SSPN Test Site

Author: froberholzer

  • Parkies, Klofies deel titel in titaniese Sportreeks-eindstryd

    Parkies, Klofies deel titel in titaniese Sportreeks-eindstryd

    Waterkloof vs Menlopark
    FOTO: Frans Lombard/Actionpix.

    Ná 70 minute van klipharde rugby was daar steeds niks te kies tussen die twee Pretoriaanse spanne in vanjaar se NWU Sportreeks-eindstryd nie.

    Herleef al die aksie regstreeks op SuperSport Schools – www.supersportschools.com

    Hoërskool Menlopark en Hoërskool Waterkloof moes Saterdag die Sportreeks-titel deel met ’n gelykopuitslag van 23–23 in die eindstryd by Hoërskool Dr EG Jansen in Boksburg.

    Klofies sluit dus vir die tweede agtereenvolgende jaar die reeks as kampioen af.

    Dit was ’n effense bitter pil vir die Parkies om te sluk, aangesien hulle vanuit die staanspoor en vir die grootste gedeelte van die eerste helfte die botoon gevoer het. Die streeptruie se Keagen Pretorius (slot) en Balden Pietersen (regtervleuel) het in ’n oogwink elkeen agter die Klofies se doellyn gaan draai vir hul span om ’n vroeë voorsprong van 10–0 op te bou.

    Waterkloof het egter meer ritme begin vind namate die kragmeting gevorder het, met haker, Ruan Jacobs, wat sy Parkie-eweknie, Declan Pelser, behoorlik die stryd aangesê het, terwyl die vuurvreter-agsteman, Marko Kok, ook besig is om sy beste spelpeil te herwin. Pelser was aan die stuur van die Parkies se gedugte dryfmaalbewegings wat die Klofies dikwels in trurat geforseer het.

    Agterlangs het Parkies se Leskin Samuels soos verwag die verdediging beproef, maar Aiden Bester, wat besig is om die Klofies se nr. 12-trui sy eie te maak, het nie teruggestaan nie en met ’n paar kragtige lopies en groot duikslae gehelp om sy span in die wedloop te hou.

    In die voorwedstryd het Hoërskool Transvalia, met losskakel, Jay-Dee Maree, wat uitgeblink het, met 21–10 geseevier oor Hoër Tegniese Skool Middelburg. Maree se balverspreiding het die ligbloues op die voorvoet gehou, ten spyte van ‘n rooi en geel kaart wat hul taak bemoeilik het in die tweede helfte.

    Die Rooi Bulle se loskopstut, Janco Botha, verdien ’n klop op die skouer vir sy uitstaande vertoning, en sy hoë werkverrigting is met ’n tweekuns aan drieë beloon.

    In die eerste wedstryd van die dag het die gasheer, Hoërskool Dr EG Jansen, danksy puik aanvallende rugby met 34–27 teen ’n vasberade Hoërskool Kempton Park koning gekraai. Die kombinasie van regtervleuel, Otlatleng Zulu, en heelagter, Deshean Pietersen, het die Kempies se verdedigers deurentyd aan die raai gehou en ook vir twee van die Jansies se vyf drieë gesorg.

    Puntemakers: 

    Waterkloof 23 (12) – Drieë: Ruan Jacobs, Gustav Mienie, Aiden Bester. Doelskop: Ronan Bastiaanse. Strafdoele: Bastiaanse (2). Menlopark 23 (15) – Drieë: Keagen Pretorius, Bladen Peterson, Reinhardt Herbst, Declan Pelser. Strafdoel: Andru Keun.

    Transvalia 21 (14) – Drieë: Wihandré Kruger, Dihan Crause, Nog Een. Doelskoppe: Jay-Dee Maree (3). HTS Middelburg 10 (5) – Drieë: Janco Botha (2).

    EG Jansen 34 (17) – Drieë: Joseph Diesel, Dian Botha, Deveraux Weideman, Otlatleng Zulu, Jaco Engelbrecht, Deshean Pietersen. Hoërskool Kempton Park 27 (10) – Drieë: Ettienne Stroebel, Louis Mouton, Strafdrie. Doelskoppe: Stiaan de Villiers (2). Strafdoele: De Villiers (2).

    Ander spanne:

    o.16: Hoërskool Middelburg 27, Ben Vorster 12; EG Jansen 33, Piet Retief 33; Menlopark 29, Waterkloof 24; Transvali 41, HTS Middelburg 19; Kempton Park 34, Nelspruit 20; Oos-Moot 38, Eldoraigne 6.

    o.15: Waterkloof 17, Menlopark 10, Transvalia 18, Nelspruit 12; Oos-Moot 45, Eldoraigne 7; EG Jansen 38, Hoërskool Middelburg 5; Ben Vorster 39, Piet Retief 21; Kempton Park 25, HTS Middelburg 18.

    o.14: Hoërskool Middelburg 24, Waterkloof 17; EG Jansen 18, Menlopark 15; Kempton Park 32, HTS Middelburg 0; Ben Vorster 26, Piet Retief 5; Nelspruit 31, Transvalia 14; Oos-Moot 22, Eldoraigne 0.

