SSPN Test Site

Author: chmerwe

  • Wie gaan koning kraai by die DStv Schools Netball Challenge?

    Wie gaan koning kraai by die DStv Schools Netball Challenge?

     

    Die netbalbane lê in afwagting vir die nasionale eindronde van die vierde DStv Schools Netball Challenge (DSNC) .

    By hierdie gesogte byeenkoms, wat by Hoërskool Florida in Roodepoort aangebied word, gaan 48 kwalifiserende skole van regoor Suid-Afrika op 12 en 13 Julie saamtrek om mee te ding om die gesogte titel van die land se voorste o.19-netbalspanne.

    Die DSNC is daartoe verbind om gelyke geleenthede vir alle hoërskole te bevorder, ongeag hul ligging. Met dit in gedagte word die kompetisie in twee strome verdeel: Botho vir stedelike skole en Ubuntu vir landelike skole. Derhalwe sal twee skole as die beste o.19-netbalspan gekroon word, een elk in die Botho- en Ubuntu-afdeling.

    Vanjaar se kompetisie het ‘n indrukwekkende registrasie van meer as 2 800 skole vanuit al nege provinsies meegebring, wat die groeiende gewildheid en mededingende gees van skolenetbal in die land onderstreep.

    Sedert die kompetisie in 2021 van stapel gestuur is, was daar reeds vyf wenners. Die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria (Affies) is die verdedigende kampioene in die Botho-afdeling, nadat hulle Paarl Gimnasium verlede jaar met 25-18 verslaan het.

    Die Vrystaat se C&N Sekondêre Meisieskool Oranje, Potchefstroom Gimnasium en Hoërskool KwaZakhele is die ander skole wat die trofee in dié afdeling reeds gelig het.

    Die 2023 Ubuntu-wenner was Hlabi Secondary School, die enigste span wat die kompetisie meer as een keer gewen het. ‘n Nuwe kampioen sal egter vanjaar gekroon word, aangesien Hlabi nie vanjaar se eindronde kon haal nie.

    Benewens Affies, wat ook vanjaar weer met die louere by die Absa Wildeklawer Sporttoernooi weggestap het, is Meisieskool Oranje van Bloemfontein, wat as naaswenners by bogenoemde toernooi gekroon was, nóg ‘n groot aanspraakmaker op vanjaar se DSNC-titel. Oranje het vir Potchefstroom Gimnasium in 2022 as kampioen onttroon.

    Nóg spanne om dop te hou is La Rochelle van die Paarl, wat as vanjaar se Wes-Kaap DStv Skolenetbal-uitdaagkampioen gekroon is nadat hulle Paarl Girls geklop het, en Hoërskool Duineveld, wat vanjaar eerste in die Noord-Kaap geëindig het.

    Tydens die poelfases sal elke skool mekaar een keer in hul onderskeie poel die stryd aansê en meeding om die top-twee posisies in hul stroom.

    Na die poelfases sal skole in hul strome gerangskik word. Die top-twee skole van beide die Ubuntu- en Botho-stroom sal deur elke poel na die uitspeelrondes deurdring.

    In die uitspeelwedstryde sal skole teen ander uit hul eie stroom meeding, met die doel om verder in die kompetisie te vorder. Die skole wat derde in elke stroom eindig, sal in ‘n uitspeelwedstryd meeding om hul finale posisies te bepaal.

    Poele:
    POEL A: Framesby, Hoërskool Klerksdorp, Ben Vorster, Ki Twala, Khombindlela.
    POEL B: Affies, Die Brandwag (Uitenhage), Shayamoya, Lambalati, Kgapamadi.
    POEL C: Menlopark, Duineveld, Joe Slovo, Kwavusumuzi, Mamadibo.
    POEL D: Paarl Girls’ High, Diamantveld, Hoërskool Pietersburg, Bulelani, Sikhululekile.
    POEL E: Oranje, Garsfontein, Paarl Gimnasium, Hluvuka, Monwabisi.
    POEL F: Waterkloof, Jim Fouché, La Rochelle, Saul Damon, Ntshuxeko.
    POEL G: Hoërskool Rustenburg, Secunda, Moshate, Bardale, Ikaheng.
    POEL H: Potchefstroom Gimnasium, St Anne’s DSG, Hoërskool Nelspruit, Vosloorus, Manzomthombo

  • SA o.17 sit Namibië ore aan by Telkom Kampioenskap

     

    Olwethu Bayiso, Misokuhle Bukosini,Simoné Dry, Lente Kroukamp, Mariaan Louw, Kwezi Lubisi, Malindi Duduzile, Tracy Oduore, Jacqueline Roux, Luchwayit Tshandu, Maricia Venter, Janie Visser, Kayla Venancio.

