SSPN Test Site

Author: froberholzer

  • Kan Klofies dit 2/2 maak teen Parkies?

    FOTO: Frans Lombard

    Hoërskool Menlopark is oorgehaal om die bordjies te verhang, na hul nederlaag van 8-23 in die eindstryd van die NWU Sportreeks, terwyl Hoërskool Waterkloof mik vir ‘n tweede agtereenvolgende sege, wanneer dié twee spanne se paaie Saterdag weer kruis in die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling.

    Geniet al die aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com).

    Die Klofies is steeds onoorwonne nadat hulle hul eerste twee kragmetings met Hoërskool Nelspruit (61-17) en Hoërskool Garsfontein (47-36) gewen het. Dit was verál die Klofies se spogsege oor die Garsies, vir die eerste keer in meer as ‘n dekade, wat die res van die afdeling laat regop sit het.

    Dié oorwinning was hoofsaaklik te danke aan Waterkloof se vermoë om geleenthede in die middeveld te skep en hul akkurate afronding. Daarvoor verdien binnesenter, Happy Makate, ‘n klop op die skouer en die Parkies sal hom met ‘n valkoog moet dophou.

    Die tuispan kan ook nie bekostig om té veel strafskoppe in hul eie halfgebied af te staan nie. Klofies-heelagter, Ronan Bastiaanse, het, in die afwesigheid van die beseerde Franco Cronje, vir die Garsies met sy geoefende regtervoet laat les opsê.

    Dit sal nietemin ‘n fout wees om aan te neem dat hierdie naweek ‘n herhaling van die twee spanne se vorige ontmoeting sal wees.

    Die Parkies het in die eerste helfte van hul kragmeting met Hoërskool Monument se Witbulle gewys waartoe hulle in staat is. Hulle het tot kort voor rustyd nog voorgeloop, toe hul gevaarlike agterlyn goeie bal op die voorvoet ontvang het.

    Die Parkies verwelkom boonop twee sleutelspelers terug. Die gevaarlike Leskin Samuels keer terug na sy gunstelingposisie op buitesenter, terwyl die sneller, Ruben Fourie, weer op regtervleuel stelling inneem.

    Vir die soveelste keer wag daar ‘n titaniese tweestryd tussen die buitesenters. Klofies se kaptein, Riwan van Aswegen, het ‘n punt om te bewys teen Samuels, wat onlangs as die Blou Bulle se Cravenweek-buitesenter gekies is. Van Aswegen sal by die Akademieweek vir die Blou Bulle in aksie wees.

    In Alberton wag daar ‘n interessante stryd wanneer Hoërskool Marais Viljoen vir die gekweste Hoërskool Garsfontein se Bere in hul agterplaas verwelkom. Die Bere se nederlaag teen die Klofies verlede naweek was hul sesde agtereenvolgende een van die seisoen en is dus ‘n sakie wat die Pretorianers spoedig wil regstel.

    Dit gaan egter nie maklik wees nie. Die span van Alberton het verlede naweek belowend vertoon teen Dr. EG Jansen se Arende.

    Marais Viljoen het teen rustyd met slegs 8-10 agtergeloop na ‘n puik vertoning in die eerste 35 minute. Met hul fisiekheid wat duidelik ‘n trappie opgeskuif het, kan hulle die lewe vir die Bere moeilik maak in die vastelos, vernaam as hulle dit vir die volle 70 minute kan volhou.

    Die spanne: 

    Hoërskool Menlopark t. Hoërskool Waterkloof om 14:30 in Pretoria

    Menlopark: 15 Divan Nel, 14 Ruben Fourie, 13 Leskin Samuels, 12 Wynand van Wyk, 11 Stefan van Niekerk, 10 Reinhardt Herbst, 9 Gustav Schaffner, 8 Rocco Myburgh, 7 JN van Wyk, 6 Justin Lottering, 5 Mattheus Prinsloo, 4 Keagan Pretorius, 3 Ruwan van Aardt, 2 Declan Pelser, 1 Chrisjan Brits.

    Waterkloof: 15 Ronan Bastiaanse, 14 Malcolm George, 13 Riwan van Aswegen, 12 Happy Makate, 11 Jaiden Badenhorst, 10 Dennis Obi, 9 Migael Prinsloo, 8 Marko Kok, 7 Alrich Uys, 6 Divan Botha, 5 Leander van der Westhuizen, 4 Stephan de Beer, 3 Jedri Swart, 2 Llywelyn Steenberg, 1 Juan Gouws.

    Marais Viljoen t. Garsfontein om 12:20 in Alberton

    Marais Viljoen (moontlik): 15 Tyron Bouw, 14 Tiaan Joubert, 13 Brandon Els, 12 Claudo do Couto, 11 Devin Raubenheimer, 10 Rekkie Gerber, 9 Weon van der Vyver, 8 Rio Tsimbalanga, 7 Dian Scheepers, 6 Loyd-Shoko-Schenc, 5 Bjorn Pieterse, 4 JD Labuschagne, 3 Sifiso Shongwe, 2 Rynier Welgemoed, 1 Clayton Gagiano.

    Garsfontein: 15 Xian Erasmus, 14 Stephan Pretorius, 13 Ruan Enslin, 12 Luann Olivier, 11 Junaide Stuart, 10 Junade Pasensie, 9 Luan Ferreira, 8 Aiden King, 7 Thinus Oosthuizen, 6 JP Pieterse, 5 Jacques Swarts, 4 James Schnetler, 3 Luan van der Berg, 2 Justin Blom, 1 Ethan van Dyk.

    Hoërskool Nelspruit t. Hoërskool Rustenburg om 13:30 in Nelspruit

    Nelspruit: 15 Jean Erasmus, 14 Nathan Duncan, 13 Ian Wood, 12 Theuns Meyer, 11 Tinyiko Silubane, 10 John Duncan, 9 Liam Pringle, 8 Vaughn van Zyl, 7 Marco Smith, 6 Banele Ngwenya, 5 Ronaldo van Rensburg, 4 Ethan Esterhuizen, 3 Gert Cloete, 2 Regard Vermaak, 1 Lindani Ndlela.

    Rustenburg: 15 Lorenzo Snyers, 14 Christiaan van der Bergh , 13 Hendre Robinson, 12 Awie Alberts, 11 Zulu Khumalo, 10 Tiano Combrinck, 9 Adriano George, 8 Coenraad Coetzer, 7 Dirk Huisamen, 6 Wickus Jacobs, 5 Pedri Human, 4 Edrich Potgieter, 3 Ockert Grobler, 2 Xavier Steenkamp, 1 Divan Welgemoed.