  • Magical Monnas thump Jeppe in nine-try blitz

    Magical Monnas thump Jeppe in nine-try blitz

    Photo: Theo Garrun.

    The Wit Bulle, from Hoërskool Monument, were unleashed on Saturday afternoon, dominating Jeppe High School for Boys’ on Collard Field, in Johannesburg.

    Relive all the action on SuperSport Schools – www.supersportschools.com

    The side from Krugersdorp dazzled with breathtaking running rugby, crossing the whitewash an astonishing nine times to hand the hosts a 70–24 drubbing.

    In the 2024 encounter between the sides, which Jeppe won 47-31, it was their backline that shone.

    This year, however, the tables were emphatically turned as the magical Monnas‘ backs produced their finest performance of the season.

    Inside centre Juandré Ehlers was a standout. His imposing presence was felt across the pitch. Whether he was bulldozing through defenders with powerful carries or putting in crunching tackles, his impact was undeniable.

    Yet the day truly belonged to left-wing Ruan Genis. The speedster stole the show with his explosive pace, repeatedly catching the Jeppe defenders off-guard. He was justly rewarded with a well-deserved hat-trick, scoring each try from long range and with panache.

    Fly-half Jaydon Viljoen continued to strengthen his case for the Craven Week number 10 jersey, amassing a staggering 25 points. As ever, he was clinical from the tee, slotting eight conversions and three penalties with composure and precision.

    For the home side, there was a glimmer of hope in the form of outside centre Lindelani Nkambule. Despite the heavy defeat, he remained relentless in attack and valiant in defence. He repeatedly tested the Monnas’ defence, refusing to back down, even though the Johannesburg outfit was outclassed on the day.

    At King Edward VII School (KES), Pretoria Boys High School‘s Candies staged a remarkable fightback, overturning a 0-17 deficit in the opening quarter to edge out the Reds 27–24 in a thrilling finish.

    Eighthman Akin Akingbola crashed over in the dying minutes to snatch the game from the home side. Though the Reds responded moments later with a try in the corner, it came just too late to alter the outcome.

    Ultimately, it was the boot of the Candies’ right wing, Blake Mager, that proved decisive. His three conversions and two penalties, 12 points in total – dragged the Pretoria boys over the line in a gripping encounter that went right down to the wire.

    SCORERS

    Monument 70 (32) – Tries: Ruan Genis (3), Juandré Ehlers (2), Evan Bernhardi, Ewan van der Walt, Ryno van der Westhuizen, Vince Roberts. Conversions: Jaydon Viljoen (8). Penalties: Viljoen (3). Jeppe High School for Boys 24 (12) – Tries: Ndimphiwe Mjiji, Kuhle Shitlangu, Lindelani Nkambule, Mihle Dyakala. Coversions: Nehemia Hollenbach, Nkambule.

    Pretoria Boys High School 27 (5) – Tries: Oren Abolnik, Michael Fourie, Akin Akingbola. Conversions: Blake Mager (3). Penalties: Mager (2). King Edward VII School 24 (17) – Tries: Sky Segal, Tristan Randall, C Maverick. Conversions: Indibabale Mboniswa (3). Penalty: Mboniswa.

    Other 1st XV result 

    Midstream College 22, Northcliff High School 18.

    Other teams

    u16: Monument 57, Jeppe High School for Boys 40; King Edward VII 27, Pretoria Boys High 22, Northcliff High School 17, Midstream College 12.

    u.15: Monument 17, Jeppe High School for Boys 7; King Edward VII 17, Pretoria Boys High School 10; Midstream College 7, Northcliff High School 7.

    u.14: Jeppe High School for Boys 15, Pretoria Boys High School 16, King Edward VII 7; Monument; Northcliff High School 14, Midstream College 7.

  • Frikkies vasberade om terug te keer na wenpad in Randburg

    Frikkies vasberade om terug te keer na wenpad in Randburg

    FOTO: Hoërskool Randburg op Facebook.

    Hoërskool Frikkie Meyer wil ten alle koste Saterdag weer oorwinning smaak wanneer hy na Gauteng reis vir ’n interessante kragmeting met Hoërskool Randburg.

    Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schoolswww.supersportschools.com

    Die span van Thabazimbi lek nog sy wonde ná die nederlaag van 10–17 teen Hoërskool Hans Strijdom in die eindstryd van die onlangse Mauritz Hansen-rugbyweek in Naboomspruit.

    Die besoekers is nietemin deeglik bewus daarvan dat Randburg nie summier in sy eie agterplaas geklop word nie. Die Randburgers is bekend daarvoor om na ’n hoër rat oor te skakel wanneer die tuisskare agter hulle staan en, as dié twee spanne se vertonings tot dusver vanjaar ’n maatstaf is, wag daar Saterdag ’n fisieke stryd, verál voorlangs.

    Frikkie Meyer beskik oor ’n gedugte voorry, saamgesnoer deur die stoere Boom Venter, wat tussen stutte, Lourens Pieterse en Johnny Barnard, sak. Die ywerige steelkantflank, Keanu Visser, sal oudergewoonte woel voorlangs en ook weer die besoekers aanvoer.

