SSPN Test Site

Author: chmerwe

  • La Rochelle enigste onoorwonne span oor by Klofie-netbalfees

    Die Hoër Meisiekool La Rochelle se 0.19A-netbalspan is op dag drie van die Klofie-Netbalfees steeds staande as die enigste onoorwonne span, nadat hulle ‘n oorwinning oor Die Brandwag van Uitenhage (25-12) behaal en met 18-elk gelykop gespeel het teen die gasheer, Waterkloof.

    Rand Park het hul onoorwonne status verloor met ‘n nederlaag van 13-17 teen Oos-Moot, ondanks vroeëre oorwinnings teen Jeugland van Kepmton Park (28-8) en Parel Vallei (18-13).

    Maandag is die laaste dag van die toernooi, met La Rochelle wat in ‘n deurslaggewende kragmeting met Windhoek Afrikaanse Privaatskool gewikkel sal wees om hul onoorwonne rekord te probeer verdedig.

    Oos-Moot se o. 15 en Waterkloof se o. 19-spanne is na dag twee as die beste aanvallende spanne aangewys, terwyl Hoërskool Centurion se o. 16’s en Windhoek Pvt se o. 14’s met die louere as die beste verdedigende spanne weggestap het.

    Die laaste dag van die toernooi skop Maandag om 07:00 af, met die o. 17-spanne wat sake uitspook.

    Uitslae | Dag 3

    [ninja_tables id=”39111″]

    Hoërskool Waterkloof o.19
    Hoërskool Centurion o.16
    Hoërskool Oos-Moot o.15
    Windhoek Afrikaanse Privaatskool o.14

     

     

     

  • La Rochelle en Randpark steeds onoorwonne op Klofie-netbalfees

    La Rochelle en Randpark is die enigste twee onoorwonne spanne oor na die tweede dag van die jaarlikse Klofie-netbalfees wat deur die Hoërskool Waterkloof in Pretoria aangebied word.

    Na die eerste dag se spel was daar vyf onoorwonne spanne oor op die fees. Die ander drie onoorwonne spanne na afloop van die eerste dag was Eunice, Wesvalia en Parel Vallei.

    La Rochelle het oorwinnings oor Windhoek Afrikaanse Privaatskool (28-13), Eunice (34-8) en Bergsig Akademie (32-7) behaal, en ook gelykop gespeel teen Oos-Moot met 18-elk.

    Eunice van Bloemfontein het voor die nederlaag teen La Rochelle ook teen die gasheer, Waterkloof, met 20-30 verloor en so hul onoorwonne status prysgegee.

    Intussen het Randpark as oorwinnaars uit die stryd getree teen Centurion (24-3), Windhoek Privaatskool (28-17), en Oosterland (29-8) en Hans Strijdom (25-11).

    Wesvalia het ‘n nederlaag teen Parel Vallei (10-15) gely, wat op hul beurt teen Sentraal van Bloemfontein met 20-14 die knie gebuig het. Daarmee het albei spanne hul onoorwonne status verloor.

    Intussen het spanne wat aan die Klofie-netbalfees deelneem bykomende aansporing ontvang om na uitnemendheid te streef.

    Danksy World Wide Scholarships (WWS) wat as ‘n borg intree, sal sowel ‘n junior- as ‘n seniorspan, bestaande uit verkose spelers, die kans van ‘n leeftyd ontvang om oorsee te reis en speel.

    Met ‘n toer wat vir September beplan word, sal 12 spelers van die deelnemende skole vir die junior- (o. 14 en o. 15) en seniorspan (o. 16, o. 17 en. o. 19) gekies word, deur WWS, om na Engeland te reis as All Star-groepe.

    Uitslae | Dag 2 

    [ninja_tables id=”39017″]

  • Kloof Netball Festival: WWS grants overseas opportunities to two teams

    Teams participating in the Kloof Netball Festival now have an added incentive to strive for excellence.

    Thanks to Worldwide Scholarships (WWS) stepping in as a sponsor, a junior and a senior team, made up of selected players, will earn the chance to travel overseas, which will act as a catalyst for intensified competition.

    Munya Maraire, the CEO of WWS, emphasised the importance of exposure and learning in sports development, and said WWS aims to connect players with international opportunities, including scholarships at universities.

    With a tour planned for September, WWS will select 12 players from the participating schools for the junior side (u14 and u15) and the senior team (u16, u17 and u19) to journey to England as All-Star squads.

    Munya Maraire, CEO of WWS, and Rene Straueli, the Head of Netball at Waterkloof.

