SSPN Test Site

Author: froberholzer

  • Bowl-naaswenner voor Jeugland-toets, Gimmies reg om titel te verdedig

    Bowl-naaswenner voor Jeugland-toets, Gimmies reg om titel te verdedig

    FOTO: Brian Callaghan.

    Hoërskool Eldoraigne, naaswenner van verlede jaar se Bowl-afdeling, staar ‘n uiters moeilike uitdaging in die gesig met die aanvang van vanjaar se SDC Noordvaal Cup.

    Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.superpsportschools.com) 

    Die Drake skop hul veldtog af teen een van die vier nuwelinge in dié afdeling, Hoërskool Jeugland.

    Jeugland, wat vir die afgelope paar jaar in die Skild-afdeling geboks het, is einde verlede seisoen na die Bowl gerelegeer, maar is steeds ‘n gedugte opponent. Al het hy nie elke slag gewen nie, het die span van Kempton Park nietemin indrukwekkend vertoon tydens die onlangse NWU Prestige-reeks.

    Die Eldos, daarenteen, het bokant hul gewig geboks in die NWU Sportreeks en vir spanne soos Oos-Moot en Hoërskool Middelburg laat sweet.

    Skrumskakel, Darren Bruwer, het deurgaans ‘n kritieke rol gespeel. Sy taktiese skopwerk, een van sy vernaamste wapens, sal egter uiters akkuraat moet wees, andersins kan daar probleme wees wanneer Jeugland se heelagter, Kokets Maphopa, en regtervleuel, Beya Nyathi, daarop antwoord met hul giftige teenaanvalle.

    Voorlangs behoort ‘n woeste stryd by die afbreekpunte te woed, met albei oopkantflanke, Cameron Killian (Drake) en Joseph Ngomo-Ngoma (Jeugland) wat bedrewe baljagters is.

    Die verdedigende kampioen, Potchefstroom Gimnasium, loods sy titelverdediging teen Hoërskool Ermelo, wat ‘n ietwat onbekende faktor inhou.

    Die span van Potch pak die tog na Mpumalanga aan met ‘n jong span, wat belowend is vir die toekoms. Slegs agt van die Gimmies se 23-tal skryf vanjaar matriek. Senter en onderkaptein, Elrich Bosch, is een van die matrieks en was die held in verlede jaar se eindstryd, met sy kragtige lopies en dodelike aanvalslyne.

    ‘n Ander gunsteling in vanjaar se reeks, Potchefstroom Volkskool, het onder die eerste vier spanne in die NWU Prestige-reeks geëindig en begin sy Bowl-veldtog teen die ewe gevaarlike Bergsig Akademie. Die twee spanne het reeds vanjaar swaarde gekruis in Rustenburg, met die Volkies wat, danksy heelagter, Arno Nel, met een punt koning gekraai het. Nel sal weer fyn dopgehou moet word, vernaam wanneer hy by die agterlyn aansluiting vind.

    Hoërskool Randburg verwelkom die laaste nuweling van die Bowl-afdeling, die onvoorspelpare Hoërskool Dinamika. Die Randburgers behoort oor te loop van selfvertroue na hulle onlangs puik vertoon het by sowel die St John’s Easter Festival as die Robday Bergsig-sportfees. Agsteman, Curwin Hill, was tot dusver hul groot uitblinker en behoort weer hierdie naweek die pas aan te gee.

    Die spanne: 

    Eldoraigne t. Jeugland om 13:30 in Centurion: 

    Eldoraigne: 15 MJ Buitendag, 14 Tristan Lee, 13 Hanno Jacobs, 12 Kevin Earle, 11 Hugo Theron, 10 Damian Elferink, 9 Darren Bruwer, 8 Esdee Kotze, Justin Meintjies, 6 Cameron Killian, 5 MC Scheepers, 4 Jadon van Rooyen, 3 Chase Wessels, 2 Jean de Villiers, 1 Wian White.

    Jeugland: 15 Kokets Maphopa, 14 Beya Nyathi, 13 Andrew Khoza, 12 Innocent Vilakazi, 11 Thando Ngomane, 10 King Agbanzo, 9 Zaydene Adams, 8 Jaden Kleyn, 8 Jaden Kleyn, 7 Alec Mohlala, 6 Joseph Ngoma-Ngoma, 5 Nivan Duvenhage, 4 Daniel Wawina, 3 Khumo Maimane, 2 Lesego Moitse, 1 Phenyo Nkoana.

    Hoërskool Ermelo t. Potchefstroom Gimnasium in Ermelo: 

    Hoërskool Ermelo: TBC 

    Potchefstroom Gimnasium: 15 Joshua Pretorius, 14 MJ Potgieter, 13 Jandré Oosthuizen, 12 Elrich Bosch, 11 Rebaone Moalosi, 10 Zandré Da Silva, 9 MJ Viljoen, 8 De Wet Grobler, 7 Rynel Rautenbach, 6 Reuel Potgieter, 5 AP Muller, 4 Dirk Stear, 3 Matt Redelinghuys, 2 Kobus Grobbelaar, 1 Juandré Barends.

    Potchefstroom Volkskool t. Bergsig Akademie in Potchefstroom: 

    Potchefstroom Volkskool: 15 Anro Nel, 14 Theunis Nel, 13 Hennie Pretorius, 12 River Samuals, 11 Juan Fourie, 10 Lorenzo Louw, 9 Juhan Geldenhuys, 8 Johannes Lombaard, 7 Marlu du Preez, 6 Wian Victor, 5 Stef Schoeman, 4 Joshua van der Westhuizen, 3 De Waal Coetzer, 2 Louis Fourie, 1 AB Brink

    Bergsig Akdemie: 15 Alzandro Dos Santos, 14 Keabetswe Daile, 13 Bradley Stonehous, 12 Dan Bogopane, 11 Heinrich Krugel, 10 Carlo de Jager, 9 Paulo Dos Santos, 8 Stephan Harmse, 7 Thatano Bagwase, 6 Christiaan de Abreu, 5 Martin Pieterse, 4 Jacques Viviers, 3 Dylan Smith, 2 Marnus Dercksen, 1 Thabang Machubene.

    Hoërskool Randburg t. Dinamika in Randburg: 

    Hoërskool Randburg: 15 Francois Groenewald, 14 Bradley Burcher, 13 Eduan Bakkes, 12 Zander Drake, 11 Josh Wigget, 10 Jayden Todd, 9 Rico Vosloo, 8 Curwin Hill, 7 Zander van Tonder, 6 Victor van Blerk, 5 Branden Peterson, 4 Phillip Rykaart, 3 Malan van Heerden, 2 Dietlov Fourie, 1 Kian Kritzinger.

    Dinamika: 15 Zavian Mathys, 14 Nathan Kearns, 13 Shane Serfontein, 12 Nico Greyling, 11 Caiden van der Merwe, 10 Keanu de Sousa, 9 Gustav Schutte, 8 Monré van Wyk, 7 Hendrik Albert, 6 Darren Pretorius, 5 Ruan van Tonder, 4 Branden Smit, 3 Jayden Smith, 2 Duandré Boshoff, 1 Janco Fourie.

