Results
Jeppe High School for Boys’ Kemptonpark
Jeppe High School for Boys’ 26, St. Stithian’s College 23
Jeppe High School for Boys’ 15, St. John’s College 23
Players:
Results
Jeppe High School for Boys’ Kemptonpark
Jeppe High School for Boys’ 26, St. Stithian’s College 23
Jeppe High School for Boys’ 15, St. John’s College 23
Players:

The 2017 school rugby season is in full flight this Saturday with most of the Western Cape and Eastern Cape schools also joining the party this weekend.
In the Noordvaal Region the Tuks Series reaches the quarterfinal stage. The one set of quarterfinals will be hosted by Hoërskool Garsfontein at the LC de Villiers Stadium in Pretoria, while the other will be hosted by Nelspruit.
In Paarl their is the Premier Interschools match between Paarl Gimnasium and Affies which will be the match not to miss this weekend.
Paul Roos Gimnasium also hosts their annual rugby day in Stellenbosch. The hosts will be taking on HTS Drostdy of Worcester in the main match, with Boland Landbou, Wynberg Boys’ High, Oakdale Landbou and France u17 also getting their season’s started on the rugby day.
The annual Graeme College Rugby Day is another highlight this Saturday with the hosts taking on Selborne College in the main match in Grahamstown.
If we missed any first XV games that should be on the list or you want to submit any results please drop a mail to hannes@rugby.supersportschools.com
Tuks Series Quarterfinals
| Garsfontein | 41 | Menlopark | 25 |
| EG Jansen | 47 | Kemptonpark | 15 |
| Nelspruit | 26 | Eldoraigne | 25 |
| Monument | 14 | HTS Middelburg | 12 |
| Pietersburg | 13 | Klerksdorp | 7 |
| Transvalia | 42 | Rustenburg | 41 |
Graeme College Rugby Day
| Selborne College | Graeme College | ||
| St. Andrew’s College | 31 | Hudson Park | 7 |
| Kingswood College | 12 | Pearson | 7 |
| Grey High School | 11 | Marlow Landbou | 11 |
| Framesby | 6 | Queen’s College | 3 |
| Dale College | 21 | Brandwag (Uitenhage) | 21 |
| Nico Malan | Union HS | ||
| Muir College | Cambridge |
AHS Kroonstad Volkswagen Sports Day
| AHS Kroonstad | 27 | Hentie Cilliers | 17 |
| Helpmekaar | 31 | Welkom Gimnasium | 7 |
| Witteberg | 15 | Goudveld | 7 |
| Hoërskool Kroonstad | 7 | Ficksburg | 0 |
| Brandfort | 47 | Harrismith | 21 |
| Wessel Maree | 12 | Schweizer-Reneke | 17 |
Paul Roos Gimnasium Rugby Day
| Paul Roos Gimnasium | 32 | HTS Drostdy | 19 |
| Boland Landbou | 77 | Windhoek HS | 5 |
| Oakdale Landbou | 22 | France u17 | 44 |
| De Kuilen | Langenhoven Gimnasium | ||
NWU-Pukke Prestige Series
| Noordheuwel | Marais Viljoen | ||
| Hugenote (Springs) | Jeugland | ||
| Potchefstroom Gimnasium | 38 | Montana | 25 |
| Driehoek | 36 | Die Anker | 21 |
| HTS Witbank | 28 | Potchefstroom Volkskool | 24 |
| Zwartkop | 24 | Randburg | 17 |
| Lichtenburg | 22 | Oosterlig | 18 |
| Wesvalia | Middelburg HS |
NWU-Pukke Sport Series
| Hoërskool Alberton | 19 | Hoogenhout | 9 |
| Secunda | 58 | Brits | 0 |
| Dr. Malan | 18 | Linden | 0 |
| Bastion | 44 | Standerton | 6 |
| Hans Moore | 20 | Riebeeckrand | 13 |
| Goudrif | President | ||
| Hartebeespoort | 27 | Benoni High | 18 |
| Birchleigh | Elspark |
NWU-Pukke 16 Series
| Pionier | 31 | Pretoria-Noord | 0 |
| Bekker | 22 | Vryburg | 15 |
| Stoffberg | Volksrust | ||
| Fochville | 38 | Leeuwenhof | 32 |
| Piet Retief | 42 | Delmas | 28 |
| Overvaal | 33 | Schoonspruit | 13 |
| Oosterland | Ferrum | ||
| Wolmaransstad | 36 | Alberton High | 22 |
NWU-Pukke Interprovincial Series
| Ben Vorster | 44 | Frikkie Meyer | 6 |
| Oos-Moot | 68 | Wonderboom | 26 |
Free State/Griqualand West
| Grey College | 30 | Maritzburg College | 3 |
| Upington HS | 23 | Augsburg Gimnasium | 17 |
| Voortrekker | 62 | Sentraal | 24 |
Noordvaal
| King Edward VII | 31 | Pretoria Boys’ High | 0 |
| St. John’s College | 23 | Jeppe High School for Boys’ | 15 |
| Southdowns College | 47 | Penryn College | 3 |
| Parktown Boys’ High | 36 | St. Benedict’s College | 17 |
Western Cape
| Paarl Gimnasium | 35 | Affies | 33 |
| Durbanville | 36 | Swartland | 10 |
| Hugenote (Wellington) | 29 | Hermanus | 26 |
| Stellenberg | Oudtshoorn HS | ||
| Augsburg Gimnasium | Upington HS | ||
| President | 31 | Eben Donges | 7 |

Dit sal nou wel Saterdag die eerste amptelike interskole tussen Paarl Gimnasium en die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria wees, maar die twee skole se eerste spanne weet presies wat om van mekaar te verwag.