  • Die Anker: onafgehandelde sake in Secunda

    Die Anker: onafgehandelde sake in Secunda

    Onafgehandelde sake is hoog op Hoërskool Die Anker se agenda wanneer hulle Saterdag in Secunda teen die verdedigende kampioen in die SDC Noordvaal Cup se Skild-afdeling, Hoërskool Secunda, te staan kom.

    Die twee spanne was laas in 2022 slaags toe hulle, óók in Secunda, sake in die eindstryd van die Noordvaal Cup se Bowl-afdeling uitgespook het.

    Die uiteindelike nederlaag van 17-18 was ‘n besonderse bitter pil vir die span van Brakpan om te sluk, aangesien die wenner van daardie kragmeting outomaties na die reeks se Skild-afdeling bevorder sou word. Boonop het Die Anker ‘n voorsprong van 17-7, teen rustyd, in die doodsnikke prysgegee.

    Hierdie Saterdag het hulle ‘n gulde geleentheid om sake op die einste veld reg te stel.

    Die span van Secunda, wat nog nooit vir Die Anker weg van die huis af moes aandurf nie, sal nietemin verlig wees om weer tuisveldvoordeel te geniet, aangesien Die Anker tradisioneel taai is om te troef in Brakpan.

    Die spanne van Limpopo kan daarvan getuig, met Hoërskool Pietersburg en Hoërskool Ben Vorster se Buffels wat die afgelope paar naweke met die kous oor die kop huis toe gestuur is deur Die Anker. Die span van die panne het vir die Pieties en Ben Vorster met onderskeidelik 53-7 en 57-15 in hul agterplaas kafgedraf, om hul onoorwonne status in vanjaar se kompetisie te behou.

    Secunda, daarenteen, het verlede naweek ‘n nederlaag van 31-41 gely teen nóg ‘n span van die Oos-Rand, Hoërskool Hugenote van Springs. ‘n Blaps-belaaide eerste 20 minute van die wedstryd het vir hulle duur te staan gekom en afrigter, Tiaan Moore, sou sy span vandeesweek voorberei het om van meet af slaggereed te wees vir die aanslag.

    Die wedywering tussen die twee groot pakke voorspelers, en véral die tweestryd tussen die twee kapteins op agtsteman, Bakkies Bezuidenhout (Secunda) en Ruben Herbst (Die Anker), beloof om skouspelagtig te wees. Secunda is waarskynlik een van twee spanne in die afdeling wat oor die nodige skietgoed beskik om die span van Brakpan voorlangs te tem.

    Bezuidenhout, wat onlangs ingesluit is in die Pumas se span vir die Cravenweek wat eersdaags by Hoërskool Monument in Krugersdorp aangebied word, sal ongetwyfeld sy stempel op more se verrigtinge wil afdruk.

    Heidelberg Volkskool is oorgehaal om Hoërskool Wesvalia se segetog te probeer stuit in Heidelberg. Die Wessies is die ander onoorwonne nuweling gedurende die vroeë fases van die kompetisie, nadat hulle vir Hoërskool Lichtenburg (23-12) en Hoërskool Pietersburg (41-10) in die eerste twee rondes kon klop.

    Afrigter, Louwtjie Dalhouzie, en sy Volkies-span het egter reeds ervaring in die onvoorspelbare Skild-afdeling en besef dat oorwinning tuis haas ononderhandelbaar is met die oog op ‘n plek in die uitkloprondes.

    Die spanne: 

    Hoërskool Secunda t. Die Anker om 12:30 in Secunda

    Secunda: 15 Damian de Beer, 14 Martin Pretorius, 13 Ryan Erasmus, 12 Bismarck Jansen, 11 Brink la Grange, 10 EJ Venter, 9 Jarno Haarhoff, 8 Bakkies Bezuidenhout, 7 Zander Scheepers, 6 Zander van der Merwe, 5 Franko Rossouw, 4 Zac Loock, 3 Stefan Bezuidenhout, 2 Rico Schoeman, 1 Nathan Erasmus.

    Die Anker: 15 Paul Schutte, 14 Xavier Erasmus, 13 Ruan Smith, 12 Brandon Crous, 11 Jonathan Jordaan, 10 Danie Smit, 9 Troy Joubert, 8 Ruben Herbst, 7 Xander Fraser, 6 Duvan Booyens, 5 Brendan van Lutterveld, 4 Gerhard Oosthuizen, 3 Damian Boshoff, 2 Siya Shongwe, 1 Brandan Sauerman.

    Heidelberg Volkskool t. Hoërskool Wesvalia om 13:20 in Heidelberg

    Heidelberg Volkies: 15 Theuns van der Merwe, 14 Stefan Botha, 13 Kevin Oormeyer, 12 Dean Last, 11 Tiaan Holloway, 10 Kayle Venter, 9 Hein Oelofse, 8 Joshua Monro, 7 Daniel Munro, 6 Samukelo Ngwenya, 5 Juan de Villiers, 4 Fourie Jacobs, 3 Botshelo Motsepe, 2 Janco Coetzer, 1 Christopher Makgongoane.

    Wesvalia: 15 Fafa Calitz, 14 Justin Adams, 13 Jeandre Snyman, 12 Rickardt van Heerden, 11 Xander Smit, 10 Eduard Dreyer, 9 Chad Hofmeyer, 8 Hanre Venter, 7 Francois Dumond, 6 Joshua Pieters, 5 Aiden Jacobs, 4 Franco Dumond, 3 Bernard Swanepoel, 2 Junior Kuhn, 1 Ulrich du Preez.

    Ben Vorster t. Hugenote (Springs) om 12:20 in Tzaneen

    Ben Vorster: 15 Caleb Mokgalaotse, 14 Migel Makhubipetsi, 13 Tihandre Reyneke, 12 Aza Mabe, 11 Damian Bye, 10 Pontsho Selowa, 9 Stiaan du Randt, 8 Ewald Kirstein, 7 Joshua van der Mescht, 6 Chifu Banda, 5 Ben Mashele, 4 Raluano Ramano, 3 Makondolele Musekene, 2 Christopher Janse van Vuuren, 1 Thabang Nkuna.

    Hugenote (Springs): 15 George Loucas, 14 Leon Jacobs, 13 Vian van Dyk, 12 Dylan Nel, 11 Musa Mahlangu, 10 Corne Pretorius, 9 Thanyani Mokiri, 8 Hendrik Eybers, 7 Tyron hand, 6 Arne Marais, 5 Xavier Ungerer, 4 Anthony Smith, 3 Henre Oosthuizen , 2 Luan Pretorius, 1 Franko Neuhoff.

