SSPN Test Site

Author: froberholzer

  • Siekte teister Nories op vooraand van halfeind teen Helpies

    Siekte teister Nories op vooraand van halfeind teen Helpies

    FOTO: Marius Nortjé.

    Hoërskool Noordheuwel gaan gebuk onder siektes wat sy voorbereiding vir Saterdag se halfeindstryd teen Helpmekaar Kollege in Johannesburg erg in die wiele ry.

    Beleef al die SDC Noordvaal Beker-aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com)

    Die Nories wat na ‘n puik seisoen vir die eerste keer sedert hul toetrede tot die SDC Noordvaal Cup (voorheen Virsekerbeker) se Beker-afdeling, in 2019, gekwalifiseer het vir die halfeindronde, hou asem op om te sien hoe die span Saterdag teen die Helpies daar gaan uitsien.

    ‘n Onlangse uitbreek van griep op die “Heuwel” het veroorsaak dat daar vraagtekens oor vyf van die Nories se staatmakers hang. Die positiewe is dat hulle hul twee groot kanonne, Clinton Agu (haker) en Jeandré Uithaler (heelagter), terugverwelkom.

    Albei was betrokke by die onderskeie SA o.18-spanne wat teen Engeland, Frankryk, Ierland en Georgië kragte gemeet het. Agu moes egter ook die dotker besoek nadat hy sy meniskus teen die Engelse beseer het.

    Die Nories het vanjaar egter by verskeie geleenthede reeds ongelooflike karakter getoon en dié span, die enigste wat vir Hoërskool Garsfontein in vanjaar se Beker-afdeling kon klop (28-22), sal beslis oorgehaal wees en alles in die stryd werp vir die halfeind.

    Dit is vanjaar ook die eerste keer sedert 2023 dat Helpmekaar die halfeind haal, nadat hy verlede jaar naelskraaps uitgemis het. Helpies het toe met 20-29 teen die einste Garsfontein vasgeval, met die Garsies wat later as kampioen gekroon is.

    Die Helpies het vroeër vanjaar reeds met die Nories afgereken. Dit was verrassende wegholsege met die span van Johannesburg wat tuis met 36-0 baas was. Hulle sal hierdie week nietemin op hul hoede wees vir die Blues.

    Of die lang blaaskans wat Helpies geniet het ‘n goeie ding is of hul momentum versteur het, sal die tyd leer. Hulle het ‘n enkele verandering aangebring aan die pak wat Saterdag uitdraf, met Zaiden Krige wat met Eugene de Lange en Llewelyn Vermaak die lostrio vorm.

    Krige het in die Helpies se laaste twee rondomtalie-kragmetings op regtervleuel diens verrig, maar Saterdag beman Kean Butler, gewoontlik Shaye Lourens se plaasvervanger op skrumskakel, die regterkant van die veld teen ‘n blitsige Aiden Bester.

    Die spanne: 

    Helpmekaar Kollege t, Noordheuwel om 12:30 in Johannesburg

    Helpmekaar Kollege: 15 Ty Ax, 14 Kean Butler, 13 Clinton Cloete, 12 Ethan Lourens, 11 Michael Herbst, 10 Wian Storm, 9 Shaye Lourens, 8 Llewelyn Vermaak, 7 Eugene de Lange, 6 Zaiden Krige, 5 Jandré Botha, 4 Diandro Botha, 3 Dylan Enlgenbrecht, 2 Gustav Grotius, 1 Liam Devenier.

    Noordheuwel (moontlik): 15 Jeandré Uithaler, 14 Jaydan Steyn, 13 Brandon Pieters, 12 Kieran Reid, 11 Aidan Bester, 10 Pablo Moeketsane, 9 Gillie Diedericks, 8 Armand van Eck, 7 Juandré de Villiers, 6 Andrew Lambert, 5 Jared Coetzer, 4 Kean Lourens, 3 Steph Botha, 2 Clinton Agu, 1 Skuttie Bezuidenhout.

    Afskoptye van Junior spanne in Johannesburg: 

    o.16: 11:00 – Monument t. Noordheuwel.

    o.15: 09:55 – Helpmekaar Kollege t. Noordheuwel.

    o.14: 08:45 – Monument t. Noordheuwel.

  • Giftige Klerksdorp kan Rooi Bulle ‘n week vroeg onttroon

    Giftige Klerksdorp kan Rooi Bulle ‘n week vroeg onttroon

    FOTO: Hannes Nienaber.

    Dit was Tiaan Koen wat verlede week met sy bepalende bonuspuntdrie in die doodsnikke vir Hoërskool Klerksdorp hierdie week ‘n tuishalfeindstryd beklink het.

    Volg al die SDC Noordvaal Plaat-aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com)

    Hoewel die Klerksdorpers met 24-25 teen Hoërskool Zwartkop die knie gebuig het, het hulle nietemin genoeg gedoen om Saterdagmiddag gasheer te speel vir HTS Middelburg in die een halfeindstryd van die SDC Noordvaal Cup se Plaat-afdeling.

    Die Rooi Bulle, wat die verdedigende kampioen is nadat hulle die titel met Hoërskool Transvalia gedeel het in 2024, was op koers om die Klerksdorpers tuis in Middelburg te verwelkom, voor Koen se heldedaad.

    Dit is juis die einste Koen wat ‘n groot bedreiging vir die besoekers Saterdag inhou. Koen en slot, Abrie Esterhuizen, was Klerksdorp se vernaamste staatmakers deur die loop van die seisoen, terwyl Dorian Isaacs se skuif na losskakel ook die beste uit hom gebring het. Winton Abrahams, op buitesenter, kan ook ‘n deurslaggewende faktor vir die tuisspan wees indien hulle hoop om die Rooi Bulle ‘n week vroeg as kampioen te onttroon.

