SSPN Test Site

Author: froberholzer

  • Hansieweek-eindstryd ’n Limpopo affêre

    Hansieweek-eindstryd ’n Limpopo affêre

    FOTO: Marius Nortjé.

    Dit gaan ‘n Limpopo affêre afgee wanneer die eindstryd van die 31ste Mauritz Hansen Rugbyweek Saterdagmiddag in Naboomspruit plaasvind.

    Volg al die aksie regstreeks op Supersport Schools(www.supersportschools.com)

    Die tuisspan, Hoërskool Hans Strijdom, bevind hom vir ‘n tweede agtereenvolgende jaar in die eindstryd, danksy ‘n naelskraapse sege Woensdag van 17-16 oor Hoërskool Kalahari.

    Die Hansies het verlede jaar met 10-26 teen ‘n sterk Hoërskool Hugenote-span, van Springs, in die eindstryd vasgeval.

    Vanjaar se eindstryd bied ‘n nuwe uitdaging vir die gasheerspan in die vorm van Hoërskool Frikkie Meyer van Thabazimbi. Die Frikkies moes self spook om ‘n begeesterde span van Northcliff High School te tem, maar het uiteindelik met 15-14 die pyp gerook.

    Saterdag se stryd tussen die twee spanne van Limpopo beloof om soos gebruiklik uiters fisiek te wees, vernaam onder die groot manne voorlangs in die nat toestande.

    Juis daarom het die Leeus van die Noorde se afrigtingspan ‘n taktiese skuif in die pak aangebring, met staatmaker-slot, Ruvan Kruger, wat ingespan word om die lewe vir die Frikkies voorlangs moeilik te maak. Kruger vervang vir Paul de Beer, wat na die plaasvervangerbank skuif.

    Die Frikkies sal heelwat staatmaak op steelkantflank, Keanu Visser, wat in die span van Thabazimbi se vorige twee wedstryde uitgeblink het met sy hoë werkverrigting en fisieke teenwoordigheid.

    Die voorwedstryd tussen Hoërskool Kalahari van Kuruman en Nortcliff High School behoort ook vir vuurwerke te sorg. Die span van Randburg se losskakel, Matthew Hunt, sal fyn dopgehou moet word, aangesien hy verantwoordelik was vir bykans ál sy span se punte in hul vorige twee wedstryde.

    Kalahari sal op agsteman, SW van Heerden, se knoppie druk om die nodige vuur voorlangs te verskaf en vir Northcliff onder druk te plaas. Van Heerden het tydens verlede jaar se Hansieweek op binnesenter uitgedraf, wat sy veelsydigheid, wat betref brute kragspel en ondernemende hardlooprugby, uitlig.

    Hoërskool Marais Viljoen se o.16-span, wat deur die vermaarde Hans Coetzee afgerig word, kom in hul eindstryd te staan teen Hoërskool Hugenote van Springs. In die o.15-eindstryd wag ‘n opwindende kragmeting tussen Hoërskool Brandwag en Kalahari, terwyl die skool van Kuruman se o.14’s ook in die eindstryd van hul ouderdomsgroep met Hoërskool Frikkie Meyer swaarde kruis.

    Uitslae – Dag 2: Eerste spanne:

    Hans Strijdom 17 (10), Hoërskool Kalahari 16 (6).
    Frikkie Meyer 15 (7), Northcliff High School 14 (8).
    Hugenote (Springs) 24 (5), Hoërskool Alberton 8 (3).
    Hoërskool Belville 22 (15), Hoërskool Brits 3 (3).
    Jeugland 24 (19), Hoërskool Piet Retief 22 (10).
    HTS Middelburg XV 29 (12), Frans du Toit 7 (7).
    Hoërskool Fochville 15 (0), Empangeni 10 (3).

    Bepalings – Dag 3:

    07:00 – Empangeni t. Brits
    08:00 – Hoërskool Belville t. Jeugland
    09:00 – Hoërskool Frikkie Meyer t. Hoërskool Kalahari – (o.14).
    10:00 – Hoërskool Brandwag t. Hoërskool Kalahari – (o.15).
    11:00 – Hoërskool Marais Viljoen t. Hugenote (Springs) – (o.16).
    12:00 – Hoërskool Zwartkop t. Hans Strijdom – (Tweede spanne)
    13:00 – HTS Middelburg t. Hugenote (Springs)
    14:00 – Hoërskool Fochville t. Hoërskool Alberton
    15:00 – Hoërskool Kalahari t. Northcliff High School
    16:00 – Hans Strijdom t. Frikkie Meyer

  • Verdedigende kampioen byt in die stof op Dag 1 van Hansieweek

    Verdedigende kampioen byt in die stof op Dag 1 van Hansieweek

    FOTO: Marius Nortjé.