    Die tuisspan plaas taamlike vertroue in hul jong slot, Phillip Rykaart, asook die woelwater-agsteman, Curwin Hill, om die besoekers se fisieke aanslag te probeer neutraliseer.

    Agterlangs moet Frikkie Meyer op sy hoede wees vir giftige teenaanvalle deur die ervare heelagter, Francois Groenewald, wat verlede jaar reeds homself onderskei het as ’n sleutelspeler vir Randburg. Groenewald sal self skerp op die verdediging moet wees, aangesien die Frikkies se agterste driehoek ook groot gevaar inhou, met regtervleuel, Wian Pretorius, wat moeilik gekeer word wanneer hy op loop sit.

    Die spanne:

    Höerskool Randburg t. Hoërskool Frikkie Meyer om 12:30 in Randburg:

    Randburg: 15 Francois Groenewald, 14 Bradley Burcher, 13 Eduan Bakkes, 12 Zander Drake, 11 Josh Wigget, 10 Jayden Todd, 9 Rico Vosloo, 8 Curwin Hill, 7 Zander van Tonder, 6 Victor van Blerk, 5 Branden Peterson, 4 Phillip Rykaart, 3 Malan van Heerden, 2 Dietlov Fourie, 1 Kian Kritzinger.

    Frikkie Meyer: 15 Poppie Mphela, 14 Wian Pretorius, 13 Prince Sekoboane, 12 Mare Pieterse, 11 HW du Plessie, 10 Barnabas Nyamakupe, 9 MC Barnard, 8 Darren Pretorius, 7 Keanu Visser, 6 Stefan Mulder, 5 Herman Prinsloo, 4 Kgosi Leteane, 3 Johnny Barnard, 2 Ruben Venter, 1 Lourens Pieterse.

  • Noordvaal skop af met reuse-botsing tussen Bere en Helpies

    Noordvaal skop af met reuse-botsing tussen Bere en Helpies

    FOTO: Frans Lombard/Actionpix.

    Die groot gewag vir die Beker-afdeling in vanjaar se SDC Noordvaal Cup om aan die gang te kom is Saterdag uiteindelik verby.

    Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schoolswww.supersportschools.com

    In 2024 was dit die uiteindelike naaswenners, Hoërskool Waterkloof, en Hoërskool Nelspruit wat dié reeks in Pretoria afgeskop het. Vanjaar loods die verdedigende kampioen, Hoërskool Garsfontein, sy titelverdediging teen Helpmekaar Kollege in Johannesburg.

    Die Bere het reeds vanjaar gewys dat hulle weer ’n krag in die Noordvaal-reeks behoort te wees. Hul vertoning teen Paul Roos Gimnasium het ‘n sterk boodskap uitgestuur oor die bedreiging wat Garsies se gedugte pak voorspelers oudergewoonte inhou.

    Die Helpies beskik nietemin ook oor hope ervaring in hul voorry-geledere, wat vir ’n smaaklike stryd in die skrums kan sorg. In die loopgrawe van die konflik voorlangs, sê die tuisspan se loskopstut, Liam Devinier, vir die Bere se skrummasjien, Luan van den Berg, die stryd aan, terwyl die mededinging tussen hakers, Gustav Grotius, ook die Helpies se onderkaptein, en Justin Blom, self ‘n tamaaie konfrontasie kan afgee.

    Agterlangs het Helpmekaar se breintrust ’n interessante verandering aangebring, deur vir kaptein, Ty Ax, van buitesenter na heelagter te skuif. Dit bied aan Ax meer ruimte om venynige teenaanvalle te loods en verskerp terselftertyd die verdediging, aangesien sy lakwerk in die laaste linie van uitmuntende gehalte is.

    Verdediging kan inderdaad bepalend wees wanneer die Bere se twee snellers op vleuel, Junaide Stuart en verlede jaar se Grant Khomo-uitblinker, Yuvrah George, die krane op die punte oopdraai.

    Andreas Badenhorst neem Ax se plek in die nr. 13-trui in, met Francois Tonkin wat van heelagter na regtervleuel skuif.

    Die spanne:

    Helpmekaar Kollege t. Garsfontein om 14:30 in Johanneburg:

    Helpmekaar: 15 Ty Ax, 14 Francois Tonkin, 13 Andreas Badenhorst, 12 Ethan Lourens, 11 John-Higgs Venter, 10 Wian Storm, 9 Shaye Lourens, 8 Llewelyn Vermaak, 7 Zaiden Krige, 6 Eben van Buuren, 5 Zian Smith, 4 Eugene de Lange, 3 Dylan Engelbrecht, 2 Gustav Grotius, 1 Liam Devenier.

    Garsfontein: 15 Drewyn Baron, 14 Junaide Stuart, 13 Xian Erasmus, 12 Keagan Knighton, 11 Yuvrah George, 10 Junade Pasensie, 9 Derrick Kuhn, 8 Lourenz de Jager, 7 Stefan van der Vyver, 6 JP Pieterse, 5 Wihan Bezuidenhout, 4 JJ Fourie, 3 Luan van den Berg, 2 Justin Blom, 1 Henré Prinsloo.

  • Collard Field to host exciting Monument clash

    Collard Field to host exciting Monument clash

    Photo: Frans Lombard/Actionpix.

