SSPN Test Site

Author: froberholzer

  • Zwarries, Klerksdorp haaks vir eerste keer vanjaar

    Zwarries, Klerksdorp haaks vir eerste keer vanjaar

    FOTO: Marius Nortjé.

    Tradisionele aartsvyande, Hoërskool Zwartkop en Hoërskool Klerksdorp, sê mekaar Saterdag vir die eerste keer vanjaar die stryd aan.

    Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    Benewens die NWU Prestige-reeks, waarin die twee spanne mekaar hierdie naweek in Centurion pak, sal hul later vanjaar ook weer swaarde kruis wanneer die SDC Noordvaal Cup se Plaat-afdeling afskop, met die moontlikheid van ‘n herontmoeting in dié reeks se uitspeelrondes.

    Hoewel dit die Zwarries se eerste amptelike wedstryd is vir 2025, het hulle reeds litte los gemaak in ‘n vriendskaplike kragmeting met St Alban’s College, waarin die afrigtingspan kans gehad het om diepte te toets en laaste skaafwerk te doen voor die aanvang van die seisoen.

    Daar heers taamlike opwinding oor Saterdag se tweestryd in die middeveld tussen Zwarries se Justin Julies en Winton Abrahams van Klerksdorp. Albei buitesenters beskik oor hope vaart en kan die kleinste van gapings uitbuit. Voorlangs kan die tuisspan se agsteman, Wihan Roux, sy hande volhê wanneer die gevaarlike Tiaan Koen aan die gang kom.

    Potchefstroom Gimnasium kruis Saterdag, in sy derde wedstryd in agt dae, swaarde met met ‘n omgesukkelde Die Anker in Brakpan.

    Die span van die Oos-Rand moet klaarkom sonder die dienste van agsteman en kaptein, Ruben Herbst, wat las ervaar van ‘n besering wat hy in die nederlaag van 24-26 teen Hoërskool Wesvalia opgedoen het. Hy word vervang deur Jaydon Steenkamp, terwyl Herbst se jonger broer, Markus Herbst, skuif van oopkant- na steelkantflank met Byron van Zyl wat in die nr 6-trui diens doen.

    In Heidelberg is die tafel gedek vir ‘n liplekker-stryd wanneer Hoërskool Pietersburg by Heidelberg Volkskool besoek aflê. Die Pieties se afrigtingkorps het een taktiese skuif voorlangs gemaak, met Ludke Pienaar en FC Smith wat plekke ruil as slot en agsteman. Die Volkies stoot ‘n onveranderde span in die veld.

    Bergsig Akademie is steeds soekende na ‘n eerste sege in dié reeks. Die span van Rustenburg verwelkom die gevaarlike Potchefstroom Volkskool in Rustenburg.

    Die Potchefstromers het verlede week met 31-24 geseëvier in die stryd van die “Volkies”, oor Heidelberg Volkskool, en beïndruk met aanskoulike rugby. Dit is iets waartoe die Arende ook in staat is met fyn vaardighede en die gewilligheid om spasie aan te val.

    Die spanne:

    Zwartkop t. Hoërskool Klerksdorp om 13:40 in Centurion:

    Zwartkop: 15 Shayden Botha, 14 Luan Isaacs, 13 Justin Julies, 12 David van Jaarsveld, 11 Zulu Mona, 10 Tilon Baron, 9 Luan Janse van Rensburg, 8 Wihan Roux, 7 Luan Wepener, 6 Brian Smith, 5 Jethro le Roux, 4 Franco van Tonder, 3 AJ Hendrick, 2 Reagan Blignaut, 1 Matthew Smith.

    Klerksdorp (moontlik): 15 Dorian Isaacs, 14 Tyran Masango, 13 Winton Abrahams, 12 Marques Jantjies , 11 D-Jee Treunich, 10 Brendin Mathyse, 9 Jarred van Staden, 8 Tiaan Koen, 7 Marnus van der Merwe, 6 Karabelo Maseka, 5 SG de Klerk, 4 Abrie Esterhuizen, 3 Zander Nienaber, 2 Rionaldao Joubert, 1 De Wet le Roux.

    Die Anker t. Potchefstroom Gimnasium om 11:20 in Brakpan:

    Die Anker: 15 Paul Schutte, 14 Dullon le Roux, 13 Arno Krugel, 12 Edrick Pienaar, 11 Jonothan Jordaan, 10 Danie Smit, 9 Jean Blignaut, 8 Jaydon Steenkamp, 7 Markus Herbst, 6 Byron van Zyl, 5 Brendan van Lutterverld, 4 Gerhard Oosthuizen, 3 Xavier Momberg, 2 Rico Goosen, 1 Branden Sauerman

    Potchefstroom Gimnasium: 15 Joshua Pretorius, 14 MJ Potgieter, 13 Jandré Oosthuizen, 12 Elrich Bosch, 11 Rebaone Moalosi, 10 Zandré Da Silva, 9 MJ Viljoen, 8 De Wet Grobler, 7 Rynel Rautenbach, 6 Reuel Potgieter, 5 AP Muller, 4 Dirk Stear, 3 Matt Redelinghuys, 2 Kobus Grobbelaar, 1 Juandré Barends.

