SSPN Test Site

Author: froberholzer

  • Skild se groot honde reg om te wys wie’s meer byt as blaf

    FOTO: Marius Nortje

    ‘n Hoogs interessante stryd tussen twee groot name in die SDC Noordvaal Cup se Skild-afdeling vind hierdie naweek plaas op die Oos-Rand.

    Volg die aksie regstreeks op SuperSport Schools. (www.supersportschools.com).

    Hoërskool Hugenote van Springs skop hul aanslag op vanjaar se Skild-titel Saterdag op tuisbodem af teen die verdedigende kampioen, Hoërskool Secunda.

    Die span van Springs was nog nie in vanjaar se kompetisie in aksie nie, en het verlede naweek ‘n blaaskans geniet na ‘n strawwe veldtog in die NWU Prestige-reeks. Die span van Secunda het wel reeds ‘n wedstryd in die reeks agter die blad, nadat hulle verlede naweek met 35-17 met Jeugland in Meyerton kon afreken.

    Die Hugies het tot dusver beïndruk met aanskoulike hardlooprugby, asook hul grootste bate, naamlik rotsvaste verdediging. Die afnaweek het ook hul breiers toegelaat om nou die sterkste span in die veld te stoot, met steelkantflank, Tyron Hand, wat nog heel jaar ‘n barshou speel, wat weer die span aanvoer.

    Die Hugies se staatmaker, Hendrik Eybers, sal weer in sy gunstelingposisie op agsteman uitdraf en is een van die span se vernaamste wapens met sy begeesterde dryfspel.

    Die besoekers het nodig gehad om slegs een verandering aan te bring aan die vyftiental wat vir Jeugland verslaan het, met die gevaarlike Brink la Grange wat terugkeer om sy plek op linkervleuel in te neem, in die plek van Divan Mulder. Voorlangs sal agsteman en kaptein, Bakkies Bezuidenhout, en steelkantflank, Zander Scheepers, die vuur stook met hul fisieke benadering, en Hand en Eybers probeer in toom hou.

    In Brakpan wag daar nog ‘n liplekker-stryd met Hoërskool Die Anker wat die Buffels van Hoërskool Ben Vorster verwelkom. Albei spanne het belowende oorwinnings in die eerste ronde van die reeks behaal, met die span van Brakpan wat ietwat verras het met ‘n wegholsege van 53-7 oor Hoërskool Pietersburg.

    Die Anker is egter vir ‘n wyle sonder buitesenter, Sean Schoeman, wat sy kakebeen verlede naweek gebreek het. Ruan Smith skuif na buitesenter, met Xavier Erasmus wat hom op regtervleuel vervang.

    Voorlangs bevind loskopstut, Leon Botha, homself ook op die krukkelys met ‘n kniebesering, wat beteken dat Branden Sauerman van slot na stut skuif en Brendan van Lutterveld vir Sauerman op slot vervang.

    Die spanne: 

    Hugenote (Springs) t. Hoërskool Secunda om 12:30 in Springs

    Hugenote (Springs): 15 George Loucas, 14 Ruan van Biljon, 13 Vian van Dyk, 12 Dylan Nel, 11 Musa Mahlangu, 10 Corne Pretorius, 9 Thanyani Mokiri, 8 Hendrik Eybers, 7 Tyron hand, 6 Arne Marais, 5 Xavier Ungerer, 4 Anthony Smith, 3 Henre Oosthuizen, 2 Luan Pretorius, 1 Franko Neuhoff.

    Hoërskool Secunda: 15 Damian de Beer, 14 Divan Mulder, 13 Ryan Erasmus, 12 Bismarck Jansen, 11 Brink la Grange, 10 EJ Venter, 9 Jarno Haarhoff, 8 Bakkies Bezuidenhout, 7 Zander Scheepers, 6 Zander van der Merwe, 5 Franko Rossouw, 4 Zac Loock, 3 Stefan Bezuidenhout, 2 Zian Steenkamp, 1 Nathan Erasmus.

    Die Anker t. Ben Vorster om 13:20 in Brakpan

    Die Anker: 15 Paul Schutte, 14 Xavier Erasmus, 13 Ruan Smith, 12 Brandon Crous, 11 Jonathan Jordaan, 10 Danie Smit, 9 Troy Joubert, 8 Ruben Herbst, 7 Xander Fraser, 6 Duvan Booyens, 5 Brendan van Lutterveld, 4 Gerhard Oosthuizen, 3 Damian Boshoff, 2 Siya Shongwe, 1 Brandan Sauerman.

    Ben Vorster (moontlik): 15 Fredie Pinto, 14 Nikelo Moyo, 13 Tihandre Reyneke, 12 Gehan Hendriks, 11 Damian Bye, 10 Shelton Primo, 9 Pontsho Selowa, 8 Ewald Kirstein, 7 Joshua van der Mescht, 6 Lethabo Sejake, 5 Lourens Harmse, 4 Raluano Ramano, 3 Makondolele Musekene, 2 John-Henry Schwab, 1 Thabang Nkuna.

    Hoërskool Pietersburg t. Wesvalia om 13:20 in Pietersburg

    Hoërskool Pietersburg: 15 Celliers van der Merwe, 14 Brydan Retief, 13 Hanno van Zyl, 12 Siya Mahlangu, 11 AJ Loots, 10 Vincent Luckoff, 9 Divan Brown, 8 Hardus Otto, 7 Tiaan Vermeulen, 6 Juan Jansen van Vuuren, 5 AJ de Beer, 4 Etienne van Jaarsveld, 3 Elardus Erasmus, 2 JP Mostert, 3 Floris Venter.

    Wesvalia Pietersburg (moontlik): 15 Henco Greyling, 14 Justin Adams, 13 Jeandre Snyman, 12 Rickardt van Heerden, 11 Fafa Calitz, 10 Eduard Dreye, 9 Chad Hofmeyer, 8 Hanre Venter, 7 Francois Dumond, 6 Joshua Pieters, 5 Alden Jacobz, 4 Franco Dumond, 3 Bernard Swanepoel, 2 Junior Kuhn, 1 Ulrigh du Preez.

    Jeugland t. Heidelberg Volksool in Meyerton

    Jeugland: TBC

    Heidelberg Volkskool: 15 Theuns van der Merwe, 14 Stefan Botha, 13 Kevin Oormeyer, 12 Dean Last, 11 Tiaan Holloway, 10 Kayle Venter, 9 Hein Oelofse, 8 Joshua Monro, 7 Daniel Munro, 6 Samukelo Ngwenya, 5 Juan de Villiers, 4 Fourie Jacobs, 3 Botshelo Motsepe, 2 Janco Coetzer, 1 Christopher Makgongoane.

  • Rooiletterdag wink vir Rooibulle

    FOTO: Afripix

    Die Rooibulle smag na ‘n eerste sege oor die Middies in sewe jaar.

    Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools of kanaal 216 op DStv – (www.supersportschools.com).

    HTS Middelburg se Rooibulle is oorgehaal om vir die afgelope twee jaar se teleurstellings te vergoed wanneer hulle Saterdagmiddag teen hul tradisionele vyande, Hoërskool Middelburg, op dié se tuisveld, in die SDC Noordvaal Cup se Plaat-afdeling, te staan kom.

