SSPN Test Site

Author: froberholzer

  • Piet Retief maak litte los vir Eldoraigne

    Hoërskool Piet Retief sal slag gereed wees vir sy eerste uitstappie in vanjaar se SDC Noorvaal Cup Bowl afdeling stryd.

    Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools. (www.supersportschools.com).

    Die span van Mpumalanga maak litte los vir sy eerste uitstappie in die nuwe afdeling wanneer hy Hoërskool Eldoraigne Saterdag, om 13:20, op tuisbodem, verwelkom.

    Piet Retief het verlede jaar skoonskip gemaak in die Noordvaal se Afdeling twee en sal beslis een van die spanne in die Bowl afdeling wees om fyn dop te hou. Hy is veral lief daarvoor om die spel oop te maak en enige blapse in sy teenstanders se verdediging te straf, wat beteken dat die Eldo-Drake hulle hande sal vol he.

    Sy senterpaar, Gillies Vermeulen (binnesenter) en Aphiwe Khumalo (buitesenter), sal uitsien vir die toets wat voorle wanneer hulle teen die span van Centurion te staan kom. Dié se losskakel, Olwethu Tshabalala, se vinnige voetwerk en goeie balverspreiding sal die Drake se losskakel, JP Meyer, behoorlik besig hou.

    Voorlangs beskik die tuisspan oor ‘n beweeglike pak voorspelers. Sy haker, Mario de Olivera, kan vir baie probleme veroorsaak wanneer hy, met bal in hand, die Eldos se verdedigings linie aanpak. Sy agtseman en werkesel, Christiaan Pienaar, sal die lewe by die afbreekpunte moeilik maak.

    Die Eldo’s het reeds ‘n wedstryd in die afdeling agter die rug en kan dit heel moontlik baie in sy guns tel, veral met Piet Retief, wat ‘n lang breek geniet het. Die span van Centurion, kan by die agterdeur inglip, met ‘n ootwinning van 17-15, verlede naweek teen Hoërskool Alberton.

    Hy sal egter vandeesweek sonder sy staatmaker agtsteman, Jaydon Niehaus, moet klaarkom. Niehaus bevind homself op die krukkelys na die span se uitstappie in Alberton. Die woelwater steelkantflank, SW Liebenberg, neem sy plek agter die skrum op, terwyl Juwan Pieterse die geelendheid kry om sy staal in die sewe-trui te wys.

    Hoërskool Alberton sal sake, na velede naweek, wil regstel wanneer hy in sy twee agtereenvolgende tuiswedstryd teen Potchefstroom Volksool te staan kom. Soos reeds genoem, moes die span van Alberton gelukkig wees met ‘n twee punt nederlaag verlede naweek.

    Heelagter, Carlos Madjiet, sal egter beoog om die Volkies van agter te straf wanneer hy die kans gegun word. Madjiet het reeds vanjaar gewys dat hy oor die vermoee om gevaarlike teenaanvalle te loots, beskik.

    Inteenstelling hiermee, is Volkies heelagter, Lourenzo Louw, nes Madjiet uiters gevaarlik in hierdie gebied. Dit sal dus neerkom op watse een van in die tweestryd oor die beste verdediging beskik.

    Die spanne:

    Hoërskool Piet Retief t. Hoërskool Eldoraigne om 13:20 in Piet Retief

    Piet Retief: 15 Langelihle Ntuli, 14 Siphosethu Sibisi, 13 Aphiwe Khumalo, 12 Gillies Vermeulen, 11 Vuyani Tshabalala, 10 Olwethu Tshabalala, 9 Kyle Stock, 8 Christiaan Pienaar, 7 SJ van Barneveld, 6 Melo Xulu, 5 Jaco Klopper, 4 Jandre van Deventer, 3 Louis Grobler, 2 Mario de Olivera, 1 Sfundo Mayisa.

    Eldoraigne: 15 Manie Buitendag, 14 Hendru Vermeulen, 13 Ivan Vermeulen, 12 Ian Bosch, 11 Tristan Lee, 10 JP Meyer, 9 Darren Bruwer, 8 SW Liebenberg, 7 Juwan Pieterse, 6 Rikus Rheeder, 5 Zander Engels, 4 MC Scheepers, 3 Jaco Fourie, 2 Marnus Prinsloo, 1 Wihan White.

    Hoërskool Alberton t. Potchefstroom Volkskool om 12:20 in Alberton

    Alberton: 15 Carlos Madjiet, 14 Nathen Reicherdt, 13 Sipho Sibanyoni, 12 Ewan Muller, 11 Jayden Mostert, 10 Dewald de Jager, 9 Thando Baloi, 8 Jay-Cee Nienaber, 7 Luke Joubert, 6 Amogelang Tokwe, 5 Herman du Preez, 4 Kay C Nel, 3 Xander Maree, 2 Xander Schoeman, 1 Levi Louw.

