SSPN Test Site

Author: froberholzer

  • Parkies se stryd om oorlewing begin teen Monnas

    Parkies se stryd om oorlewing begin teen Monnas

    Leskin Samuels, buitesenter van Die Hoërskool Menlopark, op die aanval teen Outeniqua. FOTO: Frans Lombard/Actionpix.

    Die Hoërskool Menlopark moet ál drie sy oorblywende ligawedstryde so ver moontlik wen om nog ‘n wiskundige kans te staan om die SDC Noordvaal Cup se Beker-halfeindronde te haal.

    Volg al die SDC Noordvaal Beker-aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com) 

    Die Parkies skop hul finale aanslag Saterdagmiddag tuis af teen ‘n gekweste Hoërskool Monument.

    Indien die Parkies die nodige driekuns in die laaste rondes van die kompetisie kan vermag, moet hulle steeds hoop dat Hoërskool Transvalia en Hoërskool Dr EG Jansen se teenstanders oor die volgende paar weke hulle ook ‘n reuse guns bewys.

    Daar bestaan boonop ook nog die gevaar dat Hoërskool Waterkloof ‘n haas uit die hoed kan ruk deur altwee sy oorblywende wedstryde elk met ‘n bonuspunt te wen, wat sake verder sal bemoeilik.

    Dus is Menlopark se kragmeting met die Wit Bulle van Krugersdorp Saterdag van kardinale belang.

    Die Parkies draf sonder hul kaptein en generaal van die agterhoede, Andru Keun, op die veld, maar Keun is wel op die plaasvervangerbank en kan straks vroeër as later sy verskyning maak. Willie Pieterse, ‘n bekwame plaasvervanger, neem Keun se verantwoordelikhede as losskakel in die beginspan op.

    Goeie nuus is dat die voorryman, Mattheus Prinsloo, na ‘n lang afwesigheid sy terugkeer maak, wat ‘n taamlike tweestryd met die Wit Bulle se Juandré Marais behoort af te gee. Marais keer ook terug na ‘n lang besering wat hy in die Krugersdorp-derby teen Hoërskool Noordheuwel opgedoen het.

    Agterlangs skuif Juandré Ehlers na buitesenter, met Cameron Kourie aan sy binnekant. Ehlers se tweestryd met Leskin Samuels sal sorg vir aanskoulike, fisieke rugby in die middeveld.

    In Johannesburg maak Hoërskool Rustenburg se spelskepper, Lorenzo Snyers, en buitesenter, Jon-ré Jefthas, hul langverwagte terugkeer na die beginspan. Die Rusties gaan inderdaad ál die skietgoed tot hul beskikking benodig vir ‘n titansie stryd met Helpmekaar Kollege in Johannesburg.

    Die Helpies se afrigtingspan het besluit om geen veranderinge aan die span, wat die vorige week vir Hoërskool Transvalia met 36-10 kafgedraf het, te maak nie. ‘n Bonuspuntsege sal die Helpies na 37 ligapunte neem, wat ‘n stewige buffer sal bied en moontlik ‘n tuishalfeind oor drie weke verseker.

    Die spanne: 

    Menlopark t. Monument om 12:30 in Pretoria

    Menlopark: 15 Reinhardt Herbst, 14 Bladen Petersen, 13 Leskin Samuels, 12 Dylan Stumke, 11 Juan Joubert, 10 Willie Pieterse, 9 Gustav Shäffner, 8 JN van Wyk, 7 Nathen du Plessis, 6 Ruan Strydom, 5 Keagen Pretorius, 4 Tiaan Boshoff, 3 Ruvan van Aardt, 2 Declan Pelser, 1 Mattheus Prinsloo.

    Monument: 15 Loghan Langeveldt, 14 Ewan van der Walt, 13 Juandré Ehlers, 12 Cameron Kourie, 11 Ruan Genis, 10 Jaydon Viljoen, 9 Evan Bernhardi, 8 Ryno van der Westhuizen, 7 Jordan Swanepoel, 6 Caleb Sparks, 5 Dean Hartman, 4 Vincent Roberts, 3 Juandré Marais, 2 Regardt Ernst, 1 Dexter Chiwanga.

    Helpmekaar Kollege t. Hoërskool Rustenburg om in Johannesburg

    Helpmekaar: 15 Ty Ax, 14 Zaiden Krige, 13 Clinton Cloete, 12 Ethan Lourens, 11 Michale Herbst, 10 Wian Storm, 9 Shaye Lourens, 8 Llewelyn Vermaak, 7 Eugene de Lange, 6 Jandré Botha, 5 Zian Smith, 4 Diandro Botha, 3 Dylan Engelbrecht, 2 Jeandré van der Merwe, 1 Liam Devenier.

    Rustenburg: 15 Lorenzo Snyers, 14 Hendrè Robinson, 13 Jon-Rè Jefthas, 12 Zack Swanepoel, 11 Wade Davey, 10 Ricardo Enos, 9 Adriano George, 8 Pieta Niemandt, 7 Marais Rochè, 6 MJ Otto, 5 Thian Labuschagnè, 4 Tristan Myburgh, 3 Jaden Minnie, 2 Xavier Steenkamp, 1 Xander Stickling.

  • Agu terug vir Blues se stryd teen Bere

    Agu terug vir Blues se stryd teen Bere

    CLINTON AGU, haker en kaptein van Hoërskool Noordheuwel, voer ‘n groot duikslag uit in sy span se naelskraapse nederlaag teen Grey College by die Noord/Suid-toernooi vroeër vanjaar in Stellenbosch.

    Sedert die begin van die seisoen is die stryd tussen Hoërskool Noordheuwel en Hoërskool Garsfontein, Saterdagmiddag in Krugersdorp, een waarna aanhangers in die Noordvaal geweldig uitsien.

    Volg al die SDC Noordvaal Beker-aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com) 

    Die Blues het sedert hul eerste nederlaag teen Helpmekaar Kollege (0-36) in die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling, merkwaardig teruggekom om ál vyf hul volgende wedstryde te wen. Dit het aan hulle tans die derde plek op die puntelys besorg, met nog drie wedstryde oor om te speel.

    Die Blues is tans slegs sewe ligapunte agter die einste Helpies, wat met 32 punte pronk. Die span van Johannesburg het egter nog net een rondomtallie-wedstryd oor, wat beteken dat, indien die Nories twee van hul oorblywende drie kan wen, hulle na tweede kan opskuif en ‘n tuis halfeindstryd verseker, terwyl ‘n sege vir die Bere sy greep op die afdeling sal versterk.

    Die span van Pretoria is steeds onoorwonne in vanjaar se reeks en spog met 35 ligapunte.

    Die Blues verwelkom vir haker, Clinton Agu, terug in die beginspan, wat verdere vet op die vuur gooi vir Saterdag se stryd in Krugersdorp. Agu se tweestryd met een van die Bere se onbesonge helde, Justin Blom, beloof hope vuurwerke, vernaam in die vastelos. Albei is bekend vir hul hoë werkverrigting en genadelose lopies met bal.

