SSPN Test Site

Author: froberholzer

  • Nel-driekuns gaffel Rhinos in Mbombela

    Nel-driekuns gaffel Rhinos in Mbombela

    Menlopark se hardlooprugby het geseëvier in Mbombela.

    Herleef al die aksie op SuperSport Schools. (www.supersportschools.com).

    Hoërskool Menlopark het vir die soveelste keer vanjaar ‘n skouspelagtige vertoning aanmekaar geslaan om Hoërskool Nelspruit se Rhinos oortuigend met 31-14 te klop in hul NWU Sportreeks-kragmeting .

    Die span van Pretoria is nou, na Hoërskool Dr EG Jansen se nederlaag teen Waterkloof, die enigste onoorwonne span oor in die reeks.

    Heelagter, Divan Nel, verdien hiervoor ‘n klop op die skouer. Die Pretorianers se puntemasjien was nie net uitstekend teen die Nellies nie, maar het regdeur die nuwe seisoen reeds die wenkbroue laat lig met sy sprankelspel.

    Sy driekuns teen Nelspruit was inderdaad skouspelagtig en hy is ongetwyfeld besig om hard aan die deur te klop vir ‘n plek in die Blou Bulle se Cravenweekspan. Leskin Samuels, Menlopark se binnesenter, was ook ‘n doring in die vlees van die Rhinos se senterpaar.

    Vir die tuisspan het niemand beter vertoon as agtsteman, Vaughn van Zyl, nie. Die werkesel het oral op die veld opgeduik om sy aanvalsvernuf ten toon te stel, en is met een van sy span se twee drieë beloon.

    Die blitsige, Tinyiko Silubane, was die span se ander uitblinker op linkervleuel, en sy vernuftige voetwerk het gelei tot die tuisspan se eerste kuiertjie agter die Parkies se doellyn.

    Hoërskool Oos-Moot het, nes die Parkies, aanskoulike hardlooprugby in Centurion opgedis om vir Hoërskool Eldoraigne se Drake met ‘n telling van 36-17 kaf te draf. Agsteman, Deon Badenhorst, het in die proses nóg twee drieë op sy kerfstok vanjaar geplaas.

    Die besoekers se senterpaar, Drew Williams, en Jeandre Venter, het agterlangs die vuur aangesteek om dikwels hul span op die voorvoet te plaas, en het elk ook ‘n drie gedruk.

    Puntemakers:

    Menlopark 31 (19) – Drieë: Divan Nel (3), Leskin Samuels, Wynand van Wyk. Doelskoppe: Andru Kuhn (3). Nelspruit 14 (7) – Driee: Tinyiko Silubane, Vaughn van Zyl. Doelskoppe: Divan de Kock (2).

    Oos-Moot 36 (14) – Drieë: Deon Badenhorst (2), Franco O’Neale, Jandre de Beer, Drew Williams, Jeandre Venter. Doelskoppe: Ruwan Allen (3). Eldoraigne 17 (3) – Driee: Rikus Rheeder, Cameron Killian. Doelskoppe: JP Meyer (2). Strafdoel: Meyer.

    Ander spanne:

    o. 16: Menlopark 13, Nelspruit 12; Oos-Moot 17, Eldoraigne 11.

    o. 15: Menlopark 45, Nelspruit 12; Oos-Moot 45, Eldoraigne 0.

    o. 14: Nelspruit 17, Menlopark 12; Oos-Moot 22, Eldoraigne 0.

  • Klofies skok Jansies in Boksburg

    Hoërskool Waterkloof het, danksy Riwan van Aswegen se drie in die doodsnikke, vir een van die grootste opskuddings van die afgelope naweek se skolerugby gesorg. Die span van Pretoria het op die nippertjie vir Hoërskool Dr EG Jansen met ‘n telling van 45-38 getroef in hul NWU Sportreeks-stryd in Boksburg.

    Herleef al die aksie op SuperSport Schools. (www.supersportschools.com).

    Met die telling gelykop met 38-38, en speeltyd bykans verstreke, het Van Aswegen vanuit sy eie halfgebied deurgebreek om tussen die Jansies se pale te druk en die uitklophou vir die Klofies te plant.

    Die besoekers het dit van meet af duidelik gemaak dat hulle nie vir die tuisspan sou terugstaan nie. Die Pretorianers se pak voorspelers het floreer op die fisiekheid wat voorlangs aan die orde van die dag was, met agtsteman, Marko Kok, wat oudergewoonte ‘n barshou gespeel het.

    Kok het puik ondersteuning ontvang van loskopstut, Juan Gouws, en oopkantflank, Divan Botha, met laasgenoemde wat, na ‘n ywerige stukkie opvolgwerk, met ‘n drie beloon is. Die druk voorlangs het tot ongedwonge foute aan die kant van die Jansies gelei, en teen rustyd het die Klofies reeds ‘n gerieflike voorsprong van 35-14 geniet.

    Die tweede helfte was egter ‘n perd van ‘n ander kleur. Die tuisspan het hul ritme begin vind, en die agterstand in slegs ‘n paar minute uitgewis. Buitesenter, Jeandre Jacobs, het weer blink vertoon en twee keer agter Waterkloof se doellyn gaan kuier.

    Op die einde van die dag was Franco Cronje, die Klofies se losskakel, se skopskoen die beslissende faktor, aangesien die skerpskutter van Pretoria met ses doelskoppe en ‘n strafdoel geslaag het vir ‘n volmaakte skoprekord op die dag.

    Hoër Tegniese Skool Middelburg het weer teruggekeer na die wenpad deur die besoekende Hoërskool Kempton Park met 36-22 te verslaan.

    Heelagter, Jaque Stassen, was uitstekend en het, benewens vier doelskoppe en ‘n strafdoel, self ook ‘n drie gedruk om 16 van sy span se punte aan te teken. Tiaan Delport, Kempies se losskakel, was ewe indrukwekkend met sy korrelwerk pale toe en het ook geslaag met vier doelskoppe en ‘n strafdoel.

