SSPN Test Site

Author: froberholzer

  • Dreyer neem Kovsie Smash weer op horings met die kolf

    Dreyer neem Kovsie Smash weer op horings met die kolf

    Cricket bat and helmet on field during sunny dayEduard Dreyer het sy aanslag op die titel as voorste lopiemaker by vanjaar se Kovsie Smash-toernooi versterk met nóg ‘n uitsonderlike beurt teen Hoërskool Trio tydens die derde oggendsessie.

    Herleef al die aksie op SuperSport Schools(www.supersportschool.com)

    Hoërskool Wesvalia is steeds onoorwonne na drie wedstryde, nadat hy Hoërskool Trio gemaklik met 77 lopies verslaan het. Dreyer het die hoogste telling tot dusver by vanjaar se toernooi behaal.

    Verlede jaar se speler van die toernooi het slegs 66 aflewerings benodig om sy weg tot by 87 lopies te moker, wat sy totaal in drie wedstryde na ‘n indrukwekkende 182 geneem het. Sy beurt het 12 grenshoue, waarvan 11 viere en een ‘n ses was, ingesluit.

    Zander Stopford (47) het het hom by Dreyer bo aan die kolflys aangesluit en gesamentlik het hulle die Trio-boulers laat swoeg vir die eerste deurbraak en ‘n vennootskap van 148 lopies opgestel om vir die Wessies ‘n bevredigende totaal van 154/3 in die toegelate 20 beurte daar te stel.

    Aanvangsboulers, Johanco Nel (5/23) en Quwen Fourie (4/11), het daarna nie op hulle laat wag nie en met hul gesamentlike nege paaltjies Trio vir ‘n skamele 77 met die stert tussen die bene huistoe gestuur.

    Bethlehem Voortrekker se Joel Coetzee (58) en JD van Dyk (25*) het albei uitstekend gekolf om die span van die Oos-Vrystaat tot 133/4 in hul toegelate 20 beurte teen Overvaal te neem. Jayden Strydom het die duo se vertoning met die kolf uitmuntend opgevolg deur vier paaltjies vir slegs agt lopies op te raap.

    Ruan Heunis (3/25) het Strydom puik ondersteun en slegs Christiaan Schoeman (25) kon enige hond haaraf maak teen dié boulaanval. Die res van Trio se kolwers het een na die ander teruggekeer pawiljoen toe met die laaste paaltjie wat op 91 gekantel het.

    Hoërskool Rustenburg se kaptein Thian Labuschagne (3/7) het van voor gelei met die bal om ‘n naelskraapse sege met 18 lopies oor Duineveld te beklink. Die Rusties moes inderdaad ‘n haas uit die hoed ruk nadat die Velties se Niekie Smith die toporde met syfers van 5/14 vermorsel het. Met slegs 73 lopies om te verdedig het Labuschagne en Henry Kemp (2/15) egter hand opgesteek om die span van die Noord-Kaap vir 55 uit te haal.

    Die gasheer, Hoërskool Fichardtpark, is steeds onoowonne na ‘n vierde agtereenvolgende sege, teen Oos-Moot. Dit was te danke aan ‘n uitstaande vertoning deur ál die boulers. Gelei deur kaptein, Stian Kruger (1/11), was die druk vierkantig op die Pretorianers, en het die Fichies, wat skerp was in die veld, twee van die Oosies se kolwers ook uitgehardloop.

    Marno Smith (34) het die wilgerlat met mening geswaai, nadat die Oosies se Danie Corbett (3/23) vroeë skade aangerig het, om die tuisspan uiteindelik met vyf paaltjies oor die wenstreep te kry.

    Beknopte telkaarte:

    Wesvalia 154/3 (Eduard Dreyer 87, Zander Stopford 47; Myburg Jacobs 2/22); Trio 77 (Gabriel Mocjabela 39; Johanco Nel 5/23, Quwen Fourie 4/11). Wesvalia wen met 77 lopies.

    Bethlehem Voorstrekker 133/4 (Joel Coetzee 58, JD van Dyk 25*, Ruan Heunis 21; Zander Olivier 2/24); Overvaal 91 (Christiaan Schoeman 25; Jayden Strydom 4/8, Ruan Heunis 3/25). Bethlehem Voortrekker wen met 42 lopies.

    Hoërskool Rustenburg 73 (Keanu Janse van Rensburg 27; Niekie Smit 5/14, Xander O’Connell 3/13, Pieter Coetzee 2/4); Duineveld 55 (Extras 14; Thian Labuschagne 3/7, Henry Kemp 2/15). Hoërskool Rustenburg wen met 18 lopies.

    Oos-Moot 105/7 (Daniel Roux 27, Henco Erasmus 26*; Stian Kruger 1/11); Fichardtpark 106/5 (Marno Smith 34, Aaron Isaacs 22; Danie Corbett 3/23). Fichardtpark wen met vyf paaltjies.

  • Kalahari veel meer as bloot buiteperd

    Kalahari veel meer as bloot buiteperd

    Foto: Absolute Photos – Sane Groenewald.

    Hoërskool Kalahari is veel meer as net ‘n buiteperd nadat hy op Dag 2 vir die Kovsie Smash se tweede groot opskudding gesorg het.

    Herleef al die aksie op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    Die span van Kuruman se Liam Laing het ‘n taamlike aandeel gehad daarin dat een van die groot kanonne by vanjaar se kompetisie, Hoërskool Transvalia, gesneuwel het.

    Laing het op sy vertoning van vroeër die dag verbeter deur dié keer vier paaltjies te laat kantel. Sewe paaltjies in een dag het hom na derde op die algehele lys vir paaltjievrate geneem en beteken voorts dat Kalahari nou die boonste posisie in Groep C beklee.

    Charl Thole (3/16) en Leander Smit (2/10) het die druk op Transvalia behou om die span van Vanderbijlpark tot 54 lopies te beperk. Strauss van Heerden het met 29 die jaagtog versnel sodat sy span gemaklik met sewe paaltjies oor die wenstreep kon vlieg.

    Nie eens ‘n 50-tal deur Jim Fouché se Joden Vorster was genoeg om ‘n begeesterde Despatch te stuit nie. Vorster moes spook vir sy 52, terwyl Cobus Wilken se 36 die totaal tot 124/5 in die toegelate 20 beurte aangejaag het.

