SSPN Test Site

Author: froberholzer

  • Gimmies wil kruin van golf in Bowl bly ry

    Gimmies wil kruin van golf in Bowl bly ry

    FOTO: Potchefstroom Gimnasium op Facebook.

    Potchefstroom Gimnasium se verdediging van sy Bowl-titel in vanjaar se SDC Noordvaal Cup loop tans volgens plan.

    Volg al die Bowl aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com) 

    Hy kom egter Saterdag voor nóg ‘n taamlike toets te staan wanneer Merensky Landbou Akademie op die Piet Malan-veld besoek aflê.

    Die Gimmies het reeds ‘n groot uitdaging teen hul gedugte bure, Potchefstroom Volkskool, te bowe gekom met ‘n sege van 21-12 in die jaarlikse Potchefstroom-derby. Boonop is hulle steeds onoorwonne in vanjaar se reeks, wat ‘n gelykopuitslag van 33-33 insluit, en dit ten spyte daarvan dat hulle nog slegs een wedstryd tuis gespeel het.

    Die Plasies het die wenkbroue gelig deur vir Volkies verlede naweek met 28-19 in Tzaneen te troef en so hul teenwoordigheid in die reeks te benadruk. Hoewel hulle hierdie week die lang tog na Potchefstroom moet aanpak, doen hulle dit met hope selfvertroue en betree die kragmeting boonop met ‘n onveranderde span.

    Gimmies se breier, Regardt Kleingeld, het slegs twee veranderinge aan sy onoorwonne span gemaak. Orabile Koena vervang vir Chris van Zijl op linkervleuel, in ‘n taktiese skuif, terwyl ‘n besering aan slot, Dirk Stear, vir Joubert Niemann geleentheid bied in die beginspan.

    In Centurion wag nog ‘n titaniese stryd wanneer twee van die Bowl se ander swaargewigte, Potchefstroom Volkskool en Hoërskool Eldoraigne, op laasgenoemde se tuisveld in Pretoria slaags raak.

    Dit lyk asof die beseringspook oplaas vir die Eldos met rus gelaat het, met die gevaarlike Kevin Earle (senter) en kantman, MC Scheepers, wat altwee hul terugkeer van die plaasvervangerbank maak.

    Die Volkies ervaar las van drie beserings, maar dit is taktiese skuiwe in die agterhoede wat verál aandag trek. Anro Nel verruil die nr. 15-trui vir dié van losskakel, terwyl Lourenzo Louw sy plek in die beginspan behou, maar na regtervleuel skuif met Lethabo Riet op heealgter.

    Bergsig Akdemie het ‘n groot terugslag beleef op die vooraand van sy kragmeting met Hoërskool Dinamika in Rustenburg, met flank en kaptein, Christian de Abreu, wat vir die res van die seisoen buite aksie is. De Abreu word vervang deur Tatwane Bagwase, wat van stut na die kant van die skrum skuif. Marnus Dercksen skuif na vaskopstut met Ruandré van der Mescht wat sy plek in die middel van die voorry inneem.

    Dit is ‘n spesiale dag vir die Dos Santos-familie, met die broers, Paulo (skrumskakel) en Alzandro (losskakel), wat albei in hul 50ste wedstryd as Arende uitdraf.

    Hoërskool Randburg verwelkom kaptein, Malan van Heerden, terug op sy pos as loskopstut, in sy kragmeting met Hoërskool Ermelo, in Ermelo. Van Heerden het die Randburgers se laaste twee uitstappies misgeloop weens ‘n besering wat hy teen die Gimmies opgedoen het.

    Die spanne:

    Potchefstroom Gimnasium t. Merensky Landbou Akademie om 12:30 in Potchefstroom:  

    Potchefstroom Gimansium: 15 Jandré Oosthuizen, 14 Rea Moloalosi, 13 Irumeleng Pheto, 12 Elrich Bosch, 11 Orabile Koena, 10 Zandré Da Silva, 9 MJ Viljoen, 8 De Wet Gorbler, 7 Reuel Potgieter, 6 Damian Zwahlen, 5 Rynel Rautenbach, 4 Joubert Niemann, 3 Matthew Redelinghuys, 2 Kobus Grobbelaar, 1 Juandré Barends.

    Merensky: 15 George Steenkamp, 14 Meschack Mohlala, 13 Jens Bezuidenhout, 12 Maritz Meintjies, 11 Henru Venter, 10 JD Boshoff, 9 Muis Koen, 8 Phuki Mpiti, 7 PG Botes, 6 Jan Pretorius, 5 Craig Walker, 4 Blessing Mathebula, 3 Otto Muller, 2 Marno Nel, 1 Carel Volschenk.

    Eldoraigne t. Potchefstroom Volkskool om 13:00 in Centurion:

    Eldoraigne: 15 Damian Elferink, 14 Tristan Lee, 13 Justin Meintjies, 12 Hugo Theron, 11 Hanno Jacobs, 10 Darren Bruwer, 9 Aiden Labuschagne, 8 Juawan Pietere, 7 Kyle de Bruin, 6 Cameron Killian, 5 Damian Janse van Vuuren, 4 Esdee Kotze, 3 Chase Wessels, 2 JG Engelbrecht, 1 Wian White.

    Potchefstroom Volkskool: 15 Lethabo Riet, 14 Lourenzo Louw, 13 Hennie Pretorius, 12 Rivel Samuel, 11 Juan Fourie, 10 Anro Nel , 9 Juhan Geldenhuys, 8 Henré Nel, 7 Nolan Roets, 6 Wian Victor, 5 Caden Kruger, 4 Joshua van der Westhuizen, 3 De Waal Coetzer, 2 Marlu du Preez, 1 Koan Smit.

    Bergsig Akademie t. Dinamika om 12:30 in Rustenburg:

    Bergsig Akademie: 15 Alzandro Dos Santos, 14 Keabetswe Daile, 13 Bradley Stonehouse, 12 Dan Bogopane, 11 Heinrich Krugel, 10 Carlo de Jager, 9 Paulo Dos Santos, 8 Jacques Viviers, 7 Thatano Bagwase, 5 Martin Pieterse, 4 Ryan Nagel, 3 Bagwase Thatano, 2 Marnus Dercksen, 1 Dylan Smith.

    Dinamika: 15 Zavian Mathys, 14 Nathan Kearns, 13 Shane Serfontein, 12 Nico Greyling, 11 Caiden van der Merwe, 10 Keanu de Sousa, 9 Gustav Schutte, 8 Monré van Wyk, 7 Hendrik Albert, 6 Darren Pretorius, 5 Ruan van Tonder, 4 Branden Smit, 3 Jayden Smith, 2 Duandré Boshoff, 1 Janco Fourie

    Hoërskool Ermelo t. Hoërskool Randburg in Ermelo:

    Ermelo: 15 WJ Pretorius, 14 Luthando Mahlangi, 13 HJ Hobkirk, 12 Nicolas Steyn, 11 Thabo Mokwena, 10 Janco Kleynhas, 9 Dick Rouillard, 8 Cules Hamman, 7 Marco de bruin, 6 WJ Cronje, 5 Janneman Malan, 4 De La Rey Hattingh, 3 Jacques Diedericks, 2 Ruan Grobler, 1 Hennie Geel.

    Randburg: 15 Joshua Wiggett, 14 Eduan Bakkes, 13 Bradley Bitcher, 12 Zander Drake, 11 Jayden Oosthuizen, 10 Jayden Todd, 9 Rico Vosloo, 8 Cruwin Hill, 7 Chrisjan van Niekerk, 6 Victor van Blerk, 5 Philip Rykaart, 4 Jayden Brown, 3 Kian Kritzinger, 2 Michael Payne, 1 Diedlof Fourie.

