SSPN Test Site

Author: froberholzer

  • Jansies loop Rooibulle “Storm”

    ‘n “Storm”-agtige vertoning in die eerste helfte deur Hoërskool Dr EG Jansen was genoeg om nóg ‘n puik sege vir die span van Boksburg in die NWU Sport-reeks te verseker.

    Herleef al die aksie op SuperSport Schools. Skakel na die wedstryde.

    Hoewel die Jansies die afgelope ruk ‘n aantal taai kragmetings moes oorkom, het hulle steeds oor genoeg energie en skietgoed beskik om Hoër Tegniese Skool Middelburg se Rooibulle met 49-28 te verslaan.

    Die Boksburgers het reeds 37 punte in die eerste helfte aangeteken, wat meer as genoeg van ‘n buffer gebied het om die wa die deur die drif te trek.

    Buitesenter, Jeandre Jacobs, was oudergewoonte weer in ‘n vernietigende bui op die aanval, en het twee keer die doellyn oorgesteek.

    Die Jansies se grootste uitblinker op die dag was egter agtsteman, Storm Labuschagne, wat ook ‘n tweekuns behaal het. Labuschangne het albei kere wat hy die doellyn oorgesteek het sy groot vaart tentoongestel, en, vir die eerste, à la Pierre Spies deurgenael vanuit sy eie halfgebied vir ‘n skouspelagtige drie.

    Die Rooibulle het aansienlik beter gevaar na rustyd om 21 punte teenoor die Jansies se 12 aan te teken in die laaste 35 minute. Binnesenter, Johnny dos Santos, was ongetwyfeld die tuisspan se uitstaande speler en is na twee skitterende lopies ook met ‘n dubbele kuiertjie agter die doellyn beloon.

    In die Moot was daar niks wat Hoërskool Oos-Moot en Hoërskool Middelburg kon skei nie. Die twee spanne moes met die blaas van die eindfluitjie tevrede wees met ‘n gelykopuitslag van 33-33.

    Oosies se binnesenter, Dewran Aford, was die tuisspan se uitblinker, met sy kragtige lopies in die middeveld wat sy span deurentyd oor die voordeellyn kon kry. Aford is ook met een van sy span se vyf drieë beloon.

    Matthew Abbey, die besoekers se generaal op losskakel, was oudergewoonte uitstekend en dit was hoofsaaklik sy skopskoen wat die span van Middelburg in die wedloop gehou het. Hy het met drie doelskoppe, vier strafdoele en ‘n drie persoonlik 23 punte bygedra.

    ‘n Driekuns deur Hoërskool Waterkloof se Riwan van Aswegen was genoeg om ‘n begeesterde Hoërskool Transvalia met vyf punte te troef. Van Aswegen het die helfte van die Klofies se punte aangeteken in hul tuisoorwinning van 30-25 oor die span van Vanderbijlpark. Linkervleuel, Dennis Obbi, het ook ‘n puik gevaar om twee keer te gaan druk.

    Ses drieë tussen Hoërskool Nelspruit se twee vleuels, Jordan Pretorius en Tinyiko Silubane, asook haker, Regardt Vermaak, wat elk twee keer gedruk het, het ‘n wegholsege van 53-10 oor Hoërskool Eldoraigne verseker.

    Puntemakers:

    EG Jansen 49 (37) – Drieë: Jeandre Jacobs (2), Storm Labuschagne (2), Keanu van Logerenberg, Duwan Potgieter, Zade-Leigh Rippenaar, Matthew Bergman. Doelskoppe: Bergman (2). Strafdoel: Bergman. HTS Middelburg 28 (7) – Drieë: Johnny dos Santos (2), Tertuis Bezuidenhout, Toy Engelbrecht. Doelskoppe: Jaque Stassen (4).

    Oos-Moot 33 (20) – Drieë: Jandré de Beer, Clayton de Bruyn, Wade Williams, Deon Badenhorst, Dewran Aford. Doelskoppe: Ruwan Allen (4). Hoërskool Middelburg 33 (19) – Drieë: Roux Grobler, Sihle Mkhatswa, Matthew Abbey. Doelskoppe: Abbey (3). Strafdoele: Abbey (4).

    Waterkloof 30 (10) – Drieë: Riwan van Aswegen (3), Dennis Obi (2), Migael Prinsloo. Doelskop: Ronan Bastiaanse. Strafdoel: Bastiaanse. Transvalia 25 (6) – Drie: Tsepo Molakeng. Doelskop: Dylan Steynman. Strafdoele: Steynman (6).

    Hoërskool Nelspruit 53 – Drieë: Jordan Pretorius (2), Tinyiko Silubane (2), Regardt Vermaak (2), Nathan Duncan, Ewean van Zyl, Banele Ngwenya. Doelskoppe: Liam Pringle (3). Hoërskool Eldoraigne 10.

    Ander spanne:

    o.16: EG Jansen 12, HTS Middelburg 10; Waterkloof 13, Transvalia 10; Nelspruit 24, Eldoraigne 0; Middelburg 23, Oos-Moot 22.

    o.15: EG Jansen 62, HTS Middelburg 7; Transvalia 13, Waterkloof 10; Nelspruit 38, Eldoraigne 0; Middelbrug 24, Oos-Moot 17.

    o.14: EG Jansen 19, HTS Middelburg 0; Nelspruit 31, Eldoraigne 0; Oos-Moot 15, Middelbrug 7.

