SSPN Test Site

Author: chmerwe

  • Garsies se Mia hou nou al die Bere-interhuis hoogspring rekords

    Die 17-jarige Mia Janse van Rensburg het geskiedenis gemaak toe sy Woensdag by Hoërskool Garsfontein se Interhuisbyeenkoms (Bere-interhuis) die o.19 hoogspringrekord verbeter het. Sy is daarmee nou die eerste leerder by Garsies wat ál die ouderdomsrekords, van o.14 (1.51m), o.15 (1.57m), o.16 (1.70m) o.17 (1.69m) tot o.19 (1.70m), op een slag hou.

    Mia se suksesvolle 2023-seisoen, toe sy sewe keer 1.70m gespring het, het in Februarie ‘n terugslag in die gesig gestaar weens ‘n geskeurde ligament wat sy opgedoen het toe sy ‘n bottel probeer mis trap het by die Gauteng-kampioenskap, slegs drie weke voor die Suid-Afrikaanse-kampioenskap.

    Ten spyte daarvan dat sy die verdediging van haar o.17 kampioenskap-titel misgeloop het, het sy ten volle herstel om spronge van 1.70m by vanjaar se eerste twee byeenkomste te behaal.

    Mia, wat sedert 2018 deur Eddie Grieb afgerig word, het Eddie se aandag getrek met haar styl en potensiaal gedurende haar o.12 jaar by die Atletiek Gauteng-Noord (AGN) se liga-byeenkomste.

    Haar deurbraak het in haar o.15 jaar gekom toe sy die AGN-span na die SA’s in 2021 gehaal het. Teen die einde van daardie jaar het sy haar persoonlike beste tot 1.73m verbeter, wat die weg gebaan het vir verdere prestasies.

    Mia Janse van Rensburg FOTO: Cecilia van Bers

    Tydens die Pretoria A-Bond Interhoër van 2022 het Mia haar persoonlike beste tot 1.76m verhoog en die Interhoër-rekord (o.16) met ses sentimeter verbeter. Dié rekord het vroeër aan Affies se Anje Nel behoort. Nel het die rekord in 2020 opgestel.

    In 2022 het Mia die o.17-kampioen by die ASA Junior SA’s geword terwyl sy nog o.16 was. Sy het die sesde plek by die Senior SA’s verseker en ‘n plek in die senior SA-span verwerf. Mia het haar sukses voortgesit met ‘n sewende plek by die Afrika-kampioenskappe in Mauritius.

    Eddie, ‘n voormalige hoogspringer, het na afrigting oorgeskakel na sy seun se betrokkenheid by hoogspring in 2012. Sy tydelike afrigtersrol by Garsfontein het permanent geword, wat daartoe gelei het dat hy ‘n gekwalifiseerde hoëvlak-afrigter geword het.

    Mia wil graag vir die Wêreld Junior-kampioenskap in Lima, Peru kwalifiseer deur ‘n sprong van 1.80m voor April te behaal. Haar onwrikbare vasberadenheid en intense fokus en wilskrag, selfs tydens vakansies, weerspieël haar toewyding.

    Mia beplan om argitektuur by Tukkies te studeer terwyl sy hoogspring nastreef, en hoop om vir die Olimpiese Spele in 2028 te kwalifiseer.

  • Menlo spog met nuwe tartanbaan wat talle rekords in die slag laat bly

    Geen van die Hoërskool Menlopark se interhuis-rekords op die baan is meer veilig nie.

    Die Parkies wat met ‘n trotse atletiekrekord spog het vroeër vanjaar op 19 Januarie hulle eerste interhuis op hul spoggerige nuwe tartanbaan gehou.

    Nie minder as 13 baanrekords het op dié byeenkoms in die slag gebly nie. ‘n Verdere sewe velditems spog ook met nuwe rekords.

    Albei die 100m- en 400m-naellope vir meisies o.19 waarvan een rekord reeds sedert 1971 staan het in die slag gebly.

