SSPN Test Site

Author: froberholzer

  • Jeppe backs run riot against Monument

    PHOTO: Marius Nortje

    Sanele Simelane and the Jeppe High School for Boys’ backline had a day out to remember on Saturday in Krugersdorp.

    Relive all the action on SuperSport Schools (www.supersportschools.com)

    Simelane and his backline colleagues set the Ras van Rooyen Field alight as the visitors from Johannesburg ran in seven tries to beat Hoërskool Monument’s Wit Bulle 47-31.

    The Jeppe captain, Kuthadzo Rasivhaga, playing in his preferred position, at outside centre, showed why the selectors gave him the green light for the SA Schools side.

    His attacking prowess and outstanding ability to attack the space had the Monnas’ defenders guessing most of the match.

    With Rasivhaga running riot, Simelane shone by linking up with his captain numerous times to cut through the home sides’ defences, as the Wit Bulle were stretched from side to side.

    Flyhalf Matthew Coetzee pulled the strings nicely from behind a pack on the front foot, delivering the high-quality ball the two dangermen at the back needed. Coetzee also put on a kicking show, slotting a couple of difficult conversions from the touchline.

    PHOTO: Marius Nortje

    The question of whether or not Jeppe could handle the massive Monnas’ pack was answered loudly by vice-captain and eighthman, Risima Khosa, and, especially, by lock Luke Cannon. The second rower, a talented cricketer, “cannoned” into a couple of hits and bowled over the Wit Bulle.

    The home side’s captain and massive second rower, Jacques Botha, had, arguably, his best outing of the year thus far. He made every run count, gaining valuable metres on several occasions.

    He also ran superb support lines, which led to him crossing the whitewash twice. Monument hooker, Keenan Myners, also put in a valiant effort. He was a menace in the rucks and contributed a major shift on defence.

    However, the continuous and fluent attack from the visitors was a bridge too far for a tiring Monument side to cross as Jeppe showed that they have the ability to beat anyone on any given day.

    Scorers

    Jeppe High School for Boys 47 (21) – Tries: Sanele Simelane (2), Risima Khosa, Leruo Dithagiso, Luke Cannon, Lindelani Nkambule, Nathan Claasen. Conversions: Matthew Coetzee (5). Kuthadzo Rasivhaga. Monument 31 (12) – Tries: Jacques Botha (2), Keenan Myners, Hanno du Toit, Kealan Milton. Conversions: Justin Viljoen (2), Cruz La Moer.

    Other Results

    u16A: Jeppe 21-19 Monument
    u15A: Monument 45-3 Jeppe
    u14A: Monument 15-3 Jeppe

  • Blou Tornado hervat Beker-veldtog teen gevaarlike Helpies

    PHOTO: Frans Lombard/Actionpix

    ‘n Sege vir die Klofies kan waarskynlik reeds ‘n plek in die uitspeelrondes verseker.

    Volg al die aksie op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    Hoërskool Waterkloof sal tuisveldvoordeel optimaal wil benut wanneer hy sy veldtog in die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling Saterdag in Pretoria hervat. Die Klofies kom teen die gevaarlike besoekers van Johannesburg, Helpmekaar Kollege, te staan.

    Die span van die ooste van Pretoria is steeds onoorwonne in vanjaar se kompetisie nadat hul kragmeting met die reeks se ander voorlopers, Hoërskool Dr. EG Jansen, met 32-32 gelykop geëindig het in Boksburg.

    Hoofbreier en skrumdokter, Cobus van Dyk, het slegs een verandering aan die suksesvolle span aangebring. Steelkantflank, Lendrey Janse van Vuuren, loop die stryd teen die Helpies mis met las van ‘n ligte besering, wat aan Dawid Prinsloo die geleentheid bied om die besoekers van Johannesburg, van die kant van die skrum, te terroriseer.

    Agterlangs wag daar vir die soveelste keer ‘n liplekker-stryd tussen die twee buitesenters, Helpies se Ty Ax, een van die groot uitblinkers vir die Goue Leeus by die Akademieweek, en die Blou Bulle se Cravenweeksenter, Riwan van Aswegen.

    Van Aswegen was nie heeltemal homself in Krugersdorp nie, en sal graag weer sy stempel in die Klofie-trui wil afdruk, met die gerustellende teenwoordigheid van Happy Makate aan sy binnekant.

    Daar hang nog ‘n vraagteken oor die beskikbaarheid van Helpies se slot en kaptein, JP Lombard, wat die Goue Leeus se laaste wedstryd in Krugersdorp misgeloop met ‘n besering, terwyl hul uitblinker op stut, Ulrich van der Merwe, ook vir ‘n onbepaalde tyd op die krukkelys is.

    ‘n Entjie verder af met die N1 sal Hoërskool Dr. EG Jansen se Arende hul stempel verder wil afdruk in dié afdeling wanneer hulle weg met Hoërskool Menlopark kragte meet. Die wedstryd word regstreeks op SuperSport SchoolsKanaal 216 uitgesaai.

    Die Jansies het van meet af vanjaar goeie ritme opgebou en behou, met losskakel, Matthew Bergman, wat selde nog ‘n voet verkeerd gesit het. Die Jansie-ondersteuners sal ook opgewonde wees om buitesenter, Juandre Jacobs, en hul kaptein en SA Skole A-stut, Duwan Potgieter, in aksie te sien.

    Die Parkies het ‘n punt om te bewys en brand om op hul tuisveld vir ‘n reuse opskudding te sorg. Dit sal egter slegs moontlik wees indien haker, Declan Pelser, en die res van die Parkie agttal, die oorhand kan kry. Dit sal geleenthede skep vir die heelagter, wat vandeesweek op linkervleuel diens doen, Divan Nel, om van agter met sy dartellopies aan te val. Ruben Fourie maak sy terugkeer op regtervleuel.

    Die spanne: 

    Hoërskool Waterkloof t. Helpmekaar Kollege om 12:30 in Pretoria

    Waterkloof: 15 Ronan Bastiaanse, 14 Malcolm George, 13 Riwan van Aswegen, 12 Happy Makate, 11 Jaiden Badenhorst, 10 Dennis Obi, 9 Migael Prinsloo, 8 Marko Kok, 7 Dawid Prinsloo, 6 Divan Botha, 5 Alrich Uys, 4 Stephan de Beer, 3 Jedri Swart, 2 Ruan Jacobs, 1 Juan Gouws.