    Maraire said: “Worldwide Scholarships is a multifaceted global sports, art, and academics organisation, impacting lives, communities, and nations.

    “We are the largest university placement agency in the African region, and we are here to empower the talent by linking scholars to international colleges and universities that match their God-given talents and abilities.

    “At Worldwide Scholarships we believe that each scholar is unique. Our assessment process is vigorous and using these assessment methods we have managed to link over 1 000 students with educational opportunities that have changed their lives for the better and led them to a pathway of achieving greatness.”

    The Kloof Netball Tournament organisers will also select the best junior and senior defensive teams. Additionally, they will recognise the junior and senior teams which concede the fewest goals in the tournament.

  • Vyf spanne onoorwonne op Dag 1 van Kloof-fees

    Die energie was tasbaar toe die eerste dag van Waterkloof se Kloof-netbalfees met entoesiasme en mag afgeskop het.

    Die toernooi, wat vier dae van intense mededinging en kameraadskap beloof, het netbal-entoesiaste van heinde en ver byeengebring.

    Eunice High School, Hoërskool Wesvalia, Hoër Meisieskool La Rochelle, Rand Park High School, Parel Vallei High School en Windhoek Afrikaanse Privaatskool het almal die openingsdag van die toernooi onoorwonne afgesluit.

    Te midde van die gewoel wat met die toernooi gepaardgaan, het ‘n verbysterende 107 spanne die bane aangedurf. Van dagbreek tot die laaste eindfluitjie in die aand het die bane gegons van aksie en die toejuiging van ondersteuners.

    Een van die uitstaande wedstryde van die dag was die naelbyt-kragmeting tussen die gasheer, Hoërskool Waterkloof, en Hoërskool Framesby, van Port Elizabeth. Soos die horlosie getik en die spanning toegeneem het, het albei spanne aanhou veg en geweier om in te gee. Na ‘n uitmergelende stryd, het Framesbury uiteindelik met 17-14 as oorwinnaars uit die stryd getree en Waterkloof beroof van ‘n onoorwonne titel vir die dag.

    Die o. 14-spanne skop Vrydagoggend om 07:30 dag twee van die toernooi af.

    Uitslae van Dag Een: https://drive.google.com/drive/folders/1kIP75iV5WiAMy_yT_8OhhwQ-Qn12Zszg?usp=sharing

     

     

  • Affies se Prestige-netbaltoernooi trek 17 skole 

    Affies se Prestige-netbaltoernooi trek 17 skole 

    NewsGAffiesNetbalDie Afrikaanse Hoër Meisieskool (Affies) is slaggereed om hul langverwagte Prestige-netbaltoernooi aan te bied, van 25 tot 27 Maart.
    Met nie minder nie as 17 skole wat vanjaar deelneem, is die tafel gedek vir ‘n opwindende vertoning van talent en sportmangees.
    Volgens Maggie du Plessis, Affies se direkteur van netbal en koördineerder van die toernooi, skryf skole hulself vrywillig in vir die gesogte toernooi.
     “Om die Prestige-netbaltoernooi vir ‘n 10de jaar aan te bied, is uiters opwindend,” sê Du Plessis, “vernaam met die deurlopende tradisie van uitnemendheid wat met die geleentheid geassosieer word.
    “Sommige skole is al ‘n dekade lank gereelde deelnemers, wat bydra tot die geleentheid se nalatenskap van mededing en kameraadskap.”
    Die toernooi dien as ‘n ideale platform vir skole om hul spanne te verfyn en talent te assesseer op die vooraand van die liga-seisoen.
    Du Plessis beklemtoon die belangrikheid daarvan om spelers se werklading te bestuur ten einde beserings te voorkom, met ‘n gestruktureerde formaat wat die aantal wedstryde, wat deur elke span gespeel word, beperk.
    Affies se eerste netbalspan het in 2023 met die louere weggestap, wat die kaliber van kompetisie by die toernooi beklemtoon.
    Du Plessis sien die geleentheid nie bloot as ‘n geleentheid vir spanne om hul vaardighede ten toon te stel nie, maar ook as ‘n manier om spangees en kameraadskap te bevorder deur uitdagende wedstryde en gedeelde ervarings.
    “Ons is opgewonde om die deelnemende skole te verwelkom vir nog ‘n toernooi van hoë-gehalte kompetisie,” voeg sy by.
    Die toernooi se se aansienlike omvang is duidelik, met 320 wedstryde wat oor 45 rondes geskeduleer is, en ‘n jaarlikse gehoor van 600 tot 800 toeskouers lok. Agter die skerms maak die toernooi staat op die toewyding van 180 beamptes en 65 skeidsregters, wat die gladde verloop van verrigtinge verseker.
  • Rekordgetal van 107 spanne by Kloof-netbalfees

    Die langverwagte Kloof-netbalfees vind hierdie week, van 21 tot 25 Maart, plaas by Hoërskool Waterkloof.

