SSPN Test Site

Author: froberholzer

  • Sonder Snyers Rusties straks minder skerp

    Sonder Snyers Rusties straks minder skerp

    FOTO: Anton de Villiers

    Hoërskool Wesvalia kom Saterdag voor hul grootste toets nóg te staan vanjaar, wanneer hulle met Hoërskool Rustenburg, in die NWU Prestige-reeks in Rustenburg, kragte meet.

    Volg al die aksie op SuperSport Schools – Skakel na die wedstryde.

    Die Rusties het oor die laaste paar seisoene taamlik opslae gemaak in die Noordval-rugbykringe. Dit sluit in hul promosie van die SDC Noordvaal Cup se Plaat- na die Beker-afdeling, wat van hulle nou een van die groot honde Noord van die Vaalrivier maak.

    Die tuisspan sal egter sonder die dienste van hulle ster, Lorenzo Snyers, op buitesenter moet klaarkom. Snyers is ‘n blaaskans gegun om van ‘n ligte besering, in die span se wegholsege van 48-8 teen Hoërskool Oosterlig, te herstel.

    Snyers laat egter nie ‘n té groot leemte nie, met die blistisge Jon-Re Jefthas wat van regtervleuel middeveld toe skuif in Snyers se plek. Dit bied voorts aan Christiaan van der Berg die geleentheid om op regtervleuel te wys waartoe hy in staat is.

    Voorlangs is die Rusties se pak onveranderd, met die slotte, Pedrie Human en Erich Ackerman, wat die pap dik sal aanmaak.

    Die span van Klerksdorp moes een verandering aanbring aan die span wat Hoërskool Montana met 31-21 getroef het. Slot, Wessel Sevenster, bevind homself op die krukkelys, maar Ulrigh du Preez is ‘n waardige plaasvervanger en sal daarna uitsien om die Wesvalia-breiers te beïndruk.

    Losskakel, Rickardt van Heerden, sal weer beheer oor die agterlyn neem. Hy het ‘n reuse aandeel gehad in sy span se sege oor die Pretorianers, en sy skopskoen hou verál  ‘n bedreiging in vir die Rustenburgers.

    Hoërskool Pietersburg moet sonder hul staatmaker op losskakel, Vincent Luckhoff, in Lichtenburg klaarkom, waar hulle vir die eerste keer vanjaar vir Hoërskool Lichtenburg pak.

    Luckhoff is vir ‘n onbepaalde tyd buite aksie nadat hy sy been, in die Pieties se sege van 23-17 oor Hoërskool Die Anker, gebreek het. Hanno van Zyl skuif van buitesenter na losskakel om hom te vervang, met Dustin Terblanche wat op buitesenter inkom.

    Die Liggies gaan die stryd met ‘n onveranderde span, wat Potchefstroom Gimnasium met 39-19 afgeransel het, tegemoet. Albert Joubert, die Liggies se losskakel sal weer sy gevaarlike agterlyn op die voorvoet wil plaas en Abrie Coetzee neem oudergewoonte sy plek op agsteman in.

    Hoërskool Jeugland het ‘n reuse taak op hande wanneer hulle Hoërskool Marais Viljoen in Alberton aandurf. Ruan Worst maak sy debuutverskyning op skrumskakel in die plek van die beseerde Jorden Verhoeff, terwyl Jeugland se gevaarmanne, Oregopots Shilubane en Jetao Jooste, oor en weer van vleuel verwissel.

    Marais Viljoen het slegs twee veranderinge aangebring vir hierdie week, met haker, Tiaan Bruyns, wat ‘n blaaskans geniet en Nathan Bailey wat in sy plek sal diens doen. JD Labuschagne vervang die beseerde Rio Tshimbalanga op agsteman.

    Die spanne:

    Rustenburg t. Wesvalia om 13:20 in Rustenburg:

    Hoërskool Rustenburg: 15 Tiano Combrinck, 14 Christiaan van der Berg, 13 Jon-Re Jefhtas, 12 Awie Alberts, 11 Zulu Khumalo, 10 Jayden Meyer, 9 Adriano George, 8 MC Smit, 7 Dirk Huisamen, 6 Cenraad Coetzer, 5 Erich Potgieter, 4 Pedrie Human, 3 Xander Benedetti, 2 Xavier Steenkamp, 1 Carel Schoonraad.

    Hoërskool Wesvalia: 15 Marno Dreyer, 14 Ben Bierman, 13 Fafa Calitz, 12 Philip van Rensburg, 11 Justin Adams, 10 Rickardt van Heerden, 9 Chad Hofmeyer, 8 Hanre Venter, 7 Francois Dumond, 6 Joshua Pieters, 5 Ulrigh du Preez, 4 Franco Dumond, 3 Bernard Swanepoel, 2 Junoir Kuhn, 1 Jonathan Botha.

    Lichtenburg t. Pietersburg om 12:30 in Lichtenburg:

    Hoërskool Lichtenburg: 15 Luan Snyman, 14 Tyrell van Schalkwyk, 13 Dundre Dempers, 12 Benre Pollard, 11 Rea Motsusi, 10 Albert Joubert, 9 Willem van Niekerk, 8 Abrie Coetzee, 7 Tiaan Booysen, 6 Kgolagano Legodi, 5 John Kleynhans, 4 Regardt Jacobs, 3 JJ Jonker, 2 Juan van Rhyn, 1 Donovan Rosata.

    Hoërskool Pietersburg: 15 Brydan Retief, 14 Lerisch Duba, 13 Dustin Terblanhe, 12 Nick Jones, 11 AJ Loots, 10 Hanno van Zyl, 9 Divan Brown, 8 Hardus Otto, 7 FC Smith, 6 Tiaan Vermeulen, 5 Juan Jansen van Vuuren, 4 Etienne van Jaarsveldt, 3 Elardus Erasmus, 2 Dewald de Beer, 1 Floris Venter.

    Marais Viljoen t. Jeugland om 12:30 in Alberton:

    Hoërskool Marais Viljoen: 15 Tyron Bouw, 14 Tiaan Joubert, 13 Brandon Els, 12 Claudo do Couto, 11 Ethan Weideman, 10 Rekkie Gerber, 9 Weon van der Wyver, 8 JD Labuschagne, 7 Dian Scheeper, 6 Lloyd Shoko-Schenck, 5 Rynier Welgemoed, 4 Bjorn Pieterse, 3 Sifiso Shongwe, 2 Nathan Bailey, 1 Clayton Gagiano.

