SSPN Test Site

Author: froberholzer

  • Moories op koers vir Finsbury-promosie

    Moories op koers vir Finsbury-promosie

    FOTO: Potchefstroom Gimnasium op Facebook.

    Hans Moore is stewig op pad om ‘n plek in die promosie-relegasie-wedstryd, met die oog om op te skuif na die A-afdeling van die Finsbury-reeks, los te speel.

    Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    Soos die stand van sake huidiglik daar uitsien, behoort die Moories in dié uitspeelwedstryd teen Hoërskool Nelspruit te staan te kom. Die span van Benoni is tans voor in die B-afdeling met 10 ligapunte.

    Dis onwaarskynlik dat iemand hom vanjaar kan verbysteek. Die Moories sal nietemin steeds hul storie moet ken hierdie naweek teen Hoërskool Centurion, in Centurion. Die Woeries sukkel ietwat om aan die gang te kom, maar beskik steeds oor die talent van kaptein, Morné Prinsloo, wat die Moories met bal en kolf kan opdraande gee.

    Dis egter die veelsydigheid van die besoekers wat hulle só gevaarlik maak, met enige van die toporde-kolwers wat die verloop van ‘n wedstryd in ‘n oogwink kan swaai. Die Centurion-kolwers sal daarna uitsien om die kolfvriendelike blaaie tuis te benut ten einde hul greep op die afdeling te verstewig.

    Potchefstroom Gimnasium sal versigtig wees vir die gevaar wat Saterdag uit die Noorde van Pretoria arriveer. Die Gimmies verwelkom Hoërskool Montana in die bekende studentedorp, met die Monties wat verlede naweek teen Hans Moore gewys het hoe gevaarlik hulle kan wees.

    Alhoewel Montana met drie paaltjies vasgeval het, het hy die topspan in die afdeling laat sweet vir ‘n sege. Gimmies lek self nog wonde na hulle met 11 lopies teen Marais Viljoen die spit afgebyt het. Hulle sal hierdie week op tuisveldvoordeel en voorslagbouler, Thloni Tabatha, staatmaak om die wa deur die drif te probeer trek.

    Tradisionele aartsvyande, Hoërskool Kempton Park en Marais Viljoen, sê mekaar in Kempton Park die stryd aan. Die Kempies is ook ‘n aanspraakmaker op ‘n plek in die promosie-relegasie-stryd, vernaam omdat hulle nog ‘n wedstryd in hand het as gevolg van hul deelname aan die Schools SA20 se streek-uitspele in Benoni verlede naweek.

    Dit sal interessant wees om te sien hoe die MV-kolwers, veral aanvangskolwer, Tiaan Hall, en kaptein, Jaden Govender, teen die spoed van die Kempies se aanvangsboulers, Kristian du Plessis en Stian van Breda, te werk gaan. ‘n Sege vir die Kempies sal die Moories onder taamlike druk plaas met slegs een week se aksie wat oorbly.

    Bepalings:

    Week 4:
    Hoërskool Centurion t. Hans Moore
    Potchefstroom Gimnasium t. Montana
    Hoërskool Kempton Park t. Marais Viljoen

  • Dis ‘n drieperdewedren in die A-afdeling van die Finsbury-reeks

    Dis ‘n drieperdewedren in die A-afdeling van die Finsbury-reeks

    FOTO: Hoërskool Nelspruit op Facebook.

    Daar is nog drie spanne in die wedloop om vanjaar in die eindstryd van die Finsbury-reeks se A-afdeling te speel.

    Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    Die verdedigende kampioen, Hoërskool Waterkloof, lê tans bo aan die puntelys. ‘n Sege oor Potchefstroom Volkskool hierdie naweek kan sy posisie aansienlik versterk en basies ‘n plek in die eindstryd bespreek, met nog een week se aksie oor ná Saterdag se wedstryde. Die kragmeting tussen Klofies en Volkies is terloops ‘n herhaling van verlede jaar se eindstryd in dié afdeling.

    Waterkloof het verlede naweek besoek afgelê in Bloemfontein, waar hy gemengde welslae behaal het. Die positiewe is egter dat die paaltjiewagter en voorslagkolwer, Rico van der Walt, twee agtereenvolgende honderdtalle opgedis het, teen onderskeidelik St Andrew’s School en Grey Kollege. Die feit dat hy met mening op dreef is maak die Klofies se kolflys uiters gevaarlik.

