SSPN Test Site

Author: froberholzer

  • Strong Candies’ defence not enough to stop Jeppe

    Strong Candies’ defence not enough to stop Jeppe

    Jeppe High School for Boys Lock, Lagan Leisher on the attack. Photo: Jeppe High School for Boys on Facebook.

    Pretoria Boys High School‘s strong and impressive defensive effort was enough to stop a determined Jeppe High School for Boys side on Collard Field in Johannesburg on Saturday.

    Relive all the action on SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    The Candies came to play and put in a massive shift on defence against the home side’s very dangerous attack.

    When threatened by Jeppe in front of their try line, the visitors’ pack stepped up to the plate. Their outstanding resistance put the home team under pressure, which led to some finishing errors.

    On two occasions, however, Jeppe capitalised on lapses in concentration from the Candies as lock, Lagan Leisher, and scrumhalf and captain, Talent Sithole dived over from close range for important tries.

    The biggest battle on the day was between the boots of Jeppe’s flyhalf, Nehemia Hollenbach, and Boys High’s fullback, Blake Mger. Hollenbach slotted five penalties and an important conversion, while Mger scored all the visitors’ points from the tee. He never looked like missing and sent six penalties flying through the uprights for a personal contribution of 18 points.

    Parktown Boys’ High School scored 24 points in the second half of their game, after trailing 0-7 at halftime against St Stithians College, to record a 24-14 win.

    Playing at home, the Parktown boys drew inspiration from the home crowd’s chants, which echoed through the streets of Johannesburg. They ran in three tries, with left-wing Owami Phambuka crossing for the first after the break.

    Flyhalf, Enrico van Coller assisted their winning effort with his accurate kicking from the tee, contributing nine points with three conversions and a penalty to see the home side to victory.

    POINTS SCORERS

    Jeppe High School for Boys 27 (18) – Tries: Lagan Leisher, Talent Sithole. Conversion: Nehemia Hollenbach. Penalties: Hollenbach (5). Pretoria Boys High 18 (12) – Penalties: Blake Mger (6).

    Parktown Boys’ High 24 (0) – Tries: Owami Phambuka, Christian Cele, Kelvin Kotey. Conversions: Enrico van Coller (3). Penalty: Van Coller. St Stithians College 14 (7).

    Other Teams

    u.16: Jeppe 27, Pretoria Boys High 13.

    u.15: Jeppe 12, Pretoria Boys High 10.

    u.14: Pretoria Boys High 13, Jeppe 10.

  • Valia wys karakter, twee punte genoeg vir Oosies

    Valia wys karakter, twee punte genoeg vir Oosies

    FOTO: Hoërskool Oos-Moot op Facebook.

    Vanderbijlpark is die afgelope naweek getrakteer op aanskoulike hardlooprugby in die NWU Sportreeks-kragmeting tussen Hoërskool Transvalia en Hoërskool Middelburg.

    Herleef al die aksie op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    Dit was Valia se eerste amptelike wedstryd van die seisoen, nadat hy vroeër vandeesmaand litte losgemaak het in ‘n opwarmingswedstryd teen Hoërskool Marais Viljoen. Saterdag het die span van Vanderbijl vir ‘n witwarm Middies-span met 28-21 verslaan, nadat hulle teen rustyd met net 15-13 voorgeloop het.

    “Ek is baie trots op die seuns, in hul eerste wedstryd saam,” sê Valia se nuwe rugbydirekteur, Lloyd Greeff.  “Ons het heelwat karakter gewys en positiewes wat ons uit die wedstryd kan neem, maar wat my meer opgewonde maak is dat ons selfs nóg kan beter doen.”

    Dit het as geen verrassing gekom dat Valia se aanslag van voor gelei is deur flank, Daniel Kazambo, nie. Kazambo, wat verlede jaar reeds opslae in die SA Skolerugby-kringe gemaak het as ‘n Graad 11-leerder, was oudergewoonte uiters fisiek en haas onkeerbaar op die aanval.

    Vir die Middies, het die staatmaker, Roux Grobler, voorlangs die vuur vir sy span aangesteek. Sy verdediging was iets om te aanskou, terwyl sy werkverrigting, van die bal af, van die hoogste gehalte was.

    Die Middelburgers behoort vanjaar beslis ‘n span wees om mee rekening te hou in die SDC Noordvaal Cup se Plaat-afdeling, indien hulle op hierdie momentum kan voortbou.

    Hoërskool Oos-Moot het ‘n opdraande stryd oorkom en ‘n rustydagterstand van 8-13 uitgewis om vir Hoërskool Ben Vorster naelskraaps met 30-28 te klop. Die Oosies het nieteenstaande ‘n paar tam lywe, ná Woensdag se reusestryd teen Hoërskool Waterkloof, die Buffels fisiek aangevat voorlangs, wat uiteraard ‘n titaniese stryd afgegee het.

