SSPN Test Site

Author: froberholzer

  • Ruthven ruthless in Waterkloof’s opener, Boys High overpowers Prestige College

    Hoërskool Waterkloof’s ruthless opening batsman, Wian Ruthven, started his last school season with a bang.

    Relive all the action on SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    Ruthven opened his 2024 Titans League account with a scintillating century as the Klofies convincingly beat Hoërskool Centurion by eight wickets on Saturday.

    With Waterkloof chasing 252 runs for victory, the right-hander put his clean ball striking on full display, smashing the ball to all parts of his home ground, the Andre van der Walt Oval.

    His 128 runs came from only 57 deliveries and included 21 boundaries – 11 fours and 10 sixes. Ruthven also led the way with the ball, claiming two scalps for 61 runs in nine overs.

    Out in the middle, he received solid support from his team-mates, with Divan Behrens, his opening partner over the last two seasons, chipping in with a well-played 38 runs, while Marcus Bakker and Rico van der Walt contributed 40 runs each to steer their side to a comfortable victory.

    The Woeries, who lost by 10 wickets to Pretoria Boys High in their season opener, made significant strides compared to their batting performance from a week earlier. Their captain and highly regarded top-order batsman, Charl Prinsloo, was on fire, cracking 137 runs to lead the way for his side.

    Opening batsman Stefan de Villiers also made use of the batting-friendly conditions, contributing 59 runs before he was eventually removed.

    Waterkloof will have a big test when they face Hoërskool Menlopark on Sunday. The match will also be played at the Andre van der Walt Oval.

    Pretoria Boys High secured a second convincing win on the trot as their bowlers bullied Prestige College. The Boys High new ball partnership of Tim Tattersall and Johan Coetzer proved too much for the batsmen from Hammanskraal. They picked up three wickets each in the blink of an eye, conceding only 17 runs between them. Nicholas Rossouw lent good support, snapping up 2 for 24.

    Rossouw and Coetzer also led the way with the willow. Coetzer top scored with a mature 24 runs from 36 deliveries, while Rossouw scored a-run-a- ball 20 to see PBHS to a seven-wicket win.

    Summarised scorecards:

    Hoërskool Centurion 251/6 (Charl Prinsloo 137, Stefan de Villiers 59, Jaydon Potgieter 23; Wian Ruthven 2/61). Waterkloof 253/2 (Wian Ruthven 128, Rico van der Walt 40*, Marcus Bakker 40*, Divan Behrens 38; Carlo Kotze 1/35). Waterkloof won by eight wickets.

    Prestige College 84 (Extras 22, Jose Slater 18; Tim Tattersall 3/6, Johan Coetzer 3/11, Nicholas Rossouw 2/24). Pretoria Boys High 87/3 (Johan Coetzer 24*, Nicholas Rossouw 20*; Koketso Jonas 1/25). Pretoria Boys High won by seven wickets.

  • Bere steeds op koers om Noordvaal-titel te verdedig

    FOTO: Monya Lombard

    Hoërskool Garsfontein het vir Hoërskool Dr. EG.Jansen vir die tweede keer in twee weke op Berepark getroef.

    Herleef al die Noordvaal Cup Beker-aksie op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    Die Pretorianers het na nóg ‘n titaniese stryd teen hul tradisionele vyand met 27-25 die wa deur die drif getrek. Sodoende het die verdedigende kampioen sy plek in die eindstryd van die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling, teen Hoërskool Waterkloof, bespreek. Dit sal die eerste keer sedert 2006 wees dat albei spanne in die reeks se eindstryd van Pretoria afkomstig is.

    Vandeesweek se kragmeting met die Jansies was egter nie so maklik soos die een van ‘n week tevore nie, met die Boksburgers wat na ‘n totaal ander span gelyk het. Dié semi-finaal tussen twee van die Noordvaal se groot honde het vir die grootste gedeelte van die wedstryd ‘n behoorlike armdruk afgegee.

    Die Bere se vaskopstut, Luan van den Berg, was weer uitstekend en het sy lyf soos ‘n wafferse losvoorspeler rondgegooi. Agsteman, Stephan Pretorius, het saam met Van den Berg gewoel voorlangs om die Jansie-pak deurgaans op hul tone te hou.

    Soos verwag het die agterlyne mekaar ook aanhoudend getoets. Die Jansies se buitesenter, Jeandre Jacobs, het na ‘n paar stil vertonings weer sy normale ritme herwin en vir die Bere se middeveld ‘n aantal hoofbrekens besorg.

    Oopkantflank, Zaide-Leigh Rippenaar, het weer gewys hoekom hy die SA Skole “A”-span gehaal, met sy vernuf op die aanval wat van hom ‘n doring in die vlees van die Bere gemaak het.

    Brooklyn Newman, een van die Garsies se groot name, het met sy terugkeer vir die opposisie die doodskoot toegedien. Newman, wat vroeër die week nog vir die SA o.18 “A”-span teen Georgië gespeel het, het oorgebars om die oorwinning van twee punte te beklink en ‘n plek in die eindstryd te bespreek.

    Puntemakers: 

    Garsfontein 27 (14) – Drieë: Luan van den Berg, Luann Olivier, Stephan Pretorius, Brooklyn Newman. Doelskop: Handre Maree. Strafdoel: Maree. Dr. EG Jansen 25 (10) – Drieë: Zian Marais, Riekus van der Merwe, Jean-dre Claasen, Zade-Leigh Rippenaar. Doelskop: Matthew Bergman. Strafdoel: Bergman.

    Ander spanne:

    o.16: Helpmekaar 30, Monument 14; Noordheuwel 29, Garsfontein 15.

    o.15: Monument 31, Garsfontein 12; Noordheuwel 30, Menlopark 25.

    o.14: Monument 22, Noordheuwel 19; Hoërskool Rustenburg 24, Garsfontein 20.

  • Prinsloo, Bastiaanse kook om Klofies se eindstryd-droogte te breek

    MIGAEL PRINSLOO, Waterkloof se skrumskakel, klop vir Evan Bernhardi om vir een van sy twee drieë oor te duik. FOTO: Marius Nortje

    Hoërskool Waterkloof se Blou Tornado het Saterdag sy oorheersing teen Hoërskool Monument voortgesit met ‘n tweede agtereenvolgende sege.

