SSPN Test Site

Author: froberholzer

  • Die Kloof kraai koning

    FOTO: Frans Lombard

    PRETORIA -Die vreugdevure in die Kloof sou Saterdag hoog gebrand het nadat Hoërskool Waterkloof as die nuwe kampioen van die NWU Sportreeks gekroon is.

    Herleef al die aksie op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com).

    Die Klofies het in ‘n taai en fisiese stryd met ‘n telling van 23-8 met Hoërskool Menlopark afgereken. Dit het ook beteken dat die Klofies die reeks as enigste onoorwonne span afsluit, met Menlopark die enigste ander span wat voor Saterdag ook nie verloor het nie.

    Dit het aanvanklik ‘n taamlike gestoei vir heerskappy afgegee, met die twee spanne, wat later vanjaar weer in die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling kragte meet, wat mekaar soos gesoute boksers uitgevoel het. Teen rustyd kon elke span slegs een keer druk.

    Die Parkies se haker, Declan Pelser, het sy span se enigste drie gedruk, maar nie soos normaalweg danksy ‘n dryfmaal nie. Hierdie slag het hy soos ‘n wafferse senter in die middelveld deurgebars om agter die Klofies se doellyn te gaan kuier.

    Dennnis Obi, die Klofies se puntemasjien op linkervleuel, het oudergewoonte weer sy stempel afgedruk met sy span se eerste vyfpunter kort voor rustyd. ‘n Langafstand-strafdoel deur Parkies se regtervleuel, Ruben Herbst, het aan Menlopark ‘n rustydvoorsprong van 8-7 gebied.

    Die Klofies het na die omdraaislag egter beheer oorgeneem.

    Agtsteman, Marko Kok, was haas onkeerbaar op die aanval en het die Menlopark-verdedigers al hul dae gegee, terwyl losskakel, Franco Cronje, die Parkies se ongedissiplineerde spel gestraf het met drie strafdoele. Cronje het ook albei drieë verdoel om meer as die helfte van sy span se punte aan te teken.

    Die indrukwekkende, Happy Makate, het kort voor die eindfluitjie oorgewals vir die finale spyker in Parkies se kis.

    Hoërskool Dr. EG Jansen het hul terugkeer tot die wenpad gevier met ‘n spogsege van 36-3 oor Hoërskool Oos-Moot. Die Boksburgers se linkervleuel, Keanu van Loggerenberg, het sy uitstappie geniet en twee keer die bal agter die Oosies se doellyn geplant. Voorlangs, het oopkantflank, Zade-Leigh Rippenaar, en agtsteman, Storm Labuschagne, oudergewoonte die pap dik aangemaak.

    Die Oosies verdien egter ‘n pluimpie, vernaam vir die fisiekheid wat die span van die Moot tafel toe gebring het. Hulle kon egter nie afrond nie, en die Jansies se kliniese vermoë om ongedwonge foute uit te buit was net een te veel vir die Oosies.

    Puntemakers: 

    Waterkloof 23 (7) – Drieë: Dennis Obi, Happy Makate. Conversion: Franco Cronje. Strafdoele: Cronje (3). Menlopark 8 (8) – Drie: Declan Pelser. Strafdoel: Reinardt Herbst.

    EG Jansen 36 (19) – Drieë: Keanu van Loggerensburg (2), Zade-Leigh Rippenaar, Storm Labuschagne, TK Ngobase, Matthew Bergman. Conversions: Bergman (3). Oos-Moot 3 (3) – Strafdoel: Ruwan Allen.

    Ander uitslae: 

    o.16: Menlopark 17, Kempton Park 16 (eindstryd); EG Jansen 24, Nelspruit 17; Middelburg 16, Transvalia 9; Waterkloof 39, Oos-Moot 25; Eldoraigne 19, HTS Middelburg 15.

    o.15: Middelburg 20, EG Jansen 12 (eindstryd); Menlopark 28, Waterkloof 21; Oos-Moot 29, Transvalia 17; Nelspruit 28, Kempton Park 14; Eldoraigne 18, HTS Middelburg 17.

    o.14: Kempton Park 17, Middelburg 15 (eindstryd); Transvalia 11, Nelspruit 8; Oos-Moot 16, EG Jansen 10; Waterkloof 17, Menlopark 5; Eldoraigne 10, HTS Middelburg 3.

  • Viljoen se stewel haak knoop deur vir Monnas

    FOTO: Marius Nortje

    JohannesburgHoërskool Monument se Justin Viljoen het sy span tot ‘n belangrike sege oor Helpmekaar Kollege gesool.

    Herleef al die aksie op SuperSport Schools. (www.supersportschools.com).

    Krugersdorp se Witbulle het hul SDC Noordvaal Cup Beker-rekening met ‘n oorwinning van 31-25, weg van die huis af, oor Helpies geopen.

    Viljoen, die besoekers se losskakel, het met sy korrelwerk na die pale ‘n beduidende aandeel in die span van Krugersdorp se oorwinning gehad. Hy het al vier sy span se drieë maklik verdoel en ook met ‘n strafdoel geslaag vir ‘n bydrae van 11 punte.

    Sy akkurate skopwerk was waarskynlik ook die verskil tussen die twee spanne.

    Die twee skrumskakels, Hanno du Toit (Monument) en Tristan van Niekerk (Helpmekaar) het hul onderskeie spanne se eerste drieë aangeteken, terwyl die Witbulle se uithalervleuel, Kealan Marais, kort voor rustyd ook gaan druk na ‘n skitterende lopie.

    Na die omdraaislag het die Johannesburgers voet in die hoek gesit om ‘n indrukwekkende terugvegpoging te loods. Die tuisspan se bank het ongetwyfeld ‘n groot impak gehad, met ál drie hul drieë in die tweede helfte wat deur plaasvervangers behaal is.

    Die aanskoulikste een was deur die plaasvervanger vleuel, Delano Maritz, toe hy, nes Marais, die verdediging met hope spoed aan die buitekant geklop het.

