SSPN Test Site

Author: froberholzer

  • Nellies, Middies open seisoen in Mpumalanga, Rusties slaggereed vir Trio

    Nellies, Middies open seisoen in Mpumalanga, Rusties slaggereed vir Trio

    Vaughn van Zyl op die aanval teen Hilton College by verlede jaar se St John’s College Easter Festival. FOTO: Frans Lombard.

    Die rugbyseisoen het nog skaars afgeskop of Mbombela kan reeds regskuif vir ‘n liplekker-stryd Saterdag tussen Hoërskool Nelspruit en Hoërskool Middelburg in die hoofstad van Mpumalanga.

    Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    Daar heers taamlike opgewondenheid by Hoërskool Nelspruit om te sien wat die nuwe direkteur van rugby en eerstespan-afrigter, Ryno Luus, met ‘n uiters ervare Rhinos-span beplan. Luus sit met hope talent in die seniorgroep, waarvan die meerderheid reeds verlede jaar reeds vir die Rhinos in aksie was.

    Die Nellies het verlede seisoen, vernaam in die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling, hul stem dik gemaak met tuisseges oor Hoërskool Garsfontein en Hoërskool Monument, waarin verál agsteman, Vaughn van Zyl, en die blitsige Tinyiko Silubane ‘n reuse aandeel gehad het en albei is weer vanjaar beskikbaar.

    Cravenweek-skrumskakel, Liam Pringle, is ook weer op sy pos in die nr. 9-trui, terwyl binnesenter, Rian Botha, volg in die spore van ouboet, WJ Botha, wat in 2024 gereeld op stut diens gedoen het. Die jonger Botha is een van slegs twee o. 17-spelers wat in die Rhinos se beginspan uitdraf, met steelkantflank, Vian Louw, die ander jongeling.

    Die Middies se skrumskakel, Keabetswe Nkgadima, sal sorg vir ‘n opwindende tweestryd met Pringle. Nkgadima was in 2024 reeds een van die Middies se uitblinkers. Oopkantflank, CW Hanekom, versterk die span van Middelburg se pak met sy fisieke benadering en behoort geen duit terug te staan vir Van Zyl in die onderonsies voorlangs nie.

    Hoërskool Rustenburg, wat gasheer speel vir Hoërskool Trio, beskik self oor ‘n aantal sterre wat weer die bekende groen trui oor die kop trek. Cravenweek-heelagter, Lorenzo Snyers, is een so ‘n staatmaker, terwyl die fisieke Hendré Robinson in die middeveld wag op die besoekers van Kroonstad.

    In Klerksdorp beloof die tweestryd tussen Hoërskool Wesvalia en Witteberg se binnesenters om die vonke te laat spat. Die Wessies se Fafa Calitz, wat ‘n groot aandeel in sy span se geskiedkundige 2024-veldtog gehad het, sal sy hande vol hê met die besoekers se onderkaptein, Sedwin Gysman. Voorlangs behoort Witteberg se kaptein, Pieter Nel, die vuur onder sy pak aan te steek.

    Hoërskool Transvalia reis na Alberton waar hy met Marais Viljoen kragte meet, terwyl Montana vir Hoërkool Kempton Park in Pretoria verwelkom. Albei vriendskaplike wedstryde dien as proewe en dus sal die spanne toegelaat word om deurgaans plaasvervangers in te span.

    Die spanne:

    Hoërskool Nelspruit t. Hoërskool Middelburg om 13:30 in Nelspruit: 

    Hoërskool Nelspruit: 15 Jean Erasmus, 14 Jordan Pretorius, 13 Ruben Greeff, 12 Rian Botha, 11 Tinyiko Silubane, 10 John Duncan, 9 Liam Pringle, 8 Vaughn van Zyl, 7 Vian Louw, 6 Prosper Chillone, 5 André Smit, 4 Ethan Esterhuizen, 3 Gert Coetzee, 2 D’Angelo Roberts, 1 Lindani Ndlela.

    Hoërskool Middelburg: 15 Lesego Rakale, 14 Bulelani Mcira, 13 Jaco Truter, 12 Lungelo Maseko, 11 Zanempilo Mahlangu, 10 Buhle Mphanhlaza, 9 Keabetswe Nkgadima, 8 Henco Jansen van Rensburg, 7 Khensani Buthelezi, 6 CW Hanekom, 5 Jabu Mathebula, 4 Wihan Jordaan, 3 Dewald du Toit, 2 Roux Grobler, 1 Wian Olwagen.

    Hoërskool Rustenburg t. Trio om 13:30 in Rustenburg:

    Hoërskool Rustenburg: 15 Lorenzo Snyers, 14 Raqiel Jaftha, 13 Jonré Jefthas, 12 Hendré Robinson, 11 Wes van Loggerenberg, 10 Wade Daivey, 9 Adriano George, 8 Donnie Moster, 7 Dirk Huisamen, 6 Pieta Niemandt, 5 Evan van Heerden, 4 Tristan Myburgh, 3 Ockert Grobler, 2 Xavier Steenkamp, 1 Carel Schoonraad.

    Trio: 15 D’Marco Bason, 14 Randolph Burrows, 13 Kyle Kruger, 12 Adams Tyron, 11 Darius Job, 10 Jayden Windvogel, 9 WJ van Niekerk, 8 Dian Serfontein, 7 Killian Kriek, 6 Franco De Wet, 5 Danie Fourie, 4 Richardt Joubert, 3 Cade Swanepoel, 2 Myburgh Jacobs, 1 Janru Janse van Rensburg.

    Hoërskool Wesvalia t. Witteberg om 13:30 in Klerksdorp:

    Wesvalia: 15 Wilson Letholi, 14 Kea Bereng, 13 Jeandré Snyman, 12 Fafa Calitz, 11 Martin Bierman, 10 Eduard Dreyer, 9 Barry Niemand, 7 Franco Dumond, 6 Qeuwen Fourie, 5 JP Hatting, 4 Deacon Kath, 3 Charl du Preez, 2 Fanie Linde, 1 Ulrigh du Preez.

