SSPN Test Site

Blog

  • Skolerugby-seisoen word ontwrig deur SA Skole oefenkamp

    Skolerugby-seisoen word ontwrig deur SA Skole oefenkamp

    NewsG MarnusPotgieterDie skolerugby-seisoen word vanjaar nog meer deur die Suid-Afrikaanse Rugby-unie (Saru) se planne vir die SA Skole-span ontwrig. Die afgelope paar jaar het die SA Skole-rugbyspan se wedstryde ‘n hele paar groot skole-wedstryde ontwrig, terwyl Saru vanjaar nog ‘n hele paar wedstryde met ‘n ondeurdagte oefenkamp sal ontwrig. 

    Saru het ‘n oefenkamp van 17 tot 21 Maart by die Hoërskool Hugenote in Wellington gereël en dit ontwrig ‘n hele paar skolespanne se wedstryde wat Saterdag plaasvind. Die Wes-Kaapse seisoen het nog nie afgeskop nie, maar slegs 15 van die 50 spelers wat na die oefenkamp genooi is, is van die provinsie.

    Boonop kan die besluit deur Saru om ‘n oefenkamp so lank voor die Coca-Cola Cravenweek te hou ‘n hele paar spelers oor hul kanse om later vanjaar die nasionale skolespan te haal laat wonder. 

    Dit is veral die kragmeting tussen Helpmekaar-kollege en die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria wat erg ontwrig word. Helpmekaar sal sonder sy invloedryke kaptein en flank, Mark Snyman, moet klaarkom. Wat die wedstryd nog meer belangrik vir Helpies maak is die feit dat die jaargroep van hulle nog nie sedert o.14 op hul tuisveld in Johannesburg die knie gebuig het nie.

    Albei skole stoot vanjaar gedugte eerstespanne in die veld en die uitslag van die wedstryd kan ‘n groot impak op albei se seisoen he. Affies sal sondersy senter Marnus Potgieter en losvoorspeler Jaco Labuschagne die wedstryd moet speel. Potgieter het verlede Saterdag ‘n driekuns aan driee in sy span se eerste wedstryd van die seisoen teen Diamantveld behaal.

    Die kragmeting tussen die Virseker Beeldtrofee Makroskole-kampioen, Garsfontein, en EG Jansen van Boksburg is ongetwyfeld die wedstryd in vanjaar se groepfase van die Tuks-reeks om nie mis te loop nie. Die wedstryd sal ook ontwrig word. Garsies sal sonder sy senter Diego Appollis die wedstryd ingaan, terwyl EG Jansen sonder sy losskakel, Ruben Beytell, sal moet speel.

    Die Jansies word dalk die meeste deur die oefenkamp geraak met Beytell wat die wedstryd sal misloop. Beytell was verlede jaar een van die voorste driedrukkers op eerstespan-vlak in Suid-Afrika. Hy was vroeer vanjaar ook ‘n lid van die SA Skole-sewesspan wat in Namibie as kampioen van die Capricorn Group-toernooi gekroon is.

    In nog ‘n Tuks-wedstryd sal Monument van Krugersdorp heelwat ontwrigting ervaar met vyf van sy spelers wat nie op Emirates Airline-park (Ellispark) teen Eldoraigne in aksie sal wees nie. Die haker Morne Brandon, slot Cristen van Niekerk, flank PJ Jacobs, skrumskakel Tinus Combrinck en heelagter Dandre Prinsloo sal almal in Wellington wees terwyl hul span in die Goudstad in aksie is.

    Die wedstryd tussen Monnas en Eldoraigne is ‘n voorwedstryd vir die SuperRugby-wedstryd tussen die Leeus en Reds. 

    Grey-kollege van Bloemfontein speel gelukkig nie Saterdag nie. Die rugbyfabriek van Suid-Afrika het vier spelers die senters Rikus Pretorius en Janco van Heyningen, heelagter David Kriel en die losskakel Christopher Schreuder wat na die oefenkamp genooi is.

    Welkom Gimnasium sal teen Louis Botha sonder sy heelagter Andrew Kota en senter Keith van Aswegen moet klaarkom. Boonop sal die span se vleuel Wian van Staden die wedstryd weens ‘n besering misloop. Van Staden moes toe Kota saam die SA Skole-sewesspan in Namibie was sy skoene volstaan.