    Die SA o.17-netbalspan het ‘n klinkende sege oor Namibië se o.17-span behaal deur met 46-25 te seëvier in ‘n spesiale internasionale wedstryd op die laaste dag van die Telkom Nasionale Netbalkampioenskappe.

    Die kampioenskappe, wat van 26 tot 29 Junie by Hoërskool Waterkloof plaasgevind het, het die beste jong talent in die o.17-, o.18- en o.19-ouderdomsgroepe van Suid-Afrikaanse netbal tentoongestel.

    Tydens die toernooi is die top-35 spelers uit die o.17-kategorie gekies. Uit hierdie elite-groep is die SA o.17-span van 12 uitstaande spelers saamgestel.

    Dié finale span, gelei deur hoofafrigter Talia Venter van Gauteng en Yolandi Stone van die Oos-Kaap as die hulpafrigter, is toe die geleentheid gegee om ‘n eenmalige internasionale wedstryd teen Namibië te speel.

     

    o.17-kampioen:

    Goud: WC Cedars
    Silwer: KZN Dolphins
    Brons: WC Willows

    o.18-kampioen:

    Goud: Gauteng Delta
    Silwer: Gauteng Gamma
    Brons: WC Oaks

    Individuele spelers is ook vir uitsonderlike spel uitgesonder:

    o.17:

    Beste doel: Simoné Dry (WK)
    Beste senterbaan-speler: Janie Visser (WK)
    Beste verdediger: Bayiso Olwethu (LP)
    Beste algehele speler: Mariaan Louw (FS)

    o.18:

    Beste doel: Bophelo Mofokeng (G)
    Beste senterbaan-speler: Jana Martin (WK)
    Beste verdediger: Amithese Bandu (G)
    Beste algehele speler: Kiara van Eeden (G)

  • Paarl-reuse weer by die DStv Challenge in aksie

    Angelina Cook, Janie Visser, Jenna Haywood, Miné van der Walt, Keisha September, Sophia Wium, Elzahn Nel, Anke Stofberg, Cara Els, Isabella Cook en Kyla Sabbagha.

    Vyf van die 15 spanne wat Saterdag aan die Wes-Kaapse Topskole-byeenkoms deelgeneem het, het deurgedring na die gesogte DStv Schools Netball Challenge.

    Hoërskool La Rochelle, Hoërskool Paarl Gimnasium en Hoër Meisieskool Paarl is die drie Batho-spanne wat deurgedring het, terwyl Bardale Secondary School en Manzomthombo Secondary School die twee Ubuntu-spanne is wat op 12 en 13 Julie by Hoërskool Florida in aksie sal wees.

    Paarl Gimnasium, wat die halfeindronde in 2023 gehaal het voordat hulle teen Meisieskool Oranje vasgeval het, is beslis ‘n span om dop te hou. Hoër Meisies Paarl het verlede jaar ook tot die halfeindronde deurgedring, waar hulle teen Affies die knie gebuig het.

    La Rochelle se kwalifisering is noemenswaardig, aangesien hulle nie verlede jaar onder die provinsie se topspanne was nie.

    Manzomthombo is ‘n gedugte mededinger, en een van verlede jaar se topspanne in die Wes-Kaap. Bardale het nie verlede jaar deelgeneem nie, maar het hul krag by die afgelope naweek se uitspeelwedstryde tentoongestel.

    Uitslae:

    Poel A: La Rochelle 24, Durbanville 22; La Rochelle 52, Desmond 9; Durbanville 34, Bardale 20; Durbanville 64, Desmond Tutu 10; La Rochelle 32, Punt 13; La Rochelle 40, Bardale 9; Durbanville 39, Punt 16; Bardale 26, Desmond 13; Punt 31, Desmond 19; Bardale 18, Punt 16.