  • Skild-nuweling skop veldtog tuis af

    Skild-nuweling skop veldtog tuis af

    FOTO: Nicolette Fourie.

    Hoërskool Montana loods sy nuwe hoofstuk, in die SDC Noordvaal Cup se Skild-afdeling, Saterdag in Pretoria wanneer hy die gevaarlike Hoërskool Pietersburg ,om 13:30, tuis verwelkom.

    Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschool.com) 

    Die Monties en Pieties het genoeg kans gehad om mekaar deeglik te ontleed tydens die onlangse NWU Prestige-reeks. Die twee spanne het met tye uitsonderlik vertoon, met die Monties wat in ‘n stadium drie agtereenvolgende seges kon inpalm, terwyl die Pieties dikwels met die groter name kon kers vashou.

    Daar wag ‘n opwindende stryd in die middeveld tussen die twee binnesenters, Luan Barnard en Siya Mahlangu. Albei spog reeds met ‘n jaar se ervaring op eerstespan-vlak, met Mahlangu wat Barnard se kragspel sal probeer troef met sy venynige voetwerk.

    Voorlangs word die Pieties aansienlik versterk met die terugkeer van vaskopstut, Stephan Jansen van Rensburg, na ‘n besering. Sy teenwoordigheid behoort vir die besoekers in sowel die skrums as op die aanval ‘n hupstoot te gee.

    Vir die Monties sal flanke, Dieter Scheepers en Aiden Vorster, oudergewoonte woel in die los.

    Hoërskool Die Anker durf vir Hoërskool Ben Vorster agter die sitrusgordyn in Tzaneen aan en die span van Brakpan sal alte bewus wees van die taak wat daar voorlê. Die Vossies het juis onlangs vir Hoërskool Waterkloof én Hoërskool Middelburg opdraande gegee in Tzaneen. Boonop beskou die tuisspan dit as onafgehandelde sake nadat Die Anker hom in die vorige kragmeting met 57-15 afgestof het.

    Die tweestryd tussen die twee nr. 12’s, Arno Krugel, wat die beseerde Edrick Pienaar vervang en die Buffels se kragman, Gehan Hendriks, beloof ook hier om vuurwerke op te lewer. Voorlangs sal Brendan van Lutterveld en Gerhard Oosthuizen, Die Anker se woelige slotpaar, in ‘n verbete stryd gewikkel wees met die Vossies se Harmse-tweeling, Lourens en Barend Harmse.

    Franko Rossouw en die span van Hoërskool Secunda sê tuis vir Hugenote van Springs die stryd aan. Die twee spanne het mekaar vroeër vanjaar in ‘n proefwedstryd teëgekom en is ou vyande in die Skild-afdeling. Rossouw, een van Secunda se sterkste aanspraakmakers op ‘n plek die Pumas se Cravenweekspan, sal sou gou as moontlik vir sy naamgenoot, Franko Neuhoff, en die Hugies-pak op die agtervoet wil plaas.

    Heidelberg Volkskool, na ‘n lang blaaskans vanweë die reën wat die NWU Prestige-reeks kortgeknip het, verwelkom ‘n aantal staatmakers terug, waarvan binnesenter, Vaughn Steynvaart, straks die beduidendste is. Die Munro-tweeling, Tyrone (heelagter) en Tristan (buitesenter), sal ook weer die veld vol speel.

    Die spanne: 

    Montana t. Hoërskool Pietersburg om 13:30 in Pretoria: 

    Montana: 15 Marq de Villiers, 14 Keagan van der Merwe, 13 Dirk Coetzee, 12 Luan Barnard, 11 Sam Schoeman, Rubel Bester, 9 Braam Schutte, 8 Ulrich van Biljon, 7 Dieter Scheepers, 6 Aiden Vorster, 5 Kyle Bronkhorst, 4 Eric Potgieter, 3 Xandré le Roux, 2 Juan Theunissen, 1 Aiden van der Made.

    Hoërskool Pietersburg: 15 Ryno Mienie, 14 Armandt Venter, 13 Basson Wolmarans, 12 Siya Mahlangu, 11 Zuhan Labuschagne, 10 Juan Randall, 9 Celliers van der Merwe, 8 FC Smith, 7 Juan Janse van Vuuren, 6 Andru de Beer, 5 Ludke Pienaar, 4 Brent Vorster, 3 Stephan Jansen van Rensburg, 2 Ziahn Lombaard, 1 Kyle Swanepoel.

    Ben Vorster t. Die Anker om 12:30 in Tzaneen: 

    Ben Vorster: 15 Wessel Joubert, 14 Miguel Makhubupetsi, 13 Chifu Banda, 12 Gehan Hendriks, 11 Freddie Pinto, 10 Shelton-Ray Primo, 9 Stiaan du Rand, 8 Tumi Ramohlale, 7 Lesedi Motseke, 6 Kobus de Beer, 5 Lourens Harmse, 4 Barend Harmse, 3 Thaba Matlou, 2 Ruben Pohl, 1 Thabang Nkuna.

    Die Anker: 15 Paul Schutte, 14 Dyllon le Roux, 13 Johnathan Jordaan, 12 Arno Krugel, 11 Ruben Botha, 10 Danie Smit, 9 Troy Joubert, 8 Jaydon Steenkamp, 7 Markus Herbst, 6 Byron van Zyl, 5 Brendan van Lutterveld, 4 Gerhard Oosthuizen, 3 Xavier Momberg, 2 Rico Goosen, 1 Branden Sauerman

    Hoërskool Secunda t. Hugenote van Springs om 12:20 in Secunda: 

    Secunda: 15 Dillon Grundelingh, 14 Ryan Lottering, 13 Armand Underhay, 12 Bismark Jansen, 11 Alberto Volschenck, 10 Alonzo Blakenberg, 9 JD van Coller, 8 Franko Rossouw, 7 Zander van der Merwe, 6 Sifiso Hlungwane, 5 Renier Combrink, 4 Mickey Jordaan, 3 MC Vosloo, 2 Rico Schoeman, 1 Nathan Erasmus.

    Hugenote (Springs): 15 Christaan Basson, 14 Andile Dhlamini, 13 Yovan Prinsloo, 12 Dylan Nel, 11 Kyle de Klerk, 10 George Lucas, 9 Thanyani Mokiri, 8 Euan Venter, 7 Luan Pretorius, 6 Arné Marais, 5 André Coetzee. 4 Tristan de Beer, 3 Wian Rudolph, 2 Luan Smit, 1 Franko Neuhoff.

    Heidelberg Volkskool t. Hoërskool Piet Retief in Heidelberg: 

    Heidelberg Volkskool: 15 Tyrone Munro, 14 Theuns van der Merwe, 13 Tristan Munro, 12 Vaughn Steynvaart, 11 Pieter Greyling, 10 Marco Botha, 9 Hein Oelofse, 8 Juandré Pretorius, 7 Eduard Roets, 6 Jaco Botha, 5 Eduard Roets, 4 Werner Grobler, 3 Dean Last, 2 Henru Coetzer, 1 Reuben Bothma.