    Witteberg: 15 Qlin Booyse, 14 Donay Williams, 13 JC van Rhyn, 12 Sedwin Gysman, 11 Kenyon Morat, 10 Tshepo Motloung, 9 Christiaan de Boer, 8 Daniel Meintjies, 7 Adieu Cramford, 6 Divan Marais, 5 Jacques Jordaan, 4 Pieter Nel, 3 Mila Oersen, 2 Rico van Vuuren, 1 Cobus Labuschagne.

    Ander wedstryde:

    12:20 – Marais Viljoen t. Transvalia; 12:25 – Montana t. Hoërskool Kempton Park.

  • Opwindende nuweling-aksie wag in NWU Prestige-reeks

    Opwindende nuweling-aksie wag in NWU Prestige-reeks

    FOTO: Marius Nortjé

    Die twee nuwelinge in vanjaar se NWU Prestige-reeks skop hierdie naweek die langverwagte 2025-rugbyseisoen af.

    Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools(www. supersportschools.com)

    Bergsig Akademie, wat nie nét ‘n nuweling in die Prestige-reeks is nie maar ook in die SDC Noordvaal Cup se Bowl-afdeling, kry sy veldtog saam met die groot honde onderweg met ‘n strawwe kragmeting teen Heidelberg Volkskool.

    Die Volkies behoort vanjaar weer ‘n krag te wees aangesien sy droomgroep vanjaar o. 17 is. As o. 16’s, is dié span die vorige drie jaar as Noordvaal-kampioen gekroon.

    Boonop het hulle ook vir 28 agtereenvolgende wedstryde in die kompetisie koning gekraai, wat ‘n stewige grondslag bied vir die Volkies se eerste span. Voorts maak ysters, soos slot, Juan de Villiers, ook hul terugkeer vir ‘n tweede jaar van eerstespan-rugby.

    Tristan Munro volg in sy ouer tweelingbroers, Daniel en Joshua Munro, se voetspore, maar anders as hulle, draf hy in die agterlyn uit. As losskakel was die jong Munro verlede jaar ‘n skitterende skakel in die goed geoliede o.16-masjien.

    Die span van Rustenburg, onder leiding van die gesoute hoofafrigter, Martin Pelser, blyk van krag tot krag te gaan. Hy was die afgelope twee jaar ‘n vername krag in die Noordvaal se tweede afdeling.

    Die Dos Santos duo, Paulo en Alzandro Dos Santos, is albei terug om die Arende vir nóg ‘n jaar te verteenwoordig. Eersgenoemde neem sy verkose posisie op skrumskakel in, terwyl laasgenoemde van linkervleuel na heelagter skuif om die Volkies met gevaarlike teenaanvalle te toets.

    Hoërskool Wagpos durf die “Goliat” uit Oos-Rand, Hoërskool Die Anker, op sy tuisveld in Brakpan aan.

    Die Anker se Danie Smit, wat in 2024 sy naam op skrumskakel gemaak het, draf vanjaar op losskakel uit en is ook as onderkaptein, terwyl die vurige agsteman, Ruben Herbst, weer voor draf. Sy broer, Markus Herbst, kry sy kans op oopkantflank in die eerste span kry, met hul neef, Edrick Pienaar, wat op binnesenter uitdraf.

    In Potchefstroom sê Potchefstroom Volkskool vir die onvoorspelbare Hoërskool Pietersburg die stryd aan. Die span van Potch se Lorenzo Louw, wat verlede jaar meestal in die middeveld diens gedoen het, sal die Pieties in sy eerste wedstryd van die jaar op losskakel toets.

    Louw en die res van die Volkie-agterlyn sal egter op hul hoede moet wees vir Pieties se binnesenter, Siya Mahlangu. Mahlangu het, nes Louw, reeds ‘n jaar se ondervinding op eerstespanvlak en is uiters gevaarlik met bal in hand.

    Die spanne:

    Bergsig Akademie t. Heidelberg Volkskool om 12:30 in Rustenburg:

    Bergsig: 15 Alzandro Dos Santos, 14 Kiabetswe Daile, 13 Bradley Stonhouse, 12 Dan Bogopane, 11 Heinrich Krugel, 10 Carlo de Jager, 9 Paulo Dos Santos, 8 Stephan Harmse, 7 Thatano Bagwase, 6 Christian de Abreu, 5 Martin Pieterse, 4 Jacques Viviers, 3 Dylan Smith, 2 Marnus Dercksen, 1 Thabang Machubene.

    Heidelberg Volkskool: 15  Marco Botha, 14 Douw Beukes, 13 Juandre Pretorius, 12 Armin Stiemie, 11 Jason Brits, 10 Tristan Munro, 9 Hein Oelofse, 8 Jaco Botha, 7 Eduard Roets, 6 Klaas Venter, 5 Jano Dietreschsen, 4 Juan de Villiers, 3 Werner Grobler, 2 Henru Coetzer, 1 Dean Last.

    Die Anker t. Hoërskool Wagpos om 12:20 in Brakpan:

    Die Anker: 15 Paul Schutte, 14 Dullon le Roux, 13 Arno Krugel, 12 Edrick Pienaar, 11 Jonothan Jordaan, 10 Danie Smit, 9 Jean Blignaut, 8 Ruben Herbst, 7 Jaydon Steenkamp, 6 Markus Herbst, 5 Brenden van Luuterverld, 4 Gerhard Oosthuizen, 3 Xavier Momberg, 2 Rico Goosen, 1 Branden Sauerman.

    Wagpos: 15 AJ Nieman, 14 Franco Dippenaar, 13 Pieter Steenkamp, 12 Heinrich Wiehanh, 11 Arrie Joubert, 10 JG Olckens, 9 Myburg Henning, 8 Hendrik de Jager, 7 David van Breda, 6 Dian Coetzee, 5 Dilan Strauss, 4 Wian Botha, 3 Markus Schramm, 2 Adriaan Venter, 1 Armant Botha.

