS Middelburg het egter nie dieselfde geluk geniet nie. Nathan Ackerman het die bal die praat werk laat doen met goeie boulsyfers van drie paaltjies vir 20 lopies wat die druk stewig op die span van Middelburg geplaas het. Hy het goeie ondersteuning ontvang vanaf Stian Kruger. Kruger het twee paaltjies laat kantel vir 20 lopies.

    Slegs WJ Enslin kon ietwat respek afdwing met sy 33 lopies, maar ongelukkig was dit nie genoeg nie en is HTS Middelburg beperk tot slegs 114/7 in sy toegelate 20 beurte.

    Die span van Hoërskool Pietersburg het met die louere as Plaat-kampioen weggestap na ‘n oortuigende oowinning van 60 lopies teen Hoërskool Kalahari van Kuruman, terwyl Witteberg sy toernooi met ‘n oorwinning van 39 lopies teen Jim Fouché afgesluit het om as die Boul-kampioene gekroon te word.

    Die wedstryd tussen Hoërskool Sasolburg en Hoërskool Goudveld is sonder dat daar ‘n enkele aflewering afgestuur is, weens onspeelbare kondisies afgelas. Die twee spanne deel diensooreenkomstig die 11de posisie.

    Beknopte telkaarte:

    Hoërskool Middelburg 103/4 (Gavin Genis 34* Deduan Strydom 31; Quewen Fourie 2/23); Wesvalia 105/0 (Eduard Dreyer 54*, Marneu Dreyer 39*). Wesvalia wen met tien paaltjies.

    Fichardtpark 142/6 (MJ Herbst 43, Stian Kruger 28*, Marno 20; Toy Engelbrecht 2/6); HTS Middelburg 114/7 (WJ Enslin 33; Nathan Ackerman 3/20, Stian Kruger 2/20). Fichardtpark wen met 28 lopies.

    Hoërskool Pietersburg 108/8 (Villiers van der Merwe 28; Carl Thole 2/16); Kalahari 48 (Juan Rademeyer 3/9, Nicholaas Oerlemans 2/17). Hoërskool Pietersburg wen met 60 lopies.

    Witteberg 106/5 (Stefan Geldenhuis 56*; Lian Theron 2/26); Jim Fouché 67 (Franco de Necker 25; Mila Oersen 2/9, Zander Fourie 2/11, Dumisani Johnson 2/14). Witteberg wen met 39 lopies.

    Voortrekker 141/7 (Juan Theunissen 46*, Cecil Parsons 21, Craig Mann 20; Roche le Roux 3/11); Overvaal 84 (Janco de Lange 31; Joel Coetzee 3/13, Craig Mann 2/0, André Heunis 2/13). Voortrekker wen met 57 lopies.

    Oos-Moot 167/6 (Danie Corbett 61, Joost Laubscher 41, Chrisjan van Staden 30; Shelton Claassen 3/32); Despatch 107 (Ewald Brown 28; Elrich Visagie 4/23, Ewoudt van Niekerk 2/13). Oos-Moot wen met 60 lopies.

    Trio 167/3 (Miguel Menino 69*, Franco de Wet 62; Reshe Wales 2/27); Sentraal 79 (Pieter Muller 16; Pedr Wilken 2/9, Bokang Mohasha 2/10, Duncan Cronje 2/12). Trio wen met 88 lopies.

    Hoërskool Sasolburg teen Goudveld-Hoërskool is afgelas sonder bal wat geboul is.

     

  • Middies en Wesvalia pak mekaar om eerste Kovsie Smash-titel

    Middies en Wesvalia pak mekaar om eerste Kovsie Smash-titel

    Die Hoërskool Middelburg en Wesvalia van Klerksdorp sal sake teen mekaar in die eindstryd van die eerste Kovsie Smash in Bloemfontein uitspook.

    Dit was weer die Dreyer-duo, Eduard en Marneu Dreyer, van Wesvalia wat aan die voorpunt van hul span se sege van 75 lopies oor HTS Middelburg in die halfeindstryd van die Kovsie Smash was.

    Eduard Dreyer was weer op sy stukke met ‘n onoorwonne beurt van 86 lopies nie uit nie van slegs 62 aflewerings. Die aanvangskolwer se beurt het nege grenshoue ingesluit waarvan ses viere was en drie oor die grenstou geseil het.

    Marneu Dreyer het ook sy goeie spelpatroon voortgesit om nog 27 lopies by week se totaal te las. Hy en Eduard Dreyer was ook in 42-lopie aanvangsvennootskap, waarna daar voet op die versneller gehou is vir vennootskappe van 48 lopies en 53 lopies na Marneu Dreyer se terugkeer na die paviljoen.

