Die Afrikaanse Hoër Seunskool het hul NMI Toyota Noord/Suid-toernooi met ‘n dominerende vertoning voorlangs en ‘n wentelling van 38-11 teen Hoërskool Stellenberg afgesluit.
Die Affies-pak het behoorlik baljaar, en verál met hul dryfmaalbewegings om die lynstane vir die Kapenaars kwaai opdraande gegee. Haker, Ethan van Dyk (2), en oopkantflank, Luan Potgieter, het op dié wyse die drieë ingeryg.
Dit het aanvanklik geblyk of die span van die Kaap se plan was om die gashere se agterhoede met lang skoppe veld af te toets. Dit het egter nie die gewenste uitwerking gehad nie, aangesien Ruben Groenwald, die Pretorianers se heelagter, en sy kollega in die nr. 14-trui, Roux Eagan, meer as opgewasse was vir die taak.
Inteendeel, die twee het ‘n konstante gevaar vir die Stellie-verdedigers ingehou met venynige teenaanvalle, wat vir albei vroeg reeds op drieë uitgeloop het.
Stellenberg se voorspelers het moedig probeer, met agtsteman en kaptein, Dale du Toit, wat beïndruk het met sy fisieke spel en dapper verdediging. Haker, Almero Kaizer, het ewe besielende spel gelewer, vernaam in die vaste los, en het die besoekers se enigste drie gedruk.
Hoërskool Duineveld nearly caused the second major upset of this year’s NMI Toyota North/South Tournament, losing by one only point- 32-33 – against Hoërskool Noordheuwel on Tuesday in Pretoria.
Relive all the action live on SuperSport Schools. Link to the games.
The side from Upington enjoyed a three-point lead, 22-19, at halftime after producing an exceptional first 35 minutes in which they dominated all facets of the game.
Eighthman Wihan Liebenberg led the way with a starring performance on attack and, especially, on defence. His reward was a personal haul of two tries.
Ethan Prins, Duineveld’s tighthead prop, proved to be equally valuable. Moving like an extra loose forward, he put his body on the line. His robust runs got his side over the advantage line time after time, and one of those drives led to a try for the front-ranker.
Hoërskool Noordheuwel, however, had enough left in the tank to stage an incredible fightback. Like Paarl Boys High in their match against Hoërskool Garsfontein on Monday night, with time ticking away, they managed to erase a 12-point deficit, scoring two wonderful tries through lock, Alex Greeff, and their hardworking eighthman, Brad Brown.
Lindsey Jansen (left wing) made his mark by launching scything counterattacks from the back, which helped swing the momentum in favour of the team from Krugersdorp. His exhilarating pace proved to be too much for the tiring Duineveld side.
Norries’ flyhalf, Jeandré Uithaler, found his rhythm after bursting through for a visit behind the Veldties try line, slotting two crucial conversions to see his side to a thrilling victory.
Photo: Frans Lombard
Paul Roos Gimnasium proved too strong for a spirited Hoërskool Waterkloof, beating them 47-24.
The Paul Roos forwards enjoyed a good outing, asserting their dominance from the get-go. Luchwayito Mbaliswana, their burly tighthead, led the charge and barrelled over for two tries.
The impressive Riley Norton made a telling impact, especially at line-out time. He was also difficult to stop near the Waterkloof try line and burst through for one of his side’s seven tries.
In the backline, the nippy left wing, Keenan Stoffels, had the crowd going with his impressive runs down the touchline. Twice, Stoffels danced his way through the Klofie defences to score.
After appearing to be somewhat shocked in the first 35 minutes, Hoërskool Waterkloof began to find their way in the second half. The speedy Dennis Obi showed why he is highly regarded, with the wing scoring two wonderful tries from nothing.
Up front, no one put more into the contest than the Klofie eighthman, Marco Kok. He put his body on the line throughout and delivered some crushing hits. Just when it appeared that he might have played himself to a standstill, Kok crossed the try line after running an exceptional support line, which left the Paul Roos defenders baffled.
Paul Roos, however, bounced back with a late try through their reserve prop, Christiano Luizinho, to put an exclamation point on a solid win for the Stellenbosch school.
Hoërskool Hugenote is as die nuwe Mauritz Hansen Rugbyweek-kampioen gekroon nadat hulle die gasheerskool, Hoërskool Hans Strijdom, met ‘n telling van 26-10 in die eindstryd verslaan het.
Die oorwinning het egter nie maklik gekom vir die Hugies nie. Die Hansies het ‘n titaniese stryd opgesit, verál op die verdediging.
Op die einde van die dag was dit die hoë intensiteit waarteen Hugenote gespeel het, wat die deurslag gegee het.