    Menike van den Berg (o.19) het die 53 jaar oue rekord in die dogters 100m verbeter toe sy in 11.74 sekondes oor die eindstreep genael het. Dié vorige rekord het sedert 1971 agter die naam van Claudi van Straaten (11.80) gestaan.

    Colleen Scheepers het ook in ‘n tyd van 11.79 sekondes kort op Van den Berg se hakke vinniger as Van Straaten se rekord oor die eindstreep genael. Dié rekord was amper net so oud soos die skool van die Jakarandastad wat in 1963 gestig is.

    Scheepers het ook in ‘n blitsige 56.08 sekondes die 400m gewen om die rekord van Tihanna Vorster (56.70) uit die rekordboeke te vee. Vorster het haar rekord in 2003 opgestel.

    Die hekkiesloper, Megan Nieman (o.15) het na vore getree as ‘n uitblinker wat die geskiedenis herskryf het met twee nuwe rekords.

    Sy het Erasel Boer se rekord van 13.20 sekondes in 90 m-hekkies wat sedert 2020 staan met ‘n skitterende 12.43 sekondes oortref. Nieman het boonop die 300 m-hekkies oorheers en ‘n 12 jaar oue rekord van 45 sekondes wat deur Hestia Hanekom opgestel is, met ‘n blitsige 44.37 sekondes oortref.

    Twee van Nieman se eie rekords het ook in die slag gebly. Sy het die rekord vir die 90m-hekkies vir meisies o.14 verlede jaar tot 13.60 sekondes verbeter. Janelle Kirkpatrick het die rekord tot 13.46 sekondes verbeter.

    Die rekord vir 300m-hekkies (46.40) van Nieman is ook deur Kirkpatrick tot 45.71 sekondes verbeter.

    Werner Bezuidenhout (o.19) het ook die nuwe baan ten volle benut en twee rekords in die slag laat bly.

    Hy het in 10.46 sekondes hakskene vir sy teenstanders in die 100m vir seuns gewys. Dit het dié rekord (10.50) wat deur Rivaldo Roberts (1981) en Johan van Vuuren (2014) gedeel is, verbeter.

    Bezuidenhout het ook in die 110m-hekkies met ‘n wentyd van 13.84 sekondes die rekord van 14.20 verpletter. Dié vorige rekord het sedert 2019 aan Michael Schoeman behoort.

    Kaiden Beukes (o.14) het gewys dat hy in die toekoms nog goud werd vir sy skool kan wees. Hy het die 100m vir seuns in 11.64 sekondes gewen. Dit het die vorige rekord van 11.70 deur Leon Pretorius (2012) na 12 jaar uit die rekordboeke gevee.

    Danie Bothma (o.15) het ook een van die ouer rekords van dié byeenkoms in die slag laat bly. Die rekord vir die 400m vir seuns o. 15 het sedert 1976 agter die naam van Werner Stals (51.90) gestaan. Dié rekord pryk nou op ‘n haastige 51.72 sekondes agter Bothma asook Llewellyn van Heerden se name.

    Hou maar vanjaar ook weer vir Alicia Khunou dop. Sy behoort weer nie haar gelyke in die worpe vir meisies o.19 te hê nie.

    Khunou het haar suster Lesedi se rekord in die diskus van 46 meter met ‘n uitmuntende poging van 50.93 meter uit die rekordboeke gevee. Lesedi Khunou het die rekord in 2022 opgestel.

    Alicia het ook die gewigstoot-rekord met ‘n poging van 14.74m agter haar naam geskryf. Die vorige rekord (14.23) het sedert 2020 agter die naam van Bodine Degli-Umberti gestaan.

    Chirsté Loedolff het self vir opwinding gesorg deur Alicia Khunou se o.17-diskusrekord met ‘n poging van 45.61m te oortref. Khunou het die rekord verlede jaar met ‘n gooi van 45.27m opgestel.

