SSPN Test Site

Author: froberholzer

  • Bairos, Monties op die wenpad met Moories volgende in die visier

    Bairos, Monties op die wenpad met Moories volgende in die visier

    FOTO: DG Sports Fotos.

    Hoërskool Montana, met kaptein, Luca Bairos, wat van voor lei, is vasberade om hul segetog hierdie week voort te sit teen Hoërskool Hans Moore.

    Volg al die aksie op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    Na hul oorwinning oor Hoërskool Centurion in die tweede ronde van die Finsbury-reeks se B-afdeling, behoort die Monties oor te loop van die selfvertroue.

    Dit was juis Bairos wat met ‘n kapteinsbeurt die kastaiings met ‘n deurslaggewende 40 lopies uit die vuur gekrap het vir die span van Pretoria-Noord om ‘n oorwinning met vier paaltjies oor die Woeries te behaal.

    Dit is boonop Montana se tweede agtereenvolgende wedstryd op tuisbodem, en op skolevlak speel tuisveldvoordeel ‘n beduidende rol. Aanvangsbouler, Juan Theunissen, is stewig op dreef met die bal en sal wil voortbou op sy nuutgevonde ritme ten einde sy span in ‘n gesaghebbende posisie te help plaas teen ‘n sterk Moorie-kolflys.

    Die besoekers van Benoni beskik oor hope talent met die wilgerlat in hand, soos aanvangskolwers, Zander Swart en Stephan Vermaak, aangedui het in die span se oorwinning met 10 paaltjies oor Marais Viljoen ‘n week gelede.

    Dit lyk ook asof  die Shaw-broers, Kenan en Aiden Shaw, in omgekrapte bui is met onderskeidelik die bal en kolf, en eersgenoemde wat die Moories se voorslagbouler was teen die manne van Alberton. Alhoewel die Hoëveld se blaaie meer neig ten gunste van die naatboulers, is dié draaier se konstante lyn en lengte steeds moeilik om te trotseer. Aiden, wat ook die besoekers se paaltjiewagter en ‘n toporde-kolwer is, sal brand om sy kolfvernuf in Pretoria ten toon te stel.

    Marais Viljoen, wat nog sy wonde lek na die nederlaag teen die Moories ‘n week vantevore, het ‘n gulde kans teen Potchefstroom Gimnasuim om sake reg te stel. Albei spanne se boulaanvalle het deurgeloop onder hul vorige teenstanders. Marais Viljoen geniet egter tuisveldvoordeel en dis dalk nét wat hy benodig om terug te keer na die wenpad toe.

    Kaptein, Jaden Govender, sal van die res van sy troepe, vernaam Abdullah Tadwala, verwag om hul pond vleis tafel toe te bring. Die Gimmies sal heelwat staatmaak op aanvangsbouler, Jhandré Coetzee, om sy onlangse kordaatstukke met die bal te herhaal.

    Die kragmeting tussen Hoërskool Kempton Park en Hoërskool Centurion is uitgestel tot latere kennisgewing, weens die Kempies se deelname aan die uitspeelrondes van die Schools SA20 in Benoni eerskomende naweek.

    Bepalings:

    Week 3: 
    Montana t. Hans Moore
    Marais Viljoen t. Potchefstroom Gimnasium

  • Kan Eldos Volkies se twee ‘Vans’ tem op tuisbodem?

    Kan Eldos Volkies se twee ‘Vans’ tem op tuisbodem?

    Potchefstroom Volksool se Eduan van der Merwe met sy kolf omhoog na ‘n uitstaande hondertal teen Hoërskool Nelspruit. FOTO: Potchefstroom Volkskool op Facebook.

    Verlede week se aksie in Afdeling A van die Finsbury-reeks het ‘n paar kragtige vertonings opgelewer, vernaam dié van Eduan van der Merwe en Louis van Wyk in Potchefstroom Volkskool se oorwinning met 163 lopies oor Hoërskool Nelspruit.

    Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    Die duo se uithalerspel met die kolf het reeds die waarskuwingskote afgevuur in die aanloop tot die Potchefstromers se kragmeting met Hoërskool Eldoraigne hierdie naweek.

    Van der Merwe se spogbeurt van 107 was uit die boonste rakke. Benewens die aantreklike houe wat hy gespeel het, het hy boonop teen ‘n gesonde treftempo gekolf. Van Wyk was ewe indrukwekkend en behoort oorgehaal te wees om weer die wilgerlat te laat praat. Die feit dat hulle boonop tuisveldvoordeel geniet, sal verseker dat die motiveringsvlakke hemelhoog is.

    Herman Hesse, die Volkies se aanvangsbouler het sedert die begin van die jaar egter taamlik opspraak gemaak met sy knaende lyn en lengte en sal deeglike beplanning verg van die Eldo’s.

    Die besoekers kan inderdaad nie onderskat word nie. In die eerste jaar wat hulle deel uitmaak van die A-afdeling, het die Eldos reeds met Hoërskool Menlopark afgereken, en, die daaropvolgende week vir die verdedigende kampioen, Hoërskool Waterkloof, kwaai opdraande gegee. Abré Volgraaf en die res van sy afrigtingspan doen beslis iets reg in die kolfdepartement.