    Die tweestryd tussen die skrumskakels was nóg ‘n hoogtepunt, met David Joubert, die Oosies se beste speler Woensdag, wat weer sy afrondingsvernuf uitgestal het. Stiaan du Rand het vir die Buffels uitgeblink het met sy  breekslae om die afbreekpunte, en vanuit sy eie halfgebied deurgebreek vir een van sy span se drie drieë.

    Puntemakers:

    Transvalia 28 (15) – Drieë: Wihandré Kruger, Daniel Kazambo, Johandré van der Merwe. Doelskoppe: Jayden van Eden, Jaydee Maree. Strafdoele: Van Eeden (2), Maree. Hoërskool Middelburg 21 (13)– Drieë: Beast Ngadima, Jabu Mathebula. Doelskop: Buhle Mphalaza. Strafdoele: Mphalaza (3).

    Oos-Moot 30 (8) – Drieë: Clayton du Bruyn, David Joubert, Stian de Vente, Owen Basson. Doelskoppe: David Joubert (2). Strafdoele: Joubert (2). Ben Vorster 28 (13) – Drieë: Kobus de Beer, Stiaan du Rand, Ruben Pohl. Doelskoppe: Shelton Primo (2). Strafdoele: Primo (3).

    Ander spanne:

    o.16: Hoërskool Middelburg 18, Transvalia 13; Oos-Moot 27, Ben Vorster 26.

    o.15: Transvalia 41, Hoërskool Middelburg 7; Oos-Moot 16, Ben Vorster 12.

    o.14: Hoërskool Middelburg 41, Transvalia 5; Ben Vorster 28, Oos-Moot 5.

  • Mboniswa’s boot the difference between KES and St John’s

    Mboniswa’s boot the difference between KES and St John’s

    Right-wing Lwandile Khupe, of St John’s College. sprinting down the sideline against King Edward VII School. Photo: Frans Lombard.

    Kenny Prins kicked King Edward VII School (KES) to a narrow two-point victory at their neighbours, St John’s College, on Saturday.

    Relive all the action on SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    Prins, running out at fullback for the Red Army this year, converted both the visitors’ tries and slotted an all-important penalty to see his side open their season with a narrow 17-15 win.

    Apart from his good performance with the boot, Prince was also a strong presence when KES was on the attack.

    The other two members of the Red Army’s back three, wings Luyanda Mbandama and Jarrel Mbuyi, also delivered strong performances. When given an opportunity, and a bit of space on the outside, they capitalised without hesitation, with both diving over for crucial five-pointers.

    For the home side, vice-captain and flyhalf, Gerald van Wyk, dictated play wonderfully and put his backline on the front foot. He, too, was impressive from the kicking tee, comfortably slotting a long-range penalty.

    Lwandile Khupe, playing on the right wing for St John’s, had an interesting battle with Mdandama and showed off his elusive running and ability to beat defenders in the smallest of spaces.

    Thabiso Simelane led the way for the Grey and Blue of St Alban’s College, who won 39-12 at St Benedict’s College. Simelane scored 17 of his side’s points, which included two tries. The inside centre also slotted two conversions and a penalty.

    Scrumhalf, Everett Gosling, also shone for the visitors. His presence behind a pack that set Bennies on the back foot made life difficult for the home side’s defenders. He challenged them with nippy runs around the fringes of the breakdowns and went over for a try from one of those sniping runs.

    For the home side, openside flank, Sam Walsh, led the way. His physicality and commitment in defence made him stand out. He also didn’t shy away from taking the ball up strongly, ensuring there would be a couple of sore bodies on the side of visitors after the game.

    POINTS SCORERS

    King Edward VII School 17 (7) – Tries: Luyanda Mbandama, Jarrel Mbuyi. Conversions: Indi Mboniswa (2). Penalty: Mboniswa. St John’s College 15 (8) – Tries: Lwandile Khupe, Tumelo Bopape. Conversion: Gerald van Wyk. Penalty: Van Wyk.

    St Alban’s College 39 (12) – Tries: Thabiso Simelane (2), Vhutali Matsila, Everett Gosling, Gian Moolman, Alex Uken. Conversions: Simelane (2). Penalty: Simelane. St Benedict’s College 12 (5) – Tries: Thato Ntshangase, Zac Raats. Conversion: Samuel Sendwe.

    Other teams

    u.16: St Benedict’s College 6, St Alban’s College 0; King Edward VII School 50, St John’s College 7.

    u.15: St Alban’s College 7, St Benedict’s College 5.

    u.14: St Benedict’s College 19, St Alban’s College 5.

  • Cooper-tweekuns doof Liggies uit, drie uit drie vir Montana

    Cooper-tweekuns doof Liggies uit, drie uit drie vir Montana

    FOTO: Hoërskool Marais Viljoen op Facebook.

    Juan Cooper het gesorg dat die vreugdevure hoog brand in Alberton na Hoërskool Marais Viljoen se oorwinning oor die besoekende Hoërskool Lichtenburg in die NWU Prestige-reeks.