    CJ Palfarman (27) en Wian van Rooyen (26) van Despatch het egter saamgespan vir ‘n belangrike vennootskap, nadat Duan Bastone die kat in die duiwehok losgelaat het met boulsyfers van 4/23. Palfarman en Van Rooyen se heldedade het die finale spyker in die doodskis geslaan en Despatch tot ‘n naelbytsege met een paaltjie, sy tweede oorwinning vir die dag, gevoer.

    Armand Kotze se uitstaande vertoning het ‘n tweede sege vir HTS Middelburg by vanjaar se kompetisie beklink. Hy het eers met die kolf ‘n aanskoulike 44 lopies gemoker om sy span te help tot ‘n telling van 127/8, en dit opgevolg met ‘n uitstekende boulvertoning van 3/11. Dit het Goudveld Hoërskool beperk tot 106/8 en gelei tot ‘n belangrike sege vir HTS, met 21 lopies, in terme van die uitspeelrondes.

    Hoërskool Upington se boulers sal vanaand heel rustig slaap na ‘n merkwaardige uitstappie om Witteberg met 66 kaf te draf. Weilin Lombaard (57) het die grondslag gelê met sy eerste 50-tal van die week om die span van die Noord-Kaap tot 113/6 te help. CJ Botha (3/1), Aiden Lukumbi (3/14) en Ruann Esterhuizen (3/19) het daarna behoorlik die wind uit Witteberg se seile geboul.

    Bekopte telkaarte:

    Transvalia 54 (Jeanre Barnard 13; Liam Laing 4/20, Charl Thole 3/16, Leander Smit 2/10); Kalahari 55/3 (Strauss van Heerden 29; Eduann Raubenheimer 1/5). Kalahari wen met sewe paaltjies.

    Jim Fouché 124/5 (Joden Vorster 52, Cobus Wilken 36; Kegan Meyer 2/32); Despatch 125/9 (CJ Palframan 27, Wian van Rooyen 26; Duan Bastone 4/23, Andre Kleyn 2/33). Despatch wen met een paaltjie.

    HTS Middelburg 127/8 (Armand Kotze 44, Anthoni Smuts 23; Louw Fouche 2/20); Goudveld 106/8 (Jendre Ferreira 37*, Kayden Pienaar 29; Armand Kotze 3/11, Henco Britz 2/11). HTS Middelburg wen met 21 lopies.

    Hoërskool Upington 113/6 (Weilin Lombaard 57; Kyle Nel 2/14, Anru Erasmus 2/16); Witteberg 47 (Pieter Wessels 19; CJ Botha 3/1, Aiden Lukumbi 3/14, Ruann Esterhuizen 3/19). Hoërskool Upington wen met 66 lopies.

  • Fichies sorg vir reuse opskudding, Bornman is Trio se baas

    Fichies sorg vir reuse opskudding, Bornman is Trio se baas

    Foto: Absolute Photos – Dirkie Groenewald.

    Die feesvieringe in Bloemfontein loop hoog nadat die gasheerspan, Hoërskool Fichardtpark, ‘n uitstaande vertoning gelewer het vir die grootste opskudding tot dusver by vanjaar se Kovsie Smash-toernooi.

    Herleef al die aksie op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    Die Fichies het hul ondersteuners op die punte van hul stoele gehou om uiteindelik ‘n naelbytsege met 11 lopies oor een van die vroeë gunstelinge, Hoërskool Rustenburg, te behaal.

    Die tuisspan moes eerste die taai kolftoestande trotseer, met die Rusties se Henry Kemp en kaptein, Thian Labuschagne, wat van meet af kwaai druk toegepas het. Kemp het sy boulskof met uitstekende syfers van 3/11 afgesluit, terwyl Labuschagne met 2/16 kon spog, maar die Fichies se aanvangskolwer, Marno Smith, het verbete vasgeskop. Sy kritieke beurt van 28 aflewerings het 36 lopies opgelewer om sy span verby die 100-merk te neem.

    Met die tuisveldvoordeel en heelwat selfvetroue na ‘n uiters goeie vertoning met die bal gedurende die oggendsessie, het Davyd Oosthuizen weer sy pond vleis tafel toe gebring om as aanvangsbouler sy toegelate vier beurte agtereenvolgens af te stuur. Dié besluit het vrugte afgewerp met Oosthuizen wat drie slagoffers vir slegs 16 lopies geëis het.

    Fichies se kaptein, Stian Kruger, en Nathan Ackerman het elk ook twee paaltjies laat kantel om die Rusties, teen alle verwagtinge in, in die 19de beurt vir 92 lopies uit te boender.

    Merensky Landbou Akademie het, danksy staatmaker, Rinaldo Bornman, sy eerste sege van die toernooi behaal. Bornman, wat in die Plasies se vorige twee wedstryde reeds belowend vertoon het met die kolf, het met ‘n teiken van 90 lopies om te wen, danksy kranige boulwerk deur Bornman (2/17) en Cashan Jacobsz (2/16), behoorlik losgetrek.

    Hy het slegs 38 aflewerings benodig om 51 lopies aan te teken teen ‘n treftempo van 134,2. Sy wenbeurt het ses grenshoue ingesluit en beteken dat die Plasies vir Hoërskool Trio met vyf paaltjies kon kafdraf.

    Eduard Dreyer het weer gewys hoekom hy ‘n groot gevaar vir enige van Wesvalia se toekomstige teenstanders inhou. Die Wessies se aanvangskolwer het die hoogste telling tot dusver by vanjaar se toernooi aangeteken. Dreyer het ses grenshoue in sy onoorwonne 73 lopies gemoker, wat van net 62 aflewerings gekom het.

    Ethan Walker (3/13) en Quwen Fourie (2/16) het oudergewoonte skade met die bal aangerig om vir Overvaal tot net 105/6 beperk, 44 lopies kort van die wenteiken. EW Botes het kop en skouers bo die res van die Overvaal-kolwers uitgestaan om met ‘n onoorwonne 33 teen die sterk Wesvalia-boulaanval te spog.