  • Affie-pak karnuffel Garsies vir eerste sege in drie jaar

    Foto: Frans Lombard

    Brute krag was aan die orde van die dag in Pretoria.

    Herleef al die aksie op SuperSport Schools. Skakel na die wedstryd.

    Die Afrikaanse Hoër Seunskool se pak voorspelers het die sleutel gebied tot hul eerste oorwinning oor Hoërskool Garsfontein in drie jaar. Affies het met ‘n naelbyttelling van 33-31 as oorwinnaars uit die titaniese stryd getree.

    Affies het die tuisspan behoorlik gekarnuffel voorlangs, met verál hul verdediging teen die Garsies se sterk dryfmale wat die Bere gekortwiek het. Dit het voorts daartoe gelei dat die Bere deurgaans onder enorme druk geplaas is.

    Albei spanne het groot fisiekheid tafel toe gebring, maar dit was die Wit Bulle wat die kontakpunte, met reuse duikslae, beheer het. Die oorhand onder die grootmanne het ‘n platform geskep vir die Affie-snellers om aanskoulike, hardlooprugby te speel.

    Buitesenter, Nicholaas Grobler, was die eerste om deur te breek vir ‘n drie, waarna Affies voet in die hoek gesit het vir die twee vleuels, Roux Eagan en Rikus Strydom, om ook voor rustyd agter die tuisspan se doellyn te gaan kuier.

    Die Bere het met rukke en stote in die eerste helfte goeie rugby gespeel. Dit was egter in die tweede skof dat dit begin lyk het asof die tuisspan hul ritme begin vind. Die spoedvraat op linkervleuel, Junaide Stuart, het kort na die omdraaislag teruggeslaan met sy tweede drie.

    Sy eerste, het gekom van ‘n slinkse steekskoppie deur skrumskakel Brooklyn Newman, wat die Affie-verdedigers onkant betrap het. Newman is laat in die wedstryd self met ‘n drie beloon, wat die Bere se agterstand na slegs twee punte laat krimp het, met twee minute speeltyd oor.

    Daardie drie het die Bere gelig en dit was so hittete of die tuisspan het in doodsnikke deurgebreek, vanuit hul eie halfgebied, om ‘n haas uit die hoed te pluk. Ongelukkig, tot die teleurstelling van die groot tuisskare, het dit nie uitgewerk vir hulle nie en kon Affies genoegsaam spartel om die moedige terugvegpoging te stuit.

    Puntemakers:

    Afrikaanse Hoër Seunskool 33 (21) – Drieë: Nicolaas Grobler, Roux Eagan, Rikus Strydom, Stephan McDonald. Doelskoppe: Ruben Pienaar (2). Strafdoele: Pienaar (3). Hoërskool Garsfontein 31 (12) – Drieë: Junaide Stuart (2), Ethan van Wyk, Stephan Pretorius, Brooklyn Newman. Doelskoppe: Luan Ferreira (2), Handre Maree.

    Ander spanne: 

    o. 16: Affies 40, Garsfontein 34

    o. 15: Garsfontein 10, Affies 7

    o. 14: Garsfontein 25, Affies 7

  • Jansies oorgehaal om onoorwonne status te behou

    Dit behoort te gons in Middelburg Saterdag wanneer HTS Middelburg en Hoërskool Dr EG Jansen mekaar die stryd aansê.

    Die Rooibulle sal natuurlik daarop uit wees om die Jansies se onoorwonne segetog vanjaar te probeer beëindig.

    Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools. Skakel na die wedstryde.

    Die Jansies het vroeg reeds aangedui dat hulle een van die spanne is om te klop vanjaar. Die span van Boksburg het juis onlangs teruggekeer van ‘n vrugtevolle toer na KwaZulu-Natal, waar hulle al hul wedstryde op die Kearsney Easter Rugby Festival gewen het.

    Dr EG Jansen se indrukwekkendste vertoning was hul laaste een, waartydens hulle die gasheerskool, Kearsney College, oortuigend met 36-11 verslaan het.

    Soos reeds gesien vanjaar, beskik die Jansies oor ‘n giftige agterlyn. Matthew Bergman, die span se losskakel, verpersoonlik die begrip “generaal” en slaag gereeld daarin om die gevaarmanne aan sy buitekant los te laat. Buitesenter, Jeandre Jacobs, was reeds ‘n paar keer vanjaar in ‘n verwoestende bui en die Rooibulle sal hom fyn moet dophou.

    Voorlangs wag losskopstut, Zian Marais, en haker, Danre Pike, op die Rooibulle se voorhoede. Pike, verál, is met mening op dreef en het al ‘n hele paar keer agter die doellyn gaan kuier, danksy die Jansies se kragtige rolmaalbewegings .

    Die Jansies kan egter allermins bekostig om op hul louere rus. Die Rooibulle is vanjaar duidelik honger om ‘n paar groot honde in die stof te laat byt en spog reeds met ‘n naelskraapse oorwinning van 20-19 oor Hoërskool Transvalia in die vroeë rondes van die NWU Sportreeks.