    Helpmekaar Kollege (moontlik): 15 Tiaan le Roux, 14 Delano Maritz, 13 Ty Ax, 12 Clinton Cloete, 11 Pieter Moller, 10 Michael Benzien, 9 Tristan van Niekerk, 8 Motlatsi Moloi, 7 Darius Haasbroek, 6 Zaiden Krige, 5 JP Lombaard, 4 Christiaan Tonkin, 3 Dylan Engelbrecht, 2 Gustav Grotius, 1 Liam Devenier.

    Hoërskool Menlopark t. Hoërskool Dr. EG Jansen om 12:20 in Pretoria

    Dr. EG Jansen: 15 Ntokozo Ngobese, 14 Jean-Dre Claasen, 13 Juandre Jacobs 12 Steven Williams, 11 Keanu van Loggerenberg, 10 Matthew Bergman, 9 Riekus van der Merwe, 8 Storm Labuschagne, 7 Divan Francis, 6 Marco Ventura, 5 Zandre Naude, 4 Gerhard van Aswegen, 3 Duwan Potgieter, 2 Danre Pike, 1 Zian Marais.

    Menlopark: 15 Reinhardt Herbst, 14 Ruben Fourie, 13 Leskin Samuels, 12 Wynand van Wyk, 11 Divan Nel, 10 Logan Botha, 9 Gustav Schaffner, 8 Rocco Myburg, 7 JN van Wyk, 6 Nathan du Plessis, 5 Xander Roets, 4 Hein Schoeman, 3 Ruwan van Aardt, 2 Declan Pelser, 1 Chrisjan Brits.

  • Jeppe out to claim another major scalp

    Photo: Frans Lombard

    All roads lead to the Ras van Rooyen Field as Jeppe High School for Boys and Hoërskool Monument go head-to-head after the mid-year break on Saturday.

    Follow all the action live on SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    Jeppe will be aiming to add another big name to the list of teams they’ve conquered in 2024 when they travel to Krugersdorp on Saturday to face the intimidating Monnas’ Wit Bulle.

    Earlier this year, the Jeppe 1st XV etched its name into the history books by beating the mighty Grey College 22-19 at the NMI Toyota North/South Festival at Affies earlier this year.

    Since then, though, the men from Johannesburg haven’t quite lived up to the hype and their form has been somewhat up and down.

    After beating Grey, they went down 26-39 to Affies in Pretoria, and that was followed by a 28-38 loss to their rivals, King Edward VII, a week later.

    Monnas’ Head Coach and Director of Rugby, Tjaart van der Walt, however, said Jeppe will present a fierce challenge: “They are a really good team, they don’t have three SA Schools representatives without any good reason. They can beat anyone on any given day, as they showed earlier this year.”

    Captain and outside centre Kuthadzo Rasivhaga will be the main threat to the home side. Just a few weeks ago, he set the Ras van Rooyen alight with his devastating ability, which earned him the nickname of “Intercept King”, and he will be keen to capitalise on any opportunities available to him on Saturday.

    Up front, vice-captain and eighth-man Risima Khosa and loosehead prop, Andre Poulton, will aim to counter the massive Monnas’ pack of forwards. Both represented the SA Schools A side against SA Schools two weeks ago on the same field.

    Monnas possesses one of the most intimidating forward packs at the schoolboy level in South Africa this year. Led by the imposing figure of Jacques Botha, who stands 2.06 metres tall and tips the scale at 128 kg, and RJ Barnard on the side of the scrum, the Wit Bulle will be out to avenge a 24-30 loss last year in Johannesburg.

    At the back, right-wing Kealan Milton and left-wing Ernesto Oersen will need to be watched closely by the Jeppe defenders. They both possess quick footwork and impressive top-end speed.

    Will Jeppe be able to withstand the Monnas’ Diesel Engine, or will Rasivhanga and the rest of his dangerous backline get the better of the Monnas’ defence? An entertaining 70 minutes awaits.

    TEAMS

    Jeppe High School for Boys vs Hoerskool Monument at 13:30 in Krugersdorp

    Jeppe High School for Boys: 15 Sanele Simelane, 14 Lindelani Nkambule, 13 Khuthadzo Rasivhaga, 12 McMillen Mongwana, 11 Leruo Dithagiso, 10 Matthew Coetzee, 9 Talent Sithole, 8 Risima Khosa, 7 Nathan Claasen, 6 Grady Ngui, 5 Luke Cannon, 4 Lagan Leisher, 3 Luca Trevisan, 2 Joseph Zulu, 1 Andre Poulton.

    Monument (possible): 15 Hanu Fourie, 14 Kealan Milton, 13 Jason Joubert, 12 Theuns du Plooy, 11 Ernesto Oersen, 10 Justin Viljoen, 9 Hanno du Toit, 8 Vincent Roberts, 7 RJ Barnard, 6 Jamaal Feldman, 5 Luhan Swart, 4 Jacques Botha, 3 JC Oosthuizen, 2 Keenan Myners, 1 Wikus Meyer.

  • Hugies, Hand wil terugkeer na die wenpad

    FOTO: Marius Nortje

    Die Liggies kan hul hande vol hê wanneer Hoërskool Hugenote van Springs Saterdag in Lichtenburg kom besoek aflê.

    Beleef al die aksie regstreeks op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    Die Hugies se kookwaterflank en kaptein, Tyron Hand, en sy span sal weer op alle silinders wil vuur wanneer hulle hierdie naweek weg teen Hoërskool Lichtenburg te staan kom in die SDC Noordvaal Cup se Skild-afdeling.

    Hand was een van slegs ‘n handjievol spelers van buite Hoërskool Dr. EG Jansen wat onlangs vir die Valke by vanjaar se Cravenweek verteenwoordig het.

    Die span van Springs het kort voor die skoolvakansie hul eerste nederlaag van die reeks, asook die jaar, gely toe hulle met 7-36 die onderspit teen Hoërskool Wesvalia in Klerksdorp gedelf het. Hierdie naweek bied dus ‘n nuwe uitdaging en die Hugies is terdeë bewus daarvan dat hulle hard sal moet werk vir ‘n sege oor Lichtenburg.

    Die besoekers het goeie nuus ontvang met hul staatmaker op regtervleuel, Ruan van Biljon, wat terugkeer tot die beginspan, terwyl Hand se regterhandman, Hendrik Eybers, die Akadmieweek ongedeerd deurgemaak het en ook sy posisie op agtsteman inneem.

    Die Liggies se hoofbreier, Michael Bondesio, slaak op sy beurt ook ‘n sug van verligting aangesien sy span se verteenwoordigers by die onderskeie provinsiale weke, nes die Hugies s’n, ongedeerd teruggekeer het.