    Dit gaan nie ‘n maklike taak wees nie, met ysters soos Janco Aucamp (slot), Hanru Terblanche (haker) en Tercuis Bezuidenhout (agsteman) wat uitmuntende vertonings gelewer het in verlede jaar se eindstryd. Dié drietal se ervaring, saam met die leierskap van senter en kaptein, Johnny Dos Santos, sal Saterdag goud werd wees.

    Dos Santos het heelwat om voor te speel, aangesien hy nie deel gehad het in verlede jaar se eindstryd nie en ook die grootste gedeelte van die huidige seisoen weens ‘n gebreekte been misgeloop het. Sy tweestryd met Abrahams in die middeveld, sowel as Terblanche se kanonpoot, kan beslissend wees.

    Die wenner van Saterdag se stryd in Klerksdorp sal teen óf die onoorwonne Zwartkop óf ‘n gevaarlike Hoërskool Middelburg in die eindstryd te staan kom.

    Die spanne:

    Hoërskool Klerksdorp t. HTS Middelburg om 12:45 in Klerksdorp

    Hoërskool Klerksdorp: 15 Brendin Matthyse, 14 Xander Smit, 13 Winton Abrahams, 12 Jarred van Staden, 11 Elzeno Schalkwyk, 10 Dorian Isaacs, 9 Rellston Wilson, 8 Tiaan Koen, 7 Marnus van der Merwe, 6 D-Jee Treurnich, 5 Juan Hills, 4 Abrie Esterhuizen, 3 Brandon Botha, 2 De Wet Le Roux, 1 Zander Nienaber.

    HTS Middelburg (moontlik): 15 Wynand Cronje, 14 Reynard Snyders, 13 Jacques Greyling, 12 Johnny Dos Santos, 11 CJ Muller, 10 Dante Lubbe, 9 Reece Botha, 8 Tercius Bezuidenhout, 7 Ethan Kock, 6 Argu Kruger, 5 Andrea De Wet, 4 Janco Aucamp, 3 Marinus Oberholzer, 2 Hanru Terblanche, 1 Janco Botha.

    Afskoptye van Junior spanne in Klerksdorp: 

    o.16: 11:20 – Oos-Moot t. Kempton Park.

    o.15: 10:10 – Zwartkop t. Wesvalia.

    o.14: 09:00 – Hoërskool Middelburg t. Hoërskool Kempton Park.

  • Groot moontlikheid van Potch-derby vir Bowl-eindstryd

    Groot moontlikheid van Potch-derby vir Bowl-eindstryd

    FOTO: Marius Nortjé.

    Potchefstroom sal Saterdag tot stilstand kom wanneer Potchefstroom Gimnasium en Potchefstroom Volkskool in hul onderskeie tuishalfeindstryde in aksie is.

    Volg al die SDC Noordvaal Bowl-aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com) 

    Gimmies, die verdedigende Bowl-kampioen, sê vir Hoërskool Jeugland op die Piet Malan-veld die stryd aan.

    Die tuisspan is stewig op dreef om sy titel in die eindstryd te verdedig, maar moet nietemin katvoet loop vir die besoekers van Kempton Park wat heelwat momentum die afgelope ruk opgebou het. Jeugland sal straks die bal taamlik lug probeer gee en die Gimmies se strukture probeer versteur uit gebroke spel, waar hy op sy gevaarlikste is.

    Goeie nuus uit die Gimmies se kamp is dat hulle die spreekwoordelike “bomb squad” kan opstuur indien dinge taai raak.

    Rugbydirekteur Regardt Kleingeld verwelkom van sy grootname terug, met stut, Jeandré Barends wat uiteindelik, na hy ‘n lang ruk op die kantlyn, weer gereed is. Die woelige Reuel Potgetier se insluiting is ook uitstekende nuus, terwyl Elrich Bosch wonder bo wonder van sy kniebesering herstel het. Al drie staatmakers sal vanaf die bank ingespan word.

    Elders in die dorp, pak Potchefstroom Volkskool en Bergsig Akademie mekaar vir die derde keer vanjaar. Die Volkies het in albei vorige kragmetings die septer geswaai, maar besef dat Saterdag die belangrikste kragmeting van die drie is. Albei spanne is gelukkig om die stryd onveranderd te betree.

    Volkies se agterlyn het giftig voorgekom is hul laaste uitstappe. Hennie Pretorius se skuif na losskakel, met Anro Nel wat saam met River Samuel in die middeveld saamspan, het heelwat oemf aan die Volkies se agerhoede verleen.

    Die stryd sal oudergewoonte egter voorlangs gewen of verloor word. Christian De Abreu en die Arende se sukses sal grootliks daarvan afhang of hul agttal die Volkies se dodelike dryfmaalbewegings sal kan stuit. Indien wel, kan die drieëvraat op regtervleuel, Keabetswe Daile, meer in spel kom om sy stempel af te druk.

    Sou die twee Potchefstroomse spanne albei wen, sal dit ‘n herhaling in die eindstryd afgee van die plaaslike Potchefstroom-derby, toe die Gimmies met 21-12 die pyp gerook het.

    Die spanne: 

    Potchefstroom Gimnasium t. Jeugland om 12:45, by Potchefstroom Gimnasium, in Potchefstroom: 

    Potchefstroom Gimnasium: 15 Josh Pretoruis, 14 Rea Moalosi, 13 Itumeleng Pheto, 12 De Wet Grobler, 11 Orabile Koena, 10 Zandre Da Silva, 9 MJ Viljoen, 8 Damian Zwahlen, 7 Jacques van Straten, 6 Zach De Jager, 5 Joubert Niemann, 4 Dirk Stear, 3 Matt Redelinghuys, 2 Kobus Grobbelaar, 1 Janru Jansen van Rensburg.