    Die Middies het, sedert die twee spanne weer vir die eerste keer in 2022 teen mekaar gespeel het, die oorhand geniet. Hulle het verlede jaar met 21-3 en in 2022 met 31-15 die botoon gevoer oor die Rooibulle. Voor 2022 het hulle laas in 2017 ontmoet, met die Rooibulle wat naelskraaps met 10-5 koning gekraai het.

    Albei spanne het reeds vanjaar beïndruk en vroeg na vore getree as sterk aanspraakmakers op die Plaat-titel.

    Die Rooibulle sal egter heelwat aandag moet skenk aan dissipline in hul eie halfgebied, met die tuisspan se losskakel en skerpskutter, Matthew Abbey, wat lyk asof hy by die week meer akkuraat raak met sy korrelwerk pale toe. Abbey en heelagter, Crawford Joubert, sal ook fyn dopgehou moet wanneer hulle op loop sit met die bal, met verál Joubert se teenaanvalle wat amok kan saai onder die verdediging.

    Die besoekers beskik nietemin oor uithalerspelers in eie reg, soos die woelige flank en kaptein, Toy Engelbrecht. Engelbrecht, wat ook uitblink as ‘n sewesspeler, se vermoë om spasie aan te val maak van hom ‘n uiters gevaarlike kalant.

    Agterlangs wag binnesenter, Johnny dos Santos, op die Middies se middeveld. Dos Santos het vanjaar reeds menige verdediger in die stof laat byt met sy venynige aanvalslyne en kragtige barslopies.

    In Kempton Park wag daar ‘n hoogs interessante stryd tussen Hoërskool Kempton Park en Hoërskool Zwartkop. Die tuisspan het nog nie vanjaar op alle silinders gevuur nie en sal Saterdag die kans wil aangryp om momentum te bou vir die res van die reeks met ‘n eerste sege in vanjaar se kompetisie.

    Hulle sal heelwat staatmaak op losskakel, Stian de Villiers. De Villiers, tesame met sy twee ervare senters, Tiaan Delport en Tian Aucamp, sal die Kempies deurgaans op die voorvoet wil plaas.

    Die Zwarries se held van verlede naweek, Milton Naudé, sal weer op regtervleuel in aksie wees. Naudé moes verlede naweek inderhaas die beseerde Denlison Metcalfe vervang, waarna hy ‘n briljante driekuns behaal het in die span van Centurian se sege van 44-31 oor Hoërskool Klerksdorp.

    Die spanne:

    Hoërskool Middelburg t. HTS Middelburg om 16:00 in Middelburg

    Hoërskool Middelburg: 15 Crawford Joubert, 14 Sihle Mkhatshwa, 13 Eckard Marx, 12 Lungelo Maseko, 11 Jacques Greyling, 10 Matthew Abbey, 9 Keabetswe Nkgadima, 8 Hencoe Janse van Rensburg, 7 Khensani Buthelezi, 6 CW Hanekom, 5 Jabu Mathebula, 4 Rogan van der Walt, 3 Wandisa Mthobeni, 2 Roux Grobler, 1 Wian Olwagen.

    HTS Middelburg (moontlik): 15 Jaque Stassen, 14 WJ Enslin, 13 Luhan Graaf, 12 Johnny dos Santos, 11 CJ Muller, 10 Darius Buytendach, 9 Reece Botha, 8 Tertius Bezuidenhout, 7 Kayden Wessels, 6 Toy Engelbrecht, 5 Sam Ndwandwe, 4 Janco Aucamp, 3 Kagiso Gumbi, 2 Hanro Terblanche, 1 Dirk du Plooy.

    Kempton Park t. Zwartkop om 12:25 in Kempton Park

    Kempton Park: 15 Joshua Meyer, 14 Christiaan Kloppers, 13 Tian Aucamp, 12 Tiaan Delport, 11 Ettienne Stroebel, 10 Stian de Villiers, 9 Ryan Smith, 8 Preston Smith, 7 JP Barnard, 6 Armandt Botha, 5 Lourens van der Merwe, 4 Louis Mouton, 3 Marko van der Schyff, 2 Deon Mulligan, 1 Aiden Nepgen.

    Zwartkop: 15 Justin Julies, 14 Milton Naude, 13 Kyle Blignaut, 12 Luan Williams, 11 Zulu Mona, 10 Luhardt Booyens, 9 Neil Gous, 8 Brian Smith, 7 Leonard Lotriet, 6 Adriaan Janse van Vuuren, 5 Bradley Nortje, 4 Ettiene van Niekerk, 3 Brogan Ackerman, 2 Dirco la Marque, 1 Rikus Kotze.

    Ligbron Akademie t. Transvalia om 12:50 in Ermelo

    Ligbron Akademie: 15 Leon de Vries, 14 Siyanda Dennison, 13 Anele Ngwenya, 12 Lethi Ngwenya, 11 Bandile Thanjekwayo, 10 Divan van Jaarsveld, 9 Renier van Staden, 8 Janco Classen, 7 Tiaan Botha, 6 Jurgens Bezuidenhout, 5 Thamsanqa Lamula, 4 Jaco van Wyk, 3 Devan Scheepers, 2 Marnus Marx, 1 Sabelo Nlapho.

    Transvalia: 15 Siyabonga Khambule, 14 Dihan Crause, 13 Tshepo Molakeng, 12 Brandonlee Smit, 11 Tumi Moloi, 10 Dylan Steynman, 9 Anro Nagel, 8 Wynand Stols, 7 Christiaan Liebenberg, 6 Juan Bishoff, 5 Breyton Kruger, 4 Vincent Brits, 3 Stiaan Breedt, 2 Jayden McPearson, 1 Arne Botes.

    Oos-Moot t. Montana om 12:30 in Pretoria

    Oos-Moot: 15 Naylan Albertus, 14 Jayden Pretorius, 13 Jeandre Venter, 12 Dewron Aford, 11 Drew Williams, 10 Ruwan Allen, 9 David Joubert, 8 Deon Badenhorst, 7 Wade Williams, 6 Bertus van Dyk, 5 Jaydon Botha, 4 Connor de Jager, 3 Christian Smith, 2 Clayton de Bruin, 1 Jandre de Beer.

    Montana: 15 Tyron van Rooyen, 14 Ryan Nel, 13 Hendrew Schoeman, 12 JF Venter, 11 Sam Schoeman, 10 Jacques Greyling, 9 Daelin Ludick, 8 Devan van der Merwe, 7 Justin Herbst, 6 Kyle Bronkhorst, 5 Reuben van Hammersveld, 4 Martin Venter, 3 Ruan Louw, 2 Luhan Theunissen, 1 Marinus Oberholzer.

  • Klofies se beste kans in meer as ‘n dekade om die Garsie Bere te klop

    FOTO: Frans Lombard

    Kan Hoërskool Waterkloof ‘n wendroogte van 11 jaar teen die Garsies verbreek?

    Volg al die aksie op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com).

    Dit is die vraag wat op almal se lippe sal wees wanneer die Klofies en Hoërskool Garsfontein in die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling kragte meet.

    Vanjaar bied waarskynlik vir Klofies die beste kans in jare om hul Pretoriaanse eweknieë te troef. Die tuisspan het nog slegs een keer vanjaar, teen Paul Roos Gimnasium, met 24-47 hul rieme styfgeloop.

    Waterkloof het verál beïndruk by die onlangse Wildeklawer-toernooi, deur in albei hul wedstryde, teen Hoërskool Outeniqua (51-32) en Marlow Landbou (52-24), meer as 50 punte te kon aanteken.

