SSPN Test Site

Author: froberholzer

  • Beserings ry Middies bloots voor stryd teen Zwarries

    Beserings ry Middies bloots voor stryd teen Zwarries

    FOTO: Frans Lomard/Acionpix.

    Die beseringspook het kom aanklop by Hoërskool Middelburg, en dit op die vooraand van straks sy grootste toets van die jaar.

    Volg al die Noordvaal Plaat-aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com)

    Die Middies, wat Saterdagmiddag tuis in Middelburg teen die onoorwonne Hoërskool Zwartkop te staan kom, is vandeesweek met ‘n rits beserings getref.

    Heelagter Katlego Baloyi is vir die res van die jaar buite aksie vanweë ‘n ernstige nekbesering wat hy opgedoen het tydens die onlangse provinsiale weke wat in sy agterplaas plaasgevind het.

    Agsteman, Hencoe Janse van Rensburg, wat die Pumas se Akademiespan aangevoer het, loop ook die kragmeting mis weens ‘n kniebesering, met Jabu Mathebula wat sy plek inneem, terwyl albei flanke, Wihan Jordaan en die woelige CW Hanekom, ook op die krukkelys is. Hulle word deur Zanempilo Mahlangu en Khensani Buthelezi vervang, wat beteken dat die Middies vir die gevaarlike Zwarries met ‘n splinternuwe lostrio moet aandurf.

    Die besoekers se breier, David Gouws, kon daarenteen sy sterkste span in die veld stoot. Mikka Allers keer terug op nr. 6, met die witwarm Brian Smith wat agsteman toe skuif. Die gevaarlike Justin Julies is terug op heelagter, met die venynige Zulu Mona op linkervleuel.

    Elders in Middelburg verwelkom Hoër Tegniese Skool Middelburg sy binnesenter en kaptein, Johnny Dos Santos, terug in die beginspan. Dos Santos voer dus vir die eerste keer sedert die begin van die seisoen vir die Rooi Bulle aan in hul stryd teen Hoërskool Kempton Park.

    Afrigter, Jano Venter, en die res van die span is uiteraard opgewonde om hul leier terug te verwelkom.

    “Nie slegs wat sy spel betref nie, maar sy blote teenwoordigheid maak ‘n reuse verskil. Die manne volg hom omdat hy deur sy voorbeeld lei,” het Venter gesê.

    Hoërskool Wesvalia staal homself vir ‘n reuse stryd nie wanneer hy Saterdag na Alberton reis om met Hoërskool Marais Viljoen swaarde te kruis. Marais Viljoen het geen beserings na die provinsiale weke nie en spog dus met ál sy sleutelspelers.

    Die Wessies moes egter ‘n paar skommelinge maak. Juandré Snyman en Fafa Calitz maak die middeveld uit, in die afwesigheid van Wian du Preez. Fanie Linde keer nietemin terug na die voorry om die Wessie-pak ‘n groot hupstoot te gee teen die tuisspan se makropak.

    Die skoolvakansie was ook goedgesind teenoor Libron Akademie aangesien hy Saterdag sy sterkste vyftiental op die veld stuur. Die span van Ermelo word ingewag deur ‘n gedugte Hoërskool Klerksdorp wat op in Mpumalanga kom besoek aflê.

    Die Klerksdorpers het self ongedeerd van die vakansie afgekom met die kranige kombinasie van Winton Abrahams (buitesenter) en Tyron Masango (vleuel) op hul pos, terwyl Brendin Matthyse terugkeer op heelagter.

    Die spanne:

    Hoërskool Middelburg t. Zwartkop om 12:30 in Middelburg

    Hoërskool Middelburg: 15 Sihle Mkhatshwa, 14 Lesego Rakale, 13 Jaco Truter, 12 Lungelo Maseko, 11 Kefilwe Phamotse, 10 Matthew Abbey, 9 Keabetswe Nkgadima, 8 Jabu Mathebula, 7 Zanempilo Mahlangu, 6 Khensani Buthelezi, 5 Wian Olwagen, 4 André Roberts, 3 Dewald du Toit, 2 Roux Grobler, 1 Carlo Joubert.

    Zwartkop: 15 Justin Julies, 14 Shayden Botha, 13 Luan Williams, 12 David van Jaarsveld, 11 Zulu Mona, 10 Tilon Baron, 9 Luan Janse van Rensburg, 8 Brian Smith, 7 Jethro le Roux, 6 Mikka Allers, 5 Logan, 4 Ettienne van Niekerk, 3 Christiaan de Vries, 2 Regan Blignaut, 1 Matthew Smith.

    Hoër Tegniese Skool Middelburg t. Hoërskool Kempton Park om 13:30 in Middelburg

    HTS Middelburg: 15 Nathan Jansen van Vuuren, 14 Kwanele Mkhize, 13 Jacques Greyling, 12 Johnny Dos Santos, 11 CJ Muller, 10 Danté Lubbe, 9 Ruan Pienaar, 8 Tercius Bezuidenhout, 7 Ethan Kok, 6 Dewan Coetzee, 5 Andrea de Wet, 4 Janco Aucamp, 3 Marinus Oberholzer, 2 Hanru Terblanche, 1 Janco Botha.

    Kempton Park: 15 Stian de Villiers, 14 Guillaume Botha, 13 Rocco Louw, 12 Wian Riekert, 11 Ethan Botha, 10 Ben Steyn, 9 Ettienne Stroebel, 8 Ruan Mostert, 7 Marko van der Walt, 6 Matthew Vermaak, 5 Luca du Plooy, 4 Louis Mouton, 3 Zander Luckay, 2 Dihan Keeve, 1 Piet van den Heever.

    Marais Viljoen t. Wesvalia om 12:30 in Alberton

    Marais Viljoen: 15 Raynhardt Kruger, 14 Devin Raubenheimer, 13 Juan van den Heever, 12 Jonno Morkol, 11 Kabelo Thloaele, 10 Claude do Couto, 9 Ethan Weideman, 8 Rio Tshimbalanga, 7 Tiaan van Huyssteen, 6 Lloyd Shoko-Schenk, 5 Clayton Gagiano, 4 Jermaine Crause, 3 Sifiso Shongwe, 2 Ondisa Njili, 1 Juan Cooper.

    Wesvalia: 15 Henco Greyling, 14 Martin Bierman, 13 Juandré Snyman, 12 Fafa Calitz, 11 Stephan Pelser, 10 Eduard Dreyer, 9 Barry Niemand, 8 Franco Dumond, 7 Christiaan Swanepoel, 6 Quewen Fourie, 5 Tiaan de Kock, 4 Joshua Pieterse, 3 Ignus Nel, 2 Fanie Linde, 1 Ulrigh du Preez.