    Volkies se kolwers is self nie te versmaai nie. Die aanvangskolwer en kaptein, Louis van Wyk, het reeds sy kolfvernuf van meet af in 2025 tentoongestel. Die geleentheid om weer op tuisbodem te kolf sal beslis as ekstra motivering dien vir die Volkie-kaptein.

    Hoërskool Eldoraigne, huidiglik derde op die puntelys, het die groot honde in die afdeling vanjaar ietwat kom omkrap. Hy kom Saterdag teen Hoërskool Rustenburg op tuisbodem, in Centurion, te staan. Die Rusties dreig om aan die gang te kom, maar het tot dusver nog nie op alle silinders gevuur nie.

    Die Eldos se voorste lopievraat, Ruan Steyn, sal graag hierdie slag die honderdtal wat hom die afgelope twee wedstryde ontwyk het wil behaal. Steyn was uitstaande met die wilgerlat in die span van Centurion se sewe-lopie oorwinning oor Potch Volkies verlede naweek. Benewens Steyn, sal die Rusties hard moet werk om ook die res van die tuisspan se kolwers te tem.

    Hoërskool Menlopark, wat die Klofies verlede week met  56 lopies gelooi het, reis na die Laeveld om Hoërskool Nelspruit in sy agterplaas te pak. Die Nellies is steeds segeloos in vanjaar se reeks en sal  beslis ‘n kat in die duiwehok wil gooi deur die Parkies die loef af te steek.

    Indien hulle hoop om dit te vermag, sal hulle vroeg-vroeg die paaltjie van Menlo se kaptein, Dian van Zyl, moet probeer kry. Van Zyl se selfvertroue behoort hemelhoog wees na sy skitterbeurt van 183 nie uit nie teen die Klofies, op die verdedigende kampioen se tuisveld.

    Bepalings:

    Week 4:
    Potchefstroom Volkskool t. Waterkloof
    Eldoraigne t. Hoërskool Rustenburg
    Hoërskool Nelspruit t. Menlopark

  • Wessies wil vanjaar verdere opslae maak

    Wessies wil vanjaar verdere opslae maak

    FOTO: Marius Nortjé

    Na twee uiters suksesvolle seisoene bevind Hoërskool Wesvalia homself vanjaar onder selfs groter honde wat die land se skolerugbykringe betref.

    Volg al die Wessie-aksie regstreeks op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    Die Wessies wat verlede jaar as kampioen van die SDC Noordvaal Cup se Skild-afdeling gekroon is, skuif vanjaar op na die Plaat-afdeling waar hulle met rugbykragte, soos die verdedigende kampioen, HTS Middelburg, moet meeding.

    Wesvalia het in 2024 met ‘n onoorwonne rekord in die Skild-afdeling gespog. Dit was boonop die tweede keer in twee jaar dat hy, nadat hy promosie verwerf het, as kampioen gekroon is.

    Benewens die nuwe uitdaging van die Plaat-afdeling, is die span van Klerksdorp oorgehaal om vanjaar nie slegs die eindstryd van die NWU Prestige-reeks te haal nie, maar dit óók te wen. Dié veldtog skop op 8 Maart af teen die tradisionele aartsvyand, Hoërskool Die Anker, van Brakpan.

    Die Wessies was naaswenners in 2024, nadat hulle in die finaal naelskraaps met 6-11 teen die sterk Hoërskool Noordheuwel vasgeval het. Vanjaar, met die afwesigheid van sowel die Blues as Hoërskool Rustenburg, behoort hulle beslis ‘n oog op die trofee te hê.

    Die span van Klerksdorp, wat geen veranderinge aan sy bestuurspan aangebring het nie, se seisoen begin op 22 Februarie teen Hentie Cilliers . Die ervare voorspelerafrigter, Willem van der Sandt, wat ook verlede jaar die Luiperds se Cravenweek-pak gebrei het, behoort uit te sien na ‘n opwindende seisoen met ‘n string staatmakers steeds tot sy beskikking.