    Slegs die binnesenter, Benre Pollard, bevind homself nog op die krukkelys en is vir ‘n onbekende tydperk buite aksie, met die bevoegde, Oratile Sekoto, wat hom vervang.

    “Ons het herlaai en die fokus verskuif na die volgende drie wedstryde, aangesien dit ál drie tuis is. Ons hou by dit wat vir ons werk,” het Bondesio vandeesweek uitgelig.

    In Heidelberg behoort die skote behoorlik te klap wanneer Heidelberg Volkskool vir Hoërskool Die Anker, van Brakpan, verwelkom. Albei spanne se fisieke spelpeil dui daarop dat daar ‘n klompie seer lywe teen die eindfluitjie sal wees.

    Die Volkies se Cravenweek-losskakel, Kayle Venter, sal hoop dat sy voorspelers vroeg reeds die oorhand kan bewerkstellig, wat hom sal in staat stel om die vlugvoetige Kevin Oormeyer die nodige spasie te gun om die Die Anker se verdedigers te fnuik. Oormeyer draf Saterdag op regtervleuel uit, met Marco Botha op buitesenter.

    Die Anker verwelkom nie minder nie as drie van sy beseerdes terug. Danie Smit keer terug in die nr. 10-trui, terwyl buitesenter, Sean Schoeman, en linkervleuel, Jonathan Jordaan, ook weer in aksie sal wees.

    In Secunda wag ‘n opdraande stryd op die Buffels van Hoërskool Ben Vorster wanneer die Tzaneeners met die tuisspan, Hoërskool Secunda, swaarde kruis.

    Die vername uitdaging sal wees om die tuisspan se middeveld aan bande te lê. Secunda se buitesenter, Ryan Erasmus, het ‘n uitstekende Cravenweek vir die onoorwonne Pumas beleef en was verál in ‘n verwoestende bui teen die Westelike Provinsie se XV-tal.

    Hoërskool Jeugland durf die lang pad van Kempton Park aan om vir Hoërskool Pietersburg in Limpopo se hoofstad aan te durf. Dit behoort self ‘n fisieke stryd af te gee tussen die twee pakke voorspelers.

    Die tuisspan se ervare buitesenter, Hanno van Zyl, sal wil voortbou op sy belowende spelpeil. Van Zyl was een van die uitblinkers vir die teleurstellende Limpopo Blou Bulle by die Cravenweek in Krugersdorp.

    Die spanne: 

    Hoërskool Lichtenburg vs Hugenote van Springs om 13:20 in Lichtenburg

    Hoërskool Lichtenburg: 15 Luan Snyman, 14 Lukie Benson, 13 Dundre Dempers, 12 Oratile Sekoto, 11 Rea Motsusi, 10 Albert Joubert, 8 Abrie Coetzee, 7 Tiaan Booysen, 6 Kgolagano Legodi, 5 John Kleynhans, 4 GJ Malan, 3 JJ Jonker, 2 Juan van Rhyn, 1 Donovan Rosato.

    Hugenote (Springs): 15 George Lucas, 14 Ruan van Biljon, 13 Vian van Dyk, 12 Dylan Nel, 11 Musa Mahlangu, 10 Corne Pretorius, 9 Thanyani Mokiri, 8 Hendrik Eybers, 7 Tyron Hand, 6 Arne Marais, 5 Xavier Ungerer, 4 Anthony Smith, 3 Henre Oosthuizen, 2 Luan Pretorius, 1 Franko Neuhoff.

    Heidelberg Volkskool t. Die Anker om 12:20 in Heidelberg

    Heidelberg Volkskool: 15 Theuns van der Merwe, 14 Kevin Oormeyer, 13 Marco Botha, 12 Dean Last, 11 Tiaan Holloway, 10 Kayle Venter, 9 Hein Oelofse, 8 Joshua Munro, 7 Daniel Monro, 6 Pedrie Roets, 5 Christopher Makgongoane, 4 Fourie Jacobs, 3 Botshelo Motsepe, 2 Janco Coetzer, 1 Samukelo Mgwenya.

    Die Anker: 15 Paul Schutte, 14 Xavier Erasmus, 13 Sean Schoeman, 12 Brandon Crous, 11 Jonathan Jordaan, 10 Danie Smit, 9 Troy Joubert, 8 Ruben Herbst, 7 Xander Fraser, 6 Duvan Booyens, 5 Brendan van Lutterveld, 4 Branden Sauerman, 3 Damian Boshoff, 2 Siya Shongwe, 1 Zander Nell.

    Hoërskool Secunda t. Ben Vorster om 13:10 in Secunda

    Hoërskool Secunda: 15 Damian de Beer, 14 Martin Pretorius, 13 Ryan Erasmus, 12 Bismarck Jansen, 11 Brink La Grange, 10 EJ Venter, 9 Jarno Haarhoff, 8 Bakkies Bezuidenhout, 7 Zander Scheepers, 6 Zander van der Merwe, 5 Renier Combrink, 4 Zac Loock, 3 Stefan Bezuidenhout, 2 Rico Schoeman, 1 Nathan Erasmus.

    Ben Vorster (moontlik): 15 Caleb Mokgalaotse, 14 Migel Makhubipetsi, 13 Tihandre Reyneke, 12 Aza Mabe, 11 Damian Bye, 10 Pontsho Selowa, 9 Stiaan du Randt, 8 Ewald Kirstein, 7 Joshua van der Mescht, 6 Chifu Banda, 5 Ben Mashele, 4 Raluano Ramano, 3 Makondolele Musekene, 2 Christopher Janse van Vuuren, 1 Thabang Nkuna.

    Hoërskool Pietersburg t. Hoërskool Jeugland in Pietersburg

    Hoërskool Pietersburg (moontlik): 15 Celliers van der Merwe, 14 Lerish Duba, 13 Hanno van Zyl, 12 Siya Mahlangu, 11 Brydan Retief, 10 Vincent Luckhoff, 9 Divan Brown, 8 Hardus Otto, 7 Tiaan Vermeulen, 6 Keegan Baker, 5 Juan Jansen van Vuuren, 4 Etienne van Jaarsveldt, 3 Elardus Erasmus, 2 JP Moster, 1 Floris Venter.

    Jeugland: 15 Thando Ngomane, 14 Lehlonolo Somo, 13 Sinenhlanhla Ndlovu, 12 Alec Mohlala, 11 Oregopotse Shilubane, 10 King Agbonzo, 9 Kenneth Morka, 8 Jaden Kleyn, 7 Joseph Ngomo-Ngomo, 6 Letlala Relebohile, 5 Shamma Nsenda, 4 Sharon Nsenda, 3 Khumo Maime, 2 Siyanda Mbanjwa, 1 Lesego Moitse.