    ‘n Welverdiende drie, hoewel teen die verloop van die spel, deur die besoekers se steelkantflank en grootste uitblinker op die dag, RJ Barnard, het egter die momentum terug in die guns van die Witbulle geswaai. Daarmee het hulle die voortou geneem en verbete daaraan geklou vir die laaste 10 minute.

    Helpies het genoeg geleenthede gehad om die kastaiings uit die vuur te probeer krap, maar ongedwonge foute, sowel as rotsvaste verdediging aan die kant van die Krugersdorpers, het die tuisspan se planne om ‘n sege in die doodsnikke te gaps in die wiele gery.

    Puntemakers: 

    Monument 31 (17) – Drieë: Hanno du Toit, Kealan Milton, Juandre Marais, RJ Barnard. Doelskoppe: Justin Viljoen (4). Strafdoel: Viljoen. Helpmekaar 25 (7) – Drieë: Tristan van Niekerk, Delano Maritz, Darius Haasbroek, Siya Dyantyi. Doelskop: Wian Strom. Strafdoel: Storm.

    Ander spanne:

    o. 16: Helpmekaar 22, Monument 19.

    o. 15: Monument 13 Helpmekaar 11.

    o. 14: Monument 25, Helpmekaar 12.

  • Die Anker wil NWU Prestige-reeks op hoë noot afsluit

    Die Anker wil NWU Prestige-reeks op hoë noot afsluit

    Hoërskool Die Anker is oorgehaal om hul NWU Prestige-veldtog op ‘n hoë noot af te sluit, wanneer hulle Saterdag op tuisbodem met Hoërskool Zwartkop swaarde kruis.

    Die span van Brakpan het tot dusver vanjaar ‘n wipplank-seisoen beleef. Saterdag se wedstryd dien voorts as ‘n laaste oefenlopie voor die span, vir die eerste keer hierdie jaar, in die SDC Noordval Cup se Skild-afdeling uitdraf.

    Die beseringspook het, soos by vele ander skole, ook by die tuisspan gaan draai, en derhalwe is breier, Corneel van Dyk, druk besig om nuwe kombinasies op die proef te stel. Branden Crous sal vir die tweede agtereenvolgende week die nr. 12-trui oor die kop trek, hoewel hy gewoonlik ‘n doring in teenstanders se flees is as losskakel.

    Die woelige skrumskakel, Danie Smit, neem verantwoordelikheid as generaal en spelskepper in die nr. 10-trui, met Troy Joubert wat in Smit se plek die span van Centurion se verdediging, op skrumskakel, behoort te terroriseer.

    Die Zwarries het ook wankelrig begin vanjaar, met hul eerste wedstryd wat in ‘n nederlaag van 7-21 teen die besoekende Hoërskool Ellisras geëindig het. Vandaar het die Zwarries egter ritme begin vind en stelselmatig aan die strukture gewoond geraak. Losskakel, Luhardt Booyens, is mooi op dreef en sal daardie spelpeil wil voortsit.

    Die Zwarries se puntemasjien van 2023, Denlison Metcalfe, is ook stadig maar seker besig om sy beste vorm te herwin. Hy sal Saterdag se kragmeting in Brakpan wil aanwend as laaste voorbereiding vir die interessante Noordvaal Plaat-afdeling wat voorlê.

    Hoërskool Montana sê vir die begeesterde span van Potchefstroom Gimnasium die stryd aan in Springs. Nes die spanne wat mekaar in Brakpan pak, het hierdie spanne ook geleidelik vanjaar hul voete begin vind. Dit sal egter ‘n groot toets vir die Potchefstromers wees, met die Monties wat ‘n hele paar afdelings bokant hulle in die Noordvaal verskyn.

    ‘n Sege oor die Pretorianers sal beslis moeilikheid vir Gimmies se toekomstige teenstanders voorspel, asook dat die span met heelwat selfvetroue hul eerste jaar in die Noordvaal se Bowl-afdeling kan aanpak.

    Die spanne: 

    Die Anker t. Hoërskool Zwartkop om 12:30 in Brakpan

    Die Anker: 15 Paul Schutte, 14 Ruan Smith, 13 Sean Schoeman, 12 Brandon Crous, 11 Jonathan Jordaan, 10 Danie Smit, 9 Troy Joubert, 8 Ruben Herbst, 7 Xander Fraser, 6 Duvan Booyens, 5 Brendan van Lutterfield, 4 Gerhard Oosthuizen, 3 Damian Boshoff, 2 Siya Shongwe, 1 Leon Botha.

    Zwartkop: 15 Justin Julies, 14 Denlison Metcalfe, 13 Kyle Blignaut, 12 Luan Williams, 11 Zulu Mona, 10 Luhardt Booyens, 9 Neil Gous, 8 Brian Smith, 7 Leonard Lotriet, 6 Adriaan Janse van Vuuren, 5 Logan Knott, 4 Bradley Cronje, 3 Brogan Ackerman, 2 Migael Lindeque, 1 Ricus Kotze.

    Hoërskool Montana t. Potchefstroom Gimnasium om 12:30 in Springs

    Montana: 15 Marq de Villiers, 14 Ryan Nel, 13 Hendrew Schoeman, 12 JF Venter, 11 Keagan van der Merwe, 10 Ruwald Goosen, 9 Daelin Ludick, 8 Devan van der Merwe, 7 Justin Herbst, 6 Richard Botha, 5 Kyle Bronkhorst, 4 Reuben van Hammersveld, 3 Ruan Louw, 2 Luhan Theunissen, 1 Marinus Oberholzer.

    Potchefstroom Gimnasium: 15 PC Schutte, 14 Lourens Jacobs, 13 David Ndala, 12 Jhanco de Beer, 11 Toks Becker, 10 Jean Groenewald, 9 MJ Viljoen, 8 Elrich Bosch, 7 Morne van Aswegen, 6 Tiardt Vorster, 5 Tobias van Dyk, 4 Bart du Plooy, 3 Jayden Stoffberg, 2 Jaco Nel, 1 Cobus van Rooyen.