  • Pretorius stapel 30 punte teen Klofies op

    Pretorius stapel 30 punte teen Klofies op

    NewsG RikusPretoriusIndien Saterdag se wedstryd in Bloemfontein enige indikasie is, sal Grey-kollege se eerste rugbyspan nie maklik vanjaar geklop word nie. Grey het reeds in sy eerste wedstryd van die seisoen daarin geslaag om op alle silinders te vuur en Waterkloof van Pretoria met 67-12 afgestof. 

    Die span se binnesenter, Rikus Pretorius, het 30 van sy span se punte via twee drieë, sewe doelskoppe en twee strafdoele aangeteken. Pretorius en sy sentermaat, Janco van Heyningen, het gewys hoekom hulle hoog aangeslaan word. Dit was egter die vertoning van die heelagter, David Kriel, wat die skare waarskynlik die meeste regop laat sit het. Kriel het self twee van sy skitterlopies afgerond. 

    Die plaasvervanger-losskakel, Wycliff Vlitoor, het gewys dat hy vanjaar ook ‘n hele paar keer die nommer 10-trui oor die kop kan trek. Hy het Klofies met sy aanvallende spel deurentyd aan die raai gehou. Vir Klofies het sy vleuel PJ Krugell ‘n goeie wedstryd beleef. Hy beskik oor hope vaart en het ‘n hele paar belowende lopies ingekry.

    Waterkloof se skrumskakel, Giovan Snyman, en slot Wian de Beer kan ook meer as tevrede met hul vertonings voel.

    In Kimberley op Diamantveld se jaarlikse sportdag wat in samewerking met die Universiteit van die Vrystaat aangebied word het Diamonds se afrigter, Jaco Dames, deju vu beleef. Verlede jaar in Pretoria teen die Afrikaanse Hoër Seunskool se senter Louritz van der Schyff met ‘n blitzkrieg van vier drieë die span van Kimberley se drome beëindig. Affies het verlede jaar se wedstryd uiteindelik met 64-17 gewen.

    Affies was Saterdag in Kimberley met 45-10 baas en die keer was dit die senter Marnus Potgieter met ‘n driekuns aan drieë in die eerste helfte wat Diamonds laat steier het. Die besoekers het danksy Potgieter se driekuns ‘n stewige voorsprong van 26-7 teen rustyd opgebou.

    Diamantveld se senter De-an Ackerman het homself ook deeglik in die wedstryd laat geld. Hy het sy span se enigste drie gedruk en was rotsvas op die verdediging. Hy is slegs een keer geklop toe die vleuel Ruben Meiring aan sy buitekant verby hom is. Meiring, die seun van die veelsydige Springbok-agterspeler FA Meiring, is ‘n kranige atleet.

    Gepraat van seuns van oud-Bokke Affies se loskopstut, Wiehan Bezuidenhout, is die seun van Christo Bezuidenhout. 

    Affies se losskakel, Charles Goedhals, was met sy skitterspel ook ‘n groot doring in Diamonds se vlees. Sy direkte teenstander, Charles Williams, kan ook tevrede met sy vertoning voel. Die besoekers se agtsteman, Phillip Potgieter, kan ook maar na sy vertoning vandag breëbors rondloop.

    Diamantveld se heelagter, Ashwill Botha, is koelkas toe gestuur na hy die bal onderskep en regdeur gehardloop het. Indien Botha se drie toegelaat was sou die telling waarskynlik 14-elk op daardie stadium gewees het.  

    Helpmekaar-kollege het Eldoraigne in Pretoria met 36-17 verslaan. Helpies het tipies soos met ‘n eerste wedstryd van die seisoen gesukkel om aan die gang te kom. Hulle het wel teen rustyd reeds ‘n stewige voorsprong van 24-0 opgebou. 

    Helpies se slot JC Kruger was sy span se beste speler op die dag. Eldoraigne het baie goed in die tweede helfte gespeel. 

    Menlopark se losskakel, Werner Nel, het in die doodsnikke van sy span se wedstryd teen Noord-Kaap van Kimberley ‘n strafdoel oorgesklits om aan sy span ‘n naelskraapse sege van 37-36 te beklink. 

    Kearsney College het op sy tuisveld net buite Durban vir Welkom Gimnasium met 29-15 geklop. Met lemoentyd met die telling op 12-elk was daar nie veel tussen die twee spanne te kies nie. Voortrekker van Bethlehem het hulle seisoen met ‘n oorwinning van 22-12 oor Jim Fouche in die twee skole se jaarlikse interskole afgeskop. 

