SSPN Test Site

Author: froberholzer

  • Wollies kraai koning in Vryburg

    Hoërskool Wolmaransstad het hul doelwitte vir die komende seisoen duidelik uitgestip met ‘n betekenisvolle wegoorwinning van 28-24 oor Hoërskool Vryburg.

    Herleef al die aksie op SuperSport Schools – Skakel na die wedstryde.

    Wollies se losskakel en skerpskutter, Christopher Dennis, het in besonder uitgeblink, deur 23 van sy span se 28 punte aan te teken. Dennis het ‘n doelskop en ‘n verstommende sewe strafdoele deur die pale gejaag, en sodoende sy span deurgaans in die wedstryd gehou.

    Vryburg se doodskoot het egter gekom toe Gitso Mabitso, Wollies se buitesenter, ‘n sprankelende beweging teen die einde afgerond het om die besoekers se sege te verseker.

    Vryburg se Jayden Starke was ewe goed met die stewel om al drie sy span se drieë te verdoel en ook ‘n strafdoel deur die pale te jaag. Jordan Rathebe, Karabelo Mbolekwa en Christopher Isaacs het aldrie ook beïndruk en hul span se drieë gedruk.

    Hoërskool Riebeeckrand het ‘n netjiese vertoning aanmekaar geslaan om Hoërskool Ben Viljoen met ‘n telling van 38-31 in Randburg te verras.

    Losskakel, Zac Smit, het vroeg gaan druk na ‘n uitstekende lopie, terwyl binnesenter, Peet de Bruin, ook Ben Viljoen se doellyn oorgesteek en met vier doelskoppe geslaag het.

    Vir die besoekers het die spoedvrate in die agterlyn egter vir die Riebeeckrand-verdedigers laat bontstaan. Clementin Bowers (buitesenter) het sy vaart en vernuf op die aanval tentoongestel om een van sy blitslopies met vyf punte af te rond. Heelagter, Mignon Stevens, was ewe indrukwekkend, is ook, kort voor die eindfluitjie, met ‘n drie beloon en het Avernio Davids (losskakel) en die veelsydige plaasvervanger Dylan Nieuwenhuys se drieë verdoel.

    Hoërskool Fochville het vir Hoërskool Schoonspruit ‘n rugbyles geleer om met ‘n telling van 51-17 as oorwinnaars uit die stryd te tree. Fochville se buitesenter, Tonny Sebola het deurentyd uitgeblink en is ‘n bitter moeilike kalant om plat te trek – soos sy tweekuns bewys.

    Onder die vories het Wynand Breytenbach (agsteman) en Ntuli Simphiwe (steelkantflank) vurig vertoon en is elk met ‘n drie beloon.

    Ten spyte van die oormag, het die span van Klerksdorp se twee staatmakers, Elmo Kruger (haker) en Jan-Hendrik Peacock (agsteman) nietemin weer hand opgesteek en tot die bittereinde aanhou baklei. Hulle het Schoonspruit se twee drieë gedruk, terwyl Bevan Morkel met altwee doelskoppe en ‘n strafdoel geslaag het.

    Hoërskool Hans Strijdom het maklik met ‘n telling van 20-8 teen Leeuwenhof Akademie geseëvier. Losskakel, Mpiri Gadebe, het Hansies se rekening vroeg, na ‘n uitstekende lopie, met ‘n drie oopgemaak. Agsteman, Kian du Plessis, het kort na rustyd ook Leeuwenhof se doellyn oorgesteek.

    Hendriko van der Kolf het altwee drieë verdoel en ook met twee strafdoele geslaag om die sege te verseker.

    Puntemakers: 

    Hoërskool Wolmaransstad 28 (12) – Drieë: Gitso Mabitso. Doelskop: Christopher Dennis. Strafdoele: Dennis (7). Hoërskool Vryburg 24 (17) – Driee: Jordan Rathebe, Christopher Issacs, Karabelo Mbolekwa. Doelskoppe: Jayden Starke (3). Strafdoel: Starke.

    Riebeeckrand 38 (10) – Drieë: Zac Smith, Jeandre Fourie, Eshihle Sibisi, Peet de Bruyn, Caleb Hadebe, Kobus Malan. Doelskoppe: Peet de Bruyn (4). Ben Viljoen 31 (14) – Driee: Clemintino Bowers, Anvernio Davids, Leuco Robinson, Mignon Stevens, Dylan Nieuwenhuys. Doelskoppe: Stevens (2), Nieuwenhuys.

    Fochville 51 (18) – Drieë: Tonny Sebola (2), Branden Pretorius, Wynand Breytenbach, Petri Schutte, Ntuli Simphiwe, Athi Ngqele, Junior Naude. Doelskoppe: Petri Schutte (4). Strafdoel: Schutte. Schoonspruit 17 (3) – Driee: Jan-Hendrik Peacock, Elmo Kruger. Doelskoppe: Bevan Morkel (2). Strafdoel: Morkel.

    Hans Strijdom 20 (10) – Drieë: Mpiri Gadebe, Kian du Plessis. Doelskoppe: Hendriko van der Kolf (2). Strafdoel: Van der Kolf. Leeuwenhof Akademie 8 (8) – Geen puntemakers ontvang nie.

    Ander spanne: 

    o. 16: Hoërskool Wolmaransstad 26, Hoërskool Vryburg 24; Hoërskool Ben Viljoen 26, Hoërskool Riebeeckrand 22; Hoërskool Fochville 24, Hoërskool Schoonspruit 0; Hoërskool Hans Strijdom 31, Leeuwenhof Akademie 16.

    o. 15: Hoërskool Wolmaransstad 41, Hoërskool Vryburg 13; Hoërskool Riebeeckrand 24, Hoërskool Ben Viljoen 14; Hoërskool Fochville 52, Hoërskool Schoonspruit 0; Leeuwenhof Akademie 22, Hoërskool Hans Strijdom 17.

    o. 14: Hoërskool Womaransstad 21, Hoërskool Vryburg 7; Hoërskool Ben Viljoen 26, Hoërskool Riebeeckrand 21; Hoërskool Fochville 17, Hoërskool Schoonspruit 5; Leeuwenhof Akademie 41, Hoërskool Hans Strijdom 12.

  • Kampioen byt in die stof in Springs

    Hoërskool Hugenote van Springs het die Noordvaal-rugbykringe aan die gons nadat hulle vir Hoërskool Noordheuwel met ‘n telling van van 28-10 in die stof laat byt het.

    Herleef al die aksie weer op SuperSport SchoolsSkakel na die wedstryde.

    Dit is slegs Noordheuwel se derde nederlaag in die reeks sedert 2019. Die vorige twee kere wat die Krugersdorpers vasgeval het, sedert 2019, was albei teen Hoërskool Rustenburg. Die Nories het twee bepalings vir Saterdag vasgehad, wat sake vir die skool bemoeilik het.

    Nog ‘n span van Krugersdorp het teen Outeniqua in George is die hoofwedstryd van die Kwagga Sportdag te staan gekom. Hierdie wedstryd is deur Nories met 28-19 gewen.

    Ruan van Biljon, Hugenote se buitesenter, het vroeg in die kragmeting reeds deurgebreek om die tuisspan se rekening met vyf punte oop te maak. Sy sentermaat, Vian van Dyk, het nie op hom laat wag om ook die doellyn oor te steek nie.

    Losskakel en skerpskutter, Corné Pretorius, het sy skopskoen aangehad en was in die kol met al vier sy span se doelskoppe.

    Voorlangs was dit die lewendige agtsteman, Hendrik Eybers, wat amok gemaak het. Eybers was deurgaans dreigend op die aanval en het met sy genadelose dryfspel die oog gevang. Hy is een van Hugenote se viertal wat met ‘n vyfpunter vir sy kragtige spel beloon is.

    Die blitsvinnige  Musa Mhlangu, op regtervleuel, het vir Noordheuwel die doodskoot toegedien, toe hy kort voor die eindfluitjie oorgegaan het om sy span se voorsprong na 18 punte te vergroot.

    Hoërskool Pietersburg het die eerste hou geland teen Hoërskool Die Anker om met ‘n telling van 23-17 in Polokwane te seëvier het. Die tuisspan se buitesenter, Hanno van Zyl, was ongetwyfeld sy span se grootste uitblinker en het sy indrukwekkende spelpeil van van die vorige naweek voortgesit.

    Hy het nie alleen weer die verdedigingslinie gebreek vir ‘n briljante tweekuns nie, maar ook ‘n strafdoel deur die pale gejaag om sy totaal vir die wedstryd op 13 te staan te bring.

    Die Pieties se ander staatmaker, Vincent Luckhoff, het ook goeie werk verrig. Dit was juis as gevolg van sy puik balverspreiding en visie dat Van Zyl Die Anker se verdediging so kon fnuik. Luckhoff was oudergewoonte ook die akkuraatheid van self met die stewel, en het twee doelskoppe en twee strafdoele bygedra om ‘n verdere 10 punte tot sy span se totaal van 23 te las.

    Die span van Brakpan het egter verseg om die handdoek in te gooi, en self ‘n paar blink individuele vertonings opgelewer. Die lostrio, bestaande uit Siya Shongwe (oopkantflank), Ander Fraser (steelkantflank) en Ruben Herbst (agtsteman), het aangedui dat hulle deur die loop van die seisoen ‘n doring in menige teenstanders se vlees kan wees.