    Herleef al die aksie op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    Die loskopstut het twee keer oor die doellyn gebars om vir die tuisspan ‘n sege, sy eerste in vanjaar se reeks, van 22-13 oor die Liggies vas te maak.

    Dit was inderdaad voorlangs waar Marais Viljoen die grondslag vir die oorwinning gelê het. Die pak het sy vernietigende dryfmaalbeweging optimaal aangewend om ál drie drieë op dié wyse te behaal. Slot, Clayton Gagiano, het ook na nóg so ‘n dryfmaal, wat sowat 25 m gestrek het, die bal agter die Liggies se doellyn geplant.

    Die Liggies, bekend vir hul fisiekheid, het egter nie ‘n duit teruggestaan vir die aanslag van voor nie, met vernaam agsteman en baljagter, KG Legodi, wat die lewe moeilik gemaak het vir die tuisspan by die afbreekpunte en ook beloon is met sy span se enigste drie.

    Hoërskool Montana het sy derde agtereenvolgende oorwinning behaal deur vir Hoërskool Jeugland met 22-17 te troef, maar Jeugland het die sege beslis nie op ‘n skinkbord aangebied nie. Die verloorspan se regtervleuel, Beya Nyathi, het verál beïndruk en twee keer deurgenael vir ‘n welverdiende tweekuns aan drieë.

    Die tuisspan was egter net té goed en het drie drieë teenoor die besoekers se twee aangeteken. Soos vroeër die week teen Hoërskool Marais Viljoen, het die Montana-pak regoor die veld gewoel, met vernaam loskopstut, Aiden van der Made, en slot, Tristan Stolz, wat elkeen ‘n drie gedruk het, prominent.

    Hoërskool Wesvalia se Fafa Calitz en Wian du Preez het elkeen ‘n tweekuns behaal teen Hoërskool Wagpos in die Wessies se spogsege van 49-17. Voorlangs het haker, Fanie Linde, die fisieke aanslag gelei, wat die grondslag gelê het vir ‘n oortuigende oorwinning.

    Die span van Klerksdorp was verál verlig dat hy vir die eerste keer in ‘n lang ruk in droë toestande kon speel.

    Puntemakers:

    Marais Viljoen 22 (10) – Drieë: Juan Cooper (2), Clayton Gagiano. Doelskoppe: Raynhardt Kruger (2). Strafdoel: Kruger. Hoërskool Lichtenburg 13 (13) – Drie: KG Legodi. Doelskop: Luan Snyman. Strafdoele: Snyman (2)

    Montana 22 (17) – Drieë: Tristan Stoltz, Luan Barnard, Aiden van der Made. Doelskoppe: Hendrew Schoeman (2). Strafdoel: Schoeman. Jeugland 17 (10) – Drieë: Beya Nyathi (2). Doelskoppe: King Agbanzo (2). Strafdoel: Agbanzo.

    Wesvalia 49 (22) – Drieë: Fafa Calitz (2), Wian du Preez (2), Fanie Linde, Stephan Pelser. Doelskoppe: Eduard Dreyer (3). Strafdoel: Dreyer. Wagpos 17 (3).

    Ander spanne:

    o.16: Marais Viljoen 26, Hoërskool Lichtenburg 18; Montana 57, Jeugland 19; Wesvalia 13, Wagpos 3.

    o.15: Hoërskool Lichtenburg 26, Marais Viljoen 20; Montana 18, Jeugland 10; Wesvalia 15, Wagpos 0.

    o.14: Marias Viljoen 7, Hoërskool Lichtenburg 5; Montana 10, Jeugland 10; Wesvalia 25, Wagpos 5.

  • Affies laat Helpies les opsê

    Affies laat Helpies les opsê

    Christiaan de Wet, slot van die Wit Bulle, duik met ‘n breë glimlag oor na hy bykans die helfte van die veld moes oorsteek om tussen die pale te druk. FOTO: Riaan de Bruyn.

    Afrikaanse Hoër Seunskool het Saterdag, ná ‘n ietwat stadige begin, goeie ritme gevind in die tweede helfte om uiteindelik gemaklik met die besoekende Helpmekaar Kollege af te reken.

    Herleef al die aksie regstreeks op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    Oopkantflank, Lohan Potgieter, en vaskopstut, Deon Botes, het elk twee keer gedruk in die Wit Bulle se oortuigende sege van 40-8 in Pretoria. Vernaam Botes het dikwels die oog gevang met sy kraglopies.

    Slot, Christiaan de Wet, het self woelig vertoon voorlangs om die tuisspan se pak die oorhand te help gee. Indien Affies se pak hierop kan voortbou, behoort teenstanders dit uiters moeilik te vind om die “dieselenjin” van die Jakarandastad vanjaar te stuit.

    Dié formidabele platform het die ideale geleentheid gebied vir skrumskakel, Zirk Meyer, om te wys waartoe hy in staat is. Meyer het met venynige breekslae om die afbreekpunte vir die Wit Bulle verder op die voorvoet geplaas, terwyl die skoon, vinnige balbesit wat die pak verskaf het ook vir losskakel, Ruben Groenewald, in staat gestel het om die agterlyn aan die gang te kry.