    Potchefstroom Volkskool: 15 Lourenzo Louw, 14 Wikus van Aswegen, 13 Hennie Pretorius, 12 Ethan Leggat, 11 Berno de Klerk, 10 Johandre Meyer, 9 Juhan Geldenhuys, 8 Dewald Gronewald, 7 Marlu du Preez, 6 Henre Nel, 5 Konrad Pretorius, 4 Altus de Jager, 3 Jaco van der Merwe, 2 Christoff Nel, 1 Daniel Strydom.

    Hoërskool Wagpos t. Hoërskool Randburg om 12:50 in Brits

    Wagpos: TBC 

    Randburg: 15 Francois Groenewald, 14 Dee-Jay van der Merwe, 13 Quinten Fillies, 12 Duncan Beavan, 11 Charl le Roux, 10 Jayden Todd, 9 Hendri Oosthuizen, 8 Willie Lindeque, 7 Jean Venter, 6 Curwin Hill, 5 Tristen Nel, 4 Herman Goosen, 3 Waldo Deysel, 2 Diedelof Fourie, 1 Gustave Vorster.

    Potchefstroom Gimnasium t. Dr Malan in Potchefstroom

    Potchefstroom Gimnasium (moontlik): 15 David Ndala, 14 Jaap van der Westhuizen, 13 Lourens Jacobs, 12 Jhanco de Beer, 11 Toks Becker, 10 Jean Groenewald, 9 Dian Smith, 8 Elrich Bosch, 7 Morne van Aswegen, 6 Tiardt Vorster, 5 Tobias van Dyk, 4 Bart du Plooy, 3 Jayden Stofberg, 2 Jaco Nel, 1 Cobus van Rooyen.

    Dr Malan (moontlik): 15 Dian van den Berg, 14 Flippie Blignaut, 13 Dewald Erasmus, 12 Willem Taylor, 11 Andreas Botha, 10 Luka Pretorius, 9 Herman du Plessis, 8 Juan Jardin, 7 Ambrogio van der Walt, 6 Damian Bruwer, 5 Enrico van Zyl, 4 Liam Giacomozzi, 3 Franco Barns, 2 Devan Fouche, 1 Bernard Benson.

  • Nuwelinge reg vir Noordvaal Skild-aksie

    Nuwelinge reg vir Noordvaal Skild-aksie

    FOTO: Marius Nortje

    Die SDC Noordvaal Cup se Skild-afdeling beloof om uiters interessant te wees vanjaar.

    Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools. (www.supersportschools.com).

    Hoërskool Wesvalia kom voor hul eerste groot toets in vanjaar se Skild-Afdeling te staan wanneer hulle Saterdag met hul Noordwes-eweknieë, Hoërskool Lichtenburg, in Klerksdorp kragte meet.

    Soos wat die geval is met ‘n hele paar ander spanne in die kompetisie, is 2024 die Wessies se eerste jaar in die nuwe afdeling.

    Dit behoort hulle egter nie té veel te pla nie, aangesien die span van Klerksdorp tot dusver vanjaar kookwaterrugby opgedis het. Hulle het onder andere vir die groot honde van Krugersdorp, Hoërskool Noordheuwel, in die eindstryd van die NWU Prestige-reeks byna getroef.

    Die span van Klerksdorp sal weer heelwat staatmaak op binnesenter, Rickardt van Heerden, wat nie alleen uitstekend is op sowel die aanval as verdediging nie, maar ook die veranwoordelikheid as stelskopper op sy skouers neem. Eduard Dreyer, wat vroeër vanjaar op losskakel ingeskuif het, se goeie visie en aanvoeling vir spasie is ook ‘n beduidende wapen in die Wessies se arsenaal.

    Francois Dumond, die Klerksdorpers se woelwater oopkantflank, sal ook  sy stempel in die nuwe afdeling wil afdruk. Dumond se werkverrigting maak van hom ‘n doring in die vlees van enige teenstander, en is  verál van groot waarde by die afbreekpunte.

    Die Liggies het self ook die Prestige-reeks goed aangewend ter voorbereiding van vanjaar se Noordvaal-reeks. Die span van Lichtenburg het stadig begin, maar lyk asof hulle uiteindelik ritme herwin het.

    Albert Joubert, wat vir die tweede agtereenvolgende jaar op losskakel diens doen, sal ‘n sleutelrol hê om te vervul indien die span hoop om suksesvol te wees. Nes Dreyer, beskik hy oor die nodige visie en aanvoeling in die nr. 10-trui, en beloof dit om ‘n liplekker-tweestryd tussen die losskakels af te gee.

