SSPN Test Site

Author: chmerwe

  • Dis weer tyd vir FNB Classic Clashes!

    Hoëskool Duineveld

    Dit is weereens tyd vir die netbalspanne van Bloemfontein, Kimberley en Upington om sake uit te spook in die jaarlikse FNB Classic Clashes-botsings.

    Alle oë is hierdie naweek op die kragmetings tussen die spanne van die Noord-Kaap en Vrystaat, wat gewaarborg is om tonne aksie op te lewer.

    In Bloemfontein ontvou die botsing tussen Hoërskool Sentraal en Hoërskool Jim Fouché om 11:20 by Sentraal. Die gasheer het verlede jaar ‘n swaarverdiende oorwinning van 35-28 oor JF behaal, wat die hoop op ‘n herhaling laat opvlam het. Jim Fouché is egter vasbeslote om hierdie slag met die louere weg te stap.

    Hoërskool Diamantveld en Hoërskool Noord-Kaap is ook slaggereed vir ‘n epiese tweestryd op DHS se bane, in Kimberley, om 10:30. Met Diamonds wat in 2023 vir Noord-Kaap met 33-28 kon troef, weg van die huis af, is die besoekers oorgehaal om vanjaar die bordjies te verhang.

    Hoërskool Duineveld en hul buurskool, Hoërskool Upington, pak mekaar om 11:20 by Upington. Duineveld het verlede jaar oortuigend met 42-25 geseëvier, en het ook in 2017, 2018, 2019 en 2022 as oorwinnaars uit die stryd getree.

    Sentraal Chené de Villiers, Nicola van der Wath, Elbé van der Merwe, Keevy-Ann Fourie, Marli van der Merwe, Izanne van Aswegen, Ceinwin Lindeque, Caitlyn Maddocks, Anri Kachelhoffer.

    Jim Fouché: Lesedi Sebiloane, Elri Pieters, Zandria Bastone, Lindsey Neveling, Jenilee Kotze, Ansune Humphries, Dimpo Totola, Jana Rossouw, Roechelle van der Merwe.

    Diamantveld: Mari du Raan, Johandri de Wet, Izeldi Jacobs, Timney Greyling, Carmen Louw, Valmari Faber,  Lara van Niekerk,  Klarissa Taljaard, Brithe Horniball, Zandri Stark.

    Duineveld: Abriëlle de Witt, Clarise Barnard, Carmi Liebenberg, Carla Kuhn, Tersian Oberholzer, Zandri Brink, Zanelle Brink, Jeanne Coetzer, Yolanda de Kock, Stephanie Kruger.

    Upington: Kayla du Plessis, Liebe Karsten, Lané Esterhuizen, Anria Oberholzer, Jenique Matthys, Raquel Raman, Cara Fourie, Lida Louw, Mari-Alet van Zyl en Amé Kotzé.

  • Affies netbalspan weer gekroon as Wildeklawer-kampioen

    Die Afrikaanse Hoër Meisieskool van Pretoria (Affies) het weer hul staal getoon om vir die tweede agtereenvolgende jaar as wenners van die Absa Wildeklawer-sporttoernooi in Kimberley weg te stap.

    Affies het met 26-14 getriomfeer in ‘n harde eindstryd teen Meisieskool Oranje van Bloemfontein.

    Hierdie oorwinning dra by tot Affies se indrukwekkende rekord, nadat hulle verlede jaar ook die Wildeklawer-titel verower het deur Hoër Meisieskool Paarl met ‘n telling van 23-16 in die eindstryd te verslaan – dit nadat Affies in 2018 laas die kroon gedra het.

    Vanjaar se wedywering tussen Affies en Oranje het reeds Vrydag afgeskop, toe die twee spanne mekaar die stryd aangesê en Affies met 32-22 geseëvier het. Affies het hul plek in die eindstryd verseker deur Hoër Meisieskool Bloemhof te verslaan, terwyl Oranje deurgedring het nadat hulle vir Menlopark geklop het.

    Oranje het laasjaar die finaal net-net gemis, nadat Affies vir hulle naelskraaps met 22-21 uitgeskakel het.

    Affies het regdeur vanjaar se eindstryd momentum behou en die gaping met elke kwart geleidelik vergroot. Teen die einde van die eerste kwart het hulle ‘n voorsprong van 9-2 opgebou, en daarop voortgebou om met 17-7 voor te loop teen rustyd.

    Affies het in geen stadium die voet van die versneller gelig nie en, hoewel Oranje hard terugbaklei het, kon die span van Bloemfontein eenvoudig nie die pas volhou nie. In die derde kwart het die spanne elk vyf doele aangeteken, met Affies wat ‘n stewige voorsprong van 22-11 behou het.

