SSPN Test Site

Author: froberholzer

  • Hugies, Wessies spook sake uit vir onoorwonne status

    FOTO: Marius Nortjé

    SPRINGS – Die wenner tussen Hugies en Wessies sal met die louere as die enigste onoorwonne span, voor die Junie-vakansie, in vanjaar se SDC Noordvaal Cup se Skild-afdeling wegstap.

    Die ou hond in die Skild-afdeling, Hoërskool Hugenote van Springs, is vasbeslote om hul onoorwonne status in vanjaar se kompetisie te behou wanneer hulle vir die witwarm nuweling, Hoërskool Wesvalia, Saterdag tuis die stryd aansê.

    Die Hugies spog tot dusver met oorwinnings van 41-31 en 38-7 oor onderskeidelik Hoërskool Secunda en Hoërskool Ben Vorster, waarvan die laaste weg van die huis en ‘n taamlike skaars verskynsel in die Noordvaal-kompetisie.

    Die nuweling van Klerksdorp het nietemin tot dusver eweveel beïndruk met seges oor Hoërskool Lichtenburg (23-12), Hoërskool Pietersburg (41-10) en, verlede naweek, Heidelberg Volkskool (34-28), waarvan twee op die pad. Dit is dus geen verrassing dat daar hoë verwagtinge in Klerksdorp gekoester word op die vooraand van Saterdag se kragmeting nie.

    “Ons weet dit gaan bitter moeilik wees om in Springs te wen. Hugenote het ‘n gedugte span vanjaar, maar ons wil graag hierdie derde wegwedstryd wen,” het Willem van der Sandt, die Wessies se afrigter, gesê. Van der Sandt is ook voorspelerafrigter van die Luiperds se Cravenweekspan.

    Die Klerksdorpers se sterkpunt lê juis voorlangs, waar steelkantflank, Francois Dumond, straks die Wessies se beste speler is tot dusver vanjaar. Dumond is ook welverdiend in die Luiperds se Cravenweekspan opgeneem.

    Dumond en die woelige haker, Junior Kuhn, het albei die vermoë om verdedigers te klop. Terwyl Dumond aandag trek met sy direkte dryfspel, beskik Kuhn oor uitmuntende balvaardighede en flink voetwerk wat die haker in staat stel om die kontakpunt te skuif en sodoende oor die voordeellyn te kom.

    ‘n Hoogs interessante tweestryd wag ook tussen die agstemanne. Hugenote se Hendrik Eybers is een van die span in maroen se groot uitblinkers vanjaar met sy vermoë om oor die voordeellyn te kom en hoë werkverrigting op die verdediging. Dieselfde geld vir die Wessies se nr. 8, Hanré Venter, wat saam met Kuhn en Dumond vir die Luiperds by vanjaar se Cravenweek sal verteenwoordig.

    Agterlangs sal die Hugies se buitesenter, Vian van Dyk, fyn dopgehou moet word, vernaam as hy wéér goeie voorvoetbal van losskakel, Corné Pretorius, ontvang.

    Heidelberg Volkskool verwelkom vir Hoërskool Lichtenburg, maar gaan nie maklik vir die Liggies stuit, selfs op tuisbodem, nie. Die span van Noordwes geniet tot dusver ‘n hoogs suksesvolle veldtog en het, onder andere, met 12-7 koning gekraai oor hul tradisionele vyande, Hoërskool Klerksdorp, in hul jaarlikse FNB Classic Clashes-kragmeting.

    Die spanne: 

    Hoërskool Hugenote van Springs t. Hoërskool Wesvalia om 12:30 in Springs

    Hugenote (Springs) (moontlik): 15 George Loucas, 14 Leon Jacobs, 13 Vian van Dyk, 12 Dylan Nel, 11 Musa Mahlangu, 10 Corne Pretorius, 9 Thanyani Mokiri, 8 Hendrik Eybers, 7 Tyron hand, 6 Arne Marais, 5 Xavier Ungerer, 4 Anthony Smith, 3 Henre Oosthuizen , 2 Luan Pretorius, 1 Franko Neuhoff.

    Wesvalia: 15 Fafa Calitz, 14 Justin Adams, 13 Jendre Snyman, 12 Philip Janse van Rensburg, 11 Xander Smit, 10 Eduard Dreyer, 9 Chad Hofmeyer, 8 Hanre Venter, 7 Francois Dumond, 6 Joshua Pieter, 5 Aiden Jacobz, 4 Franco Dumond, 3 Bernard Swanepoel, 2 Junior Kuhn, 1 Ulrigh du Preez.

    Heidelberg Volkskool t. Hoërskool Lichtenburg om 13:20 in Heidelberg

    Heidelberg Volkskool: 15 Theuns van der Merwe, 14 Stefan Botha, 13 Kevin Oormeyer, 12 Dean Last, 11 Tiaan Holloway, 10 Kayle Venter, 9 Hein Oelofse, 8 Joshua Munro, 7 Daniel Munro, 6 Samukelo Ngwenya, 5 Juan de Villiers, 4 Fourie Jacobs, 3 Botshelo Motsepe, 2 Janco Coetzer, 1 Christopher Makgongoane.

    Lichtenburg: 15 Luan Snyman, 14 Lukie Benson, 13 Dundré Dempers, 12 Benré Pollard, 11 Rea Motsusi, 10 Albert Joubert, 9 Willem van Niekerk, 8 Abrie Coetzee, 7 Tiaan Booysen, 6 Kgolagano Legodi, 5 John Kleynhabs, 4 GJ Malan, 3 Juan van Rhyn, 2 Eddie du Preez, 1 JJ Jonker.

    Hoërskool Secunda t. Hoërskool Pietersburg in Secunda

    Secunda: 15 Damian de Beer, 14 Martin Pretorius, 13 Ryan Erasmus, 12 Bismarck Jansen, 11 Brink la Grange, 10 EJ Venter, 9 Jarno Haarhoff, 8 Bakkies Bezuidenhout, 7 Zander Scheepers, 6 Zander van der Merwe, 5 Franko Rossouw, 4 Zac Loock, 3 Stefan Bezuidenhout, 2 Rico Schoeman, 1 Nathan Erasmus.

    Hoërskool Pietersburg: 15 Celliers van der Merwe, 14 Lersich Duba, 13 Hanno van Zyl, 12 Siya Mahlangu, 11 Brydan Retief, 10 Vincent Luckhoff, 9 Divan Brown, 8 Hardus Terblanche, 7 Tiaan Vermeulen, 6 Keegan Baker, 5 Juan Jansen van Vuuren, 4 Etienne van Jaarsveldt, 3 Elardus Erasmus, 2 JP Moster, 1 Floris Venter.