  • Pieties slaggereed om bordjies in Limpopo-derby te verhang

    Pieties slaggereed om bordjies in Limpopo-derby te verhang

    FOTO: Marius Nortje

    Die rooi gedeelte van Tzaneen sal Saterdagmiddag skuins na 12 tot ‘n stilstand kom wanneer die grootste derby in Limpopo afskop.

    Volg al die Skild-aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com)

    Hoërskool Ben Vorster verwelkom dan vir die ander swaargewig van die provinsie, Hoërskool Pietersburg, op die Piet Swart-veld, die Buffels se tuiste in Tzaneen.

    Dit is ‘n bepaling wat sedert die begin van die jaar in rooi, óf groen, op dié twee skole se onderskeie kalenders omkring is.

    Om verdere petrol op die vuur te gooi maak dié twee spanne ook die grootste gedeelte van die Limpopo Blou Bulle se Cravenweekspan uit. Die span van Pietersburg spog met nie minder nie as nege lede in dié span nie, terwyl die Buffels vyf voorsien.

    Die Pieties moet egter die kort rit van 92 kilometer sonder hul vaskopstut, Stephan Janse van Rensburg, aanpak. Janse van Rensburg het die veld met ‘n kniebesering verlaat in die Pieties se stryd teen Hoërskool Secunda verlede naweek en word deur Elardus Erasmus vervang.

    Goeie nuus is egter dat die Pieties se Cravenweek-haker, Zhian Lombaard na die beginspan terugkeer, wat ‘n liplekker-stryd met die Limpopo Blou Bulle se ander haker, Ruben Pohl, sal afgee. Agterlangs sê die provinsiale senterpaar, die Pieties se Siya Mahlangu en Ben Vorster se Gehan Hendriks, mekaar die stryd in die nr.-12 trui aan.

    Heidelberg word óók met ‘n derby bederf wanneer Heidelberg Volkskool vir Hoërskool Hugenote van Springs verwelkom. Dié derby het verlede jaar vir die eerste keer plaasgevind met die Volkies wat naelskraaps met 30-29 oor die Hugies koning gekraai het. Vanjaar, met die kragmeting vir die eerste keer op hul tuisveld, sal Volkies oorgehaal wees om dit twee uit twee te maak.

    Ten einde voort te bou op die momentum van die afgelope paar weke, het die Volkies se breier, Louwtjie Dalhouzie, slegs een noodgedwonge verandering gemaak. Reuben Bierman vervang vir Vaughn Steynvaart op binnesenter, nadat laasgenoemde ‘n rooi kaart teen Hoërskool Lichtenburg ontvang het.

    In nóg ‘n rillerstryd hierdie naweek, pak Hoërskool Die Anker tuis vir Hoërskool Lichtenburg. Die span van Brakpan is, na ‘n rits beserings, oplaas weer terug op volsterkte en slaggereed om die bordjies te verhang teen die Liggies, nadat hy verlede jaar met 26-37 in Lichtenburg die knie moes buig.

    Die nuus uit Hoërskool Montana se Wit Bul-kraal is dat hy sy noue ontkoming teen die Hugies verlede naweek ongedeerd deurgemaak het en vir Hoërskool Piet Retief met ‘n onveranderde span kan aandurf. Piet Retief, wat heelwat selfvertroue uit hul vertoning teen die Buffels kon put, sal egter nie ‘n maklike span wees om te klop met sy stert in die lug nie.

    Die spanne:

    Ben Vorster t. Hoërskool Pietersburg om 12:30 in Tzaneen:

    Ben Vorster (moontlik): 15 Phetogo Shubane, 14 Andzani Shisingi, 13 Freddie Pinto, 12 Gegan Hendriks, 11 Lethabo Sejake, 10 Shelton-Ray Primo, 9 Stiaan du Rand, 8 Tumi Ramohlale, 7 Joshua van der Mescht, 6 Kobus de Beer, 5 Chifu Banda, 4 Barend Harmse, 3 Thaba Matlou, 2 Ruben Pohl, 1 Thabang Nkuna.

    Pietersburg: 15 Ryno Mienie, 14 Basson Wolmarans, 13 Zuhan Labuschagne, 12 Siya Mahlangu, 11 Keanu Potgieter, 10 Juan Randall, 9 Celliers van der Merwe, 8 FC Smith, 7 Juan Jansen van Vuuren, 6 Andru de Beer, 5 Ludke Pienaar, 4 Henco Venter, 3 Elardus Erasmus, 2 Ziahn Lombaard, 1 Krissie Swanepoel.

    Heidelberg Volkskool t. Hoërskool Hugenote van Springs om 12:30 in Heidelberg:

    Heidelberg Volkskool: 15 Theuns van der Merwe, 14 JV Badella, 13 Marco Botha, 12 Reuben Bierman , 11 Pieter Greyling, 10 Tristan Munro, 9 Hein Oelofse, 8 Juandré Pretorius, 7 Klaas Venter, 6 Jaco Botha, 5 Eduard Roets, 4 Jano Dietrechsen, 3 Dean Last, 2 Henru Coetzer, 1 Reuben Bothma.

    Hugenote (Springs) (moontlik): 15 Christaan Basson, 14 Andile Dhlamini, 13 Yovan Prinsloo, 12 Dylan Nel, 11 Kyle de Klerk, 10 George Lucas, 9 Thanyani Mokiri, 8 Euan Venter, 7 Luan Pretorius, 6 Arné Marais, 5 André Coetzee. 4 Tristan de Beer, 3 Wian Rudolph, 2 Luan Smit, 1 Franko Neuhoff.

    Die Anker t. Hoërskool Lichtenburg 13:30 in Brakpan:  

    Die Anker: 15 Paul Schutte, 14 Dyllon le Roux, 13 Arno Krugel, 12 Edrick Pienaar, 11 Jonothan Jordaan, 10 Danie Smit, 9 Troy Joubert, 8 Ruben Herbst, 7 Markus Herbst, 6 Byron van Zyl, 5 Brendan van Lutterveld, 4 Marco Groenewald, 3 Xavier Momberg, 2 Vian Strydom, 1 Branden Sauerman.

    Lichtenburg: 15 Xander Blom, 14 Tehan Potgieter, 13 Oratile Sekoto, 12 WJ Liebenberg, 11 Kuzi Mupudzi, 10 Luan Snyman, 9 Rea Motsusi, 8 KG Legodi, 7 Tiaan Booysen, 6 George Bingudzu, 5 Darius Lombard, 4 LJ Kleynhans, 3 Duan Kruger, 2 Juan van Rhyn, 1 Ruben Pretorius.

    Montana t. Hoërskool Piet Retief 12:30 in Pretoria:

    Montana: 15 Marq de Villiers, 14 Keagan van der Merwe, 13 Luan Barnard, 12 Hendrew Schoeman, 11 Sam Schoeman, Rubel Bester, 9 Braam Schutte, 8 Ulrich van Biljon, 7 Dieter Scheepers, 6 Aiden Vorster, 5 Kyle Bronkhorst, 4 Eric Potgieter, 3 Xandré le Roux, 2 Juan Theunissen, 1 Aiden van der Made.

    Piet Retief: 15 Owethu Shabalala, 14 De Klerk Ferreira, 13 Bubele Ngubane, 12 Gilles van der Meulen, 11 Vuyani Tshabalala, 10 Kyle Stock, 9 Domenic Coetzer, 8 Marnus Thomas, 7 SJ van Barneveld, 6 Lethu Hlope, 5 Harold Gevers, 4 Abongwe Maduna, 3 Aza Phakathi, 2 Mario de Oliveria, 1 Sfundo Mayisa.

