SSPN Test Site

Author: froberholzer

  • Middelburg vroeg reeds vanjaar in groen en rooi getooi

    Middelburg vroeg reeds vanjaar in groen en rooi getooi

    FOTO: ka_sports.photography – Kamryn Aswin

    Middelburg is weer in groen en rooi getooi met ‘n liplekker-stryd wat voorlê tussen die twee naburige skole op die krieketveld.

    Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    Die Middies word waarskynlik as gunstelinge beskou aangesien hulle in die laaste paar kragmetings die oorhand oor hul bure geniet het. Tuisveldvoordeel en die opwinding van ‘n derby kan egter ‘n groot rol speel, verál in die spel met die leerbal en wilgerlat.

    Die Middies, wat reeds met ‘n oorwinning spog oor Hoërskool Ben Vorster van Tzaneen, sal vol vertroue wees om daarop voort te bou in 2025. Nóg ‘n positiewe is die feit dat die veelsydige draaier, Gavin Genis, reeds onder die paaltjies baljaar het, terwyl aanvangskolwer, Zubair Desai, ook goeie vorm getoon het vir sy 24 teen die Vossies.

    HTS beskik self oor opsies wat draaiboulwerk betref, met Anthoni Smuts, ook ‘n venynige kolwer, en Ethan Dreyer wat belangrike rolle het om te vervul in hul span se boulbeurt. Die tuisspan se veelsydige kaptein, Armand Kotze, sal die pas met die bal en kolf wil aangee, vernaam teen die tradisionele aartsvyande.

    Hoërskool Dr. Malan sal wil voortbou op die goeie momentum van die eerste week wanneer hy na Witrivier reis om Uplands College die stryd aan te sê. Die Dokkies was blitsig uit die blokke met ‘n gemaklike oorwinning met agt paaltjies oor HTS Middelburg.

    Luka Pretorius, ook ‘n kranige rugbyspeler, het met die eerste oogopslag die gevaarlikste met die kolf gelyk en dus bied hierdie naweek ‘n groot toets vir die span van Meyerton se voorslagkolwer op die Laeveld se blaaie.

    Hoërskool Ben Vorster verwelkom Heidelberg Volkskool in wat ‘n bloedige warm en bedompige Tzaneen behoort wees. Alhoewel die Tzaneeners met 61 lopies teen Hoërskool Middelburg vasgeval het verlede week, was daar positiewe tekens. Santag Ramatsuma, die Vossies se ster met die bal, sal byvoorbeeld oorgehaal wees om weer vyf paaltjies te probeer oes.

    Bepalings:

    Week 2:
    HTS Middelburg t. Hoërskool Middelburg
    Uplands College t. Dr Malan
    Ben Vorster t. Heidelberg Volkskool

  • Van Staden en Zwarries het Dinamika in hul visier

    Van Staden en Zwarries het Dinamika in hul visier

    Die tweede week van aksie in Afdeling C van die Finsbury-reeks sal fyn dopgehou word met drie klipharde kragmetings wat op krieketaanhangers wag.

    Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    Hoërskool Zwartkop durf die 80 km na Alberton aan waar Hoërskool Dinamika op hom sal wag. Albei spanne het hul reeks met goeie oorwinnings afgeskop.

    Dinamika het beïndruk deur die gevaarlike Midstream College met drie paaltjies te verslaan, terwyl die Zwarries vir Hoërskool Lichtenburg op ‘n drafstap met 126 lopies die loef afgesteek het.

    Die tuisspan sal vir Zwarries se kaptein en voorslagkolwer, Zandre van Staden, teiken as die grootste vangs in die Zwartkop-dam, nadat hy verlede week vir die Liggies met ‘n uitstaande 148* rondgejaag het. In die bouldepartement wag daar ‘n reuse stryd tussen die span van Centurion se Dawid Hanekom en Dinamika se bybreekbouler, Trent Shrives. Albei is normaalweg bedrywig in die middelbeurte, maar beskik elk oor die vermoë om paaltjies op nét die regte tyd te laat kantel.