    Hoërskool Ben Vorster t. Hoërskool Jeugland om 13:20 in Tzaneen

    Ben Vorster (moontlik): 15 Caleb Mokgalaotse, 14 Migel Makhubipetsi, 13 Tihandre Reyneke, 12 Aza Mabe, 11 Damian Bye, 10 Pontsho Selowa, 9 Stiaan du Randt, 8 Ewald Kirstein, 7 Joshua van der Mescht, 6 Chifu Banda, 5 Ben Mashele, 4 Raluano Ramano, 3 Makondolele Musekene, 2 Christopher Janse van Vuuren, 1 Thabang Nkuna.

    Jeugland (moontlik): 15 Thando Ngomane, 14 Jetao Jooste, 13 Sinenhlanhla Ndlovu, 12 Ruan Steenkamp, 11 Oregopots Shilubane, 10 King Aganzo, 9 Ruan Worst, 8 Alec Mohlala, 7 Jose Ngoma-Ngoma, 6 Lebo Letlala, 5 Sharon Nsenda, 4 Shammah Nsenda, 3 Khumo Maimane, 2 Siyanda Mbwanwa, 1 Lesego Moitse.

     

  • Eerste sege wink vir Marais Viljoen in Nelspruit

    Kan Nelspruit die keerpunt vir Hoërskool Marais Viljoen beteken?

    Geniet al die aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com)

    Dit is die vraag wat Saterdagmiddag in Nelspruit beantwoord sal word wanneer die besoekers van Alberton teen Hoërskool Nelspruit te staan kom in die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling.

    Die span van Alberton het, ongeag die uitslae, in hul laaste twee kragmetings in dié afdeling uiters belowende rugby opgedis. Dit was verál hul vertoning in die eerste helfte teen Hoërskool Garsfontein wat die span se ondersteuners laat moed skep het.

    Dit het egter nóg nie die resultate gelewer waarvoor breier, Ryno Luus, en die res van sy afrigtingspan gehoop het nie.

    “Dit is moeilik,” het Luus vroeër die week gesê.

    “Ons was nog elke keer, in die eerste helfte, in die wedloop, maar sowel EG Jansen as Garsfontein het sterk teruggekom in die tweede skof. Ons is egter vasbeslote om op daardie goeie vertonings van ons, voor halftyd, voort te bou en vir die volle 70 minute ons beste te lewer.”

    Slot Bjorn Pieterse het ‘n vername rol om te vervul in Nelspruit .

    “Bjorn is tot dusver uitstekend op dreef en is ‘n yster in ons verdedigende lynstane,” het Luus bygevoeg.

    Pieterse is ewe indrukwekkend met bal in hand en behoort, saam met flank en onderkaptein, Dian Scheepers, die Rhinos se verdediging deeglik op die proef te stel. Scheepers is gekies vir die Leeus se o. 18-span wat volgende maand aan die Akademieweek by Jeppe High School deelneem.

    Die Nellies beleef self ‘n strawwe Noordvaal-seisoen tot op hede. Daar was nietemin positiewe tekens  in verlede week se kragmeting met Hoërskool Rustenburg, alhoewel die Rhinos die knie met 19-22 moes buig.

    Buitesenter, Ian Wood, wat deel uitmaak van die Pumas se Cravenweekspan, is netjies op dreef in die middeveld, terwyl daar uitgesien word na wat haker, Regardt Vermaak, en agtsteman, Vaughn van Zyl, voorlangs kan vermag in wat beloof om ‘n uiters fisieke stryd tussen die twee pakke af te gee. Van Zyl se tweestryd met die besoekers se woelige agtsteman, Rio Tshimbalanga, is beslis een om dop te hou.

    In Rustenburg wag daar ‘n reuse uitdaging op Pedrie Human en die res van Hoërskool Rustenburg se span wanneer hulle vir Hoërskool Waterkloof verwelkom.

    Die Klofies is steeds onoorwonne in vanjaar se reeks en praat vanjaar met die groot kanonne saam. Die Rusties het, op hul beurt, bo verwagting presteer tot dusver in vanjaar se reeks en nog nét teen Hoërskool Noordheuwel met 34-40 vasgeval in Krugersdorp.

    “Waterkloof is een van die top spanne in die land vanjaar,” het Naas Olivier, Rusties se hoofafrigter, gesê.

    “Hulle speel puik rugby en vermorsel almal in hul pad. Ons besef dit gaan taai wees, maar ons het volle vertroue in ons sisteme, asook die tuisveldvoordeel.

    “Ons doelwit is eenvoudig; ons wil wen. Ons het 70 minute om die plan uit te voer en in die boskgeveg te bly.”

    Die Klofies verwelkom hul hardwerkende steelkantflank, Lendrey Janse van Vuuren, en haker, Ruan Jacobs, terug vir Saterdag se stryd. Albei het verlede naweek teen Hoërskool Menlopark ‘n welverdiende blaaskans geniet.

    Die spanne: 

    Hoërskool Nelspruit t. Hoërskool Marais Viljoen om 12:30 in Nelspruit:

    Hoërskool Nelspruit: 15 Jean Erasmus, 14 Jordan Pretorius, 13 Ian Wood, 12 Theuns Meyer, 11 Tinyiko Silubane, 10 John Duncan, 9 Liam Pringle, 8 Vaughn van Zyl, 7 Marco Smith, 6 Banele Ngwenya, 5 Ronaldo van Rensburg, 4 Ethan Esterhuien, 3 Gert Cloete, 2 Regardt Vermaak, 1 Lindani Ndlela.

    Marais Viljoen: 15 Tyron Bouw, 14 Devin Raubenheimer, 13 Tiaan Joubert, 12 Brandon Els, 11 Ethan Weideman, 10 Recce Gerber, 9 Weon van der Vyver, 8 Rio Tshimbalanga, 7 Dian Scheepers, 6 Lloyd Shoko-Schenck, 5 JD Labuschagne, 4 Bjorn Pieterse, 3 Sifiso Shongwe, 2 Liam Catlow, 1 Clayton Gagiano.

    Hoërskool Rustenburg t. Hoërskool Waterkloof om 13:30 in Rustenburg

    Hoërskool Rustenburg: 15 Lorenzo Snyers, 14 Christiaan van der Bergh, 13 Hendré Robinson, 12 Awie Alberts, 11 Zulu Khumalo, 10 Jayden Meyer, 9 Adriano George, 8 Coenraad Coetzer, 7 Dirk Huisamen, 6 Wickus Jaobs, 5 Pedri Human, 4 Edrich Potgieter, 3 Ockert Grobler, 2 Xavier Steenkamp, 1 Divan Welgemoed.

    Waterkloof: 15 Ronan Bastiaanse, 14 Malcolm George, 13 Riwan van Aswegen, 12 Happy Makate, 11 Jaiden Badenhorst, 10 Dennis Obi, 9 Migael Prinsloo, 8 Marko Kok, 7 Lendrey Janse van Vuuren, 6 Divan Botha, 5 Alrich Uys, 4 Stephan de Beer, 3 Jedri Swart, 2 Ruan Jacobs, 1 Juan Gouws.