    Die 31ste Mauritz Hansen Rugbyweek het op seëvierende wyse afgeskop vir die gasheerskool, Hoërskool Hans Strijdom.

    Herleef al die aksie regstreeks op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    Die Leeus van die Noorde het die bordjies na verlede jaar se eindstryd verhang in hul openingswedstryd deur die verdedigende kampioen, Hoërskool Hugenote van Springs, met 17-10 die loef af te steek.

    Die Hansies se oopkantflank, Heigers Ferreira en loskopstut, Alwyn Geyser, het die vuur onder die tuisspan se pak aangesteek en is met ‘n drie elk beloon in die tweede helfte. Dit het aan die tuisspan die voortou besorg, nadat die Hugies met die omdraaislag met 10-5 voorgeloop het.

    Agterlangs het losskakel, Jayden Enslin, die agterlyn met netjiese visie en balverspreiding op die voorvoet geplaas.

    Hoewel ‘n bitter pil vir die Hugies om te sluk, was daar nietemin positiewes om uit die wedstryd te neem. Slot, Paul de Beer, het beïndruk met sy fisieke teenwoordigheid in die stryd voorlangs en het moedig probeer om sy span op die voorvoet te kry met ‘n paar kragtige lopies.

    Northcliff High School het vir die grootste opskudding van die dag gesorg. Die span van Randburg het vir Hoërskool Jeugland, wat as ‘n aansienlik groter hond geag word, met 17-12 geskok.

    Indien Northcliff kan voortbou op dié aanskoulike rugby, met puik interaksie tussen voor- en agterspelers, hou hy vir seker ‘n bedreiging in vir toekomstige teenstanders. Matthew Hunt was die Randburgers se groot uitblinker met ‘n bydrae van 12 punte, wat een van sy span se twee drieë ingesluit het.

    Hoërskool Frikkie Meyer het ratte verwissel in die tweede helfte om vir die besoekers uit die Wes-Kaap, Hoërskool Belville, met 17-7 af te stof. Die Frikkies, bekend vir hul groot en fisieke voorspelers, se indukwekkende agttal het inderdaad sy stempel afgedruk, met steelkantfalnk, Keanu Visser, wat van voor gelei het met ‘n woelige vertoning op sowel die aanval as verdediging.

    Vir die Kapenaars het agsteman, Corné Smit, uithalerspel gelewer met die bal in hand en was ook ‘n doring op verdediging.

    Hoërskool Alberton se steelkantflank, Luke Joubert, het twee keer oor die doellyn geduik in sy span se naelskraapse sege van 19-17 oor Hoërskool Piet Retief, wat vanjaar opskuif na die SDC Noordvaal Cup se Skild-afdeling. Ál 19 die Allies se punte is ná rustyd aangeteken.

    Puntemakers: 

    Hans Strijdom 17 (5) – Drieë: De Wet Pretorius, Braydon Farrow, Arné Marais. Doelskop: Dylan Nel. Hugenote (Springs) 10 (10) – Drie: Paul de Beer. Doelskop: Jayden Enslin. Strafdoel: Enslin.

    Hoërskool Frikkie Meyer 17 (7) – Drieë: Feanna Minaae, Keanu Visser. Doelskop: Barnabas Nyamakupe. Strafdoel: MS Kloppers. Hoërskool Belville 7 (0) – Drie: Corné Smit. Doelskop: Ashwin Cox.

    Northcliff 17 (7) – Drieë: Mardoche Katanga, Matthew Hunt. Doelskoppe: Hunt (2). Strafdoel: Hunt. Jeugland 12 (5) – Drieë: Beya Mujani (2). Doelskop: Ling Agbanzo.

    Hoërskool Alberton 19 (0) – Drieë: Luke Joubert (2), Kay-C Nel. Doelskoppe: Jayden Mostert (0). Hoërskool Piet Retief 17 (7).

    Hoërskool Kalahari 29 (17) – Drieë: Boitshepo Essau, Cornelius Ollewagen, SW van Heerden, Jandro Nienaber. Doelskoppe: André Venter. Strafdoel: Venter. Hoërskool Brits 0.

    Hoërskool Frans du Toit 48 (17) – Drieë: Kenny Moreku (2), Shaun Mmola, Lawrence Masulungani, Darren Ceko, Jayden Taljard, Dennis Fabiano, Dhean Peach. Doelskoppe: Peach (4). Empangeni 0.

