SSPN Test Site

Author: froberholzer

  • De Lange dag vir Monnas op die Ras

    De Lange dag vir Monnas op die Ras

    EUGENE DE LANGE, steelkanflank van Helpmekaar Kollege, op pad na die doellyn in sy span se sege oor Monument in Krugersdorp. FOTO: Marius Nortjé.

    Helpmekaar Kollege se Eugene de Lange het die wendrie gedruk vir die besoekers om Hoërskool Monument se doppie te klink met 53-43, Saterdagmiddag op Monnas se tuisveld, die Ras van Rooyen in Krugersdorp.

    Herleef al die aksie op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com) 

    De Lange se vyfpunter was nie slegs die kersie op die koek vir Helpies nie, maar ook ‘n gepaste beloning vir straks die uitstaande individuele vertoning van die dag.

    Nadat die tuisspan soos ‘n veldbrand weggespring het in die eerste 15 minute, het De Lange die momentum stelselmatig geswaai met sy vernietigende barslopies waarmee hy bykans elke keer deur die eerste linie van verdediging gebreek het.

    Daarmee het Helpies die druk toenemend toegepas, wat die grondslag gelê het vir vleuels, Xander van Niekerk en Francois Tonkin, om elk ‘n tweekuns aan drieë te behaal.

    Benewens De Lange, het die besoekers se voorry ook uitgeblink in die vas en vastelos, met vernaam vaskopstut, Dylan Engelbrecht, wat uitsonderlike vaardighede tentoongestel het. Agsteman, Llewelyn Vermaak, het gewoel in die los en was, nes De Lange, een van die Helpies se gevaarlikste wapens.

    Die Monumentare het egter nooit gaan lê nie, selfs toe hulle in trurat was kort voor rustyd. Dit was egter in die eerste 25 minute van die tweede helfte, dat hulle na hoogste versnelling oorgeskakel het. Met dr. Jannie du Plessis en, nou ook, oud-Leeu, Willie Britz, as deel van die afrigtingspan, het die tuisspan beslis ‘n mate van “Leeuemoed” uitgestal.

    Hulle het vir die Helpies by ‘n paar geleenthede in spasie gelooi met puik hardlooprugby, wat gelei het tot die eerste drie drieë in die tweede 35 minute. Loghan Langeveldt, wat vandeesweek op heelagter uitgedraf het, het vir die twee agtereenvolgende week deurgewals vir ‘n tweekuns.

    Buitesenter, Ruan Genis, was straks die Wit Bulle se beste speler, terwyl skrumskakel, Evan Bernhardi, ook goed vertoon. Voorlangs het oopkantflank, Caleb Sparks, die vonke laat spat, vernaam by die afbreekpunte.

    In Pretoria het 2024 se Beker-naaswenner, Hoërskool Waterkloof, 26 punte in die laaste 14 minute aangeteken om sy stryd met Hoërskool Rustenburg gemaklik met 40-15 te wen.

    Die Rusties het die lewe vir die Klofies moeilik gemaak in die eerste helfte. Nadat hulle met die omdraaislag met 14-3 voorgeloop, het die Klofies se lostrio na rustyd aan die werk gespring met opkantflank, Divan Botha, wat die eerste van twee Bothas was om agter die doellyn te gaan draai. Binnesenter, Dylan Botha, het kort daarna oorgebars vir die Klofies se laaste drie.

    Haker, Ruan Jacobs, het tong uitgesteek vir die Blou Bulle se keurders deur twee keer te gaan druk, terwyl agsteman, Marko Kok, weer van voor gelei het met ‘n kragtige vertoning op die aanval.

    Die Rusties se Bradley Snyers, kleinneef van Lorenzo Snyers, het sy span se enigste twee drieë gedruk en gaan later vanjaar die Luiperds se Cravenweekspan, in Middelburg, verteenwoordig.

    Puntemakers: 

    Helpmekaar Kollege 53 (36) – Drieë: Xander van Niekerk (2), Francois Tonkin (2), Ty Ax, Dylan Englebrecht, Jandré Botha, Eugene de Lange. Doelskoppe: Wian Storm (5). Skepdoel: Storm. Monument 43 (17) – Drieë: Ruan Genis (2), Loghan Langeveldt (2), Vincent Roberts, Reghard Ernst, Jason Joubert. Doelskoppe: Cameron Kourie (2), Caylum Schooney (2).

    Waterkloof 40 (14) – Drieë: Ruan Jacobs (2), Jedri Swart, Divan Botha, Marko Kok, Dylan Botha. Doelskoppe: Ronan Bastiaanse (5). Hoërskool Rustenburg 15 (3) – Drieë: Bradley Snyers (2). Doelskop: Ayden Willemse. Strafdoel: Willemse.

    Ander spanne: 

    o.16: Monument 35, Helpmekaar 15; Waterkloof 27, Rustenburg 24.

    o.15: Helpmekaar 29, Monument 5; Rustenburg 16, Waterkloof 10.

    o.14: Monument 22, Helpmekaar 20; Waterkloof 41, Rustenburg 15.

  • Vuurwarm Volkies bied Plasies se grootste uitdaging tot dusver

    Vuurwarm Volkies bied Plasies se grootste uitdaging tot dusver

    FOTO: Potchefstroom Volksool op Facebook.

    Merensky Landbou Akademie wil tuis voortbou op die momentum wat hy met sy sege van 28-26 oor Hoërskool Dinamika behaal het, maar staar ‘n strawwe toets in die gesig met Potchefstroom Volkskool wat agter die sitrusgordyn kom besoek aflê.

    Volg al die Bowl-aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com) 

    Die Plasies het hul Bowl-veldtog met ‘n nederlaag teen Bergsig Akademie (18-17) afgeskop, maar netjies herstel om vir Dinamika naelskraaps te verslaan en staal hulle nou vir die aanslag van Juhan Geldenhuys en sy Volkskool-span. Die Volkies, ‘n sterk aanspraakmaker om vanjaar met die louere weg te stap, het in hul vorige kragmeting, die jaarlikse Potchefstroom-derby, vir Potchefstroom Gimnasium laat sweet vir ‘n oorwinning van 21-12.

    Die Plasies moet vir ongeveer twee weke klaarkom sonder hul woelige steelkantflank, PG Botes, wat sy hand gebreek het in die  kragmeting met die span van Alberton. Craig Walker, normaalweg ‘n staatmaker op slot, vervang vir Botes, met Matthew Mockford wat vir die eerste keer vanjaar op slot sak.

    Hoërskool Eldoraigne gaan steeds gebuk onder beseringsprobleme en die Drake se afrigtingspan moes nogmaals ‘n rits veranderinge aanbring vir die tog na Randburg, waar hulle teen Hoërskool Randburg te staan kom. Op ‘n positiewe noot maak kaptein, Darren Bruwer, sy terugkeer, maar wel op losskakel in stede van skrumskakel. Nóg ‘n interessante skuif is dié van Justin Meintjies, bekend vir sy woelige spelpeil as steelkantflank, na buitesenter.

    Die Randburgers se breinstrust, daarenteen, het dieselfde span behou ter wille van kontinuïteit met die oog op die tweede helfte van die Bowl-afdeling.