    Oos-Moot se Elrich Visagie het Hoërskool Driehoek se kolflys vermorsel met ‘n boulvertoning wat nog vir lank sal onthou word. In die 3.5 beurte wat hy afgestuur het, het hy vier paaltjies te laat spat en slegs nege lopies afgestaan.

    Danie Corbett het hom goed bygestaan met syfers van 3/14, wat beteken het dat Driehoek met ‘n skamele totaal van 39 tevrede moes wees.

    Beknopte telkaarte:

    Fichardtpark 103 (Marno Smith 36; Henry Kemp 3/11, Thian Labuschagne 2/16, Marnus de Witt 2/21); Hoërskool Rustenburg 92 (Dehan Jacobs 26; Davyd Oosthuizen 3/16, Nathan Ackerman 2/5, Jaden Geldenhuys 2/17). Fichardtpark wen met 11 lopies.

    Trio 90/8 (Theuns van Rensburg 21; Cashan Jacobsz 2/16, Rinaldo Bornman 2/17); Merenksy 91/5 (Rinaldo Bornman 51; Myburgh Jacobs 2/22). Merensky wen met vyf paaltjies.

    Wesvalia 149/5 (Eduard Dreyer 73*; Zander Olivier 2/30); Overvaal 105/6 (EW Botes 33*, Roche le Rouch 20*; Ethan Walker 3/13, Quwen Fourie 2/16). Wesvalia wen met 44 lopies.

    Driehoek 39 (Ekstras 15; Elrich Visagie 4/9, Danie Corbett 3/14); Oos-Moot 41/1 (Chrisjan van Staden 23*; Louis Pieterse 1/5). Oos-Moot wen met nege paaltjies.

  • Barnard voorste lopievraat na Dag 2 van Kovsie Smash

    Barnard voorste lopievraat na Dag 2 van Kovsie Smash

    Foto: Absolute Photos – Sane Groenewald

    Hoërskool Transvalia se Jeandre Barnard is na die eerste ronde op Dag 2 die voorste lopievraat by vanjaar se Kovsie Smash-toernooi.

    Herleef al die aksie op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    Nadat hy gister in die span van Vanderbijlpark se eerste uitstappie ook met ‘n 50-tal gepronk het, was Barnard vir die tweede agtereenvolgende keer Transvalia se held met die kolf.

    Sy onoorwonne 66 lopies het van slegs 50 aflewerings gekom en het ‘n totaal van sewe viere ingesluit. Dus spog hy ná slegs twee beurte reeds met 112 lopies en het hy sy span tot ‘n stewige totaal van 130/7 in die toegelate 20 beurte teen Goudveld Hoërskool gehelp.

    Dié teiken was té groot vir die span van Welkom om te jaag. Keagan Frankenfeld het hard probeer om sy span in die wedloop te hou met 25 lopies, maar dit was Kriegler Botha en Janco Jacobs, wat elk met syfers van 3/11 gespog het, wat aan Transvalia ‘n oorwinning met 21 lopies besorg het.

    Hoërskool Kahalari het aangedui dat hy beslis ‘n buiteperd in vanjaar se toernooi is. Die span van Kuruman het Hoërskool Sentraal ‘n behoorlike krieketles geleer, met Laim Laing wat van voor met die bal gelei het.

    Laing se syfers van 3/15 was sy span se beste en hy is netjies bygestaan deur Leander Smit (2/7) en Carl Thole (2/16), om die Bloemfonteiners tot ‘n teleurstellende 83 almal uit te beperk. Kalahari se SW van Heerder, ook ‘n kranige en veelsydige rugbyspeler, het die langsteel ingelê vir ‘n vinnige 23 lopies wat die grondslag gelê het vir ‘n reuse oorwinning met nege-paaltjies.

    Tyron Smith het Hoërskool Despatch tot ‘n gemaklike sege van 44 lopies oor Hoërskool Upington geslaan. Smith se beurt was nie noodwendig blitsig nie, maar hy het behendig tussen die paaltjies gehardloop en genoeg swak balle grens toe gejaag om uiteindelik met 59 lopies van 52 aflewerings te spog.

    Luke Julyan het daarna puik bystand met die bal gebied deur drie Upington kolwers terug pawiljoen toe te stuur en sodoende vir die teenstanders uit die Noord-Kaap tot slegs 95/8 te beperk.

    Hoërskool Pietersburg se Ignus Ferreira het gemaai onder die Jim Fouché-kolwers in sy span se reuse oorwinning met nege paaltjies, en het blitsig vier vinnige paaltjies vir net 20 lopies laat spat.

    Aanvangsbouler, Cilliers van der Merwe, het sy deel bygedra met drie paaltjies om die Bloemfonteiners vir slegs 53 uit te boender, ‘n teiken wat die Pietie-kolwers met gemak in die 11de beurt kon verbysteek om hul kanse op kwalifisering aansienlik te vergroot.

    Beknopte telkaarte:

    Transvalia 130/7 (Jeandre Barnard 66*; Ruan Dreyer 2/20, Kamohelo Moloke 2/33); Goudveld 109 (Keagan Frankenfeld 25, Bul Rademeyer 22; Kriegler Botha 3/11, Janco Jacobs 3/11, HJ Hayes 2/11). Transvalia wen met 21 lopies.

    Sentraal 83 (Daniel Pienaar 14; Liam Laing 3/15, Leander Smit 2/7, Carl Thole 2/16); Kalahari 86/2 (SW van Heerden 23*, Leander Smit 20*; Erik Prinsloo 1/19). Kalahari wen met nege paaltjies.

    Despatch 139/5 (Tyron Smith 59; Aiden Lukumbi 2/10); Hoërskool Upington 95/8 (Ruan Esterhuizen 29; Luke Julyan 3/22). Despatch wen met 44 lopies.

    Jim Fouché 52 (Ignus Ferreira 4/20, Celliers van der Merwe 3/11); Hoërskool Pietersburg 53/1 (Dian Gouws 23*, Stephan Swanepoel 20*; Jareth Scott 1/18). Hoërskool Pietersburg wen met nege paaltjies.