    Helpies het met rukke en stote beïndruk en vernaam in die skrums, onderleiding van stutte, Liam Devenier en Dylan Engelbrecht, breed geglimlag. Die interaksie tussen voor- en agterspelers,, gerugsteun deur netjiese vaardighede, hou ook heelwat belofte in op die aanval.

    Die tempo waarteen die Wit Bulle te werk gegaan het, het mettertyd egter sy tol geëis en aanleiding gegee tot 21 onbeantwoorde punte na die omdraaislag. Nes wat die geval was teen die Diamantveld verlede week, was Affies se afronding, wanneer dit die nodigste was, uit die boonste rakke om geleenthede in punte te omskep.

    Puntemakers: 

    Affies 40 (19) – Drieë: Lohan Potgieter (2), Deon Botes (2), Christiaan de Wet, Divan Fourie. Doelskoppe: Ruben Groenewald (5). Helpmekaar Kollege 8 (8) – Drie: Shaye Lourens. Strafdoel: Wian Storm.

    Ander spanne:

    o.16: Affies 71, Helpmekaar Kollege 5.

    o.15: Helpmekaar Kollege 23, Affies 15.

    o.14: Affies 59, Helpmekaar Kollege 7.

  • Rhinos se Duncan druk twee keer in naelbytsege oor Jansies

    Rhinos se Duncan druk twee keer in naelbytsege oor Jansies

    Hoërskool Nelspruit se kaptein, Vaughn van Zyl (links), en oopkantflank, Prosper Chillione (regs), vier hul span se sege oor EG Jansen. FOTO: Tap Light Edits.

    Hoërskool Nelspruit se John Duncan was die hoofargitek van die Laevelders se suksesverhaal Saterdagmiddag in Boksburg.

    Herleef al die aksie regstreeks op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    Die Rhinos se losskakel het twee keer agter Hoërskool Dr EG Jansen se doellyn gaan kuier in sy span se naelbytsege van 24-22, waarmee hulle hul rekening in vanjaar se NWU Sportreeks geopen het.

    Die Jansies was blitsig uit die blokke en het giftig voorgekom in die eerste helfte, om teen rustyd met 19-14 voor te loop. Hul bereidwilligheid om die bal so vinnig moontlik te versprei na snellers soos regtervleuel, Jayden du Preez, en heelagter, Zulu Otlotleng, het duidelik dividende gelewer, maar Duncan het ander planne gehad.

    Benewens sy uitmuntende vertoning op die aanval, was hy ook rotsvas op verdediging en het hy ál drie sy span se drieë verdoel en ook met ‘n strafdoel geslaag, wat uiteindelik die verskil tussen wen en verloor beteken het.

    Die Rhinos se oopkantflank, Prosper Chillione, het ook hand opgesteek, deur te woel in die los en hy was oral op die veld te sien. Chillione het ook nie teruggedeins vir die fisieke stryd wat vir die volle 70 minute onder die groot manne voorlangs gewoed het nie.

    Die kragmeting tussen Hoërskool Eldoraigne en Hoërskool Piet Retief het ‘n ware drieëfees opgelewer, met die Drake wat uiteindelik die laaste sê gehad het met ‘n oorwinning van 40-34. Die dag het behoort aan Eldos se buitesenter, Hanno Jacobs, wat nie minder nie as vier keer agter die doellyn gaan draai het nie. Jacobs was boonop ‘n tier op die verdediging en het ‘n groot aandeel daarin gehad om die besoekers se giftige agterlyn aan bande te lê.

    Die Pieties se linkervleuel, Vuyani Tshabalala, het nietemin steeds sy pad deur die Drake se verdediging oopgekloof om self drie keer oor te duik vir ‘n indrukwekkende driekuns. Dus is sewe van die 11 drieë in die eerstespan-wedstryd deur slegs twee spelers gedruk.

    Manie Buitendag, die tuisspan se heelagter, was op die einde van die dag met sy stewel die deurslaggewende faktor. Buitendag se vyf doelskoppe het aan die Eldos genoeg asemhalingspasie gebied om die besoekers se hewige aanslag in die laaste 20 minute, waartydens hulle 12 punte aangeteken, af te weer, en ‘n eerste oorwinning vanjaar te verseker.

    Puntemakers:

    Hoërskool Nelspruit 24 (14) – Drieë: John Duncan (2), Tinyiko Silubane. Doelskoppe: Duncan (3). Strafdoel: Duncan. EG Jansen 22 (19) – Drieë: Zulu Oltlatleng, Jayden du Preez, Marco Ventura. Doelskoppe: Deshean Pietersen (2). Strafdoel: Zian Ueckermann.