    Potchefstroom Gimnasium reis na Kempton Park, óók met ‘n onveranderde span. Die Gimmies is flink op dreef om hul titel suksesvol te verdedig, maar die stryd met Hoërskool Jeugland bied nietemin nóg ‘n taamlike toets. Die span van Kempton Park beskik oor ‘n gros spelers wat verlede jaar in die Skild-afdeling betrokke was, soos die gevaarlike Kokets Maphopa, wat ‘n groot bedreiging inhou met die bal in hand.

    Vir die Gimmies het Elrich Bosch, ‘n staatmaker op binnesenter, en De Wet Grobler, die woelige agsteman wat as ‘n Graad 11-leerling reeds dié kompetisie aan die brand gespeel het, tot dusver uitgestaan.

    Hoërskool Ermelo keer terug na ‘n loslootjie om vir Hoërskool Dinamika die stryd in Alberton aan te sê. Hoewel die tuisspan verlede naweek vasgeval het, sou hy nietemin steeds vertroue geput het uit sy vertoning in Tzaneen, waar hy een van die Bowl se bekendste spanne die skrik op die lyf gejaag het.

    Die spanne: 

    Merensky Landbou Akademie t. Potchefstroom Volkskool in Tzaneen: 

    Merensky: 15 George Steenkamp, 14 Meschack Mohlala, 13 Jens Bezuidenhout, 12 Maritz Meintjies, 11 Henru Venter, 10 JD Boshoff, 9 Muis Koen, 8 Phuki Mpiti, 7 PG Botes, 6 Jan Pretorius, 5 Craig Walker, 4 Blessing Mathebula, 3 Otto Muller, 2 Marno Nel, 1 Carel Volschenk.

    Potchefstroom Volkskool (moontlik): 15 Arno Nel, 14 Lethabo Riet, 13 Hennie Pretorius, 12 Rivel Samuel, 11 Juan Fourie, 10 Lourenzo Louw, 9 Juhan Geldenhuys, 8 Johannes Lombard, 7 Marlu du Preez, 6 Wian Victor, 5 Stef Schoeman, 4 Joshua van der Westhuizen, 3 De Waal Coetzer, 2 Louis Fourie, 1 AB Brink.

    Hoërskool Randburg t. Eldoraigne in Randburg: 

    Randburg: 15 Joshua Wiggett, 14 Eduan Bakkes, 13 Bradley Bitcher, 12 Zander Drake, 11 Jayden Oosthuizen, 10 Jayden Todd, 9 Rico Vosloo, 8 Cruwin Hill, 7 Chrisjan van Niekerk, 6 Victor van Blerk, 5 Philip Rykaart, 4 Jayden Brown, 3 Kian Kritzinger, 2 Michael Payne, 1 Diedlof Fourie.

    Eldoraigne: 15 Damian Elferink, 14 Tristan Lee, 13 Justin Meintjies, 12 Hugo Theron, 11 Hanno Jacobs, 10 Darren Bruwer, 9 Aiden Labuschagne, 8 Juawan Pietere, 7 Kyle de Bruin, 6 Cameron Killian, 5 Damian Janse van Vuuren, 4 Esdee Kotze, 3 Chase Wessels, 2 JG Engelbrecht, 1 Wian White.

    Jeugland t. Potchefstroom Gimnasium in Kempton Park: 

    Jeugland: 15 Kokets Maphopa, 14 Beya Nyathi, 13 Andrew Khoza, 12 Innocent Vilakazi, 11 Thando Ngomane, 10 King Agbanzo, 9 Zaydene Adams, 8 Jaden Kleyn, 8 Jaden Kleyn, 7 Alec Mohlala, 6 Joseph Ngoma-Ngoma, 5 Nivan Duvenhage, 4 Daniel Wawina, 3 Khumo Maimane, 2 Lesego Moitse, 1 Phenyo Nkoana.

    Potchefstroom Gimnasium: 15 Jandré Oosthuizen, 14 Rea Moloalosi, 13 Irumeleng Pheto, 12 Elrich Bosch, 11 Chris van Zijl, 10 Zandré Da Silva, 9 MJ Viljoen, 8 De Wet Gorbler, 7 Reuel Potgieter, 6 Damian Zwahlen, 5 Rynel Rautenbach, 4 Dirk Stear, 3 Matthew Redelinghuys, 2 Kobus Grobbelaar, 1 Juandré Barends.

    Dinamika t. Hoërskool Ermelo in Alberton: 

    Dinamika: 15 Zavian Mathys, 14 Nathan Kearns, 13 Shane Serfontein, 12 Nico Greyling, 11 Caiden van der Merwe, 10 Keanu de Sousa, 9 Gustav Schutte, 8 Monré van Wyk, 7 Hendrik Albert, 6 Darren Pretorius, 5 Ruan van Tonder, 4 Branden Smit, 3 Jayden Smith, 2 Duandré Boshoff, 1 Janco Fourie.

    Ermelo: 15 WJ Pretorius, 14 Luthando Mahlangi, 13 HJ Hobkirk, 12 Nicolas Steyn, 11 Thabo Mokwena, 10 Janco Kleynhas, 9 Dick Rouillard, 8 Cules Hamman, 7 Marco de bruin, 6 WJ Cronje, 5 Janneman Malan, 4 De La Rey Hattingh, 3 Jacques Diedericks, 2 Ruan Grobler, 1 Hennie Geel.

  • Pretorius op sy pos vir Heidelberg Volkies teen Liggies

    Pretorius op sy pos vir Heidelberg Volkies teen Liggies

    FOTO: Hoërskool Lichtenburg op Facebook.

    Heidelberg Volkskool het uiteindelik net een beseringsverlies, en nié twee soos aanvanklik vermoed nie, gely in die vorige ronde van die SDC Noordvaal Cup se Skild-afdeling, en is dus bykans op volsterkte vir sy wegstryd teen Hoërskool Lichtenburg.

    Volg al die Skild aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.superpsortschools.com) 

    Jeandré Pretorius het die groen lig gekry om Saterdag te speel nadat hy verlede week die veld in Montana moes verlaat met ‘n ontwrigte knieskuif. Hy sal dus sy pos op agsteman inneem.

    Die Volkies moet egter klaarkom sonder Tyrone Munro, wat vir ‘n geruime tyd buite aksie sal wees na hy skouerligamente in dieselfde wedstryd teen die Monties geskeur het. Munro word op heelagter vervang  deur Theuns van der Merwe, wat oorskuif van regtervleuel, met JV Badella wat op vleuel kans kry.

    Die Liggies het hul span, wat met 40-14 oor Hoërskool Piet Retief geseëvier het, onveranderd gelaat, met driekunsheld, Tiaan Booysen, wat oorgehaal sal wees om voort te bou op sy skitterende spelpeil.

    Hoërskool Pietersburg keer terug na Skild-aksie, ná ‘n afwesigheid van twee weke, wanneer hy gasheer speel vir Hoërskool Secunda. Die Pieties het wel intussen vir HTS Tom Naudé met 50 punte afgestof in hul jaarlikse derby.

    Secunda, wat vir ‘n tweede agtereenvolgende week op pad is, lek nog wonde na sy naelskraapse nederlaag van 32-34 teen Hoërskool Die Anker in die vorige ronde. Agsteman en kaptein, Franko Rossouw, speel hierdie keer vanaf die plaasvervangerbank, met Renier Combrink wat van slot na agsteman skuif en JC Olivier wat geleentheid kry op slot.