    HTS Middelburg 26 (14) – Drieë: Alexander Lombard (2), Fourie Joubert, Theo Hermann. Doelskoppe: Joubert (3). Hoërskool Fochville 5 (0) – Drie: Pieter Botha.

  • Steenkamp caps off North/South Tournament with a hat-trick

    Steenkamp caps off North/South Tournament with a hat-trick

    Photo: Frans Lombard/Actionpix.

    Jordan Steenkamp ran in the 12th hat trick in the final match of the 2025 NMI Toyota North/South Tournament as the hosts, Paul Roos Gimnasium, held on for a 26-19 victory over Hoërskool Noordheuwel, in Stellenbosch, on Tuesday evening.

    Relive all the action on SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    Steenkamp, displaying pace and power out on the left wing, punished the Norrie Blues with his strong and determined runs. His ability to turn nothing into something was one of the highlights of the last match after four days of scintillating action.

    His colleague on the opposite wing, big Tiaan Basson, sparkled on the attack, but especially on defence, putting in some massive hits.

    Paul Roos’s winning effort, though, was powered by their impressive loose forwards. Gert Kemp, one of the front runners for the Western Province number eight jersey, led the way as the trio caught the eye with their outstanding work rate in all facets of the game.

    A red card left the Maroon Machine a man short in the dying moments of the match, and that enabled the Blues to further capitalise on the momentum they had picked up in the second half. Noordheuwel’s hooker, Clinton Agu, was the standout player in their pack and set the tone with his physical runs.

    Flyhalf Jeandré Uithaler continues to go from strength to strength, although he seemed slightly off his energetic best after a taxing showdown against Grey College on Saturday.

    That same Grey College side put their demons to bed in the rematch of a 2024 North/South game against Jeppe High School for Boys. In 2024, Johannesburg school won 22-19, but the Bloemfontein boys romped to a 64-31 victory on Tuesday night with a sharp exhibition of clinical, running rugby.

    Grey captain, Xander Smit, led from the front, with the flank’s excellent support play bringing him three tries in a true captain’s performance. In the backline, fullback Lamla Mgedezi was at his elusive best and caused Jeppe all kinds of problems.

    Jeppe must be commended, though. Although Grey College controlled the game, Talent Sithole and his men never gave an inch and kept taking it to the Bloemfontein powerhouse. They were rewarded with the last try of the contest, their fifth, scored by their fleet-footed centre Lindelani Nkambule, who dotted down twice for the Zebras.

    SCORERS

    Paul Roos Gimnasium 26 (19) – Tries: Jordan Steenkamp (3), Tiaan Basson. Conversions: Travis Pheiffer (3). Noordheuwel 19 (0) – Tries: Clinton Agu, Raheem Schiefer, Stefan Bezuidenhout. Conversions: Jeandré Uithaler (2).

    Grey College 64 (33) – Tries: Xander Smit (3), Tian Fourie (2), Penalty Try, Sherwin Buys, JG Badenhorst, Siyabonga Kenny, Eddie Mabena. Conversions: Jan-Hendrik van der Linden (5), Darius Erwee (2). Jeppe High School for Boys 31 (10) – Tries: Lindelani Nkambule (2), Kuhle Shitlangu, Phano Letsie, Talent Sithole. Conversions: Nehemia Hollenbach (3).

  • Rondebosch and Diamantveld rule the roost with attacking rugby

    Rondebosch and Diamantveld rule the roost with attacking rugby

    Photo: Frans Lombard/Actionpix.

    Josh Neill and his Rondebosch Boys’ High side capped off an unbeaten NMI Toyota North/South Tournament with a convincing 47-12 victory over the Rhinos from Hoërskool Nelspruit on Tuesday, in Stellenbosch.

    Relive all the action on SuperSport Schools (www.supersportschools.com)

    The ‘Bosch attack was at its sparkling best and they ran in seven tries. Inside centre Matthew Gaplin proved to be the biggest thorn in the Nellies‘ side, diving over for a double, which was a well-deserved reward for a solid outing.

    Alongside him, the big outside centre, Randall-John Davids, imposed himself with another display of abrasive, physical runs in the midfield.

    The lanky Neill enjoyed another captain’s outing with his dangerous runs. His ability to read the play and stay three steps ahead of the game makes him a special player and that puts him in the lead in the race for this year’s seven jersey in the South African Schools side.