    Eldoraigne 40 (26) – Drieë: Hanno Jacobs (4), Darren Bruwer, MC Scheepers. Doelskoppe: Manie Buitendag (5). Hoërskool Piet Retief 34 (22) – Drieë: Vuyani Tshabalala (3), Sfundo Mayisa, Sfiso Methula. Doelskoppe: Olwethu Shabalala (3). Stradoel: Shabalala.

    Ander spanne:

    o.16: EG Jansen 22, Hoërskool Nelspruit 20; Hoërskool Piet Retief 12, Eldoraigne 5.

    o.15: EG Jansen 22, Hoërskool Nelspruit 22; Eldoraigne 19, Hoërskool Piet Retief 12.

    o.14: EG Jansen 29, Hoërskool Nelspruit 7; Hoërskool Piet Retief 43, Eldoraigne 0.

  • Gimmies bied ‘Welkom’ uitdaging vir Monnas

    Gimmies bied ‘Welkom’ uitdaging vir Monnas

    Juandré Marais voer ‘n duikslag uit teen Hoërskool Waterkloof in 2024. FOTO: Marius Nortjé.

    Hoërskool Monument se eerste uitdaging van die jaar, teen Welkom Gimnasium, behoort ‘n goeie idee vir die afrigtingspan te bied met betrekking tot waar die Krugersdorpers hulself bevind op die vooraand van volgende Vrydag se reuse-stryd teen Grey-kollege.

    Volg al die aksie regstreeks op SupersSport Schools(www.supersportschools.com)

    Die Monumentare se nuwe hoofstuk gaan gepaard met ‘n aantal opwindende spelers van verlede seisoen wat weer beskikbaar is, soos die blitsige skrumskakel, Evan Bernhardi. Hy het in 2024 talle opponente met sy vaart en venynige lopies gefnuik om die nr. 9-trui sy eie te maak en maak vanjaar ‘n welkome terugkeer.

    Voorlangs sal hoofafrigter en skrumdokter, Jannie du Plessis, uitsien daarna om vaskopstut, Jeandré Marais, verder te ontwikkel. Marais behoort ‘n sleutelfiguur in die Monumentare se vaste fasette te wees en is boonop ‘n kragtige baldraer.

    Gimmies se agsteman, Emile Malherbe wag die Monnas-pak in, en vorm saam met haker, Kananelo Tutbala, die ervare kern van die Welkom-agttal. In die middeveld, beskik buitesenter, Nathan Muller, oor ‘n giftige kombinasie van vaart en visie om die verdediging te toets.

    Hoërskool Noordheuwel skop sy seisoen af met ‘n opwindende jong span teen Hoërskool Rustenburg, in Krugersdorp. Die Blues se beginspan bevat ‘n hele paar nuwe name, maar die afrigtingskorps is opgewonde vir dié klomp om hul stempel vanjaar af te druk.

    Noordheuwel kan nietemin steeds staatmaak op die ervaring van, Juandré Uithaler, wat sake dirigeer op losskakel en sy tweestryd met die Rusties se Waide Daivey kan vir ‘n opwindende 70 minute sorg. Voorlangs keer haker, Clinton Agu, en die veelsydige Andrew Lambert, wat sowel slot as flank kan speel, ook terug.

    Die spanne:

    Welkom Gimnasium t. Hoërskool Monument om 12:30 in Welkom:

    Welkom Gimnasium: 15 Jadewin Solomons, 14 Ruan Theron, 13 Nathan Muller, 12 Dylan Titus, 11 Vusi Ndayi, 10 Leano Williams, 9 Rewaldo Farmer, 8 Emile Malherbe, 7 Reagan Kruge, 6 Relebohile Sello, 5 Hlmbe Mamane, 4 Diederik Beuken, 3 Julius Makhanda, 2 Kananelo Tutbala, 1 Ewald Booyens.

    Monument: 15 Loghan Langeveldt, 14 Juandré Ehlers, 13 Viandré van Loggenberg, 12 Tasliem Guyan, 11 Ruan Genis, 10 Jaydon Viljoen, 9 Evan Bernhardi, 8 Vince Roberts, 7 Janco Botes, 6 Ryno van der Westhuizen, 5 Dean Hartman, 4 Janco Pretorius, 3 Juandré Marais, 2 Reghardt Ernst, 1 Kamogelo Katisa.

    Noordheuwel t. Hoërskool Rustenburg in Krugersdorp:

    Noordheuwel: 15 Pablo Moeketsane, 14 Andy Maarman, 13 Tristan Helmand, 12 Kieran Reid, 11 Jade Rollison, 10 Jeandré Uithaler, 9 Giellie Diedericks, 8 JB Blount, 7 Juandré de Villiers, 6 Andrew Lambert, 5 Roehan Hoogendyk, 4 Kean Lourens, 3 Steph Botha, 2 Clinton Agu, 1 Skuttie Bezuidenhout.