    Hoërskool Lichtenburg t. Jeugland om 12:50 in Lichtenburg

    Lichtenburg: 15 Luan Snyman, 14 Tyrell van Schalkwyk, 13 Dundré Dempers, 12 Benré Pollard, 11 Rea Motsusi, 10 Albert Joubert, 9 Willem van Niekerk, 8 Abrie Coetzee, 7 Tiaan Booysen, 6 Kgolagano Legodi, 5 John Kleynhans, 4 GJ Malan, 3 JJ Jonjer, 2 Juan van Rhyn, 1 Donovan Rosato.

    Jeugland: TBC

  • Rooibulle, Oosies pak mekaar eerste keer in jare

    Dit sal die eerste keer in jare wees dat Hoër Tegniese Skool Middelburg se Rooibulle en Hoërskool Oos-Moot slaags raak tussen die vier lyne van ‘n rugbyveld.

    Volg al die aksie op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com).

    Dit is te danke aan vanjaar se indeling van die SDC Noordvaal Cup se Plaat-afdeling dat dié twee ongewone opponente se paaie na minstens twee dekades weer kruis.

    Albei spanne het groot sukses verlede naweek behaal, met vernaam die Rooibulle wat nog op die adrenaliengolf van hul spogsege van 31-24 oor Hoërskool Middelburg, in die reuse Middelburg-derby, ry.

    Die Oosies was self in ‘n plaaslike derby met hul tradisionele vyande, Hoërskool Montana, gewikkel en kon met ‘n telling van 43-31 as oorwinnaars uit die stryd tree. Dit het egter teen die prys gekom, met een van hul sleutelspelers, Jeandre Venter (buitesenter), wat homself op die krukkelys bevind met ‘n gebreekte hand.

    Dié terugslag word ietwat versag deur die langverwagte terugkeer van die sneller op linkervleuel, Tapiwa Rwafa, wat vir die eerste keer in byna twee maande in aksie sal wees. Dewron Aford, wat Rwafa se skoene volgestaan het, skuif van linkervleuel na buitesenter om Venter te vervang.

    Die Rooibulle het ook nie ongeskonde daarvan afgekom na verlede naweek se groot stryd nie. Staatmakers Johnny dos Santos (senter) en Reece Botha (skrumskakel) loop die kragmeting met die Oosies mis. Anthoni Smuts, wat reeds vanjaar goed vertoon het in die middeveld, vervang vir Dos Santos op binnesenter, terwyl Ruben Erasmus ‘n geleentheid op skrumskakel kry.

    “Die beserings is nie ernstig nie, maar ons wil nie die risiko loop dat twee van ons staatmakers se beserings vererger nie. Johnny, véral, is uitstekend op dreef tot dusver en het nog nie ‘n swak wedstryd gehad nie, so dit is net voorkomend,” sê Jano Venter, die Rooibulle-breier.

    Die tweestryd tussen losvoorspelers is beslis een waarvoor die ondersteuners hul lippe aflek. Die tuisspan se oopkantflank en kaptein, Toy Engelbrecht, was uitstekend verlede naweek en meet kragte met Oosies se vurige agtsteman, Deon Badenhorst, wat die Rooibulle vir die volle 70 minute kan besig hou.

    Ligbron Akdemie streef nog na ‘n eerste sege in die nuwe afdeling wanneer hulle Saterdag in Ermelo teen Hoërskool Montana te staan kom.

    Ligbron se twee Cravenweek-spelers, heelagter, Anele Ngwenya, en linkevleuel, Bandile Thanjekwayo, behoort oorgehaal te wees vir ‘n groot wedstryd na hul onlangse insluiting in die Puma-span wat eersdaags in Krugersdorp in aksie sal wees. Die duo is die span van Ermelo se vernaamste aanvalswapens en daar kan pêrre vir die Monties wees indien hulle die nodige spasie gegun word.

    Die spanne: 

    Hoër Tegniese Skool Middelburg t. Hoërskool Oos-Moot om 13:40 in Middelburg

    HTS Middelburg: 15 WJ Enslin, 14 Alex Pretorius, 13 Luhan Graaf, 12 Anthoni Smuts, 11 CJ Muller, 10 Jaque Stassen, 9 Ruben Erasmus, 8 Tercius Bezuidenhout, 7 Johandre Engelbrecht, 6 Toy Engelbrecht, 5 Sam Ndwandwe, 4 Janco Aucamp, 3 Kagiso Gumbi, 2 Hanru Terblanche, 1 C-Jay Potgieter.

    Oos-Moot: 15 Naylan Albertus, 14 Jayden Pretorius, 13 Drew Williams, 12 Dewron Afford, 11 Tapiwa Rwafa, 10 Ruwan Allen, 9 David Joubert, 8 Deon Badenhorst, 7 Wade Williams, 6 Bertus van Dyk, 5 Jaydon Botha, 4 Connor de Jager, 3 Christian Smith, 2 Clayton de Bruyn, 1 Jandre de Beer.

    Ligbron Akademie t. Hoërskool Montana om 12:50 in Ermelo

    Ligbron: 15 Anele Ngwenya, 14 Neo Zwane, 13 Siyanda Dennison, 12 Lethi Ngwenya, 11 Bandile Thanjekwayo, 10 Divan van Jaarsveld, 9 Renier van Staden, 8 Janco Classen, 7 Jurgens Bezuidenhout, 6 Tiaan Botha, 5 Jaco van Wyk, 4 Thamisanqa Lamula, 3 Devan Scheepers, 2 Marnus Marx, 1 Sabelo Nlapho.

    Montana: 15 Marq de Villiers, 14 Ryan Nel, 13 Hendrew Schoeman, 12 JF Venter, 11 Dirk Coetzee, 10 Tyron van Rooyen, 9 Daelin Ludick, 8 Devan van der Merwe, 7 Justin Herbst, 6 Kyle Bronkhorst, 5 Reuben van Hamersveld, 4 Martin venter, 3 Ruan Louw, 2 Luhan Theunissen, 1 Martinus Oberholzer.

    Hoërskool Transvalia t. Hoërskool Kempton Park om 12:45 in Vanderbijlpark

    Transvalia: 15 Siyabonga Khambule, 14 Dihan Crause, 13 Tshepo Molakeng, 12 Brandonlee Smit, 11 Tumi Moloi, 10 Dylan Steynman, 9 Anro Nagel, 8 Wynand Stols, 7 Daniel Kazambu, 6 Juan Bishoff, 5 Breyton Kruger, 4Christiaan Liebenberg, 3 Stiaan Breedt, 2 Jayden McPearson, 1 Arne Botes.

    Kempton Park: 15 Joshua Meyer, 14 Christiaan Kloppers, 13 Tian Aucamp, 12 Tiaan Delport, 11 Ettienne Stroebel, 10 Stian de Villiers, 9 Ryan Smith, 8 Preston Smith, 7 JP Barnard, 6 Armandt Botha, 5 Lourens van der Merwe, 4 Louis Mouton, 3 Zander Luckay, 2 Deon Mulligan, 1 Aiden Nepgen.