Die Hugies se lostrio, met kaptein, Tyron Hand, aan die spits, het uitgetroon. Hand was deurgaans gevaarlik op die aanval, en hy en agtsteman, Hendrik Eybers, het dikwels soos ‘n wafferse senterpaar van mekaar afgespeel.
Die duo se kragtige barslopies in die middelveld het die span van Springs meermale oor die voordeellyn gedryf.
Haker, Luan Pretorius, het homself ook uitstekend van sy taak gekwyt en is, na ‘n netjiese lopie teen die kantlyn af, met sy span se eerste vyfpunter beloon.
Plaasvervanger, Anthony Smith, en slot, Xavier Ungerer, het ook voorlangs hul stem dik gemaak en elk ‘n drie gedruk.
Wat die Hansies betref is dit moeilik om iemand uit te sonder, met die gashere se pak voorspelers wat enduit alles in die stryd gewerp het.
Dit was veral hul effektiewe lynstaanspel en aanvallende verdediging wat die Hugies se aanvallers aan bande gelê het. Dit het daartoe gelei dat die besoekers heelwat ongedwonge hanteringsfoute begaan het, wat die Hansies moontlik beter moes uitbuit.
Steelkantflank, Janneman Benson, het die tuisspan se enigste drie gedruk, terwyl losskakel, Hendriko van der Kolf, in die kol was met ‘n doelskop en strafdoel.
Ligbron Akademie het hul ietwat teleurstellende week met ‘n puik oorwinning van 21-14 teen Northcliff High School afgesluit. Losskakel, Divan van Jaarsveldt, het, benewens sy twee drieë, ‘n aansienlike aandeel gehad in die span van Ermelo se sege, met die ondernemende wyse waarop hy die spel dikteer en spasie vir sy snellers geskep het.
Northcliff se verdediging was, nes vroeër die week, uit die boonste rakke, met slegs die intensiteit waarteen die Liggies gespeel het wat in die laaste 20 minute aan hulle die oorhand gegee het.
Hoërskool Bellville se Ashwin Cox het die span van die Kaap tot ‘n naelbytsege van 12-10 oor Hoërskool Witteberg gesool. Cox se geoefende skopskoen was verantwoordelik vir al 12 sy span se punte, terwyl die span van Bethlehem se dissipline hul klippie in die skoen was.
JC van Rhyn, Witteberg se buitesenter, en losskakel, Sydwil Sethi, het hul harte uitgespeel en is, na goeie stukkies spel, elk met ‘n drie beloon.
Puntemakers:
Hugenote (Springs) 26 (7) – Drieë: Luan Pretorius, Anthony Smith, Corne Pretorius, Xavier Ungerer. Doelskoppe: George Loucas. Hans Strijdom 10 (3) – Drie: Janneman Benson. Doelskop: Hendriko van der Kolf. Strafdoel: Van der Kolf.
Ligbron Akademie 21 (14) – Drieë: Divan van Jaarsveld (2), Janco Classeen. Doelskoppe: Renier van Staden. Northcliff 3 (3) – Strafdoel: Luke Roos.
Hoërskool Hugenote (Springs) lek hul lippe af vir ‘n kans om as vanjaar se nuwe Mauritz Hansen Rugbyweek-kampioen gekroon te word.
Dit kom nadat hulle, in straks die grootste kragmeting van die week, met ‘n telling van 21-5 teen hul tradisionele SDC Noordvaal Cup-vyande, Ligbron Akademie, koning gekraai het.
Hugenote kom Maandag teen die gasheer, Hoërskool Hans Strijdom, te staan in die week se eindstryd.
Die span van Springs het vroeg reeds teen Ligbron dit duidelik gemaak dat hulle die fiskieke aspekte, vernaam rondom die afbreekpunte, wou beheer.
Die voorspelers, gelei deur die kranige agtsteman, Hendrik Eybers, het voorlangs baljaar en die grondslag gelê vir hul agterlyn om die Ligbron-verdedigers ore aan te sit.
Eybers is met ‘n kuiertjie agter die Ligbron-doellyn beloon vir sy harde werk, terwyl linkervleuel, Musa Mahlangu, die doodskoot toegedien het, nadat hy met uitmuntende voetwerk vanuit sy eie halfgebied deurgebreek het vir Hugenote se derde drie.
Hugenote sal egter geensins ‘n maklike taak hê teen die Hansies in die eindstryd nie. Die gashere het, in nog ‘n klipharde stryd, teen Hoërskool Bellville aangedui dat hulle moeilik gestuit sal word op tuisbodem.
Hans Strijdom was met ‘n telling van 19-7 die Kaapenaars se baas.