    Jeugland: 15 King Agbanzo, 14 Thando Ngomane, 13 Andrew Goremusanda, 12 Innocent Vilakazi, 11 Jan Ramano, 10 Koketso Maphopa, 9 Zaydene Adams, 8 Jaden Kleyn, 8 Alec Mohlala, 7 Joseph Ngoma-Ngoma, 6 Tshepang Moeketsi, 5 Nivan Duvenhage, 4 Uche Morka, 3 Levino Domingo, 2 Lesego Moitse, 1 Phenyo Nkoana.

    Potchefstroom Volkskool t. Bergsig Akademie om 11:30, by Potchefstroom Volkskool, in Potchefstroom: 

    Potchefstroom Volkskool: 15 Lethabo Riet, 14 Lourenzo Louw, 13 River Samuel, 12 Anro Nel, 11 Juan Fourie, 10 Hennie Pretorius, 9 Juhan Geldenhuys, 8 Johannes Lombard, 7 Henre Nel, 6 Wian Victor, 5 Caden Kruger, 4 Stef Schoeman, 3 AB Brink, 2 Louis Fourie, 1 Koan Smit.

    Bergsig Akademie: 15 Heinrich Krugel, 14 Keabetswe Daile, 13 Carlo de Jager, 12 Dan Bogopane, 11 Daniel Addinal, 10 Alzandro Dos Santos, 9 Martin Pieterse, 8 Christian De Abreu, 7 Stephan Harmse, 6 Thatano Bagwase, 5 Ryan Nagel, 4 Jacques Viviers, 3 Thabang Machubene, 2 Marnus Dercksen, 1 Dylan Smith.

    Afskoptye van Junior spanne in Potchefstroom (Gimnasium eerste): 

    o.16: 11:20 – Potchefstroom Gimnasium t. Jeugland; 10:20 – Eldoraigne t. Dinamika.

    o.15: 10:10 – Dinamika t. Ermelo: 09:10 – Eldoraigne t. Bergsig Akademie.

    o.14: 09:00 – Jeugland t. Ermelo; 08:00 – Potchefstroom Gimnasium t. Dinamika.

  • Meer as perfekte seisoen op die spel vir Zwarries

    Meer as perfekte seisoen op die spel vir Zwarries

    FOTO: Frans Lombard/Actionpix.

    Wanneer die Zwarries Vrydagaand in hul halfeindstryd teen Hoërskool Middelburg uitdraf is daar meer as bloot ‘n perfekte seisoen op die spel vir die Vikings.

    Volg al die SDC Noordvaal Plaat-aksie op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com) 

    Hoërskool Zwartkop se eerste span beleef vanjaar ‘n droomseisoen. Die span van Centurion het nog nie een van sy vorige 17 wedstryde vanjaar verloor nie.

    Om dit 18 te maak is egter slegs een van Vrydag se doelwitte. Dié onoorwonne status vanjaar maak van die Vikings sterk aanspraakmakers op die Plaat-titel in die SDC Noordvaal Cup.

    Vrydag is dit boonop die eerste keer dat die Zwarries, sedert die ontstaan van die destydse Virsekerbeker, deesdae  die SDC Noordvaal Cup, in ‘n halfeindronde betrokke is. Indien hulle dus hul volgende twee wedstryde kan wen, sal hulle die rekordboeke by die skool van Centurion herskryf op meer as een manier.

    Die Middies beskik egter oor ‘n gedugte span wat deur die gesoute Coene Nolte en die res van sy afrigtingspan gebrei word. Boonop bestaan die moontlikheid dat van hulle staatmakers kan terugkeer.

    Middelburg moes die afgelope ruk sonder agsteman, Hencoe Janse van Renburg, en die woelige CW Hanekom klaarkom. Janse van Rensburg het verlede maand die Pumas se Akademieweek-span in Middelburg aangevoer, terwyl Hanekom ‘n groot verskil kan maak by die afbreekpunte om die Zwarries se balbesit te vertraag.

    Die nuus uit die Zwarries se kamp is dat hulle na volsterkte terugkeer. Luan Wepener is terug aan die kant van die skrum, terwyl die goue kombinasie van David van Jaarsveld en Luan Williams in die middeveld herenig word met Van Jaarsveld se terugkeer.

    Dit beloof om ‘n reuse-tweestryd met die Middies se binnesenter en kaptein, Lungelo Maseko, met Jaco Truter aan sy buitekant, af te gee. Justin Julies skuif na heelagter, waar hy op sy gevaarlikste is, terwyl Luan Janse van Rensburg terug is op skrumskakel en Brian Smith op agsteman sak.

    Indien die Zwarries die wa deur die drif kan trek staan hulle ‘n kans om hul eerste Plaat-titel in te palm, terwyl ‘n moontlike Middelburg-derby weer op die spyskaart is indien die Middies die knoop kan deurhak, en HTS Middelburg vir Hoërskool Klerksdorp in die ander halfeind klop.

    Die spanne:

    Zwartkop t. Hoërskool Middelburg om 18:45, Vrydagaand, in Centurion

    Zwartkop: 15 Justin Julies, 14 André Marx, 13 Luan Williams, 12 David van Jaarsveld, 11 Stiaan Botha, 10 Tilon Baron, 9 Luan Janse van Rensburg, 8 Brian Smith, 7 Luan Wepener, 6 Mikka Allers, 5 Jethro le Roux, 4 Ettienne van Niekerk, 3 Christiaan de Vries, 2 Regan Blignaut, 1 Matthew Smith.