    Puntemakers: 

    Grey-kollege 67 (34) – Drieë: David Kriel (2), Rikus Pretorius (2), Henk Cilliers, Arno Nieuwoudt, Janco van Heyningen, Marcel Theunissen, Christopher Schreuder. Doelskoppe: Pretorius (7), Schreuder. Strafdoele: Pretorius (2). Waterkloof 12 (0) – Drieë: Gideon Peters, PJ Krugell. Doelskop: Ulrich Maritz.

    Helpmekaar 36 (24) – Drieë: Tommy van Tonder, Dameon Venter, David Cary, Lihan du Toit, Frik van Deventer. Doelskoppe: Tristan Oosthuizen (3), Zack Boonzaaier. Strafdoel: Oosthuizen. Eldoraigne 17 (0) – Drieë: Marvin Pietersen, Dylan Lawless, Charl Bester. Doelskop: Erik Calitz.

    Affies 45 (26) – Drieë: Marnus Potgieter (3), Phillip Potgieter (2), Jaco Labuschagne, Divhan du Preez. Doelskoppe: Charles Goedhals (3), Reghardt Roets (2). Diamantveld 10 (7) – Drie: Dean Ackerman. Doelskop: Charles Williams. Strafdoel: Williams.

    Menlopark 37 – Drieë: Bernard van der Linde (2), Werner Nel, Marcelle Mombers, Dewald Pienaar. Doelskoppe: Werner Nel (3). Strafdoele: Nel (2). Noord-Kaap 36 – Drieë: Edrich Brand (2), Conrad van Aswegen, Maurice America, Andries Jacobs. Doelskoppe: Cameron Hufke (2), DS van Niekerk. Strafdoel: Hufke.

    Kearsney College 29 (12) – Driee: Dylan Richardson, Ross Taylor, Torin Tedder, Daniel Cherry, Brendan Albertse. Doelskoppe: James Sutherland, Jacques Odendaal. Welkom Gimnasium 15 (12) – Drieë: Andrew Kota, Jason Wagman. Doelskop: Kota. Strafdoel: Kota.

    Voortrekker (Bethlehem) 22 (12) – Drieë: Pieter van Zyl (2), Marius van der Schyff, Luan Kruger. Doelskop: André Kirchner. Jim Fouché 12.

    Marlow Landbou 26 (12) – Drieë: JJ Human, Shawn Snyman, Nevaldo Fleurs, Dirkie Ferreira. Doelskoppe: Claude Jacobs (3). Hudson Park 17 (0).

    Curro Roodeplaat 28 – Drieë: Franco Willemse, Alexanderv Jenkinson. Ethan Baird, Marco Klopper. Doelskoppe: Jenkinson (4). FH Odendaal 7.

  • Strawwe kompetisie in vanjaar se Pukke Prestige-reeks

    Strawwe kompetisie in vanjaar se Pukke Prestige-reeks

    PukkePrestigeReeksNa die eerste ronde van die NWU-Pukke Prestige-reeks kan daar geen twyfel bestaan dat Groep C die taaiste van die groepe sal wees nie. Zwartkop het gesweet om Potchefstroom Volkskool met 12-8 te verslaan, terwyl Randburg en HTS Witbank in die ander groepwedstryd met 23-elk gelykop gespeel het. 

    Noordheuwel van Krugersdorp het die grootste oorwinning van die eerste ronde behaal deur Jeugland met 54-0 kaf te draf. Die span se linkervleuel, Francois Marx, het vier keer die doellyn oorgesteek. 

    Die Anker van Brakpan het ‘n naelskraapse sege van 16-15 oor Potchefstroom Gimnasium behaal, terwyl Driehoek ‘n belangrike sege van 34-22 oor Montana behaal het. 

    Puntemakers: 

    Noordheuwel 54 – Driee: Francois Marx (4), Justin Lambert, Emmanuel Kruger, Conrad van Dyk, Kyle Visser. Doelskoppe: Renier Stander (7). Jeugland 0

    Zwartkop 12 – Driee: Phineas Zitha, Miche Groenewald. Doelskop: Jean Aucamp. Potchefstroom Volkskool 8 – Drie: Logan Boshoff. Strafdoel: Hanru van Rooyen. 

    Marais Viljoen 26 – Driee: Kwagga Marais (2), Enrico Els, AJ Meyer. Doelskoppe: Brendon Marchbank (3). Hugenote (Springs) 7 – Drie: Derick Oberholster. Doelskop: Edrich Aucamp.

