SSPN Test Site

Author: chmerwe

  • Interskole: Chillies seëvier weer – vir die 17de keer!

    Hulle naam is nie verniet die Chillies nie, want hulle is vir seker warm.

    Hoërskool Duineveld se eerste netbalspan is die afgelope 17 onoorwonne tydens Interskole en het vanjaar weer gewys hoekom hulle deurgaans die voorste netbalspan in die Noord-Kaap is.

    Die Chillies het Saterdag hul vernuf tentoongestel deur vir Hoërskool Upington met 44-34 op hul tuisveld te verslaan. Hierdie oorwinning onderstreep ‘n absoluut ongelooflike segetog.

    Dit was nie die eerste keer dat dié twee spanne vanjaar slaags geraak het nie. Hulle het drie keer ontmoet in 2024, met die Chillies wat twee keer as oorwinnaars uit die stryd getree het om hul oorheersing en veerkragtigheid verder te beklemtoon.

    Abriëlle de Witt en Carmi Liebenberg was uitstaande tydens die onlangse kragmeting. Carmi het  elke keer wat sy die bal gekry het punte op die telbord gesit, terwyl Abriëlle die bal behendig na die doel gedra en aansienlik tot hul triomf bygedra het.

    Madre Steyn, afrigter van die Chillies, was uiteraard in haar noppies met die sege: “Dit was ‘n fantastiese seisoen en om op hierdie hoogtepunt te eindig is ‘n toonbeeld van die harde werk en toewyding van die span.”

  • Interskole: Kan HMS Paarl dit drie uit drie maak?

    Opwinding is aan die opbou in die Paarl, met een van die land se voorste interskole-byeenkomste wat Vrydagmiddag plaasvind.

    Ten spyte van die bibberweer sal die netbalbane met intense wedywering verhit word aangesien die gasheer, Hoër Meisieskool Paarl, om 16:30 vir Paarl Gimnasium pak.

    HMS Paarl se eerste netbalspan het die afgelope ruk sake oorheers by hierdie jaarlikse kragmeting, met ‘n spogsege van 38-18 in 2022 – hulle eerste in ses jaar – en ‘n oorwinning van 30-26 verlede jaar. Dus is die groot vraag: Kan hulle dit drie uit drie maak vandag?

    Vanmiddag se wedstryd is dié spanne se tweede kragmeting vanjaar, met Paarl Gimnasium, beter bekend as die Gimmies, wat vir HMS Paarl met 27-21 geklop het in die finaal van die Topskole-toernooi.

    Paarl Gim beskik oor twee uitblinkers, kaptein Elené Vosloo en onderkaptein Jana Martin, wat albei gekies was vir die SA Top-35-groep na die TNC-toernooi. Jana is ook aangewys as die beste middelbaanspeler op die toernooi.

    Die Hoër Meisieskool spog met vier uitblinkers: Janie Visser, wat deel was van die o.17 SA-span en aangewys was as die beste senter by die TNC-toernooi; Anke Stofberg en Elzahn Nel wat deel was van die Top-35 SA o.18-groep; en Jenna Haywood van die Top-35 SA o.19-groep.

    Sedert 2004 het die Gimmies 12 keer koning gekraai in die interskole, terwyl Paarl Girls’ High ses keer gewen het. Die jaarlikse geleentheid is in 2020 en 2021 afgelas weens die COVID-19-pandemie.

    Paarl Gimnasium: Milla Barnard, Anja Smit, Leané Otto, Carly Basson, Marli Matthee, Jana Martin, Elené Vosloo, Annabella Wiese, Cathryn Botes, Karla Mostert, Eloné Dippenaar.

    Paarl Gim Netball 2024

    HMS Paarl: Sophia Wium, Anke Stofberg (kaptein), Isabella Cook, Kyla Sabbagha, Cara Els, Mine van der Walt, Elzahn Nel (onderkaptein), Jenna Haywood, Janie Visser, Angie Cook.

    Paarl Girls Netball 2024

  • Bloemhof, La Rochelle slaggereed vir langverwagte Boland-derby

    Die twee Wes-Kaapse skole, Hoër Meisieskool La Rochelle en Hoër Meisieskool Bloemhof, pak mekaar vanmiddag om 16:55 by La Rochelle in die langverwagte Boland-derby.