    Puntemakers: 

    Waterkloof 45 (35) – Driee: Migael Prinsloo (2), Riwan van Aswegen, Happy Makate, Divan Botha, Ronan Bastiaanse. Doelskoppe: Franco Cronje (6). Strafdoel: Cronje. Dr EG Jansen 38 (14) – Driee: Jeandre Jacobs (2), Danre Pike, R-Jay Pietersen, Storm Labuschagne. Doelskoppe: Matthew Bergman (5). Strafdoel: Bergman

    HTS Middelburg 36 (26) – Driee: CJ Muller, Hanro Terblanche, Reece Botha, Jaque Stassen, Dirk du Plooy. Doelskoppe: Jaque Stassen (4). Strafdoel: Stassen. Kempton Park 22 (15) – Driee: Deon Mulligan, Joshua Meyer, Wian Rieckert. Doelskoppe: Tiaan Delport (4). Strafdoel: Delport.

    Ander spanne:

    o. 16: EG Jansen 33, Waterkloof 24; Kempton Park 42, HTS Middelburg 17.

    o. 15: Waterkloof 15, EG Jansen 10; Kempton Park 25, HTS Middelburg 0.

    o. 14: EG Jansen 12, Waterkloof 7; Kempton Park 24, HTS Middelburg 22.

  • Prinsloo’s brace barely enough as Paarl Gim sneaks past Affies

    Photo: Marius Nortje

    Afrikaans Hoër Seunskool came very close pulling off an upset of high-flying Paarl Gimnasium after a back-and-forth battle in Pretoria on Saturday.

    Relive all the action on SuperSport Schools. (www.supersportschools.com).

    Affies dominated up front, but Paarl Gimnasium had the last laugh.

    In the end, the side from the Western Cape came out on top by a single point, winning 20-19, in the seventh Premier Interschools clash between the two schools.

    The home side’s pack had the upper hand, ruling the set pieces, especially the scrums. This starved the visitors of the free-flowing possession that they’re accustomed to receiving. As a result, Gim’s dangerous backline lacked its usual potency.

    Gim did, however, catch the Affies’ defence napping early on, with right-wing, Immanual Prinsloo, bursting through for the first of his two tries, and the only five-pointer of the half.

    Ruben Pienaar’s trusty right boot kept the home side within touching distance, however, as he slotted two penalties, leaving Affies trailing by only one point at the break.

    The second half developed into a see-saw battle between the two kickers, as Pienaar and the visitor’s fullback, Freek de Kock, each knocked over two penalties.

    Then, the hosts’ best player on the day, left wing Eagan Roux, capitalised on a well-executed training ground move, to dive over for a try, which gave Affies the lead for the first time in the match.

    Prinsloo’s dream game, however, wasn’t yet complete as he read an Affies’ backline move like a book to intercept the ball on his 22-metre line before flying down the field for a five-pointer for Gim.

    That crucial piece of magic meant that the left-winger – who until a few weeks ago still ran out for the 2nd XV – had bagged an invaluable double, and he went on to earn man of the match honours.

    De Kock’s clutch second penalty of the half was the final nail in the coffin as Paarl Gimnasium held onto their lead from the last couple of minutes to claim a sweet and very hard-fought victory away from home.

    Scorers

    Paarl Gimnasium 20 (7) – Tries: Immanual Prinsloo (2). Conversions: Freek de Kock (2). Penalties: De Kock (2). Affies 19 (6) – Try: Eagan Roux. Conversions: Ruben Pienaar. Penalties: Pienaar (4).

    Other teams:

    u16: Paarl Gimansium 46, Affies 32
    u15: Affies 19, Paarl Gimnasium 5
    u14: Paarl Gimnasium 11, Affies 7

  • Groot kwarteindaksie in Fochville

    Die skote gaan klap in Fochville hierdie naweek.

    Die NWU 16 Sportreeks staan einde se kant toe met die spanne wat Saterdag, in Fochville, in dié reeks se kwarteindstryde slaags raak.

    Die hoofwedstryd van die dag, om 14:45, tussen Hoërskool Ben Viljoen en Hoërskool Vryburg, beloof om ‘n fees van hardlooprugby op te lewer.

    Die span van Groblersdal se selfvertroue sou die hoogte ingeskiet het, nadat hulle verlede naweek, in hul eerste Limpopo-ligawedstryd, met 53-19 koning gekraai het teen Hoërskool Hans Strijdom in Naboomspruit .

    Ben Viljoen het nog slegs eenkeer vanjaar, teen Hoërskool Riebeeckrand (31-38), die knie moes buig.

    Hul afrigter, Abrie de Jager, het egter ‘n paar interessante veranderinge vir die naweek se wedstryd aangebring. Die puntemasjien, Mignon Stevens, wat gewoontlik op heelagter verskyn, sal hierdie week die Vryburgers op losskakel terroriseer, terwyl skrumskakel, Joe Cloete, na linkervleuel toe skuif met Anverio Adonis wat losskakel vir skrumskakel verruil.

    Die span van Vryburg het self ‘n string veranderinge aangebring. Skrumskakel, Janco Venter, is buite aksie weens ‘n besering, met Rikus Nieuwoudt wat hom vervang, terwyl Cobus van der Berg die staatmaker-oopkantflank, Dirk Visser, se plek langs die skrum inneem. Visser is steeds deel van die planne en sal op haker, in die plek van Jordan Haynes, diens verrig. Van der Berg het vroeër die seisoen loskopstut gespeel.

    Die Vryburgers se klipharde Petrie Weideman skuif van slot na die voorry om Van der Berg op losskop te vervang, met Juan Smit wat geleentheid kry op slot.

    Die voorwestryd, tussen gashere, Hoërskool Fochville en Hoërskool Hans Strijdom, behoort ook heelwat opwinding te verskaf. Die Fochies se losskakel, Petri Schutte, het ‘n kritieke rol om te vervul, indien die tuisspan hoop om die Hansies te tem.

    Dit behoort ook verblydend te wees dat die senterpaar, Marchand de Villiers en Junior Naude, weer herenig is. De Villiers het die Fochville breiers die skrik op die lyf gejaag met ‘n besering wat hy tydens die Mauritz Hansen-week opgedoen het.