Losskakel, Hendriko van der Kolf, het ‘n ernstige waarskuwing aan die span van Springs gerig, met sy geoefende skopskoen wat grotendeels verantwoordelik was vir Bellville se ondergang. Hy het keer op keer die opposisie laat omdraai met haarfyn lynskoppe, en ook vier strafdoele en ‘n doelskop deur die pale gejaag om 14 van sy span se 19 punte aan te teken.
Die Hansies sal ook hoop dat hul stewige pak voorspelers die fisiekheid wat hulle regdeur die week openbaar het, kan voortsit. Dit is immers waar die gasheerskool se sterkpunt lê, veral as dit kom by die skrums en hul kragtige dryfmaalbewegings.
Hoërskool Kalahari het in ‘n naelbytstryd met 5-0 teen Hoërskool Brits as oorwinnaars uit die stryd getree. Albei spanne was rotsvas op die verdediging, en die skote het verál voorlangs geklap met die twee pakke wat mekaar behoorlik opgedreun het. Dit was slegs ‘n puik individuele lopie deur die span van Kuruman se binnesenter, Thlampo Matilo, wat gelei het tot ‘n drie wat die twee spanne kon skei.
Empangeni High School het goed gevaar om Hoërskool Die Anker se tweede span met drie punte te troef. ‘n Drie deur buitesenter, V. Nyawo, en die akkurate skopwerk van binnesenter, Dube, was genoeg om ‘n sege van 10-7 oor die span van Brakpan, asook hul eerste oorwinning van die week, te verseker.
Hoërskool Witteberg se Janco Swart het uiters koelkop gebly om in die doodsnikke ‘n strafdoel deur die pale te jaag vir ‘n naelbytsege van 13-10 oor Northcliff High School. Die span van Johannesburg het nietemin verbete verdediging aan die dag gelê om met heelwat eer uit die stryd te tree.
Die intrukwekkende Junior Naude en Petri Schutte het albei weer ‘n aansienlike aandeel gehad in Hoërskool Fochville se oorwinning van 15-10 oor Hoërskool Frans du Toit. Naudé het, nes in die Fochies se vorige wedstryd, eerste agter die doellyn gaan kuier, terwyl Schutte beïndruk het met sy ratse voetwerk en oog vir ‘n gaping.
Hoërskool Piet Retief het met aanskoulike hardlooprugby hul eerste oorwinning van die week behaal. Die span van Mpumalanga het gemaklik met Hoërskool Pretoria-Noord (38-0) klaargespeel. Die uitstaande kenmerk van hul sege was ongetwyfeld die wyse waarop die span van Piet Retief die bal, tussen voor-en agterspelers, na hartelus kon rondgooi.
Hoërskool Ferrum het vir Hoërskool Linden nie alleen met ‘n telling van 20-10 verras nie, maar die span van Newcastle het ook beïndruk met hoe klinies en goed afgerond hul spel was. Losskakel, Eli Erasmus, en skrumskakel, Wandile Ndlawgamandla, het mekaar uitstekend gekomplimenteer om hul span deurentyd op die voorvoet te plaas.
Puntemakers:
Hoërskool Hugenote (Springs) 21 (14) – Drieë: Dylan Nel, Hendrik Eybers, Musa Mahlangu. Doelskoppe: Corné Pretorius (3). Ligbron Akademie 5 (5) – Drie: Siyanda Dennison.
Hoërskool Hans Strijdom 19 (10) – Drie: Hannes Viviers. Doelskop: Hendriko van der Kolf. Strafdoele: Van der Kolf (4). Hoërskool Belville 7 (7).
Empangeni High School 10 (3) – Drie: V. Nyawo. Doelskop: N. Dube. Strafdoel: Dube. Hoërskool Die Anker II 7 (0) – Drie: Justin van Eeden. Doelskop: Xavier Erasmus.
Hoërskool Witteberg 13 (5) – Drieë: Andre Houptfleich, Tshepo Matlong. Strafdoel: Janco Swart. Northcliff High School 10 (7) – Drie: Manasse Mponga. Doelskop: Troy Kaminsky. Strafdoel: Kaminsky.
Hoërskool Fochville 15 (8) – Drieë: Junior Naudé, Ruan Foord. Doelskop: Petri Schutte. Strafdoel: Schutte. Hoërskool Frans du Toit 10 (10) – Drie: Olavi Muleha. Doelskop: Kenny Moreku. Strafdoel: Moreku.
Nie eens ‘n rooikaart, kort voor rustyd, was genoeg om Hoërskool Hans Strijdom in die hoofwedstryd op die eerste dag van hul Mauritz Hansen-rugbyweek te stuit nie.