    Skrumskakel, Danie Smit, was uitstekend om en by die afbreekpunte, waar hy die Pietie-verdedigers deurentyd op hul tone gehou het, en is self daarvoor vergoed met twee drieë.

    Hoërskool Wesvalia het, met die blaas van die eindfluitjie, gespog met ‘n oorwinning van 31-21 oor Hoërskool Montana. Haker, Junior Kuhn, en agsteman, Hanre Venter, was aan die brand voorlangs en is elk met ‘n drie beloon.

    Agterlangs het Rickardt van Heerden spel uitstekend dikteer op losskakel, terwyl hy ook genadeloos was vanaf die skopkegel om met vier doelskoppe en ‘n strafdoel te slaag. Die buitesenter, Fafa Calitz, het op sowel die aanval as die verdediging uitgetroon en het met sy drie die laaste spyker in die opposisie se kis gemoker.

    Monties se linkervleuel, Sam Schoeman, het vir die tweede keer in soveel weke daarin geslaag om die doellyn vir sy span oor te steek, terwyl losskakel Ruwald Goosen met ‘n doelskop en drie strafdoele geslaag het om sy span in die wedloop te hou.

    Voorlangs was die Pretorianers se agtsteman en ander driedrukker, Richard Botha, woelig in die vaste los en het hy sy bes probeer om voorwaartse momentum vir sy span te bewerkstellig.

    Hoërskool Rustenburg se Lorenzo Snyers (buitesenter) en Xavier Steenkamp (haker) het die verdediging behoorlik blootgestel met ‘n tweekuns elk, om gesamentlik 20 van Rustenburg se 48 punte, teen Hoërskool Oosterlig se agt, aan te teken. Awie Alberts was in die kol met vier doelskoppe.

    Die grondslag vir Rustenburg se sege was voor gelê deur hul groot, fisieke pak, met agsteman, MC Smit, aan die spits, en  Pedrie Human (slot) en Erich Potgieter (slot) kort op sy hakke.

    Hoërskool Jeugland het, met 38-14, met Hoërskool Zwartkop afgereken. Jetao Jooste en Thando Ngomane het die Zwarries se verdedigers lelik laat les opsê om albei ook ‘n tweekuns te behaal, terwyl Sinenhlanhla Ndlovu sout in die Zwarries se wonde gesmeer het met vier doelskoppe.

    Die Zwarries se vaskopstut, Brogan Ackerman, het deurgaans hard probeer, sy lyf op die spel geplaas en is met ‘n kuiertjie agter Jeugland se doellyn beloon.

    Hoërskool Lichtenburg het uitstekend teruggekom na hul nederlaag teen Bergsig Akademie verlede naweek, om Potchefstroom Gimnasium met ‘n telling van 39-19 af te stof. Die Liggies se voorspelers, met JJ Jonker (vaskopstut) en Abrie Coetzee (agtsteman) wat uitgestaan het, het Gimmies pal onder druk te plaas. 

    Jhanco de Beer, Gimmies se binnesenter, was sy span se groot uitblinker op die dag, met ‘n pragtige drie, en het ook twee van sy span se drie drieë verdoel.

    Puntemakers: 

    Hugenote (Springs) 28 – Drieë: Ruan van Biljon, Hennie Eybers, Vian van Dyk, Musa Mahlangu. Doelskoppe: Corné Pretorius (4). Hoërskool Noordheuwel 10 – Drieë: Christiaan Delport, Ettienne Smith.

    Hoërskool Klerksdorp 19 (7) – Drieë: Deacon Loots (2), Janu de Wet. Doelskoppe: Loots (2). Heidelberg Volkskool 19 (7) – Drieë: Botshelo Motsepe, Ruben Bierman, Kayle Venter. Doelskoppe: Venter (2).

    Wesvalia 31 (14) – Drieë: Junior Kuhn, Hanre Venter, Rickardt van Heerden, Fafa Calitz. Doelskoppe: Van Heerden (4). Strafdoel: Van Heerden. Montana 21 (9) – Drieë: Sam Schoeman, Richard Botha. Doelskop: Ruwald Goosen. Strafdoele: Goosen (3).

    Hoërskool Rustenburg 48 (31) – Drieë: Lorenzo Snyers (2), Xavier Steenkamp (2), Dirk Huisamen, MC Smit, Jon-Re Jefthas, Hendré Robinson. Doelskoppe: Awie Alberts (4). Oosterlig 8 (3) – Drie: Nathan Botha. Strafdoel: Tristan Else.

    Jeugland 38 (24) – Drieë: Jetao Joost (2), Thando Ngomane (2), King Aganzo, Jaydon Kleyn. Doelskoppe: Sinenhlanhla Ndlovu (4). Zwartkop 14 (7) – Drieë: Brogan Ackerman, Strafdrie. Doelskop: Layton Wilson.

    Lichtenburg 39 (3) – Drieë: JJ Jonker, Abrie Coetzee, Rea Motsusi, Tyrell van Schalkwyk, KG Legodi, Willem van Niekerk. Doelskoppe: Luan Snyman (3). Strafdoel: Albert Joubert. Potchefstroom Gimnasium 19 (19) – Drieë: Tobias van Dyk, Jhanco de Beer, David Ndlala. Doelskoppe: De Beer (2).

    Hoërskool Pietersburg 23 – Hanno van Zyl (2). Doelskoppe: Vincent Luckoff (2). Strafdoel: Luckhoff (2), Van Zyl. Die Anker 17 – Drieë: Danie Smit (2), Ruben Herbst. Doelskop: Brandon Crous.

    Ander spanne: 

    o. 16: Hugenote 39, Noordheuwel 5; Zwartkop 15, Jeugland 12; Potch Volkies 34, Marais Viljoen 5; Rustenburg 55, Oosterlig 6; Wesvalia 24, Montana 7; Pietersburg 34, Die Anker 20; Potch Gimmies 54, Lichtenburg 7.

    o. 15: Hugenote 31, Noordheuwel 7; Zwartkop 9, Jeugland 5; Marais Viljoen 17, Potch Volkies 15; Rustenburg 26, Oosterlig 7; Wesvalia 15, Montana 7; Pietersburg 31, Die Anker 0; Lichtenburg 25, Potch Gimmies 3.

    o. 14: Hugenote 24, Noordheuwel 19; Zwartkop 21, Jeugland 0; Marais Viljoen 25, Potch Volkies 12; Rustenburg 54, Oosterlig 0; Wesvalia 40, Montana 0; Pietersburg 39, Die Anker 0; Lichtenburg 14, Potch Gimmies 12.

  • Jacobs sorg vir Jansen-jolyt teen Kempies

    Jacobs sorg vir Jansen-jolyt teen Kempies

    FOTO: Frans Lombard/Actionpix

    Hoërskool Dr. EG Jansen het ‘n asemrowende 13 keer agter Hoërskool Kempton Park se doellyn gaan kuier, om met die afskop van die nuwe seisoen hul stempel af te druk met ‘n wegholsege van 85-3.

    Kyk weer na al die wedstryde van die NWU Sport-reeks op SuperSport Schools (www.supersportschools.com).

    In so ‘n eensydige kragmeting is dit altyd moeilik om slegs ‘n paar spelers uit te sonder.

    Die linkervleuel, Keanu van Loggerenberg, en plaasvervanger-heelagter, Deshaan Pietersen, was egter voor in die koor met twee drieë elk, terwyl bykans elkeen van EG Jansen se agterspelers minstens een keer gedruk het.

    Dit was egter die vaart en voetwerk van die buitesenter, Juandré Jacobs, wat aan die wenspan die oorhand agterlangs besorg het. Dit was deurgans asof Kempies agterlangs nog ‘n verdediger of drie benodig het om Jacobs hok te kan slaan.

    Pietersen het na slegs ongeveer 13 sekondes na sy verskyning sy eerste drie gaan druk. Hy het kort daarna vanaf die afskop vir sy tweede drie deurgedraf.

    Matthew Bergman, die span van Boksburg se losskakel, het 17 punte bygedra deur ses van sy span se drieë te verdoel, en het self ook die doellyn oorgesteek.

    Die Jansies se kaptein en vaskopstut, Duwan Potgieter, asook die flanke, Divan Francis en Zaide-Lee Rippenaar, het voorlangs ook sake beheer.

    Die res van die NWU Sportreeks-kragmetings het egter vir naelbytstryde gesorg.

    Hoërskool Menlopark moes  spook vir ‘n sege van 25-19 oor Hoërskool Eldoraigne in Centurion. Menlopark het op die nippertjie daarin geslaag om die knoop deur te hak, toe Divan Nel, Menlo se heelagter, in die doodsnikke deurgebreek het vir die wendrie.

    Menlopark het uitstekend teruggeveg om 17 onbeantwoorde punte in die tweede helfte aan te teken, nadat Eldoraigne die eerste helfde oorheers het om teen rustyd met 19-8 voor te loop. Benewens Rudolph, het Menlo se blitsvinnige Blanden Pieterse en Reinardt Herbst, sowel as, voorlangs, JN van Wyk, ook vir hulle drieë gedruk.