    Met ‘n 11-doel voordeel in die laaste kwart, het Affies gefokus en vasberade gebly om uiteindelik ‘n klinkende oorwinning oor Oranje te behaal.

    Liane Lochem van Affies het uitsonderlike vaardigheid en strategie op sowel die aanval as verdediging getoon. Die doele, Izelle Grabe en Jamie Matfield, het ook hul kant gebring om tot die span se wenseges by te dra.

    Met dié oorwinning het Affies hul oorheersing oor Oranje voortgesit. Die Pretorianers het nou vier uit hul laaste ses kragmetings met Oranje gewen.

    Affies het, benewens hul oorwinnings in vanjaar se Wildeklawer-toernooi, ook vir Oranje verslaan tydens die 2019-Interskole in Bloemfontein (34-19) en verlede jaar se Wildeklawer (22-21).

    Oranje het oorwinnings behaal in die Interskole van 2022 en 2023, in Bloemfontein en Pretoria, met tellings van onderskeidelik 33-27 en 31-26.

    Affies het van meet af by vanjaar se Wildeklawer-toernooi uiters bekwaam te werk gegaan en al hul wedstryde gewen. Hulle het oorwinnings behaal oor Diamantveld (48-18), Rustenburg (37-17), Oranje (32-22), La Rochelle (17-15), Waterkloof (31-16) en Paarl Gimnasium (28-21).

    Oranje spog met ses uit agt oorwinnings op die toernooi, met hul enigste nederlae die twee teen Affies.

    Hoërskool Menlopark het die derde plek in die toernooi behaal, nadat hulle teen die Hoër Meisieskool Bloemhof geseëvier het met ‘n eindtelling van 27-20. Dié sege is Vrydag voorafgegaan deur ‘n oorwinning van 23-18 oor Bloemhof.

    Menlopark het op die eerste dag van die toernooi vir Garsfontein met 31-25 getroef, en ook oorwinnings behaal oor Sentraal en Paarl Girls High met tellings van onderskeidelik 29-11 en 27-19. Op die tweede dag het hulle vir Helpmekaar (24-17) en Durbanville (30-20) geklop.

    Hoër Meisieskool Bloemhof het Donderdag gelykop gespeel teen Helpmekaar met 22-22, maar gewen teen Durbanville (28-17) en Garsfontein (26-12). Bloemhof het Vrydag nederlae gely teen Hoër Meisieskool Paarl (21-17) en Menlopark, maar goed herstel om vir Sentraal van Bloemfontein met ‘n telling van 28-22 te troef.

  • Drie netbalspanne onoorwonne op Dag 1 van Wildeklawer

    Drie netbalspanne was Donderdag nog onoorwonne na afloop van die openingsdag van die Absa Wildeklawer-sporttoernooi in Kimberley.

    Hoër Meisieskool Bloemhof, die Afrikaanse Hoër Meisieskool (Affies) en Hoër Meisieskool Paarl het almal ongeskonde uit die stryd getree op die eerste dag.

    HMS Bloemhof het twee van hul wedstryde gewen en ook ‘n gelykopuitslag teen Helpmekaar behaal, met albei spanne wat elk 22 doele aangeteken het. Hul oorwinnings het gekom teen Durbanville, met ‘n klein marge van 28-27, en Garsfontein, waar hulle met 26-12 geseëvier het.

    Affies, die heersende netbalkampioene van 2023, het hul oorheersing voortgesit deur Meisieskool Oranje van Bloemfontein met 32-22 en die gashere, Diamantveld, met ‘n indrukwekkende telling van 49-18 te verslaan.

    HMS Paarl het oorwinnings oor Sentraal van Bloemfontein (25-11) en Durbanville (23-19) behaal.

    Helpmekaar het ook stewig vertoon met ‘n oorwinning oor Garsfontein (18-17), gelykopuitslag teen HMS Bloemhof (22-22) en naelskraapse nederlaag teen Durbanville (23-24).

    Behalwe vir hul nederlaag teen Affies het Oranje van Bloemfontein oor Waterkloof (14-11) en Diamonds (29-17) geseëvier.