Die gashere kon, danksy ‘n strafdrie in die doodsnikke, met ‘n telling van 12-10 oor Northcliff High School, van Johannesburg, seëvier.
Slot en kaptein, Pieter Harmse, en steelkantflank, Janneman Benson, het uitgeblink onder die Hansies se groot pak voorspelers, en is elkeen met met ‘n drie vir hul harde werk beloon.
Northcliif het nietemin ‘n verbete stryd opgesit. Om die waarheid te sê, die Johannesburgers het vir die grootste gedeelte van die wipplankstryd die oorhand geniet en was verál voorlangs uitstekend.
Die Northcliff-pak het telkens, met rotsvaste verdediging in die vaste los, die Hansies se balbesit ontwrig, met agsteman, Mardoche Katanga, wat uiters prominent was in dié opsig. Binnesenter, Matthew Hunt, het agterlangs die septer geswaai en vir die besoekers ook met sy geleerde skopvoet deeglik in die wedloop gehou.
Hoewel Ligbron Akademie vir Hoërskool Witteberg met 22-5 kon verslaan, was die eindtelling geensins ‘n getroue weergawe van die gebeure nie. Inteendeel, die span van Bethlehem was teen rustyd met 5-0 voor.
Ligbron se gevaarlike agterlyn het in die laaste 20 minute egter die krane begin oopdraai. Die span van Ermelo se aanslag is deur hul sneller op linkervleuel, Bandile Thanjekweyo, gelei. Hy was deurgaans ‘n gevaar met die bal in die hand, en was duidelik op sy gelukkigste, en gevaarlikste, uit gebroke spel.
‘n Driekuns deur haker, Luan Pretorius, het bygedra dat ‘n uiters indrukwekkende Hoërskool Hugenote met ‘n telling van 38-0 teen Hoërskool Linden as oorwinnaars uit die stryd kon tree. Die span van Springs het voorlangs sake oorheers, om ‘n platform te lê vir die gevaarman in die middelveld, Vian van Dyk (binnesenter), om twee keer agter die Linden doellyn te gaan kuier.
Petri Shutte en Hoërskool Fochville het hulle week met ‘n puik oorwinning van 26-12 teen Hoërskool Pretoria-Noord afgeskop. Schutte was oudergewoonte venynig op die aanval en het, benewens drie doelskoppe, ook na ‘n skitterende individuele lopie gaan druk.
Sy goeie visie en balverspreiding het voorts die grondslag gelê vir Marchand de Villiers se indrukwekkende vertoning op binnesenter. De Villiers het met netjiese aanvalslyne daarin geslaan om twee keer deur te breek vir drieë.
Hoërskool Kalahari en Hoërskool Brits moes albei hard spook vir hul eerste oorwinnings by vanjaar se toernooi. Die span van Kathu het twee keer agter Ferrum High School se doellyn gaan kuier vir ‘n sege van 14-0. Die manne van Brits kon eers in die laaste 20 minute die nodige ritme bewerkstellig om met 28-3 oor Empangeni High School te seëvier.
Hoërskool Frans du Toit het, na ‘n beter vertoning in die tweede helfte, met 23-17 vir Hoërskool Die Anker se tweedespan getroef.
Puntemakers:
Hoërskool Hans Strijdom 12 (5) – Drieë: Janneman Benson, Pieter Harmse, Strafdrie. Northcliff High School 10 (10) – Drie: Mardoche Katanga. Doelskop: Matthew Hunt. Strafdoel: Hunt.
Ligbron Akademie 22 (0) – Drieë: Bandile Thanjekweyo (2). Doelskoppe: Divan van Jaarsveldt (2). Strafdoel: Van Jaarsveld. Hoërskool Witteberg 5 (5) – Drie: Kirsten Fourie.
Hoërskool Fochville 26 (14) – Drieë: Marchand de Villiers (2), Junoir Naude, Petri Shutte. Doelskoppe: Petri Schutte (3). Hoërskool Pretoria-Noord 12 (7) – Drieë: Clayton van der Colf, Wian van der Merwe. Doelskop: Anthony Smith.
Hoërskool Kalahari 14 (7) – Driee: SW van Heerden, Luchiano Gouws. Doelskoppe: Zelwyn Julie (2). Ferrum High School0 (0).
Hoerskool Brits 28 (7) – Drieë: Tjaart labuschagne, Henro van de Walt, Ethan Lindeman, Kiaan Schoeman. Doelskoppe: Hanko Swanepoel (4). Empangeni High School 3 (3) – Strafdoel: N Dube.
Daar sal vanjaar ‘n nuwe kampioen by die 30ste Mauritz Hansen Rugbyweek gekroon word.