    Midstream College sal gretig wees om na die wenpad terug te keer, maar dit sal geensins maklik wees teen Hoërskool Pietersburg nie. Hoewel die Pieties die tog met die N1 vanuit die noorde moet aandurf, beskik hulle oor genoegsame skietgoed om die tuisspan in sy agterplaas te karnuffel. Celliers van der Merwe, wat onlangs taamlik opspraak gemaak het met die bal en kolf by die jaarlikse Kovsie Smash-toernooi, is een van die gevaarlike pyle in die Pieties se koker.

    Midstream se Jonathan Wiseman, wat oor heelwat ervaring beskik, sal met sy veelsydige kaptein, Rikus Cilliers, ‘n vername rol hê om te vertolk indien die span van Centurion hoop om die besoekers stert tussen die bene huis toe te stuur.

    Hoërskool Monument, wat teen Hoërskool Lichtenburg te staan kom, lyk witwarm op die oomblik, met die span van Krugersdorp se kaptein en voorslagkolwer, Logan Weetman, wat reeds met ‘n onoorwonne 87 lopies teen Queens in die Johnny Waite T20-kompetisie spog. Die Liggies is egter onvoorspelbaar en nóg ‘n pragbeurt deur hul aanvangskolwer, Raiyaan Khan, kan die Monumentare onder druk plaas.

    Bepalings:

    Week 2:
    Dinamika t. Zwartkop
    Midstream t. Pietersburg
    Monument t. Lichtenburg

  • A dream start to 2025 for Garsfontein’s Ysbere

    A dream start to 2025 for Garsfontein’s Ysbere

    Coach Elmar Dorey‘s Hoërskool Garsfontein 1st XI has made a dream start to 2025.

    Relive all the action on SuperSport Schools (www.supersportschools.com)

    In preparation for the Schools SA20 Regional playoffs, to be played in Benoni from 31 January to 2 February, the Ysbere have been piling up one impressive performance after another.

    On Saturday, 18 January, in a T20, the side from Pretoria dismantled Potchefstroom Volkskool in their backyard.

    On the back of an exceptional innings by Xander Venter, the Ysbere rolled to a mammoth 213/3 from their 20 overs.

    Venter, batting at three, went on the rampage. In an astonishing innings, he needed only 55 deliveries to smash an unbeaten 120 runs. His onslaught led to the boundary being peppered with seven fours and seven sixes, which meant 70 of his runs came from boundaries.

    Wicketkeeper/batsman Reuben van Zyl lent superb support, smashing 56 from only 36 balls in the pair’s fiery 130-run partnership.

    Gifted a large and intimidating total to defend, Garsfontein’s bowlers backed up their teams’s outstanding batting performance in some style.

    Leading the charge, opening bowler, Ruan Coetzee, captured four wickets for only 12 runs in his four overs. His opening partner, Wikus du Preez, also impressed, knocking over 3/15, while Jared Carr, with 2/1, rubbed further salt into the Volkies‘ wounds as the Potchefstroom side slumped to a 177-run defeat after being bundled out for just 36.

    More recently, on Thursday, Helpmekaar Kollege, who had beaten St Stithians in the Johnny Waite T20 on Wednesday, also fell to the Ysbere. This time, Garsfontein had the advantage of playing at home.

    They bowled first and Xander Venter showed off his all-round skills by claiming 2/27 with the ball. Echard Struwig, the lynchpin of the Ysbere’s attack, snaffled 2/31 as Helpmekaar posted a decent 140/9 from their 20 overs.

    Anrich Liebenberg led the Helpies’ batting effort with a focussed 46 runs, while Heinrich Minnaar chipped in with 25.

    Needing to bat at just over seven runs an over to win, Garsfontein’s batsmen dominated again. Opening batsman Reuben van Zyl gave their run chase a solid platform by scooting to 34 runs from only 20 balls. Then, Rigardt Joubert made sound use of the launching pad.

    His contribution was 40 runs from only 27 deliveries, which helped propel the Ysbere to a convincing six-wicket victory over the visitors from Johannesburg.