    Met die bal in hand was dit Ethan Walker se beurt om die Middelburgers onder druk te sit. Hy kon na ‘n goeie boulskof spof met indrukwekkende syfers van 3/24 in sy toegelate vier beurte. Eduard Dreyer het ook ‘n waardevolle bydra gemaak met syfers van 2/10, terwyl Quewen Fourie ook twee paaltjies kon plat rek vir 24 lopies.

    In die ander halfeindstryd is daar beslis naels gekou langs die veld. Die gasheer, Fichardtpark, het teen die onvoorspelbare Hoërskool Middelburg te staan gekom. Dit was egter nie die begin waarvoor die Fichies gehoop het nie en was die gashere vroeg kniediep in die moeilikheid.

    Die Middies se Gavin Genis het die grootste skade berokken deur van vier kolwers vir net 24 lopies in sy vier boulbeurte ontslae geraak. Ivan Deale (2/9) het ook Fichies se kolwers met sy boulwerk probleme besorg. Fichies is op die ou einde vir net 61 lopies uitgeknikker.

    Fichardtpark het egter nie gaan lê nie en ‘n terugvegpoging geloots danksy goeie boulwerk deur Stian Kruger (3/13) en Eben Botha (2/9). Shaun Taljaaard (16, 17b) het saam met Hendré Nel (7*) gesorg dat Middelburg hul plek in die eindstryd bespreek.

    Die Fichies sal op die laaste dag sake uitspook om die derde en vierde plek wanneer hy teen HTS Middelburg te staan kom.

    Beknopte telkaarte: 

    Fichardtpark 61 (MJ Herbst 14; Gavin Genis 4/24, Ivan Deale 2/9); Hoërskool Middelburg 62/7 (Shaun Taljaard 16, Stian Kruger 3/13, Eben Botha 2/9); Hoërskool Middelburg wen met drie paaltjies.

    Wesvalia 163/5 (Eduard Dreyer 86*, Marneu Dreyer 27, Ethan Walker 21; WJ Enslin 3/35); HTS Middelburg 88 (Toy Engelbrecht 21; Ethan Walker 3/24, Eduard Dreyer 2/10, Quewen Fourie 2/24). Wesvalia wen met 75 lopies.

    Hoërskool Pietersburg 171/4 (Dian Gouws 63*, Philip Weterman 49, Hanno van Zyl 25; Luke Juylan 1/60); Despatch 107 (Tyron Smit 45, CJ Palfram 26; Stephan Swanepoel 4/9, Juan Rademeyer 2/11). Hoërskool Pietersburg wen met 64 lopies.

    Oos-Moot 89/6 (Ryno Spies 32; Liam Laing 2/20); Kalahari 93/3 (Malan Lubbe 45*; Divan Potgieter 1/17). Kalahari wen met sewe paaltjies. 

    Hoërskool Trio 175/7 (Gabriel Mochabela 71*, Miguel Menino 50; Cecil Parsons 3/18, Juan Theunissen 3/29); Voortrekker 176/8 (André Heunis 68, Cecil Parsons 48; Thuto Kekane 4/35). Voortrekker wen met twee paaltjies.

    Witteberg 109/5 (Lesego Mosikidi 43; Motsitsi Mototo 1/7); Goudveld-Hoërskool 92/9 (Keagan Frankenfeld 18; Dumisani Johnsen 3/10, Lesego Mosikidi 2/21). Witteberg wen met 17 lopies.

    Jim Fouché 119/7 (Adrian de Necker 36, Niel Wilken 33; Arkupal Dutta 1/1); Hoërskool Sasolburg 97 (Meyer Pretorius 18; Pieter Conradie 4/23, Franco de Necker 2/19). Jim Fouché wen met 22 lopies.

    Sentraal 92/8 (Daniel Pienaar 24; Janco de Lange 5/11); Overvaal 93/5 (Janco de Lange 39, EW Botes 28*; Aldo Bezuidenhout 2/10, Reshe Wales 2/13). Overvaal wen met vyf paaltjies.

  • Lagadien and Leigh lay down the law against Hilton College

    Lagadien and Leigh lay down the law against Hilton College

    In a day filled with runs, Adnaan Lagadien scored the first double-century of the new year to lay the platform for Diocesan College‘s convincing 187-run victory over KwaZulu-Natal Inland powerhouse Hilton College.

    He dominated the opening day of the Peninsula Cricket Week with a remarkable unbeaten 218 runs.

    Thanks to his memorable innings, Bishops put up an intimidating 325/7 in their innings of the daytime cricket matches.

    Catch all the action live from the Peninsula Festival live on SuperSport Schools (www.supersportschools.com).