    Piet Retief: 15 Buhle Ngubane, 14 Spephelo Phakathi, 13 Siphosethu Sibisi, 12 Gilles van der Meulen, 11 Vuyani Tshabalala, 10 Owethu Shabalala, 9 Kyle Stock, 8 Marnus Thomas, 7 SJ van Barneveld, 6 Lethu Hlope, 5 Harold Gevers, 4 Abongwe Maduna, 3 Aza Phakathi, 2 Mario de Oliveria, 1 Sfundo Mayisa.

  • Klerksdorp lus vir tweede hap van die kersiekoek

    Klerksdorp lus vir tweede hap van die kersiekoek

    FOTO: Marius Nortjé.

    Dit sal ‘n dapper dobbelaar verg om vanjaar se wenner in die SDC Noordvaal Cup se Plaat-afdeling te probeer voorspel.

    Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com) 

    Ál nege spanne in vanjaar se reeks weeg uitstekend op teen mekaar.

    Die reeks skop Saterdag af met een van die opwindendste kragmetings op vanjaar se kalender – die Klerksdorp-derby tussen vanjaar se gasheer, Hoërskool Klerksdorp, en verlede jaar se Skild-kampioen, Hoërskool Wesvalia.

    Met die vrystelling van die Noordvaal-bepalings is dié kragmeting reeds met rooi omkring. Klerksdorp het vroeër ‘n voorsmakie gekry van wat wag,  toe hulle in die NWU Prestige-reeks met 12-16 die knie moes buig teen hul bure in ‘n uiters fisieke stryd voorlangs en in nat toestande.

    Hierdie slag hoop die Klerksdorpers vir droër toestande sodat albei agterlyne behoorlik aan die gang kan kom.

    KHS se heelagter, Dorian Isaacs, is beslis ‘n gevaarman en kan vir die Wessies heelwat hoofbrekens besorg wanneer hy besluit om van agter op loop te sit. Die gesoute Winton Abrahams is ewe gevaarlik in die middeveld en behoort die Wessies se buitesenter, Jeandré Snyman, se rotsvaste verdediging deeglik te beproef.

    Die kragmeting voorlangs behoort oudergewoonte fel te wees, met die tweestryd tussen die agstemanne, Tiaan Koen en Franco Dumond, wat ‘n woelige affêre kan afgee nie. Albei is sterk aanspraakmakers om later vanjaar vir die Luiperds by die Cravenweek in Middelburg uit te draf.

    Hoërskool Oos-Moot en Hoërskool Kempton Park sorg vir verdere opwinding in die Moot. Albei spanne het vanjaar beïnduk in die NWU Sportreeks, terwyl die Oosies voor die skoolvakansie hul Plaat-veldtog met ‘n sege van 23-21 oor HTS Middelburg van stapel gestuur het.

    Royston Arendse keer terug op losskakel, met Dewron Aford wat na sy gunstelingposisie op binnesenter terugskuif en in ‘n klipharde stryd met die Kempies se gevaarman, Jethro Williams, gewikkel sal wees.

    Die verdedigende kampioen, HTS Middelburg reis na Alberton waar ‘n taamlike uitdaging teen Hoërskool Marais Viljoen wag. Die Rooi Bulle sal wil vergoed vir die nederlaag teen die Oosies, maar om die span wat van die Beker-afdeling afgeskuif het op tuisbodem te troef is makliker gesê as gedaan.

    Raynhardt Kruger, Marais Viljoen se heelagter, is netjies op dreef en sy skopstewel kan straks die deurslag vir die tuisspan bied.

    Ligbron Akademie verwelkom een van vanjaar se vroeë gunstelinge, Hoërskool Zwartkop, in Ermelo. Die Liggies het vanjaar redelik ongesiens te werk gegaan, maar reeds hul merk gemaak met ‘n soet sege oor Hoërskool Secunda in die doodsnikke van ‘n vriendskaplike stryd vroeër vanjaar.

    Die Zwarries beskik waarskynlik egter oor die gevaarlikste agterlyn in die reeks en die kragmeting behoort ‘n goeie maatstaf vir die span van Ermelo vroeg in die kompetisie te bied.

    Die spanne:  

    Hoërskool Klerksdorp t. Wesvalia om 13:45 in Klerksdorp:

    Klerksdorp (moontlik): 15 Dorian Isaacs, 14 Tyran Masango, 13 Marco Symington, 12 Winton Abrahams, 11 Jayden Turner, 10 Brendin Mathyse, 9 Jarred van Staden, 8 Tiaan Koen, 7 Marnus van der Merwe, 6 Stiaan Zopick, 5 Juan Hills, 4 Hanro Nel, 3 Zander Nienaber, 2 Brandon Botha, 1 De Wet le Roux.

    Wesvalia: 15 Henco Greyling, 14 Martin Bierman, 13 Jeandré Snyman, 12 Wian du Preez, 11 Wilson Letholi, 10 Eduard Dreyer, 9 Barry Niemand, 8 Franco Dumond, 7 Tiaan de Kock, 6 Quewen Fourie, 5 JP Hatting, 4 Joshua Pieterse, 3 Ignus Nel, 2 Fanie Linde, 1 Ulrigh du Preez.

    Oos-Moot t. Hoërskool Kempton Park om 12:30 in Pretoria:

    Oos-Moot: 15 Jayden Pretorius, 14 Brian Jacobs, 13 Drew Williams, 12 Dewron Aford, 11 LJ Vaughan, 10 Royston Arendse, 9 David Joubert, 8 Jaydon Botha, 7 Riyaan Wilson, 6 Clayton du Bruyn, 5 MC van Tonder, 4 Stian de Vente, 3 Jandré de Beer, 2 Thando Telelo, 1 Divan du Preez.

    Kempton Park: 15 Ben Steyn, 14 Ethan Botha, 13 Wian Riekert, 12 Jethro Williams, 11 Ettienne Stroebel, 10 Stian de Villiers, 9 Ferdi Smith, 8 Luca du Plooy, 7 Marko van der Walt, 6 Matthew Vermaak, 5 Ruan Mostert, 4 Louis Mouton, 3 Juan Olivier, 2 Damian Slabbert, 1 Piet van den Heever.

    Marais Viljoen t. HTS Middelburg om 12:30 in Alberton: 

    Marais Viljoen: 15 Raynhardt Kruger, 14 Cayden Scheepers, 13 Juan van den Heever, 12 Jonno Morkol, 11 Kabelo Thloaele, 10 Claude do Couto, 9 Ethan Weideman, 8 Rio Tshimbalanga, 7 Tiaan van Huysteen, 6  Munga Mwengehya, 5 Clayton Gagiano, 4 Jermaine Crause, 3 Sifiso Shongwe, 2 Ondisa Njili, 1 Juan Cooper.

    HTS Middelburg (moontlik): 15 WJ Enslin, 14 Kwanele Mkhize, 13 Jacques Greyling, 12 Anthoni Smuts, 11 CJ Muller, 10 Nathan Jansen van Vuuren, 9 Reece Botha, 8 Tiaan Bezuidenhout, 7 Ethan de kock, 6 Dewan Coetzee, 5 Griffin Devonish, 4 Janco Aucamp, 3 Marinus Oberholzer, 2 Hanro Terblanche, 1 Janco Botha.