    Heidelberg Volkskool t. Hoërskool Pietersburg om 13:30 in Heidelberg:

    Heidelberg Volkskool: 15 Theuns van der Merwe, 14 Jason Brits, 13 Jeandré Pretorius, 12 Tristan Munro, 11 JV Badella, 10 Marco Botha, 9 Hein Oelofse, 8 Jaco Botha, 7 Eduard Roets, 6 Klaas Venter, 5 Juan de Villiers, 4 Jano Dietrechsen, 3 Werner Grobler, 2 Henru Coetzer, 1 Dean Last.

    Pietersburg: 15 Ryno Mienie, 14 Armandt Venter, 13 Basson Wolmarans, 12 Siya Manhlangu, 11 Keanu Potgieter, 10 Juan Randell, 9 Celliers van der Merwe, 8 Ludke Pienaar, 7 Juan Janse van Vuuren, 6 Andru de Beer, 5 FC Smith, 4 Brent Vorster, 3 Stephan Jansen van Rensburg, 2 Ziahn Lombaard, 1 Kyle Swanepoel.

    Bergsig Akademie t. Potchefstroom Volkskool om 12:30 in Rustenburg:

    Bergsig (moontlik): 15 Alzandro Dos Santos, 14 Keabetswe Daile, 13 Bradley Stonehous, 12 Dan Bogopane, 11 Heinrich Krugel, 10 Carlo de Jager, 9 Paulo Dos Santos, 8 Stephan Harmse, 7 Thatano Bagwase, 6 Christiaan de Abreu, 5 Martin Pieterse, 4 Jacques Viviers, 3 Dylan Smith, 2 Marnus Dercksen, 1 Thabang Machubene.

    Potchefstroom Volkskool (moontlik): 15 Anro Nel, 14 Theunis Nel, 13 Hennie Pretorius, 12 River Samuals, 11 Juan Fourie, 10 Lorenzo Louw, 9 Juhan Geldenhuys, 8 Johannes Lombaard, 7 Marlu du Preez, 6 Wian Victor, 5 Stef Schoeman, 4 Joshua van der Westhuizen, 3 De Waal Coetzer, 2 Louis Fourie, 1 AB Brink

  • Affies weet groot toets wag teen Helpies

    Affies weet groot toets wag teen Helpies

    FOTO: Martin Ashworth.

    Die Afrikaanse Hoër Seunskool kom hierdie naweek in Pretoria voor sy eerste groot toets van die jaar te staan teen ‘n gevaarlike en onvoorspelbare Helpmekaar Kollege.

    Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    Albei spanne het die nuwe seisoen met indrukwekkende seges afgeskop. Helpmekaar, wat al die pad na die KwaZulu-Natalse Middelande moes reis, het sy rekening met ‘n sege van 17-10 oor Michaelhouse oopgemaak, terwyl Affies die “ongeslypte” Diamonds van Hoërskool Diamantveld in Kimberley met 45-24 kafgedraf het.

    Hoewel hulle as o.16-groep met 14-55 die knie moes buig teen Affies, bied Helpies vanjaar ‘n splinternuwe uitdaging vir die sterk span van Pretoria. Die Johannesburgers het uitstekend vertoon op die aanval teen Michaelhouse, met vernaam die vermoë om af te laai in kontak en van mekaar af te speel wat dit moeilik maak vir selfs die beste om teen te verdedig. Boonop is Helpies se verdediging self goed georganiseerd en sal Affies hul storie moet ken om bresse te slaan.

    Die besoekers kom op hul beurt voor ‘n reuse uitdaging voorlangs te staan en sukses sal grootliks daarvan afhang of hulle die Wit Bulle se “dieselenjin” kan stuit. Helpmekaar-voorryman, Liam Devenier, wat vir ‘n tweede seisoen op loskopstut diens doen, behoort egter oorgehaal te wees om dié uitdaging aan te pak.

    Die tuisspan se kragtige dryfmaal, met haker, Bauke Swart, aan die spits, kan ook vir die manne in bruin hoofbrekens besorg.

    Agterlangs kan daar uitgesien word na ‘n liplekker-stryd tussen die senterpare, Divan Fourie en Nicolaas Grobler, wat die Affies-middelveld, beman teenoor Helpies se Clinton Cloete en Ty Ax.

    Hoërskool Secunda en Merensky Landbou Akademie begin Saterdag ‘n nuwe hoofstuk met die Plasies wat na Secunda reis vir ‘n uitdagende stryd. Die Ligbloues se hulpafrigter, Steven Steyn, keer terug na sy ou jagveld, nadat hy hom verlede jaar vanaf Secunda by die Plasies aangesluit het.

    Saterdag se kragmeting behoort as ‘n akkurate maatstaf vir die Tzaneeners te dien, aangesien Secunda meeding in die SDC Noordvaal Cup se Skild-afdeling, een liga hoër as die Bowl waarin die Plasies speel.