    Hoërskool Middelburg (moontlik): 15 Buhle Mphahlaza, 14 Kefilwe Phamotse, 13 Jaco Truter, 12 Lungelo Maseko, 11 Lesego Karale, 10 Matthew Abbey, 9 Keabetswe Nkgadima, 8 Hencoe Janse van Rensburg, 7 Jabu Mathebula, 6 CW Hanekom, 5 Jeandré Potgieter, 4 André Robberts, 3 Dewald du Toit, 2 Roux Grobler, 1 Carlo Joubert.

    Afskoptye van Junior spanne in Centurion: 

    o.16: 17:20 – Hoërskool Middelburg t. Hoërskool Klerksdorp.

    o.15: 16:10 – Oos-Moot t. Hoërskool Kempton Park.

    o.14: 15:00 – Wesvalia t. HTS Middelburg.

  • Monties se Schoeman-tweeling herenig vir halfeind teen Secunda

    Monties se Schoeman-tweeling herenig vir halfeind teen Secunda

    Foto: DB Photography.

    Die Monties se tweelingpare is weer voltallig vir hul tuishalfeindstryd Saterdag teen Hoërskool Secunda in die SDC Noordvaal Cup se Skild-afdeling.

    Volg al die SDC Noordvaal Skild-aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com) 

    Hoërskool Montana se linkervleuel, Sam Schoeman, keer terug om met broer, Hendrew, die Monties agterlangs teen die besoekers van Secunda aan te vuur.

    Die ander tweelingpaar, Aiden en Ashton Vorster, behou hul plekke in die span. Ashton het sedert sy insluiting beïndruk as oopkantflank, terwyl Aiden die donkiewerk in die voorry uitstekend verrig.

    Afrigter, AJ le Roux, het besluit om die res van sy span dieselfde te hou. Indien die Monties na die einstryd deurdring, sal dit Le Roux die tweede span in soveel jaar wees wat hy na ‘n eindstryd in die Noordvaal-kompetisie begelei, nadat Hoërskool Transvalia verlede jaar, met hom aan die stuur, die Plaat-titel ingepalm het.

    Oorwinning eerskomende Saterdag is egter nie gegewe nie.

    Hierdié Secunda span het immers vroeër in die seisoen vir die Monties met 34-19 ore aangesit. Dit was welliswaar in Secunda se agterplaas, maar steeds ‘n veelseggende sege aangesien die Monties uiteindelik bo aan die puntelys geëindig het. Secunda pak die tog na Pretoria aan met met dieselfde span wat verlede week teen Hoërskool Ben Vorster vasgeval het.

    Sifiso Hlungwane se skuif na agsteman lyk of dit vrugte afwerp, en bied terselftertyd aan Renier Combrink die geleentheid om te doen wat hy die beste doen. Combrink draf weer uit op oopkantflank, waar sy vernuf by die afbreekpunte deurslaggewend kan wees.

    Hoërskool Lichtenburg kry slegs twee weke nadat hy teen Hoërskool Pietersburg in Lichtenburg die aftog moes blaas, ‘n kans om die bordjies te verhang. Vir die Liggies is die halfeindronde bekende terrein, nadat hulle verlede jaar naaswenners was, terwyl dit die Pietersburgers se eerste keer is in ‘n halfeind van die Skild-afdeling.

    Pietersburg het nietemin vanjaar twee sterk groepe saamgevoeg, met die jongelinge in die span, die graad 11’s, wat as o.14’s en 15’s die Bowl-afdeling gewen het, terwyl die matrieks onderskeidelik in ‘n eindstryd en halfeindstryd gespeel het as juniors. Corstiaan Vermaak, die Pieties se breier, het vir die vierde agtereenvolgende week sy span onveranderd behou – ‘n goed deurdagte besluit aangesien die tuisspan ongelooflike momentum sedertdien opgebou het.

    Dit is ook hoogs onwaarskynlik dat die Liggies se Michael Bondesio veranderinge sal aanbring. Sy leierskorps van KG Legodi en Rea Motsusi het verlede jaar reeds ‘n beduidende rol as jongelinge gespeel en hul ervaring sal Saterdag goud werd wees.

    Die spanne:

    Montana t. Hoërskool Secunda om 11:45 in Pretoria: 

    Montana: 15 Marq de Villiers, 14 Dixie Sethuga, 13 Luan Barnard, 12 Hendrew Schoeman, 11 Sam Schoeman, 10 Rubel Bester, 9 Braam Schutte, 8 Ulrich van Biljon, 7 Dieter Scheepers, 6 Ashton Vorster, 5 Kyle Bronkhorst, 4 Eric Potgieter, 3 Aiden Vorster, 2 Juan Theunissen, 1 Joseph Wilkonson.

    Secunda: 15 Dillon Grundlingh, 14 Ryan Lottering, 13 Armand Underhay, 12 Bismarck Jansen, 11 Damian de Beer, 10 Alonzo Blakenberg, 9 JD van Coller, 8 Sifiso Hlungwane, 7 Zander van der Merwe, 6 Renier Combrink, 5 JC Olivier, 4 Mickey Jordaan, 3 MC Vosloo, 2 Rico Schoeman, 1 Nathan Erasmus.

    Hoërskool Pietersburg t. Hoërskool Lichtenburg om 11:30 in Polokwane: 

    Pietersburg: 15 Ryno Mienie, 14 Elkan Esterhuyze, 13 Zuhan Labuschagne 12 Siya Mahlangu, 11 Keanu Potgieter, 10 Juan Randall, 9 Celliers van der Merwe, 8, FC Smith, 7 Juan Jansen van Vuuren, 6 Andru de Beer, 5 Ludke Pienaar, 4 Brent Vorster, 3 Stephan Jansen van Rensburg, 2 Ziahn Lombaard, 1 Krissie Swanepoel.