    Voorlangs sal die ervare agtsteman, Abrie Coetzee, vir die tuisspan met sy begeesterde barslopies en rotsvaste verdediging toets.

    In Brakpan pak verlede jaar se Bowl-kampioen, Hoërskool Die Anker, hul tradisionele vyande, Hoërskool Pietersburg, in dié se eerste wedstryd in die Skild-afdeling.

    Die twee het mekaar reeds vroeër vanjaar in die NWU Prestige-reeks gepak, met die Pieties wat met 23-17 as oorwinnaars uit die stryd getree het. Die span van Brakpan het intussen egter ‘n paar goeie seges op hul kerfstok geplaas en sal tuisvoordeel ten volle wil benut om die bordjies te verhang.

    Die spanne:

    Hoërskool Wesvalia t. Hoërskool Lichtenburg om 13:30 in Klerksdorp

    Wesvalia: 15 Henco Greyling, 14 Justin Adams, 13 Jeandre Snyman, 12 Rickardt van Heerden, 11 Fafa Calitz, 10 Eduard Dreyer, 9 Chad Hofmeyer, 8 Hanre Venter, 7 Francois Dumond, 6 Joshua Pieters, 5 Aiden Jacobz, 4 Franco Dumond, 3 Bernard Swanepoel, 2 Junior Kuhn, 1 Ulrigh du Preez.

    Lichtenburg: 15 Luan Snyman, 14 Tyrell Schalkwyk, 13 Dundre Dempers, 12 Oratile Sekoto, 11 Rea Motsusi, 10 Albert Joubert, 9 Willem van Niekerk, 8 Abrie Coetzee, 7 Tiaan Booysen, 6 Kgolagano Legodi, 5 John Kleynhans, 4 GJ Malan, 3 JJ Jonker, 2 Juan van Rhyn, 1 Donovan Rosato.

    Hoërskool Die Anker t. Hoërskool Pietersburg om 12:20 in Brakpan

    Die Anker: 15 Paul Schutte, 14 Ruan Smith, 13 Sean Schoeman, 12 Brandon Crous, 11 Jonathan Jordaan, 10 Danie Smit, 9 Troy Joubert, 8 Ruben Herbst, 7 Xander Fraser, 6 Duvan Booyens, 5 Branden Sauerman, 4 Gerhard Oosthuizen, 3 Damian Boshoff, 2 Siya Shongwe, 1 Leon Botha.

    Pietersburg: 15 Brydan Retief, 14 Lerisch Duba, 13 Hardus Otto, 12 Zuan Langman, 11 AJ Loots, 10 Celliers van der Merwe, 9 Divan Brown, 8 Etienne van Jaarsveldt, 7 Tiaan Vermeulen, 6 Juan Jansen van Vuuren, 5 AJ de Beer, 4 Hardus Schoeman, 3 Floris Venter, 2 JP Mostert, 1 Hendro Moulder.

    Hoërskool Ben Vorster t. Heidelberg Volkskool om 13:20 in Tzaneen

    Ben Vorster: TBC

    Heidelberg Volkskool: 15 Theuns van der Merwe, 14 JV Badella, 13 Kevin Oormeyer, 12 Kayle Venter, 11 Tiaan Holloway, 10 Hein Oelofse, 9 Pedrie Roets, 8 Joshua Munro, 7 Daniel Munro, 6 Wilco Janse van Rensburg, 5 Dean Last, 4 Fourie Jacobs, 3 Botshelo Motsepe, 2 Janco Coetzer, 1 Christopher Makgongoane.

    Hoërskool Jeugland t. Hoërskool Secunda in Secunda

    Jeugland: TBC

    Secunda: 15 Damian de Beer, 14 Martin Pretorius, 13 Ryan Erasmus, 12 Bismarck Jansen, 11 Divan Mulder, 10 EJ Venter, 9 Jarno Haarhoff, 8 Bakkies Bezuidenhout, 7 Zander Scheepers 6 Zander van der Merwe, 5 Franko Rossouw, 4 Zac Loock, 3 Nathan Erasmus, 2 Rico Schoeman, 1 Stefan Bezuidenhout.

  • Rusties slaggereed vir nuwe Noordvaal-uitdaging

    FOTO: Marius Nortje

    Hoërskool Rustenburg is oorgehaal om hul nuwe veldtog in vanjaar se SDC Noordvaal Cup Beker-afdeling op ‘n hoë noot af te skop.