    Hoërskool Jeugland: 15 Thando Ngomane, 14 Jetao Joost, 13 Sinenhlanhla Ndlovu, 12 Ruan Steenkamp, 11 Oregopots Shilubane, 10 King Aganzo, 9 Ruan Worst, 8 Jayden Kleyn, 7 Joseph Ngoma-Ngoma, 6 Lebo Letlala, 5 Sharon Nsenda, 4 Shammah Nsenda, 3 Khumo Maimane, 2 Siyanda Mbanwa, 1 Siyabonga Moshele.

    Ander wedstryde: 

    12:20 – Potchefstroom Gimnasium t. Hoërskool Die Anker; 12:20 – Hoërskool Hugenote (Springs) t. Hoërskool Klerksdorp; 12:30 – Hoërskool Montana t. Hoërskool Oosterlig; 12:40 – Hoërskool Zwartkop t. Hoër Volkskool Potchefstroom.

     

  • Valia reg vir aanslag uit die Oos-Rand

    Valia reg vir aanslag uit die Oos-Rand

    Dit beloof ‘n stryd soos min wanneer die tradisionele vyande, Hoërskool Transvalia en Hoërskool Kempton Park, mekaar Saterdag in Vanderbijlpark pak.

    Volg al die aksie op SuperSport Schools. Skakel na die wedstryde.

    Albei hierdie spanne is nog segeloos in vanjaar se jong rugbyseisoen en het altwee, die vorige week, teen EG Jansen die spit afgebyt.

    Vroeër het die span van Vanderbijl ook, met 19-20, die knie gebuig teen ‘n begeesterde HTS Middelburg, terwyl die Kempies Woensdag hul rieme met 21-63 styfgeloop het teen Hoërskool Waterkloof.

    Hierdie naweek se wedstryd behoort nietemin ‘n beter aanduiding te gee, wanneer krag teen krag te staan kom, van die stand van sake betreffende hierdie twee spanne . Die tuisspan gaan effe gebuk onder die beseringspook wat sy opwagting gemaak het, met hul staatmaker op losskakel, Dylan Steynman, wat uitmis weens ‘n ligte besering.

    Declan Hattingh beweeg oor van binnesenter om Steynman se posisie as losskakel in te neem, terwyl Brandonlee Smith inskuif op binnesenter. Dihan Crause vervang ook vir die beseerde Kyle Esterhuysen op regtervleuel.

    Voorlangs draf Connor Porter op in die plek van flank, Daniel Kazambu, wat noodgedwonge na slot moet skuif in die plek van die beseerde staatmaker, Christiaan Liebenberg.

    Kempies se JP Roos kry ‘n kans kry op flank in die plek van Armandt Botha, wat na die wedstryd teen Waterkloof op die krukkelys beland het.

    Ettiene Stroebel maak sy eerste verskyning op regtervleuel, nadat Tian Aucamp ook ‘n besering opgetel het teen Klofies. Wian Rieckert, wat gewoontlik in die nr. 14-trui te siene is, sal op buitesenter diens verrig.

    Die Kempies sal egter ‘n sug van verligting slaak dat hul gereelde agtsteman, Preston Smith, ongedeerd daarvan afgekom het. Smith sal ‘n kritieke rol hê om te vervul indien die Kempies hoop om voorlangs te oorheers.

    Hoërskool Menlopark is daarop uit om dit drie uit drie te maak, wanneer hulle teen Hoërskool Middelburg in die Jakarandastad te staan kom. Die Parkies betree die stryd met ‘n onveranderde span, wat Dinsdagaand gemaklik met 48-7 teen Oos-Moot gewen het.

    Middelburg het slegs twee veranderinge aangebring aan die span wat teen Hoërskool Nelspruit vasgeval het. Marko Mulder skuif van binnesenter na regtervleuel in die plek van die beseerde Janco Erasmus, wat vir Lungelo Maseko die geleentheid bied om sy stempel op binnesenter af te druk.

    Hoërskool Nelspruit pak ook die tog Pretoria toe aan, waar hulle teen Hoërskool Oos-Moot, in die Moot, te staan kom. Die Nellies gaan ook gebuk onder beserings, met die indrukwekkende Divan de Dock wat op binnesenter deur Christiaan van Deventer vervang word.

    Voorlangs skuif die slot, Arrie Raath, oor na oopkantflank, in die plek van Tiaan de Beer, terwyl Andre Smith, Raath se posisie op slot inneem. Gert Cloete, die Nellies se vaskopstut, is ook beseer en WJ Botha sak op sy plek in die voorry. Banele Ngwenya moet ook na die kant van die skrum skuif weens die beseerde Bradley Claasen, met Werno Heyns wat op slot inval.

    Die Oosies het besluit om geen veranderinge aan hul span, wat teen Menlopark vasgeval het, te maak nie.

    Die spanne:

    Transvalia t. Kempton Park om 12:45 in Vanderbijlpark: 

    Hoërskool Transvalia: 15 Tsepho Molakeng, 14 Dihan Crause, 13 Siyabonga Khumbula, 12 Brandolee Smit, 11 Tumi Moloi, 10 Declan Hattingh, 9 Anro Nagel, 8 Wihandre Kruger, 7 Connor Porter, 6 Wynand Stols, 5 Daniel Kazambu, 4 Vincent Brits, 3 Stiaan Breedt, 2 Timothy Matthews, 1 Dylan Booth.

    Hoërskool Kempton Park: 15 Joshua Meyer, 14 Ettiene Stroebel, 13 Wian Riekert, 12 Tiaan Delport, 11 Vaughn Fouche, 10 Marko Opperman, 9 Ryan Smith, 8 Preston Smith, 7 JP Barnard, 6 JP Roos, 5 Luann Schreuder, 4 Louis Mouton, 3 Zander Lucjay, 2 Deon Mulligan, 1 Aiden Nepgen.

