Erin Nelson, South Africa A outside centre, show off his pace to beat a defender in the match against Georgia on Tuesday, 12 August, at Boland Landbou. Photo: Gallo Images.
The South African u18A side ruthlessly dismantled a fatigued Georgia, with a nine-try blitz propelling the home team to a 57-19 victory in their second outing of the U18 International Series at Boland Landbou, on Tuesday.
From the opening kick-off, it was evident the South Africans intended to physically dominate a lacklustre Georgian side, who were markedly less sharp than they were in a shock 35–31 win over England last Friday at Hoërskool Durbanville.
The visitors struggled to cope with the tempo set by the hosts. On the heavy Boland Landbou surface, and under the strain of the relentless physicality of the South Africans, they wilted against a fired-up Migael Turner and a formidable South African pack.
Turner, the vice-captain, was named the Man of the Match for a tireless, all-action display.
Outside centre Erin Nelson must have come close to winning the Man of the Match award. The fleet-footed Graeme College midfielder repeatedly carved open the Georgian defence with his searing pace and hard running lines. He was rewarded with a try in the second half.
After taking a fearsome battering in the first half, the Georgians demonstrated resilience in the second stanza and crossed for two well-crafted forward tries.
However, the rampant South Africans answered each of those scores and powered their way past the 50-point mark with an imperious performance.
Scorers:
South Africa u18 A 57 (31) – Tries: Quintin Potgieter (2), Junade Pasensie (2), Tommy Muller, Migael Turner, Ncutu Kepe, Erin Nelson, Nathan Aneke. Conversions: Jeandré Uithaler (6). Georgia 19 (5) – Tries: Gocha Pitshkhelauri, Gabriel Razmadze, Goirgi Berdzenishvili. Conversions: Levani Butskhirikidze (2).
Zekhethelo Siyaya, the SA u18 fullback, chases possession against Ireland in their clash on Tuesday, 12 August, at Boland Landbou. Photo: Gallo Images.
AJ Meyer became the second South African lock to be crowned the man of the match on Tuesday when he helped power South Africa to a commanding u18 International Series victory over Ireland, at Boland Landbou in the Agter-Paarl.
The Grey College powerhouse stood tall in another dominant forward display from the South Africans, who overwhelmed the Irish 45–5.
The victory was also the second for the hosts over Ireland in as many years.
Although Ireland disrupted the South African lineout on several occasions, Meyer remained a reliable target for his hookers.
It was, however, his immense work rate that earned him the man of the match accolade. In the set scrums, too, the hosts produced another powerful performance that surely left scrum coach Cobus van Dyk smiling.
Scrumhalf Jayden Brits was particularly sharp behind a dominant pack. Playing on his home turf, he set the tone with his high intensity, quick breaks, and crisp service that had the Irish scrambling. As the match wore on, South Africa’s relentless pressure created cracks in the visitors’ defence, particularly out wide.
Meyer’s fellow Grey College man, Lamla Mgedezi, operating on the left wing, and Jadrian Afrikaner, who later replaced him, both capitalised by racing down the left-hand touchline to add to the score in a stunning team performance.
Despite being comprehensively beaten, the Irish kept battling hard. True to their character, their lineout defence was top-tier, which caused the South Africans repeated headaches, and they effectively disrupted several driving mauls.
Captain and tighthead prop Harry Goslin put in a massive shift, which made it fitting that he was the only Irishman to crash over for a try.
Scorers:
South Africa u18 45 (17) – Tries: Jayden Joubert, Clinton Agu, Jayden Brits, Lamla Mgedezi, Jadrian Afrikaner, Ethan Adams. Penalty Try. Conversions: Ruben Groenewald (2), Liyema Nela (2). Ireland 5 (0) – Try: Harry Goslin.
Dit volg nadat die twee Potchefstroomse skole, Potchefstroom Gimnasium en Potchefstroom Volkskool, Saterdag hul onderskeie wedstryde elk met ‘n bonuspunt kon wen.
Die Gimmies het, in ‘n herhaling van verlede jaar se eindstryd, vir Hoërskool Eldoraigne met 26-13 tuis in Potch verslaan.