    Die fees moes noodgedwonge vanjaar uitbrei om ‘n rekordgetal van nie minder nie as 107 netbalspanne te akkommodeer.

    Nege-en-twintig topskole van regoor die land gaan aan die fees deelneem, waarvan sommige vir die 13de agtereenvolgende jaar terugkeer. Die Kloof-fees word beskou as die oudste fees in Pretoria.

    René Straeuli, netbaldirekteur van Waterkloof, vertel dat sedert die fees se begin in 2011, met 21 rondes en 20 spanne (beperk tot o. 19), het die toernooi eksponensieel gegroei.

    Weens oorweldigende belangstelling en ten spyte van die oorspronklike beplaning vir ‘n beperking van 90 spanne vir vanjaar se toernooi, was die organiseerders verplig om die fees uit te brei en die hoë aanvraag te akkommodeer. Dit beteken dat hulle uiteindelik ‘n rekordgetal van 107 spanne verwelkom om op 11 bane mee te ding.

    Ten spyte van die groeiende aantal spanne, prioritiseer organiseerders steeds spelerwelstand, vernaam aangesien dit die begin van die seisoen is. Met wedstryde wat van sonop tot laataand geskeduleer is, is organiseerders bedag daarop om oormatige inspanning en moontlike beserings onder spelers te voorkom.

    Die toename in navrae van nóg skole wat gretig is om deel te neem aan volgende jaar se fees, is ‘n bewys van die fees se sukses en reputasie.

    Vir 2025 is die teiken selfs hoër gestel op 120 spanne, wat ‘n propvol skedule, van 7:30 tot 20:00 oor al 11 bane vir drie en ‘n half dae, sal vereis.

    Die toernooi dien vroeg in die seisoen as ‘n voorbereidende platform, wat afrigters in staat stel om spankombinasies teen strawwe opposisie te evalueer en hul sterkste span van sewe spelers te finaliseer. Met 10 spelers wat per span toegelaat word, kan afrigters verskeie kombinasies en strategieë in werklike speeltoestande toets, wat help met finale spankeuses.

    Soos die fees sy 13de jaar betree, is die fokus dus steeds op spanvoorbereiding – wat ‘n unieke gestalte gee aan die fees.

    Boonop skep die fees waarlik ‘n feestelike familie-atmosfeer, met Sondagaand wat ‘n spesiale “Praise and Worship”-diens, gelei deur pastoor Jean Symons van Doxa Deo, Brooklyn, insluit. Dit bied ‘n geleentheid aan spelers, beamptes en ouers vir nadenke en dankbaarheid.

    Die wedstryde word ook in ‘n feestelike atmosfeer gespeel, so dit is letterlik ‘n fees vir die spelers om aan deel te neem.

    Die Kloof-netbalfees se akroniem vir 2024 is CHAMPION:

    CCommit to excellence

    HHave the same goals

    A Aspire to win

    MMore “we” less “me”

    P Perform to your best

    I –   Ignite Skills

    OOvercome obstacles

    N Neutralise the opposition

    Skole wat aan die toernooi gaan deelneem:

    1 Bergsig Akademie
    2 Hoërskool Brandwag
    3 Hoërskool Centurion
    4 Edugate Academy, Otjiwarongo Namibië
    5 Hoërskool Eldoraigne
    6 Eunice High School
    7 Hoërskool Framesby, Port Elizabeth
    8 Hoërskool Gerrit Maritz
    9 Hoërskool Hans Strijdom
    10 Helpmekaar Kollege
    11 Hoërskool Jeugland
    12 Hoërskool Kempton Park
    13 Hoërskool Klerksdorp
    14 HMS La Rochelle
    15 Ligbron Akademie vir Tegnologie
    16 Hoërskool Oos-Moot
    17 Hoërskool Oosterland
    18 Hoërskool Overkruin
    19 Hoërskool Parel Vallei
    20 Rand Park High
    21 Reddam House, Bedfordview
    22 Hoërskool Sentraal
    23 Hoërskool Transvalia
    24 Hoërskool Waterkloof
    25 Hoërskool Wesvalia
    26 Hoërskool Windhoek,  Namibië
    27 Windhoek Privaat Afr skool
    28 Hoërskool Witteberg, Bethlehem
    29 Hoërskool Waterkloof

     

     

     

     

     

  • Hoë verwagtinge vir Oranje-netbalmeisies

    Marguerite Croje (k), Amy Frohlich, Mariaan Louw, Jessica Barnard, Cara Smith, Anja Cohen, Nadine Jonck, Dine le Roux, Karin Truter, Danielle van Jaarsveld.