    Ligbron Akademie t. Hoërskool Klerksdorp om 12:20 in Ermelo

    Ligbron Akademie: 15 Gaston Brown, 14 Neo Zwane, 12 Siyanda Dennison, 12 Lethi Ngwenya, 11 Bandile Thanjekwayo, 10 Eben Degenaar, 9 Renier van Staden, 8 Jurgens Bezuidenhout, 7 Henco Scheepers, 6 Tiaan Botha, 5 Janco Claassen, 4 Ian Booysen, 3 Dewan Scheepers, 2 Regard Janse van Rensburg, 1 WP Human.

    Klerksdorp: 15 Brendin Matthyse, 14 Tyron Masango, 13 Winton Abrahams, 12 Jarred van Staden, 11 Elzeno Schalkwyk, 10 Dorian Isaacs, 9 Rellston Wilson, 8 Tiaan Koen, 7 Marnus van der Merwe, 6 D-Jee Treurnich, 5 Juan Hills, 4 Abrie Esterhuizen, 3 Hanro Nel, 2 De Wet Le Roux, 1 Zander Nienaber

  • Stoltz oorgehaal vir sy 50ste vir Valia teen Helpies

    Stoltz oorgehaal vir sy 50ste vir Valia teen Helpies

    FOTO: Tap Light Edits.

    Wynand Stolz, Hoërskool Transvalia se agsteman, draf Saterdagmiddag op sy tuisveld in Vanderbijlpark teen Helpmekaar Kollege uit in sy 50ste wedstryd vir die eerste span.

    Volg al die Noordvaal Beker-aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com) 

    Stolz is reeds die afgelope drie jaar ‘n sleutelspeler vir die Ligbloues en het verál verlede jaar, in dié span se glorieryke seisoen toe hulle as kampioen van die Plaat-afdeling gekroon is, saam met name soos Daniel Kazambo (flank) groot opslae gemaak.

    Kazambo het ook onlangs vir die tweede agtereenvolgende jaar vir die Valke verteenwoordig by die jaarlikse Cravenweek, waar hy ook die span aangevoer het. Stolz en Kazambo vorm vanjaar saam met flank en kaptein, Juan Bischoff, ‘n gedugte lostrio wat vir die Helpies heelwat opdraande kan gee.

    Die span in bruin beskik egter self oor ‘n paar dodelike aanvalswapens, soos Eugene de Lange wat weer aan die kant van die skrum diens doen. Sy tweestryd met Kazambo behoort hope vuurwerke op te lewer.

    Die woelige Llewelyn Vermaak keer ook terug, na ‘n suksesvolle uitstappie as deel van die Goue Leeus se Welpie-span wat in aksie was by vanjaar se Akademieweek. Die grootse verrassing in die Helpies se span is die van Zaiden Krige, normaalweg oopkantflank, wat Saterdag op regtervleuel uitdraf. Hoewel hy as losvoorspeler deur die jaar gepronk het, was daar dikwels tekens dat Krige, indien nodig, wel op vleuel ingespan kan word met sy bedrieglike vaart en uitstaande verdediging.

    In Rustenburg behoort die vonke te spat wanneer twee Cravenweek-heelagters geleentheid kry om van agter aan te val wanneer Hoërskool Rustenburg vir Hoërskool Dr EG Jansen in sy agterplaas die stryd aansê. Die Rusties se Ayden Willemse en die Jansies se Deshean Pietersen kan elkeen vir aanskoulike hardlooprugby sorg indien die nodige geleenthede geskep word.

    Benewens die bedreiging wat Willemse inhou, is die Rusties straks nie op volsterkte nie. Skrumskakel, Adriano George, se afwesigheid los ‘n taamlike leemte, maar sy plaasvervanger, Albert Matthysen, bring sy eie vaardigehede na die tafel.

    Staatmakersenter, Jon-ré Jefthas, is steeds afwesig, met sy normale sentermaat, Hendré Robinson, wat op buitesenter stelling inneem, terwyl Lian Botha op binnesenter inskuif vir ‘n titaniese stryd met die Jansies se Christopher Combrink en Nathan Delport in die middeveld.

    Die spanne:

    Transvalia t. Helpmekaar Kollege om 12:40 in Vanderbijlpark

    Transvalia: 15 Lorenzo Flynn, 14 Dihan Crause, 13 Danté Oosthuizen, 12 Declan Hattingh, 11 Tumi Moloi, 10 Jay-Dee Maree, 9 Johan Smit, 8 Wynand Stolz, 7 Daniel Kazambo, 6 Juan Bischoff, 5 Christiaan Liebenberg, 4 Kyle Maartens, 3 Damian van Heerden, 2 Wihandré Kruger, 1 Vusi Morathi.

    Helpmekaar Kollege: 15 Ty Ax, 14 Zaiden Krige, 13 Clinton Cloete, 12 Ethan Lourens, 11 Michale Herbst, 10 Wian Storm, 9 ShayeLourens, 8 Llewelyn Vermaak, 7 Eugene de Lange, 6 Jandré Botha, 5 Zian Smith, 4 Diandro Botha, 3 Dylan Engelbrecht, 2 Jeandré van der Merwe, 1 Liam Devenier.

    Hoërskool Rustenburg t. EG Jansen om 13:35 in Rustenburg:

    Hoërskool Rustenburg: 15 Ayden Willemse, 14 Bradley Snyers, 13 Hendré Robinson, 12 Lian Botha, 11 Zack Swanepoel, 10 Ricardo Enos, 9 Albert Matthysen, 8 Thian Labuschagne, 7 Marais Rocher, 6 MJ Otto, 5 Dartanyan van Rhyn, 4 Tristan Myburgh, 3 Ockert Grobler, 2 Xavier Steenkamp, 1 Xander Stickling.

    EG Jansen (moontlik): 15 Deshean Pietersen, 14 Otlatleng Zulu, 13 Christopher Combrink, 12 Nathan Delport, 11 Jordan van der Westhuizen, 10 Juan van Aswegen, 9 Joseph Diesel, 8 Slade Mowbray, 7 Dian Botha, 6 Craig Lightfoot, 5 Breyton Kruger, 4 Jacques van Tonder, 3 Deveraux Wideman, 2 Marco Ventura, 1 Ruan Rossouw.

  • Bere slaggereed vir Wit Bul-aanslag uit Krugersdorp

    Bere slaggereed vir Wit Bul-aanslag uit Krugersdorp

    FOTO: Frans Lombard/Actionpix.

    Soos dit ‘n kampioenspan betaam het Hoërskool Garsfontein reeds sy plek in die halfeindstryd van die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling bespreek, voordat drie van sy sleutelspelers verdaag.

    Volg al die Noordvaal Beker-aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com) en Kanaal 216. 

    Die Bere, steeds onoorwonne in vanjaar se reeks, groet eersdaags vir Luan van den Berg (vaskopstut), Junaide Stuart (regtervleuel) en Junade Pasensie (heelagter), wat aldrie deel uitmaak van die twee SA o.18-spanne wat in Augustus, in die Kaap, met Frankryk, Engeland en Ierland kragte meet.