  • Zwarries breek wendroogte van agt jaar

    FOTO – Brian Callaghan

    PRETORIA – Hoërskool Zwartkop se wendroogte van agt jaar in hul jaarlikse FNB Classic Clashes-kragmeting met Hoërskool Eldoraigne is iets van die verlede.

    Die Zwarries dra vir die volgende jaar die kroon van Centurion, nadat hulle vir hul tradisionele aartsvyand met 22-16 verslaan het.

    Herleef al die aksie op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com)

    Die Zwarries het, in ‘n klipharde kragmeting, genoeg in die eerste 35 minute gedoen om teen rustyd met 19-11 voor te loop, en kon na die omdraaislag daarin slaag om voor te bly tot die einde toe.

    Die tweede helfte het slegs ‘n strafdoel en ‘n drie opgelewer, met albei spanne wat rotsvas verdedig het. Dit ly geen twyfel dat daar na dese ‘n paar seer lywe in Centurion is nie.

    Die Zwarries het voorlangs die stryd gewen. Agsteman, Brian Smith, en slot, Logan Knott, het die groot skare vermaak met hulle fisieke benadering en reuse duikslae. Die duo was ook aan die spits van die Zwarries se aanval, met ‘n drie elk, en het aggressiewe ondersteuning in die middeveld ontvang van buitesenter, Kyle Blignaut.

    Die besoekers het nietemin hand en tand geveg om in die wedloop te bly, met oopkantflank, Cameron Killian, wat met sy terugkeer na die span uitmuntend was by die afbreekpunte. Slot, SW Liebenberg, wat vanjaar reeds bykans in elke posisie in die skrum diens verrig het, het, saam met Killian, ‘n barshou vir die Drake gespeel.

    Skrumskakel, Darren Bruwer, het uiteindelik ook sy vorm herwin en waarskynlik sy beste vertoning van die seisoen gelewer. Bruwer se taktiese skopwerk het die tuisspan deurgaans laat omdraai, terwyl hy ook die Zwarrie-verdedigers gedurig aan die raai gehou het om die skrums en losskrums.

    Puntemakers: 

    Zwartkop 22 (19) – Drieë: Brian Smith, Logan Knott, Kyle Blignaut. Doelskoppe: Luhardt Booyens (2). Strafdoel: Booyens. Eldoraigne 16 (11) – Drieë: Rikus Rheeder, Marnus Prinsloo.

    Ander spanne:

    o.16: Zwartkop 71, Eldoraigne 0.

    o.15: Zwartkop 16, Eldoraigne 13.

    o.14: Zwartkop 24, Eldoraigne 3.

  • Secunda gooi wal op tuisbodem

    SECUNDA –  Hoërskool Die Anker het Saterdag bitter naby daaraan gekom om te vergoed vir ‘n pynlike nederlaag van 17-18 in Secunda twee jaar gelede. Hoërskool Secunda het egter genoegsaam wal gegooi om nóg ‘n naelskraapse oorwinning te verseker.

    Die twee spanne het mekaar met mening die stryd aangesê in hul Skild-wedstryd in vanjaar se SDC Noordvaal Cup. Dit was, soos verwag, ‘n uiters fisieke kragmeting, met die tuisspan wat uiteindelik met 25-21 kon seëvier.

    Teen rustyd was die telling nog gelykop met 7-7 en was dit duidelik dat die toeskouers maar kon regskuif vir ‘n senutergende tweede helfte. Die klipharde dryfspel en groot duikslae voorlangs was derhalwe selfs meer verwoed ná die omdraaislag.

    Die tuisspan se oopkantflank, Zander van der Merwe, het moue opgerol en die lewe geweldig moeilik gemaak vir die besoekers by die afbreekpunte. Van der Merwe was soos ‘n wafferse Jack Russel agter ‘n tennisbal aan en het keer op keer omgekeerde balbesit bewerkstellig.

    Die besoekers se steelkantflank, Xander Fraser, en slot, Gerhard Oosthuizen, het die pap ook dik aangemaak en verál hul stempel afgedruk in die vastelos,

    Agterlangs het die snellers mekaar deurgaans met venynige aanvalslyne uitgedaag en die tweestryd tussen in die middelveld was verál iets om te aanskou. Secunda se, buitesenter, Ryan Erasmus het dikwels deur die kleinste moontlike spasie gesny om oor die voordeellyn te kom, terwyl Die Anker se, binnesenter, Brandon Crous vir Secunda se middeveld besig gehou het met sy kragtige barslopies.

    Die tuisspan se verdediging het egter sterk gestaan teen die einde om die aanslag van die Brakpanse span suksesvol af te weer.

    Hoërskool Wesvalia het, in Heidelberg, so hittete die eerste keer bloedneus gekry in vanjaar se reeks. Die span van Klerksdorp het in die doodsnikke daarin geslaag om vir Heidelberg Volkskool met 34-28 te troef.

    Die Wessies se steelkantflank, Francois Dumond, het weer gewys hoekom die provinsiale keurders op hom besluit het om die Luiperds se nr. 7-trui te dra by vanjaar se Cravenweek, en het ‘n briljante tweekuns behaal.

    Die Volkies, het ondergewoonte nooit tou op gegooi nie en keer op keer aanvalle geloods wat die besoekers gedwing het om te keer vir ‘n vale. Hul ervare losskakel, Kayle Venter, was uitstaande en het, nes Dumond, twee keer agter die doellyn gaan kuier en ook met ‘n doelskop en twee strafdoele geslaag om 18 van sy span se 28 punte by te dra.

    In Tzaneen was Hoërskool Hugenote van Springs té sterk vir Hoërskool Ben Vorster om hul segetog in die reeks voort te sit met ‘n sprankelende sege van 38-7. Buitesenter, Vian van Dyk, het die Buffels se middeveld deurentyd onder druk geplaas en ook by twee geleenthede deurgebreek vir drieë.

    Hoërskool Lichtenburg kon, na ‘n verbete terugvegpoging, herrys uit die as met ‘n oorwinning van 40-33 oor Hoërskool Jeugland. Die Liggies het teen rustyd ‘n agterstand van 12-26 in die gesig gestaar.

    Vaskopstut, JJ Jonker, was ‘n reus in die voorspelerstryd met sy hoë werkverrigting en energieke dryfspel, en is ook met ‘n tweekuns beloon.

    Puntemakers: 

    Hoërskool Secunda 25 (7) – Drieë: Zander van der Merwe, Brink la Grange, Bismarck Jansen. Doelskoppe: Damian de Beer (2). Strafdoele: De Beer (2). Die Anker 21 (7) – Drieë: Xander Fraser, Danie Smit, Brandon Crous. Doelskoppe: Xavier Erasmus (4).