    The shellacking they received in the field was not, however, the end of Hilton’s misfortunes as the Bishops’ dangerman with the ball, Peyton Leigh, ripped the heart out of the Hilton batting line-up, knocking over 7 for 44, as the boys from the KZN midlands were restricted to only 138 all out.

    Rondebosch Boys’ High’s Daniel Bosman (106*) and David Simon (102*) also put together a masterclass in longer format batting, with both scoring outstanding centuries. They shared an unbeaten 192-run partnership for the sixth wicket, which enabled their side to declare on 303/5 after 58 overs.

    Time, however, caught up to the Capetonians, as the batsmen from St David’s Marist hung on for a draw.

    A wonderful 135 runs from Wynberg Boys’ High‘s Divan Linde was countered by a fighting unbeaten 106 by Waterkloof‘s Franco Cronjé and a half-century from the superb Divan Behrens (79). It was, however, an unbroken 134-run partnership for the seventh wicket between Cronjé and Franco Schmidt (28*) which breathed new life into the Klofies’ innings after a long day in the field to secure a draw.

    Adam Cannata and Aaeron Edwards’ excellent bowling spells gave Pretoria Boys’ High the upper hand after the first innings against St Charles College. Cian Fortmann was the only one who had any answers with the willow in hand. He contributed the highest score of 47 for Saints in a disappointing total of 126 for the side from Pietermaritzburg.

    Pretoria Boys’ High had no trouble chasing down the 127 runs they required for victory. Their opening batsmen, Marc van der Merwe (71*) and Luke Marshall (50*), saw them to a comfortable 10-wicket win.

    Affies enjoyed the better of their draw against SACS. They totalled 307/8, thanks to half-centuries by Ruben Groenewald (92) and Henré Smith (69).

    Summarised Scorecards:

    Rondebosch Boys’ High 303/5 (Daniel Bosman 106*, David Simon 102*, Daniel Cooke 27, Declan Gillespie 27, Extras 22; Matthew West 2/39); St David’s Marist 156/9 (Kamogelo Phiri 27, Samrat Basu 25, Morteza Manack 22; David Simon 3/29, Declan Gillespie 2/20, Daniel Bosman 2/25). Match drawn.

    Diocesan College 325/7 (Adnaan Lagadien 218*, Calum Daniels 31, James Robb-Quinlan 25; Kyle Christie 2/35, Ethan van Heerden 2/64); Hilton College 138 (Ben Hockley 78; Peyton Leigh 7/44, Michael Kotze 2/55). Diocesan College won by 187 runs.

    Affies 307/8 (Ruben Groenewald 92, Henré Smith 69, Vihan Pretorius 44, Andru van Zyl 28, Xavier de Wet 37*; Benji Blackburn 4/68, Nic Nejthardt 2/98); SACS 152/5 (Rowen Taplin 45, Reza Salie 40, Luke Whitehead 23; Nicolai Bester 2/25). Match drawn.

    Wynberg Boys’ High 302/8 (Divan Linde 135, Xavier Garvs 53, Michail Tarentaal 49, Joshua Prince 25; Jaydon Blom 3/20, Wian Ruthven 2/71); Waterkloof 265/6 (Franco Cronjé 106*, Divan Behrens 79, Franco Schmidt 28*, Extras 28; Michail Tarentaal 2/38, Ebrahim Fakir 2/36, Luke Kleinsmith 2/43). Match drawn.

    St Charles College 126 (Cian Fortmann 47; Adam Cannata 4/25, Aaeron Edwards 2/31); Pretoria Boys’ High 129/0 (Marc van der Merwe 71*, Luke Marshall 50*). Pretoria Boys’ High won by ten wickets.

  • Botha se kolf vuurwarm vir Fichies teen Kalahari

    Botha se kolf vuurwarm vir Fichies teen Kalahari

    FOTO: Dirkie Groenewald/Absolute Photos

    Die Hoërskool Fichardtpark se Eben Botha se indrukwekkende hondertal van 138 van slegs 53 aflewerings het aan sy span ‘n plek in die halfeindronde van die Kovsie Smash bespreek.

    Botha was in ‘n vernietigende bui en het die die bal 19 keer na die grenstou toe gestuur, waarvan 15 vir die eerste keer aan die ander kant van die grenstou grond gevat het.

    Botha se aanslag het die Fichies se telling opgejaag na 211/8, die span se tweede totaal van oor die 200 vir dié dag.

    Daar was heelwat drama in die Hoërskool Kalahari van Kuruman se kolfbeurt toe sy afrigter besluit het sy kolwers moet van die veld kom weens swak lig na slegs 4.5 boulbeurte.

    Volgends die reëls sou die span van Kuruman ten minste ses boulbeurte moes kolf vir die wedstryd om ‘n uitslag volgens die Duckworth/Lewis te hê. Die besluit om die veld weens swak lig te verlaat moes egter by die skeidsregters gelê het.