    Speedy left-wing Tinyiko Silubane impressed for the side from the lowveld with his ability to challenge the Rondebosch defence. Silubane, who played for the Pumas’ Craven Week side last year, utilised his experience under pressure to beat his opposite number on a couple of occasions and also scored one of Nelspruit’s two tries.

    Hoërskool Diamantveld‘s Diamonds also produced a scintillating offensive performance to more than double up Hoërskool Framesby, from Gqeberha, running away to a 59-29 victory.

    The Kimberley school’s vice-captain and lock, Zuan Rautenbach, took it to the Framesby pack with his storming runs and came away with two tries. He found strong support from tighthead prop, Dian Ellis, who also produced an energetic showing, which brought him two five-pointers, as well.

    Flyhalf Ezlin Swartz orchestrated play masterfully for the Diamonds to put his team on the front foot. Along with his fine performance in general play, he slotted six conversions, too.

    His opposite number, Jaiden Brewis, tried valiantly to keep Framesby in the game. He, also, dotted down twice and was Framesby’s best player on the day.

    SCORERS

    Rondebosch Boys’ High 47 (21) – Tries: Matthew Galpin (2), David Kadima, Randall-John Davids, Alutha Wesi, Shellvon Mabooi, Connor Arbuthnot. Conversions: Harry Soboil (5), Sebastian Boshoff. Hoërskool Nelspruit 12 (5) – Tries: Gert Cloete, Tinyiko Silubane. Conversion: Laim Pringle.

    Diamantveld 59 (40) – Tries: Dian Ellis (2), Zuan Rautenbach (2), Ruben van der Linde, Jonathan Harding, Penalty Try. Conversions: Ezlin Swartz (6). Framesby 29 (12) – Tries: Jaiden Brewis (2), Jaco George, Luke Didloft, Rynhardt Brown. Conversions: Jaiden Brewis, Mondré van Heerden.

  • Results – NMI Toyota Noord/Suid – Day 4

    Results – NMI Toyota Noord/Suid – Day 4

    Photo: Frans Lombard/Actionpix

    Scorers:

    Paul Roos Gimnasium 26 (19) – Tries: Jordan Steenkamp (3), Tiaan Basson. Conversions: Travis Pheiffer (3). Noordheuwel 19 (0) – Tries: Clinton Agu, Raheem Schiefer, Stefan Bezuidenhout. Conversions: Jeandré Uithaler (2).

    Grey College 64 (33) – Tries: Xander Smit (3), Tian Fourie (2), Penalty Try, Sherwin Buys, JG Badenhorst, Siyabonga Kenny, Eddie Mabena. Conversions: Jan-Hendrik van der Linden (4), Darius Erwee (2). Jeppe High School for Boys 31 (10) – Tries: Kuhle Shitlangu, Phano Letsie, Lindelani Nkambule, Talent Sithole. Conversions: Nehemia Hollenbach (3).

    Oakdale Landbou 40 (26) – Tries: Rico Ferreira, Anrich Scheffer, Jannes Snyman, Liam Lightly, Christiaan Vorster, Lee-Winn Pretorius. Conversions: CT Vosloo (5). Helpmekaar Kollege 21 (14) – Tries: Gustav Grotius (2), Eugene de Lange. Conversions: Wian Storm (3).

    Garsfontein 25 (3) – Tries: JP Pieterse, JJ Fourie, Levi Jordaan, Morné Coetzer. Conversions: Josh Gouws. Penalty: Gouws. Stellenberg 18 (13) – Tries: Ethan van Biljon, Daniel Steffen. Conversion: Van Biljon. Penalty: Van Biljon.

    Rondebosch Boys’ High 47 (21) – Tries: Matthew Galpin (2), David Kadima, Randall John-Davids, Alutha Wesi, Shellvan Mabooi, Connor Arbuthnot. Conversions: Harry Soboil (5), Sebastian Boshoff. Hoërskool Nelspruit 12 (5) – Tries: Gert Cloete, Tinyiko Silubane. Conversion: Laim Pringle.

    Diamantveld 59 (40) – Tries: Dian Ellis (2), Zuan Rautenbach (2), Ruben van der Linde, Jonathan Harding, Penalty Try. Conversions: Ezlin Swartz (6). Framesby 29 (12) – Tries: Jaiden Brewis (2), Jaco George, Luke Didloft, Rynhardt Brown. Conversions: Jaiden Brewis, Mondré van Heerden.

    Voortrekker 53 (24) – Tries: Wessel Hattingh (2), AJ Myburgh, Maropa Lepondo, Jayden de Jesus, Karabo Relntloane, Wian Müller, Siya Mdobo. Conversions: Nolen du Plooy (6). Duineveld 19 (14) – Tries: Francois Nel (2), Erik van Brederode. Conversions: PJ Smit (2).

