SSPN Test Site

Author: chmerwe

  • Vyf spanne onoorwonne op eerste dag van Absa Wildeklawer

    Vyf spanne onoorwonne op eerste dag van Absa Wildeklawer

    PHOTO: Frans Lombard/Actionpix

    Vyf spanne was Vrydag op die eerste dag van die Absa Wildeklawer-netbalwedstryde onoorwonne.

    Die toernooi word vanjaar vir die 13de keer by die Hoërskool Diamantveld, die gasheer, in Kimberley aangebied.

    Die Afrikaanse Hoër Meisieskool (Affies), en Durbanville het al drie hulle wedstyde gewen terwyl Hoërskool Rustenburg, Paarl Girls’ High en Oranje Meisies elk twee wedstyde gewen het.

    Affies het Sentraal van Bloemfontein (32-10), La Rochelle (25-18) en die gasheer (33-4) maklik geklop en pak Saterdag twee van Vrydag se onoorwonne spanne, Paarl Girls’ High en Hoërskool Rustenburg asook Hoërskool Garsfontein, wat al drie hul wedstyde verloor het, in die laaste groepwedstryde.

    Affies spog reeds met 11 uit 11 oorwinning buiten die bogenoemde oorwinnings.

    Durbanville het met Paarl Gimnasium (25-22), Waterkloof (32-19) en HMS Bloemhof (27-16) afgereken en sal Saterdag Helpmekaar Kollege, Oranje Meisies en Hoërskool Menlopark die stryd aansê.

    Oranje het Helpmekaar-kollege (31-23) en Menlopark (28-26) ore aangesit.

    Die span van Bloemfontein sal dit Saterdag teen HMS Bloemhof, Durbanville en Waterkloof uitspook.

    Hierdie sal die derde keer dié jaar wees wat Oranje en Klofies mekaar op die netbalbaan ontmoet en Oranje het reeds ‘n voorsmakie van oorwinning gehad en die vorige twee wedstyde gewen. Sal Oranje onoorwonne bly?

    Die gasheer en Garsfontein het beide teen Hoërskool Rustenburg verloor. Rustenburg het die gasheer met 32-16 geklop en Garsfontein met 25-17.

    La Rochelle, Affies en Sentraal sal almal Saterdag teen Rustenburg te staan kom.

    Paarl Girls’ High het uitstekende spel getoon en La Rochelle (24-17) en Garsfontein (29-15) gewen. Hulle sal Saterdag hul groepwedstryde teen Sentraal, Affies en die gasheer afsluit.

    Die laaste twee wedstryde vir die dag, Paarl Girls’ High teen Rustenburg en Oranje Meisies teen Paarl Gimnasium, het uitgereën en sal nou Sondag, 30 April, om 10 uur plaasvind.

    Die Hoër Meisieskool Paarl, wat laasjaar as die wenners van Absa Wildeklawer gekroon is, het gewys dat hulle nie maklik hierdie titel gaan prysgee nie.

    Uitslae – Dag 1:

    Oranje 31, Helpmekaar 23; Affies 32, Sentraal 10; Durbanville 25, Paarl Gimnasium 22; Affies 25, La Rochelle 18; Durbanville 32, Waterkloof 19; Rustenbrug 25, Garsfontein 17;  Oranje 28, Menlopark 26; Affies 33, Diamantveld 4; Menlopark 33, Helpmekaar 26; Paarl Gimnasium 29, Garsfontein 15; Bloemhof 25, Waterkloof 17; Rustenbrug 32, Diamantveld 16; Bloemhof 29, Menlopark 29; Sentraal 21, Diamantveld 12; Helpmekaar 22, Paarl Gimnasium 20; Paarl Girls’ High 24, La Rochelle 17; Durbanville 27, Bloemhof 16; La Rochelle 24, Garsfontein 20.

  • Geen tyd vir voetfoute vir netbalspanne by ABSA Wildeklawer

    Geen tyd vir voetfoute vir netbalspanne by ABSA Wildeklawer

    In net twee dae, 84 wedstryde tussen 23 skole sal daar bepaal word wie met die louere as netbalkampioen gaan wegstap.

    Dis weer daai tyd van die jaar, die immergewilde ABSA Wildeklawer-skolesporttoernooi is hier en die Noord-Kaap wemel van opgewondenheid met spanne wat sover as 900 km ry het om in die viering te kom deel.

    Al die wedstryde kan regstreeks op SuperSport Schools (www.supersportschools.com) gekyk word.