    Hoërskool Schoonspruit is slaggereed om Leeuwenhof Akademie die stryd aan te sê, met die span van Klerksdorp se losskakel, Bevan Morkel, wat met sy visie vir spasie die span van Johannesburg se verdedigers aan die raai sal hou.

    Hoërskool Riebeeckrand is oorgehaal om nog ‘n groot vis in te katrol wanneer hulle teen Hoërskool Wolmaransstad te staan kom. Die Johannesburgers sal egter die span van Wolmaransstad se puntemasjien op losskakel, Chritopher Dennis, moet aan bande lê indien hulle hoop om die Wollies te stuit.

    Die spanne: 

    Hoërskool Ben Viljoen t. Hoërskool Vryburg om 14:45 in Fochville

    Ben Viljoen: 15 Dylan Nieuwenhuys, 14 MJ de Beer, 13 Clemintino Bowers, 12 Mihlali Ntlebi, 11 Joe Cloete, 10 Mignon Stevens, 9 Anvernio Adonis, 8 Asheeq Bradford, 7 Tiaan Scheepers, 6 Janik Brits, 5 Jaco Botha, 4 Erich Labuschagne, 3 JP Singleton, 2 Flippie Niemann, 1 Leuco Robinson.

    Vryburg: 15 Christopher Issacs, 14 FJ van Zyl, 13 Karabelo Mbolekwa, 12 Jordan Rathebe, 11 Tefo Sejake, 10 Jayden Starke, 9 Rikus Nieuwoudt, 8 Kenan Joseph, 7 Aiden Jonker, 6 Cobus van der Berg, 5 Juan Smit, 4 Olerato Bonokwane, 3 Daniel Nortje, 2 Dirk Visser, 1 Petrie Weideman.

    Hoërskool Fochville t. Hoërskool Hans Strijdom om 13:15 in Fochville

    Fochville: 15 Athi Nqgele, 14 Braden Pretorius, 13 Junior Naude, 12 Marchand de Villiers, 11 Tonny Sebola, 10 Petri Schutte, 9 Vrede Els, 8 Wynand Breytenbach, 7 Simphiwe Ntuli, 6 Xander Lottering, 5 AJ Scheepers, 4 Martin Kriel, 3 Luthando Bayi, 2 Ruan Foord, 1 Jason Labuschagne.

    Hans Strijdom: 15 Keano van der Walt, 14 Rodney van Deventer, 13 Mpiri Gadebe, 12 Hendriko van der Kolf, 11 Tebogo Mapologelo, 10 MW de Jager, 9 Lewarlt Ferreira, 8 Janneman Benson, 7 Marcus van der Walt, 6 Hannes Viviers, 5 Juan van Staden, 4 Ewandre Jonker, 3 Alwyn Geyser, 2 Leander Janse van Rensburg, 1 Marnus Ruytenberg.

    Hoërskool Schoonspruit t. Leeuwenhof Akademie om 10:45 in Fochville

    Schoonspruit: 15 Hano Stander, 14 Henry Enslin, 13 Ruan Britz, 12 Duan Kruger, 11 Sithle Botha, 10 Bevan Morkel, 9 Vuyo Khumalo, 8 Jan-Hendrik Peacock, 7 Hanich van Antwerp, 6 Elmo Kruger, 5 Francois Prinsloo, 4 Ruan van Pletzen, 3 George Badenhorst, 2 CJ Everet, 1 Gerhard van der Merwe.

    Leeuwenhof: TBC

    Hoërskool Riebeeckrand t. Hoërskool Wolmaransstad om 10:15 in Fochville

    Riebeeckrand: 15 Junaid Fortuin, 14 Cayleb Hadebe, 13 Eshihle Sibisi, 12 Peet de Bruin, 11 Mika Seatle, 10 Zac Smit, 9 Freddy Parrott, 8 Jeandre Fourie, 7 Kobus Malan, 6 Xander Waray, 5 Terry Billa, 4 Dylan Jacobs, 3 Hardus Carew, 2 Zander Viljoen, 1 Reinhard Eloff.

    Wolmaransstad: 15 Handro Conradie, 14 Gisto Mabitso, 13 Johan Erasmus, 12 MJ Hattingh, 11 Antonio Pullen, 10 Christopher Dennis, 9 Lucraine Wyngaardt, 8 Thlalefo Thobedi, 7 Abrie Oosthuizen, 6 Tumelo Senkwane, 5 Dian Smit, 4 Attie Becker, 3 Zak Knoetze, 2 Johan Steenkamp, 1 Jevano Hector.

     

     

  • Bergsig wil wéér pronk in Rustenburg

    Bergsig Akademie brand om hul giftige agterlyn op Hoërskool Driehoek los te laat wanneer dié twee spanne Saterdag in Rustenburg kragte meet.

    Beleef die aksie regstreeks op SuperSport Schools. (www.supersportschools.com)

    Die span van Rustenburg geniet tot dusver ‘n uiters voorspoedige seisoen, en het nog slegs een keer verloor, met ‘n skamele twee punte teen Hoërskool Frikkie Meyer in Thabazimbi. Bergsig se  indrukwekkendste vertoning was hul oorwinning met 17-14 oor Hoërskool Lichtenburg.

    Hul kookwater-losskakel, Simeon Botha, het tot dusver ‘n aansienlike aandeel in sy span se sukses gehad, met sy vermoë om spel te dikteer en oog vir ‘n gaping wat ‘n taamlike bedreiging inhou vir die besoekers.

    Dit is egter nie slegs Botha wat lekker op dreef is nie. Aan sy binnekant skep skrumskakel, Paulo dos Santos, se effektiewe verspreiding die nodige ruimte vir Botha en die res van die agterlyn om vinnig op die voorvoet te kom.

    Voorlangs sal die besoekers vir loskopstut, Tjaart Bernard, fyn moet dophou. Bernard, saam met sy kollega aan die vaskopkant van die krum, Dewald Potgieter, deins beslis nie terug vir die fisieke sy van sake nie.

