SSPN Test Site

Author: chmerwe

  • Gaan Affies weer vir Oranje laat les opsê?

    Gaan Affies weer vir Oranje laat les opsê?

    FOTO: Hannes Nienaber

    Twee van die land se top meisieskole, Hoër Meisieskool Oranje en die Afrikaanse Hoër Meisieskool (Affies) pak mekaar Vrydag in ‘n opwindende netbalwedstryd in Bloemfontein.

    Dit is nie die eerste keer dat dié twee skole mekaar vanjaar op die netbalbaan ontmoet nie.

    Hulle het vroeër vanjaar by die Wildeklawer-sporttoernooi teen mekaar gespeel, waar Affies met ‘n telling van 22-21 oor Oranje uit die stryd getree het.

    Vrydag se wedstryd sal ‘n groot een vir albei skole wees met albei wat hoop om ‘n sege te behaal.

    Oranje was nog altyd ‘n gedugte teenstander, met ‘n ryk geskiedenis van sukses in netbal.

    Affies, aan die ander kant, het gewys dat hulle ‘n span is om mee rekening te hou en met albei skole was as top netbalskole gereken word, sal dit interessant wees om te sien wie hierdie keer met die louere gaan wegstap.

    Die spelers is vasbeslote om hul beste voetjie voor te sit en dit beloof om ‘n opwindende wedstryd te wees, met albei spanne wat hul A-wedstryd na die tafel sal bring.

    Oranje het Dinsdag teen Sentraal gespeel, waar hulle met ‘n telling van 40-28 gewen het, terwyl Affies Woensdag teen Garsfontein gespeel het en met ‘n kop-aan-kop-telling van 25-23 as die wenners uit die stryd getree het.

    Hierdie onlangse wedstryde dien as bewys dat beide Oranje en Affies formidabele spanne is en albei spanne ‘n groot kans staan om die meeste punte op die telbord te sit. Hierdie oorwinnings gee Oranje en Affies die selfvertroue wat hulle nodig het vir een van hul grootste wedstryde die seisoen.

    Die wedstryd begin Vrydag, 16:45, by die Universiteit van die Vrystaat se netbalbane.

  • Duineveld maak skoonskip teen Uppies in Classic Clash

    Duineveld maak skoonskip teen Uppies in Classic Clash

    Hoërskool Duineveld het hierdie naweek tydens die FNB Classic Clashes teen Hoërskool Upington as oorwinnaars uit die stryd getree na ‘n uitstekende vertoonvenster van topvlak-netbal met ‘n telling van 42-25.

    Duineveld behou egter hul titel nadat hulle in 2022 ook as kampioene van die baan afgestap het, en hul vaardigheid en konsekwentheid het verseker dat hierdie span vir die vierde keer met die titel kan spog.

    Duineveld het ook met die louere in 2017 en 2018 teen Upington weggestap en in 2019 het die twee spanne gelykop gespeel.

    Een van die sleutelfaktore in Duineveld se sukses was die indrukwekkende vertonings van hul twee doelskieters, Abrielle de Witt en Joane Visser. Albei spelers het deurgaans hoë doelpersentasies gelewer, wat aansienlik tot hul span se sukses bygedra het.

    Sylene Terblanche, ‘n talentvolle netbalspeler van die wenspan, het Saterdag haar 100ste wedstryd vir die span gespeel.

    Dit was ‘n groot mylpaal vir Sylene, en sy het nie teleurgestel en haar alles gegee met puik senter afgooie wat haar span in staat gestel het om baie aanvallende netbal te kon speel. Boonop het sy talle onderskeppings gemaak wat gehelp het om die wedstryd in haar span se guns te draai.

    Haar aangee na die doele was ook uitstekend en het verseker dat haar span regdeur die wedstryd mededingend gebly het.

    Ten spyte daarvan dat die Uppies die eerste vier doele aangeteken het, het Duineveld egter gou ingehaal en die wedstryd daarna oorheers.

    Hulle doelwit was om elke kwart te wen, en hulle het hul plan foutloos uitgevoer en die oorwinning oor hul teenstanders verseker.

     

     

  • Northern Cape High continues impressive unbeaten run with Classic Clash victory

    Northern Cape High continues impressive unbeaten run with Classic Clash victory

    Northern Cape High School has once again proven its dominance in the game of hockey, with both the boys and girls teams remaining unbeaten after defeating Diamantveld in the FNB Classis Clashes on Saturday.