    Summarised scorecards

    Saturday, 18 January

    Garsfontein 213/3 (Xander Venter 120*, Reuben van Zyl 56; Handré de Beer 1/13); Potchefstroom Volkskool 36/10 (Louis van Wyk 7; Ruan Coetzee 4/12, Wikus du Preez 3/15). Garsfontein won by 177 runs.

    Thursday, 23 January

    Helpmekaar Kollege 140/9 (Anrich Liebenberg 45, Heinrich Minnaar 25; Xander Venter 2/27, Echard Struwig 2/31); Garsfontein 145/4 (Rigardt Joubert 40, Reuben van Zyl 34, Heinrich Badenhorst 26; Dominic Tait 1/18). Garsfontein won by six wickets.

  • ‘Bosch bosses annual Bish/Bosch T20

    ‘Bosch bosses annual Bish/Bosch T20

    Rondebosch Boys’ High’s First XI side after their victory in the Bish/Bosch T20 against Bishops on 22 January. Photo: Rondebosch Boys’ High.

    The battle has raged through many decades in many sports when Rondebosch Boys’ High and Bishops Diocesan College meet.

    Relive all the action on SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    This time around, when they met on Wednesday at Bishops, in the annual Bish/Bosch T20, the bragging rights went the way of Rondebosch.

    After being sent in to bat by the home side, Rondebosch made a decent enough start, although they lost two wickets in the first powerplay.

    However, the Bishops’ opening bowlers, Waco Bassik and Luke de Klerk, kept making inroads, chipping away at ‘Bosch’s batting line-up by capturing timely wickets. Bassik, eventually, ended his four overs with 3/29, while De Klerk snapped up 2/28 in his four.

    The action ramped up when Adeeb Levy and the experienced Joshua Neill came together. Levy took the fight to Bishops, top-scoring with 46 from 37 balls, while Neill weighed in with a valuable 30 as the pair combined for a crucial 51-run partnership.

    The Rondebosch innings was boosted further by a cameo of 24 by Daniel Cooke, which helped lift the visitors’ total to almost nine runs an over, at 176/8 after their 20 overs.

    Feeding off the momentum from Cooke’s 24, the Rondebosch bowlers did their bit. After Thaafier Jaftha (26) and opening batsman James Robb-Quinlan (24) gave Bishops a good start, Arin Spiller, captured 3/7 in just two overs to stem the flow of runs and force the home side onto the back foot.

    Schalk Fourie (2/13) and Jamie Hundermark (2/20), also, rocked the host’s reply. They shared four wickets between them for only 33 runs to give Spiller the kind of support his excellent effort deserved.

    Bishops collapsed and watched their challenge slip away. With balls running out, , the home team lost its last wicket off the second last ball of the penultimate over, leaving Rondebosch the winners by 31 runs.

    Summarised scorecard

    Rondebosch Boys’ High 176/8 (Adeeb Levy 46, Joshua Neill 30, Daniel Cooke 24; Extras 22; Waco Bassik 3/29, Luke de Klerk 2/28, Michael Kruiskamp 2/36); Bishops Diocesan College 145/10 (Thaafier Jafta 26, James Robb Quinlan 24, Lithe Mbiko 21; Arin Spiller 3/7, Schalk Fourie 2/13, Jamie Hundermark 2/20). Rondebosch Boys’ High won by 31 runs.

  • Kempies, Pieters slaggereed vir Gimmies in Potch

    Kempies, Pieters slaggereed vir Gimmies in Potch

    Foto: Hoërskool Kempton Park op Facebook.

    Nadat die eerste naweek van aksie in die B-afdeling van die Finsbury-reeks basies in ‘n swemgala ontaard het, kan die ses deelnemende skole se ondersteuners hierdie slag uitsien na ‘n aksiebelaaide Saterdag .

    Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    In só ‘n talentbesaaide afdeling is dit bitter moeilik om te voorspel wat die drie kragmetings gaan oplewer. .