    Volg al die aksie op SuperSport Schools. (www.supersportschools.com)

    Die Rusties kom Saterdag in hul eerste blootstelling aan die top-afdeling in die reeks teen Hoërskool Marais Viljoen op tuisbodem te staan.

    Die vorige keer vanjaar dat dié twee spanne mekaar gepak het, was dit die span van Alberton wat met ‘n enkele punt (31-30) as oorwinnaars uit die stryd getree het.

    Die span van Rustenburg het tot op hede ‘n taamlike wipplank seisoen beleef en nog nie heeltemal die ritme waarna breier, Naas Olivier, soek gevind nie.

    Olivier en die res van sy afrigtingspan sal nietemin vertou dat ‘n sege oor die span van Alberton ‘n goeie grondslag vir die reeks kan lê.

    Die Rusties se gevaarman, Lorenzo Snyers, sal weer op sy gunstelingposisie as heelagter in aksie wees. Met Snyers se vermoë om gevaarlike teenaanvalle van agter te loods, behoort die besoekers hul hande vol te hê indien hy die nodige spasie gegun word.

    Sy vennoot en mede gevaarman, Zulu Khumalo, skuif van linkervleuel, waar hy die laaste paar wedstryde diens gedoen het, terug na die middeveld om sy plek op buitesenter in te neem. Christiaan van der Bergh skuif van regter- na linkervleuel, met Wesley van Loggerenberg wat die nr. 13-trui vir nr. 14 verruil. Jon-re Jefthas loop die kragmeting mis weens ‘n ligte besering.

    Die besoekers van Alberton betree die stryd met ‘n onveranderde span. Marais Viljoen het self ‘n onbestendige seisoen tot dusver beleef, maar het na ‘n nuwe span gelyk in hul oorwinning van 37-9 oor Hoërskool Pietersburg in verlede naweek se uitspeelwedstryd van die NWU Prestige-reeks.

    Hulle sal staatmaak op die kranige agtsteman, Rio Tshimbalanga, om die besoekers op die voorvoet te plaas. Tshimbalanga was uitmuntend in verlede naweek se vertoning en is moeilik om te stuit wanneer hy met die bal op loop sit.

    Losskakel en kaptein, Rekkie Gerber, het self ‘n groot taak op hande om sy gevaarlike agterlyn, en vernaam die senterpaar, Claudo do Couto  en Brandon Els, aan die gang te kry, en sal ook sy goeie spelpeil met die stewel wil voortsit.

    Die spanne:

    Hoërskool Rustenburg t. Hoërskool Marais Viljoen om 13:20 in Rustenburg

    Rustenburg: 15 Lorenzo Snyers, 14 Wesley van Loggerenberg, 13 Zulu Khumalo, 12 Hendre Robinson, 11 Christiaan van der Bergh, 10 Tiano Combrinck, 9 Jayden Meyer, 8 Coenraad Coetzer, 7 Dirk Huisamen, 6 Wickus Jacobs, 5 Pedrie Human, 4 Erich Potgieter, 3 Ockert Grobler, 2 Xavier Steenkamp, 1 Divan Welgemoed.

    Marais Viljoen: 15 Tyron Bouw, 14 Tiaan Joubert, 13 Brandon Els, 12 Claudo do Couto, 11 Devin Raubenheimer, 10 Rekkie Gerber, 9 Weon van der Vyver, 8 Rio Tshimbalanga, 7 Dian Scheepers, 6 Stefan Basson, 5 Bjorn Pieters, 4 JD Labuschagne, 3 Sifiso Shongwe, 2 Rynier Welgemoed, 1 Clayton Gagiano.

  • Buffels gaffel Woeries

    FOTO: Marius Nortje

    RUSTENBURG – Buffels terug op die wenpad.

    Herleef al die aksie op SuperSport Schools. (www.supersportschools.com).

    Hoërskool Ben Vorster se Buffels het hul weg na die wenpad teruggevind met ‘n klinkende sege van 52-18 oor Hoërskool Centurion.

    Die span van Tzaneen het aanvanklik gesukkel om aan die gang te kom, met Centurion wat taamlike druk toegepas het. In die tweede helfte het die Buffels egter na die hoogste versnelling oorgeskakel om die Woeries te tem.

    Skrumskakel, Pontsho Selowa, wat hierdie slag op heelagter diens verrig het, was die bloktruie se groot uitblinker met sy giftige teenaanvalle van agter, waarmee hy ‘n briljante driekuns behaal het.

    Stiaan du Randt, wat in Selowa se plek op skrumskakel uitgedraf het, het self hom uitstekend van sy taak gekwyt. Sy flink diens agter ‘n pak voorspelers wat die oorhand geniet het, het bygedra daartoe om die Tzaneeners se agterlyn deurentyd op die voorvoet te plaas.