    Hoërskool Klerksdorp t. Hoërskool Oostelig om 11:10 in Brakpan: 

    Klerksdorp: 15 Cohan Witbooi, 14 Yuran Malete, 13 Winton Abrahams, 12 Asif Sumara, 11 Tyron Masango, 10 Deacon Loots, 9 Jared van Staden, 8 GJ Steenberg, 7 Diwan Labuschagne, 6 Tiaan Koen, 5 Bokamoso Mabeleng, 4 Juan Hills, 3 Liam Pretorius, 2 Janu de Wet, 1 De Wet le Roux.

    Oosterlig: 15 Jaydon Bouwer, 14 Mario Olifant, 13 Dean Jordaan, 12 Joel Jordaan, 11 Joshua Booyens, 10 Tristan Else, 9 Neithan Botha, 8 Kevin Koen, 7 Juandre bekker, 6 Brandon Desmore, 5 Jeandre Naude, 4 Gert Nel, 3 Calvin van Eeden, 2 Gunther Nel, 1 Tiaan Louw.

    Heidelberg Volkskool t. Potchefstroom Volkskool om 11:10 in Springs 

    Heidelberg Volkskool: 15 Kevin Oormeyer, 14 Stefan Botha, 13 Kayle Venter, 12 Dean Last, 11 Tiaan Holloway, 10 Hein Oelofse, 9 Pedrie Roets, 8 Joshua Munro, 7 Daniel Munro, 6 Eduard Roets, 5 Christopher Makgongoane, 4 Fourie Jacobs, 3 Botshelo Motsepe, 2 Janco Coetzer, 1 Hennie du Plessis.

    Potch Volkies: 15 Lourenzo Louw, 14 Wikus van Aswegen, 13 Hennie Pretorius, 12 Ethan Leggat, 11 Berno de Klerk, 10 Johandre Maree, 9 Juhan Geldenhuys, 8 Dewald Groenewald, 7 Christoff Nel, 6 Henre Nel, 5 Konrad Pretorius, 4 Altus de Jager, 3 Jaco van der Merwe, 2 Louis Fourie, 1 Daniel Strydom.

     

  • Nories oorgehaal om weer eindstryd in NWU Prestige-reeks te haal

    FOTO: Frans Lombard

    Slegs Hoërskool Marais Viljoen staan in die pad van die Hoërskool Noordheuwel om vir ‘n tweede agtereenvolgende jaar die eindstryd van die NWU Prestige-reeks te haal.

    Die halfeindstryd tussen bogenoemde spanne in Brakpan behoort voorts ‘n goeie vertoonvenster te bied vir wat ‘n mens te wagte kan wees in vanjaar se SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling.

    Die fokus sal vir eers egter op die Prestige-reeks wees. Die Nories is die verdedigende kampioen en wil hulself ‘n geleentheid bied om agtereenvolgens met die titel weg te stap, deur die span van Alberton te troef.

    Die span van Krugersdorp gaan ietwat gebuk onder beseringsprobleme en sal sonder ‘n paar van hul sleutelspelers moet klaarkom.

    Slot, Alex Greeff, loop die halfeindstryd mis, maar word vervang deur die opwindende Xander Buytendach, wat gretig sal wees om te woel onder die groot manne voorlangs. Hy skroom beslis nie om betrokke te raak by die fisieke aspekte van die spel nie.

    ‘n Stukkie goeie nuus vir die Norie-ondersteuners is dat hul driedrukmasjien op linkervleuel, Lindsey Jansen, terugkeer, nadat hy ‘n blaaskans geniet het om van die ergste stampe en stote van ‘n strawwe skoolvakansie te herstel. Jansen hou groot gevaar in, vernaam wanneer hy spasie aan die buitekant gegun word.

    Marais Viljoen verwag ‘n fisieke stryd voorlangs en sal attent wees op die Nories se dryfmale, wat reeds heelwat sukses vir die Krugersdorpers gebring het. Steelkantflank, Dian Scheepers, behoort egter ander planne te hê, en het tot dusver uitgeblink vir die span van Alberton met sy kragtige dryfspel en verdediging.

    Losskakel en kaptein, Rekkie Gerber, se korrelwerk pale toe sal ook van kardinale belang wees, terwyl sy akkurate lynskoppe ook moet verseker dat Marais Viljoen in die regte areas van die veld speel.

    Hoërskool Pietersburg pak ‘n begeesterde Hoërskool Wesvalia in die reeks se ander halfeindstryd, met die span van Klerksdorp wat vriend en vyand reeds beïndruk het vanjaar.

    Dit was verál die gelykopuitslag (18-18) teen Hoërskool Rustenburg wat wenkbroue laat lig het. Binnesenter, Rickard van Heerden, wat gewoontlik op losskakel diens doen, verdien ‘n klop op die skouer, aangesien sy skopskoen ‘n groot aandeel in die span se sukses het.

    Die Pieties het ietwat ritme verloor na hulle hul losskakel, Vincent Luckhoff, aan die krukkelys moes afstaan, maar Hanno van Zyl, buitesenter en onderkaptein, het spoedig gesorg dat die Pietie-agterlyn weer op alle silinders vuur.

    Die spanne: 

    Hoërskool Noordheuwel t. Marais Viljoen om 15:15 in Brakpan

    Noordheuwel: 15 Jade Muller, 14 Kean Steyn-Shawe, 13 Cheswill Jooste, 12 Jared Coetzee, 11 Lindsey Jansen, 10 Jeandre Uithaler, 9 Ignatius Jantjies, 8 Brad Brown, 7 Christiaan Delport, 6 Mpho Madisoatsile, 5 Xander Buytendach, 4 Donovan Breedt, 3 Martin Nel, 2 Brendan Naude, 1 Meyer Opperman.

    Marais Viljoen: 15 Tyron Bouw, 14 Tiaan Joubert, 13 Brandon Els, 12 Claudo do Couto, 11 Tristan Thom, 10 Rekkie Gerber, 9 Weon van der Vyver, 8 Rio Tsimbalanga, 7 Dian Scheepers, 6 Bjorn Pieterse, 5 Beyers van Niekerk, 4 Rynier Welgemoed, 3 Sifiso Shongwe, 2 Tiaan Bruyns, 1 Clayton Gagiano.