    Nico Malan 15 (15) – Tries: Pietman Kleynhans, Tequane Koopman. Conversion: Liam Bekker. Penalty: Bekker. Hoërskool Rustenburg 15 (0) – Tries: Lorenzo Snyer, Waide Davey. Conversion: Davey. Penalty: Davey.

    Brackenfell 38 (24) – Tries: Ethan Carr, Siraaj Cook, Yibonge Malote, Kamva Simama, Wade Fortuin. Conversions: Junior Louw (5). Penalty: Louw. Marais Viljoen 12 (12) – Tries: Kabelo Tlhoaele, Jonathan Morkel. Conversion: Raynhardt Kruger.

  • Verdediging hak die knoop deur vir Boishaai

    Verdediging hak die knoop deur vir Boishaai

    FOTO: Frans Lombard/Actionpix.

    In ‘n kragmeting waar verdediging die verskil tussen wen en verloor sou beteken, het Hoër Jongenskool Paarl die septer geswaai en sy kanse die beste aangegryp.

    Herleef al die aksie op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    Die span van Paarl het uiteindelik, na ‘n tweede drie in die doodsnikke deur kookwater-slot, Jayden Joubert, met 25-17 oor Afrikaanse Hoër Seunskool geseëvier by vanjaar se NMI Toyota Noord/Suid-toernooi.

    Dié kragmeting het ‘n skermutseling afgegee waarin die skote behoorlik geklap het, en dat daar Dinsdagoggend ‘n paar seer lywe sal wees, is gewis. Dit was vernaam voorlangs waar die loopgraaf-oorlogvoering op sy felste gewoed het.

    Die Wit Bulle se oopkantflank, Luhan Potgieter, het ‘n reuse wedstryd gespeel, met verál sy klipharde werk op die verdediging en by die afbreekpunte wat goud werd was vir sy span. Hy was, saam met agsteman, Stephan McDonald, ook ‘n doring op die aanval.

    Boishaai se taktiese skopwerk was egter van hoogstaande gehalte en het dikwels die span van Pretoria se agterste driehoek uit posisie betrap. Dit het beduidende druk op Affies geplaas.

    Skrumskakel, Liam de Villiers, wat as speler van die wedstryd aangewys is vir sy flink diens en akkurate boksskoppe, het die druk afgehaal van losskakel, Francois van der Merwe, wat hom in staat gestel het om die Wit Bulle ook met giftige steekskoppies te looi.

    Paarl Gimnasium se staatmaker-senter, Markus Muller, het sy tweede driekuns aan drieë by vanjaar se Noord/Suid-toernooi aangeteken in sy span ‘n wegholsege van 66-16 oor Hoërskool Monument. Die Paarl Gimmies het in die tweede helfte na hoogste versnelling oorgeskakel om ‘n allemintige 49 punte aan te teken.

    Voorlangs het haker, Charles Whitehead, en slot, Migael Turner, vir die Wit Bulle van Krugersdorp geroer en elk ‘n tweekuns aan drieë behaal.

    Die Monumentare het effense sukses behaal met ‘n paar hangskoppe in Stellenbosch se skemerlig, met loskakel, Anthony Viljoen, wat een van sy span se weinige uitblinkers was, terwyl skrumskakel, Evan Bernhardi, moedige diens gelewer het agter ‘n pak in trurat.

    Puntemakers: 

    Hoër Jongenskool Paarl 25 (15) – Drieë: Jayden Joubert (2), Caleb Holmes. Doelskoppe: Iwan Jordaan (2). Strafdoele: Jordaan (2). Affies 17 (7) – Drieë: Stephan McDonald, Fourie Roberts. Doelskoppe: Ruben Groenewald (2). Strafdoel: Groenwald.

    Paarl Gimnasium 66 (17) – Drieë: Markus Muller (3), Charles Whitehead (2), Migael Turner (2), Hendré van Zyl, Dawid Badenhorst. Doelskoppe: Divan Pieters (8). Monument 16 (6) – Drieë: Ewan van der Walt. Doelskop: Anthony Viljoen. Strafdoele: Viljoen (3).

  • Parkies, Durbies sluit Noord/Suid onoorwonne af

    Parkies, Durbies sluit Noord/Suid onoorwonne af

    Reinhardt Herbst, heelagter van Die Hoërskool Menlopark se eerste span, teister HTS Drostdy met een van sy dodelike dartellopies. Foto: Frans Lombard/Actionpix.