    Oopkantflank, Franco Dumond, se teenwoordigheid in sy tweede jaar van eerstespan-rugby bied broodnodige ervaring in die los, terwyl Quewen Fourie, ook ‘n kranige krieketspeler, en Tiaan de Kock hul opwagting in die senior groep maak. Albei het die Luiperds by verlede jaar se Grant Khomo-rugbyweek by Grey High School in Gqeberha verteenwoordig. Hul veelsydigheid kan die afrigtingspan, en vernaam Van der Sandt, met talle hoofbrekens laat.

    Agterlynafrigter, Donald Richter, behoort breed te glimlag met die terugkeer van drie gevaarlike pyle in sy aanvalskoker. Eduard Dreyer is gunsteling om die nr. 10-trui oor die kop te trek, terwyl die sneller op linkervleuel, Fafa Calitz, en buitesenter, Jeandré Snyman, saam met Dreyer, hope talent tafel toe bring.

    Die 10de Mei is ‘n datum wat met rooi omkring sal word deur Klerksdorpers. Dit is wanneer die Klerksdorp-derby tussen Wesvalia en Hoërskool Klerksdorp vanjaar, danksy die Wessies se promosie na die Plaat-afdeling, vir die eerste keer in vyf jaar plaasvind.

    Voor dié derby, toer Wesvalia eers na George in die Suid-Kaap, met die bepalings vir die toer wat nog gefinaliseer moet word. Tesame met die strawwe NWU Prestige-reeks, bied dit vir die Klerksdorpers genoegsame voorbereiding vir die SDC Noordvaal Cup, waar hul mikpunt ‘n plek in die halfeindronde is. Dit sal geensins as ‘n verrassing te kom indien hulle dit wel vermag nie.

    Bepalings vir 2025:

    [ninja_tables id=”64063″]

  • Helpies mik hoog in 2025

    Helpies mik hoog in 2025

    FOTO: Frans Lombard

    Geoordeel aan die tweede helfte van Helpmekaar Kollege se rugbyseisoen verlede jaar, asook die sukses wat die jongmanne op o.16-vlak behaal het deur die SDC Noordvaal Cup te wen, hou 2025 inderdaad reuse belofte in vir die Johannesburgers.

    Volg al die Helpmekaar-aksie regstreeks op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    Die Helpies ontvang ook vanjaar ‘n beduidende hupstoot met die welbekende rugbybrein van Tjaart van der Walt, wat as tegniese ontleder deel van die eerste span se bestuur sal uitmaak. Die gesoute RJ Liebenberg vat die leisels as hoofafrigter, met Hannriël Coetzee wat die voorspelers sal touwys maak en Shaun Jackson wat beheer neem oor ‘n giftige agterlyn.

    Die span van Johannesburg skop op 8 Maart teen Michaelhouse op dié se tuisveld af, waarna hy teen die Witbulle van Pretoria, Afrikaanse Hoër Seunskool (Affies), ‘n week later, op 15 Maart, in die Jakarandastad te staan sal kom.

    Coetzee beskik oor ‘n ervare pak voorspelers, met die haker en een van Helpies se uitblinkers in 2024, Gustav Grotius, wat vir nóg ‘n seisoen beskikbaar is, terwyl loskopstut, Liam “Varkie” Devenier, saam met Grotius, teenstanders se voorrye kan laat les opsê.

    Oopkantflank, Ziaden Krige, en slot, Eugene de Lange, is ook weer terug in die tuig, terwyl die jongelinge, Jeandré van der Merwe (haker) en Diandro Botha (loskopstut), wat ‘n groot aandeel in die sukses van die o.16-kampioenspan gehad het, ook deur Coetzee ingespan kan word om die voorry meer oemf te gee.

    Agterlangs kan Helpies-ondersteuners uitsien na nóg ‘n aksiebelaaide seisoen met vernaam die senterpaar, Clinton Cloete en Ty Ax, wat heelwat gevaar inhou op die aanval. Ax, uiters ervare na ‘n beseringsvrye 2024 waartydens hy die Akademieweek by Jeppe High School for Boys op horings geneem het, sal ongetwyfeld ‘n sleutelrol in die agterlyn vervul.

    Shayne en Ethan Lourens behoort hard aan die eerste span se deur klop as skakelpaar. Albei het die Goue Leeus by verlede jaar se Grant Khomo-rugbyweek by Grey High School in Gqerberha vertoonwoordig.

    Soos enige span wat met die groot honde in Suid-Afrika wil saamblaf, verwag die Helpies geen maklike wedstryde nie. Bloot die feit dat daar só min te kies was tussen die spanne in die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling in 2024, is ‘n aanduiding van hoe taai die kompetisie kan wees.

