SSPN Test Site

Author: froberholzer

  • Eastern Storm first to name Khaya Majola side

    Eastern Storm first to name Khaya Majola side

    PHOTO: Provided by Hoërskool Marais Viljoen

    Eastern Storm named their side for the 2025 Khaya Majola Week, announcing a squad of 12 players in August. The tournament takes place from 15 to 21 December in Bloemfontein.

    Read and follow all the 2025 Schools Cricket season live on SuperSport Schools – (www.supersportschools.com) 

    It is the first time that this prestigious week returns to the City of Roses since 2016. Cape Town hosted last year’s tournament, which, under the leadership of Benni Hansen, the hosts won, having beaten the previous champion, the Lions, by five wickets.

    Easterns seem to have a powerful team on paper, although they only have two returning players from last year’s squad. Hence, the early selection, with the aim of providing proper preparation over the next three months.

    Xavier Coetzee leads a strong Hans Moore foursome. In addition, the school from Benoni also boasts the most representatives in this year’s 12-man squad.

    Coetzee, one of the two returning players, is joined by the destructive Shaw brothers, Kenan and Aiden Shaw, who add massive firepower to the side’s batting lineup. Stephan Vermaak is the fourth Hans Moore representative, with his all-round capabilities earning him a trip to Bloemfontein.

    Hoërskool Marais Viljoen’s Jaden Govender is the only other returning player. Govender, likely to take up a leadership role within the camp, is joined by Marais Viljoen all-rounder, Abdullah Tadwalla. Tadwalla has been instrumental for the side from Alberton over the last couple of years, with his performances with both bat and ball justifying his selection.

    Clayton Horlick and Mark Mvuna make up the duo from St Benedict’s College, ensuring that Marais Viljoen and The Bennies share the same number of players heading to Bloem.

    Hoërskool Kempton Park‘s paceman, Kristiaan du Plessis, leads the list of sole representatives, as colleague Wian Pieters, who played in Cape Town, missed out on selection this year. Mpho Thipe (Kwa-Temba Hub), Paul Matlala (Elandpark School) and Thabiso Mabe (Duduza Hub) join Du Plessis as their school’s sole representatives.

    Easterns Squad

    Abdullah Tadwalla (Marais Viljoen), Aiden Shaw (Hans Moore), Clayton Horlick (St Benedict’s College), Jaden Govender (Marais Viljoen), Kenan Shaw (Hans Moore), Kristiaan du Plessis (Hoërskool Kempton Park), Mark Mvuna (St Benedict’s College), Mpho Thipe (Kwa-Tema Hub), Paul Matlala (Elandspark School), Stephan Vermaak (Hans Moore), Thabiso Mabe (Duduza Hub), Xavier Coetzee (Hans Moore).

  • Garsies celebrate Struwig’s 100th cap in style

    Garsies celebrate Struwig’s 100th cap in style

    PHOTO: Frans Lombard/Actionpix.

    Hoërskool Garsfontein‘s Echard Struwig on Saturday became the third current First XI player to notch 100 caps for the Ysbere.

    Read and relive all the 2025 Schools Cricket action on SuperSport Schools – (www.supersportschools.com) 

    Struwig joined Reuben van Zyl and captain Xander Venter, the side’s other centurions, to achieve the rare feat in Schoolboy cricket.

    Van Zyl played a pivotal role in the Ysbere’s comprehensive eight-wicket victory over Pretoria Boys High School, scoring a second century in as many league games, in the Titans Platinum A-League, having celebrated his 100th cap with another ton in the previous outing.

    Van Zyl’s unbeaten 109 runs, off just 101 deliveries, appeared effortless and included 15 fours and a six. It set the platform for a fluent chase of the 179 runs needed for victory, while the other two centurions were instrumental in limiting the opposition to such a fairly low total.

    Venter was the mainstay with the ball, picking up 2/15 in the 6.3 overs he bowled, while Struwig, not far behind, got two wickets for only 20 runs in his six overs. Venter would go on to contribute with bat in hand too, making 27 not out, with Charl van Staden chipping in with 32 runs.

    At the Afrikaanse Hoër Seunskool oval, Vihan Pretorius, Nico Loggerenberg, and Zian Labuschagne dismantled Prestige College as Affies strolled to a whopping 10-wicket victory. Conceding a combined 45 runs only, the trio was responsible for all 10 wickets as the visitors stumbled to 76 all out.

    Pretorius took charge with his return of 4/15 in nine overs, while Labuschagne, opening the bowling alongside Pretorius, snapped up 3/19, and Loggenberg concluded with 3/11 in nine overs. With all the hard work done, Affies’ opening pair, JP Botha and Dylan Stander, obliged to each score at more than a run a ball and chase down the target in the ninth over.

    Botha struck eight boundaries for his unbeaten 39, while Stander smashed four fours and two sixes during his contribution of 35 not out, setting a dangerous tone for the rest of the league.

