SSPN Test Site

Author: chmerwe

  • All the best athletes from around South Africa to battle is out during the ASA Cross Country Championship of 2023

    All the best athletes from around South Africa to battle is out during the ASA Cross Country Championship of 2023

    The annual Athletics South Africa (ASA) Cross Country Championship will be hosted by the Nelson Mandela Metropolitan University in Gqeberha this Saturday. This showcase showcase event by ASA featuring the country’s most brilliant track and field, road running, race walking, and cross-country athlete.

    This event not only celebrates their extraordinary talents but also provides an opportunity for them to fine-tune their skills in preparation for larger competitions later in the year.

    Catch all the action live on SuperSport Schools (www.supersportschools.com).

    The competition will be fierce as 16 provinces vie for supremacy in the various disciplines and each province has its own set of selection criteria for athletes participating in the ASA National Championships.

    Here are the 16 provinces:

    1. Athletics Central North West (ACNW)
    2. Athletics Free State (AFS)
    3. Athletics Gauteng North (AGN)
    4. Athletics Griqualand West (AGW)
    5. Athletics Mpumalanga (AMPU)
    6. Athletics North West North (ANWN)
    7. Athletics South Western Districts (ASWD)
    8. Athletics Transkei (ATRA)
    9. Athletics Vaal Triangle (AVT)
    10. Boland Athletics (BOLA)
    11. Border Athletics (BORA)
    12. Central Gauteng Athletics (CGA)
    13. Eastern Province Athletics (EPA)
    14. Kwazulu Natal Athletics (KZNA)
    15. Limpopo Athletics (LIMA)
    16. Western Province Athletics (WPA)

  • Intense kragmeting word verwag tydens Oranje en Bloemhof-interskole

    Intense kragmeting word verwag tydens Oranje en Bloemhof-interskole

    Die afwagting is groot vir die hoogs verwagte interskole-byeenkoms wanneer Oranje Meisieskool en Bloemhof Meisies mekaar hierdie naweek in Bloemfontein pak waar Oranje vir die eerste keer sedert 2018 gasheer speel.

    Oranje is vasbeslote om hul titel as die heersende kampioene te verdedig, nadat hulle laasjaar met die louere as kampioene weggestap het asook Bloemhof hierdie jaar reeds twee keer met meer as 10 doele gewen het.

    Bloemhof sal egter poog om hul oppergesag te herwin.

    In die laaste 11 jaar van interskole het Oranje vier keer as oorwinnaars uit die stryd getree en Bloemhof vyf keer. Daar was egter geen interskole in 2020 en 2021 weens Covid.

    Wanneer die twee spanne op Saterdag, 19 Augustus, om 12:30 mekaar die stryd aansê in die 25ste kragmeting teen mekaar, tel vorige prestasie min en enige iets kan gebeur tot die eindfluitjie blaas.

    Ontmoet die spanne:

    Oranje: Mari Nortje, Roline Louw, Cara Smith, Marianne Louw, Karla Victor (kaptein), Minke Delport, Amy Fröhlich, Marguerite Cronje, Jessica Barnard, Marilet Blom.

    Bloemhof: Carli Kruger, Mila Kotze, Nina van Eeden, Anandi de Waal, Jane Louw (kaptein), Lize Human, Mari Steyn, Leentjie Kiewiet

  • Hencu Lamberts breek rekord na 8 jaar by Statebond-jeugspele

    Hencu Lamberts breek rekord na 8 jaar by Statebond-jeugspele

    Tydens die onlangse Statebond-jeugspele wat in Trinidad en Tobago gehou is, het die 16-jarige, Hencu Lamberts (Affies), ‘n agt jaar oue rekord in gewigstoot verpletter en sy naam in die geskiedenisboeke aangeteken met ‘n indrukwekkende gooi van 20.17 meter.

    Buiten sy rekordbrekende vertoning, het hy ook ‘n silwermedalje in diskus verower.

    Sy voorbereiding het nie net ‘n strawwe fisieke oefenprogram behels nie, maar hy moes ook ‘n streng dieët gevolg het om seker te maak hy verloor nie gewig nie, en bou genoeg spiermassa.