    Driehoek betree die stryd nietemin met heelwat selfvertroue, na ‘n goeie sege van 20-15 oor Hoërskool Alberton verlede naweek.

    Agsteman, Enrico Farinha, sal nes verlede naweek die pap dik wil aanmaak onder die groot manne voor, en is ook geen vreemdeling vir die doellyn nie. Die Vanderbijlpark-span se skrumskakel, Zane Marais, hou ook gevaar in met sy vlymskerp breekslae na aan die doellyn.

    As buitesenter, Juandre Hugo, boonop sy skopskoen aan het, kan Driehoek die lewe moeilik maak vir die tuisspan.

    Hans Moore se strukture sal behoorlik getoets word wanneer hy, op tuisbodem, met Hoërskool Secunda swaarde te kruis. Die span van Mpumalanga beleef tot dusver ‘n wipplank seisoen en hul breier, Tiaan Moore, sal hoop dat sy span die nodige momentum kan begin opbou voordat die SDC Noordvaal Beker oor ‘n bietjie minder as twee weke afskop.

    In Limpopo, ontvang Hoërskool Nylstroom vir die Ligbloues van Merensky Landbou Akademie. Die Plasies, nes Secunda, sal dit sien as finale voorbereiding vir wanneer hulle hul Noordvaal Bowl-veldtog teen Hoërskool Alberton afskop.

    Die spanne: 

    Bergsig Akademie t. Hoërskool Driehoek om 12:45 in Rustenburg

    Bergsig Akademie: 15 Siya Butelezi, 14 Lundro Scheepers, 13 MJ Pretorius, 12 TK Bagwase, 1 Alzandro dos Santos, 10 Simeon Botha, 9 Paulo dos Santos, 8 Jacques du Plooy, 7 Dewald Potgieter, 6 Christian de Abreu, 5 Taffa Luyanda, 4 Caleb Kihoro, 3 Henno du Preez, 2 Johandre Steyl, 1 Tjaart Bernard.

    Driehoek: 15 Kyle Jordaan, 14 Alec Viljoen, 13 Juandre Hugo, 12 Franco Layer, 11 Guillaume Vermeulen, 10 AJ Viljoen, 9 Zane Marais, 8 Enrico Farinha, 7 Ettienne Crafford, 6 CJ Nel, 5 Jonathan Thomas, 4 Raymando Ferreira-Ramos, 3 Armand Greyling, 2 Thabang Diliwa, 1 Donovan Coetzee.

    Hoërskool Secunda t. Hoërskool Hans Moore

    Secunda: 15 Damian de Beer, 14 Nkanyiso Mashiteng, 13 Brink la Grange, 12 Bismarck Jansen, 11 Divan Mulder, 10 EJ Venter, 9 Jarno Haarhoff, 8 Bakkies Bezuidenhout, 7 Zander Scheepers, 6 Zander van der Merwe, 5 Franko Rossouw, 4 Zac Loock, 3 Jean Janse van Nuwenhuizen, 2 Rico Schoeman, 1 Stefan Bezuidenhout.

    Hans Moore (moontlik): 15 Vincent Labuschagne, 14 Wikus Rossouw, 13 Warren Minnaar, 12 Stephan Kellerman, 11 Timothy Henstock, 10 Ruben van den Berg, 9 Dian Britz, 8 Keagen van Zyl, 7 Slade Mowbray, 6 Divan Stander, 5 Liam Diedericks, 4 Marnus van der Walt, 3 Jayden van Heerden, 2 Hanrique Cronje, 1 Liam Beukes

    Hoërskool Nylstroom t. Merensky Lanbou Akademie om 13:20 in Nylstroom

    Nylstroom: 15 Neo Seabi, 14 Junior Venter, 13 Thabang Mashaba, 12 Willie Kruger, 11 Shalom Molelekwa, 10 Franco Steenkamp, 9 Martiens Joubert, 8 Walter Pretorius, 7 Ryno Roux, 6 JP Putter, 5 Henru Botha, 4 Hendry van Staden, 3 Phenyo Tshisevhe, 2 MJ Botha, 1 Diederik Labuschagne.

    Merensky:  15 Maritz Meintjies, 14 Andreas Honiball, 13 Ulrich Mare, 12 Jens Bezuidenhout, 11 Leon de Lange, 10 Byron Hendricks, 9 JD Boshoff, 8 Hardus Terblanche, 7 PG Botes, 6 Corne Swanepoel, 5 Lukas Pieterse, 4 Craig Walker, 3 Tirelo Mashapa, 2 Ruan Marcos,1 Ethan Maritz.

  • Jansies oorgehaal om NWU Sportreeks-eindstryd te haal

    Hoërskool Waterkloof het Saterdag ‘n groot taak op hande wanneer hulle tuis teen die onoorwonne Arende van Hoërskool Dr EG Jansen in die NWU Sportreeks te staan kom.

    Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools. (www.supersportschools.com).

    Die Jansies het verlede week hul aanslag in die reeks voortgesit met ‘n oortuigende sege van 49-28 teen die Rooibulle van HTS Middelburg.

    Voor dit het die span van Boksburg ook al hul vorige teenstanders uit die pad gevee, grootliks danksy die feit dat hulle al hope rugby in die huidige seisoen saam gespeel het.

    Die Klofies sal verál op hul hoede moet wees vir Storm Labuschagne, die Jansies se blitsige agtsteman. Labuschangne het verlede naweek se “Storm”-loop teen die Rooibulle met twee drieë van sy eie gelei.

    Agterlangs kan uitgesien word na ‘n skouspelagtige tweestryd tussen die twee spanne se spelskeppers op losskakel. Matthew Bergman het tot dusver die seisoen nie ‘n voet verkeerd gesit nie, maar sal sy hande vol hê met Klofies se Franco Cronje, wat sy tande vir die uitdaging stryd slyp. Die Klofies se Cravenweek binnesenter, Happy Makate, maak ook sy terugkeer.