  • Wesvalia vuur eerste waarskuwingskote

    Wesvalia vuur eerste waarskuwingskote

    Foto: Absolute Photos – Dirkie Groenewald

    Die verdedigende kampioen van die Kovsie Smash-toernooi, Hoërskool Wesvalia, het uiteindelik die geleentheid gekry om sy staal te wys nadat Dag 1 geen speelkans vir die span van Klerksdorp gebied het nie.

    Herleef al die aksie op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    Die Wessies se eerste kragmeting was met Bethlehem Voortrekker, maar hulle het gemaklik, met ses paaltjies, oor dié eerste hekkie geseil.

    Verlede jaar se speler van die toernooi, die veelsydige Eduard Dreyer, was oudergewoonte voor in die koor en het vir die soveelste keer amok gesaai met sowel die bal as kolf gesaai. Dreyer het gespog met boulsyfers van 2/16 en ook die hoogste telling van 22 met die kolf aangeteken om sy span tot oorwinning te lei.

    Dundre Hales het die kollig met Dreyer gedeel. Hales, wat vir sy vaardighede met die bal gekies is, het sy reputasie gestand gedoen om drie paaltjies vir 23 lopies te laat kantel en dit het aan hom die toekenning as speler van die wedstryd besorg.

    Tot die teleurstelling van die ondersteuners uit Bethlehem was dit slegs Paul Naudé wat iets gehad het om oor huistoe te skryf. Naudé het sy kolfvernuf tentoongestel om ‘n stewige beurt van 34* aanmekaar te slaan, en het bykans die helfte van sy span se totaal bygedra.

    Hoërskool Rustenburg het sy greep op Groep B verstewig met nog ‘n uitmuntende vertoning in moeilike kolftoestande. Dié keer was dit Tristan van der Linde se beurt om die Driehoek-boulers te kasty.

    Hy het slegs 48 aflewerings benodig om 75 lopies te moker. Die aanvangskolwer se beurt het 11 grenshoue ingesluit, waarvan 10 viere was en een anderkant van die tou grondgevat het.

    Driehoek se Lucius Goosen het kopgehou onder die druk en drie paaltjies laat kantel om met syfers van 3/32 aan die einde van sy toegelate vier beurte te spog. Aanvangsbouler Baba Metsileng het ‘n blaadjie uit Goosen se boek geneem en sy skof van 3/25 in die drie beurte wat hy afgestuur het, tesame met ‘n bydrae van 2/3 deur Lamarck Henry, het die span van Vanderbijlpark tot 85 beperk om ‘n oorwinning met 67 lopies te verseker.

    Overvaal se boulers het Merensky Landbou Akademie se kolwers behoorlik laat les opsê. Roche le Roux (3/14) was aan die spits en het in ‘n oogwink drie slagoffers geëis. MJ van Wyngaard (2/12) en Janco de Lange (2/16) het hand bygesit om die Plasies vir net 75 uit te boender.

    Christiaan Schoeman se 26 lopies het ligte werk gemaak van die jaagtog om sy span met vyf paaltjies oor die wenstreep te kry.

    Die gasheer, Hoërskool Fichardtpark, het aan die einde van sy tweede vertoning by die toernooi met nóg ‘n oorwinning gespog, dié slag oor die gevaarlike Duineveld.

    Davyd Oosthuizen het die bal na alle uithoeke van die veld gejaag in sy beurt van 44* om te verseker dat die Fichies die teiken van 108 in die 17de beurt verbysteek. Kaptein, Stian Kruger, het van voor gelei met die bal en drie paaltjies vir net 16 lopies opgeraap, met Dylan Gerener (3/18) kort op sy hakke.

    Beknopte telkaarte:

    Bethlehem Voortrekker 88/9 (Paul Naudé 34*; Dundre Hales 3/23, Johanco Nel 2/15, Eduard Dreyer 2/16); Wesvalia 89/4 (Eduard Dreyer 22, Ekstras 21; Jordan Buitendag 2/17). Wesvalia wen met ses paaltjies.

    Hoërskool Rustenburg 152/7 (Tristan van der Linde 75, Dehan Jacobs 26; Lucius Goosen 3/32, Durandt Lubbe 2/29); Driehoek 85 (Drikus Meiring 16; Baba Metsileng 3/25, Lamarck Henry 2/3, Keanu Janse van Vuuren 2/4). Hoërskool Rustenburg wen met 67 lopies.

    Merensky 75 (Rinaldo Bornman 26; Roche le Roux 3/14, MJ van Wyngaard 2/12, Janco de Lange 2/16); Overvaal 76/5 (Christiaan Schoeman 26; Waldo Mouton 2/8). Overvaal wen met vyf paaltjies.

    Duineveld 107/8 (Hanno Barnard 32; Stian Kruger 3/16, Dylan Gerener 3/18); Fichardtpark 108/5 (Davyd Oosthuizen 44*, Marno Smith 24, Aaron Isaacs 23*; Wilmar Myburgh 3/15). Fichardtpark wen met vyf paaltjies.

  • Hector’s bat a major plus in Pearson’s season openers

    Hector’s bat a major plus in Pearson’s season openers

    Photo: Hoërskool Pearson High School on Facebook.

    Pearson High School and Luke Hector, especially, would’ve been satisfied with their performances in their season openers against Zimbabwean opposition, Peterhouse and Hellenic Academy.

    Relive all the action on SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    In preparation for the Makhanda Cricket Festival, which takes place from 9-12 January, Pearson took on a strong Peterhouse side in a Time match on Saturday, which was followed by a limited-overs game against Hellenic Academy on Sunday.

    Peterhouse was the first to fall foul of the red-hot bat of Hector.

    After a destructive spell by Peterhouse opening bowler Ryan Moyo, which had the home side in trouble, Hector worked hard and held up his end well, seeing off Moyo’s 12-over spell during which the visitors’ opening bowler snapped up five wickets while conceding only 22 runs. Moyo’s new ball partner, Cameron Oosthuizen, also got in on the act, claiming 2/26 in 10.4 overs.

    Hector faced 108 deliveries while steadying the Pearson innings and accumulated a well-constructed 67 runs, which included 11 fours. Cale Price provided further support with a useful 31 to get the home side to 138 all out.

    Inspired by the duo’s batting heroics, the Pearson opening bowlers were fired up. Jaydin Ward (2/13) and Kade Myburgh (3/16) had the visitors from across the border in early trouble on 24/3.