    Lichtenburg (moontlik): 15 Xander Blom, 14 Thatu Seabo, 13 WJ Liebenberg, 12 Oratile Sekoto, 11 Kuzi Mupudzi, 10 Luan Snyman, 9 Rea Motsusi, 8 KG Legodi, 7 MC Shanahan, 6 Ruan Kroëse, 5 Darius Lombard, 4 George Bingudza, 3 Duan Kruger, 2 Juan van Rhyn, 1 Ruben Pretorius.

    Afskoptye van Junior spanne in Pretoria en Polokwane (Pretoria eerste): 

    o.16: 10:20 – Montana t. Hoërskool Piet Retief; 10:10 – Hoërskool Pietersburg t. Ben Vorster.

    o.15: 09:10 – Ben Vorster t. Hoërskool Lichtenburg; 09:00 – Hoërskool Pietersburg t. Hoërskool Piet Retief.

    o.14: 08:00 – Montana vs Heidelberg Volkskool; 08:00 – Ben Vorster t. Secunda.

  • Groot kanonne se terugkeer laat Bere kopkrap voor halfeind

    Groot kanonne se terugkeer laat Bere kopkrap voor halfeind

    JUNAIDE PASENSIE, heelagter van Hoërskool Garsfontein, op die aanval teen Hoërskool Transvalia. FOTO: Frans Lombard/Actionpix.

    Die terugkeer van Junaide Pasensie en Junaide Stuart, ná hul betrokkenheid by die internasionale o.18-reeks in die Wes-Kaap, het vir die Bere se keurders met meer as een kopseer gelos.

    Volg al die SDC Noordvaal Beker-aksie regstreeks op SuperSportSchools – (www.supersportschools.com) 

    Hoërskool Garsfontein, verdedigende kampioen in die Beker-afdeling van die SDC Noordvaal Cup, kom Saterdag teen ‘n gevaarlike Hoërskool Menlopark in die een halfeindstryd op sy tuisveld te staan.

    Pasensie (heelagter) en Stuart (regtervleuel) se beskikbaarheid het die vraag laat opduik, wie gaan waar teen die Parkies uitdraf?

    Dit volg nadat die jong linkervleuel, Yuvrah George, verlede naweek teen Hoërskool Dr EG Jansen oorgewals het vir ‘n driekuns aan drieë, terwyl Drewyn Baron, wat gewoonlik op linkervleuel uitdraf, ‘n uitstekende tweede helfte op heelagter geniet het.

    Die verwagting is egter dat Pasensie weer sy gewone plek op heelagter sal inneem, met Baron wat terugskuif linkervleuel toe, Stuart wat die regterkant beman en George wat van die bank af ingespan word om die Parkies se verdediging verder te toets.

    Dit is ‘n lekker kopseer. Wat wel soos ‘n paal bo water staan is dat die Bere hul sterkste span in die veld sal stoot.

    “Hierdie week is ons eindstryd, want as ons verloor is daar nie ‘n volgende week nie,” het die Bere se hoofafrigter, Johan du Plessis, dit duidelik gemaak.

    Indien Garsies wel wen, sal hulle die eindstryd vir ‘n vierde agtereenvolgende jaar haal.

    Die vorige keer toe hulle met die Parkies in ‘n halfeind kragte gemeet het, in 2019, het dit op ‘n nagmerrie vir Garsfontein uitgeloop. Hoewel dit die laaste keer was dat die Parkies in ‘n halfeind gespeel het, het hulle vir die Bere met 72-40 afgeransel, voordat hulle vir Helpmekaar Kollege met 44-17 die loef afgesteek het in die Beker-eindstryd van die destydse Virsekerbeker.

    Menlopark verwag self minstens drie groot name terug. Losskakel en kaptein, Andru Keun, het oor die laaste paar weke stelselmatig sy terugkeer begin maak. Sy vertoning vanaf die plaasvervangerbank teen Hoërskool Rustenburg het aangedui dat hy slaggereed is om sy plek in die beginspan in te neem.

    Heelagter, Reinhardt Herbst, het ook ‘n groot gedeelte van die wedstryd teen die Rusties gespeel, en is saam met oopkantflank, Nathen du Plessis, weer beskikbaar om Saterdag saam met Keun in die beginspan uit te draf.

    Indien Saterdag ‘n herhaling van die vorige kragmeting vanjaar afgee, sal dit ‘n senutergende 70 minute van Noordvaal-rugby wees. Dit was immers eers in die laaste kwart van die vorige stryd dat die Bere, danksy die einste Staurt en Baron, kon wegtrek om uiteindelik met 40-27 koning te kraai.

    Die Bere verwag niks minder as ‘n meedoënlose aanslag van die besoekers nie, vernaam ook aangesien ‘n sege vir die Parkies van relegasie sal vrywaar.

    Die spanne: 

    Garsfontein t. Die Hoërskool Menlopark om 12:30 in Pretoria: 

    Garsfontein (moontlik): 15 Junade Pasensie, 14 Junaide Stuart, 13 Xian Erasmus, 12 Keagan Knighton, 11 Drewyn Baron, 10 Joshua Gouws, 9 Derrick Kuhn, 8 Lourenz de Jager, 7 JP Meintjies, 6 JP Pieterse, 5 Derik Potgieter, 4 JJ Fourie, 3 Morné Coetzer, 2 Justin Blom, 1 Brendon Branford.