    Hoërskool Pietersburg t. Hoërskool Wesvalia om 13:50 in Springs

    Pietersburg: 15 Brydan Retief, 14 Lerisch Duba, 13 Hanno van Zyl, 12 Siya Manhlangu, 11 Dustin Terblanche, 10 Celliers van der Merwe, 9 Divan Brown, 8 Hardus Otto, 7 Tiaan Vermeulen, 6 Keegan Baker, 5 Juan Janse van Vuuren, 4 Etienne van Jaarsveldt, 3 Elardus Erasmus, 2 JP Mostert, 1 Floris Venter.

    Wesvalia: 15 Fafa Calitz, 14 Justin Adams, 13 Jeandre Snyman, 12 Rickard van Heerden, 11 Kyle Botes, 10 Eduard Dreyer, 9 Chad Hofmeyer, 8 Hanre Venter, 7 Francois Dumond, 6 Joshua Pieters, 5 Aiden Jacobz, 4 Franco Dumond, 3 Bernard Swanepoel, 2 Junior Kuhn, 1 Ulrigh du Preez.

    Hugenote (Springs) t. Jeugland om 15:15 in Springs

    Hugenote (Springs): 15 George Loucas, 14 Musa Mahlangu, 13 Ruan van Biljon, 12 Dylan Nel, 11 Thanyani Mokiri, 10 Corne Pretorius, 9 Tiaan Smit, 8 Hendrik Eybers, 7 Tyron Hand, 6 Arne Marais, 5 Xavier Ungerer, 4 Anthony Smith, 3 Diaan Pretorius, 2 Luan Pretorius, 1 Henre Oosthuizen.

    Jeugland (moontlik): 15 Thando Ngomane, 14 Jetao Jooste, 13 Sinenhlanhla Ndlovu, 12 Ruan Steenkamp, 11 Oregopots Shilubane, 10 King Aganzo, 9 Ruan Worst, 8 Alec Mohlala, 7 Jose Ngoma-Ngoma, 6 Lebo Letlala, 5 Sharon Nsenda, 4 Shammah Nsenda, 3 Khumo Maime, 2 Suyanda Mbanwa, 1 Lesego Moitse.

    Hoërskool Lichtenburg t. Hoërskool Rustenburg om 13:50 in Brakpan 

    Lichtenburg: 15 Luan Snyman, 14 Omphile Gaboutloeloe, 13 Dundre Dempers, 12 Oratile Sekoto, 11 Rea Motsusi, 10 Albert Joubert, 9 Willem van Niekerk, 8 Abrie Coetzee, 7 Tiaan Booysen, 6 Kgolagano Legodi, 5 John Kleynhans, 4 GJ Malan, 3 JJ Jonker, 2 Eddie du Preez, 1 Donovan Rosato.

    Rustenburg (moontlik): 15 Tiano Combrink, 14 Christiaan van den Berg, 13 Lorenzo Snyers, 12 Hendre Roninson, 11 Zulu Khumalo, 10 Jayden Meyer, 9 Adriano George, 8 Coenrad Coetzer, 7 Wicus Jacobs, 6 MC Smit, 5 Pedrie Human, 4 Erich Potgieter, 3 Xander Benedetti, 2 Xavier Steenkamp, 1 Janco Pretorius.

     

     

     

  • Liplekker Mpumalanga-stryd in Centurion

    FOTO: Frans Lombard

    Die groot stryd wat tussen Hoërskool Nelspruit en HTS Middelburg wag, behoort die rugbygemeenskap van Mpumalanga aan die gons te hê.

    Beleef al die aksie regstreeks op SuperSport Schools. (www.supersportschools.com).

    Die Rhinos en die Rooibulle pak mekaar Saterdag by Hoërskool Eldoraigne in die uitspeelwedstryd om die vyfde plek in die NWU Sportreeks.

    Albei spanne het tot dusver vanjaar aanskoulike hardlooprugby opgedis, met die Nellies wat tot op hede miskien nét genoeg gedoen het om ‘n rapsie meer te beïndruk.

    Die Rooibulle is egter nie te versmaai nie, en daar kan pêrre wees as hul agtelyn aan die gang kom. Dit stryd tussen die twee spanne sal ook spesiale betekenis hê vir afrigter, Jano Venter, wat lid was van die Rooibulle se span wat in 2012 die Nellies met ‘n telling van 36-11 getroef het. Hy sal hoop dat sy span hierdie naweek dieselfde kan vermag.

    Daar sal verál op binnesenter, Johnny dos Santos, staatgemaak word om die span van Middelburg op die voorvoet te plaas. Dos Santos is vanjaar uitstekend op dreef in die middelveld en beslis ‘n sterk aanspraakmaker op die Pumas se nr. 12-trui.

    Hy sal egter eers verby Nellies se staatmaker, en stelskopper, op binnesenter, Divan de Kock, moet kom. De Kock het sover nié alleen met sy skopskoen beïndruk nie, maar sy goeie visie en aanvoeling speel ‘n beduidende rol in die Nellies se gevaarlike agterlyn.

    Voorlangs moes die Nellies noodgedwonge ‘n paar veranderinge aanbring. Die vernaamste hiervan is hul staatmaker loskop, Siya Gama, wat homself op die krukkelys bevind en deur Lindane Ndlela vervang word.

    Vir die Rooibulle maak Dos Santos se sentermaat, Luhan Graaff, sy terugkeer om die span se middeveld verder te versterk, met WJ Enslin wat terugskuif na sy gunstelingposisie op regtervleuel. Darius Buytendach, wat verlede naweek die nr. 14-trui gedra het, neem sy plek as losskakel in.