    Kaptein en oopkantflank, Toy Engelbrecht, sal uitsien na sy tweestryd met een van die Valke se aanspraakmakers op die nr. 6-trui, Zade-Leigh Rippenaar, terwyl agtsteman, Tertuis Bezuidenhout, en steelkantflank, Anthoni Smuts, ook nie sal terugdeins wanneer dit by die fisieke aspek van die stryd kom nie.

    Hoërskool Middelburg durf die Moot aan wanneer hulle Saterdag weg teen Oos-Moot te staan kom. Die Oosies sal begeesterd wees nadat hulle vir Hoërskool Nelspruit met met 37-29 getroef het in die laaste ronde voor die vakansie. Die Middies sal verál moet ligloop vir die ervare losskakel, Ruwan Allen, en steelkantflank, Wade Williams.

    Wat die besoekers betref, sal heelwat verantwoordelikheid rus op die skouers van losskakel, Matthew Abbey. Abbey se rekord vanaf die skopkegel is tot op hede uitstekend, dus sal Oosies hul beste voetjie wil voorsit wat dissipline betref om Abbey van die kans te ontneem om pale toe aan te lê.

    Ander wedstryde: 

    12:20 – Nelspruit t. Eldoraigne, 12:30 – Waterkloof t. Transvalia.

    Die spanne:

    HTS Middelburg: 15 Jaque Stassen, 14 Sphesihle Skosana, 13 Luhan Graaff, 12 Johnny dos Santos, 11 CJ Muller, 10 Darius Breytenbach, 9 Reece Botha, 8 Tertius Bezuidenhout, 7 Anthoni Smuts, 6 Toy Engelbrecht, 5 Sam Ndwandwe, 4 Janco Aucamp, 3 Kagiso Gumbi, 2 Hanro Terblanche, 1 Dirk du Plooy.

    Hoërskool Dr EG Jansen (moontlik): 15 R-Jay Williams, 14 Jean-dre Claasen, 13 Jeandre Jacobs, 12 Steven Williams, 11 Keanu van Loggerenberg, 10 Matthew Bergman, 9 Riekus van der Merwe, 8 Storm Labuschagne, 7 Divan Francis, 6 Zade-Leigh Rippenaar, 5 Zandre naude, 4 Gerhard van Aswegewen, 3 Duwan Potgieter, 2 Danre Pike, 1 Zian Marais.

    Hoërskool Oos-Moot: 15 Naylan Albertus, 14 Jayden Pretorius, 13 Drew Williams, 12 Dewron Aford, 11 Nick Venter, 10 Ruwan Allen, 9 Franco O’Neale, 8 Deon Badenhorst, 7 Wade Williams, 6 Bertus van Dyk, 5 Jaydon Botha, 4 Connor de Jager, 3 Christian Smith, 2 Clayton de Bruyn, 1 Jandre de Beer.

    Hoërskool Middelburg: 15 Crawford Joubert, 14 Sihle Mkhatshwa, 13 Eckard Marx, 12 Lungelo Maseko, 11 Jacque Greyling, 10 Matthew Abbey, 9 Keabetswe Nkgadema, 8 Jabu Mathebula, 7 Khensani Buthelezi, 6 CW Hanekom, 5 Enrico Thompson, 4 Rogan van der Walt, 3 Wandisa Mthombeni, 2 Roux Grobler, 1 Wian Olwagen.

  • Geen maklike taak vir Hugenote in Heidelberg nie

    Heidelberg word bederf met ‘n voorsmakie van wat voorlê in die opkomende SDC Noordvaal Cup wanneer twee spanne in vanjaar se Skild-afdeling, Hoër Volkskool Heidelberg en Hoërskool Hugenote (Springs), mekaar Saterdag in Heidelberg die stryd aansê.

    Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools. Skakel na die wedstryde.

    Die Volkies was verlede baas oor die span van Springs, maar dis ‘n splinternuwe seisoen en die Hugies lyk na ‘n perd van ‘n ander kleur.

    Die span van Springs is onlangs as die 30ste kampioen van die Mauritz Hansen-rugbyweek gekroon, na drie puik vertonings, waarvan een ‘n indrukwekkende oorwinning van 21-7 oor Ligbron Akademie was.

    Kaptein en steelkantflank, Tyron Hand, is uitstekend op dreef en behoort vurige ondersteuning van agtsteman, Hendrik Eybers, te ontvang. Albei is prominent op die aanval en uiters effektief om hul span oor die voordeellyn te kry.

    Agterlangs sal die vleuels, Musa Manhlangu en Thayani Mokiri, ‘n taamlike bedreiging vir die Volkie-verdedigers inhou. Tiaan Smith begin op skrumskakel, wat Mokiri se skuif na linkervleuel teweeggebring het. Die gevaarlike Ruan van Biljon skuif van regtervleuel na sy gereelde posisie op buitesenter.

    Volkies sal nietemin uiters strawwe weerstand bied, vernaam met die tuiskare bankvas agter hulle. Agsteman, Joshua Munro, beskik oor die vermoë om die twee losvoorspelers van die Hugies te neutraliseer met sy kragtige duikslae, terwyl slot, Christopher Makgongoane, ook nie sal terugstaan vir die fisieke stryd wat wag nie.