    Herleef al die Noordvaal Cup Beker-aksie op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    Die Klofies het met dié oorwinning van 35-34 oor die Wit Bulle hul eerste Noordvaal-eindstryd in meer as ‘n dekade gehaal. Dit was egter so hittete of die Pretorianers het die sege deur hul vingers laat glip.

    Die Monumentare het ‘n uitstaande laaste 15 minute opgedis om 17 punte in ‘n oogwink aan te teken.

    Die tuisspan se heelagter, Ronan Bastiaanse, verdien ‘n stewige klop op die skouer vir die wyse waarop hy die besoekers met die stewel gelooi het. Hy het drie doelskoppe en drie strafdoele deur die pale gejaag, asook ‘n drie gedruk, vir ‘n persoonlike bydrae van 20 punte.

    Dit was egter die tweestryd tussen die skrumskakels wat die kollig gesteel het. Monnas se Evan Bernhardi was waarskynlik die beste speler op die veld, en het met sy hope vaart en gevaarlike lopies om die afbreekpunte die Klofies telkens geflous.

    Die tuisspan se Migael Prinsloo het, benewens sy uitstekende diens aan losskakel, Dennis Obi, ook beïndruk met sy puik ondersteunende spel en is beloon met ‘n tweekuns, wat ‘n deurslaggewende rol in die Pretorianers se oorwinning gespeel het.

    Indien daar ‘n toekenning vir die mees konsekwente speler deur die seisoen gegee moes word, sou Monnas se steelkantflank, RJ Barnard, se naam beslis in die hoed gewees het. Barnard se fisieke maar bedrieglike barslopies het vir die Klofies meer as een keer onkant betrap, vernaam in die eerste helfte toe die Klofie-pak taamlik loodvoet daar uitgesien het.

    Dit was eers na rustyd dat haker, Ruan Jacobs, en oopkantflank, Divan Botha, hul ritme begin vind en die vuur onder die res van die pak aangesteek het.

    Puntemakers:

    Waterkloof 35 (13) – Drieë: Migael Prinsloo (2), Ronan Bastiaanse, Malcolm George. Doelskoppe: Bastiaanse (3). Strafdoele: Bastiaanse (3). Monument 34 (10) – Drieë: RJ Barnard, Evan Bernhardi, Tasliem Guyan, Ewan van der Walt, Strafdrie. Doelskoppe: Hugo van der Merwe (2). Strafdoel: Van der Merwe.

    Ander spanne:

    o.16: Helpmekaar 30, Monument 14; Noordheuwel 29, Garsfontein 15.

    o.15: Monument 31, Garsfontein 12; Noordheuwel 30, Menlopark 25.

    o.14: Monument 22, Noordheuwel 19; Hoërskool Rustenburg 24, Garsfontein 20.

  • Derde agtereenvolgende eindstryd wink vir Bere

    HENRE PRINSLOO, Garsfontein se steelkantflank, op die aanval teen dr. EG Jansen in die twee spanne se laaste groepswedstryd. FOTO: Monya Lombard

    Die Garsie-Bere en verdedigende kampioen kan vir ‘n derde agtereenvolgende keer in die SDC Noordvaal Cup se Beker-eindstryd verskyn.

    Volg al die Noordvaal Beker-aksie regstreeks op SuperSport Schools(www.supersportschools.com) of Kanaal 216.

    In ‘n herhaling van die laaste rondomtalie-wedstryd in vanjaar se reeks, speel Hoërskool Garsfontein weer gasheer vir Hoërskool Dr. EG Jansen se Arende.

    Die Bere het hul oorheersing oor die Jansies  verlede naweek op Berepark benadruk met ‘n oortuigende sege van 39-14. Dit was ook die Boksburgers se eerste nederlaag in vanjaar se kompetisie, maar verander geensins die feit dat die Bere steeds lugtig vir die Arende is nie.

    “Verlede naweek tel nou niks nie; dit is uitspeelrugby dié en bring nuwe uitdagings,” het Johan du Plessis, die Garsies se afrigter gesê.

    “Ons doelwit was om ‘n tuishalfeind te kry, ongeag teen wie. EG Jansen het ‘n baie goeie span en word hoër as ons in die land geag. Ons verwag niks minder as ‘n klipharde stryd nie.”

    Indien die verdedigende kampioen die Jansies weer kan klop sal hy vir ‘n derde eindstryd in soveel jaar kwalifiseer. Die stryd tussen die twee spanne is nie slegs ‘n herhaling van verlede naweek nie, maar ook van verlede jaar se eindstryd toe die Bere met 41-22 baas was.

    Alhoewel hy twee van sy SA o.18 “A”-spelers, Junaide Stuart en Brooklyn Newman, terugverwelkom, het Du Plessis en sy keurders besluit om geen veranderinge aan die beginspan aan te bring nie. Die twee sal albei wel ‘n groot impak van die bank af wil maak.

    Die Jansies se afrigtingspan het slegs een verandering aan die span, wat verlede naweek vasgeval het, gemaak. Gerhard van Aswegen skuif weer van slot na steelkantflank, met Divan Francis wat uitmis en die klipharde Ettienne Smit wat vir Van Aswegen op slot vervang.

    Buitesenter, Jeandre Jacobs, sal oorgehaal wees vir sy tweestryd met Ruan Enslin, wat verlede naweek die beste daarvan afgekom het deur twee keer agter die Boksburgers se doellyn te gaan kuier. Hierdie naweek bied inderdaad egter ‘n nuwe uitdaging, en Jacobs het deur die loop van die seisoen homself onderskei as een van die beste buitesenters in die reeks.

    Die spanne: 

    Garsfontein t. EG Jansen om 12:00 in Pretoria

    Garsfontein: 15 Handre Maree, 14 Xian Erasmus, 13 Ruan Enslin, 12 Luann Olivier, 11 Derrick Kuhn, 10 Junade Pasensie, 9 Luan Ferreira, 8 Stephan Pretorius, 7 Henre Prinsloo, 6 JP Pieterse, 5 Jacques Swarts, 4 Thinus Oosthuizen, 3 Luan van der Berg, 2 Justin Blom, 1 Ethan van Wyk.