    Boonop wag Oakdale Landbou, by die jaarlikse Noord/Suid-toernooi, en Grey College, by die Wildeklawer, op die Johannesburgers, én is die derby teen King Edward VII School ook weer vanjaar  ‘n instelling wat die vonke in Johannesburg sal laat spat.

    Die Helpies se doelwit is eenvoudig, maar tóg, wat die groter prentjie betref, taamlik ingewikkeld, naamlik om goed te vertoon by die land se top-rugbyfeeste én om die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling te verower, iets wat die skool van Johannesburg beslis kan vermag.

    Bepalings vir 2025:

    [ninja_tables id=”64057″]

  • Pretorius, Jansen van Rensburg leer Heidelberg Volkies ‘n krieketles

    Pretorius, Jansen van Rensburg leer Heidelberg Volkies ‘n krieketles

    Dr. Malan se Luka Pretorius in aksie. FOTO: Kamryn Ashwin

    Hoërskool Dr. Malan se Luca Pretorius en Heinrich Jansen van Rensburg het die span van Meyerton gehelp om vir Heidelberg Volkskool ‘n loesing toe te dien in hul stryd in die D-afdeling van die Finsbury-reeks.

    Herleef al die aksie op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    Pretorius, straks Dokkies se beste kolwer, het sy reputasie gestand gedoen met ‘n skitterbeurt van 122. Hy het gekapitaliseer op die fondasie wat aanvangskolwer, Jacques Nel, gelê het met 52 in sy vennootskap van 89 lopies met Pretorius.

    Laasgenoemde was in ‘n liga van sy eie in die 127 balle wat hy trotseer het. Hy het 16 grenshoue, waarvan sewe anderkant die tou geland het, gemoker, voordat Jaco Botha (2/46) uiteindelik daarin kon slaag om van hom ontslae te raak.

    Die Volkies se aanvangsbouler en kaptein, Dave Pelzer, het uitgeblink met die bal om sy toegelate 10 beurte met syfers van 3/32 af te sluit.

    Jansen van Rensburg, wat self ‘n skaflike 23 met die kolf aangeteken het, het daarna die kollig gesteel met sy boulvertoning. Die veelsydige naatbouler het die Volkie-kolflys verwoes. Dit het hom slegs ses beurte geneem om ses paaltjies te laat spat, terwyl hy slegs 25 lopies afgestaan het.

    Dandré Louw was die enigste Volkies-kolwer wat die 20-merk kon verbysteek. Hy het dit in styl vermag deur 53 lopies van 40 balle te moker. Ongelukkig kon die res van die kolwers gesamentlik net 46 lopies byvoeg, wat ‘n reuse nederlaag met 183 lopies tot gevolg gehad het.

    Die kragmeting tussen Hoërskool Ben Vorster en HTS Middelburg in Tzaneen het ‘n behoorlike naelbytstryd afgegee.

    Die Black Caps se kaptein, Njabulo Maseko, was sy ou self met die kolf om die Tzaneeners se kolfbeurt te lei met ‘n beurt van 81 lopies. Hy is goed bygestaan deur jongeling, Wilhelm Brummer (42), om die tuisspan tot ‘n totaal van 201 aan te help.

    Die Black Caps se boulers, insluitende Maseko (2/34,) het gespook om die telling te verdedig, maar Armand Kotze en Jaden Knoessen het ander idees gehad. Kotze het besit geneem van die kolfkampie om die jaagtog te lei met ‘n onoorwonne 79 lopies. Knoessen se bydrae van 45 was uiteindelik die deurslagewende faktor vir die besoekers van Middelburg, om ‘n naelskraapse sege met twee paaltjies te beklink.

    Beknopte telkaarte:

    Dr. Malan 282/8 (Luka Pretorius 122, Jacques Nel 52, Qihan Swanepoel 24, Heinrich Jansen van Rensburg 23; Dave Pelzer 3/32, Jaco Botha 2/46); Heidelberg Volkskool 99 (Dandre Louw 53; Heinrich Jansen van Rensburg 6/25). Dr. Malan wen met 183 lopies.