    The boys team has been on a winning streak for an impressive four years, having won the Clashes every year since 2018 and the year was no exception with a fantastic goal by Diego Drude.

    This latest victory serves as a testament of their consistency and hard work over the years and they have consistently met and exceeded the standards over the years.

    Meanwhile, the girls team, who draw last year, managed to edge out their opponents when Chante

    Petrus scored the only goal of the match, showcasing their determination and skill and proven that they are forces to be reckoned with on the hockey field.

    Scorers: 

    GIRLS 

    Noord-Kaap 1 (Chanté Petrus); Diamantveld 0.

    BOYS 

    Noord-Kaap 1 (Diego Drude); Diamantveld 0.

    Other Results:

    Girls:

    u16A – Diamantveld 3, Noord-Kaap 0.
    u16B – Noord-Kaap 1, Diamantveld 1.

    Boys:

    u16A – Noord-Kaap 3, Diamantveld 1.

     

  • Diamantveld-netbalspanne seëvier oor Noord-Kaap op tuisveld

    Diamantveld-netbalspanne seëvier oor Noord-Kaap op tuisveld

    In ‘n opwindende kragmeting tussen Hoërskool Diamantveld en Hoërskool Noord-Kaap het Diamonds weereens as die oorwinnaars uit die stryd getree by hierdie jaar se FNB Classic Clashes.

    Die geleentheid was ‘n hoogs verwagte een, met ondersteuners van albei spanne wat gretig gewag het vir die uitslae.

    Vir die vyfde agtereenvolgende jaar het Diamantveld se eerste netbalspan met ‘n telling van 33-28 onoorwonne gebly.

    Dit was egter nie net die eerstes wat hul staal gewys het nie, Diamantveld spog met ‘n vier uit vier vir die dag nadat hul o.14, o.15 en o.16-netbalspanne stof in Noord-Kaap se oë geskop het.

    Diamantveld het merkwaardige vaardigheid en spanwerk getoon en die wedstryd van begin tot einde oorheers.

    Die spelers het hul bekwaamheid in alle aspekte van die spel getoon, van hul aangee en doel tot hul verdediging en ratsheid.

    Noord-Kaapse wat hard terug baklei het, kon nie Diamantveld se vaardigheid en vasberadenheid ewenaar nie.

    Lara van Niekerk, hulpverdediger van Diamantveld en ook speler van die wedstryd, het baie goeie druk op haar opponente toegepas en sy en haar verdediger, Alexa Cox, was uitstekend in die doelsirkel.

    Mari du Raan, die wenspan se doel, was skitterend met die bal en dodelik in die doelsirkel. Sy het slegs drie doele gemis en gesorg dat die res van die doele sink.

    Die senterbaan het ook hul kant gebring met die kaptein, Anliné Brunette, wat goeie druk toegepas het en gesorg het dat die verdedigers die balle kon onderskep.

    Uitslae vir die dag: 

    o.19A – Diamantveld 33, 28 Noord-Kaap
    o.16A -Diamantveld 26, 10 Noord-Kaap
    o.15A – Diamantveld 44, 4 Noord-Kaap
    o.14A -Diamantvel 18, 9 Noord-Kaap

     

     

     

     

  • Gaan Diamantveld dit vyf uit vyf maak in die jaarlikse FNB Classic Clash?

    Gaan Diamantveld dit vyf uit vyf maak in die jaarlikse FNB Classic Clash?

    Die opwinding is groot in die Diamantstad, want dit is weer tyd vir die jaarlikse FNB Classic Clashes.

    Gaan Noord-Kaap die jaar die bordjies teen Diamantveld verhang?

    Diamantveld stap Saterdag as die oortuigende gunsteling op die baan en die druk is egter op Noord-Kaap om te kyk of hulle die wenstitel kan verower.

    Diamantveld spog al vir die afgelope vier jaar as die FNB Classic Clashes-netbalwenners en dra die kroon as top netbalskool in Kimberley.

    Noord-Kaap is hierdie jaar die gasheer vir die sportnaweek tussen die twee buurskole en dis vir altwee spanne weer ‘n besonderse voorreg om deel te wees van die kragmeting waar vriendskapbande al sterk gevorm het oor die jare.

    Die netbalwedstryde lok jaarliks groot belangstelling en word deur duisende netballiefhebbers bygewoon.