    Die senterstryd beloof hier ook om heelwat aksie op te lewer. Maritz Meintjies, die Ligbloues se kaptein, en buitesenter, Jens Bezuidenhout, het elkeen ‘n driekuns aan drieë in die stryd teen Hoërskool Nylstroom behaal. Hulle kan egter hul hande volhê met Secunda se Bismarck Jansen, wat ‘n stukkie goud uit niks kan optower met die bal in hand.

    Die spanne:

    Affies t. Helpmekaar Kollege om 13:25 in Pretoria:

    Affies: 15 Lamont Baaidjies, 14 Rikus Strydom, 13 Nicolaas Grobler, 12 Divan Fourie, 11 Hugo Snyman, 10 Ruben Groenewald, 9 Zirk Meyer, 8 Stefan McDonald, 7 Albert Smit, 6 Lohan Potgieter, 5 Christiaan de Wet, 4 Elwin Janse van Vuuren, 3 Deon Botes, 2 Bauke Swart, 1 Roal Kruger.

    Helpmekaar: 15 Ethan Lourens, 14 Francois Tonkin, 13 Ty Ax, 12 Clinton Cloete, 11 Andreas Badenhorst, 10 Wian Strom, 9 Kean Butler, 8 Zian Smit, 7 Zaiden Krige, 6 Lewellyn Vermaak, 5 Jandré Botha, 4 Eugene de Lange, 3 Dylan Engelbrecht, 2 Gustav Grotius, 1 Liam Devenier.

    Hoërskool Secunda t. Merensky in Secunda om 13:20 in Secunda: 

    Secunda (moontlik): 15 Ryan Lottering, 14 Dillan Grundling, 13 Alberto Volchenk, 12 Bismarck Jansen, 11 JD van Koller, 10 Alonzo Blackenberg, 9 Armand Underhay, 8 Renier Combrink, 7 Franko Rossouw, 6 Zander van der Merwe, 5 Sifiso Hlungwane, 4 Mickey Jordaan, 3 MC Vosloo, 2 Rico Fourie, 1 Nathan Erasmus.

    Merensky: 15 George Steenkamp, 14 Armand Eloff, 13 Jens Bezuidenhout, 12 Maritz Meintjies, 11 Christo Venter, 10 JD Boshoff, 9 Muis Tolken, 8 Mukhetwa Musundwa, 7 PG Botes, 6 Jan Pretorius, 5 Craig Walker, 4 Blessing Mathebula, 3 Leander Burger, 2 Carel Volschenk, 1 Otto Muller.

  • Valia oorgehaal om sy staal te wys, Buffels weet die Moot is ‘Groot’

    Valia oorgehaal om sy staal te wys, Buffels weet die Moot is ‘Groot’

    FOTO: Frans Lombard.

    Saterdag kry Hoërskool Transvalia uiteindelik die kans om vir die eerste keer in 2025 sy staal ten toon te stel, tuis teen Hoërskool Middelburg, in die NWU Sportreeks.

    Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    Die span van Vanderbijlpark was veronderstel om vandeesweek, op 11 Maart, teen Hoërskool Kempton Park te gespeel het, maar daardie wedstryd was vanweë die swaar weer in en rondom Gauteng afgelas.

    Die opwinding om Valia weer in aksie te sien, loop derhalwe hoog in Vanderbijl. Die span beskik steeds oor 14 spelers wat in verlede jaar se eindstryd met 24-24 gelykop gespeel het teen HTS Middelburg.

    Vernaam die terugkeer van steelkantflank, Daniel Kazambo, is ‘n beduidende hupstoot vir Valia, en, tesame met slot, Christiaan Liebenberg, behoort Kazambo behoorlik vuur te maak onder die pak.

    Die Middies, daarenteen, het reeds twee wedstryde, waarvan hulle altwee gewen het, agter die rug. Hulle moet egter hierdie week klaarkom sonder ster-flanke, Kensani Buthelezi en CW Hanekom, wat albei las ondervind van beserings na die Middies se sege van 32-22 oor die Kempies verlede naweek.

    Buthelezi word vervang deur die veelsydige Wihan Jordaan, wat skuif van slot na steelkantflank, met Jabu Mathebula wat sy plek in die nr 4-trui opneem, terwyl Hanekom se afwesigheid aan Rico van Niekerk geleentheid bied om te wys wat in hom steek.

    Hoërskool Ben Vorster besef dat hy ‘n yslike taak op hande het Saterdag in die Moot teen Hoërskool Oos-Moot. Die Oosies was Woensdag, 12 Maart, vir die eerste keer vanjaar in aksie, teen Hoërskool Waterkloof, en het, nes die Buffels, met 21-24 die onderspit gedelf teen die verdedigende kampioen gedelf.

    Oos-Moot het nietemin tóg beïndruk, met sy ervare skrumskakel, David Fourie, wat gewys dat hy reeds oor ‘n jaar se ondervinding beskik. Fourie se taktiese skopwerk en venynige breekslae om die afbreekpunte sal die besoekers van Tzaneen toets.