    Poel B: Stellenberg 24, Bredasdorp 23; Paarl Girls 29, Stellenberg 14; Bredasdorp 37, Vredendal 28; Paarl Girls 28, Vredendal 23; Paarl Girls 48, Hillcrest 5; Paarl GH 36, Bredasdorp 15; Stellenberg 40, Hillcrest 3; Bredasdorp 44, Hillcrest 12; Vredendal 34, Hillcrest 11.

    Poel C: Paarl Gim 36, Manzomthombo 7; Jan van Riebeeck 37, Weston 11; Manzomthombo 20, Weston 15; Jan van Riebeeck 21, Outeniqua 21; Paarl Gim 23, Outeniqua 18; Jan van Riebeeck 34, Manzomthombo 14; Outeniqua 44, Weston 7; Paarl Gim 36, Jan van Riebeeck 24; Outeniqua 25, Manzomthombo 8, Paarl Gim 57, Weston 5.

    Semi-finaal (Batho)

    La Rochelle 25, Stellenberg 22

    Paarl Gim 26, Durbanville 19

    Paarl GH 25, Outeniqua 16

    Semi-finaal (Ubuntu):

    Manzomthombo 16 Desmond Tutu 15

    Bardale 22, Weston 11

    Finaal (Batho):

    La Rochelle 27, Paarl GH 19

    Paarl Gim 27, Paarl GH 21

    Finaal (Ubuntu):

    Bardale 15, Manzomthombo 10

     

     

     

     

  • Louw vier 100ste met Oranje se vierde agtereenvolgende Vrystaat-titel

    FOTO: Hannes Nienaber

    Dit het as geen verrassing gekom toe die eerste netbalspan van Meisieskool Oranje in Bloemfontein nogmaals met die Vrystaatbeker-titel weggestap het nie.

    Met hul oorwinning van 29-19 oor Hoërskool Jim Fouché in die afgelope naweek se eindstryd, het Oranje vir ‘n vierde agtereenvolgende jaar die titel ingepalm, wat hul oorheersing in die kompetisie opnuut bevestig het.

    Een van Oranje se sterspelers, Marianne Louw, het boonop ook in haar 100ste wedstryd vir Oranje gespeel.

    Oranje se algehele oorheersing is verder beklemtoon met hul o.15-netbalspan wat ook as Vrystaat-kampioen gekroon is.

    In ‘n opwindende halfeindstryd teen Voortrekker moes Oranje se eerste span nietemin hard werk om uiteindelik met slegs vier doele te seëvier. In die finaal teen Jim Fouché het Oranje egter hul stempel deeglik afgedruk om welverdiend met ‘n marge van 10 doele as kampioen uit die stryd te tree.

    Oranje het regdeur die toernooi merkwaardige bekwaamheid tentoongestel, deur vir spanne soos Teto en Witteberg met meer as 20 doele te verslaan, terwyl hulle selfs groter marges teen Wilgerivier (35-5) en Landboudal (39-5) behaal het.

    Hoërskool Jim Fouché het tweede geëindig, gevolg deur Hoërskool Witteberg in die derde plek en Hoërskool Voortrekker vierde .

    Die top-twee spanne van die Vrystaat sal eersdaags in Roodepoort aan die nasionale DStv Schools Netball Challenge deelneem. Dié gesogte toernooi word van 11 tot 13 Julie by Hoërskool Florida aangebied.

    Die o.14’s, o.16’s en o.17’s speel eers die komende naweek.

    Al die uitslae: 

    Groep 1: Oranje 27, Teto 5; Oranje 35, Wilgerivier 5; Oranje 39, Landboudal 5; Oranje 30, Witteberg 8; Witteberg 24, Wilgerivier 21; Witteberg 22, Landboudal 16; Witteberg 20, Teto 15; Teto 18, Landboudal 13; Wilgerivier 27, Landboudal 7.