  • Ervare Coetzee sal nuwe hoofstuk by Marais Viljoen afskop

    Ervare Coetzee sal nuwe hoofstuk by Marais Viljoen afskop

    NewsG Hans CoetzeeDie Hoërskool Marais Viljoen het die laaste paar jaar ietwat klippe gekou onder die groot honde in die Noordvaal-streek.

    Die skool van Alberton lê tans laaste op die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling puntlys.

    Marais Viljoen het egter vir hom ‘n juweel in Hans Coetzee opgespoor.

    “Ek bevestig graag dat ek ‘n aanbod aanvaar het om vanafdie  1ste September by Hoërskool Marais Viljoen te begin as Hoof van Rugby. Ons is baie opgewonde en dankbaar vir die geleentheid,” het Coetzee gesê.

    Die besluit deur Marais Viljoen kom kort nadat Coetzee deur hulle, vroeër die jaar genader is om ‘n rugby oudit regoor die ouderdomsgroepe te doen. As ‘n voormalige breier van die Goue Leeus, SA Akademie en SA Skole rugbyspanne word Coetzee as een van die mees ervare en gerespekteerde afrigters beskou.

    Coetzee was vir 32 jaar lank betrokke by Hoërskool Monument waar hy as breier van die o.14B span in 1979 begin het. Hy het ook vir 22 van dié, die skool se eerstespan gebrei. Na sy paaie met Monnas geskei het was hy vir drie jaar by Hoërskool Noordheuwel se rugby betrokke as onder andere o.16, eerstespan en o.14-afrigter.

    Hy was ook Hoof van Rugby by onderskeidelik Hoërskool Durbanville en HTS Drostdy voor hy ‘n pos as hoofwerwer by Hoërskool Ben Vorster in Tzaneen, waar hy tot op hede nog betrokke is, aanvaar het.

  • Plasies se Bulkraal skuif reg vir Gimmie-golf

    Die langverwagte stryd tussen Merensky Landbou Akademie en Potchefstroom Gimnasium het uiteindelik aangebreek.

    En, 2022 sal nog vars in die Plasies se geheue wees.

    Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools(www.supersportschools.com) 

    Die twee voorlopers in die Bowl-afdeling pak mekaar Saterdagmiddag op die plaas in Tzaneen.

    Vir die Gimmies se matriekgroep sal die Plasies se A-veld goeie herinneringe inhou. Dit is immers daar waar hulle die Plasies op o.16-vlak in die Noordvaal Afdeling 2 se uitspeelrondes met 38-7 die loef afgesteek het.

    Vir die Plasies se ou manne is dit natuurlik onafgehandelde sake, wat meer vet op die vuur gooi voor Saterdag se stryd.

    Die Gimmies se haker, Jaco Nel, was in 2022 reeds ‘n klippie in die Tzaneeners se skoen en sal Saterdag daardie reputasie wil gestand doen. Nel beleef tot op hede ‘n uitstekende seisoen en is een van die Potchefstromers se staatmakers op die aanval, en skroom verál nie om betrokke te raak by die afbreekpunte nie.

    Die span van Potchefstroom sal egter vir die res van die seisoen sonder die fisieke Jhanco de Beer in die middeveld moet klaarkom. Die binnesenter se besering bied aan Jaap van der Westhuizen die geleentheid om sy staal te wys. David Ndlala, die Gimmies se Cravenweek-verteenwoordiger, sal weer op linkervleuel in aksie wees.

    Die Plasies het self onder die beseringspook deurgeloop in die middeveld. Binnesenter, Maritz Meintjies, is steeds op die krukkelys met ‘n enkelbesering, terwyl Jens Bezuidenhout ook nog las ondervind van ‘n heupbesering. Ulrich Mare, wat voor die vakansie op die krukkelys was, maak sy terugkeer om Bezuidenhout op buitesenter te vervang.

    Die Plasies se sterk baldraer, Hardus Terblanche, maak ‘n interessante skuif van agtsteman om Meintjies se plek op binnesenter in te neem, terwyl Lukas Pieterse vir Terblanche op agsteman vervang.

    Hoërskool Eldoraigne se Drake sal vir die eerste keer sedert die begin van die seisoen met ‘n volsterkte span na Potchefstroom reis waar hulle teen ‘n begeesterde Potchefstroom Volkskool te staan kom.

    Die Eldos het voor die breek met slegs hul derde oorwinning van die jaar, teen Hoërskool Randburg (23-17), beïndruk. Losskakel en skerpskutter, JP Meyer, se skopstewel behoort weer deurslaggewend te wees in ‘n hewige stryd wat vir die volle 70 minute behoort te duur.

    Meyer sal egter met een oog moet oop slaap aangesien Christoff Nel op hom wag. Nel was ‘n uitblinker vir die Luiperds se Akademieweek-span gedurende die vakansie en sal voor sy tuisskare sy goeie spelpeil wil voortsit.

    Hoërskool Randburg verwelkom vir Hoërskool Dr. Malan in Randburg. ‘n Oorwinning is ononderhandelbaar vir albei spanne, en verál vir die tuisspan indien hulle hoop om ‘n plek in die Afdeling se uitspeelrondes te verseker.

    Duncan Beaven, die Randburgers se agtsteman en uitblinker vanjaar, sal wil vuur maak onder sy groot pak, aangesien dit is waar die tuisspan die oorhand kan bewerkstellig.

    In nóg ‘n kritieke kragmeting ten opsigte van die uitspeelrondes, reis Hoërskool Alberton na Brits waar hy met Hoërskool Wagpos sal swaarde kruis. Die span van Alberton moet sonder hul heelagter en kaptein , Carlos Majiet, klaarkom, maar breier, Bobby McLeod, sal hoop dat dit sy span aanspoor om alles in die stryd te werp vir ‘n sege.

    Die spanne:

    Merensky Landbou Akademie t. Potchefstroom Gimnasium om 12:30 in Tzaneen

    Merensky: 15 Ashten Demos, 14 Andres Honiball, 13 Ulrich Mare, 12 Hardus Terblanche, 11 Leon de Lange, 10 Byron Hendricks, 9 JD Boshoff, 8 Lukas Pieterse, 7 PG Botes, 6 Corne Swanepoel, 5 Franco Badenhorst, 4 Craig Walker, 3 Tirelo Mashapa, 2 Ruan Marcos, 1 Ethan Maritz.