    Summarised scorecards: 

    Pretoria Boys High School 178 (Tinashe Mbingo 57, Louis Kruyshaar 36, Jayden Knott-Craig 22; Xander Venter 2/15, Echard Struwig 2/20, Zizwe Khumalo 2/30); Garsfontein 180/2 (Reuben van Zyl 109*, Charl van Staden 32, Xander Venter 27*; Justin-Luke Basteo 1/22). Garsfontein won by eight wickets. 

    Prestige College 76 (Mohau Mahlangu 20; Vihan Pretorius 4/15, Nico Loggenberg 3/11, Zian Labuschagne 3/19); Affies 78/0 (JP Botha 39*, Dylan 35*). Affies won by 10 wickets. 

  • Middelburg weer in rooi getooi

    Middelburg weer in rooi getooi

    FOTO: Tap Light Edits.

    Hoër Tegniese Skool Middelburg het Saterdag op tuisbodem ‘n tweede agtereenvolgende SDC Noordvaal Plaat-titel onder breier, Jano Venter, ingepalm.

    Herleef al die SDC Noordvaal Cup se Plaat-aksie op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com) 

    Venter het verlede jaar amptelik as die Rooi Bulle se afrigter oorgeneem en met die intrapslag die span van Middelburg na ‘n Plaat-titel gelei, ná die gelykopuitslag van 24-24 teen Hoërskool Transvalia in die eindstryd in Vanderbijlpark.

    Vanjaar staan die Rooi Bulle egter alleen as nommer een op die podium, nadat hulle Saterdag in vanjaar se tweede Middelburg-derby met 19-11 oor die naburige Hoërskool Middelburg baas was.

    Agsteman, Tercuis Bezuidenhout, het nogmaals die wenkbroue gelig met sy indrukwekkende skopvernuf. Dit was van meet af aan duidelik dat enige beskikbare punte gevat moes word, met albei spanne se verdediging wat rotsvas gestaan het, en dus het Bezuidenhout se drie strafdoele ‘n aansienlike bydrae tot sy span se sege gelewer.

    Die stryd tussen die twee agttalle was titanies, met geen genade wat gegee of gevra is nie. Die feit dat ál drie drieë in die wedstryd deur voorspelers gedruk is, getuig hiervan.

    Die Rooi Bulle se loskopstut, Janco Botha, het wel soos ‘n wafferse senter van die halflyn deurgestorm vir sy vyfpunter, terwyl, haker, Hanro Terblanche, vir die eerste drie van die wedstryd oorgeduik het.

    Matthew Abbey het sy Middie-loopbaan met twee strafdoele afgesluit, terwyl oopkantflank, CW Hanekom, vir ‘n laaste keer in ‘n Middelburg trui oorgeduik het. Hul pogings was egter net nie genoeg om die Rooies op hul tuisveld te stuit nie.

    Die Middies het egter nie met leë hande huis toe gegaan nie, met die o.16-span wat vir die derde agtereenvolgende jaar as kampioen in die afdeling van die veld gestap het. Hulle het vir Hoërskool Oos-Moot met 24-19 met ‘n drie kort voor die eindfluitjie getroef.

    Die feit dat hulle agtereenvolgens as o.14-, o.15- en o.16-spanne koning gekraai het in die Plaat-afdeling, is iets wat die Middies se ondersteuners opgewonde sal maak wanneer dié klomp volgende jaar by die ope-spanne aansluit.

    Die uitstaande seisoene deur die twee ouer ouderdomsgroepe en goeie seisoene onder die juniors, het ook verseker dat die Middies promosie na die taaiste afdeling, die Beker, verwerf het, en dus vir Transvalia en Hoërskool Nelspruit, wat albei na die Plaat gerelegeer word, vervang.

    Hoërskool Oos-Moot se o.15-span het die teleurstelling van verlede jaar se o.14-eindstryd agter hom geplaas deur vir Hoërskool Zwartkop met 24-11 te verslaan. Die Oosies het verlede jaar met 8-15 teen Hoërskool Transvalia vasgeval.

    Hoërskool Wesvalia spog met die beste o.14-span in dié afdeling. Die Wessies het uiteindelik, na ‘n vierkuns deur sy reuse en bedrywige agsteman, Dihan Booyens, met ‘n sege van 27-18 oor Hoërskool Kempton Park se vurige juniors vir Klerksdorp trots gemaak.

    Puntemakers: 

    HTS Middelburg 19 (11) – Drieë: Hanro Terblanche, Janco Botha. Strafdoele: Tercius Bezuidenhout (3). Hoërskool Middelburg 11 (8) – Drie: CW Hanekom. Strafdoele: Matthew Abbey (2).

    Ander spanne: 

    o.16: Hoërskool Middelburg 24, Oos-Moot 19.

    o.15: Oos-Moot 24, Zwartkop 11.

    o.14: Wesvalia 27, Hoërskool Kempton Park 18.

  • Pure Montana!

    Pure Montana!

    FOTO: Blou Bulle Rugbyunie – Amptelik op Facebook.