    Te midde van sowel die nalatenskap van vorige glories as die afwagting op toekomstige sukses wat swaar weeg, verwelkom C&N Sekondêre Meisieskool Oranje se eerste netbalspan ‘n nuwe leier, mev. Surita le Roux,  vir die uitdagings wat voorlê.

    Le Roux het voorheen, in 2000 en 2001, die span se lot bepaal en keer terug met ‘n magdom ervaring, asook vasberadenheid, om Oranje se roemryke status in die netbalwêreld te handhaaf.

    Le Roux wat op haar dag vir die senior spanne van die Vrystaat en Kovsies gespeel, en ook vir Suid-Afrika in aksienetbal verteenwoordig, het, het vantevore die Kovsies en Vrystaat o. 21’s afgerig, en was ook by Hoërskole Waterkloof en Sentraal, en Kingsmead College se spanne betrokke.

    Vanjaar se Oranjespan weerspieël ‘n mengsel van gesoute spelers en belowende nuwelinge. Met twee lede uit graad 10, vyf uit graad 11 en drie matrieks, verwelkom die span vyf vars gesigte: Danielle van Jaarsveld, Diné le Roux, Nadine Jonck, Karin Truter, en Anja Cohen.

    Le Roux verstaan maar alte goed die verantwoordelikheid wat verwagtinge teweegbring.

    “Ons het ’n groot taak om te verseker dat Oranje hul status van die afgelope klompie jaar handhaaf en gaan alles in die stryd werp om onder die top-5 in die land te eindig,” het sy te kenne gegee.

    Sy beskou die vyfde posisie in Suid-Afrika wat sy met die o. 15 A-span in 2022 vermag het, as een van haar loopbaanhoogtepunte. Verlede jaar het haar o. 16 A’s agste nasionaal geëindig en het hulle ‘n sesde plek op die Wildeklawer-toernooi behaal.

    Die span spog boonop met interessante familiebande en sportprestasies. Karin Truter kom uit ‘n geslag wat diep in netbal gewortel is, met haar ma, suster en twee tantes wat almal Oranje se eerste netbalspan-rokkie aangetrek het.

    Danielle van Jaarsveld is die tweede leerder in meer as ’n dekade om in dieselfde jaar Oranje se National Aquatic-swemspan en die eerste netbalspan te haal.

    Marianne Louw se broer, Johan, en Cara Smith se broer, Jean, het saam vir Grey-kollege se eerste rugbyspan in 2021 gespeel, twee jaar nadat Marguerite Cronjé, die kaptein van die span, se broer, George, dié span aangevoer het. Al drie was vir die SA Skolespan gekies, met Cronjé wat deesdae vir die Haaie in die Verenigde Rugbykampioenskap verteenwoordig.

    Smith se ma, Tania, het ook vir vier jaar (1994-97) Oranje se eerste netbalspan afgerig.

  • JF en Trekkers steeds onoorwonne in Wesgrow-reeks

    FOTO: Willie Kruger Fotografie

    Die afgelope naweek het weereens mededinging soos min opgelewer in die Wesgrow Sentrale Sportreeks, met Sentraal, Jim Fouché, Diamantveld en Voortrekker wat as oorwinnaars in hul onderskeie netbal-kragmetings op eerstespanvlak uit die stryd getree het.

    In Bethlehem het Sentraal teen die Hoërskool Witteberg te staan gekom en met ‘n telling van 47-23 geseëvier.

    Wittenberg se hulpverdediger, Lesedi Motloung, het uitmuntende spel opgedis. Die hulpdoel, Jané de Villiers, wat in die eerste, derde en vierde kwart op die baan was kan ook meer as tevrede met haar vertoning voel.

    Die HV het die hele tyd gespeel haar naam is Lesedi Motloung. Die HD het 1ste, 3de en 4de kwart gespeel. Haar naam is Jané de Villiers.

    JF het intussen in Welkom hul oorheersing van die kompetisie voortgesit met ‘n klinkende oorwinning van 53-17 oor Goudveld-Hoërskool. JF het tot dusver al hul wedstryde gewen, insluitende hul vorige kragmeting met Witteberg.

    Diamantveld het ‘n indrukwekkende vertoning gelewer om Hoërskool Trio, Kroonstad, met ‘n wegholsege van 63-19 op hul tuisveld te verslaan.