    Eldoraigne se JP Meyer het uitgestaan in die nr. 10-trui. Hy het die veld volgespeel en het, veral in die eerste helfte, die Menlo-verdedigers lelik laat rond tas. Hy het een van sy span se twee drieë aangeteken en drie strafdoele bygevoeg. Die spoedvraat aan sy buitekant, Hendru van Zyl, het ‘n netjiese agterlynbeweging met ‘n vyfpunter afgerond.

    Dissipline het die tuisspan egter gepootjie en was moontlik die rede hoekom hulle geen punte in die tweede helfte kon behaal nie.

    HTS Middelburg het Hoërskool Transvalia se harte met ‘n strafdoel in die doodsnikke gebreek, om met 20-19 as oorwinnaars uit die stryd te tree. Dit was heel gepas heelagter, Jaque Stassen, wat 20 van sy span se punte aangeteken het, wat met die wenskop geslaag het.

    Die kaptein en oopkantflank, Toy Engelbrecht, het ook ‘n reuse aandeel in sy span se sege gehad. Hy was die veld vol en is met ‘n drie, na ‘n uitstekende lopie, vir sy harde werk beloon.

    Hoërskool Transvalia hoef egter geensins hul koppe in skaamte te laat sak nie, Die span van Vanderbijlpark het ‘n waardige vertoning opgedis, met die steelkantflank, Daniel Kazumbu, wat voorlangs die kollig gesteel het. Kazumbu het sy lyf op die spel geplaas, en was uitmuntend op sowel die aanval as verdeging.

    Agterlangs het Siyabonga Khambul sy uitstappie op buitesenter geniet. Khambula se aanvalslyne het dikwels die Middelburg-verdediging oorhoops gelaat en hy is ook met ‘n drie beloon.

    Hoërskool Nelspruit het ook ‘n puik terugvegpoging gelewer om ‘n 10-punt agterstand teen rustyd uit te wis en uiteindelik ‘n indrukwekkende 32-26 oorwinning oor Hoërskool Middelburg in Middelburg te behaal.

    Haker, Regard Vermaak, het die besoekers se aanslag gelei, en het, na volgehoue druk, daarin geslaag om twee keer oor die die doellyn te bars. Agtsteman, Vaughn van Zyl, het vir die tweede week in ‘n ry ook uitgeblink.

    Vir die tuisspan het vaskopstut, Wandisa Mthombeni, hand opgesteek het. Mthombeni het gewoeker in die vaste los en het kort voor rustyd oorgebars vir ‘n drie om sy span in ‘n stewige posisie te plaas. Sy kollega op slot, Rogan van der Walt, was ewe dinamies.

    Matthew Abbey was oudergewoondte uitstekend vanaf die skopkegel en het met elke poging pale toe geslaag, om 16 van sy span se 26 punte by te dra het. Dit was egter, en ongelukkig vir die Middies, nie genoeg nie, en ‘n flater op verdediging het beteken dat hulle uiteindelik die knie moes buig teen die Laevelders.

    Puntemakers: 

    EG Jansen 85 (33) – Drieë: Keanu van Loggerenberg (2), Deshaan Pieterson (2), Riekus van der Merwe, Juandré Jacobs, Zaide-Lee Rippenaar, Matthew Bergman, R-Jay Petersen, Jean-dré Claassen, Zandré Naude, Duwan Potgieter, Markus Delport. Doelskoppe: Bergman (5), Delport (3), Petersen, Van der Merwe. Kempton Park 3 (3) – Strafdoel: Marko Opperman.

    Menlopark 25 (8) – Drieë: Bladen Pieterse, JN van Wyk, Reinardt Herbst, Ruben Rudolph. Doelskop: Phillipus de Bruin. Strafdoel: Logan Botha. Eldoraigne 19 (19) – Drieë: JP Meyer, Hendru van Zyl. Strafdoele: Meyer (3).

    HTS Middelburg 20 (10) – Drieë: Kagiso Gumbi, Toy Engelbrecht. Doelskoppe: Jacque Stassen (2). Strafdoele: Stassen (2). Transvalia 19 (14) – Drieë: Daniel Kazumbu, Siyabonga Khambula, Juan Bishoff. Doelskoppe: Dylan Steynman (2).

    Hoërskool Nelspruit 32 (6) – Drieë: Regard Vermaak (2), Vaughn van Zyl, André Smith. Doelskoppe: Theuns Meyer (2), Christiaan van Deventer. Strafdoele: Divan de Kock (2). Hoërskool Middelburg 26 (16) – Drieë: Rogan van der Walt, Wandisa Mthombeni. Doelskoppe: Matthew Abbey (2). Strafdoele: Abbey (4).

    Ander spanne:

    o.16: Kempton Park 18, EG Jansen 0; Menlopark 48, Eldoraigne 14; Nelspruit 7, Middelburg 5; Transvalia 12, HTS Middelburg 12.

    o.15: EG Jansen 29, Kempton Park 10; Menlopark 57, Eldoraigne 0; Middelburg 23, Nelspruit 6; Transvalia 24, HTS Middelburg 14.

    o.14: Kempton Park 26, EG Jansen 17; Menlopark 24, Eldoraigne 5; Middelburg 17, Nelspruit 7; Transvalia 16, HTS Middelburg 0.

  • Ou vyande pak mekaar in Polokwane

    Ou vyande pak mekaar in Polokwane

    Hoërskool Pietersburg behoort op hul hoede wees wanneer hulle Hoërskool Die Anker Saterdag in Polokwane verwelkom.

    Al die aksie regstreeks op SuperSport Schools. Skakel vir die wedstryd

    Die twee spanne het onlangs nog in die 2023 SDC Noordvaal-reeks se Bowl-afdeling meegeding, en dit sal ook nie die laaste keer wees wat die twee mekaar vanjaar tussen die vier lyne raakloop nie. Albei spanne het van die Bowl- na die Skild-afdeling opgeskuif en hierdie sal dus maar slegs die eerste van ‘n paar kragmetings tussen die ou vyande wees.

    Die Pieties het soos ‘n wafferse atleet uit die blokke gespring met ‘n intrukwekkende oorwinning van 25-20 oor Hoërskool Montana verlede naweek. Die span van Pietersburg se sege was grotendeels as gevolg van ‘n uitmuntende vertoning deur die senterpaar van Nick Jones en Hanno van Zyl. Van Zyl was die groot gevaarman, en sal ook sy goeie ritme met die skopskoen wil voortsit.

    Voorlangs sal agtsteman, Hardus Otto, weer hand opsteek. Otto se bedrieglike spoed en venynige systappie sal Die Anker se vededigers deurgaans op hul tone hou. FC Smit, die Pieties se steelkantflank, wat verlede jaar reeds beïndruk het, sal selfs ‘n groter bydrae hierdie slag wil lewer, vernaam op die verdediging.

    Die twee Pieties-senters kom egter teen die gesoute Branden Crous in die middeveld te staan. Crous, wat reeds verlede seisoen vir die span van Brakpan op binnesenter uitgedraf het, is welbekend vir sy goeie hardlooplyne en soliede verdedigeing.

    Onder die swaargewigte voor, behoort die agtsteman en kaptein, Ruben Herbst, prominent te vertoon. Indien die span van Brakpan met ‘n oorwinning kan wegstap Saterdag, sal dit hul eerste een van die jaar wees en heelwat druk van Herbst en kie afhaal. Siya Shongwe (oopkantflank) sal sy kaptein met ywer ondersteun, veral in die vaste los.

    Hoër Volkskool Potchefstroom sou hul feesvieringe na verlede naweek se naelskraapse sege van 30-29 oor Hoër Volkskool Heidelberg kortgeknip het, ten einde volledig voor te berei vir die reuse taak wat hierdie naweek op hulle wag. Volkies ontvang Hoërskool Marais Viljoen Saterdag in Potchefstroom.

    Volkies-losskakel, Johandre Maree, sal van meet af poog om die span van Alberton onder druk te plaas, terwyl die oopkanflank, Henre Nel, tesame met sy lostrio-maters, Christof Nel en Dewald Groenewald, onder die groot manne behoort te woel.

    Dit wil blyk asof die besoekers reeds vroeg-vroeg lekker ritme begin vind het. Kaptein, Rekkie Gerber (losskakel), en onderkaptein, Dian Scheepers (flank), neem met hul voorbeeld die leiding, en die Volkies sal verál op hul dissipline wil let aangesien Gerber die bal uit alle hoeke van die veld deur die pale kan jaag.

    Scheepers is uiters waardevol vir sy span in aanvallende situasies, met ‘n lekker systappie, terwyl sy verdediging ook uit die boonste rakke is.

    Hoërskool Ben Vorster durf die pad Lydenburg toe aan waar Hoërskool Lydenburg vir hulle inwag. Dit sal albei spanne se openingswedstryd van die seisoen wees. Die Tzaneeners het ‘n strawwe seisoen deurgemaak in 2023, maar kan moed skep uit die feit dat hulle ‘n groot gros van verlede jaar se groep behou het.

    Die veelsydige haker, Christopher Janse van Vuuren, neem weer leiding onder die Tzaneen-pak, en geniet vanjaar ekstra ondersteuning in Tumi Ramohlale, wat op agtsteman diens doen. Ramohlale, ‘n uitstekende 400 m-atleet, se lopies laat ‘n mens nogal dink aan dié van Pierre Spies in sy fleur.