    Aiden Erasmus (o.17) het die diskusrekord van Lohan Potgieter (53.14m) tot 54.89m verbeter. Potgieter het in 2018 tydens die Afrika Jeugspele die silwermedalje in die gewigstoot verower. Hy het sedertdien vir die Cheetahs op die rugbyveld sy buiging gemaak. Potgieter se diskusrekord is ook in 2018 opgestel.

    Jaco van Dyk (o.14) het die gewigstoot vir seuns se rekord tot 16.81m gerek. Dié rekord het voorheen agter die naam van Liam Pavier (16.66m) gestaan. Pavier was in 2019 asook in 2020 die Nieu-Seelandse skolekampioen in dié nommer.

    Menlopark wat bekend is vir sy uitstekende atletiekprogram het met die tartanbaan ‘n reuse tree gegee om dié sport ná ‘n nog hoër vlak by die skool te neem.

    Vir jare was ‘n tartanbaan ‘n groot droom vir dié skool en in Julie 2023 het die skool ‘n “Groet die Gras-seremonie” gehou waar die hele skool vir oulaas om die grasbaan gehardloop het.

    Bouwerk het voluit op 1 Augustus afgeskop en die gras moes plek maak vir die tartan.

    Daar is effektief gewerk en op 8 Desember was die tartan gereed vir die merk van die bane. Teen 20 Desember is die bane finaal gemerk en was gereed vir die begin van die nuwe skooljaar.

    Dié tartanbaan is slegs die vierde in Suid-Afrika wat deur ‘n skool gebou is. Die oudste tartanbaan by ‘n skool is reeds in 1978 deur die Hoërskool Hans Strijdom in Naboomspruit (deesdae Mookghopong) in gebruik geneem. Noordheuwel van Krugersdorp en Queen’s College in Queenstown is die ander skole wat met hul eie tartanbane kan spog.

    Queen’s College se baan is verlede jaar in gebruik geneem.

  • BOYS: Western Province bag the u15-title with one-point victory over KZN

    BOYS: Western Province bag the u15-title with one-point victory over KZN

    In the u15 finals for boys during the South Africa Inter-Provincial Water Polo Tournament in Gqebera, Western Province clinched victory with a narrow one-goal (7-6) over KwaZulu Natal.

    Watch all the action from the 2023 edition of the Water Polo IPT again on SuperSport Schools (www.supersportschools.com).

    Benjamin Stander stood out with an impressive performance, scoring three crucial goals that played a pivotal role in Western Province’s success.

    Final

    Western Province A 7  – Goals: Benjamin Stander (3), Alex Barrett, Harry Oldham, Daniel Fisher, Andrew Reynolds. KwaZulu-Natal 6  – Goals: Levi Thom (2), Thomas Francke (2), Thomas Aylward, Musawenkosi Mponda.

    3th/4th Playoff

    Central Gauteng A 8 – Goals: Roan Wessels, Danilo Giuricich, Matthew Cross, Dylan Gander, Cooper Haworth (2), Troy Pasqualle, Ryan Morley. Buffalo City 3 – Goals: Michael Russell (2), Daniel Woodin.

    5th/6th Playoff

    Nelson Mandela Bay 8  – Goals: Dane Paterson (3), Adam Ball (2), Blake Parker, Christian Chandler, Daniel Henning. Western Province B 7  – Goals: Rupert Robinson (3), Thomas Cruikshank, Ross Prinsloo, Colin Douglass, Tim Farrell.

    7th/8th Playoff

    Central Gauteng B 8 – Goals: Luke Shipway (2), Matthew Peacock, Brayden Macfie, Peter Phillip Zigiriadis, Daniel Pronk. Northen Tigers A 1  – Goals: Ettiene Sean van der Merwe.