    Dié kragmeting beloof om hope aksie op te lewer.

    Die spanne het vanjaar reeds drie keer ontmoet, met La Rochelle wat by elke geleentheid as oorwinnaars uit die stryd getree het. Die punteverskil was egter nooit groot nie.

    Hulle was twee keer in Maart slaags, met La Rochelle wat 28-25 en 24-23 gewen het. Hul mees onlangse ontmoeting was in Mei, toe La Rochelle weer met 12-8 koning gekraai het.

    La Rochelle: Iselle Acker, Marone Uys, Minette Retief, Jade Atkins, Mia MicKay Steenkamp, Christelle Greyling, Zahrah Noah, Esmari Valentyn, Mischa du Toit.

     

     

    Bloemhof: Juané Maass, Mariaan Bruwer, Nell Basson, Lara Ehlers, Alana Lourens, Zahni Smit, Carlin Keuzenkamp, Cara Otto, Simoné Dry, Mila Bester.

  • Witwarm Wesgrow-wedywering in die vooruitsig

    Witwarm Wesgrow-wedywering in die vooruitsig

    Dit is amper tyd om die wenner van die Wesgrow Sentrale Sportreeks te kroon, en alles dui daarop dat Bethlehem Voortrekker Hoërskool die titel behoort in te palm ná hul onlangse oorwinning oor Sentraal verlede naweek. Met daardie uitslag staan hul onoorwonne segetog tans op ses oorwinnings.

    Die kompetisie beloof om hierdie naweek weer witwarm aksie op te lewer, met ses van die agt spanne wat om die kampioenskap meeding.

    Hoërskool Jim Fouché (JF) van Bloemfontein kom Saterdag om 11:00 in die koue Bethlehem teen Voortrekker te staan. Intussen gaan Hoërskool Diamantveld (DHS) om 10:00 kop-aan-kop met Hoërskool Witteberg, ook in Bethlehem.

    DHS het vroeër vandeesweek teen Hoërskool Sentraal (Tralies) van Bloemfontein gespeel, maar het naelskraaps met 39-41 verloor.

    Bloemfontein se Hoërskool Fichardtpark meet om 11:00 in Bloemfontein kragte met Hoërskool Trio van Kroonstad. Fichardtpark het verlede naweek ‘n aansienlike oorwinning behaal deur vir Hoërskool Witteberg met 19-9 te verslaan.

    Beide DHS en JF het die afgelope naweek aan die SA Skole-kompetisie deelgeneem, met JF wat 13de geëindig het en DHS 15de.

    Jim Fouché: Lesedi Sebiloane, Elri Pieters, Zandria Bastone, Lindsey Neveling, Jenilee Kotze, Ansune Humphries, Dimpo Totola, Jana Rossouw, Roechelle van der Merwe.

    Voortrekker: Chloe Opperman, Elizbe Heyns, Jazelle Muller, Leane van den Berg, Jasmine Liebenberg, Thato Mohloki, Marile Jonck, Anja van Zyl, Celri Botha, Mianca van Niekerk.

    Sentraal: Chené de Villiers, Nicola van der Wath, Elbé van der Merwe, Keevy-Ann Fourie, Marli van der Merwe, Izanne van Aswegen, Ceinwin Lindeque, Caitlyn Maddocks en Anri Kachelhoffer.

    Fichardtpark: Joanize Herbst, Lana Ronne, Inge Jacobs, Giselle Shehab, Anja Fourie, Rochelle Matthee, Gilden Valentine, Maroné Coetzee, Leilani Gertenbach, Meruscke Mostert.

    DHS: Mari du Raan, Johandri de Wet, Izeldi Jacobs, Timney Greyling, Carmen Louw, Valmari Faber,  Lara van Niekerk,  Klarissa Taljaard, Brithe Horniball, Zandri Stark.

     

  • Ses van die bestes vir Trekkers in Wesgrow-reeks

    Die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks is weer in volle gang, met vyf van die agt spanne wat die afgelope week kragte gemeet het.