    Dit het egter teen ‘n duur prys gekom aangesien Klofies klaarblyklik vir die res van die seisoen sonder hul ster-losskakel, Franco Cronjé, moet klaarkom, nadat hy ‘n ernstige besering opgedoen het in Kimberley. Die giftige Dennis Obi skuif oor van linkervleuel om Cronje in die nr. 10-trui te vervang, terwyl Jaiden Badenhorst kans kry op linkervleuel.

    Die Garsies kan egter hoegenaamd nie afgeskryf word nie. Die Bere beleef tot dusver ‘n ietwat tentatiewe begin tot die seisoen en het reeds vyf keer in ses wedstryde vanjaar die knie moes buig. Dit is ongewoon dat ‘n Bere-span só sukkel, maar dan moet bygevoeg word dat dié nederlae teen van Suid-Afrika se grootste honde was.

    Die Bere kon vanjaar nog net in sy eerste kragmeting van die seisoen teen Jeppe (37-31) aan die wenkant wees. Die laaste keer wat die Garsies vier keer op ‘n streep verloor het, was toevallig in 2010 toe hy onderskeidelik teen Oos-Moot (8-32), Waterkloof (0-102), Centurion (14-59) en Wonderboom (14-17) die onderspit gedelf het.

    Die reuse nederlaag destyds teen Klofies was ‘n belangrike draaipunt in die Bere se rugbyprogram.

    Flank en kaptein, Luann Olivier, sal slaggereed wees om van voor te lei met sy energieke spel, wat herinner aan dié van ‘n Kwagga Smith of JC Pretorius, en hou ‘n besliste bedreiging in met sy bedrieglike vaart en goeie voetwerk in gebroke spel.

    Die Bere se agterlyn, onderleiding van losskakel, Luan Ferreira, het vanjaar reeds aangedui dat hulle uiters gevaarlik kan wees wanneer hulle aan die gang kom. Die vlugvoetige heelagter, Junaid Passensie, en sneller op buitesenter, Ruan Enslin, sal verál fyn dopgehou moet word deur die Klofie-verdedigers.

    Enslin se tweestryd met Klofies se buitesenter en kaptein, Riwan van Aswegen, beloof om vir groot opwinding te sorg, met albei wat ook die Blou Bul-keurders verder wil laat kopkrap oor wié vanjaar die nr. 13-trui by die Cravenweek oor die kop moet trek.

    Hoërskool Menlopark het ‘n reuse taak op hande wanneer hulle Saterdag na Krugersdorp opruk om Hoërskool Monument aan te vat.

    Die Parkies het verlede jaar in die laaste ronde wedstryde van die SDC Noordvaal Cup ‘n hewige drag slae van 7-111 teen die Wit Bulle op die lyf geloop.

    Die Parkies betree die stryd met hope selfvertroue en het hul seisoen aansienlik beter afgeskop as wat verlede jaar die geval was. Hulle moes nietemin ‘n paar aanpassings maak.

    Ruben Herbst, wat normaalweg op regtervleuel te siene is, skuif na losskakel om die beseerde Logan Botha te vervang, met Ruben Fourie wat op regtervleuel inkom. Leskin Samuels skuif na buitesenter, met Wynand van Wyk wat op binnesenter by Samuels aansluit.

    Die Wit Bulle het besluit om geen veranderinge aan te bring vir die stryd teen die Parkies nie, en nie die momentum wat hulle tot dusver opgebou het onnodig te versteur nie.

    Die spanne:

    Hoërskool Waterkloof t. Hoërskool Garsfontein om 12:30 in Pretoria:

    Waterkloof: 15 Ronan Bastiaanse, 14 Malcolm George, 13 Riwan van Aswegen, 12 Happy Makate, 11 Jaiden Badenhorst, 10 Dennis Obi, 9 Migael Prinsloo, 8 Marko Kok, 7 Lendrey Janse van Vuuren, 6 Divan Botha, 5 Alrich Uys, 4 Stephan de Beer, 3 Jedri Swart, 2 Ruan Jacobs, 1 Juan Gouws.

    Garsfontein: 15 Junaid Passensie, 14 Eben Koekemoer, 13 Ruan Enslin, 12 Wihan van der Berg, 11 Junaid Swart, 10 Luan Ferreira, 9 Derrick Kuhn, 8 Aiden King, 7 Thinus Oosthuizen, 6 Luann Olivier, 5 Jacques Swart, 4 James Schnetler, 3 Luan van der Berg, 2 Justin Blom, 1 Ethan van Dyk.

    Hoërskool Monument t. Hoërskool Menlopark om 13:20 in Krugersdorp:

    Monument: 15 Hanu Fourie, 14 Kealan Milton, 13 Jason Joubert, 12 Theuns du Plooy, 11 Ernesto Oersen, 10 Cruz La Moer, 9 Hanno du Toit, 8 Vince Robberts, 7 RJ Barnard, 6 Jamaal Feldman, 5 Nathan Erasmus, 4 Jacques Botha, 3 Wikus Meyer, 2 Keenan Myners, 1 JC Oosthuizen.

    Menlopark: 15 Divan Nel, 14 Ruben Fourie, 13 Leskin Samuels, 12 Wynand van Wyk, 11 Stefan van Niekerk, 10 Reinhardt Herbst, 9 Gustav Schaffner, 8 Rocco Myburgh, 7 JN van Wyk, 6 Justin Lottering, 5 Mattheus Prinsloo, 4 Keagan Pretorius, 3 Ruwan van Aarddt, 2 Declan Pelser, 1 Chrisjan Brits.

    Noordheuwel t. Hoërskool Rustenburg om 13:10 in Krugersdorp:

    Noordheuwel: 15 Jade Muller, 14 Kean Steyn-Shawe, 13 Cheswil Jooste, 12 Jared Coetzee, 11 Lindsey Jansen, 10 Jeandre Uithaler, 9 Ignatius Jantjies, 8 Brad Brown, 7 Alex Greeff, 6 Willie Schutte, 5 Xander Buytendach, 4 Donovan Breedt, 3 Martin Nel, 2 Brendan Naude, 1 Meyer Opperman.

    Hoërskool Rustenburg: 15 Lorenzo Snyers, 14 Wesley van Loggerenberg, 13 Zulu Khumalo, 12 Hendre Robinson, 11 Christiaan van der Bergh, 10 Tiano Combrinck, 9 Jayden Meyer, 8 Coenraad Coetzer, 7 Dirk Huisamen, 6 Wickus Jacobs, 5 Pedrie Human, 4 Erich Potgieter, 3 Ockert Grobler, 2 Xavier Steenkamp, 1 Divan Welgemoed.

    Helpmekaar t. Hoërskool Nelspruit om 12:30 in Johannesburg:

    Helpmekaar: 15 Tiaan le Roux, 14 Delano Maritz, 13 Ty Ax, 12 Clinton Cloete, 11 Pieter Moller, 10 Michael Benzien, 9 Tristan van Niekerk, 8 Motlatsi Moloi, 7 Darius Haasbroek, 6 Zaiden Krige, 5 Juan-Pierre Lombard, 4 Arnoldus Lottering, 3 Ulrich van der Merwe, 2 Gustav Grotius, 1 Liam Devenier.