    Potchefstroom Gimnasium 15 – Driee: Edrich Cronje (2), Morne Delport. Die Anker 16

    Driehoek 34 – Driee: Armand van der Walt (2), Tiaan Fourie, Jean Herbst, Dean Swart. Doelskoppe: Dyllan Smit (3). Strafdoel: Smit. Montana 22 – Driee: Jacques Tolmay, Thys Loubser. Doelskoppe: Jarrod Crafford (2). Strafdoel: Crafford. 

    Lichtenburg 43 – Driee: Lohan Jahns, Max Williamson, Henk Venter, Armandt Potgieter, Johan Kotze, Pan Coetzee. Doelskoppe: Jahns (5). Strafdoel: Jahns. Hoerskool Middelburg 13.

    Wesvalia 22 – Driee: Justin Basson (2), Shandon Basson. Doelskoppe: Johan Smit (2). Strafdoel: Justin Basson. Oosterlig 6 – Strafdoele: Marinus van Vuuren (2). 

    Randburg 23 – Driee: Max Terreblanche, Ruan van Niekerk. Doelskoppe: Ryno du Toit (2). Strafdoele: Du Toit (3). HTS Witbank 23 – 

    Ander spanne: 

    o.16: Marais Viljoen 12, Hugenote 5; Lichtenburg 34, Middelburg 3; Zwartkop 18, Potch Volkies 13; Wesvalia 57, Oosterlig 10; Randburg 22, HTS Witbank 0; 

    o.15: Marais Viljoen 17, Hugenote 15; Lichtenburg 19, Middelburg 19; Zwartkop 44, Potch Volkies 7; Wesvalia 50, Oosterlig 10; Randburg 38, HTS Witbank 5; 

    o.14: Marais Viljoen 20, Hugenote 20; Middelburg 7, Lichtenburg 5; Zwartkop 34, Potch Volkies 7; Oosterlig 29, Wesvalia 12; Randburg 22, HTS Witbank 0; 

  • Kempies verras Transvalia in Tuks-reeks

    Kempies verras Transvalia in Tuks-reeks

    NewsG GarsfonteinDie Hoërskool Kemptonpark se eerste rugbyspan het vir ‘n opskudding gesorg toe hy Transvalia met 18-13 in hulle Tuks-wedstryd uitoorlê het.  

    Kempies se afrigtingskorps bestaande uit Oupa van der Merwe, Kwagga Loubser, Wilhelm Bester en Francois Booyse het die regte wedstrydplan opgekook om ‘n sterk span van Transvalia met die kous oor die kop huis toe te stuur.

    Transvalia het goed begin en sy skrumskakel, Dewald Strydom, het steelkant na ‘n rolmaalbeweging van meer as 30 meter gebreek en in die hoekie oorgeduik. Die rolmaalbewegings is egter hierna nie meer deur Transvalia ingespan nie. 

    Transvalia het hul voorsprong na 10-0 gerek toe die haker, Reinhard Nel, deurgebars het. Op hierdie stadium was daar net een span op die veld. Kempies se losskakel, Mikhail Blake, het met sy onortodokse stelskopwerk twee strafdoel-pogings net-net skeef gekorrel. Blake gebruik glad nie ‘n skopkegel nie en plaas die bal op die gras. 

    Transvalia se flank Franco van Wyk is na herhaalde oortredings deur sy span by die afbreekpunte vir tien minute koelkas toe deur die skeidsregter, Lihan Pretorius, gestuur. Pretorius het in 2013 die hoofwedstryd van die Cravenweek tussen die Westelike Provinsie en die Goue Leeus hanteer. 

    Kempies se vleuel Cobus Hattingh is kort daarna oor die doellyn. Transvalia het teen rustyd steeds ‘n voorsprong van 13-8 geniet. Die wenspan se groot held in die sege was sy flank Xander Terblanche. Hy het by die afbreekpunte telkemale daarin geslaag om omgekeerde besit te bewerkstellig. Dit was vir sy span goud werd veral omdat hulle in die skrums en lynstane slae by die span van Vanderbijlpark gekry het. 

    Kempies se skrumskakel, Quinton Fincham, en sy losskakel, Blake, het met taktiese skopwerk agter Transvalia se twee vleuels, Mpho Ntsane en Franco Pienaar, gesorg dat hul span die druk op die besoekers hou. Die heelagter, Johnic Smith, wat later na losskakel geskuif het, het die werk voortgesit. Smith was met sy vaart van agter ook een van sy span se uitblinkers. 