Gereelde staatmakers, De Wet Grobler en onderkaptein, Elrich Bosch, het elkeen agter die doellyn gaan draai om aan die Gimmies ‘n gerieflike voorsprong van 19-3 te besorg met die omdraaislag. Hulle het egter die voet ietwat van die pedaal afgehaal na die vierde en bonuspuntdrie.
Eldos se Hugo Theron en Tristan Lee het in de tweede helfte hul kanse aangekryp om elkeen agter die Gimmies se doellyn te gaan kuier. Dit was egter nie genoeg om teen die tuisspan se soliede verdediging die kastaiings uit die vuur te krap nie.
Elders in die dorp, het die Volkies vir Hoërskool Ermelo ‘n loesing van 54-21 toegedien. Agsteman, Johannes Lombard, was voor in die koor met ‘n driekuns aan drieë, wat welverdiende beloning was vir sy uitstaande vertoning in sowel die lynstane as los.
Lombard se losvoorspelermaat, Wian Victor, was vernietigend by die afbreekpunte en het die Volkies gereeld met omgekeerde balbesit voorsien, waarmee hulle venynige aanvalle kon loods.
Die Volkies sal egter op hul hoede moet wees vir Bergsig Akademie. Die Arende van Rustenburg het hul beste vertoning vanjaar gelewer om vir Hoërskool Randburg met 45-24 pak slae te gee. Dié bonuspuntsege beteken dat die Arende en die Volkies albei na 25 ligapunte opskuif.
Regtervleuel, Keabetswe Diale, het die dominante vertoning deur sy pak behoorlik benut om die Randburgers se doellyn twee keer oor te steek.
Dit maak die Volkies se stryd teen Hoërskool Dinamika in Alberton, asook Bergsig s’n teen die Gimmies in Potchefstroom, bepalend in terme van wie uiteindelik in die tweede plek sal eindig.
Hoërskool Jeugland se bonuspuntsege van 39-27 sege oor Merensky Landbou Akademie het vir die Plasies harde werk in die finale ronde van die reeks gelos. Die span van Kempton Park het uit die dood opgestaan om homself tans in die vierde plek te bevind. Agsteman, Alec Mohlala, was Jeugland se groot uitblinker met twee belangrike drieë.
Die Plasies se nederlaag beteken dat hulle aanstaande week ‘n taai stryd met Hoërskool Eldoraigne, in Tzaneen, met soveel moontlik moet wen, én hoop dat Jeugland teen Ermelo, in Ermelo, vasval.
Puntemakers:
Potchefstroom Gimnasium 26 (19) – Drieë: De Wet Grobler, Elrich Bosch, Rea Moalosi, Matthew Redelinghuys. Doelskoppe: Zandré Da Silva (3). Eldoraigne 13 (3) – Drieë: Hugo Theron, Tristan Lee. Strafdoel: Damian Elferink.
Bergsig Akademie 45 – Drieë: Keabetswe Diale (2), Carlo de Jager, Dan Bogobane, Marnus Dercksen, Stephan Harmse, Jacque Viviers. Doelskoppe: De Jager (2). Hoërskool Randburg 24.
Daar het Saterdagmiddag ‘n eindstryd-atmosfeer in Centurion geheers toe die voorlopers in die Plaat-afdeling van die SDC Noordvaal Cup mekaar die stryd aangesê het.
Hoërskool Zwartkop het sy segetog vanjaar voortgesit met ‘n 17de agtereenvolgende oorwinning, deur vir HTS Middelburg met 36-30 baas te raak.
Zwarries-losskakel, Tilon Baron, neef van Hoërskool Garsfontein se Drewyn Baron, het die druk wat die Rooi Bulle toegepas het soos ‘n ware generaal absorbeer. Dit het die res van Zwarrie-span koel en kalm, en meer belangrik, in struktuur gehou.
Baron se visier was ook ingestel en het hy vroeg reeds met een van sy twee langafstand-strafdoele geslaag. Hy was uiteindelik in die kol met vier strafdoele, wat, tesame met twee doelskoppe, aan hom ‘n persoonlike bydrae van 16 punte besorg het.