Die wedstryd is die eerste van vanjaar se Premier Interschools en word van 12:00 af regstreeks op SuperSport gebeeldsend.
Dié twee skole se eerste spanne het mekaar sedert 2005 al nege keer die stryd aangesê. Hulle was slegs nie in 2010, 2013 en 2016 slaags nie. Dit is jammer dat die twee eerste spanne mekaar nie destyds in 2013 ontmoet het nie. Albei spanne het daardie seisoen onoorwonne afgesluit en ‘n wedstryd tussen die twee spanne sou destyds bepaal het wie sonder twyfel die voorste skolespan vir 2013 in Suid-Afrika was.
Affies het verlede week ‘n belangrike sege van 31-19 oor Helpmekaar-kollege in Johannesburg behaal. Die span van die Jakarandastad het reeds vanjaar in Kimberley ook met Diamantveld (45-10) klaargespeel.
Paarl Gimnasium het sy seisoen verlede week teen Stellenberg afgeskop. Gimmies het in die wedstryd toevallig ook met 31-19 koning gekraai. Die span se agtsteman, Henco Martins, het ‘n driekuns aan drieë behaal.
Martins se tweestryd met sy direkte teenstander, Philip Potgieter, behoort een van die hoogtepunte van die kragmeting te wees. Potgieter sal ook goeie ondersteuning in die stryd van die flank Jaco Labuschagné, kry. Labuschagné was verlede jaar Affies asook die Blou Bulle se Cravenweek-span se agtsteman. Hy het verlede Saterdag se wedstryd teen Helpmekaar weens die SA Skole-oefenkamp in Wellington misgeloop.
Gimmies en Affies het mekaar laas in 2015 tydens die Wildeklawer-toernooi ontmoet toe hulle die louere met 22-elk moes deel. Die twee spanne het mekaar nog net 16 keer sedert hul eerste ontmoeting in 1967 die stryd aangesê.
Die span van Paarl was in agt van die wedstryde aan die wenkant, terwyl Affies ses keer as die oorwinnaars van die veld gestap het. Die twee spanne moes al twee keer die louere deel.
Affies spog wel met die grootste sege nog tussen die twee spanne toe hy tydens die Widleklawer-toernooi van 2009 in Kimberley vir Gimmies met 59-6 gekarnuffel het.
Paarl Gim se grootste sege oor Affies het hy in 1973 behaal toe hy die span van Pretoria met 38-3 kaf gedraf het. Gimmies het die oorhand in die eerste drie wedstryde tussen die twee spanne gehad. Hulle het in 1967 (11-0) en 1972 (19-0) ook nie veel probleme ondervind om die Wit Bulle te stuit nie.
Die spanne is:
Paarl Gimnasium: 15 Muller du Plessis, 14 Stravino Jacobs, 13 Dawid Kellerman, 12 Ruben Scholtz, 11 Hanco Hanekom, 10 Daniël Beukes, 9 Hanro Geldenhuys, 8 Henco Martins, 7 Dean Nieuwoudt, 6 Corné Uys, 5 Ryno Beukes, 4 Adriaan Ludick, 3 Adriaan Staples, 2 Chris Rossouw, 1 Daniël Wessels. Plaasvervangers: 16 Hugo Pienaar, 17 Francois Staples, 18 Dedricj Glas, 19 Dré Engelbrecht, 20 AJ Wedgewood, 21 Jean Janse van Rensburg, 22 Janke du Toit, 23 Curt Mackier.