    Groep 2: Voortrekker 42, Hoërskool Trio 16; Voortrekker 21, Sentraal 13; Jim Fouché 32, Voortrekker 25; Voortrekker 29, Welkom Gimnasium 15; Jim Fouché 22, Sentraal 20; Sentraal 24, Welkom Gimnasium 7; Sentraal 36, Hoërskool Trio 19; Jim Fouché 14, Welkom Gimnasium 13; Jim Fouché 16, Hoërskool Trio 11; Hoërskool Trio 20, Welkom Gimnasium 15.

    Uitspeelwedstryde

    Halfeindstryde: Jim Fouché 46, Witteberg 16; Oranje 24, Voortrekker 20.

    3/4: Witteberg 29, Voortrekker 28.

    Eindstryd: Oranje 29, Jim Fouché 19.

  • Tutu, Mafata skitter vir Stellies teen Durbies

    Tydens die naweek se Superliga-byeenkoms by Hoërskool Stellenberg, het die gasheer vir die tweede keer vanjaar oorwinning oor Hoërskool Durbanville gesmaak.

    Met dié naelbytsege van 39-34, het Stellies nou in twee uit hul drie kragmetings met Durbies vanjaar as oorwinnaars uit die stryd getree.

    In die eerste kwart het Durbanville ‘n skrale voorsprong van 10-9 geniet, maar Stellenberg het nie op hulle laat wag nie en teen rustyd met 22-16 die voortou geneem.

    Durbanville het nietemin geweier om te gaan lê en ‘n veerkragtige terugkeer gemaak in die derde kwart om hul agterstand na slegs 27-29 te laat krimp.

    In ‘n titaniese laaste kwart het die spanne alles uitgehaal, met Stellenberg wat uiteindelik met vyf doele kon triomfeer. Die doelskieter, Sibabalwe Tutu, en Owami Mafata (aanvallende vleuel) het uitgeblink vir Stellies.

    Die meisies van Stellenberg het hul 2024-netbalseisoen op ‘n wennoot afgeskop toe hulle  in Februarie met die louere by die Wes-Kaap se Distrik-netballiga weggestap het.

    Dit was waar Stellenberg en Durbanville die eerste twee keer slaags geraak het. In die eerste ontmoeting, tydens die uitspeelrondes, het Durbies ‘n oorwinning van 30-25 behaal, maar in ‘n opwindende herontmoeting, tydens die eindstryd, het Stellies die titel beklink met ‘n telling van 34-27.

    Die twee spanne sê mekaar later vanjaar weer die stryd aan, tydens die interskole-byeenkoms in Augustus.

     

  • Trekkers steeds onoorwonne in Wesgrow-reeks

    Voortrekker Hoërskool het ‘n hoogs suksesvolle netbaldag by die jaarlikse interskole teen Hoërskool Witteberg beleef, met 10 uit hul 16 spanne wat as oorwinnaars uit die stryd kon tree.

    Die eerste netbalspan behou ook hul onoorwonne rekord in die Wesgrow Sentrale-sportreeks, na hul indrukwekkende sege van 52-34 oor Witteberg.

    Voortrekker het vanuit die staanspoor die toon aangegee om, na afloop van die eerste kwart, reeds met 14-8 voor te loop en teen halftyd ‘n voorsprong van 26-20 te geniet.

    Die Trekkers het nietemin die tempo aansienlik gelig in die derde kwart. Witteberg se doele het hulself vasgeloop teen die rotsvaste verdediging van Anja van Zyl en Marilé Jonck, terwyl die uitmuntende aanvallende spel van Jasmine Liebenberg, Mianca van Niekerk en beide doele, Elizbé Heyns en Chloë Opperman, die gaping in die derde kwart na 38-25 vergroot het.

    Goudveld-Hoërskool se eerste netbalspan het al vier kwarte teen Welkom-Gimnasium oorheers, met verál voortreflike verdediging deur Lara Badenhorst en Tyla Wasmuth, om welverdiend met 36-28 te seëvier.

    Die Gouties se aanvallende spelers het ook merkwaardige spanwerk aan die dag gelê, met die kaptein, Levi Oehley, Carli Taljaard en Nyrette Steenkamp wat uitgeblink het.