    As Kayle Venter sy skopskoene onthou, kan hy ook enige span vanaf die skopkegel looi.

    Hoërskool Montana trek na Rustenburg waar hulle teen Hoërskool Rustenburg te staan kom. Die Rusties sal opgewonde wees om die gevaarlike Lorenzo Snyers terug te verwelkom, nadat hy die laaste wedstryd teen Hoërskool Wesvalia, voor die vakansie, weens ‘n ligte besering misgeloop het.

    Hoërskool Pietersburg verwelkom vir Potchefstroom Gimnasium in Limpopo se hoofstad en goeie nuus vir die Pieties is dat spelskepper, Hanno van Zyl, weer sy bekende posisie as buitesenter inneem. Celliers van der Merwe kry derhalwe ‘n kans om sy staal op losskakel te wys.

    Ander wedstryde:

    12:30 – Jeugland t. Volkskool Potchefstroom; 12:30 – Marais Viljoen t. Zwartkop; 12:30 – Wesvalia t. Oosterlig; 13:15 – Noorheuwel t. Klerksdorp; 13:20 – Die Anker t. Lichtenburg.

    Die spanne:

    Volkskool Heidelberg t. Hugenote (Springs) om 12:20 in Heidelberg: 

    Hoër Volkskool Heidelberg: 15 Theuns van der Merwe, 14 Stefan Botha, 13 Rueben Bierman, 12 Daniel Munro, 11 Tiaan Holloway, 10 Kayle Venter, 9 Hein Oelofse, 8 Joshua Munro, 7 Wilco Janse van Rensburg, 6 Eduard Roets, 5 Christopher Makgongoane, 4 Fourie Jacobs, 3 Dyllan Baird, 2 Janco Coetzer, 1 Botshelo Motsepe.

    Hoërskool Hugenote (Springs): 15 George Loucas, 14 Musa Mahlangu, 13 Ruan van Biljon, 12 Vian van Dyk, 11 Thayani Mokiri, 10 Corne Pretorius, 9 Tiaan Smit, 8 Hendrik Eybers, 7 Tyron Hand, 6 Arne Marais, 5 Xavier Ungerer, 4 Anthony Smith, 3 Diaan Pretorius, 2 Luan Pretorius, 1 Henre Oosthuizen.

    Rustenburg t. Montana om 13:20 in Rustenburg:

    Hoërskool Rustenburg: 15 Tiano Combrink, 14 Christiaan van der Bergh, 13 Lorenzo Snyers, 12 Hendre Robinson, 11 Zulu Khumalo, 10 Jayden Meyer, 9 Adriano George, 8 Coenraad Coetzer, 7 Wicus Jacobs, 6 MC Smith, 5 Pedrie Human, 4 Erich Potgieter, 3 Xander Benedetti, 2 Xavier Steenkamp, 1 Janco Pretorius.

    Hoërskool Montana: 15 Marq de Villiers, 14 Ryan Nel, 13 Hendrew Schoeman, 12 JF Venter, 11 Sam Schoeman, 10 Ruwald Goosen, 9 Braam Schutte, 8 Devan van der Merwe, 7 Richard Botha, 6 Dieter Scheepers, 5 Justin Herbst, 4 Martin venter, 3 Ruan Louw, 2 Luhan Theunissen, 1 Marinus Oberholzer.

    Pietersburg t. Potch Gimnasium om 12:45 in Pietersburg:

    Hoërskool Pietersburg: 15 Brydan Retief, 14 Lerisch Duba, 13 Hanno van Zyl, 12 Nick Jones, 11 Dustin Terblanche, 10 Celliers van der Merwe, 9 Divan Brown, 8 Hardus Otto, 7 FC Smith, 6 Tiaan Vermeulen, 5 Juan Jansen van Vuuren, 4 AJ de Beer, 3 Elardus Erasmus, 2 Dewald de Beer, 1 Floris Venter.

    Potchefstroom Gimnasium: 15 PC Schutte, 14 Lourens Jacobs, 13 David Ndala, 12 Jaap van der Westhuizen, 11 Toks Bekker, 10 Jean Groenewald, 9 MJ Viljoen, 8 Morne van Aswegen, 7 Bart du Plooy, 6 Tiardt Vorster, 5 Tobias van Wyk, 4 Wian Botha, 3 Jayden Stofberg, 2 Jaco Nel, 1 Cobus van Rooyen.

     

  • Kan Garsies vir Affies derde jaar agtereenvolgens tem?

    FOTO: Frans Lombard/Actionpix

    Hoërskool Garsfontein mik om vir ‘n derde opeenvolgende keer die baas van die Jakarandastad te wees wanneer hulle Saterdag vir die Afrikaanse Hoër Seunskool, in straks Pretoria se grootste skolewedstryd, pak.

    Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools. Skakel na die wedstryd.

    Die Bere was die vorige twee seisoene baas met oorwinnings van 20-19 (2022) en 45-38 (2023), met laasgenoemde sege boonop op Affies se tuisveld.