    Hoërskool Kempton Park durf die N12 na Potchefstroom aan, om met ‘n giftige Potchefstroom Gimnasium kragte te meet. Die Gimmies het die vorige week gewys wat in hulle steek om die streek-uitspele van die Schools SA20 in Potchefstroom te haal en het vroeër in die kompetisie ook met die uiteindelike kampioen, St Andrew’s School van Bloemfontein, afgereken.

    Alhoewel T20-krieket ‘n perd van ‘n ander kleur is, het die tuisspan reeds in sy wedstryd teen Hans Moore vroeër in die week ook kookwater-krieket gelewer in die 50-beurt formaat. Hulle het in dié kragmeting met 36 lopies koning gekraai, met staatmaker, Caiden Seleka, wat die waarskuwingskote met ‘n pragbeurt van 67 lopies, van net 60 aflewerings, laat klap het.

    Die Kempies onder leiding van kaptein, Marko Richter, beskik self oor heelwat grofgeskut, met die span van die Oos-Rand wat ‘n gros spelers behou wat deel uitgemaak het van verlede jaar se suksesvolle seisoen. Wian Pieters sal waarskynlik die sleutel, met sy veelsydigheid, met sowel die bal as kolf, wat van sy span sterk aanspraakmakers op die titel maak.

    In Alberton wag daar ‘n liplekker-stryd op die ondersteuners van Hoërskool Marais Viljoen en die besoekers van Benoni, Hoërskool Hans Moore. Die Moories, wat hulself verlede jaar as die Fain Noordvaal-kampioen en een van die krieketkragte Noord van die Vaalrivier gevestig het, is ongetwyfeld ‘n span om dop te hou.

    Daar is geen tekort aan talent die kolfdepartement nie, met voorslagkolwers soos Xavier Coetzee en Kenan en Aiden Shaw in hul midde. Marais Viljoen is self nie te versmaai met die wilgerlat nie. Sy kaptein, Jaden Govender, wat onlangs deel van die SA o.19-groep teen Engeland uitgemaak het, sal heelwat waarde met die kolf en ook handskoene agter die paaltjies toevoeg.

    Die nuwelinge, Hoërskool Centurion, wat van die A-afdeling moes afskuif, ontvang vir Hoërskool Montana in Centurion. Die Monties, een van die minder bekende krieketskole in Pretoria, het oor die laaste paar jaar, stil-stil hul pad na bo oopgespeel met ‘n sterk en goed georganiseerde krieketprogram. Derhalwe moet die Woeries op hul hoede wees vir Luca Bairos en die res van die Monties.

    Bepalings:

    Week Twee:
    Potchefstroom Gimnasium t. Hoërskool Kempton Park
    Marais Viljoen t. Hans Moore
    Hoërskool Centurion t. Montana

  • Rusties, Volkies oorgehaal vir vanjaar se Finsbury-reeks

    Rusties, Volkies oorgehaal vir vanjaar se Finsbury-reeks

    Foto: Potchefstroom Volkskool of Facebook.

    Hoërskool Rustenburg en Potchefstroom Volkskool kan uiteindelik hierdie week ook hul onderskeie Finsbury-veldtogte van stapel stuur.

    Volg al die aksie regsteeks op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    Die Rustenburgers verwelkom ‘n gekweste Hoërskool Menlopark op tuisbodem in Noordwes.

    Die Parkies, steeds een van die moeiliker spanne om vanjaar te troef, het die vorige week teen die nuweling, Hoërskool Eldoraigne, met sewe paaltjies vasgeval.

    Die span van Pretoria het nietemin positiewe tekens getoon, met sy jong kolftalent, Jan-Willem Pienaar, wat duidelik mooi op dreef is. Aanvangskolwer, Owen Louwies, sal ook op sy belowende beurt van 46 teen die Eldos wil voortbou.

    Die klippie in die Pretorianers se skoen was in die boulafdeling, hoewel hul staatmaker en aanvangsbouler, Tiaan Serfontein, steeds aansienlike gevaar vir die tuisspan se toporde inhou.