    Hoërskool Montana het Saterdag sy eerste Noordvaal-titel ooit, sedert die skool se stigting op 7 Januarie 1981, ingepalm, deur die SDC Noordvaal Cup se Skild-titel tuis in Pretoria te verower.

    Herleef al die SDC Noordvaal Skild-aksie op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com) 

    Die Monties het vir Hoërskool Pietersburg met 32-28 in hul laaste wedstryd van die seisoen verslaan. Die tuisspan het die grootsheid van die oomblik, sowel as die luidkeelse ondersteuning van die skare, ten volle benut om binne die eerste 10 minute toe te slaan.

    Heelagter, Marq de Villiers, die Monties se vernaamste wapen op die dag, en oopkantflank, Ashton Vorster, het elk gedruk om aan die tuisspan ‘n vroeë en gesonde voorsprong te bied. De Villiers was egter nog nie klaar nie, en het kort voor die rustydfluitjie weer agter die Pieties se doellyn gaan draai. Die agterstand van 7-26 het aan die besoekers ‘n reusetaak in die tweede helfte gelaat.

    Die Pieties het nietemin daarop geantwoord deur staatmaker-agtsteman, FC Smith, en woelwater-flank, Andru de Beer, wat elkeen gedruk het. Dit was verál De Beer se drie wat die kat in die duiwehok gegooi het, want nóg ‘n drie deur losskakel, Juan Randall, het die tuisskare op hete kole gehad.

    Die man van die oomblik was oplaas plaasvervanger, Jandré Stoltz, wat sy skopskoen aangehad en uiteindelik met twee strafdoele, die wenskoppe, geslaag het om Monties se rekordboeke te herskryf.

    In die o.16-eindstryd het die besoekers van Polokwane die knoop deurgehaak en gesorg vir een van die skokseges van die jaar, deur vir ‘n onoorwonne Hoërskool Piet Retief met 35-32 die loef af te steek. Juan Dreyer se tweekuns aan drieë, asook drie strafdoele en drie doelskoppe deur Hanno Kotze, het die grootste aandeel gehad in die Pietersburgers se titelsege.

    Piet Retief het nietemin steeds met ‘n titel huiswaarts gekeer. Die afdeling se ander Pieties het ‘n verbroude kans deur Hoërskool Ben Vorster op die einde oorleef om gelykop te speel met 20-20. Volgens die Noordvaal-bepalings het die gelykopuitslag beteken dat die twee spanne die o.15-titel deel.

    Monties se jongelinge het die kersie op hul promosie-koek geplaas deur die o.14-titel in Pretoria staanplek te gee. Dié span was met 21-12 baas oor Hoërskool Secunda. Die feit dat hulle die Monties se tweede ligawenners was, het beteken dat die Pretorianers volgende jaar weer in die Plaat-afdeling sal uitdraf.

    Puntemakers: 

    Montana 32 (26) -Drieë: Marq de Villiers (2), Ashton Vorster, Luhan Barnard. Doelskoppe: Rubel Bester (3). Strafdoele: Jandre Stoltz (2). Hoërskool Pieterburg 28 (7) – Drieë: Ludke Pienaar, FC Smith, Andru de Beer, Juan Randall. Doelskoppe: Ryno Mienie (4).

    Ander spanne: 

    o.16: Hoërskool Pietersburg 35, Hoërskool Piet Retief 32.

    o.15: Hoërskool Piet Retief 20, Ben Vorster 20.

    o.14: Montana 21, Hoërskool Secunda 12.

  • Volkies onttroon Gimmies as Bowl-koning

    Volkies onttroon Gimmies as Bowl-koning

    FOTO: Volkies Potch op Facebook.

    Potchefstroom Volkskool, geskiedkundig een van die Noordvaal se meer suksesvolle spanne oor die jare, het Saterdagmiddag daarin geslaag om ‘n onoorwonne Potchefstroom Gimnasium in die SDC Noordvaal Cup se Bowl-eindstryd te onttroon.

    Herleef al die SDC Noordvaal Bowl-aksie op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com) 

    Volkies het in die doodsnikke van die eindstryd die oorwinning met 22-17 beklink om as die nuwe kampioen van dié afdeling gekroon te word. Dit was Volkies se eerste Noordvaal-titel sedert 2011, wat ‘n titeldroogte van 14 jaar verbreek het.

    Dit was boonop die Gimmies se eerste nederlaag in vanjaar se Bowl-reeks.

    Dit was heel gepas dat die Volkies se staatmaker-slot, Joshua van der Westhuizen, vir die wendrie oorgeduik het. Van der Westhuizen was deur die loop van die seisoen ‘n reuse aanwins vir die span van die suide van Potchefstroom, op sowel die aanval as verdediging, terwyl sy springwerk in die lynstane ook van onskatbare waarde was.