    EG Jansen: 15 Ntokozo Ngobese, 14 Jean-Dre Claasen, 13 Juandre Jacobs 12 Steven Williams, 11 Keanu van Loggerenberg, 10 Matthew Bergman, 9 Riekus van der Merwe, 8 Storm Labuschagne, 7 Gerhard van Aswegen, 6 Zade-Leigh Rippenaar, 5 Zandre Naudé, 4 Ettienne Smit, 3 Duwan Potgieter, 2 Danre Pike, 1 Zian Marais.

    Skeidsregter: Ruan Benade (Goue Leeus)

    Junior Halfeindstryde (tuisspanne eerste vermeld): 

    o.16 

    10:00 – Helpmekaar vs Monument; 11:45 – Noordheuwel vs Garsfontein.

    o.15 

    09:00 – Monument vs Garsfontein; 10:30 – Noordheuwel vs Menlopark.

    o.14 

    08:00 – Monument vs Noordheuwel; 10:30 – Garsfontein vs Hoërskool Rustenburg.

  • Van Aswegen-terugkeer kan Klofies se eindstryd-droogte breek

    DENNIS OBI, losskakel van Hoërskool Waterkloof, duik oor vir ‘n belangrike drie teen Monument verlede naweek. FOTO: Marius Nortje

    Die terugkeer van Klofies se kaptein, Riwan van Aswegen, kan ‘n reuse rol speel in die span se strewe na ‘n eerste Noordvaal-eindstryd in 13 jaar.

    Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools(www.supersportschools.com) of Kanaal 216.

    Die Blou Tornado van Hoërskool Waterkloof kom Saterdag vir die tweede agtereenvolgende keer vanjaar teen Hoërskool Monument, hierdie keer in die halfeindronde van die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling, te staan.

    Die span van Pretoria het reeds die Wit Bulle verlede naweek met 53-45 op sy tuisveld, die Ras van Rooyen, in Krugersdorp verslaan.

    Die laaste keer wat die Klofies in ‘n eindstryd uitgedraf het was in 2011 teen Hoërskool Florida in die destydse Beeld-trofee vir makro-skole, waar hulle met ‘n telling van 42-21 koning gekraai het.

    Die Monumentare, daarenteen, het vier keer die eindstryd gehaal en was in 2017, 2018 en 2022 as kampioen gekroon is, terwyl hulle in 2012 as naaswenner uit die stryd getree het.

    Die span van Krugersdorp het egter ‘n groot terugslag in sy kleedrepetisie teen die Klofies beleef. Staatmakerslot, Jacques Botha, sal ‘n impak van die bank wil maak terwyl Dean Hartman Botha se skoene in die nr. 4-trui moet volstaan.

    Agterlangs beloof die stryd tussen Monnas se Hugo van der Merwe en Klofies se Happy Makate om vir vuurwerke te sorg. Makate, wat verlede naweek ‘n driekuns op die Ras behaal het, skuif weens Van Aswegen se terugkeer van buite- na binnesenter. Verdediging behoort die deurslag te gee in hierdie tweestryd, aangesien albei senters oor uitmuntende aanvalsvernuf beskik.

    Klofies se steelkantflank, Lendrey Janse van Vuuren, en slot, Stephan de Beer, maak ook hul terugkeer om die Klofie-pak aansienlik te versterk, en Janse van Vuuren se stryd met Monnas se RJ Barnard beloof om soos dié tussen twee wafferse boksers in die kryt te wees.

    Die spanne: 

    Waterkloof t. Monument om 11:00 in Pretoria 

    Waterkloof: 15 Ronan Bastiaanse, 14 Malcolm George, 13 Riwan van Aswegen, 12 Happy Makate, 11 Dylan Botha, 10 Dennis Obi, 9 Migael Prinsloo, 8 Dawid Prinsloo, 7 Lendrey Janse van Vuuren, 6 Divan Botha, 5 Alrich Uys, 4 Stephan de Beer, 3 Jedri Swart, 2 Ruan Jacobs, 1 Juan Gouws.

    Monument: 15 Theuns du Plooy, 14 Ewan van der Walt, 13 Viandré van Loggerenberg, 12 Hugo van der Merwe, 11 Ernesto Oersen, 10 Hanno du Toit, 9 Evan Bernhardi, 8 Vincent Roberts, 7 RJ Barnard, 6 Jamaal Feldman, 5 Nathan Erasmus, 4 Dean Hartman, 3 Juandre Marais, 2 Keenan Myners, 1 Bernard Delport.

    Skeidsregter: Francois Naude (Valke)

    Junior Halfeindstryde (tuisspanne eerste vermeld): 

    o.16 

    10:00 – Helpmekaar vs Monument; 11:45 – Noordheuwel vs Garsfontein.

    o.15 

    09:00 – Monument vs Garsfontein; 10:30 – Noordheuwel vs Menlopark.

    o.14 

    08:00 – Monument vs Noordheuwel; 10:30 – Garsfontein vs Hoërskool Rustenburg.

  • Gewonde Gimmies ‘n Gevaarlike Gimmies, Drake versigtig vir Volkies

    FOTO: Verskaf deur Potchefstroom Gimnasium se Facebook blad.

    Hul nederlaag teen Hoërskool Alberton maak die Gimmies beslis ‘n raps gevaarliker vir Saterdag se semi-finaal.

    Volg al die Noordvaal Bowl-aksie regstreeks op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    Dit het as ‘n taamlike skok gekom toe die voorlopers van die SDC Noordvaal Cup se Bowl-afdeling, Potchefstroom Gimnasium, sy rieme met 17-18 teen die Allies styfgeloop het op die vooraand van hierdie naweek  se halfeindronde.

    Dit sou nietemin sorg vir ‘n mate van onrustigheid by Merensky Landbou Akademie se ondersteuners.

    Die Plasies reis na Potchefstroom om die Gimmies op hul tuisveld die stryd aan te sê in die semi-finaal. Alhoewel die Potchefstromers hul eerste nederlaag gely het, was hulle steeds ver genoeg voor op die puntelys om eerste te eindig en sodoende te verseker dat die voorlaaste ronde tuis afspeel.