    Potchefstroom Volkskool t. Hoërskool Pietersburg om 12:30 in Potchefstroom:

    Potchefstroom Volkskool: 15 Anro Nel, 14 Theunis Nel, 13 Hennie Pretorius, 12 River Samuals, 11 Juan Fourie, 10 Lorenzo Louw, 9 Juhan Geldenhuys, 8 Johannes Lombaard, 7 Marlu du Preez, 6 Wian Victor, 5 Stef Schoeman, 4 Joshua van der Westhuizen, 3 De Waal Coetzer, 2 Louis Fourie, 1 AB Brink.

    Hoërskool Pietersburg: 15 Ryno Mienie, 14 Armandt Venter, 13 Basson Wolmarans, 12 Siya Mhlangu, 11 Keanu Potgieter, 10 Juan Randell, 9 Celliers van der Merwe, 8 Ludke Pienaar, 7 Juan Janse van Vuuren, 6 Andru de Beer, 5 Pieter Jordaan, 4 Brent Vortser, 3 Stephan Janses van Rensburg, 2 Zihan Lombard, 1 Krissie Swanepoel.

  • Rooi Bulle takel onheilspellende Arende

    Rooi Bulle takel onheilspellende Arende

    Johnny Dos Santos voer vanjaar HTS Middelburg se Rooi Bulle vanuit die middeveld aanvoer. FOTO: HTS Middelburg op Facebook.

    Soos die effense byt in die lug en reuk van varsgesnyde rugbyvelde die 2025 rugbyseisoen aankondig, het die tyd aangebreek vir die jaarlikse NWU Sportreeks om af te skop.

    Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    Hoër Tegniese Skool Middelburg heet die gevaarlike Hoërskool Dr EG Jansen van Boksburg op sy tuisveld welkom vir wat beloof om ‘n taai stryd af te gee.

    Die Rooi Bulle het in 2024 sy stempel afgedruk as een van die topspanne in die SDC Noordvaal Cup se Plaat-afdeling. Hulle het in die eindstryd met 24-24 gelykop gespeel teen Hoërskool Transvalia om die titel in dié afdeling te deel.

    Hoofafrigter, Jano Venter, en die res van sy span het sedert hulle die leisels oorgeneem by die trotse rugbyskool in Middelburg ‘n reuse verskil gemaak.

    Die Jansies was ook kookwater en het, onderleiding van Rudi Dames en sy afrigtingspan, ‘n hele paar groot kanonne van regoor die land die skrik op die lyf gejaag. Vanjaar bied ‘n gulde geleentheid vir die volgende generasie Jansies om hul merk te maak.

    Daar rus ‘n taamlike verantwoordelikheid op die skouers van haker, Marco Ventura, as straks die span van Boksburg se mees ervare speler vanjaar. Ventura is verlede seisoen weens ‘n rits beserings reeds ‘n aantal keer deur Dames op oopkantflank ingespan, wat sy veelsydigheid beklemtoon.

    Die skakelpaar bestaande uit JP Jooste (skrumskakel) en Jeandré Reynders (losskakel), wat albei verlede jaar vir die Jansies op die plaasvervangerbank diens verrig het, sal sleutelrolle vertolk op die aanval.

    Die Rooi Bulle spog daarenteen met 16 spelers wat vanjaar weer hul stewels vir eerste span aantrek, waarvan Johnny dos Santos die grootste naam is. Dié binnesenter, wat in 2024 groot opslae regoor die land met sy kragtige barslopies en ongenaakbare verdediging gemaak het, voer vanjaar die Middelburgers aan.

    Die klipharde Tercius Bezuidenhout maak ook sy terugkeer in die nr. 8-trui, terwyl die ervare WJ Enslin weer op heelagter diens doen. Die Rooi Bulle het ‘n verdere aanwins in Marinus Oberholzer. Oberholzer, wat op stut uitdraf, het verlede jaar die veld aan die brand gespeel vir Hoërskool Montana.

    Die spanne:

    HTS Middelburg t. Hoërskool Dr EG Jansen om 13:45 in Middelburg: 

    HTS Middelburg: 15 WJ Enslin, 14 Kwnele Mkhize, 13 Jacques Greyling, 12 Johnny Dos Santos, 11 CJ Miller, 10 Nathan Janse van Vuuren, 9 Reece Botha, 8 Tercius Bezuidenhout, 7 Ethan de Kock, 6 Dewan Coetzee, 5 Griffin Devonish, 4 Janco Aucamp, 3 Marinus Oberholzer, 2 Hanro Terblanche, 1 Janco Botha.

    EG Jansen: 15 Deshean Pieterson, 14 Jayden du Preez, 13 Chops Combrink, 12 Egan Pretorius, 11 Zulu Otlotleng, 10 Jeandré Reynders, 9 JP Jooste, 8 Slade Mowbray, 7 Jacques van Tonder, 6 Craig Lightfoot, 5 Breyton Kruger, 4 Clayton du Buisson, 3 Deveraux Weideman, 2 Marco Ventura, 1 Ruan Russouw.

  • Van der Walt slag Eldo’s af met die kolf

    Van der Walt slag Eldo’s af met die kolf

    Waterkloof se eerste krieketspan na sy sege Dinsdag teen Eldoraigne om die Finsbury titel suksesvol te verdedig. FOTO: Kloof Krieket op Facebook.

    Rico van der Walt se kolf het die Klofies na nog ‘n Finsbury-titel gelei.

    Herleef al die aksie op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    Hoërskool Waterkloof se paaltjiewagter en voorslagkolwer het Dinsdag, 25 Februarie, die skote laat klap op Hoërskool Eldoraigne se ovaal om sy span na ‘n reuse oorwinning met 187 lopies oor die Eldos te moker. Daarmee die Klofies hul Finsbury-titel suksesvol verdedig.