    Ligbron Akademie t. Zwartkop om 12:20 in Ermelo: 

    Ligbron Akademie: 15 Bandile Thanjekwayo, 14 Neo Zwane, 13 Siyanda Dennison, 12 Lethi Ngwenya, 11 Ndumiso Dlamini, 10 Eben Degenaar, 9 Renier van Staden, 8 Janco Claasen, 7 Jurgens Bezuidenhout, 6 Tiaan Botha, 5 Ian Booysen, 4 Henco Scheepers, 3 Devan Scheepers, 2 Regard Janse van Rensburg, 1 WP Human.

    Zwartkop: 15 Shayden Botha, 14 André Marx, 13 Luan Williams, 12 David van Jaarsveld, 11 Stiaan Botha, 10 Tilon Baron, 9 Luan Janse van Rensburg, 8 Wihan Roux, 7 Luan Wepener, 6 Brian Smith, 5 Jethro le Roux, 4 Ettienne van Niekerk, 3 AJ Hendriks, 2 Reagan Blignaut, 1 Matthew Smith.

  • Groot toets wag op Rhinos in Pretoria

    Groot toets wag op Rhinos in Pretoria

    FOTO: Frans Lombard/Actionpix.

    Hoërskool Nelspruit kom voor ‘n groot toets te staan wanneer hy hierdie naweek in die Jakarandastad met Die Hoërskool Menlopark swaarde kruis.

    Volg al die aksie regstreeks op SuperSports Schools – (www.supersportschools.com)

    Die Nellies sal dié toets graag wil slaag aangesien hulle reeds vanjaar aangedui het dat hulle een van die spanne is wat voor kan hardloop in die SDC Noordvaal Cup se Beker-wedloop. Die Parkies het egter ook vanjaar reeds beïndruk en na vore getree as een van die kompetisie se groot buiteperde, wat hulle in dieselfde gewigklas as die Rhinos plaas.

    Die Rhinos het, voor ‘n welverdiende blaaskans, ‘n groot hond in die stof laat byt deur vir Hoërskool Waterkloof met 31-24 in Mbombela te troef. Hoewel die Parkies ook ‘n aftydjie geniet het, was nege van hul spanlede in aksie vir die Northern Barbarians by die onlangse Absa Wildeklawer-toernooi.

    Daar het skrumskakel, Gustav Schäffner, in albei vertonings vir die Barbarians uitgeblink en sal hy op dié momentum wil voortbou. Dit sal hoog op prys gestel word deur die Parkie-afrigters, met die bedreiging wat die Nellies se skrumskakel, Liam Pringle, inhou.

    Reinhardt Herbst het op heelagter self uithalerspel gelewer vir die uitnodigingspan in Kimberley. Sy vaart en visie stel hom in staat om gevaarlike teenaanvalle te loods, terwyl hy ook die opposisie in hul eie helfte kan vaspen met sy taktiese skopwerk.

    Indien die Parkies se skopwerk egter nie akkuraat is nie, sal die Rhinos se blitsige linkervleuel, Tinyiko Silubane, elke kans aangryp om hulle te looi wanneer hy homself in spasie bevind.

    ‘n Titaniese stryd wag in Krugersdorp wanneer Hoërskool Dr EG Jansen vir Hoërskool Monument die stryd aansê. Hierdie is ‘n bepaling wat oor die afgelope paar jaar vir groot opwinding gesorg het, met die spanne wat uitstekend opweeg teen mekaar. Die Arende het die laaste twee jaar die hef in die hand gehad, maar dit sal nie maklik wees om die Wit Bulle op die Ras van Rooyen te slag nie.

    Boonop is Monument nog gekwes na twee nederlae in Kimberley, wat hulle gevaarliker maak. Die beseringspook het wel in Krugersdorp kom draai, met Vincent Roberts, die Krugersdorpers se kaptein, wat van agsteman na slot skuif om die beseerde Janco Pretorius te vervang. Dit gee vir Ryno van der Westhuizen die geleentheid om sy staal op agsteman te wys.

    Monnas kan ‘n taamlike aanslag agterlangs verwag, met die Arende se heelagter, Deshean Pietersen, en regtervleuel, Otlatleng Zulu, wat in Kimberley gewys hoekom hulle so hoog aangeskryf word.

    Die nuweling in vanjaar se Beker-afdleling, Hoërskool Transvalia, se vuurdoop is teen ‘n gedugte Hoërskool Rustenburg.

    Die Rusties, wat ook in aksie was by Wildeklawer, het met twee oortuigende seges teen Voortrekker (40-7) en Welkom Gimnasium (33-0) huiswaarts gekeer, met kaptein, Xavier Steenkamp, en die jong agsteman, Donovan Mosterdt, wat indrukwekkend vertoon het en Saterdag weer sleutelrolle behoort te vervul. Dit beloof om ‘n liplekker-stryd in die los met Valia se flank en kaptein, Juan Bischoff, en die gevaarlike, Daniel Khazambo, af te gee.

    Die spanne: 

    Die Hoërskool Menlopark t. Hoërskool Nelspruit om 12:30 in Pretoria:

    Menlopark: 15 Reinhardt Herbst, 14 Bladen Peterson, 13 Leskin Samuels, 12 Dylan Stumke, 11 Juan Joubert, 10 Andru Keun, 9 Gustav Shcäffner, 8 JN van Wyk, 7 Ruan Strydom, 6 Nathen du Plessis, 5 Keagen Pretorius, 4 Jaap Stolp, 3 Ruvan van Aardt, 2 Declan Peser, 1 Mattheus Prisnloo.

    Nelspruit (moontlik): 15 Jean Erasmus, 14 Jordan Pretorius, 13 Ruben Greeff, 12 Rian Botha, 11 Tinyiko Silubane, 10 John Duncan, 9 Liam Pringle, 8 Vaughn van Zyl, 7 Werno Heyns, 6 Vian Louw, 5 André Smit, 4 Ethan Esterhuizen, 3 Gert Cloete, 2 D’Angelo Roberts, 1 Lindani Ndlela.

    Monument t. EG Jansen om 12:20 in Krugersdorp:

    Monument: 15 Ewan van der Walt, 14 Jason Joubert, 13 Viandré van Loggenberg, 12 Juandré Ehlers, 11 Ruan Genis, 10 Cameron Kourie, 9 Evan Bernhardi, 8 Ryno van der Westhuizen, 7 Loghan Huges, 6 Siya Ncube, 5 Dean Hartman, 4 Vincent Roberts, 3 Juandré Marais, 2 Regardt Ernst, 1 Danie Smith.

    EG Jansen: 15 Deshean Pietersen, 14 Otlatleng Zulu, 13 Christopher Combrink, 12 Nathan Delport, 11 Jordan van der Westhuizen, 10 Juan van Aswegen, 9 Joe Diesel, 8 Slade Mowbray, 7 Dian Botha, 6 Craig Lightfoot, 5 Breyton Kruger, 4 Jacques van Tonder, 3 Deveraux Wiedeman, 2 Marco Ventura, 1 Ruan Rossouw.