    Marko Kok, Waterkloof se woelwater-agsteman, is dalk net wat nodig is om Labuschagne in toom te hou, terwyl Kok ook die Jansie-middelveld met sy wafferse barslopies sal besig hou.

    In Middelburg wag HTS Middelburg se Rooibulle op Hoërskool Kempton Park. Die Kempies sal gretig wees om weer litte los te maak na ‘n langer breek, met die dat hulle in die vorige rondte ‘n loslootjie geniet het.

    Kempies loop egter reguit in die leeukuil in, met die Rooibulle wat verlede naweek indrukwekkende momentum opgebou het teen EG Jansen. Dit was verál hul vertoning in die tweede skof wat die span se ondersteuners laat regop sit het.

    In ‘n interessante ontwikkeling het die Rooibulle se breier, Jano Venter, besluit om Anthoni Smuts, wat verlede jaar gewoontlik op steelkantflank diens gedoen het, na binnesenter toe te skuif. Dit beteken dat die gevaarman, Johnny dos Santos, sy verskyning in die nr. 13-trui sal maak. Kayden Wessels vervang Smuts aan die kant van die skrum.

    Darius Buytendach sal in plek van die beseerde Sphesihle Skosana, op regtervleuel, diens doen.

    Die spanne: 

    Hoërskool Dr EG Jansen t. Hoërskool Waterkloof om 12:45 in Pretoria

    EG Jansen: 15 R-Jay Pieterson, 14 Jean-dre Claasen, 13 Jeandre Jacobs, 12 Steven Williams, 11 Keanu van Loggerenberg, 10 Matthew Berman, 9 Riekus van der Merwe, 8 Storm Labuschagne, 7 Divan Francis, 6 Zade-Leigh Rippenaar, 5 Zandre Naude, 4 Gerhard van Aswegen, 3 Duwan Potgieter, 2 Danre Pike, 1 Zian Marais.

    Waterkloof: 15 Ronan Bastiaanse, 14 Malcolm George, 13 Riwan van Aswegen, 12 Happy Makate, 11 Dennis Obi, 10 Franco Cronje, 9 Migael Prinsloo, 8 Marko Kok, 7 Lendrey Janse van Vuuren, 6 Divan Botha, 5 Alrich Uys, 4 Stephan de Beer, 3 Jedri Swart, 2 Ruan Jacobs, 1 Juan Gouws.

    Hoër Tegniese Skool Middelburg t. Hoërskool Kempton Park om 13:40 in Middelburg

    HTS Middelburg: 15 Jaque Stassen, 14 Darius Buytendach, 13 Johnny dos Santos, 12 Anthoni Smuts, 11 CJ Muller, 10 WJ Enslin, 9 Reece Botha, 8 Tertius Bezuidenhout, 7 Kayden Wessels, 6 Toy Engelbrecht, 5 Sam Ndwandwe, 4 Janco Aucamp, 3 Kagiso Gumbi, 2 Hanro Terblanche, 1 Dirk du Plooy.

    Kempton Park (moontlik): 15 Joshua Meyer, 14 Ettiene Stroebel, 13 Wian Rieckert, 12 Tiaan Delport, 11 Vaughn Fouche, 10 Marko Opperman, 9 Ryan Smith, 8 Preston Smith, 7 JP Barnard, 6 JP Roos, 5 Luann Schreuder, 4 Louis Mouton, 3 Zander Luckay, 2 Deon Mulligan, 1 Aiden Nepgen.

  • Affies on the hunt for another upset of Paarl Gim

    Ruben Pienaar, Affies’ flyhalf, in action during last year’s Premier Interschools clash against Paarl Gimnasium. Photo: Bertram Malgas/Gallo Images

    A battle for the ages awaits the Jacaranda City.

    Follow all the action live on SuperSport Schools. (www.supersportschools.com)

    Afrikaans Hoër Seunskool (Affies) will be out to cause an upset when they come up against their old foes from the Western Cape, Paarl Gimnasium, in the seventh Premier Interschools derby between the schools at 13:00 in Pretoria on Saturday.

    The last time Affies  came out on top against the men from Paarl was in 2022, when they surprised everyone, by claiming a nail-biting 29-26 victory at home.

    Paarl Gimnasium, however, avenged that defeat last year, recording a convincing 38-21 victory at home.

    Prior to that, the Witbulle last won against Gim in 2012, when they triumphed 27-20, again in Pretoria, which begs the question, will Affies be able to stop the visitors’ momentum with the advantage of playing at home on Saturday?

    The Affies’ pack has already shown this season that it is capable of dominating any opposition pack. Many credit their recent victory over Garsfontein to the dominant performance of their forwards.

    Unfortunately for the Witbulle, they will be without the services of their outstanding openside flank, Luan Potgieter, who is out of the game due to injury. Stephan McDonald, who takes over from Potgieter, is a high-class replacement. He was vice-captain of the Bulls’ 2023 Grant Khomo team and has been in superb form for the Affies 2nd XV.

    An intriguing battle will take place at the back, between the sides’ midfield combinations. Affies’ Janco Purchase plays directly opposite Kobus Blankenberg and both inside centres wear the captain’s armband. Their personal duel and leadership will be key components of the game.

    Outside of them, two of the best u17 outside centres in the country will go head-to-head. Nic Grobler, the Pretoria side’s number 13, was in wonderful form during his team’s victory over the Bere last weekend. At the same time, Markus Muller ran rampant against Boland Landbou, crossing for a hattrick of tries in Paarl Gim’s comprehensive 47-13 victory.

    With both sides playing exciting, attacking rugby, it will, perhaps, come down to which team is better on defence on the day.

    TEAMS

    Afrikaans Hoër Seunskool vs. Paarl Gimnasium at 13:00 in Pretoria

    Affies: 15 Ruben Groenewald, 14 Rikus Strydom, 13 Nic Grobler, 12 Janco Purchase, 11 Eagan Roux, 10 Ruben Pienaar, 9 Hendré Schoeman, 8 Ruan Lippold, 7 Albert Smit, 6 Stephan McDonald, 5 JD Hattingh, 4 Muntingh Hamman, 3 Ruan Smuts, 2 Ethan van Dyk, 1 Werner Vrey.