    Hoërskool Nelspruit: 15 Theuns Meyer, 14 Nathan Duncan, 13 Ian Wood, 12 Divan de Kock, 11 Tinyiko Silubane, 10 John Duncan, 9 Liam Pringle, 8 Bradley Claasen, 7 Regard Vermaak, 6 Prosper Chillione, 5 Banele Ngwenya, 4 Werno Heyns, 3 Lindane Ndlela, 2 D’Angelo Roberts, 1 Siya Gama.

    EG Jansen t. Marais Viljoen om 12:25 in Boksburg: 

    EG Jansen: 15 R-Jay Peterson, 14 Ntokozo Ngobese, 13 Jean-Dre Claassen, 12 Steven Williams, 11 Keanu van Loggerenberg, 10 Matthew Bergman, 9 Riekus van der Merwe, 8 Gerhard van Aswegen, 7 Divan Francis, 6 Zaide-Lee Rippenaar, 5 Zandre Naudé, 4 Ettienne Smit, 3 Duwan Potgieter, 2 Danre Pike, 1 Zian Marais.

    Marais Viljoen: 15 Tyron Bouw, 14 Tiaan Joubert, 13 Brandon Els, 12 Claudo do Couto, 11 Devin Raubenheimer, 10 Rekkie Gerber, 9 Weon van der Vyver, 8 Rio Tsimbalanga, 7 Dian Scheepers, 6 Loyd-Shoko-Schenc, 5 Bjorn Pieterse, 4 JD Labuschagne, 3 Sifiso Shongwe, 2 Rynier Welgemoed, 1 Clayton Gagiano.

  • Liggies aangeskakel vir groot FNB Classic Clashes-aksie

    Die opwinding is tasbaar in afwagting op Saterdag se jaarlikse FNB Classic Clashes-kragmeting tussen Hoërskool Lichtenburg en Hoërskool Klerksdorp.

    Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com).

    Die spanne sê mekaar vanjaar die stryd aan in Lichtenburg, met Klerksdorp wat oorgehaal sal wees om die bordjies te probeer verhang nadat hulle verlede jaar tuis met 27-31 die knie teen die Liggies moes buig.

    Albei spanne lek ook nog wonde na nederlae in hul eerste uitstappies in onderskeidelik die SDC Noordvaal Cup se Skild- en Plaat-afdeling verlede naweek.

    Lichtenburg het in die Skild-afdeling met 12-23 teen Hoërskool Wesvalia vasgeval, terwyl die Klerksdorpers, in die Plaat-afdeling, hul rieme styfgeloop het met 31-44 teen ‘n begeesterde Hoërskool Zwartkop.

    Die stryd tussen die pakke voorspelers beloof om ‘n groot gestoei af te gee. Albei geniet die fisiekheid voorlangs en die skote gaan ongetwyfeld klap op sowel die aanval as verdediging.

    Die Liggies se slot en kaptein, John Kleyhans, het ‘n taamlike taak op hande maar, indien sy spelpeil op dieselfde vlak is as in die laaste klompie wedstryde, behoort hy met gemak die vuur onder sy pak te kan aansteek. Hy behoort ook kranige ondersteuning te ontvang van agtsteman, Abrie Coetzee, wat terugkeer na sy gunstelingposisie.

    Eddie du Preez vervang die beseerde haker, Juan van Rhyn, in die voorry, terwyl Liggies agterlangs ook slegs een verandering aangebring het met Benré Pollar wat geleentheid kry op binnesenter in die plek van Oratile Sekoto, wat homself ook op die krukkelys bevind.

    Om die span van Klerksdorp in ‘n groot derby te klop gaan egter nie maklik wees nie, met die besoekers wat slegs een verandering aan hul vyftiental aangebring het.

    Tyron Masanga skuif in op regtervleuel, met Winton Abrahams wat Saterdag in die nr. 15-trui diens doen. Hul gereelde staatmaker op heelagter, Deacon Loots, ervaar nog las van ‘n besering. Abrahams se verdediging is nietemin uit die boonste rakke, en hy kan ook heelwat waarde toevoeg op die teenaanval.

    Voorlangs kan haker, Janu de Wet, die lewe uiters moeilik te maak vir die tuisspan, vernaam in gebroke spel.

    Benewens die spogregte wat daarmee gepaardgaan, bied hierdie Saterdag se FNB Classics Clashes-stryd in Lichtenburg ook ‘n waardevolle geleentheid vir albei spanne om momentum te bou met die oog op volgende naweek se Noordvaal Cup-aksie.

    Die spanne is: 

    Hoërskool Lichtenburg t. Hoërskool Klerksdorp op Lichtenburg om 12:50: 

    Lichtenburg: 15 Luan Snyman, 14 Tirll van Schalkwyk, 13 Dundré Dempers, 12 Benré Pollard, 11 Rea Motsusi, 10 Albert Joubert, 9 Willem van Niekerk, 8 Abrie Coetzee, 7 Tiaan Booysen, 6 Kgolagano Legodi, 5 John Kleynhans, 4 GJ Malan, 3 JJ Jonjer, 2 Eddie du Preez, 1 Donovan Rosato.

    Klerksdorp: 15 Winton Abrahams, 14 Tyron Masango, 13 Asif Sumara, 12 Diwan Labuschagne, 11 Louis Vorster, 10 Brendin Mathyse, 9 Jared van Staden, 8 GJ Steenberg, 7 Elardus Botha, 6 Tiaan Koen, 5 Juan Hills, 4 Bokamoso Mabeleng, 3 Liam Pretorius, 2 Janu de Wet, 1 De Wet le Roux.

  • Piet Retief maak stem dik in die Jack Botes-stadion

    Hoërskool Piet Retief het sy die eerste groot hond in die SDC Noordvaal Cup se Bowl-afdeling raak gebyt.

    Herleef al die aksie op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com).

    Die span van Mpumalanga het in ‘n naelbytstryd, met ‘n telling van 21-20 oor Hoërskool Eldoraigne se Drake geseëvier.

    Die tuisspan was vinnig uit die blokke. Hy het reeds twee keer agter die besoekers se doellyn gaan kuier toe die Eldo’s kans kry om die stof uit sy oe te vee.

    Agtsteman, Christiaan Pienaar, was die tuisspan se uitblinker op die dag. Pienaaar het ‘n woelwater wedstryd beleef en die besoekers van Centurion deurgangs op hul tone gehou.

    Hy was met, sterk barslopies, uitstekend op die aanval en was dit ook hy wat vir sy span se eertse vyfpunter oorgebars het. Daarmee saam was hy ‘n doring in die vlees in gebroke spel. Die agtsteman het véral in die vastelos gewoeker.

    Pienaar was egter nie alleenlik verantwoordelik vir die aanslag by die afbreekpunte nie. Sy kollega en oopkantflank, Melo Xulu, was nes Pienaar, deurgangs ‘n bedreiging vir die Eldo’s se losbal. Xulu het ook kort na sy spanmaat, suurlik onder die pale oorgeduik vir sy span se tweede vyfpunter, wat die besoekers onder baie druk geplaas het.

    Die span van Centurion het egter goeie veggees gewys. Hy kon die momentum ietwat in sy guns swaai en het dié tot ‘n welverdiende kuiertjie agter die doellyn vir sy besige agtsteman, SW Liebenberg, gelei. Liebenberg se energieke spel op die aanvaal en werksetiek op verdiging het van hom een van die besoekers se groot uitblinkers gemaak.