    Die Bere het egter ook ‘n punt om te bewys nadat hulle twee nederlae in twee wedstryde op vanjaar se Noord/Suid-toernooi in die gesig moes staar.

    Dit is veral die 36-38 nederlaag, in die doodsnikke teen Hoër Jongenskool Paarl, wat as genoegsame motivering vir die Garsies behoort te dien.

    Affies het ook effens wankelrig gelyk inhul 25-30 nederlaag teen Paul Roos Gimnasium. Wat die positiewe betref, het sowel Garsies as Affies tot dusver uiters indrukwekkend vertoon in die skrums.

    Affies se voorry het hul stempel deeglik afgedruk teen die span van Stellenbosch, en Ruan Smuts (vaskopstut), Ethan van Dyk (haker) en Werner Vrey (loskopstut) het ‘n groot verantwoordelikheid  op hul skouers indien die Wit Bulle hoop om ‘n derde agtereenvolgende nederlaag teen die Bere die hoof te bied. Dit sal allermins egter ‘n maklike taak wees, met die Bere se skrum wat Boishaai ook op die agtervoet gedruk het.

    Die ander opwindende stryd tussen die die twee pakke wag in die lynstane. In tipies Pretoriaanse styl beskik albei oor kragtige rolmaalbewegings, wat naby die doellyn uiters moeilik is om te stuit.

    Agterlangs wag ‘n tweestryd tussen die twee spanne se losskakels.

    Derrick Kuhn, die Bere se generaal, beskik oor ‘n geoefende skopskoen, en behoort Affies se agterste driehoek deurgaans te toets, terwyl sy visie en vermoë om die spasie raak te sien ook die besoekers se middelveld op hul tone sal hou. Dit sal die Bere se voorste driedrukker van 2023, Ruan Enslin, die kans gee om die spasie agterlangs uit te buit.

    In teenstelling sal Affies se spelskepper, Ruben Pienaar, nie skroom om die Bere-verdediging aan te vat nie, en met die SA Skole-binnesenter, Janco Purchase, aan sy buitekant, kan dit gevaar voorspel vir die opposisie.

    Purchase beleef tot dusver ‘n stadige begin tot die seisoen, maar die naweek se groot stryd teen die Bere kan dalk net die nodige inspuiting bied om hom na hoogste versnelling te laat oorskakel.

    Die spanne:

    Garsfontein t. Affies op Berepark in Pretoria om 13:10:

    Hoërskool Garsfontein (moontlik): 15 Ruan Enslin, 14 Eben Koekemoer, 13 Junade Pasenensie, 12 Luann Olivier, 11 Junaide Swart, 10 Derrick Kuhn, 9 Brooklyn Newman, 8 Aiden King, 7 Thinus Oosthhuizen, 6 Stephan Pretorius, 5 Jacques Swart, 4 James Schnetler, 3 Luan van der Berg, 2 Justin Blom, 1 Ethan van Wyk.

    Afrikaanse Hoër Seunskool: 15 Ruben Groenewald, 14 Rikus Strydom, 13 Nicolaas Grobler, 12 Janco Purchase, 11 Roux Eagan, 10 Ruben Pienaar, 9 Hendré Schoeman, 8 Robin Lippold, 7 Albert Smit, 6 Luan Potgieter, 5 JD Hattingh, 4 Muntingh Hamman, 3 Ruan Smuts, 2 Ethan van Dyk, 1 Werner Very.

  • Plasies reg om Rassies te wys wie’s baas

    Plasies reg om Rassies te wys wie’s baas

    Twee tradisionele aartsvyande kruis hierdie naweek swaarde in Tzaneen.

    Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools. Skakel na die wedstryd.

    Die ligblou-gemeenskap van agter die Sitrusgordyn sal terselftertyd senuagtig en opgewonde wees vir dit wat hulle te wagte kan wees wanneer die eerstespanne van Hoërskool Merensky en Hoërskool Ellisras mekaar Saterdag om 13:50 pak.

    Die span van Ellisras, onder leiding van die nuwe afrigtingspan bestaande uit Peter Schutte, ‘n ou bekende in die Laeveld, en Dandré Grobler, het reeds vanjaar hul stem dik gemaak teen Hoërskool Zwartkop. Die Rassie-eerstes het oortuigend, met 21-7, met die span, drie afdelings bokant hulle in die SDC Noordvaal Cup, afgereken.

    Die Rassies se staatmaker-losskakel, Anzio Swartbooi, skuif na heelagter vir hierdie naweek se stryd, waar hy ook heelwat probleme vir die tuisspan kan veroorsaak. Malose Moshupje neem Swartbooi se plek op nr. 10 in, en kan, saam met buitsenter, FJ Drotske, die lewe vir die Plasie-agterhoede verder bemoeilik.

    Die tuisspan beskik nietemin self oor ‘n gedugte kombinasie in die middelveld, met senters, Ulrich Mare en Jens Bezuidenhout, wat tot dusver aangedui het dat hul verdedigingslinie nie maklik gebreek sal word nie. Hulle is boonop ook bedrieglik op die aanval, en beskik oor hope spoed en venynige aanvalslyne.