    Hoërskool Piet Retief kan die bordjies tuis verhang teen Hoërskool Ben Vorster slegs ‘n maand en ‘n half nadat die twee spanne in die laaste ronde van vanjaar se NWU Sportreeks slaags was. Die tuisspan sukkel ietwat in sy eerste jaar van Skild-aksie, maar die afrigtingspan is positief dat hy spoedig ritme sal vind. Piet Retief het ook ‘n aantal veranderinge aanbring na die nederlaag teen Lichtenburg .

    Owethu Shabalala skuif van losskakel na heelagter, terwyl Kyle Stock die Nr 9-trui vir 10 verruil. Domenic Coetzer neem Stock se plek as skrumskakel in.

    Die Buffels verwelkom albei hul vuurvreter-flanke, Joshua van der Mescht en Kobus de Beer, terug, wat die pak heelwat meer oemf gee. Die ervare Lethabo Sejake is terug op vleuel na ‘n skouerbesering en kan vir die tuisspan hoofbrekens agterlangs besorg.

    Hoërskool Hugenote van Springs het ‘n reuse uitdaging wat in Montana op hom wag wanneer hy die nuweling in die Skild-afdeling, die gevaarlike Hoërskool Montana, aandurf. Die Monties het hul stem dik gemaak met ‘n wegholsege oor Heidelberg Volkskool (45-24), terwyl die Hugies 12 punte in die laaste paar minute aangeteken het om Ben Vorster se partytjie te bederf met ‘n gelykopuitslag van 18-18.

    Die spanne: 

    Hoërskool Lichtenburg t. Heidelberg Volkskool om 12:30 in Lichtenburg: 

    Lichtenburg: 15 Xander Blom, 14 Tehan Potgieter, 13 Oratile Sekoto, 12 WJ Liebenberg, 11 Kuzi Mupudzi, 10 Luan Snyman, 9 Rea Motsusi, 8 KG Legodi, 7 Tiaan Booysen, 6 George Bingudzu, 5 Darius Lombard, 4 LJ Kleynhans, 3 Duan Kruger, 2 Juan van Rhyn, 1 Ruben Pretorius.

    Heidelberg Volkskool: 15 Theuns van der Merwe, 14 JV Badella, 13 Marco Botha, 12 Vaughn Steynvaart, 11 Pieter Greyling, 10 Tristan Munro, 9 Hein Oelofse, 8 Juandré Pretorius, 7 Klaas Venter, 6 Jaco Botha, 5 Eduard Roets, 4 Jano Dietrechsen, 3 Dean Last, 2 Henru Coetzer, 1 Reuben Bothma.

    Hoërskool Pietersburg t. Hoërskool Secunda om 12:30 in Polokwane: 

    Pietersburg: 15 Ryno Mienie, 14 Armand Venter, 13 Basson Wolmarans, 12 Siya Mahlangu, 11 Keanu Potgieter, 10 Juan Randall, 9 Celliers van der Merwe, 9 Ludke Pienaar, 7 Juan Jansen van Vuuren, 6 FC Smith, 5 Henco Venter, 4 Brent Vorster, 3 Stephan Jansen van Rensburg, 2 Ziahn Lombaard, 1 Krissie Swanepoel.

    Secunda: 15 Dillon Grundeling, 14 Ryan Lottering, 13 Armand Underhay, 12 Bismark Jansen, 11 Alberto Volschenk, 10 Alonzo Blackenberg, 9 JD van Coller, 8 Renier Combrink, 7 Zander van der Merwe, 6 Sifiso Hlangawe, 5 JC Olivier, 4 Mickey Jordaan, 3 MC Vosloo, 2 Jarred Davies, 1 Rico Schoeman.

    Hoërskool Piet Retief t. Ben Vorster om 13:30 in Piet Retief: 

    Piet Retief: 15 Owethu Shabalala, 14 De Klerk Ferreira, 13 Bubele Ngubane, 12 Gilles van der Meulen, 11 Vuyani Tshabalala, 10 Kyle Stock, 9 Domenic Coetzer, 8 Marnus Thomas, 7 SJ van Barneveld, 6 Lethu Hlope, 5 Harold Gevers, 4 Abongwe Maduna, 3 Aza Phakathi, 2 Mario de Oliveria, 1 Sfundo Mayisa.

    Ben Vorster: 15 Phetogo Shubane, 14 Andzani Shisingi, 13 Freddie Pinto, 12 Gegan Hendriks, 11 Lethabo Sejake, 10 Shelton-Ray Primo, 9 Stiaan du Rand, 8 Tumi Ramohlale, 7 Joshua van der Mescht, 6 Kobus de Beer, 5 Chifu Banda, 4 Barend Harmse, 3 Thaba Matlou, 2 Ruben Pohl, 1 Thabang Nkuna.

    Montana t. Hugenote van Springs om 12:30 in Pretoria 

    Montana: 15 Marq de Villiers, 14 Keagan van der Merwe, 13 Luan Barnard, 12 Hendrew Schoeman, 11 Sam Schoeman, Rubel Bester, 9 Braam Schutte, 8 Ulrich van Biljon, 7 Dieter Scheepers, 6 Aiden Vorster, 5 Kyle Bronkhorst, 4 Eric Potgieter, 3 Xandré le Roux, 2 Juan Theunissen, 1 Aiden van der Made.

    Hugenote (Springs): 15 Christaan Basson, 14 Andile Dhlamini, 13 Yovan Prinsloo, 12 Dylan Nel, 11 Kyle de Klerk, 10 George Lucas, 9 Thanyani Mokiri, 8 Euan Venter, 7 Luan Pretorius, 6 Arné Marais, 5 André Coetzee. 4 Tristan de Beer, 3 Wian Rudolph, 2 Luan Smit, 1 Franko Neuhoff.

  • Kempies wil tuis terugkeer na die wenpad teen Klerksdorp

    Kempies wil tuis terugkeer na die wenpad teen Klerksdorp

    FOTO: Sune Rowe Photography.

    Hoërskool Kempton Park keer terug na sy tuisveld om vir Hoërskool Klerksdorp Saterdag te verwelkom in die SDC Noordvaal Cup se Plaat-afdeling.

    Volg al die Plaat aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com) 

    Die Kempies het in hul laaste twee wedstryde vasgeval en is vasberade om weer oorwinning te smaak. Ten spyte van hul onlangse nederlae het die Kempies steeds tekens van ‘n goeie span getoon, met vernaam buitesenter, Wian Rieckert, wat ‘n doring is in die middeveld.

    Die Klerksdorpers, daarenteen, het bo uitgekom in hul vorige twee uitstappies, waarvan die mees onlangse uitslag ‘n naelbytsege van 25-24 oor Hoërskool Middelburg. Die veelsydige Brendin Mathyse het ongelukkig weer ‘n besering opgedoen teen die Middies en word weer deur Jayden Turner op heelagter vervang.

    Linkervleuel en Luiperds-verteenwoordiger, Elzeno Schalkwyk, sluit hom by Mathyse aan op die krukkelys en laat ‘n taamlike leemte wat die Klerksdorpers se aanvalbetref. Schalkwyk word deur Marco Symmington vervang.

    Hoërskool Oos-Moot het vir Jaydon Pretorius van heelagter na buitesenter geskuif vir Saterdag se stryd in die Moot teen die onoorwonne Hoërskool Zwartkop. Brian Jacobs draf in Pretorius se plek op heelagter uit.