    Menlopark (moontlik): 15 Reinhardt Hebrst, 14 Bladen Peterson, 13 Leskin Samuels, 12 Dylan Stumke, 11 Juan Joubert, 10 Andru Keun, 9 Gustav Scäffner, 8 JN van Wyk, 7 Tiaan Boshoff, 6 Nathen du Plessis, 5 Keagen Pretorius, 4 Xander Roets, 3 Ruvan van Aardt, 2 Declan Pelser, 1 Mattheus Prinsloo.

    Afskoptye van Junior spanne in Pretoria:  

    o.16: 11:00 – Menlopark t. Waterkloof.

    o.15: 09:55 – Garsfontein t. Waterkloof.

    o.14: 08:45 – Garsfontein t. Helpmekaar.

  • Van Zyl notches up century in 100th cap to lead Ysbere to victory

    Van Zyl notches up century in 100th cap to lead Ysbere to victory

    Reuben van Zyl (left) receiving his 100th cap, presented by father, Paul (right), after his century in a league game against Prestige College. Photo: Provided by Hoërskool Garsfontein.

    It’s something every young cricketer dreams about: scoring a century in your 100th match, no matter what team you play for.

    Relive all the 2025 Cricket action on SuperSport Schools – (www.supersportschools.com) 

    Hoërskool Garsfontein‘s Reuben van Zyl realised exactly this dream over the weekend, batting his side to a convincing opening victory over Prestige College, on home turf in Pretoria. To make it even more special, he had his father, Paul van Zyl, hand over his cap on his special day.

    It was the Garsies’, known as the Ysbere, first outing in the 2025 Titans Platinum League as the sides in Pretoria go on the hunt to dethrone Hoërskool Waterkloof, who’ve won the last four titles.

    Van Zyl, opening the batting and knowing his side needed 233 to win, only needed 103 deliveries to smash his match-winning 131 not out. His innings included 11 fours and seven exciting sixes at a healthy strike rate of 127.2.

    He and opening partner, Wikus du Preez (62), never seemed bothered by any of the Prestige bowlers.

    Du Preez played the anchor role using 75 balls for his 62 runs. This allowed the Ysbere to reach 160 already before the first wicket fell. Charl van Staden then navigated the hosts to victory, alongside Van Zyl, with his unbeaten 30 runs.

    The batsmen, however, had the bowlers to thank for a platform from which they could attack. Although Keamogetswe Semenya made a solid 64 runs, supported by a half-century by Thabang Kutumela (52) and 35 by Lesedi Mabena, the visitors lost wickets at just the wrong time.

    The Ysbere had Reinhardt Nieburh to thank for this. Nieburh spearheaded the attack with his 4/48, while Du Preez first did some damage with the ball (2/7) and Zizwe Khumalo supported with his 2/41, to restrict Prestige to a decent but below-average score, and give their batters the comfort of knowing which target to chase.

    Summarised Scorecard: 

    Prestige College 232 (Keamogetswe Semenya 64, Thabang Kutumela 52, Lesedi Mabena 35, Omphile Maredi 27; Reinhardt Niebuhr 4/48, Wikus du Preez 2/7, Zizwe Khumalo 2/41); Garsfontein 233/1 (Reuben van Zyl 131*, Wikus du Preez 62, Charl van Staden 30*; Omphile Maredi 1/41). Garsfontein won by nine wickets. 

  • Kempies’ Kruger leads Noordvaal run-fest with double hundred

    Kempies’ Kruger leads Noordvaal run-fest with double hundred

    Sheldon Kruger smiles happily after scoring an outstanding 208 runs against Hoërskool Rustenburg. Photo: Supplied.

    As the seasons shift and the bite in the air softens into warmer, sunnier days, so, too, has the cricket season returned, with schools across the Noordvaal region back on the field in preparation for various league action, which commences in the coming weeks.

    Follow and relive all the 2025 Cricket action live on SuperSport Schools (www.supersportschools.com)

    It appears, from the early returns, that some batsmen from the northern provinces have used the winter season to further hone their skills.

    Evidence of this came from a double-century and four centuries that were scored over the weekend.

    The standout performance came from Hoërskool Kempton Park’s Sheldon Kruger, who hit the double ton away at Hoërskool Rustenburg after the home team opted to bowl first in the hope of applying early pressure.

    The Rustenburg pitch, however, proved to be batting friendly and Kempies took full advantage of the favourable conditions, piling on a mammoth 419/5 in their 50 overs, with Kruger leading the charge.

    His blistering 208 came off just 121 deliveries and featured an extraordinary 18 fours and 14 sixes. That mean that, remarkably, 156 of his runs, 75 percent, had come from boundaries.

    Shaun Nash, batting at five, joined the party with a century of his own, striking 109 from 92 balls, with eight sixes and seven fours. He shared a memorable and devastating 257-run partnership with Kruger.

    Tristan van der Linde top-scored for Rustenburg with an unbeaten 72, but his resistance was in vain as wickets tumbled around him. Hanroux Siemens, with 3/36 spearheaded the Kempies’ attack, which kept Rusties to 199 all out in reply, 221 runs short of the victory target.

    Meanwhile, Hoërskool Marais Viljoen, thanks to a superb century from Jaden Govender, chased down Midstream College‘s good-looking 256/8 to claim a six-wicket win at the Midstream Oval on Saturday.

    Midstream’s batting effort was led by a polished 72 from Maarten Cronjé. He was well supported by Beyers Pretorius, who weighed in with 43, and Jonathan Wiseman, who contributed an unbeaten 37.