    Hoewel Van der Westhuizen die held van die oomblik was, het skrumskakel, Juhan Geldenhuys, die grootste aandeel in die Volkies se sege gehad, met vyf reuse strafdoele, asook ‘n doelskop, om 17 van sy span se 22 punte aan te teken.

    Vir die Gimmies het Elrich Bosch, met wat later gelyk het soos ‘n erg seer knie, alles in die stryd gewerp. Die tuisspan se binnesenter het, nes in verlede jaar se eindstryd, oorgebars om sy span tot kort voor die eindfluitjie die voortou te gee. Loskopstut, Jeandré Barends, was ook weer uitstekend, maar dit was uiteindelik nie genoeg om vir die Volkies te troef nie.

    Merensky Landbou Akademie se o.16-groep het dit twee uit twee gemaak deur vir die tweede agtereenvolgende jaar met die Noordvaal-titel weg te stap, nadat hy vir Hoërskool Eldoraigne naelskraaps met 31-29 verslaan het.

    Dit was nietemin ‘n bittersoet einde aan die seisoen vir die Eldos. Ten spyte van dié nederlaag, het die span se deelname, sowel as die o.15-span se Noordvaal-titel, beteken dat die Eldos volgende jaar in die Skild-afdeling sal uitdraf. Die Eldo’s se o.15’s het met Hoërskool Ermelo afgereken, met 25-19, in ‘n aanskoulike eindstryd.

    Die Gimmies se kleintjies het aan die einde van 50 minute net-net genoeg gedoen om die o.14-trofee te verower. Juvan Botes, seun van die voormalige Haai-flank, Jacques Botes, se doelskop was uiteindelik die verskil in die naelbytsege van 7-5 oor Hoërskool Jeugland, wat sy plek in dié afdeling behou het.

    Puntemakers: 

    Potchefstroom Volkskool 22 (9) – Drie: Joshua van der Westhuizen. Doelskop: Juhan Geldenhuys. Strafdoele: Geldenhuys (5). Potchefstroom Gimnasium 17 (7) – Drieë: Jeandré Barends, Elrich Bosch. Doelskop: Zandré Da Silva. Strafdoel: Da Silva.

    Ander spanne: 

    o.16: Merensky Landbou Akademie 31, Eldoraigne 29.

    o.15: Eldoraigne 25, Hoërskool Ermelo 19.

    o.14: Potchefstroom Gimnasium 7, Jeugland 5.

  • Monnas o.16’s wis 22-punt agterstand uit vir Beker-driekuns

    Monnas o.16’s wis 22-punt agterstand uit vir Beker-driekuns

    FOTO: Riaan de Bruyn.

    Dit het ‘n terugvegpoging van 22 punte geverg vir Hoërskool Monument se o.16-span om die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling vir ‘n derde agtereenvolgende seisoen as kampioen af te sluit.

    Herleef al die SDC Noordvaal Beker-aksie op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com) 

    Die Monumentare moes ‘n agterstand van 13-35 uitwis om uiteindelik in ‘n yslike o.16-eindstryd met 46-42 oor Hoërskool Menlopark by Hoërskool Garsfontein koning te kraai. Die span van Krugersdorp het nou met die o.14-, o.15- en o.16-loure van die Beker-afdeling oor die afgelope drie seisoene weggestap.

    Die Parkies het nietemin ‘n uithalervertoning gedurende die eerste 30 minute van die kragmeting opgedis.

    Heelagter, Juan Grobler, en buitesenter, Danie Bothma, was die Parkies se groot uitblinkers, met Grobler wat persoonlik verantwoordelik was vir 19 van sy span se 42 punte, insluitend ‘n troosdrie in die doodsnikke, vier doelskoppe en twee strafdoele. Bothma het die doellyn, met ‘n kombinasie van brute krag en groot spoed, twee keer oorgesteek.

    Dit was egter nadat Grant Khomo-losskakel, Ray-Nathan van Kolver, die toutjies agterlangs begin trek het, dat die Monumentare se agterlyn lewe gekry het. Vleuel, Dwaylon Swanepoel, het oorgebars vir ‘n tweekuns aan drieë, wat Monnas se verbete terugvegpoging geloods het.

    Die tweestryd tussen die buitesenters het vir taamlike opwinding gesorg, vernaam toe Blessing Monareng ook na hoogste versnelling oorgeskakel het. Monareng het by vanjaar se Grant Khomo-week reeds sy driedrukvernuf tentoongestel met vier drieë in ‘n enkele wedstryd, en het Saterdag, hoewel slegs een keer, ‘n uiters belangrike vyfpunter bygedra om sy span na ‘n derde agtereenvolgende Noordvaal-titel te lei.

    In die o.15-eindstryd het die gasheerskool, Hoërskool Garsfontein, se woelwaterflank, JD Jordaan, twee keer agter Hoërskool Noordheuwel se doellyn gaan kuier in die Garsies se sege van 29-23. Jordaan en slot, Hanru Botha, het vir die Krugersdorpers taamlik hoofbrekens besorg. Dié twee groot seuns van Pretoria het keer op keer die voordeellyn met kragtige barslopies oorgesteek.