    Vir Transvalia het Ntsane so paar keer gevaarlik op die aanval gelyk, terwyl die slot Jano Lessing voorlangs gewoel het. Die span se kaptein en agtesteman, Elrich Louw, is ‘n klipharde speler, maar kan homself gelukkig ag dat hy nie in die koelkas beland het vir die manier hoe hy by ‘n paar losskrums ingedons het nie. Die span se skrumskakel, Dewald Strydom, was sonder twyfel sy span se beste speler op die dag. 

    Monument van Krugersdorp het hul seisoen met ‘n klinkende sege van 85-13 in Polokwane oor die Hoërskool Pietersburg afgeskop. Monnas se slot Stefan le Roux het ‘n driekuns aan drieë behaal. Die span se losskakel, Luke Rossouw, en flank Tristan Dullaseaur het elk ook dubbelle driedruk-plesier ervaar. 

    Die span se binnesenter, Jonathan Viljoen, het tien van sy span se 13 drieë verdoel vir ‘n persoonlike bydrae van 20 punte. 

    Garsfontein moes hard werk in die tweede helfte van sy kragmeting teen die Hoërskool Rustenburg om uiteindelik 32-17 as oorwinnaars van die veld te stap. Garsies het teen rustyd ‘n gerieflike voorsprong van 22-0 opgebou. Die span van Pretoria se flank Juandre Breytenbach het egter ‘n rooikaart na ‘n hoogvat gekry en sy span moes die wedstryd met 14 manne voltooi. 

    Breytenbach sal ook sy span se wedstryd volgende week teen EG Jansen misloop. Garsies se binnesenter, Wesley Thompson, en die skrumskakel, Keagan Johannes, het goeie wedstryde beleef. 

    Nelspruit se Rhinos het in die tweede helfte vlam gevat en Klerksdorp met 49-14 kaf gedraf. Die besoekers het teen rustyd slegs ‘n voorsprong van 11-0 geniet, maar het in die tweede helfte na ‘n hoër rat oorgeskakel. Die span se skakelpaar, Joa Christovam en Stephan van der Bank, het spel dikteer.

    Vir Klerksdorp het sy vaskopstut, Dirk Kotze, moedig probeer. 

    Puntemakers: 

    Monument 85 – Drieë: Stefan le Roux (3), Luke Rossouw (2), Tristan Dullaseaur (2), Dian Oosthuizen, Dandre Prinsloo, PJ Jacobs, Franco Schutte, Juandre Breytenbach, Tinus Combrinck. Doelskoppe: Jonathan Viljoen (10). Hoërskool Pietersburg 13 – Drie: Jaco Mulder. Doelskop: Martin Austen. Strafdoele: Austen (2).

    Hoërskool Kemptonpark 18 (8) – Drieë: Cobus Hattingh, Johnic Smith. Doelskop: Mikhail Blake. Strafdoele: Blake, Quinton Fincham. Transvalia 13 (13) – Drieë: Dewald Strydom, Reinhard Nel. Strafdoel: JP Pieterse.

    Hoërskool Nelspruit 49 (11) – Drieë: Albie de Nysschen (2), Stephan van der Bank, Andy Fourie, Reinhard Roets, Joa Christovam, Paul Rheeder. Doelskoppe: Van der Bank (4). Strafdoele: Van der Bank (2). Hoërskool Klerksdorp 14 (0) – Drieë: Brendon Josephs, Hano Dreyer. Doelskoppe: Michael Venter, Dieter Janse van Rensburg. 

    Garsfontein 32 – Drieë: Wesley Thompson, Ruben Roodt, Campwill Willemse, Keagan Johannes. Doelskoppe: Barry Schoombee (3). Strafdoele: Schoombee (2). Hoërskool Rustenburg 17 – Drieë: Ruwald van der Merwe, Llewellyn Lubbe, Nathan Fourie. Doelskop: Nathan van Niekerk.

    HTS Middelburg 38 – Drieë: Damon Grobler, Frans Malan, Andries Koen, Henco van Heerden, MC Kuhn. Doelskoppe: Morne Sonnekus (5). Strafdoel: Sonnekus. Florida 29.

    HTS Middelburg 25 – Drieë: Duart Willemse, Blikkies Janse van Rensburg, Uys du Preez. Doelskoppe: Morne Sonnekus (2). Strafdoele: Sonnekus (2). Hoërskool Nelspruit 22 – Drie: Gerbrand Hurter. Doelskop: Stephan van der Bank. Strafdoele: Van der Bank (5).  