  • Zwarries mik vir 14 seges op ‘n streep

    Zwarries mik vir 14 seges op ‘n streep

    FOTO: Marius Nortjé.

    Hoërskool Zwartkop kan Saterdagmiddag op sy tuisveld in Centurion teen Hoërskool Wesvalia,  sy onoorwonne segetog van 13 oorwinnings na 14 verleng.

    Volg al die Plaat-aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com) 

    Die Zwarries beleef tot dusver ‘n droomseisoen en beklee tans, as die enigste onoorwonne span in die SDC Noordvaal Cup se Plaat-afdeling, die boonste posisie op die puntelys.

    Saterdag se stryd bied egter straks hul grootste toets tot dusver vanjaar, met die Wessies wat in die Zwarries se nekke blaas in die tweede plek.

    Die Vikings se breier, David Gouws, het soos verwag geen onnodige skuiwe aan sy span aangebring nie. Hy moes egter noodgedwonge die voorry skommel, met Christiaan de Vries wat op vaskopstut inskuif om die beseerde AJ Hendriks te vervang. Die Zwarries se staatmaker-haker, Regan Blignaut, is ook steeds buite aksie, met Marko Hersbt wat vir die tweede week in die middel van die voorry sak.

    Die Wessies kon ‘n sug van verligting slaak met die terugkeer van haker, Fanie Linde, wat beteken dat die Wessies hul sterkste moontlike span in dié stadium van die seisoen in die veld kan stoot. Ulrigh du Preez kan dus weer in sy gunstelingposisie op loskopstut sak, terwyl Jeandré Snyman agterlangs terugskuif senter toe, met die gevaarlike Fafa Calitz wat weer op linkervleuel inkom.

    Hoërskool Middelburg pak die tog na Kempton Park aan waar hy teen ‘n segelose Hoërskool Kempton Park te staan kom. Hoewel die Kempies nog stoei vir ‘n eerste oorwinning in vanjaar se reeks, bly hulle nietemin gevaarlik, vernaam as hulle vir meer as net een helfte hul beste lewer.

    Kempies sal hul hande volhê met die gevaarlike Buhle Mphahlaza wat vir Middies op heelagter uitdraf. Mphahlaza, wat tydens losskakel, Matthew Abbey, se afwesigheid vroeër vanjaar in die nr. 10-trui te sien was en die beseerde Katlego Baloyi vervang, beskik oor die nodige ervaring om vir sy span tot ‘n derde sege in vanjaar se afdeling aan te spoor.

    Voorts verruil Kefilwe Phamotse die nr. 14-trui vir 11, terwyl Sihle Mkhatswha sy plek op regtervleuel inneem.

    Hoërskool Oos-Moot het een verandering aangebring vir sy kragmeting met Ligbron Akademie in Ermelo. Kantman, MC van Tonder, is vir die volgende ses tot agt weke buite aksie met ‘n ernstige kniebesering en Owen Basson vervang hom vir die stryd teen die Liggies.

    Die tuisspan hou self nog asem op oor verskeie van sy sleutelspelers wat vandeesweek moontlike beserings in die Pumas se oefenwedstryd teen die Goue Leeus opgedoen het.

    ‘n Rillerstryd wag op Middelburg wanneer Hoërskool Klerksdorp vir die Hoër Tegniese Skool Middelburg pak.

    Die Rooi Bulle, tans in die derde plek, het sopas ‘n naelbytsege van 24-22 oor die Wessies behaal, terwyl die Klerksdorpers vir die Kempies met 37-27 die loef afgesteek het. Die Klerksdorpers se losskakel, Dorian Isaacs, wat 22 van die 37 punte aangeteken het, lewer kookwaterspel en hou ‘n groot bedreiging in vir Tercius Bezuidenhout en sy Rooi Bulle.

    Die spanne:

    Zwartkop t. Wesvalia om 12:40 in Centurion:

    Zwartkop: 15 Shayden Botha, 14 André Marx, 13 Luan Williams, 12 David van Jaarsveld, 11 Stiaan Botha, 10 Tilon Baron, 9 Luan Janse van Rensburg, 8 Wihan Roux, 7 Luan Wepener, 6 Brian Smith, 5 Jethro le Roux, 4 Ettienne van Niekerk, 3 Christiaan de Vries, 2 Marko Herbst, 1 Matthew Smith.

    Wesvalia: 15 Henco Greyling, 14 Martin Bierman, 13 Jeandré Snyman, 12 Wian du Preez, 11 Fafa Calitz, 10 Eduard Dreyer, 9 Barry Niemand, 8 Franco Dumond, 7 Christiaan Swanepoel, 6 Quewen Fourie, 5 Tiaan de Kock, 4 Joshua Pieterse, 3 Ignus Nel, 2 Fanie Linde, 1, Ulrigh du Preez.

    Hoërskool Kempton Park t. Hoërskool Middelburg om 12:30 in Kempton Park:

    Kempton Park: 15 Ben Steyn, 14 Wian Riekert, 13 Rocco Louw, 12 Guillaume Botha, 11 Ethan Botha, 10 Stian de Villiers, 9 Ferdi Smith, 8 Ruan Mostert, 7 Luca du Plooy, 6 Matthew Vermaak, 5 Piet van den Heever, 4 Juhan Hall, 3 Dihan Keeve, 2 Damian Slabbert, 1 Juan Olivier.

    Hoërskool Middelburg: 15 Buhle Mphahlaza, 14 Sihle Mkhatshwa, 13 Jaco Truter, 12 Lungelo Maseko, 11 Kefilwe Phamotse, 10 Matthew Abbey, 9 Keabetswe Nkgadima, 8 Hencoe Jane van Rensburg, 7 Khensani Buthelezi, 6 CW Hanekom, 5 Jabu Mathebula, 4 Zanempilo Mahlangu, 3 Dewald du Toit, 2 Roux Grobler, 1 Wian Olwagen.

    Ligbron Akademie t. Oos-Moot om 12:20 in Ermelo:

    Ligbron Akademie (moontlik): 15 Gaston Brown, 14 Neo Zwane, 12 Siyanda Dennison, 12 Lethi Ngwenya, 11 Bandile Thanjekwayo, 10 Eben Degenaar, 9 Renier van Staden, 8 Jurgens Bezuidenhout, 7 Franco Groenewald, 6 Johardt Swanepoel, 5 Janco Claassen, 4 Henco Scheepers, 3 Dewan Scheepers, 2 Regard Janse van Rensburg, 1 WP Human.

    Oos-Moot: 15 Brian Jacobs, 14 Royston Arendse, 13 Jayden Pretorius, 12 Jeandré Venter, 11 LJ Vaughn, 10 Dewron Aford, 9 David Joubert, 8 Jaydon Botha, 7 Riyaan Wilson, 6 Owen Basson, 5 MC van Tonder, 4 Stian de Vente, 3 Jandré de Beer, 2 Thando Telelo, 1 Divan du Preez.

    HTS Middelburg t. Hoërskool Klerksdorp om 12:40 in Middelburg:

    HTS Middelburg (moontlik): 15 WJ Enslin, 14 Kwanele Mkhize, 13 Jacques Greyling, 12 Nathan Jansen van Vuuren, 11 CJ Muller, 10 Danté Lubbe, 9 Reece Botha, 8 Kayden Wessels, 7 Regard Blake, 6 Dewan Coetzee, 5 Janco Aucamp, 4 Ethan Kock, 3 Marinus Oberholzer, 2 Hanru Terblanche, 1 Janco Botha.