    Hoërskool Rustenburg: 15 Lorenzo Snyers, 14 Raqiel Jaftha, 13 Jonré Jefthas, 12 Hendré Robinson, 11 Wes van Loggerenberg, 10 Wade Daivey, 9 Adriano George, 8 Donnie Moster, 7 Dirk Huisamen, 6 Pieta Niemandt, 5 Evan van Heerden, 4 Tristan Myburgh, 3 Ockert Grobler, 2 Xavier Steenkamp, 1 Carel Schoonraad.

  • KES gets first run out against St John’s, Parktown welcomes St Stithians

    KES gets first run out against St John’s, Parktown welcomes St Stithians

    With Simphiwe Moyo lining up a conversion kick, KES supporters tried to help him guide it over between the posts. Photo: Brad Morgan.
    Photo: Brad Morgan.

    The King Edward VII School (KES) 1st XV has an opportunity to enjoy their first outing of the season at St John’s College on Saturday in Johannesburg.

    Follow all the action live on SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    The stands will be packed and the Red Army‘s pack will be itching to stamp their authority on the match early on to set the tone for the season.

    Lock, Michael Bownes will be called upon to play a prominent role with his strong ball carries and thundering hits on defence. He’ll be backed up by the burly eighth-man, Chinedu Amadi.

    At the back, an absorbing battle between the twelves awaits. Sam Smith, the star of the KES midfield, will be licking his lips for an opportunity to get one over his opposite number, Malan du Plessis, who will be one of the St John’s dangermen.

    Du Plessis’s efforts will be boosted by the abilities of vice-captain and flyhalf, Gerald van Wyk, on his inside. Van Wyk’s good vision and reading of the game will be a crucial component of the St John’s challenge.

    St Stithians College can expect a tough outing against the forwards of Parktown Boys’ High, who will be running out at home. Front rowers, Manuel Motsi and Lethoko Mallane will be key players for the hosts.

    Motsi, who packs down at loosehead, with Mallane by his side, at hooker, will want to put the Saints‘ forwards under pressure and also give their general, flyhalf Enrico van Coller clean ball from which he can launch attacks.

    Keeping the Saints’ pack quiet will be no easy feat, though, especially if the visitors’ dangerous eighth-man, Jonathan Caveney, and openside flanker, Ross Turner, have their way.

    Fullback, Sicelo Sakawuli, will also need to be watched closely by the Parktown defence. Given some space, he’s a problem on the counterattack, with serious pace and nifty footwork.

    TEAMS

    King Edward VII School vs St John’s College at 14:20 in Johannesburg

    King Edward VII School: 15 Indi Mbonsiswa, 14 Jarrel Mbuyi, 13 Skye Segal, 12 Sam Smith, 11 Luyanda Mbandama, 10 Andrew Jackson, 9 Reegan McGurk, 8 Chinedu Amadi, 7 Sam Bruwer, 6 Nkos’enhle Mafu, 5 Michael Bownes, 4 Tryon Smith, 3 Dylan Budler, 2 Tristan Randall, 1 Kenny Prins.

    St John’s College: 15 David Ireland, 14 Lwandile Khupe, 13 Alec Psillos, 12 Malan du Plessis, 11 Ethan Ramsbotham, 10 Gerald van Wyk, 9 Nicholas Morell, 8 Mako Mandhizha, 7 Cameron Coetzer, 6 Tumelo Bopape, 5 Johannes Bierman, 4 Andrew Russel, 3 Matthew Kaplan, 2 Dimitri Campbell, 1 Joshua Shannon.

    Parktown Boys’ High vs St Stithians College in Johannesburg

    Parktown Boys’ High: 15 Kevin Kotey, 14 Promise Kanda, 13 Khotso Tumahole, 12 Christian Cele, 11 Owani Phambuka, 10 Enrico van Coller, 9 Siphesile Mpofu, 8 Kingsley Okonkwo, 7 Sibusiso Jinyane, 6 Lethabo Sikhundo, 5 Disema Mofokeng, 4 Anashe Matuku, 3 Emeraude Ndombasi, 2 Lethoko Mallane, 1 Manuel Motsi.

    St Stithians College: 15 Sicelo Sakawuli, 14 Cade Esley, 13 Reece Hubner, 12 Tyler Maclennan, 11 Melusi Kganakga, 10 Oliver Wilson, 9 Louis McAslin, 8 Jonathan Caveney, 7 Luke Thorrold, 6 Ross Turner, 5 Kulani Tlakula, 4 Vaishe Mucharambeyi, 3 Ethan Coetzee, 2 Oliver Groves, 1 Jean-Anthony Eblen.

  • Jeppe hunts first win, cracker expected between Bennies and St Alban’s

    Jeppe hunts first win, cracker expected between Bennies and St Alban’s

    Photo: Jeppe High School for Boys on Facebook.

    Jeppe High School for Boys will chase a first victory at home and their first of the 2025 season when they welcome the Candies of Pretoria Boys High School onto Collard Field at 13:45 on Saturday.

    Follow all the action live on SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    The Johannesburg side has already played one game at home this year, putting in a good performance but coming out on the wrong end of the result against Hoërskool Garsfontein‘s Bere in their first outing of the season last week.