Affies: 15 Regardt Roets, 14 Ruan Wasserman, 13 Marnus Potgieter, 12 Zach Briel, 11 Ruben Meiring, 10 Charles Goedhals, 9 Johan Mulder, 8 Philip Potgieter, 7 Jaco Labuschagné, 6 Divhan du Preez, 5 Carl Els, 4 Michael de Waal, 3 James Combrink, 2 Janco Uys, 1 Wihan Bezuidenhout. Plaasvervangers: 16 Marius Potgieter, 17 Dewald Donald, 18 Sarel Joubert, 19 Michael Harding, 20 Reinhardt Ras, 21 Steyn van der Spuy, 22 Jeandré du Pisanie, 23 Jason Scheepers.
Vorige Kragmetings:
| Jaar | Paarl Gimnasium vs. Affies | Waar/Toernooi | |||
| 2015 | Affies | 22 | Paarl Gimnasium | 22 | Wildeklawer |
| 2014 | Paarl Gimnasium | 40 | Affies | 7 | Wildeklawer |
| 2012 | Affies | 27 | Paarl Gimnasium | 20 | Wildeklawer |
| 2011 | Affies | 59 | Paarl Gimnasium | 6 | Wildeklawer |
| 2009 | Paarl Gimnasium | 22 | Affies | 16 | Wildeklawer |
| 2008 | Paarl Gimnasium | 21 | Affies | 3 | |
| 2007 | Affies | 13 | Paarl Gimnasium | 8 | St. Stithian’s College |
| 2006 | Affies | 17 | Paarl Gimnasium | 17 | |
| 2005 | Paarl Gimnasium | 38 | Affies | 18 | |
| 2002 | Affies | 24 | Paarl Gimnasium | 20 | |
| 1999 | Affies | 19 | Paarl Gimnasium | 11 | |
| 1979 | Paarl Gimnasium | 23 | Affies | 3 | |
| 1976 | Affies | 10 | Paarl Gimnasium | 3 | |
| 1973 | Paarl Gimnasium | 38 | Affies | 3 | |
| 1972 | Paarl Gimnasium | 19 | Affies | 0 | |
| 1967 | Paarl Gimnasium | 11 | Affies | 0 | |

Paul Roos Gimnasium sal vanjaar in die hoofmaal van sy jaarlikse rugbydag op die Markotter-veld in Stellenbosch teen HTS Drostdy van Worcester kragte meet.
Paul Roos het oudergewoonte sy seisoen teen Swartland van Malmesbury in ‘n vriendskaplike wedstryd afgeskop.
In die vernaamste voorwedstryd sal Boland Landbou sy seisoen teen Hoërskool Windhoek afskop. Die span van die Agter-Paarl het wel verlede week in twee wedstryde op sy sportdag gespeel waarvan die helftes slegs 15 minute aan ‘n kant was. Boland Landbou sal ook Dinsdag op Nuweland se jaarlikse rugbyaand in aksie wees.
Oakdale Landbou van Riversdal kan ‘n strawwe stryd teen Frankryk se o.17-span te wagte wees. Die feit dat die wedstryd as ‘n o.18-wedstryd en nie ‘n o.19-skolewedstryd gespeel sal word, behoort die span van Riversdal nie ontwrig nie.
De Kuilen se eerstespan sal ook op die dag in aksie wees. Die span kom teen sy eweknie van Langenhoven Gimnasium te staan.
Die bepalings is:
Markotter-veld: 08:00 – Boland Landbou o.19B vs. HTS Bellville o.19B; 09:10 – Paul Roos Gimnasium o.19B vs. HTS Drostdy o.19B; 10:20 – De Kuilen o.19A vs. Langenhoven Gimnasium o.19A; 11:30 – Oakdale Landbou o.19A vs. Frankryk o.17; 12:40 – Boland Landbou o.19A vs. Hoërskool Windhoek; o.19A; 14:00 – Paul Roos Gimnasium o.19A vs. HTS Drostdy o.19A.