    Die Rusties, wat effens klippe gekou het in die streek-uitspele van die Schools SA20 in Potchefstroom, het ‘n taamlike hupstoot ontvang op die vooraand van hul eerste kragmeting in die reeks. Spoedvraat, Callie Fryer, maak sy terugkeer tot die span nadat hy Engeland o.19 op hul onlangse toer na Suid-Afrika die stryd aangesê het.

    Fryer se teenwoordigheid versterk nie alleen die tuisspan se boulaanval nie, maar hy kan ook ‘n welkome bydrae lewer met die wilgerlat.

    Die Volkies durf die lang pad Laeveld toe aan, om met Hoërskool Nelspruit swaarde te kruis. Die Nellies het die wenkbroue laat lig met ‘n puik boulvertoning teen die verdedigende kampioen, Hoërskool Waterkloof. Draaier, Safwaan Miller, beloof om weer hoofbrekens vir sy teenstanders te besorg op ‘n blad wat in sy guns behoort te tel.

    Die Volkies sal self heelwat op hul draaier, Olefa Padi, steun. Die span van Potchefstroom het reeds ‘n paar strawwe kragmetings agter die rug, insluitende ‘n goeie oorwinning oor Northwood van KwaZulu-Natal in die onlangse Grey-krieketfees, en toon tekens van ‘n Volkie-span van ouds. In die kolfdepartement sal kaptein, Louis van Wyk, die pas met skitterbeurt wil aangee.

    Een van Hoërskool Eldoraigne se grootste toetse in die reeks wag op die Klofies se André van der Walt-ovaal. Die feesvieringe by die Eldos na verlede week se sege sou van korte duur gewees het, met die oog op hierdie week se uitdaging. Die span van Centurion se boulers gaan verál in die spervuur wees, met die Klofie-kaptein, Riley Miller, wat reeds vroeg vanjaar sy voete begin vind het.

    Die Eldos se aanvangskolwers, Ryno Mulder en Kyle de Bruyn, sal dit verwelkom om op ‘n kolfvriendelike blad sake met die topspan in Pretoria uit te spook. Albei spog reeds met indrukwekkende 50-talle, wat ‘n groot aandeel in hul span se sege oor die Parkies gehad het. Die grootste vangs in die Eldo’s se dam sal egter dié van die gevaarlike Benyael Morkel wees.

    Die stryd tussen bogenoemde trio en die Klofies se twee gevaarlike naatboulers, Jaco van der Walt en Jaydon Bloem, beloof om een van die hoogtepunte van die naweek te wees.

    Bepalings:

    Week Twee:
    Hoërskool Rustenburg t. Menlopark
    Hoërskool Nelspruit t. Potchefstroom Volkskool
    Waterkloof t. Eldoraigne

  • Player Profile – Xavier Coetzee (Hans Moore)

    Player Profile – Xavier Coetzee (Hans Moore)

    Xavier Coetzee playing his favoured off-drive in one of his numerous successful innings during 2024. Photo: DG Sports Fotos

    In 2024, Hoërskool Hans Moore‘s talented top-order batsman, Xavier Coetzee was at his best in a memorable year for the boys from Benoni.

    Astonishingly, it was, also, the first year that Coetzee earned a call-up to an Easterns’ side, deservedly claiming a spot in the union’s Khaya Majola team.

    He was a can’t-leave-out inclusion after a highly successful season during which the grade 11 learner scored over 1 500 runs, which included an outstanding double-century against Hoërskool Rustenburg on Potchefstroom Volkskool’s Oval at the annual Potchefstroom Gimnasium Cricket Festival.

    His cricket journey started at the tender age of five. Unlike many others, Coetzee immediately recognised cricket as his first love and he decided to seriously pursue the game.

    With the support of his parents, whom he credits as the biggest reasons behind his recent successes, he made encouraging strides.

    “My parents have always been very supportive,” he told SuperSport Schools Plus. “They were always willing to make sacrifices to make sure I could fit in loads of practice in their already busy schedule to give me the best chance to succeed.”