    Transvalia t. Hoërskool Rustenburg om 12:40 in Vanderbijl Park:

    Transvalia: 15 Tshepo Molakeng, 14 Dihan Crause, 13 Declan Hattingh, 12 Brandon Matthews, 11 Tumi Moloi, 10 Jay-Dee Maree, 9 Johan Smit, 8 Wynand Stoltz, 7 Daniel Kazambo, 6 Juan Bischoff, 5 Christiaan Liebenberg, 4 Kyle Maartens, 3 Damian van Heerden, 2 Wihandré Kruger, 1 Vusi Morathi.

    Rustenburg:  15 Lorenzo Snyers, 14 Bradley Snyers, 13 Jon-Ré Jefthas, 12 Hendré Robinson, 11 Keathyn Africa, 10 Ayden Willemse, 9 Adriano George, 8 Dononvan Mosterdt, 7 MJ Otto, 6 Thian Labuschagne, 5 Evan van Heerden, 4 Tristan Myburgh, 3 Ockert Grobler, 2 Xavier Steenkamp, 1 Carel Schoonraadt.

  • Beker-reuse slaggereed vir herontmoeting op Berepark

    Beker-reuse slaggereed vir herontmoeting op Berepark

    FOTO: Frans Lombard/Actionpix.

    Die SDC Noodvaal Cup se Beker-afdeling skop Saterdag af met ‘n reusestryd tussen 2024 se kampioen en naaswenners, wat beloof om die toeskouers vir die volle 70 minute in hul stoele vasgepen te hou.

    Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com)

    Hoërskool Garsfontein en Hoërskool Waterkloof pak mekaar Saterdagmiddag vir die eerste keer sedert verlede jaar se eindstryd, toe die Garsies hul stempel as een van die die voorste spanne in dié kompetisie afgedruk het met ‘n uiteindelike oorwinning van 36-30, om vir die tweede agtereenvolgende jaar as die “Beker-Bere” gekroon te word.

    Albei spanne was in aksie by die onlangse Absa Wildeklawer-toernooi, waar hulle, volgens die hoë standaarde wat deur die onderskeie afrigtingskorpse gestel word, gemengde welslae behaal het.

    Die Bere het segeloos van Kimberley teruggekeer, maar moes welliswaar teen heelwat strawwer kompetisie, naamlik Grey-kollege en Oakdale Landbou, sake uitspook. Hul gelykopuitslag teen die Bulle van Riversdal sou nietemin bemoedigend vir Garsies gewees het.

    Hulle het ook indrukwekkend vertoon teen Grey, met ‘n bereidwilligheid om aanskoulike hardlooprugby te speel. Dit behoort vir afrigters, Johan du Plessis en Sylvester Booysen, heelwat moed te gee met die oog op van vanjaar se titeljag in die Noordvaal-reeks.

    Wildeklawer het egter sy tol geëis, met die Bere wat noodgedwonge drie veranderinge moes aanbring. Dit sluit in slot, Wihan Bezuidenhout, wat ‘n beduidende leemte laat en deur Derik Potgieter in die nr. 5-trui vervang word.

    Die Klofies moes self in hul laaste wedstryd in Kimberley met ‘n gelykopuitslag van 17-17 teen Hoërskool Stellenberg tevrede wees, maar is ook stelselmatig besig om ritme te herwin. Dit is verál die kookwaterspel wat agsteman, Marko Kok, in Kimberley gelewer het wat verblydend sal wees vir die Blou Golf se ondersteuners.

    Kaptein, Ronan Bastiaanse, is ook vinnig besig om sy voete op losskakel te vind, wat vir die Garsies ‘n bedreiging kan inhou en ‘n yslike tweestryd met die Bere se generaal, Joshua Gouws, behoort af te gee. Gouws se verspreiding skep heelwat geleenthede vir die gevaarmanne aan sy buitekant, soos regtervleuel, Junaide Stuart.

    In Johanneburg is Helpmekaar Kollege reeds vroeg in ‘n maak-of-breek-stryd gewikkel met Hoërskool Noordheuwel. Die Helpies, met reeds twee wedstryde agter die rug, is steeds op soek na ‘n eerste sege in vanjaar se kompetisie, terwyl die Blues daarop uit sal wees om hul reeks met ‘n oorwinning af te skop. Noordheuwel word reeds as ‘n sterk aanspraakmaker op ‘n plek in die halfeindronde beskou.

    Helpies moet egter nie gering geskat word nie. Hul vertonings by Wildeklawer sou beslis ‘n hele paar ander spanne regop laat sit het.

    Die stryd tussen die twee agterste driehoeke kan straks die verskil tussen wen of verloor beteken. Onder leiding van die ervare Ty Ax (Helpies-kaptein), het vleuels, Xander van Niekerk en Francois Tonkin, na hoogste versnelling oorgeskakel, terwyl Nories se linkervleuel, Jayden Steyn, deurgaans beïndruk met sy kragtige lopies en oorvloed vaart.

    Voorlangs word heelwat verwag van die ligbloues se haker, Clinton Agu, wat reeds fyn dopgehou word deur die SA Skole-keurders. Sy woeligheid in die vastelos kan vir die Helpies heelwat hoofbrekens besorg.

    Die spanne: 

    Garsfontein t. Waterkloof om 13:30 in Pretoria:

    Garsfontein: 15 Junade Pasensie, 14 Junaide Stuart, 13 Xian Erasmus, 12 Keagan Knighton, 11 Drewyn Baron, 10 Joshua Gouws, 9 Derrick Kuhn, 8 Lourenz de Jager, 7 JP Meintjies, 6 JP Pieterse, 5 Derik Potgieter, 4 JJ Fourie, 3 Luan van den Berg, 2 Justin Blom, 1 Morné Coetzer.

    Waterkloof: 15 Tiaan Posthumus, 14 Gustav Mienie, 13 Dandré Tustin, 12 Dylan Botha, 11 Jaiden Badenhorst, 10 Ronan Bastiaanse, 9 Zack Jordaan, 8 Marko Kok, 7 Dawid Prinsloo, 6 Divan Botha, 6 Dawid Prinsloo, 5 Heinrich Naudé, 4 Leander van der Westhuizen, 3 Jedri Swart, 2 Ruan Jacobs, 1 Alexander Elliot.

    Helpmekaar Kollege t. Noordheuwel om 12:30 in Johannesburg: 

    Helpmekaar Kollege: 15 Ty Ax, 14 Xander van Niekerk, 13 Clinton Cloete, 12 Ethan Lourens, 11 Francois Tonkin, 10 Wian Strom, 9 Shaye Lourens, 8 Llewelyn Vermaak, 7 Zaiden Krige, 6 Sydney Nicholson, 5 Eugene de Lange, 4 Diandro Botha, 3 Dylan Engelbrecht, 2 Keanan Combrink, 1 Liam Devenier.