    Klerksdorp: 15 Jayden Turner, 14 Tyrand Masango, 13 Winton Abrahams, 12 Jarred van Staden, 11 Marco Symmington, 10 Dorian Isaacs, 9 Rellston Wilson, 8 Tiaan Koen, 7 Marnus van der Merwe, 6 D-Jee Treurnich, 5 Juan Hills, 4 Abrie Esterhuizen, 3 Hanro Nel, 2 Brandon Botha, 1 De Wet le Roux.

  • Wind onder Arende se vlerke beloof ’n rillerstryd in Pretoria

    Wind onder Arende se vlerke beloof ’n rillerstryd in Pretoria

    FOTO: Tap Light Edits.

    Die Arende van Hoërskool Dr EG Jansen het Saterdag onafgehandelde besigheid in Pretoria wanneer hulle met Hoërskool Waterkloof sake uitspook in die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling.

    Volg al die Beker-askie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com) 

    Verlede jaar het die Jansies en Klofies mekaar twee keer die stryd aangesê, waarvan die Pretorianers die eerste wedstryd met 45-38 op die Arende se tuisveld beklink het. Die tweede kragmeting, ook in Boksburg, het met 32-32 gelykop geëindig.

    Saterdag bied dus vir die Jansies ‘n gulde geleentheid om die bordjies te verhang. Albei spanne het tot dusver vanjaar gemengde welslae behaal.

    Waterkloof het mooi herstel nadat hy hom in die eerste wedstryd in vanjaar se Beker-wedloop teen Hoërskool Garsfontein vasgeloop het. Klofies het die nederlaag van 19-53 teen die verdedigende kampioen opgevolg met twee agtereenvolgende seges oor Hoërskool Menlopark (27-19) en Hoërskool Rustenburg (40-15).

    Die Pretorianers se breier, Cobus van Dyk, verwag oudergewoonte ‘n hoë-intensiteit-aanslag van die Jansies. Derhalwe het Van Dyk ‘n aantal veranderinge aangebring aan die span wat vir die Rusties geklop het.

    Die hardwerkende flank, Dawid Prinsloo skuif na slot, om vir nóg ‘n werksesel, Hugo Derckesen, aan die kant van die skrum plek te maak. Agterlangs vervang Marcel Tsiakos vir Jacobus van den Berg op skrumskakel, terwyl Ross Adams die beseerde Gustav Mienie se plek op vleuel inneem. Adams staar ‘n taamlike toets in die gesig teen die Jansies se gevaarlike agterste driehoek.

    Hoewel aan die verloorkant, het die Jansies verlede naweek teen Hoërskool Noordheuwel sy beste vertoning van die jaar gelewer. Die span van Boksburg het beslis sy aanvalsvernuf herwin.

    Dian Botha se insluiting op losskakel het straks iets hiermee te doen. Botha was uitmuntend teen die Nories en kan met sy goeie visie en verspeiding die Jansies se gevaarlike Deshean Pietersen en kie op die voorvoet plaas om die Klofies te teister.

    In Mbombela sal twee ou bekendes mekaar weer langs die kantlyn raakloop wanneer Hoërskool Noordheuwel en Hoërskool Nelspruit mekaar Saterdagmiddag op Rhino-park pak. Dit sal die eerste keer wees dat Ryno Luus as die Nellies se nuwe hoofafrigter met oud-kollega, Ian Joubert, die Blues se voorspelerafrigter, swaarde kruis.

    Luus en Joubert het vir twee jaar kragte saamgespan om die Goue Leeus tot agtereenvolgende titels by die Akademieweek te lei. Sedertien is Joubert as deel van die Leeus se Cravenweekspan opgeroep, terwyl Luus einde verlede jaar die leisels by die Nellies opgeneem het.

    Die Blues besef dat om die Rhinos tuis te probeer tem geen maklike taak is nie. Hulle het dus slegs een verandering aan die beginspan aangebring, met buitesenter, Tristan Helmund, wat homself op die krukkelys bevind  en deur Brandon Pieters in die nr. 13-trui vervang word.

    Nellies se breinstrust is steeds besig om te koukus, maar hulle sal waarskynlik sonder uitblinker, Tinyiko Silubane, wat verlede week ‘n rooi kaart ontvang het, moet klaarkom.

    Die spanne:

    Waterkloof t. EG Jansen om 12:35 in Pretoria:

    Waterkloof: 15 Tiaan Posthumus, 14 Ross Adams, 13 Meyer Pretorius, 12 Dylan Botha, 11 Jaiden Badenhorst, 10 Ronan Bastiaanse, 9 Marcel Tsiakos, 8 Marko Kok, 7 Hugo Derckesen, 6 Divan Botha, 5 Heinrich Naude, 4 Dawid Prinsloo, 3 Jedri Swart, 2 Ruan Jacobs, 1 Alexander Elliott.

    EG Jansen (moontlik): 15 Deshean Pietersen, 14 Otlatleng Zulu, 13 Christopher Combrink, 12 Nathan Delport, 11 Jordan van der Westhuizen, 10 Dian Botha, 9 Joseph Diesel, 8 Slade Mowbray, 7 Jaco Engelbrecht, 6 Craig Lightfoot, 5 Breyton Kruger, 4 Jacques van Tonder, 3 Deveraux Wideman, 2 Marco Ventura, 1 Ruan Rossouw.

    Hoërskool Nelspruit t. Noordheuwel om 12:20 in Mbombela:

    Nelspruit (moontlik): 15 Jean Erasmus, 14 Jordan Pretorius, 13 Ruben Greeff, 12 Rian Botha, 11 Kamo Monkwe, 10 John Duncan, 9 Liam Pringle, 8 Vaughn van Zyl, 7 Vian Louw, 6 Dhandré van Wyk, 5 Werno Heyns, 4 André Smit, 3 Gert Cloete, 2 D’Angelo Roberts, 1 Lindani Ndlela.

    Noordheuwel (moontlik): 15 Jeandré Uithaler, 14 Jayden Steyn, 13 Brandon Pieters, 12 Kieran Reid, 11 Aidan Bester, 10 Pablo Moeketsane, 9 Ruan Nel, 8 Armand van Eck, 7 Juandré de Villiers, 6 Andrew Lambert, 5 Roehan Hoogendyk, 4 Kean Lourens, 3 Steph Botha, 2 Clinton Agu, 1 Skuttie Bezuidenhout.

  • Onoorwonne Valia moet lig loop vir Wit Bulle op opwaartse kurwe

    Onoorwonne Valia moet lig loop vir Wit Bulle op opwaartse kurwe

    FOTO: Marius Nortjé.

    Hoërskool Transvalia ruk Saterdag op na die Ras van Rooyen met een doel voor oë: om sy eerste sege oor Hoërskool Monument te behaal sedert 2018.

    Volg al die Beker-aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com) 

    Dit was sewe jaar gelede ook Valia se eerste oorwinning ooit oor die Wit Bulle. Hulle het naelskraaps met 34-31 vir die span van Krugersdorp verslaan, nadat ‘n vroeëre kragmeting dieselfde jaar met 31-31 gelykop geëindig het.

    Die Monumentare het sedertdien die septer geswaai in die daaropvolgende twee ontmoetings, met reuse oorwinnings van 92-12 (2019) en 80-3 (2021).

    Die Ligbloues het vanjaar as ‘n verrassingspakket ontpop in die Beker-afdeling, en is steeds onoorwonne in hul debuutseisoen. Dit was vernaam hul onlangse sege van 47-27 oor ‘n sterk Hoërskool Menlopark-span, wat die wenkbroue behoorlik laat lig het.

    Valia beklee tans die derde posisie op dié afdeling se puntelys, met slegs Helpmekaar Kollege (eerste) en die verdedigende kampioen, Hoërskool Garsfontein (tweede), bo hom.