    Die geleentheid was vir Hencu ‘n ongelooflike ervarig hoewel die hitte, humiditeit en uitdagende weerstoestande ‘n aanpassing was.

    Ten spyte hiervan het die elektriese atmosfeer en oorweldigende ondersteuning van die skare sy vasberadenheid om uit te blink aangevuur.

    Hy onthou ook die lewendige verwelkoming wat hulle as atlete met musiek, dansers en gasvryheid van die plaaslike inwoners ontvang het.

    Hencu het egter sy visier stewig ingestel op toekomstige mylpale met drome om in 2024 aan die junior Wêreldspele deel te neem en nog ’n medalje te verower. Hy streef ook daarna om vir die gesogte Olimpiese Spele in 2028 te kwalifiseer.

    Agter elke suksesvolle atleet staan ‘n sterk ondersteuningnetwerk, en Hencu is geen uitsondering nie.

    Sy ouers, tweelingbroer en vriendin is sy grootste ondersetuners asook sy familie, vriende en afrigters wat almal bygedra tot sy  indrukwekkende prestasie.

  • Hoër Meisieskool Paarl behou hul titel as Interskole-kampioen

    Hoër Meisieskool Paarl behou hul titel as Interskole-kampioen

    Die Hoër Meisieskool Paarl het vir die tweede agtereenvolgende jaar met die louere as kampioene tydens die interskole teen Paarl Gimnasium weggestap.

    Die wedstryd het geëindig met Hoër Meisieskool wat met ‘n eindtelling van 30-26 spog.

    Die twee spanne van Paarl het ‘n tweede (Paarl Gimnasium) en ‘n derde (Hoër Meisieskool Paarl) plek by die onlangse Suid-Afrikaanse Kampioenskappe behaal en beide spanne was honger vir ‘n oorwinning.

    Van die begin van die wedstryd was dit duidelik dat dit nie ‘n maklike stryd vir een van die spanne gaan wees.

    Sake het baie gelykop verloop in die eerste kwart van die wedstryd met beide spanne wat ses doele aangeteken het.

    Die tweede kwart was die spanne kop-aan-kop met Hoër Meisieskool wat met sleg een doel voorgeloop het, maar teen die derde kwart het hulle die geleentheid aangegryp wat tot ‘n voorsprong van 22-20 gelei het.

    Die spanning was tasbaar, aangesien albei spanne ongelooflike vaardigheid, strategie en spanwerk in hul strewe na oorwinning getoon het.

    Hoër Meisieskool het in geen stadium die voet van die versneller gelig nie en dit was egter in hierdie deurslaggewende oomblik dat hulle hul staal getoon het en die geleentheid aangegryp het en seëvierend uit die stryd getree as kampioene van die jaarlikse interskole.

    Kyla Dames, wie se uitsonderlike vertoning ‘n hoogtepunt van die netbalseisoen was, is as speler van die wedstryd aangewys en Mari Kemp, ’n staatmaker in die span se aanvallende span en doelsirkel, het ’n instrumentele rol in die oorwinning gespeel.

  • Paarliete maak reg vir interskole

    Paarliete maak reg vir interskole

    ‘n Opwindende naweek wag op die Paarliete wanneer Paarl Girls’ High en Paarl Gimnasium mekaar hierdie naweek pak tydens, wat beskou word as een van die grootste interskole in die land.

    Paarl Girls’ High is vasbeslote om hul titel as die heersende kampioene te verdedig, nadat hulle laasjaar met die louere as kampioene weggestap het.

    Gimnasium het die afgelope naweek hul staal gewys en ‘n indrukwekkende tweede plek by Suid-Afrikaanse Kampioenskappe behaal nadat hulle 25-18 teen Affies in die finaal verloor het.

    Paarl Girls’ High kan egter ook nie onderskat word nadat hulle ‘n derde plek by die kampioenskappe behaal het en Menlopark 23-16 gewen het.

    Wanneer die twee spanne op Vrydag, 4 Augustus, om 16:15 mekaar die stryd aansê tel vorige prestasie min en enige iets kan gebeur tot die eindfluitjie blaas.