    In die Eldos se laaste twee uitstappies was daar reeds vier vyftigtalle deur verskillende kolwers in die toporde, met die onlangste Ruan Steyn se 55 lopies teen die Klofies, wat hom behoort aan te vuur vir nóg meer van dieselfde op die pad vorentoe. Met altwee spanne se kolwers wat tans goeie spelpeil handhaaf, kan hierdie naweek beslis ‘n fees op Potchefstroom se kolfvriendelike blaaie oplewer.

    Hoërskool Waterkloof en Hoërskool Menlopark is reeds Dinsdag en Woensdag besig om sake op die André van der Walt-ovaal uit te spook. Dié skuif in die program kom weens die Klofies se tog na Bloemfontein, waar hulle Vrydagmiddag teen Grey College en Saterdag teen St Andrew’s School te staan kom.

    Die grootste nuus vanaf die André van der Walt tot dusver is dat die Parkies ‘n reuse totaal van 366 in hul toegelate 50 beurte opgestapel het.

    Hoërskool Rustenburg en Hoërskool Nelspruit geniet albei ‘n loslootjie. Die twee spanne het reeds verlede Vrydag hul rondomtalie-wedstryd afgehandel, met die Rusties wat met vier paaltjies koning gekraai het.

    Week 3:

    Bepalings: 

    Potchefstroom Volkskool t. Eldoraigne
    Waterkloof t. Menlopark

  • Affies, Garsfontein the favourites in Schools SA20 playoffs at Willowmoore

    Affies, Garsfontein the favourites in Schools SA20 playoffs at Willowmoore

    Affies’ batsman Vihan Pretorius: Jean Le Roux

    All roads lead to Benoni, specifically Willowmoore Park, for phase two of the Schools SA20 regional playoffs between the top two teams from the Northern GautengLimpopo, and Easterns regions. 

    They’ll battle it out for a place in the national final and a shot at ultimate glory at the University of Pretoria from 12-15 March. 

    Follow all the action live on SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    The home of Eastern Cricket, Willowmoore Park will host all of the matches on four fields: the Willowmoore Park Oval, Willowmoore B, Willowmoore C, and Willowmoore D.

    As expected, the Phase Two playoffs will bring some big guns together. The match between Hoërskool Kempton Park and Afrikaans Hoër Seunskool (Affies) will surely be the highlight of the first day. The Kempies, having won the Easterns leg, under the leadership of captain, Marko Richter, will pose a big threat, and not only to Affies.

    Kempton Park’s frontline batsmen, Wian Pieters and Hanré van Deventer, hit their straps at just the right time, on the eve of the action in Benoni. They warmed up for the Schools SA20 playoffs by each scoring a century against Potchefstroom Gimnasium in the Finsbury League.

    The Affies’ challenge will be fronted by the talented left-handed batsman Vihan Pretorius, who showed off his class throughout 2024. That earned him a place in the Northern u16 side, and he followed that up by representing the CSA Invitational team at the Khaya Majola Week in December. Then, at just 16 years of age, he turned out for the Northern Champions in the CSA u19 Cubs Week in early January.

    Alongside Pretorius, all-rounder, Ruben Groenewald, will also have a massive role to play. As arguably the cleanest hitter of a cricket ball in the Affies’ side, his wicket will, without a doubt, be prized.

    Merensky Landbou Akademie, the winners of the Limpopo leg of the Schools SA20, will have their work cut out for them. They face a tough challenge, with Hoërskool Garsfontein‘s Ysbere waiting for them in the first round. Garsfontein is off to an unbeaten start to the season, mostly thanks to the bat of the talented Xander Venter, and they’re viewed as a team that could go all the way.

    Merensky’s clash with the Ysbere will be followed by two equally challenging encounters, with that Friday morning match being followed by an outing against Hoërskool Kempton Park on Friday afternoon and, then, they take on Affies on Saturday morning.

    St Benedict’s College, the Easterns’ runner-up, will face Limpopo’s runner-up, Phalaborwa Hub, in their opening match. Getting away to a winning start and building momentum will be important to both sides. Bennies will tackle Affies on Friday afternoon.

    All teams will play two matches on both Friday and Saturday, while the final will be the only match taking place on Sunday.

    Matches start at 10:00 and 14:00 on Friday and Saturday. The Final starts at 09:30 on Sunday.

    FIXTURES

    Day One – Friday – 31 January

    10:00
    Hoërskool Kempton Park vs Affies
    Phalaborwa Hub vs St Benedict’s College
    Merensky vs Garsfontein

    14:00
    Garsfontein vs Phalarborwa Hub
    Affies vs St Benedict’s College
    Merensky vs Hoërskool Kempton Park

    Saturday – 1 February 

    10:00
    St Benedict’s College vs Garsfontein
    Affies vs Merensky
    Hoërskool Kempton Park vs Phalaborwa Hub

    14:00: Semi-Finals
    Pool A no. 1 vs Pool no. 2
    Pool B no. 1 vs Pool A no. 2

    Sunday – 2 February

    09:30 – Final

    Log no. 1 vs Log no. 2.