    Die drietal is egter steeds beskikbaar hierdie naweek wanneer Hoërskool Monument op Berepark besoek aflê.

    Hoewel die Wit Bulle se seisoen nie op die beste noot afgeskop het nie, het hulle stelselmatig hul voete begin vind. Die teleurstelling van 2024 se stryd met Garsies, toe hulle naelskraaps met 28-31 tuis op die Ras van Rooyen vasgeval het, sal ook nog vlak in die geheue lê van heelparty spelers, vernaam skrumskakel, Evan Bernhardi.

    Die Wit Bul-buks, wat vanjaar een van die Krugersdorpers se beste spelers is, was uitmuntend in verlede jaar se kragmeting en sal bitter graag vanjaar die bordjies wil verhang. Berepark is egter nie ‘n maklike plek vir ‘n besoekende span om te wen nie.

    Die selfvertroue wat losskakel, Jaydon Viljoen by die onlangse Akademieweek opgedoen het, kan egter ‘n beduidende rol speel. Viljoen was persoonlik verantwoordelik vir ‘n allemintige 58 punte en slegs drie wedstryde, en het die Goue Leeus tot ‘n derde agtereenvolgende titel help lei.

    Luan van den Berg, speler van die wedstryd in verlede jaar se kragmeting, sal voor hy na die Kaap vetrek nog ‘n barshou teen die aartsvyand wil speel, terwyl die skrumpet-brigade, bestaande uit Stuart, ook die held verlede jaar met ‘n drie in die doodsnikke, en Drewyn Baron, die besoekers op die punte sal toets.

    In Krugersdorp wag nôg ‘n herontmoeting wat in 2024 vir groot opslae gesorg het, wanneer die Blou Tornado van Hoërskool Waterkloof vir Hoërskool Noordheuwel op die “heuwel” tref. Die Klofies se Ronan Bastiaanse en kie sal op hul beurt graag die bordjies wil verhang na ‘n loesing van 53-32 deur die Nories op hul tuisveld in Pretoria.

    Bastiaanse is netjies op dreef nadat hy die tweede meeste punte (53), ná Viljoen, by die Akademieweek aangeteken het. Agsteman, Marko Kok, lyk ook na sy ou self met drie uithalervertonings by dieselfde week, terwyl daar ook groot opgewondenheid heers om weer vir haker, Ruan Jacobs, in aksie te sien.

    Klofies durf egter ‘n gedugte Blues-span aan. Jeandré Uithaler, ook in die SA o.18-groepe, sal nes die trio van die Garsies ook nog beskikbaar wees. Clinton Agu laat egter ‘n beduidende leemte vir die tuisspan. Agu geniet ‘n blaaskans voordat hy saam met Uithaler na die Kaap vertrek. Die bekwame Wikus Roos staan sy skoene vol in die voorry.

    Die spanne: 

    Garsfontein t. Monument om 14:00 in Pretoria

    Garsfontein: 15 Junade Pasensie, 14 Junaide Stuart, 13 Levi Jordaan, 12 Keagan Knighton, 11 Drewyn Baron, 10 Derrick Kuhn, 9 Dian van Aswegen, 8 Lourenz de Jager, 7 Stefan van der Vyver, 6 JP Pieterse, 5 Derik Potgieter, 4 JJ Fourie, 3 Luan van den Berg, 2 Justin Blom, 1 Morné Coetzer.

    Monument: 15 Loghan Langeveldt, 14 Jason Joubert, 13 Ruan Genis, 12 Juandré Ehlers, 11 Ewan van der Walt, 10 Jaydon Viljoen, 9 Evan Bernhardi, 8 Ryno van der Westhuizen, 7 Jordan Swanepoel, 6 Caleb Sparks, 5 Dean Hartman, 4 Vincent Roberts, 3 Danie Smith, 2 Regardt Ernst, 1 Ziggy Katiza.

    Noordheuwel t. Waterkloof om 13:10 in Krugersdorp: 

    Noordheuwel: 15 Jeandré Uithaler, 14 Jaydan Steyn, 13 Brandon Pieters, 12 Kieran Reid, 11 Aidan Bester, 10 Pablo Moeketsane, 9 Gillie Diedericks, 8 Armand van Eck, 7 Juandré de Villiers, 6 Andrew Lambert, 5 Jared Coetzer, 4 Robert Hurn, 3 Steph Botha, 2 Wikus Roos, 1 Skuttie Bezuidenhout.

    Waterkloof: 15 Tiaan Posthumus, 14 Ross Adams, 13 Meyer Pretorius, 12 Dylan Botha, Jaiden Badenhorst, 10 Ronan Bastiaanse, 9 Marcel Tsiakos, 8 Marko Kok, 7 Hugo Dercksen, 6 Divan Botha, 5 Dawid Prinsloo, 4 Codi Binneman, 3 Jedri Swart, 2 Ruan Jacobs, 1 Alexander Elliott.

  • Met eerste sege agter die blad is Ermelo ’n perd van ‘n ander kleur

    Met eerste sege agter die blad is Ermelo ’n perd van ‘n ander kleur

    FOTO: Marius Nortjé.

    Met ‘n eerste sege in die SDC Noordvaal Cup se Bowl-afdeling, wat hulle lank ontwyk het, oplaas agter die blad, kan Hoërskool Ermelo voortaan ‘n moeilike perd wees om op te saal.

    Volg al die Noordvaal Bowl-aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com)

    Dit is iets wat Bergsig Akademie, nóg ‘n nuweling in vanjaar se reeks, deeglik van bewus is op die vooraand van die twee spanne se stryd Saterdagmiddag in Rustenburg.

    Die span van Mpumalanga het kort voor die skoolvakansie sy eerste sege as deel van die Bowl-afdeling behaal, en dit boonop teen een van dié afdeling se groot honde, Hoërskool Eldoraigne. Dit het gewys dat Bergsig op enige gegewe dag die wa deur die drif kan trek.

    Duan Burger, die oopkantflank en held met ‘n drie in die doodsnikke teen die Eldos, sal weer ‘n vername rol hê om te speel, terwyl heelagter, WJ Pretorius, wat ook die span van Ermelo se skopwerk behartig, se tweestryd met die Eagles se ervare Alzandro dos Santos beloof om die skote agterlangs te laat klap.

    Nog ‘n Dos Santos in die Eagles se midde, skrumskakel, Paulo, is oorgehaal om sy tweelingbroer van sy gebruiklike flink diens te voorsien. Albei het in die span van Rustenburg se laaste wedtryd voor die vakansie hul 50ste buiging vir die Eagles gemaak.

