SSPN Test Site

Author: froberholzer

  • Fixtures for the 2026 Fairtree Sport Festival

    Fixtures for the 2026 Fairtree Sport Festival

    Photo: Frans Lombard/Actionpix.

    The first-ever Fairtree Sport Festival guided by Stadio bursts into life on Friday, 24 April, with a strong Noordvaal contingent in attendance.

    The event, which takes place on the same weekend as the ABSA Wildeklawer Festival in Kimberley, provides valuable preparation for the forthcoming Virseker Noordvaal Cup, with 11 sides from north of the Vaal River and two from the south – Hoërskool Tygerberg and Hoërskool Fichardtpark – visiting from the south.

    Hoërskool Swartland was initially part of a trio of visiting schools from the south but has, however, withdrawn since. They have since been replaced by Ligbron Akademie of Ermelo.

    Catch the action LIVE on SuperSport Schools

    Die Hoërskool Menlopark is the host of the festival and tackles Tygerberg in the opening match at 19:30 on Friday. The rest of the matches take place on Saturday and Monday, which is Freedom Day, a public holiday.

    The Capetonians follow their Friday night outing with a highly anticipated fixture against Hoërskool Pietersburg on Monday.

    Saturday’s 1st XV action begins at 11:50, when Afrikaans Hoër Seunskool (Affies) XV outfit takes on Meyerton’s Dr Malan.

    One of the day’s highlights will be the main match showdown between Pietersburg and Hoërskool Fichardtpark at 19:15. Another of the noteworthy clashes on Saturday is the Buffels of Hoërskool Ben Vorster squaring off against Hoërskool Dinamika.

    Ben Vorster is one of two schools travelling from behind the citrus curtain in Tzaneen. The other is Merensky Landbou Akademie, who face Hoërskool Marais Viljoen on day one before a daunting Monday meeting with Ligbron Akademie. Ben Vorster’s second outing will be a test as they take on the challenge of Hoërskool Randburg on Monday.

    Heidelberg Volkskool, initially set to face Swartland on Saturday, will kick off their first and only encounter against Fichardtpark at 13:00 on Monday.

    FIXTURES

    Friday, 24 April 

    19:30 – Menlopark vs Tygerberg

    Saturday, 25 April

    11:55 – Affies XV vs Dr Malan
    13:15 – Menlopark XV vs Overvaal
    14:35 – Randburg vs Ligbron Akademie
    15:55 – Marais Viljoen vs Merensky Landbou Akademie
    17:05 – Ben Vorster vs Dinamika
    19:15 – Hoërskool Pietersburg vs Fichardtpark

    Monday, 27 April  

    08:00 – Overvaal vs Dinamika
    09:15 – Menlopark XV vs Dr Malan
    10:30 – Hoërskool Pietersburg vs Tygerberg
    11:45 – Menlopark vs Swartland – Cancelled
    13:00 – Heidelberg Volkskool vs Fichardtpark
    14:15 – Ben Vorster vs Randburg
    15:30 – Marais Viljoen vs Merensky Landbou Akademie

  • Zwarries, Heidelberg Volkies bespreek plek in NWU Prestige-eindstryd

    Zwarries, Heidelberg Volkies bespreek plek in NWU Prestige-eindstryd

    FOTE: Hannnes Nienaber.

    Die eindstryd van vanjaar se NWU Prestige-reeks sal tussen die Vikings van Hoërskool Zwartkop en Heidelberg Volkskool beslis word.

    Die Zwarries het sy eerste hekkie oorkom deur die Wit Bulle van Hoërskool Montana met 39-26 by Hoërskool Hugenote in Springs uit die pad te vee.

    Dit terwyl die Volkies van Heidelberg met 26-15 oor Hoërskool Wesvalia, by Hoërskool Die Anker in Brakpan, koning gekraai het.

    Die Vikings het reeds vroeg die oorhand oor die Monties gekry. Sy uitstekende eerste helfte het die grondslag en voorsprong vir hulle gegee om uiteindelik gemaklik te wen.

    Die span van Centurion het reeds met 29-7 teen die omdraaislag voorgeloop. Die Monties het dit moeilik gevind om die Zwarries se giftige agterhoede onder beheer te hou.

    Sy losskakel, Tilon Baron, se goeie verspreiding van agter sy pak op die voorvoet het beteken dat drie van die Vikings se drieë agterlangs gedruk is. Voorlangs was dit die slot, Jethro le Roux, en steelkantflank, Luan Wepener, wat die vuur aangesteek het. Die Zwarries se ander twee drieë het na dié duo gegaan as beloning vir hul harde werk.

    Die Monties se dryfmale was hul grootste wapen. Dit het daartoe gelei dat hul haker, Juan Theunissen, twee keer die doellyn oorgesteek het. Luan Barnard het agterlangs uitgeblink, maar die Zwarries se agterhoede was uitstekend op die aanval.

    Die tendens in die stryd tussen die Volkies van Heidelberg en Wesvalia was baie dieselfde. Die Volkies het ’n uitmuntende eerste helfte geniet. Hulle het ook teen rustyd reeds ’n stewige voorsprong van 19-7 gehad. Albei die Volkies se vleuels het uitstekend afgerond en is elk met ’n vyfpunter beloon. Die Wessies het egter teruggeveg in die tweede 35 minute.

    ’n Drie deur Ruben de Klerk, asook ’n strafdrie, het die momentum oombliklik geswaai. Die Volkies se kalmte onder volgehoue druk het dividende betaal en kon hy so hul plek in die eindstryd op 1 Mei bespreek.

    Twee driekunste aan drieë deur onderskeidelik Cayden Scheepers (Marais Viljoen) en Hoërskool Klerksdorp se Gerrit Koen het beteken dat daar uiteindelik niks tussen Marais Viljoen en die span van Klerksdorp te kies was nie.

    Die wedstryd het uiteindelik in ’n 17-elk gelykopuitslag geëindig nadat dié spanne se onderskeie stelskoppers, Jared Mentz (Marais Viljoen) en Brendin Mathyse (Klerksdorp), elk ’n doelskop oorgeklits het.

    Hoërskool Pietersburg se Ryno Mienie het in die laaste oomblikke van die wedstryd ’n doelskop deur die pale gejaag om aan sy span ’n sege van 12-11 oor Wagpos van Brits te gee.