    Die feit dat die afrigters van Kalahari die besluit in eie hande geneem het, het die organiseerders egter met ‘n reuse tameletjie gelaat. ‘n Oorwinning is toe aan die Fichies toegeken.

    Botha is ook na afloop van die eerste twee dae se spel met 230 lopies die voorste lopiemaker in die Kovsie Smash.

    Die Fichies sal in sy halfeindstryd teen die Hoërskool Middelburg te staan kom. In die ander halfeindstryd van die Hoërskool Wesvalia van Klerksdorp teen HTS Middelburg sake uitspook.

    Wesvalia se Dreyer-duo het ook gesorg dat die span van Klerksdorp deurdring. Marco Dreyer (59) en Eduard Dreyer (38) het verseker dat die Klerksdorpers na 20 beurte hul beurt op 176/4 kon afsluit.

    Eduard Dreyer het sy kolfvertoning afgerond met uitmuntende boulsyfers van vier paaltjies vir slegs 16 lopies. Marco Dreyer het ook gesorg dat hy sy pond vleis tafel toe bring met die bal in hand en het drie paaltjies vir agt lopies laat kantel.

    In die Plaat-uitpele sal Oos-Moot teen ‘n omgekrapde Kalahari-span te staan kom en sal die vonke behoorlik spat tussen die twee spanne. Boonop verwelkom die span van Kuruman vir Malan Lubbe terug in sy geledere. Hy was tot Dinsdag nog vir die Western Legends op Krieket Suid-Afrika se Cubs-week in Stellenbosch in aksie.

    In die ander uitspeelwedstryd in die Plaat-afdeling sal Hoërskool Pietersburg met die Dragons van Despatch swaarde kruis.

    Die Skild-afdeling se halfeindstryde sal beslis word tussen Hoërskool Sentraal en die sukkelende Overvaal wat beoog om sy week op ‘n hoë noot af te sluit, terwyl Voortrekker van Bethlehem en Hoërskool Trio van Kroonstad mekaar die stryd sal aansê.

    Beknopte telkaarte: 

    Fichardtpark 211/8 (Eben Botha 138, Zayne Williamson 38; Carl Thole 3/24, Yaden Agenbag 2/37); Kalahari 53/3 in 4.5 bbe (Louhan Noeth 28; Davyd Oosthuizen 1/6). Geen uitslag – Sege aan Fichardtpark toegeken.

    Wesvalia 176/4 (Marco Dreyer 59, Eduard Dreyer 38, E Walker 24*; Jayden Smith 2/29); Oos-Moot 81 (Chrisjan van Staden 28, Eduard Dreyer 4/16, Marco Dreyer 3/8, Z Stopford 2/13). Wesvalia wen met 95 lopies.

    Hoërskool Trio 119/9 (Thuto Kekane 29, Miguel Menino 27; Hendro Boardman 3/18, GJ Wessels 3/20); Goudveld-Hoërskool 120/5 (Ruben Crous 57*, Hendro Boardman 23; Gabriel Mochabela 1/17). Goudveld-Hoërskool wen met vyf paaltjies.

    Witteberg 171/5 (Marco Grobler 52, Mila Oersen 42, Lesego Mosikidi 31*; EW Botes 3/40); Overvaal 115/8 (Zander Olivier 27*, Botes 25; Lesego Mosikidi 2/8, Stefan Geldenhuis 2/17, WJ Gildenhuis 2/22). Witteberg wen met 56 lopies.

    Voortrekker 114/7 (JD van Wyk 55; Liam Singleton 3/23, Katlethi Mohlommi 2/26); Hoërskool Sasolburg 115/8 (Meyer Pretorius 41; André Heunis 3/28, Craig Mann 2/20). Hoërskool Sasolburg wen met twee paaltjies.

    Jim Fouché 158/7 (RG Vorster 52, Franco de Necker 31; Reshe Wales 3/25, Daniel Buys 2/33); Sentraal 35 (Pieter Conradie 5/8, Lian Theron 3/8). Jim Fouché wen met 123 lopies.

    Despatch 123/8 (Joubert Knoetze 44; Iran Deale 2/17, Gavin Genis 2/31); Hoërskool Middelburg 127/2 (Christian Jansen 47*, Reuben Brandmuller 35*, Sibusiso Maduna 32; Shelton Claassen 1/18). Hoërskool Middelburg wen met agt paaltjies.

    Hoërskool Pietersburg 98/9 (AJ Galloway 27*; Toy Engelbrecht 3/19, Marinus Enslin 2/17); HTS Middelburg 99/4 (Anthoni Smuts 54*; Nicholaas Oerlemans 2/19). HTS Middelburg wen met ses paaltjies.