    In Randburg wag daar ‘n titaniese stryd op Hoërskool Randburg wanneer Merensky Landbou Akademie van agter die sitrusgordyn, in Tzaneen, kom besoek aflê.

    Die Randburgers moet die stryd sonder staatmakerslot, Philip Rykaart, aandurf. Rykaart is tot die volgende ronde buite aksie weens ‘n hou teen die kop in die Goue Leeus se Welpie-wedstryd by die onlangse Akademieweek in Middelburg. Hy word deur Branden Peterson vervang.

    Voorts skuif Joshua Wiggett van heelagter na losskakel, met Eduan Bakkes wat hom vervang in die nr. 15-trui. Loskopstut en kaptein, Malan van Heerden, keer ook terug van ‘n besering.

    Die Plasies pak die tog met ‘n onveranderde span aan wat beteken dat nuutverkose hoofseun, Jan Pretorius, weer saam met steelkantflank, PG Botes, aan die kant van die skrum diens doen. Kaptein en Cravenweek-losskakel, Maritz Meintjies, neem sy gebruiklike plek op binnesenter in.

    Hoërskool Eldoraigne draf vir die eerste keer sedert die aanvang van seisoen met ‘n volsterkte span op sy tuisveld uit teen Hoërskool Dinamika. Daar is nietemin ‘n paar aanpassings gemaak, met vernaam Cameron Killian se skuif van flank na haker wat aandag trek. Binnesenter, Kevin Earle maak ook sy terugkeer na die beginspan.

    Potchefstroom Volkskool, wat steeds in ‘n stoeigeveg vir ‘n plek in die halfeindrondes gewikkel is, sal sy staal teen Hoërskool Jeugland tuis in Potchefstroom wil wys.

    Die eksperiment met Anro Nel op losskakel het duidelik ‘n indruk gelaat aangesien die Volkies besluit het om te volhard met die kombinasie van Lourenzo Louw (regtervleuel) en Lethabo Riet (heelagter) in die agterste driehoek. Riet se tweestryd met Jeugland se Kokets Maphopa kan vir aksiebelaaide hardlooprugby in Potchefstroom sorg.

    Die spanne: 

    Bergsig Akademie t. Hoërskool Ermelo om 13:40 in Rustenburg

    Bergsig Akademie: 15 Alzandro Dos Santos, 14 Keabetswe Daile, 13 Bradley Stonehouse, 12 Dan Bogopane, 11 Heinrich Krugel, 10 Carlo de Jager, 9 Paulo Dos Santos, 8 Stephan Harmse, 7 Thatano Bagwase, 6 Christiaan de Abreu, 5 Martin Pieterse, 4 Jacques Viviers, 3 Dylan Smith, 2 Marnus Dercksen, 1 Thabang Machubene.

    Hoërskool Ermelo: 15 WJ Pretorius, 14 Luthando Mahlangi, 13 HJ Hobkirk, 12 Nicolas Steyn, 11 Thabo Mokwena, 10 Janco Kleynhans, 9 Dick Rouillard, 8 Cules Hamman, 7 Marco de Bruin, 6 Duan Burger, 5 Janneman Malan, 4 De La Rey Hattingh, 3 Jacques Diedericks, 2 Ruan Grobler, 1 Hennie Geel.

    Hoërskool Randburg t. Merensky Landbou Akademie om in Randburg

    Hoërskool Randburg: 15 Eduan Bakkes, 14 Bradley Butcher, 13 Dwaine Scotson 12 Zander Drake, 11 Jayden Oosthuizen, 10 Joshua Wiggett, 9 Rico Vosloo, 8 Cruwin Hill, 7 Chrisjan van Niekerk, 6 Victor van Blerk, 5 Branden Peterson, 4 Jayden Brown, 3 Kian Kritzinger, 2 Diedelov Fourie, 1 Malan van Heerden.

    Merensky: 15 George Steenkamp, 14 Meschack Mohlala, 13 Jens Bezuidenhout, 12 Maritz Meintjies, 11 Henru Venter, 10 JD Boshoff, 9 Muis Koen, 8 Phuki Mpiti, 7 PG Botes, 6 Jan Pretorius, 5 Craig Walker, 4 Blessing Mathebula, 3 Otto Muller, 2 Marno Nel, 1 Carel Volschenk.

    Eldoriagne t. Dinamika om 12:30 in Centurion

    Eldoraigne: 15 Manie Buitendag, 14 Aiden Labuschagne, 13 Hanno Jacobs, 12 Kevin Earle, 11 Hugo Theron, 10 Damian Elferink, 9 Darren Bruwer, 8 Justin Meintjies, 7 Kyle de Bruin, 6 Juawan Pieterse, 5 MC Scheepers, 4 Esdee Kotze, 3 Wian White, 2Cameron Killian, 1 Marnes Prinsloo.

    Dinamika: 15 Zavian Mathys, 14 Nico Greyling, 13 Shane Serfontein, 12 Caiden van der Merwe, 11 Nathan Kearns, 10 Keanu de Sousa, 9 Gustav Schutte, 8 Monré van Wyk, 7 Hendrik Albert, 6 Darren Pretorius, 5 Dewan Gomes, 4 Branden Smit, 3 Jayden Smith, 2 Duandré Boshoff, 1 Janco Fourie.

    Potchefstroom Volkskool t. Jeugland om 12:30 in Potchefstroom

    Potchefstroom Volkskool: 15 Lethabo Riet, 14 Lourenzo Louw, 13 Hennie Pretorius, 12 Rivel Samuel, 11 Juan Fourie, 10 Anro Nel, 9 Juhan Geldenhuys, 8 Johannes Lombard, 7 Marlu du Preez, 6 Wian Victor, 5 Henré Nel, 4 Joshua van der Westhuizen, 3 De Waal Coetzer, 2 Louis Fourie, 1 Koan Smith.

    Jeugland (moontlik): 15 Kokets Maphopa, 14 Beya Nyathi, 13 Andrew Khoza, 12 Innocent Vilakazi, 11 Thando Ngomane, 10 King Agbanzo, 9 Zaydene Adams, 8 Jaden Kleyn, 8 Jaden Kleyn, 7 Alec Mohlala, 6 Joseph Ngoma-Ngoma, 5 Nivan Duvenhage, 4 Daniel Wawina, 3 Khumo Maimane, 2 Lesego Moitse, 1 Phenyo Nkoana.

     

  • Rossouw se vlam kan vuur onder Secunda-pak aansteek

    Rossouw se vlam kan vuur onder Secunda-pak aansteek

    FOTO: Hoërskool Secunda Fotoklub op Facebook.

    Franko Rossouw se vlam brand helder in Secunda, nadat dié losvoorspeler vandeesweek in kennis gestel is dat hy in Augustus sal deel uitmaak van die twee SA o.18-groepe wat met Engeland, Frankryk en Ierland moet kragte meet.