    Kyla Dames van Paarl Girls’ High en Marli Krige van Gimnasium, kapteine van die gesogte spanne, is gereed om hul spanne te lei na oorwinning in die wedstryd wat voorlê.

    Paarl Gimnasium:

    Erin Hartland, Marné Abrahamse, Kiran Cockrell, Leané Otto, Michelle van der Merwe, Marli Krige, Wilmie Cronjé, Elené Vosloo, Cathryn Botes, Jana Martin

    Paarl Girls’ High:

    Bea Malan, Mari Kemp, Anke Stofberg, Kyla Dames, Milcah Visser, Emma Swan, Lisa Mentz, Elzahn Nel, Barbara de Kock, Hannah Gildenhuys

     

     

  • Menlo vir die tweede jaar onoorwonne by Irene Seymore-netbaltoernooi

    Menlo vir die tweede jaar onoorwonne by Irene Seymore-netbaltoernooi

    Hoërskool Menlopark se netbalspan is vir die tweede agtereenvolgende jaar as kampioene van die Irene Seymore-netbaltoernooi gekroon.

    Die Parkies het die Hoërskool Garsfontein met ‘n merkwaardige telling van 29-17 in die eindstryd geklop.

    Menlopark het na die eindstryd deurgedring nadat hulle Windhoek met ‘n oortuigende telling van 31-14 verslaan het, terwyl Garsfontein daarin geslaag om hul plek in die eindstryd te verseker deur Eldoraigne met ‘n skrale sege van 17-15 te klop.

    Die eindstryd was van die begin af ‘n intense stryd, met Menlo wat ‘n vroeë voorsprong  gekry het met vier doele in die eerste kwart en Garsfontein net twee.

    Soos die wedstryd gevorder het, het Menlo se voorsprong bly groei en het hul die tweede kwart 14-6 afgesluit.

    Die derde kwart was deurslaggewend, met Menlo wat hul oorheersing behou het en hul voorsprong na 20-10 op die telbord vergroot het.

    Hoewel Garsfontein in die laaste kwart ‘n dapper poging aangewend het en sewe doele aangeteken het, het Menlo veerkragtig gebly en daarin geslaag om die laaste kwart te verseker en die wedstryd met ‘n indrukwekkende oorwinning van 29-17 af te sluit.

    Deur die toernooi het twee van Menlo se spelers uitgestaan en sleutelrolle in hul span se sukses gespeel.

    Georgia de Jongh, die hulpverdediger, het haar talent ten toon gestel en was ook gekies om Gauteng gedurende die vakansie in die o.18 All Ages-toernooi te verteenwoordig.

    Boonop het Liani Gilmour, die hulpdoel van die wenspan, fantastiese vaardighede getoon en is erken as een van die Top 35 spelers in die land tydens die All Ages toernooi in haar o.16 jaar.

    Menlo se prestasies het verder as hul wenspan gestrek, aangesien hul ander netbalspanne ook uitstekend gevaar het.

    Die o.17-span het ‘n indrukwekkende tweede plek behaal, die o.16-span het ‘n derde plek behaal, die o.15-span het vyfde plek geëindig, en die o.14-span sesde.

    Uitslae van die toernooi:

    Eindstryd: Menlopark 29, Garsfontein 17

    Halfeindstryd: Menlopark 31, Windhoek Gimnasium 14; Garsfontein 17, Eldoraigne 15.

    Kwarteindstryd: Menlopark 35, Potchefstroom Volkskool 9; Garsfontein 17, Monument 16, Eldoraigne 20, Hoërskool Upington 12; Windhoek Gimnasium 21, Zwartkop 16.

    Groepwedstryde: Menlopark 31, Windhoek Gimnasium 13; Garsfontein 29, Menlopark 12; Monument 22, Eldoraigne 16; Menlopark 33, HTS Middelburg 9; Eldoraigne 21, Montana 17; Hoërskool Upington 16, Garsfontein 14; Zwartkop 21, Potchefstroom Volkskool 9; Montana 15, Monument 13; Menlopark 14, Hoërskool Upington 14; Windhoek Gimnasium 20, HTS Middelburg 8.

