
Midstream College het Saterdag sy titel in Groep 2 van die SDC Noordvaal Cup suksesvol verdedig. Die span van Midrand kon daarin slaag om met 20-15 met Bergsig Akademie af te reken.
Midstream College sluit ook dan sy seisoen onoorwonne af.
Die manne van Rustenburg het dit egter glad nie maklik vir Midstream College gemaak nie. Hy het aanhoudend aan die deur bly klop en was die twee spanne nog kort voor die eindfluitjie gelykop.
Jaedon de Leeuw, die Pretoria-span se heelagter, het uiteindelik deurgebreuk om in die 68ste minuut die doellyn oor te steek om sy span se sege te beklink. De Leeuw het ‘n goeie ondersteuningslyn gehardloop om ‘n briljante aangee van sy binnesenter, Anru Cronjé, ten volle te benut.
Cronjé was ook deurgans ‘n gevaar op die aanval. Hy het gereeld met sy goeie lopies, oor die voordeellyn gekom om sy span op die voorvoet te sit.
Voorlangs was dit die haker, Mika Lubbe, wat beindruk het. Lubbe was kookwater met bal in hand en ‘n konstante bedreiging by die afbreekpunte. Hy kon ook daarin slaag om die tuisspan se doellyn vir ‘n welverdiende vyf punte oor te steek.
Bergsig se pak het egter vir groot dele van die wedstryd voorlangs oorheers. Sy slot, Dewald Potgieter, was uitstekend. Potgieter het met bal in hand uitgeblink, maar was terselfde tyd ‘n staatmaker op verdediging. Hy het ook op sy beurt ‘n fantastiese beweging, wat uit sy span se eie helfte ontstaan het, afgerond.
Sy drie net na halftyd het ook beteken dat sy span vroeg in die tweede helfte die voortou neem.
Agterlangs was dit losskakel, Simeon Botha, wat uitgestaan het. Botha se visie en goeie aanvoeling het die Midstream-verdedigers vir die volle 70-minute op hul tone gehou. Hy was ook verantwoordelik vir die deurbraak wat gelei het tot Potgieter se drie en het ook met ‘n fantastiese steekskoppie, die spoedvraat aan op vleuel, Alzandro dos Santos, die geleentheid gegee om die doellyn oor te steek.
Dit was egter nie genoeg om oor die wenstreep te kom nie en het die Pretoria-span se ervaring onder druk deurgekom om te verseker dat hy vir die tweede agtereenvolgende jaar as die kampioene gekroon van Afdeling Twee gekroon word.
Puntemakers:
Midstream College 20 (5) – Drieë: Kobus Alberts, Mika Lubbe, Jaedon de Leeuw. Doelskop: De Leeuw. Strafdoel: De Leeuw. Bergsig Akademie 15 (3) – Drieë: Alzandro dos Santos, Dewald Potgieter. Doelskop: Simeon Botha. Strafdoel: Botha.
Ander spanne:
o.16: Brandwag (Benoni) 26 Hans Stijdom 13.
o.15: Hoerskool Centurion 25, Hoërskool Randburg 23.
o.14: Piet Retief 26, Wagpos 7.


Hoërskool Wesvalia het Saterdag sy plek in die eindstryd verseker, na hy die bordjies teen Eldoraigne met 36-20 kon verhang. Wesvalia het in sy groepwedstryd met 24-23 teen die Eldo’s in Pretoria vasgeval.



Die Hoërskool Transvalia het nie ‘n maklike taak wat op hom wag indien hy die eindstryd van die SDC Noordvaal Cup se Plaat-afdeling wil haal nie.
Die tyd het aangebreek vir die bestes om mekaar te pak in die uitspeelrondes van die SDC Noordvaal Cup Skild-afdeling.
Hoërskool Pietersburg walked away with the bragging rights over Merensky after beating the visitors 38-26 in their clash of the locals in the SDC Noordvaal Cup Bowl division.
Hoërskool Rustenburg proved why they are the main contenders to bring home the silverware after thumping second place Kempton Park by 38-15 in Rustenburg on Saturday.
Ligbron Akademie secured their spot in the playoffs by beating Hugenote of Springs by 34-26 in the decider of who will finish in the fourth spot.
There will only be one left standing after the long-anticipated clash between EG Jansen and Garsfontein when the two giants meet on Saturday in their last round robin clash of the SDC Noordvaal Cup Division.