    Die Wit Bulle, daarenteen, bevind hulself in die laaste posisie. Ten spyte daarvan dat Monnas in hul vorige twee wedstryde uithalerspel opgedis het, ontwyk ‘n eerste sege hulle steeds. Die tekens van ‘n span op ‘n opwaartse kurwe is beslis daar, soos bewys in die stryd met die Helpies ‘n week vantevore.

    “Ons het aanvanklik toegespits op die basiese beginsels, maar begin nou meer fokus op die struktuur waarin ons wil speel,” sê die Wit Bulle se rugbyhoof, Reinhard Gerber.

    “Dit het ‘n rukkie geneem en ons moes klippe kou, maar ons begin al hoe nader aan die eindproduk beweeg.”

    Sowel Monnas as Valia betree die stryd met ‘n onveranderde beginspan. Daar is nietemin nóg goeie nuus vir die Monumentare se ondersteuners, met spelskepper, Jaydon Viljoen, wat sy terugkeer maak, maar wel vanaf die plaasvervangerbank. Die Ligbloues verwelkom ook vir hul woelige kantman, Matthew van Deventer, terug op die plaasvervangerbank, wat beteken dat die besoekers met ‘n sogenaamde “6/2-bank” na Krugersdorp reis.

    In Rustenburg durf Hoërskool Rustenburg vir die Beker-Bere van Hoërskool Garsfontein aan sonder sy staatmakersenter, Jon-ré Jefthas, wat beseer geraak het in die Rusties se nederlaag van 40-15 teen Hoërskool Waterkloof. Zack Swanepoel vervang vir Jefthas, in die enigste verandering aan die beginspan.

    Die Bere, wat gebuk gaan onder beserings, moes spook om vir Hoërskool Nelspruit met 32-20 op Bere-park te troef. Die beseringspook het steeds nie gewyk nie, maar Garsies het reeds aangedui dat hulle oor die nodige diepte beskik om mededingend te bly, soos twee agtereenvolgende seges, waarvan een oor die Parkies (40-27), bewys.

    Indien die Bere Saterdag weer koning kraai sal dit hul vyfde agtereenvolgende oorwinning in vanjaar se reeks wees en hul aanspraak op ‘n derde agtereenvolgende titel aansienlik verstewig.

    Die spanne:

    Monument t. Transvalia om 12:30 in Krugersdorp:

    Monument: 15 Loghan Langeveldt, 14 Jason Joubert, 13 Ruan Genis, 12 Junadré Ehlers, 11 Ewan van der Walt, 10 Cameron Kourie, 9 Ewan Bernhardi, 8 Ryno van der Westhuizen, 6 Caleb Sparks, 5 Dean Hartman, 4 Vincent Roberts, 3 Danie Smith, 2 Tristan Rodrigues, 1 Kamogelo Katisa.

    Transvalia: 15 Lorenzo Flynn, 14 Dihan Crause, 13 Danté Oosthuizen, 12 Declan Hattingh, 11 Tumi Moloi, 10 Jay-Dee Maree, 9 Johan Smit, 8 Wynand Stolz, 7 Daniel Kazambo, 6 Juan Bischoff, 5 Christiaan Liebenberg, 4 Kyle Maartens, 3 Damian van Heerden, 2 Wihandré Kruger, 1 Vusi Morathi.

    Hoërskool Rustenburg t. Garsfontein om 13:35 in Rustenburg:

    Rustenburg: 15 Ayden Willemse, 14 Bradley Snyers, 13 Jon-Ré Jefthas, 12 Hendré Robinson, 11 Waide Davey, 10 Ricardo Enos, 9 Adriano George, 8 Thian :abuschagne, 7 Dirk Huisamen, 6 MJ Otto, 5 Evan van Heerden, 4 Tristan Myburgh, 3 Jayden Minnie, 2 Xavier Steenkamp, 1 Xander Stickling.

    Garsfontein (moontlik): 15 Junade Pasensie, 14 Junaide Stuart, 13 Levi Jordaan, 12 Keagan Knighton, 11 Drewyn Baron, 10 Derrick Kuhn, 9 Dian van Aswegen, 8 Lourenz de Jager, 7 Stefan van der Vyver, 6 JP Pieterse, 5 Derik Potgieter, 4 JJ Fourie, 3 Morné Coetzer, 2 Justin Blom, 1 Morné Coetzer.

  • Plasies plant groot hou met sege oor Volkies

    Plasies plant groot hou met sege oor Volkies

    FOTO: Meresnky Landbou Akademie op Facebook.

    Merensky Landbou Akademie het ‘n groot hou geplant in die SDC Noordvaal Cup se Bowl-geveg deur vir Potchefstroom Volkskool in Tzaneen met 28-19 kous oor die kop huis toe te stuur.

    Herleef al die aksie op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com) 

    Teen rustyd was daar niks te kies tussen die twee spanne nie en is daar aan lemoene gesuig met die telling op 14-14. Die Plasies het egter in die tweede helfte losgtrek en, met die tuisskare wat wind in hul seile blaas, vir die besoekers van Potch met 14-5 getroef in die tweede skof.

    Die grondslag is voorlangs gelê deur ‘n Merensky-agttal wat op alle silinders gevuur het, met haker, Marno Nel, en agsteman, Phuki Mphiti, aan die spits van die aanslag. Agterlangs, het losskakel, JD Boshoff, die telbord laat rol met drie strafdoele en twee doelskoppe vir ‘n belangrike bydrae van 13 punte.

    Die Volkies se losskakel, Lourenzo Louw, was op sy gevaarlikste en sy kombinasie met binnesenter, River Samuels, het vir die Plasie-verdedigers talle hoofbrekens besorg. Flank en onderkaptein, Marlu du Preez, het vir die tweede agtereenvolgende week ‘n uitstaande vertoning gelewer, met sy hoë werkverrigting en puik verdediging wat nog baie vir die span van Potchefstroom kan beteken.

    Ondanks die tientalle beserings wat vir Hoërskool Eldoraigne geteister het, het die Drake steeds beïndruk om vir Hoërskool Randburg met 34-19, in Randburg, te karnuffel. Kaptein, Darren Bruwer, se terugkeer het ‘n duidelike verskil gemaak. Bruwer, normaalweg ‘n skrumskakel, het vandeesweek spel meesterlik dikteer op losskakel, en self ook agter die Randburgers se doellyn gaan kuier.

    Voorlangs het die stryd tussen die twee agstemanne behoorlik gewoed, met die Eldos se Juawan Pieterse wat oral opgeduik het om die bal met mening op te vat, terwyl Randburg se Curwin Hill ewe dinamies op die aanval vertoon het.

    Potchefstroom Gimnasium se haker, Kobus Grobelaar, het twee keer gedruk in sy span se oortuigende wegsege van 39-13 oor Hoërskool Jeugland in Kempton Park. Die verdedigende kampioen is steeds onoorwonne in vanjaar se reeks, insluitende ‘n vroeëre gelykopuitslag teen Hoërskool Randburg. Boonop was drie van Gimmies se laaste vier wedstryde weg van die huis en sal hulle eerskomende Saterdag se tuiswedstryd teen Merensky verwelkom met die oog daarop om hul greep op die Bowl verder te versterk.

    Nico Greyling, Hoërskool Dinamika se regtervleuel, het met slegs ‘n minuut oor oorgeduik om vir die span van Alberton met 26-22 die pyp te laat rook teen Hoërskool Ermelo. Al vier die tuisspan se drieë is deur agterspelers gedruk.

    Ermelo se heelagter, WJ Pretorius, was nietemin ‘n doring in Dinamika se vlees met sy geoefende skopvoet wat die tuisspan dikwels laat omdraai het om die druk te verplaas.