  • Spanne maak gereed vir die laaste kragmetings in die Wesgrow-reeks

    Spanne maak gereed vir die laaste kragmetings in die Wesgrow-reeks

    Soos die netbalseisoen ten einde loop, maak die spanne gereed vir die laaste kragmetings van die Wesgrow Sentrale Sportreeks.

    Danksy die betrokkenheid van verskeie skole, met die doel om massadeelname te bevorder, het die reeks die afgelope seisoen weer gesorg vir vele hoogtepunte.

    Hierdie naweek beloof om weereens ‘n opwindende een te wees, met drie netbalwedstryde wat wag.

    Die aksie skop om 11:20 af wanneer Jim Fouche vir Hoërskool Trio op hul tuisveld in Kroonstad pak, Hoërskool Wittberg speel Fichardtpark om 11:40 in die koue Bethlehem en Voortrekker besoek Sentraal in Bloemfontein waar hulle mekaar om 13:00 die stryd aansê.

    Die raad van direkteure het hierdie seisoen ‘n interessante besluit geneem en teen die tradisionele uitklopformaat besluit. Daar sal egter geen semi-finale of finale wedstryde gespeel word nie. Alle betrokke skole sal op ‘n interskoolbasis teen mekaar deelneem. Die plekplasing aan die einde van die seisoen, sal die wenners in elke sportkode bepaal.

    Hoërskool Diamantveld en Hoërskool Goudveld se wedstryd is uitgestel na die 5de Augustus.

    Hier is die uitslae van die reeks sover:

    Jim Fouche 28, Sentaal 35; Jim Fouche 36, Fichardtpark 28; Jim Fouche 41, Goudveld 28; Jim Fouche 36, Voortekker 33; Jim Fouche 49, Witterberg 33; Jim Fouche 28, Diamantveld 39; Sentraal 40, Fichardpark 31; Sentraal 41, Goudveld 28; Sentraal 37, Witteberg 22; Sentraal 43, Diamantveld 36; Fichardpark 32, Goudveld 39; Fichardpark 34, Voortekker 41; Fichardpark 24, Diamntveld 20; Fichardpark 51, Trio, 15; Goudveld 28, Voortrekker 29; Goudveld 44, Witterberg 28; Goudveld 35, Trio 13; Voortrekker 38, Witteberg 33; Voortrekker 44, Diamantveld 42, Voortrekker 46, Trio 10; Witteberg 17, Diamantveld 55; Witteberg 48, Trio 33; Diamantveld 60, Trio 24

  • DStv Schools Challenge: Affies vat die beker huistoe

    DStv Schools Challenge: Affies vat die beker huistoe

    Die Afrikaanse Hoër Meisieskool (Affies) het as oorwinnaars uit die stryd getree toe hulle die gesogte titel as kampioene van DStv Schools Challenge verower het.

    Van die land se beste netbalspanne het die afgelope naweek aan die driedaagse-netbaltoernooi, wat van 21 tot 23 Julie by Hoërskool Florida in Roodepoort, plaasvind het, deelgeneem.

    Die eindstryd was ‘n ware skouspel waar Affies ‘n oorwinning van 25-18 oor hul gedugte teenstanders, Paarl Gimnasium, verseker het.

    Affies het reeds aan die begin van die wedstryd  hul oorheersing getoon en in die eerste kwart ‘n vroeë voorsprong van 7-3 teen Paarl gehad.

    In die tweede kwart het Affies hul voorsprong voortgebou, met hul aanval wat ‘n indrukwekkende vertoning gelewer het en drie agtereenvolgende doele aangeteken het.

    Paarl het egter nie toegelaat dat die agterstand hul gemoed demp nie en het teruggeveg met vier doele.

    Affies se verdediging en onderskeppings was egter die deurslaggewende faktor wat hulle in staat gestel het om elke geleentheid te benut en hul voorsprong tot 17-7 na die tweede kwart te bring.

    Die span het ‘n verstommende tien doele in dié kwart aangeteken.