    Paarl Gimnasium: 15 Freek de Kock, 14 Immanual Prinsloo, 13 Markus Muller, 12 Kobus Blankenberg, 11 Markus Moolman, 10 Chandler Green, 9 Melt Viljoen, 8 Nicolas Nel, 7 Wihan Kotze, 6 Jan Koegelenberg, 5 Marinus Daling, 4 Quintin Potgieter, 3 Ely Williams, 2 Dawie Stemmet, 1 Jean-Jacques du Preez.

  • Parkies wil momemtum behou teen Rhinos in NWU Sport-reeks

    FOTO: Frans Lombard

    Die tyd om die koring van die kaf te skei in vanjaar se NWU Sportreeks het aangebreek.

    Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools. Skakel na die wedstryde.

    Menlopark sal op hul hoede moet wees wanneer hulle Saterdag teen Nelspruit op die Rhino-park te staan kom.

    Die Rhinos het tot dusver vanjaar nie net by St John’s se Paastoernooi beïndruk nie, maar ook ‘n besliste waarskuwing aan die Parkies gerig met ‘n eersteklas vertoning verlede naweek toe hulle vir Eldoraigne se Drake met 53-10 verslaan het.

    Die span van Pretoria beklee die boonste posisie op die reeks se punteleer.

    Die Parkies se afrigtingspan, onderleiding van breier, Andries Ferreira, het egter ‘n paar veranderinge vir die Pretorianers se groot kragmeting in Mbombela aangebring.

    Ruben Rudolf, die staatmaker op binnesenter loop die kragmeting mis, met Leskin Samuels wat ‘n geleentheid kry om moontlik vir hom ‘n plek in die res van die jaar se beginspan los te speel.

    Die ander groot terugslag is dat Menlopark sonder hul spelskepper op skrumskakel, Phillipus de Bruin, se dienste sal moet klaarkom. De Bruin is nie slegs ‘n gevaarlike wapen op die aanval nie, maar het tot op hede ook die Parkies se stelskopwerk waargeneem. Gustav Schaffner vervang vir De Bruin in die nr. 9-trui.

    Die Nellie-breiers het besluit om nié te karring aan dit wat nie gebreek is nie en die Rhinos betree dus Saterdag se stryd met ‘n onveranderde span. Jordan Pretorius, wat verlede naweek op linkervleuel diens gedoen het, skuif egter terug na sy gewone posisie op regtervleuel, en Tinyiko Shilubane terug na linkervleuel.

    Die twee drieëvrate hou ‘n groot bedreiging in vir die Parkie-verdedigers, terwyl binnesenter Divan de Kock ook ‘n deurslaggewende rol het om te speel met sy skopstewel, indien die tuisspan hoop om Menlopark te troef.

    In die Jakarandastad gaan die skote behoorlik klap wanneer Eldoraigne se Drake teen Oos-Moot in Centurion te staan kom. Die Drake sal oorgehaal wees om hul laaste wedstryd in vanjaar se reeks met slegs hul tweede oorwinning van 2024 af te sluit. Die span van Centurion het geen rede om kop onderstebo uit die reeks te tree nie, siende dat hulle hoofsaaklik met die groter honde in die Noordvaal moes meeding.

    Oos-Moot gaan egter nie ‘n maklike hekkie wees om te oorkom nie, en pronk reeds met ‘n paar puik uitslae in die betreklike jong seisoen – soos hul spogsege van 37-29 teen die einste Rhino-span, wat die Drake verlede naweek gelooi het.

    Die spanne: 

    Nelspruit t. Menlopark om 13:00 in Nelspruit:

    Nelspruit: 15 Chritiaan van Deventer, 14 Jordan Pretorius, 13 Ian Wood, 12 Divan de Kock, 11 Tinyiko Silubane, 10 Theuns Meyer, 9 Liam Pringle, 8 Vaughn van Zyl, 7 Banele Ngwenya, 6 Tiaan de Beer, 5 Ronaldo van Rensburg, 4 Bradley Claasen, 3 WJ Botha, 2 Regard Vermaak, 1 Siya Gama.

    Menlopark: 15 Divan Nel, 14 Reinhardt Herbst, 13 Ruben Fourie, 12 Leskin Samuels, 11 Stefan van Niekerk, 10 Andru Kuhn, 9 Gustav Schaffner, 8 Rocco Myburgh, 7 JN van Wyk, 6 Nathen du Plessis, 5 Xander Roets, 4 Keagen Pretorius, 3 Philip du Plessis, 2 Declan Pelser, 1 Mattheus Prinsloo.

    Eldoraigne t. Oos-Moot om 12:40 in Centurion:

    Eldoraigne: 15 Hendro van Zyl, 14 Cappie Mashabela, 13 Ivan Vermeulen, 12 Kevin Earl, 11 Tristan Lee, 10 JP Meyer, 9 Darren Bruwer, 8 Jaydon Niehaus, 7 SW Liebenberg, 6 Cameron Killian, 5 MC Scheepers, 4 Rikus Rheeder, 3 Jaco Fourie, 2 Marnus Prinsloo, 1 Wian White.

    Oos-Moot: 15 Naylan Albertus, 14 Jayden Pretorius, 13 Jeandre Venter, 12 Dewron Aford, 11 Drew Williams, 10 Ruwan Allen, 9 Franco O’Neale, 8 Deon Badenhorst, 7 Wade Williams, 6 Berus van Dyk, 5 Jaydon Botha, 4 Connor de Jager, 3 Christiaan Smith, 2 Clayton de Bruyn, 1 Jandre de Beer.

  • Plasies ploeg met Rassies in nat Tzaneen

    Plasies ploeg met Rassies in nat Tzaneen

    Dit was hardlooprugby uit die boonste rakke, ongeag die reën in Plasieland.

    Merensky Landbou Akademie het in nat weer op tuisbodem die bal skitterend rondgegooi om vir Hoërskool Ellisras met 33-12 te looi.

    Herleef al die aksie op SuperSport Schools. Skakel na die wedstryde.