    Voorlangs was die steelkantflank, Joshua van der Mescht, en slot, Raluano Ramano, dorings in die Woeries se vlees. Albei was uiters fisiek en het elk ook ‘n drie gedruk.

    Hoërskool Linden was op hul beurt té sterk vir Hoërskool Wonderboom. Die span van Johannesburg het uiteindelik met 29-15 teen die Pretorianers geseëvier.

    Linden se losskakel, Francois Steyn, was grotendeels verantwoordelik vir sy span se sege en het persoonlik 24 van hul 29 punte aangeteken. Dit het twee pragdrieë ingesluit, asook ‘n doelskop en vier kritieke strafdoele.

    Puntemakers: 

    Ben Vorster 52 (19) – Drieë: Pontsho Selowa (3), Joshua van der Mescht (2), Raluano Ramano, Stiaan du Randt, Tihandre Reyneke. Doelskoppe: Shelton Primo (6). Centurion 18 (15) – Drieë: Waldo Koeleman, Charl Prinsloo. Doelskop: Jayden Potgieter. Strafdoel: Potgieter.

    Linden 29 (9) – Drieë: Francois Steyn (2), Ayden Mans. Doelskop: Steyn. Strafdoele: Steyn (4). Wonderboom 15 (7) – Drieë: Kevin Fensham, Ryan Otto. Doelskop: Jancu Nel. Strafdoel: Nel.

  • Arende vlieg hoog in Rustenburg

    FOTO: Marius Nortje

    RUSTENBURG – Bergsig Akademie klop wéér vir Rob Ferreira.

    Herleef al die aksie op SuperSport Schools. (www.supersportschools.com).

    Die Bergsig Arende het vir die tweede agtereenvolgende jaar as oorwinnaars uit die stryd getree teen hul tradisionele aartsvyande, Hoërskool Rob Ferreira. Die Arende het dié drieëfees net-net met 49-43 gewen.

    Dit was vanuit die staanspoor duidelik dat albei spanne honger was om aanskoulike, hardlooprugby in die Rolyn Bergsig-sportfees se hoofwedstryd op te dis.

    Die tuisspan was blitsig uit die blokke om na skaars ‘n paar minute reeds agter die span van Witrivier se doellyn te gaan kuier. Dit het egter nie vir Rob Ferreira teruggesit nie en die twee spanne het hou vir hou sake uitgespook tot die bittereinde toe.

    Die wendrie is uiteindelik deur die Arende se heelagter, Siya Butelezi, aangeteken, toe hy met skaars ‘n minuut oor deurgebreek het om oorwinning vir die tuisspan te verseker. Dit was ook Butelezi se tweede drie.

    Steelkantflank, Dewald Potgieter, het self ‘n barshou gespeel en is ook met tweekuns beloon. Potgieter en die res van die pak het ‘n stewige grondslag daargestel vir hul uitblinker in die nr. 10-trui, Luan Duvenhage, om spel uitstekend te dikteer.

    Vir die besoekers het hul gereelde agsteman, Tlotlo Ratshwene, uithalerspel gelewer, ál moes hy weens ‘n besering in die middeveld na binnesenter skuif. Daar het hy die Arende se agterlyn deurentyd op hul tone gehou, en het hy onkeerbaar deurgebars vir ‘n welverdiende vyfpunter.

    Die Afrikaanse Hoër Seunskool se Rooiharte het weereens beïndruk met hul sege van 24-10 oor Hoërskool Overkruin in die voorwedstryd. Hul pak het voorlangs die oorhand geniet, met haker, Bauke Swart, wat oudergewoonte in ‘n verwoestende bui was en een van sy span se vier drieë gedruk het.

    Agterlangs was dit weer heelagter, Lamond Baaitjies, wat die veld aan die brand gespeel het met sy venynige teenaanvalle, wat ook op ‘n drie vir hom uitgeloop het.

    Puntemakers: 

    Bergsig 49 (27) – Drieë: Dewald Potgieter (2), Siya Butelezi (2), Henno du Preez, Paulo dos Santos, Luan Duvenhage, Alzandro dos Santos, Lundro Scheepers. Doelskoppe: Scheepers, Duvenhage. Rob Ferreira 43 (24) – Drieë: Zander Visser, Jayden Bekker, Lungelo Mokwena, Ofentse Maunye, Tlotlo Ratshwene, Shapard Khoza. Doelskoppe: Maunye (2). Strafdoele: Maunye (3).

    Affies (Rooiharte) 24 (17) – Drieë: Bauke Swart, Hein Booysen, Alwyn Maas, Lamond Baaitjies. Doelskoppe: Baaitjies (2). Overkruin 10 (5) – Drieë: Divan Mare, Marnus Rademeyer.