    Die Nories het egter nie maklik bes gegee nie en was met die omdraaislag nog met 13-10 voor, nadat buitesenter, JT Strydom, uitstekend afgerond het. Angelo Erasmus, die Nories se oopkantflank, het self in die los gewoel en is met ‘n drie kort voor die eindfluitjie beloon.

    Helpmekaar Kollege se groentjies het verseker dat ten minste een Noordvaal-titel na Johannesburg terugkeer. Die Helpies se jongelinge het met ‘n telling van 9-6 met Hoërskool Noordheuwel afgereken. Heelagter, Ariel Meij, het met ál drie doelskoppe geslaag, op die aanval uitgeblink en ‘n paar keer die dag met sy verdediging gered.

    Puntemakers: 

    o.16: 

    Monument 46 (13) – Drieë: Dwaylon Swanepoel (2), Blessing Monareng, Carlo Claase, Du Plessis, Ongeidentifiseerd. Doelskoppe: Ray-Nathan van Kolver (4). Strafdoele: Van Kolver (2). Menlopark 42 (28) – Drieë: Danie Bothma (2), Dean Field, Jayden Harris, Juan Grobler. Doelskoppe: Grobler (4). Strafdoele: Grobler (2).

    o.15: 

    Garsfontein 29 (10) – Drieë: JD Jordaan (2), Hanru Botha, Jayden Lubbe, Pierre Lombard. Doelskoppe: Le Roux Badenhorst, Lian de Jager. Noordheuwel 23 (13) – Drieë: JT Strydom, Angelo Erasmus. Doelskoppe: MJ Kritzinger (2). Strafdoele: Kritzinger (3).

    o.14: 

    Helpmekaar Kollege 9 (9) – Strafdoele: Ariel Meij (3). Noordheuwel 6 (3) – Strafdoele: Aldré Wohlfahrt (2).

  • Stuart-tweekuns maak dit 3 uit 3 vir Beker-Bere

    Stuart-tweekuns maak dit 3 uit 3 vir Beker-Bere

    JP PIETERSE, kaptein van Hoërskool Garsfontein, vier sy span se sege saam met staatmakers, Junade Pasensie en Junaide Stuart, en die res van die Bere-span. FOTO: Marius Nortjé.

    Kenners meen daar is geen plaasvervanger vir spoed op die rugbyveld nie, en dit was Saterdagmiddag beslis weer die geval op Berepark.

    Herleef al die SDC Noordvaal Beker-aksie op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com) 

    Hoërskool Garsfontein se giftige agterste driehoek het die feit benadruk in die Bere se spogsege van 30-19 in die eindstryd van die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling, teen Helpmekaar Kollege.

    Die Bere se derde agtereenvolgende Noordvaal-titel op die hoogste verhoog plaas hulle nou in uitgelese geselskap.

    Garsies is die eerste skool wat in die nuwe millennium die titel drie keer agtereenvolgens kon inpalm, terwyl hulle die vyfde skool in 105 jaar is, na Potchefstroom Volkskool, Pretoria Boys High, Hoërskool Zeerust en Afrikaanse Hoër Seunskool, wat dié besonderse prestasie behaal het.

    Affies is steeds die voorloper met vyf agtereenvolgende seges, maar met nie minder nie as 11 Graad 11’s in vanjaar se eerste span, kan die Bere volgende seisoen nogmaals ‘n reusekrag in die Beker-afdeling van die oudste skolekompetisie in Suid-Afrika wees.

    Die Bere het hulself Saterdag teen rustyd nietemin met die rug teen die muur bevind. Hoewel hulle feitlik ál die rugby in die eerste helfte gespeel het, het Garsies met die omdraaislag ‘n agterstand van 5-12 in die gesig staar. Stelskopwerk het hulle in die steek gelaat, terwyl ongedwonge foute die gashere ook weerhou het daarvan om af te rond.

    Die Helpies, daarenteen, het hul kanse aanvanklik beter benut. Dit was verál losskakel, Wian Storm, wat met ‘n “Storm-lopie” deur die middel van die veld gebars en drie verdedigers geklop het vir sy span se eerste drie.

    Zaiden Krige, wat vroeg vanaf die bank ingespan is, het kort na Storm ook die doellyn oorgesteek. Helpies het vroeg in die tweede helfte weer toegeslaan toe Jandré Botha swak verdediging uitgebuit het om sy naam ook op die telbord te kry.

    Hoewel dit nie Bere-losskakel, Joshua Gouws, se beste dag vanaf die skopkegel was nie, was sy taktiese skopwerk steeds van hoogstaande gehalte. Dit was juis een van sy ellelange skoppe, van binne sy eie kwartgebied, wat die momentum finaal in die guns van die Bere geswaai het.