    Dag 1 se uitslae:

    𝐇𝐌𝐒 𝐁𝐋𝐎𝐄𝐌𝐇𝐎𝐅 𝟐𝟖, 𝐃𝐔𝐑𝐁𝐀𝐍𝐕𝐈𝐋𝐋𝐄 𝟐𝟕; 𝐌𝐄𝐍𝐋𝐎𝐏𝐀𝐑𝐊 𝟐𝟗, 𝐒𝐄𝐍𝐓𝐑𝐀𝐀𝐋 𝟏𝟏; 𝐀𝐅𝐅𝐈𝐄𝐒 𝟑𝟐, 𝐎𝐑𝐀𝐍𝐉𝐄 𝟐𝟐; 𝐖𝐀𝐓𝐄𝐑𝐊𝐋𝐎𝐎𝐅 𝟐𝟐, 𝐋𝐀 𝐑𝐎𝐂𝐇𝐄𝐋𝐋𝐄 𝟏𝟔; 𝐇𝐌𝐒 𝐁𝐋𝐎𝐄𝐌𝐇𝐎𝐅 𝟐𝟔, 𝐆𝐀𝐑𝐒𝐅𝐎𝐍𝐓𝐄𝐈𝐍 𝟏𝟐; 𝐃𝐔𝐑𝐁𝐀𝐍𝐕𝐈𝐋𝐋𝐄 𝟐𝟒, 𝐇𝐄𝐋𝐏𝐌𝐄𝐊𝐀𝐀𝐑 𝟐𝟑; 𝐑𝐔𝐒𝐓𝐄𝐍𝐁𝐔𝐑𝐆 𝟐𝟎,𝐏𝐀𝐀𝐑𝐋 𝐆𝐈𝐌𝐍𝐀𝐒𝐈𝐔𝐌 𝟏𝟕; 𝐏𝐀𝐀𝐑𝐋 𝐆𝐈𝐌𝐍𝐀𝐒𝐈𝐔𝐌 𝟑𝟐, 𝐖𝐀𝐓𝐄𝐑𝐊𝐋𝐎𝐎𝐅 𝟏𝟒; 𝐋𝐀 𝐑𝐎𝐂𝐇𝐄𝐋𝐋𝐄 𝟐𝟕, 𝐑𝐔𝐒𝐓𝐄𝐍𝐁𝐔𝐑𝐆 𝟏𝟕; 𝐎𝐑𝐀𝐍𝐉𝐄 𝟐𝟗, 𝐃𝐈𝐀𝐌𝐀𝐍𝐓𝐕𝐄𝐋𝐃 𝟏𝟕; 𝐏𝐀𝐀𝐑𝐋 𝐆𝐈𝐑𝐋𝐒’ 𝐇𝐈𝐆𝐇 𝟐𝟑, 𝐃𝐔𝐑𝐁𝐀𝐍𝐕𝐈𝐋𝐋𝐄 𝟏𝟗; 𝐎𝐑𝐀𝐍𝐉𝐄 𝟏𝟒, 𝐖𝐀𝐓𝐄𝐑𝐊𝐋𝐎𝐎𝐅 𝟏𝟏; 𝐀𝐅𝐅𝐈𝐄𝐒 𝟒𝟗, 𝐃𝐈𝐀𝐌𝐀𝐍𝐓𝐕𝐄𝐋𝐃 𝟏𝟖; 𝐏𝐀𝐀𝐑𝐋 𝐆𝐈𝐑𝐋𝐒’ 𝐇𝐈𝐆𝐇 𝟐𝟓, 𝐒𝐄𝐍𝐓𝐑𝐀𝐀𝐋 𝟏𝟏; 𝐇𝐄𝐋𝐏𝐌𝐄𝐊𝐀𝐀𝐑 𝟐𝟐, 𝐇𝐌𝐒 𝐁𝐋𝐎𝐄𝐌𝐇𝐎𝐅 𝟐𝟐; 𝐇𝐄𝐋𝐏𝐌𝐄𝐊𝐀𝐀𝐑 𝟏𝟖, 𝐆𝐀𝐑𝐒𝐅𝐎𝐍𝐓𝐄𝐈𝐍 𝟏𝟕

    Vrydag, 2 Mei se bepalings Baan 1:

    8:30 Durbanville vs Sentraal

    9:20 Oranje Meisies vs Paarl Gimnasium

    10:10 Paarl Girls High vs HMS Bloemhof

    11:00 Paarl Gimnasium vs Diamantveld

    11:50 Durbanville vs Garsfontein

    12:40 Oranje Meisies vs HMS La Rochelle

    13:30 Paarl Girls High vs Garsfontein

    14:20 HMS La Rochelle vs Diamantveld

    15:10 Menlopark vs Durbanville

    16:00 AHMP vs Paarl Gimnasium

    Vrydag, 2 Mei se bepalings Baan 2:

    8:30 Rustenburg vs Diamantveld

    9:20 Menlopark vs Helpmekaar Kollege

    10:10 AHMP vs HMS La Rochelle

    11:00 Helpmekaar Kollege vs Sentraal

    11:50 Rustenburg vs Waterkloof

    12:40 Menlopark vs HMS Bloemhof

    13:30 AHMP vs Waterkloof

    14:20 HMS Bloemhof vs Sentraal

    15:10 Oranje Meisies vs Rustenburg

    16:00 Paarl Girls High vs Helpmekaar Kollege

     