    However, Cameron Rae and Victor Watama took a leaf out of Hector’s book by occupying the crease without chasing runs. Rae went on to record Peterhouse’s top score of 38 from 67 balls, while Watama grafted hard for his 32 from 56.

    The pair’s efforts saw the visitors through to 125/9 when play was called for the day, securing a draw that would’ve also heightened their spirits.

    Jonno Holmes in action against Hellenic Academy. Photo: Hoërskool Pearson High School.

    On Sunday, in a limited-overs match against Hellenic Academy, Hector was again among the runs, this time scoring quickly to finish with 65 runs from just 49 balls.

    He was aided in his effort by the solid platform that had been laid by Pearson’s opening batsmen, Jude Septoo and Zac Zietsman.

    Septoo eventually lost his wicket for 49 after the pair had put on 93 for the first wicket. Zietsman kept going and went on to record his side’s highest score of 67.

    Hellenic’s Dwayne Gambiza did the bulk of the damage claiming 4/46, including the wicket of the in-form Hector.

    The Zimbabweans then found themselves struggling against Jonno Holmes, who quickly found his rhythm with the ball. Sending down 10 overs, he knocked over 5/23 to put Pearson on top.

    Deanu Bezuidenhout picked up a further two scalps as Hellenic mustered 180 runs, leaving them well beaten, 62 runs shy of the Pearson total.

    Summarised scorecards

    Pearson 138/10 (Luke Hector 63, Cale Price 31; Ryan Moyo 5/27, Cameron Oosthuizen 2/23); Peterhouse College 139/10 (Cameron Rae 38, Victor Watama 28; Kade Myburgh 3/16, Jaydin Ward 2/13). Peterhouse won on the first innings.

    Pearson 242/10 (Zac Zietsman 67, Luke Hector 65, Jude Septoo 49, Extras 31; Dwayne Gambiza 4/46, Kirby Madaramete 2/35); Hellenic Academy 180/10 (Daniel Makings 31, Oliver van Zyl 29, Dwayne Gambiza 21; Jonno Holmes 5/23, Deanu Bezuidenhout 2/18). Pearson won by 62 runs.

  • Visagie-vyf verwoes Driehoek, Barnard boelie HTS met die kolf

    Visagie-vyf verwoes Driehoek, Barnard boelie HTS met die kolf

    Cricket player holding a leather ball

    Dit sal heelwat verg vir iemand om die heldedade van Hoërskool Duineveld se Joshua Visagie te herhaal oor die volgende vier dae van die tweede Kovsie Smash-toernooi.

    Herleef al die aksie op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    Duineveld het die loot gewen en besluit om Hoërskool Driehoek in uitdagende kolftoestande te toets.

    Dit was ‘n besluit wat bykans onmiddelik vrugte afgewerp het met Niekie Smit (1/11) wat reeds in die eerste beurt ‘n deurbraak kon bewerkstellig. Dit was egter Visagie se skof wat Driehoek se doodskoot beteken het.

    In die 3.4 beurte wat hy afgestuur het, het Visagie slegs vyf lopies afgestaan en 19 leë balle geboul. Dit was egter sy paaltjie-oes wat die grootste opskudding veroorsaak het.

    Tesame met sy uiters ekonomiese skof, het die Duineveld-held nie minder as vyf paaltjies laat kantel nie. Dié vertoning het Driehoek tot slegs 69 beperk, ‘n totaal wat Duineveld se kolwers reeds in die 15de beurt, na ‘n effense gestoei, kon verbysteek om met vier paaltjies te seëvier.

    Transvalia se Jeandre Barnard het sy boulers se puik vertoning uitstekend met die kolf opgevolg om HTS Middelburg met vyf paaltjies te troef. Nadat Kriegler Botha (3/6) en Declan Steinmann (3/19) gemaai het onder HTS se kolwers, was dit Barnard se kolf wat hope sout in die Middelburgers se wonde gesmeer het.

    Die aanvangskolwer het 42 aflewerings gebruik om 46 lopies aan te teken, met Janco Jacobs wat hom bygestaan het met ‘n geduldige 29 in dié twee se vennootskap van 79 lopies.

    Marinus Enslin en Armand Kotze was op hul beurt die span van Middelburg se silwerandjie met die kolf. Enslin het 36 lopies bymekaargemaak, terwyl Kotze ook ‘n klop op die skouer verdien vir sy swaarverdiende 32.

    MJ van Wyngaard (3/10) en Christiaan Schoeman (2/18) het die Trio-kolwers laat klippe kou in Overvaal se oorwinning met ses paaltjies. Theuns van Rensburg het egter koelkop gebly om ‘n onoorwonne 45 lopies aan te teken en sy span se totaal op 113/8 na die toegelate 20 beurte te staan te bring.

    Dit was spoedig egter duidelik dat dit nie genoeg sou wees nie met Ethan Kruger (28) en Luann Le Roux (23) wat die jaagtog gelei het. Shoeman het sy rol met die kolf ook goed vertolk om sy span oor die wenstreep te kry met ‘n aanskoulike 22*.

    Voortrekker van Bethlehem se Vlag Janse van Rensburg en Joel Coetzee het die langsteel ingelê om die span van Tzaneen in Limpopo, Merensky Landbou Akademie, met ses paaltjies te verslaan. Janse van Rensburg het die aanslag gelei met ‘n beurt van 42 lopies, terwyl Coetzee, kort op sy hakke, met 38 gespog het om die teiken van 95 met gemak te haal.

    Beknopte telkaarte:

    Driehoek 69 (Lucius Goosen 19; Joshua Visagie 5/5, Pieter Coetzee 2/12, Wilmar Myburgh 2/13); Duineveld 72/6 (Kian Naude 42*; Lucius Goosen 2/5, Louis Pieterse 2/14). Duineveld wen met vier paaltjies.

    HTS Middelburg 122 (Marinus Enslin 36, Armand Kotze 32; Kriegler Botha 3/6, Declan Steinmann 3/19, Mjee Roets 2/28); Transvalia 123/5 (Jeandre Barnard 46, Janco Jacobs 29; JP Muller 2/15). Transvalia wen met vyf paaltjies.