    Garsies se driekuns-held in albei die vorige twee wedstryde, Yuvrah George, is vandeesweek vanaf die bank ingespan, ‘n besluit wat duidelik vrugte afgewerp het. George het die broodnodige vonk verskaf wat die welbekende skrumpet-brigade van die tuisspan oplaas aan die gang gekry het.

    Die drietal met die kopskerms, insluitende Junade Pasensie, het na hartelus begin aanval en dit het as geen verrassing gekom toe SA Skole-vleuel, Junaide Stuart, binne ‘n oogwink twee keer gaan druk het nie, terwyl losskopstut, Morné Coetzer, die finale, vyfde spyker in Helpmekaar se kis gemoker het.

    Puntemakers: 

    Garsfontein 30 (5) – Drieë: Junaide Stuart (2), JP Pieterse, Drewyn Baron, Morné Coetzer. Doelskop: Joshua Gouws. Strafdoel: Gouws. Helpmekaar Kollege 19 (12) – Drieë: Wian Storm, Zaiden Krige, Jandré Botha. Doelskoppe: Storm (2).

  • Plaat op die spel in tweede Middelburg-derby van die jaar

    Plaat op die spel in tweede Middelburg-derby van die jaar

    FOTO: Suné Rowe Photography.

    Die tweede Middelburg-derby van 2025 het aansienlik meer op die spel as die vorige keer, sowat drie maande gelede, toe dié twee plaaslike skole mekaar gepak het.

    Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com) 

    Die gesogte titel van die SDC Noordvaal Cup se Plaat-afdeling is Saterdagmiddag op die spel wanneer HTS Middelburg sy titel verdedig teen die naburige Hoërskool Middelburg.

    Indien die Rooi Bulle hul kroon suksesvol kan verdedig, sal dit breier, Jano Venter, se tweede titel wees sedert hy by die Rooies begin afrig het. Wat die moontlike prestasie meer spesiaal sal maak, is die feit dat Venter eers aan die einde van 2023 by die span van Middelburg aangesluit het, wat beteken dat hy in sy eerste twee jaar moontlik reeds met twee titels kan spog.

    Die Rooi Bulle is die verdedigende kampioen aangesien hulle verlede jaar die louere met Hoërskool Transvalia gedeel het (24-24). Vir die Middies is dit die eerste keer sedert 2022 dat hulle in ‘n eindstryd van dié afdeling betrokke is, nadat hulle drie jaar gelede met 17-23 teen Hoërskool Nelspruit vasgeval het.

    Die Middies het die daaropvolgende paar seisoene elke slag die halfeindstryd gehaal, maar kon net nie deurdring eindstryd toe nie. Dit was juis die Rooi Bulle wat hulle verlede jaar tuis met 22-17 uitgeskakel het, nadat hulle vroeër die jaar ook met 31-24 in die jaarlikse derby koning gekraai het.

    Vanjaar was Middelburg egter al reeds ‘n slag groen geverf. Die Middies het die bordjies verhang deur in die rondomtalie-wedstryd met 16-11 op HTS se tuisveld die pyp te rook. Dit neem ‘n mate van die giftigheid weg wat tuisveldvoordeel bied.

    Sedert sy terugkeer na ‘n gebreekte been, het die Rooi Bulle se kaptein, Johnny Dos Santos, binnesenter vir losskakel verruil vir die laaste drie wedstryde, en sy tweestryd met die Middies se generaal, Matthew Abbey, kan straks deurslaggewend wees. Abbey was die argitek van die Middies se skoksege oor Hoërskool Zwartkop in Centurion, met skrumskakel, Keabetswe Nkgadima, wat ook uitstekende diens gelewer het.

    Abbey moet Saterdag egter sonder kaptein, Lungelo Maseko, op binnesenter klaarkom. Maseko loop die eindstryd mis weens ‘n rooi kaart in die halfeindstryd teen die Zwarries. Buitesenter, Jaco Truter, skuif oor binnesenter toe, met Lesego Rakale, normaalweg vleuel, wat in die nr 13-trui opdraf.

    Vir die tuisspan maak die gevaarlike Jacques Greyling sy terugkeer, maar op regtervleuel in plaas van buitesenter, terwyl Nathan Jansen van Vuuren en Reynhardt Snyeders die middeveld beman.

    Voorlangs het die Middies drie staatmakers terug in die vorm van slot, Wian Olwagen, nóg ‘n uitblinker in die sege oor die Zwarries, en CW Hanekom en Hencoe Janse van Rensburg wat weer gaan jag maak op die losbal.

    Die spanne: 

    HTS Middelburg t. Hoërskool Middelburg om 13:30 in Middelburg 

    HTS Middelburg: 15 Wynand Cronje, 14 Jacques Greyling, 13 Reynhardt Sneyders, 12 Nathan Janse van Vuuren, 11 CJ Muller, 10 Johnny Dos Santos, 9 Danté Lubbe, 8 Tercius Bezuidenhout, 7 Ethan Kock, 6 Argu Kruger, 5 Andrea De Wet, 4 Janco Aucamp, 3 Marinus Oberholzer, 2 Hanro Terblanche, 1 Janco Botha.