    Volg al die Noordvaal Skild-aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com) 

    Rossouw, wat as steelkantflank sy merk gemaak het by die onlangse Cravenweek in Middelburg, sal egter hierdie naweek sy fokus eers verskuif na die hervatting van die SDC Noordvaal Cup se Skild-afdeling na die skoolvakansie.

    Rossouw behoort saam met vaskopstut en kaptein, MC Vosloo, die vuur onder Hoërkool Secunda se groot agttal aan te steek met die wete dat ‘n stryd teen Hoërskool Montana, hoewel op tuisbodem, geen maklike taak is nie.

    Rossouw se losvoorspelermaat, Sifiso Hlungwane, wat self by die Cravenweek in aksie was, is ook weer gereed om die skooltrui oor sy kop te trek, terwyl binnesenter, Bismarck Jansen, en losskakel, Alanzo Blackenberg, hul billike kwota rugby agter die rug het na die Akademieweek, wat ook in Middelburg plaasgevind het.

    Die Monties beklee tans die boonste posisie op die puntelys en is sterk op dreef om, in hul eerste jaar in die Skild-afdeling, ‘n plek in die halfeindrondes los te slaan. Binnesenter en kaptein, Hendrew Schoeman, en sy tweelingbroer, Sam Schoeman, vervul ‘n sleutelrol op die aanval en hou ‘n beduidende gevaar in vir die tuisspan.

    Die Schoemans is nie die enigste tweeling wat vir die Monties in aksie is nie, met oopkantflank, Aiden Vorster, se tweestryd met Hlungwane in die los wat ‘n hoogtepunt behoort te wees, terwyl Ashton Vorster oorgehaal is om ‘n impak as haker vanaf die plaasvervangerbank te maak.

    In Springs wag daar n liplekker-stryd in die plaaslike derby tussen Hoërskool Die Anker en die naburige Hoërskool Hugenote. Die span van Brakpan betree die stryd op bykans volsterkte, met slegs heelagter, Paul Schutte, wat afwesig is.

    Schutte is onlangs in die hospitaal opgeneem vir ‘n aantal noodoperasies nadat sy blindederm gebars het. Volgens afrigter, Gavin Fourie, is Schutte tans in ‘n stabiele toestand. Dit behoort die besoekers verder aan te vuur om uithalerspel te lewer vir hul spanmaat, terwyl Ethan Minnie hom in die nr. 15-trui vervang.

    Hoërskool Ben Vorster moet, soos wat elke tweede jaar die geval is, die tog van 583 km aflê om Saterdag die omgekrapte Hoërskool Lichtenburg aan te pak. Breier, Frikkie Spangenberg, het ‘n rits taktiese skuiwe aangebring.

    Sy mees ervare speler, Lethabo Sejake, skuif van vleuel na agseman, waarskynlik as ‘n teenvoeter vir die bedreiging wat die Liggies se kaptein, KG Legodi inhou, met Tumi Ramohlale wat van agseman na vleuel skuif en ekstra woema op die aanval kan bied.

    Vir die Bloumasjien draf sy staatmakerflank, Tiaan Booysen in sy 50ste wedstryd vir die Liggies uit. Buiten dié reuse prestasie is Booysen se hoë werksetiek ook deurgangs ‘n groot sleutel in die Lichtenburgers se sukses.

    Die Limpopo Blou Bulle se held in hul styd met die Griffons in Middelburg vroeër vandeesmaand, Ryno Mienie, is terug op sy pos as heelagter vir Heidelberg Volkskool se besoek aan Hoërskool Pietersburg Saterdag in Polokwane. Die twee spanne het reeds vanjaar in die NWU Prestige-reeks ontmoet, met die Pieties wat in ‘n drieëfees met 43-34 geseëvier het.

    Dit gooi effens meer petrol op die vuur vir die herontmoeting, met albei spanne wat steeds veg vir ‘n plek in die halfeindronde oor ‘n paar weke. Die Volkies verwelkom hul gevaarlike binnesenter, Vaughn Steynvaart, terug, nadat hy sy skorsing vir ‘n rooikaart uitgedien het.

    Die spanne: 

    Hoërskool Secunda t. Montana om 12:20 in Secunda

    Secunda: 15 Dillon Grundling, 14 Ryan Lottering, 13 Armand Underhay, 12 Bismarck Janse, 11 Damian de Beer, 10 Alonzo Blackenberg, 9 JD van Coller, 8 Franko Rossouw, 7 Zander van der Merwe, 6 Sifiso Hlungwane, 5 Renier Combrink, 4 Mickey Jordaan, 3 MC Vosloo, 2 Rico Schoeman, 1 Nathan Erasmus.

    Montana: 15 Marq de Villiers, 14 Dixie Sethuga, 13 Luan Barnard, 12 Hendrew Schoeman, 11 Sam Schoeman, 10 Rubel Bester, 9 Braam Schutte, 8 Ulrich van Biljon, 7 Dieter Scheepers, 6 Aiden Vorster, 5 Kyle Bronkhorst, 4 Eric Potgieter, 3 Xandré le Roux, 2 Juan Theunissen, 1 Aiden van der Made.

    Hoërskool Hugenote van Springs t. Die Anker om 12:30 in Springs

    Hugenote (Springs) (moontlik): 15 Christaan Basson, 14 Andile Dhlamini, 13 Yovan Prinsloo, 12 Dylan Nel, 11 Kyle de Klerk, 10 George Lucas, 9 Thanyani Mokiri, 8 Euan Venter, 7 Luan Pretorius, 6 Arné Marais, 5 André Coetzee, 4 Tristan de Beer, 3 Wian Rudolph, 2 Luan Smit, 1 Franko Neuhoff.

    Die Anker: 15 Ethan Minnie, 14 Dyllon le Roux, 13 Arno Krugel, 12 Edrick Pienaar, 11 Jonothan Jordaan, 10 Danie Smit, 9 Troy Joubert, 8 Ruben Herbst, 7 Markus Herbst, 6 Byron van Zyl, 5 Jaydon Steenkamp, 4 Marco Groenewald, 3 Xavier Momberg, 2 Rico Goosen, 1 Branden Sauerman.

    Hoërskool Lichtenburg t. Ben Vorster om 12:30 in Lichtenburg

    Hoërskool Lichtenburg: 15 Xander Blom, 14 Thatu Seabo, 13 WJ Liebenberg, 12 Oratile Sekoto, 11 Kuzi Mupudzi, 10 Luan Snyman, 9 Rea Motsusi, 8 KG Legodi, 7 Tiaan Booysen, 6 MC Shanahan, 5 Darius Lombard, 4 Elje Kleynhans, 3 Juan van Rhyn, 2 David Passetti, 1 Ruben Pretorius.