    Trio 113/8 (Theuns van Rensburg 45*; MJ van Wyngaard 3/10, Christiaan Schoeman 2/18); Overvaal 114/4 (Ethan Kruger 28, Luann Le Roux 23, Christiaan Schoeman 22*; Bokang Mohasa 2/23). Overvaal wen met ses paaltjies.

    Merensky 94/8 (Xander Schoeman 18; Jordan Buitendag 2/8, Joel Coetzee 2/16); Bethlehem Voortrekker 95/4 (Vlag Janse van Rensburg 42, Joel Coetzee 38; Wean Kruger 2/16). Bethlehem Voortrekker wen met ses paaltjies.

  • Rusties blitsig uit die blokke, Pietie-boulers aan die brand

    Rusties blitsig uit die blokke, Pietie-boulers aan die brand

    Cricket Ball on BatHoërskool Rustenburg het nie op hom laat wag om sy stempel deeglik af te druk in vanjaar se Kovsie Smash nie.

    Herleef al die aksie op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    Die Rusties se kaptein, Thian Labuschagne, het Oos-Moot se boulers gewys waar Dawid die wortels gegrawe in die span van Noordwes se gemaklike oorwinning met 41 lopies.

    Labuschagne, wat die beurt vir sy span geopen het, het sy 60 lopies teen ‘n bestendige pas aangeteken en in slegs 47 aflewerings  die bal nie minder nie as agt keer grens toe gestuur, waarvan vier anderkant die grenstou grondgevat het.

    Hendre Robinson het goeie ondersteuning gebied, met sy hardloopwerk tussen die paaltjies wat die Oosies deurlopend onder druk geplaas het. Die vennootskap met sy kaptein het 76 lopies, waarvan hy 31 bygedra het, opgelewer en die Rusties tot ‘n stewige 136/6 in moeilike kolftoestande gehelp.

    Die Oosies se Danie Corbett se harde werk met die bal is nietemin goed beloon en hy het aan die einde van ‘n akkurate boulskof met syfers van 3/19 gespog. Sy kolwers kon egter nie die Rusties se kordaatstukke met die kolf naboots nie.

    Dit was te danke aan puik vertonings met die bal deur Henlo van Rooyen (2/3) en Augie Behrens (2/17), wat die Pretoriaaners tot slegs 95/9 in die toegelate 20 beurte beperk het.

    Hoërskool Pietersburg se boulers het weer die vaandel gedra in die span van Limpopo se tweede oorwinning op die eerste dag. Hierdie slag was dit Duan van Staden wat van voor gelei het om in slegs 2.2 beurte Hoërskool Upington se stert te knoop met syfers van 3/10, terwyl Dian Gouws (3/20) en Stephan Swanepoel (2/10) ook weer uitgeblink het met die bal.

    Ruann Esterhuizen was vir die tweede keer op Dag 1 ‘n uitblinker met die kolf, maar sy 33 was Upington se enigste noemenswaardige bydrae en hy moes later toekyk hoe die Pieties die teiken van 96 met gemak haal in die 16de beurt, vir ‘n oorwinning met vyf paaltjies.

    Goudveld Hoërskool en Sentraal moes, weens die ongure weer, sake in ‘n verkorte wedstryd van 10 beurte uitspook. Dit het sake des te interessanter gemaak en Goudveld moes spook om met agt lopies die pyp te rook.

    Die span van Welkom se aanvangsbouler, Kamohelo Moloke, het sy span ‘n aansienlike hupstoot gegee met boulsyfers van 3/7 in die twee beurte wat hy afgevuur het.

    In Sentraal se bouldepartement het Aldo Bezuidenhout die bul by die horings gepak en Goudveld se voorslagkolwer, Bul Rademeyer (18), een van sy drie slagoffers gemaak. Erik Prinsloo het hom netjies bygestaan met syfers van 2/10, maar dit was nie genoeg om die Gouties te stuit nie.

    Beknopte telkaarte:

    Hoërskool Rustenburg 136/6 (Thian Labuschagne 60, Hendre Robinson 31; Danie Corbett 3/19); Oos-Moot 95/9 (Anthony Schwan 16*; Henlo van Rooyen 2/3, Augie Behrens 2/17). Hoërskool Rustenburg wen met 41 lopies.

    Hoërskool Upington 95 (Ruann Esterhuizen 33; Duan van Staden 3/10, Dian Gouws 3/20, Stephan Swanepoel 2/19); Hoërskool Pietersburg 97/5 (Hanru Marais 27*, AJ Galloway 25; Aiden Lukumbi 2/16). Hoërskool Pietersburg wen met ses paaltjies.

    Goudveld 62/8 (Bul Rademeyer 18; Aldo Bezuidenhout 3/19, Erik Prinsloo 2/10, Reshe Wales 2/14); Sentraal 54/7 (Janre Bornman 14; Kamohelo Moloke 3/7, Christiaan van der Westhuizen 2/11). Goudveld wen met agt lopies.

  • Fichie-boulers troef Driehoek, Wilken moker 51* in JF-sege

    Fichie-boulers troef Driehoek, Wilken moker 51* in JF-sege

    FOTO: Absolute Photos – Diederick de Vos

    Die eerste dag van die tweede Kovsie Smash-toernooi is gekortwiek deur nat weer in die Rosestad, maar dit het nie die gasheer, Hoërskool Fichardtpark, verhoed om ‘n eerste oorwinning te behaal nie.

    Herleef al die aksie op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    Dit was die Fichies se boulers, gelei deur Dylan Greninger, wat die eerste houe geland het in hul kragmeting met Hoërskool Driehoek, om die besoekers van Vanderbijlpark vir ‘n skamele 57 lopies uit te haal. Greninger se 2/9 in sy toegelate vier beurte het 20 leë balle bevat, wat die druk vierkantig op die Driehoek-kolwers geplaas het.

    Nathan Ackerman en Devante Claasens het ook nie op hulle laat wag nie, met boulsyfers van 2/15 elk, om te verseker dat die laaste paaltjie reeds in die 17de beurt kantel.

    Jaden Geldenhuys het daarna sy stempel met die kolf afgedruk as openingskolwer en twee viere en een ses gemoker vir 31 lopies van slegs 28 aflewerings. Dit het die tuisspan met gemak in die negende beurt oor die wenstreep geneem en vroeg reeds ‘n waarskuwing aan die ander spanne in die toernooi gerig.