    Hoërskool Middelburg: 15 Buhle Mphahlaza, 14 Kefilwe Phamotse, 13 Lesego Rakale, 12 Jaco Truter, 11 Bulelani Mcira, 10 Matthew Abbey, 9 Keabetswe Nkgadima, 8 Hencoe Janse van Rensburg, 7 Jabu Mathebula, 6 CW Hanekom, 5 Jeandré Potgieter, 4 André Robberts, 3 Dewald du Toit, 2 Roux Grobler, 1 Carlo Joubert.

    Skeidsregters: Shemea Ndlovu (Pumas)

    Ander spanne: 

    o.16 – 11:20 – Hoërskool Middelburg t. Oos-Moot.
    o.15 – 10:10 – Oos-Moot t. Hoërskool Zwartkop.
    o.14 – 09:00 – Wesvalia t. Hoërskool Kempton Park.

  • Geskiedenis wink vir Gimmies in Bowl-eindstryd teen Volkies

    Geskiedenis wink vir Gimmies in Bowl-eindstryd teen Volkies

    FOTO: Potchefstroom Gimnasium op Facebook.

    Sedert die Bowl-afdeling se ontstaan in 2018, destyds as deel van die Virsekerbeker, was daar  nog nooit ‘n span wat sy titel in dié afdeling suksesvol kon verdedig nie.

    Volg al die SDC Noordvaal Bowl-aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com) 

    Dit is waarskynlik omdat die kampioenspanne in die Bowl dikwels promosie na die Skild-afdeling verwerf het, soos wat die geval was met Hoërskool Secunda (2022) en Hoërskool Die Anker (2023).

    Vir Potchefstroom Gimnasium se jong span, afgerig deur Regardt Kelingeld, is ‘n tweede titel in soveel jaar egter Saterdagmiddag, op die Piet Malan-veld, binne bereik. Hoewel Gimmies teen ‘n sterk Potchefstroom Volkskool te staan kom in die Potch-derby, meen Kleingeld dat sy span fokus op hul sterkpunte.

    “Dit is ‘n groot dag vir die dorp; ek is  bly dat twee Potch-skole die eindstryd gehaal het en dat die Bowl weer hier staanplek sal kry,” sê Kleingeld. “Volkies het ‘n goeie span en die oomblik gaan groot wees, daarom fokus ons op dit wat ons beplan en geoefen het.

    “Vir my persoonlik is dit  spesiaal om in my eerste jaar by Gimmies reeds met hierdie groep seuns só ‘n groot dag te kan beleef. Die druk was van meet af aan kwaai, maar die seuns het groot karakter getoon om na ‘n uitdagende seisoen te wees waar hulle nou is.”

    Kleingeld se span sal Saterdag vir die eerste keer sedert die laaste wedstryd voor die vakansie weer op alle silinders kan vuur.

    Staatmaker stut, Jeandré Barends, neem oplaas weer sy plek in die beginspan in, met flank en kaptein, Reuel Potgieter, wat by hom aansluit om die Gimmies in die se grootste wedstryd van die seisoen aan te voer. Elrich Bosch het wonder bo wonder van sy kniebesering herstel om terug te keer na die middeveld, met De Wet Grobler wat van senter terugskuif agsteman toe.

    Dit is duidelik dat die stryd tussen die twee agttalle meedoënloos sal wees, soos wat die geval was vroeër vanjaar toe die Gimmies met 21-12 baas was.

    Sedertdien het daar egter heelwat water in die see geloop. Die Volkies het na dié nederlaag ‘n paar taktiese skuiwe aangebring wat hulle netjies op koers gebring het. Een van dié veranderinge was Lourenzo Louw se skuif na regtervleuel, om die spasie op die punte uit te buit saam met die gevaarlike Lethabo Riet op heelagter.

    Hennie Pretorius wat as losskakel ingespan word, met Anro Nel wat na senter geskuif het, het verdere impak gehad op die Volkies se aanvalsvernuf agterlangs, en ál drie die sleutelspelers sal Saterdag wéér op hul pos wees.

    Dit is moeilik om te voorspel wie hierdie slag die botoon sal voer tussen dié twee goed afgerigte spanne. Een ding is egter seker, Potchefstroom kan hom regskuif vir ‘n aksiebelaaide 70 minute wanneer die Bowl-eindstryd Saterdagmiddag hier afskop.

    Die spanne: 

    Potchefstroom Gimnasium t. Potchefstroom Volkskool om 12:30 in Potchefstroom 

    Potchefstroom Gimnasium: 15 Josh Pretoruis, 14 Rea Moalosi, 13 Itumeleng Pheto, 12 Elrich Bosch, 11 Orabile Koena, 10 Zandre Da Silva, 9 MJ Viljoen, 8 De Wet Grobler, 7 Reuel Potgieter, 6 Damian Zwahlen, 5 Joubert Niemann, 4 Dirk Stear, 3 Matt Redelinghuys, 2 Kobus Grobbelaar, 1 Jeandré Barends.