    Die vorige ontmoeting tussen dié twee spanne in die rondomtalie-wedstryd het vir heelwat aksie gesorg. Die Plasies, wat kwaai onder die beseringspook deurgeloop het, moes naelskraaps met 24-29 die knie buig, maar behoort hierdie naweek bykans op volsterkte te wees in Potch.

    Die indrukwekkende Jens Bezuidenhout, wat vir die grootste gedeelte van die seisoen op senter diens gedoen het, keer terug na linkervleuel, met losskakel, Byron Hendricks, wat weer die leisels agterlangs neem. Hendricks moes op die nippertjie verlede naweek teen Hoërskool Eldoraigne onttrek weens ‘n enkelbesering.

    Die veelsydige Ruan Marcos, wat die Limpopo Blou Bulle se Akademiespan op haker verteenwoordig het, is ook weer terug in die beginspan, maar op slot.

    Die waarskynlikheid dat die Gimmies ‘n onveranderde span sal kies is groot en ook die rede hoekom twee staatmakers, soos ster-heelagter en puntemasjien, David Ndala, en die woelige haker, Jaco Nel, met rustyd teen die Allies afgehaal is. Skrumskakel, Dian Smith, moet ook fyn dophou word, vernaam rondom die afbreekpunte.

    Hoërskool Eldoraigne het ná ‘n uitstekende vertoning verlede naweek ook ‘n tuishalfeind verseker. Die Drake verwelkom die gevaarlike Potchefstroom Volkskool in Centurion.

    Die span van Centurion wat, ná ‘n uitdagende begin tot die seisoen, deur heelwat mense afgeskryf is, het deur die loop van die kompetisie mooi ritme begin vind en skrumskakel, Darren Bruwer, verdien heelwat lof hiervoor. Bruwer se taktiese skopwerk bring die Drake gereeld op die voorvoet en help voorts dat dié afdeling se voorste skerpskutter, JP Meyer, goed op dreef is.

    Jaco Fourie, die tuisspan se vaskopstut, kan ook weer ‘n deurslaggewende rol speel met sowel sy kragtige dryfspel as skrumwerk.

    Die besoekers het self ‘n koker vol giftige pyle. Sedert sy skuif van flank na senter het Christoff Nel die Volkies se agterhoede een van die gevaarlikste in die reeks gemaak en het hy en Hennie Pretorius in ‘n gedugte kombinasie ontwikkel. Voorlangs sal die flankpaar bestaande uit Henre Nel, met sy slag om balbesit om te keer, en Marlu du Preez die nodige ondersteuning bied.

    Die spanne: 

    Potchefstroom Gimnasium t. Merensky Landbou Akademie om 13:10 in Potchefstroom

    Potchefstroom Gimmies: 15 David Ndala, 14 Toks Becker, 13 Lourens Jacobs, 12 Elrich Bosh, 11 Jaap van der Westhuizen, 10 Justin Oosthuizen, 9 Dian Smith, 8 Morné van Aswegen, 7 Wian Botha, 6 Tiardt Vorster, 5 Tobias van Dyk, 4 Bart du Plooy, 3 Jayden Stoffberg, 2 Jaco Nel, 1 Cobus van Rooyen.

    Merensky: 15 Ashten Demos, 14 Heinrich Lubbe, 13 Ulrich Mare, 12 Maritz Meintjies, 11 Jens Bezuidenhout, 10 Byron Hendricks, 9 JD Boshoff, 8 Hardus Terblanche, 7 PG Botes, 6 Craig Walker, 5 Lukas Pieterse, 4 Ruan Marcos, 3 Tirelo Mashapa, 2 JJ Goosen, 1 Ethan Maritz.

    Skeidsregter: Maritz Olivier (Goue Leeus)

    Eldoraigne t. Potchefstroom Volkskool om 11:00 in Centurion

    Eldoraigne: 15 JP Meyer, 14 Manie Buitendag, 13 Ivan Vermeulen, 12 Kevin Earle, 11 Hendru van Zyl, 10 Elmar Olivier, 9 Darren Bruwer, 8 Jayden Niehaus, 7 Justin Meintjies, 6 Cameron Killian, 5 Rikus Rheeder, 4 MC Scheepers, 3 Jaco Fourie, 2 Victor Koopmans, 1 Marnus Prinsloo

    Potchefstroom Volkies: 15 Diaan van der Merwe, 14 Wikus van Aswegen, 13 Hennie Pretorius, 12 Christoff Nel, 11 Lorenzo Louw, 10 Johandre Maree, 9 Juhan Geldenhuys, 8 Dewald Groenewald, 7 Marlu du Preez, 6 Henre Nel, 5 Konrad Pretorius, 4 Altus de Jager, 3 Daniel Strydom, 2 Louis Fourie, 1 Jaco van der Merwe.

    Skeidsregter: Tiaan Buys (Pumas)

    Junior Halfeindstryde (tuisspanne eerste vermeld): 

    o.16 

    09:00 – Wagpos vs Potchefstroom Volkskool; 10:00 – Randburg vs Potchefstroom Gimnasium.

    o.15 

    10:00 – Piet Retief vs Eldoraigne; 10:00 – Merensky vs Potchefstroom Volkskool.

    o.14 

    09:00 – Piet Retief vs Potchefstroom Gimnasium; 09:00 – Eldoraigne vs Dr. Malan.

  • Eindstryd wink weer vir Wesvalia, tuisveld Liggies se groot wapen

    FOTO: Verskaf deur Hoërskool Wesvalia se Facebook blad.

    Die moontlikheid bestaan dat vanjaar se eindstryd in die SDC Noordvaal Cup se Skild-afdeling ‘n herhaling kan wees van verlede jaar se Bowl-finaal.

    Volg al die Noordvaal Skild-aksie regstreeks op SuperSport Schools(www.supersportschools.com) 

    Indien Hoërskool Wesvalia en Hoërskool Die Anker elkeen hul halfeindstryde wen, sal dié twee spanne vanjaar, as nuwelinge, weer in die Skild-eindstryd ontmoet, nadat hulle verlede jaar sake in die Bowl-eindstryd uitgespook het.