    Hoërskool Middelburg t. Hoërskool Klerksdorp om 12:00 in Middelburg

    Hoerskool Middelburg: 15 Andile Mahlangu, 14 Kefilwe Phamotse, 13 Eckard Marx, 12 Lungelo Maseko, 11 Sihle Mkhatshwa, 10 Matthew Abbey, 9 Keabetswe Nkgadima, 8 Jabu Mathebula, 7 Khensani Buthelezi, 6 CW Hanekom, 5 Enrico Thompson, 4 Rogan van der Walt, 3 Wandisa Mthobeni, 2 Roux Grobler, 1 Wian Olwagen.

    Klerksdorp: 15 Winton Abrahams, 14 Louis Vorster, 13 Asif Sumara, 12 Ewald Jansen, 11 Tyron Masango, 10 Brendin Mathyse, 9 Jared van Staden, 8 GJ Steenberg, 7 Bokamoso Mabeleng, 6 Tiaan Koen, 5 Juan Hills, 4 Abrie Esterhuizen, 3 Liam Pretorius, 2 Janu de Wet, 1 De Wet le Roux.

  • Zwarries se beste kans sedert 2016 om baas van Centurion te wees

    FOTO: Marius Nortjé

    Hoërskool Zwartkop het ‘n gulde geleentheid om vanjaar ‘n eerste sege in die jaarlikse FNB Classic Clashes-stryd teen Hoërskool Eldoraigne te behaal.

    Geniet al die aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com).

    Die Zwarries kon laas in 2016 daarin slaag om koning te kraai in die Centurion-derby, toe hulle die Eldo’s se Drake naelskraaps met 11-7 geklop het.

    Daarna het agt droë jare gevolg waartydens hul Centurion eweknieë die oorhand geniet het, met die mees onlangse uitslag ‘n oorwinning van 23-19 vir die Drake.

    Die twee spanne het albei ‘n wankelrige begin tot die 2024 seisoen beleef, maar die Zwarries lyk asof hulle tans die beste op dreef is. Dit, tesame met die tuisveldvoordeel in vanjaar se stryd, maak van Zwartkop gunstelinge, maar die Drake moet beslis nie voortydig afgeskryf word nie.

    Eldoraigne verwelkom drie sleutelspelers terug na beserings. Jaydon Niehaus keer na sowat drie weke terug op agtsteman; die woellige oopkantflank, Cameron Kilian, sal ook weer vir die eerste keer in ‘n wyle sy verskyning aan die kant van die skrum maak; en Divan van Rooyen sluit weer by Kevin Earle aan in die middelveld.

    Die terugkeer van die drietal is verblydend vir die Eldo’s se afrigtingspan, met die hoop dat ‘n sege hierdie week die keerpunt in hul seisoen kan beteken.

    “Ons wil fokus om vir 70 minute by ons spelpatroon te hou en nie by Zwartkop aan te pas nie. Dit gaan beslis ‘n harde en vinnige wedstryd wees en, glo my, hulle is vasberade om ons vir die eerste keer in ‘n paar jaar te klop,” het Deon Anderson, die Eldo’s se agterlynafrigter gesê.

    Die Zwarries verwelkom ook hul groot wapen en puntemasjien, Denlison Metcalfe, terug, nadat hy weens ‘n dyspierbesering die span se laaste twee wedstryde misgeloop het. Metcalfe sal egter eers later in die wedstryd te siene wees, met Milton Naudé wat steeds die vertroue van die Zwarries se breiers geniet.

    Naudé moes in die kragmeting met Hoërskool Klerksdorp inderhaas sy stewels afstof om sy plek op regtervleuel in te neem. Hy het in dié wedstryd sy kanse optimaal benut om drie keer agter die doellyn te gaan kuier en as Speler van die Wedstryd aangewys te word.

    Dit beteken dat albei die Zwarries se regtervleuels vir die volle 70 minute fyn dopgehou sal moet word.

    Voorlangs sal die tuisspan hewig staatmaak op hul losvoorspelers, Brian Smith (agtsteman) en Leonard Lotriet (steelkantflank). Die duo het deur die loop van die seisoen gewys dat hulle nie terugdeins vir enige uitdaging nie en hul werkverrigting kan ‘n vername rol speel in die Zwarries se strewe na sukses.

    Die spanne: 

    Hoërskool Zwartkop t. Hoërskool Eldoraigne om 13:00 in Centurion

    Zwartkop: 15 Justin Julies, 14 Milton Naudé, 13 Kyle Blignaut, 12 Luan Williams, 11 Zulu Mona, 10 Luhardt Booyens, 9 Neil Gous, 8 Brian Smith, 7 Leonard Lotriet, 6 Adriaan Janse van Vuuren, 5 Logan Knott, 4 Ettiene van Niekerk, 3 Brogan Ackerman, 2 Dirco la Marque, 1 Julian Lubbe.

    Eldoraigne: 15 Manie Buitendag, 14 Hendru van Zyl, 13 Divan van Rooyen, 12 Kevin Earle, 11 Tristan Lee, 10 JP Meyer, 9 Darren Bruwer, 8 Jayden Niehaus, 7 Justin Meintjies, 6 Cameron Kilian, 5 Rikus Rheeder, 4 SW Liebenberg, 3 Jaco Fourie, 2 Marnus Prinsloo, 1 Wihan White.

  • Player Profile – Luann Olivier (Garsfontein)

     

    LUANN OLIVIER, captain and flanker of Hoërskool Garsfontein, is one of the hottest prospects at schoolboy level. PHOTO: Frans Lombard/Actionpix

    Quite a few pundits and rugby websites have speculated on how the Springboks side could look for the World Cup of 2027 as the side will attempt to secure a third successive title.

    The one thing that all of the pundits and websites forgot and didn’t get right is the fact that some members of the Springbok side of 2027 could still be in school this year. It is where Canan Moodie (Boland Landbou) found himself in matric in 2019 when Rassie Erasmus’ troops bagged their first title and South Africa’s third in Japan.

    So it is not far-fetched that one or two Springboks, who will attempt to retain the title in 2027, could still be completing their school career in 2024.

    The Hoërskool Garsfontein’s captain, Luann Olivier, is an ambitious rugby player with one of his future goals that outshines the rest. And that would be to run out for the Springboks at the next Rugby World Cup.

    Looking towards the future, Olivier has set his sights on earning a place with the Blitzboks, South Africa’s national sevens side. He’s also set to link up with the Sharks.

    Olivier is a versatile player who has represented his school’s First XV as a flanker as well as in the midfield. His coaches, Johan du Plessis and Sylvester Booysen, even trusted him enough to play in the midfield against last year’s SA Schools inside centre, Janco Purchase, in their defeat of 31-33 against Affies. He came out of this battle with his reputation intact.