    Noordheuwel (moontlik): 15 Jade Rollison, 14 Aiden Bester, 13 Ethan Smith, 12 Tristan Helmund, 11 Jayden Steyn, 10 Jeandré Uithaler, 9 Gideon Diedericks, 8 Armand van Eck, 7 JB Blaunt, 6 Andrew Lambert, 5 Roehan Hoogendyk, 4 Kean Lourens, 3 Steph Botha, 2 Clinton Agu, 1 Ruben Botes.

  • Dit reën drieë op Dag 2 van Robday Bergsig-fees

    Dit reën drieë op Dag 2 van Robday Bergsig-fees

    FOTO: Marius Nortjé.

    Dit het behoorlik drieë gereën Saterdag op die tweede en laaste dag van die jaarlikse Robday Bergsig-rugbyfees in Rustenburg.

    Herleef al die aksie op Supersport Schools – (www.supersportschools.com) 

    Dit het as geen verrassing gekom dat die twee Affie-spanne, die Rooiharte en Geel Kobra’s, wat reeds op die Dag 1 beïndruk het, ook die toon aangegee het op die laaste dag nie.

    Die Geel Kobra’s, Afrikaanse Hoër Seunskool se vierde span, het vir Hoërskool Rustenburg se uitnodingspan, bestaande uit spelers van die tweedes en derdes, ‘n yslike rugby les geleer. Die Pretorianers het hul vernuftige spelpeil voortgesit om 15 keer agter die Rustenburgers se doellyn te gaan draai vir ‘n wegholsege van 96-0.

    Heelagter, Reuben van Niekerk, het dié uitstappie terdeë geniet en die fees se tweede driekuns aan drieë behaal, terwyl Len Muller, Stephen Archibald, Bernu Kleynhans en Ryan Brett elk ‘n tweekuns aangeteken het.

    Die Rooiharte het op hul beurt agt drieë ingeryg om vir Hoërskool Dinamika met 52-10 te laat les opsê. Met haker, Francois de Beer, aan die spits het die pak weer die grondslag gelê vir hul giftige agterlyn om na hartelus aan te val.

    Jim Fouché het ook sy beste vir die laaste dag gelos. Die Bloemfonteiners het vir Hoërskool Hans Moore gewys waar Dawid die wortels gegrawe het om met 67-17 koning te kraai.

    Die ervare Franco Oberholzer, wat vir ‘n tweede agtereenvolgende jaar in die span van Bloemfontein se lostrio diens doen, het uitgetroon voorlangs. Oberholzer, heelagter, Bendré Vermaak, en buitsenter, Adrian de Necker, ook ‘n begaafde krieketspeler, het elk die doellyn twee keer oorgesteek.

    Barnabas Nyamagape, Hoërskool Frikkie Meyer se bedrieglike losskakel, het sy span tot ‘n indrukwekkende sege van 40-0 oor Hoërskool Overkruin aangevoor. Die Frikkies het duidelik heelwat selfvertroue geput uit hul naelskraapse nederlaag teen Hoërskool Witteberg, om een van hul beste vertonings tot dusver vanjaar op te dis.

    Die einste Hoërskool Witteberg het, danksy ‘n puik vertoning deur sy staatmaker op binnesenter, Sedwin Gysman, vir Hoërskool Randburg met 40-20 verslaan om die fees onoorwonne af te sluit.

    Puntemakers: 

    Affies Rooiharte 52 – Drieë: Francois de Beer, Dehan Vlok, Juan Venter, Markus Geyser, Jean Ferreira, Khumo Manakana, Josh Robertson, Morné Curtayne. Doelskoppe: Loje Geyser (6). Dinamika 10 – Drieë: Jayden Smith, Shane Serfontein.

    Affies Geel Kobras 96 – Drieë: Reuben van Niekerk (3), L Muller (2), Stephen Archibald (2), Bernu Kleynhans (2), Ryan Brett (2), Liam Wilkinson, Morné Curtayane, Kayden Terblanche, Righardt Dreyer. Doelskoppe: Fourie (8). Hoërskool Rustenburg Oranje 0. 

    Jim Fouché 67 – Drieë: Franco Oberholzer (2), Bendré Vermaak (2), Adrian de Necker (2),  Juan Swart, Itumeleng Mokate, Franco Greyling, JG Noeth. Doelskoppe: Duart Bester (4). Hans Moore 17 – Drieë: Dian Briz (2), Hanriqué Cronje. Doelskop: Troy Strydom.

    Frikkie Meyer 40 – Drieë: Barnabas Nyamagape (2), Prince Sekobane (2), Ockert Erasmus, Stefan Mulder. Doelskoppe: Nyamagape (4), MC Barnard. Overkruin 0. 

    Witterberg 40 – Drieë: Tshepo Motloung, K Morati, Sedwin Geysman, Qlin Booyse, Buks Davel. Doelskoppe: Evan Niewoudt (3). Randburg 20 – Curwin Hill, Jayden Oosthuizen, Josh Wigget. Doelskop: Wigget. Strafdoel: Wigget.

    Linden 36 – Drieë: Zacky Crow, Joshua Liebenberg, Schuylar van den Berg, William Joubert, Morné Steyn. Doelskoppe: Van den Berg (3). Bergsig Hawks 26 – Drieë: Tristan Walters, Connor van Dalen, Daniel Addinal, Arthur Barret. Doelskop: Renaldo Prinsloo.

  • Kopp kicks Glenwood to nailbiting one-point victory

    Kopp kicks Glenwood to nailbiting one-point victory

    Photo: Frans Lombard/Actionpix.

    Glenwood fullback Joshua Kopp kicked the Durban side to a tense one-point victory over Marlow Landbou in a low-scoring thriller on the final day of the 2025 Absa Wildeklawer in Kimberley.

    Relive all the action on SuperSport Schools – (www.supersportschools.com) 

    Kopp slotted three penalties – his only shots at goal – to snatch a dramatic win over the Wolramme. Despite the loss, Marlow impressed with a dynamic attacking performance.

    The Cradock side’s midfield pairing of Ockert du Preez (inside centre) and Dawid-Malan de Ridder (outside centre) stood out as they had two days earlier in a gritty win over Welkom Gimnasium, They set their team on the front foot whenever opportunities arose.

    That attacking momentum was fuelled by a commanding display from scrumhalf Gian Steyl, who was, arguably, the Eastern Cape outfit’s top performer on the day.

    Besides his reliable kicking, Kopp also kept Glenwood in the hunt with his sharp counterattacking play. His fast feet challenged the Marlow defenders, while up front, blindside flank Sambesiwe Ndamase was a standout, wreaking havoc at the breakdown and proving a handful for the Wolramme in open play.

    Northwood returned to winning ways with a gritty 19–12 victory over HTS Drostdy‘s Donkies. Hooker Ayavuya Makula led from the front with two tries off the back of a dominant rolling maul, which laid the platform for the five-point win.

    Flyhalf Savio Stevens made full use of the momentum created by the Knights‘ pack and orchestrated play with poise for his backline. His composed distribution and attacking intent earned him a well-deserved Player of the Match award.

    For the Donkies, unforced errors proved costly. They were the team’s Achilles’ heel. However, fullback Anwill Jacobs made his mark with a strong showing from deep.