    Dit was van die eerste fluitjie duidelik dat die tuisspan nie van plan was om die besoekers enige genade te betoon nie. Die Plasies se stormverdediging het die Rassies deurentyd onder meedoënlose druk geplaas, en dit het tot ongedwonge foute gelei.

    Die tuisspan het nie op hom laat wag om hierdie foute in punte te omskep nie. Rico Pieterse, die ligbloues se slot, het van ‘n tikskoppie die tuispan se rekening met ‘n sterk barslopie na aan die doellyn oopgemaak, waarna die buitesenter en onder-kaptein, Ulrich Maré, nog ‘n drie op sy 2024-kerfstok geplaas het.

    Maré het blitsig opgevolg na ‘n steekskoppie deur losskakel, Byron Hendriks, om die bal onder die Rassies se neuse te gaps en te gaan druk. Haker, Ruan Marcos, het nog ‘n keer oorgebars om aan die tuisspan ‘n  rustydvoorsprong van 19-punte te bied.

    Die tweede helfde was meer gebalanseerd, met die Rassies wat verbete teruggeveg het om 12 punte aan te teken. Twee verdere Plasie-drieë, deur skrumskakel, JD Boshoff, en vaskopstut, Tirelo Mashapa, het Ellisras egter die finale nekslag toegedien.

    Hoërskool Ben Viljoen se puntemasjien, Mignon Stevens, het hierdie keer verseker dat die span van Groblersdal behoorlik met ‘n telling van 53-19 teen Hoërskool Hans Strijdom seëvier. Die heelagter het nie minder nie as vier keer agter die Hansies se doellyn gaan kuier, terwyl losskakel, Anvernio Adonis, ook ‘n tweekuns bygedra het.

    Linkervleuel, Dylan Nieuwenhuys, het die res bygevoeg met vier doelskoppe en ‘n drie van sy eie, om verdere sout in die Hansies se wonde te smeer.

    Hoërskool Secunda moes naarstiglik spook, op tuisbodem, vir ‘n oorwinning van 19-7 oor ‘n begeesterde Hoërskool Piet Retief. Piet Retief het uitstekend gespartel op die verdediging om te verhoed dat die span van Secunda se agterlyn aan die gang kom. ‘n Derde drie deur Secunda se binnesenter, Bismark Jansen, was egter genoeg om die wa deur die drif te trek.

    Bergsig Akademie het vir die soveelste keer vanjaar ‘n uitstekende vertoning opgedis om vir Hoërskool Florida ‘n rugbyles van 57-7 te leer.

    Haker, Johandre van Zyl, het die pap voorlangs dik aangemaak met sy begeesterde dryfspel. Agterlangs was dit oudergewoonte die generaal op losskakel, Simeon Botha, wat Florida se verdediging deurgaans aan die raai gehou het met sy blitsige besluitneming.

    Puntemakers:

    Merensky Landbou Akademie 33 (19) – Drieë: Tirelo Mashapa, Ruan Marcos, Rico Pieterse, JD Boshoff, Ulrich Mare. Doelskoppe: Byron Hendriks (4). Hoërskool Ellisras 12 (0).

    Hoërskool Ben Viljoen 53 (22) – Drieë: Mignon Stevens (4), Anvernio Adonis (2), Mihlali Ntebi, Dylan Nieuwenhuys. Doelskoppe: Nieuwenhuys (4), Adonis. Strafdoel: Nieuwenhuys. Hoërskool Hans Strijdom 19 (7).

    Hoërskool Secunda 19 (12) – Drieë: EJ Venter, Zander Scheepers, Bismark Jansen. Doelskoppe: Damian de Beer (2). Hoërskool Piet Retief 7 (0) – Drie: Kyle Stock. Doelskop: Owethu Shabalala.

    Bergsig Akademie 57 (36) – Drieë: Simeon Botha, Tjaart Bernard, Johandre Steyl, Alzandro dos Santos, Paulo dos Santos, MJ Pretorius, Siya Butelezi, TK Bagwase, Lundro Scheepers. Doelskoppe: Simeon Botha (6). Hoërskool Florida 7 (0).

    Ander wedstryde: 

    Dr Malan 24, Centurion 13; Driehoek 20, Alberton 15.

    Ander spanne: 

    o. 16: Merensky 20, Ellisras 18; Ben Viljoen 31, Hans Strijdom 19; Piet Retief 29, Secunda 22; Bergsig 17, Florida 0; Centurion 33, Dr Malan 0.

    o. 15: Merensky 12, Ellisras 12; Hans Strijdom 15, Ben Viljoen 12; Piet Retief 43, Secunda 0; Florida 24, Bergsig 12; Centurion 27, Dr Malan 19.

    o. 14: Ellisras 13, Merensky 5; Ben Viljoen 51, Hans Strijdom 0; Piet Retief 15, Secunda 10; Bergsig 26, Florida 12; Dr Malan 17, Centurion 12.

  • Hugenote behou onoorwonne status in Heidelberg

    Daar is tot dusver vanjaar geen keer aan Hugenote in vanjaar se NWU Prestige-reeks nie.

    Herleef al die aksie op SuperSport Schools (www.supersportschools.com).

    Hoërskool Hugenote van Springs het hul onoorwonne status in 2024 behou nadat die span van Springs met 17-10 bo uitgekom het in ‘n fisieke stryd teen Heidelberg Volkskool.

    Dit het ‘n taamlike gekners afgegee met altwee spanne wat verbete verdedig het. Hugies het geduldig egter die druk aanhou oplaai om uiteindelik in die eerste helfte die ys te breek met drieë deur heelagter, George Loucas, en binnesenter, Vian van Dyk.

    Volkies se losskakel, Kayle Venter, het met ‘n strafdoel geslaag om die rustydagterstand na 3-10 te laat krimp.

    Die laaste 35 minute het meer van dieselfde opgelewer, met die twee spanne wat mekaar nogmaals op die verdediging gelooi het. Die Hugie-voorspelers het egter meedoënloos aan die deur bly hamer en die besoekers se derde drie, deur haker, Luan Pretorius, en verdoel deur Corné Pretorius, het Volkies die uitklophou toegedien.