    Ben Vorster se pak voorspelers hou die sleutel vir die Tzaneeners. Tumi Romohale se tweestryd met Jaydon Botha, in die nr. 8-trui, beloof om die vonke te laat spat, terwyl flank, Joshua van der Mescht, ook ‘n impak kan hê met sy fisieke verdediging.

    Spanne:

    Transvalia t. Hoërskool Middelburg om 12:40 in Vanderbijlpark:

    Transvalia: 15 Dave Mtizi, 14 Dihan Crause, 13 Tshepo Molankeng, 12 Brandon Matthews, 11 Tumi Moloi, 10 Jay-Dee Maree, 9 Bernardt van Dyk, 8 Caylan McLaughlin, 7 Daniel Kazambo, 6 Juan Bischoff, 5 Christiaan Liebenberg, 4 Kyle Maartens, 3 Damian van Heerden, 2 Wihandré Kruger, 1 Vusi Morathi.

    Hoërskool Middelburg: 15 Lesego Karale, 14 Bulelani Mcira, 13 Jaco Truter, 12 Lungelo Maseko, 11 Zanempilo Mahlangu, 10 Buhle Mphanhlaza, 9 Keabetswe Nkgadima, 8 Henco Jansen van Rensburg, 7 Wihan Jordaan, 6 Rico van Niekerk, 5 André Roberts, 4 Jabu Mathebula, 3 Dewald du Toit, 2 Roux Grobler, 1 Wian Olwagen

    Oos-Moot t. Ben Vorster om 13:30 in Pretoria:

    Oos-Moot: 15 Jayden Pretorius, 14 Dino Collinson, 13 Drew Williams, 12 Jeandré Venter, 11 Roysten Arendse, 10 Tersius van der Merwe, 9 David Fourie, 8 Jaydon Botha, 7 Owen Basson, 6 Clayton du Bruyn, 5 Riyaan Wilson, 4 Stian van der Venter, 3 Divan du Preez, 2 Thando Telelo, 1 Jandré de Beer.

    Ben Vorster: 15 Freddie Pinto, 14 Miguel Makhubupetsi, 13 Chifu Banda, 12 Gehan Hendriks, 11 Lethabo Sejake, 10 Shelton Primo, 9 Stiaan du Randt, 8 Tumi Ramohlale, 7 Joshua van der Mescht, 6 Kobus de Beer, 5 Lourens Harmse, 4 Barend Harmse, 3 Randy Magabe, 2 Ruben Pohl, 1 Thabang Nkuna.

  • Maak-of-breek stryd in Boksburg vir Jansies en Rhinos

    Maak-of-breek stryd in Boksburg vir Jansies en Rhinos

    Hoërskool Nelspruit se agsteman en kaptein, Vaughn van Zyl, rank hoog in die Nellies se eerste wedstryd teen Hoërskool Rustenburg. FOTO: Johan Orton.

    Eerskomende naweek se NWU Sportreeks-stryd in Boksburg tussen die gashere, Hoërskool Dr EG Jansen, en Hoërskool Nelspruit is vir albei spanne van kritieke belang.

    Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    Die Jansies en Rhinos, elk met slegs een oorwinning in vriendskaplike wedstryde gedurende hul laaste twee uitstappies, is steeds segeloos in vanjaar se Sportreeks.

    Albei het teen ‘n duidelik omgekrapte HTS Middelburg vasgeval, dus sal Saterdag se kragmeting bepaal wie tweede in dié drie spanne se groep eindig.

    Die Arende, wat verlede naweek met 45-20 koning gekraai het oor Ligbron Akademie, lyk asof hulle hul voete begin vind. Die span van Boksburg se breierskorps het reeds vir daardie wedstryd ‘n aantal veranderinge aangebring aan die span wat teen die Rooi Bulle verloor het, waarvan die beduidendste waarskynlik Deshean Pietersen se skuif vanaf heelagter na losskakel was.

    Zulu Otlatleng vervang Pietersen op heelagter, met die blitsige Jordan van der Weshuizen wat stelling in die nr. 11-trui inneem.

    Die Nellies stoot self ‘n span wat effens anders daar uitsien in die veld teen die Boksburgers. Voorlangs vervang Dhandré van Wyk vir D’Angelo Roberts op haker, terwyl slot, André Smit, plek maak vir Werno Heyns om sy taal te wys. Agterlangs mis Liam Pringle uit, met Kamo Monkwe wat in ‘n skrumskakel-stryd met die Jansies se gevaarlike JP Jooste gewikkel sal wees.

    Hoërskool Eldoraigne verwelkom ‘n gekweste Hoërskool Piet Retief op tuisbodem. Die span van Mpumalanga lek hul wonde na die dragslae van 7-78 wat hulle verlede week op die lyf geloop het teen Die Hoërskool Menlopark. Die Drake sal nietemin steeds op hul hoede moet wees met die wete dat die besoekers se gewilligheid om hardlooprugby te speel uiters gevaarlik kan wees.