    Ben Vorster 201 (Njabulo Maseko 81, Wilhelm Brummer 42, Ekstras 38; Henco Britz 2/28); HTS Middelburg 203/8 (Armand Kotze 79*, Jaden Knoessen 45, Altus van Heerden 30*, Ekstras 24; Njabulo Maseko 2/34, Kulani Mnisi 2/37). HTS Middelburg wen met twee paaltjies.

  • Nie eens gure weer stuit Monnas nie, Zwarries sit segetog voort

    Nie eens gure weer stuit Monnas nie, Zwarries sit segetog voort

    FOTO: Hoërskool Monument op Facebook.

    Nie eens die slegte weer in Alberton was genoeg om Hoërskool Monument in sy stryd met Hoërskool Dinamika in Afdeling C van die Finsbury-reeks te stuit nie.

    Herleef al die aksie op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    Die span van Krugersdorp het die tuisspan met ‘n allemintige agt paaltjies verslaan, volgens die Duckworth-Lewis-Stern-metode. Weens die gure weer moes die Monumentare ‘n verlaagde teiken van net 102 in 20 beurte bereik, maar hul kolwers het dit selfs vinniger kafgedraf.

    Die tuisspan se Jadin Schelbusch (43) en Trent Shrives (31*) het na ‘n wankelrige begin hard gewerk om ‘n uiteindelik ‘n skaflike totaal van 189 op die telbord te sit, maar, geoordeel aan die spelpeil van die Monnas-kolwers, sou dit waarskynlik ongeag die slegte weerstoestande steeds nie genoeg gewees het nie.

    Zian Maritz (3/27) en Ibrahim Haffejee (3/32) was oudergewoonte Monument se gevaarlikste boulers, terwyl Logan Weetman voor in die koor was met die kolf. Hy het Monnas se aanslag met ‘n onoorwonne 38 lopies gelei, nadat Quinton Nel (28) en kaptein, Antonie van Niekerk (26), aanvanklik die grondslag gelê het.

    Hoërskool Zwartkop het sy onoorwonne status behou deur vir Midstream College tuis met 26 lopies te troef. Die dag het ongetwyfeld aan die boulers behoort, met Midstream se Dian de Villiers wat verrigtinge met vyf paaltjies vir slegs 17 lopies geopen het. De Villiers het ‘n ewe behendige 25 lopies aangeteken, terwyl sy aanvangsvennoot, Ryan Strauss, met 35, die grootste uitblinker met die kolf was.

    Die Zwarries se Layton Wilson het egter ‘n demper op Midstream se verwagtinge geplaas. Hy het, met slegs 135 lopies om mee te speel, die Midstream-kolflys met syfers van 5/21 in sy toegelate 10 beurte verinneweer. Liam van Wyk, met sy 2/19, het gehelp om die besoekers tot ‘n totaal van 109 te beperk.

    Die wedstryd tussen Hoërskool Pietersburg en Hoërskool Lichtenburg is weens swaar weer afgelas, met die gevolg dat die spanne punte moes deel.

    Die Pieties sou hulself ietwat ongelukkig geag het, met AJ Galloway se blitsige 80 wat die momentum in die tuisspan se guns geswaai het, na slegs Stephan Swanepoel (29) aanvanklik iets kon uitrig met die kolf, vanweë Liggies se Jurgen Hesse (4/28) wat hulle geroer het met die bal. Galloway het 10 viere en vier sesse gemoker van net 53 balle.

    Die Liggies was drie sonder verlies toe die spanne noodgedwonge moes bladskud.

    Beknopte telkaarte:

    Dinamika 189 (Jadin Schlebusch 43, Trent Shrives 31*, Kyle du Plooy 30, Ekstras 23; Zian Maritz 3/27, Ibrahim Haffejee 3/32, Byron Viljoen 2/32); Monument 107/2 (Logan Weetman 38*, Quinton Nel 28, Antonie van Niekerk 26; Jayden Smith 1/24). Monument wen met agt paaltjies, volgens die Duckworth-Lewis-Stern-metode.

    Zwartkop 135 (WJ Esterhuizen 29, Dawid Hanekom 24, Vince Matraiotte 23, Ekstras 22; Dian de Villiers 5/17, Barto Oosthuizen 2/10); Midstream College 109 (Ryan Strauss 35, Dian de Villiers 25; Layton Wilson 5/21, Liam van Wyk 2/19). Zwartkop wen met 26 lopies.