    JP Pieterse, die Bere se kantman, het self vanjaar ‘n puik seisoen beleef. Sy harde werk in die loopgraaf-oorlogvoering het ‘n groot rol in die Bere se sukses tot dusver gespeel en die lewe vir die agterspelers makliker gemaak.

    Pieterse en die Blues se woelwater, Andrew Lambert, sal mekaar die stryd aansê by die afbreekpunte, wat deurslaggwend kan wees op die “Heuwel”.

    In Vanderbijlpark kan ‘n sege vir Hoërskool Transvalia oor Hoërskool Nelspruit ‘n kat in die Beker-duiwehok gooi. Die ligbloues het bo verwagting goed presteer in hul eerste jaar as deel van die Beker-afdeling.

    Volg al die aksie ook regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com) 

    Tans in die vyfde plek, met 17 ligapunte, en slegs een punt agter Hoërskool Dr EG Jansen (18), is Transvalia se kanse vir ‘n plek in die halfeindstryd beslis nog ‘n realiteit. Boonop het hy nog drie ligawedstryde oor in vergeleke met die Jansies se twee, wat Saterdag se stryd teen die Rhinos ‘n belangrike een maak.

    Hoewel laaste op die puntelys, sal die Rhinos steeds strawwe opposisie bied. Vernaam die wete dat daar nog nét twee wedstyde vir die matrieks oor is, behoort vir kaptein, Vaughn van Zyl, en die res van die ouer manne behoorlik aan te vuur om Valia te probeer ontspoor.

    Die spanne: 

    Noordheuwel t. Garsfontein om 13:10 in Krugersdorp

    Noordheuwel: 15 Jeandré Uithaler, 14 Jaydan Steyn, 13 Brandon Pieters, 12 Kieran Reid, 11 Aidan Bester, 10 Pablo Moeketsane, 9 Gillie Diedericks, 8 Armand van Eck, 7 Juandré de Villiers, 6 Andrew Lambert, 5 Jared Coetzer, 4 Robert Hurn, 3 Steph Botha, 2 Clinton Agu, 1 Skuttie Bezuidenhout.

    Garsfontein: 15 Junade Pasensie, 14 Junaide Stuart, 13 Levi Jordaan, 12 Keagan Knighton, 11 Drewyn Baron, 10 Derrick Kuhn, 9 Dian van Aswegen, 8 Lourenz de Jager, 7 Stefan van der Vyver, 6 JP Pieterse, 5 Derik Potgieter, 4 JJ Fourie, 3 Luan van den Berg, 2 Justin Blom, 1 Morné Coetzer.

    Transvalia t. Hoërskool Nelspruit om 12:40 in Vanderbijlpark

    Transvalia: 15 Lorenzo Flynn, 14 Dihan Crause, 13 Danté Oosthuizen, 12 Declan Hattingh, 11 Tumi Moloi, 10 Jay-Dee Maree, 9 Johan Smit, 8 Wynand Stolz, 7 Daniel Kazambo, 6 Juan Bischoff, 5 Christiaan Liebenberg, 4 Kyle Maartens, 3 Damian van Heerden, 2 Wihandré Kruger, 1 Vusi Morathi.

    Nelspruit: 15 Jean Erasmus, 14 Kamo Monkwe, 13 Ruben Greeff, 12 Rian Botha, 11 Tinyiko Silubane, 10 John Duncan, 9 Liam Pringle, 8 Vaughn van Zyl, 7 Vian Louw, 6 Dhandré van Wyk, 5 André Smit, 4 Jason Cogill, 3 Gert Cloete, 2 D’Angelo Roberts, 1 Christiaan Viljoen.

  • Plasies kan nog by die “agterdeur” inglip

    Plasies kan nog by die “agterdeur” inglip

    FOTO: Potchefstroom Gimnasium op Facebook.

    Om in dié stadium te probeer voorspel hoe die puntelys daar gaan uitsien ná die oorblywende drie rondes in die SDC Noordvaal Cup se Bowl-afdeling is ‘n haas onbegonne taak.

    Volg al die SDC Noordvaal Bowl-aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com) 

    Dit is per slot van rekening dié afdeling wat reeds drie gelykopuitslae en ‘n paar taamlike verrassings in die vorige ses rondes opgelewer het. Boonop is dit steeds ‘n sesperd-resies, met ‘n paar buiteperde wat nog die top-vier kan haal aangesien die verskil tussen die voorloper, Potchefstroom Gimnasium, en Merensky Landbou Akademie, in die sesde plek, slegs ses ligapunte is.

    Derhalwe het die Plasies van Tzaneen steeds ‘n kans om ‘n plek in vanjaar se halfeindronde te bespreek. Dit beteken egter dat hulle aldrie hul oorblywende wedstryde so ver moontlik moet wen om moontlike bonuspunte ook te laat tel. Dié aanslag skop Saterdagmiddag teen Hoërskool Ermelo in Tzaneen af.

    Die Plasies moet klaarkom sonder senter en kaptein, Maritz Meintjies, wat gerus word nadat hy verlede naweek die veld teen Hoërskool Randburg moes verlaat. Meintjies word deur Henru Venter vervang, met loskopstut, Carel Volschenk, wat die span aanvoer.

    In Alberton wil die Gimmies hul greep as voorloper versterk teen die onvoorspelbare Hoërskool Dinamika, maar sit self sonder drie sleutelspelers. Loskopstut, Jeandré Barends, loop die kragmeting mis weens blindedermprobleme en word deur Janru Jansen van Rensburg vervang. Rynel Rautenbach (besering) en onderkaptein, Elrich Bosch (rooikaart), is ook afwesig.

    Volpunte teen Hoërskool Randburg kan vir Potchefstroom Volkskool ook goud werd wees. Die Volkies is tans vierde op die puntelys met 15 ligapunte, slegs een agter Hoërskool Randburg (16) en spog met ‘n onveranderde span vir ‘n tweede agtereenvolgende tuiswedstryd.

    Die Randburgers sal egter nog ‘n sege op sy kerfstok wil sit voordat hy in die volgende ronde teen ‘n kookwater Bergsig Akademie, in Rustenburg, te moet staan. Verdere goeie nuus vir die span uit Randburg is dat ‘n moontlike terugkeer vir sy staatmaker slot, Philip Rykaart op die kaarte is.

    Die Eagles van Rustenburg het tot groot verbasing reeds vier van hul vyf wedstryde gewen om tans die tweede plek te beklee.

    Hulle is egter steeds net twee punte voor die span van Randburg, wat van Saterdag se stryd in Kempton Park, teen ‘n onvoorspelbare Hoërskool Jeugland ‘n deurslaggewende een maak. Die Dos Santos-broers, Alzandro en Paulo, is soos verlede week weer die Eagles se skakelpaar, terwyl skerpskut, Bradley Stonehouse weer op heelagter uitdraf.