    Dit is die eerste keer sedert 2018 dat Die Hoërskool Menlopark daarin kon slaag om die NMI Toyota Noord/Suid-toernooi suksesvol met twee seges af te sluit.

    Herleef al die aksie regstreeks op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    Die Parkies het in hul tweede wedstryd, op die oggend van die derde dag, vir Hoër Tegniese Skool Drostdy met 43-29 verslaan.

    ‘n Dominante vertoning deur die voorspelers het die grondslag vir die agterlyn gelê om die die Donkies te laat les opsê. Buitesenter, Leskin Samuels, was weereens ‘n uitblinker in die middeveld en het die span van Worcester deurgaans aan die raai gehou met sy venynige voetwerk.

    Dit was egter heelagter, Reinhardt Herbst, wat die kollig gesteel het. Alhoewel Herbst self nie op die telkaart kon kom nie, was hy die argitek van die Parkies se aanvalstruktuur agterlangs. Hy het gereeld aansluiting gevind by die agterlyn en met sy flink verspreiding die span van Pretoria deurentyd op die voorvoet geplaas.

    Die Donkies se heelagter, Pirlo Baron, het self by ‘n paar geleenthede die Parkies se verdediging laat bontstaan met skerp aanvalshoeke wanneer hy by sy agterlyn aangesluit het, terwyl binnesenter, Jacques de Klerk, ook uitgeblink het met sy kragspel in die middeveld wat aan hom ‘n tweekuns aan drieë besorg het.

    Hoërskool Durbanville het ook die toernooi onoorwonne afgesluit deur ‘n sukkelende Hoërskool Dr EG Jansen met 34-16 af te stof vir sy tweede sege, vir die eerste keer sedert 2021. Die Durbies het Vrydag reeds beïndruk met ‘n puik sege oor Hoërskool Monument.

    Die stryd was ongetwyfeld voorlangs gewen, met ál ses die Durbies se drieë wat deur lede van hul imponerende agttal gedruk is.

    Die Jansies se haker en kaptein, Marco Ventura, en oopkantflank, Craig Lightfoot, het moedig probeer om die lewe vir Durbanville moeilik te maak by die afbreekpunte, en dit ook soms reggekry. Dit Durbie-oormag was egter uiteindelik net té groot.

    Puntemakers:

    Menlopark 43 (19) – Drieë: Leskin Samuels (2), Juan Joubert (2), Declan Pelser, Ruan Strydom, Bladen Petersen. Doelskoppe: Andru Keun (4). HTS Drostdy 29 (19) – Drieë: Jacques de Klerk (2), Adrian Vergotine, Anwill Prins, Eugene Walker. Doelskoppe: Jano van Deventer (2).

    Hoërskool Durbanville 34 (24) – Drieë: Tiaan Kearns (2), Adriaan Freemantle, Ruan Vosloo, Liam Lambert, Ruan van Wyk. Doelskoppe: Kyle Albertus (2). EG Jansen 16 (5) – Drieë: Marco Ventura, Craig Lightfoot. Strafdoele: Zain Ueckermann (2).

  • Results – NMI Toyota Noord/Suid – Day 3

    Results – NMI Toyota Noord/Suid – Day 3

    Photo: Frans Lombard/Actionpix.

    Scorers:

    Paarl Boys’ High 25 (15) – Tries: Jayden Joubert (2), Calbe Holmes. Conversions: Iwan Jordaan (2). Penalties: Jordaan (2). Affies 17 (7) – Tries: Stephan McDonald, Fourie Roberts. Conversions: Ruben Groenewald (2). Penalty: Groenwald.

    Paarl Gimnasium 66 (17) – Tries: Markus Muller (3), Charles Whitehead (2), Migael Turner (2), Hendré van Zyl, Dawid Badenhorst. Conversions: Divan Pieters (8). Monument 16 (6) – Tries: Ewan van der Walt. Conversion: Anthony Viljoen. Strafdoele: Viljoen (3).

    SACS 27 (10) – Tries: Qiraan Hermanus, Quewinn Lacjay, Siphe Mbungendlu. Conversions: Nathan Potgieter (2), Michael Skeeles. Penalties: Skeeles, Potgieter. King Edward VII 5 (5) – Try: Regan McGurk.

    Boland Landbou 46 (12) – Tries: Jayden Brits (2), Gerhard van Bo, Jason Ocks, Juan Visagie, Henry Rudder, Jadon Ocks. Conversions: Brits (6). Penalty: Brits. Waterkloof 37 (20) – Tries: Ruan Jacobs (4), Jaiden Badenhost. Conversions: Ronan Bastiaanse (2). Penalty: Bastiaanse.