    Vir die Zwarries maak die driedruk-duo, Zulu Mona (linkervleuel) en Justin Julies (heelagter), hul terugkeer tot die beginspan. Die indrukwekkende Mika Allers kry geleentheid om aan die kant van die skrum te sak na ‘n rits uithaler-vertonings vir die Zwarries se tweede span.

    Hoërskool Wesvalia se Fafa Calitz en Wian du Preez vorm ‘n gedugte kombinasie in die middeveld vir HTS Middelburg se besoek aan Klerksdorp. Jeandré Snyman, wat op buitesenter teen die Oosies uitgedraf het, behou sy plek maar skuif na linkervleuel. Voorlangs mis haker, Fanie Linde, uit weens ‘n besering, met loskopstut, Ulrigh du Preez, wat oorskuif van stut na haker en die ervare Deacon Kath wat langs hom in die voorry sak.

    Na ‘n welkome loslootjie, keer Tercius Bezuidenhout terug na die Rooi Bulle sepak nadat hy in die vorige wedstryd op binnesenter moes diens doen. Nathan Jansen van Vuuren neem weer sy plek in die nr. 12-trui in, met Danté Lubbe wat die toutjies as losskakel sal trek.

    ‘n Gekweste Hoërskool Middelburg verwelkom vir Marais Viljoen in Middelburg. Die besoekers van Alberton se selfvertroue behoort oor te loop na hulle ook twee seges in hul laaste twee wedstryde kon behaal, waarvan een weg teen die Kempies. Middies is egter slaggereed om hul Plaat-veldtog weer op koers te kry, wat vir ‘n liplekker-stryd behoort te sorg.

    Die spanne: 

    Hoërskool Kempton Park t. Hoërskool Klerksdorp om 12:30 in Kempton Park: 

    Kempton Park: 15 Ben Steyn, 14 Ethan Botha, 13 Wian Riekert, 12 Jethro Williams, 11 Ettienne Stroebel, 10 Stian de Villiers, 9 Ferdi Smith, 8 Ruan Mostert, 7 Marco van der Walt, 6 Matthew Vermaak, 5 Luca du Plooy, 4 Louis Mouton, 3 Dihan Keeve, 2 Matthew Swannevelder, 1 Piet van den Heever.

    Klerksdorp: 15 Jayden Turner, 14 Tyrand Masango, 13 Winton Abrahams, 12 Jarred van Staden, 11 Marco Symmington, 10 Dorian Isaacs, 9 Rellston Wilson, 8 Tiaan Koen, 7 Marnus van der Merwe, 6 D-Jee Treurnich, 5 Juan Hills, 4 SG de Klerk, 3 Hanro Nel, 2 Brandon Botha, 1 De Wet le Roux.

    Oos-Moot t. Zwartkop om 12:30 in Pretoria: 

    Oos-Moot: 15 Brian Jacobs, 14 Drew Williams, 13 Jayden Pretorius, 12 Jeandré Venter, 11 LJ Vaughn, 10 Dewron Aford, 9 David Joubert, 8 Jaydon Botha, 7 Riyaan Wilson, 6 Clayton du Bruyn, 5 MC van Tonder, 4 Stian de Vente, 3 Jandré de Beer, 2 Thando Telelo, 1 Divan du Preez.

    Zwartkop: 15 Shayden Botha, 14 André Marx, 13 Luan Williams, 12 David van Jaarsveld, 11 Stiaan Botha, 10 Tilon Baron, 9 Luan Janse van Rensburg, 8 Wihan Roux, 7 Luan Wepener, 6 Brian Smith, 5 Jethro le Roux, 4 Ettienne van Niekerk, 3 AJ Hendriks, 2 Regan Blignaut, 1 Christiaan de Vries.

    Wesvalia t. HTS Middelburg om 13:30  in Klerksdorp: 

    Wesvalia: 15 Henco Greyling, 14 Martin Bierman, 13 Fafa Calitz, 12 Wian du Preez, 11 Jeandré Snyman, 10 Eduard Dreyer, 9 Barry Niemand, 8 Franco Dumond, 7 Christiaan Swanepoel, 6 Quewen Fourie, 5 Tiaan de Kock, 4 Joshua Pieterse, 3 Ignus Nel, 2 Ulrigh du Preez, 1 Deacon Kath.

    HTS Middelburg: 15 WJ Enslin, 14 Kwanele Mkhize, 13 Jacques Greyling, 12 Nathan Jansen van Vuuren, 11 CJ Muller, 10 Danté Lubbe, 9 Reece Botha, 8 Kayden Wessels, 7 Regard Blake, 6 Dewan Coetzee, 5 Janco Aucamp, 4 Ethan Kock, 3 Marinus Oberholzer, 2 Hanru Terblanche, 1 Janco Botha.

    Hoërskool Middelburg t. Marais Viljoen in Middelburg: 

    Hoërskool Middelburg: 15 Katlego Baloyi, 14 Kefilwe Phamotse, 13 Jaco Truter, 12 Lungelo Maseko, 11 Lesego Rakale, 10 Matthew Abbey, 9 Keabetswe Nkgadima, 8 Hencoe Jane van Rensburg, 7 Wihan Jordaan, 6 CW Hanekom, 5 Jabu Mathebula, 4 Khensani Buthelezi, 3 Dewald du Toit, 2 Roux Grobler, 1 Carlo Joubert.

    Marais Viljoen: 15 Raynhardt Kruger, 14 Cayden Scheepers, 13 Juan van den Heever, 12 Jonno Morkol, 11 Kabelo Tlhoaele, 10 Claude do Cotto, 9 Ethan Wiedeman, 8 Rio Tshimbalanga, 7 Munga Mwengehya, 6 Lloyd Shoko-Schenck, 5 Dean Scheepers, 4 Jermaine Crause, 3 Sifiso Shongwe, 2 Ondisa Njili, 1 Juan Cooper.

  • Kazambo en kie ruk op na Pretoria

    Kazambo en kie ruk op na Pretoria

    FOTO: Johan Orton.

    Wie kon ooit voorspel het dat Hoërskool Transvalia na sy eerste twee wedstryde, as nuweling in die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling, steeds onoorwonne sou wees?

    Volg al die Beker aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com) 

    Die span van Vanderbijlpark het inderdaad reeds sy stem dik gemaak deur vir Hoërskool Rustenburg (20-13) en Hoërskool Dr EG Jansen (39-26) te verslaan in vanjaar se reeks. Dit is hierdie week egter die eerste keer dat Valia moet reis vir ‘n wegwedstryd, wanneer hulle vir Die Hoërskool Menlopark Saterdagmiddag in die Jakarandastad aandurf.

    Die besoekers pak die tog na Pretoria aan met ‘n onveranderde span, met die kookwaterflanke, Daniel Kazambo en Juan Bischoff, weer aan die spits. Kazambo is onlangs vir die tweede agtereenvolgende jaar in die Valke se Cravenweekspan ingesluit.

    Die Parkies se span keer terug na normaal, ná die ontwrigting van die vorige week, met Andru Keun wat weer sy plek op losskakel en as kaptein inneem. Keun het die stryd teen Hoërskool Garsfontein misgeloop weens siekte, maar betyds herstel om Saterdag weer die span aan te voer.