     

     

     

     

     

     

     

     

     

     

     

     

  • Netbalaksie vier hoogty in Noord-Kaap, Vrystaat

    Verlede week was gevul met opwindende netbalaksie, met spanne van die Noord-Kaap en Vrystaat-streke wat mekaar die stryd aangesê het. Onder die spanne wat uitgeblink het was Oranje Meisieskool, Hoërskool Goudveld, Hoërskool Diamantveld en Eunice High School.

    Die aksiebelaaide week het afgeskop met ‘n ontmoeting tussen Diamantveld en Fichardtpark op Woensdag, 24 April, as deel van die Wesgrow Sentrale Sportreeks.

    Dit het ‘n klipharde stryd afgegee met die spanne wat na die die eerste kwart gelykop getrek het met 6-6. Diamantveld het egter stelselmatig die botoon begin voer om teen halftyd met 13-11 voor te loop en, ten spyte van Fichies se dapper pogings, uiteindelik met 39-22 as oorwinnaars uit die stryd te tree.

    Op Saterdag, 27 April, ook as deel van die Wesgrow Sentrale Sportreeks, het Goudveld en Trio mekaar gepak. Gouties het het teen rustyd aan ‘n skrale voorsprong van 14-13 vasgeklou, en, ten spyte van Trio se geesdriftige pogings om die telling in hul guns te swaai, met 26-23 geseëvier.

    Op Donderdag, 25 April, het nog ‘n opwindende stryd tussen Oranje en Jim Fouché plaasgevind. Oranje het in die eerste en tweede kwart ‘n skrale voorsprong van onderskeidelik een en twee doele gehad, maar kon in die laaste twee kwarte die gaping vergroot om uiteindelik vir JF met 38-27 te verslaan.

    Eunice het ook hul stempel afgedruk met twee opeenvolgende oorwinnings. In hul kragmeting met Louis Botha het Eunice ‘n klinkende sege van 33-8 behaal, waarna hulle hul segetog voortgesit het in Oos-Londen deur vir Clarendon met 58-23 te oorrompel.

    Diamantveld en Fichardtpark uitslae:

    o. 14 A Diamantveld 23-12 Fichardtpark

    o. 14 B Diamantveld 20-14 Fichardtpark

    o. 14 C Diamantveld 13-10 Fichardtpark

    o. 14 D Diamantveld 25 Fichardtpark

    o. 16 A Diamantveld 31-13 Fichardtpark

    o. 16 B Diamantveld 30-6 Fichardtpark

    o. 17 A Diamantveld21-14 Fichardtpark

    o. 19 B Diamantveld 22-7 Fichardtpark

    o. 19 A Diamantveld 30-22 Fichardtpark

    Oranje en Jim Fouché uitslae:

    o. 14 A Oranje 30-11 Jim Fouché

    o. 14 B Oranje 29-17 Jim Fouché

    o. 14 C Oranje 37-2 Jim Fouché

    o. 14 D Oranje 37-2 Jim Fouché

    o. 15 A Oranje 27-7 Jim Fouché

    o. 15 B Oranje 24-12 Jim Fouché

    o. 15 C Oranje 23-4 Jim Fouché

    o. 15 D Oranje 38-4 Jim Fouché

    o. 16 A Oranje 18-15 Fichardtpark

    o. 16 B Oranje 16-13 Jim Fouché

    o. 16 C Oranje 15-13 Jim Fouché

    o. 17 A Oranje 21-14 Jim Fouché

    o. 17 B Oranje 20-18 T. o. 17 A Jim Fouché

    o. 19 B Oranje 38-27 Jim Fouché

    o. 19 B Oranje 33-18 Fichardtpark

    o. 19 C Oranje 31-15 Jim Fouché

    o. 19 D Oranje 48-4 Jim Fouché

    Goudveld en Trio uitslae:

    o. 14 A Trio 13-12 Goudveld

    o. 14 B Trio 9-11 Goudveld

    o. 14 C Trio 17-4 Goudveld

    o. 15 A Trio 23-8 Goudveld

    o. 15 B Trio 16-14 Goudveld

    o. 15 C Trio 19-2 Goudveld

    o. 16 A Trio 19-20 Goudveld

    o. 16 B Trio 13-4 Goudveld

    o. 17 A Trio 19-25 Goudveld

    o. 19 A Trio 23-26 Goudveld

    o. 19 B Trio 8-11 Goudveld

    o. 19 C Trio 6-27 Goudveld

    o. 19 D Trio 1-34 Goudveld

    o. 19 E Trio 4-9 Goudveld

    Eunice vs Clarendon uitslae:

    Eerstespan Eunice 58-23

    o. 19 B Eunice 9-23 Clarendon

    o. 16 A Eunice 25-17 Clarendon

    o. 16 B Eunice 14-9 Clarendon

    o. 15 A Eunice 18-5 Clarendon

    o. 15 B Eunice t 13-9 Clarendon

    o. 15 C Eunice 15-8 Clarendon

    o. 14 A Eunice 13-14 Clarendon

    o. 14 B Eunice 3-6 Clarendon

    o. 14 C Eunice 14-7 Clarendon

    Eunice vs HTS Louis Botha uitslae:

    o. 14 A Eunice 15-6 HTS Louis Botha

    o. 15 A Eunice 41-1 HTS Louis Botha

    o. 16 A Eunice 21-5 HTS Louis Botha

    o. 16 B Eunice 34-0 HTS Louis Botha

    o. 19 A Eunice 33-8 HTS Louis Botha

     

  • Tralies en Trekkers gee toon aan in Wesgrow-reeks

    Tralies en Trekkers gee toon aan in Wesgrow-reeks

    Die afgelope naweek het weer volop netbalaksie opgelewer met die spanne van die Vrystaat en Noord-Kaap wat meeding vir die titel as die Wesgrow Sentrale Sportreeks-kampioen.

    In een van die groot kragmetings van die naweek het die twee Bloemfonteinse buurskole, Sentraal en Fichardpark, mekaar aangedurf.

    Tralies het vroeg in die eerste kwart met 7-5 voorgeloop en momentum behou om teen rustyd hul  voorsprong na 14-10 te vergroot.

    Namate die kragmeting in die derde kwart gevorder het, het Tralies die gaping na 23-16 gerek om, ten spyte van Fichardtpark se dapper pogings in die laaste kwart, met 26-18 as oorwinnaars uit die stryd te tree.

    Jim Fouché het voor ‘n taai uitdaging te staan gekom teen die Hoërskool Diamantveld, maar kon met 10 doele die oorwinning behaal om hul onoorwonne status in die reeks te behou. Dit was ‘n gelykopstryd in die eerste helfte, met die eerste kwart wat 10-10 geëindig het en JF wat teen halftyd met slegs 23-22 voor was.

    Jf het in die derde kwart hul voorsprong vergroot na 35-30 en uiteindelik in die laaste kwart die baan oorheers om vir Diamonds met 47-37 te verslaan. Lindsey Neveling en Elri Pieters was JF se groot uitblinkers op die dag.

    Voortrekker se eerste netbalspan het ook hul onoorwonne status behou deur vir Goudveld Hoërskool met ‘n telling van 46-22 te oorrompel. Voortrekker het van meet af hul oorheersing op die baan laat geld en beheer regdeur die kragmeting behou om onderskeidelik met 9-5 en 18-9 voor te loop na die eerste twee kwarte.

    In die derde kwart het hulle voet in die hoek gesit om ‘n gaping van 34-14 oop te maak, en, hoewel Gouties moedig probeer het om terug te kom in die stryd, het Trekkers steeds gemaklik gewen. Die uitsonderlike verdediging van spelers soos Anja van Zyl en Celri Botha het in daardie opsig ‘n deurslaggewende rol in hul triomf gespeel.

    Trekkers se netbalspanne het rede om trots te wees, met 12 uit hul 15 spanne wat gewen het.


    Voortrekker teen Goudveld uitslae:

    (Voortrekkers punte eerste)

    o. 14A wen 23-7

    o. 14B wen 9-4

    o. 14C wen 18-3

    o. 15A wen 24-16

    o. 15B wen 27-6

    o. 15C wen 28-3

    o. 15D wen 27-3

    o. 16A wen 27-9

    o. 16B wen 39-5

    o. 16C wen 25-2

    o. 19A wen 46-22

    o. 19B wen 18-9

    o. 19C verloor 12-15

    o. 19D verloor 10-13

    o. 17A verloor 21-26

    Sentraal teen Fichardtpark uitslae:

    (Sentraal punte eerste)

    o.14A verloor 14-16

    o.14B verloor 15-19

    o.14C wen 20-13

    o.14D wen 25-6

    o.15A wen 29-10

    o.15B wen 26-2

    o.15C wen 34-5

    o.16A wen 24-9

    o.16B wen 32-8

    o.17A wen 32-10

    o.19A wen 26-18

    o.19B wen 27-4

    o.19C wen 24-11

    o.19D verloor 5-8

    Jim Fouché teen Diamantveld uitslae:

    O.14A 23 -16

    o. 14B 20 – 20

    o. 14C 3 – 17

    O.14D13 – 8

    o. 15A 19 -13

    o. 15B 27 – 7

    o. 15C 9 -15

    o. 16B 23 – 37

    o. 16C 8 – 30

    o. 19B 14 – 28

    O.o. 19A 37 – 47

  • Oranje wys Paarl wie’s baas

    Die netbalbane in die Paarl was aan die brand die afgelope naweek, met Oranje Meisieskool wat die Paarl-reuse in hul eerste interskole die stryd aangesê het.