  • Geelkobras sluit Rolyn Bergsig onoorwonne af

    FOTO: Marius Nortje

    Die Afrikaanse Hoër Seunskool se Geelkobras was onkeerbaar by vanjaar se Rolyn Bergsig-sportfees.

    Herleef al die aksie op SuperSport Schools. (www.supersportschools.com).

    Die span van Pretoria het die fees in Rustenburg met ‘n oorwinning van 40-19 oor Hoërskool Die Wilgers afgesluit, nadat hulle Maandag vir Hoërskool Wonderboom met 57-21 die loef afgesteek het.

    Binnesenter, George Cronje, was die Pretorianers se uitblinker op die tweede aksiebelaaide dag. Hy het deurgaans hul eweknieë uit die Jakarandastad onder heelwat druk geplaas met sy kragtige lopies in die middeveld, en het twee keer deurgebreek vir drieë.

    Die plaasvervanger losvoorspelers, Gareth Geyser en Markus Kruger, het die pap dik aangemaak voorlangs en is ook elk met ‘n kuiertjie agter die doellyn beloon vir hul harde werk.

    Vir Die Wilgers het niemand beter vertoon as die oopkantflank, Zander Bothma, nie. Bothma het beïndruk met sy energieke spel en het verál op die verdediging sy lyf op die spel geplaas. Die woelwater-flank was verantwoordelik vir vyf van sy span se 21 punte toe hy welverdiend die Geelkobras se doellyn oorgesteek het.

    Bergsig Akdemie se Hawks het, nes die Geelkobras, die fees onoorwonne afgesluit. Die gasheerskool se tweede span het Rustenburg Rugby Academy met ‘n reuse telling van 52-10 afgestof.

    Die Hawks se buitesenter, Steven Grobler, het gewys hoekom hy uiters gevaarlik kan wees gedurende die res van die seisoen. Sy netjiese aanvalslyne en begeesterde lopies in die middeveld het aan hom ‘n tweekuns besorg.

    Grobler was egter nie die enigste doring in die vlees van die besoekende Akademie-span nie, met agtsteman, Eathan Rautenbach, wat self twee keer gaan druk het.

    Puntemakers: 

    Affies (Geelkobras) 40 (21) – Drieë: George Cronje (2), Geoffry Greyling, Khomo Manakana, Gareth Geyser, Markus Kruger. Doelskoppe: Pieter de Klerk (5). Die Wilgers 19 (19) – Drieë: Zander Bothma, SP Schutte, Aidon Moolman. Doelskoppe: Reinhardt Uys (2).

    Bergsig (Hawks) 52 (26) – Drieë: Steven Grobler (2), Eathan Rautenbach (2), Phillu Thomas, Carlo de Jager, Marlon Mowers, Christian Pereira. Doelskoppe: Shane Watt (6). Rustenburg Rugby Academy 10 (5) – Drieë: Botlhale, Neo.

     

  • Results | Rolyn Bergsig Sport Fees | Day 2

    FOTO: Marius Nortje

    Puntemakers: 

    Bergsig Hawks 52 (26) – Drieë: Steven Grobler (2), Eathan Rautenbach (2), Phillu Thomas, Carlo de Jager, Marlon Mowers, Christian Pereira. Doelskoppe: Shane Watt (6). Rustenburg Rugby Academy 10 (5) – Drieë: Botlhale, Neo.

    Affies (Geelkobras) 40 (21) – Drieë: George Cronje (2), Geoffry Greyling, Khomo Manakana, Gareth Geyser, Markus Kruger. Doelskoppe: Pieter de Klerk (5). Die Wilgers 19 (19) – Drieë: Zander Bothma, SP Schutte, Aidon Moolman. Doelskoppe: Reinhardt Uys (2).

    Ben Vorster 52 (19) – Drieë: Pontsho Selowa (3), Joshua van der Mescht (2), Raluano Ramano, Stiaan du Randt, Tihandre Reyneke. Doelskoppe: Shelton Primo (6). Centurion 18 (15) – Drieë: Waldo Koeleman, Charl Prinsloo. Doelskop: Jayden Potgieter. Strafdoel: Potgieter.

    Linden 29 (9) – Drieë: Francois Steyn (2), Ayden Mans. Doelskop: Francois Steyn. Strafdoele: Steyn (4). Wonderboom 15 (7) – Drieë: Kevin Fensham, Ryan Otto. Doelskop: Jancu Nel. Strafdoel: Nel.