Rivierveld: 09:10 – Paul Roos Gimnasium o.16C vs. New Orleans o.16B; 10:20 – Paul Roos Gimnasium o.14A vs. HTS Drostdy o.14A; 11:30 – Paul Roos Gimnasium o.15A vs. HTS Drostdy o.15A; 12:40 – Paul Roos Gimnasium o.16A vs. HTS Drostdy o.16A.
Meulsloot-veld: 08:00 – Paul Roos Gimnasium o.19F vs. Elkanah o.19G; 09:10 – Oakdale Landbou o.19B vs. New Orleans o.19A; 10:20 – Paul Roos Gimnasium o.19E vs. Hottentots-Holland o.19C; 11:30 – Paul Roos Gimnasium o.19D vs. New Orleans o.19B; 12:40 – Paul Roos Gimnasium o.19C vs. HTS Drostdy o.19C.
Volkskombuis-veld: 08:00 – Paul Roos Gimnasium o.16D vs. Hottentots-Holland o.16B; 09:00 – Paul Roos Gimnasium o.15D vs. New Orleans o.15B; 10:00 – Paul Roos Gimnasium o.15B vs. HTS Drostdy o.15B; 11:00 – Paul Roos Gimnasium o.16B vs. HTS Drostdy o.15B; 12:00 – Paul Roos Gimnasium o.15C vs. New Orleans o.15A.
Doornbosch-veld: 08:00 – Paul Roos Gimnasium o.14E vs. Hottentots-Holland o.14B; 09:00 – Paul Roos Gimnasium o.14D vs. New Orleans o.14B; 10:00 – De Kuilen o.14A vs. Langenhoven Gimnasium o.14A; 11:00 – New Orleans o.16A vs. De Kuilen o.16A; 12:00 – Paul Roos Gimnasium o.14C vs. New Orleans o.14A; 13:00 – Paul Roos Gimnasium o.14B vs. HTS Drostdy o.14B.

St. Stithian’s College from Johannesburg will not just attempt to defend their title as champions of the Coca-Cola Schools’ T20 Challenge in Stellenbosch, but they will also be aiming to be the first school to bag their third title of this prestigious tournament.
Saints were crowned champions last year in Stellenbosch after beating Paarl Gimnasium by eight runs in the final at Senwes Park in Potchefstroom. Their hero in the final was Wiaan Mulder with 82 runs. He was well supported by Wandile Makwetu (61). The South African u19 captain was also named Player of the Tournament for his exploits in Potchefstroom last year.
Mulder went on to make his senior franchise debut after his performances in Potchefstroom as well as for the national u19-side. It took him only two first-class matches to boast with a five-wicket haul as well as a century on this level of cricket.
Four of the matches will be streamed live on Fanstream.co.za. This includes one of the semi-finals as well as the final on Sunday.
The first tournament was held in Pretoria during the 2009/10 season with Menlopark bagging the inaugural title. Menlopark managed to become the first school with two titles when they were also crowned champions in 2015 in Stellenbosch.
Since the inception of the tournament only two schools, St. Stithian’s College and Wynberg Boys’ High, managed to be crowned champions of their franchises for four of the eight seasons the competition has been running.
Five other schools Westville Boys’ High of Durban, Grey High School of Port Elizabeth, Noord-Kaap of Kimberley, Waterkloof of Pretoria and Grey College from Bloemfontein reached the finals as champions of their franchises three times.
In this season’s Coca-Cola Schools’ T20 Challenge final in Stellenbosch five schools will make their first appearance at the national finals. Glenwood (Dolphins), Selborne College (Warriors) and Centurion (Titans) were crowned champions of their franchises for the first time. Prestige College from Hammanskraal and Hudson Park of East London will also make a first appearance at the national tournament.
The teams are:
Centurion: Francois van Heerden, LJ Trichardt, Divan Greyling, Wayne Joubert, Kevin Osborne, Charl van den Heever, Ryan Salomon, Chad Solomon, Juandre du Preez, Michael Salomon, Reinhardt Brenner, Ethan Wentzel, Neil Geyser.
Glenwood: Daelen Fynn, Jarryd Paul, Cameron Reid, Tinotenda Takodza, Caleb Alexander, Alex Pillay, Jaden Hendrikse, Joe Jonas, Thamsanqa Kumalo, Neil Rock, Nikhil Prem, Andy Brawders, Kian van Zyl.
Hudson Park: Akhanya Rebe, Luke Dallas, Jason Niemand, Sinethemba Qeshile, Luvo Ntsekwa, Yikha Nonelela, Brad Mauer, Akhona Mnyaka, Andrew Everts, Babalo Nokele, Cameron MacKay, Raheem Moonieyan, Marc Hein.