    Puntemakers: 

    Merensky 28 (14) – Drieë: Marno Nel, Phuki Mphiti, Henru Venter. Doelskoppe: JD Boshoff (2). Strafdoele: Boshoff (3). Potchefstroom Volkskool 19 (14) – Drieë: River Samuel, Marlu du Preez, Lourenzo Louw. Doelskoppe: Juhan Geldenhuys (2).

    Eldoraigne 34 (19) – Drieë: Hugo Theron, Darren Bruwer, Wian White, Juawan Pieterse, JG Engelbrecht. Doelskoppe: Damian Elferink (3). Strafdoel: Elferink. Hoërskool Randburg 19 (7) – Drieë: Curwin Hill, Michael Payne, Jayden Brown. Doelskoppe: Jayden Todd (2).

    Potchefstroom Gimnasium 39 – Drieë: Kobus Grobelaar (2), Itumeleng Pheto, Matthew Redelinghuys, Zach de Jager, Rynel Rautenbach. Doelskoppe: Zandré Da Silva (3). Strafdoel: Da Silva. Jeugland 19. 

    Dinamika 26 (14) – Drieë: Shane Serfontein, Caiden van der Merwe, Nathan Kearns, Nico Greyling. Doelskoppe: Caiden van der Merwe (3). Hoërskool Ermelo 22 (12) – TBC. 

    Ander spanne: 

    o.16: Merensky 27, Potchefstroom Volkskool 23; Eldoraigne 12, Randburg 6; Potchefstroom Gimnasium 24, Jeugland 0; Dinamika 22, Ermelo 15.

    o.15: Potchefstroom Volkskool 18, Merensky 12; Eldoraigne 18, Randburg 12; Jeugland 16, Potchefstroom Gimnasium 14; Dinamika 15, Ermelo 12.

    o.14: Merensky 19, Potchefstroom Volkskool 15; Randburg 38, Eldoraigne 5; Jeugland 39, Potchefstroom Gimnasium 17; Dinamika 22, Ermelo 15.

  • Naelbytstryde vier hoogty in Skild

    Naelbytstryde vier hoogty in Skild

    In ‘n stryd wat deurgaans gelyk het of dit met slegs ‘n paar punte beslis sou word, het Hoërskool Lichtenburg uiteindelik met 25-24 oor Heidelberg Volkskool triomfeer.

    Herleef al die aksie op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com) 

    Met die omdraaislag was die Liggies reeds voor, maar die Volkies het aanhou blaas in hul nek in Saterdagmiddag se kragmeting in die SDC Noordvaal Cup se Skild-afdeling.

    Lichtenburg se haker, Juan van Rhyn, het gewys waarom hy die Luiperds later vanjaar by die Cravenweek in Middelburg gaan verteenwoordig. Van Rhyn het oudergewoonte stem dik gemaak met sy fisieke teenwoordigheid op sowel die aanval as verdediging en is kragtig bygestaan in die vastelos deur slot, George Bingudzu, wat saam met van Rhyn op Middelburg in aksie sal wees.

    Losskakel, Luan Snyman, se skopskoen was uiteindelik die verskil tussen die twee spanne. Hy het albei die Liggies se drieë verdoel en met twee strafdoele geslaag vir ‘n kritieke persoonlike bydrae van 10 punte.

    Die Volkies se Dean Last was self woelig op vaskopstut en regoor die veld te sien, waarvoor hy met een van sy span se drie drieë beloon is.

    Hoërskool Pietersburg het in nog ‘n naelbytstryd met twee punte oor Hoërskool Secunda geseëvier. Die Pieties se staatmaker vanaf die skopkegel, heelagter Ryno Mienie, het weer ‘n sleutelrol vervul met drie strafdoele en twee doelskoppe om ‘n belangrike sege van 23-21 te help beklink.

    Vaskopstut, Stephan Janse van Rensburg, het die grondslag vir die Pieties voorlangs help lê, terwyl Cravenweek-flank, Sifiso Hlungwane, skouer aan die wiel gesit het vir Secunda, vernaam by die afbreekpunte.

    Hoërskool Montana moes verbete terugveg om vir Hoërskool Hugenote van Springs uiteindelik met 33-27 te troef. Die Hugies was uitmuntend in die eerste helfte en het teen rustyd reeds 24 punte aangeteken. Hul groot slot, Tristan de Beer, het dikwels met bal op loop gesit en was, ná ‘n verbroude lynstaan van die Monties, verantwoordelik vir die besoekers se eerste drie.

    Montana se heelagter, Marq de Villiers, het daarop egter geantwoord met twee drieë van sy eie, wat die deurbraak bewerkstellig het vir Monties om van agter te kom en ‘n naelskraapse oorwinning te behaal.

    In Piet Retief moes Hoërskool Ben Vorster óók ‘n reuse terugvegpoging loods om vir Hoërskool Piet Retief onder te kry. Die Buffels het nie minder nie as 19 punte in die laaste 15 minute aangeteken om uiteindelik met 31-27 as oorwinnaars uit die stryd te tree. Slot, Chifu Banda, se skuif vanaf senter het duidelik ‘n verskil gemaak, soveel so dat hy twee keer agter die doellyn gaan draai het.

    Die tuisspan se skrumskakel, Kyle Stock, se uitsonderlike diens het die gevaarlike agterlyn van Piet Retief geleenthede gebied om dikwels aan te val en dit het aan Vuyani Tshabalala ‘n drie besorg waarmee hulle die voorsprong in die tweede skof na 27-12 laat rek het.

    Puntemakers: 

    Hoërskool Lichtenburg 25 (15) – Drieë: Juan van Rhyn, Xander Blom, Geogre Bingudzu. Doelskoppe: Luan Snyman (2). Strafdoele: Snyman (2). Heidelberg Volkskool 24 (14) – Drieë: Dean Last, Theuns van der Merwe, Henru Coetzer. Doelskoppe: Marco Botha (3). Strafdoel: Botha.

    Hoërskool Pietersburg 23 (17) – Drieë: Dewan Windell, Stefan Janse van Rensburg. Doelskoppe: Ryno Mienie (2). Strafdoele: Mienie (3). Hoërskool Secunda 21 (13) – Drieë: Sifiso Hlungwane, Alonzo Blackenberg. Doelskop: Blackenberg. Strafdoele: Blackenberg (3).

    Montana 33 (19) – Drieë: Marq de Villiers (2), Aiden Vorster, Luan Barnard, Sam Schoeman. Doelskoppe: Rubel Bester (4). Hugenote (Springs) 27 (24) – Drieë: Tristan de Beer, Kyle de Klerk, Luan Pretorius. Doelksoppe: George Loucas (3). Strafdoele: Loucas (2).

    Ben Vorster 31 (12) – Drieë: Chifu Banda (2), Barend Harmse, Kobus de Beer, Miguel Makhupetsi. Doelskoppe: Shelton-Ray Primo. Hoërskool Piet Retief 27 (10) – Drieë: Kyle Stock, Fiso Methula, Vuyani Tshabalala. Doelskoppe: Owethu Shabalala (3). Strafdoele: Shabalala.

    Ander spanne: 

    o.16: Heidelberg Volkskool 47, Lichtenburg 7; Pietersburg 57, Secunda 7; Montana 27, Hugenote (Springs) 17; Piet Retief 35, Ben Vorster 15.

    o.15: Lichtenburg 38, Heidelberg Volkskool 5; Pietersburg 32, Secunda 8; Hugenote (Springs) 14, Montana 12; Ben Vorster 15, Piet Retief 12.

    o.14: Lichtenburg 19, Heidelberg Volkskool 12; Secunda 91, Pietersburg 12; Montana 57, Hugenote (Springs) 5; Ben Vorster 15, Piet Retief 11.