Die laaste ding wat Baron egter sou verwag het was om met die Rooi Bulle se agsteman, Tercius Bezuidenhout, in ‘n skopstryd gewikkel te raak. Diegene wat meen dat voorspelers nie die korrelwerk pale toe moet hanteer nie, moet weer dink.
Bezuidenhout het self met drie strafdoele, waarvan een van die halflyn, en drie doelskoppe geslaag vir die helfte van sy span se punte (15).
Hoërskool Oos-Moot het in ‘n dramatiese laaste paar sekondes met 29-28 oor Hoërskool Middelburg die pyp gerook. Die span van Pretoria het vanuit sy eie halfgebied begin aanval en die beweging is uiteindelik deur Dewron Aford met die wendrie afgerond.
Dit was ‘n merkwaardige terugvegpoging, nadat Oosies teen rustyd ‘n agterstand van 10-23 in die gesig gestaar het, waarin skrumskakel, David Joubert, ‘n taamlike aandeel gehad het met sy tweekuns aan drieë.
Dit was die Middies se snellers op vleuel, Kefilwe Phamotse en Lesego Rakale, wat die aanvanklike skade aangerig het.
Hoërskool Klerksdorp het ‘n derde agtereenvolgende oorwinning op sy kerfstok geplaas deur vir Hoërskool Marais Viljoen in Alberton met 34-12 af te stof.
In wat beskryf kan word as ‘n volledige spanvertoning, was dit die gebruiklike groot kanonne wat uitgeblink het, maar haker, De Wet Le Roux, het uitgestaan met ‘n woelige vertoning wat die vuur onder die res van die pak aangesteek en die agterlyn in staat gestel het om na hartelus aan te val.
Die tuisspan se slot Clayton Gagiano, het moedig probeer om sy span in die wedstryd te hou en is met ‘n vyfpunter beloon.
Hoërskool Kempton Park het uitsonderlik vertoon op sy tuisveld om, tot breier, Henno Coetzee, se verligting, ‘n oortuigende sege van 44-21 oor Ligbron Akademie te behaal. Dit was ook Kempies se eerste sege in vanjaar se Noordvaal-kompetisie.
Met Hoërskool Pietersburg en Heidelberg Volkskool se onderskeie seges in die tweede laaste ronde van die SDC Noordvaal Cup se Skild-afdeling, is die kat nou behoorlik los in die duiwehok.
Die Pietersburgers het vir ietwat van ‘n opskudding gesorg deur vir Hoërskool Lichtenburg in ‘n naelbytstryd met 27-24 in Lichtenburg te troef.
Dit het hulle na vyfde op die puntelys geneem, slegs een punt agter Hoërskool Secunda (23), in die vierde plek, en twee voor Hoërskool Die Anker (20), wat sesde lê. Laasgenoemde se ontmoeting met die Pieties eerskomende Saterdag beloof dus om ‘n riller te wees.
Die Pieties se liefling, Ryno Mienie, was weer ‘n sleutelfiguur, met sy skopskoen wat uiteindelik deurslaggewend in Lichtenburg was. Dié heelagter het in ‘n winderige toestande ál drie sy span se drieë verdoel en ook met twee kritieke strafdoele geslaag.
Voorlangs het die besoekers se Cravenweek-voorry, met vaskopstut, Stephan Jansen van Rensburg, aan die spits, die pap dik aangemaak. Dit was verál in die skrums waar dié drietal die botoon gevoer het.
Liggies-kaptein, KG Legodi, en slot, George Bingudzu, was egter nie in ‘n bui om die sege op ‘n skinkbord aan te bied nie. Bingudzu het in die tweede helfte vurig ingeklim en is met ‘n welverdiende tweekuns aan drië beloon.
Heidelberg Volkskool het vir Secunda in sy laaste rondomtalie-wedstryd tuis met 31-24 verslaan. Volkies was met die omdraaislag nog met 12-17 agter, maar flank en kaptein, Jaco Botha, wat as speler van die wedstryd aangewys is, het die tuisspan in die tweede helfte op die voorvoet geplaas met sy kragtige dryfspel.