    Ander spanne: 

    o.16: Monument 22, Pietersburg 5; Transvalia 23, Kemptonpark 0; Garsfontein 31, Rustenburg 15; Klerksdorp 51, Nelspruit 7; HTS Middelburg 31, Florida 17; HTS Middelburg 24, Nelspruit 22.

    o.15: Monument 33, Pietersburg 12; Transvalia 20, Kemptonpark 10; Rustenburg 12, Garsfontein 12; Klerksdorp 40, Nelspruit 19; Florida 10, HTS Middelburg 5; Nelspruit 15, HTS Middelburg 5.

    o.14: Monument 29, Pietersburg 0; Transvalia 21, Kemptonpark 12; Rustenburg 32, Garsfontein 12; Nelspruit 27, Klerksdorp 5; Florida 13, HTS Middelburg 12; Nelspruit 18, HTS Middelburg 10.

  • School Rugby Results – 11 March 2017

    School Rugby Results – 11 March 2017

    SOR NuusGrey College entered the 2017 school rugby season at full speed with an 67-12 run-away victory over Waterkloof at home in Bloemfontein. 

    Kemptonpark produced an upset on their home ground by beating Transvalia by 18-13 in their Tuks Series match. Transvalia led 13-8 at the break.  

    Menlopark narrowly defeated Noord-Kaap by 37-36 in an exciting match in Pretoria. 

    Please sent your results to hannes@rugby.supersportschools.com  

    Tuks Series

    Monument 85 Pietersburg 13
    Kemptonpark 18 Transvalia 13
    Garsfontein 32 Rustenburg 17
    Nelspruit 49 Klerksdorp 14
    HTS Middelburg 38 Florida 29
    HTS Middelburg 25 Nelspruit 22

    Diamantveld Sports Day

    Affies 45 Diamantveld 10
    Duineveld 13 Affies II 22
    Fichardtpark 22 Landboudal 14

    Friendlies

    Grey College 67 Waterkloof 12
    Helpmekaar 36 Eldoraigne 12
    Menlopark 37 Noord-Kaap 36
    Voortrekker (Bethlehem) 22 Jim Fouche 15
    Kearsney College 29 Welkom Gimnasium 15
    Witteberg 55 Ermelo 10
    Marlow Landbou 26 Hudson Park 17
    Frans du Toit 25 Lowveld High 5
    Curro Roodeplaat 28 FH Odendaal 7

    Pieter Swanepoel Sports Day 

    Brandfort 32 Kroonstad 8
    Outeniqua 59 Sentraal 19
    Louis Botha 45 Hentie Cilliers 12
    AHS Kroonstad   Hendrik Potgieter  
    Sand du Plessis 28 Hennenman  7
    President Steyn 34 Boshof 7
    Wessel Maree 17 Theunissen 5
    Bothaville 33 Parys 24
    Bultfontein 54 Martie du Plessis 0

    NWU-Pukke Prestige Series 

    Noordheuwel 54 Jeugland 0
    Marais Viljoen 26 Hugenote (Springs) 7
    Die Anker 16 Potchefstroom Gimnasium 15
    Driehoek 34 Montana 12
    Zwartkop 12 Potchefstroom Volkskool 8
    Randburg 23 HTS Witbank 23
    Lichtenburg 43 Middelburg 13
    Wesvalia 22 Oosterlig 6

    NWU-Pukke 16 Series

    Vryburg 31 Schoonspruit 6
    Fochville 71 Wolmaransstad 14
    Pionier 21 Piet Retief 14
    Volksrust 37 Ferrum 14
    Stoffberg 57 Oosterland 7
    Pretoria-Noord 35 Delmas 27
    Overvaal 27 Alberton High 6
    Bekker 22 Leeuwenhof 18

    NWU-Pukke Sport Series 

    Secunda 19 Hans Moore 7
    Hartebeespoort 17 Elspark 0
    Linden 33 Standerton 22
    Brits 31 Riebeeckrand 5
    Hoerskool Alberton 43 Dr. Malan 3
    Benoni High 15 President 7

    NWU-Pukke Interprovincial Series

    Frikkie Meyer 8 Oos-Moot 6
    Centurion 39 Wonderboom 17
  • Marlow Landbou – 2017