  • Nel verf Middelburg groen, Hartkopf neem Tzaneen op horings

    Nel verf Middelburg groen, Hartkopf neem Tzaneen op horings

    Maro Hartkopf van Heidelberg Volkskool na sy skitterbeurt teen Ben Vorster in Tzaneen. FOTO: Verskaf deur Heidelberg Volkskool.

    Hoërskool Middelburg se Hendré Nel het behoorlik die langsteel ingelê om die Middies se buurskool, Hoër Tegniese Skool Middelburg, in sy eie agterplaas pak te gee.

    Herleef al die aksie op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    Nel het die besoekers se jaagtog van 207 lopies gelei met ‘n blitzkrieg, toe hy op nommer sewe die kolfkampie beset het.

    Nadat aanvangskolwer, Eduan Strydom, met sy nuttige 53 die grondslag gelê het, kon Nel vanuit die staanspoor aanvallend kolf. In net 47 aflewerings het hy daarin geslaan om agt viere en ses sesse te moker om uiteindelik op ‘n onoorwonne 87 lopies af te sluit.

    Die boulers, vernaam Eduan Strydom en Ricardo Ras, verdien ook ‘n klop op die skouer. Strydom was die Middies se voorste paaltjievraat met syfers van 3/25. Ras het hom netjies bygestaan met twee paaltjies vir 41 lopies, wat gehelp het om die tuisspan tot ‘n aanvegbare totaal te beperk.

    HTS se Henco Britz was die tuisspan se silwerrand op die dag. Met sy span se rug teen die muur, het Britz steeds hand opgesteek om vier Middie-kolwers se paaltjies op te raap. Sy boulskof van agt beurte het ook slegs 35 lopies afgestaan, maar dit was nie genoeg om die groen golf te stuit nie.

    Heidelberg Volkskool se Maro Hartkopf en Quentin Dietrehsen het in Tzaneen Ben Vorster se boulaanval sonder veel moeite baasgeraak. Die Volkies se aanvangsvennootskap van 120 was onoorwonne en het aan die besoekers ‘n yslike oorwinning met 10 paaltjies besorg.

    Hartkopf het blitsig 69 lopies van net 41 aflewerings gemoker. Sy kort maar uiters effektiewe beurt het sewe viere en vier sesse ingesluit. In kontras daarmee, het Dietrehsen die beurt geanker deur 69 balle vir sy 51 lopies te trotseer, maar hy het nietemin self met vyf grenshoue gespog.

    Dr. Malan se Kegan Meyer en Luka Pretorius het Uplands College se toporde verwoes. Meyer het sy boulskof met vernietigende syfers van vyf paaltjies vir slegs 15 lopies afgesluit, en het, tesame met Pretorius (2/21), die span van Witrivier tot ‘n skamele 104 beperk. Charles Collen (34*) en Dewald Erasmus (27*) het die nodige gedoen om die teiken in ‘n japtrap te bereik en met agt paaltjies koning te kraai.

    Beknopte telkaarte:

    HTS Middelburg 206 (ST Rorich 30, Ruben Jooste 29, Dawid van Rooyen 29, Eddie Harris 28, Armand Kotze 25, Ekstras 22, Altus van Heerden 20; Eduan Strydom 3/25, Ricardo Ras 2/41); Hoërskool Middelburg 211/5 (Hendre Nel 87*, Eduan Strydom 53, Zubair Desai 24, Herman Potgieter 21, Ekstras 21; Henco Britz 4/35). Hoërskool Middelburg wen met vyf paaltjies.

    Ben Vorster 132 (Lourens Kriel 43, Talenta Ndlovu 30; Dave Pelzer 4/39, Jaco Botha 3/16); Heidelberg Volkskool 133/0 (Maro Hartkopf 69*, Quentin Dietrehsen 51*). Heidelberg Volkskool wen met 10 paaltjies.

    Uplands College 104 (Mfundo Mthimunye 37, Leam van Zyl 21*; Kegan Meyer 5/15, Luka Pretorius 2/21); Dr. Malan 106/2 (Charles Collen 34*, Dewald Erasmus 27*, Ekstras 26; Leam van Zyl 1/21). Dr Malan wen met agt paaltjies.

  • Bornman, met sewe uit 10, knak Wessies

    Bornman, met sewe uit 10, knak Wessies

    Rinaldo Bornman in aksie met sy venuinige draaiboul werk. FOTO: Ankia Botha.

    Rinaldo Bornman was vir die tweede keer vanjaar Hoërskool Wesvalia se moses.

    Herleef al die aksie op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    Die veelsydige Bornman, wat vroeër vanjaar die Wessies met die kolf by die Kovsie Smash T20-toernooi laat les opsê het, het dié slag die bal die praatwerk laat doen vir Merensky Landbou Akademie in die E-afdeling van die Finsbury-reeks.