    Die besoekers het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Matthew Sampson (1/45), die tuisspan se aanvangsbouler, het vroeg toegeslaan om die eerste paaltjie reeds in die derde beurt te laat kantel.

    Dit het tot die 11de beurt geneem vir die Eldo’s om weer toe te slaan toe Cornell Cousins (2/53) vir Wian du Plessis terug kleedkamer toe gestuur het vir 28 lopies.

    Daarna het Van der Walt behoorlik beheer van die kolfkampie geneem en die Eldo’s se kleiner veld tot sy voordeel gebruik om die bal so ver as moontlik luglangs te slaan.

    Hy het ondernemend te werk gegaan en ook briljant tussen die paaltjies gehardloop. Hoewel hy 132 aflewerings trotseer het, het hy goed gekapitaliseer, vernaam op die kort bal, om agt sesse en twee viere te slaan. Hy het uiteindelik Cousins se tweede slagoffer, op die tweede laaste bal van die beurt geword, maar eers nadat hy ‘n meesterlike 125 lopies aangeteken het.

    Kaptein, Riley Miller, en verál die veelsydige Jaydon Blom het hom netjies ondersteun. Miller het 28 in sy vennootskap van 72 met Van der Walt aangeteken, terwyl Blom ‘n onoorwonne 38, wat ‘n paar indrukwekkende houe ingesluit het, van sy kolf laat klap het. Blom en Van der Walt se vennootskap van 99 lopies het die besoekers verder in staat om ‘n reuse teiken van 289 in die toegelate 50 beurte te stel.

    Reinhardt Haasbroek was teen die einde van die 50 beurte die tuisspan se uitblinker met die bal. Sy twee paaltjies vir 45 lopies het ook die een van die Klofies se kaptein ingesluit.

    Eldo’s se kolwers het egter les opgesê. Die tuisspan kon eenvoudig nie die druk wat deur die besoekers toegepas is hanteer nie. Met die momentum reeds aan sy kant het Cristiaan Smit die skroewe nóg stywer vasgedraai, en ‘n knaende lyn en lengte gehandhaaf wat uiteindelik met 3/13 in ses beurte beloon is.

    Hy is uitstekend bygestaan deur aanvangsbouler, Jaco van der Walt (3/20) en AJ de Villiers (2/12), wat hul kant gebring het om die Eldos vir net 101 uit te haal – ‘n bittersoet einde aan die span van Centurion se eerste jaar die A-afdeling.

    Beknopte telkaart:

    Waterkloof 288/6 (Rico van der Walt 125, Jaydon Blom 38*, Wian du Plessis 28, Riley Miller 27; Reinardt Haasbroek 2/45, Cornell Cousins 2/53); Eldoraigne 101 (Ruan Steyn 28; Christiaan Smit 3/13, Jaco van der Walt 3/20, AJ de Villiers 2/12). Waterkloof wen met 187 lopies.

  • Rooi, Geel, Groen Golf oorgehaal om 2025 met mening te tref

    Rooi, Geel, Groen Golf oorgehaal om 2025 met mening te tref

    FOTO: Frans Lombard

    Die bekende krete van “Die Rooi, Die Geel, Die Groen”, sal eersdaags weer deur 1 Lynwoodweg en regoor die land weergalm wanneer een van Suid Afrika se gesogste rugbyskole, Afrikaanse Hoër Seunskool, op die veld draf.

    Volg al die Affies-aksie regstreeks op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    Affies het in 2024 ‘n vrugtevolle seisoen beleef met die eerste span wat onder die top-vyf skolerugbyspanne in Suid-Afrika geëindig het.

    Vanjaar beloof om meer van dieselfde resultate op te lewer. Die span van Pretoria het egter, volgens die rugbyhoof en eerstespan-afrigter, Ruan Jacobs, een van sy taaiste bepalingslyste in ‘n lang ruk.

    Dit is duidelik, met Affies wat op gebruiklike wyse hul seisoen afskop met die vriendskaplike bepaling teen Hoërskool Diamantveld op 8 Maart in Kimberley.

    Daarna wag ‘n klipharde stryd met Helpmekaar Kollege in Pretoria en twee fisieke kragmetings met HTS Drostdy en Hoër Jongenskool Paarl by die NMI Toyota Noord/Suid-toernooi, wat vanjaar by Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch aangebied word.

    Die einste Paul Roos wag ook op die span van Pretoria wanneer hulle by die jaarlikse Wildeklawer-toernooi swaarde kruis.

    Verder staan Paarl Gimnasium en Hoërskool Garsfontein ook in Affies se pad. Dié twee wedstryde vind onderskeidelik op 12 en 26 April plaas, met die Pretorianers wat weg speel by altwee geleenthede.

    Die grootste opgewondenheid heers egter vir 17 Mei, wanneer Affies se jaarlikse derby met die Springbokfabriek, Grey-kollege, geskied. Dié kragmeting vind vanjaar in Bloemfontein plaas, wat beteken dat die Pretorianers ál vier Suid-Afrika se skole-reuse weg moet aandurf.

    Dit is nietemin ‘n uitdaging waarna Jacobs en die res van sy afrigtingspan, wat Jaco Koch (voorspeler- en kondisioneringsafrigter), Heinrich van Jaarsveldt (spanbestuurder) en die gesoute Pine Pienaar (tegniese adviseur) insluit, uitsien.

    Vernaam Pienaar se rugbybrein bring hope ervaring. Hy spog met 17 jaar se ondervinding op professionele vlak en het onderskeidelik by die Cheethas en Blou Bulle as die Curriebeker-afrigter diens verrig, terwyl hy ook vir bykans ‘n dekade die Bulle se verdedigingsafrigter was in Superrugby.

    Affies beskik boonop oor hope talent. Die senior groep behou nie minder nie as nege lede van verlede jaar se eerste span.