    Die tuisspan, wat self onder die Parkies deurgeloop het, het besluit om nie minder nie as vyf veranderinge aan te bring vir Saterdag. Oopkantflank, Cameron Killian, se terugkeer kan ‘n massiewe hupstoot vir die Eldos beteken, verál as ‘n teenvoeter vir die Pieties se Melo Xulu by die afbreekpunte. Voorts bied Justin Meintjies se skuif van steelkanflank na agsteman vir Esdee Kotze die geleentheid om te wys wat in hom steek.

    Die spanne:

    EG Jansen t. Hoërskool Nelspruit om 12:20 in Boksburg:

    EG Jansen: 15 Otlatleng Zulu, 14 Jayden du Preez, 13 Christopher Combrink, 12 Egan Pretorius, 11 Jordan van der Westhuizen, 10 Deshean Pietersen, 9 JP Jooste, 8 Dian Botha, 7 Jacques van Tonder, 6 Craig Lightfoot, 5 Breyton Kruger, 4 Clayton du Buisson, 3 Deveraux Weideman, 2 Marco Ventura, 1 Ruan Russouw.

    Hoërskool Nelspruit: 15 Jean Erasmus, 14 Jordan Pretorius, 13 Ruben Greeff, 12 Gideon Gilliland, 11 Tinyiko Silubane, 10 John Duncan, 9 Kamo Monkwe, 8 Vaughn van Zyl, 7 Vian Louw, 6 Prosper Chillione, 5 Werno Heyns, 4 Ethan Esterhuizen, 3 Gert Cloete, 2 Dhandré van Wyk, 1 Lindani Ndlela.

    Eldoraigne t. Piet Retief om 13:20 in Centurion:

    Eldoraigne: 15 MJ Buitendag, 14 Tristan Lee, 13 Hanno Jacobs, 12 Ethan Beyer, 11 Hugo Theron, 10 Damian Elferink, 9 Darren Bruwer, 8 Esdee Kotze, Justin Meintjies, 6 Cameron Killian, 5 MC Scheepers, 4 Jadon van Rooyen, 3 Chase Wessels, 2 Jean de Villiers, 1 Marnes Prinsloo.

    Piet Retief: 15 Buhle Ngubane, 14 Spephelo Phakathi, 13 Siphosethu Sibisi, 12 Gilles van der Meulen, 11 Vuyani Tshabalala, 10 Owethu Shabalala, 9 Kyle Stock, 8 Fiso Methula, 7 Melo Xulu, 6 Lethu Hlope, 5 Prince Mahlangu, 4 Avongwe Maduna, 3 Aza Phakathi, 2 Wayne Mitchell, 1 Sfundo Mayisa.

  • Montana sit segetog voort, Gimmies laat Wessies sweet

    Montana sit segetog voort, Gimmies laat Wessies sweet

    Hendrew Schoeman, binnesenter en kaptein van Hoërskool Montana, lê aan pale toe teen Hoërskool Lichtenburg. FOTO: Nicolette Fourie.

    Hoërskool Montana het Woensdagaand sy segetog op tuisbodem in Pretoria voortgesit.

    Herleef al die aksie op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    Die Monties, wat óók as die Wit Bulle bekend staan, het in hul tweede wedstryd in vyf dae met ‘n telling van 35-24 oor Hoërskool Marais Viljoen koning gekraai. Hulle het Saterdag ‘n verbete terugvegpoging geloods om Hoërskool Lichtenburg, in Lichtenburg, met een punt te troef en hul onoorwonne status in die NWU Prestige-reeks te behou.

    Die Monties was blitsig uit die blokke teen Marais Viljoen, met losskakel, Rubel Bester, wat die toutjies vanuit die staanspoor soos ‘n generaal getrek het. Dit het die gevaarlike binnesenter en kaptein, Hendrew Schoeman, wat verlede jaar reeds vir die Blou Bulle se o.17-span uitgedraf het, op die voorvoet help plaas en die agterlyn se bereidwilligheid om die bal lug te gee, het dikwels vrugte afgewerp.

    Die grondslag vir die sege is egter voor gelê, met die Monties-stutte, Aiden van der Made en Xandré le Roux, wat die besoekers laat brul het in die skrums, terwyl die res van die pak die tempo deur die loop van die wedstryd opgejaag het om die oorhand te kry.

    Dit is nietemin steeds vroeg in die seisoen, en Marais Viljoen het met tye gewys wat hulle met bal in hand kan doen. Hulle het op stuk van sake ‘n agterstand van 16 punte in die tweede skof na slegs twee punte laat krimp om die Monties te laat naels kou.

    Agsteman, Rio Tshimbalanga, het vir die volle 70 minute alles uitgehaal om die span van Alberton aan die wenkant te probeer kry. Sy groot liggaamsbou en fisieke teenwoordigheid het hom haas onkeerbaar gemaak en hy het by een só ‘n geleentheid deur die verdediging gebars vir een van sy span se vier drieë.

    Potchefstroom Gimnasium het die naaswenners van verlede jaar, Hoërskool Wesvalia, aanvanklik laat sweet vir ‘n uiteindelike oorwinning met 28-12. Wessies se haker, Fanie Linde, het twee keer gaan druk in sy span se felle aanslag gedurende die tweede helfte, terwyl losskakel, Eduard Dreyer, se stewel weer die telbord aan die rol gehou het met drie strafdoele en twee doelskoppe.