    Aza Mabe, wat verlede jaar die nr. 8-trui gedra het, draf vanjaar op binnesenter uit, met, aan sy buitekant, die bekende gesig van Tihandre Reyneke, wat van die Vossies se middeveld ‘n uiters gedugte een maak.

    Die twee kom te staan teen Lydenburg se vlugvoetige buitesenter, Curtleigh Koetzee, wie se spoed en vaardighede beduidende gevaar vir die Vossies inhou. Losskakel, Milandre Lodewyk, se vermoë om die bal effektief te versprei sal dus ‘n deurslaggewende rol speel indien die span van Lydenburg hoop om die Vossies te pootjie.

    Voorlangs behoort die agsteman, Lesedi Mahlangu, beslis die mas te kan opkom met sy brute krag, op sowel die aanval as verdediging. Haker, FJ Terblanche, sal ook geensins terugstaan vir die Tzaneeners nie.

    Hoërskool Lichtenburg behoort uit te sien na die geleentheid om op te maak vir sy nederlaag van 14-17 teen Bergsig Akademie verlede naweek. Die span van Lichtenburg is in Potchefstroom in aksie, waar hulle vir Potchefstroom Gimnasium die stryd aansê.

    Losskakel, Albert Joubert, sal al sy ervaring inspan om sy span op die voorvoet te plaas, en sal heelwat op Benre Pollard, wat op binnesenter diens doen, staatmaak.

    Onder die voorspelers sal die flankpaar, Tiaan Booysen en Kgolagano Legodi, hul deel met oorgawe doen, terwyl haker, Juan van Ryhn, à la “Akker van der Merwe”, in die vaste los sal wil werskaf.

    Die spanne:

    Hoërskool Pietersburg t. Die Anker om 12:45 in Polokwane:

    Hoërskool Pietersburg: 15 Brydan Retief, 14 Lerisch Duba, 13 Hanno van Zyl, 12 Nick Jones, 11 AJ Loots, 10 Vincent Luckhoff, 9 Divan Brown, 8 Hardus Otto, 7 FC Smith, 6 Tiaan Vermeulen, 5 Juan Jansen van Vuuren, 4 Etienne van Jaarsveld, 3 Elardus Erasmus, 2 Dewald de Beer, 1 Floris Venter.

    Hoërskool Die Anker: 15 Paul Schutte, 14 Ruan Smith, 13 Troy Joubert, 12 Branden Crous, 11 Jayden Steenkamp, 10 Callum Nel, 9 Danie Smit, 8 Ruben Herbst, 7 Xander Fraser, 6 Siya Shongwe, 5 Brendan van Lutterfield, 4 Gerhard Oosthuizen, 3 Zander Nel, 2 Rico Goosen, 1 Branden Sauerman.

    Volkskool Potchefstroom t. Marais Viljoen om 12:30 in Potchefstroom:

    Hoër Volkskool Potchefstroom: 15 Diaan van der Merwe, 14 Ethan Leggat, 13 Hennie Pretorius, 12 Francois Smit, 11 Berno de Klerk, 10 Johandre Maree, 9 Juhan Geldenhuys, 8 Dewald Groenewald, 7 Christoff Nel, 6 Henre Nel, 5 Konrad Pretorius, 4 Altus de Jager, 3 Jaco van der Merwe, 2 Marlu du Preez, 1 Daniel Strydom.

    Hoërskool Marais Viljoen: 15 Tyron Bouw, 14 Tiaan Joubert, 13 Brandon Els, 12 Claudo do Couto, 11 Ethan Weideman, 10 Rekkie Gerber, 9 Weon van der Vyver, 8 Rio Tshimbalanga, 7 Divan Scheepers, 6 Lloyd Shoko-Shenck, 5 Rynier Welgemoed, 4 Bjorn Pieterse, 3 Sifiso Shongwe, 2 Tiaan Bruyns, 1 Clayton Gagiano.

    Lydenburg t. Ben Vorster om 12:40 in Lydenburg:

    Hoërskool Lydenburg: 15 Pieter Maritz, 14 Tlologelo Makola, 13 Curtleigh Koetzee, 12 Pogisho Mohlala, 11 Candice Kok, 10 Milandre Lodewyk, 9 Elje Kok, 8 Lesedi Mahlangu, 7 Kobus Oosthuizen, 6 Diego Mbanjwa, 5 PP Malan, 4 Leam Fourie, 3 AJ van Deventer, 2 FJ Terblanche, 1 Phillip Pienaar.

    Hoërskool Ben Vorster: 15 Caleb Mokgalabata, 14 Nikelo Moyo, 13 Tihandre Reyneke, 12 Aza Mabe, 11 Damain Bye, 10 Nkateko Ngoveni, 9 Pontsho Selowa, 8 Tumi Ramohlale, 7 Chifu Banda, 6 Lethabo Sejake, 5 Lourens Harmse, 4 Raluano Ramano, 3 Makondolelele Musekene, 2 Christopher Janse van Vuuren, 1 Ewald Kirstein.

    Potchefstroom Gimnasium t. Hoërskool Lichtenburg om 12:20 in Potchefstroom:

    Potchefstroom Gimnasium: TBC

    Hoërskool Lichtenburg: 15 Luan Snyman, 14 Tyrell Schalkwyk, 13 Dundre Dempers, 12 Benre Pollard, 11 Rea Motsusi, 10 Albert Joubert, 9 Willem van Niekerk, 8 Abrie Coetzee, 7 Tiaan Booysen, 6 Kgolagano Legodi, 5 John Kleynhans, 4 Regardt Jacobs, 3 JJ Jonker, 2 Juan van Ryhn, 1 Dononvan Rosato.

     

  • Vuurwarm Wesvalia wag op Monties

    Vuurwarm Wesvalia wag op Monties

    Hoërskool Wesvalia, wat verlede naweek vir die eerste keer in drie jaar met Hoërskool Fichardtpark kon afreken, sal met hernude selfvertroue uitsien na hul stryd teen Hoërskool Montana, wanneer hulle die Pretorianers Saterdag in Klerksdorp verwelkom.

    Montana het hul eerste wedstryd van die seisoen met 20-25 teen Hoërskool Pietersburg in Polokwane verloor, en sal daarop uit wees om sake hierdie naweek reg te stel.

    Losskakel, Ruwald Goosen, se skopskoen hou in ‘n mate die sleutel tot die Monties se sukses, terwyl die Monties se spoedvraat op linkervleuel, Sam Schoeman, groot gevaar inhou wanneer hy die geringste spasie gegun word.

    Voorlangs sal agtsteman, Richard Botha, woel in die los, met Dieter Scheepers (oopkantflank) wat vir Wesvalia van vinnige balbesit sal wil weerhou. Scheepers is dodelik by die afbreekpunte en kan lug uit ‘n wiel steel as jy hom toelaat.

    Vir Wesvalia maak Junior Kuhn, een van hul groot uitblinkers in 2023, op haker sy terugkeer, en hy sal met die twee vuurvreters op slot, Wessel Sevenster en Franco Dumond, asook Francois Dumond (steelkantflank) en Hanre Venter (agtsteman), die pap dik aanmaak voorlangs.

    Die veelsydige Marno Dreyer draf op heelagter uit, terwyl Rickardt van Heerden beheer van die agterlyn sal neem in die nr. 10-trui. Chad Hofmeyer sluit by hom aan op skrumskakel, en sal goeie, vinnige balbesit wil verseker.

    Elders in Klerksdorp wag Hoërskool Klerksdorp op Hoër Volkskool Heidelberg. Dit is Klerksdorp se eerste amptelike uitstappie van die seisoen, en hulle sal vasberade wees om op verlede jaar se strawwe veldtog te verbeter.

    Die voorry, bestaande uit Botshelo Motsepe (loskopstut), Janco Coetzer (haker) en Dyllan Baird (vaskopstut), sal die grondslag voorlangs moet lê, vir spelskeppers agterlangs, soos losskakel Deacon Loots en buitesenter Marco Botha, om amok onder Volkies se verdedigers te probeer saai.

    Die Volkies sal hul naelskraapse nederlaag van 29-30 teen Hoër Volkskool Potchefstroom wil vergeet en vir Klerksdorp met mening aandurf. Agtsteman, Joshua Monro, beskik oor ‘n jaar se ervaring op eerstespanvlak en behoort met sy vurige spel voorlangs goud werd te wees vir die besoekers.

    Agterlangs kan die spelskepper, Kayle Venter, die skote op losskakel laat klap. Dit is ook sy tweede jaar in die Volkies se eerstespan en dié ervaring behoort handig te pas te kom vir die Volkies, vernaam op die aanval.

    Hoërskool Hugenote van Springs meet op tuisbodem kragte met ‘n tweede groep senior speles van Hoërskool Noordheuwel. Die rede hiervoor is dat die ander groep Norrie-spelers teen Hoërskool Outeniqua op dieselfde dag te staan kom.

    Die span van Springs sal hulle nie veel steur aan wie presies hul teenstanders is nie. Arne Marias, Hugenote se kookwater oopkantflank, sal die Norries voorlangs, veral by die afbreekpunte en op verdediging, besig hou, en hy sal effektief bygestaan word deur Willie Schutte (agtsteman) en Etienne Smit (steelkantflank).

    Norries beskik self oor ‘n giftige agterhoede. Brandon Pieters sal beheer neem op losskakel, met Zander Nieuwenhuizen wat van heelagter ook gevaar inhou. Nieuwenhuizen beskik oor ‘n geoefende skopvoet, waarmee hy vir Hugenote dikwels kan laat omdraai.