    Altwee het egter eers ‘n berg om te klim.

    Wesvalia kom teen die verdedigende kampioen, Hoërskool Secunda, in Klerksdorp te staan. Die span van Secunda het skaars twee weke gelede in Klerksdorp besoek afgelê en as enigiemand die Wessies kan stuit, dan is dit hulle.

    Die skote het by daardie geleentheid geklap in ‘n fisieke stryd en Saterdag beloof om meer van dieselfde op te lewer.

    “Ons seuns was darem al in ‘n eindstryd vanjaar, toe ons net-net teen Noordheuwel verloor het; ons glo hulle sal die druk van ‘n halfeind kan hanteer,” het Willem van der Sandt, die Wessies se hoofafrigter gesê.

    Albei spanne het slegs een verandering aangebring vir die naweek se stryd. Vir die tuisspan vervang Jeandre Snyman vir Xander Smit in die nr. 13-trui, terwyl Stefan Bezuidenhout in die plek van Rico Schoeman op haker diens doen.

    Die stryd tussen Wesvalia se lostrio, onder leiding van steelkantflank, Francois Dumond, en dié van die besoekers, met agsteman en kaptein, Bakkies Bezuidenhout, aan die stuur, is waar na verwagting ‘n sleutelstryd hom gaan afspeel.

    Die besoekers sou voorts ‘n gesprek of twee oor dissipline in hul eie halfgebied gehad het, nadat die Wessies se heelagter, Rickardt van Heerden, ‘n sege met een punt gegaps het met sy akkurate skopskoen in die vorige kragmeting tussen die twee spanne.

    Die Anker sal op sy beurt eers verby Hoërskool Lichtenburg moet kom in hul halfeindstryd. Wat die span van Brakpan se taak bemoeilik is die feit dat die Liggies steeds onoorwonne op hul tuisveld is vanjaar – iets wat Die Anker alte goed besef aangesien hy die Lichtenburgers se laaste slagoffer daar was met 26-37.

    Dit was die tweede keer vanjaar dat die twee spanne slaags was, met Die Anker wat die eerste wedstryd vroeër in die NWU Prestige-reeks in Brakpan met 21-16 gewen het.

    “Ons weet dat Lichtenburg ‘n gedugte pak voorspelers het en dat hulle vaste fasette baie goed is,” het Corneel van Dyk, Die Anker se breier, tereg uitgewys.

    “Hulle dryfmaalbeweging vanaf lynstane is ‘n groot wapen, so een van ons fokuspunte sal wees om dit doeltreffend te stuit.”

    Die Lichtenburgers se dryfmaal het inderdaad heelwat tot hul sukses deur die loop van die seisoen bygedra, met vaskopstut, JJ Jonker, en oopkantflank, KG Legodi, wat in dié opsig sleutelrolle vervul het. Jonker, een van die Liggies se effektiefste baldraers, behoort te brand om nog paar keer agter die doellyn te gaan kuier, terwyl Legodi se hoë werkverrigting en knaende teenwoordigheid by die afbreekpunte ‘n doring in die vlees van die besoekers kan wees.

    Dit sal nietemin die hardwerkende steelkanflank, Xander Fraser, aanspoor om weer op sy stukke te wees. Fraser, een van Die Anker se onbesonge helde deur die loop van die seisoen, sal woeker in die vastelos om die Liggies se momentum te probeer stuit, terwyl heelwat verantwoordelikheid rus op die skouers van die ervare Danie Smit, wat op losskakel uitdraf.

    Die spanne: 

    Wesvalia t. Hoërskool Secunda om 11:00 in Klerksdorp 

    Wesvalia: 15 Rickardt van Heerden, 14 Justin Adams, 13 Jeandre Snyman, 12 Philip Janse van Rensburg, 11 Fafa Calitz, 10 Eduard Dreyer, 9 Chad Hofmeyer, 8 Hanre Venter, 7 Francois Dumond, 6 Franco Dumond, 5 Aiden Jacobz, 4 Wessel Sewenster, 3 Bernard Swanepoel, 2 Junior Kuhn, 1 Ulrigh du Preez

    Secunda: 15 Damian de Beer, 14 Nathan Burham, 13 Ryan Erasmus, 12 Bismarck Jansen, 11 Brink la Grange, 10 EJ Venter, 9 Jarno Haarhoff, 8 Bakkies Bezuidenhout, 7 Zander Scheepers, 6 Divan Mulder, 5 Renier Combrink, 4 Zac Loock, 3 MC Vosloo, 2 Stefan Bezuidenhout, 1 Nathan Erasmus.

    Skeidsregter: Christo Erasmus (Goue Leeus)

    Hoërskool Lichtenburg t. Die Anker om 12:30 in Lichtenburg

    Lichtenburg: 15 Rea Motsusi, 14 Lukie Benson, 13 Dundre Dempers, 12 Oratile Sekoto, 11 Tyrell Schalkwyk, 10 Luan Snyman, 9 Willem van Niekerk, 8 Abrie Coetzee, 7 Tiaan Booysen, 6 Kgolagano Legodi, 5 John Kleynhans, 4 GJ Malan, 3 JJ Jonker, 2 Juan van Rhyn, 1 Donovan Rosato.

    Die Anker: 15 Paul Schutte, 14 Ruan Smith, 13 Sean Schoeman, 12 Branden Crous, 11 Jonathan Jordaan, 10 Danie Smit, 9 Troy Joubert, 8 Ruben Herbst, 7 Xander Fraser, 6 Duvan Booyens, 5 Brendan van Lutterveld, 4 Gerhard Oosthuizen, 3 Damian Boshoff, 2 Siya Shongwe, 1 Zander Nell.

    Skeidsregter: Rodney Böck (Blou Bulle)

    Junior Halfeindstryde (tuisspanne eerste vermeld): 

    o.16 

    10:00 – Heidelberg Volkskool vs Ben Vorster; 10:00 – Hoërskool Pietersburg vs Wesvalia.

    o.15 

    09:00 – Hoërskool Pietersburg vs Wesvalia; 09:00 – Ben Vorster vs Heidelberg Volkskool.

    o.14 

    08:00 – Ben Vorster vs Hoërskool Pietersburg; 08:30 – Wesvalia vs Lichtenburg.