    Oranje se eerste netbalspan het in hul onderskeie kragmetings met sowel Paarl Gimnasium as Hoër Meisieskool Paarl as oorwinnaars uit die stryd getree.

    Die naweek se opwinding het begin met Oranje en HMS Paarl wat mekaar gepak het.

    Die wedstryd het teen ‘n taamlike tempo afgeskop, met die spanne wat kop-aan-kop met 7-7 getrek het teen die einde van die eerste kwart. Oranje het egter in die daaropvolgende kwarte die gaping vergroot om uiteindelik die wedstryd te oorheers.

    Teen die einde van die tweede kwart het hulle ‘n voorsprong van 17-11 opgebou en die derde kwart met ‘n telling van 23-17 afgesluit. Ondanks ‘n dapper terugvegpoging van HMS Paarl in die laaste kwart, het Oranje seëvierend uit die stryd getree met ‘n eindtelling van 28-23.

    Anja Cohen van Oranje is as Speler van die Wedstryd aangewys.

    Uit die 30 netbalwedstryde wat HMS Paarl teen Oranje gespeel het, het HMS Paarl 26 gewen, een gelykop gespeel en drie verloor.

    Saterdag het nog ‘n moeilike kragmeting op Oranje gewag toe hulle vir Paarl Gimnasium aangedurf het. Oranje het egter in elke kwart met meer as vier doele voorgeloop om uiteindelik met ‘n telling van 25-20 as oorwinnaars uit die stryd te tree.

    Terwyl Oranje hul oorwinnings gevier het, het HMS Paarl en Hoër Meisieskool Bloemhof ook kragte gemeet, met HMS Paarl wat weer met 21-28 die knie moes buig.

    Oranje se uitslae teen Paarl Gimnasium:

    (Oranje tellings eerste)

    o. 19A 25-20

    o. 19B 18-22

    o. 19C 15-26

    o. 19D 20-17

    o. 19E 19-18

    o. 19F 34-4

    o. 19G (T. O.17C) 4-40

    o. 18H (T. O.17D) 2-48

    o. 17A 11-19

    o. 17B 13-27

    o. 16A 10-18

    o. 16B 16-21

    o. 16C 8-17

    o. 16D 13-22

    o. 15A 13-19

    o. 15B 18-20

    o. 15C 11-16

    o. 15D 5-29

    o. 14A 13-23

    o. 14B 9-18

    o. 14C 13-8

    o. 14D 12-16

    o. 14E 11-15

    o. 14F 24-9

    o. 14G 4-11

    o. 14H 6-9

    Oranje se uitslae teen HMS Paarl:

    19A 28-23
    o. 19B 20-22
    o. 19C 19-26
    o. 19D 20-16
    o. 19E 24-6
    o. 19F (T. O.17C) 15-24
    o. 19G (T. O.17D) 9-10
    o. 18H (T. O.17E) 9-14

    17A 18-20
    o. 17B 16-28

    16A 11-16

    16B 10-24

    16C 20-20

    16D 14-17

    16E 10-21

    16F 7-13

    15A 12-21

    15B 7-30

    15C 15-22

    15D 20-22

    15E 15-25

    15F 6-23

    14A 8-19

    o. 14B 20-23

    o. 14C 11-18
    o. 14D 13-25
    o. 14E 8-23
    o. 14F 9-25
    o. 14G 2-11
    o. 14H 1-17

     

  • Wesgrow Sentrale Sportreeks: Nóg ‘n naweek propvol netbalaksie

    Wesgrow Sentrale Sportreeks: Nóg ‘n naweek propvol netbalaksie

    WesgrowLigaDie Wesgrow Sentrale Sportreeks-spanne is oorgehaal vir nog ‘n naweek van opwindende netbal-kragmetings. Agt spanne van die Vrystaat en Noord-Kaap ding mee om die gesogte Wesgrow-titel.

    In Bloemfontein is die plaaslike skole slaggereed om mekaar die stryd aan te sê, met Hoërskool Sentraal en Hoërskool Fichardtpark wat mekaar weer pak om 12:30 by Fichies.