    Menlopark t. Hoërskool Middelburg om 13:10 in Pretoria: 

    Hoërskool Menlopark: 15 Divan Nel, 14 Reinhardt Herbst, 13 Ruben Fourie, 12 Ruben Rudolph, 11 Stefan van Niekerk, 10 Andru Kuhn, 9 Phillipus de Bruin, 8 Rocco Myburgh, 7 JN van Wyk, 6 Nathen du Plessis, 5 Xander Roets, 4 Keagen Pretorius, 3 Phillip du Plessis, 2 Declan Pelsen, 1 Mattheus Prinsloo.

    Hoërskool Middelburg: 15 Leroux French, 14 Marko Mulder, 13 Eckard Marx, 12 Lungelo Maseko, 11 Jacques Gouws, 10 Matthew Abbey, 9 Crawford Joubert, 8 Jabu Mathlebula, 7 Khensani Buthelezi, 6 CW Hanekom, 5 Joseph Loretz, 4 Rogan van der Walt, 3 Wandisa Mthombeni, 2 Roux Grobler, 1 Wian Olwagen.

    Oos-Moot t. Nelspruit om 12:30 in Pretoria: 

    Hoërskool Oos-Moot: 15 Naylan Albertus, 14 Jayden Pretorius, 13 Drew Williams, 12 Dewron Aford, 11 Tapiwa Rwafa, 10 Ruwan Allen, 9 Franco O Neale, 8 Deon Badenhorst, 7 Wade Williams, 6 Berus van Dyk, 5 Jaydon Botha, 4 Connor de Jager, 3 Christian Smith, 2 Clayton de Bruyn, 1 Jandre de Beer.

    Hoërskool Nelspruit: 15 Liam Pringle, 14 Tinyiko Silubane, 13 Ian Wood, 12 Christiaan van Deventer, 11 Jordan Pretorius, 10 Theuns Meyer, 9 Ewean van Zyl, 8 Vaughn van Zyl, 7 Banele Ngwenya, 6 Arrie Raath, 5 Andre Smit, 4 Werno Heyns, 3 WJ Botha, 2 D’Angelo Roberts, 1 Lindani Ndlela.

    Ander wedstryde: 

    12:30 – HTS Middelburg t. Hoërskool Waterkloof. 

     

  • Ligbron wil beste voet voorsit teen omgekrapte Jansies

    Ligbron Akademie het ‘n taamlike taak op hande wanneer hulle vir Hoërskool Dr EG Jansen Saterdag in Ermelo verwelkom.

    Volg die aksie op SuperSport Schools. Skakel na die wedstryd.

    Die Liggies het reeds hul strukture teen strawwe kompetisie, soos Hoër Landbouskool Oakdale en Hoërskool Noordheuwel se tweedespanne, getoets.

    Die klippe kou in die voorseisoen behoort hulle goed te staan te kom in die SDC Noordvaal Cup se strawwe Plaat-afdeling later vanjaar.

    Die span van Ermelo sal grootliks staatmaak op hul twee senter-sterre, Anele Ngwenya en Lethi Ngwenya.

    Die hardnekkige Ngwenya’s sal alles uithaal om die gedugte EG Jansen-agterhoede hok te slaan, met vernaam Anele wat heelwat ervaring tafel toe bring siende dat hy verlede seisoen reeds die Pumas op sowel 15-man as sewesvlak verteenwoordig het.

    Aan hulle buitekant kan die vuurwerke behoorlik spat wanneer Liggies se ander Puma-sewesspeler en spoedvraat, Bandile Thanjekwayo, op linkervleuel spasie gegun word.

    Onder die voorspelers sal die slot, Thamsanga Lamula, wil inklim onder die besoekers, en kan hy, met begeesterde barslopies, die veld aan die brand speel.

    Die tuisspan kom egter teen ‘n formidabele Jansie-voory te staan. Zian Marais (loskopstut), Danre Pike (haker), en kaptein en vaskopstut, Duwan Potgieter, sal oudergewoonte die skroewe vasdraai voorlangs.

    Daar sal ook so min as moontlik op Marais se kanaal afgehardloop wil word. Die loskop is berug vir sy onverbiddelike verdediging en sal waarskynlik ‘n paar opponente op kenmerkende wyse omdop. Gerhard van Aswegen geniet ‘n blaaskans, met Marco Ventura wat in sy plek op agtsteman uitdraf.

    Agterlangs word die kragtige Jeandre Jacobs ook ‘n blaaskans gegee. Dit beteken egter nié dat Liggies se verdedigers op hul louere kan rus nie. Die blitsvinnige Jean-dre Claasen skuif van regtervleuel na buitesenter, met TK Ngobese wat inkom op regtervleuel.

    Ligbron t. Dr EG Jansen om 13:00 in Ermelo:

    Ligbron Akademie: 15 Ntando Simelane, 14 Siyanda Dennison, 13 Anele Ngwenya, 12 Lethi Ngwenya, 11 Bandile Thanjekwayo, 10 Divan van Jaarsveld, 9 Renier van Staden, 8 Janco Claasen, 7 Lusanda Nkosi, 6 Tiaan Botha, 5 Thamsanga Lamula, 4 Jaco van Wyk, 3 Divan Scheepers, 2 Marnus Marx, 1 Tiaan Groenewald.

    Hoërskool Dr EG Jansen: 15 R-Jay Pieterson, 14 TK Ngobese, 13 Jean-dre Claasens. 12 Steven Williams, 11 Deshean Peterson, 10 Matthew Bergman, 9 JP Jooste, 8 Marco Ventura, 7 Divan Francis, 6 Zaide-Leigh Rippenaar, 5 Zandre Naude, 4 Ettiene Smit, 3 Duwan Potgieter, 2 Danre Pike, 1 Zian Marais.

  • Plaaslike derby het Groblersdal aan die gons

    Foto: Jean-Marie Heys
    Foto: Jean-Marie Heys

    Die plaaslike derby wat hierdie naweek tussen Hoërskool Ben Viljoen en Hoërskool Hans Strijdom plaasvind, behoort Groblersdal aan die gons te hê. Die twee spanne sê mekaar Saterdag om 11:20 by Ben Viljoen die stryd aan.

    Albei spanne dis op die oomblik opwindende rugby op, en dit beloof om uiters interessant te wees wanneer die tradisionele vyande weer tussen die vier lyne ontmoet. Die besoekende Hans Strijdom sal ongetwyfeld vol selfvetroue opdaag, nadat hulle taamlik oortuigend met Leeuwenhof Hoërskool (20-8) afgereken het.