    Die Plasies se pak is verder nie te versmaai nie, met Cravenweek-agsteman, Hardus Terblanche, wat sy flanke, PG Botes en Vorne Swanepoel, sal inspireer om die pap dik aan te maak.

    Verder af met die N1 skop Hoërskool Hans Strijdom hul nuwe seisoen af, nes hulle die vorige een afgesluit het, teen Hoërskool Ben Viljoen. Die Hansies sal hierdie slag tuisvoordeel ten volle wil benut om die bordjies te verhang, nadat hulle in die vorige kragmeting met 27-34 teen die span van Groblersdal vasgeval het.

    Die tuisspan sal hierdie keer sonder die dienste van hul slot en kaptein, Koedoe Harmse, moet klaarkom, nadat dié ‘n kniebesering opgedoen het tydens die Mauritz Hansen-week. Ewandre Jonker vervang vir Harmse op slot.

    Ben Viljoen het ook ‘n paar veranderinge aangebring vir die naweek se stryd. Chris Jordaan, wat in die vorige wedstryd op loskopstut diens gedoen het, skuif na slot, met Leuco Robinson wat sy plek op stut inneem, terwyl Tiaan Scheepers van agtsteman na die kant van die skrum skuif, met Asheeq Bradford wat op agtsteman in aksie sal wees.

    In Mpumalanga, kom Hoërskool Piet Retief te staan voor hul grootste toets tot dusver vanjaar, wanneer hulle vir Hoërskool Secunda, in Secunda, die stryd aansê.

    Die span van Secunda het tot op hede louwarm vertoon vanjaar en sal op hul hoede wees vir die begeesterde span van Piet Retief. Die besoekers se lostrio, bestaande uit Jaco Klopper, Melo Xulu en Christiaan Pienaar, hou verál groot gevaar in, vernaam by die afbreekpunte.

    Secunda sal heelwat staatmaak op hul ervare agtsteman, Bakkies Bezuidenhoud, om goeie teenstand te bied voorlangs, en skrumskakel, Jarno Haarhoff, om bruikbare bal aan die tuisspan se giftige agterlyn te verskaf.

    Ander wedstryde:

    12:30 – Hoërskool Centurion t. Hoërskool Dr Malan; Bergsig Akademie t. Hoërskool Florida; Hoërskool Driehoek t. Hoërskool Alberton.

    Die spanne: 

    Merensky t. Ellisras om 13:50 in Tzaneen:

    Hoërskool Merensky: 15 Maritz Meintjies, 14 Andreas Honiball, 13 Ulrich Mare, 12 Jens Bezuidenhout, 11 Leon de Lange, 10 Byron Hendricks, 9 JD Boshoff, 8 Hardus Terblanche, 7 PG Botes, 6 Vorne Swanepoel, 5 Lukas Pieterse, 4 Craig Walker, 3 Tirelo Mashapa, 2 Ruan Marcos, 1 Ethan Maritz.

    Hoërskool Ellisras: 15 Anzio Swartbooi, 14 Tinisha Chauke, 13 FJ Drotskie, 12 Rabadiba Lebo, 11 Ashley Monyelo, 10 Malose Moshupje, 9 Ethan Muller, 8 Funi Simba, 7 Derik Blessing, 6 Hanno Kay, 5 Daniel Leahy, 4 Rigby Hobarth, 3 Boela van Heerden, 2 Dean Otto, 1 Wessel Strooh.

    Hans Strijdom t. Ben Viljoen om 11:20 in Naboomspruit:

    Hoërskool Hans Strijdom: 15 Mpiri Gadebe, 14 Francois Koen, 13 Lewalt Ferreira, 12 Nathan Pool, 11 Tebogo Mapopgelo, 10 Hendriko van der Kolf, 9 MW de Jager, 8 Janneman Benson, 7 Marcus van der Walt, 6 Hannes Viviers, 5 Juan van Staden, 4 Ewandre Jonker, 3 Alwyn Geyser, 2 Leander Janse van Rensburg, 1 Marnus Ruytenberg.

    Hoërskool Ben Viljoen: 15 Mignon Stevens, 14 MJ de Beer, 13 Clementino Bowers, 12 Mihlali Ntebi, 11 Dylan Nieuwenhuys, 10 Anvernio Adonis, 9 Joe Cloete, 8 Asheeq Bradford, 7 Jaco Botha, 6 Tiaan Scheepers, 5 Chris Jordaan, 4 Erich Labuschagne, 3 JP Singleton, 2 Flippie Nieman, 1 Leuco Robinson.

    Secunda t. Piet Retief om 12:30 in Secunda:

    Hoërskool Secunda: 15 Damian de Beer, 14 Dillan Grundelingh, 13 Brink la Grange, 12 Bismark Jansen, 11 Divan Mulder, 10 EJ Venter, 9 Jarno Haarhoff, 8 Bakkies Bezuidenhout, 7 Zander Scheepers, 6 Zander van der Merwe, 5 Franko Rossouw, 4 Regardt du Preez, 3 Jean Janse van Nuwenhuizen, 2 Rico Schoeman, 1 Stefaan Bezuidenhout.