    Hoërskool Kempton Park sal graag hul reeks met ‘n eerste oorwinning, oor Hoërskool Middelburg, wil afsluit. Die Kempies het hard klippe gekou deur die eerste derde van die seisoen, maar ‘n sege oor ‘n goed afgeronde Middie-span behoort broodnodige momentum te bied, vernaam met die SDC Noordvaal Cup se Plaat-afdeling wat oor minder as twee weke afskop.

    Die beseringspook het behoorlik verwoesting gesaai onder die gashere van die dag, Hoërskool Eldoraigne. Die Eldo-Drake sal nietemin alles in die stryd werp om Hoërskool Transvalia te probeer uitoorlê. JP Meyer, hul staatmaker op losskakel, moet noodgedwonge na binnesenter skuif, om die beseerde Kevin Earl te vervang, met Elmar Olivier wat sy plek op losskakel inneem.

    In teenstelling hiermee, behoort die span van Vanderbijlpark lekker uitgerus te wees nadat hulle verlede naweek ‘n loslootjie geniet het.

    Die spanne: 

    HTS Middelburg t. Hoërskool Nelspruit om 14:00 in Centurion

    HTS Middelburg: 15 Jaque Stassen, 14 WJ Enslin, 13 Luhan Graaf, 12 Johnny dos Santos, 11 CJ Muller, 10 Darius Buytendach, 9 Reece Botha, 8 Tertius Bezuidenhout, 7 Kayden Wessels, 6 Toy Engelbrecht, 5 Sam Ndwandwe, 4 Janco Aucamp, 3 Kagiso Gumbi, 2 Hanro Terblanche, 1 Dirk du Plooy.

    Nelspruit: 15 Theuns Meyer, 14 Jordan Pretorius, 13 Ian Wood, 12 Divan de Kock, 11 Tinyiko Silubane, 10 John Duncan, 9 Liam Pringle, 8 Vaughn van Zyl, 7 Banele Ngwenya, 6 Prosper Chillione, 5 Ronaldo van Rensburg, 4 Andre Smit, 3 WJ Botha, 2 Regard Vermaak, 2 Lindane Ndlela.

    Hoërskool Middelburg t. Hoërskool Kemptonpark om 12:30 in Centurion

    Middelburg: 15 Crwaford Joubert, 14 Sihle Mkhatshwa, 13 Echard Marx, 12 Lungelo Maseko, 11 Jacque Greyling, 10 Matthew Abbey, 9 Keabetswe Nkgadema, 8 Henco Janse van Rensburg, 7 Khensani Buthelezi, 6 CW Hanekom, 5 Jabu Mathebula, 4 Rogan van der Walt, 3 Wandisa Mthombeni, 2 Roux Grobler, 1 Wian Olwagen.

    Kempton Park: 15 Joshua Meyer, 14 Ettienne Stroebel, 13 Wian Riekert, 12 Jethro Williams, 11 Tian Aucamp, 10 Tiaan Delport, 9 Ryan Smith, 8 Preston Smith, 7 JP Barnard, 6 Armandt Botha, 5 JP Roos, 4 Louis Mouton, 3 Zander Luckay, 2 Deon Mulligan, 1 Aiden Nepgen.

    Hoërskool Eldoraigne t. Hoërskool Transvalia om 08:30 in Centurion

    Eldoraigne: 15 Hendro van Zyl, 14 Cappie Mashabela, 13 Ivan Vermeulen, 12 JP Meyer, 11 Tristan Lee, 10 Elmar Olivier, 9 Darren Bruwer, 8 Jaydon Niehaus, 7 Jean Gerhard, 6 Ewan Zeelie, 5 Zander Engels, 4 MC Scheepers, 3 Jaco Fourie, 2 Victor Koopmans, 1 Marnus Prinsloo.

    Transvalia: 15 Siyabonga Khambule, 14 Dihan Crause, 13 Kyle Esterhuizen, 12 Brandonlee Smit, 11 Tumi Moloi, 10 Dylan Steynman, 9 Anro Nagel, 8 Wynand Stols, 7 Daniel Kazambu, 6 Juan Bishoff, 5 Breyton Kruger, 4 Christiaan Liebenberg, 3 Stiaan breedt, 2 Jayden McPearson, 1 Arne Booth.

     

  • Geroes of gereed? Monnas, Helpies hervat Noordvaal-wedywering…

    PHOTO: Frans Lombard/Actionpix

    Helpmekaar Kollege en Hoërskool Monument sal albei gretig wees om litte los te maak na ‘n lang breek.

    Volg al die aksie op SuperSport Schools of op Kanaal 216. (www.supersportschools.com).

    Die groot vraag is egter, is dié twee spanne effe verroes, of is hulle gereed vir die opwindende paar maande wat voorlê?

    Hulle skop hierdie naweek die lang verwagte SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling vir 2024 in Johannesburg af. Albei het ‘n aansienlike breek geniet, terwyl ander spanne in die afdeling reeds besig was om sake in ander kompetisies uit te spook.

    Die Helpies se laaste wedstryd was by die St Stithians College Easter Sports Festival, waar hulle teen Hartpury College, van Engeland, met 40-13 geseëvier het. Monnas was laas in aksie by die gesogte Noord/Suid-toernooi, waar hulle gemaklik, met ‘n telling van 50-21, met Hoërskool Durbanville afgereken het.

    Die tuisspan se vaskopstut, Ulrich “Baksteen” van der Merwe, is tot dusver een van die Johannesburgers se grootste uitblinkers. Van der Merwe hou verál met die bal onder die arm ‘n yslike bedreiging in en het keer op keer bewys dat dit meer as een verdediger vat om hom grond toe te bring.

    Met Wian Storm, Helpies se losskakel, se vermoë om die bal van bykans enige plek in die opposisie se halfgebied, en selfs verder, oor te klits, sal Monnas voorts uiters gedissiplineerd moet wees.

    Dit is egter die interessante tweestryd tussen die onderskeie spanne se linkervleuels, Pieter Moller (Helpmekaar) en Ernesto Oersen (Monument), wat die skare kan laat regop sit. Albei beskik oor heelwat vaart, maar skroom ook nie om die verdediging fisies aan te vat nie.