    Hoërskool Oosterlig kan hul hande moontlik volhê wanneer hulle teen Hoërskool Rustenburg in Johannesburg te staan kom. Die Rusties se groot aanvalskrag lê in hul spoed agterlangs, met Lorenzo Snyers wat sy terugkeer vir ‘n tweede jaar in die Rusties-trui maak.

    Dit beteken egter nie dat die Rusties voorlangs tekort skiet nie. Pedrie Human en Erich Ackerman, Rustenburg se slotpaar, kan ‘n deurslagewende rol vertolk met hul kragtige dryfspel, terwyl MC Smit ook weer op agtsteman sy deel sal bydra.

    Vir Oosterlig sal Jeandre Naude en Rubin van der Merwe, wat op slot sak, die Rusties se krag voorlangs probeer neutraliseer. Gert Nel doen in die nr. 6-trui diens en sy verdediging sal van kardinale belang wees.

    Oosterlig se senterpaar, Dylan en Joel Jordaan, sal probeer om met hul gesamentlike verdediging vir die gevaarlike Snyers verder in te perk.

    Die spanne:

    Wesvalia t. Montana om 12:30 in Klerksdorp:

    Hoërskool Wesvalia: 15 Marno Dreyer, 14 Ben Bierman, 13 Fafa Calitz, 12 Philip van Rensburg, 11 Justin Adams, 10 Rickardt van Heerden, 9 Chad Hofmeyer, 8 Hanre Venter, 7 Francois Dumond, 6 Joshua Pieters, 5 Wessel Sevenster, 4 Franco Dumond, 3 Bernard Swanepoel, 2 Junior Kuhn, 1 Jonothan Botha.

    Hoërskool Montana: 15 Marq de Villiers, 14 Tyron van Rooyen, 13 Hendrew Schoeman, 12 JF Venter, 11 Sam Schoeman, 10 Ruwald Goosen, 9 Braam Schutte, 8 Richard Botha, 7 Reinardt van den Berg, 6 Dieter Scheepers, 5 Justin Herbst, 4 Martin Venter, 3 Ruan Louw, 2 Luhan Theunissen, 1 Marinus Oberholzer.

    Hoërskool Klerksdorp t. Volkskool Heidelberg in Klerksdorp:

    Hoërskool Klerksdorp: 15 Cohan Witbooi, 14 Yuran Malete, 13 Winton Abrhams, 12 JC de Villiers, 11 Cenzo Holland, 10 Deacon Loots, 9 Dorian Isaacs, 8 GJ Steenberg, 7 Tiaan Koen, 6 Diwan Labuschagne, 5 Heinrich Hovener, 4 Bokamoso Mabeleng, 3 Liam Pretorius, 2 Janu de Wet, 1 Gerhard Dreyer.

    Hoër Volkskool Heidelberg: 15 Theuns van der Merwe, 14 Stefan Botha, 13 Marco Botha, 12 Danie Munro, 11 Tiaan Holloway, 10 Kayle Venter, 9 Hein Oelofse, 8 Joshua Monro, 7 Wilco Janse van Rensburg, 6 Samukelo Ngwenya, 5 Fourie Jacobs, 4 Juan de Villiers, 3 Dyllan Baird, 2 Janco Coetzer, 1 Botshelo Motsepe.

    Hugenote t Noordheuwel om 12:30 in Springs:

    Hoërskool Hugenote: 15 George Loucas, 14 Musa Mhlangu, 13 Ruan van Biljon, 12 Vian van Dyk, 11 Damien Frith, 10 Corne Pretorius, 9 Thanyani Mokiri, 8 Hendrik Eybers, 7 Tyron Hand, 6 Arne Marais, 5 Xavier Ungerer, 4 Anthony Smith, 3 Franko Neuhoff, 2 Luan Pretorius, 1 Henre Oosthuizen.

    Hoërskool Noordheuwel: 15 Zander Nieuwenhuizen, 14 Regardt Tiedt, 13 Ethan Smith, 12 Zander Drake, 11 Jade Rollison, 10 Brandon Pieters, 9 Dylan Ferreira, 8 Willie Schutte, 7 Etienne Smit, 6 Raheem Schiefer, 5 Johannes Hoogendyk, 4 Christiaan Delport, 3 Jhuvann Graaf, 2 Clinton Agu, 1 Ruben Botes.

    Oosterlig t. Hoërskool Rustenburg om 12:50 in Johannesburg:

    Hoërskool Oosterlig: 15 Jaydon Bouwer, 14 Dean Jordaan, 13 Dylan Jordaan, 12 Joel Jordaan, 11 Joshua Booyens, 10 Tristan Else, 9 Neithan Botha, 8 Kevin Koen, 7 Juandre Bekker, 6 Gert Nel, 5 Jeandre Naude, 4 Rubin van der Merwe, 3 Joshua Niemann, 2 Gunther Nel, 1 Tiaan Louw.

    Hoërskool Rustenburg: 15 Tiano Combrinck, 14 Jon-Re Jefthas, 13 Lorenzo Snyers, 12 Awie Alberts, 11 Zulu Khumalo, 10 Jayden Meyer, 9 Andriano George, 8 MC Smit, 7 Dirk Huisamen, 6 Coenraad Coetzer, 5 Erich Potgieter, 4 Pedrie Human, 3 Xander Benedetti, 2 Xavier Steenkamp, 1 Carel Schoonraad.

  • Liplekker-stryd wag tussen Eldoraigne en Menlo

    Liplekker-stryd wag tussen Eldoraigne en Menlo

    Die Jakarandastad is aan die gons oor die reuse stryd tussen die twee plaaslike skole, Hoërskool Eldoraigne en Hoërskool Menlopark.

    Die Eldo’s het ‘n punt om te bewys na hul nederlaag met ses punte teen Hoërskool Middelburg verlede naweek. Dié kragmeting sou die span van Centurion se selfvertroue nietemin ‘n taamlike hupstoot gegee het. Eldoraigne het heelwat durf aan die dag gelê om met mening terug te veg en so hittete ‘n groot opskudding te veroorsaak.

    Losskakel, JP Meyer, sal weer sy skopskoen wil inpak. Hy was nie alleen uitstekend vanaf die skopkegel nie, maar het deurentyd ook die groot Middies-pak met slim taktiese skopwerk laat omdraai.

    Voorlangs behoort loskopstut, Jayden Niehaus, die Menlo-verdedigers op hul tone hou. Sy dryfspel, veral in gebroke spel, laat ‘n mens nogal terugdink aan dié van Os du Randt, terwyl sy skrumwerk ook uit die boonste rakke is en sal help om sy span op die voorvoet te plaas.

    In teenstelling met Eldoraigne, sal Menlopark vir die eerste keer hierdie naweek in aksie wees. Hulle sal vroeg reeds hul stempel wil afdruk met ‘n dominerende vertoning, ter voorbereiding van die Noordvaal-reeks wat later vanjaar afskop. Die voorry, bestaande uit Phillip du Plessis (vaskopstut), Declan Pelser (haker) en Mattheus Prinsloo (loskopstut), sal ‘n belangrike rol hê om te vervul in die vaste fasette.

    Agterlangs beskik hul generaal en losskakel, Logan Botha, oor hope spoed aan sy buitekant, en sal hy soveel as moontlik vir Bladen Pieterse (regtervleuel) en Ruben Fourie (buitesenter) in besit wil stel. Divan Nel, heelagter, sal ook sy lippe aflek vir geleenthede om gevaarlike teenaanvalle van agter te loods.

    Hoërskool Nelspruit staar ‘n groot toets in die gesig wanneer hulle, op tuisbodem, teen ‘n goed afgeronde Hoërskool Middelburg te staan kom. Albei spanne het suksesvolle eerste uitstapies in vanjaar se seisoen beleef.

    Die Nellies se binnesenter, Divan de Kock, hou beduidende gevaar in met die bal in hand. Die Middies sal ook nie enige strafskoppe in hul eie helfte wil afstaan nie, aangesien De kock ook ‘n skerpskutter van formaat is.

    Hoërskool Middelburg se vername wapen is losskakel, Matthew Abbey, wat vroeg reeds in die seisoen getoon het dat hy opponente met die stewel kan straf. Voorlangs wag die woelige Khensani Buthelezi (steelkantflank) op die Nellies se pak, en hy sal moeilik gekeer word wanneer hy op loop gaan.

    Hoërskool Kempton Park verwelkom vir Hoërskool Dr. E.G. Jansen tuis, en sal hul spiere, met ‘n span wat spog met 12 oorblywende spelers van 2023, wil bult. Preston Smith, die Kempies se klipharde agtsteman, sal weer hul aanslag van agter die skrum loods.

    Marko Opperman, wat verlede jaar op binnesenter en losskakel diens verrig het, sal vanjaar die nr. 10-trui sy eie maak, terwyl Joshua Meyer weer op heelagter die Kempies se agterlyn verder sal versterk.

    EG Jansen, bekend vir hul groot pakke voorspelers oor die jare, sal staatmaak op hul slotpaar, Zandre Naude en Gerhard van Aswegen, om met hul fisiekheid die harde manne van Kemptonpark voorlangs te probeer sagmaak. Divan Francis maak ook sy terugkeer op steelkantflank.