    Die gevaarlike Leskin Samuels skuif van vleuel terug na sy gunstelingposisie op buitsenter, waar hy en sy Cravenweek-sentermaat, Dylan Stumke, ‘n groot bedreiging bied vir Valia in die middeveld.

    Hoërskool Noordheuwel reis na Boksburg met slegs een verandering aan die span wat verlede week met Hoërskool Monument afgereken het, om met Hoërskool Dr EG Jansen swaarde te kruis. Skrumskakel, Gideon Diedericks, ondervind las van ‘n ligte dyspierbesering en neem ‘n blaaskans, hoewel die Nories nog nie ‘n plaasvervanger vir hom aangewys het nie.

    Die verdedigende kampioen, Hoërskool Garsfontein, gaan self gebuk onder beserings, terwyl provinsiale verpligtinge die afrigtingspan se taak ook nie vergemaklik nie. As kampioen sal die Bere nietemin hul diepte Saterdag op Berepark teen Hoërskool Nelspruit wil tentoonstel.

    Die Rhinos lek nog hul wonde na ‘n nederlaag van 31-38 teen Hoërskool Rustenburg in die vorige ronde, maar sal onder leiding van agsteman, Vaughn van Zyl, vasberade wees om terug te keer na die wenpad.

    Die spanne: 

    Menlopark t. Transvalia om 12:30 in Pretoria: 

    Menlopark (moontlik): 15 Reinhardt Hebrst, 14 Bladen Peterson, 13 Leskin Samuels, 12 Dylan Stumke, 11 Juan Joubert, 10 Andru Keun, 9 Gustav Scäffner, 8 JN van Wyk, 7 Tiaan Boshoff, 6 Nathen du Plessis, 5 Keagen Pretorius, 4 Xander Roets, 3 Ruvan van Aardt, 2 Declan Pelser, 1 Mattheus Prinsloo.

    Transvalia: 15 Lorenzo Flynn, 14 Dihan Crause, 13 Danté Oosthuizen, 12 Declan Hattingh, 11 Tumi Moloi, 10 Jay-Dee Maree, 9 Johan Smit, 8 Wynand Stolz, 7 Daniel Kazambo, 6 Juan Bischoff, 5 Christiaan Liebenberg, 4 Kyle Maartens, 3 Damian van Heerden, 2 Wihandré Kruger, 1 Vusi Morathi.

    Hoërskool Dr EG Jansen t. Noordheuwel om 12:25 in Boksburg:

    EG Jansen: 15 Deshean Pietersen, 14 Otlatleng Zulu, 13 Christopher Combrink, 12 Nathan Delport, 11 Jordan van der Westhuizen, 10 Juan van Aswegen, 9 Joseph Diesel, 8 Slade Mowbray, 7 Dian Botha, 6 Craig Lightfoot, 5 Breyton Kruger, 4 Jacques van Tonder, 3 Deveraux Wideman, 2 Marco Ventura, 1 Ruan Rossouw.

    Noordheuwel (moontlik): 15 Jeandré Uithaler, 14 Aidan Bester, 13 Tristan Helmund, 12 Kieran Reid, 11 Jayden Steyn, 10 Pablo Moeketsane, 9 Gillie Diedericks, 8 Armand van Eck, 7 Juandré de Villiers, 6 Andrew Lambert, 5 Roehan Hoogendyk, 4 Kean Lourens, 3 Steph Botha, 2 Clinton Agu, 1 Skuttie Bezuidenhout.

    Garsfontein t. Hoërskool Nelspruit om 12:30 in Pretoria: 

    Garsfontein (moontlik): 15 Junade Pasensie, 14 Junaide Stuart, 13 Levi Jordaan, 12 Keagan Knighton, 11 Drewyn Baron, 10 Derrick Kuhn, 9 Dian van Aswegen, 8 Lourenz de Jager, 7 Stefan van der Vyver, 6 JP Pieterse, 5 Derik Potgieter, 4 JJ Fourie, 3 Morné Coetzer, 2 Justin Blom, 1 Morné Coetzer.

    Nelspruit: 15 Jordan Pretorius, 14 Kamo Monkwe, 13 Ruben Greeff, 12 Rian Botha, 11 Tinyiko Silubane, 10 John Duncan, 9 Liam Pringle, 8 Vaughn van Zyl, 7 Vian Louw, 6 Dhandré van Wyk, 5 Werno Heyns, 4 André Smit, 3 Gert Cloete, 2 D’Angelo Roberts, 1 Lindani Ndlela.

  • Rusties wil voortbou op momentum teen Klofies

    Rusties wil voortbou op momentum teen Klofies

    FOTO: Tap Light Edits.

    Hoërskool Rustenburg, ná sy onlangse sege oor Hoërskool Nelspruit, word tans as ‘n besliste bedreiging beskou in die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling.

    Volg al die Beker aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com) 

    Die Rusties, onder die wakende oog van die voormalige Cheetahs- en Stormers-losskakel, Naas Olivier, en sy afrigtingspan, het ontwikkel in ‘n afgeronde eenheid wat indrukwekkende momentum opbou. ‘n Wegsege Saterdag oor Hoërskool Waterkloof kan behoorlik die kat in die Beker-duiwehok loslaat.

    Die Klofies het egter self ‘n momentum-inspuiting ontvang met hul sege van 27-19 oor Die Hoërskool Menlopark twee weke gelede, terwyl die loslootjie daarna ook welkom was.

    Die blaaskans was ongelukkig nie lank genoeg vir Zack Jordaan om te herstel nie. Die Klofies se skrumskakel, wat deur die loop van die seisoen in ‘n gedugte skakelpaar ontwikkel het met kaptein, Ronan Bastiaanse, loop Saterdag se stryd mis weens ‘n kniebesering wat steeds pla.

    Volgens breier, Cobus van Dyk, is dit nie ernstig nie, maar slegs voorkomend om vir Jordaan tyd te bied om volkome te herstel. Jacobus van den Berg neem sy plek op skrumskakel in, terwyl slot, Leander van der Westhuizen, afskuif bank toe met Phillip Mans wat sy kans in die beginspan kry.

    Rustenburg het self twee veranderinge aangebring. Dirk Huisamen is hierdie week weer op agsteman in aksie met Thian Labuschagne wat in die nr 7-trui diens doen, terwyl Xander Stickling vir Jan-Paul Nel op loskopstut vervang.

    Tjaart van der Walt keer terug na Hoërskool Monument met ‘n vuurwarm Helpmekaar Kollege, wat mik vir ‘n vierde agtereenvolgende oorwinning in vanjaar se kompetisie. Die Helpies is tans eerste op die Beker-puntelys en dit is duidelik hoekom.

    Hulle verwelkom woelwater-kantman, Zian Smit, terug na ‘n besering. Hy sal egter van die bank af speel met die Helpies se lostrio, en vernaam oopkantflank, Zaiden Krige, wat uithalerspel lewer op die oomblik.

    Die Wit Bulle van Krugersdorp sal nietemin oorgehaal wees om te vergoed vir hul eerste nederlaag in 24 jaar teen Hoërskool Noordheuwel verlede naweek. Monnas het reeds vanjaar gewys wat in hulle steek, soos met die wegholsege oor Jeppe High School for Boys vroeër vanjaar.