    Hoërskool Piet Retief: 15 Langelihle Ntuli, 14 Siposethu Sibisi, 13 Aphiwe Khumalo, 12 Gilles van der Meulen, 11 Vuyani Tshabalala, 10 Owethu Shabalala, 9 Kyle Stock, 8 Jaco Klopper, 7 Melo Xulu, 6 Christiaan Pienaar, 5 Vusi Nhleko, 4 Renco Venter, 3 Louis Groler, 2 Jandre van Deventer, 1 Sfundo Mayisa.

  • Nories cap off hard two weeks with fifth consecutive victory

    Photo: Frans Lombard

    Five in a row for Hoërskool Noordheuwel.

    Relive all the action on SuperSport Schools. Link to the games.

    Nories, with a third win at the 27th St John’s Easter Rugby Festival, took their unbeaten run to five matches, following on from two victories at the NMI Toyota North-South Tournament.

    The side from Krugersdorp easily dealt with Voortrekker, cruising to a comfortable 47-3 win. Their gasman on the left wing, Linsey Jansen, continued his great try-scoring form, running in two more against the team from Bethlehem.

    (Big Bad) Brad Brown put the Trekkers under severe pressure, pounding them with his aggressive runs in broken play, which also brought him two tries, including the second from inside his own half.

    Jeandré Uithaler was in good kicking form, converting five of his side’s tries, for a personal haul of 10 points.

    Hilton College also completed an unbeaten run through the festival, making Hoërskool Nelspruit their last victim. The men from just outside Pietermaritzburg ran in four tries to claim an impressive 32-17 victory over their opponents from Mpumalanga.

    It wasn’t a straightforward victory, however, with Nellies appearing to be in the mood to pull off another fantastic fightback. Hilton’s strong defence, however, thwarted their opponent’s efforts.

    Brad McLeod-Henderson‘s charges dominated the contact points, tackling Nelspruit backwards on more than one occasion. They also had the upper hand in the set phases. This laid the platform for a well-coached backline to run rampant.

    Outside centre Khazimla Mokali and fullback Xola Makongolo rounded off two of the best tries seen over the course of the three days of action.

    Nellies were by no means disappointing. Right winger and try-scoring machine, Jordan Pretorius, was once again on the scoresheet, going over for his team’s second try, just six minutes after Nelspruit hooker, Regardt Vermaak, had crossed for five.

    The cost of their recent heavy schedule became apparent in the last 10 minutes, however, as Nellies’ intensity slipped, and Hilton added two more tries.

    Scorers

    Noordheuwel 47 (26) – Tries: Lindsey Jansen (2), Brad Brown (2), Ighnatius Jantjes, Kean Steyn-Shawe, Jade Muller. Conversions: Jeandre Uithaler (5). Voortrekker 3 (3) – Penalty: Christian van der Sandt.

    Hilton College 32 (15) – Tries: Khazimla Makali, Mitchell Wilson, Xola Makongolo, Zander Vorster. Conversion: Liyema Nela. Penalties: Xola Makongolo (2). Hoërskool Nelspruit 17 (12) – Regardt Vermaak, Jordon Pretorius, Banele Ngwenya. Conversion: Divan de Kock.

  • Watson hattrick floors high flying Falcon

    Kyle Watson delivered one of the highlights of day three of the St John’s Easter Rugby Festival when he went over for a hattrick of tries.

    Relive all the action on SuperSport Schools. Link to the games.

    The St John’s 8th-man and captain, who played hooker in his side’s 13-38 loss to Hoërskool Nelspruit on day two, broke through the Falcon College defences three times to contribute 15 points to the hosts’ 38-21 victory over the team from Esigodini, Zimbabwe.

    It was clear from the get-go that St John’s were intent on securing their first victory of the festival. They had come close in their opener, playing to a 17-17 draw with Kingswood.

    St John’s dominated the set pieces and made good use of the scrums and lineouts to set up a solid platform from which their dangerous backline could attack.

    Flyhalf Joe MacRobert played the role of general exceptionally well, dictating play in a cool and calm manner. This allowed Watson to run freely among the backs and create mismatches.

    Loosehead prop Joshua Shannon produced a third consecutive impressive display, hammering Falcon with his robust runs. His high work rate was also rewarded with a try.

    Falcon’s fullback, Tafadzwa Tigere, had his kicking boots on, knocking over three penalties and slotting a conversion.

    Kingswood College’s lock, Josh Mackenzie, crossed the whitewash twice in his side’s 35-10 victory over St David’s Marist Inanda. His twin, James Mackenzie, converted the second of his brother’s tries and also added the extras to lock Sipho Nonyalela’s five-pointer.

    The Kingswood backline delivered a warning to their future opponents – don’t give them space to run, which inside the centre Munangi Kamwendo demonstrated by ripping through the St David’s midfield to run it in from his own 22-metre line, to open their scoring.

    Scorers

    St John’s College 38 (19) – Tries: Kyle Watson (3), Thomas Kruger, Joshua Shannon, Jacob Smith. Conversions: Bryson Walker (4). Falcon College 21 (13) – Tries: Tawanda Chisungo, Dominic McKenchie. Conversion: Tafadzwa Tigere. Penalties: Tigere (3).