    Die spanne: 

    Merensky Landbou Akademie t. Hoërskool Ermelo om 12:25 in Tzaneen

    Merensky: 15 George Steenkamp, 14 Meshack Mohlala, 13 Jens Bezuidenhout, 12 Henru Venter, 11 Christo Venter, 10 JD Boshoff, 9 Muis Tolken, 8 Puki Mpiti, 7 PG Botes, 6 Jan Pretorius, 5 Craig Walker, 4 Blessing Mathebula, 3 Otto Muller, 2 Marno Nel, 1 Carel Volschenk.

    Ermelo (moontlik): 15 WJ Pretorius, 14 Luthando Mahlangi, 13 HJ Hobkirk, 12 Nicolas Steyn, 11 Thabo Mokwena, 10 Janco Kleynhans, 9 Dick Rouillard, 8 Cules Hamman, 7 Marco de Bruin, 6 Duan Burger, 5 Janneman Malan, 4 De La Rey Hattingh, 3 Jacques Diedericks, 2 Ruan Grobler, 1 Hennie Geel.

    Dinamika t. Potchefstroom Gimnasium om 12:30 in Alberton

    Dinamika: 15 Zavian Mathys, 14 Nico Greyling, 13 Shane Serfontein, 12 Caiden van der Merwe, 11 Nathan Kearns, 10 Keanu de Sousa, 9 Gustav Schutte, 8 Monré van Wyk, 7 Hendrik Albert, 6 Darren Pretorius, 5 Dewan Gomes, 4 Branden Smit, 3 Jayden Smith, 2 Duandré Boshoff, 1 Janco Fourie.

    Potchefstroom Gimnasium: 15 Jandre Oosthuizen, 14 Rea Moalosi, 13 Itumeleng Pheto, 12 Chris van Zijl, 11 Orabile Koena, 10 Zandre Da Silva, 9 MJ Viljoen, 8 De Wet Grobler, 7 Reuel Potgieter, 6 Damian Zwahlen, 5 Dirk Stear, 4 Ignu Du Toit, 3 Matt Redelinghuys, 2 Kobus Grobbelaar, 1 Janru Jansen van Rensburg.

    Potchefstroom Volkskool t. Hoërskool Randburg om 12:30 in Potchefstroom 

    Potchefstroom Volkskool: 15 Lethabo Riet, 14 Lourenzo Louw, 13 Hennie Pretorius, 12 River Samuel, 11 Juan Fourie, 10 Anro Nel, 9 Juhan Geldenhuys, 8 Johannes Lombard, 7 Henre Nel, 6 Wian Victor, 5 Caden Kruger, 4 Joshua van der Westhuizen, 3 AB Brink, 2 Louis Fourie, 1 Koan Smit.

    Hoërskool Randburg: 15 Josef van den Berg, 14 Eduan Bakkes, 13 Dwaine Scotson 12 Zander Drake, 11 Jayden Oosthuizen, 10 Joshua Wiggett, 9 Vino Price, 8 Cruwin Hill, 7 Chrisjan van Niekerk, 6 Victor van Blerk, 5 Dimitri Gerber, 4 Philip Rykaart, 3 Tristan Vorster, 2 Diedelov Fourie, 1 Kian Kritzinger.

    Jeugland t. Bergsig Akademie om 13:40 in Kempton Park

    Jeugland (moontlik): 15 Kokets Maphopa, 14 Beya Nyathi, 13 Andrew Khoza, 12 Innocent Vilakazi, 11 Thando Ngomane, 10 King Agbanzo, 9 Zaydene Adams, 8 Jaden Kleyn, 8 Jaden Kleyn, 7 Alec Mohlala, 6 Joseph Ngoma-Ngoma, 5 Nivan Duvenhage, 4 Daniel Wawina, 3 Khumo Maimane, 2 Lesego Moitse, 1 Phenyo Nkoana.

    Bergsig Akademie: 15 Bradley Stonehouse, 14 Keabetswe Daile, 13 Carlo de Jager, 12 Dan Bogopane, 11 Daniel Addinal, 10 Alzandro Dos Santos, 9 Paulo Dos Santos, 8 Martin Pieterse, 7 Stephan Harmse, 6 Thatano Bagwase, 5 Jacques Viviers, 4 Ryan Nagel, 3 Thabang Machubene, 2 Marnus Dercksen, 1 Dylan Smith.

  • Oosies voer allerlei planne in die mou teen Klerksdorp

    Oosies voer allerlei planne in die mou teen Klerksdorp

    FOTO: Hoërskool Oos-Moot – Amptelik op Facebook.

    Hoërskool Oos-Moot se afrigter, Braam Pretorius, sê sy span is oorgehaal om geen steen onaangeraak te laat nie in hul deurslaggewende kragmeting met Hoërskool Klerksdorp Saterdagmiddag in Klerksdorp.

    Volg al die SDC Noordvaal Plaat-aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com) 

    Die Oosies sal inderdaad moet uithaal en wys indien hulle die Klerksdorpers, wat tans vierde lê op die Plaat-afdeling se puntelys, tuis wil troef. Die Oosies beklee die sesde posisie met 13 ligapunte, slegs drie agter die span van Klerksdorp en twee agter Hoërskool Middelburg.

    Indien Oos-Moot wel die die wa deur die drif kan trek, moet hy egter ook hoop dat Hoërskool Wesvalia hom ‘n guns doen deur die pyp teen die Middies te rook, wat ‘n taamlike uitdaging in eie reg is. Dié liplekker-stryd skop ‘n uur later in Middelburg af.

    Dit is die Oosies se eerste wedstryd ná die skoolvakansie, terwyl die Klerksdorpers reeds litte los gemaak het met ‘n sege van 46-31 oor Ligbron Akademie in Ermelo. Die span van Pretoria het ‘n rits veranderinge aangebring vir Saterdag se groot stryd.

    Die blitsige Brian Jacobs en Bradley Jacobs draf onderskeidelik op regter- en linkervleuel uit, wat aandui dat die besoekers van plan is om die bal lug te gee en die tempo so hoog as moontlik te hou vir die volle 70 minute. Voorlangs sak Ulrig Gerber op slot teenoor die tuisspan se vuurvreter, Abrie Esterhuizen, terwyl Mike Nothnagel die Oosies se nr. 2-trui oor die kop trek.

    Die tuisspan betree dié kragmeting onveranderd, wat beteken dat hy met nie minder nie as ses Cravenweek-spelers op die veld draf, gelei deur die staatmaker-agsteman, Tiaan Koen.

    Vir die wedstryd teen Wesvalia, die Middies se tweede agtereenvolgende tuis, het die afrigtingspan besluit om vir Buhle Mphahlaza op heelagter in te span, met Kefilwe Phamotse wat van linker- na regtervleuel skuif en Lesego Karale wat die linkerkant patrolleer.

    In die Wessies se kamp, maak die ervare binnesenter, Wian du Preez, sy terugkeer na die beginspan, wat beteken dat die veelsydige Fafa Calitz terugskuif na sy gunstelingposisie op linkervleuel, vir ‘n interessante tweestryd met Phamotse. Die span van Klerksdorp is tans tweede met HTS Middelburg wat in sy nek blaas.