    Die span vanuit Brits het vir die grootste gedeelte van die wedstryd voorgeloop. Myburgh Henning en sy skopstewel het twee strafdoele oorgeklits. Ruben de Klerk het die span se enigste drie gedruk. Dit was egter die Pieties se Ziahn Lombard en Juan Dreyer se drieë wat die verskil gemaak het.

    Potchefstroom Volkskool het sy beste vertoning tot dusver vanjaar opgelewer om vir Hoërskool Lichtenburg met 50-27 om te dop. Die Volkies van Potchefstroom het ses keer agter die Lichtenburgers se doellyn gaan draai.

    Hul regtervleuel, Luke Davey, asook die senter River Samual het elk dubelle driedruk-plesier ervaar.

    Die grondslag van die oorwinning is egter deur die inklimspel van die agtsteman, Johannes Lombard, en kantman Vian Victor gelê. Lombard het met sy stormramlopies ook gesorg dat sy span op die aanval op die voorvoet bly.

    Die wenspan se heelagter, Carlo van der Merwe, het met sy kliniese skopwerk ook ‘n beduidende rol in die sege vertolk.

    Puntemakers: 

    Zwartkop 39 (29) – Drieë: Stiaan Botha (2), Luan Wepener, Waylin Papier, Shayden Botha, Jethro le Roux. Doelskoppe: Baron (3). Strafdoel: Baron. Montana 26 (7) – Drieë: Juan Theunissen (2), Eric Potgieter, Luan Barnard. Doelskoppe: Rubel Bester (3).

    Heidelberg Volkskool 26 (19) – Drieë: Stef Loubser, Jano Dietrechsen, Albie Botha, Jerado Tafel. Doelskoppe: Vaughn Steynvaart (3). Wesvalia 15 (7) – Drieë: Ruben Klerk, Strafdrie. Strafdoel: Michael Kinnear.

    Marais Viljoen 17 (12) – Drieë: Cayden Scheepers (2), Eldrique Adams. Doelskop: Jared Mentz. Hoërskool Klerksdorp 17 (12) – Drieë: Gerrit Koen (2), Elzeno Schalkwyk. Doelskop: Brendin Mathyse.

    Hoërskool Pietersburg 12 (5) – Drieë: Ziahn Lombaard, Juan Dreyer. Doelskop: Ryno Mienie. Wagpos 11 (6) – Drie: Hendrik de Jager. Strafdoele: Myburgh Henning (2).

    Potchefstroom Volkskool 50 (29) – Drieë: Luke Davey (2), River Samual (2), Johannes Lombard, Rynard de Klerk, Kyle Hattingh, . Doelskoppe: Carlo van der Merwe (6). Strafdoel: Van der Merwe. Hoërskool Lichtenburg 27 (22) – Drieë: Thato Seabo, Dries Pretorius, George Bingudza, Rea Moshusi. Doelskoppe: Hanjo Nieuwoudt (2). Strafdoel: Nieuwoudt.

    Ander spanne: 

    o.16: Klerksdorp 8, Zwartkop 3; Wesvalia 27, Pietersburg 25; Montana 31, Hugenote 26; Lichtenburg 21, Bergsig 19; Heidelberg Volkskool 21, Die Anker 19; Potch Volkies 38, Marais Viljoen 0.

    o.15: Heidelberg Volkskool 31, Wesvalia 9; Montana 10, Zwartkop 10 (Montana wen as gevolg van meeste drieë); Klerksdorp 26, Wagpos 3; Pietersburg 14, Lichtenburg 5; Jeugland 19, Hugenote 13.

    o.14: Montana 17, Zwartkop 15; Wesvalia 13, Klerksdorp 7; Montana 17, Zwartkop 15; Heidelberg Volkskool 24, Die Anker 15; Pietersburg 11, Marais Viljoen 9; Potch Volkies 15, Lichtenburg 10.

  • Garsie Bere klou aan voorsprong om Wit Bulle met 38-34 te troef

    Garsie Bere klou aan voorsprong om Wit Bulle met 38-34 te troef

    Keegan Knighton, binnesenter van Hoërskool Garsfontein hou spel aan die gang met ‘n skitterende aangee in sy span se sege van 38-34 oor Affies in Pretoria. FOTO: Riaan de Bruyn.

    Dit was so hittete of die Wit Bulle van Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria het ’n agterstand van 20 punte teen Hoërskool Garsfontein, op hul tuisveld, Berepark, uitgewis.

    Die Bere was uiteindelik met 38-34 baas in die King Price Derby Series kragmeting, nadat Affies se regtervleuel, Dandré Brink, met tyd reeds verstreke kort voor die doellyn uitgeduik is.

    Dit was die span in turkoois se eerste sege oor sy grootste vyand in die Jakarandastad sedert 2023.

    Die Wit Bulle het met 30-10 teen die omdraaislag agtergeloop. Hulle het in die eerste helfte geen antwoorde op die Bere se aanvalsvernuf gehad nie.

    Die tuisspan se agterste driehoek, wat uit linkervleuel Neil de Kock, regtervleuel Yuvrah George en heelagter Drewyn Baron bestaan, was soos gebruiklik ‘n deurlopende bedreiging.

    Elkeen van dié drie het agter die besoekers se doellyn gaan draai. Baron se drie was waarskynlik die aanskoulikste en is as die Suzuki Game Changing Moment in die kragmeting aangewys. Dit fokus op die spesifieke oomblik wat uiteindelik die grootste impak op die uitslag van die wedstryd gehad het.

    Die Bere se oopkantflank, Stefan “Kwagga” van der Vyver, is as Speler van die Wedstryd aangewys.

    Van der Vyver was uitstekend en dit was veral sy hoë werksverrigting oor die volle 70 minute wat hom bo die res laat uitstaan het.

    Vir die Wit Bulle was daar min beter as binnesenter, Rico du Plessis, en linkervleuel Joshua Gouws. Gouws het die hoofrol in die besoekers se terugvegpoging vertolk. Sy driekuns aan drieë het 15 belangrike punte opgelewer.

    Hoewel Du Plessis nie die doellyn oorgesteek het nie, was sy werk by die afbreekpunte uitstaande. Hy was soos ’n wafferse flank en het menige kere omgekeerde balbesit vir sy span bewerkstellig.

    Boonop was sy bydrae op die aanval ’n belangrike deel van Gouws se driekuns. Dit het verder vir ’n aanskoulike tweestryd met die Bere se binnesenter, Keegan Knighton, gesorg. Knighton se direkte spelpyl het Du Plessis getoets en gereeld beteken dat die tuisspan oor die voordeellyn kon kom.