    Dit is verál die terugkeer van  Zirk Meyer (skrumskakel) en Ruben Groenewald, wat verlede jaar op heelagter diens gedoen het, wat die Affie-ondersteuners se opgewondenheid prikkel as skakelpaar hierdie seisoen. Groenewald is die seun van voormalige Blou Bul-skrumskakel, Coenraad Groenewald, wat ondermeer ook vir die Junior Bokke uitgedraf het.

    Die o. 17-groep wat verlede jaar die veld as o. 16’s aan die brand gespeel het, bring voorts agt Grant Khomo-spelers na vanjaar se senior groep.

    Die vooruitsig van ervaring en jong talent laat ‘n mens onwillekeurig wonder of “Die Rooi, Die Geel, Die Groen” moontlik vanjaar weer die voorste skolerugbyspan in die land kan wees.

    Bepalings vir 2025:

    [ninja_tables id=”65137″]

  • Kempies terug in A-afdeling vir eerste keer in 25 jaar

    Kempies terug in A-afdeling vir eerste keer in 25 jaar

    Hoërskool Kempton Park se eerste span na sy sege met ses paaltjies oor Hoërskool Nelspruit in die promosie-relegasie-stryd vir die Finsbury-reeks se A-afdeling. FOTO: Verskaf deur Hoërskool Kempton Park.

    Dit het 25 jaar geneem, maar die Kempies is uiteindelik terug in die A-afdeling van die Finsbury-reeks.

    Herleef al die aksie op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    Hoërskool Kempton Park moes Saterdag, 22 Februarie, na Nelspruit reis waar hy in vanjaar se promosie-relegasie-wedstryd teen Hoërskool Nelspruit te staan gekom het.

    Dit was ‘n groot dag vir die besoekers aangesien dit ‘n kans bied om vir die eerste keer in ‘n kwarteeu weer in dié afdeling, saam met groot honde soos Hoërskool Waterkloof, Die Hoërskool Menlopark en Potchefstroom Volkskool, te blaf.

    Sheldon Kruger en die res van die Kempie-kolwers het inderdaad dié mylpaal vir hul span behaal. Kruger, voorbok met die wilgerlat, het eenvoudig verseg om sy paaltjie af te staan, ál het die Nellies se boulers hoe hard probeer.

    Die tuisspan het eerste gekolf en vir die besoekers ‘n teiken van 188 gestel.

    Luan Siebrits was die Nellies se beste kolwer, met 36 lopies, en is ywerig bygestaan deur Waldemaar Graham (27) en John Duncan (25), maar nie een van die drietal het ‘n antwoord gehad op die vernietigende boulwerk van Kristian du Plessis (4/23) en Francois Maree (4/33) nie.

    Kruger het op sy beurt dit na ‘n totaal ander kolfblad laat lyk. Die toporde-kolwer van Kempton het sy beurt tydsaam gestruktureer, teen net minder as ‘n lopie per bal gekolf en was sy span se anker met ‘n onoorwonne 77 lopies. Henré van Deventer (40) en kaptein, Marko Richter (21), het verder bygedra om die besoekers tot ‘n gemaklike oorwinning met ses paaltjies te lei.

    “Dit was regtig nie maklik gewees nie, omdat die eerste span en o. 15’s se punte saam tel, maar ek is ongelooflik trots op albei groepe vanjaar,” het Kempies se hoofafrigter, Johan Fourie, gesê.

    “Nou begin die harde werk om daar te bly en moontlik die A-afdeling te wen.”

    Die Kempies behoort ‘n groot gros van hul spelers uit vanjaar se groep vir die 2026-seisoen te behou. Nie minder nie as ses, insluitende die blitsige Kristian du Plessis en indrukwekkende Wian Pieters, sal volgende jaar weer hul spykerskoene vir die span van Kempton Park aantrek.

    Beknopte telkaart:

    Hoërskool Nelspruit 187 (Luan Siebrits 36, Waldemar Graham 27, John Duncan 25; Kristian du Plessis 4/23, Francois Maree 4/33); Hoërskool Kempton Park 188/4 (Sheldon Kruger 77*, Henré van Deventer 40, Marko Richter 21, Safwaan Miller 2/46). Hoërskool Kempton Park wen met ses paaltjies.

  • Grey-kollege kou klippe in die Kaap

    Grey-kollege kou klippe in die Kaap

    FOTO: Grey-kollege op Facebook.

    Grey-kollege se eerste krieketspan het die afgelope naweek, op sy jaarlikse toer na die Wes-Kaap, klippe gekou in die Paarl en Stellenbosch.

    Herleef al die aksie op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    Die span van Bloemfontein het op Vrydag, 21 Februarie, en Saterdag, 22 Februarie, teen die groot honde van die Boland, Paarl Gimnasium en Hoër Jongenskool Paarl, te staan gekom, waarna hy op Sondag, 23 Februarie, in Stellenbosch met Paul Roos Gimnasium swaarde gekruis het.

    Die eerste twee dae het vir naelbytstryde gesorg. Grey moes aan die einde van die eerste dag, in ‘n 30-beurt wedstryd, met ‘n nege-lopie nederlaag teen Paarl Gim die aftog blaas.

    Die silwerrandjie was egter dat die gevaarlike Daniel Hattingh sy ritme met die kolf gevind het. Hattingh het die Bloemfonteiners se jaagtog van 174 gelei met sy eerste vyftigtal van die naweek.

    Gim se Franco Boonzaaier (47) en Waldo de Jager (41*) het die tuisspan tot 173/7 gehelp. Die besoekers se aanvangsbouler, Otto Krause, het oudergewoonte leiding geneem met die bal om met 2/28 uit te staan. Ongelukkig vir Hattingh en Krause het die res van die Grey-kolwers gesukkel om aan die gang te kom.

    Naas Hattingh se 59 lopies, was Albert Liebenberg (28) en Divan Bezuidenhout (27) die enigste kolwers wat ‘n noemenswaardige brydrae kon lewer. Boonop was Gimnasium se Louis Koen uitstekend met die bal en het sy 3/37 die platform gelê vir die res van die boulers om die besoekers uiteindelik, in die 29ste beurt, vir 164 uit te boender.