    Die Rooi Bulle is slegs een punt agter die Wessies en streef self na ‘n moontlike tuishalfeind. Hulle kom in ‘n tweede agtereenvolgende tuiswedstryd teen ‘n onvoorspelbare Ligbron Akademie te staan. Die span van Ermelo mag reeds uit die wedloop wees, maar het vanjaar gewys dat hy nie skroom om die groot kanonne aan te vat nie.

    Die huidige voorloper, die onoorwonne Hoërskool Zwartkop, is slaggereed om vir Hoërskool Marais Viljoen sy 16de slagoffer vir die jaar te maak. Die Zwarries sal egter hul beste voet moet voorsit, nadat die span van Alberton die Wessies verlede naweek laat sweet het vir ‘n oorwinning van 28-22.

    Die spanne: 

    Hoërskool Klerksdorp t. Oos-Moot om 12:20 in Klerksdorp

    Klerksdorp: 15 Brendin Matthyse, 14 Tyrand Masango, 13 Winton Abrahams, 12 Jarred van Staden, 11 Elzeno Schalkwyk, 10 Dorian Isaacs, 9 Rellston Wilson, 8 Tiaan Koen, 7 Marnus van der Merwe, 6 D-Jee Treurnich, 5 Juan Hills, 4 Abrie Esterhuizen, 3 Hanro Nel, 2 De Wet Le Roux, 1 Zander Nienaber.

    Oos-Moot: 15 Tersius van der Merwe, 14 Brian Jacobs, 13 Jayden Pretorius, 12 Jeandré Venter, 11 Bradley Jacobs, 10 Dewron Aford, 9 David Joubert, 8 Jaydon Botha, 7 Riyaan Wilson, 6 Stian van de Vente, 5 MC van Tonder, 4 Ulrich Gerber, 3 Jandré de Beer, 2 Mike Nothnagel, 1 Divan du Preez.

    Hoërskool Middelburg t. Wesvalia om 13:30 in Middelburg

    Hoërskool Middelburg: 15 Buhle Mphahlaza, 14 Kefilwe Phamotse, 13 Jaco Truter, 12 Lungelo Maseko, 11 Lesego Karale, 10 Matthew Abbey, 9 Keabetswe Nkgadima, 8 Jabu Mathebula, 7 Khensani Buthelezi, 6 Zanempilo Mahlangu, 5 André Robberts, 4 Wian Olwagen, 3 Dewald du Toit, 2 Roux Grobler, 1 Carlo Joubert.

    Wesvalia: 15 Henco Greyling, 14 Stephan Pelser, 13 Juandré Snyman, 12 Wian du Preez, 11 Fafa Calitz, 10 Eduard Dreyer, 9 Barry Niemand, 8 Franco Dumond, 7 Christiaan Swanepoel, 6 Quewen Fourie, 5 Tiaan de Kock, 4 Joshua Pieterse, 3 Ignus Nel, 2 Fanie Linde, 1 Ulrigh du Preez.

    HTS Middelburg t. Ligbron Akademie om 12:30 in Middelburg

    HTS Middelburg: 15 Nathan Jansen van Vuuren, 14 Kwanele Mkhize, 13 Jacques Greyling, 12 Johnny Dos Santos, 11 CJ Muller, 10 Danté Lubbe, 9 Ruan Pienaar, 8 Tercius Bezuidenhout, 7 Ethan Kok, 6 Dewan Coetzee, 5 Andrea de Wet, 4 Janco Aucamp, 3 Marinus Oberholzer, 2 Hanru Terblanche, 1 Janco Botha.

    Ligbron Akademie: 15 Gaston Brown, 14 Neo Zwane, 12 Siyanda Dennison, 12 Lethi Ngwenya, 11 Bandile Thanjekwayo, 10 Eben Degenaar, 9 Renier van Staden, 8 Jurgens Bezuidenhout, 7 Henco Scheepers, 6 Tiaan Botha, 5 Janco Claassen, 4 Ian Booysen, 3 Dewan Scheepers, 2 Regard Janse van Rensburg, 1 WP Human.

    Zwartkop t. Marais Viljoen om 12:30 in Centurion

    Zwartkop: 15 Justin Julies, 14 Shayden Botha, 13 Luan Williams, 12 David van Jaarsveld, 11 Stiaan Botha, 10 Tilon Baron, 9 Luan Janse van Rensburg, 8 Brian Smith, 7 Jethro le Roux, 6 Mikka Allers, 5 Logan Knott, 4 Ettienne van Niekerk, 3 Christiaan de Vries, 2 Regan Blignaut, 1 Matthew Smith.

    Marais Viljoen: 15 Raynhardt Kruger, 14 Devin Raubenheimer, 13 Juan van den Heever, 12 Jonno Morkol, 11 Kabelo Thloaele, 10 Claude do Couto, 9 Ethan Weideman, 8 Rio Tshimbalanga, 7 Tiaan van Huyssteen, 6 Lloyd Shoko-Schenk, 5 Clayton Gagiano, 4 Jermaine Crause, 3 Sifiso Shongwe, 2 Ondisa Njili, 1 Juan Cooper.

  • Buffels veg vir oorlewing teen gekweste Montana

    Buffels veg vir oorlewing teen gekweste Montana

    FOTO: Hoërskool Lichtenburg op Facebook.

    Hoërskool Ben Vorster veg Saterdagmiddag om oorlewing vir ‘n plek in die halfeindronde van die SDC Noordvaal Cup se Skild-afdeling, wanneer hy in Tzaneen teen ‘n gekweste Hoërskool Montana te staan kom.

    Volg al die SDC Noordvaal Skild-aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com) 

    Soos sake tans op die puntelys daar uitsien, moet die Buffels altwee hul oorblywende wedstryde met ‘n bonuspunt wen én hoop dat Hoërskool Die Anker en Hoërskool Secunda, teen wie hulle in die volgende ronde kragte meet, êrens in die hek duik. Die Buffels beklee die sesde plek met 16 punte, slegs een punt agter Die Anker en Secunda, wat albei 17 punte het maar nóg drie wedstryde oor het om te speel.

    Die positief is dat altwee Ben Vorster se laaste wedstryde tuis plaasvind in Tzaneen, wat ‘n moeilike plek is vir besoekende skole. Die Buffels, nes die Monties, lek ook wonde na ‘n nederlaag van 24-35 teen Hoërskool Lichtenburg verlede naweek.

    Tumi Ramohlale, wat teen die Liggies op vleuel uitgedraf het, keer terug na agsteman, terwyl Lethabo Sejake weer as linkervleuel ingespan word. Die enigste ander verandering is voorlangs, waar die staatmakerflank, Kobus de Beer, hierdie kragmeting misloop en deur die bekwame Amaris Nortjé vervang word.

    Die Monties hou nog asem op oor ‘n paar spelers wat beserings opgedoen het in die stryd met Secunda. Breier, AJ Le Roux is egter min geskeel oor die moontlikheid van ‘n paar plaasvervangers, aangesien hy oor heelwat diepte en ervaring beskik. Die Pretorianers sal laat Donderdagmiddag hul beginspan vir die rit na Tzaneen finaliseer.