    Potchefstroom Gimnasium: 15 PC Schutte, 14 Toks Becker, 13 Lourens Jacobs, 12 Jaap van der Westhuizen , 11 David Ndlala, 10 Justin Oosthuizen, 9 Dian Smith, 8 Elrich Bosch, 7 Morne van Aswegen, 6 Tiardt Voster, 5 Tobias van Wyk, 4 Bart du Plooy, 3 Jayden Stoffberg, 2 Jaco Nel, 1 Cobus van Rooyen.

    Potchefstroom Volkskool t. Eldoraigne om 12:30 in Potchefstroom

    Potchefstroom Volkskool: 15 Diaan van der Merwe, 14 Wikus van Aswegen, 13 Hennie Pretorius, 12 Ethan Leggat, 11 Lemile Uys, 10 Johandre Marre, 9 Juhan Geldenhuys, 8 Dewald Groenewald, 7 Christoff Nel, 6 Henre Nel, 5 Konrad Pretorius, 4 Altus de Jager, 3 Jaco van der Merwe, 2 Marlu du Preez, 1 Daniel Strydom.

    Eldoraigne: 15 Divan van Rooyen, 14 Tristan Lee, 13 Ivan Vermeulen, 12 Kevin Earle, 11 Manie Buitendagh, 10 JP Meyer, 9 Darren Bruwer, 8 Jayden Niehaus, 7 Justin Meintjies, 6 Cameron Killian, 5 Rikus Rheeder, 4 SW Liebenberg, 3 Jaco Fourie, 2 Marnus Prinsloo, 1 Wihan White.

    Hoërskool Randburg t. Dr. Malan om 11:30 in Randburg

    Hoërskool Randburg: 15 Francois Groenewald, 14 Shandre Vermaak, 13 Quinten Fillies, 12 Hendre Breedt, 11 Charl le Roux, 10 Hendri Oosthuizen, 9 Jayden Todd, 8 Duncan Beaven, 7 Jean Venter, 6 Victor van Blerk, 5 Willie Lindeque, 4 Herman Goosen, 3 Malan van Heerden, 2 Diedelof Fourie, 1 Gustave Vorster.

    Dr Malan: 15 Luka Pretorius, 14 Flippie Blignaut, 13 Willem Taylor, 12 Dillon Gouws, 11 Dewald Erasmus, 10 Dian van den Berg, 9 Herman du Plessis, 8 Juan Jardin, 7 Anthony Botes, 6 JT Swart, 5 Liam Giacomozzi, 4 Enrico van Zyl, 3 Franco Barns, 2 Bernard Benson, 1 Devan Fouche.

    Hoërskool Wagpos t. Hoërskool Alberton om 12:20 in Brits

    Wagpos (moontlik): 15 JG Olckers, 14 Christiaan du Plessis, 13 Frans Burger, 12 Dian Coetzee, 11 Franco Dippenaar, 10 AJ Nieman, 9 Arrie Joubert, 8 David van Breda, 7 Antonio Galvan, 6 Du Toit van Deventer, 5 Nathan Louw, 4 Jean Senekal, 3 Marcelle Gruidelingh, 2 Tristan van der Westhuizen, 1 Armant Botha.

    Hoërskool Alberton: 15 Jaydon Moster, 14 Siswe Dube, 13 Nathan Reichardt, 12 Ewan Muller, 11 Sipho Sibonye, 10 Dewald de Jager, 9 Ayanda Madebane, 8 Jay-Cee Nienaber, 7 Luke Matthews, 6 Jason Nel, 5 Herman du Preez, 4 Kay-C Nel, 3 Zander Maree, 2 Xander Schoeman, 1 Levi Louw.

  • Ongedeerde Ligbron pak die “Groot-Moot”

    Ligbron Akademie sal sy immuniteit teen die beseringspook waardeer op die vooraand van ‘n uiters taai stryd wat in Pretoria wag.

    Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools(www.supersportschools)

    Die span van Ermelo het ongedeerd afgekom van die skoolvakansie en onderskeie provinsiale weke, en kan derhalwe hul stryd teen Hoërskool Oos-Moot in die SDC Noordvaal Cup se Plaat-afdeling Saterdag met ‘n volsterkte span aanpak.

    “Ons is gelukkig om geen beserings te hê nie; die seuns lyk almal goed na die vakansie,” het Herman Schlebusch, die Liggies se breier gesê. “Dis altyd moeilik om in die Moot te gaan speel, maar ons sien uit vir ‘n harde kragmeting wat voorlê.”

    Die Liggies is een van die min spanne in die afdeling wat die breek sonder enige beserings deurgemaak het, ál het hulle ‘n aantal verteenwoordigers by die onderskeie provinsiale weke gehad.

    Anele Ngwemya, wat op heelagter vir die onoorwonne Pumas by die Cravenweek uitgedraf het, sal in die dieselfde posisie vir die Liggies in aksie en op sy gevaarlikste wees. Siyanda Dennison, wat ook in Krugersdorp diens gedoen, maak sy terugkeer op buitesenter.

    Lethi Ngwenya, wat vir die Pumas by vanjaar se Akademieweek gespeel het, sluit by Dennison aan op binnesenter, terwyl Bandile Thanyekwayo, nóg ‘n Akademieweek-verteenwoordiger, die viertal gevaarmanne agterlangs op linkervleuel voltooi.

    Die Oosies, op hul beurt, is ietwat deur die beseringspook gery, maar verwelkom terselftertyd vir die sneller, Tapiwa Rwafa, terug op linkervleuel. Rwafa het die Blou Bulle se Akademieweek-span in Johannesburg verteenwoordig en aangedui dat hy ten volle van die besering, wat hom ‘n ruk op die krukkelys gehou het, herstel het. Sy tweestryd met Thanyekwayo beloof om vir heelwat opwinding te sorg.

    Voorlangs is daar asems opgehou oor die staatmaker, Deon Badenhorst, wat in die Oosies se laaste wedstryd met ‘n ontwrigde vinger die veld moes verlaat. Hy is egter in die Pretorianers se beginspan ingesluit vir Saterdag, wat die Liggie-afrigters regop sal laat sit.

    Oorkant die bult wag daar nog ‘n interessante stryd wanneer Hoërskool Montana en Hoërskool Zwartkop in Montana swaarde kruis. Die tuisspan het ‘n swaar eerste helfte in die kompetisie beleef, maar is vasberade om die Zwarries vir die volle 70 minute te toets.

    Die Monties het ‘n aantal veranderinge aangebring, met die insluiting van Dirk Coetzee en JF Venter, wat onderskeidelik op buite- en binnesenter diens doen. Daelen Ludick skuif na skrumskakel met Jacques Greyling wat sy plek in die nr. 10-trui opneem.