    In nog ‘n boeiende kragmeting ontvang Hoërskool Goudveld om 11:40 vir Bethlehem Voortrekker Hoërskool by Gouties in Welkom, terwyl Hoërskool Jim Fouché en Hoërskool Diamantveld, van Kimberley, om 11:20 kragte meet by Tralies.

    Hoërskool Witteberg en Hoërskool Trio, wat ook deel vorm van die reeks, het reeds vandeesweek teen mekaar gespeel, met Witteberg wat met 43-24 geseëvier het.

  • Oranje durf Paarl-reuse aan op netbalbaan

    Oranje Meisieskool van Bloemfontein betree nuwe horisonne hierdie naweek, wanneer hulle teen die netbalkragte van die Paarl, in die Paarl, te staan kom.

    Geskiedenis word ook gemaak met Oranje se heel eerste interskole-kragmeting met Paarl Gimnasium.

    Die aksiebelaaide naweek skop af met Oranje en HMS Paarl wat mekaar Vrydagmiddag om 16:20 die stryd aansê.

    Saterdag word die opwindingsvlakke selfs hoër gelig, wanneer Oranje om 11:15 vir Paarl Gimnasium in hul geskiedkundige interskole-kragmeting aandurf.

    Surita le Roux, Oranje se hoof-netbalafrigter, het te kenne gegee dat haar span hoogs opgewonde is om teen die beroemde skole van die Paarl mee te ding.

    “Dit is ‘n groot voorreg om teen HMS Paarl en Paarl Gimnasium, in ‘n eerste interskole-kragmeting, te kan speel,” sê Le Roux.

    “Daardie skole se prestasies en resultate oor die jare spreek vanself, en ons voorsien dat hierdie naweek se netbalwedstryde uiters mededingend en hard sal wees. Ons sien nietemin uit na die uitdaging en hoop om vriendskappe te smee in die proses wat veel verder sal strek as die netbalbaan.”

    Juline van der Merwe van Paarl Gimnasium sê dat hulle ook harde, kompeterende netbal verwag.

    “Ons fokus is egter 100% op onsself en hoe ons ons eie strukture kan verbeter,” vertel sy. “Ons sien uit daarna om netbal van die hoogste gehalte ten toon te stel.”

    Na hul kragmeting met Oranje Vrydagmiddag, kom HMS Paarl Saterdag om 11:20 teen nog ‘n gedugte opponent, die Hoër Meisieskool Bloemhof, te staan.

    “Dit is altyd ‘n hoogtepunt op ons netbalkalender om teen Bloemhof te kan speel,” sê Marli Visagie, afrigter van HMS Paarl.

    “Ons het hard gewerk en is reg vir ‘n dag van goeie sportmanskap, tawwe teenstand en puik netbal wat opgedis sal word tussen die spanne.”

    Oranje se span teen HMS Paarl 

    D – Nadine Jonck

    HD – Marianne Louw

    AV – Karin Truter

    S – Diné le Roux

    VV – Amy Fröhlich

    HV – Marguerite Cronjé

    V – Anja Cohen

    Reserwes

    D of HD  Danielle v Jaarsveld

    VV / HV Jessica Barnard

    VV – Ane Goosen

    V – Kylie Steenkamp

    Oranje se span teen Paarl Gimnasium

    D – Nadine Jonck

    HD – Marianne Louw

    AV – Diné le Roux

    S – Amy Fröhlich

    VV – Marguerite Cronjé

    HV – Anja Cohen

    V –  Cara Smith

    Reserwes

    D of HD  Danielle v Jaarsveld

    Av/ HD Karin Truter

    VV / HV Jessica Barnard

    VV – Ane Goosen

    HMS Paarl se span 

    Anke Stofberg

    Sophia Wium

    Isabella Cook

    Kyla Sabbagha

    Mine vd Walt

    Elzahn Nel

    Jenna Haywood

    Angie Cook

    Janie Visser

    Cara Els

    Paarl Gim se span

    Anja Smit
    Leané Otto
    Marli Matthee
    Carly Basson
    Elené Vosloo
    Jana Martin
    Cathryn Botes
    Annabella Wiese
    Eloné Dippenaar
    Milla Barnard

  • Oranje byna onoorwonne by Menlopark-toernooi

    Marguerite Cronjé (k), Amy Frohlich, Mariaan Louw, Jessica Barnard, Cara Smith, Anja Cohen, Nadine Jonck, Dine le Roux, Karin Truter, Danielle van Jaarsveld.