    They have, however, made quite a few changes for the clash against the Candies.

    In the backline, the Jeppe coaches have made no less than five tactical changes. Lindelani Nkambule moves from fullback to outside centre, with Joel Akilo shifting from right-wing to the 15-jersey.

    Kamva Mvinjelwa onto the right wing, with Ndimphiwe Mjiji shifting from inside centre to the left wing.

    There is only one change among the forwards, with Mahlatse Memeza missing out. In his stead, Kuhle Shitlhangu will have an opportunity to impress the Jeppe coaches.

    The visitors’ Tyler Mason will look forward to an enticing battle with his opposite number, Phano Letsie, at inside centre. Aldo Serfontein, the Cherries’ nippy scrumhalf will be eager to test the Jeppe defence, while PBHS eighth-man, Thando Thembe, will deliver a physical challenge with his robust carries.

    St Benedict’s College is expecting a rugged challenge from the Grey and Blue of St Alban’s College. They meet on Bennies‘ home turf at 13:00, in Bedfordview. on Saturday.

    The visitors will need to be wary of the educated boot and speed of the home side’s fullback, Samuel Sendwe. Alongside him, the solid defence of inside centre, Wade Ramsay,  will give St Benedict’s opportunities to turn defence into attack.

    Much will be expected of the forwards from the Grey and Blue. Locks Keegan Dick and Aiden Gosling will want to light the fire in the pack to get a dangerous backline on the front foot.

    Just behind them, the other Gosling, scrumhalf Everett Gosling, will be called upon to deliver quick, quality ball to flyhalf Gian Moolman and company.

    TEAMS

    Jeppe High School for Boys vs Pretoria Boys High at 13:45 in Johannesburg

    Jeppe: 15 Joel Akilo, 14 Ndimphiwe Mjiji, 13, Lindelani Nkambule, 12 Phano Letsie, 11 Kamva Mvinjela, 10 Nehemia Hollenach, 9 Talent Sithole, 8 Mihle Dykala, 7 Grady Ngui, 6 Kuhle Shitlhangu, 5 Glodi Tsipamba, 4 Lagan Leisher, 3 André Poulton, 2 Ayanda Funeka, 1 Joshua Hamman.

    Pretoria Boys High: 15 Blake Mger, 14 Ofentse Marlebjanem 13 Motheo Dimoe, 12 Tyler Mason, 11 Callum Nel, 10 Kwanda Mabuza, 9 Aldo Serfontein, 8 Akin Akingbola, 7 Banele Mashaba, 6 Grant Spencer, 5 Nils Pabst, 4 FC Frutsenburg, 3 Queenton Mncube, 2 Marnus Wessels, 1 Jeffrey Singo.

    St Benedict’s College vs St Alban’s College at 13:00 in Bedfordview

    St Benedict’s College: 15 Samuel Sendwe, 14 Tshegofatso Mojapelo, 13 Olwethu Ndlovu, 12 Wade Ramsey, 11 Katleho Mokofane, 10 Iviwe Mlilo, 9 Luke Hancock, 8 Thando Thembe, 7 Kai Dreyer, 6 Sam Walsh, 5 Zac Raats, 4 Andrew Scott-White, 3 Themba Ndima, 2 Thato Ntshangase, 1 Angelo Santana.

    St Alban’s College: 15 Matthew Nelson, 14 Malesa Sema, 13 Wandile Mbatha, 12 Thabiso Simelane, 11 Aidan Kloppers, 10 Gian Moolman, 9 Everett Gosling, 8 Thabiso Mbembele, 7 Alex Uken, 6 Christon Richter, 5 Keegan Dick, 4 Aiden Gosling, 3 Albert Mochan, 2 Vhutali Matsila, 1 Andreas Phiippou.

  • Liggies wil helder skyn in Alberton, Montana mik vir meer

    Liggies wil helder skyn in Alberton, Montana mik vir meer

    FOTO: Hoërskool Lichtenburg op Facebook.

    Hoërskool Lichtenburg durf ‘n moeilike tog na Alberton aan hierdie naweek, maar is oorgehaal om dit die moeite werd te maak.

    Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    Die Liggies moet sowat 238 kilometer reis om ‘n gekweste Hoërskool Marais Viljoen aan te durf. Die besoekers besef dat MV in sy agterplaas nie maklik sal wees om te tem nie.

    Albei spanne het in hul onlangste wedstryde in die stof gebyt teen Hoërskool Montana, maar, hoewel aan die verkeerde kant van die uitslag, was daar steeds vroeë positiewes vir beide spanne.

    Marais Viljoen het Woensdag in Pretoria uithalerrugby in die tweede helfte teen Montana opgedis, om binne ‘n oogwink 14 punte te swaai met aanskoulike, aanvallende rugby en ster-agsteman Rio Tshimbalanga aan die spits.