    Die spanne: 

    Hoërskool Waterkloof t. Hoërskool Rustenburg om 13:30 in Pretoria: 

    Waterkloof: 15 Tiaan Posthumus, 14 Gustav Mienie, 13 Meyer Pretorius, 12 Dylan Botha, Jaiden Badenhorst, 10 Ronan Bastiaanse, 9 Jacobus van den Berg, 8 Marko Kok, 7 Dawid Prinsloo, 6 Divan Botha, 5 Heinrich Naude, 4 Phillip Mans, 3 Jedri Swart, 2 Ruan Jacobs, 1 Alexander Elliott.

    Rustenburg: 15 Ayden Willemse, 14 Bradley Snyers, 13 Jon-Ré Jefthas, 12 Hendré Robinson, 11 Waide Davey, 10 Ricardo Enos, 9 Adriano George, 8 Dirk Huisamen, 7 Thian Labuschagne, 6 MJ Otto, 5 Evan van Heerden, 4 Tristan Myburgh, 3 Jayden Minnie, 2 Xavier Steenkamp, 1 Xander Stickling.

    Monument t. Helpmekaar Kollege om 12:30 in Krugersdorp:

    Monument (moontlik): 15 Ewan van der Walt, 14 Jason Joubert, 13 Viandré van Loggerenberg, 12 Juandré Ehlers, 11 Ruan Genis, 10 Cameron Kourie, 9 Evan Berhardi, 8 Ryno van der Westhuizen, 7 Regard Ernst, 6 Siya Ncube, 5 Dean Hartman, 4 Vincent Roberts, 3 Janco Pretorius, 2 Reghardt Ernst, 1 Danie Smith.

    Helpmekaar Kollege: 15 Ty Ax, 14 Xander van Niekerk, 13 Clinton Cloete, 12 Ethan Lourens, 11 Francois Tonkin, 10 Wian Storm, 9 Shaye Lourens, 8 Lewelyn Vermaak, 7 Zaiden Krige, 6 Sydney Nicholson, 5 Eugen de Lange, 4 Diandro Botha, 3 Dylan Engelbrecht, 2 Keanan Combrink, 1 Liam Devenier.

  • Poulton returns as Jeppe readies for Affies

    Poulton returns as Jeppe readies for Affies

    Photo: Jeppe High School for Boys on Facebook.

    André Poulton will return to Collard Field when Jeppe High School for Boys welcomes the formidable Wit Bulle from Afrikaans Hoër Seunskool (Affies) for their annual Jukskei derby on Saturday, at 13:30, in Johannesburg.

    Follow all the action live on SuperSport Schools – (www.supersportschools.com) 

    The mighty South African Schools A prop makes a long-awaited return after missing most of Jeppe’s season through injury. His inclusion provides the home side with a much-needed injection of power ahead of a titanic physical clash against the diesel engine from Pretoria.

    Another boost for Jeppe comes in the form of openside flank Kazimla Manzi, who also moves into the starting line-up, taking over the number six jersey from Ross Schuurman.

    The rivalry between the schools dates back to their first meeting in 1996, when Affies claimed a commanding 39–3 victory. Since then, the Pretoria outfit has won all 17 encounters, with Jeppe still searching for a first-ever win against the side from the Jacaranda City.

    The Wit Bulle remain one of the elite “Big Five” of South African schoolboy rugby. This season, they held Paarl Gimnasium, regarded by many as the best team in the country, to a 16-16 draw. They also scored a 20-18 win over Paul Roos Gimnasium at the prestigious Absa Wildeklawer tournament in Kimberley.

    However, they came up short against a top-class Paarl Boys’ High side, going down 17-25, and they also fell 37-42 to their long-time rivals, Grey College, in Bloemfontein.

    The visitors, fresh off a comfortable win over King Edward VII School (KES), arrive in Johannesburg with a reshuffled side. Notably, Divan Fourie shifts from wing to fullback, replacing Lamond Baadjies, who is sidelined for 21 days under concussion protocols following a head injury sustained against the Red Army. Dian Botha comes in on the wing in Fourie’s place.

    The Wit Bulle are prepared for a full-blooded 70-minute battle. Meanwhile, the striped jerseys of Jeppe have shown an ability to punch above their weight, and their form has trended up as the season has progressed.

    Their 23-player squad features 13 promising youngsters, which is a deliberate effort to build experience for a second season of First XV rugby in 2026.

    TEAMS

    Jeppe High School for Boys vs Afrikaans Hoër Seunskool at 13:30 in Pretoria 

    Jeppe: 15 Dalitso Milanzi, 14 Ndimphiwe Mjiji, 13 Lindelani Nkambule, 12 Phano Letsie, 11 Lethabo Mashao, 10 Neheia Hollenbach, 9 Talent Sithole, 8 Mihle Dyakala, 7 Grady Ngui, 6 Kazimla Manzi, 5 Glodi Tshipamba, 4 Lagan Leisher, 3 Alwuwani Ndlovu, 2 Ayanda Funeka, 1 André Poulton.

    Affies: 15 Divan Fourie, 14 Joshua Gouws, 13 Estian Marx, 12 Petrus Rautenbach, 11 Dian Botha, 10 Ruben Groenewald, 9 Fourie Roberts, 8 Stephan McDonald, 7 Elwin Jansen van Vuuren, 6 Luan Potgieter, 5 Christiaan De Wet, 4 Martin van Niekerk, 3 Deon Botes, 2 Bauke Swart, 1 Roal Kruger.

  • New-look Leopards name preliminary sides for provincial weeks

    New-look Leopards name preliminary sides for provincial weeks

    Photo: Frans Lombard/Actionpix.

    The Leopards, from North-West, will travel to Middelburg with a nearly brand-new squad for the Craven Week, which celebrates its 60th edition in 2025.

    KG Legodi and Juan van Rhyn, both from Hoërskool Lichtenburg, and Jordan Radebe, from Hoërskool Vryburg, are the only players returning for a second year.

    The Leopards boast notable firepower, especially with three of their schools competing in the higher sections of the fiercely contested SDC Noordvaal Cup.

    Legodi retains his position at openside flank, while Van Rhyn graduates from the bench to the starting line-up at hooker. They are joined by three more players from Lichtenburg, taking the school’s tally of representatives to five, which is the most from any school in the union.

    Scrumhalf Rea Motsusi earns his first Craven Week cap and a starting place after his blistering start to the season caught the eyes of the selectors. Centre Oratile Sekoto is set to make an impact from the bench, while lock George Bingudzu starts in the second row.

    North-West’s most successful school side in recent years, Hoërskool Rustenburg, contributes four players, which is tied for the second-most with Hoërskool Wesvalia and Hoërskool Klerksdorp.

    Young fullback Ayden Willemse steps up from the 2024 Grant Khomo Week to face elite competition at the Craven Week. Bradley Snyers, the younger cousin of former Leopards’ representative Lorenzo Snyers, forms part of the back three.

    Rustenburg captain Xavier Steenkamp is expected to make his presence felt in the front row, while eighthman Dirk Huizamen adds physicality and weight to an already formidable pack.

    From Wesvalia, Eduard Dreyer, who featured at the 2024 Academy Week, steps up to the Craven Week. He is joined by Franco Dumond, the second Dumond to appear in as many years, following in the footsteps of his older brother Francois. Franco packs down behind Wesvalia prop, Ulrich du Preez. Barry Niemand has been named as the reserve scrumhalf behind Motsusi.