    Matt Bergman, sal die verantwoordelik as generaal op losskakel neem, met, aan sy buitekant, die gevaarlike senterpaar van Steven Williams en Juandre Jacobs.

    In ‘n derby wat vir ten minste nog een keer vanjaar op die spyskaart sal wees, verwelkom Hoërskool Transvalia vir die Rooibulle van HTS Middelburg in Vanderbijlpark.

    Transvalia spog met 19 oorblywende spelers van 2023, met loskopstut en staatmaker, Dylan Booth, asook Christiaan Liebenberg (slot) en Juan Bishoff (oopkantflank), wat slaggereed is om die Rooibulle te pak.

    Agterlangs maak Dylan Steynman sy terugkeer om weer die leisels as losskakel op te neem, met Anro Nagel wat die nr. 9-trui oor sy kop trek om die gevaarlike skakelpaar te voltooi.

    Die Rooibulle het ‘n indrukwekkende begin tot hul seisoen beleef deur met ‘n telling van 30-7 met Hoërskool Die Anker, van Brakpan, af te reken. Die ramkatflank, Toy Engelbrecht, maak sy terugkeer vir ‘n tweede jaar om ook die span van Middelburg aan te voer, en behoort waardevolle ondersteuning van slot, Sam Ndwandwe, te ontvang.

    In die agterlyn behoort die kookwater senterpaar van Luhan Graaf en Johnny Dos Santos heelwat kopsere vir die Transvalia-verdedigers te besorg.

    Die spanne:

    Eldoraigne t. Menlopark om 13:00 in Pretoria:

    Hoërskool Eldoraigne: 15 Divan van Rooyen, 14 Hendru van Zyl, 13 Hanno Jacobs, 12 Ivan Vermeulen, 11 MJ Buitendag, 10 JP Meyer, 9 Darren Bruwer, 8 Justin Meintjies, 7 SW Liebenberg, 6 Cameron Killian, 5 Juandre Meyer, 4 Rikus Rheerde, 3 Jaco Fourie, 2 Marnus Prinsloo, 1 Jayden Niehaus.

    Hoërskool Menlopark: 15 Divan Nel, 14 Bladen Pieterse, 13 Ruben Fourie, 12 Ruben Rudolph, 11 Reinardt Herbst, 10 Logan Botha, 9 Phillipus de Bruin, 8 Rocco Myburgh, 7 JN van Wyk, 6 Nathen du Plessis, 5 Xander Roets, 4 Keagen Pretorius, 3 Phillip du Plessis, 2 Declan Pelser, 1 Mattheus Prinsloo.

    Nelspruit t. Hoërskool Middelburg om 12:20 in Nelspruit:

    Hoërskool Nelspruit: 15 Christiaan van Deventer, 14 Tinyiko Silubane, 13 Ian Wood, 12 Divan de Kock, 11 Jordan Pretorius, 10 Theuns Meyer, 9 Liam Pringle, 8 Vaughn van Zyl, 7 Bradley Claasen, 6 Tiaan de Beer, 5 Arrie Raath, 4 Banele Ngwenya, 3 Gert Cloete, 2 Regard Vermaak, 1 Siya Gama.

    Hoërskool Middelburg: 15 Le Roux French, 14 Janco Erasmus, 13 Eckard Marx, 12 Marko Mulder, 11 Jacques Greyling, 10 Matthew Abbey, 9 Crawfrod Joubert, 8 Jabu Mathebula, 7 Khensani Buthelezi, 6 CW Hanekom, 5 Joseph Loretz, 4 Rogan van der Walt, 3 Wandisa Mthombeni, 2 Roux Grobler, 1 Wian Olwagen.

    Kemptonpark t. Dr. E.G. Jansen om 12:30 in Kemptonpark:

    Hoërskool Kemptonpark: 15 Joshua Meyer, 14 Wian Riekert, 13 Tian Aucamp, 12 Tiaan Delport, 11 Vaughn Fouche, 10 Marko Opperman, 9 Ryan Smith, 8 Preston Smith, 7 JP Barnard, 6 Armandt Botha, 5 Luann Schreuder, 4 JP Roos, 3 Zander Luckay, 2 Deon Mulligan, 1 Aiden Nepgen.

    Hoërskool Dr. E.G. Jansen: 15 R-Jay Peterson, 14 Jeandre Claassen, 13 Juandre Jacobs, 12 Steven Williams, 11 Keanu van Loggerrenberg, 10 Matt Bergman, 9 Riekus van der Merwe, 8 Storm Labuschagne, 7 Divan Francis, 6 Zaide-Lee Rippenaar, 5 Zandre Naude, 4 Gerhard van Aswegen, 3 Duwan Potgieter, 2 Danre Pike, 1 Zian Marais.

    Transvalia t. HTS Middelburg om 13:45 in Vanderbijlpark:

    Hoërskool Transvalia: 15 Tsepho Molakeng, 14 Kyle Esterhuyzen, 13 Siyabonga Khambula, 12 Brandonlee Smit, 11 Nkanyiso McCamel, 10 Dylan Steyman, 9 Anro Nagel, 8 Wynand Stols, 7 Daniel Kazuambu, 6 Juan Bishoff, 5 Christiaan Liebenberg, 4 Vincent Brits, 3 Stiaan Breedt, 2 Jaydan McPhearson, 1 Dylan Booth.

    HTS Middelburg: 15 Jaque Stassen, 14 Chris Skosane, 13 Johnny Dos Santos, 12 Luhan Graaf, 11 Dandre Oosthuizen, 10 WJ Enslin, 9 Reece Botha, 8 Tercuis Bezuidenhout, 7 Antonie Smuts, 6 Toy Engelbrecht, 5 Sam Ndwandwe, 4 Kagiso Mabizela, 3 Kagiso Gumbi, 2 Hanro Terblanche, 1 Dirk du Plooy.

  • Wollies reg om Vryburg te probeer stuit

    Foto: Jean-Marie Heys

    Hoërskool Wolmaransstad is oorgehaal om die lewe moeilik te maak vir Hoërskool Vryburg, wanneer die twee spanne mekaar Vrydagmiddag in Vryburg takel.

    Albei spanne het puik oorwinnings in die eerste ronde van die NWU 16-reeks behaal. Vryburg het vir Hoërskool Fochville met 34-12 getroef, terwyl Wollies ook maklik, met ‘n telling van 47-29, oor Hoërskool Schoonspruit geseëvier het.

    Hierdie naweek is egter ‘n perd van ‘n heel ander kleur vir albei spanne.

    Die Vryburgers se agtsteman, Keenan Joseph, het sy stempel behoorlik afgedruk in die vorige ronde en sal noukeurig dopgehou moet word. Joseph spog vroeg reeds in die seisoen met twee drieë.

    Sy kollega aan die kant van die skrum, Aiden Jonker, behoort ook ‘n doring in die Wollies se verdediging te wees, en is op sy gelukkigste wanneer hy in gebroke spel kan woel.

    Die span van Vryburg sal hoop dat heelagter, Jayden Starke, op sy skopvertoning van verlede naweek kan verbeter om die Wollies onder druk te plaas. Starke beskik ook oor bedrieglike vaart en sal gretig wees om teenaanvalle van agter te loods.

    Die Wollies beskik self oor ‘n gevaarlike skakelpaar. Lucraine van Wyngaard sal die Vryburgers se verdedigers om die skrums en losskrums besig hou, terwyl Christopher Dennis sy vaardighede op losskakel sal wil tentoonstel.

    Zak Knoetze, die Wollies se vaskopstut, sal die nodige vuur voorlangs verskaf. Knoetze se stewige skrumwerk, asook sy sterk stormlopies met die bal, maak van hom ‘n uiters gevaarlike kalant. Die twee woelwater losvoorspelers, Christiaan Jonker (steelkantflank) en Thlalefo Thobeni (agtsteman), behoort ook op die aanval te floreer.

    Hoërskool Fochville verwelkom Saterdag vir Hoërskool Schoonspruit in Fochville, en sal wil vergoed vir hul nederlaag teen Vryburg in die eerste ronde.

    Petri Schutte, die Fochies se losskakel, sal op sy belowende spelpeil van die eerste wedstryd wil voortbou, en sy skopskoen kan ook deurslaggewend wees indien die span van Fochville ‘n eerste oorwinning van die jaar wil behaal.

    Hoërskool Schoonspruit se Elmo Kruger sal die skote voorlangs laat klap. Die woelige haker is besonder effektief by die afbreekpunte, en ook nie te versmaai wanneer dit by die bal dra kom nie.

    Hoërskool Ben Viljoen kan uitsien na ‘n taamlike uitdaging wat in Randfontein, teen Hoërskool Riebeeckrand, op hulle wag. Die span van Groblersdal het met hul spogsege van 47-36 oor ‘n begeesterde Leeuwenhof Akademie, ‘n duidelike waarskuwing uitgestuur.

    Heelagter, Mignon Stevens, spog reeds met ‘n driekuns , na slegs een wedstryd, en moet so min as moontlik beweegruimte gegun word. Anvernio Davids (losskakel) sal ook ‘n voortdurende bedreiging op die aanval inhou.

    Voorlangs sal die bedrywige oopkantflank, Janik Brits, die vuur onder die groot manne, soos die slotte Jaco Botha en Erich Labuschagne, wil aansteek.