    Tshimbalanga se tweestryd met Liggies se agsteman (moontlik), KG Legodi, behoort ‘n hoogtepunt hierdie naweek te wees. In teenstelling met Tshimbalanga, is Legodi meer ‘n baljagter en sy vernuf by die afbreekpunte kan ook hoofbrekens vir die span van Alberton besorg.

    Hoërskool Montana is oorgehaal om sy segetog van twee agtereenvolgende oorwinnings na drie te rek. Die Monties kom teen ‘n gevaarlike Hoërskool Jeugland in Pretoria te staan.

    Die Pretrorianers het in hul laaste twee kragmetings, teen onderskeidelik Hoërskool Lichtenburg (29-28) en Hoërskool Marais Viljoen (35-24), die botoon gevoer. Jeugland het belowend vertoon teen die span van Alberton, maar moes met 24-25 die aftog blaas. Indien hy teen die Monties die tempo kan volhou behoort dit weer ‘n rillerstryd af te gee.

    Die stryd tussen die tuisspan se oopkantflank, Dieter Scheepers, en Jeugland se baljagter, Joseph Ngoma-Ngoma, behoort vir vuurwerke by die afbreekpunte te sorg.

    Wesvalia, soos heelwat ander spanne, speel sy derde wedstryd in net agt dae, met Hoërskool Wagpos wat in Brits op hom wag.

    Die span van Klerksdorp se gevaarlike agterlyn, gelei deur die flink diens van losskakel, Eduard Dreyer, is hoopvol om vir ‘n verandering met ‘n droë bal te kan aanval. Ontwrigtende reën en sopnat speeltoestande in die Noordwes het die span in bruinrooi sedert die aanvang van die seisoen gekortwiek.

    Wagpos is nog segeloos en vasberade om vir een van die eerste opskuddings van die jaar te sorg.

    Die spanne:

    Marais Viljoen t. Hoërskool Lichtenburg om 12:20 in Alberton:

    Marais Viljoen (moontlik): 15 Raynhardt Kruger, 14 Marco Kunz, 13 Juan van den Heever, 12 Jonno Morkol, 11 Kabelo Tlhoaele, 10 Claude do Couto, 9 Ethan Weideman, 8 Rio Tshimbalanga, 7 Tiaan van Huysteen, 6 Lloyd Shoko-Schenk, 5 Clayton Gagiano, 4 Steffan Basson, 3 Sifiso Shongwe, 2 Ondisa Njili, 1 Juan Cooper.

    Lichtenburg (moontlik): 15 Xander Blom, 14 Tehan Potgieter 13 Ruan Kroëse, 12 Oratile Sekoto, 11 Kuzi Mupudzi, 10 Luan Snyman, 9 Rea Motsusi, 8 KG Legodi, 7 Tiaan Booysen, 6 MC Shanahan, 5 Elje Kleynhans, 4 George Bingudza, 3 Duan Kruger, 2 Juan van Rhyn, 1 Armandt Pienaar.

    Montana t. Jeugland om 12:25 in Pretoria:

    Montana: 15 Marq de Villiers, 14 Keagan van der Merwe, 13 Luan Barnard, 12 Hendrew Schoeman, 11 Sam Schoeman, 10 Rubel Bester, 9 Braam Schutte, 8 Ulrich van Biljon, 7 LJ Fourie, 6 Dieter Scheepers, 5 Kyle Bronkhorst, 4 Louan Erasmus, 3 Xandré le Roux, 2 Aiden Vorster, 1 Aiden van der Made.

    Jeugland: 15 Kokets Maphopa, 14 Beya Nyathi, 13 Andrew Khoza, 12 Innocent Vilakazi, 11 Thando Ngomane, 10 King Agbanzo, 9 Zaydene Adams, 8 Jaden Kleyn, 8 Jaden Kleyn, 7 Alec Mohlala, 6 Joseph Ngoma-Ngoma, 5 Nivan Duvenhage, 4 Daniel Wawina, 3 Khumo Maimane, 2 Lesego Moitse, 1 Phenyo Nkoana.

    Wagpos t. Wesvalia om 13:20 in Brits:

    Wagpos: 15 AJ Nieman, 14 Franco Dippenaar, 13 Pieter Steenkamp, 12 Heinrich Wiehanh, 11 Arrie Joubert, 10 JG Olckens, 9 Myburg Henning, 8 Hendrik de Jager, 7 David van Breda, 6 Dian Coetzee, 5 Dilan Strauss, 4 Wian Botha, 3 Markus Schramm, 2 Adriaan Venter, 1 Armant Botha

    Wesvalia (moontlik): 15 Fafa Calitz, 14 Stephan Pelser, 13 Jeandré Snyman, 12 Wian du Preez, 11 Martin Bierman, 10 Eduard Dreyer, 9 Barry Nieman, 8 Franco Dumond, 7 Tiaan de Kock, 6 Quewen Fourie, 5 Henré van der Walt, 4 Deacon Kath, 3 Charl du Preez, 2 Fanie Linde, 1 Ulrigh du Preez.