    Voortrekker Hoërskool in Bethlehem (BVHS) se eerste netbalspan is steeds onoorwonne en spog met ‘n sesde agtereenvolgende oorwinning nadat hulle verlede naweek vir Hoërskool Sentraal met nege doele geklop het in Bloemfontein.

    Die wedstryd teen Tralies se eerste span was uit die staanspoor oorheers deur die Trekkers, wat na die eerste kwart reeds ‘n voorsprong van 5-1 geniet het.

    Sentraal het in die tweede kwart verbete teruggeveg om die halftyd-agterstand na 8-10 te laat krimp. In die derde kwart het Voortrekker egter die sluise oopgemaak en die telling na 19-10 gerek, voordat hulle die kragmeting met 23-14 beklink het.

    Wat verdedigende spel betref het Marlilé Jonck verál beïndruk, terwyl Jasmine Liebenberg uitgestaan het op die aanval.

    Hoërskool Witteberg het as wenners uit die stryd getree teen Hoërskool Fichardtpark met ‘n eindtelling van 26-14.

    Witteberg het elke kwart oorheers en ná die eerste reeds met 8-4 voorgeloop. Teen rustyd het hulle die voorsprong na 17-7 vergroot. Albei spanne het in die derde kwart daarin geslaag om elk drie doele aan te teken, wat die telling op 20-10 te staan ​​gebring het.

    Witteberg het aanhou druk toepas tot die eindfluitjie om hul oorwinning met 12 doele te verseker. Leoze Lottering en Tharina O’Connor het uitstaande vertonings gelewer.

    In nóg ‘n kragmeting het Hoërskool Sentraal Woensdag teen Hoërskool Diamantveld ‘n naelskraapse oorwinning van 41-39 behaal.

    Voortrekker en Sentraal:

    o.14A Voortrekker 14-13 Sentraal

    o.14B Voortrekker 6-18 Sentraal

    o.14C Voortrekker 10-30 Sentraal

    o.14D Voortrekker 28-10 Sentraal

    o.15A Voortrekker 9-25 Sentraal

    o.15B Voortrekker 9-21 Sentraal

    o.15C Voortrekker 12-29 Sentraal

    o.15D Voortrekker 8-23 Sentraal

    o.16A Voortrekker 14-8 Sentraal

    o.16B Voortrekker 18-16 Sentraal

    o.16C Voortrekker 21-18 Sentraal

    o.17A Voortrekker 8-31 Sentraal

    o.19A Voortrekker 23-14  Sentraal

    o.19B Voortrekker 21-11 Sentraal

    o.19C Voortrekker 8-23 Sentraal

    o.19D Voortrekker 9-18 Sentraal

    Witteberg en FHP uitslae:

    o.14A Witteberg 16-18 FHP

    o.14B Witteberg 14-12 FHP

    o.14C Witteberg 29-2 FHP

    o.14D Witteberg  12-15 FHP

    o.15A Witteberg 19-26 FHP

    o.15B Witteberg 5-26 FHP

    o.15C Witteberg 8-11 FHP

    o.16A Witteberg 21-14 FHP

    o.16B Witteberg 22-8 FHP

    o.19A Witteberg 14-26 FHP

    o.19B Witteberg 10-21 FHP

    o.19C Witteberg 10-23 FHP

    o.19D Witteberg 9-19 FHP

    DHS en Sentraal uitslae:

    o.14A Sentraal 15-19 DHS

    o.14B Sentraal 12-19 DHS

    o.14C Sentraal 16-8 DHS

    o.14D Sentraal 14-16 DHS

    o.15A Sentraal 14-12 DHS

    o.15B Sentraal 21-20 DHS

    o.15C Sentraal 19-9 DHS

    o.16A Sentraal 21-21 DHS

    o.16B Sentraal 16-34 DHS

    o.16D Sentraal 15-5 DHS

    o.17A Sentraal 29-15 DHS

    o.19A Sentraal 41-39 DHS

    o.19B Sentraal 17-14 DHS

     

  • Paarl Girls mik vir DStv Challenge-halfeind

    Nadat hulle verlede jaar die halfeindronde van die DStv Schools Netball Challenge net-net misgeloop het, is Paarl Girls’ High vasbeslote om vanjaar sukses te behaal.