    Magda Myburg, eerstespan netbalafrigter van Diamantveld sê die Clashes is altyd ‘n hoogtepunt op hul kalender en ‘n goeie geleentheid om staal teen staal te meet.

    “Ons sien baie uit na die naweek. Die meisies is goed voorberei en ons is reg vir dit wat op ons wag. Ons glo dit gaan soos elke jaar in ‘n goeie gees plaasvind.”

    Karien Opperman, eerstespan netbalafrigter van Noord-Kaap, sê hulle het groot drome as ‘n span. “Ons wil graag die skool en die ouers, wat ons grootste ondersteuners is en in ons glo trots maak. Ons doelkombinasies bring iets uniek na die spel. Ek glo as ons by die wedstrydplan hou en dit met selfvertroue uitvoer, kan ons die teenstanders verras.”

    Die spanne sê mekaar Saterdag, 10:30 op baan A, die stryd aan.

    Ontmoet Diamantveld se eerste netbalspan

    D:  Mari du Raan
    HD:  Anushka Hugo (onderkaptein)
    AV:  Valmari Faber
    S:  Carmen Louw
    VV: Anliné Brunette (kaptein)
    HV:  Lara v Niekerk
    V:  Alexa Cox

    Plaasvervangers: Amoré Rosant, Timney Greyling, Elé Kruis.

    Ontmoet Noord-Kaap se eerste netbalspan: 

    D:  Jayden Mapanka
    HD:  Sasha Oliver
    AV:  Jenna Lee le Roux
    S:  Tayla-Anne Abrahams
    VV:  Megan de Villiers (kaptein)
    HV:  Charnique Faarland (onderkaptein)
    V:  Theetso Peme
    HV:  Kganya Molefe
    VV:  Tlotla Seretse

    Uitslae van die laaste vyf jaar:

    2022 – Diamantveld 31, Noord-Kaap 26
    2021 – Diamantveld 37, Noord-Kaap 9
    2020 – Geen Classic Clashes weens die Covid-19 pandemie
    2019 – Diamantveld 30, Noord-Kaap 29
    2018 – Diamantveld 34, Noord-Kaap 22

     

     

     

     

     

     

     

  • FNB Classic Clashes: Witteberg vs Voortrekker – aksie is gewaarborg

    FNB Classic Clashes: Witteberg vs Voortrekker – aksie is gewaarborg

    Aksie is gewaarborg by hierdie jaar se FNB Classic Clashes van Hoërskool Witteberg teen Voortrekker van Bethlehem.

    Die spanning loop hoog en die opgewondenheid is tasbaar oor een van die grootste interskoledae in die land.

    Die hele Bethlehem kom Saterdag weer tot stilstand wanneer die twee buurskole mekaar die stryd op die netbalbaan aansê.

    Die gasheer, Witteberg, is laasjaar van die wennerstitel ontneem, maar hoop om hierdie jaar skoonskip teen hul opponente te maak.

    Dit is vir die skole ‘n voorreg om weereens op hierdie vlak teen mekaar te kan meeding en dat niks minder as skouspelagtige netbal kan verwag word.

    Hoewel een van die spanne as wenner van die dag gaan wegstap, hoop Gys Coetzee, hoof van Voortrekker dat sportmangees die eintlike wenner van die dag sal wees.

    “Ons hoop dat die mededinging respekvol sal wees en al is die stryd hoe uitdagend, wil ek die ouers herinner dat al is dit ‘n groot dag, die deelnemers steeds kinders bly,” voeg Hannes Oostehuizen, hoof van Hoërskool Witteberg by.

    Alicia Mouton, eerstespan afrigter van Witterberg, sê hulle is opgewonde vir die Clash teen Voortrekker. “Dit is my eerste derby-ervaring en ek sien uit om te sien hoe my eerstespan vaar. Ons het hard gewerk en gaan nog harder speel om Witteberg-netbal se naam hoog te hou!”

    Ruzel Vorster, eerstespan netbalafriger van Voortrekker, sê die jaarlikse derby tussen Voortrekker en Witteberg is voorwaar ‘n hoogtepunt op hul netbalkalender.

    “Dit is ‘n dag waarna elke speelster met afwagting uitsien. As afrigter van Voortrekker se 1ste netbalspan, wil ek alle sterkte aan al ons spanne wat deelneem toewens en aan my span: geniet die wedstryd, doen net jou beste en Jesus sal jou behoed en bewaar. Trekkertrots.”