    Daarenteen het Ben Viljoen effens wonde gelek na ‘n verrassende nederlaag van 31-38 teen ‘n begeesterde Hoërskool Riebeeckrand. Die tuisspan sal voluit gaan vir ‘n beter uitslag hierdie keer.

    Ben Viljoen se gevaarlike losskakel, Anvernio Adonis, behoort die tuisskare te vermaak met sy giftige systappie, met heelagter, Mignon Stevens, wat ook ‘n gevaarlike aanvalswapen bied.

    Voorlangs sal die flanke, Jaco Botha en Janik Brits, die lewe vir die besoekers wil bemoeilik, vernaam by die afbreekpunte, terwyl haker, Flippie Nieman, ook ‘n oorlas van homself kan maak in die los en vaste los.

    Die ontbyttafel in die Van der Walt-huishouding sal ‘n mengsel van senuwees en opgewondenheid wees, met die broers, Keano en Neo van der Walt, wat op onderskeidelik heelagter en regtervleuel vir Hans Strijdom uitdraf. Hendriko van der Kolf neem weer sy plek op losskakel in.

    Die besoekers se kaptein, Pieter Harmse, sal oudergewoonte van voor lei, en staatmaak op sy slotmaat, Juan van Staden, vir die nodige ondersteuning.

    Hoërskool Fochville verwelkom Hoërskool Wolmaransstad in Fochville en sal op hul hoede wees vir die besoekers, nadat die Wollies met ‘n sege van 28-24 verlede naweek in Vryburg kan spog.

    Wolmaransstad sal verlig wees dat hul puntemasjien, Christopher Dennis, ongedeerd uit daardie stryd getree het. Dennis voer die span vanaf losskakel aan, met die gevaarlike buitesenter, Johan Erasmus, wat sy terugkeer maak na ‘n besering om die span verder te versterk.

    Dennis sal egter ‘n waardige teenstander in Fochies se losskakel, Petri Schutee, hê. Schutte kan spel netjies dikteer, en bring ‘n kalmte in die agterlyn. Voorlangs behoort haker, Ruan Foord, die besoekers se pak besig te hou met sy energieke spel.

    Hoërskool Vryburg sal wil opmaak vir hul blaps teen die Wollies, wanneer hulle teen Hoërskool Schoonspruit in Klerksdorp te staan kom. Agtsteman, Keanan Joseph, sal iemand wees om dop te hou onder die grootmanne, terwyl die blitsige vleuels, FJ van Zyl en Tefo Sejake, Schoonspruit se verdedigers op hul sal tone hou.

    Schoonspruit moes noodgedwonge ‘n paar veranderinge aanbring weens ‘n besering aan binnesenter, Hanno Stander. Die vinnige oopkantflank, Duan Kruger, skuif agterlyn toe in die plek van Stander, wat vir haker, Elmo Kruger, die geleentheid bied om sy vermoë op oopkantflank uit te stal. CJ Evert neem Kruger se plek op haker in.

     

    Die spanne:

    Ben Viljoen t. Hans Strijdom om 11:20 in Groblersdal:

    Hoërskool Ben Viljoen: 15 Mignon Stevens, 14 Nathan Boucher, 13 Clemintino Bowers, 12 Mihlali Ntlebi, 11 Dylan Nieuwenhuys, 10 Anvernio Adonis, 9 Joe Cloete, 8 Tiaan Scheepers, 7 Janik Brits, 6 Jaco Botha, 5 Henrico Hall, 4 Erich Labuschagne, 3 JP Singleton, 2 Flippie Nieman, 1 Chris Jordaan.

    Hoërskool Hans Strijdom: 15 Keano van der Walt, 14 Neo van der Walt, 13 Ewald Pool, 12 Nathan Immelman, 11 Tebogo Mapologelo, 10 Hendriko van der Kolf, 9 MW de Jager, 8 Kian du Plessis, 7 Wiets Botes, 6 Hannes Viviers, 5 Juan van Staden, 4 Pieters Harmse, 3 Alwyn Geyser, 2 Leander Janse van Rensburg, 1 Marnus Ruytenberg.

    Fochville t. Wolmaransstad om 13:15 in Fochville:

    Hoërskool Fochville: 15 Tonny Sebola, 14 Braden Pretorius, 13 Junior Naude, 12 Marchand de Villiers, 11 Christoff Nagel, 10 Petri Schutte, 9 Vrede Els, 8 Wynand Breytenbach, 7 Simphiwe Ntuli, 6 Martin Kriel, 5 AJ Scheepers, 4 Jenhardt Jansen van Vuuren, 3 Luthando Bayi, 2 Ruan Foord, 1 Pieter Botha.

    Hoërskool Wolmaransstad: 15 Handro Conradie, 14 Gisto Mabitso, 13 Johan Erasmus, 12 MJ Hattingh, 11 Atonio Pullen, 10 Christopher Dennis, 9 Lucraine Wyngaardt, 8 Thlalefo Thobedi, 7 Abrie Oosthuizen, 6 Tumelo Senkwane, 5 Dian Smit, 4 Attie Becker, 3 Anton Duvenhage, 2 Rea Madito, 1 Zak Knoetze.

    Schoonspruit t. Vryburg om 11:20 in Klerksdorp:

    Hoërskool Schoonspruit: 15 Vuyo Khumalo, 14 Resego Seitisho, 13 Henry Enslin, 12 Duan Kruger, 11 Sithle Botha, 10 Bevan Morkel, 9 Ruan Britz, 8 Jan-Hendrik Peacock, 7 Hanrich van Antwerp, 6 Elmo Kruger, 5 Francois Prinsloo, 4 Ruan van Pletzen, 3 George Badenhorst, 2 CJ Evert, 1 Bricks Moseki.

    Hoërskool Vryburg: 15 Abduraman Amien, 14 FJ van Zyl, 13 Karabelo Mbolekwa, 12 Jordan Rathebe, 11 Tefo Sejake, 10 Christopher Issacs, 9 Janco Venter, 8 Keanan Joseph, 7 Aiden Jonker, 6 Dirk Visser, 5 Petrie Weideman, 4 Olerato Bonokwane, 3 Daniel Nortje, 2 Jordan Haynes, 1 Cobus van der Berg.