    Wesvalia 34 (13) – Drieë: Francois Dumond (2), Junior Kuhn, Xander Smit. Doelskoppe: Rickardt van Heerden (4). Strafdoele: Van Heerden (4). Heidelberg Volkskool 28 (11) – Drieë: Kayle Venter (2), Juan de Villiers, Stefan Botha. Doelskop: Kayle Venter. Strafdoele: Venter (2).

    Hugenote (Springs) 38 (14) – Drieë: Vian van Dyk (4), Xavier Ungerer, Arné Marais, Hendrik Eybers. Doelskoppe: Corné Pretorius (4). Ben Vorster 7 (0) – Drie: Stiaan du Randt. Doelskop: Pontsho Selowa.

    Hoërskool Lichtenburg 40 (12) – Drieë: JJ Jonker (2), Albert Joubert, Rea Motsusi, Abrie Coetzee, Dundré Dempers. Doelskoppe: Albert Joubert (5). Jeugland 33 (26).

    Ander spanne: 

    o.16: Hoërskool Secunda 14, Die Anker 5; Heidelberg Volkies 36, Wesvalia 5; Ben Vorster 41, Hugenote (Springs) 19; Jeugland 26, Lichtenburg 3.

    o.15: Die Anker 17, Hoërskool Secunda 15; Heidelberg Volkies 29, Wesvalia 17; Ben Vorster 29, Hugenote (Springs) 12; Jeugland 32, Lichtenburg 29.

    o.14: Die Anker 12, Hoërskool Secunda; Wesvalia 38, Heidelberg Volkies 8; Ben Vorster 46, Hugenote (Springs) 0; Lichtenburg 24, Jeugland 5.

  • Gimmies steeds Prinse van Potch

    POTCHEFSTROOM – Potchefstroom Volkskool sal nóg ‘n jaar moet wag om hul tradisionele vyande, Potchefstroom Gimnasium, as die Prinse van Potchefstroom te probeer onttroon.

    Herleef al die aksie op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com)

    Die Gimmies het weereens hul baasskap bewys in die jaarlikse FNB Classic Clashes-kragmeting deur op ‘n drafstap met 30-13 te wen. Vanjaar se derby het ook deel uitgemaak van die SDC Noordvaal Cup se Bowl-afdeling.

    Ten spyte van die taamlike groot wenmarge was dit nietemin ‘n opwindende kragmeting op die Volkies se tuisveld. Albei spanne het gevaarlik voorgekom op die aanval, met die besoekers wat op die einde van die dag eenvoudig beter afgerond het om uiteindelik met 17 punte te seëvier.

    Die voorspelers het mekaar vir die volle 70 minute voos geduik. Volkies het uitstekend gevaar om die besoekers se agsteman, Elrich Bosch, en haker, Jaco Nel, aan bande te lê, maar het nie ‘n antwoord gehad vir Gimmies se Cravenweek-sneller, David Ndlala, se vermoë om die kleinste van gapings uit te buit nie.

    Heelagter, PC Schutte, het ook deurentyd hoofbrekens vir die Volkies besorg wanneer hy by die agterlyn aansluiting gevind het, en hy en Ndala het elk ‘n tweekuns behaal.

    Die tuisspan het self ‘n pragtige drie, vanuit hul eie halfgebied, gedruk, deur regtervleuel, Wickus van Aswegen, maar kon ‘n hele aantal ander geleenthede nie afrond nie en dit het tot hul ondergang gelei.

    In Brits het Merensky Landbou Akademie hul greep op sake in die Bowl-afdeling verstewig. Die Ligbloues van Tzaneen het ‘n tweede agtereenvolgende oorwinning behaal, danksy hul dominerende pak, deur vir Hoërskool Wagpos met 48-18 te verslaan.

    Die Plasies se Cravenweek-agtsteman, Hardus Terblanche, het van voor gelei en het, na ‘n ietwat stil seisoen tot dusver, Saterdag sy stempel behoorlik afgedruk om die dag af te sluit met twee drieë agter sy naam.

    Hoërskool Piet Retief het vir die eerste keer in die nuwe afdeling hul rieme styf geloop, toe Hoërskool Randburg vir hulle met 23-18 ore aangesit het. Die span van Randburg is mooi op dreef en spog met hul tweede sege in die drie wedstryde wat hulle reeds gespeel het.

    Puntemakers:

    Potchefstroom Gimnasium 30 (10) – Drieë: PC Schutte (2), David Ndlala (2), Dian Smith. Doelskop: Jhanco de Beer. Strafdoel: De Beer. Potchefstroom Volkskool 13 (6) – Drie: Wikus van Aswegen. Doelskop: Juandre Maree. Strafdoel: Maree.

    Merensky 48 (17) – Drieë: Hardus Terblanche (2), Carl Volschenk, JD Boshoff, Heinrich Lubbe, Maritz Meintjies, Leon de Lange, Byron Hendicks. Doelskoppe: Hendricks (5). Strafdoel: Hendricks. Wagpos 18 (15).

    Randburg 23 (13) – Drieë: Duncan Beaven, Josh Wigget, Shandre Vermaak. Doelskop: Hendri Oosthuizen. Strafdoele: Oosthuizen (2). Piet Retief 18 (13) – Drieë: Vuyani Tshabalala, Owethu Shabalala. Doelskoppe: Shabalala. Strafdoele: Shabalala (2).

    Ander spanne: 

    o.16: Potchefstroom Gimnasium 14, Potchefstroom Volkskool 9; Wagpos 26, Merensky 24; Randburg 38, Piet Retief 29.

    o.15: Potchefstroom Volkskool 18, Potchefstroom Gimnasium 3; Mernesky 17, Wagpos 10; Piet Retief 36, Randburg 7.

    o.14: Potchefstroom Gimasium 12, Potchefstroom Volkskool 10; Merensky 19, Wagpos 15; Randburg 21, Piet Retief 21.

     

  • Rooibulle verstewig greep op Noordvaal Plaat-afdeling

    FOTO: Frans Lombard/Actionpix

    MIDDELBURG – Hoër Tegniese Skool Middelburg se Rooibulle is steeds onoorwonne in die Plaat-afdeling van die SDC Noordvaal Cup.

    Herleef al die aksie op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com)

    Die Rooibulle het hul segetog voortgesit met ‘n oortuigende tuisoorwinning van 27-14 oor een van die nuwelinge in die afdeling, Hoërskool Oos-Moot.

    Dit was boonop die eerste keer in 20 jaar dat die twee spanne kragte gemeet het.