    It hasn’t been an easy season thus far for Garsfontein as they have suffered six successive defeats thus far. The last one against Waterkloof (36-47) in the SDC Noordvaal Cup would’ve probably been the hardest to process.

    Olivier’s performances thus far have been one of the highlights of Garsies’ season. He is quick for a flanker and has the ability to take defensive lines apart when put in possession. The flanker is also quick to affect a turnover at the breakdown if the opportunity arises.

    Born and bred in Pretoria, Olivier started his love affair with rugby at the tender age of three years old. Since then, he’s never looked back and his achievements in the game have gone from strength to strength.

    In 2017, he made a breakthrough, representing the Blue Bulls for the first time at the u12 inter-provincial week. A year later, he went one better, earning a call-up to the prestigious Blue Bulls u13 Craven Week side.

    Then, in 2020, Olivier opted to sharpen his skills at one of Pretoria’s most prolific rugby schools of the past decade, Hoërskool Garsfontein. That same year, he ran out for Garsies’ u14 A side.

    However, it was in 2022 that the fiery openside flank really made a name for himself. That year, he was selected for the Blue Bulls’ Grant Khomo Week team.

    The following year, he continued to impress and earned the number six jumper in the Blue Bulls’ side, which made the Craven Week main match. He was also included in the South Africa u18 sevens side, which won bronze at the Commonwealth Youth Games in Trinidad and Tobago.

    When asked about his biggest role models, Olivier answered without hesitation: “Most definitely, my father, Robert. He’s been my biggest supporter and has kept on pushing me to become better in what I do,” said Olivier.

    Among his favourite memories as a Garsfontein rugby player are winning the SDC Noordvaal Cup at home last year, against EG Jansen, and walking into the Bere-kuil for the first time.

    “New Zealand’s flank, Ardie Savea, is another I look up to. Not only is the way he plays a massive example, but his leadership abilities are also something to look up to.”

    “Coaches Johan du Plessis and WJ Strydom have been immense in my development as a rugby player, and I owe a lot of what I’ve achieved over the last couple of years, to them,” said Olivier.

    Strydom is a former Blitzbok under which Olivier would’ve learned

    He’s ambitious, but he’s got the drive to succeed. Look out for the name, Luann Olivier. It might become quite familiar over the next four years.

  • Hugies vuur vroeë waarskuwingskote in Noordvaal-Skild

    Hoërskool Hugenote van Springs het ‘n besliste waarskuwing gerig in hul eerste verskyning vanjaar in die SDC Noordvaal Cup se Skild-afdeling.

    Herleef al die aksie van die naweek se wedstryde op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com).

    Die span van die Oos-Rand het met verlede jaar se kampioen, Hoërskool Secunda, met ‘n telling van 41-31 in Springs afgereken.

    Die tuisspan se pak voorspelers, onder leiding van flank en kaptein, Tyron Hand, lyk asof hulle moeilik gestuit sal word vanjaar. Dit was inderdaad ook voorlangs waar die Hugies, in die eerste helfte reeds, die grondslag vir hul puik sege oor die span van Secunda gelê het.

    Benewens Hand, was die tuisspan se slotpaar, Anthony Smit en Xavier Ungerer, ook uitstaande. Die twee het hul stempel afgedruk met die bal in hand, gereeld meters veld gewen en is elk met ‘n drie beloon.

    Die Hugies se agterlyn het ook uiters gevaarlik vertoon wanneer hulle die nodige spasie gegun is om die bal lug te gee, en dit het aan regtervleuel, Ruan van Biljon, en buitesenter, Vian van Dyk, elk ‘n drie besorg.

    Die besoekers het nietemin begeesterd teruggeveg in die tweede helfte met ‘n sarsie drieë van hul eie. Steelkantflank, Zander Scheepers, was die groot uitblinker op die dag en sy gewoel voorlangs is met ‘n welverdiende driekuns beloon.

    Die verdedigende kampioen kan geensins gering geskat word nie. Dit is boonop alombekend dat ‘n gewonde Secunda-span ‘n perd van ‘n ander kleur is.

    Hoërskool Die Anker het weereens gewys dat dit geen maklike taak is om hulle in hul agterplaas te troef nie. Die span van Brakpan het danksy ‘n uitmuntende spanvertoning met 57-15 vir Hoërskool Ben Vorster se Buffels oorrompel.

    Agtsteman en kaptein, Ruben Herbst, het oudergewoonte van voor gelei en met sy fisieke benadering gesorg dat sy span ‘n stewige grondslag voor kon lê. Hy het waardevolle ondersteuning van vaskopstut, Xavier Boshoff, ontvang.

    Agterlangs het die gesoute binnesenter, Branden Crous, sy ervaring laat geld, en met sy bedrewe aanvalslyne en visie vir spasie vir die Buffels keer op keer onkant betrap.

    Puntemakers:

    Hugenote (Springs) 41 (35) – Drieë: Anthony Smith, Xavier Ungerer, Tyron Hand, Vian van Dyk, Ruan van Biljon. Doelskoppe: Corne Pretorius (5). Strafdoele: Pretorius (2). Hoërskool Secunda 31 (14) – Drieë: Zander Scheepers (3), Brink la Grange, Ryan Erasmus. Doelskoppe: Damian de Beer (3).

    Die Anker 57 (33) – Drieë: Ruben Herbst (2), Duvan Booyens (2), Branden Crous, Xavier Erasmus, Paul Schutte, Branden Sauerman, Damion Boshoff. Doelskoppe: Xavier Erasmus (6). Ben Vorster 15 (3) – Drieë: Thabang Nkuna, Absa Moyo. Doelskop: Shelton Primo. Strafdoel: Primo.

    Wesvalia 41 (17) – Drieë: Fafa Calitz (2), Justin Adams, Rickardt van Heerden, Chad Hofmeyer. Doelskoppe: Rickardt van Heerden (4), Eduard Meyer. Strafdoel: Van Heerden (2). Hoërskool Pietersburg 10 (3) – Drie: Divan Brown. Doelskop: Vincent Luckhoff. Strafdoel: Brown.

    Heidelberg Volkskool 34 – Drieë: Juan de Villiers, Kayle Venter, Kevin Oormeyer, Theuns van der Merwe, Janco Coetzer. Doelskoppe: Kayle Venter (3). Strafdoel: Venter. Jeugland 29.

    Ander spanne:

    o.16: Pietersburg 30, Wesvalia 25; Heidelberg Volkies 14, Jeugland 13; Hugenote 29, Secunda 13.

    o.15: Pietersburg 27, Wesvalia 12; Heidelberg Volkies 24, Jeugland 8; Hugenote 27, Secunda 20.

    o.14: Wesvalia 18, Pietersburg 14; Heidelberg Volkies 8, Jeugland 7; Secunda 17, Hugenote 7.