    Ander wedstryde:

    12:35 – Hoërskool Riebeeckrand t. Leeuwenhof Hoërskool.

     

  • Klofies wys Kempies waar Dawid die wortels begrawe het

    Klofies wys Kempies waar Dawid die wortels begrawe het

    NewsG Waterkloof rugbyHoërskool Waterkloof het hul seisoen met mening afgeskop deur Hoërskool Kempton Park met 63-21 af te ransel.

    Die Klofies het nie minder nie as nege drieë ingeryg, met haker, Ruan Jacobs, wat die toon aangegee het met ‘n kragtige tweekuns. Jacobs was boonop ook ‘n doring in sowel die vaste los as op die verdediging.

    Die span van Pretoria het voorlangs sake absoluut oorheers.

    In die vaste fasette het hulle na ‘n span gelyk wat vanjaar reeds ‘n hele paar kragmetings agter die blad gehad het. Die slotte, Stephan de Beer en Divan Smith, is ook elkeen met ‘n vyfpunter beloon vir hul geswoeg voor waar dit saak maak.

    Agterlangs het Waterkloof se Cravenweek-senter, Happy Makate, oudergewoonte beïndruk. Makate het deurgaans gevaar voorspel vir Kempies in die middelveld, en het ook ‘n draai agter die doellyn gaan maak.

    Heelagter, Ronan Bastiaanse, was kort op Makate se hakke, met ‘n drie van sy eie, en het ook ál nege sy span se drieë verdoel om sy totale bydrae vir die wedstryd na 23 punte op te jaag.

    Die tuisspan se Preston Smith het, soos verwag, besielende spel op agtsteman gelewer. Smith het deurgebars vir een van sy span se drie drieë, en was die vernaamste uitblinker onder Kempton se voorspelers met sy hardnekkige pogings om die Klofie-oormag te probeer stuit.

    Binnesenter, Tiaan Delport, het hom ook netjies van sy taak gewyt, en was verantwoordelik vir 16 van sy span se 21 punte – wat twee uitstekende drieë en drie suksesvolle doelskoppe ingesluit het.

    Puntemakers:

    Waterkloof 63 (33) – Drieë: Ruan Jacobs (2), Stephan de Beer, Divan Smith, Ruben Cox, Happy Makate, Ronan Bastiaanse, Lendré Janse van Vuuren, Malcom George. Doelskoppe: Batiaanse (9). Kempton Park 21 (14) – Drieë: Tiaan Delport (2), Preston Smith. Doelskoppe: Delport (3).

    Ander spanne:

    o. 16: Kempton Park 32, Waterkloof 14.

    o. 15: Waterkloof 20, Kempton Park 17.

    o. 14: Kempton Park 26, Waterkloof 8.

  • Klofies wil sien hóé groot die “kloof” is

    Klofies wil sien hóé groot die “kloof” is

    HERNUS MARAIS (met bal), heelagter van Waterkloof, word hier net kort van die doellyn gestuit in sy span se kragmeting met Noordheuwel. Jade Muller trek sit-sit deur die lug om seker te maak dat Marais nie druk nie. FOTO: Marius Esterhuizen

    Hoërskool Waterkloof sien uit daarna om hul strukture op die proef te stel wanneer hulle hul seisoen om 16:30 teen Hoërskool Kempton Park  in die NWU Sport-reeks, in Kempton Park afskop.

    Klofies sal vanuit die staanspoor op alle silinders wil vuur, met ‘n goeie oorwinning vroeg in die seisoen, en boonop weg van die huis af, wat ‘n duidelike boodskap aan hul teenstanders, in die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling, sal rig.

    Die span van Pretoria is egter nog nie op volsterkte nie, met ‘n paar beserings wat nog knaag.

    Franco Cronje, die Klofies se staatmaker op losskakel verlede seisoen, is nog onder waarneming weens ‘n rugbesering wat hy tydens die krieketseisoen opgedoen het. Die moontlikheid bestaan egter dat die ervare Cronje vanaf die plaasvervangerbank tóg sy verskyning kan maak.

    Die Klofies spog nietemin met hul senterpaar, bestaande uit Happy Makate en Riwan van Aswegen, wat ‘n uiters gedugte kombinasie in die middeveld vorm. Makate beskik reeds oor Cravenweek-ervaring, waar hy verlede op heelagter uigedraf het, terwyl Van Aswegen ook deel uitgemaak het van die Klofie-span wat verlede jaar met 26-19 vir Hoërskool Monument kon troef.

    Die Kempies lek waarskynlik steeds hul wonde na verlede naweek se hewige nederlaag van 7-73 teen Hoërskool Dr EG Jansen in Boksburg . Dit behoort nietemin vir die span van Kempton Park as broodnodige motivering te dien om ‘n punt teen die Klofies te probeer bewys.

    Hul hardwerkende agtsteman, Preston Smith, behoort voorlangs nie te skroom om Klofies aan te vat nie. Kempies se pak het swaar getrek teen die bulle van Boksburg en Clint van Niekerk, en die res van sy afrigtingspan, sal hoop dat Smith en kie hierdie slag heelwat meer woema aan die dag lê.

    Marko Opperman, Kempton se losskakel, moet ook sy skopskoene inpak, aangesien stelskoppe deurslaggewend kan wees indien sy span enige kans wil staan om die kloof teen Waterkloof te probeer oorbrug.

    Die spanne:

    Hoërskool Kemptonpark: 15 Joshua Meyer, 14 Wian Rieckert, 13 Tian Aucamp, 12 Tiaan Delport, 11 Vaughn Fouche, 10 Marko Opperman, 9 Ryan Smith, 8 Preston Smith, 7 JP Barnard, 6 Armandt Botha, 5 Luann Schreuder, 4 JP Roos, 3 Zander Luckay, 2 Deon Mulligane. 1 Aiden Nepgen.

    Hoërskool Waterkloof: 15 Ronan Batiaanse, 14 Jaiden Badenhorst, 13 Riwan van Aswegen, 12 Happy Makate, 11 Danre Tustin, 10 Dennis Obi, 9 Migael Prinsloo, 8 Codi Binneman, 7 Alrich Uys, 6 Ruben Cox, 5 Divan Smith, 4 Stephan de Beer, 3 Jedri Swart, 2 Ruan Jacobs, 1 Juan Gouws.