    Die Witbulle se pak sal hiér ‘n kritieke rol hê om te vervul. Die span van Krugersdorp se makro-pak, sal reeds vroeg in die kragmeting hul stempel wil afdruk, om ook te verseker dat losskakel, Justin Viljoen, en sy agterlyn vinnige balbesit op die voorvoet geniet.

    Die geharde slotte, Jacques Botha en Luhan Swart, sal gewis die pap dik aanmaak en met hul krag en fisiekheid van voor lei.

    Die spanne: 

    Helpmekaar Kollege t. Hoerskool Monument om 12:30 in Johannesburg

    Helpmekaar: 15 Zandre van der Westhuizen, 14 Tiaan Le Roux, 13 Ty Ax, 12 Michael Benzien, 11 Pieter Moller, 10 Wian Storm, 9 Tristan van Niekerk, 8 Molatsi Moloi, 7 Eugene de Lange, 6 Zaiden Kriege, 5 JP Lombard, 4 Christiaan Tonkin, 3 Ulrich van der Merwe, 2 Gustav Grotius, 1 Dylan Engelbrecht.

    Monument: 15 Hanu Fourie, 14 Kealan Milton, 13 Jason Joubert, 12 Theuns du Plooy, 11 Ernesto Oersen, 10 Justin Viljoen, 9 Hanno du Toit, 8 Vincent Roberts, 7 RJ Barnard, 6 Jamaal Feldman, 5 Luhan Swart, 4 Jacques Botha, 3 Juandre Marais, 2 Keenan Myners, 1 Wikus Meyer.

  • Wie gaan gekroon word as nuwe kampioen in NWU Sportreeks?

    FOTO: Frans Lombard

    Die eindstryd in vanjaar se NWU Sportreeks tussen Hoërskool Menlopark en Hoërskool Waterkloof beloof om ‘n titaniese stryd af te gee.

    Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools. (www.supersportschools.com).

    Die eindstryd tussen die twee Pretoriaanse skole sal ook ‘n nuwe kampioen oplewer. Verlede jaar het Hoërskool Dr. EG Jansen met 48-10, in die eindstryd, ‘n Oosrand-affêre, teen Hoërskool Kempton Park, koning gekraai.

    Albei spanne is tot dusver onoorwonne in die kompetisie en sal die status quo wil handhaaf wanneer die afskopfluitjie Saterdag om 15:30 by Eldoraigne blaas. Die Parkies het verlede naweek ‘n plek in die eindstryd verseker met ‘n oortuigende sege van 31-14 oor Hoërskool Nelspruit.

    Divan Nel, die Parkies se heelagter, was grotendeels verantwoordelik daarvoor, en sal op sy driekuns in daardie wedstryd wil voortbou in die finaal. Nel is egter nie ál speler wat gevaar inhou vir Klofies nie.

    Ruben Fourie, Menlopark se glibberige buitsenter, kan, nes Nel, heelwat skade aanrig indien hy die nodige spasie gegun word.

    Fourie mag egter sy hande volhê met die Klofies se buitesenter, Riwan van Aswegen. Van Aswegen is uitstekend op dreef, en dit was sy stukkie individuele briljantheid wat nie nét die Jansies in Boksburg geskok het nie, maar ook sy span se plek in die eindstryd verseker het. Die week voor dit het hy die doellyn, teen Hoërskool Transvalia, drie keer oorgesteek.

    Voorlangs wag die besige oopkantflank, Divan Botha, geduldig op sy kans om onder die Parkies in te klim, terwyl agsteman, Marko Kok, ook nie sal skroom om die opposisie fisies aan te vat nie.

    Hoërskool Oos-Moot gaan Saterdag in ‘n Dawid-teen-Goliat-stryd met die Arende van Hoërskool Dr. EG Jansen gewikkel wees. Daar wag inderdaad ‘n reuse taak op die Oosies, na die gewonde Jansies se nederlaag, op tuisbodem, die week vantevore.

    Die span van Boskburg sal egter sonder hul uitblinker op heelagter, R-Jay Pietersen, moet klaarkom. TK Ngobese vervang hom in die nr. 15-trui, terwyl Gerhardt van Aswegen skuif van slot na steelkantflank in die plek van die beseerde Divan Francis. Ettienne Smit neem Van Aswegen se plek op slot in.

    Die spanne:

    Hoërskool Menlopark t. Hoërskool Waterkloof om 15:30 in Centurion

    Menlopark: 15 Divan Nel, 14 Reinhardt Herbst, 13 Ruben Fourie, 12 Leskin Samuels, 11 Stephan van Niekerk, 10 Andru Kuhn, 9 Gustav Shaffner, 8 Rocco Myburgh, 7 JN van Zyl, 6 Nathan du Plessis, 5 Xander Roets, 4 Keegan Pretorius, 3 Phillip du Plessis, 2 Declan Pleser, 1 Mattheus Prinsloo.

    Waterkloof: 15 Ronan Bastiaanse, 14 Malcolm George, 13 Riwan van Aswegen, 12 Happy Makate, 11 Dennis Obi, 10 Franco Cronje, 9 Migael Prinsloo, 8 Marko Kok, 7 Leandrey Janse van Vuuren, 6 Divan Borha, 5 Alrich Uys, 4 Stephan de Beer, 3 Jedri Swart, 2 Ruan Jacobs, 1 Juan Gouws.

    Hoërskool Dr EG Jansen t. Hoërskool Oos-Moot om 14:00 in Centurion

    EG Jansen: 15 TK Ngobese, 14 Jean-dre Claassens, 13 Jeandre Jacobs, 12 Steven Williams, 11 Keanu van Loggerenberg, 10 Matthew Bergman, 9 Riekus van der Merwe, 8 Storm Labuschagne, 7 Gerhardt van Aswegen, 6 Zade-Leigh Rippenaar, 5 Zandre Naude, 4 Ettienne Smit, 3 Duwan Potgieter, 2 Danre Pike, 1 Zian Marais.