    Die Plasies het die loot gewen en besluit om die besoekers van Klerksdorp eerste in te stuur om te kolf.

    Dié besluit het onmiddelik vrugte afgewerp met die hotklou-draaier, Timothy Baker (2/28), wat vroeg toegeslaan het met sy twee paaltjies. Dit het vir kaptein, Luka Heinlein, op Bornman se draaiboulwerk van die oorkantse kant af laat besluit en laasgenoemde het die geleentheid met albei hande aangegryp.

    In net 6.2 beurte het die draaier 31 leë balle afgestuur en net 20 lopies afgestaan. Dit was egter die paaltjie-kolom wat die aandag getrek het. Bornman was feitlik op eie houtjie verantwoordelik vir die besoekers se ineenstorting met nie minder nie as sewe van die opposisie se 10 paaltjies. Dit het die Wessies tot ‘n skamele 54 beperk.

    Die Plasies het daarna egter dit self nie maklik gevind met die kolf nie. Zaindre Stopford hul toporde heelwat hoofbrekens besorg, met drie paaltjies vir net 15 lopies, maar dit was op die einde van die dag nie genoeg om die tuisspan van ‘n oorwinning met vier paaltjies te weerhou nie.

    Hoërskool Secunda se Umar Badat het op tuisbodem sy span tot ‘n gemaklike ses-paaltjie sege oor Hoërskool Klerskdorp gedryf met ‘n onoorwonne 54, wat, tesame  Nijan Swart se 38, die span van Mpumalanga in staat gestel het om die nodige lopies reeds in die 26ste bymekaar te maak.

    Die grondslag vir die sege is welliswaar deur Jean Loock (3/30) en Jayden Scholtz (3/31) se venynige boulaanval gelê. Jordan van der Schyff het dapper gestaan vir sy 57 lopies, wat ook die hoogste individuele telling op die dag was, maar dit was nie genoeg om die kastaiings uit die vuur te krap vir Klerksdorp nie.

    Jayden van Wyk was Hoërskool Dr. EG Jansen se uitblinker teen Hoërskool Linden in Boksburg, met ‘n boulskof van ses beurte wat vier paaltjies ogelewer het vir net ses lopies. Luke Pretorius (2/10) en Brenton Francis (2/12) het verdere skade aangerig, met die gevolg dat EG Jansen se kolwers slegs 127 moes jaag vir hul oorwinning met vier paaltjies.

    Beknopte telkaarte:

    Wesvalia 54 (M Kinnear 15; Rinaldo Bornman 7/20, Timothy Baker 2/28); Merensky Landbou Akademie 56/6 (Rinaldo Bornman 15; Z Stopford 3/15, J Greyling 2/12). Merensky Landbou Akademie wen met vier paaltjies.

    Hoërskool Klerksdorp 193 (Jordan van der Schyff 57, Ekstras 46, Gerrit Koen 36, Luken Maritz 20; Jean Loock 3/30, Jayden Scholtz 3/31, Nathan Erasmus 2/31); Hoërskool Secunda 194/4 (Umar Badat 54*, Nijan Swart 38, Adries Coetzer 27; Gerrit Koen 2/33). Hoërskool Secunda wen met ses paaltjies.

    Linden 126 (N Dunn 48, C de Lange 21; Jayden van Wyk 4/6, Luke Pretorius 2/10, Brento Francis 2/12); Dr. EG Jansen 129/6 (Henri Coetzee 27, Ekstras 22, Juan Ungerer 20*; M Steyn 2/15, T Muller 2/31). Dr. EG Jansen wen met vier paaltjies.

  • Midstream meesterlik op tuisbodem, Zwartkop steeds op die wenpad

    Midstream meesterlik op tuisbodem, Zwartkop steeds op die wenpad

    FOTO: Midstream College op Facebook.

    Midstream College het sy eerste sege in vanjaar se Finsbury-reeks behaal danksy ‘n uiters afgeronde spanpoging op tuisbodem.

    Herleef al die aksie op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    Dit was inderdaad ‘n vertoning waarmee Midstream se breier, Johan Cloete, in sy noppies sou wees. Die span van Centurion het, met die veelsydige Tehan Mare en kolwer Jean Holtzhauzen wat die aanslag gelei het, met 131 lopies teen Hoërskool Pietersburg geseëvier.

    Holtzhauzen het verrigtinge van stapel gestuur deur sy span se hoogste telling met die kolf aan te teken. Hy het uitstekend gekolf, en hoewel hy eers op nommer sewe die kolfkampie betree het, het hy soos ‘n wafferse toporde-kolwer daar uitgesien om 61 lopies van slegs 69 aflewerings te moker. Maarten Nortjie het die kolfbeurt geanker met ‘n waardevolle 56 lopies.

    Die besoekers se kaptein, Dian Gouws, was sy span se groot uitblinker met die bal en het in sy 10 beurte slegs 46 lopies afgestaan om drie paaltjies te laat kantel. AJ Golloway (2/4) en Stephan Swanepoel (2/34) het met hul draaiboulwerk netjiese bystand gebied, maar dit kon nie die tuisspan verhoed om ‘n totaal van 258 op die bord te sit nie.