    Sy vasskopstut, Jaco Fourie, was ewe indrukwekkend. Hy het veral sy stempel in die skrums afgedruk wat verseker het dat die besoekers hier, die oorhand geniet. Fourie se harde werk is kort na rustyd, met ‘n baie sterk barslopie, met die Eldo’s se enigste ander vyfpunter beloon.

    Potchefstroom Gimnasium het met ‘n uitstekende vertoning van hardloop rugby oor die besoekende Dr. Malan, met ‘n telling van 58-29, in Potchefstroom geseevier.

    Die Potchefstroomers het nie minder as tien keer agter die besoekers se doellyn gaan kuier nie. Haker, Jaco Nel, agtsteman, Elrich Bosch, en linkervleuel, Toks Becker, het elk dubbelle driedruk genot beleef.

    Dit was véral Nel en Bosch wat hand opgesteek het. Die duo het behoorlik in gebroke spel gewoeker. Albei was byna onkeerbaar op die aanval en het hulle gereeld hul goeie vaardighede in die middelveld vertoon.

    Dit was duidelik dat die tuisspan se voorspelers die oorhand geniet in alle vassete van die wedstryd. Dit het ook die platform, vir Becker en die res van die Gimmie-agterlyn, gele om die hope spasie, na hartelus aan te val.

    Die besoekers se losskakel, Luka Pretorius, het moedig probeer om sy span in die wedstryd te hou. Pretorius het gewys dat sy goeie visie en balverspreiding menigde hoofpyne vir sy toekomstige teenstanders kan veroorsaak. Daarmee saam het hy ook gewys dat sy geleerde skopstewel enige disipplinere blapse hewig kan straf.

    Puntemakers: 

    Piet Retief 21 (14) – Drieë: Christiaan Pienaar, Melo Xulu, Langelihle Ntuli. Doelskoppe: Owethu Shabalala (2). Strafdoel: Shabalala. Eldoraigne 20 (7) – Drieë: SW Liebenberg, Jaco Fourie. Doelskoppe: JP Meyer (2). Strafdoele: Meyer (2).

    Potchefstroom Gimnasium 58 (36) – Drieë: Jaco Nel (2), Toks Becker (2), Elrich Bosch (2), Bart du Plooy, Dian Smith, Tiardt Vorster, Morné van Aswegen. Doelskoppe: Jean Groenewald (4). Dr Malan 29 (10) – Drieë: Bernard Benson (2), Anthony Botes, Luka Pretorius. Doelskoppe: Luka Pretorius (3). Strafdoel: Dian van den Berg.

    Hoërskool Alberton 12 – Drieë: Thando Baloi, JC Nienaber. Doelskop: Jayden Moster. Potchefstroom Volkskool 12 – Drieë: Christoff Nel, Diaan van der Merwe. Doelskop: Johandré Maree.

    Hoërskool Randburg 23 – Drieë: Quinton Filllies, Francois Groenewald. Doelskoppe: Hendri Oosthuizen (2). Strafdoele: Oosthuizen (3). Wagpos 14 – Drieë: Frans Burger (2). Doelskoppe: Burger (2).

    Ander spanne:

    o.16: Piet Retief 29, Eldoraigne 24; Dr Malan 19, Potchefstroom Gimnasium 15; Potchefstroom Volkskool 32, Alberton 26; Wagpos 24, Randburg 22.

    o.15: Piet Retief 41, Eldoraigne; Dr Malan 55, Potchefstroom Gimnasium 0; Potchefstroom Volskool 33, Alberton 12; Wagpos 22, Randburg 7.

    o.14: Piet Retief 5, Eldoraigne 0; Dr Malan 12, Potchefstroom Gimnasium 7; Potchefstroom Volkskool 50, Alberton 0; Randburg 24, Wagpos 12.

  • Wesvalia eis eerste slagoffer op tuisbodem

    Wesvalia eis eerste slagoffer op tuisbodem

    FOTO: Marius Nortjé

    Hoërskool Wesvalia het hul eerste slagoffer in die Skild-afdeling van vanjaar se SDC Noordvaal Cup geëis.

    Herleef al die aksie op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com).

    Die span van Klerksdorp het gewys waarom hulle, as nuwelinge in die afdeling, reeds as van die voorste aanspraakmakers op die titel beskou word, deur vir Hoërskool Lichtenburg tuis met 23-12 te klop.

    Die tuisspan moes nietemin alles uithaal om die knoop deur te hak, met die Liggies wat niks wou weet van tou opgooi nie. Albei spanne se verdediging was rotsvas en die skote het vir die volle 70 minute geklap.

    Die Wessies se bestendige binnesenter, Rickardt van Heerden, het oudergewoonte weer die telbord vir die Klerksdorpers laat aanhou rol met sy stewel, wat op die ou end die verskil beteken het. Hy het albei die Wessies se drieë verdoel en ook drie strafdoele deur die pale gejaag.

    Die tuisspan se ander staatmaker, Francois Dumond, was ook weer op sy stukke. Dumond het, nes verlede naweek, sy stempel met begeesterde barslopies afgedruk en vir een van die Wessies se twee drieë oorgebars.

    Die Liggies se voorspelers het moedig probeer, met agtsteman, Abrie Coetzee, wat met sy energieke en fisieke spel uitgeblink het. Hy was ook ‘n yster op die verdediging, wat die vuur onder sy haker, Juan van Rhyn, en loskopstut, Donovan Rosato, aangesteek het.

    Hoërskool Die Anker het ‘n taamlike verrassing op tuisbodem gelewer deur vir Hoërskool Pietersburg ‘n rugbyles van 53-7 te leer. Daarmee het die span van Brakpan ook op dramatiese wyse die bordjies verhang, na hul vorige nederlaag met 17-23 teen die einste span van Pietersburg.

    Agsteman en kaptein, Ruben Herbst, het van voor gelei, en was beloon met twee drieë vir sy uitstekende spel op die aanval.

    Hoërskool Ben Vorster het so hittete ‘n belowende begin tot hul veldtog verbrou. Die Buffels van Tzaneen het nietemin koelkop gebly om ‘n sege van 38-32 oor Heidelberg Volkskool in die sitrusvallei te verseker.

    Dit was hoofsaaklik te danke aan Ben Vorster se vuurvreter-agtsteman, Ewald Kirstein, wat ‘n barshou gespeel het en regoor die veld te sien was. Hy het vir die Volkies van meet af onder druk geplaas met sy vurige dryfspel en ‘n driekuns aan drieë behaal.

    Volkies het egter ook gewys dat hulle nog nie naastenby afgeskryf kan word nie. Die besoekers het, met 10 minute oor, ‘n tamaaie agterstand van 30 punte in die gesig gestaar, maar het, danksy buitesenter, Kevin Oormeyer, se tweekuns, verbete terugveg om byna ‘n groot opskudding te veroorsaak.

    Puntemakers: 

    Wesvalia 23 (20) – Drieë: Francois Dumond, Chad Hofmeyer. Doelskoppe: Rickard van Heerden.(2). Strafdoele: Van Heerden (3). Lichtenburg 12 (5) – Drieë: Juan van Rhyn, Donovan Rosato. Doelskop: Albert Joubert.