    Along with his parents, he named his academy coach, Tennant Watson, and his school coach, Paul Amorin, as important influences. They, in turn, offered up high praise for Coetzee.

    Amorin, without hesitation, described Coetzee as having a Jack Russell mindset. “His mental strength during the last couple of years has been on another level. His never-say-die and free-spirited attitude allows him to cope under pressure,” he explained.

    Warren Minnaar (left) and Xavier Coetzee (right) during their match-winning partnership against Hoërskool Menlopark in the Fain Noordvaal Semi-Final. PHOTO: Frans Lombard

    Watson, who’s been working with Coetzee the longest, summarised his charge’s game perfectly. “His work ethic at training is something to behold. That carries through to his on-field performances.

    “He’s a 360-degree type of player, which allows him to score all around the ground, and the fact that he hits the ball so sweetly keeps his strike rate right up there.”

    Interestingly, his double-century is not Coetzee’s favourite memory. Instead, it comes from the Fain Noodvaal semi-final between Hans Moore and Hoërskool Menlopark in November 2024.

    Playing away, in Pretoria, he and Warren Minnaar spearheaded Moories to a historic victory, which propelled them into the final of the competition. A week later, Hans Moore was crowned the Fain Noordvaal champion for the first time in the school’s history..

    “That has to be my favourite memory,” he shared, “and knocking a side like Menlo out as the underdogs just left a very sweet taste in my mouth.”

    His dream is to go all the way and play professional cricket. “I want to make it as a pro, not for the fame nor the money, but just to see the elation on their [his parent’s] faces, knowing that all their hard work and sacrifices were worth it,” Coetzee concluded. That comment demonstrated his humility and the hunger that drives him to make it to the next level.

    An exciting 2025 lies ahead for Coetzee. He has his eyes set on another Khaya Majola Week and, perhaps, topping his 2024 performances. His hot bat will, no doubt, deliver loads of entertainment for Hans Moore and cricket fans alike.

  • Dokkies maak amok met die bal, Middies staan sterk op tuisveld

    Dokkies maak amok met die bal, Middies staan sterk op tuisveld

    Cricket Ball on BatHoërskool Dr. Malan se boulers het skitterend saamgespan om die Hoër Tegniese Skool Middelburg stert tussen die bene huis toe te stuur.

    Herleef al die aksie op SuperSport Schools(www.superpsportschools.com) 

    Die Dokkies se boulaanval het inderdaad ligte werk van die Middelburgers se kolforde gemaak.

    Met Heinrich Janse van Rensburg (3/7) aan die spits, en puik ondersteuning van Qihan Swanepoel (3/18) en Tristan Ashwin (2/7), moes die Middelburgers met slegs 74 lopies in hul kolfbeurt tevrede wees. Janse van Rensburg se boulskof van vier beurte het nie minder nie as 20 leë balle ingesluit, terwyl Swanepoel met 24 in sy vyf beurte gespog het.

    Die tuisspan se voorslagkolwer, Luka Pretorius, het die jaagtog in ‘n japtrap, met ‘n onoorwonne 25 lopies, afgesluit. Die aanvangskolwers van die span van Meyerton het waarskynlik ‘n sege met 10 paaltjies in die visier gehad, maar entoesiastiese veldwerk het gelei daartoe dat Kegan Meyer uitgehardloop word. Sy vennoot Jacques Nel se welverdiende 19 lopies het egter gehelp om die teiken vinnig te haal.

    Hoërskool Middelburg het in 2024 reeds aangedui dat hy nie sonder handskoene op sy tuisveld aangedurf moet word nie en dit het Hoërskool Ben Vorster van Tzaneen Saterdag terdeë agtergekom.

    Die besoekende Vossies, het nietemin belowend begin om die Middies vir 169 uit te haal, danksy ‘n uitmuntende vertoning met die bal deur Santag Ramatsuma, wat die Middies se groot name geensins toegelaat het om stoom op te bou nie. Ramatsuma het vyf paaltjies in sy agt beurte laat spat en net 28 lopies afgestaan.