    Mare het sy vertoning met die kolf (28) puik opgevolg met die bal. Dit het hom slegs 3.5 beurte geneem om vier Pietie-paaltjies op te raap, vir slegs agt lopies, terwyl Christiaan Olwagen (3/20) en Ruben Howatt (3/22) die res van die skade aangerig het om die besoekers vir net 127 uit te boender.

    Hoërskool Zwartkop het sy tweede agtereenvolgende sege in twee weke behaal, dié keer teen Hoërskool Dinamika. Nes die wedstryd in Centurion, was dit het die Zwarries se kolwers wat uitstekend saamgespan het om hul span op die voorvoet teen die tuispan van Alberton te plaas.

    Vandeesweek was dit die beurt van WJ Esterhuizen om die kollig te steel. Esterhuizen het die kolfbeurt met ‘n uitstaande 85 lopies gelei, met Nicholas Conradie (56) en Ewan Erasmus (48) wat ook elk ‘n sny van die lopiekoek ontvang het om die besoekers tot ‘n onaantasbare 273/7 geneem.

    Rowan McLaren (3/12) en verlede week se held met die kolf, Zandre van Staden (3/19), het voortgebou op die kolfvertoning om ‘n wegholsege te beklink. Vir die tuisspan kon slegs Jadin Schlebusch (47) ‘n noemenswaardige bydrae lewer en moes hy toekyk hoe die res van sy span vir 111 uitgeboender word.

    Monument se Zian Maritz (53) en Logan Weetman (44) het die span van Krugersdorp se kolfbeurt gelei om uiteindelik met ‘n totaal van 221 af te sluit. Monnas se boulers, met Ruben Claassen (2/14) aan die spits, het dit uitstekend opgevolg om vir Hoërskool Lichtenburg uiteindelik met 64 lopies kaf te draf.

    Beknopte telkaarte:

    Midstream College 258 (Jean Holtzhauzen 61, Maarten Nortje 56, Ekstras 37, Eckhardt du Toit 28, Tehan Mare 28; Dian Gouws 3/46, AJ Galloway 2/4, Stephan Swanepoel 2/34, Willem Viljoen 2/50); Hoërskool Pietersburg 127 (Dian Gouws 37, Stephan Swanepoel 28, Cilliers van der Merwe 21, Hanru Marais 21; Tehan Mare 4/8, Christiaan Olwagen 3/20, Ruben Howatt 3/22). Midstream College wen met 131 lopies.

    Zwartkop 273/7 (WJ Esterhuizen 85, Nicholas Conradie 56, Ewan Erasmus 48, Zandre van Staden 33, Ekstras 26, Vince Matraotti 24; Branko Steenberg 3/50, Sebastian Le Roux 2/41). Dinamika 111 (Jadin Schlebusch 47*; Rowan McLaren 3/12, Zandre van Staden 3/19, Dawid Hanekom 2/11, Liam van Wyk 2/21). Zwartkop wen met 162 lopies.

    Monument 221 (Zian Maritz 53, Logan Weetman 44, Ruben Durrheim 39, Antonie van Niekerk 34; Johan Coetzee 2/21, Xander Blom 2/36, Raiyaan Pathan 2/51, Luan Snyman 2/58); Hoërskool Lichtenburg 157 (Douw Jacobs 54, Ekstras 30; Ruben Claassen 2/14, Byron Viljoen 2/27, Ibrahim Haffajee 2/27, Daniel Boatard 2/29). Monument wen met 64 lopies.

  • Van Deventer, Pieters lê die wilgerlat in teen Gimmies

    Van Deventer, Pieters lê die wilgerlat in teen Gimmies

    Hanré van Deventer en Wian Pieters het elk ‘n honderdtal aangeteken in Hoërskool Kempton Park se sege met 70 lopies oor Potchefstroom Gimnasium.

    Herleef al die aksie op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    Van Deventer en Pieters, die Kempies se aanvangskolwers, het die Gimmie-boulers behoorlik laat les opsê. Die tuisspan kon eers, met die besoekers se telling reeds op 197, daarin slaag om die eerste paaltjie plat trek.

    Pieters was eerste om te loop toe hy, net nadat hy sy honderdtal behaal het, deur die Gimmies se enigste suksesvolle bouler, Jhandré Coetzee (3/74) vir 101 terug pawiljoen toe gestuur is. Van Deventer het die teenstanders aanhou terroriseer totdat hy, ook kort na die ekstase van sy honderdtal, vir 103 sy paaltjie verloor het.

    Coetzee, alhoewel ietwat aan die duur kant, se harde werk is met ‘n derde paaltjie beloon toe hy vir Sheldon Kruger (24) laat uitvang het. Dit was egter nie genoeg om te voorkom dat die besoekers ‘n reuse totaal van 312/3 in hul toegelate 50 beurte aanteken nie.