     

     

  • Fichardtpark te sterk vir Goudveld, Van Heerden honderdtal deurslaggewend vir Kalahari

    Fichardtpark te sterk vir Goudveld, Van Heerden honderdtal deurslaggewend vir Kalahari

    SW van Heerden van die Hoërskool Kalahari stap deur ‘n erewag na sy honderdtal teen die Hoërskool Pietersburg. FOTO: KDM Photography

    Die Hoërskool Fichardtpark het sy tweede dag van die Kovsie Smash met ‘n oortuigende oorwining oor Goudveld-Hoërskool afgeskop.

    Volg al die aksie van die Kovsie Smash regstreeks op SuperSport Schools (www.supersportschools.com).

    Die Fichies se kolflys het behoorlik op alle sillinders gevuur om ‘n gedugte telling van 219/4 in sy toegelate 20 beurte aan te teken.

    Eben Botha was aan die voortou van die aanslag met ‘n ongelooflike 80 lopies van slegs 30 aflewerings.

    Die aanvangskolwer se merkwaardige beurt het sewe viere en sewe sesse ingesluit. Aan die ander kant was dit Micheal Cruywagen wat die Gouties se boulers laat bontstaan het.

    Hy het ‘n goeie ondersteuningsrol gespeel en het ‘n belangrike 59 lopies tot sy span se telling bygedra.

    Goudveld se Hendro Boardman, het egter nie terug gestaan in sy span se soektog na die reuse 220 lopies wat benodig was  vir ‘n oorwinning nie. Boardman self, het die langsteel ingelê en ‘n blitsige 81 van 43 aflewerings gemoker. Dit was egter nie genoeg nie en Davyd Oosthuizen (3/18) weer die paaltjies laat kantel. Dit het beteken dat Goudveld slegs 178 kon bereik voor al sy kolwers terug in die pawiljoen was.

    SW van Heerden se beurt van 100 lopies (53 balle), het sy span, die Hoërskool Kalahari, ‘n belangrike oorwinning oor Hoërskool Pieterburg verseker. Die middelorde-kolwer se beurt het ses sesse en nege viere ingesluit. In konteks van die wedstryd was dit die draaipunt wat die Kalahari-span benodig het, nadat hy ietwat in die moeilikheid was op 29/4.

    Sy beurt het die Kalahari-boulers die nodige hupstoot gegee om vroeë skade aan die Pieties se kolforde te maak. Sy aanvangsbouler Leander Smit het eerste toegeslaan met twee belangrike paaltjies. Dit was egter Yden Agenbag wat die laaste se gehad het met boulsyfers van 3/7.

    Dit het die Pieties tot slegs 112/9 in sy toegelate 20 beurte beperk en sodoende ‘n oorwinning van 26 lopies vir Hoerskool Kalahari versker.

    Franco De Necker se 50 lopies nie uit nie het versker Jim Fouché naalskraap met drie paaltjies met Voortrekker van Bethlehem kon afreken. De Necker is goed bygestaan deur sy broer, Adrian De Necker wat op sy beurt ‘n goeie 44 lopies tot sy span se totaal bygedra het.

    Beknopte telkaarte: 

    Fichardtpark 219/4 (Eben Botha 80, Micheal Cruywagen 59, Davyd Oosthuizen 33; Bongi Khumalo 2/28); Goudveld-Hoërskool 178 (Hendro Boardman 81, Munro Heiberg 29, Ruben Crous 28; Davyd Oosthuizen 3/18, Nathen Ackerman 3/35). Fichardtpark wen met 41 lopies.

    Kalahari 138/5 (SW van Heerden 100, Leander Smit 24*; Nicholaas Oerlemans 3/20); Hoërskool Pietersburg 112/9 (AJ Galloway 30, Philip Weterman 27; Yden Agenbag 3/7, Liam Laing 2/19, Leander Smit 2/24). Kalahari wen met 26 lopies.

    Hoërskool Middelburg 90 (Herman Potgieter 25; E Dreyer 3/13, M Dreyer 2/12, E Walker 2/22); Wesvalia 94/4 (E Dreyer 65*, Baloyi 1/14). Wesvalia wen met ses paaltjies.

    Hoërskool Despatch 123/8 (Joubert Knoertzen 41; Jayden Smith 3/20, Karel Kok 2/11, Ewoudt van Niekerk 2/38); Oos-Moot 115 (Arno Nel 61; Shelton 3/31, Arno van Eck 2/12, Tristan Scholtz 2/20, CJ Palfram 2/22). Despatch wen met agt lopies.