  • Middelburg weer Rooi en Groen, Valia betree bekende terrein

    FOTO: Frans Lombard

    Middelburg word vir die tweede keer vanjaar weer tussen die Rooi en Groen verdeel.

    Volg al die Noordvaal Plaat-aksie op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    Hoërskool Middelburg mik vir ‘n tweede hap van die kersiekoek wanneer hy Saterdag teen sy buurman, HTS Middelburg, in die een halfeindronde van SDC Noordvaal Cup se Plaat-afdeling te staan kom.

    Die vorige keer toe die twee swaarde gekruis het was dit die Rooi Bulle wat baas van die Middelburg-kraal was.

    Die Rooies het dié jaarlikse derby, na ‘n bitter taai stryd, met 31-24 gewen, en dit boonop, op die Middies se tuisveld.

    Hierdie naweek behoort die tuisveldvoordeel aan die Rooi Bulle, wat verlede week met 49-24 korte mette gemaak het met die voorlopers in die kompetisie, Hoërskool Transvalia, terwyl die Middies ‘n  loslootjie geniet het.

    Die blaaskans het steeds nie genoeg tyd gebied vir die Middies groot staatmaker, Matthew Abbey, om volkome van ‘n besering te herstel nie. Weens Abbey se onbeskikbaarheid sal die bekwame, Crawford Joubert, soos teen Oos-Moot, van heelagter na losskakel skuif, met Andile Mahlangu wat stelling op heelagter inneem.

    Die Rooi Bulle se breier, Jano Venter, verwag ‘n fisieke wedstryd onder die agttalle.

    “Ons weet dat hulle voorspelers fisies hard werk om vir spelers soos Matthew [Abbey] die grondslag te lê,” het Venter gesê. “Ons verwag ook goeie taktiese skopwerk, wat beteken dat ons agterste driehoek skerp moet wees.”

    Die stryd tussen die twee pakke behoort inderdaad een wees om te aanskou en, nes die vorige kragmeting, die gang van die stryd te bepaal. Die Rooi Bulle sal verál goeie momentum wil bewerkstellig om hul senterpaar aan die gang te kry, met Anthoni Smuts en Johnny dos Santos wat vir die Middies se middeveld heelwat kopsere kan besorg.

    In Vanderbijlpark betree Hoërskool Transvalia bekende grondgebied. Die span van die Vaaldriehoek sal verlede jaar se teleurstelling in die ooreenstemmende halfeindronde teen Hoërskool Kempton Park goed onthou, toe hulle na ‘n gelykopuitslag van 19-19 uitgeval het.

    Vanjaar verwelkom Valia vir die onvoorspelbare Ligbron Akademie in die semi-finaal.

    Volg hier ook die aksie regstreeks op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    “Heelparty van die seuns was al hier, en ons weet wat om te verwag,” het AJ le Roux, Transvalia se afrigter gesê.

    Valia beskik oor hope ervaring met ‘n groot gros van vanjaar se span wat deel uitgemaak het van die eerste span wat verlede jaar ook tot die halfeindronde gevorder het.

    Soos byvoorbeeld Dylan Steynman, Valia se losskakel, wat die afgelope twee jaar ‘n staatmaker is vir die span in ligblou met sy vermoë om sake agterlangs te dikteer en sy senters, soos Brandonlee Smit, op die voorvoet te plaas.

    Voorlangs kan daar oudergewoonte ‘n fisieke vertoning van die slotpaar, Breyton Kruger en Daniel Kazambu, verwag word. Kazambu, wat die grootste deel van die seisoen op steelkantflank diens gedoen het, moet met ‘n valkoog dopgehou word wanneer hy met die bal op loop sit.

    Vir die Liggies is dit ‘n nuwe uitdaging. Dit is hul eerste jaar in die Plaat-afdeling en die span van Ermelo het ietwat teen verwagtinge in die halfeindrondes gehaal.

    Hul neiging om in die tweede helfte na hoogste versnelling oor te skakel is een van die groot redes vir vanjaar se sukses. Dit is vernaam wanneer die gevaarlike agterste driehoek, onder leiding van heelagter, Anele Ngwenya, aan die gang kom.

    Skrumskakel, Renier van Staden, het stil-stil ook sy kant gebring met slim taktiese skopwerk en flink diens aan die agterlyn.

    Die spanne: 

    Hoër Tegniese Skool Middelburg t. Hoërskool Middelburg om 13:00 in Middelburg

    HTS Middelburg: 15 WJ Enslin, 14 Alex Pretorius, 13 Johnny dos Santos, 12 Anthoni Smuts, 11 CJ Muller, 10 Gerry Gendall, 9 Theunis Anthony, 8 Tertius Bezuidenhout, 7 Eathan Kock, 6 Toy Engelbrecht, 5 Sam Ndwandwe, 4 Janco Aucamp, 3 Kagiso Gumbi, 2 Hanru Terblanche, 1 Dirk du Plooy.

    Hoërskool Middelburg: 15 Crawford Joubert, 14 Swelihle Sibiya, 13 Eckard Marx, 12 Lungelo Maseko, 11 Sihle Mkhatshwa, 10 Matthew Abbey, 9 Keabetswe Nkgadema, 8 Jabu Mathebula, 7 Khensani Buthelezi, 6 CW Hanekom, 5 Enrico Thompson, 4 Rogan van der Walt, 3 Wandisa Mthombeni, 2 Roux Grobler, 1 Wian Olwagen.

    Skeidsregter: MC Baartman (Blou Bulle)

    Transvalia t. Ligbron Akademie om 10:45 in Vanderbijlpark 

    Transvalia: 15 Siyabonga Khambule, 14 Dihan Crause, 13 Tshepo Molakeng, 12 Brandonlee Smit, 11 Tumi Moloi, 10 Dylan Steynman, 9 Anro Nagel, 8 Wihandre Kruger, 7 JP Fourie, 6 Juan Bishoff, 5 Breyton Kruger, 4 Daniel Kazambu, 3 Ferreire Bekker, 2 Jayden McPearson, 1 Timothy Matthews.