    Ontmoet Witteberg se eerste netbalspan:

    Agter – Querida Ackeer, Leozé Lottering, Jane de Villiers, Zinathi Matshotyana, Katleho Mokhina

    Voor – Ziané Lottering (onderkaptein), Sharmell Nkomo (kaptein)

    Afwesig- Lesedi Motaung

    Ontmoet Voortrekker se eerste netbalspan:

     

    Voor: Karli van Niekerk (onderkaptein), Siba Booi (onderkaptein), Anke Heyns (kaptein)

    Middel: Jasmine Liebenberg en Heili Pretorius

    Agter: Marile Jonck, Elizbe Heyns, Chloe Opperman en Celri Botha

     

     

  • Who will claim victory in Classic Clash between Northerns and Diamonds?

    Who will claim victory in Classic Clash between Northerns and Diamonds?

    Hockey lovers is set to witness an exhilarating clash of hockey titans this Friday as Hoërskool Noord-Kaap and Diamantveld take to the field.

    With a fiercely competitive history between these two top schools, boasting a record of two wins, one draw, and one loss for each team over the past four years, anticipation is running high for this highly anticipated match.

    The rivalry between Noord-Kaap and Diamantveld on the hockey pitch has captivated the sporting community in Kimberley. Each encounter has been marked by intense competition, strategic gameplay, and a display of remarkable skill from both sides.

    As the teams gear up for their upcoming face-off, there is a sense of excitement and anticipation surrounding which team will emerge victorious this time.

    The recent history between Northern Cape High and Diamantveld High School is a tale of closely contested battles, where both teams have tasted the sweetness of victory and experienced the bitterness of defeat.

    Neither side has been able to establish a dominant streak, leading to a constant hunger for redemption and the desire to secure a definitive win in this crucial match.

    In the lead-up to the Friday clash, both teams have been leaving no stone unturned in their preparation. Countless hours have been spent on the training ground, refining strategies, sharpening skills, and fostering team cohesion.

    Coaches and players have been meticulously analyzing past encounters, looking for any advantage that could tip the scales in their favor.

    Spectators can expect a display of top-level hockey from both Northern Cape High and Diamantveld High School. The players’ commitment, talent, and unwavering determination to bring glory to their respective schools will be on full display.

    The Astro in Cassandra will be filled with the electric atmosphere of anticipation as the teams take to the field and unleash their skills, vying for supremacy.

    Steve Dooling, coach of the first hockey team form Diamantveld says he is excited and nervous for this coming weekends fixture against NCH, it is a game that go either way but I back my team to pull of the win

    “Our preparation for this weekend is going good, it’s just now for the girls to put the performance in on the field.”

    Aidan Brooker, coach of Northern Cape first hockey team says they are looking forward to the games.

    “It will be an exciting match.

    “We are expecting a tough and challenging game, but I am confident that we are well prepared and hopefully it will pay off with a positive result.”

    Meet the first hockey team from Diamantveld:

    Left to right: Yzelle Hewitt, Sheri Smith, Leoné Meyer, Mia Truter, Miné Auret, Nelisé Hattingh, Danielle Posthumus (captian), Entle Mpekula, Loumari Barnard, Imke Potgieter, Leilah Snyman, Andeli Krause, Wiandie Botha, Deandré Jacobs (Absent: Ezaan Schön)

    Meet the first hockey team from Noord-Kaap:

    Front row: Charelle Adams, Mondi Phuzi (VC), Chante´ Petrus (C), Nadine Gordon

    Middle row:  Nazneen Alexander, Micayla Willis (GK), Aleah Kock, Aqueelah Fortuin, Oratile Manoto, Maleesha Meyers.

    Back row:  Chloe Nagel, Nikita Du Plooy, Babalwa Maniza (GK), Sabiha Borraine, Ntsako Mamogale, Maddison Joseph

    Absent: Kezia Gough, Rethabile Tlhabisang

    Results of the last five years:

    2022 – Diamantveld 1, Noord-Kaap 1
    2021 –  Diamantveld 3, Noord-Kaap 0
    2020 – No FNB Classic Clashes
    2019 – Noord-Kaap 1, Diamantveld 0
    2018 – Diamantveld 3, Noord-Kaap 0

  • Battle for Glory: Northerns and Diamantveld prepare to write a new chapter in FNB Classic Clashes

    Battle for Glory: Northerns and Diamantveld prepare to write a new chapter in FNB Classic Clashes

    The stage is set for a captivating showdown as Northern Cape High and Diamantveld prepare to go head-to-head in the highly anticipated FNB Classic Clashes.