    In sy tweede agtereenvolgende tuiswedstryd, verwelkom die einste Secunda die kookwaterspan van Hoërskool Lichtenburg.

    Die Liggies skyn tans die helderste in die eerste posisie van die Skild-afdeling, met 22 ligapunte, en het ook nóg drie wedstryde oor om ‘n tuishalfeind te verseker. Die Liggies-span wat vir die Buffels gegaffel het bly grotendeels dieselfde, behalwe vir Duan Kruger se terugkeer op vaskopstut. Dit beteken dat Juan van Rhyn terugkeer na sy gunstelingposisie op haker, wat die voorspelerpak aansienlik versterk.

    Franko Rossouw is afwesig vir Secunda en word deur Renier Combrink op agsteman vervang.

    Hoërskool Pietersburg kan steeds as ‘n buiteperd beskou word, vernaam as hy sy kragmeting met Hoërskool Hugenote van Springs, tuis in Polokwane, met ‘n bonuspunt kan wen. Die Pieties betree die stryd met ‘n onveranderde span, wat hul kanse versterk.

    Die Hugies, daarenteen, gaan gebuk onder die beserings en sal ook eers later in die week hul span bekend maak. Dit beteken egter nie dat hulle gering geskat moet word nie.

    Die Anker se besoek aan Hoërskool Piet Retief se Jack Botes-stadion beloof ook om vir heelwat opwinding te sorg. Die span van Brakpan streef na ‘n bonuspuntsege, terwyl die Pieties se ondersteuners bankvas agter die tuisspan staan vir ‘n eerste sege in vanjaar se reeks.

    Die spanne: 

    Ben Vorster t. Montana om 12:30 in Tzaneen

    Ben Vorster: 15 Freddie Pinto, 14 Zane Trollip, 13 Gehan Hendricks, 12 Stiaan du Rand, 11 Lethabo Sejake, 10 Shelton-Ray Primo, 9 Joshua van Eeden, 8 Tumi Ramohlale, 7 Joshua van der Mescht, 6 Amaris Nortjé, 5 Chifu Banda, 4 Lourens Harmse, 3 Randy Magabe, 2 Ruben Pohl, 1 Thabang Nkuna.

    Montana: 15 Marq de Villiers, 14 Dixie Sethuga, 13 Luan Barnard, 12 Hendrew Schoeman, 11 Keagan van der Merwe, 10 Rubel Bester, 9 Braam Schutte, 8 Ulrich van Biljon, 7 Ashton Vorster, 6 Dieter Scheepers, 5 Kyle Bronkhorst, 4 Eric Potgieter, 3 Aiden Vorster, 2 Juan Theunissen, 1 Aiden van der Made.

    Hoërskool Secunda t. Hoërskool Lichtenburg om 13:20 in Secunda

    Secunda: 15 Dillon Grundlingh, 14 Ryan Lottering, 13 Armand Underhay, 12 Bismark Jansen, 11 Damian de Beer, 10 Alonzo Blakenberg, 9 JD van Coller, 8 Renier Combrink, 7 Zander van der Merwe, 6 Sifiso Hlungwane, 5 JC Olivier, 4 Mickey Jordaan, 3 MC Vosloo, 2 Reinhardt Fourie, 1 Nathan Erasmus

    Lichtenburg: 15 Xander Blom, 14 Thatu Seabo, 13 WJ Liebenberg, 12 Oratile Sekoto, 11 Kuzi Mupudzi, 10 Luan Snyman, 9 Rea Motsusi, 8 KG Legodi, 7 Tiaan Booysen, 6 MC Shanahan, 5 Darius Lombard, 4 Realeboga Ramatshoele, 3 Duan Kruger, 2 Juan van Rhyn, 1 Ruben Pretorius.

    Hoërskool Pietersburg t. Hoërskool Hugenote van Springs om 13:30 in Polokwane

    Pietersburg: 15 Ryno Mienie, 14 Armand Venter, 13 Zuhan Labuschagne 12 Siya Mahlangu, 11 Keanu Potgieter, 10 Juan Randall, 9 Celliers van der Merwe, 9 Ludke Pienaar, 8, FC Smith, 7 Juan Jansen van Vuuren, 6 Andru de Beer, 5 Ludke Pienaar, 4 Brent Vorster, 3 Stephan Jansen van Rensburg, 2 Ziahn Lombaard, 1 Krissie Swanepoel.

    Hugenote (Springs) (moontlik): 15 Christaan Basson, 14 Andile Dhlamini, 13 Yovan Prinsloo, 12 Dylan Nel, 11 Kyle de Klerk, 10 George Lucas, 9 Thanyani Mokiri, 8 Euan Venter, 7 Luan Pretorius, 6 Arné Marais, 5 André Coetzee, 4 Tristan de Beer, 3 Wian Rudolph, 2 Luan Smit, 1 Franko Neuhoff.

    Hoërskool Piet Retief t. Die Anker om 12:20 in Piet Retief: 

    Piet Retief: 15 Owethu Shabalala, 14 De Klerk Ferreira, 13 Bubele Ngubane, 12 Gilles Van der Meulen, 11 Vuyani Tshabalala, 10 Kyle Stock, 9 Domenic Coetzer, 8 Marnus Thomas, 7 SJ van Barneveld, 6 Lethu Hlope, 5 Abongwe Maduna, 4 Harold Gevers, 3 Sfundo Mayisa, 2 Mario de Oliviera, 1 Waynne Mitchell.

    Die Anker: 15 Ethan Minnie, 14 Dyllon le Roux, 13 Arno Krugel, 12 Edrick Pienaar, 11 Jonothan Jordaan, 10 Danie Smit, 9 Troy Joubert, 8 Ruben Herbst, 7 Markus Herbst, 6 Byron van Zyl, 5 Jaydon Steenkamp, 4 Marco Groenewald, 3 Xavier Momberg, 2 Rico Goosen, 1 Branden Sauerman.

  • Oosthuizen-driekuns, Boshoff se stewel sorg vir gelykopuitslag in Randburg

    Oosthuizen-driekuns, Boshoff se stewel sorg vir gelykopuitslag in Randburg

    FOTO: Frans Lombard/Actionpix.

    Jaydon Oosthuizen se driekuns aan drieë het vir hope drama en ‘n naelbyteinde aan die stryd tussen Hoërskool Randburg en Merensky Landbou Akademie gesorg.

    Herleef al die SDC Noordvaal Bowl-aksie op SuperSport Schools – (www.superportschools.com)

    In ‘n aksiebelaaide stryd van twee helftes het die besoekers van Tzaneen weggestap met gedeelde louere, nadat die tuisspan verbete teruggeveg het vir ‘n gelykopuitslag van 29-29.

    Dit was terloops albei spanne se tweede gelykopuitslag, nadat die Plasies voor die skoolvakansie teen Potchefstroom Gimnasium  met 41-41 gelykop gespeel het en die Randburgers vroeër in die kompetisie, teen die einste Gimmies, ook met 33-33 ewe goed was.