    Hoërskool Durbanville 34 (24) – Tries: Tiaan Kearns (2), Adriaan Freemantle, Ruan Vosloo, Liam Lambert, Ruan van Wyk. Conversions: Kyle Albertus (2). EG Jansen 16 (5) – Tries: Marco Ventura, Craig Lightfoot. Penalties: Zain Ueckermann (2).

    Menlopark 43 (19) – Tries: Leskin Samuels (2), Juan Joubert (2), Declan Pelser, Ruan Strydom, Bladen Petersen. Conversions: Andru Keun (4). HTS Drostdy 29 (19) – Tries: Jacques de Klerk (2), Adrian Vergotine, Anwill Prins, Eugene Walker. Conversions: Jano van Deventer (2).

    Outeniqua 50 (19) – Tries: Henru Neill (2), Keenan Myners (2), Virgil Pockpas, Deveno Barnardo, Jade Petersen, Ryan van Eeden. Conversions: Pockpas (6). Welkom Gimnasium 24 (19) – Tries: Nathan Muller (2), Kananelo Tutubala, Dylan Titus.

    Melkbosstrand 25 (15) – Tries: Penalty try, Ethan Loncq, Daniel Honiball, Darius Prinsloo. Penalty: Ntsika Mtokwana. Mzwandile Mali XV 24 (12).

     

  • Neill leads Rondebosch to a rollicking victory over Jeppe

    Neill leads Rondebosch to a rollicking victory over Jeppe

    Josh Neill, blindside flanker from Rondebosch Boys’ High School, led the way with his imposing runs against Jeppe High School for Boys. Photo: Frans Lombard/Actionpix.

    Josh Neill‘s headgear was, as usual, seen all over the park as he led a rollicking Rondebosch Boys’ High side to a convincing 38-15 victory over Jeppe High School for Boys at the NMI Noord/Suid Tournament at Paul Roos Gimnasium, in Stellenbosch, on Saturday.

    Relive all the action on SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    It took about five minutes for Neill to make his mark on the game. He burst through the Johannesburg school’s defensive line to dot down for the first of his two tries.

    That five-pointer, though, was only the start of Jeppe’s nightmares as Neill and his fellow flank, Alutha Wesi, kept on challenging the defence and laying down a physical challenge.

    Wesi, carrying the ball hard in the trenches, laid a platform for his teammate to exploit the space on the outside with some silky skills, but Neill wasn’t alone in enjoying the space.

    Outside centre Randall-John Davids punished the Zebras’ defensive lapses with some outstanding runs, which also brought him a try.

    Jeppe showed some signs of the team that turned it on in the second half to beat King Edward VII School last weekend, with their backs impressing, especially outside centre Lindelani Nkambule, who showed off his wheels in the midfield.

    Oakdale Landbou performed as expected, beating Hoërskool Nelspruit‘s Rhinos 45-12. It was, however, not as easy as the scoreboard might suggest, with the side from the Lowveld fronting up physically to a massive pack. However, the Riversdal school made better use of their opportunities and did a good job of converting pressure into points.

    Inside centre Christiaan Vorster picked from where he had left off against Grey College, running in a hat-trick of tries. It was a well-deserved reward for a physically taxing performance, which saw him making one dominant run after another to stamp his authority in the midfield.

    He found good support from hooker, Adrian Smith, who was at home at the back of a strong driving maul, which led to him diving over for two tries.

    The Nellies‘ loose forwards, Vaughn van Zyl and blindside flanker, Vian Louw, were a cut above the rest. Van Zyl showed a few Oakdale defenders that he’s a bus on the move, while Louw was immense on defence, putting in some earth-shaking hits.

    SCORERS

    Rondebosch Boys’ High 38 (19) – Tries: Josh Neill (2), 13 Randall-John Davids, Alutha Wesi, Penalty Try, Caleb Bell. Conversions: Harry Soboil (3). Jeppe High School for Boys 15 (15) – Tries: Ndimphiwe Mjiji, Lindelani Nkambule. Conv: Nehemiah Hollenbach. Penalties: Hollenbach.

    Oakdale Landbou 45 (24) – Tries: Christiaan Vorster (3) Adrian Smith (2), Diaan Augustyn,Reinhart Viljoen. Conversions: CT Vosloo (5). Hoërskool Nelspruit 12 (7) – Tries: Tinyiko Silubane. Vian Louw. Doelskop: John Duncan.