    Die Spanne:

    Hoërskool Vryburg t. Hoërskool Wolmaransstad om 16:45 in Vryburg:

    Hoërskool Vryburg: 15 Jayden Starke, 14 Abdurman Amien, 13 Karabelo Mbolekwa, 12 Jordan Rathebe, 11 Tefo Sejake, 10 Christoper Issacs, 9 Rikus Nieuwoudt, 8 Kenan Joseph, 7 Aiden Jonker, 6 Janco Venter, 5 Dehan du Toit, 4 Olerato Bonokwane, 3 Daniel Nortje, 2 Dirk Visser, 1 Cobus van der Berg.

    Hoërskool Wolmararsstad: 15 Handro Conradie, 14 Obakeng Lerole, 13 Gisto Mbitso, 12 MJ Hattingh, 11 Antonio Pullen, 10 Christopher Dennis, 9 Lucraine Wyngaardt, 8 Thalefo Thobedi, 7 Christiaan Jonker, 6 Tumelo Senkwane, 5 Dian Smit, 4 Attie Becker, 3 Zak Knoetze, 2 Rea Madito, 1 Anton Duvenhage.

    Fochville t. Schoonspruit om 11:15 in Fochville:

    Hoërskool Fochville: 15 Athi Ngqele, 14 Branden Pretorius, 13 Tonny Sebola, 12 Junior Naude, 11 Christoff Nagel, 10 Petri Schutte, 9 Vrede Els, 8 Wynand Breytenbach, 7 Simphiwe Ntuli, 6 Martin Kriel, 5 AJ Scheepers, 4 Jenhardt Jansen van Vuuren, 3 Luthando Bayi, 2 Ruan Foord, 1 Pieter Botha.

    Hoërskool Schoonspruit: 15 Vuyo Khumalo, 14 Thubuki Omolemo, 13 Henry Enslin, 12 Hano Stander, 11 Sithle Botha, 10 Bevan Morkel, 9 Ruan Britz, 8 Jan-Hendrik Peacock, 7 Hanrich van Antwerp, 6 Duan Kruger, 5 Francois Prinsloo, 4 Ruan van Pletzen, 3 CJ Evert, 2 Elmo Kruger, 1 George Badenhorst.

    Riebeeckrand t. Ben Viljoen om 11:45 in Randfontein: 

    Hoërskool Riebeeckrand: TBC

    Hoërskool Ben Viljoen: 15 Mignon Stevens, 14 Botes Dippenaar, 13 Clementino Bowers, 12 Mihlali Ntlebi, 11 Nathan Boucher, 10 Anvernio Adonis, 9 Joe Cloete, 8 Asheeq Bradford, 7 Tiaan Scheepers, 6 Janik Brits, 5 Jaco Botha, 4 Erich Labuschagne, 3 JP Singleton, 2 Flippie Niemann, 1 Leuco Roberts.

    Hoërskool Hans Strijdom: TBC

    Leeuwenhof Akademie: TBC

     

     

     

  • Ellisras vuur waarskuwingskote; Pieties té sterk vir Montana

    Ellisras vuur waarskuwingskote; Pieties té sterk vir Montana

    FOTO: Irmi Drotskie

    Die vreugdevure in die Limpopo het hoog gebrand nadat Hoërskool Ellisras daarin kon slaag om vir Hoërskool Zwartkop, op hul tuisveld, met 21-7 te troef.

    Die Rassies was van meet af in beheer en het ‘n daadwerklike waarskuwing gerig aan hul toekomstige opposisie.

    Die grondslag vir die sege was voorlangs gelê, met die agtsteman, Funi Simba, wat die kollig gesteel het met sy barslopies wat die besoekers deurentyd op die voorvoet gehou het. Simba het twee van sy span se drie drieë gedruk, terwyl die loskopstut, Wessel Strooh, ewe indrukwekkend was en vroeg reeds deurgebars het om die Rassies se eerste vyf punte aan te teken.

    Anzio Swartbooi het in alle fasette van die spel uitgeblink, en al drie sy span se drieë maklik verdoel. Hy was ‘n katalisator vir die Rassies se aanskoulike spel, en het keer op keer spasie vir FJ Drorskie en die res van die agterlyn geskep.

    Vir die Zwarries lê daar heelwat werk voor, alvorens die Pretorianers die res van die SDC Noordvaal-beker se Plaat-Afdeling aanpak. Hul haker, Jaden-Lee Conwright, het goed vertoon en, vanaf ‘n kragtige dryfmaalbeweging, die tuisspan se enigste drie gedruk. Die losskakel, Luhardt Booyens, het die drie verdoel en ook belowend op die aanval vertoon.

    Hoërskool Pietersburg het ook vir ietwat van ‘n opskudding gesorg deur Hoërskool Montana met 25-20 af te stof. Die Pieties, wat vanjaar in die SDC Noordvaal-beker se Skild-Afdeling meeding, se selfvertroue sou ‘n taamlike hupstoot met hierdie vertoning gekry het.

    Die senterpaar, Nick Jones (binnesenter) en Hanno van Zyl (buitesenter), het gewoel in die middeveld en, met hul venynige aanvalslyne, groot vraagtekens oor die Montie-verdediging laat hang. Jones, in besonder, het die besoekers druk besig gehou en is met ‘n vyfpunter van sy eie beloon, na ‘n uitstekende lopie vanuit sy eie halfgebied.

    Van Zyl het ook sy skopskoene aangehad en twee van die Pieties se drie drieë, waarvan hy self een gedruk het, verdoel, asook ‘n strafdoel deur die pale gejaag. Die agtsteman, Hardus Otto, kon ook na ‘n uitstekende lopie met vyf punte agter sy naam spog.

    Die Monties het nietemin ‘n verbete stryd opgesit. Voorlangs het agtsteman, Richard Botha, heelwat probleme vir die Pieties se verdedigers veroorsaak en ook sy lyf op die spel geplaas met ‘n paar groot duikslae. Die Monties se agterlyn het met rukke en stoote onkeerbaar gelyk. Sam Schoeman, die besoekers se linkervleuel, het daarop gekapitaliseer om kort na rustyd sy span terug in die wedstryd te kry deur een so ‘n beweging mooi af te rond.

    Hoërskool Middelburg het, selfs so vroeg in die seisoen, ook na ‘n goed afgeronde span gelyk. Die Middies het hulle rekening vanjaar met ‘n sege van 26-20 teen Hoërskool Eldoraigne oopgemaak. Losskakel, Matthew Abbey, was uitstekend en het nie alleen sekuur pale toe gemik nie, maar dikwels ook die Eldo’s met slim taktiese skopwerk laat omdraai.

    Die steelkantflank, Khensani Buthelezi, het self puik vertoon, en, na ‘n stukkie vernuftige voetwerk, agter die besoekers se doellyn gaan kuier. Wandisa Mtembeni (vaskopstut) was egter die groot uitblinker. Hy was oral op die veld in aksie en het, na ‘n vinnige tikskoppie, ook oor die Eldo’s se doellyn gebars vir ‘n drie.

    Die Eldo’s het egter gewys waar hulle krag lê. Die span van die Jakarandastad het tot die bittereinde aanhou veg.

    Hul plaasvervanger-haker, Jhuandre Meyer, het die terugvegpoging gelei deur die doellyn eerste oor te steek, voordat die steelkantflank, SW Liebenberg, beloon is vir ‘n ywerige vertoning met ‘n drie van sy eie. Losskakel, JP Meyer, het altwee drieë verdoel en ook met twee strafdoele geslaag.

    Hoërskool Jeugland het welverdiend met 38-10 as oorwinnars teen Hoërskool Dr. Malan uit die stryd getree. Die span se slotpaar, Shammah Nsenda en Sharon Nsenda, het die vuur voorlangs aangesteek. Shammah het oor Dr. Malan se doellyn gebars vir ‘n tweekuns, terwyl Thando ook ‘n drie gedruk het.

    Dian van der Berg was Dr. Malan se beste speler. Hy het die Jeugland-verdedigers deurgaans aangevat en sy span se enigste drie gedruk, wat hy ook self verdoel het.

    Puntemakers: 

    Hoërskool Ellisras: 21 (14) – Drieë: Funi Simba (2), Wessel Strooh. Doelskoppe: Anzio Swartbooi (3)

    Hoërskool Zwartkop: 7 (7) – Drie: Jaden-Lee Conwright. Doelskop: Luhardt Booyens.

    Hoërskool Pietersburg: 25 (14) – Driee: Hardus Otto, Nick Jones, Hanno van Zyl. Doelskoppe: Van Zyl (2). Stranfdoele: Vincent Luckhoof, Van Zyl.

    Hoërskool Montana: 20 (17) – Drieë: Richard Botha, Sam Schoeman. Doelskoppe: Ruwald Goosen (2). Strafdoele: Goosen (2).

    Hoërskool Middelburg: 26 (13) – Drieë: Khensani Buthelezi, Wandis Mtombeni. Doelskoppe: Matthew Abbey (2). Strafdoele: Abbey (4).

    Hoërskool Eldoraigne: 20 (3) – Drieë: Jhuandre Meyer, SW Liebenberg. Doelskoppe: JP Meyer (2). Strafdoele: Meyer (2).