    Ligbron: 15 Anele Ngwenya, 14 Neo Zwane, 13 Siyanda Dennison, 12 Lethi Ngwenya, 11 Bandile Thanjekwayo, 10 Divan van Jaarsveld, 9 Renier van Staden, 8 Janco Claasen, 7 Jurgens Bezuidenhout, 6 Lusanda Nkosi, 5 Jaco van Wyk, 4 Tiaan Botha, 3 Devan Scheepers, 2 Marnus Marx, 1 Sabelo Nhlapo.

    Skeidsregter: Corne Rossouw (Blou Bulle)

    Junior Halfeindstryde (tuisspanne eerste vermeld): 

    o.16 

    09:00 – Kempton Park vs HTS Middelburg; 09:10 – Transvalia vs Zwartkop.

    o.15 

    09:00 – Hoërskool Klerksdorp vs Transvalia; 10:00 – Hoërskool Middelburg vs Oos-Moot.

    o.14 

    08:00 – Transvalia vs Kempton Park; 09:00 – Oos-Moot vs Hoërskool Middelburg.

  • Drake blaas groot vlamme op vooraand van halfeind

    Drake blaas groot vlamme op vooraand van halfeind

    FOTO: Brian Callaghan

    Hoërskool Eldoraigne se Drake is duidelik op hul gevaarlikste op die vooraand van die halfeindrondes in die SDC Noordvaal Cup se Bowl-afdeling.

    Herleef al die Noordvaal Bowl-aksie op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    Die span van Centurion het een van sy indrukwekkendste vertonings in die rondomtalie-kragmeting met Merensky Landbou Akademie gelewer, om die span van Tzaneen met 49-27 om te dop. Met dié sege het Eldoraigne die tweede posisie op die afdeling se puntelys behou en verwelkom hy nou die gevaarlike Potchefstroom Volkskool op tuisbodem vir die semi-finaal.

    Die Drake was vanuit die staanspoor in beheer en het die besoekers veral lamgelê met hul aggresiewe verdediging. Dit was juis op die verdediging waar hulle ‘n week vantevore ontbloot was teen Potchefstroom Gimnasium, maar die afgelope week was dit ‘n heel ander storie.

    Hulle het die fisieke stryd oorheers en met hul vermoë om verdediging in aanval te omskep die fut uit  die besoekers se aanslag geneem. Slot, Rikus Rheeder, was verál prominent met die bal in hand en het ‘n welverdiende driekuns behaal.

    Skrumskakel, Darren Bruwer, was nie ver agter nie en is besig om in uiters bekwame nr. 9 te ontwikkel. Hy het, saam met heelagter, JP Meyer, die Plasies dikwels laat omdraai met hul slim skopwerk en dié taktiek het uiteindelik sy tol geëis.

    Die Plasies se veelsydige JD Boshoff, was die besoekers se grootste uitblinker. Boshoff moes, kort voor die afskop, noodgedwonge na losskakel skuif weens ‘n enkelbesering aan Byron Hendricks, maar het die rol sy eie gemaak en dikwels vir die Eldo’s se eerste linie verdedigers geklop met slinkse dartellopies.

    Ashten Demos, wat van heelagter na skrumskakel geskuif het, het onder die omstandighede goeie diens gelewer en moedig probeer om die ligbloues op die voorvoet te kry.

    Potchefstroom Volkskool het vir Hoërskool Wagpos hul derde agtereenvolgende loesing toegedien. Die Volkies het hul laaste tuiswedstryd vir die jaar oortuigend met 63-0 gewen, wat beteken dat die besoekers van Brits in hul laaste drie wedstryde 231 punte afgestaan het.

    Agsteman en kaptein, Dewald Groenewald, buitsesenter, Hennie Pretorius, en regtervleuel, Wikus van Aswegen, het elkeen twee van hul span se nege drieë bygedra, terwyl losskakel, Johandre Maree, met sewe doelskoppe geslaag het.

    ‘n Drie deur vaskopstut, Franco Barns, het verseker dat Hoërskool Dr. Malan sy seisoen op ‘n hoë noot in Piet Retief kon afsluit. Die span van Meyerton het, na ‘n wipplankstryd, met 28-24 teen Hoërskool Piet Retief geseëvier.

    Die laaste 20 minute het ‘n naelbytstryd soos min afgegee, met die voorsprong wat ‘n hele paar keer hande verwissel het. Die Dokkies se losskakel, Dian van den Merwe, het sy pond vleis tafel toe gebring met vier suksesvolle doelskoppe.

    Die Pieties het nietemin alles in die stryd gewerp om die knoop deur te hak en losskakel, Owethu Shabalala, het op sy beurt drie doelskoppe en ‘n strafdoel oor die dwarslat laat seil.

    Puntemakers: 

    Eldoraigne 49 (25) – Drieë: Rikus Rheeder (3), JP Meyer, Jayden Niehaus, Jaco Fourie, Darren Bruwer. Doelskoppe: JP Meyer (4). Strafdoele: Meyer (2). Merensky 27 (10) – Drieë: Hardus Terblanche, Ethan Maritz, Asgten Demos, Tirelo Mashapa. Doelskoppe: JD Boshoff (2). Strafdoel: Boshoff.

    Potchefstroom Volkskool 63 (35) – Drieë: Dewald Groenewald (2), Hennie Pretorius (2), Wikus van Aswegen (2), Konrad Pretorius, Lourenzo Lou, Christoff Nel. Doelskoppe: Johandre Meyer (7). Wagpos 0.

    Dr. Malan 28 (10) – Drieë: Khamohelo Legae, JJ Bester, Luka Pretorius, Franco Barns. Doelskoppe: Dian van den Berg (4). Piet Retief 24 (7) – Drieë: Langelihle Ntuli, Melo Xulu, Aphiwe Khumalo. Doelskoppe: Owethu Shabalala (3). Strafdoel: Shabalala.