    Die tuisspan se voorspelers het, nes verlede naweek teen Hoërskool Middelburg, die botoon gevoer. Hierdie slag was dit agtsteman, Tercuis Bezuidenhout, se beurt om die kollig te steel. Bezuidenhout het die Oosie-verdediging kwaai op die proef gestel met sy kragtige lopies in die middeveld en ook deurgebars vir die eerste drie.

    CJ Muller, op linkervleuel, het weer beïndruk telkens wanneer hy in besit gestel was en het met een van sy kenmerkende dartellopies teen die kantlyn af nóg ‘n vyfpunter op sy kerfstok geplaas.

    Die Oosies se voorspelers het ietwat tam voorgekom en gesukkel om aan die gang te kom.

    “Ons was nie goed voor gewees nie”, het Braam Pretorius, die Oosies se hoofafrigter te kenne gegee. “Dit was ‘n afdag vir die pak.

    “Dit gebeur met almal; dis maar skolerugby.”

    Die besoekers het wel met rukke en stote taamlik aanskoulike hardlooprugby gespeel, en een so ‘n stukkie ondernemende spel is puik deur regtervleuel, Jayden Pretorius, in die hoekie afgerond. Skrumskakel, David Joubert, een van die besoekers se beste spelers op die dag, het sy span se ander drie aangeteken.

    In Ermelo het die ander nuweling in die afdeling, Ligbron Akademie, hul eerste oorwinning in vanjaar se reeks behaal. Na ‘n puik eerste helfte, moes hulle egter hul keer ken om uiteindelik met 31-26 oor Hoërskool Montana te seëvier.

    Niemand het beter vertoon vir Ligbron nie as slot, Jaco van Wyk, en agtsteman, Janco Classen, wat die tuisspan deurgaans oor die voordeellyn gehelp het met met hul kragtige dryfspel.

    Dit was ‘n egter ‘n kragmeting van twee helftes. Die span van Pretoria het moedig teruggeveg om 19 onbeantwoorde punte aan te teken in die tweede skof, en so hittete iets spesiaal te vermag. Hul vertoning in die laaste 35 minute het weer gewys dat die Monties, op ‘n gegewe dag, enige span kan troef.

    Hoërskool Transvalia se Brandonlee Smit (binnesenter) het ‘n indrukwekkende tweekuns behaal in sy span se sege van 50-33 oor Kempton Park in Vanderbijlpark, en Hoërskool Middelburg se regtervleuel, Kefilwe Phamotse, het dieselfde vermag in sy span se oorwinning van 22-9 oor Hoërskool Klerksdorp.

    Puntemakers: 

    HTS Middelburg 27 (27) – Drieë: Tercius Bezuidenhout, CJ Muller, Dirk du Plooy, Janco Aucamp. Doelskoppe: Jacque Stassen (2). Strafdoel: Stassen. Oos-Moot 14 (7) – Drieë: Jayden Pretorius, David Joubert. Doelskoppe: Ruwan Allen (2).

    Ligbron Akademie 31 (31) – Drieë: Jaco van Wyk, Janco Classen, Neo Zwane, Bandile Thanjekwayo, Thami Lamula. Doelskoppe: Renier van Staden (3). Montana 26 (7) – Drieë: Keagan van der Merwe (2), Devan van der Merwe, Marinus Oberholzer. Doelskoppe: Devan van der Merwe.

    Transvalia 50 (19) – Drieë: Brandonlee Smit (2), Jayden McPearson, Wynand Stols, Dihan Crause, Siyabonga Khambule, Dylan Booth. Doelskoppe: Dylan Steynman (6). Kempton Park 33 (12) – Drieë: Armandt Botha, Preston Smith, Ryan Smith, Tiaan Delport, Christiaan Kloppers. Doelskoppe: Tiaan Delport (4).

    Hoërskool Middelburg 22 (15) – Drieë: Kefilwe Phamotse (2), Sihle Mkhatshwa. Doelskoppe: Matthew Abbey (2). Strafdoel: Abbey. Hoërskool Klerksdorp 9 (9) – Strafdoele: Brendon Matthyse (3).

    Ander spanne: 

    o.16: HTS Middelburg 21, Oos-Moot 3; Ligbron Akademie 17, Montana 14; Kempton Park 38, Transvalia 11; Hoërskool Middelburg 55, Hoërskool Klerksdorp 7.

    o.15: Oos-Moot 15, HTS Middelburg 8; Montana 26, Ligbron Akademie 21; Transvalia 12, Kempton Park 8; Hoërskool Middelburg 32, Hoërskool Klerksdorp 7.

    o.14: Oos-Moot 33, HTS Middelburg 7; Ligbron Akademie 51, Montana 0; Transvalia 27, Kempton Park 15; Hoërskool Middelburg 22, Hoërskool Klerksdorp 12.

     

  • Klofie-lokomotief stoom voort

    FOTO: Frans Lombard

    PRETORIA- Klofies doen dit weer.

    Hoërskool Waterkloof het daarin geslaag om dit twee uit twee te maak teen Hoërskool Menlopark, met ‘n spogsege van 51-33 in die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling.

    Herleef al die aksie op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com).

    Die twee Pretoriaanse skole het gesorg vir aanskoulike hardlooprugby, maar dit was die Klofies se kliniese vertoning in die eerste helfte, toe hulle reeds 31 punte kon aanteken, wat die deurslag gegee het.

    Die Parkies was duidelik onkant betrap met Klofies se aanvanklike aanslag, maar het daarin geslaag om hul ritme te vind in die tweede skof en met 21 punte terug te veg.

    Die Klofies se haker, Llwelyn Steenberg, wat die beseerde Ruan Jacobs vervang het, het sy kans met albei hande aangegryp. Steenberg het gewoeker voorlangs, die Parkie-verdedigers met sy begeesterde dryfspel besig gehou en was haas onstuitbaar om ‘n welverdiende driekuns te behaal.

    Klofies se Cravenweek-agtsteman, Marko Kok, het ook gewys hoekom hy die groenlig van die Blou Bulle se keurders ontvang het. Kok was telkens gevaarlik wanneer hy op loop gesit het met die bal en het self die doellyn twee keer oorgesteek.

    Die tweestryd tussen die skrumskakels, Migael Prinsloo (Waterkloof) en Gustav Schaffener (Menlopark), was ‘n fees om te aanskou.

    Prinsloo se balverspreiding was uit die boonste rakke en het grootliks bygedra dat die Klofies vir die meerderheid van die wedstryd op die voorvoet was, terwyl Schaffener die Klofies besig gehou met sy breekslae om die afbreekpunte. Hy het ook die tuisspan se rekening oopgemaak toe hy toegeslaan het op ‘n losbal naby die doellyn.

    Dit is duidelik dat die lynstane, en dryfmaalbewegings wat daarmee gepaardgaan, ‘n vername wapen vir die Parkies is. Hulle het dit dikwels aangewend om die Klofies onder druk te plaas en die baan te weg vir haker, Declan Pelser, om twee keer te druk.