    Die Zwarries sal sonder hul puntemasjien en ervare linkervleuel, Denilson Metcalfe, vir dié stryd moet klaarkom. Metcalfe word deur die blitsige Zulu Mona vervang.

    “Dit is altyd moeilik om weg te speel teen Montana, maar ons gaan bykans volsterkte in. Ek glo ons is gereed vir die volgende vyf wedstryde wat voorlê in die Plaat,” het David Gouws, die Zwarries se afrigter gesê.

    Hoër Tegniese Skool Middelburg mik om sy onoorwonne status in Klerksdorp voort te sit, waar die Rooi Bulle Saterdag teen Hoërskool Klerksdorp te staan kom. Oopkantflank en kaptein, Toy Engelbrecht, en die res van sy pak sal oorgehaal wees om ‘n soliede platform te bied vir die agterlyn, met die uitstaande Johnny dos Santos op binnesenter, om op loop te sit.

    Hoërskool Kempton Park se paadjie raak nie makliker nie en hulle reis Saterdag na Middelburg om ‘n kookwater Matthew Abbey en Hoërskool Middelburg die stryd aan te sê. Die Kempies sal die wedstryd moet wen om in die wedloop vir die uitspele te bly.

    Die spanne:

    Oos-Moot t. Ligbron Akdemie om 12:30 in Pretoria

    Oos-Moot: 15 Franco O’Neal, 14 Nick Venter, 13 Drew Williams, 12 Dewron Aford, 11 Tapiwa Rwafa, 10 Ruwan Allen, 9 David Joubert, 8 Deon Badenhorst, 7 Wade Williams, 6 Bertus van Dyk, 5 Jaydon Botha, 4 Connor de Jager, 3 Christian Smith, 2 Jaydrian Jacobs, 1 Henry Meiring.

    Ligbron Akademie: 15 Anele Ngwenya, 14 Neo Zwane, 13 Siyanda Dennison, 12 Lethi Ngwenya, 11 Bandile Thanjekwayo, 10 Divan van Jaarsveld, 9 Renier van Staden, 8 Janco Claasen, 7 Jurgens Bezuidenhout, 6 Tiaan Botha, 5 Jaco van Wyk, 4 Thamisanqa Lamula, 3 Devan Scheepers, 2 Marnus Marx, 1 Sabelo Nhlapo.

    Hoërskool Montana t. Hoërskool Zwartkop om 12:25 in Pretoria

    Montana: 15 Marq de Villiers, 14 Ryan Nel, 13 Dirk Coetzee, 12 JF Venter, 11 Keagan van der Merwe, 10 Jacques Greyling, 9 Daelin Ludick, 8 Devan van der Merwe, 7 Justin Herbst, 6 Dieter Scheepers, 5 Kyle Bronkhorst, 4 Martin Venter, 3 Ruan Louw, 2 Luhan Theunissen, 1 Marinus Oberholzer.

    Zwartkop: 15 Justin Julies, 14 Denilson Metcalfe, 13 Kyle Blinaut, 12 Luan Williams, 11 Milton Naude, 10 Luhardt Booyens, 9 Neil Gous, 8 Brian Smith, 7 Leonard Lotriet, 6 Adriaan Janse van Vuuren, 5 Logan Knott, 4 Ettiene van Niekerk, 3 Brogan Ackerman, 2 Dirco la Marque, 1 Julian Lubbe.

    Ander wedstryde: 

    Hoërskool Klerksdorp t. Hoër Tegniese Skool Middelburg om 12:00 in Klerksdorp

    Hoërskool Klerksdorp: 15 Cohan Witbooi, 14 Winton Abrahams, 13 Asif Sumara, 12 Dewald Labuschagne, 11 Louis Vorster, 10 Deacon Loots, 9 Jared van Staden, 8 GJ Steenberg, 7 Bokamoso Mabeleng, 6 Tiaan Koen, 5 Heinrich Hovener, 4 Abrie Esterhuizen, 3 Liam Pretorius, 2 Janu du Wet, 1 De Wet le Roux.

    HTS Middelburg: 15 Jaque Stassen, 14 WJ Enslin, 13 Luhan Graaf, 12 Johnny dos Santos, 11 CJ Muller, 10 Gerry Gendall, 9 Ruben Erasmus, 8 Tertius Bezuidenhout, 7 Kayden Wessels, 6 Toy Engelbrecht, 5 Sam Ndwandwe, 4 Janco Aucamp, 3 Kagiso Gumbi, 2 Hanru Terblanche, 1 Dirk du Plooy.

    Hoërskool Middelburg t. Hoërskool Kempton Park in Middelburg

    Hoerskool Middelburg: 15 Andile Mahlangu, 14 Kefilwe Phamotse, 13 Eckard Marx, 12 Lungelo Maseko, 11 Sihle Mkhatshwa, 10 Matthew Abbey, 9 Keabetswe Nkgadema, 8 Jabu Mathebule, 7 Khensani Buthelezi, 6 CW Hanekom, 5 Enrico Thompsom, 4 Rogan van der Walt, 3 Wandisa Mthombeni, 2 Roux Grobler, 1 Wian Olwagen.

    Hoërskool Kempton Park: 15 Joshua Meyer, 14 Ettienne Stroebel, 13 Tian Aucamp, 12 Tiaan Delport, 11 Christiaan Kloppers, 10 Stian de Villiers, 9 Ryan Smith, 8 Armand le Roux, 7 JP Barnard, 6 Eric Steele, 5 Lourens van der Merwe, 4 Louis Mouton, 3 Zander Luckay, 2 Deon Mulligan, 1 Aiden Nepgen.

  • Akademieweek-sterre nou in teenoorgestelde hoeke van kryt

    FOTO: Marius Esterhuizen

    Die suksesvolle skakelpaar van die Goue Leeus se 2024 Akademieweek-span,  Ignatius Jantjies en Recce Gerber, bevind hulle hierdie naweek in die teenoorgestelde hoeke van die kryt.

    Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    Jantjies sal oudergewoonte posisie op skrumskakel vir Hoërskool Noordheuwel se Blues inneem, terwyl Gerber vanaf losskakel die toutjies vir die span van Alberton, Hoërskool Marais Viljoen, sal trek wanneer dié twee skole hul wedloop in die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling na die vakansie voortsit.

    Die duo was grotendeels verantwoordelik vir die Leeus se sukses tydens vanjaar se Akademieweek en het albei goeie momentum opgebou wat hul individuele spelpeil betref. Dit was verál Gerber wat die skare se aandag getrek het met sy uitstekende spel agter ‘n goed afgerigte pak voorspelers en danksy Jantjies se flink diens.