    Met die begin van die derde kwart, het Paarl tekens van ‘n potensiële terugkeer getoon en twee deurslaggewende doele aangeteken. Affies het vinnig enige hoop op ‘n ommekeer uit die weg geruim en hul vermoë en krag bewys toe hulle die punteverskil vergroot het na ‘n indrukwekkende 22 vir Affies en 12 vir Paarl.

    Paarl het hul veggees ten toon gestel en ses doele aangeteken terwyl hulle net drie afgestaan het.

    Affies het egter reeds ‘n onoorkomelike voorsprong opgebou en verseker dat hulle tot die eindfluitjie in beheer bly.

    Doelspelers Jaime Matfield en Izelle Grabe het ‘n groot rol gespeel in Affies se reis na die titel.

    Izaan Snyman, kaptein van Affies, sê hulle het nie eenkeer ophou baklei vir die titel en het hul harte uitgespeel tot die eindfluitjie geblaas het. Sy het egter beklemtoon dat elke lid van die span tot hul sukses bygedra het.

    As kampioene dra Affies nie net die kroon van oorwinning nie, maar kry ook die geleentheid om die Protea-netbalspan by die  Wêreldbeker in Kaapstad in aksie te sien en hulle te ontmoet.

    In die toernooi se derde-en-vierde-uitspeelwedstryd het Menlopark en Paarl Girls’ High teen mekaar te staan gekom.

    Paarl Girls’ High het na die eerste kwart met een doel voorgeloop (5-4) en deurgaans hul voorsprong behou en 23-16 gewen. Hulle het die derde plek verseker, wat Menlopark in die vierde plek laat.

    Hlabi keer terug na die wennerspodium van die DStv Schools Challenge in die Ubuntu-stroom, nadat hulle die eerste keer die kompetisie in 2021 gewen het

    Al die uitslae:

    Eindstryd: Affies 25, Paarl Gimnasium 18.

    Uitspeelwedstryde – 3/4: Paarl Girls’ High 23, Menlopark 16.

    Halfeindstryde: Paarl Gimnasium 28, Menlopark 16, Affies 29, Paarl Girls’ High 28.

    Kwarteindstryde: Paarl Girls’ High 20, Oranje 18, Paarl Gimnasium 25, Potchefstroom Gimnasium 8, Menlopark 27, Rustenbrug 17, Affies 24, Helpmekaar 23.

    Groep A: Eunice 29, Gelofte 23; Vosloorus 25, Friersdale 11; Potchefstroom Gimnasium 32, Gelofte 18; Vosloorus 20, Oasis 10; Potchefstroom Gimnasium 18, Eunice 18; Oasis 16, Friersdale 6; Gelofte 39, Vosloorus 14; Potchefstroom Gimnasium 46, Oasis 0; Eunice 37, Vosloorus 10; Potchefstroom Gimnasium 32, Vosloorus 12; Gelofte 23, Friersdale 12; Potchefstroom Gimnasium 43, Friersdale 1; Eunice 52, Oasis 8; Gelofte 46, Oasis 8; Eunice 45, Friersdale 7.

    Groep B: Oranje 26, Shaymoya 19; Secunda 28, Joe Slovo 7; Manzomtom 19, Tsoloso 14; Oranje 39, Joe Slovo 2; Secunda 39, Tsoloso 7; Shaymoya 35, Joe Slovo 7; Secunda 16, Sahymoya 14; Oranje 58, Tsoloso 4; Oranje 29, Secunda 11; Manzomtom 21, Joe Slovo 11; Shaymoya 33, Tsoloso 5; Secunda 26, Manzomtom 11; Shaymoya 29, Manzomtom 12; Tsoloso 21, Joe Slovo 8; Oranje 50, Manzomtom 6.

    Groep C: Sentraal 35, Kgapamadi 3; Paarl Gimnasium 34, Despatch 9; Sentraal 32, Sempapa 3; Paarl Gimnasium 59, Sempapa 1; Despatch 39, Kgapamadi 11; Phahama 19, Sempapa 16; Despatch 38, Sempapa 16; Sentraal 33, Phahama 11; Paarl Gimnasium 44, Phahama 3; Kgapamadi 19, Phahama 13; Paarl Gimnasium 21, Sentraal 17; Despatch 37, Phahama 16; Sempapa 21, Kgapamadi 20; Paarl Gimnasium 50, Kgapamadi 7; Sentraal 33, Despatch 15.