    Hoewel Hoërskool Marais Viljoen met 19-31 teen Hoërskool Garsfontein se Bere vasgeval het, het hulle nietemin taamlike weerstand gebied op hul tuisveld in Alberton.

    Binnesenter, Brandon Els, was uitmuntend op die aanval en het, na ‘n paar briljante individuele lopies, twee keer agter die Bere se doellyn gaan draai. Die voorspelers het ook, vernaam in die eerste helfte, nie geskroom om die Bere fisies die stryd aan te sê nie.

    Vir die Bere het niemand beter vertoon nie as linkervleuel, Junaide Stuart, wat op enige beskikbare spasie toegeslaan het, terwyl Junade Pasensie se skuif van heelagter na losskakel blyk om ‘n meesterskuif te wees. Met sy instinktiewe aanvoelling vir die spel het Pasensie die Bere se agterlyn gereeld op die voorvoet geplaas.

    Hoërskool Rustenburg het, danksy ‘n strafdoel deur Lorenzo Snyers, ‘n naelskraapse sege van 22-19 oor Hoërskool Nelspruit behaal. Die Rusties se heelagter het ook met twee doelskoppe geslaag.

    Die Nellies se Rhino’s het hul dragslae teen Helpmekaar Kollege verlede naweek agter hulle gesit, met buitsesenter, Ian Wood, wat hul grootste uitblinker op die dag was.

    Puntemakers: 

    Waterkloof 51 (31) – Drieë: Llewelyn Steenberg (3), Marko Kok (2), Dennis Obi, Migael Prinsloo, Malcolm George, Happy Makate. Doelskoppe: Ronan Bastiaanse (3). Menlopark 33 (12) – Driee: Declan Pelser (2), Gustav Schaffner, Divan Nel, Wynand van Wyk. Doelskoppe: Andru Kuhn (3), Reinardt Herbst.

    Garsfontein 31 (17) – Drieë: Junaide Stuart (2), JP Pieterse, Justin Blom, Stephan Pretorius. Doelskoppe: Junade Pasensie (2), Luan Ferreira. Marais Viljoen 19 (12) – Driee: Claudo do Couto (2), Devin Raubenheimer. Doelskoppe: Rekkie Gerber (2).

    Hoërskool Rustenburg 22 (10) – Drieë: Zulu Khumalo (2), Christiaan van der Bergh. Doelskoppe: Lorenzo Snyers (2). Strafdoel: Snyers. Hoërskool Nelspruit 19 (7) – Lindani Ndlela, Regardt Vermaak, Tiaan de Beer. Doelskoppe: Theuns Meyer (2).

    Ander spanne: 

    o.16: Waterkloof 15, Menlopark 13; Garsfontein 61, Marais Viljoen 14; Nelspruit 35, Rustenburg 17.

    o.15: Menlopark 49, Waterkloof 10; Garsfontein 52, Marais Viljoen 5; Nelspruit 15, Rustenburg 0.

    o.14: Menlopark 12, Waterkloof 10; Garsfontein 96, Marais Viljoen 0; Rustenburg 22, Nelspruit 5.

  • Witbulle heers steeds as konings van Krugersdorp

    FOTO: Marius Nortje

    Hoërskool Monument se Witbulle dra vir nóg ‘n jaar die kroon van Krugersdorp, nadat hulle tuis vir Hoërskool Noordheuwel se Blues in ‘n boeiende kragmeting naelskraaps met 36-33 kon verslaan.

    Herleef al die aksie op SuperSport Schools(www.supersportschools.com).

    Daar was die afgelope week heelwat bespiegel oor hoe die Blues se pak teen die reuse agttal van die Witbulle sou opweeg. Die Witbulle het met oorgawe hierop geantwoord.

    Dit was vernaam in gebroke spel waar die tuisspan se ysters behoorlik hul stempel afgedruk het.

    Onder leiding van slot, Jacques Botha en sy begeesterde lopies met die bal in hand, het die Witbulle deurgaans daarin geslaag om die voordeellyn oor te steek. Die steelskantflank, RG Barnard, was oudergewoonte woelig op die aanval en het met een van sy begeesterde lopies vir een van die mooiste drieë op die dag gesorg.

    Die Blues se pak het nieteenstaande ‘n aanduiding gegee dat hulle hul man teen enige pak voorspelers kan staan. Die besoekers het verál puik vertoon in die skrums en hul teenstanders selfs by ‘n hele paar geleenthede in trurat gedwing met hul kragtige skrumwerk.

    Die grootste opwinding van die dag het egter agterlangs gelê. Die twee spanne van Krugersdorp se agterlyne het mekaar vir die volle 70 minute met mening aangevat.

    Monument se twee snellers op vleuel, Ernesto Oersen en Kealan Milton, wat meermale vanjaar reeds gewaarsku het dat hul nie spasie gegun moet word nie, het weer die buiteveld aan die brand gehardloop en die Blues laat rondstaan met hul groot vaart en flink voetwerk.

    Nories se linkervleuel, Lindsay Jansen, het op sy beurt tong uitgesteek vir die Leeus se keurders met ‘n ewe uitmuntende vertoning op sowel die aanval as verdediging. Jansen se bedrieglike vaart en vermoë om spasie aan te val het aan hom twee van die Blues se drie drieë besorg, terwyl hy meer as een keer tot die besoekers se redding gekom het met sy vasberadenheid op kruisverdediging.

    Losskakel, Jeandre Uithaler, het ‘n inderdaad ‘n “Uithaler”-vertoning met die skopskoen gelewer. Hy het al drie sy span se drieë verdoel en met vier strafdoele geslaag om die telbord aan die rol te hou.

    Die Blues se haker, Brendan Naudé, verdien ook ‘n pluimpie vir sy hoë werkverrigting, vernaam op die verdediging. Naudé het keer op keer sy lyf op die spel geplaas om die groot voorspelers van Monument in hul spore te probeer stuit, terwyl sy heldedade by die afbreekpunte ook herinner het aan dié van ‘n jong Malcolm Marx.

    In Johannesburg moes Hoërskool Dr. EG Jansen se Arende swoeg om ‘n sege van 27-19 oor Helpmekaar Kollege te behaal.

    Dit het ‘n uiters fisieke stryd afgegee, verál voorlangs waar die pakke voorspelers mekaar behoorlik opgedreun het. In die skrums was dit ‘n geval van “een vir jou, een vir my”, met geeneen van die twee agttalle wat wou handdoek ingooi nie.

    Dit groot verskil was uiteindelik in die vastelos, waar die Jansies se losstrio en slot, Gerhard van Aswegen, wat basies die rol van ‘n vierde losvoorspeler vervul, oudergewoonte gewoeker het. Van Aswegen was ook verantwoordelik vir die Jansies se wendrie.