    Die toernooi, wat as die grootse sporttoernooi in Afrika beskou word, word vir die 13de keer vanaf 28 April tot 1 Mei in Kimberley aangebeid.

    Top skole van reg oor die land kry die geleentheid om mekaar die stryd aan te sê en netballiefhebbers kan uitsien na groot kragmeting op die netbalbaan tydens die toernooi.

    Helpmekaar en Oranje Meisieskool skop Vrydagoggend 08:30 op baan een saam met Garsfontein en Paarl Girls’ High op baan twee die netbalwedstryde af.

    Ondersteuners kan Saterdag uitsien na ‘n groot wedstryd wanneer Paarl Gimnasium en Waterkloof vir die eerste keer die jaar mekaar op die netbalbaan ontmoet.

    Die toernooi het in 2022 ‘n rekordgetal van meer as 40 000 besoekers gelok – dubbeld soveel besoekers as in 2019 en sal weer die jaar by Hoërskool Diamantveld plaasvind.

    Die gasheer sal ook een van die deelnemers wees.

    Die deelnemende spanne is:

    Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria, Voortrekker (Bethlehem), Helpmekaar-kollege, Hoër Meisieskool Bloemhof, Hoër Meisieskool Oranje, La Rochelle, Hoër Meisieskool Paarl, Hoërskool Brandwag, Uitenhage, Hoërskool Diamantveld, Hoërskool Duineveld, Hoërskool Durbanville, Hoërskool Framesby, Hoërskool Garsfontein, Hoërskool Lydenburg, Hoërskool Menlopark, Hoërskool Nelspruit, Hoërskool Rustenburg, Hoërskool Sentraal, Hoërskool Stellenberg, Hoërskool Waterkloof, Paarl Gimnasium, Potchefstroom Gimnasium en Shayamoya High.

     

  • Oranje-netbalmeisies – hul eie dryfveer tot sukses

    Oranje-netbalmeisies – hul eie dryfveer tot sukses

    Albei skole is deurgaans onder die top netbalskole in die land, maar Oranje Meisieskool het die voorsprong bo Waterkloof gehad en die naweek hul eerste interskole teen Klofies gewen.

    Die 2023-interskole is aan hand en beloof opwindende wedstryde tussen van die land se top sportskole en van die beste netbalbepalings vir die seisoen kan weer verwag word.

    Die interskole tussen die twee skole is ‘n nuwe inisiatief wat begin het en nog ‘n geleentheid bied om wedstryde te skep.

    Oranje het Waterkloof op hul tuisveld aangedurf nadat die besoekers reeds ‘n voorsmakie van oorwinning teen hul mededingers gehad het toe hul Klofies met 36-18 by die La Rochelle-sportnaweek oor Paasnaweek gewen het.

    Oranje was egter weereens die naweek onoorwonne met ‘n telling van 25-22.

    “Dit was glad nie ‘n maklike wedstryd nie en albei spanne het hul A-game gebring. Om teen ‘n skool soos Waterkloof te wen beteken baie en bou selfvertroue vir die res van die seisoen,” sê Corne Marais, een van die afrigters van Oranje.

    Volgens Marais het hulle nie ’n spesifieke spelpatroon of voorbereiding vir die wedstryde gehad nie, en poog hulle om dieselfde spelpatroon deurlopend te volg.

    “Ons het ongelooflike gesonde kompetisie onder ons meisies wat mekaar tot sukses druk. Ons het ‘n span wat baie hard werk en inkoop by ons sportplanne. Hulle is die rede vir ons sukses en mekaar se grootste ondersteuners!”

    Marais sê dis moeilik om een ​​spesifieke speler uit te sonder, omdat netbal ‘n spansport is en elke speler dra individueel by tot ‘n wen, maar Mariaan Louw, ‘n graad 10-leerder van die skool en een van die jongste spelers in die span, het net weer bewys hoekom sy haar posisie op die aanvallende vleuel verdien.

    Uitslae van die interskole tussen Oranje en Waterkloof:

    o.19A – Oranje 25, Waterkloof 22
    o.17A – Oranje 19, Waterkloof 16
    o.16A – Oranje 28, Waterkloof 10
    o.15A – Oranje 20, Waterkloof 13
    o.14A – Oranje 13, Waterkloof 11

  • Oranje vuurwarm teen Fichies, Tralies bo-baas teen Diamonds

    Oranje vuurwarm teen Fichies, Tralies bo-baas teen Diamonds

    Die Hoër Meisieskool Oranje was Donderdag op hul stukke.