    It’s become a staple, a fixture that has drawn large crowds over the past few years, and Saturday promises to be no different.

    Follow all the action live on SuperSport Schoolswww.supersportschools.com

    As always, a mouth-watering clash between Jeppe High School for Boys and the Wit Bulle, from Hoërskool Monument, is set to deliver a tasty treat of schoolboy rugby.

    After claiming the bragging rights with an impressive 47–31 victory on the Ras van Rooyen, in Krugersdorp, in 2024, Jeppe will head into the rematch brimming with confidence, especially as the match takes place on their home ground, the revered Collard Field.

    However, it’s a new season and a new-look Jeppe side that features some exciting young talent. Already this season, Jeppe has been in the spotlight, especially when they scored a scintillating victory over their arch-rivals, King Edward VII School (KES).

    They’ve also shown glimpses of their dangerous potential, holding their own against Rondebosch Boys’ High, a likely top-10 side this year, and putting 31 points past Grey College, at the recent NMI Toyota North/South Tournament, in Stellenbosch.

    Considering the quality within their ranks, their success is not surprising. They’re led by the attacking flair of captain and scrumhalf, Talent Sithole. Just behind him, Nehemia Hollenbach has been doing a good job of pulling the strings at flyhalf and has consistently helped set outside centre Lindelani Nkambule on the front foot.

    The Wit Bulle haven’t had the best start to their campaign, but it’s a well-established fact that the men from Krugersdorp are never to be written off. Eager to ignite their season, the coaching staff has shuffled the midfield, with 2024’s Grant Khomo star Juandré Ehlers earning a call-up to the starting XV.

    His imposing frame offers their 2025 standout, fly-half Jaydon Viljoen, another attacking weapon, while also adding a defensive punch.

    Meanwhile, KES welcomes another traditional rival, Pretoria Boys High, to Johannesburg, on Saturday. The Reds have been plagued by injuries, which have led to several enforced changes. Captain Sam Bruwer shifts from the blindside to openside flanker, with Michael Bownes trading his lock jersey for the number 7 shirt.

    In the backline, Ntsako Shivuri slots in at inside centre to partner with the dangerous Sky Segal, while Grant Khomo wing Joshua Wilkinson brings attacking flair to the left wing.

    Although the Candies fell short against Jeppe in their season opener, they bounced back in style with a 64–16 dismantling of Parktown Boys’ High in a match that showcased not only their offensive versatility but also their defensive steel.

    Inside centre Tyler Mason will provide a stern test for Shivuri’s defence while fly-half Reinier Kruger could play a decisive role in the outcome.

    TEAMS

    Jeppe High School for Boys vs Hoërskool Monument at 14:00 in Johannesburg

    Jeppe High School for Boys: 15 Dalitso Milanzi, 14 Ndimphiwe Mjiji, 13 Lindelani Nkambule, 12 Phano Letsie, 11 Lethabo Mashao, 10 Nehemia Hollenbach, 9 Talent Sithole, 8 Mihle Dyakala, 7 Grady Ngui, 6 Kuhle Shitanglu, 5 Glodi Tshimpamba, 4 Lagan Leisher, 3 Aluwani Ndlovu, 2 Ayanda Funeka, 1 Joshua Hamman.

    Monument: 15 Ewan van der Walt, 14 Jason Joubert, 13 Viandré van Loggenberg, 12 Juandré Ehlers, 11 Ruan Genis, 10 Jaydon Viljoen, 9 Evan Bernhardi, 8 Vincent Roberts, 7 Ryno van der Westhuizen, 6 Siya Ncube, 5 Dean Hartman, 4 Janco Pretorius, 3 Danie Smith, 2 Reghardt Ernst, 1 Dexter Chiyangwa.

    King Edward VII School vs Pretoria Boys High at 13:45 in Johannesburg

    King Edward VII School: 15 Indibabale Mboniswa, 14 Christopher White, 13 Sky Segal, 12 Ntsako Shivuri, 11 Joshua Wilkinson, 10 Andrew Jackson, 9 Regan McGurk, 8 Chinedu Amadi, 7 Michael Bownes, 6 Sam Bruwer, 5 Ashton Vreugdenburg, 4 Tyron Smith, 3 Dylan Budler, 2 Tristan Randall, 1 Kenneth Prins.

    Pretoria Boys High: 15 Kwanda Mabuza, 14 Blake Mager, 13 Callum Nel, 12 Tyler Mason, 11 Neo Matlaletsa, 10 Reinier Kruger, 9 Michael Fourie, 8 Akin Akingbola, 7 Banele Mashaba, 6 Tristin Heinz, 5 Nils Pabst, 4 Queenton Mncube, 3 Shiloh Beaton, 2 Marnus Wessels, 1 Jeffrey Singo.

    11:15 – Northcliff High School vs Midstream College.

  • Middies wil bordjies teen Rhinos verhang

    Middies wil bordjies teen Rhinos verhang

    FOTO: Frans Lombard/Actionpix.

    Hoërskool Middelburg soek vroeg-vroeg ‘n tweede hap van die kersiekoek wanneer hy Saterdag in Boksburg vir die tweede keer in bietjie meer as ‘n maand teen Hoërskool Nelspruit te staan kom.

    Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    Dié twee spanne het hul onderskeie seisoene vanjaar teen mekaar geopen in Mbombela, met die Rhinos wat uiteindelik met 18-13 kon seëvier nadat hulle die tweede helfte oorheers het met 12 onbeantwoorde punte.

    Die Middies het egter daardie stryd sonder ‘n groot wapen in hul arsenaal, losskakel, Matthew Abbey, aangepak.

    Abbey is hierdie naweek terug om die nr. 10-trui oor sy kop te trek en weer die toutjies vir die span van Middelburg agterlangs te trek. Abbey is netjies op dreef en onlangs in die Oakdale Rugbyweek se Span van die Week ingesluit. Sy tweestryd met John Duncan, wat uitgeblink het vir Nellies in hul vorige wedstryd, beloof om vir heelwat vuurwerke te sorg.

    Voorlangs sal die Nellies se breier, Ryno Luus, staatmaak op steelkantflank, Vian Louw, om die invloed van Middies se woelige haker, Roux Grobler, teen te werk. Grobler is ook in die Oakdale-spogspan ingesluit, terwyl Louw uithalerspel gelewer het vir die Rhinos by die onlangse Noord/Suid-toernooi in Stellenbosch.

    Hoërskool Eldoraigne se pad raak nie makliker nie, met die Drake wat hul Sportreeks teen Hoërskool Oos-Moot afsluit. Die Oosies is bykans op volsterkte met die terugkeer van die gevaarlike Dewron Aford (losskakel) en Jeandré Venter (binnesenter), wat weer vir die beginspan uitdraf.

    Die Oosies se breier, Braam Pretorius, meen dat sy span op ‘n goeie plek is na ‘n suksesvolle toer na die Suid-Kaap, waar hulle in altwee wedstryde by die Southern Cape Sports Tour in George koning gekraai het, insluitende ‘n sege van 34-24 oor Hoërskool Trio.

    Hoërskool Ben Vorster en Hoërskool Piet Retief is vir die eerste keer vanjaar haaks. Die Pieties sal later vanjaar weer teen die Buffels te staan kom wanneer hulle in die SDC Noordvaal Cup se Skild-afdeling kragte meet.

    Die Pieties het ‘n verandering aan hul afrigtingskorps aangebring, met die bekwame Herman Schlebusch, wat verlede jaar by Ligbron Akademie betrokke was, wat as hoofafrigter oorneem.

    Die spanne:

    Hoërskool Nelspruit t. Hoërskool Middelburg om 14:00 in Boksburg:

    Hoërskool Nelspruit: 15 Jean Erasmus, 14 Jordan Pretorius, 13 Ruben Greeff, 12 Rian Botha, 11 Tinyiko Silubane, 10 John Duncan, 9 Liam Pringle, 8 Vaughn van Zyl, 7 Vian Louw, 6 Prosper Chillione, 5 André Smit, 4 Ethan Esterhuizen, 3 Gert Cloete, 2 D’Angelo Roberts, 1 Lindani Ndlela.

    Hoërskool Middelburg: 15 Buhle Mphahlaza, 14 Lesego Rakale, 13 Jaco Trutter, 12 Lungelo Maseko, 11 Siboniso Mahlangu, 10 Matthey Abbey, 9 Keabetswe Nkgadima, 8 Henco Jansen van Rensburg, 7 Wihan Jordaan, 6 CW Hanekom, 5 Zanempilo Mahlangu, 4 Jabu Mathebula, 3 Dewald du Toit, 2 Roux Grobler, 1 Carlo Joubert.

    Oos-Moot t. Eldoraigne om 13:35 in Boksburg:

    Oos-Moot: 15 Jayden Pretorius, 14 Drew Williams, 13 Royston Arendse, 12 Jeandré Venter, 11 LJ Vaughan, 10 Dewron Aford, 9 David Joubert, 8 Jaydon Botha, 7 Riyaan Wilson, 6 Clayton du Bruyn, 5 MC van Tonder, 4 Stian de Vente, 3 Jandré de Beer, 2 Thando Telelo, 1 Divan Du Preez.

    Eldoraigne: 15 Manie Buitendag, 14 Tristan Lee, 13 Hanno Jacobs, 12 Kevin Earle, 11 Hugo Theron, 10 Damian Elferink, 9 Darren Bruwer, 8 Esdee Kotze, 7 Justin Meintjies, 6 Cameron Killian, 5 MC Scheepers, 4 Juawan Pieterse, 3 Chase Wessels, 2 Jean de Villiers, 1 Wian White.

    Ben Vorster t. Hoërskool Piet Retief om 08:30 in Boksburg:

    Ben Vorster: 15 Phetogo Shubane, 14 Miguel Makhubupetsi, 13 Chifu Banda, 12 Gehan Hendriks, 11 Lethabo Sejake, 10 Shelton-Ray Primo, 9 Stiaan du Rand, 8 Tumi Ramohale, 7 Joshua van der Mescht, 6 Kobus de Beer, 5 Lourens Harmse, 4 Lesedi Motseki, 3 Randy Magabe, 2 Ruben Pohl, 1 Thabang Nkuna.