    Hoërskool Pietersburg 181 (AJ Galloway 80, Stephan Swanepoel 29; Jurgen Hesse 4/28, Douw Jacobs 2/27, Elje Kleynhans 2/53); Hoërskool Lichtenbrug 3/0. Wedstryd afgelas weens slegte weer.

  • Nkowankowa Hub crowned Schools SA20 regional girls’ champs in Benoni

    Nkowankowa Hub crowned Schools SA20 regional girls’ champs in Benoni

    The Nkowankowa Hub after their victory over Kwa-Themba Hub in the Schools SA20 Regional Final in Benoni on Sunday. Photo:  Nkowankowa Hub.

    The Nkowankowa Hub, from just outside of Tzaneen, in Limpopo, created special memories on Sunday when they were crowned the Schools SA20 regional champions in Benoni.

    Relive all the action on SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    The girls from up north twice defeated a strong Kwa-Themba Hub team and also beat the Shoshanguve Hub side on their way to lifting the winner’s trophy.

    Nkowankowa won their first match against Kwa-Themba, from Ekurhuleni,  by five wickets, but it showed that if they met again in the final, it would likely be a cracker.

    In the title game, Kwa-Themba received outstanding performances from Mpumelelo Mashilwane (34) and Nonkululeko Mahlangu (4/7), but Nkowankowa maintained their composure to claim victory.

    Unfortunately for Kwa-Themba, Mashilwane’s fine innings represented 72 percent of their runs, and they mustered only 47 all out. Mahlangu tried her best to defend that small total, but Nkowankowa kept a cool head to chase it down.

    The champions also blew Shoshanguve out of the water, winning by 33 runs. Pontsho Refilwe Mopayi, one of Nkowankowa’s standouts, wreaked havoc with a spell she will likely never forget. In just 1.4 overs, she snapped up five wickets – an average of one every second ball – while conceding only three runs.

    Motlalepule Joan Sbele (2/9) and Respect Mabasa (2/11) also got in on the action as the side from Limpopo bundled out Shoshanguve for only 29 runs to book another face-off with the Kwa-Themba Hub in the final.

    Inclement weather led to the title decider being played over 15 overs a side and Mapoyi was again in the thick of the action, capturing 2/12. Alicia Mukhandi Masela, with 2/14, provided good support as Kwa-Themba was limited to 60/7.

    Try as they might, they couldn’t halt the Nkowankowa Hub’s bid for victory and Ripfumelo Faith Nkuna for her side in the 14th over.

    Summarised scorecards

    Final

    Kwa-Themba Hub 60/7 (Mpumelelo Mashilwane 23; Pontsho Refilwe Mopayi 2/12, Alicia Mukhandi Masela 2/14); Nkowankowa Hub 61/5 (Ripfumelo Faith Nkuna 20; Nonkululeko Mahlangu 2/3, Seipati Moagi 2/11). Nkowankowa Hub won by five wickets.

    Round-Robin 

    Kwa-Themba Hub 47 (Mpumelelo Mashilwane 34; Respect Mabasa 2/15); Nkowankowa Hub 49/6 (Extras 15, Respect Mabasa 10; Nonkululeko Mahlangu 4/7). Nkowankowa Hub won by four wickets.

    Nkowankowa Hub 62/8 (Extras 16, Respect Mabasa 12; Tintswalo Matjeke 2/6, Nokubong Mpanza 2/8) Shoshanguve Hub 29 (Lesedi Ndlovu 9; Pontsho Refilwe Mopayi 5/3, Motlalepule Joan Sebele 2/9, Respect Mabasa 2/11). Nkowankowa Hub won by 33 runs.

  • Van der Walt’s century makes it one apiece in Bloemfontein

    Van der Walt’s century makes it one apiece in Bloemfontein

    Photo: Grey College on Facebook.

    Hoërskool Waterkloof‘s wicketkeeper/batsman, Rico van der Walt ensured the Pretoria school shared the spoils against Grey College in Bloemfontein over the weekend.

    Relive all the action on SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    On Friday afternoon, in the first of two matches between the schools, Grey College landed the first punch by winning the T20 clash.

    The foundation for their win was laid by the home side’s batsmen, with all-rounder Daniel Hattingh and the opener, Christian Kind, starring.