    Die Gimmie-kolwers, op hul beurt, het hardnekkige teenstand gebied. Ongeag hul moeë lywe na 50 beurte in die veld, het Lukas Kotze en Christivan Coetzer van voor gelei. Kotze het sy span se hoogste telling van 70 behaal, terwyl Coetzer net ses lopies kort van ‘n welverdiende vyftigtal uitgehaal is vir 44.

    Ulrich Botha het ook beïndruk met 31, maar die Kempie-boulers, gelei deur Kristian du Plessis (2/21), het genoeg gedoen om die tuisspan in die 46ste tot 242 te beperk vir ‘n oorwinning met 70 lopies.

    Hoërskool Centurion het ‘n verbete terugvegpoging geloods, maar Hoërskool Montana het vasgebyt om die span uit Centurion met vier paaltjies te klop. Die Woeries ‘n totaal van 115 behaal, danksy kaptein, Morné Prinsloo, se beurt van 43. Die Monties se Juan Theunnissen het uitgeblink as aanvangsbouler met syfers van 3/6 in ses beurte.

    Monties se kolfbeurt was ook effens wankelrig en hulle was in ‘n stadium ietwat in die knyp met die telling op 57/4. Luka Bairos het egter tot sy span se redding gekom ‘n kapteinsbeurt van 40 lopies, wat net-net genoeg was om die span van Pretoria deur te sien in die 33ste beurt.

    Kenan Shaw en Kie het Marais Viljoen geroer in Hans Moore se 10-paaltjie oorwinning. Ten spyte van ‘n vermaaklike 67 deur die span van Alberton se Jaden Govender, was daar geen wegkruipplek vir die res van die kolflys nie. Shaw het dit uitgebuit om vyf paaltjies vir slegs 23 lopies in agt beurte laat spat.

    Aanvangskolwers, Zander Swart en Stephan Vermaak, het verder sout in Marais Viljoen se wonde gesmeer. Swart het die grootste skade met sy bydrae van 62* aangerig, terwyl Vermaak goed vertoon het vir sy onoorwonne 44 lopies om die span van Benoni tot ‘n oortuigende sege te lei.

    Beknopte telkaarte: 

    Hoërskool Kempton Park 312/3 (Hanre van Deventer 103, Wian Pieters 101, Marko Richter 33*, Sheldon Kruger 24, Stian de Villiers 21*;Jhandre Coetzee 3/74); Potchefstroom Gimnasium 242 (Lukas Kotze 70, Christivan Coetzer 44, Ulrich Botha 31; Kristian du Plessis 2/21, Garth van Deventer 2/29, Ethan Kotze 2/52). Hoërskool Kempton Park wen met 70 lopies.

    Hoërskool Centurion 115 (Morne Prinsloo 43, Ekstras 24; Juan Theunnissen 3/6, Leejan van Jaarsveld 2/13, Frank van der Westhuizen 2/22); Montana 117/6 (Luka Bairos 40, Ekstras 24; Kyle Fourie 2/25). Montana wen met vier paaltjies.

    Marais Viljoen 115 (Jaden Govender 67; Kenan Shaw 5/23); Hans Moore 117/0 (Zander Swart 62*, Stephan Vermaak 44*). Hans Moore wen met tien paaltjies.

  • Van der Merwe, Van Wyk roer die Nellies

    Van der Merwe, Van Wyk roer die Nellies

    Cricket Ball on BatPotchefstroom Volkskool se Eduan van der Merwe en Louis van Wyk het Hoërskool Nelspruit se boulers gekasty met die wilgerlat.

    Herleef al die aksie op SuperSport Schools(www.supersportschools.com) 

    Dié twee kolwers het gesamentlik meer as die helfte van die Volkies se totaal van 303 lopies aangeteken. Van der Merwe was voor in die koor met ‘n uitmuntende 107, terwyl Van Wyk, kort op sy hakke, met ‘n pragbeurt van 86 kon spog.

    Die Nellies se Juan Maritz is met drie paaltjies vir sy ekonomiese boulwerk beloon, en is goed deur Duan Smal bygestaan. Alhoewel Smal ietwat aan die duur kant was het hy steeds twee Volkie-kolwers teruggestuur pawiljoen toe.

    Die Nellies se kolfbeurt het egter nie volgens plan verloop nie. Buiten Rico Nel, het die span van Nelspruit se kolflys grootliks in duie gestort. Nel het gelyk of hy op ‘n ander blad kolf en sy geduld is met 56 lopies beloon.

    Die Volkies se voorslagbouler, Herman Hesse, was weer in ‘n verwoestende bui. Sy vier paaltjies vir slegs 13 lopies was die vernaamste rede vir die Nellies se ineenstorting. Handre de Beer het ook gedeel in die aksie met twee paaltjies om die span van die Laeveld tot net 140 lopies te beperk. Dit was die Nellies se tweede nederlaag in twee dae, nadat hulle Vrydag met vier paaltjies teen Hoërskool Rustenburg vasgeval het.