    9th/10th Playoff

    Zimbabwe 7  – Goals: Nicholas Roukounis, Daniel Oxden-Willows, Tapfuma Taundi, Partick Duff, Bongani Dube, Liam Chicksen, Blaise Scheepers. Eastern Gauteng 4  – Goals: Connor Michael Cockcroft (2), Andrew Christopher Castley.

    11th/12th Playoff

    Eden District 11  – Goals: Rorke Bubanje (4), Luca Whitehead (3), Sebastian Hiemstra, Nash Lederle, Julien Coetzee, Thando Frans. Northen Tigers B 4  – Goals: Connor Kennealy (3), Stephan  van Tonder.

    Kind regards,

    Charné van der Merwe
    Sprinter
    Super Schools News
    +27 82 479 3006
    charne@superschoolsnews.co.za

  • GIRLS: Stander stars as Central Gauteng take the u14 crown in Gqeberha

    GIRLS: Stander stars as Central Gauteng take the u14 crown in Gqeberha

    Central Gauteng secured victory in the u14 girls’ finals at the South African Inter-Provincial Water Polo Tournament in Gqeberha, winning by a single goal against Western Province (4-3).

    Watch all the action from the 2023-edition of the Water Polo IPT again on SuperSport Schools (www.supersportschools.com).

    Hannah Stander’s standout performance, marked by two decisive goals, played a key role in securing the championship for Central Gauteng, showcasing both individual skill and team unity. Stander also finished the tournament as the top goalscorer with 16 goals in total.

    Her teammate Keira Holland was the runner-up with 15 goals scored in Gqeberha.

    Results | Day 5

    Final

    Central Gauteng A 4 – Goals: Hannah Stander (2), Keira Holland, Jessica Eblen. Western Province A 3 – Goals: Nina Bakker, Jessica Bosch, Jessica Bester.

    3th/4th Playoff 

    KwaZulu-Natal 4 (3) – Goals: Maggy Matthews (3), Peta Mazery. Buffalo City 4 (3) – Goals: Kate Booyens, Giselle Hurly, Jodi Boettger, Sarah-Jane Mouton.

    5th/6th Playoff

    Nelson Mandela Bay A 4 – Goals: Charlotte Von Bochove (2), Limpo Mbata, Jasmine Apps. Western Province B 1– Goals: Carolyn Lord.

    7th/8th Playoff

    Eden District 5(2) – Goals: Mela Loubser (2), Mia Gibson (3). Zimbabwe 5 (3) – Goals: Mazvita Zuze (2), Tariro Myburgh, Holly Rossiter, Jessica Honey.

    9th/10th Playoff

    Central Gauteng B 9 – Goals: Charlotte Jolley (3), Olesego Moleme (2), Chloe Chapman, Gabriella Lobban, Taylor Dukes, Sarah Silcock. Nelson Mandela B 1 – Goal: Lucy Holderness.

  • GIRLS: Central Gauteng keep their u16-title at the IPT Water Polo in Gqeberha

    GIRLS: Central Gauteng keep their u16-title at the IPT Water Polo in Gqeberha

    In a thrilling final, Central Gauteng successfully defended their title as champions of the u16 Girls’ South Africa Inter-Provincial Water Polo Tournament with an 8-4 victory over KwaZulu-Natal, highlighting their teamwork and skill.

    Julia Joseph scored three goals as her team secured the title.

    Watch all the action from the 2023-edition of the Water Polo IPT again on SuperSport Schools (www.supersportschools.com).

    Western Province bagged the third position after defeating Buffalo City by 6-4 in the playoff match.

    Results | Day 5

    Final

    Central Gauteng A 8 – Goals: Julia Joseph (3), Anastasia Hambakis (2), Courtney Calenborne, Ciara Simpson, Emma Pelicot. KwaZulu-Natal 4 – Goals: Kayla Andrews (3), Gemma Malherbe.