    In the final match of the day on the B-field, the Sentraal Suid Barbarians edged out Hoërskool Nico Malan, scoring a hard-fought 14–6 win.

    In a tightly contested affair, it was the boot of openside flank Franco de Wet that proved decisive. He not only landed two difficult conversions from the touchline, but he also crossed for a crucial try.

    At the back, playmaker Jaydin Windvogel dictated proceedings with pinpoint tactical kicking, which helped the Barbarians dominate territory. Their rock-solid defence ultimately suffocated the side from Humansdorp, whose inability to crack the line sealed their fate.

    SCORERS

    Glenwood 9 (3) – Penalties: Joshua Kopp (3). Marlow Landbou 8 (3) – Try: Cole Hurter. Penalty: Dawid-Malan de Ridder.

    Northwood 19 (14) – Tries: Ayavuya Makula (2), Trevor van Vollenstee. Conversions: Savio Stevens (2). HTS Drostdy 12 (7) – Tries: Rianzo van der Westhuisen, Anwill Jacobs. Conversion: Abdul Fisher.

    Sentraal Suid Barbarians 14 (7) – Tries: Franco de Wet, Darius Job. Conversions: De Wet (2). Nico Malan 6 (6) – Penalties: Leighton Lawrence (2).

  • Last day of Absa Wildeklawer kicks off with three thumping victories

    Last day of Absa Wildeklawer kicks off with three thumping victories

    Photo: Frans Lombard/Actionpix.

    The third and final day of the 2025 Absa Wildeklawer kicked off with three emphatic victories on the B-field at Hoërskool Diamantveld, in Kimberley.

    Relive all the action on SuperSport Schools – (www.supersportschools.com) 

    The Northern Barbarians, a composite team featuring players from the Blue Bulls region, concluded their campaign with a dominant 50-0 victory over Voortrekker, from Bethlehem, securing their second win and an unbeaten record at the event.

    Right-wing Waylan Oncke crossed the whitewash three times, earning a well-deserved hattrick after a scintillating attacking performance.

    Oncke’s exploits were made possible by a commanding display from his forward pack, which was complemented by a Man of the Match performance from scrumhalf Gustav Schäffner.

    The tenacious number nine produced a well-rounded game on both sides of the ball, scoring a try and making several crunching tackles in defence.

    Another standout, fullback Reinhardt Herbst, from Die Hoërskool Menlopark, showcased his attacking flair with several scything runs through the Voortrekker defence. He also took on the kicking duties and slotted six conversions and a penalty for a personal tally of 15 points.

    In the second 1st XV match of the day, Helpmekaar Kollege routed a struggling Framesby outfit, bouncing back well from a loss to Grey College two days earlier. They flung the ball around with confidence and left the Eastern Cape side clutching at straws on defence.

    Blindside flank Zaiden Krige set a superb example, delivering a series of thunderous tackles before contributing two well-earned tries. He was ably supported by lock Diandro Botha, who also bagged a brace to further energise the men in brown.

    At the back, captain Ty Ax looked increasingly comfortable in his new role at fullback. Frequently stepping in as first receiver, he distributed the ball effectively and consistently troubled Framesby with his powerful carries.

    Hoërskool Rustenburg made a strong statement, putting together a commanding performance and dispatching Welkom Gimnasium 33-0. The North West side ran in five tries, with fullback Lorenzo Snyers proving a persistent threat in space and twice punishing the Welkom defence by crossing for a pair of tries.

    It was, however, the Rusties‘ captain and hooker Xavier Steenkamp who stole the spotlight. Leading from the front, he strengthened his case for a Leopards Craven Week selection with a high-octane performance. He was a thorn in Gimnasium’s side in broken play, causing chaos and putting the Welkom school under pressure.

    SCORERS

    Northern Barbarians 50 (24) – Tries: Waylan Oncke (3), Nathen du Plessis, Reinhardt Herbst, Gustav Scäffner. Conversions: Herbst (6). Penalty: Herbst. Voortrekker 0. 

    Helpmekaar Kollege 62 (29) – Tries: Zaiden Krige (2), Diandro Botha (2), Xander van Niekerk, Francois Tonkin, Ethan Lourens, Clinton Cloete, Wian Storm, Ty Ax. Conversions: Storm (6). Framesby 7 (0) – Try: Eden Calitz. Conversion: Miles Feltham.

    Hoërskool Rustenburg 33 (7) – Tries: Lorenzo Snyers (2), Jayden Mienie, Evan van Heerden, Xavier Steenkamp. Conversions: Ayden Willemse (2), Ricardo Enos (2). Welkom Gimnasium 0. 

  • Hope aksie op Dag 1 van Robday Bersig-fees

    Hope aksie op Dag 1 van Robday Bersig-fees

    FOTO: Marius Nortjé.

    Die eerste dag van die nuutgeborgde Robday Bergsig-rugbyfees het soos gebruiklik vir hope aksie en aanskoulike rugby gesorg.

    Herleef al die aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com) 

    Die fees het afgeskop op Werkersdag, 1 Mei, met Hoërskool Witteberg wat hard moes werk om die dag met ‘n welverdiende oorwinning van 17-11 oor Hoërskool Frikkie Meyer af te sluit.

    Dit het soos verwag ‘n fisieke stryd afgegee tussen die twee plattelandse spanne, met geen genade wat gegee of gevra is nie. Die konfrontasie voorlangs was verál vurig, met die Wittebergers wat uiteindelik die laaste sê gehad het.

    Haker, Rico van Vuuren, het oorgebars vir die span van Bethlehem se eerste drie, na ‘n puik stukkie hardloopwerk deur plaasvervangerslot, Christiaan van Niekerk, wat daarna self ook gedruk het om die sege te beklink. Losskakel, Tshepo Motloung, het altwee drieë verdoel en ook met ‘n strafdoel geslaag.

    Afrikaanse Hoër Seunskool se derde en vierde spanne, oftewel die Rooiharte en Geelkobras, het elk ook oorwinnings behaal op die eerste dag.

    Die Geel Kobras het met 32-25 oor die gasheerskool, Bergsig Akademie, se eerste span geseëvier, met regtervleuel, Bernu Kleynhans, wat fyn uitgewerkte bewegings deur die Pretorianers skitterend afgerond het vir ‘n tweekuns aan drieë. Die tuisspan se Bradley Stonehouse (senter) het deurentyd hardnekkig verdedig en ook ‘n drie, doelskop en strafdoel aangeteken.

    Die Rooiharte het vir  Hoërskool Randburg met 33-7 afgestof. Slot, Reubenne Botha en regtervleuel, Khumo Manakana, het elkeen twee keer agter die Randburgers se doellyn gaan kuier.

    Hoërskool Rob Ferreira se Bandile Zwane het die eerste driekuns behaal by vanjaar se fees in sy span se oorwinning van 28-22 oor Hoërskool Overkruin. Losskakel, Shapard Khoza, het Rob Ferreira se ander drie gedruk en geslaag met al vier doelskoppe vir ‘n swaarverdiende sege.