    Hoërskool Piet Retief: 15 Bubele Ngubane, 14 Spephelo Phakathi, 13 Siposethu Sibisi, 12 Gilles van der Meulen, 11 Vuyani Tshabalala, 10 Owethu Shabalala, 9 Kyle Stock, 8 Marnus Thomas, 7 Melo Xulu, 6 Harold Gevers, 5 Prince Mahlangu, 4 Abongwe Maduna, 3 Sfundo Mayisa, 2 Lethu Hlope, 1 Wayne Mitchell.

  • Parkies jag NWU Sportreeks-titel in herontmoeting met Klofies

    Parkies jag NWU Sportreeks-titel in herontmoeting met Klofies

    REINHARDT HERBST, heelagter van Die Hoërskool Menlopark, op die aanval teen HTS Drostdy by die Noord/Suid in Stellenbosch. FOTO: Frans Lombard/Actionpix.

    Dit sal soos déjà vu voel wanneer Die Hoërskool Menlopark en Hoërskool Waterkloof Saterdag in Boksburg weer in die eindstryd van die NWU Sportreeks swaarde kruis.

    Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    Dit is ‘n herhaling van verlede jaar se eindstryd toe die Klofies met 23-8 koning gekraai het.

    Soos wat die geval was in 2024, is Parkies en Klofies weer vanjaar die enigste onoorwonne spanne in die reeks. Hoërskool Kempton Park en Hoërskool Transvalia het welliswaar ook nie verloor nie, maar moes een wedstryd weens gure weer misloop.

    Na afloop van die onlangse Noord/Suid-toernooi in Stellenbosch kan die gunsteling om vanjaar die titel in te palm dalk effens anders daar uitsien. Die Parkies het ‘n uitstaande toernooi in die Wes-Kaap beleef, met goeie seges oor Hoërskool Outeniqua (34-24) en HTS Drostdy (43-29).

    Daarenteen, het die Klofies hul rieme met 0-66 styfgeloop teen Paarl Boys’ High, wat as ‘n verrasingspakkie by die toernooi ontpop het. Dié reuse nederlaag het egter die Pretorianers nie heeltemal ontspoor nie, en hulle het in ander wedstryde steeds ‘n manier gevind om te wen vanuit moeilike situasies.

    Indien die Klofies se breinstrust besluit om, soos in die laaste wedstryd in Stellenbosch, vir hul staatmaker en kaptein, Ronan Bastiaanse op losskakel te los, kan dit ‘n hewige tweestryd met die Parkies se generaal, Andru Keun, afgee.

    Keun se hoofdoel sal wees om die giftige Leskin Samuels aan sy buitekant los te laat. Dié Cravenweek-senter het vanjaar na hoogste versnelling oorgeskakel, vernaam wat sy venynige dartellopies betref.

    Agsteman, Marko Kok, se tereugkeer na die beginspan kan vir die Klofies ‘n beduidende hupstoot bied, verál in ‘n eindstryd. Kok sal egter eers verby Parkies se haker, Declan Pleser, en die res van sy pak moet kom.

    In nóg ‘n herhaling van ‘n 2024-eindstryd, pak HTS Middelburg vir Hoërskool Transvalia in die uitspeelwedstryd om die derde plek. Die vorige keer dat dié twee spanne ontmoet het, het dit ‘n titaniese stryd voorlangs afgegee, met die kragmeting in die SDC Noordvaal Cup se Plaat-afdeling eindstryd wat met 24-24 gelykop geëindig het.

    Die Rooi Bulle moet vir ‘n geruime tyd sonder staatmaker-senter en kaptein, Johnny dos Santos, klaarkom. Dos Santos bevind homself op die krukkelys na hy sy been teen die Klofies in die halfeindstryd gebreek het en word deur die ervare Anthoni Smuts in die middeveld vervang.

    Hoërskool Dr EG Jansen, die gasheer op die dag, is oorgehaal om vir sy tuisskare iets te gee om oor te glimlag. Die Jansies hoop dat ‘n sege oor Hoërskool Kempton Park ‘n keerpunt in hul seioen kan wees. Dit is geen geheim dat die Jansies vanjaar sukkel nie, maar die Arende kan nooit afgeskryf word nie.

    Die spanne:

    Die Hoërskool Menlopark t. Hoërskool Waterkloof om 16:00 in Boksburg:

    Menlopark: 15 Reihardt Herbst, 14 Bladen Peterson, 13 Leskin Samuels, 12 Dylan Stumke, 11 Juan Joubert, 10 Andru Keun, 9 Gustav Schäffner, 8 JN van Wyk, 7 Ruan Strydom, 6 Nathen du Plessis, 5 Xander Roets, 4 Keagen Pretorius, 3 Ruvan van Aardt, 2 Declan Pelser, 1 Mattheus Prinsloo.

    Waterkloof (moontlik): 15 Meyer Pretorius, 14 Jaiden Badenhorst, 13 Danré Tustin, 12 Aiden Bester, 11 Gustav Mienie, 10 Ronan Bastiaanse, 9 Zack Jordaan, 8 Marko Kok, 7 Dawid Prinsloo, 6 Divan Botha, 5 Heinrich Naudé, 4 Phillip Mans, 3 Jedri Swart, 2 Ruan Jacobs, 1 Alexander Elliott.