    3th/4th Playoff

    Western Province A 6 – Goals: Sophie Vickers, Sarah Palframan, Anna Liberman, Bella Murray, Kelly Cadiz, Kristen Bottger. Buffalo City 4 – Goals: Erin Batting, Chuma Magobongo, Giselle Hurly, Meka Lootz.

    5th/6th Playoff

    Nelson Mandela 9 – Goals: Mia Tanner (3), Lize Horn (2), Jessica Stevens (2), Amy Botha, Lily Nomoyi. Zimbabwe 5 – Goals: Tyla Love (2), Tayleigh Taylor (2), Taya Sydney Smyth.

    7th/8th Playoff

    Central Gauteng B 9 – Goals: Alisha Beswick, India-Rose Cope, Giorgia Leather, Taylor Billett (2), Erin Blackburn, Holly Franks, Mia Duffy, Emily Townsend. Western Province B 5 – Goals: Melissah Styles (2), Jeanne Jordaan (2), Gina Casey.

  • Stellenberg se internasionale oorwinning met 507 doele in slegs nege wedstryde

    Stellenberg se internasionale oorwinning met 507 doele in slegs nege wedstryde

    Hoërskool Stellenberg is as die Internasionale Jeugnetbalkampioen by die 12de Internasionale Jeugnetbaluitdaging aangewys wat van 21 tot 27 November in Singapoer gehou is.

    Hierdie geskiedkundige oorwinning was die skool se eerste titel ooit in die toernooi.

    Nege toegewyde spelers van die skool het op 17 November van Kaapstad na Singapoer vertrek en die oggend van 18 November in Singapoer geland.

    Na ‘n seëvierende reeks wedstryde het hulle op 28 November met trots as kampioene na Suid-Afrika teruggekeer.

    Om te kon kwalifiseer vir hierdie toernooi, moes die span die Kaapstad-streek verower het, waarna hulle na die Topskole-streek (Kay Motsepe) gevorder het en uiteindelik as oorwinnaars uit die stryd in die Kay Motsepe-streek getree het.

    Stellies het uitsonderlike bekwaamheid ten toon gestel en die toernooi begin met ‘n oorwinning van 39-16 teen Boitumelong.

    Daaropvolgende was oorwinnings teen Bukit Jalil Sports School, Maleisië (71-17), Bacchus Marsh Grammar, Australië (48-21), Singapore Sports School (56-17), Singapoer o.14 (58-11), Hong Kong Netbal Akademie (63- 7) en Tanglin Trust Skool (57-22).

    In die halfeindronde het hulle weer teen Boitumelong te staan ​​gekom en ‘n oorheersende oorwinning van 55-18 behaal en hul plek in die eindstryd verseker.

    In die kampioenskapswedstryd het hulle sterk begin en Bacchus Marsh Grammar, Australië met ‘n oorwinning van 60-20 verslaan.

    Ten spyte van uitdagings soos lugdruk en onbekende kos, het die span ‘n indrukwekkende 507 doele oor nege wedstryde aangeteken.

    Megan Jones is ook tydens die toernooi met die titel van Mid Court-speler bekroon.

    Pamela Frylinck, afrigter van die wenspan het die belangrikheid van die oorwinning uitgespreek en beklemtoon die twee jaar lange reis saam met die o.15-span, die oorkom van uitdagings en die vasberadenheid wat nodig is om onoorwonne te bly deur die hele netbalseisoen.

    Selmari Goosen, spanbestuurder en Frylinck het die goed georganiseerde toernooi, die stiptelikheid van wedstryde, akkurate statistiekblaaie asook die gasvryheid en sorg die fasiliteite geloof.

    Hulle het ook die Kay Motsepe-stigting bedank vir die geleentheid en dank uitgespreek teenoor alle ondersteuners wat by die span gestaan ​​het tydens hul reis.