    Affies se haker, Charl Els, het self die doellyn twee keer oorgesteek. Els is ’n groot aanspraakmaker om as haker vir die Blou Bulle by vanjaar se Cravenweek uit te draf. Dit was juis sý eerste drie, net ná rustyd, wat die momentum na die besoekers se kant geswaai het en vir ‘n groot gedeelte van die tweede 35 minute daar gehou het.

    Puntemakers:

    Garsfontein 38 (30) – Drieë: Neil de Kock, Drewyn Baron, André van Wyk, Yuvrah George, Justin Blom. Doelskoppe: Ruan Fluks (2). Strafdoele: Fluks (3). Affies 34 (10) – Drieë: Joshua Gouws (3), Charl Els (2). Fourie Roberts. Doelskoppe: Reuben Venter (2).

    Ander spanne: 

    o.16: Affies 34, Garsfontein 26.

    o.15: Affies 47, Garsfontein 18.

    o.14: Affies 59, Garsfontein 10.

  • NWU Prestige-reeks se uitspeelrondes ‘n goeie toetslopie vir wat in Virseker Noordvaal Cup wag

    NWU Prestige-reeks se uitspeelrondes ‘n goeie toetslopie vir wat in Virseker Noordvaal Cup wag

    FOTO: Potchefstroom Volkskool op Facebook.

    Hoewel hulle nie meer in die wedloop om met vanjaar se titel van die NWU se Prestige-reeks weg te stap nie, is daar steeds baie op die spel vir Marais Viljoen, Hoërskool Klerksdorp, Wagpos, Hoërskool Pietersburg, Lichtenburg en Potchefstroom Volkskool.

    Nie net sal dit gaan oor watter posisie hulle in die NWU Prestige-reeks sal beklee nie, maar dit sal ook as voorbereiding vir die opkomende Virseker Noordvaal Cup dien.

    Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools(www.supersportschools.com) 

    Vir Marais Viljoen sal dit belangrik wees om hul strukture sover moontlik in plek te kry. Die span van Alberton draf Saterdag om 14:40 teen ’n gedugte Hoërskool Klerksdorp in Brakpan uit. Klerksdorp het ’n groot kontingent van sy spelskeppers behou, wat van hom een van die topspanne in die Noordvaal-reeks gedurende 2025 gemaak het.

    Name soos spoedvraat Tyron Masangu, heelagter Jayden Turner, asook generaal en losskakel Brendin Mathyse, sal al drie weer met ’n valkoog dopgehou moet word.

    Mathyse het in 2025 van heelagter na losskakel geskuif, waar hy hom sedertdien tuisgemaak het. In die span van Alberton is hul heelagter, Kabelo Thloaele, weer terug om dié span se aanval te lei. Thloaele het vir homself naam gemaak op vleuel, maar sy skuif na heelagter is ’n taktiese nagmerrie vir teenstanders aangesien sy teenaanvalle van enige plek op die veld geloods kan word.

    In hul pak voorspelers sal Dean Scheepers die vuur aansteek. Scheepers, wat op slot uitdraf, is woelig en dien gereeld as ’n ekstra losvoorspeler.

    Die span van Klerksdorp het egter nóg ’n Koen wat vanjaar teenstanders sal terroriseer. Gerrit Koen neem ouboet, Tiaan Koen se plek op agtsteman in. Tiaan het in 2025 die span van Noordwes aangevoer en, nes die moontlikheid vir Gerrit bestaan, twee jaar vir dié span uitgedraf.

    Hoërskool Pietersburg se naelskraapse nederlaag van 10-12 teen die Heidelberg Volkies beteken dat hy vir Hoërskool Wagpos van Brits moet aanpak. Wagpos het met 29-17 die aftog teen Wesvalia geblaas, maar blyk onder die vlerk van nuwe rugbybaas, Christo van Niekerk, ’n span te wees wat nie sonder handskoene aangepak moet word nie.

    Boonop sit die span van Polokwane sonder die dienste van staatmaker agtsteman, Henco Venter.

    Venter sal vir nog ’n hele ruk, weens ’n ernstige kniebesering, op die krukkelys wees. Hy word deur Liam van der Bank agter die skrum vervang. Die boodskap aan albei spanne se pakke sal wees om die oorhand te bewerkstellig, aangesien die tweestryd tussen dié se losskakels waarskynlik die pas van die stryd sal aangee.

    Raymond Language se kanonvoet en taktiese skopwerk, in antwoord op die Pieties se gesoute Juan Randall en sy hoogstaande besluitneming, sal ’n fees vir die oog wees.

    Die Bowl-kampioen van 2025 in die Noordvaal-reeks, Potchefstroom Volkskool, sal vir Hoërskool Lichtenburg se Rea Motsusi en sy fyn aanvoeling en vernuf om 14:50 in Springs moet trotseer. Motsusi, ook deel van die Luiperds se Cravenweek-span verlede jaar, draf agter ’n gedugte pak uit. Hy het onder meer vir vaskopstut, David Passetti, en slot George Bingudza, wat ook vir ’n tweede jaar vir die Liggies uitdraf, wat die vuur voorlangs sal aansteek.

    Volkies beskik egter oor hul eie gevare. Hul senterpaar, River Samual en Lethabo Riet, was twee van die hoekstene van die span se Noordvaal-sukses. Dié se vernuf op die aanval sal ongetwyfeld hoofbrekens vir die Lichtenburgers besorg.

    Die spanne is: 

    Marais Viljoen t. Hoërskool Klerksdorp om 14:40 in Brakpan:

    Marais Viljoen: 15 Kabelo Thloaele, 14 Eldrique Adams, 13 Cayden Scheepers, 12 Danté Crous, 11 Nqoba Mathe, 10 Jared Mentz, 9 Peter Chihobo, 8 Joshua O’Brein, 7 Kiano Theron, 6 Thato Mapuru, 5 Ukona Mahlehlo, 4 Dean Scheepers, 3 Ondi Njili, 2 Frikkie Horn, 1 Caden Sheasby.

    Klerksdorp: 15 Jayden Turner, 14 Tyran Masango, 13 Simphiwe Nero, 12 Marco Symmington, 11 Elzeno van Schalkwyk, 10 Brendin Mathyse, 9 Jonathan Ingram, 8 Gerrit Koen, 7 Daniel Schoeman, 6 Karabelo Maseka, 5 Jayden Hills, 4 SG de Klerk, 3 De Waal Coetzer, 2 De Wyk Pretorius, 1 Ricko le Roux.