    Witteberg 134/7 (Stefan Geldenhuis 57; Danie Fourie 2/22, Bokang Mohasa 2/26); Trio 100 (Franco de Wet 25; Tshepo Montloung 3/14, Dumisani Johnsen 3/29, Zander Fourie 2/18). Witteberg wen met 34 lopies.

    Overvaal 39 (Armand Kotze 2/1, Toy Engelbrecht 2/9, Jaden Knoessen 2/11, Marinus Enslin 2/13); HTS Middelburg 40/2 (Darius Buytendach 21; MJ van Wyngaard 2/20). HTS Middelburg wen met agt paaltjies.

    Hoërskool Sasolburg 118/6 (Meyer Pretorius 30; Pieter van Biljon 2/20); Sentraal 91/6 (Pieter van Biljon 26, Emile le Roux 21; Arkupal Dutta 1/6). Hoërskool Sasolburg wen met 27 lopies.

    Voortrekker 149/2 (André Heunis 57, Juan Theunissen 35, Cecil Parsons 25, Joel Coetzee 21; Pieter Conradie 2/25); Jim Fouché 151/7 (Franco De Necker 50*, Adrian De Necker 44; Vlag Janse van Rensburg 2/26, André Heunis 2/30). Jim Fouché wen met drie paaltjies.

  • Tweede ronde van Kovsies Smash word gepootjie deur nat weer

    Tweede ronde van Kovsies Smash word gepootjie deur nat weer

    Die tweede ronde van die Kovsies Smash is aan die einde van die dag gepotjie deur nat weer. Dit het verhoed dat sewe van die agt wedstryde beslis kon word. Slegs Hoërskool Kalahari en Hoërskool Witteberg kon sake vir die volle 40 beurte uitspook.

    Die toernooi se organiseerders het besluit dat geen spanne, wie se wedstryde nie voltooi kon word nie, punte sal kry nie. Die rede daarom is dat die laaste dag se groepsronde beslis wie in die Beker, Plaat en Bowl-afdelings sal meeding.

    Daar was egter geen tekort aan opwindende aksie voor die weer die dag tot ‘n einde gebring het nie. Hoërskool Pietersburg se uitblinker, Hanno van Zyl, het in die spore van Davyd Oosthuizen gevolg en die ronde se boulsyfers oorheers. Van Zyl het vyf paaltjies laat kantel in sy indrukwekkende skof waarin hy slegs 19 lopies afgestaan het.

    Ondersteuning van Dian Gouws (2/30) het Hoërskool Trio tot ‘n teleurstellende 112 vir 9 in sy 20 boulbeurte beperk. Die weer het ongelukkig nie toe gelaat dat die Pieties enigsins kans kon kry om Trio se telling te jaag nie en die wedstryd is afgelas sonder dat daar ‘n uitslag moontlik was.

    In die wedstryd tussen Hoërskool Sasolburg en die Dragons van Despatch was daar ook geen tekort aan aksie nie. Meyer Pretorius (63) het die lang steel ingelê en 63 lopies van slegs 36 balle gemoker. Liam Singleton was ook in ‘n vernietigende bui en het hy ‘n blitsige 44 van slegs 26 aflewerings bygedra.

    In die enigste wedstryd wat voltooi is was dit Marco Grobler (39) en Janco Botha (33) wat deurslaggewend was in Witteberg se oorwining van 19 lopies teen Hoërskool Kalahari. Die duo het gesorg vir ‘n vennootskap van 72 lopies van net 68 aflewerings wat verseker het dat Witteberg 130/5 in sy toegelate boulbeurte kon bereik.

    Met die bal in hand was dit Dumisani Johnsen (3/11) en Zander Fourie (3/16) wat te veel vrae vir die Kalahari-kolwers gevra het.

    Slegs Carl Thole kon hond haaraf maak met ‘n goeie onoorwonne 30 lopies, om sy uitmuntende boulsyfers van 3 vir 18 af te rond.

    Beknopte telkaarte: 

    Witteberg 130/5 (Marco Grobler 39, Janco Botha 33, Stefan Geldenhuys 23; Carl Thole 3/18); Hoërskool Kalahari 111/9 (Carl Thole 30*, SW van Heerden 20; Dumisni Johnsen 3/11, Zander Fourie 3/16, Lesego Masikidi 2/31). Witteberg wen met 19 lopies.

    Hoërskool Middelburg 113/8 (Reuben Branmulle 34, Herman Potgieter 24*; Liam Theron 2/5, Adrian De Necker 2/18); Jim Fouché 75/3 in 10 bbe. (Lian Theron 41; Hendre Nel 1/9). Wedstryd afgelas.

    Voortrekker 120/7 (André Heunis 37, Joel Coetzee 34; M Dreyer 3/30, E Dreyer 2/18); Wesvalia nie gekolf. Wedstryd afgelas.