    Ben Vorster: 15 Freddie Pinto, 14 Zane Trollip, 13 Gehan Hendricks, 12 Stiaan du Rand, 11 Tumi Ramohlale, 10 Shelton-Ray Primo, 9 Joshua van Eeden, 8 Lethabo Sejake, 7 Joshua van der Mescht, 6 Kobus de Beer, 5 Chifu Banda, 4 Barend Harmse, 3 Randy Magabe, 2 Ruben Pohl, 1 Thabang Nkuna.

    Hoërskool Pietersburg t. Heidelberg Volkskool om 13:30 in Polokwane

    Hoërskool Pietersburg: 15 Ryno Mienie, 14 Armand Venter, 13 Zuhan Labuschagne 12 Siya Mahlangu, 11 Keanu Potgieter, 10 Juan Randall, 9 Celliers van der Merwe, 9 Ludke Pienaar, 8, FC Smith, 7 Juan Jansen van Vuuren, 6 Andru de Beer, 5 Ludke Pienaar, 4 Brent Vorster, 3 Stephan Jansen van Rensburg, 2 Ziahn Lombaard, 1 Krissie Swanepoel.

    Heidelberg Volkskool: 15 Theuns van der Merwe, 14 Pieter Greyling, 13 Tritstan Munro, 12 Vaughn Steynvaart, 11 JV Badella, 10 Marco Botha, 9 Hein Oelofse, 8 Juandré Pretorius, 7 Klaas Venter, 6 Jaco Botha, 5 Jano Dietrechsen, 4 Werner Grobler, 3 Dean Last, 2 Henru Coetzer, 1 Reuben Bothma.

  • Free State finish with a flourish

    Free State finish with a flourish

    PHOTO: Frans Lombard/Actionpix.

    Bernard Wessels and Benjamin van den Berg recorded a hat-trick of tries each as Free State finally bagged a victory at this year’s Academy Week in Middelburg on Friday.

    Relive all the action on SuperSport Schools – (www.supersportschools.com) 

    Wessels and Van den Berg, both playing in the backline for the Free Staters, used the platform laid by their dominant pack to lash the opposition as the men in white and orange romped to a 61-3 win against Border.

    Upfront, No. 8, Franco Oberholzer, who will, from next week, be known as Franco Teixeira, taking his father’s family name, left the best for last with a tireless performance across the park. This ignited the Free State pack, who gave Border a torrid time in the forward exchanges.

    Captain Thristan Maree, Tian Fourie and Hennie Bredenhann were the other try-scorers for Free State, while Samson Lackay slotted seven conversions.

    In the opening match on the C-Field, Namibia and Zimbabwe kicked off the last day’s proceedings in customary fashion with the annual international between the two sides. This year, the bragging rights belonged to the men from Zimbabwe as they sealed a 36-26 victory thanks to a brace from blindside flanker Tapiwanashe Mujuru.

    Jason Coetzer helped the Valke to yet another victory via his boot. Although not as accurate as on the second day, his solitary penalty goal helped his side over the line in a tightly contested 15-14 victory over traditional rivals, the Limpopo Blue Bulls.

    For the men from the most northern province, No. 8 Ignus Ferreira carried the baton. Ferreira’s ferocious outing on defence, combined with some rampaging runs, was a thorn in the Valke’s side.

    The Griffons continued their stellar comeback following the hiding they had suffered on the first day, to achieve a second win on the trot. Two tries each from Vusi Ndayi and Darius Job proved enough for the Purple People Eaters to outclass the hosting Pumas by 29-24.

    Scorers: 

    Hoërskool Middelburg B-Field: 

    Free State 61 (33) – Tries: Bernard Wessels (3), Benjamin van den Berg (3), Tian Fourie, Thristan Maree, Hennie Bredenhann. Conversions: Samson Lackay (7), Okuhle Dyani. Border 3 (3) – Penalty: Iganathi Mnunu.

    Valke 15 (12) – Tries: Liam Hector, Reuben Bothma. Conversion: Jason Coetzer. Penalty: Coetzer. Limpopo Blue Bulls 14 (7) – Tries: Lourens Pieterse, Reabetswe Senyolo. Conversions: Juan Randall (2).

    Griffons 29 (16) – Tries: Vusi Ndayi (2), Darius Job (2). Penalties: Jaydon Windvogel (3). Pumas 24 (12) – Tries: Bismarck Jansen, Hanro Terblanche, Lesego Rakale, Dewald du Toit. Conversions: Buhle Mphahlaza, John Duncan.

    Hoërskool Middelburg C-Field:

    Griquas 29 (17) – Tries: Thabo Thole, Amiel Soudens, Kitso Lephoi, Bernard Daniel. Conversions: HG van Heerden (2), Dohan Dege. Border Country Districts 10 (7) – Try: Ntsika Dubase. Conversion: Ntsika Jele. Penalty: Jele.

    Leopards 47 (14) – Tries: Wian Vieter (2), Omphile Aplane, Luan Snyman, Diale Keabetswe, Laurenzo Louw, Marnus Dercken. Conversions: Luan Snyman (4), Wian du Preez (2). LSEN XV 14 (7) – Tries: Rigen Chigosie, Jordan Derrocks. Conversions: Yusuf Hannibal (2).

    Zimbabwe 36 (22) – Tries: Tapiwanashe Majuru (2), Curtis Mashonganyika, Mufaro Ndoro, Rukudzo Mayida. Conversions: Mayida, Denzel Dhave, Mashongantika. Namibia 26 (20) – Tries: Pieter-Jan Strydom, Ethan Sinden. Conversions: Williams Beukes (2). Penalties: JD Jankowitz (3), MC van Wyk.

  • Viljoen fires Lions to third straight title

    Viljoen fires Lions to third straight title

    Golden Lions’ flyhalf Jaydon Viljoen dives across for the first try of the unofficial Academy Week final at Hoërskool Middelburg in Mpumalanga. PHOTO: Frans Lombard/Actionpix.

    Jaydon Viljoen capped a memorable week in Middelburg as the tournament’s leading points-scorer by guiding the Golden Lions to a third consecutive Academy Week title.

    Relive all the action on SuperSport Schools – (www.supersportschools.com)

    The Hoërskool Monument flyhalf once again starred, contributing 16 points towards his side’s 31–20 victory over Western Province in Friday’s final. It also marked the Lions’ ninth consecutive win at the Academy Week, maintaining an unbeaten streak that began with their first fixture of the 2023 edition.

    In addition to his reliable kicking, which was a highlight throughout the week, Viljoen also opened the scoring in the unofficial final with a try. Inside centre, Samuel Smith, delivered another commanding attacking display in midfield, and scored arguably the try of the match to seal the win for the red-and-whites.

    For Province, flyhalf Francois van der Merwe demonstrated class and vision to keep his team in contention. After the break, momentum briefly shifted as captain Sango Zangqa powered over through a driving maul, followed by tries by Eathon Williams and Deros Manya. It was too little, too late, though, as the Lions’ defence stood firm during the latter stages to secure yet another title.