    Hoërskool Eldoraigne het die verdedigende kampioen, Hoërskool Waterkloof, laat sweet vir ‘n swaarverdiende oorwinning met drie paaltjies. Ruan Steyn was uitstekend met die kolf vir ‘n spoggerige 55 en het, met behulp van Kyle de Bruyn se 40, die span van Centurion tot ‘n totaal van 214 gehelp.

    Klofies se Ricardo Crous was egter net té goed op die dag. Na sy vertoning van 3/21 met die bal, het Crous tot sy span se redding gekom met ‘n kritieke 49 lopies. Kaptein Riley Miller het sy goeie spelpeil voortgesit met nóg 43 lopies op sy kerfstok. Dit was uiteindelik genoeg om die tuisspan oor die wenstreep te kry.

    Hoërskool Rustenburg kon nie sy sukses van Vrydag herhaal nie. Die span van Noordwes het ‘n nederlaag met vyf paaltjies teen Hoërskool Menlopark op die lyf geloop.

    Menlopark se aanvangsbouler, Tiaan Serfontein, het van voor gelei met syfers van 2/16, terwyl Matt van der Westhuizen die grootste skade met die kolf aangerig het. Sy 37 lopies, tesame met James Bronkhorst se 32, het ligte werk gemaak van die Rusties se totaal van 108.

    Beknopte telkaarte:

    Potchefstroom Volkskool 303/9 (Eduan van der Merwe 107, Louis van Wyk 86, Ekstras 25, Juan van Niekerk 24; Juan Maritz 3/23, Duan Smal 2/62); Hoërskool Nelspruit 140 (Rico Nel 56, Luan Siebrets 25; Herman Hesse 4/13, Handre de Beer 2/21). Potchefstroom Volkskool wen met 163 lopies.

    Eldoraigne 214 (Ruan Steyn 55, Kyle de Bruyn 40, Jean du Randt 35, Ekstras 25, Vince Lotz 24; Ricardo Crous 3/21, Darius Maritz 2/34, Johan Feuth 2/37); Waterkloof 216/6 (Ricardo Crous 49, Riley Miller 43, Jaydon Blom 34*, AJ de Villiers 23, Ekstras 20; Kyle de Bruyn 3/32, Cornell Cousins 2/42). Waterkloof wen met drie paaltjies.

    Hoërskool Rustenburg 108 (Manfred Wenhold 23, Ekstras 23; Tiaan Serfontein 2/16, Johan Bosch 2/26, Murray Hofmeyr 2/30); Hoërskool Menlopark 114/5 (Matt van der Westhuizen 37, James Bronkhorst 32, Morne Koekemoer 21*; Augie Behrens 2/17, Thian Labuschagne 2/29). Hoërskool Menlopark wen met vyf paaltjies.

    Vrydag 24 Januarie: 

    Hoërskool Nelspruit 266/7 (Vaughn van Zyl 81, Graham Waldemar 49, Luan Siebrets 42, Rico Nel 27, Duan Small 22; Henlo van Rooyen 2/47, Hendri Kemp 2/55); Hoërskool Rustenburg 269/6 (Thian Labuschagne 70, Callie Fryer 55, Hendre Robinson 54, Tristan van der Linde 26, Henlo van Rooyen 26*; Jan Malan 4/26). Hoërskool Rustenburg wen met vier paaltjies.

  • KES dismantles Grey College, St John’s tames St Andrew’s School

    KES dismantles Grey College, St John’s tames St Andrew’s School

    Nkosana Sibiya in action for St John’s College. Photo: St John’s College.

    The batting performances of the visiting teams on Saturday in Bloemfontein were surely enough to make their batting coaches smile from ear to ear.

    Relive all the action on SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    Grey College’s bowlers will return to the drawing board after King Edward VII School (KES) put them through the ringer. The visitors, from Johannesburg, posted a mammoth 362/2 from their 50 overs.

    The tough day for Grey College’s fielders began with a 177-run partnership for the first wicket between opening batsmen, Tiago Dias and Khwezi Nyamathe. Edrich Hanekom (1/61), eventually, separated them, with Nyamathe losing his wicket after scoring 76 runs.

    Dias kept going, smashing the Grey bowlers to all corners of their home ground. It wasn’t until he had 130 runs to his name that he had to make the trip back to the shed.

    Troy Gordon also enjoyed his time at the crease. Coming in at three, he wasted no time in taking it to the Grey bowlers. In a 58-ball blitzkrieg, he blasted 12 fours and five sixes to finish with an entertaining 116 not out.

    After his side’s dominant batting performance, KES opening bowler Christian Sabela made his mark and rubbed further salt into Grey’s wounds by capturing a memorable 5/30 in only 6.4 overs to undermine the home side’s response.

    Christian Kind fought hard and was rewarded with the host’s top score of 48, but Grey needed so much more than that after the clubbing dished out by the KES batsmen. Two wickets each from Connor Kuijers (2/14) and Wade McQuin (2/39) gave Sabela the support he needed and Grey College was bowled out for 149, leaving KES the winners by a handsome 214-run margin.