    Gerber en Jantjies is nie die enigste twee wat nou, slegs ‘n paar weke later, mekaar die stryd aansê nie. Die breinstrust agter die Leeus se agtereenvolgende seges by die Akademieweek, Marais Viljoen se hoofafrigter, Ryno Luus, en Ian Joubert, die Blues se voorspelerafrigter, sal Saterdag mekaar strategies probeer uitoorlê vanaf die kantlyn.

    “Dit gaan lekker wees om die veld met Ian te deel, al sit ons in verskillende hoeke. Ons respekteer mekaar ál die pad”, het Luus oor die tweestryd met Joubert gesê.

    Luus sal hoop dat sy pak, onder leiding van die staatmakerslot, Bjorn Pieterse, voorlangs die oorhand kan bewerk om aan Gerber en die indrukwekkende binnesenter, Brandon Els, die nodige momentum te bied om die Norie-agterlyn onder druk te plaas. Dit is juis agterlangs waar die span van Alberton die Blues kan troef.

    Joubert en Noorheuwel se hoofbreier, Stephan Lourens, moes vandeesweek ietwat kopkrap na die beseringspook in Krugersdorp kom draai het.

    Die Blues se SA Skole-verteenwoordiger, Cheswill Jooste, sal die kragmeting weens harsingskudding misloop. Dit bied aan Ethan Smith ‘n geleentheid om te wys wat in hom steek wanneer hy die nr. 13-trui oor die kop trek.

    Brad Brown, een van die Nories se kragtige baldraers, is ook nog buite aksie weens ‘n kniebesering en word deur die hardwerkende Juandre de Villiers op agtsteman vervang.

    In Nelspruit wag ‘n taamlike taak op die tuisspan, Hoërskool Nelspruit se Rhinos, wanneer hulle hul Beker-veldtog teen Hoërskool Garsfontein se Bere voortsit. Die span van Pretoria het in hul laaste twee wedstryde voor die vakansie met reuse tellings teen Hoërskool Menlopark (90-14) en Hoërskool Rustenburg (74-12) skoonskip gemaak.

    Die gesamentlike 164 punte wat die Pretorianers aangeteken het, het hul stewig terug in die wedloop geplaas vir ‘n uitspeelposisie in dié afdeling.

    Die Rhinos sal die Bere se losskakel, Junade Pasensie, goed moet dophou, aangesien sy visie die Bere se giftige agterlyn, insluitende die SA Skole A-vleuel, Junaide Stuart, deurgaans op die voorvoet plaas. Voorlangs sal die oopkanflant, Stephan Pretorius, ‘n doring in die Nellies se vlees wees.

    Die tuisspan beskik egter self oor die nodige skietgoed om die Bere aan te vat. Buitesenter, wat vandeesweek na binnesenter skuif, Ian Wood, Linkervleuel, Tinyiko Shilubane, en skrumskakel, Liam Pringle, wat almal deel uitgemaak het van die Pumas se onoorwonne span by vanjaar se Cravenweek, wag op die Pretorianers. Ruben Greeff neem Wood se plek op buitesenter in.

    Regardt Vermaak trek weer die nr. 2-trui oor die kop en behoort lippe af te lek vir sy tweestryd met Pretorius by die afbreekpunte. Vermaak was ook, saam met die duo in die agterlyn, deel van die suksesvolle Puma-span.

    Die spanne: 

    Hoërskool Noordheuwel t. Marais Viljoen om 13:10 in Krugersdorp

    Noordheuwel: 15 Francois Venter, 14 Jeremo Luiters, 13 Ethan Smith, 12 Jared Coetzee, 11 Lindsey Jansen, 10 Andy Maarman, 9 Ignatius Jantjies, 8 Juandre de Villiers, 7 Donovan Breedt, 6 Meyer Opperman, 5 Roehan Hoogendyk, 4 Alex Greeff, 3 Ivhan Janse van Rensburg, 2 Clinton Agu, 1 Ruben Botes.

    Marais Viljoen: 15 Tyron Bouw, 14 Devin Raubenheimer, 13 Tiaan Joubert, 12 Brandon Els, 11 Ethan Weideman, 10 Recce Gerber, 9 Weon van der Vyver, 8 Rio Tshimbalanga, 7 Dian Scheepers, 6 Lloyd Shoko-Schenk, 5 JD Labuschagne, 4 Bjorn Pieterse, 3 Sifiso Shongwe, 2 Nathan Bailey, 1 Clayton Gagiano.

    Hoërskool Nelspruit t. Hoërskool Garsfontein om 13:20 in Nelspruit

    Hoërskool Nelspruit (moontlik): 15 Jean Erasmus, 14 Jordan Pretorius, 13 Ruben Greeff, 12 Ian Wood, 11 Tinyiko Shilubane, 10 Theuns Meyer, 9 Liam Pringle, 8 Vaughn van Zyl, 7 Prosper Chillione, 6 Banele Ngwenya, 5 Ronaldo van Rensburg, 4 Ethan Esterhuizen, 3 Gert Cloete, 2 Regardt Vermaak, 1 Lindani Ndlela.

    Garsfontein (moontlik): 15 Handre Maree, 14 Xian Erasmus, 13 Ruan Enslin, 12 Luann Olivier, 11 Junaide Stuart, 10 Junade Pasensie, 9 Luan Ferreira, 8 Aiden King, 7 Thinus Oosthuizen, 6 Stephan Pretorius, 5 Jacques Swarts, 4 James Schnetler, 3 Luan van der Berg, 2 Justin Blom, 1 Ethan van Wyk.

  • Results – Day 5 – u18 Stadio Craven Week 2024

    Scorers: 

    Western Province 37 (18) – Tries: Adeeb Boraine, Freek de Kock, Samuel Badenhorst, Quintin Potgieter, Torren February. Conversions: Yaqeen Ahmed (3). Penalties: Ahmed (2). Free State 24 (17) – Tries: Liam van Wyk, Siyabonga Kenny, Ethan Adams. Conversions: Heinz Stockenstrom (3). Penalty: Stockenstrom.

    Sharks 26 (0) – Tries: Zekhetlo Siyaya (2), Khanyisa Stamper (2). Conversions: Luke Davidson (3). Blue Bulls 19 (7) – Tries: Junaide Stuart, Janco Purchase, Penalty Try. Conversion: Ruben Pienaar.