Prestige College: Sibusiso Mothise, Kagiso Ngwenya, Thabang Baloyi, Thabo Motaung, Pako Segopolo, Polite Shingange, Dail Booyens, Sydney Maluleka, Ntsako Mushwana, Mbongeni Kaba, Thuso Dithake, Sithembiso Mothise, Gontse Phuthi, Timothy Morare Tumelo Banda, Mpho Mashisha.
Selborne College: Matthew Ferrant, Josneil Long, Matt Dewar, Jason Raubenheimer, Dylan Deetlefs, Aiden van Wyk, Stuart Els, Sebastian Denilson-Brown, Thomas Bursey, Tristan Alexander, Christian Schluter, Dean Lones.
St. Andrews (Bloemfontein): Garnett Tarr, Janrich Viljoen, Gerald Coetzee, Calvin Flanegan, Calvin King, Ruan Cronje, Pheko Moletsane, Marx de Villiers, Devon du Plessis, Henre Koekemoer, Franklin Damons, Corne Viljoen, Reece van Staden.
St. Stithian’s College: Josh Richards, Matt Erasmus, Wandile Makwetu, Curtis Campher, Johan Mulder, Cameron Shekleton, JP Bloem, Mudiwa Chanakira, Craig Meier, Jason Knibbs, Tristan Brooks, Cameron Wilter, Joshua Hoffman.
Wynberg Boys’ High: Karl Vermeulen, Cedric Landers, Umar Anthony, Grant Martin, Brent Johnson, Matthew Mingo, Matthew de Villiers, Raees Carr, Ebrahim Samaai, Thando Ntini, Jason Alexander, Kyle Pluke.

Paarl Gimnasium Director of Rugby and Head Coach, Pieter Rossouw has entered into a temporary consultancy agreement with a Japanese first division rugby team. The contract between the club and Rossouw has been structured to enable him to continue in his position as Director of Rugby at Paarl Gimnasium.
Rossouw will be with the Gim first team for its next seven encounters (Affies, Garsfontein, EG Jansen, Paul Roos, Waterkloof, Grey Bloem and Rondebosch). He will join the Japanese club middle May and will not be present at the games against Oakdale Landbou, SACS, Bishops and Boland Landbou.
Helmut Lehmann will take over the role of Head Coach for these 4 games. Pieter’s arrangement with the club ends in June which means that he will be back to oversee the preparation and important matches against Wynberg and PBHS during the second half of the season.
Paarl Gim’s head master, Eddie Bateman, was relieved that Pieter was able to arrange his contract with Toshiba in a way that limits the period of his absence. “We are privileged to have someone of Pieter’s stature as our Director of Rugby. He has already made a significant contribution to our rugby and we are seeing the results of his good work in the way all our teams are playing.
It is our intension to keep Pieter with us as long as possible and our willingness to allow Pieter to pursue this
opportunity has enabled us to secure his services for the 2018 season.

Die Hoërskool Garsfontein het besluit om so tikkie meer prestige aan vanjaar se kwarteindronde van die Tuks-reeks te verleen wat deur hom aangebied word. Garsies het die LC de Villiers-stadion uitgehuur en Saterdag se kwarteindronde sal deur die skool hier aangebied word.
Garsfontein se eerstespan speel in die hoofmaal van die dag in ‘n Jakaranda-derby teen Menlopark. Die vernaamste voorwedstryd is ook ‘n derby tussen twee eerstespanne van die Oos-Rand, EG Jansen en Kemptonpark. Menlopark is nog onoorwonne in vanjaar se reeks na hy Transvalia (40-36) en Kemptonpark (17-11) in sy twee groepwedstryde verslaan het.
Garsies het vanjaar sy rieme met 28-34 teen EG Jansen in Boksburg styfgeloop. EG Jansen se skitterende losskakel, Ruben Beytell, het sy seisoen met ‘n driekuns aan drieë en 24 punte vir sy span in die sege afgeskop. Kempies sal se afrigter Oupa van der Merwe sal ‘n hele paar planne moet beraam hoe sy span Beytell in toom sal hou.
Die ander kwarteindronde word op Hoërskool Nelspruit se veld beslis. Die gasheer se Rhinos kom in die hoofwedstryd teen Eldoraigne van Pretoria te staan. Eldoraigne sal graag op sy vertonings tot dusver wil voortbou. Die span van die Jakarandastad het Saterdag op Emirates Airline-park vir die eerste keer sedert 2007 daarin geslaag om Monument van Krugersdorp (27-22) te verslaan.