    Die wedstryd teen Die Hoër Jongenskool Paarl het meer van dieselfde opgelewer, met die Bloemfonteiners wat weer gekies om te jaag, eerder as om eerste te kolf. Edrich Hanekom se swaaiboulwerk het die meeste skade aangerig en het hy uiteindelik met ‘n welverdiende 3/27 gespog, terwyl Krause ook weer gewoeker het om twee paaltjies vir 29 op te raap.

    Ulrich Drotchie en Gideon du Toit was Boishaai se uitblinkers met die kolf. Drotchie het die kitaar geslaan met 34 lopies, terwyl Du Toit, kort op sy hakke met 31 terug pawiljoen toe is om die tuisspan uiteindelik tot 160/8, onder moeilike kolftoestande, in die toegelate 50 beurte te lei.

    Hattingh was weer op sy stukke. Hierdie keer het hy met 76, 17 lopies meer as die vorige dag, gepronk. Bezuidenhout het ook, met twee lopies meer, na 29 verbeter, maar was dit steeds nie genoeg om Boishaai se Raeez Isaacs (3/40) en AB Jacobs (2/28) te stuit nie. Die besoekers het uiteindelik naelskraaps met ses lopies vasgeval.

    Sondag, 23 Februarie, het Grey na Stellenbosch vertrek vir sy grootste stryd van die naweek, teen Paul Roos Gimnasium. Die span van Stellenbosch het steeds wonde gelek na ‘n vyf-paaltjie nederlaag twee dae vantevore, teen Afrikaanse Hoër Seunskool, en was oorgehaal om sake reg te stel. Luca Plekker het inderdaad só gemaak en met ‘n pragbeurt reeds vroeg die tuisspan se stempel afgedruk.

    Soos teen Affies, het Plekker se hardloopwerk tussen die paaltjies uitgestaan, en het hy Paul Roos se kolfbeurt met ‘n onoorwonne 110 lopies afgesluit om sy span tot ‘n intimiderende totaal van 281/5 te lei. Sy beurt het 135 aflewerings geneem, en agt viere en ‘n ses ingesluit.

    Hattingh, met sy span in die moeilikheid nadat Dion Slabber met 4/30 die besoekers op die planke gehad het, was uitstaande. Hy het sy beste beurt van die drie dae gespeel en Grey vir ‘n wyle op die voorvoet geplaas. Anders as die vorige dag, het hy weer teen ‘n treftempo van oor die 100 gekolf. Sy 80 lopies het van net 78 balle gekom, voordat hy uiteindelik vir die laaste keer, met ‘n totaal van 215 lopies oor die drie dae, terug pawiljoen toe gestuur is.

    Die tuisspan se Jason Raal (2/15) en Roux Joubert (2/37) het Slabber bygestaan met die bal en, buiten vir Hattingh, die res van die Grey-kolwers laat bontstaan. Die besoekers kon uiteindelik slegs 199 aanteken voor die laaste paaltjie geval het, 83 lopies kort van die wenteiken.

    Beknopte telkaarte: 

    Vrydag 21 Februarie: 

    Paarl Gimnasium 173/7 (30) (Franco Boonzaaier 47, Waldo de Jager 41*, Charles King 23; Otto Krause 2/28, Henru de Wet 2/28); Grey-kollege 164 (29.1) (Daniel Hattingh 59, Albert Liebenberg 28, Divan Bezuidenhout 27; Louis Koen 3/37, Wian Munnik 2/18, Zayd Abrahams 2/34). Paarl Gimnasium wen met nege lopies.

    Saterdag 22 Februarie:

    Hoër Jongenskool Paarl 183 (Ulrich Drotchie 34, Gideon du Toit 31, Pieter Gildenhuys 30, Ekstras 26, Neil Louw 22; Edrich Hanekom 3/27, Otto Krause 2/29, Daniel Hattingh 2/43); Grey-kollege 177 (Daniel Hattingh 76, Divan Bezuidenhout 29, Henru de Wet 23; Raeez Isaacs 3/40, AB Jacobs 2/28). Hoër Jongenskool Paarl wen met ses lopies.

    Sondag 23 Februarie: 

    Paul Roos Gimnasium 281/5 (Luca Plekker 110*, Matthew Seymore 57, Liam Basson 54, Reuben Coetzee 21; Jano Venter 3/39); Grey-kollege 199 (Daniel Hattingh 80, Albert Liebenberg 29, Jaco Prinsloo 22; Dion Slabber 4/30, Jason Raal 2/15, Roux Joubert 2/37). Paul Roos Gimnasium wen met 83 lopies.

  • Pretorius shines with the ball, Botha piles on the runs for Affies

    Pretorius shines with the ball, Botha piles on the runs for Affies

    Photo: Frans Lombard.

    Afrikaans Hoër Seunskool (Affies) made their annual visit to the Western Cape over the weekend, playing three matches on the bounce, winning two and losing only one.

    Relive all the action on SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    The boys from the north faced stiff competition, squaring off with three renowned cricketing schools. They faced a promising Paul Roos Gimnasium side and the southern suburbs’ powers, Wynberg Boys’ High and Rondebosch Boys’ High. Only ‘Bosch got the better of them.

    Affies’ Vihan Pretorius, who is usually mentioned because of his batting achievements, was in scintillating form with the ball. His skilful right-arm medium-pace bowling fit right in with the conditions in the Western Cape.

    On the first day, against Paul Roos, bowling at first change, he sent down his full quota of 10 overs, which cost 40 runs. It was, however, the wickets’ column that stood out.

    Pretorius sent seven Paul Roos batsmen packing, which included both of the home side’s highest scorers, Luca Plekker (90) and Ruben Coetzee (55). To put the cherry on top, Pretorius also claimed a hat-trick to finish off the Stellenbosch side’s innings. They had totalled 225 runs.