    Hoërskool Klerksdorp’s inspirational captain, Tiaan Koen, has finally earned his spot and was named as the first-choice blindside flank. His inclusion, alongside Huizamen, gives North-West a significant boost.

    Koen is joined by fellow Klersdorpers: wing Elzino Schalwyk, utility back Brendin Mathyse, and the dazzling Winton Abrahams.

    Outside centre Jordan Radebe leads a trio from Hoërskool Vryburg. He’s accompanied by Jamie Davids and lock Aiden Jonker.

    Matthew Redelinghuys, from Potchefstroom Gimnasium, and De Waal Coetzer, from Potchefstroom Volkskool, round out the squad. They’re the only representatives from Potchefstroom.

    TEAMS

    Craven Week: 15 Ayden Willemse (Rustenburg), 14 Bradley Snyers (Rustenburg), 13 Jordan Radebe (Vryburg), 12 Winton Abrahams (Klerksdorp), 11 Elzino Schalkwyk (Klerksdorp), 10 Eduard Dreyer (Wesvalia), 9 Rea Motsusi (Lichtenburg), 8 Dirk Huizamen (Rustenburg), 7 Tiaan Koen (Klerksdorp), 6 KG Legodi (Lichtenburg), 5 George Bingudzu (Lichtenburg), 4 Aiden Jonker (Vryburg), 3 Matthew Redelinghuys (Potchefstroom Gimnasium), 2 Juan van Rhyn (Lichtenburg), 1 Ulrich du Preez (Wesvalia). Replacements: 16 Xavier Steenkamp (Rustenburg), 17 Thabang Machubene (Bergsig Akademie), 18 De Waal Coetzer (Potchefstroom Volkskool), 19 Jamie Davids (Vryburg), 20 Franco Dumond (Wesvalia), 21 Barry Niemand (Wesvalia), 22 Oratile Sekoto (Lichtenburg), 23 Brendan Mathyse (Klerksdorp).

    Hoërskool Lichtenburg 5 | Hoërskool Rustenburg 4 | Wesvalia 4 |  Hoërskool Klerksdorp 4 |  Hoërskool Vryburg 3 | Potchefstroom Gimnasium 1 | Potchefstroom Volkskool 1 | Bergsig Akademie 1. 

    Academy Week: 15 Antonio Pullen (Wolmaransstad), 14 Tyron Masango (Klerksdorp), 13 Lethabo Riet (Potchefstroom Volkskool), 12 Wian du Preez (Wesvalia), 11 Gitso Mabitso (Wolmaransstad), 10 Luan Snyman (Lichtenburg), 9 Juhan Geldenhuys (Potchefstroom Volskool), 8 Letlotlo Tobosi (Wesvalia), 7 Tshepaine Mojoafi, 6 Wian Victor (Potchefstroom Volkskool), 5 Evan van Heerden (Rustenburg), 4 Josh van der Westhuizen (Potchefstroom Volkskool), 3 Suwaiden Williams (Schoonspruit), 2 Fanie Linde (Wesvalia), 1 Deacon Kath (Wesvalia). Replacements: 16 Hanro Nel (Klerksdorp), 17 Louis Fourie (Potchefstroom Volkskool), 18 Ignus Nel (Wesvalia), 19 Omphile Aplane (Wesvalia), 20 Thafelo Thobedi (Wolmaransstad), 21 Rallston Wilson (Klerksdorp), 22 Katleho Seimelo (Vryburg), 23 Markus Jantjies (Klerksdorp).

    Wesvalia 6 | Potchefstroom Volkskool 5 | Hoërskool Klerksdorp 4 | Hoërskool Wolmarasstad 3 | Hoërskool Vryburg 1 | Hoërskool Lichtenburg 1 | Schoonspruit 1 | Hoërskool Rustenburg 1 | HTS 1. 

  • Herbst-vierkuns help Die Anker om Secunda met twee punte te troef

    Herbst-vierkuns help Die Anker om Secunda met twee punte te troef

    FOTO: DB Photography.

    “Senutergend” som die stryd, vernaam in die laaste 10 minute, op wat gewoed het tussen Hoërskool Die Anker en Hoërskool Secunda in die SDC Noordvaal Cup se Skild-afdeling, Saterdag in Brakpan.

    Herleef al die aksie op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com) 

    Die terugkeer van die tuisspan se kaptein, Ruben Herbst, was ongetwyfeld die hupstoot wat hy nodig gehad het om weer na die volgende rat oor te skakel en ‘n sege van 34-32 te beklink.

    Herbst, in sy gunstelingposisie as agsteman, het vier keer bresse in die besoekers se verdediging geslaan vir ‘n merkwaardige vierkuns aan drieë. Herbst se neef, Edrick Pienaar, óók terug van ‘n besering, het drie van dié vier verdoel.

    Die twee neefs se terugkeer het beslis ‘n reuse verskil gemaak, vernaam wat die fisieke uitdaging wat die stryd gebied het, en het vir die ervare Danie Smit die weg gebaan om met sy vernuf op losskakel ook ‘n groot aandeel in dié naelskraapse oorwinning te hê.

    Secunda se loskopstut, Rico Schoeman, het voorlangs gemaal en met die ondersteuning van oopkanflank, Sifiso Hlangwane, die tuisspan se groot agttal deurgaans besig gehou. Losskakel, Alonzo Blackenberg, het die telbord aan die rol gehou vir die besoekers met drie doelskoppe en twee strafdoele.

    In Pretoria is die skare by Hoërskool Montana bederf met ‘n hoogs aanskoulike eerstespan-kragmeting, waarin die Monties uiteindelik met 45-24 oor die gevaarlike Heidelberg Volkskool kon baasspeel. Binnesenter, Hendrew Schoeman, is weer sy gevaarlike self op die aanval en het, saam met skrumskakel, Braam Schutte, die Volkies met twee drieë elk gekasty.

    Hoewel beserings aan drie sleutelspelers vroeg in die eerste helfte hul ietwat van balans gehad het, het plaasvervanger, Juan de Villiers, die Volkies weer saamgesnoer met sy twee drieë na die omdraaislag. Dit was helaas nie genoeg om die uiteindelike nederlaag met 21 punte af te weer nie.

    Hoërskool Lichtenburg se steelkantflank, Tiaan Booysen, het Hoërskool Piet Retief se Jack Botes-stadion Saterdag aan die brand gespeel en die Pieties gekarnuffel met ‘n welverdiende driekuns aan drieë, in die span van Noordwes se oortuigende sege van 40-14. Skrumskakel, Rea Motsusi, ‘n lid van die Luiperds se voorlopige Cravenweekgroep, het ook uitgeblink met sy flink diens.

    In Springs het ‘n drie in die doodsnikke vir Hoërskool Hugenote met 18-18 gelykop laat speel met Hoërskool Ben Vorster. Die rustydtelling was 3-3, wat ‘n aanduiding gee van hóé taai die stryd op die Hugies se tuisveld was.

    Puntemakers: 

    Die Anker 34 (21) – Drieë: Ruben Herbst (4), Danie Smit. Doelskoppe: Edrick Pienaar (3). Strafdoel: Pienaar. Hoërskool Secunda 32 (15) – Drieë: Rico Schoeman, Renier Combrink, Sifiso Hlangwane, Armand Underhay. Doelskoppe: Alonzo Blackenberg (3). Strafdoele: Blackenberg (2)

    Montana 45 (19) – Drieë: Braam Schutte (2), Hendrew Schoeman (2), Keagn van der Merwe, Ruben Roux. Doelskoppe: Rubel Bester (4), Jandré Stoltz. Heidelberg Volkskool 24 (10) – Drieë: Juan de Villiers (2), Eduard Roets, Theuns van der Merwe. Doelskoppe: Hein Oelofse (2).