Monnas, die verdedigende kampioen, sal in die ander belangrike kwarteindstryd vir HTS Middelburg die stryd aanse. Monnas sal sy vyf spelers die skrumskakel Tinus Combrinck, losskakel Luke Rossouw, haker Morne Brandon, flank PJ Jacobs en die slot Cristen van Niekerk terug in sy geledere he. Die vyf was weens die SA Skole-oefenkamp nie teen Eldoraigne in aksie nie.
Die kwarteindrondes van die Tuks-reeks se bepalings is:
LC de Villiers-stadion: 08:30 – o.16 – Transvalia vs. EG Jansen; 09:45 – o.16 – Garsfontein vs. Menlopark; 11:00 – o.18 – Transvalia vs. Rustenburg; 12:30 – o.18 – EG Jansen vs. Kemptonpark; 14:00 – o.18 – Garsfontein vs. Menlopark. A-veld: 08:30 – o.15 – Garsfontein vs. Kemptonpark; 09:30 – o.15 – Transvalia vs. Rustenburg; 10:30 – o.15 – Menlopark vs. EG Jansen; 11:30 – o.16 – Kemptonpark vs. Rustenburg. B-veld: 08:30 – o.14 – Menlopark vs. EG Jansen; 09:30 – o.14 – Garsfontein vs. Kemptonpark; 10:30 – o.14 – Transvalia vs. Rustenburg.
Hoërskool Nelspruit – A-veld: 08:00 – o.15 – Monument vs. Nelspruit; 09:00 – o.15 – Eldoraigne vs. Florida; 10:00 – o.16 – Monument vs. HTS Middelburg; 11:00 – o.16 – Hoërskool Pietersburg vs. Hoërskool Klerksdorp; 12:00 – o.18 – Hoërskool Pietersburg vs. Hoërskool Klerksdorp; 13:15 – o.18 – Monument vs. HTS Middelburg; 14:30 – o.18 – Hoërskool Nelspruit vs. Eldoraigne. B-veld: 08:00 – o.14 – Eldoraigne vs. Klerksdorp; 09:00 – o.14 – Monument vs. Nelspruit; 10:00 – o.14 – Pietersburg vs. Florida; 11:00 – o.15 – Pietersburg vs. HTS Middelburg; 12:00 – o.16 – Eldoraigne vs. Nelspruit.

20 or more points in a match:
30 – Rikus Pretorius Grey College vs. Waterkloof (2 tries, 7 con, 2 pen)
24 – Ruben Beytell EG Jansen vs. Garsfontein (3 tries, 3 con, 1 pen)
20 – Jonathan Viljoen Monument vs. Pietersburg (10 conversions)
3 or more tries in a match:
3 – Abner van Reenen Paarl Boys’ High vs Wynberg Boys’ High
3 – Stefan le Roux Monument vs. Pietersburg
3 – Maurice Amerika Noord-Kaap vs. Upington HS
3 – Ruben Beytell EG Jansen vs. Garsfontein

Die Afrikaanse Hoer Seunskool van Pretoria het Helpmekaar-kollege se “droomseisoen” vroeg in die seisoen met ‘n oorwinning van 31-19 in Johannesburg in die kiem gesmoor. Dit was die matriekgroep van Helpmekaar se eerste nederlaag op sy tuisveld sedert sy o.14-dae.
Die held in Affies se sege van sy derde span heelagter, Ruan Wasserman. Hy het Saterdag vir die tweede span gespeel na die se heelagter ‘n besering in die skool se eerste wedstryde van die seisoen teen Diamantveld opgedoen het. Wasserman moes toe vinnig by die pas van eerstespan rugby ook aanpas toe hy Affies se losskakel, Charles Goedhals, net voor rustyd vervang het.
Wasserman het na heelagter geskuif, terwyl Regardt Roets as generaal Goedhals se tokse moes volstaan. Kort na Helpies se losskakel, Tristan Oosthuizen, die telling met sy vierde strafdoel op 12-elk gelyk getrek het, het Wasserman vir sy drie oorgegaan. Hy het daarna met ‘n skitterlopie van oor die 70 meter ook die aanvoorwerk vir die vleuel Sean Thungo se drie gedoen.