    Hulle gaan op 12 en 13 Junie vir die derde keer aan die kompetisie deelneem by Hoërskool Florida. Marli Visagie, een van die afrigters, sê hulle is dankbaar om weereens vir die kompetisie te kon kwalifiseer en die span se harde werk deur die seisoen is beloon.

    Paarl Girls’ High sonder geen enkele span uit as hul grootste kompetisie nie en beklemtoon dat elke wedstryd uitdagend sal wees.

    Hulle kom Vrydag om 10:10 te staan teen Hoërskool Diamantveld van Kimberley en sal ook poelwedstryde teen Hoërskool Pietersburg, Bulelani en Sikhululu speel.

    Die span spog met vier uitblinkers, Janie Visser, wat deel was van die o.17 SA-span en aangewys was as die beste senter by die TNC-toernooi; Anke Stofberg en Elzahn Nel wat deel was van die top-35 SA o.18-groep; en Jenna Haywood van die top-35 SA o.19-groep.

    Paarl Girls’ High: Sophia Wium, Anke Stofberg (kaptein), Isabella Cook, Kyla Sabbagha, Cara Els, Mine vd Walt, Elzahn Nel (onderkaptein), Jenna Haywood, Janie Visser, Angie Cook.

    Afrigters: Janke Visagie, Carine Schultheiss. Fisio: Hanke.

  • Paarl Gim ernstige aanspraakmaker op DStv Challenge-titel

    Paarl Gimnasium het in 2023 die tweede plek by die DStv Schools Netball Challenge behaal, en dit kom as geen verrassing dat hulle vanjaar steeds een van die top netbalspanne is nie.

    Die span het hul plek in die uitdaagreeks verdien deur tweede te eindig in die Wes-Kaap DStv Challenge.

    Renske Stoltz, afrigter van Paarl Gim, sê dis ‘n voorreg om teen van die land se beste skole mee te ding en hulle koester die geleentheid om as span vir ‘n laaste keer saam te speel.

    Paarl Gim se strafste mededinger bly Afrikaanse Hoër Meisieskool (Affies), teen wie hulle verlede jaar in die eindstryd die knie gebuig het.

    Die span beskik ook oor twee uitblinkers, kaptein Elené Vosloo en onderkaptein Jana Martin, wat albei gekies was vir die SA top-35-groep na die TNC-toernooi. Jana is ook uitgewys as die beste middelbaanspeler op die toernooi.

    Paarl Gimnasium: Milla Barnard, Anja Smit, Leané Otto, Carly Basson, Marli Matthee, Jana Martin, Elené Vosloo, Annabella Wiese, Cathryn Botes, Karla Mostert, Eloné Dippenaar.

    Leana Lourens (spanbestuurder), Andrea Koch (mediese personeel).

  • Duineveld mik vir top-10 by DStv Challenge

    Nadat Hoërskool Duineveld, ook bekend as die Chillies, vir die tweede agtereenvolgende jaar as die beste netbalspan in die Noord-Kaap aangewys is, was hul plek in die DStv Schools Netball Challenge verseker.

    Dit is die vyfde agtereenvolgende jaar, sedert die ontstaan ​van die kompetisie, dat Duineveld deelneem.

    Die Upington-span, gelei deur kaptein, Carmi Liebenberg, het gedurende die afgelope netbalseisoen ‘n rits indrukwekkende oorwinnings behaal.

    Vanjaar beoog die Chillies om hul posisie by die DStv Challenge te verbeter, nadat hulle verlede jaar 13de geëindig het. Die gesogte kompetisie vind van 12 tot 13 Junie by Hoërskool Florida plaas.

    Madré Steyn, afrigter van die Chillies, sê hulle sien die meeste daarna uit om ná die vakansie weer as ‘n volledige span te funksioneer, ná talle beserings in die span.

    “Om mededingend deel te neem is altyd ‘n voorreg,” sê sy.

    Duineveld sal Vrydag om 07:30 in hul eerste wedstryd teen hul gedugste mededinger, Hoërskool Menlopark, te staan ​​kom. Later in die toernooi sal hulle ook met Joe Slovo, Mamadibo en Kwavusumuzi meeding.