Die Volkies beklee nou die derde plek op die puntelys, met 24 punte, en sal asem ophou om te sien wat die laaste ronde gaan oplewer. Die nederlaag het veroorsaak dat Secunda eerskomende Saterdag teen Hoërskool Ben Vorster moét wen, en verkieslik met ‘n bonuspunt, om in die halfeind-wedloop te bly.
Hoërskool Montana het sy posisie as voorloper versterk deur vir Hoërskool Die Anker met 31-17 in Brakpan om te dop. Binnesenter, Hendrew Schoeman, het ‘n kapteinsbeurt gespeel in ‘n afgeronde spanvertoning, met sy visie in die middeveld wat die Monties in staat gestel het om meer as een keer af te rond. Losskakel, Rubel Bester, se visier was ook ingestel om ál vier sy span se drieë te verdoel.
Hoërskool Hugenote van Springs het sy seisoen op ‘n hoë noot afgesluit met ‘n sege van 39-27 oor Hoërskool Piet Retief, en sodoende sy eerste sege in vanjaar se reeks behaal. Die Hugies het vroeër ook met 18-18 gelykop gespeel teen Ben Vorster.
Hugenote se se haker, Luan Pretorius, het sy matriekjaar afgesluit deur vier keer agter die besoekers se doellyn te gaan draai. Regtervleuel, Kyle de Klerk, en die Pieties se Kyle Stock het elk ook ‘n tweekuns behaal.
Puntemakers:
Hoërskool Pietersburg 27 (10) – Drieë: FC Smith (2), Ziahn Lombard. Doelskoppe: Ryno Mienie (3). Strafdoele: Mienie (2). Hoërskool Lichtenburg 24 (7) – Drieë: George Bingudzu (2), KG Legodi, Oratile Sekoto. Doelskoppe: Luan Snyman (2).
Heidelberg Volkskool 31 (12) – Drieë: Jano Dietrechsen, Jaco Botha, Jeandré Pretorius, Tristan Munro, Marco Botha. Doelskoppe: Marco Botha (2). Hoërskool Secunda 24 (17) – Drieë: JD van Coller, Ryan Lottering, Dillon Grundling. Doelskoppe: Alonzo Blackenberg (3). Strafdoel: Blackenberg.
Montana 31 (21) – Drieë: Ulrich van Biljon. Braam Schutte. Marq de Villiers. Ashton Vorster. Doelskoppe: Rubel Bester (4). Strafdoel: Jandré Stoltz. Die Anker 17 (10) – Drieë: Arno Krugel, Rico Goosen, Charl Coetzee. Doelskop: Edrick Pienaar.
Die Hoërskool Menlopark is in ‘n omgekrapte bui en sterk besig om in te haal vir ‘n plek in die uitspeelronde van die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling.
Met hul oorwinning oor Hoërskool Noordheuwel was dit was die tweede agtereenvolgende week dat Parkies vir ‘n span van Krugersdorp met ‘n bonuspunt kon omdop. Hulle het relatief maklik met 34-20 koning gekraai op die “Heuwel”, ‘n week nadat hulle vir Hoërskool Monument in Pretoria met 39-37 getroef het.
Met dié twee seges is die Parkies stewig op koers om aan die einde van die rondomtalie-wedstryde vierde te eindig, indien hulle ook vir Hoërskool Rustenburg volgende kan klop.
Die besoekers was van meet af aan in beheer, nadat heelagter, Dylan Stumke, ‘n uitstekende agterlynbeweging binne die eerste paar minute afgerond het vir die eerste van sy twee drieë. Stumke, wat van senter moes oorskuif om vir Reinhardt Herbst in die laaste vesting te vervang, en skrumskakel, Gustav Scäffner, straks die Parkies se uitstaande speler op die dag, het die Blues talle hoofbrekens besorg.