    Affies (Rooiharte) 24 (17) – Drieë: Bauke Swart, Hein Booysen, Alwyn Maas, Lamond Baaitjies. Doelskoppe: Baaitjies (2). Overkruin 10 (5) – Drieë: Divan Mare, Marnus Rademeyer.

  • Affies-Rooiharte gaffel Buffels

    FOTO: Marius Nortje

    Afrikaanse Hoër Seunskool se Ronan Cilliers en sy Rooiharte het oor té veel skietgoed beskik vir Hoërskool Ben Vorster op die eerste dag van die Rolyn Bergsig-sportfees.

    Herleef al die aksie op SuperSport Schools. (www.supersportschools.com).

    Cilliers het die manne van Tzaneen deurgaans onder enorme druk geplaas met sy goeie voorgevoel en visie.

    Dit was verál in die tweede helfte dat die losskakel, wat self twee drieë gedruk het, voet in die hoek gesit het vir die Pretorianers om ‘n agterstand van vyf punte uit te wis en uiteindelik oortuigend met 45-29 te seëvier.

    Heelagter, Lamon Baaitjies, het, nes Cilliers, deurentyd ‘n bedreiging ingehou vir die Buffel-verdedigers, vernaam wat sy giftige teenaanvalle betref het. Een so ‘n venynige lopie het vir hom ook ‘n drie besorg.

    Die Affie-voorry het ook hul stempel afgedruk om die grondslag te lê vir die snellers in die agterlyn. Haker, Bauke Swart, en vaskop, Ruan van der Berg, het uitgeblink in sowel die vaste fasette as vaste los.

    Die Buffels se puik poging in die eerste skof het nietemin gewys waartoe hulle in staat is. Skrumskakel, Pontsho Selowa, was uitmuntend met sy breekslae om die skrums en losskrums. Hy is goed bygestaan deur die twee vleuels, Nikelo Moyo en Damian Bye, wat elk met ‘n vyfpunter beloon is.

    In die voorwedstryd van Dag 1 was Hoërskool Rob Ferreira ook net-net té goed vir Hoërskool Centurion. Die span van Witrivier, wat met 47-33 gewen het, se pak het behoorlik gewoeker voorlangs en dit was waar die stryd gewen is.

    Oopkantflank, Lungelo Mokwena, en agsteman, Tlotlo Ratshwene, was die groot uitblinkers. Eersgenoemde het twee keer deurgebars vir drieë, terwyl Ratshwene as Speler van die Wedstryd aangewys is.

    Die Woeries se heelagter, Waldo Koeleman, het ‘n waardige terugvegpoging gelei, en met sy groot vaart en krag van agter die verdediging skitterend uitoorlê vir ‘n driekuns. Binnesenter, Jayden Potgieter, het twee doelskoppe en drie strafdoele deur die pale gejaag.

    Puntemakers:

    Affies (Rooiharte) 45 (12) – Drieë: Ronan Cilliers (2), Lamond Baaitjies, Bauke Swart, Ruan van der Berg, Reynard Bezuidenhout, Elwin Janse van Vuuren. Doelskoppe: Baaitjies (5). Ben Vorster 29 (17) – Drieë: Tumi Ramohale, 14 Nikelo Moyo, Damian Bye. Doelskoppe: Shelton Primo. Strafdoel: Primo.

    Rob Ferreira 47 (28) – Drieë: Lungelo Mokwena (2), Mayare Mbatsane (2), Bandile Zwane (2), Will Mavimselo. Doelskoppe: Ofentse Maunye (5), Bundas Masunda. Centurion 33 (13) – Drieë: Waldo Koeleman (3), Charl Prinsloo. Doelskoppe: Jayden Potgieter (2). Strafdoele: Potgieter (3).

  • Rolyn Bergsig ‘n fees van aksie op Dag 1

    FOTO: Marius Nortje

    Die eerste drie wedstryde van die Rolyn Bergsig-sportfees het vir hope vermaak op die rugbyveld gesorg.

    Herleef al die aksie op Supersport Schools. (www.supersportschools.com).

    Bergsig Akademie se tweede span, beter bekend as die Hawks, het vanjaar se fees afgeskop met ‘n naelbytsege van 41-37 oor Hoërskool Koster.

    Die Hawks se Luan Duvenhage was grotendeels verantwoordelik vir die gashere se sukses, en het uitmuntend vertoon op sowel die aanval as met die stewel. Hy het twee drieë gedruk en met twee doelskoppe geslaag vir ‘n persoonlike bydrae van 14 punte.

    Koster se oopkantflank, Luan Coetzee, was sy span se groot uitblinker en het die veld behoorlik aan die brand gespeel. Coetzee en spanmaats, Danie Smit en Stephen Few, het elk ‘n tweekuns behaal.