    Aanvangskolwer, Lohan Botha (37), en die ervare Hendré Nel (35) het ‘n vlugtige blik van hul kolfvernuf gegee en deurslaggewende rolle in hul span se totaal gespeel.

    Die hotklou, Wilhelm Brümmer (2/22), en Kulani Mnisi (2/35) het Ramatsuma netjies ondersteun met die bal en ook die pas vir die Vossies aangegee met die kolf. Mnisi was die besoekers se voorste lopiemaker met 42, terwyl Brummer ‘n waardevolle 26 bygedra het.

    Gavin Genis (3/20) was egter weer op sy stukke en het drie paaltjies laat kantel. JP Nel (2/7) en Hendré Nel (2/17) het handjie bygesit om die besoekers vir slegs 108 uit te boender en hul veldtog oortuigend met ‘n 61-lopie sege af te skop.

    Beknopte telkaarte: 

    HTS Middelburg 74 (Ruben Jooste 16; Heinrich Jane van Rensburg 3/7, Qihan Swanepoel 3/18, Tristan Ashwin 2/7); Dr. Malan 75/2 (Luka Pretorius 25*; Anthoni Smuts 1/13). Dr. Malan wen met agt paaltjies.

    Hoërskool Middelburg 169 (Lohan Botha 37, Hendre Nel 35, Zubair Desai 24, JP de Jager 20, Ekstras 20; Santag Ramatsuma 5/28, Wilhelm Brummer 2/22, Kulani Mnisi 2/35); Ben Vorster 108 (Kulani Mnisi 42, Wilhelm Brummer 26; Gavin Genis 3/20, JP Nel 2/7, Hendré Nel 2/17). Hoërskool Middelburg wen met 61 lopies.

  • Van Staden se skitterbeurt verdoof die Liggies, Dinamika oorbrug Midstream

    Van Staden se skitterbeurt verdoof die Liggies, Dinamika oorbrug Midstream

    Hoërskool Zwartkop se kaptein, Zandre van Staden, het Hoërskool Lichtenburg se boulers gewys waar Dawid die wortels gegrawe het in dié spanne se eerste kragmeting in vanjaar se Finsbury-reeks Saterdag in Lichtenburg.

    Herleef al die aksie op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    Van Staden, wat met die telling op 54/2, in die 15de beurt kom kolf het, het die Lichtenburgers in hul eie agterplaas gekasty met die kolf om die span van Centurion tot ‘n skittersege met 126 lopies te lei. Die Zwarries se voorslagkolwer het teen ‘n treftempo van 125,4 gekolf en net 118 aflewerings benodig om 16 viere en ses sesse te moker in sy onoorwonne beurt van 148 lopies.

    WJ Esterhuizen (36) en Ewan Erasmus (25) het self waardevolle lopies aangeteken om, saam met Van Staden se spogtotaal, die besoekers tot 279/8 in die toegelate 50 beurte te neem. Die 40 pasella lopies wat die Liggies met ekstras afgestaan het sou na dese ook in diepte bespreek geword het.

    Hoewel die Zwarries ook 31 ekstras geboul het, het Dawid Hanekom van voor gelei met die bal. In die 6.2 beurte wat hy afgestuur het, het hy 34 leë balle geboul en vier paaltjies vir slegs agt lopies laat spat. Die aanhoudende druk was eenvoudig té veel vir die Liggie-kolwers.

    Raiyaan Khan (41) het ‘n verbete terugvegpoging as aanvangskolwer geloods, maar was die enigste wat ‘n noemenswaardige bydrae kon lewer en die tuisspan is uiteindelik vir 153 uitgeboender.

    Op ‘n gunstige dag vir die boulers, het Hoërskool Dinamika se Mohammed Valli die span van Alberton tot ‘n naelskraapse oorwinning met drie paaltjies oor Midstream College gekolf.

    Nadat Andrew Marais drie Midstream paaltjies vir 31 lopies te laat kantel het, het Valli tot sy span se redding gekom met die kolf. Midstream het hardnekkig baklei om hul totaal van 137 te verdedig, met Dian de Villiers wat uitgeblink het met syfers van 2/28 in sy toegelate 10 beurte.