    Die Anker 53 (24) – Drieë: Ruben Herbst (2), Xavier Erasmus, Gerhard Oosthuizen, Jonathan Jordaan, Danie Smit, Paul Schutte, Brendan van Lutterveld, Branden Sauerman. Doelskoppe: Xavier Erasmus, Paul Schutte. Strafdoel: Schutte. Hoërskool Pietersburg 7 (0) – Drieë: Juan Jansen van Vuuren. Doelskop: Divan Brown.

    Ben Vorster 38 (12) – Drieë: Ewald Kirstein (3), Damian Bye, Tihandré Reyneke, Nikelo Moyo. Doelskoppe: Shelton Primo (4). Heidelberg Volkskool 32 (3) – Drieë: Kevin Oormeyer (2), Joshua Munro, Christopher Makgonfoane, Jean de Villiers. Doelskoppe Theuns van der Merwe, Kayle Venter. Strafdoel: Venter.

    Secunda 35 (17) – Drieë: Ryan Erasmus (2), Bismarck Jansen, Divan Mulder, EJ Venter, Franko Rossouw. Doelskop: Damian de Beer. Strafdoel: De Beer. Jeugland 17 (7).

    Ander spanne:

    o. 16: Wesvalia 44, Lichtenburg 3; Die Anker 20, Pietersburg 8; Heidelberg Volkskool 40, Ben Vorster 15; Jeugland 29, Secunda 21.

    o. 15: Wesvalia 29, Lichtenburg 16; Pietersburg 12, Die Anker 9; Ben Vorster 24, Heidelberg Volkskool 7; Secunda 31, Jeugland 25.

    o. 14: Wesvalia 40, Lichtenburg 17; Pietersburg 34, Die Anker 10; Ben Vorster 26; Heidelberg Volkskool 8; Jeugland 17, Secunda 17.

  • Naelbytstryd in Vanderbijl

    Naelbytstryd in Vanderbijl

    FOTO: Marius Nortjé

    ‘n Strafdrie, met speeltyd reeds verstreke, het gesorg vir Valia-jolyt in die eerste ronde van die SDC Noordvaal Cup se Plaat-afdeling.

    Herleef al die aksie op SuperSport Schools. (www.supersportschools.com).

    Hoërskool Transvalia het daarin geslaag om met ‘n strafdrie in die doodsnikke by die agterdeur in te glip en vir Hoërskool Oos-Moot, in dié se eerste Plaat-wedstryd, met 31-27 in Vanderbijlpark te troef.

    Met hul begeesterde tweede-helfte vertoning, het Wesvalia ‘n agterstand van 15 punte uitgewis. Die eerste 35 minute het ongetwyfeld aan die besoekers van die Moot behoort, en hulle het teen rustyd ook welverdiend met 20-5 voorgeloop.

    Die Oosies se skrumskakel, David Joubert, het die tuisspan se verdedigers deurgaans op hul tone gehou, met sy slinkse breekslae rondom die afbreekpunte. Dit het ook vir Joubert ‘n tweekuns besorg.

    Aan sy buitekant was losskakel, Ruwan Allen, ook op sy stukke. Allen, wat ewe tuis is op binnesenter, se skopstewel het vir die besoekers tot die bittereinde in die wedloop gehou.

    Siya Khambuhle, Vanderbijlpark se heelagter, was uitstekend op die teenaanval en het ‘n waarskuwing gerig aan toekomstige opponente om liefs nie op hom te skop nie. Khambuhle was, na een só ‘n skitterende lopie, verantwoordelik vir sy span se eerste drie.

    Voorlangs was haker, Jaydon McPearson, en agtsteman, Wynand Stolz, Transvalia se uitblinkers. Die duo was dikwels betrokke by die aksie en het met hul fisieke aanslag die platform gelê vir die tuisspan se snellers. Hulle is elk met ‘n drie beloon, wat ‘n reuse bydrae gelewer het tot Wesvalia se terugvegpoging.

    Hoërskool Montana het vir ietwat van ‘n opskudding gesorg deur vir Hoërskool Kempton Park in ‘n wipplankstryd met 38-34 te verslaan.

    Die Monties se linkervleuel, Sam Schoeman, was die span van Pretoria se groot uitblinker met sy lopies langs die kantlyn af en het twee keer die opposisie met sy spoed geflous om 10 punte tot die sege by te dra.

    Dit het ‘n behoorlike boksgeveg afgegee tussen die twee spanne. Teen rustyd was daar nog niks wat hulle geskei het nie en moes albei nóg harder werk in die tweede helfte. Die Kempies het uiteindelik, met slegs drie minute oor, die voortou geneem toe Stian de Villiers ‘n strafdoel oorgeklits het.

    Die stryd was steeds egter nog nie gewonne nie. Ryan Nel, Monties se regtervleuel, het, met tyd verstreke en teen alle verwagtinge in, agter die doellyn gaan draai om ‘n naelbytsege vir sy span te beklink.

    Hoërskool Zwartkop het beïndruk met hul oorwinning van 44-31 oor Hoërskool Klerksdorp.

    Dié sege wat grotendeels te danke aan ‘n uitmuntende vertoning deur regtervleuel, Milton Naudé. Naudé, wat ter elfder ure, na ‘n besering aan Denlison Metcalfe, ingesluit is in die span, het sy kans met albei hande aangegryp om ‘n briljante driekuns te behaal.

    Puntemakers:

    Transvalia 31 (5) – Drieë: Siya Khambuhle, Tumi Moloi, Jayden McPearson, Wynand Stolz, Strafdrie. Doelskoppe: Dylan Steynman (3). Oos-Moot 27 (20) – Drieë: David Joubert (2), Jeandre Venter. Doelskoppe: Ruwan Allen (3). Strafdoele: Allen (2).

    Montana 38 (24) – Drieë: Sam Schoeman (2), JF Venter, Ryan Nel, Devan van der Merwe, Reuben van Hamersveld. Doelskoppe: Ruwald Goosen. Kempton Park 34 (24) – Drieë: Joshua Meyer (2), Rian Aucamp, Deon Mulligan. Doelskoppe: Stian de Villiers (4). Strafdoele: De Villiers (2).

    Zwartkop 44 (18) – Drieë: Milton Naude (3), Luan Williams, Kyle Blignaut, Luhardt Booyens. Doelskoppe: Luhardt Booyens (4). Strafdoele: Booyens (2). Klerksdorp 31 (19) – Drieë: Tyran masango, Elardus Bohta, Leonard van Rhyn, Janu de Wet. Doelskop: Brendin Mathyse. Strafdoele: Deacon Loots (4).

    Hoërskool Middelburg 41 (22) – Drieë: Rogan van der Walt (2), Jabu Mathebula, Eckard Marx. Doelskoppe: Matthew Abbey (3). Strafdoele: Abbey (5). Ligbron Akademie 5 (0) – Drie: Janco Claasen.

    Ander spanne: 

    o. 16: Transvalia 29, Oos-Moot 10; Kempton Park 68, Montana 5; Zwartkop 108, Klerksdorp 10; Ligbron Akademie 27; Middelburg 25.

    o. 15: Transvalia 25, Oos-Moot 12; Montana 23, Kempton Park 17; Klerksdorp 59, Zwartkop 12; Middelburg 26, Ligbron Akademie 0.

    o. 14: Transvalia 8; Oos-Moot 0; Kempton Park 24, Montana 7; Zwartkop 17, Klerksdorp 7; Middelburg 34, Ligbron Akademie 5.