Die toernooi, wat sedert 1993 in Naboomspruit, by Hoërskool Hans Strijdom, aangebied word, vind van 21 tot 25 Maart plaas.
Die week is deur menere Mauritz Hansen en Lofty Koorzen op die been gebring, en in 2001 is dit amptelik as die Mauritz Hansen Rugbyweek gedoop.
Vandaar het die toernooi van krag tog tot krag gegaan, met 82 spanne wat in 2008 aan die gesogte toernooi deelgeneem het.
Hoërskool Ellisras is in 2023 as kampioen van die week gekroon, danksy ‘n sege van 18-7, en ‘n uitmuntende vertoning deur Speler van die Week, Ewald Kirstein, teen aartsvyande, Hoërskool Frikkie Meyer, van Thabazimbi.
Daar sal egter vanjaar nie net ‘n nuwe kampioen gekroon word nie, maar ook ‘n nuwe naaswenner wees, met sowel die Rassies as Frikkies wat nie vanjaar in Naboonspruit in aksie is nie.
Dit laat die deur oop vir spanne soos die gashere, Hans Strijdom, Northcliff High School, Hoërskool Hugenote (Springs), Ligbron Akademie en Hoërskool Witteberg om sake vir die titel uit te spook.
Die aksie word Donderdagoggend om 09.30 afgeskop deur Hoërskool Kalahari en Ferrum High School, met die gashere wat om 18:20, in die hoofwedstryd van dag een, met Northcliff High School, van Randburg, kragte meet.
Hugenote sal in hul eerste wedstryd verby Hoërskool Linden moet kom, terwyl Witteberg en Ligbron mekaar om 13:30 in ‘n liplekker-kragmeting die stryd aansê. Hoërskool Belville en Hoërskool Piet Retief pak mekaar in die voorwedstryd van dag een, om 15:30.
As ekstra beloning vir die spelers wat deur die loop van die drie dae puik vertoon, sal ‘n Span van die Week soos gebruiklik, na afloop van die eindstryd, aangekondig word.
Mignon Stevens en Hoërskool Ben Viljoen was net-net goed genoeg om hul tradisionele vyande, Hoërskool Hans Strijdom, met ‘n telling van 34-27 in Groblersdal te troef.
Stevens, wat op heelagter vir Ben Viljoen diens doen, het vir die soveelste keer in vanjaar se kort seisoen rugby uit die boonste rakke opgedis. Saam met Anvernio Adonis, was Stevens klaarblyklik die verskil tussen die twee spanne. Albei het welverdiende tweekunste behaal en saam ook ‘n reuse aandeel in Nathan Boucher se pragdrie gehad.
Die besoekers was nietemin voorlangs in beheer van sake. Slot, Koedoe Harmse, was met sy uithalerspel in die vaste los deurgaans ‘n doring in Ben Viljoen se flees, en het hulle ook laat bontstaan met sy kragtige dryfspel.
Geen wonder dat Harmse drie keer oor die opposisie se doellyn kon bars nie.
Hy het nuttige ondersteuning van vurige agtsteman, Kian du Plessis, ontvang. Du Plessis was nes Harmse ‘n prominente figuur op die aanval, en het homself ook met ‘n paar enorme duikslae aan die tuisspan se aanvallers voorgestel.
Hierdie spanne sê mekaar gedurende die vakansie, op 6 April, weer die stryd aan, met die Hansies wat dan tuisveldvoordeel in Naboomspruit sal geniet.
Hoërskool Wolmaransstad het met ‘n sege van 33-14 oor Hoërskool Fochville voortgebeur. Dit kom nadat die Wollies verlede naweek ‘n hardverdiende sege van 28-24 teen Hoërskool Vryburg, in Vryburg, kon behaal het.
Lucraine Wyngaardt het die Wollies se rekening met ‘n reuse skepskop, vanuit sy eie halfgebied, oopgemaak. Daarna het hulle behoorlik die krane oopgedraai en in alle fasette van spel die botoon gevoer. Wollies se losskakel en puntemasjien, Christopher Dennis, was oudergewoonde die akkuraatheid vanself en het 16 punte met die stewel bygedra.
Agsteman, Thlalefo Thobedi, was verwoed met die bal in hand en is nie alleen met ‘n vyfpunter beloon nie, maar ook as Speler van die Wedstryd aangewys.
Dubbele driekunsgenot vir Keenan Joseph en Abduraman Amien het verseker dat Hoërskool Vryburg meer as genoeg kon opmaak vir hul nederlaag die vorige naweek. Die span van Vryburg het kringe om Hoërskool Schoonspruit gehardloop om met ‘n telling van 69-5 weg te hol. Joseph en Amien se gesamentlike bydrae van 30 punte, tesame met Jayden Starke se bykans vlekkelose skopwerk, was eenvoudig nét te veel vir Schoonspruit om te hanteer.