    Plekker produced a fine knock. He played a textbook number three innings, accumulating 90 runs from 126 deliveries. That included only six fours as he worked the ball around the field and ran well between the wickets.

    JP Botha began a purple patch of run-scoring in the Affies’ innings. The opening batsman looked assured and comfortable, tallying 83 runs before he was run out. Daniel Murray, also, played a confident knock and steered the ship home with an unbeaten 76 as Affies recorded a convincing five-wicket victory.

    Wynberg Boys’ High was up next. Pretorius was again the mainstay with the ball, claiming 2/36. Wynberg’s Storme van Rooyen (32) and Muhammad Schroeder (24) fought hard against the disciplined Affies’ attack and helped the home team to an eight-runs-per-over total of 160/9 from their 20 overs.

    In the touring side’s reply, Murray was again among the runs and unbeaten on 36 not out, but Affies’ captain Ruben Groenewald stole the show. Striking the ball sweetly, he smashed four sixes and three fours in a 40-ball knock that brought him 50 runs, and Affies triumphed by six wickets.

    On Sunday, the visitors from Pretoria fell to a defeat against against Rondebosch Boys’ High. In a low-scoring encounter, the home side’s Daniel Cooke delivered the knockout blow.

    A superb 5/14 from Xavier de Wet helped limit Rondebosch to 144 all out, with Tyler Heyns‘ 36 the hosts’ best batting return. It wasn’t a big total, but Cooke and his fellow bowlers easily defended it.

    Cooke’s return was even better than De Wet’s as he decimated the Affies’ batting, capturing 6/13 in only six overs. With Hlumelo Mgweba also excelling, with 3/20, Affies was unable to mount a challenge. They were bowled out for only 87 runs, leaving ‘Bosch the handsome winners by 57 runs.

    Summarised scorecards

    Friday, 21 February

    Paul Roos Gimnasium 225/10 (Luca Plekker 90, Ruben Coetzee 55; Vihan Pretorius 7/40); Affies 228/5 (JP Botha 83, Daniel Murray 76*, Extras 31, Dylan Stander 20*; Neil Barnard 2/40). Affies won by five wickets.

    Saturday, 22 February

    Wynberg Boys’ High 160/8 (Storme van Rooyen 32, Muhhamad Schroeder 24, Extras 20; Vihan Pretorius 2/36); Affies 166/4 (Ruben Groenewald 50*, Daniel Murray 36*, Extras 26; Joshua Price 2/25). Affies won by six wickets.

    Sunday, 23 February

    Rondebosch Boys’ High 144/10 (Tyler Heyns 36, Daniel Bosman 22; Xavier de Wet 5/14, JP Botha 2/31); Affies 87/10 (JP Botha 20; Daniel Cooke 6/13, Hlumelo Mgweba 3/20). Rondebosch Boys’ High won by 57 runs.

  • Matsha magical for St Stithians, Michaelhouse and Hilton score ISCF wins

    Matsha magical for St Stithians, Michaelhouse and Hilton score ISCF wins

    Photo: Reuben Macfarlane, Hilton College on Facebook.

    In a battle of the Saints, Ombesa Matsha and Liam Mudenda rose to the occasion and spurred St Stithians College to a last-over victory over St Andrew’s School on Sunday, the final day of the 2025 Standard Bank Independent Schools Cricket Festival.

    Relive all the action on SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    The St Stithians’ openers set Rice Field at St John’s College alight with a match-winning 145-run partnership. That contribution laid a rock-solid foundation as they claimed an eight-wicket win over the Schools SA20 regional champions for the Free State, North West,  and Northern Cape.

    Matsha was the star of the show. He smashed seven fours and five sixes in an unbeaten 87 runs, which he achieved at a scoring rate of 142.

    Mudenda raced along, too, batting at an even faster pace. He amassed a strike rate of 160, taking only 43 deliveries to score 69 runs, of which seven were sixes and two were fours, before he was sent back to the pavilion by Erhard Barends (1/35).

    Andrew Sobiech led the Bloemfontein boys’ challenge. Not only did he stand out with the bat, scoring 38 runs at the top of the order, but he also picked up 1/31, the best bowling figures by a St Andrew’s bowler on the day. His fellow opening batsman, Naudé Botha, also looked in good touch, facing 35 balls for his 40 runs.

    While Matsha and Mudenda did a fine job with the bat, the St. Stithians bowlers played their part well, too. Zaakir Hanslo, with 3/26, was once again at the forefront of their efforts, which brought the Johannesburg school an impressive victory.

    Michaelhouse‘s batting, at times fragile this season, delivered them a 26-run win over Harare’s St John’s College in their final outing. Captain Ethan Muir, who has found his form in recent weeks, led the way with a well-played 50, while Michael Blignaut weighed in with an unbeaten 46. Graydon Leslie, also, contributed 38, which helped the Balgowan boys to a strong 178/3 from their 20 overs.

    House‘s Liam O’Dwyer (2/17) and Luke Mitchell (2/23), then, made their mark with the ball. They shared four wickets between them while conceding 40 runs from seven overs, with each dismissal coming at an opportune moment.

    Facing a difficult run chase, Riley Ettlin and Luca Spagnuolo gave St John’s a glimmer of hope, batting well for 45 runs each. Still, the Zimbabweans came up well short of Michaelhouse’s challenging total, finishing on 152/7 after their 20 overs.

    Hilton College dominated Woodridge College to sign off with an emphatic victory.

    Luke Campbell (3/9) and Sechaba Gude (3/14) tore through the Woodridge top order with a combined six wickets for only 23 runs in eight overs. Leg-spinner David Hill (2/19), then, chipped in with two of his own as the Eastern Cape side was rolled for only 72 runs.

    It was a modest total and Hilton captain Ben Hockly went after it aggressively. He faced just 34 balls for an unbeaten 45 and struck seven boundaries to lead his team to a 10-wicket win.