  • Oranje se Rumé Burger wys weer haar staal by Grey/OMS-atletiekbyeenkoms

    Oranje se Rumé Burger wys weer haar staal by Grey/OMS-atletiekbyeenkoms

    FOTO: Dirkie Groenewald/DKM Action Photography

    Die Mangaung-stadion in Bloemfontein het die afgelope naweek gasheer gespeel toe 31 skole en 1089 talentvolle atlete op die baan toegesak het vir die Grey/OMS-atletiekbyeenkoms.

    Onder die uitblinkers was Rume Burger van Oranje Meisieskool wat oorwinnings behaal het in die 100- en 200-meter wedlope vir meisies o.15, met tye van onderskeidelik 12.33 en 25.04 sekondes behaal het.

    Hierdie vertonings het haar altesaam 1000 en 901 punte besorg.

    Charné Vermeulen van Hoërskool Rustenburg het die o.17-afdeling oorheers en in die 100m- en 200m-naellope geseëvier met tye van 11.92 en 23.86 sekondes.

    Danell Oelofse van Jim Fouché het in die 3000 m-wedloop vir meisies o.15 die wenstreep in 10:36.20 oorgesteek.

    Intussen het Megan Niemann van Menlopark die 90m-hekkies in 12:57 sekondes gewen en daarmee ‘n perfekte 1000 punte verdien.

    Danyelle Pienaar, ook van Oranje Meisieskool het albei die 90m-hekkies (12:49) en die 300m-hekkies (44.47) vir meisies o.15 gewen. Pienaar is ook die nasionale 300m-hekkieskampioen en die nasionale naaswenner in die 90m-hekkies.

    Diné le Roux van Oranje Meisieksool het die o.16-dogters 100m-hekkies verseker met ‘n tyd van 14.22 sekondes, terwyl Liné de Villiers (Menlopark, o.14) die 300m-hekkies in 58.14 sekondes gewen het.

    By die veldnommers het Marli Jacobs (Goudveld-Hoërskool) as wenner uit die stryd getree in die o.14-gewigstoot met ‘n poging van 13.33m, terwyl Ashlynn Nel van Menlopark in die o.16 gewigstoot met ‘n afstand van 14.57m gewen het.

    Carli Taljaard van Goudveld-Hoërskool het in die o.15-diskus oorwinning behaal met ‘n afstand van 39.41m gevolg deur Merlé Janse van Rensburg (Menlopark) met 38.92m.

    Judy Watson van Fichardpark het tydens die o.16-diskus ‘n gooi van 47.86 gelewer en ‘n perfekte telling van 1000 behaal.

    Die o.17-diskus was straf, met Alicia Khunou van Menlopark wat die eerste plek behaal het met ‘n gooi van 50.36m, Mignon le Grange van Hoërskool Rusenburg het die tweede plek met 43.97m verseker, terwyl Cellonika van der Berg van Menlopark die derde plek behaal het met 41.47m.

    Jaylin van Dyk, ‘n indiviuele inskrywing, het as oorwinnaar uit die stryd getree in die hamergooi-nommer vir meisies o.16 met ‘n gooi van 54.74m.

  • Top atletiek word die naweek by die Grey/OMS-atletiekbyeenkoms verwag

    Top atletiek word die naweek by die Grey/OMS-atletiekbyeenkoms verwag

    FOTO: Marius Nortje

    Dis weer tyd vir die jaarlikse Grey/OMS-atletiekbyeenkoms met 31 skole, 50 spanne en ‘n verstommende 1089 atlete wat by die Mangaung-stadion in Bloemfontein saamtrek.

    Sedert die ontstaan van die byeenkoms in 1999 dien dit as ‘n platform waar uitsonderlike atlete oor die jare ‘n nalatenskap gelaat het en het hul Suid-Afrika op die Olimpiese Spele, Statebondspele of senior Wêreldkampioenskap verteenwoordig.