Puntemakers:
Hoërskool Ben Viljoen 34 (19) – Drieë: Mignon Stevens (2), Anvernio Adonis (2), Nathan Boucher. Doelskoppe: MJ de Beer (2), Dylan Nieuwenhuys (2). Strafdoel: Nieuwenhuys. Hoërskool Hans Strijdom 27 (15) – Drieë: Koedoe Harmse (3), Kian du Plessis. Doelskoppe: Hendrika van der Kolf (2). Strafdoel: Van der Kolf.
Hoërskool Wolmaransstad 33 – Drieë: AJ Vermeulen, Johan Erasmus, Thlalefo Thobedi. Doelskoppe: Christopher Dennis (2). Strafdoele: Dennis (4). Skepskop: Lucraine Wyngaardt. Hoërskool Fochville 14 – Drieë: Junior Naude (2). Doelskoppe: Naude.
Hoërskool Vryburg 69 – Drieë: Keenan Joseph (3), Abduraman Amien (3). Jordan Rathebe, Karabelo Mbolekwa, Cobus van der Berg, Olerato Bonokwane, Daniel Nortjie. Doelskoppe: Jayden Starke (7). Hoërskool Schoonspruit 5.
Hoërskool Riebeeckrand 27. Leeuwenhof Akademie 12.
Ander spanne:
o. 16: Ben Viljoen 20, Hans Strijdom 7; Womaransstad 47, Fochville 17; Vryburg 21, Schoonspruit 0.
o. 15: Ben Viljoen 24, Hans Strijdom 12; Womaransstad 19, Fochville 5; Vryburg 28, Schoonspruit 10.
o. 14: Ben Viljoen 82, Hans Strijdom 0; Wolmaransstad 57, Fochville 0; Vryburg t. Schoonspruit – nie plaasgevind nie.
Dit het ‘n naelbytstryd in die NWU Prestige-reeks afgegee tussen Hoërskool Rustenburg en ‘n begeesterde Hoërskool Wesvalia, met albei spanne wat 18 punte op die telbord gehad het toe die eindfluitjie in Rustenburg geblaas het.
Daar was bitter min wat die twee spanne deur die loop van die wedstryd kon skei. Die enigste wesenlike verskil was Philip Janse van Rensburg, Wesvalia se binnesenter, se drie wat sy span teen rustyd met vyf punte laat voorloop het.
Wesvalia se kaptein, Hanré Venter, het oudergewoonte met sy voorbeeld gelei, en hy is goed deur die ramkatflank, Francois Dumond, ondersteun. Dit het meestal twee of meer verdedigers geneem om Dumond plat te trek, en sy aanvallende lopies het hom ook ‘n drie in die sak besorg.
Die Rusties se regtervleuel, Christiaan van der Berg, het sy span se rekening geopen met ‘n drie, na ‘n briljante lopie, en sy kollega op linkervleuel, Zulu Khumalo, het kort voor die einde die skare in vervoering gehad met ‘n drie van sy eie.
Die plaasvervanger-stut, Janco Pretorius, het ‘n barshou gespeel, ook ‘n drie gedruk en moes beslis die Rusties se breiers beïndruk het met sy kranige spel.
Hoërskool Lichtenburg het hul staal tentoongestel deur Hoërskool Pietersburg met ‘n telling van 28-11 te troef. Skrumskakel, Willem van Niekerk, was op sy stukke en het verseker dat die Liggies ‘n gesonde hoeveelheid balbesit oordeelkundig kon benut, wat ook gelei het tot ‘n drie deur heelagter, Luan Snyman. Van Niekerk was ook die eerste lid van sy span wat agter die besoekers se doellyn ‘n draai gaan maak het.
Hoërskool Marais Viljoen se kaptein en losskakel, Rekkie Gerber, was uitstekend in sy span se oorwinning van 33-21 oor Hoërskool Jeugland. Gerber is vroeg reeds in die seisoen een van groot aanspraakmakers op die Cravenweekspan se nr. 10-trui. Sy kalmte en visie het aan die span van Alberton hope tyd besorg om venynige aanvalle agterlangs te loots.
Slot, Rynier Welgemoed, was ‘n reus voorlangs, met sy fisiese teenwoordigheid wat Jeugland dikwels laat steier het.
‘n Tweekuns deur Potchefstroom Gimnasium se buitesenter, David Ndala, het grootliks daartoe bygedra dat sy span vir Hoërskool Die Anker ‘n derde nederlaag in ‘n ry kon toedien. Die telling, in ‘n uiters fisieke stryd, was 12-5 in die Potchefstromers se guns.