     

  • Rooi Bulle baas in Middelburg-kraal

    FOTO: Frans Lombard

    MIDDELBURG – Die Rooibulle slaag daarin om die Middies vir die eerste keer sedert 2017 te klop.

    Herleef al die aksie op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com).

    HTS Middelburg is die nuwe baas in Middelburg.

    Die Rooibulle het vir Hoërskool Middelburg in ‘n uiters aanskoulike kragmeting, op die Middies se tuisveld, met 31-24 verslaan in die SDC Noordvaal Cup se Plaat-afdeling.

    Die twee buurskole het die rekordskare van nagenoeg 15 000 toeskouers vir die volle 70 minute met avontuurlustige skolerugby, vasgenael gehou.

    Tot kort voor die eindfluijie was niemand nog seker wie met die loure sou wegstap nie. Dit was toe HTS se linkervleuel, CJ Muller, soos ‘n pyl uit ‘n boog langs die kantlyn af genael en in die hoekie gedruk het om die sege te beklink.

    Die kragmeting het ‘n skopstryd behels wat vir ‘n mens laat voel het asof jy na ‘n toetswedstryd sit en kyk.

    Die Middies se losskakel en skerpskutter, Matthew Abbey, het die tuisspan deurentyd met sy akkurate korrelwerk pale toe in die prentjie gehou. Boonop het hy, à la Handré Pollard, kort na halftyd oorgeduik vir een van sy span se twee drieë om uiteindelik ‘n persoonlike bydrae van 16 punte tot sy span se totaal te lewer.

    Die Rooibulle se loskakel, Jaque Stassen, het ewe indrukwekkend vertoon om dikwels die Middies se ongedissiplineerde spel te straf met sy stewel en het, nes Abbey, ook 16 punte aangeteken.

    HTS se oopkantflank en kaptein, Toy Engelbrecht, het met sy formidabele voorbeeld gelei, en met sy energieke spel en ongelooflike hoë werkverrigting was hy ongetwyfeld die uitstaande speler op die veld.

    In Kempton Park het Hoërskool Kempton Park en Hoërskool Zwartkop ook gesorg vir ‘n naelbytstryd. Die Kempies het uiteindelik met ‘n telling van 34-26 die wa deur die drif getrek, maar dit was allermins ‘n maklike oorwinning en dié kragmeting is ook kort voor die eindfluitjie eers beslis.

    Die tuisspan het hard teruggeveg in die tweede helfte om ‘n rustydagterstand van 14-19 uit te wis. Dit was slegs in die laaste 15 minute dat die keerpunt gekom het, toe die Zwarries tot 14-man ingekort is danksy ‘n rooi kaart.

    Dit het vir Kempies se linkervleuel, Ettienne Stroebel, met speeltyd reeds verstreke, in staat gestel om deur te breek en op die nippertjie ‘n sege vir die tuisspan te verseker.

    Puntemakers:

    HTS Middelburg 31 (16) – Drieë: Luan Graaff, Toy Engelbrecht, CJ Muller. Doelskoppe: Jaque Stassen (2). Strafdoele: Stassen (4). Hoërskool Middelburg 24 (9) – Drieë: Roux Grobler, Matthew Abbey. Doelskop: Abbey. Strafdoele: Abbey (4), Crawford Joubert.

    Kempton Park 34 (14) – Drieë: Ettienne Stroebel, Tiaan Delport, Armandt Botha, Deon Mulligan. Doelskoppe: Tiaan Delport (4). Strafdoele: Delport (2). Zwartkop 26 (19) – Drieë: Brandley Cronje, Brian Smith, Kyle Blignaut, Strafdrie. Doelskoppe: Luhardt Booyens (2).

    Oos-Moot 43 (22) – Drieë: David Joubert (2), Dewron Aford (2), Connor de Jager, Jayden Pretorius. Doelskoppe: Ruwan Allen (5). Strafdoele: Allen (2). Montana 31 (7) – Drieë: Ruben van Hammersveld, Devan van der Merwe, Marinus Oberholzer, JF Venter, Hendrew Schoeman. Doelskoppe: Devan van der Merwe (2), Jacques Greyling.

    Transvalia 43 (31) – Drieë: Wynand Stols (2), Tumi Moloi (2), Vincent Brits, Siya Khambule, Kani Mohapi. Conversions: Dylan Steinman (4). Ligbron 35 (11) – Drieë: Neo Zwane (2), Lethi Ngwenya (2), Bandile Thanjekwayo. Doelskoppe: Divan van Jaarsveld (2). Strafdoele: Van Jaarsveld (2).

    Ander spanne:

    o.16: Oos-Moot 22, Montana 19; Kempton Park 17, Zwartkop 15; Transvalia 25, Ligbron 21; HTS Middelburg 23, Middelburg 20.

    o.15: Oos-Moot 29, Montana 17; Kempton Park 41, Zwartkop 10; Transvalia 13, Ligbron 7; Middelburg 36, HTS Middelburg 6.

    o.14: Oos-Moot 31, Montana 5; Kempton Park 35, Zwartkop 10; Transvalia 28, Ligbron 6; Middelburg 40, HTS Middelburg 0.

  • Briljante Bastiaanse, Waterkloof stuur Garsie Bere na vroeë hibernasie

    PRETORIA – Ronan Bastiaanse is die Kloof se ridder op ‘n wit perd.

    Herleef al die aksie op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com).

    Die vreugdevure sou hoog gebrand het in die Kloof na Hoërskool Waterkloof se geskiedkundige sege van 47-36 oor Hoërskool Garsfontein se Bere.

    Dit was nie alleen die eerste keer in 11 jaar dat die Klofies weer kon koning kraai teen die Bere nie, maar dié oorwinning het Waterkloof ook gevestig as een van die voorste aanspraakmakers om vanjaar die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling te verower.

    Dit was boonop die sesde agtereenvolgende keer wat Garsies op hul neuse moes kyk.

    Die Blou Tornado was soos ‘n wafferse naelloper uit die blokke om vroeg reeds ‘n taamlike voorsprong op te bou, grootliks danksy heelagter, Ronan Bastiaanse, se dodelike skopskoen.

    Bastiaanse het die besoekers gelooi met ses doelskoppe en ‘n paar strafdoele, maar dit was sy skepdoel, van meer as 50 meter ver, wat die tuisskare laat brul het van vreugde. Hy het uiteindelik met 22 van sy span se 47 punte gespog.

    Die Klofies se steelkantflank, Lendrey Janse van Vuuren, het ook ‘n barshou gespeel en was, saam met agtesteman, Marko Kok, oral op die veld besig om die verdediging met hul kragtige dryfspel aan te vat. Janse van Vuuren het ook ‘n tweekuns behaal.