     

  • Rusties hardloop sirkels om Marais Viljoen

    FOTO: Anton de Villiers

    Hoërskool Rustenburg het presies 51 redes gehad om Saterdag breed te glimlag.

    Herleef al die aksie op SuperSport Schools. (www.supersportschool.com).

    Die span van Rustenburg het hul eerste uitstappie in die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling terdeë geniet om die besoekende Hoërskool Marais Viljoen ‘n loesing van 51-29 toe te dien. Hulle het in die proses agt drieë teen vyf gedruk.

    Dit was vanuit die staanspoor duidelik dat die Rusties daarop uit was om vroeg in die reeks reeds hul stem dik te maak. Die aanslag is deur die tuisspan se linkervleuel, Christiaan van der Bergh, geloods, toe die sneller binne die eerste paar minute oorgewals het om die tuisspan se rekening te open.

    Daarna het die span van Rustenburg in die gebroke spel baljaar en agterlangs die bal behoorlik lug gegee. Heelagter, Lorenzo Snyers, was oudergewoonte op sy gevaarlikste met ál die spasie tot sy beskikking.

    Snyers het ‘n aandeel gehad in ál agt sy span se drieë en het self die doellyn twee keer oorgesteek, terwyl hy ook suksesvol was met ‘n strafdoel en ‘n doelskop om sy persoonlike bydrae op 25 punte te staan te bring. Die staatmakersenter, Hendre Robinson, was self ‘n gevaar met die bal in die hand en het, nes Snyers, ‘n tweekuns behaal.

    Die besoekers het met rukke en stote ook aanskoulike hardlooprugby opgedis, wanneer hulle spasie gegun was in gebroke spel. Linkervleuel, Devin Raubenheimer, het hul eerste drie gedruk, en het op die aanval goed saamgewerk met heelagter, Tyron Bouw.

    Die onderkaptein en steelkantflank, Dian Scheepers, het moedig probeer sy pak op die voorvoet te plaas, en is met een van sy span se vyf drieë beloon.

    Die Rusties het egter reeds genoeg gedoen teen die tyd dat die besoekers ritme begin vind het, en dus was die agterstand net té groot vir Marais Viljoen om in te haal.

    Puntemakers: 

    Rustenburg 51 (36) – Drieë: Lorenzo Snyers (2), Hendre Robinson (2), Christiaan van der Bergh, Zulu Khumalo, Jayden Meyer, Pedrie Human. Doelskoppe: Meyer (3), Snyers. Strafdoel: Snyers. Marais Viljoen 29 (12) – Drieë: Devin Raubeheimer, Tyron Bouw, Loyd Shoko-Senck, Diaan Scheepers, JD Labuschagne. Doelskoppe: Rekkie Gerber (2).

    Ander spanne:

    o. 16: Rustenburg 43, Marais Viljoen 7.

    o. 15: Rustenburg 24, Marais Viljoen 10.

    o. 14: Rustenburg 76, Marais Viljoen 14.

  • Affies en Oakdale se Bulle duik mekaar kapoet

     

    FOTO: Frans Lombard

    KIMBERLY – Die skote het behoorlik in die eerste twee wedstryde, op dag twee van die Wildeklawer rugby-toernooi, geklap.

    Herleef al die aksie op SuperSport Schools. (www.supersportschools.com).

    Afrikaans Hoër Seunskool en Hoër Landbouskool Oakdale het mekaar, in ‘n ongelooflike fisieke stryd, geroer. Die span van Pretoria het uiteindelink, met ‘n telling van 32-10, geseevier.

    Albei spanne het dit reeds van vroeg in die kragmeting duidelik gemaak dat daar nie terug gestaan gaan word vir die ander nie.

    Dit was véral die span van Riversdal wat die skote op verdediging en in die skrums laat klap het. Die Oakdale Bulle se losskop stut, Kai Pratt, was ook uitstekend.

    Pratt het sy lyf soos ‘n wafferse losvoorspeler rond gegooi en het hy die lewe moeilik vir die Witbulle by die afbreekpunte gemaak. Hy het ook ‘n groot rol vertolk in sy span se oorhand by die skrums.

    Dit was egter sy kaptein en buitesenter, Kurt Coetzee, wat die kollig gesteel het. Coetzee was verantwoordelik vir al tien sy span se punte en kon hy met ‘n vyfpunter, doelskop en strafdoel spog.

    Ongeag die feit dat die Witbulle heel moontlik, vir die eerste keer vanjaar sy gelyke voorlangs ontmoet het, was hy nogsteeds klinies wanneer nodig. Sy regtervleuel, Hugo Snyman, was onkeerbaar met die bal in hand. Snyman het op twee geleendhede die Oakdale verdedigers omkant betrap. Dit het beteken dat hy, na twee uitstekende individuele lopies, agter die Bulle se doellyn kon gaan kuier.

    Hierdie geleendhede sou egter nie moontlik gewees het sonder die goeie diens van sy skrumskakel, Zirk Meyer, nie. Meyer het met sy energieke spel verseker dat die Witbulle deurgangs op die voorvoet bly.

    Voorlangs was daar geen beter as die slot JD Hattingh, vir die Pretorianers, nie. Die werkesel het sy lyf onophoudelik op die spel gesit en het sy goeie vertoning vir hom die toekenning as speler van die wedstryd beteken.

    Hoërskool Stellenberg het byna ‘n tweede groot hond van die Noorde raak gebyt. Die span van Belville moes gelukkig wees met ‘n naelskraap nederlaag van 19-17 teen Hoërskool Dr EG Jansen.

    Die Jansies was vinning uit die blokke en kon sy haker, Danre Pike, en linkervleuel, Keanu van Loggerenberg, vroeg oorbars vir ‘n vyfpunter elk. Stellies het nooit gaan le nie en was dit duidelik dat die momentum na sy kant geswaai het met ‘n drie deur sy slot Daniel du Plessis, kort voor rustyd.

    Die tweede helfde het ongetwyfeld aan die span van die Wes-Kaap behoort, met Stellies wat al die speelwerk gedoen het. Die Kaapenaars se haastige verdediging het ook beteken dat die Jansies se gevaarlike agterlyn nooit aan die gang kon kom nie.

    Ongelukkig vir die Stellies was daar geen keer aan die Jansies se woelwater oopkantflank, Zade-Leigh Rippenaar, nie. Sy drie en ‘n suksesvolle doelskop deur losskakakel, Mathhew Bergman, het verseker dat die span van Boksburg by die agter deur kon inglip.

    Puntemakers:

    Affies 32 (17) – Drieë: Hugo Snyman (2), Zirk Meyer, Hendre Schoeman, Ethan van Dyk, Stefan McDonald. Doelskop: Ruben Pienaar. Oakdale Landbou 10 (10) – Drieë: Kurt Coetzee. Doelskop: Coetzee. Strafdoel: Coetzee.

    EG Jansen 19 (12) – Drieë: Danre Pike, Keanu van Loggerenberg, Zade-Leigh Rippenaar. Doelskoppe: Matthew Bergman (2). Stellenberg 17 (5) – Drieë: Daniel du Plessis, Dale du Toit, Marco Staples. Doelskop: Dehan Neethling.

  • Opwinding loop hoog in Vanderbijl

    FOTO: Tap Light Edits

    Vanderbijlpark skuif reg vir ‘n naweek van opwindende aksie in die SDC Noordvaal Cup se Plaat-afdeling wat Saterdag afskop.