    Oranje het vir die Hoërskool Fichardtpark ‘n loesing van 60-16 in die Motheo-liga toegedien.

    Dit is Oranje se grootste sege die afgelope tien jaar op die netbalbaan.

    Eunice het ook sy stem dik in dié liga gemaak deur vir Sentraal met 27-24 in ‘n strawwe tweestryd uit te oorlê.

    Goudveld-Hoërskool beleef ook vanjaar ‘n besonderse netbalseisoen en het Woensdag die baan oorheers toe hulle met 60-11 teen Wessel Maree gewen het.

    Ook ‘n eerste vir Gouties met die groot punteverskil.

    Die span van Welkom het wel sy rieme met 28-42 teen Witteberg tydens hulle kragmeting in die Wesgrow-reeks styfgeloop.

    Hoërskool Wilgerivier van Frankfort was baas met 39-23 teen Hoërskool Sasolburg.

    Sentraal was Saterdag in agt van die 12 wedstryde teen Diamantveld baas. Die wedstryde in Kimberley was deel van die Wesgrow-reeks.

    Uitslae van 17-22 April:

    o.19A: Goudveld 60, Wessel Maree 11; Welkom Gimnasium 25, Hoopstad 20; Eunice 27, Sentraal 24; Oranje 60, Fichardtpark 16; Wilgerivier 39, Hoërskool Sasolburg 23; Voortrekker 29, Goudveld-Hoërskool 28; Witteberg 43, Welkom Gimnasium 23; Sentraal 43, Diamantveld 36.

    o.17A: Welkom Gimnasium 24, Hoopstad 15; Voortrekker 17, Goudveld-Hoërskool 12;  Diamantveld 24, Sentraal 15.

    o.16A: Goudveld 22, Wessel Maree 17; Sentraal 21, Eunice 8; Oranje 40, Fichardtpark 7; Wilgerivier 18, Hoërskool Sasolburg 7; Voortrekker 22, Goudveld-Hoërskool 9; Witteberg 19, Welkom Gimnasium 5; Sentraal 18, Diamantveld 7.

    o.15A: Goudveld 23, Wessel Maree 3; Welkom Gimnasium 33, Hoopstad 5; Sentraal 33, Eunice 6; Oranje 23, Fichardtpark 8; Wilgerivier 21, Hoërskool Sasolburg 15; Goudveld 14, Voortrekker 12; Welkom Gimnasium 26, Witteberg 12; Sentraal 26, Diamantveld 10.

    o.14A: Goudveld 23, Wessel Maree 11; Welkom Gimnasium 22, Hoopstad 9; Sentraal 24, Eunice 4; Oranje 22, Fichardtpark 9; Hoërskool Sasolburg 11, Wilgerivier 11; Voortrekker 12, Goudveld 11; Witteberg 33, Welkom Gimnasium 13; Sentraal 17, Diamantveld 11.

  • Schools to battle it out at St Andrew’s netball festival in Bedfordview

    Schools to battle it out at St Andrew’s netball festival in Bedfordview

    It’s that time of the year again. St Andrew’s School for Girls from Bedfordview, has an excellent reputation for the hosting of their annual, national netball festival which will be held for the 21th consecutive year from 30 March to 3 April 2023.

    A total of thirty-two first teams (u19’’s) committed to this event and approximately 400 girls will descend on the school to attend the annual national netball festival.

    Catch all the action from the annual festival live on SuperSport Schools (www.supersportschools.com).

    The teams range from both private and government schools; spread across Gauteng, KZN, Pietermaritzburg, Cape Town, East London, Port Elizabeth, Makhanda and White River.

    Here is the list of schools participating:

    Beaulieu College
    Brescia House School
    Cambridge High School
    Collegiate Girls high
    Diocesan School for Girls
    Edenvale High School
    Fourways High
    Waterstone College
    Herschel
    Holy Rosary school
    Kingsmead
    Kingswood College
    Southdowns College
    Krugersdorp High School
    Our Lady of Fatima
    Parktown Girls’ High
    Reddam House Bedfordview
    Redhill
    Roedean School
    Uplands College
    Somerset College
    St. Andrew’s School for Girls
    St Anne’s Diocesan College
    Tholulwazi Secondary
    St Dominics
    St Dunstan’s College
    St Mary’s School Waverley
    St Peter’s College
    St Stithians’ College
    St Teresa’s
    The Wykeham Collegiate
    Southdowns College