    Atlete soos Anneri Ebersohn (Oranje), Wayde van Niekerk, LJ van Zyl, Johan Cronjé, Rynardt van Rensburg, PC Beneke (Grey College), Zeney van der Walt, Yolandi Stander (Affies Meisies), Jacques Freitag, Lehann Fourie, Pieter Conradie (Affies Boys) Dumisane Hlaselo (HTS Louis Botha) en Justine Palframan (Eshowe) het almal rekords opgestel met sommiges wat vandag steeds staan.

    Oranje Meisieskool spog egter steeds met vier byeenkomsrekords. Elizna Schultz het in 2000 ‘n rekord opgestel vir die 1 500 m o.14-kategorie, met 04:48.50. Germarie Spershott het in 2019 meegebring en behou steeds die record vir die 300m hekkies o.15-kategorie met ‘n tyd van 44.33.

    Charné Wansbury se blitsige naelloop in 2019 in die 200m o.14-kategorie is steeds ‘n rekordtyd van 24.96 en Roline Louw het in 2022 die nuwe rekord in die 100m hekkies o.17-kategorie met 14.15 opgestel.

    Grey Kollege stap vanjaar met ‘n jong en dinamiese span op die baan – met slegs drie matrieks.

    Ongeag is dit nie ‘n span om te onderskat met top-atlete wat die spogskool gaan verteenwoordig.

    Franco le Roux, die skool se Atletiekkaptein, is ‘n blink ster. Sy silwermedalje-oorwinning by vanjaar se SA Skolekampioenskappe in die o19 110m Hekkies is ‘n bewys van sy besonderse vaardigheid en toewyding.

    Heinrich van der Wath, wat aan die o19 400m deelneem, het reeds die titel van SA Skolekampioen vir 2023 ingepalm. Hy het ook ‘n silwermedalje vir die 400m Hekkies behaal, wat sy veelsydigheid en vasberadenheid ten toon stel.

    Heinrich Theron, die o.17 Vrystaat-kampioen in gewigstoot, het rekords laat spat met ‘n verstommende gooi van 18.75m. Sy rou krag en akkuraatheid maak van hom ‘n krag om mee rekening te hou.

    Jurgen Nortje, net 14 jaar oud en in graad 8, maak reeds opslae. As ‘n 800m-atleet hou hy die titels van o15 SA Skolekampioen en o16 ASA-kampioen, wat ‘n blink toekoms in die wêreld van atletiek aandui.

    Die byeenkoms sal regstreeks op SuperSport Schools uitgesaai word.

  • Kyla Dames behaal merkwaardige netbalprestasies in skoleloopbaan

    Kyla Dames behaal merkwaardige netbalprestasies in skoleloopbaan

    Op die gebied van sport skyn sekere individue helderder en Kyla Dames (18), ‘n leerling aan Hoër Meisieskool Paarl, staan as ‘n merkwaardige talent, wat deur die jare haar stempel op die netbalbaan afgedruk het.

    Kyla was in graad-4 toe haar afrigter haar potensiaal raakgesien het en haar na die senterposissie geskuif het. Dit is ook hier waar sy besef het sy ‘n groot liefde vir die sport het.

    Deur haar skoolloopbaan was Kyla se prestasies in netbal indrukwekkend waar sy deurgaans op skool uitgeblink het, ‘n plek in Hoër Meisieskool Paarl se eerstespan behaal het en merkwaardige mylpale bereik het.

    In 2016 het sy ‘n plek in die Westelike Provinsie o.11-span verwerf en die span as kaptein gelei. Die volgende jaar het sy, weer as kaptein, gesorg dat die Wes-Kaap o.12-span ‘n bronsmedalje verower het. In 2018 het Kyla se leierskap as kaptein voortgegaan met die Wes-Kaap o.13-span wat silwer gewen het. Haar toppunt as kaptein was in 2019 toe die Wes-Kaapse o.14-span ‘n glorieryke goue oorwinning behaal het.