    While they batted well, Midstream’s bowlers couldn’t contain Marais Viljoen captain Jaden Govender. The Alberton wicketkeeper-batsman, who has already proven his ability at higher levels, showcased his class. He rotated the strike with ease and punished loose deliveries, striking six fours and six in his 107.

    He eventually fell to Wian de Bruin, whose 2/31 led the Midstream bowling attack.

    By the time that Govender departed, however, the damage had been done. He and Ethan van Rooyen, who made 79, had combined for a decisive 169-run partnership for the third wicket, setting up Marais Viljoen for a comfortable victory. The loss did allow Midstrem to create more depth, welcoming three u15 debutants, while five key players are still busy with the ongoing rugby season.

    Summarised scorecards 

    Hoërskool Kempton Park vs Hoërskool Rustenburg

    Hoërskool Kempton Park 419/5 (Sheldon Kruger 208, Shaun Nash 109, Wian Pieters 40; Thian Labuschagne 2/29); Hoërskool Rustenburg 199 (Tristan van der Linde 72*, Manfred Wenhold 35, Rejean van der Venter 21; Hanroux Siemens 3/36, Stian van Bredal 3/49, Wian Pieters 2/38). Hoërskool Kempton Park won by 220 runs. 

    Midstream College 256/8 (Maarten Cronjé 72, Beyers Pretorius 43, Rikus Cilliers 39, Jonathan Wiseman 37*, Extras 24; Marco Hoffman 3/39); Marais Viljoen 258/4 (Jaden Govender 107, Ethan van Rooyen 79, Abdulla Tadwala 42*; Wian de Bruin 2/31). Marais Viljoen won by six wickets. 

  • Murray, Linde centuries get Affies’ season off to a rollocking start

    Murray, Linde centuries get Affies’ season off to a rollocking start

    Afrikaanse Hoër Seunskool (Affies) piled on the runs in the Noordvaal this past weekend, with Daniel Murray and Christian Linde both striking hundreds.

    Follow and relive all the 2025 Cricket action live on SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    Four centuries were scored in total, and the heavy scoring made life particularly miserable for the visiting Potchefstroom powerhouses, Potchefstroom Gimnasium (Gimmies) and Potchefstroom Volkskool (Volkies), at the Irene Country Club, in the Jacaranda City.

    The Gimmies arrived buoyed by a comfortable seven-wicket win over Pretoria Boys High in a shortened T20 on Friday afternoon. However, the confidence they carried into Saturday’s clash with Affies was swiftly extinguished by the brilliance of Vihan Pretorius.

    He ripped through the visitors’ batting, knocking over 4/8, while Nico Loggerenberg logged an impactful 3/13, as Potch Gim was skittled for just 109.

    That was never going to be enough to challenge Affies, and they cruised home, with JP Botha unbeaten on 49 and Christian Linde on 31. His innings foreshadowed the destruction that was to come the following day against Volkies.

    On Sunday, Linde produced a superb knock at the top of the order, compiling 108, which included 14 fours and a six. Yet it was Murray, batting at five, who stole the headlines. In just 82 deliveries, he hammered 13 fours and seven sixes on his way to 118, including a commanding 139-run partnership with Linde, that powered Affies to 300/7 from their 50 overs.

    The Volkies’ woes deepened even further once the Affies’ bowlers went to work. Schalk Coetzee tore through their batting, snapping up 5/21 in only five overs. With SF Vermeulen chipping in with two more wickets, Volkskool crumbled to only 71 all out, leaving Affies the handsome winners by a massive 229-run margin.

    In Benoni, Hoërskool Hans Moore, playing at home, suffered a dismal outing against Hoërskool Waterkloof, a week after they had scored a narrow four-run win over Affies.

    This time, their batting unit faltered badly through poor shot selection and impatience. Opener Stephan Vermaak top-scored with a modest 23 as Hans Moore collapsed to just 106 all out.

    Waterkloof’s bowling onslaught was ruthless, with Rivan Booysen capturing 3/8 and AJ de Villiers 3/19.

    Chasing a modest 107 to win, the in-form Franco Schmidt and Wian du Plessis made light work of the target. Du Plessis top-scored with 43, while Schmidt added an unbeaten 39 to back up his 60 from earlier in the week to steer the Pretoria side to an eight-wicket victory inside 26 overs.

    Summarised scorecards

    Afrikaans Hoër Seunskool (Affies)

    Affies vs Potchefstroom Volkskool (Sunday 17/08):

    Affies 300/7 (Daniel Murray 118, Christian Linde 108, JP Botha 25, Extras 23; Andries Venter 3/53); Potchefstroom Volkskool 71 (Sihle Duma 14; Schalk Coetzee 5/21, SF Vermeulen 2/5). Affies won by 229 runs. 

    Affies vs Potchefstroom Gimnasium (Saturday 16/08):

    Potchefstroom Gimnasium 108 (Christivan Coetzer 39, Extras 28; Vihan Pretorius 4/8, Nico Loggenberg 3/13); Affies 109/1 (JP Botha 49*, Christian Linde 31*; Jahndré Coetzee 1/24). Affies won by nine wickets. 

    Pretoria Boys High vs Potchefstroom Gimnasium (Friday 15/08):

    Pretoria Boys High 99/2 in 16 overs. (Nel 44, Van Dijk 24; Caiden Seleka 2/23); Potchefstroom Gimnasium 100/3 in 14.1 overs. (Lukas Kotze 40, Christivan Coetzer 27). Potchefstroom Gimnasium won by seven wickets. 

    Waterkloof vs Hans Moore (Saturday 16/08):

    Hans Moore 106 (Stephan Vermaak 23, Extras 22, Kenan Shaw 21; Rivan Booysen 3/8, AJ de Villiers 3/19); Waterkloof 107/2 (Wian du Plessis 43, Franco Schmidt 39*; Kearan Wyers 1/23). Waterkloof won by eight wickets. 