    HTS Middelburg t. Hoërskool Transvalia om 14:00 in Boksburg:

    HTS Middelburg: 15 CJ Muller, 14 Ruwan Graaff, 13 Jacques Greyling, 12 Anthoni Smuts, 11 Reynhard Snyders, 10 WJ Enslin, 9 Reece Botha, 8 Tiaan Besuidenhout, 7 Reghard Blake, 6 Dewan Coetzee, 5 Griffen Devenish, 4 Ethan Kock, 3 C-Jay Potgieter, 2 Hanru Terblache, 1 Janco Botha.

    Transvalia: 15 Tshepo Molakeng, 14 Dihan Crause, 13 Declan Hattingh, 12 Brandon Matthews, 11 Tumi Moloi, 10 Jay-Dee Maree, 9 Johan Smit, 8 Wynand Stoltz, 7 Daniel Kazambo, 6 Juan Bischoff, 5 Christiaan Liebenberg, 4 Kyle Maartens, 3 Damian van Heerden, 2 Wihandré Kruger, 1 Vusi Morathi.

    Hoërskool Dr EG Jansen t. Hoërskool Kempton Park om 08:30 in Boksburg:

    EG Jansen (moontlik): 15 Deshean Pietersen, 14 Liam Hector, 13 Christopher Combrink, 12 Nathan Delport, 11 Jordan van der Westhuizen, 10 Zain Ueckermann, 9 Joseph Diesel, 8 Dian Botha, 7 Jacques van Tonder, 6 Craig Lightfoot, 5 Breyton Kruger, 4 Dewet Muller, 3 Deveraux Weideman, 2 Marco Ventura, 1 Marlo van der Merwe,

    Kempton Park: 15 Ben Steyn, 14 Wian Riekert, 13 Jethro Williams, 12 Ethan Botha, 11 Ettiene Stroebel, 10 Stian de Villiers, 9 Ferdi Smit, 8 Lucca du Plooy, 7 Marko van der Walt, 6 Matthew Vermaak, 5 Ruan Mostert, 4 Louis Mouton, 3 Zander Luckay, 2 Damian Slabbert, 1 Juan Olivier.

  • Halfeindstryd-bepalings vir Prestige-reeks oorgedra na eindstryde

    Halfeindstryd-bepalings vir Prestige-reeks oorgedra na eindstryde

    Die pad vorentoe vir die uitspeelrondes van die NWU Prestige-reeks is bekend gemaak, nadat die halfeindronde van dié reeks noodgedwonge weens aanhoudende reën afgelas moes word.

    Die bestuur van die Prestige-reeks het besluit om alle wedstryde wat op Saterdag, 12 April, by die Noordwes-Universiteit se Fanie du Toit-sportgronde sou plaasvind te kanselleer weens kommer dat die baie rugby op een dag skade aan die velde kan aanrig.

    Om dié besluit verder te bemoeilik is die velde van Potchefstroom Gimnasium en Potchefstroom Volkskool ook buite perke.

    Verskeie opsies om by die oorspronklike bepalings te hou is oorweeg, onder andere die moontlikheid om die wedstryde na ander velde of self ander provinsies te skuif, asook die opskiet van ‘n muntstuk.

    Die uitdagings om die wedstryde te skuif was uiteindelik egter net té groot.

    “Weens die laat stadium en logistieke uitdagings, finansiële implikasies, Departementele toestemming en akademiese tyd wat verlore kan gaan was dié opsies nie prakties uitvoerbaar nie,” het Fielies Coetzee, voorsitter van die Prestige-reeks, in ‘n verklaring aan die betrokke skole gesê.

    “Ten spyte van die bogenoemde pogings, moes ons egter by ‘n finale besluit kom. Die finale besluit is as volg:

    “Die halfeindstryd-bepalings word oorgedra na die eindstryde wat op 26 April sou plaasvind. Die wenners vir posisie 1-4, 5-8, 9-12 en 13-15 sal die hoogste posisie deel. Twee skole sal gesamentlik die eerste plek beklee, twee skole gesamentlik die derde plek, ensovoorts tot by die 15de plek. Sodoende kan ons by ‘n regverdige en werkbare uitslag kom.”

    Die bepalings vir netbal, hokkie en ander kleiner sportsoorte wat vir die naweek geskeduleer is sal soos beplan voortgaan. Alle uitslae, insluitende dié van hierdie sporte, sal bygetel word om die uiteindelike punte op te stel en algehele wenners aan te wys soos in die verlede.

    Hierdie besluit beteken uiteindelik dat vier spanne, naamlik, Hoërskool Wesvalia, Hoërskool Marais Viljoen, Potchefstroom Volkskool en Hoërskool Zwartkop steeds ‘n kans staan om die eerste silwerware van die jaar in te palm.

  • NWU Prestige-reeks geskaapvang deur reën

    NWU Prestige-reeks geskaapvang deur reën

    Die halfeindronde van die NWU Prestige-reeks is Woensdag, 9 April, amptelik afgelas.