    Kyla se toewyding het verder as haar tuisland gestrek aangesien sy Suid-Afrika in die aksienetbalspan verteenwoordig het tydens ‘n toer na Australië en bygedra tot oorwinnings in die nasionale toernooi.

    Tenspyte van ‘n terugslag weens ‘n besering in 2022, het die Hoër Meisieskool Paarl se eerste span met die louere as kampieone by die Wildeklawer-toernooi weggestap en ‘n tweede plek in die land by DStv Topskole behaal.

    In 2023 het haar leierskapsvaardighede op die voorgrond getree toe sy dieselfde span tot ‘n merkwaardige derde plek in die land by DStv Schools Challenge gelei het.

    Kyla was ook deel van die Wes-Kaapse o.18-span waar sy weer as kaptein gesorg het dat die span van ‘n goue medalje vir haar provinsie verseker het.

    Haar bydraes het haar ook ‘n plek in die gesogte SA o.18-groep besorg, waar sy uitgestaan het as die beste senterbaanspeler van die toernooi.

    Onder haar talle prestasies was Kyla se uitstaande prestasie om as die algehele beste speler by die Wildklawer-toernooi aangewys te word waar sy met van die land se beste skolenetbalspelers meegeding het vir die titel.

    Kyla streef daarna om vir Maties te speel en hoop sy kry die geleentheid om te proef vir Tornados of Stings.

    Haar groot droom reik egter selfs verder – die Suncorp League in Australië, waar die wêreld se beste netbalspelers op die hoogste vlak meeding.

    Onder die vele hoogtepunte van Kyla se merkwaardige jaar, staan die interskole-wedstryd teen Paarl Gimnasium uit.

    Terwyl die matrieks hul skoolloopbaan vaarwel roep het, het Kyla en haar span oorwinning behaal – nog ‘n hoogtepunt wat sy by haar storie gevoeg het.

    As dit by rolmodelle kom, kyk Kyla op na Steph Wood wat Australië se Diamonds verteenwoordig en haar netbaleienskappe van harde werk en kalmte op die baan.

    Die sterspeler is dankbaar vir ouers wat haar motiveer en haar dryfkrag agter haar talent is en sluit haar skolenetbalseisoen met dankbaarheid af.

     

     

     

  • Uppies-netbalspanne behaal merkwaardige prestasie

    Uppies-netbalspanne behaal merkwaardige prestasie

    Hoërskool Upington se netbalspanne het vanjaar ‘n merkwaardige prestasie behaal toe vier van hul netbalspanne in verskillende ouderdomsgroepe – o.14, o.15, o.16 en o.19 in die liga meegeding het wat begin het by streek, distrik en dan die provinsiale uitspele.

    Die spanne het vele hoogtepunte beleef met hul gesamentlike kwalifisering van al hul oorspronklike ligaspanne vir die gesogte Suid-Afrikaanse-netbaltoernooi.

    By die provinsiale uitspeelwedstryde het Upington se netbalspanne uitsonderlike talent en spanwerk getoon en die volgende posisies in die Noord-Kaap verseker: o.14 – 1ste plek, o.15 – 2de plek, o.16 – 1ste plek en o.19 – 2de plek.

    Die spogprestasies het nie daar gestop nie en die netbalspanne het indrukwekkende ranglysprestasies ná intense uitspeelwedstryde behaal.

    Die o.14-span het die 20ste plek behaal, die o.15-span het die 8ste plek behaal, die o.16-span het die tiende plek behaal, en die o.19-span het die 23ste plek behaal.

    Uppies se netbalspanne was gelukkig om onder die mentorskap van gesoute professionele persone te staan ​​wat ‘n deurslaggewende rol in hul sukses gespeel het. Esmarie Botha het die o.14-span gelei, Marline Basson het die o.15 Span afgerig, en die o.16 en o.19-spanne is kundig gelei deur Christine Esterhuizen.