    Groep D: Hoërskool Pietersburg 36, Thakamiso 8; Paarl Girls’ High 30, Hoërskool Pietersburg 11; Framesby 48, Ikeletso 18; Thakamiso 20, Ikeletso 18; Hoërskool Pietersburg 52, Curro Shoshanguve 4; Paarl Girls’ High 32, Framesby 13; Ikeletso 29, Curro Shoshanguve 10; Thakamiso 25, Curro Shoshanguve 4; Paarl Girls’ High 57, Ikeletso 5; Framesby 28, Hoërskool Pietersburg 20; Framesby 40, Curro Shoshanguve 5; Paarl Girls’ High 53, Thakamiso 11; Hoërskool Pietersburg 33, Ikeletso 11; Paarl Girls’ High 51, Curro Shoshanguve 4; Framesby 45, Thakamiso 4.

  • Paarl Gimnasium en Affies pak mekaar in die finaal van die DStv Schools Challenge

    Paarl Gimnasium en Affies pak mekaar in die finaal van die DStv Schools Challenge

    FOTO: Hannes Nienaber

    Dis Paarl Gimnasium of Afrikaanse Hoër Meisieskool (Affies) wat binnekort as die nuwe kampioene van die DStv Schools Challenge gekroon sal word wanneer hulle die finale kragmeting van die toernooi betree.

    Beide die spanne het Sondagoggend hul semi finale-wedstryde gewen en hulself ‘n plek in die finaal geboek.

    Die halfeindronde het afgeskop met ‘n opwindende ontmoeting tussen Paarl Gimnasium en Menlopark. Paarl het uit die staanspoor gewys wat in hul steek en oorheersing in al vier kwarte van die wedstryd gehad.

    Die spanne was kort op mekaar se hakke en Paarl het daarin geslaag om in die eerste kwart ‘n noue voorsprong met sewe doele te verseker, terwyl Menlopark kort agter was met ses.

    Menlopark het ‘n dapper poging aangewend om by hul opponent te hou, maar teen die einde van die tweede kwart het Paarl die gaping vergroot met 14 doele teenoor 10.

    Menlopark het egter geweier om tou op te gooi, maar teen die einde van die derde kwart het Paarl ‘n formidabele voorsprong behou en met 22-13 voorgeloop.

    In die laaste kwart het albei spanne hul alles op die baan gegee, maar dit was Paarl wat as die wenners uit die stryd getree het. Met ‘n indrukwekkende eindtelling van 28-16 het Paarl hul plek in die hoogs verwagte eindstryd verseker.

    In ‘n intense tweede halfeindstryd tussen Paarl Girls’ High en Affies het albei spanne merkwaardige vaardigheid en vasberadenheid getoon.

    Paarl Girls’ High het in die begin oorheersing getoon en ná die eerste kwart ‘n voorsprong van vier doele gehad.

    Hulle het die eerste vyf minute van die wedstryd agt doele teenoor Affies se vier aangeteken.

    Affies het egter hul staal in die tweede kwart bewys en albei spanne het gedurende die helfde 10 doele op die telbord gehad.

    Die spanne se telling het na die derde kwart slegs een punt verskil op die telbord gehad.

    Toe die wedstryd sy finale fase betree het, was die spanne kop-aan-kop met 26 doele op die telbord.

    Die intensiteit het ‘n hoogtepunt bereik toe ‘n ekstra vier minute gegee is om die wenner van die wedstryd te bepaal.

    Drie minute later was die tellings gelykop op 28, maar dit was Affies wat merkwaardige veggees getoon het en met ‘n eindtelling van 29-28 voorgespring het om ‘n oorwinning te verseker.

    Die komende eindstryd beloof om ‘n ongelooflike en onvergeetlike wedstryd tussen die top twee netbalskole te wees.