    Golden Lions 45 (21) – Tries: Lindsay Jansen (2), Esetha Mnebelele, Khuti Rasivhanga, Tiaan le Roux, Keenan Myners, Thomas Belling. Conversions: Vusi Moyo (5). South Western Districts 40 (20) – Tries: Kai Pratt, Erick Steyn, Luca Potgieter, Kurt Coetzee. Conversions: Elgernon Meyer (3), Coetzee. Penalties: Meyer (2), Coetzee (2).

    Pumas 27 (3) – Tries: Franko Rossouw, Vaughn van Zyl, Ryan Erasmus, Kefilwe Phamotse. Conversions: Matthew Abbey (2). Penalty: Abbey. Western Province XV 22 (17) – Tries: Jayden Joubert, RJ Davids, Aswin Swarts, Dante Christians. Conversion: David Simon.

    Boland 35 (18) – Tries: Howard Ocks (2), Bennedict George (2), Kallie Boutsikaris. Conversions: Luan Giliomee (2). Penalties: Giliomee (2). Eastern Province 27 (5) – Tries: Mungani Kamwendo (2), Jon Hobson, Johan van Zyl, Damien Witbooi. Conversion: Praise Matsila.

    Border 16 (8) – Tries: Ryan Denston, Anjola Sagbanmu. Penalties: Denston, Landile Gidi. Griffons 10 (5) – Tries: Ru-bran Kock, Kamohelo Moses.

    Valke 30 (20) – Tries: Danré Pike (2), Duwan Potgieter, Zaide-Leigh Rippenaar, Tyron Hand. Conversion: Kayle Venter. Penalty: Venter. Griqualand West 24 (7) – Tries: Gregan Jansen (3), De Wet du Plooy. Conversions: Sylvester Hoffman (2).

    Leopards 43 (12) – Tries: Pedrie Human (2), Junior Kuhn, Francois Dumond, Jordan Radebe, David Ndala, KG Legodi. Conversions: Chris Dennis (2), Lorenzo Snyers (2). Limpopo Blue Bulls 39 (17) – Tries: Hanno van Zyl (2), Chifu Banda, Aza Mabe, Divan Brown, Cleminyino Bowers. Conversions: Byron Hendricks (3). Penalty: Hendricks.

  • Lions’ “Welpies” stun Cheetahs, SWD and Limpopo make history

    PHOTO: Youthsports

    One point is all it takes.

    Relive all the action on SuperSport Schools 

    On a spectacular day out for the Golden Lions Rugby Union, the Golden Lions XV completed a double for the hosts on Friday, the final day of the Academy Week, in Johannesburg, with a stunning win over the Free State Cheetahs.

    The Lions XV, more commonly known as the “Welpies” (cubs) because they’re an u17 team, put in a massive shift in the second half to come from behind and beat the Free Staters by the barest of margins, 31-30.

    They were 17 points down at the break, but Lions’ blindside flank, Sam Bruwer, led an inspiring fightback. He was exceptional on and off the ball, putting in the hard yards for the young Lions side. His all-action performance was rewarded with a precious hat-trick of tries.

    Fullback Inda Gusha got in on the action, with his goal kicking playing a key role in the host’s victory. He slotted an important penalty and converted all four of the Lions’ tries, which ultimately meant that their 31 points in the second half saw them over the line.

    It was a difficult week for the men from the Free State, who mustered only one victory from their three matches. However, tighthead prop Marinus Oosthuizen enjoyed his time in Johannesburg. He was one of the Cheetahs’ standout performers. He was full of energy and his Os du Randt-like runs with the ball were one of the highlights of the Free Staters’ week.

    Flyhalf Jan-Hendrik van der Linden also sparkled. He kept the scoreboard ticking for the Cheetahs with his goal-kicking and played a pivotal role in the side’s victory over the Griffons on day two.

    South Western Districts and the Limpopo Blue Bulls made history, with both putting up three figure scores in their final clashes.

    SWD ran in 16 tries in their 106-10 victory over Border Country Districts. Christian Vorster, who was immense throughout the week, enjoyed an extra special day, from a personal standpoint, scoring an astonishing five to contribute 25 points.

    Unbelievably, the Limpopo Blue Bulls matched SWD, also tallying 106 points in a 106-7 demolition of the LSEN XV. Just like SWD, the Limpopo Blue Bulls also crossed for 16 tries.

    Hoërskool Pietersburg‘s Hardus Otto led the charge, slicing open the LSEN defence to dot down three times. Hooker Heinrich Poolman and utility back Siya Manglangu grabbed two five-pointers each.

    SCORERS

    Golden Lions XV 31 (0) – Tries: Sam Bruwer (3), Joshua Shannon. Conversions: Indi Gusha (4). Penalty: Gusha. Free State Cheetahs 30 (17) – Tries: Marinus Oosthuizen, Renier Grobler, Tristan Maree. Conversions: Jan-Hendrik van der Linden (3). Penalties: Van der Linden (3).

    South Western Districts 106 (43) – Tries: Christian Vorster (5), Ashton Abels (3), Ruan van Rensburg (2), Ruan van Zyl, Liam Lightley, Jadrian Goosen, Rayline Alberts, Jade Peterson, Sirr Lourens. Conversions: Charles Vosloo (7), Sidey Lourence (6). Border Country Districts 10 (3) – Try: Tebogo Mhlana. Conversion: Avuyily Funani. Penalties: Funani.

    Limpopo Blue Bulls 106 (52) – Tries: Hardus Otto (3), Heinrich Poolman (2), Siya Manglangu (2), Lourens Pieterse, Elardus Erasmus, Blessing Risbaba, Rico Pieterse, Joshua van der Mescht, Ian van der Merwe, Firtune Sehlabane, Mahlatse Moshela, Mphiri Gadebe. Conversions: Vincent Luckhoff (8), JD Boshoff (5). LSEN XV 7 (7) – Try: Edwill Jantjies. Conversion: Jantjies.

    Boland 38 (24) – Tries: De Villiers Kotze, Pieter du Toit, Stefan van der Merwe, Lungi Mothibe, Irlo Liebenberg, Morne Wessels. Conversions: Van der Merwe (2), Liebenberg (2). Leopards 12 (8) – Tries: Ulrigh du Preez, Jondre Jefthas. Conversion: Eduard Dreyer.

    Valke 53 (29) – Tries: Storm Labuschagne (3), Breyton Kruger, Hendrik Eybers, Ryan Smith, Themba Mbele,b Yani Mokiri, Damian Slabbert. Conversions: Ryan Smith (2), Jean-dre Claasen (2). Griquas 21 (9) – Tries: Syiaan van Loggerenberg, Themba Kella. Conversion: Abdul Fischer. Penalties: Fischer (2), Kihan Maarman.