    Die slot het vanuit sy eie halfgebied deurgebars om agter die doellyn te gaan kuier. Dit was nie die eerste keer dat Van Aswegen sy fenominale vaart en voetwerk, vir ‘n slot, so tentoongestel het nie.

    Puntemakers: 

    Monument 36 (22) – Drieë: Keenan Myners, Nathan Erasmus, Ernesto Oersen, Juandre Mare, Jamaal Veldman, RG Barnard. Doelskoppe: Cruz La Moer (2), Justin Viljoen. Noordheuwel 33 (20) – Drieë: Lindsay Jansen (2), Gideon Diedericks. Doelskoppe: Jeandre Uithaler (2). Strafdoele: Uithaler (4).

    Dr. EG Jansen 27 (17) – Drieë: Zade-Leigh Rippenaar, Danre Pike, Gerhard van Aswegen, Jeandre Jacobs. Doelskoppe: Matthew Bergman (2). Strafdoel: Bergman. Helpmekaar 19 (7) – Drieë: JP Lombard, Delano Maritz, Tiaan le Roux. Doelskoppe: Michael Benzien (2).

    Ander spanne: 

    o.16: Noordheuwel 30, Monument 20; Helpmekaar 48, EG Jansen 0.

    o.15: Monument 17, Noordheuwel 3; Helpmekaar 19, EG Jansen 5.

    o.14: Noordheuwel 8, Monument 3; Helpmekaar 21, EG Jansen 5.

  • Potch skuif reg vir FNB Classic Clashes-aksie

    Dit is weer tyd vir die jaarlikse groot interskole in Potchefstroom.

    Geniet al die aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com). 

    Vanjaar sal die hele dorp na Potchefstroom Volkskool opruk vir hul FNB Classic Clashes-kragmeting met Potchefstroom Gimnasium.

    Vanjaar vorm die interskole ook deel van die SDC Noordvaal Cup se Bowl-afdeling, nadat Gimmies daarin kon slaag om vanuit Afdeling 2 op te skuif.

    Dit is vanjaar die 23ste keer dat die twee buurskole swaarde kruis. Die Gimmies geniet tot dusver die oorhand met 13 seges uit die vorige 22 kragmetings, insluitende die mees onlangse uitslag van 26-13 in hul guns. Volkies het tot dusver agt seges behaal, met een kragmeting wat gelykop geëindig het. Gimmies is boonop nog onoorwonne in vanjaar se reeks.

    Die Volkies se middeveld sal op hul hoede moet wees vir die Luiperds se Cravenweek-senter, Jhanco de Beer, en nóg ‘n Cravenweek-verteenwoordiger aan sy buitekant, in David Ndala. Ndala is gekies as buitesenter vir die Luiperds, maar draf Saterdag op linkervleuel uit vir die Gimmies.

    Volkies se Luiperds-verteenwoordiger, Christoff Nel, behoort ‘n doring in die Gimmies se vlees te wees by die afbreekpunte. Nel is as oopkantflank vir die provinsie se Akademiespan gekies, maar speel Saterdag haker vir die tuisspan.

    Ongeag die feit dat Volkskool geen verdere verteenwoordigers het nie, kan hulle nie afgeskryf word nie. Tuisveldvoordeel speel ‘n groot rol en vernaam in só ‘n groot derbystryd. Die Volkies-skakelpaar bestaande uit Juhan Geldenhuys en Johandre Meyer het ‘n sleutelrol om te vervul indien die tuisspan hoop om die bordjies te verhang.

    Bowl-nuwelinge, Hoërskool Wagpos, verwelkom een van vanjaar se gunstelinge, Merensky Landbou Akademie, in Brits. Dit is die tuisspan se grootste toets tot dusver en behoort meer van ‘n opdraande stryd te bied as verlede naweek se naelskraapse nederlaag van 14-15 teen Hoërskool Piet Retief.

    Die Plasies het nog slegs een wedstryd onder die belt in vanjaar se kompetisie, maar het vir Hoërskool Alberton gemaklik met 43-17 op die Plaas in Tzaneen verslaan.

    Die onoorwonne Hoërskool Piet Retief kom in hul eerste wegwedstryd in vanjaar se reeks teen Hoërskool Randburg te staan. Dit sal interessant wees om te sien hoe die span van Mpumalanga op die pad vaar, na agtereenvolgende een-punt seges op tuisbodem.

    Die spanne:

    Potchefstroom Volkskool t. Potchefstroom Gimnasium om 13:00 in Potchefstroom

    Potchefstroom Volkskool (moontlik): 15 Lourenzo Louw, 14 Wikus van Aswegen, 13 Hennie Pretorius, 12 Ethan Leggat, 11 Berno de Klerk, 10 Johandre Meyer, 9 Juhan Geldenhuys, 8 Dewald Gronewald, 7 Marlu du Preez, 6 Henre Nel, 5 Konrad Pretorius, 4 Altus de Jager, 3 Jaco van der Merwe, 2 Christoff Nel, 1 Daniel Strydom.

    Potchefstroom Gimnasium: 15 PC Schutte, 14 Toks Becker, 13 Lourens Jacobs, 12 Jhanco de Beer, 11 David Ndala, 10 Justin Oosthuizen, 9 Dian Smith, 8 Elrich Bosch, 7 Morne van Aswegen, 6 Tiardt Vorster, 5 Tobias van Dyk, 4 Bart du Plooy, 3 Jayden Stoffberg, 2 Jaco Nel, 1 Cobus van Rooyen

    Wagpos t. Merensky Landbou Akademie om 12:20 in Brits

    Wagpos: 15 JG Olckers, 14 Christiaan du Plessis, 13 Frans Burger, 12 Tiaan van der Merwe, 11 Franco Dippenaar, 10 AJ Nieman, 9 Arrie Joubert, 8 David van Breda, 7 Dylan Lautenbach, 6 Stefan du Plessis, 5 Du Toit van Deventer, 4 Jean Senekal, 3 Marcelle Gruindelingh, 2 Eben Blom, 1 Armant Botha.

    Merensky: 15 JAshten George, 14 Leon de Lange, 13 Jens Bezuidenhout, 12 Maritz Meintjies, 11 Heinrich Lubbe, 10 Byron Hendricks, 9 JD Boshoff, 8 Hardus Terblanche, 7 PG Botes, 6 Ruan Marcos, 5 Lukas Pieterse, 4 Craig Walker, 3 Tirelo Mashapa, 2 JJ Goosen, 1 Ethan Maritz.