    Hoërskool Pietersburg t. Wagpos om 13:20:

    Pietersburg: 15 Ryno Mienie, 14 Armand Venter, 13 Juan Dreyer, 12 Hanru Marais, 11 Basson Wolmarans, 10 Juan Randall, 9 Curtis Cloete, 8 Liam van der Bank, 7 Ignus Ferreira, 6 Andru de Beer, 5 Ludke Pienaar, 4 Brent Vorster, 3 Stephan Janse van Rensburg, 2 Ziahn Lombaard, 1 Dewan Windell.

    Wagpos: 15 Franco van Molendorff, 14 Pieter Steenekamp, 13 Ivan du Preez, 12 Divan Theron, 11 Dathan Truter, 10 Raymond Language, 9 Myburgh Henning, 8 Hendrik de Jager, 7 Dilan Strauss, 6 Wian Botha, 5 Anthony Steyn, 4 Divan Vosloo, 3 Kobus Coetzee, 2 Adriaan Venter, 1 MG Hattingh.

    Hoërskool Lichtenburg t. Potchefstroom Volkskool om 14:50 in Springs:

    Lichtenburg: 15 Karabelo Kgamanyana, 14 Thatu Seabo, 13 WJ Liebenberg, 12 Hanjo Nieuwoudt, 11 Sonwabile Tshonjane, 10 Waylon Savage, 9 Rea Motsusi, 8 Tydaine Williams, 7 Jaco Lotter, 6 Phillip Jacobs, 5 George Bingudza, 4 Muguek Goncalves, 3 David Passetti, 2 Johan Deyzel, 1 Ruben Pretorius.

    Potchefstroom Volkskool: 15 Carlo van der Merwe, 14 Luke Davey, 13 Lethabo Riet, 12 River Samual, 11 Christiaan Gouws, 10 Kyle Hattingh, 9 Raynard de Klerk, 8 Johannes Lombard, 7 AJ du Plessis, 6 Wian Victor, 5 Jannie de Wet, 4 Nolan Roets, 3 Michael Rochart, 2 Peet Fourie, 1 Albert Odendaal.

  • NWU Prestige-reeks se titel lê steeds in vier rigtings om van te kies

    NWU Prestige-reeks se titel lê steeds in vier rigtings om van te kies

    FOTO: Frans Lombard/Actionpix.

    Enige twee van aanstaande Saterdag se halfeindstryde in NWU se Prestige-reeks kon net sowel as eindstryde gesien word.

    Die vier spanne wat nog op dié reeks se titel aanspraak kan maak, beskik elk oor die vermoë om die ander op enige gegewe dag om te dop.

    Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools(www.supersportschools.com) 

    Die grootste tweestryd sal tussen twee van die min onoorwonne spanne by vanjaar se Noord/Suid-toernooi om 16:10 by Hoërskool Hugenote van Springs plaasvind.

    Die hooggeagte Hoërskool Zwartkop kan heel moontlik as gunsteling, om met die titel weg te stap, beskou word. Hy sal egter eers oor die tweede laaste hekkie, in die vorm van Hoërskool Montana, moet kom. Indien die Zwarries se Vikings dit kan vermag, sal óf Hoërskool Wesvalia óf die onvoorspelbare Heidelberg Volkskool vir hom in die eindstryd wag.

    Die Zwarries se sukses gedurende die gesogte toernooi by Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria teen die twee rugbykragte van Bethlehem, Voortrekker (50-14) en Witteberg (45-5)  te staan gekom. Hy het albei kere 40 punte of meer op die bord gesit. Die Monties het op sy beurt met Wesvalia afgereken (31-24), waarna hy vir Hoërskool Kempton Park met 29-3 uit die pad gevee het.

    Die vier bogenoemde spanne sal mekaar weer later vanjaar in die Virseker Noordvaal Cup se Plaat-afdeling takel, indien dié se paaie nie in die uiteindelike ronde van die Prestige-reeks kruis nie.

    Zwartkop en Montana beskik albei oor goed afgeronde spanne. Die tweestryd tussen die losskakels, Tilon Baron (Zwartkop) en Rubel Bester (Montana) sal waarskynlik die pas in dié kragmeting aangee. Daar sal nietemin eers voorlangs arm gedruk moet word. Vir die Vikings is sy haker, Regan Blignaut, ‘n groot wapen in sy arsenaal, terwyl die Monties se agtsteman en kaptein, Ulrich van Biljon, vir hom aan die ander kant wag.

    Wesvalia sal graag op sy goeie verhouding met eindstryde wil voortbou. Die span van Klerksdorp het in die laaste drie jaar in drie eindstryde uitgedraf. Hiervan het hy een gewen, ’n geskiedkundige eerste Noordvaal-titel ooit in die reeks se Skild-afdeling. Hy het vroeër in dieselfde jaar skrams teen Hoërskool Noordheuwel se Blues in die einste Prestige-reeks-eindstryd in Potchefstroom vasgeval.

    Dit is egter die Volkies van Heidelberg se droomgroep wat Saterdag, by Hoërskool Die Anker, in Brakpan op hom wag. Agtstemanne, Quewen Fourie (Wesvalia) en Juandré Pretorius (Heidelberg Volkies) sal onderskeidelik hul lippe aflek vir ‘n hewige tweestryd wat tussen hulle in die vastelos wag. In die agterhoede pak nog twee gesoute lede van elke span mekaar in die middelveld wanneer die spanne se binnesenters Vaughn Steynvaart (Heidelberg Volkies) en Dundré Hales (Wesvalia) bots.

    Die spanne is: 

    Zwartkop t. Montana om 16:10 in Springs: 

    Zwartkop: 15 Waylin Papier, 14 Dian du Plooy, 13 Stiaan Botha, 12 David van Jaarsveld, 11 Rowan Badenhorst, 10 Tilon Baron, 9 Ruvan Burger, 8 Wihan Roux, 7 Luan Wepener, 6 Mikka Allers, 5 Jethro le Roux, 4 Herman Potgieter, 3 Ruben Harvey, 2 Regan Blignaut, 1 Matthew Smith.