    Jim Fouché het vir Hoërskool Dinamika met sewe drieë teen twee oorrompel vir ‘n gemaklike sege van 43-13. Losskakel, De Wee Breyten, het die toutjies meesterlik getrek en self Dinamika se doellyn twee keer oorgesteek. Die grondslag vir die oorwinning is egter deur die pak gelê.

    Gareth Hofsta het Bergsig se naam hoog gehou met ‘n vertoning, vir die Rustenburgers se tweede span, wat lank onthou sal word. Die buitensenter het vir Hoërskool Koster gelooi met nie minder nie as vier drieë in die Hawks se sege van 48-20 in die openingswedstryd van vanjaar se feestelikheid.

    Puntemakers: 

    Witteberg 17 – Drieë: Rico van Vuuren, Christiaan van Niekerk. Doelskoppe: Tshepo Motloung (2). Strafdoel: Motloung. Hoërskool Frikkie Meyer 11 – Drie: Mare Pieterse. Strafdoele: Barnabas Nyamakupe (2).

    Affies Geel Kobras 32 – Drieë: Bernu Kleynhans (2), Lohan Bitzer, Fafa Fourie, Ruan Nagel. Doelskoppe: Conrad Botha (2). Strafdoel: Fourie. Bergrsig Eagles 25 – Drieë: Thatano Bagwase, Stephan Harmse, Carlo de Jager, Bradley Stonehouse. Doelskop: Stonehouse. Strafdoel: Stonehouse.

    Affies Rooiharte 33 – Drieë: Reubenne Botha (2), Khumo Manakana (2), Juan Venter, James Pieters, Ruan Nagel. Doelskoppe: Loje Geyser (4). Randburg 7 – Drie: Chrisjan van Niekerk. Doelskop: Jaydon Todd.

    Rob Ferreira 28 – Drieë: Bandile Zwane (3), Shapard Khoza. Doelskoppe: Khoza (4). Overkruin 22 – Drieë: V Akin (2), J Jirah. Doelskop: E Klein. Strafdoel: E Klein.

    Jim Fouché 43 – Drieë: De Wee Breyten (2), Duardt Bester, JC van Niekerk, Kay-Dinn Langley, Itumeleng Mokate, Franco Greyling. Doelskoppe: Bester (4). Dinamika 13 – Drieë: Hendrik Alberts, Keanu de Sousa. Strafdoel: Nathan Kearns.

    Bergsig Hawks 48 – Drieë: Gareth Hofsta (4), Tristan Walters (2), Jacque du Plooy, Inati Kaleni. Doelskoppe: Renaldo Prinsloo (4). Hoërskool Koster 20 – Drieë: Deewan Steyn, Eion Coetzee, Stephen Few. Doelskop: Coetzee. Strafdoel: Coetzee.

  • Erwee shines as Grey College dominates, Jeppe and Paarl Boys’ High impress

    Erwee shines as Grey College dominates, Jeppe and Paarl Boys’ High impress

    DARIUS ERWEE, flyhalf of Grey College. Photo: Frans Lombard/Actionpix.

    Grey College flyhalf Darius Erwee produced a flawless performance on a thrilling day of schoolboy rugby to bring down the curtain in style after 11 1st XV matches at the Absa Wildeklawer tournament, in Kimberley, on Thursday.

    Relive all the action on SuperSport Schools – (www.supersportschools.com)

    The giants from Bloemfontein ran rampant in the closing fixture, crossing the try-line eight times in a 56–14 dismantling of Helpmekaar.

    Erwee converted all eight Grey tries – including one of his own – as he contributed 21 points to his team’s big total.

    Not only was he accurate with the boot, but he also delivered a commanding all-round display behind a dominant Grey pack.

    The famed Grey College driving maul proved too much for Helpies and consistently forced the Johannesburg side onto the back foot. Adding to that pressure, Grey’s thunderous forwards excelled in broken play, creating opportunities across the park.

    This allowed their dynamic fullback Lamla Mgedezi and lethal left-wing Eddie Mabena ample space to showcase their attacking flair, with both capitalising on the momentum provided by the big boys up front.

    Despite entering the contest as the underdogs, Helpmekaar took on the challenge with spirit and intensity.

    A major highlight for Helpies was the performance of their captain, Ty Ax, who adapted well to the fullback role. He stood tall in defence and frequently joined the attacking line, forcing Grey to scramble on more than one occasion.

    Ax also linked up well with the speedsters out wide, especially right-wing, Xander van Niekerk, who thrived when given space and looked dangerous with the ball in hand.

    In the match that preceded the Grey College versus Helpmekaar clash, Jeppe High School for Boys hit form with a 37–24 victory over Maritzburg College. The Johannesburg outfit looked like their old, confident selves as they racked up points with clinical precision.

    Outside centre Lindelani Nkambule, as he has done throughout the season, ignited Jeppe’s backline with his electric play, which earned him the man of the match honour. Loosehead prop Joshua Hamman was one of Jeppe’s four try scorers in what was arguably his best outing of the season.

    College’s centre pairing of Olwethu Kosani and Amahle Hadebe created some exciting moments. Hadebe’s flashy footwork lit up the field, while Kosani troubled Jeppe’s defence with his hard, intelligent running lines.

    Flyhalf Nehemia Hollenbach provided consistency from the tee, slotting four conversions and three penalties, worth 17 points, to complement Jeppe’s attacking dominance.

    In the third-to-last game of the day, Paarl Boys’ High asserted their class with a 42–14 win over Hoërskool Noordheuwel.

    Loosehead prop Jordan Jooste delivered a standout performance in open play, despite not getting on the scoreboard himself. His expansive passing game, with multiple accurate 15-metre offloads, helped unlock Noordheuwel’s defence and directly contributed to the final try, scored by replacement winger Cole Moutrie, who notched a brace.

    Noordheuwel’s top performer was their fullback Tidi Moeketsane, who delivered a gutsy defensive display, dishing out several thumping tackles while showing commendable resolve at the back.

    Scorers:

    Grey College 56 (28) – Tries: Prestan Bennett, Eddie Mabena, AJ Hendriks, Darius Erwee, AJ Booysen, Alexi Tyropolis, Steven Miller, AJ Meyer. Conversions: Erwee (8). Helpmekaar College 14 (7) – Tries: Wian Strom, Eugene de Lange. Conversions: Storm, Ethan Lourens.

    Jeppe High School for Boys 37 (20) – Tries: Ayanda Funeka, Joshua Hamman, Lindelani Nkambule, Joel Akilo. Conversions: Nehemia Hollenbach (4). Penalties: Hollenbach (3). Maritzburg College 24 (7) – Tries: Olwethu Kosani, Amahle Hadebe, Ntsika Mkize. Conversions: Adam Cahill (3). Penalty: Cahill.

    Paarl Boys’ High 42 (13): Tries: Cole Moultrie (2), Francois van der Merwe, Jayden Joubert, Tommy Muller. Conversions: Iwan Jordaan (4). Penalties: Jordaan (3). Noordheuwel 14 (7): Tries: JB Blaunt, Roehan Hoogendyk, Conversions: Jeandré Uithaler (2).