    Niel Wilken het die toernooi se eerste 50-tal gemoker om Jim Fouché tot ‘n gemaklike sege met ses paaltjies oor Hoërskool Upington te lei. Nadat die Bloemfonteiners aanvanklik in die sop was met hul telling op 45/4, het Wilken kop gehou. Sy onoorwonne beurt van 51 het ses grenshoue, vyf viere en ‘n ses, bevat.

    Die Speler van die Wedstryd-toekenning het egter aan Duan Bastone gegaan. Bastone se oes van vier paaltjies vir net 21 lopies in sy toegelate vier beurte was altemit die rede hoekom Wilken en kie slegs ‘n teiken van 104 moes jaag.

    Vir Upington het Ruann Esterhuizen uitgestaan. Die toporde-kolwer het die druk uitstekend absorbeer en steeds sy normale houe gespeel om uiteindelik met 49 lopies van slegs 44 aflewerings te spog. Hy sal vorentoe egter beter bystand van sy medekolwers verwag.

    Dian Gouws en Stephan Swanepoel het tot Hoërskool Pietersburg se redding gekom na ‘n stadige begin met die bal. Die besoekers uit Limpopo se boulers het duidelik gesukkel met ritme.

    Nadat hulle 33 ekstras afgestaan het, iets waarmee afrigter, Corne Craig, self ‘n kranige naatbouler op sy dag, nie tevrede sou wees nie, het Gouws en Swanepoel uiteindelik sewe paaltjies tussen die twee van hulle laat spat. Gouws het vier laat kantel vir net 11 lopies, terwyl Swanepoel se draaiers vir nóg drie paaltjies gesorg het.

    Celliers van der Merwe het ‘n moeilike begin met die bal agter hom gesit en leiding met die kolf geneem. Sy blitsige 32 lopies het die Pieties uiteindelik gemaklik teen Witteberg laat seëvier.

    Bokang Mohasa het van voor gelei met sowel die bal as kolf in Hoërskool Trio se oorwinning met vyf paaltjies oor Voortrekker van Bethlehem. Mohasa het eers die Voortrekker-kolwers laat bontstaan met ‘n boulskof wat drie paaltjies opgelewer het en dit opgevolg met ‘n puik kolfbeurt van 28.

    Myburgh Jacobs het egter die die kollig gesteel met die kolf, met ‘n onoorwonne 34 lopies wat van slegs 15 aflewerings gekom het.

    HTS Middelburg was die enigste span wat op die eerste oggend daarin kon slaag om hul telling suksesvol te verdedig. WJ Enslin, ook ‘n uitstekende rugbyspeler, het Sentraal se boulers gekasty met 39 lopies, wat die span van Middelburg in staat gestel het om ‘n verdedigbare telling van 115/9 aan te teken.

    Marinus Enslin en Henco Britz het dit beaam deur elk drie paaltjies te laat kantel vir slegs 15 lopies gesamentlik, om Sentraal vir ‘n teleurstellende 59 almal uit te boender en ‘n sege van 56 lopies te verseker.

    Beknopde telkaarte: 

    Driehoek 57 (Janco Smith 14; Dylan Greninger 2/9, Nathan Ackerman 2/15, Devante Claasens 2/15); Fichardtpark 60/3 (Jaden Geldenhuys 31; Rico Kruger 2/4). Fichardtpark wen met sewe paaltjies.

    Hoërskool Upington 103/6 (Ruann Esterhuizen 49, Wilin Lombaard 24; Duan Bastone 4/21); Jim Fouché 105/4 (Niel Wilken 51*; Adin Likumbi 2/23). Jim Fouché wen met ses paaltjies.

    Witteberg 102/8 (Ekstras 33, Xander Fourie 23; Dian Gouws 4/11, Stephan Swanepoel 3/11); Hoërskool Pietersburg 103/5 (Celliers van der Merwe 32, Jan-Hendrik Boneshance 29; Anru Erasmus 3/9, Mila Oerson 2/19). Hoërskool Pietersburg wen met vyf paaltjies.

    Bethlehem Voortrekker 105 (Jayden Strydom 30, Ruan Heunis 21; Bokang Mohasa 3/19, WJ van Niekerk 2/14); Trio 106/5 (Myburgh Jacobs 34*, Bokang Mohasa 28; Rodney Turner 3/23). Trio wen met vyf paaltjies.

    HTS Middelburg 115/9 (WJ Enslin 39, Ekstras 25; Reshe Wales 3/20, Aldo Bezuidenhout 2/6, Danny Botes 2/15); Sentraal 59 (Janre Bornman 14; Marinus Enslin 3/7, Henco Britz 3/8). HTS Middelburg wen met 56 lopies.

  • Spanne vir die 2025 Kovsie Smash

    Spanne vir die 2025 Kovsie Smash

    Cricket player holding a leather ball
    Cricket player holding a leather ball

    Die spanne:

    Fichardtpark: Stian Kruger (C), Davyd Oosthuizen, Diederick de Vos, Marno Smith, Nathan Ackerman, Aaron Isaacs, Daniel Badenhorst, Devante Claasens, Duan Viviers, Jaden Geldenhuys, Nevina Olivier.
    Afrigters: Neil van der Merwe, Rikus Allen.

    Bethlehem Voortrekker: Joel Coetzee (C), JD van Dyk, Vlag Janse van Rensburg, Jordan Buitendag, Jayden Strydom, Paul Naude, Abi Tshonti, Pitso Masholi, Ruan Heunis, Leytin Kimmins, Juhun Muller, Rodney Turner.
    Afrigters: Jakkals Scheepers, Lennard Joubert.

    Despatch: Tyron Smith (C), Niekie Joubert, Cole Oosthuizen, Josh Bishop, Keagan Meyer, CJ Palferman, Wian van Rooyen, Tristan Scholtz, Shelton Claassen, Anrich Knoetze, Ivandre Jacobs, Wesley Mayer.
    Afrigters: Theo Smit, TJ Smit.