    Hoërskool Jeugland: 38 (26) – Drieë: Shammah Nsenda (2), Jayden Hoskins, Thando Ngomane, Sinenhlanhla Ndlovu, Sharon Nsenda. Doelskoppe: Ruan Steenkamp (4).

    Hoërkool Dr. Malan: 10 (3) – Drie: Dian van der Berg. Doelskop: Van der Berg. Strafdoel: Van der Berg.

     

     

  • Nellies leer Secunda ‘n rugbyles; Marais Viljoen sink Die Anker

    Hoërskool Nelspruit het vir Hoërskool Secunda ‘n behoorlike rugbyles in hul kragmeting in Nelspruit geleer.

    Die Nellies het oortuigend as oorwinnaars uit die stryd getree met ‘n telling van 41-5. Met dié kliniese vertoning het die tuisspan ‘n duidelike waarskuwing aan toekomstige teenstanders gerig.

    Divan de Kock, die Nellies se binnesenter, was uitstekend met die stewel, en het al vyf die Nelspruiters se drieë met gemak verdoel. Hy het ook twee strafdoele, om sy span se rekening mee oop te maak, deur die mikke gejaag.

    Die grondslag vir die Nellies se sukses was egter deur die groot manne voorlangs gelê. Regard Vermaak (haker) en Vaughn van Zyl (agtsteman) het albei vroeg reeds agter Secunda se doellyn gaan kuier.

    Liam Pringle was ook op sy stukke in die Nr. 9-trui en het die Secunda-verdedigers voortdurend aan die raai gehou, totdat hy uiteindelik deurgebreek het om vyf punte vir sy span by te dra. Daarna het die linkervleuel, Jordan Pretorius, en Ian Wood (buitesenter) verdere sout in die besoekers se wonde gesmeer met ‘n drie elk.

    Vir Secunda het niemand beter vertoon as hul oopkantflank, Zandre van der Merwe, nie. Van der Merwe het sy lyf op die spel gesit, en was veral doeltreffend op die verdediging. Hy het ook beïndruk in die vaste los en is met Secunda se enigste drie beloon.

    Hoërskool Marais Viljoen het, soos verwag, redelik maklik met Hoërskool Die Anker van Brakpan afgereken. Die span van Alberton was vroeg aan die stuur van sake, met die telling reeds 28-7 toe die fluitjie vir rustyd blaas.

    Die Marais Viljoen-pak het behoorlik gewoel en Die Anker onder meedoënlose druk geplaas. Hul steelkantflank, Dian Scheepers, was die groot uitblinker en is welverdiend met ‘n tweekuns drieë beloon. Rynier Welgemoed (slot) en loskopstut, Clayton Gagiano, het ook goed vertoon en elkeen deurgebars om vyf punte vir hul span aan te teken.

    Die kaptein en losskakel, Rekkie Gerber, was die spreekwoordelike skerpskutter van die kegel af, het al vier sy span se drieë verdoel en ook ‘n skepskop deur die pale gejaag.

    Die Anker het egter nooit gaan lê nie. Om die waarheid te sê, die span van Brakpan het na ‘n totaal ander span na rustyd gelyk. Ruben Herbst, Die Anker se agtsteman, het die terugvegpoging gelei. Hy was oudergewoonte uiters fisiek en het op die verdediging sy lyf behoorlik op die spel geplaas.

    Ruan Smith (buitesenter) en die skrumskakel, Danie Smit, het ook hard probeer om hul span terug in die wedstryd te kry. Smith het ‘n uitstekende agterlynbeweging afgerond om die doellyn oor te steek, terwyl Smit ook met vyf punte beloon is vir sy besielende vertoning.

    Puntemakers: 

    Hoërskool Nelspruit: 41 – Drieë: Liam Pringle, Jordan Pretorius, Regard Vermaak, Vaughn van Zyl, Ian Wood. Doelskoppe: Divan de Kock (5). Strafdoele: De Kock (2)

    Hoërskool: Secunda 5 – Drie: Zander van der Merwe.

    Hoërskool Marais Viljoen: 36 (28) – Drieë: Dian Scheepers (2), Rynier Welgemoed, Clayton Gagiano, Brandon Els. Doelskoppe: Rekkie Gerber (4). Skepskop: Gerber.

    Hoërskool Die Anker: 21 (7) – Drieë: Ruben Herbst, Ruan Smith, Danie Smit. Doelskoppe: Brandon Crous.

  • Fochies mik vir sege in Vryburg

    Fochies mik vir sege in Vryburg

    Hoërskool Fochville is van plan om Saterdag ‘n opskudding in Vryburg te veroorsaak, wanneer hulle teen Hoërskool Vryburg te staan kom.

    Die Fochies se giftige losskakel, Petri Schutte, sal sy span vroeg op die voorvoet wil plaas. Schutte is bekend daarvoor dat hy spel goed kan dikteer en koelkop bly onder druk, iets wat handig te pas sal kom vir sy span.

    Aan sy buitekant wag die binnesenter, Marchand de Villiers, op die Vryburgers se middeveld, terwyl die Fochies se agtsteman, Waynand Breytenbach, voorlangs behoort te baljaar in die los.

    Breytenbach se stormlopies sal die Vryburg-verdedigers vir die volle 70 minute besig hou.

    Keenan Joseph, Vryburg se kaptein en agtsteman, sal egter op Breytenbach en kie wag, en sal paraat genoeg op verdediging wees om enige bedreiging in sy kanaal die hoof te bied.

    Die woelwater steelkantflank, Aidein Jonker, sak aan die kant van die skrum, met die loskopstut, Cobus van der Berg, wat in die voorry die vuur kan stook.

    Agterlangs kan die Vryburgers se binnesenter, Jordan Rathebe, die lewe vir die Fochie-agterlyn moeilik maak, terwyl skrumskakel, Rikus Nieuwoudt, ook ‘n konstante gevaar inhou by die afbreekpunte . Nieuwoudt kan ook die bal effektief en vinnig versprei.

    Hoërskool Schoonspruit durf die tog Wolmaransstad toe aan om met Hoërskool Wolmaransstad kragte te meet. Die tuisspan beskik oor ‘n giftige agterlyn, met Christopher Dennis wat spel vir die Wollies vanaf losskakel dikteer. Hy geniet heelwat vaart aan sy buitekant, met die buitesenter, Johan Erasmus, en regtervleuel, Gisto Mabitso, wat gretig sal wees om met die bal op loop te sit.

    Voorlangs behoort die Wollies se bedrywige loskopstut, Jevano Hector, vuur te maak onder die pak en ook prominent te wees op die aanval.

    Schoonspruit is egter nie te versmaai nie. Die besoekers beskik oor net so ‘n bedrewe agterlyn, met heelagter, Vuyo Khumalo, wat die Wollie-verdedigers behoorlik kan toets met sy teenaanvalle. Die buksie, Ruan Britz, hou ook groot gevaar vir die tuisspan se verdediging in op skrumskakel.

    Onder die voorspelers sal dit die haker, Elmo Kruger, wees wat leiding neem. Kruger is altyd oral op die veld te sien en sal met sy verdediging en vermoë om omgekeerde balbesit te bewerkstellig ‘n sleutelrol vir die besoekers vervul.

    Die spanne: 

    Vrydburg t. Fochville om 12:30 in Vryburg: 

    Hoërskool Vryburg: 15 Jayden Starke, 14 FJ van Zyl, 13 Karabelo Mbolekwa, 12 Jordan Rathebe, 11 Tefo Sejake, 10 Christopher Issacs, 9 Rikus Nieuwoudt, 8 Kenan Jospeh, 7 Aidein Jonker, 6 Dirk Visser, 5 Dehan du Toit, 4 Olerato Bonokwane, 3 Daniel Nortje, 2 Jordan Haines, 1 Cobus van der Berg.

    Hoërskool Fochville: 15 Athi Nggele, 14 Breiden Pretorius, 13 Tonny Sebola, 12 Junior Naude, 11 Christoff Nagel, 10 Petri Schutte, 9 Vrede Els, 8 Wynand Breytenbach, 7 Simphiwe Ntuli, 6 Xander Lottering, 5 AJ Scheepers, 4 Jenhardt Jansen van Vuuren, 3 Luthando Bayi, 2 Ruan Foord, 1 Pieter Botha.

    Wolmaransstad t. Schoonspruit om 12:20 in Wolmaransstad:

    Hoërskool Wolmaransstad: 15 Handro Conradie, 14 Gisto Mabitso, 13 Johan Erasmus, 12 MJ Hattingh, 11 Antonio Pullen, 10 Christopher Dennis, 9 Lucraine Wyngaardt, 8 Abrie Oosthuizen, 7 Christiian Jonker, 6 Tumelo Senkwane, 5 Attie Becker, 4 Shuan Dobson, 3 Zak Knoetze, 2 Johan Steenkamp, 1 Jevano Hector.

    Hoërskool Schoonspruit: 15 Vuyo Khumalo, 14 Thubuki Omolemo, 13 Henry Enslin, 12 Hano Stander, 11 Sithle Botha, 10 Bevan Morkel, 9 Ruan Britz, 8 Jan-Hendrik Peacock, 7 Hanrich van Antwerp, 6 Duan Kruger, 5 Francois Prinsloo, 4 Ruan van Pletzen, 3 CJ Evert, 2 Elmo Kruger, 1 George Badenhorst.