    Hoërskool Trio 112/9 (Miguel Menino 36, Danie Fourie 23; Hanno van Zyl 5/19, Dian Gous 2/30); Hoërskool Pietersburg nie gekolf. Wedstryd afgelas.

    Overvaal 67 (EW Botes 15; JM Rensburg 4/11, GJ Wessels 2/6); Goudveld-Hoërskool 45/2 in 4 bbe. (Hendro Boardman 19; Zander Olivier 2/20). Wedstryd afgelas.

    HTS Middelburg 141/8 (Anthoni Smuts 38, WJ Enslin 37; Nathan Ackerman 3/26, Michael Craywagen 2/28); Fichardtpark 10/2 (Toy Engelbrecht 2/10). Wedstryd afgelas.

    Hoërskool Sasolburg 157/8 (Meyer Pretorius 63, Liam Singleton 44; Luke Julyan 3/24, Tristan Scholtz 3/38); Despatch nie gekolf. Wedstryd afgelas.

    Oos-Moot 118/5 (Chrisjan van Staden 41, Elmar Theron 35; Daniel Buys 3/24, Reshe Wales 2/21); Sentraal 16/0 in 3 bbe. Wedstryd afgelas.

  • Struggling South Africa u19 squad suffers second defeat in preparation for World Cup

    Struggling South Africa u19 squad suffers second defeat in preparation for World Cup

    JOHANNESBURG, SOUTH AFRICA – JANUARY 02: Lhuan-dré Pretorius of South Africa during the Men’s U19 Tri-Series, 3rd Youth ODI match between South Africa and India at Old Edwardians CC on January 02, 2024 in Johannesburg, South Africa. (Photo by Sydney Seshibedi/Gallo Images)

    The struggling South Africa u19 side currently taking part in a Tri-Series involving Afghanistan and India, suffered another blow after a strong Indian batting line-up comfortably chased down the 240 set by the South Africans at the Alan Dawson Oval at Old Eds in Johannesburg.

    This comes just two days after they tasted a 47-run defeat against Afghanistan.

    Lhuan-dré Pretorius, however, has probably been the only one who’s lived up to expectations, notching up his second half-century after scoring 51 on Sunday.

    Pretorius led from the front again as he and Steve Stolk combined for a blistering 93-run partnership before Stolk had to depart in the tenth over for 46 runs coming off just 27 balls.

    Pretorius moved along nicely before the continuous pressure from the Indian bowlers led to his downfall as he was trapped in front by Saumy Pandey for 67 runs from 61 deliveries.

    After his departure, the young South African’s batting woes against spin continued as they kept losing wickets at regular intervals. Nqobani Mokoena was the only other SA batsman to pass the 20-run mark, contributing a vital 28 not out from 36 balls.

    In the bowling department, the young South African bowlers were found wanting, struggling to produce a much-needed breakthrough early on. It seemed to only be Mqobani Mokoena, who had answers for the Indian-batting lineups’ questions, claiming the best South African figures of 2/58 on the day.

    The Indian openers started on a positive note, capitalizing on the South Africans erring in their line and lengths early on. Ardash Singh put in a masterclass as he was the main fiddle upfront scoring 66 runs from 70 deliveries before Juan James finally got the needed breakthrough and Ntando Zuma finished it off with a wonderful stumping.

    On the other side, Singh’s opening partner, Arnish Kulkarni, struggled against some decent swing bowling from South Africa’s spearhead, Kwena Mapakha, but battled on to eventually end up top-scoring for the visitors with a well-constructed 91 from 106 balls.

    The wicketkeeper, Aravelly Rao also chipped in with a valuable contribution of 60 runs not out, staying to the end to round off a commanding seven-wicket victory for the Indians.

    Summarised Scorecards:

    South Africa 240 (Lhuan-dre Pretorius 67, Steve Stolk 46, Nqobani Mokoena 28*; Aradhya Shukla 4/43/ Saumy Pandey 3/49, Arshin Kulkarni 2/53); India 244/3 (Kulkarni 91, Ardash Singh 66, Aravelly Rao 60*; Mokoena 2/58). India won by seven wickets. 

    South Africa vs Afghanistan | 31 December 2023

    Afghanistan 176 (Rahimullah Zurmari 47, Jamshid Zadran 33, Hassan Eisakhil 31; Martin Khumalo 4/42, Kwena Maphaka 3/44); South Africa 129 (Lhuan-dré Pretorius 51, Steve Stolk 25; Arab Gul Momad 4/13, AM Ghazanfar 4/36). Afghanistan won by 47 runs. 