    In the curtain-raiser, the South Western District Eagles edged past the Lions XV in a nail-biting encounter, preserving their unbeaten record with a 20–19 win. Caleb Williams’ mighty boot proved decisive, with two long-range penalty goals that extended the Eagles’ lead beyond reach, although late tries from the Welpies’ Siyabonga Ncube and Juandré Ehlers nearly turned the tide.

    Eagles’ hooker Adrian Smith deserves a special mention for his tireless grafting and ball-carrying efforts that ignited his pack, even though he did not cross the whitewash himself.

    Eastern Province returned to winning ways in emphatic fashion, running in seven tries for a 45–24 victory over Boland. Nippy scrumhalf Oliver John opened the scoring and backed it up with a composed display behind a dominant pack. The solid platform provided to him and flyhalf Bulomko Kilani enabled Eastern Province to play with freedom, unleashing their pacy outside backs who thrived in open space.

    In Friday’s opening match, the Sharks mounted a remarkable comeback from 12-29 down to defeat the Blue Bulls 33–29. Hooker Theo Boshoff continued his rich vein of form behind the driving maul to conclude the week with a hat-trick of tries.

    The Bulls dominated the first half, with flyhalf Tilon Baron dictating play well, but were shut out in the second stanza. The Sharks controlled the final 35 minutes to convert the increased pressure into 21 unanswered points, with Cilermo Carolus scoring the match-winning try on the final hooter.

    Scorers: 

    Hoërskool Middelburg A-Field: 

    Golden Lions 31 (24) – Tries: Jaydon Viljoen, Manuel Motsi, Samuel Smith, Michael Nwogwungwu. Conversions: Viljoen (4). Penalty: Viljoen. Western Province 20 (3) – Tries: Sango Zangqa, Eathon Williams, Deros Manya. Conversions: Francois van der Merwe (2). Penalty: Van der Merwe.

    South Western Districts 20 (7) – Tries: Wayne Ganniwa, Hayden Luiter. Conversions: CT Volsoo (2). Penalties: Caleb Williams (2). Lions XV 19 (0) – Tries: Francois Tonkin, Siyabonga Ncube, Juandré Ehlers. Conversions: Daniel Soekoe (2).

    Eastern Province 45 (21) – Tries: Oliver Johns, Moah Mbizi, Chuma Bloouw, Bradley Myburgh, Wendall Uithaler, Silinde Ntshokoma. Conversions: Boland 24 (17) – Tries: Anwill Jacobs, Jano van Deventer, Favian Arendse, Morné Roos. Conversions: Van Deventer (2).

    Sharks 33 (12) – Tries: Theo Boshoff (3), Andrew Schnell, Cilermo Carolus. Conversions: Lwazi Mbebe (3), Lux Sonkononkono. Blue Bulls 29 (24) – Tries: Tilon Baron, Marko Kok, Ronan Bastiaanse, Justin Blom. Conversions: Bastiaanse (3). Penalty: Bastiaanse.

  • Results – FNB u18 Academy Week – Day 3

    Results – FNB u18 Academy Week – Day 3

    PHOTO: Frans Lombard/Actionpix.

    Scorers: 

    Hoërskool Middelburg A-Field: 

    Golden Lions 31 (24) – Tries: Jaydon Viljoen, Manuel Motsi, Samuel Smith, Michael Nwogwungwu. Conversions: Viljoen (4). Penalty: Viljoen. Western Province 20 (3) – Tries: Sango Zangqa, Eathon Williams, Deros Manya. Conversions: Francois van der Merwe (2). Penalty: Van der Merwe.

    South Western Districts 20 (7) – Tries: Wayne Ganniwa, Hayden Luiter. Conversions: CT Volsoo (2). Penalties: Caleb Williams (2). Lions XV 19 (0) – Tries: Francois Tonkin, Siyabonga Ncube, Juandré Ehlers. Conversions: Daniel Soekoe (2).

    Eastern Province 45 (21) – Tries: Oliver Johns, Moah Mbizi, Chuma Bloouw, Bradley Myburgh, Wendall Uithaler, Silinde Ntshokoma. Conversions: Boland 24 (17) – Tries: Anwill Jacobs, Jano van Deventer, Favian Arendse, Morné Roos. Conversions: Van Deventer (2).

    Sharks 33 (12) – Tries: Theo Boshoff (3), Andrew Schnell, Cilermo Carolus. Conversions: Lwazi Mbebe (3), Lux Sonkononkono. Blue Bulls 29 (24) – Tries: Tilon Baron, Marko Kok, Ronan Bastiaanse, Justin Blom. Conversions: Bastiaanse (3). Penalty: Bastiaanse.

    Hoërskool Middelburg B-Field: 

    Free State 61 (33) – Tries: Bernard Wessels (3), Benjamin van den Berg (3), Tian Fourie, Thristan Maree, Hennie Bredenhann. Conversions: Samson Lackay (7), Okuhle Dyani. Border 3 (3) – Penalty: Iganathi Mnunu.

    Valke 15 (12) – Tries: Liam Hector, Reuben Bothma. Conversion: Jason Coetzer. Penalty: Coetzer. Limpopo Blue Bulls 14 (7) – Tries: Lourens Pieterse, Reabetswe Senyolo. Conversions: Juan Randall (2).

    Griffons 29 (16) – Tries: Vusi Ndayi (2), Darius Job (2). Penalties: Jaydon Windvogel (3). Pumas 24 (12) – Tries: Bismarck Jansen, Hanro Terblanche, Lesego Rakale, Dewald du Toit. Conversions: Buhle Mphahlaza, John Duncan.

    Hoërskool Middelburg C-Field:

    Griquas 29 (17) – Tries: Thabo Thole, Amiel Soudens, Kitso Lephoi, Bernard Daniel. Conversions: HG van Heerden (2), Dohan Dege. Border Country Districts 10 (7) – Try: Ntsika Dubase. Conversion: Ntsika Jele. Penalty: Jele.

    Leopards 47 (14) – Tries: Wian Vieter (2), Omphile Aplane, Luan Snyman, Diale Keabetswe, Laurenzo Louw, Marnus Dercken. Conversions: Luan Snyman (4), Wian du Preez (2). LSEN XV 14 (7) – Tries: Rigen Chigosie, Jordan Derrocks. Conversions: Yusuf Hannibal (2).

    Zimbabwe 36 (22) – Tries: Tapiwanashe Majuru (2), Curtis Mashonganyika, Mufaro Ndoro, Rukudzo Mayida. Conversions: Mayida (2), Denzel Dhave, Mashongantika. Namibia 26 (20) – Tries: Pieter-Jan Strydom, Ethan Sinden. Conversions: Williams Beukes (2). Penalties: JD Jankowitz (3), MC van Wyk.,

  • Lions favourites to defend Academy Week title

    Lions favourites to defend Academy Week title

    PHOTO: Hannes Rossouw Photography.