    Potchefstroom Volkskool: 15 Lethabo Riet, 14 Lourenzo Louw, 13 River Samuel, 12 Anro Nel, 11 Juan Fourie, 10 Hennie Pretorius, 9 Juhan Geldenhuys, 8 Johannes Lombard, 7 Henre Nel, 6 Wian Victor, 5 Caden Kruger, 4 Stef Schoeman, 3 AB Brink, 2 Louis Fourie, 1 Koan Smit.

    Skeidsregter: Paulus Schoeman (Luiperds)

    Ander spanne: 

    o.16: 10:45 – Merensky t. Eldoraigne
    o.15: 09:30 – Eldoraigne t. Hoërskool Ermelo
    o.14: 08:00 –  Potchefstroom Gimnasium t. Jeugland

  • Monties rig visier op eerste Noordvaal-titel

    Monties rig visier op eerste Noordvaal-titel

    FOTO: Nicolette Fourie.

    Daar is vanjaar aansienlik meer op die spel in die eindronde van die SDC Noordvaal Cup se Skild-afdeling.

    Volg en lees oor al die SDC Noordvaal Skild-aksie op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com) 

    Hoërskool Montana benodig slegs een oorwinning, verkieslik in die eerste span se kragmeting met Hoërskool Pietersburg in die Skild-eindstryd, om promosie terug na die Plaat-afdeling te verseker.

    Dié afdeling se promosiewedloop is nog wawyd oop vir drie skole wat elk een of meer spanne in die onderskeie eindstryde van die verskillende ouderdomsgroepe het.

    Die Monties is tans algeheel eerste, met 206 ligapunte, gevolg deur Hoërskool Ben Vorster, wat slegs 1.5 ligapunte agter die voorlopers is, en, in die derde plek, die Monties se teenstanders in die eerstespan-eindstryd, Hoërskool Pietersburg, met 201.5 punte. Die Pieties het drie spanne in die onderskeie eindstryde, die meeste van ál die deelnemende skole in dié afdeling.

    Daar sal boonop vanjaar ‘n nuwe Skild-kampioen gekroon word, nadat die verdedigende kampioen, Hoërskool Wesvalia, verlede jaar opgeskuif het na die Plaat-afdeling.

    Dit is gepas dat die twee voorste spanne op die puntelys mekaar die stryd aansê om die titel. Die Monties het verdien om heel bo te eindig en het reeds vroeër vanjaar met 36-24 vir die Pieties geklop.

    Die Pietersburgers gaan nie die eindstryd binne met dieselfde span wat die afgelope vier weke amok gemaak het nie, met Cravenweek-senter, Siya Mahlangu, wat moes onttrek weens ‘n besering. Linkervleuel, Keanu Potgieter, skuif gevolglik na die middeveld, waar dié graad 11-leerder, volgens afrigter, Corstiaan Vermaak, ‘n vars benadering op die aanval bied. Potgieter sal nietemin moet uithaal en wys in sy tweestryd met die Monties se staamaker-senter en kaptein, Hendrew Schoeman.

    Benewens moontike promosie, staan die Monties natuurlik ‘n kans om hul heel eerste Noordvaal-titel in te palm. Indien dit gebeur, sal dit die tweede agtereenvolgende jaar wees wat hoofafrigter AJ le Roux, ‘n span na een van die SDC Noordvaal Cup se titels lei, nadat Hoërskool Transvalia verlede jaar die Plaat gedeel het met HTS Middelburg.

    Die spanne: 

    Montana t. Hoërskool Pietersburg om 11:45 in Pretoria:

    Montana: 15 Marq de Villiers, 14 Dixie Sethuga, 13 Luan Barnard, 12 Hendrew Schoeman, 11 Sam Schoeman, 10 Rubel Bester, 9 Braam Schutte, 8 Ulrich van Biljon, 7 Dieter Scheepers, 6 Ashton Vorster, 5 Kyle Bronkhorst, 4 Eric Potgieter, 3 Aiden Vorster, 2 Juan Theunissen, 1 Joseph Wilkinson.

    Hoërskool Pietersburg: 15 Ryno Mienie, 14 Elkan Esterhuyze, 13 Zuhan Labuschagne 12 Keanu Potgieter, 11 Armand Venter, 10 Juan Randall, 9 Celliers van der Merwe, 8, FC Smith, 7 Juan Jansen van Vuuren, 6 Andru de Beer, 5 Ludke Pienaar, 4 Brent Vorster, 3 Stephan Jansen van Rensburg, 2 Ziahn Lombaard, 1 Krissie Swanepoel.

    Skeidsregter: Ruan Benadie (Goue Leeus)

    Ander spanne: 

    o.16 – 10:20 – Hoërskool Pietersburg t. Piet Retief.
    o.15 – 09:10 – Ben Vorster t. Piet Retief.
    o.14 – 08:00 – Montana t. Secunda.