Voorlangs het slot, Keagen Pretorius, ‘n goeie dag op kantoor beleef. Hoewel hy 10 minute in die stoutstoel moes deurbring, was sy hoë werkverrigting ‘n belangrike bestandeel in die Parkies se wenresep.
Die Nories sou eerste wees om te erken dat dit nie hul beste vertoning van die jaar was nie.
Tidi Moeketsane het nietemin steeds ‘n moedige vertoning op losskakel gelewer, terwyl slot, Kean Lourens, na ‘n lang afwesigheid sy terugkeer vanaf die bank met ‘n fisieke vertoning gevier het.
In Rustenburg het Hoërskool Monument geswoeg en gesweet om vir Hoërskool Rustenburg met 24-14 die loef af te steek. Dit was slegs die Wit Bulle se derde sege in vanjaar se reeks. Met die skote wat voorlangs geklap het, het die Monnas-agttal uiteindelik die botoon kon voer om die grondslag vir dié sege te lê.
Twee van hul vier drieë is deur voorrymanne gedruk, met haker, Reghardt Ernst, en vaskopstut, Juandré Marais, ‘n produk van Phalaborwa in Limpopo, wat elk beloon is vir hul harde arbeid. Dit het ook vir die Monumentare se agterlyn in staat gestel om die bal lug te gee en hul bekende hardlooprugby op te dis, teen die goed georganiseerde verdediging van die Rusties.
RUAN JACOBS, haker van Hoërskool Waterkloof, duik oor vir sy eerste van twee drieë in Klofies se sege van 23-12 oor Hoërskool Transvalia in Pretoria. FOTO: Frans Lombard/Actionpix.
Hoërskool Waterkloof se tuissege oor Hoërskool Transvalia in die Beker-afdeling van die SDC Noordvaal Cup was waarskynlik presies wat hy nodig gehad het om die relegasiespook te fnuik.
Benewens die eerste span se oorwinning van 23-12 in ‘n tawwe stryd met die ligbloues van Vanderbijlpark, het ál die ander A-spanne ook oortuigend gewen om vir Klofies ‘n beduidende hoeveelheid ligapunte te besorg.
In die eerstespan-kragmeting is die meeste skade reeds gedurende die eerste helfte aangerig, met die stryd tussen die twee agttalle wat die toon vir die stryd aangegee het.
Valia se flank en kaptein, Juan Bischoff, het oudergewoonte ‘n barshou gespeel in die los en was die eerste van twee Valies om die doellyn oor te steek. Kort daarna het regtervleuel, Dihan Crause, vanuit sy eie helfte met brute krag en hope vaart deurgebreek om tussen die pale te druk.
Klofies se haker, Ruan Jacobs, het ‘n uiters bedrywige vertoning gelewer en is met ‘n tweekuns aan drieë beloon. Skrumskakel, Marcel Tsiakos, was uitmuntend agter die Klofie-pak, met sy flink diens wat oemf aan die Klofies se aanval verleen het.
Die tweede skof was fisiek maar ietwat traag om aan die gang te kom. Die tuisspan kon mettertyd egter vyf punte tot sy rustydvoorsprong van 18-12 voeg met Jacobs se tweede drie. Dit was ook die enigste punte wat die tweede helfte opgelewer het.
In Mbombela het Hoërskool Nelspruit sy laaste merk op die Beker-afdeling gelos deur vir Hoërskool Dr EG Jansen met 27-21 op Rhino Park te troef. Die Nelspruiters sal volgende jaar in die Plaat-afdeling meeding nadat hulle reeds voor die afgelope naweek se stryd gerelegeer is.
Die Rhinos se kragtige dryfmale het ‘n beduidende rol in hul sege oor die Jansies gespeel en ook tot die eerste drie, deur haker, D’Angelo Roberts, gelei. Dit wou voorkom of die koeël deur die kerk is toe linkervleuel, Tinyiko Silubane, onderskep het vir sy span se derde drie, maar die Jansies se binnesenter, Nathan Delport, het kort daarna teruggeslaan met sy span se tweede drie.