    Die Chillies: Abriëlle de Witt, Clarise Barnard, Carmi Liebenberg, Carla Kuhn, Tersian Oberholzer Zandri Brink, Zanelle Brink.

    Reserwes: Jeanne Coetzer, Stephanie Kruger, Yolanda de Kock.

  • DHS trek sokkies op vir plek in DStv Challenge

    Hoërskool Diamantveld (DHS) het ‘n eerste plek in die Kimberley-netballiga en ‘n algehele tweede plek in die Noord-Kaap behaal, wat aan hulle vanjaar ‘n plek in die DStv Schools Netball Challenge besorg het.

    Nadat hulle dié uitdaging in 2023 misgeloop het, het die span merkwaardige verbetering en vasberadenheid getoon om vanjaar te kwalifiseer.

    Een van hul grootste hoogtepunte hierdie seisoen was die sege oor Sentraal by die Absa Wildeklawer-sporttoernooi. Hierdie oorwinning het hul ambisie aangevuur om onder die top-10 by die DStv Challenge te eindig, meen Bethenie du Raan, afrigter van DHS, en hulle is uiters opgewonde oor die kompetisie wat voorlê.

    Hulle kom Vrydag om 10:10 te staan teen een van hul gedugste teenstanders, Paarl Girls High. DHS het ook wedstryde teen Hoërskool Pietersburg, Bulelani en Sikhululu.

    Die span spog met uitblinker, Mari du Raan, wat vir die o.18 en o.19 SA-oefengroepe gekies is.

    Hoërskool Diamantveld: Mari du Raan, Johandri de Wet, Izeldi Jacobs, Timney Greyling, Carmen Louw (kaptein), Elé Kruis, Lara van Niekerk, Klarissa Taljaard, Brithe Horniball, Zandri Starke.

    Lanie Steenkamp (konsultant), Tuané Meyer (spanbestuurder).

  • JF opgewonde oor eerste DStv-uitdaging

    Hoërskool Jim Fouché: Lesedi Sebiloane, Elri Pieters, Zandria Bastone, Lindsey Neveling, Jenilee Kotze, Ansune Humphries, Dimpo Totola, Jana Rossouw, Roechelle van der Merwe.

    Hoërskool Jim Fouché (JF) gaan vir die eerste keer in sy geskiedenis aan die gesogte DStv Challenge op 12 en 13 Julie by Hoërskool Florida deelneem. Hierdie merkwaardige geleentheid volg nadat die skool van Bloemfontein die tweede plek in die DStv Vrystaat Skole-uitdaging behaal het.

    Mary-Anne Goeieman, afrigter van JF, sê hulle is opgewonde om teen van die land se beste skole mee te ding.

    “Ons het ‘n brandende begeerte om te veg en sien geweldig uit na die uitdaging, verál aangesien dit ook die laaste toernooi vir die meeste van ons spelers is. Dit is persoonlik.”

    Goeieman voeg by dat die span hard gewerk het, asook dat hul alles het om te wen en niks om te verloor nie.

    “Ek glo ons is die underdogs; niemand weet regtig wie ons is nie, en dit kan soms gevaarlik wees.”

    JF spog met ‘n topspeler in hul geledere, met Jana Rossouw wat onder die top-35 spelers in Suid-Afrika tel en ‘n plek in die Vrystaatse A-span verdien het. Elri Pieters was ook erken as die beste doel- en senterbaanspeler by die Affies Prestige-toernooi (brons) en Sentrale Standard Bank-toernooi (goud).

    Die span sal tydens die toernooi gelei word deur kaptein, Roechelle van der Merwe, en onderkaptein, Lindsey Leveling.

    JF sal in hul poel teen spanne soos Hoër Meisieskool La Rochelle van die Paarl en Hoërskool Waterkloof van Pretoria, teen wie hulle Vrydag om 08:50 hul eerste wedstryd speel, meeding.

    Jim Fouché se eerste span: Lesedi Sebiloane, Elri Pieters, Zandria Bastone, Lindsey Neveling, Jenilee Kotze, Ansune Humphries, Dimpo Totola, Jana Rossouw, Roechelle van der Merwe.