    Driehoek: Chris Saayman, Drikus Meiring, Duan Taljaard, Durandt Lubbe, Ruan Hattingh, Hendro Strydom, Jaden Heckler, Janco Smit, Louis Pieterse, Rico Kruger, Leanardo Visser, Lucius Goosen.
    Afrigters: Xandre van der Merwe, Andre van Rensburg.

    Duineveld: Hanno Brandt, Matthew Duimpies, Marnus Myburgh, Wilmar Myburg, Joshua Visagie, Niekie Smit, Kian Naude, Xander Olivier, Derick Cloete, Xander O’Connel, Severeano Lackay.
    Afrigters: Noël Jansen, Hagie Hoffman.

    Goudveld: Tegan Saayman (C), Keagan Frankenfeld, Motsisi Mototo, Christiaan van der Westhuizen, Christiaan Swart, Ruhan Dreyer, Bul Rademeyer, Erich du Plessis, Rethabile Motsoaledi, Kayden Pienaar, Kamohelo Moloke.
    Afrigters: Tshepo Masheshemane, Donovan Nieuwenhuizen.

    HTS Middelburg: Armand Kotze (C), Anthoni Smuts, WJ Enslin, Marinus Enslin, Henco Britz, Ruben Jooste, Henry Kemp, JP Muller, Brussouw de Wet, Altus van Heerden, Eddie Harris, Toy Engelbrecht.
    Afrigters: JP Engelbrecht, Ockie Else.

    Jim Fouche: Jordan Vorster, Franco de Necker, Adrian de Necker, Cobus Wilken (C), Niel Wilken, Ruan Kleyn, Johan van Dyk, Jareth Scot, Andre Kleyn, Jean de Meyer, Wihan Paulsen, Benco Olivier, Christiaan du Toit, Adrian Engelbrecht, Duan Bastone.
    Afrigters: Thiardt Ingram, Graham Seager.

    Kalahari: SW van Heerden, Leander Smit, Kennan van Rooi, Liam Laing, Janko Noeth, Carl Thole, Shane Corner, Kapono Masienyane, Kabelo Pitsoyakgosi, Myburgh de Klerk, Waldo Noeth, Wilrigh Mostert, Strauss van Heerden.
    Afrigter: Maritz Lubbe.

    Merensky Landbou Akademie: James Durant, Rinaldo Bornman, Luka Heinlein (C), Bernard Wandrag, JP Botha, Schalk Rossouw, Wean Kruger, Ian Meyer, Zak van Niekerk, Christopher Elphistone, Cashan Jacobsz, Waldo Mouton, Xander Schoeman.
    Afrigter: Stebian van der Walt.

    Oos-Moot: Elrich Visagie, Edrich Fuls, Luke Venter, Danie Corbertt, Anthony Schwan, Lian du Preez, Daniel le Roux, Ryno Spies, David White, Elmar Theron, Henco Erasmus, Chrisjan van Staden.
    Afrigter: Jaco Redelinghuys.

    Overvaal: Janco de Lange (C), EW Botes, MJ van Wyngaard, Zander Olivier, Austin Coetzee, Llewellyn Labuschagne, Ethan Kruger, Roche le Roux, Luann le Roux, Vinaldo Spamers, Christiaan Schoeman, Ruwn Pieterse.
    Afrigters: Chris Sharp, Carl Gross.

    Hoërskool Pietersburg: Coenraad Bezuidenhout, Duan van Staden, Hardus Schoeman, Hennie Schoeman, Jan-Hendrik Boneschance, AJ Galloway, Andreas Jansen, Celliers van der Merwe, Dian Gouws, Hanru Marais, Ignus Ferreira, Stephan Swanepoel.
    Afrigters: Corne Craig, Shawn Cross.

    Hoërskool Rustenburg: Callie Fryer, Thian Labuschagne (C), Tristan van der Linde, Henlo van Rooyen, Keanu Janse van Vuuren, Hendri KEmp, Augie Behrens, Hendre Robinson, Le Marc Henry, Rejean van der Venter, Baba Mipisang, Dehan Jacobs, Marnus de Witt.
    Afrigters: Jan van Staden, Kur Kruger.

    Sentraal: Pieter Muller (C), Willem van Staden, Liam Pretorius, Erik Prinsloo, Janre Bornman, Daniel Pienaar, Aldo Bezuidenhout, Danny Botes, Ruardt Kleynhans, Daniel Buys, Reshe Wales, Juandre Weideman.
    Afrigters: Bernalt Roll, AJ Duncker, Lyle Heilbron.

    Transvalia: Kyle Cutler, Janco Jacobs, Mjee Roets, Zandru Barnard, Eduann Raubneheimer, Krieglar Botha, Brandon Matthews, Ashton Cachia, Declan Steinmann, Jeandre Barnard, Wado McLean, Aden Matthee, Duval van Staden.
    Afrigters: Stephan de Villiers, Johan Davel.

    Trio: Franko de Wet (C), Caleb Butler, Gabriel Mochebule, Bokang Mohassa, Myburgh Jacobs, WJ van Niekerk, Pedri Wilken, Theins van Rensburg, Juandre Vorster, Henrico van der Walt, Chesline Mogasie, Dillon Young.
    Afrigter: Piet de Wet.

    Hoërskool Upington: Ruann Esterhuizen, Christopher Hudson, Vaylen Lombard, Aiden Likumbi, CJ Botha, Roux Erasmus, Jordan Fortuin, Wian Piennaar, Franklin Stevens, Stephan Fourie, Jandre Witbooi, Tip-Ron Tyers, Callum Bezuidenhout.
    Afrigters: Jaco Steyn, Johannes du Plessis.

    Witteberg: Xander Fourie, Janco Botha, Mila Oersen, WJ Geldenhuys, Dumisani Johnson, Pieter Nel, Anru Erasmus, Lwazi Mosea, Pieter Wessels, Jenne Blok, Kyle Nel, Karsten Rohrs.
    Afrigters: Jaco Ackerman, Janco Els.

    Wesvalia: Zaindre Stopford, Eduard Dreyer, Quwen Fourie, Dundre Hales, Marneau Dreyer, Matthys Peens, Johanco Nel, Diaan Mostert, Deacon Kath, Dominic Kath.
    Afrigters: L le Roux, CJ Ferreira.