    Dit het soos verwag ‘n uiters fisieke stryd onder die twee agttalle afgegee. Die tuisspan se Curwin Hill het, soos gebruiklik, vurig vertoon voorlangs, terwyl die Plasies se Carel Volschenk en Phuki Mpiti ook die pap dik aangemaak het.

    Dit sou egter Oosthuizen en die Plasies se JD Boshoff wees wat die uitslag van die kragmeting bepaal.

    Boshoff was uitmuntend vanaf die skopgekel en het met nie minder nie as vyf strafdoele en altwee doelskoppe geslaag, wat grootliks verantwoordelik was vir die Plasies se voorsprong van 23-5 met die omdraaislag.

    Daarna het Oosthuizen vir die tuisspan opgedaag. Sy driekuns het die momentum in ‘n oogwink geswaai en die Randburgers terug in die wedstryd gebring.

    Shane Serfontein het Hoërskool Eldoraigne se verdediging twee keer onverhoeds betrap in Hoërskool Dinamika se belangrike sege van 29-17 in Centurion. Dié tweekuns was welverdiend ná ‘n indrukwekkende vertoning op die aanval.

    Voorlangs her Hendrik Alberts ‘n barshou gespeel in die los. Die kantman van Alberton was regoor die veld te sien en is ook met een van Dinamika se vier drieë beloon.

    Bergsig Akademie se Bradley Stonehouse het die Eagles reeds vroeg in hul kragmeting met Hoërskool Ermelo laat voorloop, en voor gehou om uiteindelik met 38-25 koning te kraai. Stonehouse het aan die einde van 70 minute met vier strafdoele en twee doelskoppe gespog.

    Vir die besoekers van Mpumalanga het agtsteman, Francois Homan, uitgeblink met ‘n tweekuns aan drieë.

    Potchefstroom Volkskool het ietwat verroes voorgekom na die blaaskans, maar het steeds oor genoeg skietgoed beskik om vir Hoërskool Jeugland met 32-18 in Potchefstroom te verslaan. Slot Joshua van der Westhuizen het die pas voorlangs aangegee, wat uiteindelik vir binnesenter, terwyl River Samuel vir die tuisspan in die middeveld op die voorvoet gehou het.

    Puntemakers: 

    Hoërskool Randburg 29 (5) – Drieë: Jayden Oosthuizen (3), Curwin Hill, Victor van Blerk. Doelskoppe: Josh Wiggett (2). Merensky Landbou Akademie 29 (23) – Drieë: Carel Volschenk, Phuki Mpiti. Doelskoppe: JD Boshoff (2). Strafdoele: Boshoff (5).

    Dinamika 29 (7) – Drieë: Shane Serfontein (2), Hendrik Alberts, Zavian Mathys. Doelskoppe: Caiden van der Merwe (3). Strafdoel: Van der Merwe. Eldoraigne 17 (5) – Drieë: Kevin Earle, Darren Bruwer, MC Scheepers. Doelskop: Manie Buitendag.

    Bergsig Akademie 38 (19) – Drieë: Dylan Smith, Thabang Machubene, Paulo Dos Santos, Ryan Nagel. Doelskoppe: Bradley Stonehouse (2). Strafdoele: Stonehouse (4). Hoërskool Ermelo 25 (6) – Drieë: Francois Homan (2), Ruan Grobler, Hennie Geel. Doelskop: WJ Pretorius. Strafdoel: Pretorius.

    Potchefstroom Volkskool 32 (11) – Drieë: Joshua van der Westhuizen, De Waal Coetser, Louis Fourie, Hennie Pretorius. Doelskoppe: Juhan Geldenhuys (3). Strafdoele: Geldenhuys (2). Jeugland 18 (5). 

    Ander spanne: 

    o.16: Ermelo 24, Bergsig 22; Merensky 40, Randburg 8; Eldoraigne 17, Dinamika 0; Potchefstroom Volkskool 67, Jeugland 5.

    o.15: Bergsig 20, Ermelo 12; Randburg 40, Merensky 22; Dinamika 17, Eldoraigne 12; Potchefstroom Volkskool 26, Jeugland 0.

    o.14: Ermelo 21, Bergsig 7; Merensky 13, Randburg 6; Dinamika 33, Eldoraigne 7; Jeugland 12, Potchefstroom Volkskool 3.

  • Tuis bes, behalwe op die Oos-Rand

    Tuis bes, behalwe op die Oos-Rand

    FOTO: Hoërskool Secunda op Facebook.

    Tuisspanne het die eerste naweek, na die vakansie, die botoon gevoer in die SDC Noordvaal Cup se Skild-afdeling, met slegs Hoërskool Die Anker van Brakpan wat ‘n wegsege in Springs kon behaal.

    Herleef al die SDC Noordvaal Skild-aksie op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com) 

    In Secunda het Hoërskool Secunda vir die gevaarlike Hoërskool Montana met 34-19 die loef afgesteek, met losskakel, Alonzo Blackenberg, wat 14 van sy span se 34 punte aangeteken het met vier doelskoppe en twee strafdoele.

    Blackenberg het oor die algemeen spel agterlangs uitstekend dikteer, wat sy blitsige agterlyn in staat gestel het om drie van Secunda se vier drieë aan te teken.  Die vierde is gedruk deur loskopstut, Nathan Erasmus, wat voorlangs beïndruk het met sy gewoeker.

    Die Monties was duideik nie op hul gevaarlike beste nie, maar heelagter, Marq de Villiers, kon nietemin steeds daarin slaag om uit te blink vir die Pretorianers met ‘n tweekuns aan drieë.

    Hoërskool Die Anker het sy toets in die plaaslike derby met Hoërskool Hugenote, in Springs, met vlieënde vaandels geslaag om met 36-21 koning te kraai. Dit het van hom ook die enigste span gemaak wat ‘n sege op die pad kon inpalm, hoewel net sowat 12 km vanaf sy tuisveld in Brakpan.

    Linkervleuel, Johnaathan Jordaan, en buitesenter, Arno Krugel, het die die tuisspan laat les opsê met ‘n tweekuns elk, danksy die voorvoetbal wat Die Anker se groot pak bewerkstellig het. Losskakel, Danie Smit, het die besoekers se vyfde drie gedruk, wat beteken dat al vyf drieë deur die agterlyn aangeteken is.

    Vir die Hugies het haker, Luan Pretorius, uitgestaan met sy onophoudelike gewoel in die vastelos  en sy harde werk is ook met twee drieë beloon.

    Hoërskool Pietersburg het dit twee uit twee vanjaar teen Heidelberg Volskool gemaak, nadat hy die Volkies in Polokwane met 50-22 kafgedraf het. Die Pieties se binnesenter, Siya Mahlangu, en kantman, Juan Jansen van Rensburg, was albei in ‘n vernietigende bui met twee drieë elk. Dit is duidelik hoekom hulle die Limpopo Blou Bulle by die Cravenweek verteenwoordig het.