Dit het die Jansies se agterstand na 21-22 laat krimp en hulle binne bereik van ‘n belangrike oorwinning gebring. Nelspruit-kaptein, Vaughn van Zyl, het egter in die doodsnikke onkeerbaar oorgebars vir die finale spyker en ‘n bittersoet sege vir die Rhinos.
Josh Neill on the attack for the South African u18 side in their 43-21 victory over France at Hoërskool Durbanville, in the Western Cape, on Friday, 8 August 2025. Photo: Charmaine Sander.
“We are South Africans. We pride ourselves on strong scrums and driving mauls,” declared Man of the Match Gert Kemp after a dominant set-piece display from the South Africa u18 side in a 43-21 victory over France.
The youngsters in green delivered a commanding performance in their International Series opener at Hoërskool Durbanville, on Friday.
Kemp, speaking after the match, was quick to credit the rest of the pack for their imposing work in the scrums and lineouts.
He produced the kind of tireless performance to which schools’ rugby supporters across South Africa have grown accustomed.
The emphatic 22-point win was, in truth, forged by the power of the forwards. From the opening minutes, when a driving-maul try made clear the hosts’ intentions, South Africa never wavered from their plan. Their lineout dominance was matched, and perhaps surpassed, by a thunderous performance in the scrums.
In the lineouts, the South African jumpers, lock AJ Meyer and flank Josh Neill, thrived on the precision of hooker Altus Rabie, whose exceptional throwing repeatedly set the platform for rolling mauls. From these, Chinedu Amadi profited handsomely, crossing twice for five-pointers.
In the backline, the powerful Ethan Adams provided good continuity and go-forward ball with his bullocking runs, which surely left some sore bodies in the French defensive line.
It was not, however, a flawless display from the home team. France was able to expose gaps in the South African defence, particularly out wide, in the early and closing stages of the match.
French lock Christian Mendes Tani’s industrious outing was rewarded with two tries, while replacement 8th-man Lilian Baret dived over for the visitors’ first points.
In the second half, the French looked far sharper, and they’ll aim to build on the progress they made in that second stanza in their two remaining fixtures of the tour.
Scorers:
South Africa u18 43 (31) – Tries: Chinedu Amadi (2), Gert Kemp, Markus Muller, Junaide Stuart, Jacobus de Villiers. Conversions: Liyema Nela (4), Ruben Groenewald. Penalty: Nela.
France u18 21 (0) – Tries: Christian Mendes Tani (2), Lilian Baret. Conversions: Valentin Bouju (2), Timeo Gillouin Lemaire.
Reinhart Viljoen, who scored two tries for the South African u18A side, takes on two Irish defenders in a narrow 36-39 defeat to the tourists in the opening match of the u18 International Series at Hoërskool Durbanville, in the Western Cape. Photo: Charmaine Sander
A typically gritty display by Ireland saw the visiting side sneak past a spirited South Africa A and snatch a narrow 39-36 victory in the opening match of the 2025 u18 International Series, at Hoërskool Durbanville, on Friday.
It was the big men up front who set the tone from the first whistle, with bone-crunching tackles being traded like two boxers feeling each other out in the opening round of a title fight.
Early on, South Africa’s Jeffrey Singo and Quinton Potgieter imposed themselves with a series of powerful carries.
However, it was Ireland’s captain, Lee Fitzpatrick, who opened the scoring, crossing the whitewash for the first of his two tries.
In trademark fashion, the Irish forwards established a solid platform through dominant driving mauls and clinical first-phase ball from set pieces. Coupled with a well-drilled rush defence, those tactics forced the home side into early strategic uncertainty, though the same tactics would later provide the spark South Africa A needed.
As crowds across the country have come to expect, the South African backline eventually clicked into gear, exploiting space out wide to punish the Irish. Oakdale fullback Reinhart Viljoen shone. Nippy, yet robust, he twice went over for tries as he and captain Jeandré Uithaler‘s accurate boot helped the hosts to a 26–19 lead at half-time.
The second half, however, belonged to the visitors. Ireland found their rhythm, targeting the ruck with relentless pressure, and they gradually took control of the contest thanks to tireless work from their loose forwards, led by 8th-man Alex Lautsou.