     

  • Northern Champions’ Cubs Week squad includes difference-makers

    Northern Champions’ Cubs Week squad includes difference-makers

    PHOTO: Ashley Vlotman/Gallo Images

    The Northern Champions have included a number of players with proven attacking match-winning abilities in their line-up for the Cubs Week, which starts in Stellenbosch on 5 January.

    After the Titans finished third and Easterns‘ strong performance as one of the smaller unions at the 2023 Khaya Majola Week, the make-up of the Northern Champions marks them as a team that could make some noise in the Winelands.

    Titans’ and Affies’ batsman Jorich van Schalkwyk piled on the runs during 2023 and added some big wickets with his off-spin bowling. His consistency and excellence in Makhanda were rewarded with his inclusion in the SA Schools team.

    Alongside Van Schalkwyk, the destructive top-order batsman, Marcus Bakker, also cracked the nod from the selectors. He’s consistently among the runs and is recognised as one of the most dangerous shorter-form batsmen in South African schoolboy cricket.

    His unbeaten innings of 169 from only 66 balls for Waterkloof against Paarl Boys’ High at the Westvaal North-South T20 tournament was one of the most memorable knocks of the 2023 season.

    In the bowling department, Bakker’s schoolmate, fast bowler Tristan Luus, will challenge the opposition batsmen, especially with the new ball. At the same time, the Easterns’ paceman, Juan Steyn, will be steaming in from the other side, giving the team from up north the quickest opening pair at the week.

    Adding to an already intimidating bowling attack will be the guile of Parth Patel. His spell of 7/15 for Easterns against Northern Cape was the best yet recorded at the Khaya Majola Week and helped him secure a spot in the SA Schools team.

    The team:

    Divan de Villiers (Titans, Affies), Mohammad Aslam (Titans, Garsfontein), Marcus Bakker (Titans, Waterkloof), Tristan Luus (Titans, Waterkloof), Lungile Mabuza (Titans, Atteridgeville Hub), Dumisani Motshwene (Titans, Garsfontein), Parth Patel (Easterns, St Benedict’s College), Lethabo Phahlamohlaka (Titans, Cornwall Hill College), Juan Steyn (Easterns, Marais Viljoen), William Tshoke (Titans, Mamelodi Hub), Jorich van Schalkwyk (Titans, Affies), Lukas van Rensburg (Titans, Affies).

  • Western Legends ready for the Cubs Week of 2024

    Western Legends ready for the Cubs Week of 2024

    PHOTO: Ashley Vlotman/Gallo Images

    The Western Legends‘ squad for the 2024 Cubs Week has brought together players from four provinces to produce an interesting and solid looking line-up.

    With three smaller unions combining to make up the Legends outfit for the event, which will be played from 5 to 9 January in Stellenbosch, it will be interesting to see how the best from the Free State, Northern Cape, and North West fare in their bid for Cubs Week glory. They’ve also drafted in one player from outside of those regions.

    The Legends’ batting is led by the robust hard-hitting of North West and SA Schools’ opening batsman Ludwich Schuld. The Khaya Majola Week’s leading run scorer, Simon Liversage, who made the SA Colts team, will also lead the charge out in the middle.

    Liversage was a standout for Northern Cape in Makhanda and shone with a remarkable 159 out of a total of 257 for 8 on the last day of the tournament, to see his side to a big 111-run win over the Garden Route Badgers.

    Free State and Grey College dangerman, Juan Viljoen, adds further substance to the batting line-up.

    The Legends also appear to be well-equipped in the bowling department. Spearheading their attack will be the fiery Free State paceman, Johnathan Muller. Supporting Muller, and most likely to take the new ball alongside him, will be North West’s impressive Olefa Padi, who earned his call-up after a consistent 2023 campaign.

    Northern Cape all-rounder Malan Lubbe also cracked the nod from the selectors after a solid Khaya Majola Week.

    The Legends’ selectors also looked beyond the boundaries of the three provinces for further seam bowling support and included Dayalan Boyce, who helped KwaZulu-Natal win the national under-16 week. He’s the youngest player in the side.

    The team

    Jonathan Muller (Free State, Grey College), Ludwich Schuld (North West, Potchefstroom Volkskool), Juan Viljoen (Free State, Grey College), Sicelo Matayi (Free State, Grey College), Darion Rabie (Free State, Grey College), Simon Liversage (Northern Cape, Diamantveld), Malan Lubbe (Northern Cape, Kalahari), Thuto Matjoi (North West, Tsedimoseto Secondary), Muhammed Bulbulia (North West, Fields College), Dakalo Leketa (Free State, St Andrew’s), Caiden Seleka (North West, Potchefstroom Gimnasium), Dayalan Boyce (KwaZulu-Natal, Westville Boys’ High), Olefa Padi (North West, Potchefstroom Volkskool).