    Volg al die aksie regstreeks op Supersport Schools. (www.supersportschools.com).

    Hoërskool Transvalia is oorgehaal om hul aanspraak om as vanjaar se kampioen van die afdeling gekroon te word, op tuisbodem, teen die nuwelinge én buiteperde, Hoërskool Oos-Moot, ‘n beduidende hupstoot te gee.

    Die span van Vanderbijl het hulself reeds verlede jaar onderskei as ‘n krag in die Plaat-afdeling, maar moes in ‘n naelbyt-halfeindstryd teen Hoërskool Kempton Park, wat met 29-29 gelykop geëindig het, die knie buig. Hulle sal vanjaar oorgehaal wees om dinge ‘n stappie verder te neem.

    Transvalia se ervare losskakel, Dylan Steynman, het reeds verlede jaar opslae gemaak en sal vanjaar ‘n sleutelrol vertolk vir die span. Sy geoefende regtervoet sal heelwat waarde toevoeg, terwyl hy ook sal sorg dat die twee kragtige senters, Brandonlee Smit en Tshepo Molakeng, genoegsame bal op die voorvoet ontvang.

    Voorlangs sal die Oosies vir die tuisspan se slot, Christiaan Liebenberg, fyn moet dophou. Liebenberg, ‘n werksesel, sal sy stem verál op die verdediging dik maak met sy kenmerkende duikslae.

    Die besoekers is egter geensins te versmaai nie. Die Oosies het reeds vanjaar beïndruk en selfs vir die Rhinos van Hoërskool Nelspruit met 37-29 op hul neus laat kyk. Hulle was ook in ‘n rillerstryd betrokke met Plaat-eweknieë, Hoërskool Middelburg, met die twee spanne wat met 33-33 gelykop gespeel het.

    Agtsteman, Deon Badenhorst, sal woel voorlangs met sy fisieke benadering en kragtige dryfspel, wat die tuisspan ongetwyfeld op hul tone sal hou.

    In die agterhoede wag die Oosies se ervare losskakel, Ruwan Allen, op die span van Vanderbijl. Allen het reeds verlede jaar, op binnesenter, beïndruk, dus behoort die tweestryd tussen die twee spanne se generaals uiters interessant te wees. Heelagter, Naylan Albertus, is ook gevaarlik wanneer hy sy flink voetwerk in gebroke spel begin tentoonstel.

    In Middelburg ontvang Hoërskool Middelburg vir die ander nuwelinge in die afdeling, Ligbron Akademie. Die Middies lewer tot op hede uitstekende spel en lyk na een van die groot aanspraakmakers op vanjaar se titel. Dis vernaam hul losskakel, Matthew Abbey, wat tot dusver uitgeblink het met sy akkurate skopwerk pale toe.

    Die span van Ermelo moet egter nie onderskat word nie. Hulle is ewe gevaarlik en op hul gemaklikste in gebroke spel, wat beteken dat hulle enige span op ‘n gegewe dag kan klop.

    Die spanne: 

    Hoërskool Transvalia t. Hoërskool Oos-Moot om 12:40 in Vanderbijl Park

    Transvalia: 15 Siyabonga Khambule, 14 Dihan Crouse, 13 Tshepo Molakeng, 12 Brandonlee Smit, 11 Tumi Maloi, 10 Dylan Steynman, 9 Anro Nagel, 8 Wynand Stols, 7 Daniel Kazambu, 6 Juan Bishoff, 5 Breyton Kruger, 4 Christiaan Liebenberg, 3 Stiaan Breedt, 2 Jayden Mcpearson, 1 Arne Botes.

    Oos-Moot (moontlik): 15 Naylan Albertus, 14 Jayden Pretorius, 13 Jeandre Venter, 12 Dewron Aford, 11 Drew Williams, 10 Ruwan Allen, 9 Franco O’Neale, 8 Deon Badenhorst, 7 Wade Williams, 6 Berus van Dyk, 5 Jaydon Botha, 4 Connor de Jager, 3 Christian Smith, 2 Clayton de Bruyn, 1 Jandre de Beer.

    Hoërskool Middelburg t. Ligbron Akademie om 12:00 in Middelburg

    Middelburg: 15 Crawford Joubert, 14 Sihle Mkhatshwa, 13 Eckard Marx, 12 Lungelo Maseku, 11 Jacques Greyling, 10 Matthew Abbey, 9 Keabetswe Nkgadima, 8 Hencoe Janse van Rensburg, 7 Khensani Buthelezi, 6 CW Hanekom, 5 Jabu Mathebula, 4 Rogan van der Walt, 3 Wandisa Mthobeni, 2 Roux Grobler, 1 Wian Olwagen.

    Ligbron (moontlik): 15 Ntando Simelane, 14 Siyanda Dennison, 13 Anele Ngwenya, 12 Lethi Ngwenya, 11 Bandile Thanjekwayo, 10 Divan van Jaarsveld, 9 Renier van Staden, 8 Janco Claasen, 7 Jurgens Bezuidenhout, 6 Tiaan Botha, 5 Jaco van Wyk, 4 Thamsanga Lamula, 3 Sabelo Nhlapho, 2 Devan Scheepers, 1 Tiaan Groenewald.

    Hoërskool Kempton Park t. Hoërskool Montana om 12:25 in Kempton Park

    Kempton Park: 15 Joshua Meyer, 14 Ettienne Stroebel, 13 Tian Aucamp, 12 Tiaan Delport, 11 Wian Rieckert, 10 Stian de Villiers, 9 Ryan Smith, 8 JP Roos, 7 JP Barnard, 6 Armandt Botha, 5 Lourens van der Merwe, 4 Louis Mouton, 3 Marko van der Schyf, 2 Deon Mulligan, 1 Aiden Nepgen.

    Montana: 15 Marq de Villiers, 14 Ryan Nel, 13 Hendrew Schoeman, 12 JF Venter, 11 Sam Schoeman, 10 Ruwald Goosen, 9 Daelin Ludick, 8 Devan van der Merwe, 7 Justin Herbst, 6 Richard Botha, 5 Reuben van Hamersveld, 4 Martin Venter, 3 Ruan Louw, 2 Luhan Theunissen, 1 Marinus Oberholzer.

    Hoërskool Zwartkop t. Hoërskool Klerksdorp om 12:30 in Centurion. 

    Zwartkop: 15 Justin Julies, 14 Denlison Metcalfe, 13 Kyle Blignaut, 12 Luan Williams, 11 Zulu Mona, 10 Luhardt Booyens, 9 Neil Gous, 8 Brian Smith, 7 Leonard Lotriet, 6 Adriaan Janse van Vuuren, 5 Bradley Cronje, 4 Ettienne van Nieker, 3 Brogan Ackerman, 2 Migael Lindeque, 1 Ricus Kotze.

    Klerksdorp (moontlik): 15 Deacon Loots, 14 Yuran Abrahams, 13 Asif Sumara, 12 Diwan Labuschagne, 11 Tyron Masango, 10 Brendin Mathyse, 9 Jared van Staden, 8 GJ Steenberg, 7 Tiaan Koen, 6 Leonard van Rhyn, 5 Bokamoso Mabeleng, 4 Heinrich Hovener, 3 Liam Pretorius, 2 Janu de Wet, 1 De Wet le Roux.