    After 20 exhilarating matches across the first two days of the 2025 Academy Week at Hoërskool Middelburg in Mpumalanga, the Golden Lions once again find themselves in familiar territory.

    Follow all the Academy Week action live on SuperSport Schools – (www.supersportschools.com)

    Adding further intrigue to a final showdown with Western Province, the action on the final day will move to Middies’ pristine A-Field.

    The SA Schools selectors will be in attendance there to assess the talent competing just below the level of the ongoing Craven Week. Kick-off is scheduled for 12:45.

    The Lions are within reach of a third consecutive title at the Academy Week. Over the first two days, the Gauteng-based outfit roared with authority, racking up a remarkable 164 points in just two outings, including a century (108–14) against the Griffons in their opener.

    Following that demolition of the Purple People Eaters, they proceeded to hunt down Eastern Province, once again surpassing the 50-point mark with a commanding 56–10 victory. In that encounter, Monument flyhalf Jaydon Viljoen became the week’s leading points-scorer, highlighting just how crucial his kicking may prove on the final day.

    His side’s dazzling attacking play has provided Viljoen with plenty of opportunities to aim at goal, and he now leads the conversions table with a staggering 21 to his name. Viljoen’s looming duel with WP flyhalf Francois van der Merwe promises to be a battle within the battle. In addition to being lethal off the tee, both pivots boast sharp attacking prowess, setting the stage for a mouth-watering face-off.

    In the curtain-raiser, the ever-impressive South Western Districts Eagles meet the Lions’ second side, the Lions Welpies. Despite narrowly falling short against WP (21–25), the all-U17 Welpies have impressed throughout the week. They will, however, be well aware that the Eagles present a formidable challenge, especially after their comfortable 25–7 victory over Free State on day two.

    The final day’s action kicks off at 08:30, with the Blue Bulls, featuring the tournament’s second-highest points-scorer, Ronan Bastiaanse, taking on the Sharks. Bastiaanse also leads the try-scoring charts, having crossed the whitewash three times. Eastern Province and Boland will follow, meeting for bragging rights in a classic Eastern versus Western Cape encounter.

    Fixtures for Day 3, Friday, 11 July:

    Hoërskool Midelburg A-Field: 

    08:30 – Blue Bulls vs Sharks
    09:45 – Eastern Province vs Boland
    11:00 – South Western Districts vs Lions XV
    12:15 – Golden Lions vs Western Province

    Hoërskool Middelburg B-Field: 

    08:30 – Pumas vs Griffons
    09:45 – Valke vs Limpopo Blue Bulls
    11:00 – Free State vs Border

    Hoërskool Middelburg C-Field: 

    08:30 – Namibia vs Zimbabwe
    09:45 – Leopards vs LSEN XV
    11:00 – Griquas vs Border Country Districts

  • Sithole brace helps Border down Pumas

    Sithole brace helps Border down Pumas

    Photo: Tap Light Edits.

    Dale College’s Kamvelihle Sithole dotted down twice as Border bagged a memorable 27-17 victory over the hosts, the Pumas, in the main match on the B-Field of the 2025 Academy Week at Hoërskool Middelburg.

    Relive all the action on SuperSport Schools – (www.supersportschools.com) 

    The encounter initially struggled to get going with the sides locked 3-3, before Sithole crossed the whitewash for the first time, shortly before the break.

    The Border side found their rhythm in the second half with more tries, to Sithole, Luphumzo Toyo and Phawu Ludwaba, and a total of 17 points scored in the final 35 minutes.

    The hosts’ Siboniso Manglanghu and Ethan Esterhuizen broke through for the side in pink’s only tries, yet the Pumas had hit their straps just a tad too late.

    Valke scrumhalf, Jason Coetzer, booted his side to a 25-19 victory over the Griquas in the curtain-raiser. With the Valke having pierced the Griquas’ defence only once, with a try from Themba Mbele, Coetzer had to step up to the plate from the tee. He did so with aplomb, slotting six penalties and a conversion for a personal contribution of 20 points.

    The Griffons shrugged off the 108-point defeat at the hands of the Lions on the first day, to redeem themselves with a 31-12 victory over the visiting Zimbabwe. Inside centre Adieu Cramford provided the necessary punch in midfield. Along with a strong performance on attack, his defence was also noteworthy. He was rewarded with a well-deserved brace, which paved the way for the Purple People Eaters’ win.

    The encounter between Namibia and the LSEN XV went down to the wire as the teams pushed each other to the limit. Enjoying a healthy 31-10 lead at the break, which included a brace of tries by Ethan Sinden, Namibia had to start defending for all their worth as the LSEN side shifted into top gear. Ralton Rhode stole the show in the second stanza, delivering a wonderful attacking performance that also yielded a brilliant brace of tries.

    The Leopards saw off Border Country Districts 26-7 in the opening fixture on the B-Field. Openside flanker, Wian Vieter, did most of the damage as he, too, crossed the whitewash twice, while inside centre, Wian du Preez, also kept the Country Districts side busy in midfield.

    Scorers: 

    Hoërskool Middelburg C-Field: 

    Border 27 (10) – Tries: Kamvelihle Sithole (2), Luphumzo Toyo, Phawu Ludwaba. Conversions: Ignanathi Mnunu (2). Penalty: Mnunu. Pumas 17 (3) – Tries: Siboniso Manglanghu, Ethan Esterhuizen. Conversions: WJ Enslin (2). Penalty: Enslin.

    Valke 25 (12) – Try: Themba Mbele. Penalties: Jason Coetzer (6). Griquas 19 (0) – Tries: Hlompo Rooibaadjies, Dohan Dege, Azince Mphawuli. Conversions: JG van Heerden (2).

    Griffons 31 (24) – Tries: Adieu Cramford (2), Vusi Ndyayi, Jayden Windvogel. Conversions: Windvogel (3), Tyron Adams. Zimbabwe 12 (0) – Tries: Khulekani Nduku, Tavonga Chirisa. Conversion: Rukudzo Mayida.

    Namibia 34 (31) – Tries: Ethan Sinden (2), JD Jankowitz, Frederick Engelbrecht, Buhlem Oelofsen. Conversions: William Beukes (2), Jankowitz. Penalty: MC van Wyk. LSEN XV 29 (10) – Tries: Ralton Rhode (2), Rigen Chigosie, Ayema Mbotya. Conversions: Yusuf Hannibal (3). Penalty: Hannibal.

    Leopards 26 (5) – Tries: Wian Vieter (2), Wian du Preez, Lethabo Rebanone. Conversions: Luan Snyman (2), Juhan Geldenhuys. Border Country Districts 7 (7) – Try: Uyathnadwa Nogqala. Conversion: Siphesande Mchangayi.