    Kingswood College 35 (14) – Tries: Josh Mackenzie (2), Munangi Kamwendo, Vizi Labase, Sipho Nonyalela. Conversions: Jared Botha (3), James Mackenzie (2). St David’s Marist 10 (3) – Try: Jack Brady. Conversion: Luca Gabion. Penalty: Diego Ferreira.

  • Running rugby rules on Burger Field

    Graeme College kicked off the third and final day of the 27th St John’s Easter Rugby Festival with an exhilarating display of running rugby, smashing St Benedict’s 50-12.

    Relive all the action on SuperSport Schools. Link to the games.

    Graeme College left winger, Emihle Sukula, and the impressive Ashton Williams, at outside centre, both crossed for five-pointers twice. The side from Makhanda’s backline clicked wonderfully, consistently running circles around Bennies.

    It was, however, Cameron Doyle, the Graeme scrumhalf, who moved to fullback for the day, who stole the show. His timing in joining the backline was exemplary and he sliced through Bennies to score a well-deserved hattrick of tries.

    Replacement forward, Brynn Ngarande, put the lid on a solid outing for Graeme, scoring their eighth and final try.

    The Golden Lions Invitational XV impressed once again, especially on defence. It was, unfortunately for the local side, not quite enough to keep the Maritzburg College right winger, Langelihle Makhathini, quiet.

    Makhatini exhibited exciting pace and wonderful footwork to complete the second hattrick of the day, contributing 15 of his side’s points in their 24-7 victory.

    The Lions XV’s inside centre, Anele Hlongwane, finally burst over for a try, to score his side’s first points of the festival. Eighthman, Joshua Mhlanga, also impressed.

    Boland Landbou welcomed Hans Moore to the festival with a 59-0 hammering in the third game of the day. Right-wing Wehan Lume and scrumhalf Jayden Brits led the Bolanders’ onslaught, with both crossing the whitewash twice.

    The Western Cape team’s flyhalf/fullback, Retagan van Rooi, showed his off his impressive skillset, also going over for a five-pointer. In addition to that, he had his kicking boots on, converting six tries, to take his contribution for the match up to 19 points.

    Scorers

    Graeme College 50 (26) – Tries: Cameron Doyle (3), Ashton Williams (2), Emihle Sukula (2), Brynn Ngarande. Conversions: Marcus Williams (5). St Benedict’s 10 (3) – Tries: Iviwe Mlilo, Jason Cutler. Conversion: Braeden le Roux.

    Maritzburg College 24 (5) – Tries: Langelihle Makhatini (3), Luyanda Kunene. Conversions: James Slevin (2). Golden Lions XV 7 (0) – Try: Anele Hlongwane. Conversion: Jacob Pimpstein.

    Boland Landbou 59 (40) – Tries: Jayden Brits (2), Wehan Lume (2), Sydney Blauw, Dante Christians, Pieter Bergh, Retagan van Rooi, Xavier Vorster. Conversions: Van Rooi (6), Bergh.

  • Results | St John’s College Easter Festival 2024 | Day 3

    Scorers:

    Graeme College 50 (26) – Tries: Cameron Doyle (3), Ashton Williams (2), Emihle Sukula (2), Brynn Ngarande. Conversions: Marcus Williams (5). St Benedict’s College 10 (3) – Tries: Iviwe Mlilo, Jason Cutler. Conversion: Braeden le Roux.

    Maritzburg College 24 (5) – Tries: Langelihle Makhatini (3), Luyanda Kunene. Conversions: James Slevin (2). Golden Lions XV 7 (0) – Try: Anele Hlongwane. Conversion: Jacob Pimpstein.

    Boland Landbou 59 (40) – Tries: Jayden Brits (2), Wehan Lume (2), Sydney Blauw, Dante Christians, Pieter Bergh, Retagan van Rooi, Xavier Vorster. Conversions: Van Rooi (6), Bergh. Hans Moore 0.

    Kingswood College 35 (14) – Tries: Josh Mackenzie (2), Munangi Kamwendo, Vizi Labase, Sipho Nonyalela. Conversions: Jared Botha (3), James Mackenzie (2). St David’s Marist 10 (3) – Try: Jack Brady. Conversion: Luca Gabion. Penalty: Diego Ferreira.

    St John’s College 38 (19) – Tries: Kyle Watson (3), Thomas Kruger, Joshua Shannon, Jacob Smith. Conversions: Bryson Walker (4). Falcon College 21 (13) – Tries: Tawanda Chisungo, Dominic McKenchie. Conversion: Tafadzwa Tigere. Penalties: Tigere (3).

    Hilton College 32 (15) – Tries: Khazimla Makali, Mitchell Wilson, Xola Makongolo, Zander Vorster. Conversion: Liyema Nela. Penalties: Xola Makongolo (2). Hoërskool Nelspruit 17 (12) – Regardt Vermaak, Jordon Pretorius, Banele Ngwenya. Conversion: Divan de Kock.

    Noordheuwel 47 (26) – Tries: Lindsey Jansen (2), Brad Brown (2), Ighnatius Jantjes, Kean Steyn-Brown, Jade Muller. Conversions: Jeandre Uithaler (5). Voortrekker 3 (3) – Penalty: Christian van der Sandt.