  • Zwarries sit segetog voort, Middies skakel oor na hoogste versnelling

    Zwarries sit segetog voort, Middies skakel oor na hoogste versnelling

    FOTO: Hannes Rossouw/Hannes Rossouw Photography.

    Die vreugdevure het Saterdag hoog gebrand in Klerksdorp en Middelburg na die laaste rondomtalie-wedstryde in die SDC Noordvaal Cup se Plaat-afdeling.

    Herleef al die SDC Noordvaal Plaat-aksie op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com) 

    Hoewel dit Hoërskool Zwartkop was wat sy 17de agtereenvolgende wedstryd gewen het met ‘n naelbytsege van 25-24 oor Hoërskool Klerksdorp, het Tiaan Koen se drie die Klerksdorpers van oor tot oor laat glimlag.

    Dit het aan Klerksdorp die bonuspunt besorg wat hom gevolglik na tweede op die puntelys geneem en ‘n tuishalfeind beklink het.

    Die Zwarries se haker, Regan Blignaut, het oudergewoonte voorlangs geroer. Hy was vernaam vernietigend met bal in hand en die Klerksdorpers se verdediging genadeloos aangevat.

    Hoërskool Middelburg het gedoen wat nodig was deur vir Ligbron Akademie met ‘n bonuspuntsege van 45-30 te troef. Dit het ook aan die Middies ‘n plek besorg in die halfeindronde, waar hulle eerskomende Vrydag teen die Zwarries in Centurion te staan kom.

    Die Middies se skakelpaar, Keabetswe Nkgadima en Matthew Abbey, was weer op hul gevaarlikste in Ermelo en was nie net self verantwoordelik vir twee van hul span se drieë nie, maar het in bykans elke ander een ‘n aandeel gehad. Voorlangs was vaskopstut, Dewald du Toit, die hoeksteen van sy span.

    Vir die Liggies het steelkanflank, Henco Scheepers, uitgeblink met sy hoë werkverrigtig en goeie verdediging, om die tuisspan deurlopend in die wedstryd te hou.

    Hoërskool Wesvalia het moedig probeer om die punteverskil tussen hom en die Middies uit te wis deur vir Hoërskool Kempton Park met 48-15 pakslae te gee. Die Wessies het agt drieë, insluitende ‘n strafdrie, ingeryg.

    Nadat hulle ietwat gesukkel het in die eerste helfte, het voorrymanne, Ulrigh du Preez en Fanie Linde, se drieë die vuur aangesteek wat uiteindelik helder gebrand het teen die einde. Ongelukkig was dit steeds net nie genoeg om die Middies verby te steek nie, maar dit het nietemin die Klerksdorpers se seisoen op ‘n hoë noot voltooi.

    Hoërskool Oos-Moot het sy seisoen ook met rugby van hoogstaande gehalte tuis afgesluit. Die Oosies het vir Marais Viljoen met 49-19 ore aangesit. Die span van die Moot het baljaar vanuit gebroke spel om sy gevaarlike agterlyn, met Drew Williams en Dewron Aford aan die spits, los te laat om na hartelus aan te val en ‘n totaal van sewe drieë in te ryg.

    Puntemakers:

    Zwartkop 25 (15) – Drieë: Tilon Baron, Justin Julies, Regan Blignaut. Doelskoppe: Baron (2). Strafdoele: Baron (2). Hoërskool Klerksdorp 24 (10) – Drieë: Tiaan Koen, Rellston Wilson, Jarred van Staden. Doelskoppe: Dorian Isaacs (3). Strafdoel: Isaacs.

    Hoërskool Middelburg 45 (26) – Drieë: Matthew Abbey, Keabetswe Nkgadima, Dewald du Toit, Sipha Mabena, Marco de Wet, Buhle Mphahlaza, Roux Grobler. Doelskoppe: Abbey (5). Ligbron Akademie 30 (17) – Drieë: Bandile Thanjekwayo, Henco Scheepers, WP Human, Regard Janse van Rensburg, Ongeidentifiseerd. Doelskoppe: Gaston Brown (2). Strafdoel: Brown.

    Wesvalia 48 (19) – Drieë: Ulrigh du Preez, Fanie Linde, Joshua Pieters, Eduard Dreyer, Fafa Calitz, Wian du Preez, Henco Greyling, Strafdrie. Doelskoppe: Eduard Dreyer (2), Barry Niemand. Hoërskool Kempton Park 15 (10) – Drieë: Almero Gerritson. Doelskop: Stian de Villiers. Strafdoel: De Villiers.

    Oos-Moot 49 (21) – Drieë: Jaydon Pretorius, Mike Notnagel, Drew Williams, Jeandré Venter, Dewron Aford, David Joubert, Brian Jacobs. Doelskoppe: Venter (7). Marais Viljoen 19 (5).

    Ander spanne:

    o.16: Klerksdorp 10, Zwartkop 0; Kempton Park 24, Wesvalia 22; Hoërskool Middelburg 52, Ligbron 7; Oos-Moot 38, Marais Viljoen 12.

    o.15: Zwartkop 15, Klerksdorp 13; Wesvalia 24, Kempton Park 14; Ligbron 18, Hoërskool Middelburg 12; Oos-Moot 103, Marais Viljoen 3.

    o.14: Klerksdorp 17, Zwartkop 12; Wesvalia 22, Kempton Park 10; Hoërkool Middelburg 26, Ligbron 12; Oos-Moot 19, Marais Viljoen 12.