Wasserman het in vyf punte Helpemaar se drome vir ‘n eerste sege oor Affies sedert 1998 laat verdwyn. Helpies moes sonder sy invloedryke flank en kaptein, Mark Snyman, klaarkom. Affies moes wel ook sonder hul senter Marnus Potgieter en flank Jaco Labuschagne klaarkom wat soos Snyman aan SA Rugby se SA Skole-oefenkamp in Wellington deelgeneem het.
Albei spanne het wel met hul vertoning gewys dat hulle vanjaar onder die voorste spanne in die land behoort te tel. Affies se agtsteman, Philip Potgieter, het met sy posisionele spel beindruk. Hy het ook op verdediging vir sy span uitstekend gevaar.
Die haker, Janco Uys, het twee keer oor die doellyn geval na hy die bestuurder van die Affie-kruiptrekker na ‘n lynstaan was. In een van die rolmaalbewegings het Affies vir Helpmekaar met amper 30 meter teruggestoot. Helpmekaar het darem ook rede gehad om te glimlag na die fisieke stryd tussen die twee spanne se agttalle.
Helpies het in een skrum vyf tree van hul eie doellyn vir Affies opgefrommel. Veral die haker en onderkaptein, Dameon Venter, het met sy fisieke spel beindruk. Hy het nie net goed geskrum nie, maar ook behoorlik in die losskrums ingeklim. Hy het selfs omgekeerde besit met sy skoonmaakwerk bewerkstellig na hy ‘n vaskop aan Uys in die skrum voor die losskrum afgestaan het. Albei Venter en Uys se ingooiwerk by die lynstane verdien ‘n pluimpie.
Affies se skrumskakel en kaptein, Johan Mulder, verdien ook ‘n klop op die skouer vir sy aandeel in die sege. Vir Helpies was sy kaptein Oosthuizen met sy skopskoen asook met sy aanvallende spel uitstaande. Ander spelers van Helpies wat goed vertoon het is die flank Liam van den Berg en senter Jeremy Randell.
Die skeidsregter, Eduan Nel, het vroeg in die eerste helfte die reels duidelik gemaak deur Helpies se flank Ben Clarke koelkas toe te stuur.
Puntemakers:
Affies 31 (12) – Driee: Janco Uys (2), Ruan Wasserman, Johan Mulder, Sean Thungo. Doelskoppe: Regardt Roets (2), Charles Goedhals. Helpmekaar-kollege 19 (9) – Drie: Jeremy Randell. Doelskop: Tristan Oosthuizen. Strafdoele: Oosthuizen (4).
Ander spanne:
o.16: Helpmekaar 31, Affies 27.
o.15: Affies 51, Helpmekaar 13.
o.14: Helpmekaar 7, Affies 5.

Die Hoërskool Eldoraigne het nie net vir ‘n opskudding met sy laaste poelwedstryd van die Tuks-reeks op Emirates Airline-park teen Monument gesorg nie, maar ook sommer ‘n duidelike waarskuwing aan die ander spanne in die reeks gestuur.
Eldoraigne het Monnas met 27-22 in die vernaamste voorwedstryd vir die Emirates Lions en Reds se SuperRugby-kragmeting verslaan. Dit was Eldoraigne se eerste sege oor die span van Krugersdorp sedert hulle in 2007 vir Monnas in die eindstryd van die Michelin-reeks, soos die Tuks-reeks destyds bekend gestaan het, verslaan het.
Eldoraigne het toe ook vir Monnas in hul groepwedstryd verras voordat Eldoraigne destyds in die eindstryd gewys het dat die sege nie ‘n vloekskoot was nie. Die titel wat Eldoraigne in die gesogte reeks verower het was ook die laaste keer wat ‘n skool sonder ‘n koshuis as kampioen gekroon is.
Die groot held vir Eldos in die oorwinning was sonder twyfel sy buitesenter, Riaan Burger. Hy het telkemale gapings in Monnas se verdediging oopgekloof en het self ook twee keer ‘n draai agter die doellyn gaan maak. Hy het ook die aanvoorwerk vir die linkervleuel, Marcel Venter, se se drie gedoen.
‘n Feit wat nie uitgelaat kan word om die volle prentjie te skep nie is dat vyf van Monument se spelers – sy beste vyf spelers – die wedstryde weens die SA Skole-oefenkamp in Wellington misgeloop het. Hulle is die skrumskakel Tinus Combrinck, losskakel Luke Rossouw, haker Morne Brandon, flank PJ Jacobs en die slot Cristen van Niekerk.