    Valli het egter soos ‘n gesoute bokser in die geveg gebly. Om die waarheid te sê, dit het amper gelyk of hy op ‘n ander blad kolf, met die bal wat selde die middel van sy kolf gemis het. De Villiers het uiteindelik, met sy telling op 53 van net 47 balle, van Valli ontslae geraak, maar was dit té laat om Dinamika te stuit.

    Kyle du Plooy se 24 lopies het die uitklophou toegedien en verseker dat die besoekers die wenstreep in die 33ste beurt oorsteek.

    Beknopte telkaarte: 

    Zwartkop 279/8 (Zandre van Staden 148*, WJ Esterhuizen 36, Ewan Erasmus 25; Raiyaan Khan 2/24, Johan Duvenhage 2/46); Hoërskool Lichtenburg 153 (Raiyaan Khan 41, Juan van Rhyn 25, Ekstras 31; Dawid Hanekom 4/8, Vincent Matraiotti 2/12). Zwartkop wen met 126 lopies.

    Midstream College 136 (Rikus Cilliers 37, Jonothan Wiseman 23, Dian de Villier 22; Andrew Marais 3/31, Branko Steenberg 2/11, Jesse Simpson 2/17); Dinamika 137/7 (Mohammed Valli 53, Kyle du Plooy 24; Dian de Villiers 2/28). Dinamika wen met drie paaltjies.

  • Miller’s captain’s knock the difference as Waterkloof beats KES

    Miller’s captain’s knock the difference as Waterkloof beats KES

    A century by Hoërskool Waterkloof‘s captain, Riley Miller, was the difference between victory and defeat when the Klofies hosted King Edward VII School (KES) in Pretoria on Saturday.

    Relive all the action on SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    With the annual derby being played on the André van der Walt Oval, Miller won the toss and elected to have the visitors bat first, knowing that a smaller playing surface with a lightning-fast outfield might be beneficial for a run chase.

    At first, the KES openers, Tiago Dias (19) and Khwezi Nyamathe (18) made steady progress, getting their side through the first 10 overs. They grafted hard for a 41-run partnership, which was broken in the 13th over, and that brought Troy Gordon to the crease.

    As the old saying goes, one wicket brings another, and the Waterkloof bowlers, especially Ricardo Crous (3/39) and Darius Maritz (3/52), got down to work. They snaffled three wickets each while stemming the flow of runs from the Johannesburg school. However, Gordon, kept them at bay, facing 87 deliveries on his way to a well-played 54, before he was run out by Miller.

    Wade McQuinn (28) and KES skipper Zieg Roos (22) weighed in with useful contributions to help the visitors to 214/8 from their 50 overs.

    It quickly became a challenging target after KES made early inroads, reducing Waterkloof to 12/3. When the third wicket fell, though, Miller made his way out to the middle. He, being a natural stroke maker and hard hitter of the ball, decided to fight fire with fire and went on the counter-attack.

    With wickets continuing to tumble around him, thanks to good bowling by Christian Sabela (3/39) and Wade McQuinn (3/41), the Waterkloof skipper hit the accelerator and in just 85 balls smashed eight sixes and six fours as he raced to his century.

    It was his second of 2025, following a ton against Rondebosch at the Peninsula Cricket Festival in Cape Town. Bowling all-rounder, Jaydon Blom provided much-needed support.

    Following up his 42 from a day earlier against Hoërskool Nelspruit in the Finsbury League, Blom went two better, producing a vital and decisive 44 runs in a 132-run partnership that guided the home side to a nerve-wracking two-wicket victory.

    Summarised scorecard

    King Edward VII School 214/8 (Troy Gordon 54, Wade Mcquinn 28, Zieg Roos 22; Ricardo Crous 3/39, Darius Maritz 3/52); Waterkloof 215/8 (Riley Miller 103; Jaydon Blom 44, Extras 23; Christian Sabela 3/39, Wade Mcquinn 3/41). Waterkloof won by two wickets.