    Oos-Moot: 15 Naylan Albertus, 14 Jayden Pretorius, 13 Jeandre Venter, 12 Dewron Aford, 11 Drew Williams, 10 Ruwan Allen, 9 Franco O’Neale, 8 Deon Badenhorst, 7 Wade Williams, 6 Bertus van Dyk, 5 Jaydon Botha, 4 Connor de Jager, 3 Christian Smith, 2 Clayton de Bruyn, 1 Jandre de Beer.

     

  • Mpumalanga menere pak mekaar

    Twee van Mpumalanga se groter honde takel mekaar hierdie naweek in ‘n vriendskaplike kragmeting in Secunda.

    Hoërskool Secunda speel gasheer vir hul tradisionele aartsvyande in die SDC Noordvaal Beker se Skild-afdeling, Ligbron Akademie.

    Die span van Secunda was verlede jaar as kampioen van die afdeling gekroon, maar dit was Liggies se junior spanne wat verseker het dat hulle na die kompetisie se Plaat-afdeling kon skuif.

    Secunda was verlede jaar die span van Ermelo se baas met seges van onderskeidelik 43-14 en 50-17. Die laaste kragmeting tussen dié spanne was in die Skild-Afdeling se halfeindstryd op die einste veld waar hulle Saterdag mekaar weer die stryd aansê.

    Die tuisspan behoort geen tekort aan selfvertroue te hê nie, nadat hulle verlede naweek ‘n puik oorwinning van 47-11 oor Hoërskool Hans Moore, in Benoni, behaal het. Die Secunda-pak is besig om stewige momentum op te bou, wat ‘n lang dag vir die besoekers kan voorspel indien die tuis-agttal, onder leiding van agtsteman, Bakkies Bezuidenhout, op dreef kom.

    Dit behoort ook ‘n soliede platform vir die agterlyn te skep, met verál die tuisspan se “Blink Brink” la Grange wat fyn dopgehou sal moet word. La Grange het Hans Moore se blapse kwaai gestraf om nie minder nie as vier drieë te druk. Hy draf Saterdag op regtervleuel uit, in die plek van die beseerde Nkanyiso Mashiteng, met Martin Pretorius wat La Grange se plek op buitesenter inneem.

    Hulle kom nietemin teen ‘n gedugte Ligbron-agterhoede te staan, met die span van Ermelo wat nog hul wonde lek na ‘n skoknederlaag van 12-14 teen Hoërskool Rob Ferreira van Witrivier.

    Die twee staatmakers in die middelveld, Anele en Lethi Ngwenya, sal hul beste voet wil voorsit om Liggies te laat terugkeer na die wenpad toe en verál soveel as moontlik spasie aan die buitekant wil probeer skep vir die sneller, Bandile Thanjekwayo, op linkervleuel.

    Voorlangs sal die Liggies se breiers hoop dat slot, Thamsanga Lamula, sy deel sal bydra om die makro-pak van Secunda se momentum te probeer stuit.

    Die spanne:

    Hoërskool Secunda t. Ligbron Akademie om 12:20 in Secunda:

    Secunda: 15 Damian de Beer, 14 Brink la Grange, 13 Martin Pretorius, 12 Bismarck Jansen, 11 Divan Mulder, 10 EJ Venter, 9 Jarno Haarhoff, 8 Bakkies Bezuidenhout, 7 Zander Scheepers, 6 Zander van der Merwe, 5 Franko Rossouw, 4 Zack Loock, 3 Jean Janse van Rensburg, 2 Rico Schoeman, 1 Stefan Bezuidenhout.

    Ligbron: 15 Ntando Simelane, 14 Siyanda Dennison, 13 Anele Ngwenya, 12 Lethi Ngwenya, 11 Bandile Thanjekwayo, 10 Divan van Jaarsveld, 9 Renier van Staden, 8 Janco Claasen, 7 Jurgens Bezuidenhout, 6 Tiaan Botha, 5 Jaco van Wyk, 4 Thamsanga Lamula, 3 Sabelo Nhlapho, 2 Devan Scheepers, 1 Tiaan Groenewald.

    Ander wedstrye: 

    12:20 – Hoër Tegniese Skool Tom Naudé t. Hoërskool Ellisras; 12:30 – Hoërskool Randburg t. Hoërskool Ben Vorster; 12:50 – Merensky Landbou Akademie t. Hoërskool Louis Trichardt; 15:30 – Hoërskool Frans du Toit t. Hoërskool Frikkie Meyer.

  • Frikkie Meyer beklink goeie sege in Alberton

    Hoërskool Frikkie Meyer het so stil-stil nog ‘n goeie sege in sy 2024-seisoen behaal.

    Die span van Thabazimbi het vir Hoërskool Dinamika op hul tuisveld in Alberton met ‘n telling van 22-15 geklop.

    Die besoekers het, nadat hulle teen rustyd met 10-15 agtergeloop het, daarin geslaag om Dinamika punteloos te hou in die tweede helfte, terwyl hulle self 12 punte kon aanteken.

    Slot, Kwele Mamabolo, het ‘n barshou gespeel en die eerste bresse vir die Frikkies geslaan met sy drie. Dit het die nodige vuur aangesteek onder die res van die pak voorspelers, met loskopstut, Lourens Pieterse, wat ‘n rukkie later oorgebars het vir die besoekers om die voortou te laat neem.

    Losskakel, Merico Venter, wat twee drieë verdoel het, het ewe koel ook ‘n laaste strafdoel bygevoeg om die uitslag bo alle twyfel te stel.

    Dinamika se agterlyn was grotendeels verantwoordelik vir hul voorsprong met die omdraaislag. Losskakel, Dylan Feenstra, en regtervleuel, Shawlyne Minnies, het hul span se twee drieë aangeteken.

    Hoërskool Wonderboom het vir Hoërskool Florida ‘n ordentlike rugbyles in Johannesburg geleer, deur ‘n asemrowende 11 drieë in te ryg en met ‘n telling van 69-0 te wen. Nie minder nie as vier van Wonderboom se spelers het elk ‘n tweekuns behaal.