    Tiaan Booysen kon sy 50ste wedstryd vir Hoërskool Lichtenburg behoorlik vier met ‘n sege van 35-24 oor Hoërskool Ben Vorster. Haker, Juan van Rhyn, het die kollig egter by twee geleenthede gesteel om ‘n waardevolle tweekuns vir sy span te behaal. Oopkantflank, MC Shanahan, het ook uithalerspel gelewer wat aan hom die Speler van die Wedstryd-toekenning besorg het.

    Puntemakers: 

    Hoërskool Secunda 34 (24) – Drieë: Nathan Erasmus, Armand Underhay, Ryan Lottering, Dillon Grundling. Doelskoppe: Alonzo Blackenberg (4). Strafdoele: Blackenberg (2). Montana 19 (12) – Drieë: Marq de Villiers (2), Meindert Meindertsma. Doelskoppe: Rubel Bester (2).

    Die Anker 36 (19) – Drieë: Johnathan Jordaan (2), Arno Krugel (2), Danie Smit. Doelskoppe: Edrick Pienaar (3). Hugenote (Springs) 21 (14) – Drieë: Luan Pretorius (2), Christiaan Basson. Doelskoppe: Dylan Nel (2), George Loucas.

    Hoërskool Pietersburg 50 (24) – Drieë: Siya Mahlangu (2), Juan Jansen van Vuuren (2), FC Smith, Celliers van der Merwe, Zuhan Labuschagne, Ryno Mienie. Doelskoppe: Mienie (5). Heidelberg Volkskool 22 (12) – Drieë: Henru Coetzer, Klaas Venter, JV Badella, Theuns van der Merwe. Doelskop: Marco Botha.

    Hoërskool Lichtenburg 35 – Drieë: Juan van Rhyn (2), Luan Snyman, Kuzi Mupudzi. Doelskoppe: Snyman (3). Strafdoele: Snyman (3)  Ben Vorster 24. 

    Ander spanne: 

    o.16: Montana 24, Secunda 17; Die Anker 26, Hugenote (Springs) 18; Pietersburg 43, Heidelberg Volkskool 10.

    o.15: Montana 36, Secunda 7; Die Anker 41, Hugenote (Springs) 31; Pietersburg 38, Heidelberg Volkskool 0.

    o.14: Secunda 22, Montana 21; Die Anker 15, Hugenote (Springs) 10; Heidelberg Volkskool 5, Pietersburg 0.

  • Middies is Zwarries se 15de slagoffer vanjaar

    Middies is Zwarries se 15de slagoffer vanjaar

    FOTO: Frans Lombard/Actionpix.

    Hoërskool Middelburg het Saterdagmiddag op sy tuisveld Hoërskool Zwartkop se 15de slagoffer vanjaar geword.

    Herleef al die SDC Noordvaal Plaat-aksie op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com) 

    Die Vikings se haker, Regan Blignaut, het nogmaals baljaar op die aanval en met ‘n tweekuns aan drieë sy span na ‘n sege van 30-19 oor die Middies gelei.

    Dit is die Zwarries se 15de agtereenvolgende sege in 2025, waarmee hulle ook hul onoorwonne status vanjaar behou.

    Blignaut, wat nog in Graad 11 is, het tot dusver vanjaar uitgetroon vir die span van Centurion, en is tans een van sy span se voorste driedrukkers.

    Losskakel, Tilon Baron, en senter, Luan Williams, het ook uitgeblink vir die Zwarries in Middelburg. Baron was in die kol met drie doelskoppe en drie strafdoele om die helfte van sy span se punte aan te teken, terwyl Williams ‘n tier was op die verdediging. Sy lakwerk in die middeveld het nie alleen die Middies telkens gestuit nie, maar ook dikwels die druk omgeswaai na die tuisspan toe.

    ‘n Entjie verder in die pad af, het HTS Middelburg vir Hoërskool Kempton Park met 22-3 afgestof. In die agterlyn het Jacques Greyling (senter) het en CJ Muller (vleuel) hul indrukwekkende spelpeil voortgesit, terwyl steelkantflank, Ethan Kok, voorlangs gewoel het om die Rooi Bulle knaend op die voorvoet te plaas.

    Die tendens was dieselfde in Ermelo, waar slot, Abrie Esterhuizen, en flank, Marnus van der Merwe, die grondslag vir Hoërskool Klerksdorp se sege van 46-31 oor Ligbron Akademie gelê het met hul fisieke teenwoordigheid in die loopgraaf-oorlogvoering voorlangs. Esternhuizen en vleuel, Elzeno Schalkwyk, het elk ‘n tweekuns vir Klerksdorp behaal.

    Hoërskool Wesvalia moes ‘n rustydagterstand van 3-14 uitwis om vir Hoërskool Marais Viljoen met 28-22 te troef. Haker, Fanie Linde, het die pap dik aangemaak in die vastelos en sy hoë werkverrigting het ook aan hom twee drieë besorg.

    Puntemakers:

    Zwartkop 30 (20) – Drieë: Regan Blignaut (2), David van Jaarsveld. Doelskoppe: Tilon Baron (3). Strafdoele: Baron (3). Hoërskool Middelburg 19 (5) – Drieë: Roux Grobler, Keabetswe Ngadima, Siyabonga Mokgoatjana. Doelskoppe: Matthew Abbey (2).

    HTS Middelburg 22 () – Drieë: Andrea de Wet, Jacques Greyling, Nathan Jansen van Vuuren. Doelskoppe: Danté Lubbe (2). Strafdoel: Lubbe. Hoërskool Kempton Park 3 () – Strafdoel: Stian de Villiers.

    Hoërskool Klerksdorp 46 (20) – Drieë: Abrie Esterhuizen (2), Elzeno Schalkwyk (2), Tiaan Koen, Rellston Wilson,Winton Abrahams, Marco Symmington. Doelskoppe: Dorian Isaacs (3). Ligbron Akademie 31 (10) – Drieë: Ian Booysen, Tiaan Botha, Banele Mthombo. Doelskoppe: Gaston Brown (2), Eben Degenaar. Stradoel: Degenaar.

    Wesvalia 28 (3) – Drieë: Fanie Linde (2), Joshua Pieters, Stephan Pelser. Doelskop: Eduard Dreyer. Strafdoele: Dreyer (2). Marais Viljoen 22 (14).

    Ander spanne:

    o.16: Hoërskool Middelburg 40, Zwartkop 16; Kempton Park 48, HTS Middelburg 15; Klerksdorp 40, Ligbron 12; Marais Viljoen 19, Wesvalia 16.

    o.15: Hoërskool Middelburg 21, Zwartkop 15; Kempton Park 28, HTS Middelburg 22; Ligbron 17, Klerksdorp 15; Wesvalia 24, Marais Viljoen 15.

    o.14: Hoërskool Middelburg 54, Zwartkop 7; HTS Middelburg 10, Kempton Park 6; Ligbron 12, Klerksdorp 7; Wesvalia 35, Marais Viljoen 7.