  • Bere Park loaded for Garsie-season kick-off

    Bere Park loaded for Garsie-season kick-off

    FOTO: Frans Lombard/Actionpix

    Hoërskool Garsfontein will look to set a definite tone for the 2024 season when they come up against Jeppe High School for Boys on Wednesday at 18:00 in Pretoria.

    This will be their first game after having an early run against Pretoria Boy’s High last weekend.

    This, however, didn’t have much official status as the teams only played chukkas (four sessions of 15 minutes each).

    The side from Pretoria boasts some familiar faces making a return to Bere-park for a second year of first-team rugby. Speedster, Ruan Enslin, who made his mark on the right wing for the Garsies in 2023, will don the number 13 jersey for his side this year.

    Upfront, Aiden King makes his return. Making his move from lock to eighthman this year gives King the opportunity for freedom with the ball in hand. His move will also add significant value to the Bere’s defence.

    Another familiar face, Jacques Swarts takes up his regular position at lock, adding more experience among the side from Pretoria’s forward pack.

    Jeppe also boasts a significant group of players returning for their second year in the famous black and white striped jersey. Captain and outside centre, Khuthadzo Rasivhaga will add lots of experience in the backline, having represented the Golden Lions at the Cravenweek last year.

    On his inside, another Cravenweek representative in MacMillan Mongwana (inside centre), also makes his return as the pair looks to create havoc among the Bere defenders in the midfield.

    Among the hard men upfront, Vice Captain and Headboy, Risima Khosa will look to ignite the fire needed to down a class outfit from Pretoria. Khosa, a product of Tzaneen Primary School, in Limpopo, brings calmness and experience, having already represented the Golden Lions at the Academy Week last year.

    He will certainly look to the versatile Luke Cannon (lock) and his burly prop, Luca Trevisan for support, especially at scrum time.

    The teams:

    Hoërskool Garsfontein vs Jeppe High School for Boys at 18:00 in Pretoria:

    Hoërskool Garsfontein: 15 Junade Pasensie, 14 Handre Maree, 13 Ruan Enslin, 12 Alro le Roux, 11 Kunaide Stuart, 10 Brooklyn Newman, 9 Luan Ferreira, 8 Aiden King, 7 Thinus Oosthuizen, 6 Luann Oliver, 5 Jacques Swarts, 4 James Schnetler, 3 Luan van der Beg, 2 Stephan Pretorius, 1 Aiden Holtzhausen.

    Jeppe High School for Boys: 15 Sanele Simelane, 14 Lesego Zungu, 13 Khuthadzo Rasivhaga, 12 McMilen Mongawana, 11 Leruo Dithagiso, 10 Matthew Coetzee, 9 Talent Sithole, 8 Risima Khosa, 7 Nathan Claasen, 6 Wanga Ndou, 5 Luke Cannon, 4 Nathan Boyder, 3 Luca Trevisan, 2 Bonga Nxumalo, 1 André Poulton.

  • Geen Menlo-vere te pluk nie

    Geen Menlo-vere te pluk nie

    Hoërskool Menlopark het 48 redes verskaf hoekom hulle nie vanjaar voortydig afgeskryf behoort te word nie.

    Die Parkies het Dinsdag vir Hoërskool Oos-Moot gemaklik met ‘n telling van 48-7, in die NWU Sport-reeks, afgestof.

    Herleef al die aksie op SuperSport Schools. Skakel na die wedstryde.

    Menlopark het vroeg in die kragmeting dit duidelik gemaak dat hulle vanjaar hul stempel behoorlik wil afdruk.

    Skrumskakel, Phillipus de Bruin, het kort na die afskop reeds ‘n blaps onder die besoekers se voorspelers uitgebuit om agter die Oosies se doellyn te gaan kuier. De Bruin was ook uitstekend vanaf die skopkegel om 21 punte tot sy span se totaal by te dra.

    Voorlangs het slot, Keagan Pretorius, en vaskopstut, Phillip du Plessis, die pap dik aangemaak. Pretorius het twee drieë gedruk, wat altwee die resultaat was van kragtige dryfmaalbewegings deur die pak, terwyl Du Plessis soos ‘n wafferse losvoorspeler die veld volgespeel het. Die oorhand wat Parkies voorlangs geniet het, sou hul breiers breed laat glimlag het.

    In teenstelling daarmee, was dit duidelik dat dit die Oosies se eerste wedstryd van die seisoen was. Ongedwonge flaters en powere lynstaanwerk het die span van die Moot deurgaans in die steek gelaat. Die enigste ligstraal was die dinamiese spel van agsteman, Deon Badenhorst, wat met sy span se enigste drie beloon is vir sy onvermoeide pogings.

    Tuis in Boksburg, het Hoërskool Dr EG Jansen onkeerbaar gelyk in hul wegholsege van 41-0 oor Hoërskool Transvalia.

    Die oopkantflank, Zade-Leigh Rippenaar, het sy indrukwekkende vertoning teen Hoërskool Kemptonpark opgevolg met selfs ‘n beter een teen Transvalia. Hy het gewoel in die vaste los, maar verál die oog gevang met ‘n paar blitsige lopies in die middeveld af.

    Loskopstut, Zian Marias, was ook ‘n doring met sy rotsvaste verdediging. Hy het keer op keer homself, met enorme duikslae, aan die span van Transvalia bekendgestel.

    Christiaan Liebenberg (slot), het vir die span van Vanderbijlpark uitgestaan. Hy was die ene toewyding en het daarin geslaag om ‘n keer of wat sy span, met begeesterde lopies, oor die voordeellyn te kry.

    Puntemakers:

    Hoërskool Menlopark 48 (21) – Drieë: Keagan (2), Phillipus de Bruin, Nathan du Plessis, Divan Nel, Xander Roets. Doelskoppe: Phillipus de Bruin (5), Andru Kuhn.Strafdoele: De Bruin (2). Hoërskool Oos-Moot 7 (0) – Drie: Deon Badenhorst. Doelskop: Ruwan Allen.

    Hoërskool Dr EG Jansen 41 (24) – Drieë: Zade-Leigh Rippenaar, Jeandre Jacobs, Tow Bergman, Matthew Bergman, Danre Pike, Zian Marais, Craig Lightfoot. Doelskoppe: Matthew Bergman (3). Hoërskool Transvalia 0 (0).