  • Groenewald’s last-gasp kick keeps Affies’ unbeaten run over Jeppe alive

    Groenewald’s last-gasp kick keeps Affies’ unbeaten run over Jeppe alive

    Photo: Jeppe High School for Boys on Facebook/ Theo Garrun.

    A penalty only seconds from the final whistle, struck between the uprights by Afrikaans Hoër Seunskool (Affies) flyhalf, Ruben Groenewald, broke the hearts of Jeppe supporters as the Wit Bulle, from Pretoria, snatched a nail-biting 38–36 victory on Collard Field, in Johannesburg, on Saturday.

    Relive all the action on SuperSport Schools – (www.supersportschools.com)

    It wasn’t the first time this season that Groenewald’s boot had caused heartbreak. Earlier in the year, the Affies’ flyhalf slotted a crucial conversion to secure a 16–16 draw against Paarl Gimnasium in a rain-soaked encounter in Paarl.

    The 70 minutes in Johannesburg were a rollercoaster of momentum shifts, keeping the Collard Field crowd on the edge of their seats throughout the clash.

    It was the second time in as many years that the black and white striped jerseys came within two points of a historic first-ever victory over the Wit Bulle, since the fixture’s inception in 1996. The previous near miss came in 2023, in another enthralling clash on Collard Field, won 33-31 won by the visitors.

    Flyhalf Groenewald kicked three penalties and two conversions for a crucial personal tally of 14 points, while eighthman Stefan McDonald stood out for the Pretoria school.

    Recently selected to represent the Blue Bulls at Craven Week in Middelburg later this year, McDonald was in fine form. The back rower was characteristically dominant with powerful carries and rock-solid tackling on defence. He was ably supported by his fellow back rower, Elwin Jansen van Vuuren, who also delivered a tireless performance.

    Outside centre Lindelani Nkambule had the Jeppe faithful roaring when he twice crossed the Affies’ try line twice to show why he was selected to represent the Golden Lions Craven Week side later this year, even though he is still u17.

    His attacking instincts, combined with the blistering pace of winger Ndimphiwe Mjiji, posed constant problems for the Affies’ defence.

    However, it was Jeppe’s flyhalf, Nehemia Hollenbach, who, arguably, stole the show. Despite finishing on the losing side, he won the kicking duel. Hollenbach kept the scoreboard ticking with a flawless performance from the tee, slotting three conversions, four penalties, and a spectacular drop goal with just over a minute remaining for a personal haul of 21 points.

    That drop goal edged Jeppe in front, but Groenewald struck with seconds to spare after Affies were awarded a penalty from the kick-off.

    Scorers:

    Affies 38 (24) – Tries: Stefan McDonald (2), Divan Fourie, Elwin Jansen van Vuuren, Joshua Gouws. Conversions: Ruben Groenewald (2). Penalties: Groenewald (3). Jeppe High School for Boys 36 (17) – Tries: Lindelani Nkambule (2), Ndimphiwe Mjiji. Conversions: Nehemia Hollenbach (3). Penalties: Hollenbach (4). Drop Goal: Hollenbach.

    u16: Affies 86, Jeppe 19.

    u15: Affies 35, Jeppe 17.

    u14: Affies 45, Jeppe 26.

  • Isaacs klits Kempies met 22 punte

    Isaacs klits Kempies met 22 punte

    FOTO: Hannes Nienaber.

    Sedert sy skuif van heelagter na losskakel het Hoërskool Klerksdorp se Dorian Isaacs in die afgelope paar wedstryde van die SDC Noordvaal Cup se Plaat-afdeling eenvoudig van krag tot krag gegaan.

    Herleef al die aksie op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com) 

    Isaacs het Saterdagmiddag in Kempton Park die Klerksdorpers tot ‘n derde agtereenvolgende oorwinning geïnspireer deur 22 van sy span se punte aan te teken in hul sege van 37-27 oor Hoërskool Kempton Park.

    Buiten sy instinktiewe voorgevoel op die aanval, waarskynlik danksy sy ervaring op heelagter, was Isaacs se skopvisier duidelik ingestel. Hy het ál vier sy span se drieë suksesvol verdoel en ook drie strafdoele deur die pale gejaag.

    Die Klerksdorpers se uitnemende skrumwerk het vir hulle die grondslag gelê om 24 punte in die tweede helfte op te stapel, met Cravenweek-senter, Winton Abrahams, en regtervleuel, Tyrand Masango, wat na hartelus kon aanval om die Kempies se verdediging onder groot druk te plaas.

    Hoewel aan die verloorkant, was die Kempies steeds indrukwekkend. Stian de Villiers het vir die soveelste keer vanjaar sy generaalskap tentoongestel op losskakel en, nes Isaacs, ál sy span se drieë verdoel en met twee strafdoele geslaag.

    Aan De Villiers se buitekant het binnesenter, Rocco Louw, ‘n barshou gespeel en ‘n groot aandeel gehad daarin dat die tuisspan met die omdraaislag met 20-13 kon voorloop. Dit was egter uiteindelik nie genoeg om die besoekers se aanslag in die tweede helfte af te weer nie.

    Hoërskool Zwartkop het sy 13de agtereenvolgende sege in 2025 behaal deur vir Hoërskool Oos-Moot, in die Moot, met 36-15 te verslaan. Dit beteken dat die Vikings steeds vanjaar onoorwonne is.

    Dit het soos verwag ‘n fisieke stryd voorlangs afgegee, maar die Vikings het mettertyd die oorhand verkry danksy slot Logan Knot, en Mika Allers, wat sy kans in die beginspan laat tel het, se hoë werkverrigting.

    Die Oosies se ervare skrumskakel, David Joubert, was oudergewoonte ‘n uitblinker, het die Zwarries dikwels aan die raai gehou en goed versprei om sy span in die wedloop te probeer hou, maar die Vikings was nét te goed.

    Hoër Tegniese Skool Middelburg het Hoërskool Wesvalia se onoorwonne segetog in vanjaar se Plaat-afdeling beëindig met ‘n oorwinning van twee punte in Klerksdorp. Die Wesssies het ten minste 13 punte op die veld gelos, maar dit neem niks weg van die Rooi Bulle se triomf nie.

    Hul verdediging was rotsvas en het vir die tuisspan heelwat hoofbrekens besorg, terwyl hulle ook deeglik munt geslaan het uit die opposisie se foute. Stut, Marinus Oberholzer, is met ‘n vyfpunter beloon ná hy meedoënloos duikslae ingesit het.

    Hoërskool Middelburg se vaskopstut, Dewald du Toit, het twee keer deur Marais Viljoen se verdediging gebreek in sy span se sege van 45-17 oor die besoekers van Alberton.

    Die Middies se skakelpaar was uitsonderlik, met Keabetswe Nkgadima se uitstekende diens wat die Cravenweek-losskakel, Matthew Abbey, in staat gestel het om die krane oop te draai. Hulle het elk een keer agter die besoekers se doellyn gaan kuier, terwyl Abbey ook ses doelskoppe en ‘n strafdoel oorgeklits het vir ‘n persoonlike bydrae van 20 punte.

    Puntemakers: 

    Hoërskool Klerksdorp 37 (13) – Drieë: Tiaan Koen, Dorian Isaacs, Winton Abrahams, Tyrand Masango. Doelskoppe: Isaacs (4). Strafdoele: Isaacs (3). Hoërskool Kempton Park 27 (20) – Drieë: Matthew Vermaak, Ruan Mostert, Rocco Louw. Doelskoppe: Stian de Villiers (3). Strafdoele: De Villiers (2).