    Witteberg t. Voortrekker:

    o.14A Witteberg 2-16 Voortrekker

    o.14B Witteberg 16-9 Voortrekker

    o.14C Witteberg 16-11 Voortrekker

    o.14D Witteberg 5-8 Voortrekker

    o.15A Witteberg 33-16 Voortrekker

    o.15B Witteberg 28-12 Voortrekker

    o.15C Witteberg 11-23 Voortrekker

    o.15D Witteberg 5-19 Voortrekker

    o.16A Witteberg 8-26 Voortrekker

    o.16B Witteberg  7-45 Voortrekker

    o.16C Witteberg 11-31 Voortrekker

    o.17A Witteberg 10-27 Voortrekker

    o.19A Witteberg 34-52 Voortrekker

    o.19B Witteberg 21-20 Voortrekker

    o.19C Witteberg 18-14 Voortrekker

    o.19D Witteberg 7-18 Voortrekker

    Goudveld t. Gimnasium:

    o.14A Goudveld 17-22 Gimnasium

    o.14B Goudveld 4-25 Gimnasium

    o.14C Goudveld  6-10 Gimnasium

    o.15A Goudveld 17-31 Gimnasium

    o.15B Goudveld 19-12 Gimnasium

    o.15C Goudveld 2-24 Gimnasium

    o.16A Goudveld 15-18 Gimnasium

    o.16B Goudveld 12-20 Gimnasium

    o.17A Goudveld 26-17 Gimnasium

    o.19A Goudveld 36-28 Gimnasium

    o.19B Goudveld 19-12 Gimnasium

    o.19C Goudveld 19-12 Gimnasium

    o.19D Goudveld 17-8 Gimnasium

  • Affies sit oorheersing voort teen Oranje

    Die Afrikaanse Meisieskool Pretoria (Affies) het hul oorheersing teen Meisieskool Oranje die afgelope naweek voortgesit om met 29-20 hul vyfde oorwinning, sedert 2019, oor die span van Bloemfontein te behaal.

    Die twee spanne het kragte gemeet in die interskole-toernooi wat Vrydag by Affies se bane in Pretoria plaasgevind het.

    Na die eerste kwart het Affies aan slegs ‘n skrale voorsprong van 8-7 vasgeklou, maar teen halftyd kon hulle die gaping met vyf doele vergroot na 17-12.

    Gedurende die derde kwart het Affies hul voorsprong verder verstewig met agt doele, in vergeleke met Oranje se drie, wat die telling op 25-15 te staan gebring het.

    Ondanks Oranje se pogings in die laaste kwart om die bordjies te verhang, het Affies se hulpverdediger, Amia Roux, en aanvallende vleuel, Anouk Jansen van Rensburg, besonder goeie werk verrig, talle balle onderskep en beheer oor die wedstryd behou. In hierdie beslissende kwart het Affies nege doele aangeteken teenoor Oranje se vyf, om uiteindelik met 29-20 as oorwinnaars uit die stryd te tree.

    Affies het indrukwekkend vertoon regdeur die interskole-toernooi, en het 23 wedstryde gewen, slegs twee verloor en een gelykop gespeel.

    Van die laaste ses kragmetings tussen dié twee skole het Affies in vier as oorwinnaars uit die stryd getree.

    Benewens die onlangse Wildeklawer-eindstryd in Kimberley, het Affies nóg ‘n oorwinning oor Oranje tydens  daardie  betrokke byeenkoms behaal met ‘n telling van 32-32. Hul sukses strek veel verder, insluitende oorwinnings in die 2019 Interskole in Bloemfontein (34-19) en verlede jaar se Wildeklawer-toernooi (22-21).

    Oranje het nietemin tydens die Interskole van 2022 en 2023 die bordjies verhang om in Bloemfontein en Pretoria te seëvier met tellings van onderskeidelik 33-27 en 31-26.