    Gimmies se twee stutte, Jaundré Barends en Matt Redelinghuys, het hul stempel deeglik afgedruk in die skrums, wat vir die Gimmies se skrumdokter, Pietman van Niekerk, breed sou laat glimlag het.

    Puntemakers:

    Montana 35 (26) – Drieë: Juan Alexander, Luan Barnard, Aiden Vorster, Marq de Villiers, Keagan van der Merwe. Doelskoppe: Hendrew Schoeman (5). Marais Viljoen 24 (10) – Drieë: Juan Copper, Ondisa Njili, Jemaine Crouse, Rio Tshimbalanga. Doelskoppe: Raynhardt Kruger (2).

    Wesvalia 28 (6) – Drieë: Fanie Linde (2), Quewen Fourie. Doelskoppe: Eduard Dreyer (2). Strafdoele: Dreyer (3). Potchefstroom Gimnasium 12 (7) – Drieë: Elrich Bosch, Reuel Potgieter. Doelskop: Zandré Da Silva.

    Ander spanne:

    o.16: Montana 28, Marais Viljoen 16; Wesvalia 12, Potchefstroom Gimnasium 3.

    o.15: Montana 15, Marais Viljoen 10; Wesvalia 51, Potchefstroom Gimnasium 0.

    o.14: Montana 12, Marais Viljoen 10; Wesvalia 22, Potchefstroom Gimnasium 3.

  • Victoria Cricket Club ready to make waves at Schools SA20 National Finals

    Victoria Cricket Club ready to make waves at Schools SA20 National Finals

    The girls from Victoria Hub after winning the Regional Final of the Schools SA20 competition. Photo: Victoria Cricket Club on Facebook.

    As the birthplace of Vincent Barnes‘s cricketing career, his old club, Victoria Cricket Club, or Victoria Hub, will take great pride in their progression through the first two phases of the Schools SA20 competition, which has earned them a shot at national glory.

    Follow Victoria Hub and all the action of the Schools SA20 National Finals LIVE on SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    Barnes, a legend known for his service to South African cricket, especially as a very successful coach, which included serving as the Proteas‘ bowling coach, is now the Tournament Director of the inaugural Schools SA20.

    He will, no doubt, be excited to see the girls from his old club in action during the third and final phase of the national competition, which takes place in Pretoria from 12-15 March.

    The club has served as a stepping stone for Proteas’ off-spinner, Dane Piedt, and fast bowler, Nandré Burger, and has also included the USA and former Knights‘ all-rounder, Shadley van Schalkwyk, in its ranks.

    The girls from Cape Town made headlines when they won phase two, the Regional Playoffs, in Oudshoorn, in January. They convincingly thumped Bridgton Hub by 96 runs and then thundered through HTS Drostdy twice to claim the title.

    The Western Cape side is well coached by Myles Williamson and will present their opponents with a strong all-round challenge.

    Star opening batter, Nuhaa Benjamin has been in prolific form, piling on the runs since the start of the competition. Alongside her, fellow opener, Imaan van Schalkwyk, has done well, too, with the pair stamping their dominance on proceedings by providing a solid foundation up front.

    In the bowling department, Zaurah Titus is aiming to wreak havoc on opposing batters in Pretoria. Her significant contributions with the ball have played a big part in Victoria Cricket Club’s successes.

    She will certainly also call on Danelí Boshoff and Thaurah Dollie for assistance as they look to support Benjamin, Van Schalkwyk, and the rest of the batters in their quest to go all the way.

  • Schools SA20 Profile – Shelfa Mukhari – Nkowankowa Hub

    Schools SA20 Profile – Shelfa Mukhari – Nkowankowa Hub

    Shelfa Mukhari shows off her South African Schools’ cricket kit. Photo: Nkowankowa Cricket Club.

    At the previous two editions of the CSA u19 Girls Week, Shelfa Mukhari, from Nkowankowa, a town just outside Tzaneen, in Limpopo, earned herself a place in the South African Schools team.

    Follow Shelfa and all the Schools SA20 Nationals Finals action LIVE on SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    The talented pace bowler started her journey to winning national colours back in 2018 when she took up cricket as an 11-year-old.

    “I have been fortunate enough to be part of Shelfa’s growth and development in her young cricket career. I’ve coached her for about seven years now and every year she gets better and better,” her coach, Blessing Mabunda said.

    Muhkari’s achievements also saw her reach the final 22 of selection for the South Africa u19 Women’s squad.

    “With all the experience she has gained from Cricket South Africa camps, she led our bowling attack expertly in the Schools SA20 Regional Finals in Benoni,” Mabunda said. “Although she didn’t take that many wickets, she was the one to remove the opposition’s key batters.”

    In the semi-final against Shoshanguve Hub, her two overs with the new ball, which cost only five runs, played a pivotal part in her side advancing to the final. Then, in the final against Kwa-Themba Hub, she surrendered only eight runs from three overs.

    Her ability to land the ball in the same spot continuously not only places heavy pressure on the opposition batters but also forces unwanted errors.