When inside centre and Man of the Match, Bernard White, scored his second try, it swung the momentum firmly in Ireland’s favour. South Africa A, though, stayed in touch as the contest seesawed, but the accurate boot of Connor McVicker ultimately proved the difference.
His two conversions and two penalties contributed 10 crucial points, and that, combined with braces from both Fitzpatrick and White, ensured Ireland began their three-match tour with a tight, hard-fought victory.
Scorers:
Ireland u18 39 (19) – Tries: Lee Fitzpatrick (2), Bernard White (2), Alex Lautsou. Conversions: Luke Coffey (2), Connor McVicker (2). Penalties: McVicker (2). South Africa A u18 36 (26) – Tries: Reinhart Viljoen (2), Jeffrey Singo, Neutu Kepe, Lizwe Mthethwa. Conversions: Jeandré Uithaler (4). Penalty: Uithaler.
In ‘n herhaling van verlede jaar se eindstryd in die Bowl-afdeling van die SDC Noordvaal Cup, is Hoërskool Eldoraigne in ‘n maak-of-breek stryd gewikkel wat sy halfeind-aspirasies betref, wanneer hy Saterdag in Potchefstroom vir die verdedigende kampioen, Potchefstroom Gimnasium, aandurf.
Die Eldos moet albei hul laaste wedstryde met ‘n bonuspunt wen, asook hoop vir ‘n paar ander opskuddings oor die laaste twee weke, om ‘n plek in die halfeindronde te bespreek.
Verlede jaar se kragmeting het vir ‘n naelbyteinde aan dié afdeling gesorg danksy binnesenter, Elrich Bosch, wat in die doodsnikke oorgebars het om vir die Gimmies ‘n sege van 18-17 te beklink. Bosch is weer terug op sy pos vir hierdie Saterdag se groot stryd in Potchefstroom, nadat hy die eerste wedstryd na die vakansie misgeloop het weens ‘n rooi kaart.
Slot, Rynel Rautenbach maak ook ‘n welkome terugkeer na ‘n besering en sal brand om ‘n impak vanaf die bank te maak. ‘n Sege oor die Eldos kan vir die verdedigende kampioen straks ‘n tuishalfeind verseker, om sy suksesvolle verdediging van die titel te versterk.
Die Eldos, bekend vir hul heldedade laat in die reeks, het besluit om vir Cameron Killian van haker terug na oopkantflank te skuif, wat vir ‘n stryd binne die stryd met Gimmie-agsteman, De Wet Grobler, sal sorg.
Elders in Potch, moet Potchefstroom Volkskool sake uitspook teen Hoërskool Ermelo. Indien die Volkies seëvier, veral met ‘n bonuspunt, kan dit beteken dat albei halfeindstryde in dié afdeling in Potchefstroom plaasvind.
Volkies se afrigtingspan het, soos verwag, geen veranderinge aangebring aan hul goed geoliede masjien nie. Die intimiderende pak, gelei deur slot, Joshua van der Westhuizen, behoort oudergewoonte ‘n reuse faktor te wees in die uitkoms van Saterdag se stryd met die besoekers van Mpumalanga.
Die twee kragmetings in Rustenburg en Kempton Park kan op hul beurt bepalend wees wat die Bowl se top-vier betref.
Bergsig Akademie verwelkom vir Hoërskool Randburg in Rustenburg, met albei die spanne nog stewig in die wedloop. Die Eagles lê tans derde op die puntelys, met 20 ligapunte, slegs een punt voor Merensky Landbou Akademie (19) en drie voor die Randburgers (17). Laasgenoemde se nederlaag teen die Volkies verlede week het sake vir hulle bemoeilik.
Randburg het slegs een wedstryd oor, terwyl die Plasies en Eagles elk nog twee het om te speel. Dit beteken dat die Randburgers Saterdag se stryd met ‘n bonuspunt moet wen om nog ‘n wiskundige kans te staan.
Die Plasies kom teen ‘n gevaarlike Hoërskool Jeugland te staan en besef dat ‘n besoek aan Kempton Park, nie maklik is nie. Hulle beklee tans die vierde posisie en het dus ‘n eenvoudige doelwit: wen albei oorblywende rondomtalie-wedstryde.