    Hoërskool Randburg vs Hoërskool Piet Retief om 11:30 in Randburg

    Randburg: 15 Shandre Vermaak, 14 Josh Wigget, 13 Quinten Fillies, 12 Hendre Breedt, 11 Charl le Roux, 10 Hendri Oosthuizen, 9 Jaydon Todd, 8 Duncan Beaven, 7 Jean Venter, 6 Victor de Klerk, 5 Willie Lindeque, 4 Herman Goosen, 3 Malan van Heerden, 2 Diedelof Fourie, 1 Gustave Vorster.

    Piet Retief: 15 Siphosethu Sibisi, 14 Carwin Caircross, 13 Langelihle Ntuli, 12 Aphiwe Khumalo, 11 Vuyani Tshabalala, 10 Olwethu Tshabalala, 9 Musa Ncube, 8 Christiaan Pienaar, 7 SJ van Barneveld, 6 Melo Xulu, 5 Jaco Klopper, 4 Jandre van Deventer, 3 Louis Grobler, 2 Mario de Olivera, 1 Sfundo Mayisa.

  • Witbulle of Ligbloues, wie gaan die Krugersdorp-kroon dra?

    FOTO: Marius Esterhuizen

    Kan die Norie Blues vanjaar koning kraai in Krugersdorp?

    Geniet al die aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com).

    Dit is die een vraag op almal se lippe op die vooraand van die jaarlikse Krugersdorp-derby tussen Hoërskool Monument en Hoërskool Noordheuwel in die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling.

    Die ander vraag wat beantwoord moet word is of die Blues vir die Witbulle se dieselenjin-agtal sal kan tem? ‘n Mens kan nie help om te voel dat dit ‘n geval van “hoe later hoe kwater” is wat die tuisspan se makro-pak betref nie.

    Die derby, wat in 1984 sy ontstaan gehad het, is ‘n jaarlikse feestelikheid op die Wesrand en beloof om vanjaar weer ‘n bielie van ‘n kragmeting op te lewer.

    Die Nories se Blues is vasberade om die Witbulle vanjaar te probeer troef, verál aangesien hulle selde die afgelope klompie jare oorwinning kon smaak. Verlede jaar het hulle met 17-28 verloor, terwyl die Witbulle ook in 2022 en 2019 met met onderskeidelik 33-29 en 43-27 geseëvier het.

    Die Witbulle geniet boonop tuisvoordeel in vanjaar se derby en het verlede naweek teen Hoërskool Menlopark (59-25) gewys dat dit nie ‘n maklik taak is om hulle in hul agterplaas aan te vat nie. Die 33 punte wat hulle in die tweede helfte ingeryg het, was verál indrukwekkend.

    “Die planne is beraam; nou moet die spelers dit uitvoer,” sê Tjaart van der Walt, die Witbulle se hoofafrigter.

    “Dis ‘n groot dag vir die dorp, maar ons as afrigters en spelers beskou dit bloot as nog ‘n baie belangrike wedstryd. Dis nog vroeg, en die Noordvaal word nie in Mei reeds gewen nie.”

    Van der Walt neem ook weer die leisels op as die Goue Leeus se breier by vanjaar se Cravenweek, wat by Monument aangebied word.

    Die Witbulle se pak, onder leiding van slot, Jacques Botha, het nóg nie hul gelyke vanjaar teëgekom nie. Die fisiekheid en vaardighede waaroor hulle beskik maak die lewe deurgaaans uiters moeilik vir die opposisie, terwyl dit ook die platform lê vir die twee gevaarmanne op vleuel, Ernesto Oersen en Kealan Milton, om spasie aan die buitekant uit te buit.

    Die Blues beskik nietemin oor ‘n woelige agtsteman, Brad Brown, wat nie sal skroom om die Witbulle se pak aan te vat nie, terwyl buitesenter, Cheswill Jooste, oorgehaal sal wees om sy Monnas-eweknie, Jason Joubert, die stryd aan te sê in die middeveld.

    In Johannesburg wag ‘n enorme taak op Helpmekaar Kollege wanneer hulle een van Suid-Afrika se voorste skolespanne, Hoërskool Dr. Eg Jansen, tuis verwelkom. Die Helpies sal graag die bordjies wil verhang nadat hulle verlede jaar hul rieme met 15-24 in Boksburg styfgeloop het, maar sal op alle silinders moet vuur.

    Ulrigh “Baksteen” van der Merwe, Helpies se vaskopstut, en die res van die pak sal van meet af hul stempel wil afdruk om die Jansies onder druk te plaas, maar dit sal nie maklik wees nie, vernaam met ‘n woelige oopkantflank soos Zaide-Leigh Rippenaar en agsteman, Storm Labuschagne, wat die lewe by die afbreekpunte moeilik kan maak vir hulle. Divan Francis, met sy fisieke dryfspel, voltooi die gevaarlike lostrio van Dr. EG Jansen.

    Die spanne: 

    Monument t. Noordheuwel om 12:30 in Krugersdorp

    Monument: 15 Hanu Fourie, 14 Kealan Milton, 13 Jason Joubert, 12 Theuns du Plooy, 11 Ernesto Oersen, 10 Cruz La Moer, 9 Hanno du Toit, 8 Vince Robberts, 7 RJ Barnard, 6 Jamaal Feldman, 5 Nathan Erasmus, 4 Jacques Botha, 3 Wikus Meyer, 2 Keenan Myners, 1 JC Oosthuizen.

    Noordheuwel: 15 Jade Muller, 14 Kean Steyn-Shawe, 13 Cheswil Jooste, 12 Jared Coetzee, 11 Lindsey Jansen, 10 Jeandre Uithaler, 9 Ignatius Jantjies, 8 Brad Brown, 7 Alex Greeff, 6 Willie Schutte, 5 Xander Buytendach, 4 Donovan Breedt, 3 Martin Nel, 2 Brendan Naude, 1 Meyer Opperman.

    Helpmekaar Kollege t. Dr. EG Jansen om 12:30 in Johannesburg

    Helpmekaar: 15 Tiaan le Roux, 14 Delano Maritz, 13 Ty Ax, 12 Clinton Cloete, 11 Pieter Moller, 10 Michael Benzien, 9 Tristan van Niekerk, 8 Motlatsi Moloi, 7 Darius Haasbroek, 6 Zaiden Krige, 5 Juan-Pierre Lombard, 4 Eugen de Lange, 3 Ulrich van der Merwe, 2 Gustav Grotius, 1 Liam Devenier.

    Dr. EG Jansen: 15 R-Jay Peterson, 14 Jean-dre Claassen, 13 Juandre Jacobs, 12 Steven Williams, 11 Keanu van Loggerenberg, 10 Matthew Bergman, 9 Riekus van der Merwe, 8 Storm Labuschagne, 7 Divan Francis, 6 Zaide-Lee Rippenaar, 5 Zandre Naudé, 4 Gerhard van Aswegen, 3 Duwan Potgieter, 2 Danre Pike, 1 Zian Marais.