    Volkskool het nietemin moedig probeer terugveg, met hul hardwerkende haker, Janco Pretorius, wat einde ten laaste vir sy span kon druk. Dit was ongelukkig net té laat om die kastaiings uit die vuur te krap.

    Hoërskool Jeugland het in hul kragmeting met Potchefstroom Volkskool harde waarskuwingskote afgevuur, op die vooraand van die SDC Noordvaal Cup-kompetisie, deur die Potchefstromers met ‘n telling van 64-22 af te ransel.

    Vleuels, Oregopots Shilubane en Jetao Jooste, het baljaar met hope spasie wat aan die buitekant vir hulle geskep is, om elkeen twee keer agter die besoekers se doellyn te gaan draai.

    Hoërskool Rustenburg kon, ten spyte van ‘n rooikaart vroeg in die eerste helfte, daarin slaag om die sluise in die laaste 20 minute van hul wedstryd teen ‘n begeesterde Hoërskool Montana span oop te maak. Die Rusties het 24 punte in daardie periode aangeteken om met 44-28 te wen, met losskakel, Jayden Meyer, wat twee drieë gedruk het.

    Montana kan egter heelwat moed skep uit hul vertoning, wat bestempel word as hul beste tot dusver vanjaar. Ruwald Goosen, Monties se losskakel, was sy span se voorste puntemaker met twee doelskoppe en drie strafdoele.

    Hoërskool Wesvalia het vir Hoërskool Oosterlig gewys waar Dawid die wortels begrawe het met ‘n wegholsege van 57-3.

    Francois Dumond, Wesvalia se oopkantflank, het in ‘n afgeronde spanvertoning uitgestaan en twee van die Klerksdorpers se agt drieë gedruk. Rickard van Heerden, wat die naweek op binnesenter diens gedoen het, was in die kol met sewe doelskoppe en ‘n strafdoel .

    Puntemakers:

    Hugenote (Springs) 17 (10) – Drieë: George Loucas, Vian van Dyk, Luhan Pretorius. Doelskop: Corné Pretorius. Heidelberg Volkskool 10 (3) – Drie: Janco Coetzer. Doelskop: Kayle Venter. Strafdoel: Venter.

    Jeugland 64 (33) – Drieë: Oregopots Shilubane (2), Jetao Jooste (2), Siyanda Mbanwa, Shammah Nsenda, Sharon Nsenda, Jose Ngoma-Ngoma, Sinenhlanhla Ndlovu. Potchefstroom Volkskool 22 (3) – Drieë: Jaco van der Merwe, Christoff Nel, Louis Fourie. Doelskoppe: Johandre Marre (2). Strafdoel: Marree.

    Rustenburg 44 (15) – Drieë: Jayden Meyer (2), Zulu Khumalo, Lorenzo Snyers, Hendré Robinson, Pedrie Human. Doelskoppe: Snyers (3). Strafdoel: Snyers. Montana 28 (11) – Drieë: Devan van der Merwe, Sam Schoeman, Marcell Gouws. Doelskoppe: Ruwald Goosen (2). Strafdoele: Goosen (3).

    Wesvalia 57 (29) – Drieë: Francois Dumond (2), Ulrigh du Preez, Junior Kuhn, Kyle Botes, Jeandre Snyman, Justin Adams, Fafa Calitz. Doelskoppe: Rickard van Heerden (7). Strafdoel: Van Heerden. Oosterlig 3 (3) – Strafdoel: Jayden Bouwer.

    Noordheuwel 63 – Drieë: Cheswill Jooste (2), Lindsey Jansen (2), Jade Muller, Ignatius Jantjies, Ethan Smith, Gideon Diedericks. Doelskoppe: Jeandré Uithaler (9). Hoërskool Klerksdorp 7 – Try: Diwan Labuschagne. Doelskop: Deacon Loots.

    Die Anker 21 (8) – Drieë: Troy Joubert, Jonathan Jordaan, Brandon Crous. Strafdoele: Ruan Smith (2). Lichtenburg 16 (6) – Drie: Donovan Rosato. Doelskop: Albert Joubert. Strafdoele: Joubert (3).

    Marais Viljoen 36 (15) – Tries: Dian Scheepers (2), Rynier Welgemoed (2), Ethan Weideman (2). Doelskoppe: Recce Gerber (3). Zwartkop 21 (14) – Tries: Denilson Metcalfe, Luhardt Booyens. Doelskop: Booyens. Strafdoele: Booyens (3).

    Hoërskool Pietersburg 19 (6) – Drie: Divan Brown. Doelskop: Brown. Strafdoele: Brown (4). Potchefstroom Gimnasium 18 (6) – Drieë: David Ndala, Tobias van Dyk. Doelskop: Ndala. Strafdoele: Ndala (2).

    Ander spanne:

    o. 16: Heidelberg Volkskool 26, Hugenote (Springs) 5; Potchefstroom Volkskool 33, Jeugland 19; Rustenburg 35, Montana 10; Wesvalia 22, Oosterlig 7; Zwartkop 52, Marais Viljoen 0; Pietersburg 38, Potchefstroom Gimnasium 3; Noordheuwel 54, Klerksdorp 3.

    o. 15: Heidelberg Volkskool 14, Hugenote (Springs) 0; Potchefstroom Volkskool 27, Jeugland 14; Rustenburg 15, Montana 13; Wesvalia 14, Oosterlig 10; Zwartkop 20, Marais Viljoen 12; Pietersburg 54, Potchefstroom Gimnasium 0; Noordheuwel 36, Klerksdorp 12.

    o. 14: Hugenote (Springs) 17, Heidelberg Volkskool 13; Jeugland 12, Potchefstroom Volkskool 12; Rustenburg 58, Montana 5; Wesvalia 59, Oosterlig 10; Marais Viljoen 14, Zwartkop 14; Pietersburg 43, Potchefstroom Gimnasium 6; Noordheuwel 28, Klerksdorp 5.