    Nearby, on Vossie’s Field, at St Andrew’s School, St John’s College recorded a six-wicket win. Saints, batting first, posted a solid-looking 235 all out, with Jonathan Hickley making 52 and Andrew Sobiech 50, while FG Botha weighed in with 47 and Naudé Botha with 44.

    Alec Loveland led the visitors’ attack, claiming 3/47, while Herman Basson picked up 2/37 and Ethan Robinson 2/42.

    Nkosana Sibiya led the St John’s reply, top-scoring for coach Bongani Ntini‘s side with a well-played 59. Ethan Robinson backed up his two wickets with the ball with an unbeaten 53 as the pair made the run chase look very comfortable.

    After Sibiya’s dismissal, Aiden Barberrini helped steer the Johannesburg school across the line in the 47th over, contributing an unbeaten 40.

    FG Botha bagged 3/50 for St Andrew’s with his leg spin.

    Summarised scorecards 

    King Edward VII School 362/2 (Tiago Dias 130, Troy Gordon 116*, Khwezi Nyamathe 76, Wade McQuin 22*; Edrich Hanekom 1/61); Grey College 149/10 (Christian Kind 48, Daniel Hattingh 29, Albert Liebenberg 29; Christian Sabela 5/30, Connor Kuijers 2/14, Wade McQuin 2/39). King Edward VII School won by 213 runs.

    St Andrew’s School 235/10 (Jonathan Hickley 52, Andrew Sobiech 50, FG Botha 47,  Naudé Botha 44; Alec Loveland 3/47, Herman Basson 2/37, Ethan Robinson 2/42); St John’s College 236/4 (Nkosana Sibiya 59, Ethan Robinson 53*, Aiden Barberrini 40*, Herman Basson 34, Darshik Lutchman 32; FG Botha 3/50). St John’s College won by six wickets.

  • Merensky, Wessies reeds vir tweede keer vanjaar slaags

    Merensky, Wessies reeds vir tweede keer vanjaar slaags

    Rinaldo Bornman van Merensky op die aanval teen Mohodi Hub. FOTO: Ankia Botha

    Hoërskool Wesvalia soek ‘n tweede hap van die kersiekoek wanneer hy Saterdag, vir die tweede keer vanjaar, teen Merensky Landbou Akademie, agter die sitrusgordyn in Tzaneen, te staan kom.

    Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    Die twee spanne het vroeër reeds by die jaarlikse Kovsie Smash T20-toernooi swaarde gekruis. Alhoewel die Wessies as kampioen van die toernooi gekroon is, het die Plasies, op die dag, met sewe paaltjies koning gekraai.

    Dit is juis die gevaarman, Rinaldo Bornman, waarvoor die besoekers hierdie slag versigtig sal wees. Buiten sy kolfvernuf, sal die veelsydige Bornman se draaiboulwerk ook ‘n sleutelrol in die Plasies se boulaanval speel.

    Die tuisspan se kaptein, Luka Heinlein, behoort opgewonde te wees oor die vooruitsig om weer op sy tuisveld te boul, want dii is in Tzaneen waar Heinlein se swaaiballe op hul geniepsigste is.

    Eduard Dreyer, die Wessies se voorslagkolwer, sou kwaai bespreking in Tzaneen uitgelok het. Hy het reeds die lopies begin opstapel en was die Kovsie Smash se voorste lopievraat met ‘n totaal van 302 lopies. Die hotklou-swaaibouler, Quwen Fourie, hou ook groot gevaar in, aangesien hy, nes Heinlein, die bal om ‘n hoek kan swaai en die Plasies se toporde op hul tone behoort te hou.

    Hoërskool Dr. EG Jansen kan uiteindelik sy veldtog loods, nadat sy eerste wedstryd verlede naweek weens reën afgelas moes word. Hy skop tuis af teen Hoërskool Linden. Die Jansies het reeds ‘n aantal wedstryde by die Hoër Jongenskool Paarl se krieketfees agter die blad. Kaptein, Jayden Barnes, en die veelsydige Brenton Francis is goed op dreef met die kolf.

    Linden lek nog sy wonde na ‘n ses-paaltjie nederlaag teen Hoërskool Secunda die week vantevore, maar besef dat hierdie ‘n nuwe geleentheid bied om punte op puntelys te plaas.

    Die einste Hoërskool Secunda geniet tuisveldvoordeel wanneer hy Saterdag vir Hoërskool Klerksdorp in Mpumalanga verwelkom. Aanvangskolwer, Andries Coetzer, behoort oorgehaal te wees om die wilgerlat op tuisbodem in te lê. Coetzer was in die sege oor Linden sy span se voorste kolwer met ‘n onoorwonne 58 lopies.

    Die Klerksdorpers moes die knie met ses paaltjies buig in hul derby teen Wesvalia verlede week. Die kolwers sou vandeesweek egter hard skouer aan die wiel gesit het om ‘n soortgelyke ineenstorting hierdie naweek te voorkom.

    Bepalings:

    Week 2:
    Merensky t. Wesvalia
    EG Jansen t. Linden
    Hoerskool Secunda t. Hoerskool Klerksdorp