    Die C&N Sekondêre Meisieskool Oranje van Bloemfontein het die Menlopark-netbaltoernooi oorheers, met hul o. 19 A-span wat byna onoorwonne geëindig het en agt van hul 10 wedstryde gewen het.

    Oranje het ook een wedstryd gelykop gespeel en slegs een nederlaag van 16-20, teen Hoërskool Bloemhof, gely.

    Die ander ouderdomsgroepe het ook prysenswaardige prestasies behaal.

    Die o. 19 B-span het vier wedstryde gewen en ses verloor, terwyl die o. 17 A’s vier oorwinnings behaal, een gelykop gespeel en vier keer verloor het.

    Die o. 16 A-span het vier gewen, een gelykop gespeel en sewe verloor, terwyl  die 0. 15 A’s sterk vertoon het met sewe oorwinnings, een gelykopuitslag en drie nederlae. Die o. 14 A-span het vyf gewen en sewe verloor.

    Surita le Roux, Oranje se hoof-netbalafrigter, meen dat Oranje hard werk om as ‘n eenheid te speel en te presteer.

    “Die hele eerstespan het bygedra tot die sukses van die afgelope paar dae,” sê sy.

    “Ons besef egter dat dit slegs die begin van die seisoen is, en dat daar nog harde werk en vele uitdagings voorlê. Dit is vir ons ‘n groot voorreg om Oranje te verteenwoordig en ons sien uit om as span te ontwikkel en te groei hierdie jaar.”

    Die toernooi, wat oor vier dae by Hoërskool Menlopark, in Pretoria, aangebied is, het deurgaans intensiewe kragmetings op 10 bane gelewer. Altesaam 44 skole het deelgeneem, wat bygedra het tot die opwinding van die 880 wedstryde wat gespeel is.

    Met 151 spanne en 1532 spelers in aksie, het die toernooi netbaltalent van regoor die land tentoongestel, wat dit een van die gesogste netbaltoernooie maak.

    Die o. 19 A-uitslae:

    Oranje 29, 6 Florida; Oranje 29, Edenvale 19; Oranje 34, Diamantveld 14; Oranje 21, Potch Gim 18; Oranje 18, Paarl Gim 16; Oranje 34, Diamantveld 14; Oranje 14, Helpmekaar 13; Oranje 28, Monument 13; Oranje 22, Menlopark 22; Bloemhof 20, Oranje 16.

     

     

     

  • Kloof Netball Festival: Here are the All-Star Junior and Senior teams

    The Kloof Netball Festival’s All-Star Junior and Senior teams were revealed on Monday, the final day of the event.

    Thanks to a sponsorship from Worldwide Scholarships (WWS), the 24 players – 12 juniors and 12 seniors, who were chosen from the participating schools – will travel to England in September to test their skills against overseas opposition.

    The selections were based on the performances of the players over the course of the three-day festival.

    Munya Maraire, the CEO of WWS, said his organisation was committed to linking players with global opportunities, including university scholarships. He also highlighted the importance of sports’ development through exposing players to different opportunities.

    Maraire stated: “We are the largest university placement agency in the African region, and we are here to empower the talent by linking scholars to international colleges and universities that match their God-given talents and abilities.

    He said WWS has a vigorous assessment process, which has already benefitted over a thousand students, who have not only been given opportunities to further excel at their chosen sports but also provided them with educational opportunities.

    Here are the teams:

    Juniors:

    Goal Shooter: Emma Botha (Framesby), Tshego Ngubeni (Randpark)
    Goal Defence:  Maya Steyn (Waterkloof), Heili Calitz (La Rochelle)
    Wing Defence: Carli Janse van Rensburg (Windhoek Pvt)
    Centre: Megan Venter (Windhoek Pvt), Kgalalelo (Lelo) Sesinyi (Jeugland)
    Wing Attack:  Tay Hunt (Waterkloof), Kayla Janse van Vuuren (La Rochelle)
    HD Goal Attack:  Naledi Liebenberg (Randpark), Amé van der Merwe (Waterkloof)
    Goalkeeper: Asange Kanzi (Eunice)

    Senior 

    Goal Shooter: Senate Mopedi (Overkruin), Natasha Watson (Oos-Moot), Mieke van Heerden (Oos-Moot)
    Goal Defence: Favor Nwankwo (Jeugland)
    Wing Defence: Marli van der Merwe (Sentraal)
    Centre:  Chelsey Kock (Parel Vallei), Mieke Grobler (Transvalia)
    Wing Attack: Elbé van der Walt (Sentraal)
    Goal Attack:  Caitlyn Maddocks (Sentraal)
    Goalkeeper: Dudu Malindi (Transvalia), Zarah Noah (La Rochelle), Inge van Eck (Framesbury)