     Uitslae van die derby:

    o.14A 24-20 AHMP

    o.14B 25-18 AHMP

    o.14C 18-15 OMS

    o.14D 23-11AHMP

    o.14E 21-9 AHMP

    o.14F 20-8 AHMP

    o.14G 20-2 AHMP

    o.14Η 22-4 AHMP

    o.15A 17-16 OMS

    o.15B 29-14 AHMP

    o.16E 36-5 AHMP

    o.16F 14-11 AHMP

    o.17A 21-16 AHMP

    o.17B 34-9 AHMP

    o.18A 29-20 AHMP

    o.18B 39-12 AHMP

    o.15C 32-17 AHMP

    o.15D 32-12 AHMP

    o.15E 19-16 AHMP

    o.15F 13-9 AHMP

    o.16A 15-11AHMP

    o.16B 23-19 AHMP

    o.16C 19-9 AHMP

    o.16D 29-12 AHMP

    o.16E 36-5 AHMP

    o.16F 14-11 AHMP

    o.17A 21-16 AHMP

    o.17B 34-9 AHMP

    o.18A 29-20 AHMP

    o.18B 39-12 AHMP

    o.18C 27-9 AHMP

    o.18D 16-16

  • Affies en Oranje weer slaags, dié keer by Interskole

    Skaars twee weke na hul kragmeting in die finaal van die Absa Wildeklawer-toernooi, bevind die Afrikaanse Hoër Meisieskool en Meisieskool Oranje hulle weer teenoor mekaar op die baan, dié keer vir die Interskole kompetisie.

    In die vorige ontmoeting het Affies ‘n oorwinning van 26-14 in die eindstryd behaal.

    Met Oranje se opmars na Pretoria, gaan die twee skole mekaar hierdie naweek in 26 netbalwedstryde die stryd aansê. Die eerste spanne kom Vrydagoggend om 09:30 op die hoofbaan teen mekaar te staan.

    Dit sal die sewende ontmoeting wees tussen Affies en Oranje sedert 2019. Van hul laaste ses wedstryde het Affies in vier as oorwinnaars uit die stryd getree.

    Benewens die onlangse toernooi-eindstryd in Kimberley, het Affies nóg ‘n oorwinning oor Oranje tydens die Wildeklawer-byeenkoms behaal met ‘n telling van 32-32. Hul sukses strek veel verder, insluitende oorwinnings in die 2019 Interskole in Bloemfontein (34-19) en verlede jaar se Wildeklawer-toernooi (22-21).

    Oranje het nietemin tydens die Interskole van 2022 en 2023 die bordjies verhang om in Bloemfontein en Pretoria te seëvier met tellings van onderskeidelik 33-27 en 31-26.

    Oranje is ook die afgelope Woensdag as die netballigawenners in Bloemfontein gekroon, nadat hulle vir Jim Fouché in die eindstryd met 32-23 verslaan het.

    Ontmoet die spanne:

  • Trekkers, Witteberg slaggereed vir FNB Classic Clashes-aksie!

    Dit is eerskomende Saterdag weer tyd vir die groot interskole-kragmetings, beter bekend as die FNB Classic Clashes, tussen Hoërskool Voortrekker en Hoërskool Witteberg in Bethlehem – ‘n hoogtepunt op die Oos-Vrystaatse sportkalender.

    Wanneer die eerste netbalspanne mekaar om 11:45 op Baan 1 pak, sal Witteberg oorgehaal wees om die bordjies te verhang en as oorwinnaars uit die stryd te tree.

    Tharina 0’Connor (18), netbalkaptein van Witteberg, meen dit is belangrik om haar span met ‘n positiewe gesindheid te lei, asook om hulle te inspireer om hul beste te lewer en te strewe na sukses.

    “Ek hoop om ‘n ondersteunende omgewing te skep waar elke lid van die span die geleentheid gebied word om te groei en te verbeter.”

    Voortrekker-kaptein, Elizbé Heyns (17), se missie stem ooreen met dié van haar Witteberg-eweknie.

    “Ek wil my span lei, motiveer, ondersteun en dryf om die heel beste weergawe van hulself te wees – ook wanneer dit moeilik gaan op die netbalbaan, sodat hulle hul koppe sal oplig en krag bymekaarskraap om nóg harder te werk vir dit wat ons as ‘n span wil bereik.”

    Witteberg:

    Tharina O’Connor (kaptein), Katleho Mokhina, Janė de Villiers (o/kaptein), Leozé Lottering, Marie-Lee van der Merwe, Kaylin Stofjberg, Lesedi Motaung, Jade Adams, Sharmell Nkomo en Ina-Marie Pierce.