    Dit was ‘n beduidende uitslag vir Diamonds, aangesien hulle hul eerste wedstryd in die reeks met 33-46 teen Voortrekker verloor het.

    Van Voortrekker gepraat, die span het hul segetog voortgesit deur Hoërskool Fichardtpark met 42-24 te oorrompel. Voortrekker, interessant genoeg, is die enigste span wat tydens die naweek se aksie aan die wenkant was op hul tuisveld.

    Met twee oorwinnings reeds op hul kerfstok, insluitende hul oorheersing van Diamantveld in die vorige ronde (50-19), tree Voortrekker na vore as ‘n groot aanspraakmaker op die Wesgrow-titel.

    Al die uitslae: 

    o.19A: Voortrekker 42, Fichardtpark 24; Diamantveld 63, Hoërskool Trio 19; Jim Fouché 53, Goudveld-Hoërskool 17; Sentraal 47, Witteberg 23.

    o.17A: Voortrekker 20, Fichardtpark 11; Jim Fouché 24, Goudveld 16;

    o.16A: Voortrekker 19, Fichardtpark 7; Jim Fouché 30, Goudveld 4; Sentraal 40, Witteberg 7; Diamantveld 24, Trio 23.

    o.15A: Voortrekker 15, Fichardtpark 7; Jim Fouché 30, Goudveld 24; Sentraal 19, Witteberg 17; Diamantveld 28, Trio 9.

    o.14A: Voortrekker 19, Fichardtpark 18; Jim Fouché 18, Goudveld 8; Witteberg 18, Sentraal 16.

  • Jim Fouché looi Witteberg met 31 doele

    Hoërskool Jim Fouché: Lesedi Sebiloane, Elri Pieters, Zandria Bastone, Lindsey Neveling, Jenilee Kotze, Ansune Humphries, Dimpo Totola, Jana Rossouw, Roechelle van der Merwe.

    Hoërskool Jim Fouché (JF) het Dinsdagmiddag tuis hul oorheersing oor Hoërskool Witteberg met ‘n indrukwekkende oorwinning van 50-19 voortgesit.

    Jim Fouché het van die eerste fluitjie af die toon aangegee om ‘n vroeë voorsprong van 12-5 in die eerste kwart op te bou.

    In die tweede kwart het JF hul voorsprong verder vergroot na 25-9, en in die proses uitsonderlike spanwerk en koördinasie aan beide kante van die baan getoon.

    JF het nie alleen met hul aanvallende doeltreffendheid vir Witteberg laat wankel nie, maar ook uitmuntende verdedigingsvernuf tentoongestel.

    Die Bloemfonteinse span het beheer behou in die derde kwart om hul voorsprong na 34-14 te laat rek, maar dit was egter in die vierde kwart dat JF werklik losgetrek het

    Hulle het afgesluit met ‘n uitstaande spel wat die toeskouers in vervoering gehad het, en met ‘n indrukwekkende vertoning van aanvallende vuurkrag 16 verdere doele geskiet om Witteberg oortuigend met 31 doele te verslaan.

     

     

     

  • NWU Prestige-reeks: Sewe opwindende wedstryde die naweek

    NWU Prestige-reeks: Sewe opwindende wedstryde die naweek

    Die NWU Prestige-reeks gaan sy tweede naweek in met spanne van die Noordvaal wat slaggereed is om kragte te meet.

    Hierdie naweek vind daar sewe opwindende wedstryde plaas, met al 14 spanne wat vasberade is om vanjaar met die louere weg te stap.

    Die naweek se aksie skop af met ‘n tuiswedstryd vir Hoërskool Rustenburg, wat om 10:40 teen Hoërskool Wesvalia te staan kom. Hoërskool Marais Viljoen en Hoërskool Jeugland gaan ook om 10:40, by Marais Viljoen, sake uitspook.

    Hoërskool Lichtenburg gaan kragte meet met Hoërskool Pietersburg om 10:40 in Lichtenburg, terwyl Hoër Volkskool Potchefstroom tuis om 10:45 vir Hoërskool Zwartkop die stryd aansê.

    Daarna pak Potchefstroom Gimnasium om 10:40 vir Hoërskool Die Anker, by Gimmies, en speel Hoërskool Montana (BB) teen Hoërskool Oosterlig om 11:10 by Montana.

    Die laaste wedstyd vir die dag, om 11:50, is tussen Hoërskool Hugenote (Springs) en Hoërskool Klerksdorp.

    Al die wedstryde vind op Baan 1 plaas.