    With Northern Cape’s recent dominance, the pressure is on Diamantveld to rise to the occasion and showcase their skills in a bid to bring the title home.

    The battle for Kimberley’s supremacy reaches its pinnacle as Northern Cape High and High School Diamantveld lock horns in the fiercely competitive FNB Classic Clashes. With both schools boasting exceptional talent and a hunger for victory, this clash promises an intense display of athleticism and sportsmanship.

    This year, Northern Cape is the host for the sports weekend between the two schools.

    Grant Brooker, first-team hockey coach of Diamantveld says the game between the two schools is always a highlight of their program.

    “We hope to make some history with a win. We have put in a lot of work and believe we are well prepared for this match. We just have to execute our plans on the day.”

    The match starts at 17:30 this Friday in Cassandra at the Astro courts in Kimberley.

    Meet the first hockey team from Diamantveld:

    Left to right: Caden da Silva, Breyone Louw (captain), Henno van der Merwe, Jean Cornelissen, MJ Pieters, Tristan van Rooyen, Barco Scheffer (vice-captain), Hanco Erasmus, Louw de Klerk, Jurie Janse van Rensburg, Wian van Tonder, De Wet Fourie, Lourens Scheffer (Francois Hattingh – absent)

    Meet the first hockey team from Northern Cape High:

    Front row: Dylan Sagerys, Fareez Alexander, Tumiso Seetelo, Ashley Norman, Sibusiso Gabuza,

    Middle row: Jaydan van Rensburg, Kaden Henderson, Diego Drude, Jiyaan Bosch, Thato Mapolai, Sakeer Samuels, Mfuneko,

    Back row: Thlalefo Efunga, Liam Collings, Austin Langford, Mfuneko Binasie and Christopher Moreki

    Results of the last five years:

    2022: DHS 1-4 NCH
    2021: DHS 0-4 NCH
    2020 – No FNB Classic Clashes
    2019: DHS 1-2 NCH
    2018: DHS 1-4 NCH

  • Affies dra weer Wildeklawer-kroon na vyf jaar

    Affies dra weer Wildeklawer-kroon na vyf jaar

    FOTO: Hannes Nienaber

    Die Afrikaanse Hoër Meisieskool (Affies) het Maandag met die louere as kampioene van die Absa Wildeklawer-netbaltoernooi weggestap.

    Hoewel Affies Saterdag 27-22 teen Paarl Girls’ High, die verdedigende kampioene van 2022 verloor het, het hul hul beste vertoning vir laaste gelos en die Paarliete 23-16 in die finaal geklop.

    Sake het baie gelykop verloop in die eerste twee kwarte van die wedstryd, maar teen die derde kwart het Affies momentum gekry en gerieflik 16-12 na die derde kwart voorgeloop.

    Affies het in geen stadium die voet van die versneller gelig nie en hoewel Paarl Girls’ High hard terugbaklei het, kon die span net eenvoudig nie die tempo volhou en slegs vier punte in die laaste kwart op die telbord sit.

    Die twee doele van Affies, Carla Prinsloo en Izelle Grabe, was doelgerig en gefoks en hulle was goed ingestel en hul kant gebring.

    Dit is egter nie die eerste keer wat Affies hierdie titel wen nie en hul is geëerd om vir die tweede keer die titel te dra nadat hulle dit in 2018 ook gewen het.

    Amanda Mynhardt, Affies se afrigter, sê die wen is iets waarna hulle al lank werk en al hulle harde werk het vandag beloon.

    “Om vandag te kon wen was regtig ‘n soet ervaring en ‘n reis wat tot ‘n hoogtepunt gelei het. Die span het regtig as ‘n eenheid saam gewerk en Affies het netbal uit ‘n ander klas gespeel en net weer bewys waarnatoe skole-netbal instaat is.”

    Affies het gedurende die toernooi Sentraal van Bloemfontein (32-10), La Rochelle (25-18) en die gasheer, Diamantveld (33-4) maklik geklop voor hulle Garsfontein (27-8) pak gegee het. Hulle het gelykop teen Rustenburg (26-26) gespeel en Saterdag teen Paarl Girls’ High verloor

    Kayla Dames van Paarl Girls’ High is vir haar puik spel beloon as speler van die toernooi terwyl Karla Victor van Oranje Meisieskool die toekoenning as beste senterspeler,  Anke Nortje as beste doelspeler en Amia Roux as beste verdedigende speler ontvang het.