    Chasing 138 on what looked to be a challenging surface, the pair fought fire with fire and took the attack to the Klofie bowlers.

    Hattingh led the way, smashing seven boundaries, three of which made ground for the first time on the other side of the rope, in a match-winning innings of 52 from just 40 balls.

    Kind was also aggressive and asserted his dominance with six boundaries in his 37 from only 26 deliveries. The pair’s 50-run partnership broke the backbone of the chase and fuelled Grey’s charge to a four-wicket victory in the 18th over.

    Van der Walt missed out in the T20, but he turned the tide for Waterkloof on Sunday. Fresh off of scoring a century against St Andrew’s School on Saturday, this time, with Waterkloof and Grey College playing a 40-overs-a-side game, he grabbed his opportunity with both hands and delivered another outstanding innings.

    The visitors were set a target of 223 for victory after a well-rounded effort from Grey’s batsmen took the hosts to 222/6. Juan Maree sparkled lower down the order, top-scoring with 41 runs, but Van der Walt’s aggressive batting for Waterkloof stole the show.

    Coming in with his side unsteady at 9/2, he teed off. He struck 12 fours and an astonishing eight sixes and played some delightful strokes to race to an unbeaten 128 from only 98 balls.

    Juan Swart, who is only in Grade 9, showed against tough opposition why he is regarded as one of the best up-and-coming batting talents at schoolboy level in South Africa.

    He provided Van der Walt with excellent support and made an unbeaten 42 in their 99-run partnership, which saw Waterkloof to a comfortable victory in the 34th over, with six wickets to spare.

    Summarised scorecards

    Friday – 31 January (T20)

    Waterkloof 137/7 (Franco Schmidt 31, Jaydon Blom 21, AJ de Villiers 20, Ricardo Crous 20*; Henru de Wet 3/15); Grey College 138/6 (Daniel Hattingh 52, Christian Kind 37, Extras 23; Darius Maritz 2/13, AJ de Villiers 2/20). Grey College won by four wickets.

    Sunday – 2 February (40 over match) 

    Grey College 222/6 (Juan Maree 41, Henru de Wet 37, Daniel Hattingh 37, Christian Kind 36, Jaco Prinsloo 30*; Wian du Plessis 2/25, AJ de Villiers 2/35); Waterkloof 223/4 (Rico van der Walt 128*, Juan Swart 42*, AJ de Villiers 26; Sicelo Matayi 1/31). Waterkloof won by six wickets.

  • Shaw, Coetzee trek Moorie-wa deur die drif, MV troef Gimmies met 11 lopies

    Shaw, Coetzee trek Moorie-wa deur die drif, MV troef Gimmies met 11 lopies

    Hans Moore se Xavier Coetzee in aksie. FOTO: Frans Lombaard

    Hoërskool Montana is ‘n harde neut om te kraak op sy tuisveld. Daarvan kan Hans Moore getuig, ná sy swaarverdiende sege die afgelope naweek.

    Herleef al die aksie op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    Alhoewel die span uit die Noorde van Pretoria teen die Moories vasgeval het, het dit bloedsweet gekos vir die besoekers van Benoni om uiteindelik met drie paaltjies te wen. Dit was hoofsaaklik te danke aan die ervaring van twee van die Moories se voorslagkolwers.

    Aiden Shaw (51) en die talentvolle Xavier Coetzee (49) het saamgespan vir ‘n uiters belangrike 91-lopie vennootskap om hul span uit die knyp te kry, nadat die Monties se Maans de Raubix (2/30) en Wouter Kotze (2/49) vir die besoekers kwaai hoofbrekens besorg het.

    Die Monties se kaptein, Luca Bairos, het sy mede-kolwers, Adriaan Nel (45*) en Juvhanne Conradie (44), geduldig geïnspireer met ‘n beurt van 54 lopies, wat slegs twee grenshoue ingesluit het. Bairos se hardloopwerk tussen die paaltjies was egter uit die boonste rakke en het die pas vir die res van die kolwers aangegee.

    Hoërskool Marais Viljoen het tuisveldvoordeel optimaal benut om die besoekende Potchefstroom Gimnasium in nóg ‘n naelbytstryd met 11 lopies te troef. Die span van Alberton se aanvangskolwer, Tiaan Hall, het sy beste spelpeil herwin met ‘n aanskoulike beurt van 54, terwyl die veelsydige Abdullah Tadwala (35) en kaptein, Jaden Govender (34), ook mooi gekolf het.