     

  • Groot opwinding heers vir DStv Schools Netball Challenge wat hierdie naweek afskop

    Groot opwinding heers vir DStv Schools Netball Challenge wat hierdie naweek afskop

    Die netbalbane is gereed vir die derde DStv Schools Netball Challenge (DSNC) nasionale eindronde.

    Ongeveer 50 skole van regoor die land sal hierdie naweek vanaf 21 tot 23 Julie by Hoërskool Florida in Roodepoort, Johannesburg saamkom vir die driedaagse toernooi waar die top o.19-spelers dit sal uitspook om as die wenner en nommer een netbalskool in die land gekroon te word.

    Die wenners sal nie net wegstap met die spogregte as die beste span in die land nie, maar sal ook kaartjies wen vir die Poel C Netbal Wêreldbeker-wedstryd tussen die gasheerland, die Spar Proteas, en Sri Lanka. Die spelers sal ook na die wedstryd hul nasionale helde ontmoet.

    Oranje Meisieskool sal ongetwyfeld ‘n span wees om dop te hou, nadat hulle verlede jaar met die louere as kampieone weggestap het, en Potchefstroom Gimnasium van hul wennerstitel onttroon het.

    Die oë is ook op Afrikaanse Hoër Meisieskool (Affies), die heersende kampioene van die Absa Wildklawer-netbaltoernooi vroeër vanjaar. Onder leiding van twee van hul uitstekende spelers, Izelle Grabe en Amia Roux, word verwag dat Affies ‘n sterk aanspraakmaker in die kompetisie sal wees.

    Hoërskool KwaZakhele, wat laasjaar die Ubuntu-stroom na ‘n harde stryd gewen het, het nie vanjaar die nasionale eindronde gehaal nie.

    Die toernooi spog met uitsonderlike talente wat reg oor die mededingende skole versprei is.

    Oranje se Karla Victor, ‘n lid van die SA-Fast 5-span, asook die dinamiese Louw-susters, Roline en Mariaan.

    Hoërskool Despatch se Elke Erasmus staan ​​ook uit vir haar veelsydigheid op die baan, wat haar ‘n gevaarlike speler in verskeie posisies maak.

    Spelers soos Kayla Dames van Affies, Thando Mokoena van Hoërskool Middelburg, en Simoné Swanepoel van Hoërskool Helpmekaar, dra by tot die uitsonderlike talente by vanjaar se toernooi.

    Die DSNC is daartoe verbind om gelyke geleenthede vir alle hoërskole te bevorder, ongeag hul ligging. Om dit te bereik, word die kompetisie in twee strome verdeel: Botho vir stedelike skole en Ubuntu vir landelike skole.

    Tydens die poelfases sal elke skool mekaar een keer in hul onderskeie poel die stryd aansê en meeding om die top twee posisies in hul stroom.

    Na die poelfases sal skole in hul strome gerangskik word. Die top twee skole van beide die Ubuntu- en Botho-stroom sal deur elke poel na die uitspeelrondes deurdring.

    In die uitspeelwedstryde sal skole teen ander uit hul eie stroom meeding, met die doel om verder in die kompetisie te vorder.

    Die skole wat derde in albei strome is, sal in ‘n uitspeelwedstryd meeding om hul finale posisies te bepaal.

    Hier is die poele:

    Poel A: Eunice, Gelofte, Potch Gimnasium, Vosloorus, Oasis, Friersdale

    Poel B: Oranje Meisies, Shayamoya, Secunda, Joe Slovo, Tsosoloso, Mamzomtombo

    Poel C: Sentraal, Paarl Gimnasium, Despatch, Kgapamadi,  Sempapa, Phahama

    Poel D: Pietersburg, Paarl Girls High, Framesby, Iketletso, Curro Shoshunguve, Thakamiso

    Poel E: Menlopark, Durbanville, Tom Naude, Ikhaheng, Hlabi, Hlomani

    Poel F: Affieshi, Nelspruit, Duineveld, Bainsvlei, Makgafe, Khanyolwethu

    Poel G: Rustenburg, Waterkloof, Upington, Khombindlela, Lambelate, Desmond Tutu

    Poel H: Klerksdorp, Helpmekaar, Middelburg, Kwavumusi, Adelaide Gim, Veritas