    Results 

    Marlow Landbou 24 Upington HS 9
    Marlow Landbou 26 Hudson Park 17
    Marlow Landbou 78 Humansdorp 10
    Marlow Landbou 11 Grey High School 11
    Marlow Landbou 7 Kearsney College 23
    Marlow Landbou 12 Waterkloof 27
    Marlow Landbou 26 Wynberg Boys’ High 32
    Marlow Landbou 24 Eldoraigne 12
    Marlow Landbou 20 Brandwag (Uitenhage) 22
    Marlow Landbou 29 Menlopark 24
    Marlow Landbou 46 Oudtshoorn 5
    Marlow Landbou 48 Jim Fouche 12
    Marlow Landbou 72 Nico Malan 29
    Marlow Landbou 16 Framesby 28
    Marlow Landbou      
    Marlow Landbou      

    Players: Vivian Kapp, 

  • Brandfort maak gereed vir 18de Pieter Swanepoel Sportdag

    Brandfort maak gereed vir 18de Pieter Swanepoel Sportdag

    BrandfortDie Pieter Swanepoel/Bizhub Sportdag word Saterdag vir die 18de agtereenvolgende jaar deur die Hoërskool Staatspresident Swart op Brandfort aangebied. Die gasheer sal in die hoofwedstryd van die dag teen Hoërskool Kroonstad op Page-park te staan kom. 

    Brandfort se eerste rugbyspan het ‘n uitstekende rekord op sy sportdag en vanjaar se eerstespan sal op dit wil voortbou. Die gasheer het sy seisoen verlede week met ‘n klinkende sege van 32-6 oor Hennenman afgeskop. Brandfort se leierskorps is in sy lostrio met die kaptein, Kamo Tlale, wat langs die kant van die skrum sak, terwyl die agtsteman, Johan Muller, die onderkaptein is.

    Die vernaamste voorwedstryd kan ook nie misgeloop word nie. Die Hoërskool Outeniqua van George se Kwaggas draf in die wedstryd teen Sentraal van Bloemfontein uit. Die Tralies het nou wel verlede Saterdag sy rieme met 7-37 teen Diamantveld in Kimberley styfgeloop, maar kan steeds nie deur die Kwaggas onderskat word nie. 

    Die Hoër Landbouskool van Reddersburg sal ook behoorlik getoets word. Die span wat deur Dawie Pretorius en Christie Swarts gebrei word sal teen die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad kragte meet. Rooiskool het Dinsdag op Schoonspruit se jaarlikse sportdag in Klerksdorp ‘n Wesvalia XV-tal met 45-12 die loef afgesteek. 

    Die span van Reddersburg het self op Fichardtpark se Clover Sportdag met ‘n naelskraapse sege van 19-18 oor De Aar gewys wat in hom steek. Rooiskool het op die dag vir Duineveld vir 14-3 verslaan. 

    Die bepalings is: 

    A-veld

    08:05 – Martie du Plessis vs. Bultfontein
    09:15 – President Steyn vs. Boshof 
    10:25 – Bothaville vs. Parys
    11:35 – Hennenman vs. Sand du Plessis
    12:45 – AHS Kroonstad vs. Hoër Landbouskool Hendrik Potgieter
    13:55 – Louis Botha vs. Hentie Cilliers
    15:05 – Outeniqua vs. Sentraal
    16:20 – Brandfort vs. Hoërskool Kroonstad 

    B-veld

    15:40 – Wessel Maree vs. Theunissen

    Hoofwedstryde van die vorige Pieter Swanepoel Sportdae: 

    2016 Brandfort 33 Wessel Maree 5
    2015 Brandfort 28 Parys 16
    2014 Bothaville 29 Brandfort 14
    2013 Brandfort 71 Wessel Maree 0
    2012 Brandfort 52 Parys 7
    2011 Brandfort 59 Riebeeckstad 0
    2010 Brandfort 34 Richardsbaai 0
    2009 Brandfort 26 Hennenman 12
    2008 Brandfort 31 President Steyn 24
    2007 Brandfort 31 Fichardtpark 15
    2006 Brandfort 33 Louis Botha 12
    2005 Brandfort 31 Hoërskool Bloemfontein 24
    2004 Brandfort 25 Zastron 9
    2003 Brandfort 51 Ladybrand 0
    2002 Brandfort 21 Hoërskool Bloemfontein 20
    2001 Brandfort ? ? ?
    2000 Brandfort 60 Zastron 0

     

  • Francois Klopper van Trekkers speel Bul-kontrak los

    Francois Klopper van Trekkers speel Bul-kontrak los

    NewsG StAlbansVoortrekker van Bethlehem se vaskopstut, Francois Klopper, het Dinsdag vir homself ‘n junior Blou Bul-kontrak met sy spel tydens die Blou Bulle se Prestige Rugbyfees op Loftus Versfeld in Pretoria losgespeel. Die Trekkers het wel hulle wedstryd teen EG Jansen van Boksburg met 10-30 verloor, maar Klopper het die Jakarandastad met ‘n bree glimlag verlaat.  