    Summarised scorecards

    St Andrew’s School 162/8 (Naudé Botha 40, Andrew Sobiech 38, Johan Liebenberg 23; Zaakir Hanslo 3/26, Thomas Collins 2/28); St Stithians College 166/2 (Ombesa Matsha 87*, Liam Mudenda 69; Andrew Sobiech 1/31). St Stithians College won by eight wickets.

    Michaelhouse 178/3 (Ethan Muir 50, Michael Blignaut 46*, Graydon Lesile 38*; James Rawlings 2/31); St John’s College (Harare) 152/7 (Riley Ettlin 45, Luca Spagnuolo 45; Liam O’Dwyer 2/17, Luke Mitchell 2/23). Michaelhouse won by 26 runs.

    Woodridge College 72/10 (Cameron Ferrant 16; Luke Campbell 3/9, Sechaba Gude 3/14, David Hill 2/19); Hilton College 73/0 (Ben Hockly 45*; Randy Syce 0/19). Hilton College won by 10 wickets.

  • Neethling helps Helpmekaar beat Clifton, St Andrew’s College outplays Hilton

    Neethling helps Helpmekaar beat Clifton, St Andrew’s College outplays Hilton

    Kyle Swanepoel, captain of Helpmekaar Kollege | Photo: Heinrich Minnaar

    Zander Neethling followed up his unbeaten 47 on the second day of the Standard Bank Independent Schools Cricket Festival with a crucial 53 on Saturday to take his tally for the event to 100 runs, and to steer Helpmekaar to victory over Clifton College on Cornwall Hill College‘s Parke de Terrace Oval.

    Relive all the action on SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    Neethling and his opening partner, Kyle Swanepoel, gave their side an excellent start to their run chase, putting on 85 for the first wicket, with Swanepoel contributing 38 runs. With Helpies needing 178 to win, that set them on course for a second victory after they easily defeated St John’s College (Harare) on Friday.

    Although on the losing side, Clifton showed massive improvement after their loss to Diocesan College the previous day. Middle-order batsman Zach Williamson batted exceptionally well, especially after Clifton lost their first three wickets for only four runs, with the top three in the order all going out for ducks. Williamson, though, looked extremely comfortable at the crease.

    He struck only four fours but ran well between the wickets to score an unbeaten 81. Byron Ward chipped in with 36, and Lawson Dinsdale contributed 25 as Clifton tallied 177/8.

    Leg-spinner Sheraz Perumal led the way with the ball for the Durban school. He bowled tight lines and lengths to keep the Helpmekaar batsman guessing. His reward was a return of 4/25 from 10 overs, but Neethling and Swanepoel received good support from Heinrich Minnaar (32*) and Juandre Verwey (24*), which took Helpies to a four-wicket win with almost six overs in hand.

    St Andrew’s College, and especially Myles Sansom, produced the goods as they downed Hilton College by 17 runs on St John’s College’s Rice Field. Sansom scored the Independent Schools Cricket Festival‘s first century, smashing seven fours and four sixes in an unbeaten innings of 102 runs.

    The talented opener, Rhys Wiblin, lent his support with a classy 38, which helped lift St Andrew’s to 205/5.

    Hilton’s Ben Erasmus stood out with the bat for his side, contributing a fighting knock of 58. Jayden Roux (38) and Luke Wilson (31) fought valiantly alongside him, but a solid bowling performance from the Makhanda side’s Oliver Johns (3/14) and Alastair de Kock (3/42) saw to it that Hilton was bowled out for 188.

    FG Botha‘s bat can’t be kept quiet. The St Andrew’s School star added another 70 runs to his prolific season’s tally as the Bloemfontein boys bested St Benedict’s College by five wickets on Cornwall’s Land’s End Oval.

    Botha appeared to be in a hurry and smashed seven sixes and four fours in an all-out assault that lasted only 29 balls. Jonathan Hickley assisted with a run-a-ball 41 not out as Saints took only 24 overs to chase down the victory target of 174 set by Bennies

    Playing a 30-over match to accommodate two matches on St Alban’s College’s TC Mitchell Oval, BishopsAlex Vincent (56) and Cameron Macbeth (52) both scored half-centuries in the Cape Town school’s 95-run thumping of the Titans Invitational Hub XI.

    Waco Bassick made the ball do his bidding and snapped up 4/21 to back up his team’s good batting, while Daniel Perold, with 3/27, also enjoyed success as the Titans Hub XI was bundled out for just 119.

    Summarised scorecards

    Clifton College 177/8 (Zach Williamson 77*, Byron Ward 35, Lawson Dinsdale 25, Extras 20; Heinrich Minnaar 2/18); Helpmekaar Kollege 178/6 (Zander Neethling 53, Kyle Swanepoel 38, Heinrich Minnaar 32, Juandré Verwey 24, Zuan Joubert 21; Sheraz Perumal 4/25). Helpmekaar won by four wickets.

    St Andrew’s College 205/5 (Myles Sansom 102*, Rhys Wiblin 38, Benjamin Coventry 20; Ryan Jellis 1/18); Hilton College 188 (Ben Erasmus 58, Jayden Roux 38, Luke Wilson 31; Oliver Johns 3/14, Alastair de Kock 3/42, Rhys Wiblin 2/35). St Andrew’s College won by 17 runs.

    St Benedict’s College 174 (Alex Johnston 38, Clayton Horlick 29, Extras 25, Matthew Feirtag 22; Cullen Kakora 3/19, Heindré Serfontein 2/30); St Andrew’s School 176/5 (FG Botha 70, Jonathan Hickley 41*; ED Smith 2/19, Mark Munava 2/24). St Andrew’s School won by five wickets.

    Diocesan College 214/9 (Alex Vincent 56, Cameron Macbeth 52, Adnaan Lagadien 37, Kyle Strik 28; Mohammad Borabat 2/36); Titans Invitational Hub XI 119/10 (Keamogetswe Semenya 27, Gift Motlhasedi 25*; Waco Bassik 4/21, Daniel Perold 3/27). Diocesan College won by 95 runs.