    Hoërskool Lichtenburg 40 – Drieë: Tiaan Booysen (3), Rea Motsusi, Oratile Sekoto, Zander Blom. Doelskoppe: Luan Snyman (3). Hoërskool Piet Retief 14 – Drieë: Mario de Oliviera, Sfundo Mayisa. Doelskoppe: Luhle Sibanyoni (2).

    Hugenote (Springs) 18 (3), Ben Vorster 18 (3). 

    Ander spanne: 

    o.16: Die Anker 27, Secunda 17; Heidelberg Volkskool 22, Montana 18; Piet Retief 80, Lichtenburg 0; Ben Vorster 40, Hugenote (Springs) 15.

    o.15: Die Anker 12, Secunda 10; Montana 31, Heidelberg Volkskool 15; Piet Retief 27, Lichtenburg 14; Ben vorster 48, Hugenote (Springs) 12.

    o.14: Secunda 47, Die Anker 7; Montana 15, Heidelberg Volkskool 0; Lichtenburg 21, Piet Retief 19; Ben Vorster 52, Hugenote (Springs) 3.

  • Du Preez skitter vir Wessies, Klerksdorp troef Middies in die doodsnikke

    Du Preez skitter vir Wessies, Klerksdorp troef Middies in die doodsnikke

    FOTO: Hoërkool Klerksdorp op Facebook.

    Ondanks talle ontwrigtinge kort voor die afskop, kon Hoërskool Wesvalia steeds daarin slaag om sy aanspraak op vanjaar se Plaat-titel in die SDC Noordvaal Cup met ‘n sege van 43-38 oor Hoërskool Oos-Moot te verstewig.

    Herleef al die aksie op SuperSport Schools – (www.superpsortschools.com) 

    Die Wessies het losskakel en kaptein, Eduard Dreyer, ter elfder ure verloor, wat skielik ‘n taamlike leemte gelaat, vernaam wat Dreyer se veelsydigheid agterlangs betref.

    Binnesenter, Wian du Preez het oorgeskuif om Dreyer te vervang op losskakel, waar hy terloops verlede jaar die Luiperds se junior spanne verteenwoordig het, terwyl Fafa Calitz van vleuel middeveld toe moes skuif.

    Du Preez het ‘n groot paar skoene gehad om vol te staan, maar homself uitstekend van die taak gekwyt. Hy het spel puik dikteer en self ‘n paar keer die Oosies se verdediging gefnuik, wat op ‘n drie vir hom uitgeloop het.

    Boonop was sy korrelwerk pale toe ‘n bonus en het dit op die einde van die dag ‘n vername rol gespeel in die Wessies se triomf. Du Preez was in die kol met vier doelskoppe en vier strafdoele, wat sy persoonlike totaal op 25 punte te staan gebring het.

    Die Oosies se werkesel op slot, Stian de Vente, was ‘n onbesonge held in die Pretorianers se pak en het drie keer oorgebars vir ‘n welverdiende driekuns in straks sy beste wedstryd van die seisoen.

    In Klerksdorp het Hoërskool Klerksdorp, met tyd bykans verstreke, gedruk om vir Hoërskool Middelburg naelskraaps met 25-24 te klop. Losskakel, Dorian Isaacs, gaan van krag tot krag sedert sy skuif van heelagter, terwyl buitesenter, Winton Abrahams, ook weer beïndruk het wanneer hy geleentheid gekry het om die Middies se verdediging te beproef.

    Middies se Matthew Abbey het op losskakel nie teruggestaan vir Isaacs nie en kon op die ou einde spog met ‘n persoonlike bydare van 14 punte. Voorlangs het Middies se vaskopstut, Dewald du Toit, ‘n barshou gespeel en een van sy span se drie drieë gedruk.

    Hoërskool Marais Viljoen se kaptein, Ethan Weideman, het van voor gelei in sy span se tweede agtereenvolgende sege in die Plaat-afdeling. Die klein skrumskakel het twee keer agter Ligbron Akademie se doellyn gaan draai vir nogmaals ‘n naelbytsege van 37-26 oor die besoekers van Ermelo.

    Vir die Liggies het staatmaker-senter, Siynada Dennison, sy dansskoene aangehad om self twee keer deur te wals vir drieë.

    Hoërskool Zwartkop het sy onoorwonne veldtog vir 2025 voortgesit met ‘n redelik gemaklike sege van 26-10 oor Hoërskool Kempton Park in Centurion. Dit was die Zwarries se 12de agtereenvolgende oorwinning vanjaar, met haker, Reagn Blignaut, wat vir sy vyfde drie in twee wedstryde oorgeduik het.

    Vir die Kempies was losskakel, Stian de Villiers, se balverspreiding puik, maar dir kon oplaas nie ‘n wesenlike verskil aan die uitslag maak nie.

    Puntemakers: 

    Wesvalia 43 (27) – Drieë: Joshua Pieters, Wian du Preez, Fafa Calitz, Martin Bierman. Doelskoppe: Wian du Preez (4). Strafdoel: Du Preez (4). Oos-Moot 38 (14) – Drieë: Stian de Vente (3), David Joubert, Clayton du Bruyn, Dewron Aford. Doelskoppe: Jeandré Venter (4)

    Hoërskool Klerksdorp 25 (20) – Drieë: Rellston Wilson, Winton Abrahams, Tyrand Masango. Doelskoppe: Dorian Isaacs (2). Strafdoele: Isaacs (2). Hoërskool Middelburg 24 (10) – Drieë: Dewald du Toit, Matthew Abbey, Zanempilo Mahlangu. Doelskoppe: Abbey (3). Strafdoel Abbey.

    Marais Viljoen 37 (12) – Drieë: Ethan Weideman (2), Cayden Scheepers, Lloyd Shoko-Schenck, Kabelo Thloaele. Doelskoppe: Raynhardt Kruger (4). Strafdoel: Kruger. Ligbron Akademie 26 (8) – Drieë: Siyanda Dennison (2), Janco Claassen, Gaston Brown. Doelskoppe: Eben Degenaar (2). Strafdoel: Brown.

    Zwartkop 26 (12) – Drieë: Regan Blignaut, Logan Knott, Luan Isaacs, Etienne van Niekerk. Strafdoele: Tilon Baron (2). Hoërskool Kempton Park 10 (5) – Drieë: Wian Rieckert, Roccow Louw.

    Ander spanne: 

    o.16: Oos-Moot 34, Wesvalia 14; Middelburg 17, Klerksdorp 12; Marais Viljoen 23, Ligbron Akademie 21; Kempton Park 21, Zwartkop 18.

    o.15: Wesvalia 10, Oos-Moot 7; Klerksdorp 21, Middelburg 12; Ligbron Akademie 28, Marais Viljoen 14; Zwartkop 24, Kempton Park 0.

    o.14: Wesvalia 31, Oos-Moot 3; Klerksdorp 7, Middelburg 7; Ligbron Akademie 29, Marais Viljoen 17; Kempton Park 19, Zwartkop 0.