    Dit was egter die Van Greunen-duo wat die kollig gesteel het. Buitsenter, Ryan van Greunen, het die doellyn twee keer oorgesteek en ook met ‘n doelskop geslaag, terwyl Ruan van Greunen, van die plaasvervangerbank af, ook gedruk het en in die kol was met vier doelskoppe.

    Dit het beteken dat hulle gesamentlik 25 punte aangeteken het.

    Hoërskool Dr Malan se loskopstut, Bernard Benson, se twee drieë het verseker dat die span van Meyerton tuis vir Hoërskool Sasolburg met ‘n telling van 22-13 kon troef. Heelagter, Dian van den Berg, het ook beïndruk met twee doelskoppe en ‘n strafdoel.

    Puntemakers:

    Frikkie Meyer 22 (10) – Drieë: Kwele Mamabolo, Janco van Deventer, Lourens Pieterse. Doelskoppe: Merico Venter (2). Strafdoel: Pieterse. Dinamika 15 (15) – Drieë: Dylan Feentra, Shawlynne Mienies. Doelskop: Kyle Young. Strafdoel: Young.

    Wonderboom 69 (31) – Drieë: Ryan van Greunen (2), Kevin Fensham (2), Navan Jansen (2), Eduan Kritzinger (2), Ryan Otto, Carlo Schmahl, Ruan van Greunen. Doelskoppe: Ruan Van Greunen (4), Tyron Jansen van Noordwyk, Ryan van Greunen. Florida 0.

    Dr Malan 22 – Drieë: Bernard Benson (2), Andreas Botha. Doelskoppe Dian van den Berg (2). Strafdoel: Van den Berg. Sasolburg 13 – Drie: Nathan Swanepoel. Doelskop: Meyer Pretorius. Strafdoel: Pretorius.

    Ander spanne: 

    o. 16: Dinamika 34, Frikkie Meyer 21; Florida 12, Wonderboom 10; Dr Malan 39, Sasolburg 19.

    o. 15: Dinamika 7, Frikkie Meyer 3; Florida 8, Wonderboom 8; Dr Malan 20, Sasolburg 15.

    o. 14: Dinamika 37, Frikkie Meyer 3; Florida 5, Wonderboom 3; Dr Malan 27, Sasolburg 0.

  • Bergsig wen op drafstap, La Grange-vierkuns sink Hansies

    Bergsig Akademie het nóg ‘n groot waarskuwing vir die res van die seisoen uitgestuur.

    Herleef die aksie op SuperSport Schools. (www.supersportschools.com).

    Die span van Rustenburg het, op tuisbodem, die besoekende Hoërskool Driehoek met ‘n telling van 47-3 oorweldig.

    Die grootste skade was reeds in die eerste helfte aangerig, met die tuisspan wat teen rustyd gerieflik met 28-3 voorgeloop het.

    Dit was die Bergsig-agterlyn wat met aanskoulike hardlooprugby vir Driehoek die uitklophou toegedien het. Dit sou egter nie moontlik gewees het sonder die fisiekheid en vuur van die groot manne voorlangs nie, wat die nodige platform vir die snellers agterlangs gelê en ‘n goed afgeronde spanpoging verseker het.

    Linkervleuel, Alzandro dos Santos, was in ‘n vernietigende bui op die aanval, en het twee keer agter Driehoek se doellyn gaan draai. Losskakel, Simeon Botha, het nes Dos Santos, ook twee keer gedruk, terwyl haker, Johandre Steyl, voorlangs uiters bedrywig was en soos ‘n wafferse losvoorspeler die pap dik aangemaak het.

    Hoërskool Secunda se “Blink Brink” la Grange het nie minder nie as vier keer die tuisspan, Hoërskool Hans Moore, se doellyn oorgesteek. La Grange se bydrae van 20 punte het verseker dat die manne van Mpumalanga met ‘n telling van 47-16 in Benoni kon seëvier. Heelagter, Damian de Beer, het met ses van sy sewe pogings pale toe geslaag om ook 12 punte aan te teken.

    Merensky Landbou Akademie het hulself gate uit geniet in Nylstroom. Die span van Tzaneen het hul gashere, Hoërskool Nylstroom, met ‘n reuse telling van 62-13 oorrompel.

    Losskakel, Byron Hendricks, het gewys waarom hy verlede jaar reeds generaal van die Limpopo Blou Bulle se agterlyn was. Hendricks het twee keer gedruk en ses doelskoppe oorgeklits vir ‘n persoonlike bydrae van 22 punte op die dag.

    Puntemakers: 

    Bergsig Akademie 47 (28) – Drieë: Alzandro dos Santos (2), Simeon Botha (2), Johandre Steyl, Luanda Taffa, Dewald Potgieter. Doelskoppe: Botha (4), Lundro Scheepers. Driehoek 3 (3) – Strafdoel: Juandre Hugo.

    Merensky 62 (38) – Drieë: Byron Hendricks (2), Tirelo Mashapa, Rico Pieterse, PG Botes, Hardus Terblanche, JD Boshoff, Jens Bezuidenhout, Ulrich Maré, Ashten Demos. Doelskoppe: Byron Hendricks (6). Nylstroom 13 (8) – Drieë: MJ Botha, Willie Kruger. Strafdoel: Willie Kruger.

    Secunda 47 (21) – Drieë: Brink La Grange (4), Franko Rossouw, Bakkies Bezuidenhout, Nkanyiso Mashiteng. Doelskoppe: Damian de Beer (6). Hans Moore 16 (11) – Drieë: Warren Minnaar, Wikus Rossouw. Strafdoele: Stephan Kellerman, Ettienne Smith.

    Ander spanne:

    o. 16: Bergsig Akademie 52, Driehoek 0; Merensky 50, Nylstroom 0; Secunda 34, Hans Moore 21.

    o. 15: Bergsig Akademie 66, Driehoek 0; Merensky 26, Nylstroom 0; Secunda 38, Hans Moore 12.

    o. 14: Bergsig Akademie 37, Driehoek 21; Merensky 32, Nylstroom 7; Hans Moore 3, Secunda 0.