Indien nie, en sou Jeugland die wa deur die drif trek, kan dit selfs vir die span van Kempton Park die deur oopmaak na die halfeindronde. Jeugland lê tans sesde, met twee wedstryde oor, en het 16 ligapunte, slegs drie agter die Plasies in die gesogde vierde plek.
Die Plasies se taak bied meer van ‘n uitdaging sonder Cravenweek-losskakel en kaptein, Maritz Meintjies. Sy plaasvervanger, Henru Venter, het egter in die Tzaneeners se vorige wedstryd teen Ermelo gewys wat in hom steek en draf Saterdag op senter uit.
Die spanne:
Potchefstroom Gimnasium t. Eldoraigne om 12:30 in Potchefstroom
Potchefstroom Gimnasium: 15 Josh Pretoruis, 14 Rea Moalosi, 13 Itumeleng Pheto, 12 Elrich Bosch, 11 Orabile Koena, 10 Zandre Da Silva, 9 MJ Viljoen, 8 De Wet Grobler, 7 Reuel Potgieter, 6 Zach De Jager, 5 Damian Zwahlen, 4 Dirk Stear, 3 Matt Redelinghuys, 2 Kobus Grobbelaar, 1 Janru Jansen van Rensburg.
Eldoraigne: 15 Hugo Theron, 14 Aiden Labuschagne, 13 Hanno Jacobs, 12 Kevin Earle, 11 Tristan Lee, 10 Damian Elferink, 9 Darren Bruwer, 8 Justin Meintjes, 7 Kyle de Bruin, 6 Cameron Kilian, 5 MC Scheepers, 4 Luan du Preez, 3 Chase Wessels, 2 Marnes Prinsloo, 1 Wian White.
Potchefstroom Volkskool t. Hoërskool Ermelo om 12:30 in Potchefstroom
Potchefstroom Volkskool: 15 Lethabo Riet, 14 Lourenzo Louw, 13 Hennie Pretorius, 12 River Samuel, 11 Juan Fourie, 10 Anro Nel, 9 Juhan Geldenhuys, 8 Johannes Lombard, 7 Henre Nel, 6 Wian Victor, 5 Caden Kruger, 4 Joshua van der Westhuizen, 3 AB Brink, 2 Louis Fourie, 1 Koan Smit.
Ermelo: 15 WJ Pretorius, 14 Luthando Mahlangi, 13 HJ Hobkirk, 12 Nicolas Steyn, 11 Thabo Mokwena, 10 Janco Kleynhans, 9 Dick Rouillard, 8 Cules Hamman, 7 Marco de Bruin, 6 Duan Burger, 5 Janneman Malan, 4 De La Rey Hattingh, 3 Jacques Diedericks, 2 Ruan Grobler, 1 Hennie Geel.
Bergsig Akademie t. Hoërskool Randburg om 13:30 in Rustenburg
Bergsig Akademie: 15 Bradley Stonehouse, 14 Keabetswe Daile, 13 Carlo de Jager, 12 Dan Bogopane, 11 Daniel Addinal, 10 Alzandro Dos Santos, 9 Paulo Dos Santos, 8 Martin Pieterse, 7 Stephan Harmse, 6 Thatano Bagwase, 5 Jacques Viviers, 4 Ryan Nagel, 3 Thabang Machubene, 2 Marnus Dercksen, 1 Dylan Smith.
Hoërskool Randburg: 15 Josef van den Berg, 14 Eduan Bakkes, 13 Dwaine Scotson 12 Zander Drake, 11 Jayden Oosthuizen, 10 Joshua Wiggett, 9 Vino Price, 8 Cruwin Hill, 7 Chrisjan van Niekerk, 6 Victor van Blerk, 5 Dimitri Gerber, 4 Philip Rykaart, 3 Tristan Vorster, 2 Diedelov Fourie, 1 Kian Kritzinger.
Jeugland t. Merensky Landbou Akademie in Kempton Park