    Met ‘n rustydagterstand van 12-38 wat hulle in die gesig gestaar het, was die Bere kniediep in die moeilikheid, máár, met die wind van agter in die tweede helfte, het hulle uiteindelik taamlike ritme begin vind om te wys waartoe hulle in staat is. Dit was vernaam wanneer die agterlyn effense spasie gegun was, dat die Garsies op hul gevaarlikste was, en heelagter, Junaid Passensie, het sy kanse aangegryp om self twee keer te gaan druk.

    Die Bere se terugvegpoging van 24 punte en uitstekende skrumwerk sal van die positiewes wees wat hulle uit die nederlaag kan neem.

    Hoërskool Monument het die momentum wat hulle by die onlangse Wildeklawer-toernooi begin opbou het voortgesit en, met losskakel, Cruz la Moer, aan die spits, die bal lekker lug gegee in die tweede helfte om Hoërskool Menlopark met 59-25 te verslaan.

    Die Parkies sal wil verbeter op hul vertoning in die eerste 35 minute gespeel het, maar indien die Pretorianers dieselfde spelpeil van die tweede helfte vir die res van die seisoen kan voortsit, is hulle beslis ‘n buiteperd in vanjaar se reeks.

    Puntemakers:

    Waterkloof 47 (38) – Drieë: Lendrey Janse van Vuuren (2), Happy Makate, Riwan van Aswegen, Dennis Obi. Doelskoppe: Ronan Bastiaanse (6). Strafdoele: Bastiaanse (2). Skepskop: Bastiaanse. Garsfontein 36 (12) – Drieë: Junaid Passensie (2), Aiden King, Luan van der Berg, Luan Ferreira, Junaid Stuart. Doelskoppe: Luan Ferreira (2), Derrick Kuhn.

    Monument 59 (26) – Drieë: Cruz la More, Keenan Myners, Kealan Milton, RJ Barnard, Nathan Erasmus, Ernesto Oersen, Evan Bernardi, Rasliem Guyan, Hanu Fourie. Doelskoppe: Cruz la More (6). Menlopark 25 (20) – Drieë: Stefan van Niekerk (2), Divan Nel, Anwil Prins.

    Noordheuwel 40 (20) – Drieë: Lindsey Jansen (2), Cheswill Jooste, Jade Muller, Ignatuis Jantjies. Doelskoppe Jeandre Uithaler (3). Strafdoele: Uithaler. Skepskop: Uithaler. Rustenburg 34 (10) – Drieë: Wesley van Loggerenberg, Wickus Jacobs, Erich Potgieter, Coenraad Coetzer. Doelskoppe: Lorenzo Snyers (3). Strafdoele: Snyers (2).

    Dr. EG Jansen 32 (10) – Drieë: Gerhard van Aswegen (2), Zade-Leigh Rippenaar (2), Duwan Potgieter, Ntokozo Ngobese. Doelskop: Matthew Bergman. Marais Viljoen 8 (8) – Drie: Bjorn Pieterse. Strafdoel: Rekkie Gerber.

    Helpmekaar 72 (31) – Drieë: Liam Devenier, Ula van der Merwe, Zaiden Krige, Molatsi Moloi, Michael Benzien, Clinton Cloete, Ty Ax, Pieter Moller, Delano Maritz, Tiaan le Roux, Tristan van Niekerk, Wian Storm. Doelskoppe: Michael Benzien (4), Wian Storm (2). Nelspruit 19 (7) – Drieë: Bradley Claasen, Tinyiko Silubane, Ian Wood. Doelskoppe: Divan de Kock, Christiaan van Deventer.

    Ander spanne:

    o.16: Garsfontein 37, Waterkloof 28; Noordheuwel 17, Rustenburg 10; Monument 38, Menlopark 19; Helpmekaar 48, Nelspruit 6; EG Jansen 34, Marais Viljoen 12.

    o.15: Garsfontein 40, Waterkloof 17; Noordheuwel 34, Rustenburg 0; Monument 22, Menlopark 17; Nelspruit 23, Helpmekaar 22; EG Jansen 19, Marais Viljoen 14.

    o.14: Garsfontein 43, Waterkloof 10; Rustenburg 18, Noordheuwel 13; Monument 25, Menlopark 0; Nelspruit 21, Helpmekaar 17; EG Jansen 5, Marais Viljoen 5.

  • Liggies skyn wéér helderste in FNB Classic Clashes-stryd

    Liggies skyn wéér helderste in FNB Classic Clashes-stryd

    Hoërskool Lichtenburg het wéér koning gekraai in hul jaarlikse FNB Classic Clashes-kragmeting met Hoërskool Klerksdorp.

    Herleef al die aksie op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com).

    Die Liggies het die afgelope naweek vir die besoekers van Klerksdorp met 12-7 in Lichtenburg verslaan. Dit is die tweede agtereenvolgende jaar dat Lichtenburg as oorwinnaars uit die jaarlikse tweestryd met hul tradisionele vyande tree, nadat hulle verlede jaar, in Klerksdorp, met 31-27 die knoop kon deurhak.

    Vanjaar was albei spanne rotsvas op die verdediging, met die gevolg dat daar nie veel geleenthede was vir avontuurlustige hardlooprugby nie.

    Die twee pakke het mekaar behoorlik opgedreun, en dit was asembenewend om die genadelose duikslae en fisieke konfrontasie voorlangs te aanskou. Die tweestryd tussen die steelkantflanke was verál hewig.

    Tiaan Booysen, die Liggies se kantman, het gewoeker in die vastelos, die besoekers laat bontstaan met sy kragtige dryfspel en is met ‘n drie beloon. Aan die kant van Klerksdorp was dit sy naamgenoot, Tiaan Koen, wie se hoë werkverrigting en vasberadenheid op die verdediging deurgaans beïndruk het.

    Agterlangs het Liggies se buitesenter en ander driedrukker, Dundré Dempers, vir Klerksdorp se middeveld kwaai hoofbrekens besorg met sy effektiewe aanvalslyne en vermoë om spasie aan te val. Winton Abrahams, wat op heelagter vir die besoekers uitgedraf het, het uitstekende teenaanvalle geloods, waarvan een ook vir hom op ‘n drie uitgeloop het.

    Puntemakers:

    Lichtenburg 12 (12) – Drieë: Tiaan Booysen, Dundré Dempers. Doelskop: Albert Joubert. Klerksdorp 7 (0) – Drie: Winton Abrahams. Doelskop: Brendin Mathyse.

    Ander spanne:

    o.16: Klerksdorp 22, Lichtenburg 5.

    o.15: Klerksdorp 18, Lichtenburg 13.

    o.14: Klerksdorp 10, Lichtenburg 9.