    Hoewel die uiteindelike totaal van 174 nie veel vertroue ingeboesem het nie, kon die aanvangsboulers, Marco Hoffman en Abdullah Tadwala, tóg daarin slaag om, met hul effektiewe draaiboulwerk, dit suksesvol te verdedig. Hoffman se sewe beurte het drie paaltjies vir slegs 22 lopies opgelewer, terwyl Tadwallah 2/25 in sy beurte behaal het.

    Divan van Eldik (37) en Jahndré Coetzee (29) het hul bes probeer om Gimmies weer op koers te kry, maar nóg ‘n paar paaltjies deur Tristan Thom (2/9) het die besoekers se doppie geklink, met hul laaste paaltjie wat in die 33ste beurt gekantel het.

    Beknopte telkaarte:

    Montana 195/7 (Luca Bairos 54, Adriaan Nel 45*, Juvhanne Conradie 44, Marco Rudolph 29; Ettiene Smith 2/27, Kyle Wratten 2/30); Hans Moore 199/7 (Aiden Shaw 51, Xavier Coetzee 49, Zander Swart 24, Kenan Shaw 22*; Maans de Raubix 2/30, Wouter Kotze 2/49). Hans Moore wen met drie paaltjies.

    Marais Viljoen 185/7 (Tiaan Hall 54, Abdullah Tadwala 35, Jaden Gavender 34, Ethan van Rooyen 21; Thloni Tabatha 3/40); Potchefstroom Gimnasium 174 (Divan van Eldik 37, Ruhann Steenkamp 32, Jahndré Coetzee 29, Ekstras 25; Marco Hoffman 3/22, Tristan Thom 2/9, Abdullah Tadwalla 2/25). Marais Viljoen wen met 11 lopies.

  • Garsfontein bosses Affies in Benoni Schools SA20 final

    Garsfontein bosses Affies in Benoni Schools SA20 final

    Garsfontein’s Zizwe Khumalo celebrating the big wicket of Affies’ Ruben Groenewald. Photo: Frans Lombard.

    Hoërskool Garsfontein kept their winning streak intact and claimed the title in the Schools SA20 regional playoffs of the Northern Gauteng, Limpopo. and Easterns regions on Sunday.

    Relive all the action on SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    In a battle of Pretoria powerhouses, the Ysbere bossed Afrikaanse Hoër Seunskool (Affies) in the final at Willowmoore Park.

    Echard Struwig, as he had been on many previous occasions, was a crucial contributor to Garsies‘ success.

    Batting first, they found themselves in a bit of a pickle at 71/5. But that’s when Struwig stepped up to the plate. Moving along swiftly at a strike rate of 125, he struck 39 runs from 31 deliveries to turn the tide in his side’s favour.

    His contribution helped the Ysbere to a competitive total of 142, with the last wicket falling off the last ball of their innings.

    Affies’ Nico Loggerenberg (2/32) and Jaden Beukes (2/23) did the bulk of the damage, but only Loggerenberg, among the seven bowlers used, went for less than six runs an over.

    The in-form Vihan Pretorius and opening batsman Ethan Williams had Affies sitting pretty for quite some time in their reply. Pretorius led the way, making a classy 50 on the dot, from 53 balls. Williams, meanwhile, weighed in with 48 from 46 balls, which included four of the eight fours Affies scored in their innings.

    Together, Pretorius and Williams added 96 for the third wicket, but it was no surprise when Struwig struck a decisive blow for Garsfontein by dismissing Williams off the first ball of the 17th over.

    Following his star turn with the bat, Struwig sent down a match-winning three overs during which he captured 4/21. Garsfontein’s captain Xander Venter (3/13) backed up Struwig well as Affies wilted.

    They lost seven wickets for only 19 runs in 3.5 overs and were left 18 runs short, on 124/9, after the last ball had been bowled, and Garsfontein remained unbeaten in 2025.

    Summarised scorecard

    Hoërskool Garsfontein 142 (Echard Struwig 39; Nico Loggenberg 2/32, Jaden Beukes 2/23); Affies 124/9 (Vihan Pretorius 50, Ethan Williams 48; Echard Struwig 4/21, Xander Venter 3/13). Hoërskool Garsfontein won by 18 runs.