    Zwartkop 36 – Drieë: Shayden Botha, Stiaan Botha, Ettiene van Niekerk, Mika Allers, Logan Knot. Doelskoppe: Tilon Baron (4). Strafdoel: Baron. Oos-Moot 15 – Drieë: Brian Jacobs, Royston Arendse. Doelskop: Jeandré Venter. Strafdoel: Venter.

    HTS Middelburg 24 (7) – Drieë: Marinus Oberholzer, Ethan Kock, Jacques Greyling. Doelskoppe: WJ Enslin (3). Strafdoel: Enslin. Wesvalia 22 (10) – Drieë: Franco Dumond, Wian du Preez, Stephan Pelzer. Doelskoppe: Du Preez, Eduard Dreyer. Strafdoel: Du Preez.

    Hoërskool Middelburg 45 (24) – Drieë: Dewald du Toit (2), Matthey Abbey, Keabetswe Nkgadima, Lesego Kakale, Wian Olwagen. Doelskoppe: Abbey (6). Strafdoel: Abbey. Marais Viljoen 17 (0) – Drieë: Devin Raubenheimer, Jermaine Crause, Lloyd Shoko-Schenk. Doelskop: Raynhardt Kruger.

    Ander spanne: 

    o.16: Kempton Park 18, Klerksdorp 6; Oos-Moot 24, Zwartkop 18; Wesvalia 20, HTS Middelburg 12; Hoërskool Middelburg 24, Marais Viljoen 14.

    o.15: Kempton Park 22, Klerksdorp 13; Oos-Moot 15, Zwartkop 3; Wesvalia 19, HTS Middelburg 19; Hoërskool Middelburg 39, Marais Viljoen 0.

    o.14: Kempton Park 9, Klerksdorp 7; Zwartkop 24, Oos-Moot 19; Wesvalia 28, HTS Middelburg 7; Hoërskool Middelburg 57, Marais Viljoen 16.

  • Kruger-driekuns maak dit 3 uit 3 vir Valia

    Kruger-driekuns maak dit 3 uit 3 vir Valia

    FOTO: Riaan de Bruyn.

    Hoërskool Transvalia het sy stormloop in sy eerste seisoen as deel van die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling voortgesit met ‘n derde agtereenvolgende sege.

    Herleef al die Beker aksie op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com) 

    Die Hoërskool Menlopark was die span van Vanderbijlpark se derde slagoffer in vanjaar se reeks nadat Valia hom, op sy tuisveld in Pretoria, met 47-27 boonop  uit die pad gevee het.

    Saterdag se vertoning het vir breier, Lloyd Greeff, skoon sprakeloos gelaat.

    “Hoe sonder ‘n mens iemand onder so spesiale groep seuns uit,” het Greeff na afloop van sy span se spogsege in die Jakarandastad gesê.

    Valia se intensiteit en fisiekheid was van meet af aan in ‘n ander liga. Sy rotsvaste verdediging het die Parkies bykans geen deurkomkans gegee nie en die tuisspan deurentyd agter die voordeellyn vasgepen om die druk vierkant op hulle te hou.

    Haker, Wihandré Kruger, was vir die tweede agtereenvolgende week ‘n reuse bedreiging agter Valia se haas onstuitbare dryfmaalbewegings, wat aan hom ‘n welverdiende driekuns aan drieë besorg het. Die Parkies het self hul dryfmale aan die gang gekry vir haker, Declan Pelser, om ook vir twee drieë oor te bars.

    Valia-losskakel, Jay-Dee Maree het ‘n meesterklas in taktiese skopwerk gelewer, terwyl sy korrelwerk pale toe ook uit die boonste rakke was. Maree het vyf doelskoppe, drie strafdoele en ‘n skepdoel deur die mikke gejaag vir ‘n persoonlike bydrae van 21 punte.

    Die stryd tussen Hoërskool Noordheuwel en Hoërskool Dr EG Jansen het gesamentlik ‘n allemintige 100 punte opgelewer. Die Blues het uiteindelik met 55-45 die pyp gerook in ‘n kragmeting waar verdediging nie noodwendig hoogste prioriteit geniet het nie.

    Albei spanne het uitmuntende hardlooprugby opgedis, wat die Arende-afrigter, Rudi Dames, genoop het om die vertoning uit te sonder as een van die drie beste wedstryde waarby hy, sedert die begin van sy betrokkenheid by skolerugby, betrokke was.

    Die Blues se blits, Aidan Bester, het die doellyn oorgesteek vir ‘n driekuns, waarvan die derde die beslissende drie in Boksburg was. Op losskakel het Pablo Moeketsane die toutjies vernuftig getrek om Bester en die res van die agterlyn dikwels en dodelik op die voorvoet te plaas.

    Jeandré Uithaler was oudergewoonte venynig op heelagter wanneer hy aansluiting by die lyn gevind het, terwyl sy skopskoen ewe giftig was. Uithaler was in die kol met ses doelskoppe en ‘n strafdoel.

    Vir die tuisspan het sy agterste driehoek, onder leiding van Deshean Pietersen, vir die soveelste keer uitgeblink, asook die skakelpaar van Jospeh Diesel en Dian Botha. Diesel is met ‘n vyfpunter beloon, terwyl Botha, nes Uithaler, suksesvol was met ses doelskoppe en ‘n strafdoel.

    Hoërskool Garsfontein moes hard werk om vir Hoërskool Nelspruit op Bere Park met 32-20 te verslaan. Die Rhinos het die Bere se momentum dikwels ontwrig met hul effektiewe opskietverdediging en 70 minute se fisieke aanslag.

    Vir die verdedigende kampioen het agsteman, Stefan van der Vyver, twee keer oorgeduik het, terwyl die Garsies se agterlyn met rukke en stote soos die gevaar van ouds vertoon het. Die Nellies se slot, André Smit, het sy pond vleis tafel toe gebring en is besig om hom te vestig as ‘n prominente figuur in die Nelspruit-pak met sy hoë werkverrigting.

    Puntemakers: 

    Transvalia 47 (23) – Drieë: Wihandré Kruger (3), Johan Smit, Jonathan Roets. Doelskoppe: Jay-Dee Maree (5). Strafdoele: Maree (3). Skepskop: Maree. Menlopark 27 (10) – Drieë: Declan Pelser (2), Andru Keun, Bladen Peterson, Lucian Reid. Doelskop: Keun.

    Noordheuwel 55 (24) – Drieë: Aidan Bester (3), Clinton Agu, Armand van Eck, Jeandré Uithaler, Kieran Reid, Skuttie Bezuidenhout. Doelskoppe: Uithaler (6). Strafdoel: Uithaler. EG Jansen 45 (28) – Drieë: Deshean Pietersen, Otlatleng Zulu, Joseph Diesel, Craig Lightfoot, Marco Ventura. Doelskoppe: Dian Botha (6). Strafdoel: Botha.

    Garsfontein 32 (22) – Drieë: Stefan van der Vyver (2), Justin Blom, Lourenz de Jager, Junaide Stuart, Junade Pasensie. Doelskop: Derrick Kuhn. Hoërskool Nelspruit 20 (8) – Drieë: Jean Erasmus, André Smit, Rian Botha. Doelskop: John Duncan. Strafdoel: Liam Pringle.

    Ander spanne: 

    o.16: Menlopark 36, Transvalia 14; Noordheuwel 24, EG Jansen 12; Garsfontein 71, Nelspruit 10.

    o.15: Menlopark 27, Transvalia 22; EG Jansen 38, Noordheuwel 21; Garsfontein 42, Nelspruit 12.

    o.14: Menlopark 31, Transvalia 20; Noordheuwel 31, EG Jansen 7; Garsfontein 81, Nelspruit 14.