    Mukhari has a simple goal for the tournament: Dominate the Schools SA20 playoffs and make a name for herself and her team. If she performs in the National Finals as she has in qualifying for the big stage, she’ll surely achieve that goal.

    The Nkowankowa Hub’s challenge begins on Thursday morning with a showdown against Saints Christian School at 09:30.

  • Schools SA20 Profile – Nuhaa Benjamin – Victoria Cricket Club

    Schools SA20 Profile – Nuhaa Benjamin – Victoria Cricket Club

    Nuhaa Benjamin on the attack. Photo: Victoria Cricket Club.

    Nuhaa Bejamin is following in the footsteps of some top players who have turned out for the Victoria Cricket Club and she’s aiming to win national acclaim for the team at the Schools SA20 National Finals in Pretoria.

    The girls’ competition starts on Thursday.

    Follow Nuhaa and all the Schools SA20 National Finals action on SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    Benjamin, who opens the batting for the Cape Town side, has made significant waves in their campaign.

    In the semi-final and the final against HTS Drostdy, she top-scored to lead her side to the title of regional champions.

    She came close to a half-century in both matches, scoring 42 off 35 balls in the semi-finals before bettering that score that same afternoon with a classy 47, the highest individual score of the final.

    Benjamin also showed her class during the first phase of the Schools SA20, twice exceeding 50, including against the strong bowling lineup of Reddam House Constantia. In that match, she smashed eight fours in a contribution of 58 runs from only 52 deliveries.

    “Her ability to rotate the strike, and then, to capitalise on the bad ball makes her extremely dangerous and effective for us at the top of the order,” Myles Williamson, Benjamin’s coach at Victoria Cricket Club, said.

    Apart from her batting prowess, she’s also a handy right-arm medium-pace bowler. Her ability to contain run-scoring through the middle part of a T20 match makes her extremely effective. It also allows Victoria’s other bowlers more freedom to hunt for wickets, which has proved to be a winning recipe in the past.

    Benjamin is highly motivated to make her mark at the national final in Pretoria and to help her team become the inaugural winner of the Schools SA20 title. It will be a tough challenge, but there can be only one inaugural winner, and that’s history that Benjamin is keen to help her team make.

  • St Andrew’s School a serious contender for national glory

    St Andrew’s School a serious contender for national glory

    St Andrew’s School First XI Captain, Reuben van Aarde in action in the Saints victory over Grey College in the Schools SA20 Final in Potchefstroom. Photo: Provided by St Andrew’s School.

    Bloemfontein’s powerhouse, St Andrew’s School, will not only be a force to be reckoned with at the Schools SA20 National Finals but will also be a strong contender to walk away with the spoils as South Africa’s best T20 schools side in the 2024/25 season.

    Follow all the action live on SuperSport Schools and Channel 216(www.supersportschools.com)

    Having beaten their neighbours, Grey College thrice, twice in the shorter format and once in the 50-over format, more recently, Saints have certainly stamped their authority as a serious cricketing side.

    To put the cherry on top, both victories in the T20 format came in finals, firstly in the provincial and then in the regional final of the tournament.

    Led by wicketkeeper/batsman Naudé Botha‘s willow, the Bloemfontein side has settled nicely as a balanced and dangerous side.

    Botha, the most experienced player in their team, boasting 97 caps for the 1st XI, will bring up his 100th cap against Graeme College in the round-robin stage of the tournament’s National Playoffs, scheduled to start on 12 March at the University of Pretoria.

    Alongside him, his opening partner and batting all-rounder, Andrew Sobiech will be another important piece of the Saints’ puzzle. His hard-hitting nature at the top of the order has earned him a reputation as one to watch in Pretoria. Further strengthening the Saints’ side is the talented FG Botha, who has been in tremendous form since the start of the 2025 calendar year.

    He seems to love the big occasion, playing match-winning knocks of 57 and 84* in the provincial and regional finals. Also vastly experienced, with 80 1st XI caps under his belt, Botha continuously pulls his weight with the ball, too. Fooling batsman from around the country with his leg-spin, he’s taken 20 wickets in only nine T20 matches, the most of any Saints’ bowler in the Schools SA20 competition.

    Captain, Reuben van Aarde, has steered the Saints’ ship nicely from the middle order, providing the batting depth to outscore any opponent on the day. In the bowling department, alongside Botha, opening bowler, Cullen Kakora, has been another shining light, especially with the new ball up front.

    He’s been exceptional, conceding only 6.25 runs per over, bowling during the most difficult stages of T20 cricket, the first powerplay, and in the death overs, boasting a total of 13 wickets in the nine matches he’s played.

    The squad for the National Playoffs

    St Andrew’s School: Naudé Botha, Andrew Sobiech, FG Botha, Grové du Preez, Reuben van Aarde, Leon Athanasiou, Johan Liebenberg, Jonathan Hickley, Nikhil Sukraj, Erhard Barends, Heindré Serfontein, Cullen Kakora, Ryle Beckmann, Gary Simons.,

  • Dreyer sool Wessies tot sege, Gimmies skop af met ses van die bestes

    Dreyer sool Wessies tot sege, Gimmies skop af met ses van die bestes

    Reba Moalosi, linkervleuel van Potchefstroom Gimnasium, duik sierlik oor vir een van sy span se ses drieë Saterdag teen Hoërskool Wagpos. FOTO: Potchefstroom Gimnasium op Facebook.