  • Rusties, Marais Viljoen slaan terug vir die Noorde

    Rusties, Marais Viljoen slaan terug vir die Noorde

    Bradley Snyers, regtervleuel van Hoërskool Rustenburg, duik oor vir een van sy twee drieë teen Hoërskool Diamantveld op die tweede dag van die NMI Toyota Noord/Suid-toernooi. FOTO: Frans Lombard/Actionpix.

    Hoërskool Rustenburg en Hoërskool Marais Viljoen het die algehele telkaart ietwat beter daarna laat uitsien vir die Noorde met ‘n sege elk in hul onderskeie eerste wedstryde van die NMI Toyota Noord/Suid-toernooi in Stellenbosch.

    Herleef al die aksie op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    Daar is min goed wat deur ‘n diamant kan sny, maar die Rusties se Snyers-broers het dit duidelik reggekry.

    Die jongste van die twee, Bradley Snyers (regtervleuel), het sy teenwoordigheid behoorlik laat geld met ‘n tweekuns aan drieë, terwyl ouboet Lorenzo Snyers (heelagter) oudergewoonte ook weer die kollig gesteel. Hoewel hy self net een drie gedruk het, het die oudste Snyers ‘n beduidende aandeel in ‘n paar ander gehad en is hy welverdiend as die Speler van die Wedstryd aangewys.

    Die Diamonds was beslis onkant betrap met die Rustenburgers se hoë-tempo spel en moes  skarrel om terug te veg in die tweede helfte. Skrumskakel, JG van Heerden, het dié herstelpoging gelei en was puik agter ‘n pak wat nie soos gewoonlik goeie voorvoetbal kon bewerk nie. Van Heerden se geniepsige breekslae om die afbreekpunte het aan hom twee drieë besorg.

    Hoërskool Marais Viljoen se staatmaker-agsteman, Rio Tshimbalanga, het ‘n driekuns behaal om ‘n swaarverdiende sege van 41-31 in ‘n fisieke kragmeting met Worcester Gimnasium te beklink. Tshimbalanga, ‘n groot aanspraakmaker op die Leeus se nr. 8-trui vir die Cravenweek, was haas onkeerbaar met sy kenmerkende barslopies.

    Die span van Alberton se dryfmaalbewegings was die hoogtepunt van ‘n kragtige vertoning. Worcester se loskopstut, Amaan Adendorff, het hom egter nie daardeur laat onderkry nie. Adendorff het ‘n puik individuele vertoning gelewer waarvoor hy ook met twee drieë, waarvan hy een keer soos ‘n wafferse senter sierlik tussen die pale oorgeduik het, beloon is.

    Hoërskool Framesby se agsteman, Eden Calitz, het, nes Tshimbalanga, drie keer agter Hoërskool Duineveld se doellyn gaan draai in sy span se yslike oorwinning van 60-7 oor die span van Upington.

    Calitz is netjies bygestaan deur die vlugvoetige Cole Hilpert, wat die Veldties se verdediging dikwels oorhoeks gehad het in die middeveld. Hilpert en Kie het agterlangs die standaard vir die res van die dag gestel met aanskoulike hardlooprugby wat die skare op die Markotter-stadion gereeld op hul voete gehad het.

    Puntemakers: 

    Hoërskool Rustenburg 60 (33) – Tries: Xavier Steenkamp (2), Hendré Robinson (2), Bradley Snyers (2), Lorenzo Snyers, Adriano George, Tihan Labuschagne, Johnré Jafthas. Conversions: Riacordo Enos (4). Diamantveld 24 (12) – Tries: JG van Heerden (2), Driaan Jacobs, Bernard Daniëls. Conversions: Van Heerden, Duran Makoni.

    Marais Viljoen 41 (26) – Tries: Rio Tshimbalanga (3), Sifiso Shongwe, Munga Mwengehya, Ondisa Njili, Lloyd Shoko-Schenk. Conversions: Raynhardt Kruger (3). Worcester Gimnasium 31 (12) – Tries: Amaan Adendorff (2), Elrenzo Swartz, Luke Cupido. Conversions: Lohenzel Tshabatau, Lhangquin de Bruyn.

    Framesby 60 (34) – Tries: Eden Calitz (3), Cole Hilpert (2), Chales Blignaut, Dewaldry Fortuin, Mondré van Heerden, Damien Witbooi. Conversions: Jaiden Brewis (4), Van Heerden. Duineveld 7 (0) – Try: PJ Smit. Conversion: Smit.