    Montana: 15 Edrich Strydom, 14 Corban Kruger, 13 Luan Barnard, 12 Henroe Colyn, 11 Christiaan Booysen, 10 Rubel Bester, 9 Du Preez Prinsloo, 8 Ulrich van Biljon, 7 Shawn Moabelo, 6 Reghardt van Biljon, 5 Jayden Cloete, 4 Eric Potgieter, 3 Fanrich Hough, 2 Juan Theunissen, 1 Kyle van Schalkwyk.

    Wesvalia t. Heidelberg Volkies om 16:00 in Brakpan:

    Wesvalia: 15 Wilson Letholi, 14 Ruben de Klerk, 13 Viandré Heymans, 12 Dundré Hales, 11 Damian Potgieter, 10 Wian du Preez, 9 Brandt Muller, 8 Quewen Fourie, 7 Tiaan de Kock, 6 Christiaan Swanepoel, 5 JP Hattingh, 4 Dominic Kath, 3 Charl du Preez, 2 Christiaan Naudé, 1 Jordan van der Schyff.

    Heidelberg Volkskool: 15 Tyrone Munro, 14 Steph Loubser, 13 JR Liebenberg, 12 Vaughn Steynvaart, 11 Jerado Tafel, 10 Tristan Monro, 9 Hein Oelofse, 8 Juandré Pretorius, 7 Klaas Venter, 6 Jaco Botha, 5 Albie Botha, 4 Jano Dietrechsen, 3 Darius Minie, 2 Henru Coetzer, 1 Reuben Bothma.

  • Buffels wil bordjies in afspraak met Arende van EG Jansen verhang

    Buffels wil bordjies in afspraak met Arende van EG Jansen verhang

    FOTO Frans Lombard/Actionpix.

    In 2025 het die muntstuk aan die kant van die Dokter van Boksburg, Hoërskool Dr EG Jansen, geland. Saterdag, op die B-veld van Hoërskool Kempton Park, kry die Buffels van Hoërskool Ben Vorster egter die geleentheid om sake reg te stel.

    Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools(www.supersportschools.com) 

    Die Jansies en Buffels is om 15:25 haaks in die laaste uitspeelrondes van vanjaar se NWU Sport-reeks. Dié twee spanne sal meeding vir die sewende en agtste plek in vanjaar se reeks.

    Die Arende vanuit Boksburg het verlede jaar, op sy tuisveld, in dieselfde reeks met 43-25 oor die span van Tzaneen koning gekraai.

    Die Buffels, hoewel hulle nie aan die wenkant was nie, sal vol selfvertroue wees nadat hulle 40 punte teen Hoërskool Middelburg, in hul ontmoeting verlede naweek, kon aanteken. Die wedstryd het met 40-elk gelykop geëindig.

    Dus sal aanstaande Saterdag die derde keer wees wat die span van Tzaneen uitdraf teen ’n span wat in die Beker-afdeling van vanjaar se Virseker Noordvaal Cup sal meeding, nadat hulle reeds vroeër vanjaar teen Die Hoërskool Menlopark in die ooste van Pretoria swaarde gekruis het. Hul uitdaging bly egter steeds nie gering nie.

    Hoewel die Jansies se Arende gemengde welslae vanjaar beleef, bly hulle steeds een van die groot honde noord van die Vaalrivier. Boonop is die Boksburgers nog gekwes ná hul 46-31 nederlaag teen die Rooi Bulle van HTS Middelburg ’n week gelede. Daarom sal nie een die ander sonder handskoene wil aanpak nie, en kan daar met sekerheid gesê word dat die fisieke stryd ’n taai een gaan wees.

    Die Buffels sal vir seker moet katsvoet loop vir die Jansies se gevaarlike, Juan van Aswegen. Hy was reeds in 2025 deel van die Arende se span waarin hy gereeld as losskakel diens gedoen het. Vanjaar draf die veelsydige agterspeler op heelagter uit. Dit is juis waar hy op sy gevaarlikste lyk, veral wanneer hy homself by die agterlyn op die aanval aansluit.

    Die span word deur steelkantflank, Jaco Engelbrecht, aangevoer. Buiten dat Engelbrecht in die vastelos woeker, is hy ook ’n kranige krieketspeler. Hy het in 2024 groot opslae gemaak met ’n vertoning van ses paaltjies in ses balle tydens Krieket Suid-Afrika se o16-week in Pretoria. Dit is ’n duidelike teken dat hy oor die vermoë beskik om die momentum, hetsy met ’n ronde of ovaalbal van ‘n kragmeting te swaai.

    In aanloop tot die hoofwedstryd op die B-veld het Hoërskool Transvalia ook ’n appeltjie met Hoërskool Kempton Park te skil. Die Kempies was in 2025 met 28-21 oor die span van Vanderbijlpark baas. Valia moes sweet vir ’n 38-31 sege oor Hoërskool Eldoraigne, terwyl Hoërskool Piet Retief die Kempies vir hul sege van 34-31 laat werk het. Albei was ook vanjaar twee van die vele nuwelinge by die Noord/Suid-toernooi.

    Die Kempies en Valia spook sake vir die negende en tiende plek in die reeks uit.

    Dit is hoeka die Eldos en Hoërskool Piet Retief wat mekaar vroeër die dag pak. Ten spyte daarvan dat albei spanne se seisoene ietwat wankelrig begin het en dat dit vir die houtlepel sal wees, is daar steeds hope trots op die spel. Piet Retief, alombekend vir gevaarlike hardlooprugby van enige plek op die veld, sal die span van Centurion se verdediging deeglik beproef.

    In antwoord hierop sal die Drake van Centurion se woelige pak die span van Mpumalanga op hul tone hou.

    Die moontlike spanne is: 

    EG Jansen t. Ben Vorster om 15:25 in Kempton Park:

    EG Jansen: 15 Juan van Aswegen, 14 Werner Breytenbach, 13 Duwayne Zeekoei, 12 Dian Botha, 11 Jordan van der Westhuizen, 10 Renaldo October, 9 Joe Diesel, 8 Juan Harris, 7 Jaco Engelbrecht (kaptein), 6 Aljay Olivier, 5 Ivan Botha, 4 Ewan Pretorius, 3 Elshaan Duminy, 2 Quinten Joubert, 1 Frans Uithaler.

    Ben Vorster: 15 Wessel Joubert, 14 Ronnel Komane, 13 Zane Trollip, 12 Edwin Matola, 11 Tumi Ramohlale, 10 Lolos Letlabolo, 9 Joshua van Eeden, 8 Joshua van der Mescht, 7 Kobus de Beer, 6 Ryan Gerhardt, 5 Wilhelm Brummer, 4 Dejuan du Plessis, 3 JJ Crewe, 2 Ruben Pohl, 1 Thabang Nkuna.