Monnas se flank Tristan Dullisear het nooit handdoek ingegooi nie. Hy het deurgans goeie lopies met die bal onder die arm vasgeklem ingekry en ook by die afbreekpunte meer as sy kant gebring.
Eldoraigne het met die sege ‘n afpraak volgende Saterdag in die kwarteindronde teen Hoerskool Nelspruit in Nelspruit opgesit. Die ander kwarteindstryd in Nelspruit sal tussen HTS Middelburg en Monument beslis word.
In Boksburg was EG Jansen se losskakel, Ruben Beytell, die verskil tussen sy span en Garsfontein in hul deurslaggewende wedstryd in die kompetisie. Beytell het ‘n driekuns aan drieë behaal en ook drie van sy span se driee verdoel asook ‘n strafdoel oorgeklits vir ‘n bydrae van 24 punte. Buiten die feit dat hy ‘n driekuns behaal het, het hy ook sy agterlyn seepglad weggestuur.
Beytell moes eintlik in Wellington aan SA Rugby se SA Skole-oefenkamp deelgeneem het, maar het besluit dat sy skool se wedstryd dalk voorrang die naweek moet geniet. Die einste twee spanne het mekaar verlede jaar in die Virseker Beeldtrofee vir Makro-skole die eindstryd aangese.
Die Jansies se agtsteman, Carson Koekemoer, het Garsfontein ook heelwat probleme besorg. Vir Garsfontein kan sy flank Ruben Roodt vandag met sy kop omhoog rondloop.
Menlopark het gesorg dat hy as die voorste span van Groep A tot die kwarteindronde deurdring. Die span moes wel sweet om Kemptonpark met 17-11 die loef af te steek.
Daar sal ‘n Jakaranda-derby en ‘n Oos Rand-derby in die kwarteindronde op Garsfontein se hoofveld wees. Menlopark sal in die kwarteindronde op Garsfontein se veld teen die gasheer sake uitspook. In die ander kwarteindstryd op Berepark sal EG Jansen teen Kemptonpark sake uitspook.
Puntemakers:
Eldoraigne 27 (19) – Drieë: Riaan Burger (2), Shayne Bolton, Marcel Venter. Doelskoppe: Burger (2). Strafdoel: Bolton. Monument 22 (7) – Drieë: Franco Schutte, Tristan Dullisear, Jano Lourens. Doelskoppe: Jonathan Viljoen (2). Strafdoel: Viljoen.
EG Jansen 34 (12) – Drieë: Ruben Beytell (3), Carson Koekemoer, Franco van Eeden. Doelskoppe: Beytell (3). Strafdoel: Beytell. Garsfontein 28 (13) – Drieë: Keagan Johannes, Juandre Scheepers, JJ van Zyl, Jayden Visagie. Doelskop: Barry Schoombee. Strafdoele: Schoombee (2).
Nelspruit 29 (19) – Drieë: Stephan van der Bank, Tiaan du Plessis, Janro van der Berg, Chris van der Merwe. Doelskoppe: Van der Bank (3). Strafdoel: Van der Bank. Florida 22 (15) – Drieë: Swanepoel (2), R Oosthuizen. Strafdoele: Swanepoel (2).
Menlopark 17 – Drieë: Werner Nel, Barnard Adendorf, Strafdrie. Kemptonpark 11 – Drie: Cobus Hattingh. Strafdoele: Mikhail Blake (2).
HTS Middelburg 59 (35) – Drieë: Uys du Preez (2), Henco van Heerden (2), Joubert Willers, JP Cilliers, Ruvaan Muller, Martin Erasmus. Doelskoppe: Morne Sonnekus (7). Klerksdorp 10 (3) – Drie: Dieter van Rensburg. Doelskop: Mikhael Venter. Strafdoel: Venter.
Ander spanne:
o.16: Menlopark 48, Kemptonpark 5; Florida 38, Nelspruit 7; Klerksdorp 57, HTS Middelburg 19; Monument 58, Eldoraigne 3; EG Jansen 34, Garsfontein 23.
o.15: Menlopark 50, Kemptonpark 5; Nelspruit 15, Florida 10; HTS Middelburg 15, Klerksdorp 12; Monument 26, Eldoraigne 24; EG Jansen 26, Garsfontein 18.
o.14: Menlopark 68, Kemptonpark 0; Florida 24, Nelspruit 13; HTS Middelburg 34, Klerksdorp 0; EG Jansen 29, Garsfontein 17; Monument 55, Eldoraigne 0.