  • Bere boelie die Wit Bulle

    Bere boelie die Wit Bulle

    FOTO: Marius Nortjé

    Hoërskool Garsfontein het vanjaar doodseker gemaak dat daar geen laat drama in sy kragmeting met Hoërskool Monument sou wees nie.

    Herleef al die SDC Noordvaal Beker-aksie op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com)

    Die Bere was baas met ‘n wegholsege van 68-17 oor die die besoekers van Krugersdorp, in ‘n drieëfees op Berepark in Pretoria,.

    Garsies se skakelpaar het behoorlik baljaar met die voorvoetbal wat hul omgekrapte agttal aan hulle verskaf het. Skrumskakel, Derrick Kuhn, en losskakel, Joshua Gouws, het elkeen twee keer agter die doellyn gaan draai. Boonop was Gouws witwarm met die skopstewel en het hy ál nege die tuisspan se drieë verdoel.

    Junaide Stuart, die Bere se regtervleuel, wat binnekort Kaap toe vertrek om vir die SA o.18 span teen Frankryk, Ierland en Engeland diens te doen, het die Bere se derde tweekuns aan drieë vir die dag aangeteken.

    In Krugersdorp was daar eers weerlig en toe drama nadat Hoërskool Noordheuwel verwoed teruggeveg het om vir Hoërskool Waterkloof vir ‘n tweede agtereenvolgende jaar te troef, hierdie keer met 33-27.

    Die Blues was na skaars 20 minute reeds met 0-17 agter, met die Klofies se pak wat aanvanklik die septer voorlangs geswaai het. Haker, Ruan Jacobs, het na sy driedruk-gewoontes teruggekeer om eerste oor die doellyn te duik, met mede-voorryman, Jedri Swart, en Codi Binneman wat kort op sy hakke gevolg het.

    Weerlig het toe die spanne vir ‘n wyle eers van die veld af gehaal, waartydens daar duidelik hard in die Nories se kringetjie gepraat is. Die Blues het, nadat spel hervat is, binne ‘n oogwink drie drieë ingeryg om sake bykans gelyk te trek, met die woelige losvoorspelerkombinasie van Andrew Lambert en Armand van Eck wat elkeen oorgebars het vir ‘n drie.

    Daarna het die Nories na hoogste versnelling oorgeskakel om met ‘n verdere twee drieë die uitklophou te plant vir ‘n belangrike tuissege.

    Puntemakers:

    Garsfontein 68 (19) – Drieë: Derrick Kuhn (2), Junaide Stuart (2), Joshua Gouws (2), Drewyn Baron, Keagan Knighton, Levi Jordaan. Doelskoppe: Gouws (9). Monument 17 (10) – Drieë: Jordan Swanepoel, Reghard Ernst. Doelskoppe: Jaydon Viljoen (2). Strafdoel: Viljoen.

    Noordheuwel 33 – Drieë: Andrew Lambert, Armand van Eck, Brandon Pieters, Clinton Agu, Jeandré Uithaler. Doelskoppe: Uithaler (3), Tidi Moketsani. Waterkloof 27  – Drieë: Ruan Jacobs, Jedri Swart, Codi Binneman. Doelskoppe: Ronan Bastiaanse (3). Strafdoele: Bastiaanse (2).

    Ander spanne:

    o.16: Monument 32, Garsfontein 26; Waterkloof 30, Noordheuwel 21.

    o.15: Garsfontein 17, Monument 12; Noordheuwel 13, Waterkloof 3.

    o.14: Garsfontein 24 Monument 20; Noordheuwel 26, Waterkloof 17.

  • Helpies klinies in Vanderbijl, dapper duikslae kry Rusties oor die lyn

    Helpies klinies in Vanderbijl, dapper duikslae kry Rusties oor die lyn

    FOTO: Tap Light Edits.

    Helpmekaar Kollege het sy veldtog as een van die sterk kandidate om die Beker-eindstryd van vanjaar se SDC Noordvaal Cup te haal, met ‘n kliniese vertoning teen Hoërskool Transvalia voortgesit.

    Herleef al die Noordvaal Beker-aksie op SuperSport Schools – (www.supersportschool.com) 

    Helpies was met die omdraaislag reeds gemaklik voor met 21-0 en het voet in die hoek gehou om uiteindelik met 36-10 koning te kraai.

    Die grondslag vir dié wegsege is oudergewoonte deur die agttal gelê. Die span van Johannesburg se voorspelers was deur die loop van die jaar ‘n sterkpunt en die pak gaan eenvoudig van krag tot krag. Dit was vernaam in die vaste fasette waar hulle die botoon gevoer het.

    Slot, Diandro Botha, het sy indrukwekkende spelpeil tydens die onlangse Akademieweek voortgesit om die vuur onder sy sewe mede-voorspelers aan te steek. Agterlangs het die manne mekaar sat geduik, en dus was die Helpies se oorheersing voorlangs die vernaamste verskil, terwyl losskakel, Wian Storm, ‘n belangrike bydrae gelewer het met vier doelskoppe en ‘n strafdoel.

    Hoërskool Rustenburg se Xavier Steenkamp het soos gebruiklik van voor gelei in sy span se soet sege van 34-28 oor die dokter van Boksburg, Hoërskool Dr EG Jansen. Steenkamp het vir die soveelste keer vanjaar ‘n barshou gespeel en is met ‘n welverdiende tweekuns aan drieë beloon.

    In ‘n uiters fisieke stryd het die pakke voorspelers mekaar met mening aangevat. Die Jansies se Craig Lightfoot was weer woelig, vernaam by die afbreekpunte, en het een van sy span se vier drieë gedruk, terwyl regtervleuel, Otlatleng Zulu, die Boksburgers binne trefafstand gehou het met ‘n tweekuns van sy eie.

    Dit was egter nie genoeg om ‘n oorwinning te verseker nie, met die Rusties se brawe verdediging, vernaam laat in die wedstryd, wat uiteindelik die deurslag gegee het.

    Puntemakers:

    Helpmekaar Kollege 36 (21) – Drieë: Dylan Engelbrecht, Diandro Botha, Jandré Botha, Michael Herbst, Daylon Greyling. Doelskoppe: Wian Storm (4). Strafdoel: Storm Transvalia 10 (0) – Drieë: Tumi Moloi, GJ Rossouw.

    Hoërskool Rustenburg 34 (15) – Drieë: Xavier Steenkamp (2), Zack Swanepoel, Dartanyan van Rhyn, Ayden Willemse. Doelskoppe: Ricardo Enos (3). Strafdoel: Enos. EG Jansen 28 (7) – Drieë: Otlatleng Zulu (2), Jordan van der Westhuizen, Craig Lightfoot. Doelskoppe: 22 (3). Juan van Aswegen.

    Ander spanne:

    o.16: Transvalia 32, Helpmekaar Kollege 20; Hoërskool Rustenburg 31, EG Jansen 12.

    o.15: Helpmekaar Kollege 35, Transvalia 0; EG Jansen 21, Hoërskool Rustenburg 19.

    o.14: Helpmekaar Kollege 58, Transvalia 5; Hoërskool Rustenburg 80, EG Jansen 7.