    Hoërskool Kempton Park t. Transvalia om 09:15 in Kempton Park:

    Kempton Park: 15 Aubrey Hoskin, 14 Ruan Opperman, 13 Ethan Botha, 12 Guillaume Botha, 11 Bjorn Hardy, 10 Heinrich Burger, 9 Etteinne Stroebel, 8 Christiaan Nixon, 7 Luca du Plooy, 6 Wihan Strey, 5 Jordan Koekemoer, 4 Ruan Mostert, 3 Juan Olivier, 2 Dihan Keeve, 1 Govanni Kruger.

    Transvalia: 15 Lorenzo Flynn, 14 Waldo McLaen, 13 Dave Mithizi, 12 Anro van Biljon, 11 Xander Pretorius, 10 Jaydee Maree, 9 Johan Smit, 8 Caylan McLauchlin, 7 Matthew van Niekerk, 6 GJ Rossouw, 5 Eduann Raubenheimer, 4 Juhan Basson, 3 Damian van Heerden, 2 Justin Sampson, 1 Wimpie Maritz.

    Hoërskool Piet Retief t. Eldoraigne om 13:55 in Kempton Park:

    Piet Retief: 15 Owethu Shabalala, 14 Pedri Pienaar, 13 De Klerk Ferreira, 12 Mukelo Nkosi, 11 Fisokuhle Shabalala, 10 Carl-Hein Creydt, 9 Franvo De La Rosa, 8 Dian Dickinson, 7 Tristan Hambrock, 6 Calvin Muller, 5 Nkazimulo Masondo, 4 Harold Gever, 3 Wayne Mitchell, 2 Ulrich Kinghorn, 1 Melo Xulu.

    Eldoraigne: Nie ontvang.

  • Dubbele dosis déjà vu met Klofies, Parkies se herontmoeting in NWU-eindstryd

    Dubbele dosis déjà vu met Klofies, Parkies se herontmoeting in NWU-eindstryd

    FOTO: Frans Lombard/Actionpix.

    Sedert die nederlaag van 23-8 in die 2024-eindstryd van die NWU se Sportreeks, by Eldoraigne in Centurion, is Die Hoërskool Menlopark steeds op soek na sy eerste sege in bykans drie jaar oor die eerstespan van Hoërskool Waterkloof.

    Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools(www.supersportschools.com) 

    Sy derde kans vir ‘n hap van die kersiekoek kom Saterdag om 16:30 in die eindstryd van die einste NWU Sportreeks, op die hoofveld van die Hoërskool Kempton Park.

    Dié twee spanne het mekaar intussen weer verskeie kere gepak, hetsy in die Noordvaalreeks of die NWU-reeks. Dit is ook waar die Parkies die naaste aan ‘n sege oor die Blou Tornado gekom het, nadat die twee topspanne van die reeks, oor die afgelope paar jaar, die NWU Sporttitel met ‘n gelykopuitslag (23-elk) in die eindstryd van 2025, gedeel het.

    Dit maak van Waterkloof ‘n hekkie waaroor Menlopark graag sal wil kom. Boonop sal Klofies se hoofafrigter, Cobus van Dyk, sy droomweek wil voortsit na hy as voorspelerafrigter Maandagaand vir Tukkies gehelp het om die FNB Varsitybeker met ‘n sege van 31-3 oor die Pukke te beklink.

    Indien die verloop van dié twee spanne se seisoen tot dusver enige aanduiding vir Saterdag is, beloof dit weer ‘n reuse-ontmoeting te wees. Die Klofies en Parkies het elk nog slegs een keer vasgeval.

    Die Parkies se nederlaag het teen die gedugte span van Paarl Gimnasium (17-73) gekom. Waterkloof het teen sy ou aartsvyand, die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria, vasgeval (20-34).

    Elkeen het nietemin hiervoor vergoed. Die Blou Tornado het vir Hoërskool Piet Retief dronk gehardloop met ‘n wegholsege van 90-14 voordat hy die Rhinos van Hoërskool Nelspruit verlede naweek, met 71-32, in die halfeindronde uit die pad gevee het.

    Menlopark se grootste sege in vanjaar se reeks het ook verlede naweek gekom. Die streeptruie van Menlopark het vir Oos-Moot met 64-14 in die halfeindronde ‘n drag slae toegedien.

    Klofies se sukses kan aan sy woelige pak toegedig word, terwyl ‘n giftige agterlyn van Menlopark gesorg het vir sý oorwinnings.

    Die fokus val ook op die tweestryd in die middelveld tussen die buitesenters, Meyer Pretorius, wat onlangs sy terugkeer vanaf harsingskudding gemaak het, en die opwindende Danie Botma aan die kant van die Parkies. Botma is egter sedert die Noord/Suid-toernooi sonder sy sentermaat, Dylan Stumke, wat vir ‘n geruime tyd nog op die krukkelys sal wees.

    Die Rhinos en Oos-Moot sal mekaar om 15:00 in die voorwedstryd pak, wat as uitspeelwedstryd vir die derde en vierde posisie dien.

    Die span van Mbombela het sover gemengde welslae behaal. Indien hy egter soos in sy twee wedstryde by die Noord/Suid-toernooi kan vertoon, sal Oos-Moot ongetwyfeld sy hande vol hê. Die ervaring van kaptein en binnesenter, Rian Botha, saam met die vaardighede van agtsteman Vian Louw, sal ‘n groot rol in die Nellies se soeke na ‘n derde plek in die reeks speel.

    Die manne van die Moot is ‘n gedugte span en hul rugbyprogram het van krag tot krag onder die leiding van Braam Pretorius gegroei. Pretorius sal ook die Blou Bulle by vanjaar se Cravenweek brei.

    Die Rooi Bulle van HTS Middelburg en Hoërskool Middelburg kon klaarblyklik nie tot 9 Mei wag nie. Middelburg sal om 12:00 Saterdagmiddag in rooi en groen verdeel word, hoewel die twee mekaar in Kempton Park vir die vyfde en sesde plek pak. Dit sal ‘n lekker bederf en ‘n voorsmaak vir die Middelburg-derby later vanjaar wees.