    Eduard Dreyer se stewel was Saterdag in Klerksdorp die beslissende faktor in Hoërskool Wesvalia se eerste sege van die jaar, in die NWU Prestige-reeks.

    Herleef al die aksie op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    Dit het soos verwag ‘n uiters fisieke stryd afgegee tussen die Wessies en Die Anker, met die Klerksdorpers wat uiteindelik met 26-24 die pyp kon rook.

    Die besoekers van Brakpan het, na slegs ‘n paar minute se spel, hul agsteman en kaptein, Ruben Herbst, met ‘n besering verloor. Hulle het hulself egter nie deur dié terugslag laat onderkry nie, met vernaam slot, Brendan van Lutterfield, wat eenvoudig sy fokus verder verskerp het om die Wessie-pak met mening aan te vat. Daarvoor is Van Lutterfield met twee drieë beloon.

    Dit het die res van die Brakpanse agttal aangevuur om die pap nóg dikker aan te maak voorlangs, terwyl binnesenter, Edrick Pienaar, die telbord laat aanhou rol het met drie strafdoele en ‘n doelskop.

    Dit was egter die Wessies se skerpskutter, Eduard Dreyer, wat die laaste sê sou hê.

    Dreyer was uitstaande in die nr 10-trui. Die losskakel het onder druk geslaag om sy span op die voorvoet te hou met flink diens en skerp visie, en hy het self ‘n slag agter die doellyn gaan draai.

    Dit was egter met die stewel dat hy die knoop vir Wesvalia deurgehak het. Vier strafdoele en twee doelskoppe, tesame met sy drie, het aan Dreyer ‘n persoonlike bydrae van 21 punte besorg – waarvan twee punte die verskil tussen wen en verloor beteken het.

    Potchefstroom Gimnasium het sy 2025-seisoen en Prestige-reeks geloods met ‘n gemaklike sege van 38-12 oor Hoërskool Wagpos in Potchefstroom.

    Die Gimmies het ses keer gaan druk, met agsteman, De Wet Grobler, wat vir twee van dié drieë verantwoordelik was en oor die algemeen beïndruk het met sy aanvalsvernuf. Die ervare binnesenter, Elrich Bosch, het ook sy goeie spelpeil van verlede seisoen gehandhaaf en behoort weer vanjaar ‘n angel in die middeveld te wees.

    Die stryd tussen Hoërskool Marais Viljoen en Hoërskool Jeugland in Kempton Park was die derde van die Prestige-reeks bepalings vandeesweek wat met slegs ‘n enkele punt beslis is. Dit was ‘n wedstryd wat vir hope opwinding gesorg het, met albei spanne wat uiters gevaarlik op die aanval vertoon het.

    Die stelskopstryd tussen die tuisspan se losskakel, King Agbanzo, en Marais Viljoen se heelagter, Raynardt Kruger, was egter deurslaggewend. Agbanzo was in die kol met drie doelskoppe en ‘n strafdoel, maar Kruger het daarop verbeter met twee doelskoppe, asook twee strafdoele, wat uiteindelik ‘n sege van 25-24 vir Marais Viljoen beklink het.

    Puntemakers:

    Wesvalia 26 (13) – Drieë: Quewen Fourie, Eduard Dreyer. Doelskoppe: Dreyer (2). Strafdoele: Dreyer (4). Die Anker 24 (10) – Drieë: Brendan van Lutterfield (2), Xavier Momberg. Doelskoppe: Edrick Pienaar (3). Strafdoel: Pienaar.

    Potchefstroom Gimnasium 38 (19) – Drieë: De Wet Grobler (2), Matthew Redelinghuys, Reba Moalosi, Elrich Bosch, MJ Potgieter. Doelskoppe: Zandré da Silva (4). Wagpos 12 (5).

    Marais Viljoen 25 (10) – Drieë: Rio Tshimbalanga, Sifiso Shongwe, Kabelo Thloane. Doelskoppe: Raynardt Kruger (2). Strafdoele: Kruger (2). Jeugland 24 (10) – Drieë: Joseph Ngoma-Ngoma, Beya Nyathi, Lesego Moitse. Doelskoppe: King Agbanzo (3). Strafdoel: Agbanzo.

    Ander spanne:

    o.16: Die Anker 27, Wesvalia 0; Wagpos 54, Potchefstroom Gimnasium 10; Marais Viljoen 29, Jeugland 14.

    o.15: Wesvalia 15, Die Anker 0; Potchefstroom Gimnasium 24, Wagpos 3; Marais Viljoen 19, Jeugland 14.

    o.14: Wesvalia 39, Die Anker 0; Wagpos 3, Potchefstroom Gimnasium 0; Jeugland 12, Marais Viljoen 10.