    Ander spanne: 

    o. 16: Hoërskool Menlopark 64, Oos-Moot 6; Hoërskool Transvalia 23, EG Jansen 19.

    o. 15: Hoërskool Oos-Moot 20, Hoërskool Menlopark 19; EG Jansen 22, Hoërskool Transvalia 7.

    o. 14: Hoërskool Menlopark 22, Hoërskool Oos-Moot 20; Hoërskool Transvalia 10, EG Jansen 7.

  • Oos-Moot oorgehaal om Menlo-vere te pluk

    Hoërskool Oos-Moot gedenk ‘n paar eerstes vandag.

    Dit is die eerste keer wat Oos-Moot vanjaar op die rugbyveld in aksie sal wees, wanneer hulle vanmiddag teen Hoërskool Menlopark, op laasgenoemde se tuisveld, in Pretoria te staan kom.

    Dit is voorts vanjaar ook die eerste keer dat die span van die Moot in die NWU-Sportreeks deelneem.

    Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools. Skakel na die wedstryde.

    Die Oosies sal uitsien daarna om hul seisoen teen strawwe kompetisie af te skop, en sal moed skep uit die feit dat sewe spelers van hul suksesvolle 2023-groep weer die gesogte ligbloutrui oor die kop sal trek.

    Ruwan Allen, Tapiwa Rwafa en Wade Williams, wat aldrie ook deel was van die Oosies se geskiedkundige aflosspan, sal die kern van die die span se leierskap vorm.

    Allen, wat verlede jaar op binnesenter uitgedraf het, sal vanjaar die nr. 10-trui oor sy kop trek, terwyl Williams en Rwafa weer hulle gereelde posisies, op onderskeidelik steelkantflank en linkervleuel, sal inneem.

    Oosies se breier, Braam Pretorius, kom vir die eerste te staan teen die skool, waar hy in 2019 deel uitgemaak het van die afrigtingspan van die span wat, vir die eerste keer in Menlopark se geskiedenis, as Noordvaal-kampioen gekroon is.

    “Dit voel beslis snaaks om nou teen Menlo, waar ek vyf jaar gelede betrokke was toe hulle Virsekerbeker gewen het, aan die ander kant te sit,” het Pretorius tong in die kies gesê.

    In teenstelling met die Oosies, het Menlopark reeds die kans gehad om hul strukture op die proef te stel. Hulle het in ‘n naelbytstryd verlede naweek uitstekend teruggeveg om uiteindelik met 25-19 teen Hoërskool Eldoraigne die pyp te rook.

    Dit het egter teen ‘n prys gekom. Login Botha, Menlopark se staatmaker op losskakel, sal weens harsingskudding vanmiddag buite aksie wees. Dit gee sy plaasvervanger, Andru Kuhn, die geleentheid om die leisels as generaal van die agterlyn op te neem.

    Die spoedvraat op regtervleuel, Bladen Pieterse, bevind homself ook op die krukkelys met ‘n kniebesering. Reinardt Herbst vervang hom in die nr. 14-trui.

    Die beseringspook het vroeg reeds by Hoërskool Dr EG Jansen en Hoërskool Transvalia kom draai. Die twee spanne pak mekaar vanmiddag in Boksburg.

    Die tuisspan sal sonder die dienste van hul woelige agtsteman, Storm Labuschagne, moet klaarkom. Dit bied vir Gerhard van Aswegen die geleentheid om die Jansie-breiers te wys waartoe hy in staat is.

    Transvalia is twee gevoelige houe toegedien. Skrumskakel, Anro Nagel, het ‘n ligte besering in die span se een-punt nederlaag teen HTS Middelburg opgedoen, terwyl binnesenter, Brandonlee Smit, homself ook op die krukkelys bevind.

    Volgens die span se breier, AJ le Roux, is dit egter slegs voorkomende maatreëls en hoop die bestuurspan dat altwee staatmakers weer perdfris en gesond sal wees vir die groot stryd teen Hoërskool Kemptonpark eerskomende Saterdag.

    Declan Hattingh neem die leisels oor by Smit op binnesenter, terwyl Nandus McLean op skrumskakel sal diens doen.

    Die spanne:

    Menlopark t. Oos-Moot om 19:00 in Pretoria:

    Hoërskool Menlopark: 15 Divan Nel, 14 Reinardt Herbst, 13 Ruben Fourie, 12 Ruben Rudolp, 11 Stefan van Niekerk, 10 Andru Kuhn, 9 Phillipus de Bruin, 8 Rocco Myburgh, 7 JN van Wyk, 6 Nathen du Plessis, 5 Xander Roets, 4 Keagan Pretorius, 3 Phillip du Plessis, 2 Declan Pelser, 1 Mattheus Prinsloo.

    Hoërskool Oos-Moot: 15 Naylan Albertus, 14 Jayden Pretorius, 13 Drew Williams, 12 Dewron Aford, 11 Tapiwa Rwafa, 10 Ruwan Allen, 9 Franco O’Neale, 8 Deon Badenhorst, 7 Wade Williams, 6 Bertus van Dyk, 5 Jaydon Botha, 4 Connor de Jager, 3 Christiaan Smith, 2 Clayton de Bruyn, 1 Jandre de Beer.

    Dr EG Jansen t. Transvalia om 17:00 in Boksburg:

    Hoërskool Dr EG Jansen: R-Jay Pietersen, 14 Jean-Dre Claasen, 13 Jeandre Jacobs, 12 Steven Williams, 11 Keanu van Loggerenberg, 10 Matthew Bergman, 9 Riekus van der Merwe, 8 Gerhard van Aswegen, 7 Divan Francis, 6 Zaide-Leigh Rippenaar, 5 Zandre Naude, 4 Ettienne Smit, 3 Duwan Potgieter, 2 Danre Pike, 3 Zian Marais.

    Hoërskool Transvalia: 15 Tsepo Molakeng, 14 Kyle Esterhuysen, 13 Siyabonga Khambula, 12 Declan Hattingh, 11 Nkanyiso McCamel, 10 Dylan Steynman, 9 Nandus McLean, 8 Wynand Stols, 7 Daniel Kazambu, 6 Juan Bishoff, 5 Christiaan Liebenberg, 4 Vincent Brits, 3 Stiaan Breedt, 2 Jaydan McPhearson, 1 Dylan Booth.