    Middies moes verlede naweek met die Buffels van Hoërskool Ben Vorster sussie soen. Die twee spanne het gesamentlik vir 80 punte gesorg, met die wedstryd wat met 40-elk gelykop geëindig het. Middies het deurgedring nadat hy eerste en ook die meeste drieë in die wedstryd gedruk het.

    Die Rooi Bulle het vir die Dokter van Boksburg, Hoërskool Dr EG Jansen, ore aangesit met ‘n sege van 46-31. Dit het egter teen ‘n prys gekom. Staatmaker-senter Jacques Greyling sal waarskynlik ‘n groot gedeelte van die seisoen misloop nadat hy sy milt in ‘n duikslag teen die Arende geskeur het.

    Nietemin is die ontmoeting tussen rooi en groen selde ‘n teleurstelling en sal die vonke behoorlik spat in ‘n poging om die eerste hou vanjaar te land.

    Die moontlike spanne is: 

    Waterkloof t. Menlopark om 16:30 in Kempton Park:

    Waterkloof: 15 Alexander Griesel, 14 Mieder Erasmus, 13 Meyer Pretorius, 12 Ben Steyn, 11 Jacques Janse van Rensburg, 10 Liam Schutte, 9 Marcel Tsiakos, 8 Almero Gerritse, 7 Stefan Pieterse, 6 Hugo Dercksen, 5 Marius Venter, 4 Brayn Joubert, 3 Reinhard Duvenhage, 2 Stiaan Theron, 1 Wian Hetzel.

    Menlopark: 15 Juan Joubert, 14 Lucian Reed, 13 Danie Botma, 12 Aidan Dicks, 11 Mendriano-Jody Abrahams, 10 Willie Pieterse, 9 Eben Botma, 8 Tiaan Boshoff, 7 Miller de Jager, 6 Duran Pieterse, 5 Dawid van den Heever, 4 Lyndon Fourie, 3 Reando Fourie, 2 Dian de Bruin, 1 Justin Toerien

    Hoërskool Nelspruit t. Oos-Moot om 15:00 in Kempton Park:

    Hoërskool Nelspruit: 15 Randzu Mkhabela, 14 Tye Habib, 13 Jendré Aucamp, 12 Rian Botha, 11 Hanré Smit, 10 Ewan van der Merwe, 9 Kamo Monkwe, 8 Vian Louw, 7 Christiaan de Klerk, 6 Aldo van Jaarsveld, 5 Christiaan Botha, 4 Dirk-Arnold Joubert, 3 Marcel Lindeque, 2 Obuhle Nyumba, 1 Christiaan Viljoen.

    Oos-Moot: 15 Tyrese Adams, 14 Bradley Jacobs, 13 Jayden Meintjies, 12 Le Roux Smith, 11 LJ Vaughn, 10 Tesuis van der Merwe, 9 Stanley Watkins, 8 Riyaan Wilson, 7 Luhan Hay, 6 Pema Bramley, 5 Ulrich Gerber, 4 Calvin Jones, 3 Sinawo Stengana, 2 Thando Telelo, 1 Eben Koen.

    HTS Middelburg vs Hoërskool Middelburg om 12:00 in Kempton Park:

    HTS Middelburg: 15 Wynand Cronjé, 14 Fourie Joubert, 13 Danté Lubbe, 12 Nathan Janse van Vuuren, 11 Ruwan Graaf, 10 Ruhan Janse van Vuuren, 9 Ruan Pienaar, 8 Tiaan Bezuidenhout, 7 Andrea de Wet, 6 Reghardt Blake, 5 Ruben Kruger, 4 Max Venter, 3 Carlo Joubert, 2 Waldo Lourens, 1 Argu Kruger.

    Hoërskool Middelburg: 15 Jano Wilson, 14 Lihle Nkadimeng, 13 Aiden van Heerden, 12 Blake Fader, 11 Kgotso Peta, 10 Kgontse Masilela, 9 Enio Manchica, 8 Menzi Siyaya, 7 Siya Mokgoatjana, 6 Johan Raulstone, 5 Khenzi Buthelezi, 4 Lihan de Vaal, 3 Dewald du Toit, 2 Ryan Blake, 1 Melchior van Niekerk.

  • Bishops’ second half burst too good for St John’s, Hilton rampant with nine of the best

    Bishops’ second half burst too good for St John’s, Hilton rampant with nine of the best

    Cristian Toweel, flyhalf of Diocesan College, soars over the line for his side’s first try in a 24-7 victory over St John’s College Thursday evening in Johannesburg. Photo: Frans Lombard/Actionpix.

    Despite a strong defensive display, the hosts of the St John’s Easter Festival, St John’s College, were unable to contain Diocesan College in the main match of an exhilarating opening day. The side from the Western Cape came to life after the interval, beating the Blues 24–7.

    Relive all the action on SuperSport Schools(www.supersportschools.com) 

    At half-time, the sides were locked at seven points apiece, but it was Caleb Clark who broke the deadlock. A constant threat ball in hand, the lively back proceeded to slice through a committed Blues defence.

    His reward was a five-pointer and the first of three unanswered second-half tries. Ben Durandt followed, showing a clean pair of heels to score in the corner, before prop Jack Hibling delivered the final blow with a well-earned try.

    Centre Alec Psillos scored the only points for the home side, converting his own try. He and midfield partner Alec Loveland were among the standout performers during a resilient first-half defensive effort.

    The curtain-raiser followed a similar pattern, with a performance that can only be described as utterly dominant. The side from the Midlands ran in 65 points to dismantle the Rhinos of Hoërskool Nelspruit 65–14, the biggest margin of the day.

    The side from KwaZulu-Natal dictated proceedings from the kick-off and controlled the lion’s share of possession, which was reflected on the scoreboard. Hilton College blindside flanker Ross Steyn set the tone upfront, excelling in broken play and becoming a constant thorn with powerful pick-and-drives and close-range carries. His efforts were rewarded with two tries. Out wide, both wingers exploited space superbly, each crossing for a five-pointer.

    Kingswood College were slow out of the blocks against St David’s Marist, but once they found rhythm, they surged clear with six tries to claim a 40–5 victory. The standout was the second try, with Kungawo Badli running more than half the length of the field to score. The well-known Mackenzie twins, Josh and James, also made their presence felt, with James Mackenzie finishing off a clever line to catch the defence off guard.

    Fullback Lucritia Magau starred for Graeme College, scoring a first-half hat-trick as the side from the Eastern Cape overwhelmed St Benedict’s College 57–5. Magau was not the only standout. Scrumhalf Luke Doyle and Erin Nelson each added two tries, with Nelson also landing five conversions and Doyle converting another to round off a commanding team performance.