     

    Voortrekker:

    Chloë Opperman, Elizbé Heyns (kaptein) en Mianca van Niekerk, Jasmine Liebenberg (S), Celri Botha (V), Marilé Jonk (HV – kaptein) en Anja van Zyl, Leané van den Berg (reserwe), Thato Mohloki (reserwe) en Jazelle Muller (reserwe).

  • Status quo gehandhaaf in FNB Classic Clashes

    Hoërskool Jim Fouché: Lesedi Sebiloane, Elri Pieters, Zandria Bastone, Lindsey Neveling, Jenilee Kotze, Ansune Humphries, Dimpo Totola, Jana Rossouw, Roechelle van der Merwe.

    Hoërskool Duineveld, Hoërskool Diamantveld en Hoërskool Jim Fouché het weer as oorwinnaars uit die stryd getree tydens die jaarlikse FNB Classic Clashes-kragmetings.

    In Bloemfontein het JF naelskraaps vir Hoërskool Sentraal met 21-18 geklop, nadat hulle verlede jaar met 35-28 kon seëvier.

    Jim Fouché het van meet af die pas aangegee in vanjaar se stryd om teen rustyd met 19-12 voor te loop. Ten spyte van Sentraal se vasberade verdediging, kon JF volhou om punte op die bord te plaas danksy ‘n dinamiese vertoning deur doel, Jana Rossouw.

    Dimpho Totola het haar verdedigingsvaardighede tentoongestel deur kritieke balle van die opposisie te onderskep. Marli van der Merwe van Sentraal se spel op die verdediging was nietemin ewe uitstekend.

    Intussen het Hoërskool Diamantveld, in ‘n verhaal van voortdurende triomf, hul oorheersing oor Noord-Kaap voortgesit om vir die sesde agtereenvolgende jaar met die louere weg te stap. Diamonds het verbeter op hul vorige sege van 33-28, deur vanjaar met 38-21 die pyp te rook.

    Dié kragmeting was op ‘n mespunt gebalanseer in die eerste kwart, met slegs twee doele wat die spanne geskei het. Diamonds het egter in die tweede kwart 11 doele teenoor Noord-Kaap se drie aangeteken en ‘n taamlike voorsprong van 19-9 met rustyd bewerkstellig.

    Die derde kwart was deurslaggewend met Diamantveld wat hul voorsprong met 13 doele gerek het, om uiteindelik met ‘n eindtelling van 38-21 te wen. Klarissa Taljaard se spogvertoning het aan haar die titel as Speler van die Wedstryd besorg.

    Hoërskool Duineveld was weer té goed vir Hoërskool Upington, maar moes nietemin hard swoeg vir hul sege van 36-32. Duineveld het hul buurskool in 2022 met 42-25 verslaan.

    Die wedstryd het as ‘n naelbyt-affêre ontvou, met die spanne wat regdeur die vier kwarte kop aan kop getrek het.

    Teen halftyd het Uppies met 19-17 voorgeloop, maar Duineveld het nie gaan lê nie en in die derde kwart die voortou geneem met 27-25. Die vierde kwart was bepalend met Duineveld wat met ‘n geringe marge van vier doele kon triomfeer.

    Clarise Barnard se uitmuntende vertoning as hulpdoel het vir Duineveld deurslaggewende punte verseker, terwyl Yolanda de Kock se voorbeeldige verdedigingsvernuf hul veerkragtigheid versterk het.

    Diamantveld t. Noord-Kaap uitslae:

    o.14A 35-5

    o.15A 26-13

    o.16A 36-10

    o.17A  36-9

    o.19A  38-21

    Jim Fouché t. Sentraal uitslae:

    o.19A 38-21

    o.19B 25-12

    o.19C 27-15

    o.19D 19-15

    o.17A 11-28

    o.16A 21-14

    o.16B 22-18

    o.16C 18-12

    o.15A 13-25

    o.15B 12-12

    o.15C 17-16

    o.15D 14-20

    o.15E 7-11

    o.14A 20-18

    o.14B 17-19

    o.14C 6-14

    o.14D 7-19

    Duineveld t. Upington uitslae:

    o.19A 32-36

    o.19B 17-22

    o.16A 15-22

    o.16B 8-17

    o.15A 20-1

    o.15B 18-13

    o.15C 7-7

    o.14A 17-26

    o.14B 4-34

    o.14C 6-29