  • Naweek van nuweling-aksie in Noordvaal Bowl

    Daar wag hope opwinding hierdie naweek wanneer die nuwelinge in die SDC Noordvaal Cup se Bowl-afdeling Saterdag swaarde kruis.

    Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com).

    Hoërskool Randburg het ‘n appeltjie te skil met Potchefstroom Gimnasium, wanneer die twee spanne in Potchefstroom sake uitspook.

    Die vorige keer toe hulle slaags was, was tydens verlede jaar se Noordvaal Afdeling 2-uitspeelrondes, met Gimmies wat naelskraaps met 14-11 die pyp gerook het.

    Die tuisspan se heelagter, Francois Groenewald, is uiters gevaarlik wanneer hy die geringste spasie gegun word en sal die Gimmie-verdedigers deurgaans op hul tone hou. Buitesenter, Quinten Fillies, is ewe effektief met die bal in hand en kan, met sy vaart en visie, teenstanders met gemak klop in die middeveld.

    Die Gimmies se regtervleuel, Toks Becker, is, nes Groenewald en Fillies, ook ‘n dodelike aanvaller, en hy sou hope selfvertroue geput het uit Gimmies se reuse oorwinning van 58-29 oor Dr. Malan. Voorlangs behoort haker, Jaco Nel, en agtsteman, Elrich Bosh, weer ‘n barshou te speel in die los en vaste los.

    Hoërskool Piet Retief geniet vir die tweede agtereenvolgende week tuisveldvoordeel wanneer hulle vir Hoërskool Wagpos, van Brits, op die Jack Botes-stadion welkom heet. Die span van Mpumalanga het hul veldtog op ‘n positiewe noot afgeskop deur vir Eldoraigne se Drake naelskraaps met een punt te troef.

    Afrigter, Pieter de Waal, moes weens beserings egter noodgedwonge ‘n rits veranderinge aanbring. Aphiwe Khumalo skuif van buite na binnesenter, met Langelihle Ntuli wat sy plek op buitesenter inneem. Siphosethu Sibisi dra die nr. 15-trui, met Carwin Caircross wat hom op regtervleuel vervang.

    Die besoekers sal heelwat staatmaak op die voorry, bestaande uit Marcelle Gruindeling, Eben Blom en Armant Botha, om ‘n oorhand in die vaste fasette te bewerkstellig, terwyl oopkantflank, Stefan du Plessis, daarop uit sal wees om by die afbreekpunte die tuisspan se gevaarlike agterlyn van goeie balbesit te ontneem.

    Die spanne: 

    Hoërskool Randburg t. Potchefstroom Gimnasium om 13:20 in Randburg

    Randburg: 15 Francois Groenewald, 14 Dee-Jay van der Merwe, 13 Quinten Fillies, 12 Hendre Breedt, 11 Charl le Roux, 10 Jayden Todd, 9 Hendri Oosthuizen, 8 Curwin Hill, 7 Jean Venter, 6 Ruben Botha, 5 Tristen Nel, 4 Herman Goosen, 3 Willie Lindeque, 2 Diedelof Fourie, 1 Duncan Beaven.

    Potchefstroom Gimnasium: 15 PC Schutte, 14 Toks Becker, 13 Lourens Jacobs, 12 Jean Groenewald, 11 David Ndala, 10 Justin Oosthuizen, 9 Dian Smith, 8 Elrich Bosch, 7 Morne van Aswegen, 6 Wian Botha, 5 Tobias van Dyk, 4 Bart du Plooy, 3 Jayden Stofberg, 2 Jaco Nel, 1 Juandre Barends.

    Hoërskool Piet Retief t. Wagpos in Piet Retief

    Piet Retief: 15 Siphosethu Sibisi, 14 Carwin Caircross, 13 Langelihle Ntuli, 12 Aphiwe Khumalo, 11 Vuyani Tshabalala, 10 Olwethu Tshabalala, 9 Musa Ncube, 8 Christiaan Pienaar, 7 SJ van Barneveld, 6 Melo Xulu, 5 Jaco Klopper, 4 Jandre van Deventer, 3 Louis Grobler, 2 Mario de Olivera, 1 Sfundo Mayisa.

    Wagpos: 15 JG Olckers, 14 Christiaan du Plessis, 13 Frans Burger, 12 Tiaan van der Merwe, 11 Franco Dippenaar, 10 AJ Nieman, 9 Arrie Joubert, 8 David van Breda, 7 Dylan Lautenbach, 6 Stefan du Plessis, 5 Du Toit van Deventer, 4 Jean Senekal, 3 Marcelle Gruindelingh, 2 Eben Blom, 1 Armant Botha.

    Merensky Landbou Akademie t. Hoërskool Alberton om 12:50 in Tzaneen

    Merensky: 15 Jens Bezuidenhout, 14 Andreas Honiball, 13 Ulrich Mare, 12 Maritz Meintjies, 11 Heinrich Lubbe, 10 Byron Hendricks, 9 JD Boshoff, 8 Hardus Terblanche, 7 PG Botes, 6 Corne Swanepoel, 5 Lukas Pieterse, 4 Craig Walker, 3 Tirelo Mashapa, 2 Ruan Marcos, 1 Ethan Maritz.

    Alberton (moontlik): 15 Carlos Madjiet, 14 Nathen Reicherdt, 13 Sipho Sibanyoni, 12 Ewan Muller, 11 Jayden Mostert, 10 Dewald de Jager, 9 Thando Baloi, 8 Jay-Cee Nienaber, 7 Luke Joubert, 6 Amogelang Tokwe, 5 Herman du Preez, 4 Kay C Nel, 3 Xander Maree, 2 Xander Schoeman, 1 Levi Louw.

    Eldoraigne t. Dr. Malan om 13:00 in Centurion:

    Eldoraigne: 15 Manie Buitendag, 14 Hendru Vermeulen, 13 Ivan Vermeulen, 12 Kevin Earle, 11 Tristan Lee, 10 JP Meyer, 9 Darren Bruwer, 8 SW Liebenberg, 7 Justin Meintjies, 6 Rikus Rheeder, 5 Zander Engels, 4 MC Scheepers, 3 Jaco Fourie, 2 Marnus Prinsloo, 1 Wihan White.

    Dr. Malan: 15 Luka Pretorius, 14 Flippie Blignaut, 13 Willem Taylor, 12 Dillon Gouws, 11 Dewald Erasmus, 10 Dian van den Berg, 9 Herman du Plessis, 8 Juan Jardin, 7 Anthony Botes, 6 JT Swart, 5 Liam Giacomozzi, 4 Enrico van Zyl, 3 Franco Barns, 2 Bernard Benson, 1 Devan Fouché.