    Scorers: 

    Diocesan College 24 (7) – Tries: Cristian Toweel, Caleb Clark, Ben Durandt, Jack Hibling. Conversions: Eljaron Geduld (2), Clark. St John’s College 7 (7) – Try: Alec Psillos. Conversion: Psillos.

    Hilton College 65 (32) – Tries: Ross Steyn (2), James Peattie, Liyema Gazi, Tom Gurupira, Aiden du Plooy, Lwango Ntantala, Rob Jervis, John Grubb. Conversions: Grubb (3), JD van Wyk (3). Penalties: Grubb (1). Hoërskool Nelspruit 14 (14) – Tries: Kamo Monkwe, Vian Louw. Conversions: Ewan Van Der Merwe (2).

    Kingswood College 40 (12) – Tries: Junior Ndlazi, Kungawo Badli, James Mackenzie, Sithenkosi Qabaka, Ross Thompson, Ryan O’Sullivan. Conversions: Christopher Zimmerman (5). St David’s Marist 5 (0) – Try: Ronin Hallowes. 

    Graeme College 57 (33) – Tries: Lucritia Magau (3), Luke Doyle (2), Erin Nelson (2), Andrew Muir, Hunta van Zyl. Conversions: Nelson (5), Doyle. St Benedict’s College 5 (0) – Try: Siya Kubeka.

  • Nudgee tops Grey College with last-gasp drop goal, Monnas roughs up Westlake

    Nudgee tops Grey College with last-gasp drop goal, Monnas roughs up Westlake

    Nudgee flyhalf Chilli Smith was hotter than a habanero, scoring an intercept try and slotting the match-winning drop goal in his side’s 29-26 victory over Grey College at the St John’s College Easter Festival in Johannesburg. Photo: Frans Lombard/Actionpix

    On Thursday night in Johannesburg, at the St John’s Easter Festival, Grey College suffered a second consecutive loss for the first time since 2017.

    Relive all the action on SuperSport Schools(www.supersportschools)

    The match that preceded the big Grey College vs Nudgee clash provided rich entertainment, with the Wit Bulle of Hoërskool Monument overpowering New Zealand’s Westlake Boys’ High 56–35.

    There was nothing in it at the interval, however, with the teams level at 21-21. After the break, Monument’s backline found another gear.

    Their superb performance was orchestrated by SA Schools’ scrumhalf Morné Noble, who dashed over for a hat-trick of tries. Centre Blessing Monareng added momentum with his powerful midfield carries, while left-wing Ruan Genis stretched the Westlake defence with his powerful running.

    In reply, outside centre Matt Fleming showcased pace and skill and touched down twice for the New Zealanders. His first effort was a strong contender for the try of the day.

    Scorers

    Nudgee College 29 (12) – Tries: Aiden Luke, Billy Spicer, Chilli Smith, Barry Taukolo. Conversions: Bond Bradley (3), Smith. Dropgoal: Smith. Grey College 26 (12) – Tries: Henru Erasmus, Alexi Tyropolis, Niel Du Randt, Penalty try. Conversions: Christoff Crous (2).

    Monument 56 (21) – Tries: Morné Noble (3), Blessing Monareng, Migael Coetzee, Hanco van Geelen, Roche Botha, Ivan van der Merwe. Conversions: Cameron Kourie (8). Westlake Boys’ High 35 (21) – Tries: Matt Fleming (2), Archer Lumsden, Levi Leith, Haley Pethybridge. Conversions: Leith (5).

  • Lions Invitational XV roars with shock victory over Welkom Gim

    Lions Invitational XV roars with shock victory over Welkom Gim

    Daniel Kruger, the blinkside flank of the Golden Lions Invitational XV, dives over for a long-range try after intercepting a pass in his side’s 38-36 victory over Welkom Gimnasium. Photo: Frans Lombard/Actionpix.

    The first fixture of the 2026 St John’s Easter Festival delivered the first surprise of the Easter weekend, courtesy of the Golden Lions Invitational XV, who stunned Welkom Gimnasium 38–36 on Burger Field, in Johannesburg, on Thursday.

    Relive all the action on SuperSport Schools(www.supersportschools.com) 

    In recent seasons, the Lions Invitational XV, regulars at the St John’s Easter Festival, have developed into a far more polished outfit, and this year they boast arguably one of their strongest lineups to date.

    The team is composed of leading talent from smaller schools across the Golden Lions region, with several schools contributing players capable of competing with the best on show at the festival.

    Flyhalf Gavi Graff marshalled proceedings effectively, bringing a dangerous backline into play. The platform for the invitational side’s victory, however, was laid by the outstanding loose forwards, flank Daniel Kruger and 8th-man Keith Ncube, who delivered outstanding and decisive performances.

    They both showed the Welkom Gim defence a clean pair of heels on multiple occasions, with both crossing from tries from long range. The Free Staters showed admirable heart. At one point, they trailed 17-33, but they fought back through their lively backline. Outside centre Gimo Nafta was the standout, dotting down twice to account for 10 of Welkom Gimnasium‘s 36 points.

    The St Joseph’s Nudgee College 2nd XV followed with a 24–11 victory over the Grey and Blue of St Alban’s College. The Australians set the tone physically and delivered a dominant defensive performance. They capitalised on the pressure they created by turning errors into points.

    Tighthead prop Harry O’Hare thrived in the South African conditions, with his energetic performance being rewarded with the opening try of the match.

    The remaining three tries for the visitors came from their backs, with inside centre Joshua Andrews scoring the pick of the bunch, which effectively sealed victory.

    Scorers: 

    Golden Lions Invitational XV 38 (23) – Tries: Daniel Kruger, Junior Mthetwa, Luka Montana, Keith Ncube, Busa Tom. Conversions: Gavi Graff (2). Penalties: Graff (3). Welkom Gimnasium 36 (17) – Tries: Gimo Nafta (2), Vusi Ndayi, Caleb Botha, Matthew Venter. Conversions: Leano Williams (4). Penalty: Williams.

    St Joseph’s College II 24 (14) – Tries: Harry O’Hare, Samuel Coleman, Tom Gibb, Joshua Andrews. Conversions: Chilli Smith (2). St Alban’s College 11 (6) – Try: Wandile Mbatha. Penalties: Thabiso Simelane (2).