    Dié besluit is uiteindelik deur die reeks se bestuur geneem nadat hewige reënbuie vir die soveelste keer die afgelope paar weke oor Potchefstroom uitgesak het.

    Die rugbyaksie was geskeduleer om Saterdag, 12 April, op die Noordwes-Universiteit se Fanie du Toit-sportgronde plaas te vind.

    Die swaar reën, wat ook die sportgronde van sowel Potchefstroom Gimnasium as Potchefstroom Volkskool buite perke geplaas het, het, op kort kennisgewing, geen ander uitweg vir die bestuur gelaat nie.

    “Hiermee wil ons u in kennis stel dat die rugbywedstryde wat vir hierdie komende Saterdag geskeduleer was, amptelik gekanselleer is,” luid die amptelike verklaring.

    “’n Formele kommunikasie sal ook aan die betrokke skole gestuur word om hierdie besluit te bevestig. Ons verseker u dat die pad vorentoe duidelik en betyds aan alle skole gekommunikeer sal word, sodat verdere beplanning in ooreenstemming gedoen kan word.”

    Die gevaarlike Hoërskool Zwartkop van Centurion sou in die eerste halfeindstryd met die krag van Alberton, Hoërskool Marais Viljoen, swaarde gekruis het. In die hoofwedstryd van die dag, sou Potchefstroom Volkskool vir die naaswenners van verlede jaar se reeks, Hoërskool Wesvalia, die stryd aangesê het.

    Verdere inligting rakende die toekomstige bepalings van die Prestige-reeks sal gedeel word sodra verdere inligting ontvang word.

  • Vier Hansies in Hansieweek-toerspan

    Vier Hansies in Hansieweek-toerspan

    FOTO: Marius Nortjé.

    Saterdag was ‘n geskiedkundige dag vir Hoërskool Hans Strijdom, wat vir die eerste keer in 19-jaar, as gasheer, die Mauritz Hansen Rugbyweek kon wen. Dié sege het ‘n selfs soeter nasmaak vir agtsteman, Kian du Plessis, en die veelsydige voorryman, Willie Vermaak.

    Herleef al die Hansieweek aksie op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    Albei dié Hansies het die Hansieweek se span van die week gehaal vir hul uitstaande vertonings oor die drie dae se rugbyaksie. Du Plessis is boonop as speler van die toernooi aangewys.

    Loskopstut, Alwyn Geyser, en kaptein en oopkantflank, Janneman Benson, is ook ingesluit in die toergroep van 25 spelers, om ‘n impak vanaf die plaasvervangerbank te maak. Dit beteken dat die “Leeus van die Noorde” die meeste verteenwoordigers (4) in die Hansieweek-span het.

    Die naaswenners, Hoërskool Frikkie Meyer, pronk self met drie lede in die toergroep. Heelagter, HP van Heerden, ‘n angel op die aanval met sy giftige dartellopies, word vergesel deur die woelwaterflank, Keanu Visser, en loskopstut, Herman Prinsloo, wie se kragtige skrumwerk tot sy insluiting in die span gelei het.

    Arné Marais, Hoërskool Hugenote van Springs se ramkat-flank, is in die nr. 6-trui aangewys, terwyl nóg twee Hugies, Luan Smit en Dylan Nel, ook die toerspan gehaal het. Marais se teenwoordigheid, vernaam op verdediging, sal die lewe vir Nortchliff High School se uithaler-losskakel, Matthew Hunt, aansienlik makliker maak.

    Hunt is een van twee Northcliff-verteenwoordigers in die span, met slot, Declan Diesel, wat die vuur voorlangs kan aansteek met sy fisiekheid en hoë werkverrigting. Senter, Ashwin Cox, wat verlede jaar WP se Akademieweekspan gehaal het, en die staatmaker-flank, Steven Steyl, dra die vaandel vir Hoërskool Belville.

    Die toerspan:

    15 HP van Heerden (Frikkie Meyer), 14 Riaan Schoeman (Hoërskool Brits), 13 Louhan Noeth (Kalahari), 12 Ashwin Cox (Hoërskool Bellville), 11 Vuyani Tshabalala (Hoërskool Piet Retief), 10 Matthew Hunt (Northcliff), 9 Jayden Mostert (Hoërskool Alberton), 8 Kian du Plessis (Hans Strijdom), 7 Keanu Visser (Frikkie Meyer), 6 Arné Marais (Hugenote), 5 Herman du Preez (Hoërskool Alberton), 4 Declan Diesel (Northcliff), 3 Jaydon Taljaard (Frans du Toit), 2 Abriano de Vries (Kalahari), 1 Willie Vermaak (Hans Strijdom). Plaasvervangers: 16 Luan Smit (Hugenote), 17 Herman Prinsloo (Frikkie Meyer), 18 Alwyn Geyser (Hans Strijdom), 19 Steven Steyl (Hoërskool Belville), 20 Janneman Benson (Hans Strijdom), 21 Jaden Kleyn (Jeugland), 22 Kyle Stock (Hoërskool Piet Retief), 23 SW van Heerden (Kalahari), 24 J Noeth (Kalahari), 25 Dylan Nel (Hugenote).