    Daar was wel rede vir Paarl Girls’ High om te glimlag nadat hul o.16’s  in die eindstyd teen Affies gewen het.

    Uitslae:

    Affies 23, Hoër Meisieskool Paarl 16; Menlopark 23, Hoër Meisieskool Oranje 20; Helpmekaar Kollege 23, Durbanville 20; Rustenburg 26, La Rochelle 19; Paarl Gimnasium 23, Hoër Meisieskool Bloemhof 14; Garsfontein 20, Sentraal 14; Waterkloof 32, Diamantveld 21; Affies 22, Hoër Meisieskool Oranje 21; Hoër Meisieskool Paarl 27, Menlopark 25; Durbanville 21, La Rochelle 18; Helpmekaar 22, Rustenburg 18; Paarl Gimnasium 28, Sentraal 11; Bloemhof 18, Garsfontein 14.

    FINALE STAND

    1. Affies
    2. Paarl Girls High
    3. Menlopark
    4. Oranje
    5. Helpmekaar
    6. Durbanville
    7. Rustenbrug
    8. La Rochelle
    9. Paarl Gimnasium
    10. Bloemhof
    11. Garsfontein
    12. Sentraal
    13. Waterkloof
    14. Diamantveld

     

  • Hoër Meisieskool Paarl en Oranje kop-aan-kop vir Wildeklawer-glorie

    Hoër Meisieskool Paarl en Oranje kop-aan-kop vir Wildeklawer-glorie

    Drie van Vrydag se onoorwonne netbalspanne kon Saterdag hierdie status by die Wildeklawer-sporttoernooi in KImberley behou het.

    Paarl Girls’ High, Oranje Meisieskool en Rustenburg het vir geen teenstander terug gestaan nie.

    Paarl Girls’ High se paaie het eerste met die Afrikaanse Hoër Meisieskool (Affies) gekruis en hul van hul status as een van die onoorwonne spanne gestroop deur hul 27-22 te wen.

    Die Paarliete het ook oortuigende oorwinnings teen die gasheer, Hoërskool Diamantveld (33-6) en Hoërskool Sentraal (28-13) gehad.

    Oranje se vinnige en akkurate spel het Bloemhof (21-15) en Durbanville (29-19) laat les opsê en die Bloemfonteiners het die Pretorianers, Waterkloof (27-15) vir die derde keer die jaar gewen.

    Rustenburg wat ‘n indrukwekkende spelpeil tydens die toernooi getoon het, het Sentraal (19-6) en La Rochelle (29-22) op die tweede dag kaf gedraf en in hul kragmeting teen Affies ‘n gelykopslag (26-26) behaal.

    Die gasheer het tot dusver geen sukses gehad en al ses hul wedstyde in die twee dae verloor.

    Affies het buiten hul nederlaag teen Paarl Girls High en gelykop teen Rustenburg, Garsfontein (27-8) pak gegee.

    Waterkloof het op die tweede dag van die toernooi gesukkel en al vier wedstryde, Menlopark (39-19), Helpmekaar Kollege (31-16), Oranje (27-18) en Paarl Gimnasium (30-21) verloor.

    Uitslae – Dag 2:

    La Rochelle 27, Sentraal 17; Menlopark 39, Waterkloof 19; Durbanville 25, Helpmekaar Kollege 25; Garsfontein 18, Diamantveld 9; Paarl Girls’ High 27, Affies 22; Oranje 21, HMS Bloemhof, 15; Helpmekaar Kollege 31, Waterkloof 16; Garsfontein 22, Sentraal 22; Rustenburg 29, La Rochelle 22; Menlopark 27, Paarl Gimnasium 19; Oranje 29, Durbanville 19; Paarl Girls’ High 33, Diamantveld 6; Rustenburg 26, Affies 26; Paarl Gimnasium 26, HMS Bloemhof 20; Oranje 27, Waterkloof 18; Paarl Girls’ High 28, Sentraal 13; La Rochelle 23, Diamantveld 9; Menlopark 29, Durbanville 18; Helpmekaar Kollege 24, HMS Bloemhof 22; Affies 27, Garsfontein 8; Rustenburg 19, Sentraal 16; Paarl Gimnasium 30, Waterkloof 21.