Hoërskool Hugenote was met vyf punte té sterk vir Hoërskool Klerksdorp in Springs.Ruan van Biljon, Hugenote se blits op buitsenter, het vroeg-vroeg die tuisspan se bedoelings duidelik gemaak toe hy ‘n ondernemende stukkie spel afgerond vir sy span se eerste drie.
Sam Schoeman, Hoërskool Montana se linkervleuel en puntemasjien, het twee drieë in sy span se sege van 35-15 teen Hoërskool Oosterlig aangeteken, terwyl Zulu Mona se puik driekuns die hoogteount was in Hoërskool Zwartkop se oorwinning van 32-23 oor Potchefstroom Volkskool. Mona se bydrae van 15 punte het ook aan hom die Speler van die Wedstryd-toekening besorg.
Puntemakers:
Hoërskool Rustenburg 18 (0) – Drieë: Christiaan van der Bergh, Janco Pretorius, Zulu Khumalo. Strafdoel: Jayden Meyer. Wesvalia 18 (5) – Drieë: Philip Janse van Rensburg, Francois Dumond. Doelskop: Eduard Meyer. Strafdoele: Meyer, Rickardt van Heerden.
Lichtenburg 28 (16) – Drieë: Willem van Niekerk, Regardt Jacobsz, Luan Snyman. Doelskoppe: Albert Joubert (2). Strafdoele: Joubert (3). Hoërskool Pietersburg 11 (6) – Drie: Dustin Terblanche. Strafdoele: Hanno van Zyl (2).
Die span van die Moot kon daarin slaag om vir Hoërskool Nelspruit, wat reeds uitstekende rugby vroeg vanjaar opgedis het, met 37-29, in die NWU Sport-reeks, te klop. Die Oosies het gewys dat hulle ‘n perd van ‘n ander kleur is wanneer die agterlyn bal op die voorvoet geniet.
Binnesenter, Dewron Aford, was agterlangs die groot uitblinker en het twee keer deurgebreek om agter Nellies se doellyn te gaan kuier.
Die blitsvinnige linkervleuel, Tapiwa Rwafa, het ook gedruk, terwyl Ruwan Allen, die Oosies se losskakel, spel netjies dikteer het met goeie visie en uitmuntende balverspreiding.
Voorlangs kom dit as geen verrassing dat dit Oosies se agtsteman, Deon Badenhorst, uitgetroon het nie. Nes vroeër die week, was Badenhorst deurgaans Oos-Moot se vernaamste baldraer, met sy begeesterde barslopies wat keer op keer deur die Nellies se verdediging kon dring. Hy is ook met ‘n tweekuns vir sy kragtige spel beloon.
Vaughn van Zyl, die span van Nelspruit se agtsteman, het duidelik egter ook ‘n goeie verhouding met sy teenstanders se doellyn. Van Zyl het weer vandeesweek gaan druk, nadat hy verlede week Hoërskool Middelburg se harte gebreek het met sy wendrie in die doodsnikke .
Die Nellies se pak het onvermoeid ingeklim, en byna al hul drieë is deur die grootmanne voor gedruk. Linkervleuel, Jordan Pretorius, was die enigste agterspeler van Nelspruit wat die doellyn kon oorsteek.
Die voortdurende tweestryd tussen die Oosies se snellers en Nellies se begeesterde pak het vir die volle 70 minute vir ongelooflike opwinding gesorg.
Hoërskool Menlopark gaan van krag tot krag in die aanloop tot die Noord/Suid-toernooi wat later hierdie week by Affies afskop, en het vir Hoërskool Middelburg ‘n ordentlike loesing van 53-5 gegee.
Die grondslag vir die sege is grotendeels agter gelê, met die Parkies se blitse wat die span van Pretoria gereeld in goeie aanvallende posisies kon plaas. Divan Nel, Menlopark se heelagter, was uitstekend en het ‘n aandeel gehad in feitlik elkeen van sy span se drieë, insluitende ‘n slinkse steekskoppie vir regtervleuel, Reinardt Herbst, se eerste van twee drieë.
Nathen du Plessis was weer in beheer aan die agterkant van die Parkies se onkeerbare dryfmaalbewegings en het, nes Herbst, die Middies se doellyn twee keer oorgesteek.
Hoërskool Waterkloof het na ‘n ietwat tentatiewe begin hul ritme mooi gevind om met ‘n telling van 40-10 met HTS Middelburg af te reken. Agtsteman, Codi Binneman, en linkervleuel, Dennis Obi, het albei tweekunste behaal, met Binneman, in die besonder, wat uitgeblink en deurentyd kopsere vir die Rooibulle se verdedigers besorg het.