    Hoërskool Overkruin het met ‘n telling van 41-17 geseëvier teen hul eweknieë van Pretoria, Hoërskool Die Wilgers. Regtervleuel, Tao Fabri, en losskakel, Marnus Rademeyer, het albei dubbele driedruk-genot gesmaak.

    Rademeyer was ook in die kol met drie doelskoppe en ‘n strafdoel, wat sy persoonlike bydrae op 19 punte te staan gebring het. Hy is ook welverdiend as Speler van die Wedstryd aangewys.

    Afrikaanse Hoër Seunskool se Geelkobras het hul rekening met ‘n wegholsege van 57-21 oor Hoërskool Wonderboom se Wit Tiere oopgemaak. Heelagter, Khumo Manakana, linkervleuel, Wian Grobler, en die plaasvervanger-losvoorspeler, Gareth Geyser, het elk ook ‘n tweekuns behaal.

    Wat die Geelkobras se sege des te meer indrukwekkend gemaak het is die feit dat hulle teen rustyd ‘n agterstand van 17-21 in die gesig gestaar het. Hul verstommende vertoning in die tweede skof het 40 punte sonder antwoord teweeggebring.

    Puntemakers:

    Bergsig Hawks 41 (24) – Drieë: Luan Duvenhage (2), Shane Watt, Carlo de Jager, Martin Horn, Bongi Saki, Gareth Hofstrah. Doelskoppe; Duvenhage (2). Renaldo Prinsloo. Koster 37 (13) – Drieë: Luan Coetzee (2), Danie Smit (2), Stephen Few (2). Doelskoppe: Few (2). Strafdoel: Few.

    Overkruin 41 (17) – Drieë: Tao Fabri (2), Marnus Rademeyer (2), Waylon Oncke, Leequin Fredricks. Doelskoppe: Rademeyer (3). Strafdoel: Rademeyer. Die Wilgers 20 (15) – Drieë: Kyle Painter, Adriaan Jacobs, Jason Pienaar. Doelskop: Reinadt Uys. Strafdoel: Uys.

    Affies (Geelkobras) 57 (17) – Drieë: Khumo Manakana (2), Wian Grobler (2), Gareth Geyser (2), Len Muller, Rueben Pieters, Tristan Swart. Doelskoppe: Schalk Botha. Wonderboom 21 (21) – Drieë: Ruan van Greunen, Ryan Otto, Kevin Frensham. Doelskoppe: Aidan Swart (3).

  • Results | Rolyn Bergsig Sport Fees | Day 1

    FOTO: Marius Nortje

    Puntemakers:

    Bergsig Hawks 41 (24) – Drieë: Luan Duvenhage (2), Shane Watt, Carlo de Jager, Martin Horn, Bongi Saki, Gareth Hofstrah. Doelskoppe; Duvenhage (2). Renaldo Prinsloo. Koster 37 (13) – Drieë: Luan Coetzee (2), Danie Smit (2), Stephen Few (2). Doelskoppe: Few (2). Strafdoel: Few.

    Overkruin 41 (17) – Drieë: Tao Fabri (2), Marnus Rademeyer (2), Waylon Oncke, Leequin Fredricks. Doelskoppe: Rademeyer (3). Strafdoel: Rademeyer. Die Wilgers 20 (15) – Drieë: Kyle Painter, Adriaan Jacobs, Jason Pienaar. Doelskop: Reinadt Uys. Strafdoel: Uys.

    Affies (Geelkobras) 57 (17) – Drieë: Khumo Manakana (2), Wian Grobler (2), Gareth Geyser (2), Len Muller, Rueben Pieters, Tristan Swart. Doelskoppe: Schalk Botha. Wonderboom 21 (21) – Drieë: Ruan van Greunen, Ryan Otto, Kevin Frensham. Doelksoppe: Aidan Swart (3).

    Rob Ferreira 47 (28) – Drieë: Lungelo Mokwena (2), Mayare Mbatsane (2), Bandile Zwane (2), Will Mavimselo. Doelskoppe: Ofentse Maunye (5), Bundas Masunda. Centurion 33 (13) – Drieë: Waldo Koeleman, Charl Prinsloo. Doelskoppe: Jayden Potgieter (2). Strafdoele: Potgieter.

    Affies (Rooiharte) 45 (12) – Drieë: Ronan Cilliers (2), Lamond Baaitjies, Bauke Swart, Ruan van der Berg, Reynard Bezuidenhout, Elwin Janse van Vuuren. Doelskoppe: Baaitjies (5). Ben Vorster 29 (17) – Drieë: Tumi Ramohale, 14 Nikelo Moyo, Damian Bye. Doelskoppe: Shelton Primo. Strafdoel: Primo.