  • Volkies maak lewe moeilik vir Marais Viljoen in Potch

    Potchefstroom Volkskool het die lewe vir die besoekende Hoërskool Marais Viljoen bitter moeilik gemaak.

    Die Potchefstromers het verbete baklei vir die volle 70 minute van die kragmeting, maar moes uiteindelik met 17- 28 die aftog blaas teen die besoekers uit Alberton.

    Herleef al die aksie op SuperSport Schools. Skakel na die wedstryde.

    Die Volkies se agtsteman, Dewald Groenewald, het verál uitgestaan, en nie geskroom om die besoekers se fisieke pak met van hulle eie medisyne terug te betaal nie. Hy het dikwels, met kraglopies, oor die voordeellyn gekom, en dit het vir hom twee drieë in die sak gebring.

    Marais Viljoen het egter koelkop gebly en die druk met groot ervaring verwerk. Cluade do Coute was ‘n doring in die Volkies se vlees. Die span van Alberton se binnesenter, met sy oog vir spasie en skerpsnydende aanvalslyne, het verwoesting geskep in die middeveld en ook ‘n tweekuns behaal.

    Ethan Weideman, op linkervleuel, was ewe indrukwekkend, op die aanval maar verál wat sy rotsvaste verdediging betref het. Hy het ‘n goeie stukkie spel afgerond vir een van sy span se vier drieë.

    Hoërskool Ben Vorster het hul seisoen op die bes moontlike noot afgeskop, deur Hoërskool Lydenburg oortuigend met 48-21 te verslaan. Binnesenter, Aza Mabe, het, soos verwag, uitgeblink in die middeveld en in ‘n japtrap deurgesny vir sy twee drieë.

    Pontsho Selowa, Ben Vorster se buksie in die nr. 9-trui, het ook gaan druk, en was in die kol met vier doelskoppe.

    Vir die tuisspan het die blitsige Candice Kok (linkervleuel) en  Pogisho Mohlala (binnesenter) uitgeblink, en is elk met ‘n drie beloon. Die loskopstut, Phillip Pienaar, het nie geskroom om die Ben Vorster-voorhoede aan te vat nie en het ook die Tzaneeners se doellyn oorgesteek.

    Merensky Lanbou Akademie het hul besoekers van Phalaborwa, Hoërskool Frans du Toit, ‘n rugbyles geleer om met 43-14 koning te kraai. Die Plasies se heelagter, Maritz Meintjies, het die geleenthede om aan te val wat na sy kant toe gekom het, met altwee hande aangegryp en gevolglik ook twee keer die bal agter die opposisie se doellyn geplant.

    Die ervaring van  Byron Hendricks, op losskakel, en buitesenter, Ulrich Mare, was opvallend, aangesien albei telkens net daardie rapsie meer tyd op die aanval gehad het.

    Jabulani Shayi het as plaasvervanger op heelagter sy stempel afgedruk vir Frans du Toit, en na ‘n uitstekende stukkie individuele spel agter die Plasies se doellyn gaan kuier. Oopkantflank, Pieter Oosthuizen, het die Fransies se ander drie gedruk, met buitesenter, Kenny Moreku, wat albei verdoel het.

    Bergsig Akademie het ‘n wegholsege van 47-0 oor Hoërskool Hoogenhout behaal. Losskakel, Simeon Botha, het met sy ervaring spel pragtig dikteer, en keer op keer sy driekwarte in hope spasie geplaas. Botha het self die doellyn oorgesteek, nadat hy sy eie tikskoppie opgevolg het, en was vyf keer suksesvol vanaf die skopkegel.

    Die grondslag vir die oorwinning was nietemin voorlangs gelê, met die Bergsig-pak, met losskopstut, Tjaart Bernard, en steelkantflank, Dewald Potgieter, aan die spits, wat hul stempel deeglik afgedruk het.

    Puntemakers: 

    Hoërskool Marais Viljoen 28 (7) – Drieë: Claude do Coute (2), Rynier Welgemoed, Ethan Weideman. Doelskoppe: Rekkie Gerber (4). Potchefstroom Volkskool 17 (3) – Drieë: Dewald Groenewald (2). Doelskoppe: Johandre Maree (2). Strafdoel: Diaan van der Merwe.

    =Ben Vorster 48 (19) – Drieë: Aza Mabe (2), Pontsho Selowa, Tumi Romohlale, Lethabo Sejake, Damian Bye, Chifu Banda. Doelskoppe: Selowa (4). Lydenburg 21 (14) – Drieë: Phillip Pienaar, Candice Kok, Pogisho Mohlahla. Doelskoppe: Pieter Maritz (2), Curtleigh Koetzee.

    Merensky 43 (24) – Drieë: Maritz Meintjies (2), Tirelo Mashapa, Jens Bezuidenhout, Ulrich Mare, Heinrich Lubbe, Leruo Molemane. Doelskoppe: Byron Hendricks (2), JD Boshoff (2). Frans du Toit 14 (7) – Drieë: Pieter Oosthuizen, Jabulani Shayi. Doelskoppe: Kenny Moreku (2).

    Bersig Akademie 47 (21) – Drieë: Simeon Botha, Tjaart Bernard, Dewald Potgieter, MJ Pretorius, Alzandro dos Santos, Steven Grobelaar, Johandre Steyl. Doelskoppe: Simeon Botha (5), Luan Duvenhage. Hoogenhout 0 (0).

    Ander spanne: 

    o. 16: Potchefstroom Volkskool 34, Marais Viljoen 5; Ben Vorster 19, Lyndenburg 7; Merensky 57, Frans du Toit 5; Bergsig Akademie 29, Hoogenhout 0.

    o. 15: Marais Viljoen 17, Potchefstroom Volkskool 15; Ben Vorster 43, Lydenburg 7; Merensky 57, Frans du Toit 0; Hoogenhout 33, Bergsig Akademie 26.

    o. 14: Marais Viljoen 25, Potchefstroom Volkskool 12; Ben Vorster 19, Lydenburg 0; Merensky 58, Frans du Toit 10; Bergsig Akademie 31, Hoogenhout 15