Skerpskutter, Ronan Bastiaanse, het vyf van sy span ses drieë verdoel, terwyl Klofies ook tevrede behoort te wees met die tydige terugkeer van hul losskakel, Franco Cronjé, voor die Noord/Suid-toernooi.
Puntemakers:
Oos-Moot 37 (19) – Drieë: Dewron Aford (2), Deon Badenhorts (2), Tapiwa Rwafa. Doelskoppe: Ruwan Allen (3). Strafdoele Allen (2). Hoërskool Nelspruit 29 (11) – Drieë: Jordan Pretorius, D’Angelo Roberts, WJ Botha, Vaughn van Zyl. Doelskoppe: Theuns Meyer (3).
Menlopark 53 (22) – Drieë: Nathan du Plessis (2), Raynard Herbst (2), Stefan van Niekerk, Divan Nel, Declan Pelser, Justin Lottering, strafdrie. Doelskoppe: Phillipus de Bruyn (2), Andru Kuhn. Hoërskool Middelburg 5 (5) – Drie: Eckard Marx.
Zaide-Leigh Rippenaar van EG Jansen op die aanval teen Ligbron. PHOTO: Tap Light Edits
Hoërskool Dr EG Jansen het vir die derde agtereenvolgende wedstryd ‘n puik vertoning opgedis, dié slag teen Ligbron Akademie van Ermelo.
Die span van Boksburg het nege keer agter die tuisspan se doellyn gaan kuier om met ‘n telling van 57-23 as oorwinnaars uit die stryd te tree.
Die Jansies lyk na ‘n span wat nie sonder handskoene aangedurf kan word nie, op die vooraand Affies se Noord/Suid-toernooi wat later hierdie week afskop. Hulle het in al drie hul wedstryde tot dusver vanjaar daarin geslaag om meer as 40 punte op te stapel.
Kaptein en vaskopstut, Duwan Potgieter, het van voor gelei, was gesaghebbend in die skrums, en het die pap dik aangemaak in die vaste los. Hy was ook meedoënloos op die aanval, en het met dinamiese dryfspel sy span telkens oor die voordeellyn gekry.
Die Jansies se kaptein is met ‘n tweekuns vir sy harde werk beloon.
Kort op sy hakke was haker, Danre Pike, wat oudergewoonte ‘n doring in die vlees van die opposisie was. Pike het self, à la Malcom Marx, die doellyn twee keer oorgesteek, vanaf die Jansies se kragtige dryfmaalbewegings.
Marco Ventura het die Jansies se oorheersing voorlangs voortgesit. Die agtsteman, wat vir die beseerde Gerhard van Aswegen ingestaan het, het sy stempel behoorlik afgedruk met ‘n tweekuns van sy eie.
Agterlangs was die buitesenter, Jean-Dre Claasen, op sy stukke. Hy het die Liggie-verdedigers deurentyd geterroriseer met sy uitmuntende aanvalsvermoë. Benewens ‘n drie, het hy ook het twee van sy span se nege drieë verdoel.
Die Liggies hoef egter nie hul koppe in skaamte te laat sak nie. Die tuisspan het ‘n waardige vertoning gelewer en, met rukke en stote, taamlik gevaarlik gelyk, verál wanneer die agterlyn spasie gegun is. Regtervleuel, Siyanda Dennison, byvoorbeeld, het ‘n waarskuwing gerig aan toekomstige teenstanders met ‘n uitstekende individuele lopie wat op ‘n drie agter die Jansies se pale uitgeloop het.
Divan van Jaarsveldt het ook sy skopskoen aangehad. Die losskakel het altwee sy span drieë met gemak verdoel, en ook drie strafdoele deur die mikke gejaag om sy bydrae vir die wedstryd op 13 te staan te bring. Voorlangs was die oopkantflank, Tiaan Botha, die tuisspan se uitblinker. Hy het gewoel in die los en was ook die eerste Liggie wat die Jansies se doellyn kon oorsteek.
Puntemakers:
Hoërskool Dr EG Jansen 57 (38) – Drieë: Duwan Potgieter (2), Danre Pike (2), Marco Ventura (2), Jean-Dre Claasen, Zandre Naude, Ntkokozo Ngobese. Doelskoppe: Matthew Bergman (4), Jean-Dre Claasen (2). Ligbron Akademie 23 (13) – Drieë: Tiaan Botha, Siyanda Dennison. Doelskoppe: Divan van Jaarsveldt (2). Strafdoele Van Jaarsveldt (3).