    Ander spanne:

    o.16: Merensky 40, Eldoraigne 28; Wagpos 10, Potch Volkies 6; Piet Retief 29, Dr. Malan 0.

    o.15: Eldoraigne 23, Merensky 12; Potch Volkies 15, Wagpos 5; Piet Retief 26, Dr. Malan 5.

    o.14: Eldoraigne 56, Merensky 5; Potch Volkies 5, Wagpos 5; Piet Retief 5, Dr. Malan 3.

  • Secunda looi Volkies, haal weer halfeind

    FOTO: Verskaf deur Die Anker se Facebook blad

    Hoërskool Secunda het, met sewe drieë teenoor die enkele een van Heidelberg Volkskool, doodseker gemaak dat hy na die halfeindrondes van die SDC Noordvaal Cup se Skild-afdeling deurdring.

    Herleef al die Noordvaal Skild-aksie op SuperSport Schools(www.supersportschools.com) 

    Secunda het terselftertyd ‘n duidelike waarskuwing gerig dat sy agterlyn fyn dopgehou sal moet word, aangesien die agterspelers ses van die sewe drieë teen die besoekende Volkies aangeteken het vir ‘n wegholoorwinning van 47-7.

    Hy is ook die enigste span in die Skild-afdeling wat vanjaar weer die uitspeelrondes kon haal en gaan vir die tweede keer in drie weke na Klerksdorp reis om sake met Hoërskool Wesvalia uit te spook.

    Buitesenter, Ryan Erasmus, is ongetwyfeld ‘n man vir die groot oomblik en het die besoekers se verdediging dikwels oorhoeks gehad met sy skerp aanvalslyne en bedrieglike vaart. Erasmus en linkervleuel, Brink La Grange, het puik afgerond om elk twee drieë te druk.

    Hoërskool Lichtenburg het ‘n suksesvolle tog na Limpopo beleef deur as oorwinnaar uit die stryd te tree teen sowel Hoërskool Pietersburg as Hoërskool Ben Vorster.

    Die Liggies het Donderdagaand met ‘n telling van 36-10 afgereken met die Pieties. Heelagter, Oratie Sekoto, was die Liggies se dodelikste aanvalswapen en het twee keer agter die Pieterbsurgers se doellyn gaan kuier.

    Twee dae later, het hulle oorkant die berg ook vir Ben Vorster getroef met 20-13. Hierdie keer was dit oopkantflank, KG Legodi, se beurt om die kollig te steel met ‘n tweekuns van sy eie en sy onophoudelike gewoel in die los, terwyl vaskopstut, JJ Jonker, ook sy aanvallende spelpeil in die vastelos voortgesit het.

    Hoërskool Wesvalia beklee steeds die eerste plek in die afdeling nadat hy sy onoorwonne behou het met ‘n sege van 29-26 oor Hoërskool Die Anker in Klerksdorp. Die besoekers het dit egter nie maklik gemaak vir hul gashere nie en daar sou ‘n hele paar seer lywe gewees het na die langnaweek. Albei spanne het in hul eerste jaar in die Skild-afdeling deurgedring na die halfeindrondes.

    Die Wessies se Franco Dumond, wat na die kant van die skrum geskuif het, het ‘n barshou gespeel en die span van Brakpan op hul tone gehou met sy fisieke aanslag voorlangs. Xander Frasier, Die Anker se steelkantflank, het ook sy hand opgesteek en sy beperkte geleenthede aangegryp om ‘n tweekuns te behaal.

    Die Anker verskuif nou sy fokus na ‘n taai halfeindstryd teen Hoërskool Lichtenburg, in Lichtenburg. Die Liggies is vanjaar nóg onoorwonne in hul agterplaas.

    Puntemakers: 

    Hoërskool Secunda 47 (20) – Drieë: Ryan Erasmus (2), Brink la Grange (2), Divan Mulder, Bismarck Jansen, Nathan Burham. Doelskoppe: Damian de Beer (3). Strafdoele: De Beer (2). Heidelberg Volkskool 7 (0) – Drie: Daniel Munro. Doelskop: Marco Botha.

    Wesvalia 29 (19) – Drieë: Franco Dumond, Hanre Venter, Fafa Calitz, Justin Adams. Doelskoppe: Rickardt van Heerden (3). Strafdoel: Van Heerden. Die Anker 26 (5) – Drieë: Xander Fraser (2), Jonathan Jordaan, Ruan Smith. Doelskoppe: Ruan Smith (3).

    Hoërskool Lichtenburg 20 (10) – Drieë: KG Legodi (2), Willem van Niekerk. Doelksop: Luan Snyman. Strafdoel: Snyman. Ben Vorster 13 (8) – Drieë: Nikelo Moyo, Raluano Ramano. Strafdoel: Tihandre Reyneke.

    Hoërskool Lichtenburg 36 (17) – Drieë: Oratile Sekoto (2), Tiaan Booysen, Rea Motsusi, JJ Jonker. Doelskoppe: Luan Snyman (4). Strafdoel: Snyman. Hoërskool Pietersburg 10 (3) – Drie: Hanno van Zyl. Doelskop: Vincent Luckhoff. Strafdoel: Luckhoff.

    Jeugland 48. Hugenote (Springs) 33 – Drieë: Hendrik Eybers, Henre Oosthuizen, Musa Mahlangu, Arne Marais, Strafdrie. Doelskoppe: Corne Pretorius (3).

    Ander spanne: 

    o.16: Heidelberg Volkskool 40, Secunda 0; Ben Vorster 80, Lichtenburg 6; Hugenote (Springs) 22, Jeugland 15; Pietersburg 92, Lichtenburg 10; Wesvalia 37, Die Anker 7.

    o.15: Heidelberg Volkskool 19, Secunda 0; Ben Vorster 31, Lichtenburg 13; Hugenote (Springs) 29, Jeugland 15; Pietersburg 54, Lichtenburg 3; Wesvalia 29, Die Anker 7.

    o.14: Secunda 26, Heidelberg Volkskool 7; Ben Vorster 43, Lichtenburg 12; Jeugland 17, Hugenote (Springs) 7; Pietersburg 41, Lichtenburg 20; Wesvalia 61, Die Anker 5.

    Halfeindstryde:

    Wesvalia t. Hoërskool Secunda in Klerksdorp

    Hoërskool Lichtenburg t. Die Anker in Lichtenburg