    Die Jansies se puik losskakel, Ruben Beytell, was self op sy stukke. Hy het twee keer met sy skerp breekslae die span van Bethlehem se doellyn oorgesteek. Beytell was ‘n lid van die SA Skole-sewesspan wat Saterdag ‘n internasionale toernooi in Windhoek gewen het.

    In die hoofwedstryd van die dag het Garsfontein vir Diamantveld met 25-5 gewen. Die span van Pretoria se struktuur so vroeg in die seisoen het beindruk. 

    Sy buitesenter, Diego Appollis, is welverdiend as speler van die wedstryd aangewys. Appollis het sy span se eerste drie gedruk na die losskakel, Barrie Schoombie, onderskep het. Die plaasvervanger-skrumskakel, Keagan Johannes, het toe hy die veld betree het ritme aan Garsies se agterhoede met sy flinke aangeewerk gegee. 

    Van die nege wedstryde tydens die dag het vier gelykop geeindig. Geen stelskoppe of skepskoppe is tydens die kragmetings van 25 minute per helfte toegelaat nie. 

    Puntemakers:

    Garsfontein 25 (5) – Drieë: Diego Appollis, Juandré Scheepers, Juandré Breytenbach, CJ Steinhobel, Campwill Willemse. Diamantveld 5 (0) – Drie: Marco van Straaten.

    Monument 30 (15) – Drieë: Morné Brandon (2), Stefan le Roux, Franco Schutte, Tumi Manoyane, Dian Oosthuizen. Welkom Gimnasium 10 (5) – Drieë: Wian van Staden (2).

    EG Jansen 40 (25) – Drieë: Ruben Beytell (2), Franco van Eeden (2), Reinhardt Venter, Hugo Claassen, Jonathan O’Neill, Dominic McArthur. Voortrekker (Bethlehem) 10 (5) – Drieë: Francois Klopper, Marcel Engelbrecht.

    Menlopark 30 (15) – Drieë: Jeppe High School for Boys’ 30 (20) – Drieë: Mangaliso Ntimba (3), Muzilkazi Manyike, James Msimango, Mohau Mohlahleli.

    Potchefstroom Gimnasium 30 (20) – Drieë: Arno Gustafson (2), Willie Steenkamp, Edrich Cronje, Vernon Charslund, Kobus Swanepoel. Zwartkop 30 (5) – Drieë:

    Kemptonpark 10 (5) – Drieë: Ettienne Poultney, Darryn Luyt. Goudveld-Hoërskool 10 (0) – Drieë: Craig Colby, Mpho Makata.

    Ben Vorster 10 (5) – Drieë: Shima Molepo, Frans Pool. St. Alban’s College 10 (5) – Drieë: Cornal Korf, Aiden Ridgeway.

    Pretoria THS 30 (15) – Drieë: Thabisho Mbatha (4), Tshiamo Mashilwane, Lehlohonoo Nyelele. Curro Heuwelkruin 25 (10) – Drieë: Reece Wynn, Dylan Cato, Hanco van Staden, Renier Gerber, André Kotze.

    Pretoria Boys’ High 25 (10) – Drieë: Mpho Kubheka (3), Kagiso Woodbridge, Alex Viljoen. Oos-Moot 20 (10) – Drieë: Edmund Ludick (2), Emile Bester, Renier Vos.

  • Kearsney Easter Festival celebrating a decade of thrilling rugby

    Kearsney Easter Festival celebrating a decade of thrilling rugby

    KERF2017 LogoA strong line-up of 12 schools renowned for their rugby pedigree will participate in the 10th edition of the Standard Bank Kearsney Easter Rugby Festival next month.

    This year’s line-up includes powerhouse teams Monument from Krugersdorp, Boksburg’s Dr EG Jansen, HTS Middelburg and Hoërskool Noord-Kaap from Kimberley, as well as the strong Eastern Cape schools Selborne College (East London), Dale College (King William’s Town), Queen’s College (Queenstown) and Hoërskool Framesby (Port Elizabeth), together with Glenwood High School and hosts Kearsney College from KZN. Newcomers to the festival are Pretoria Boys High and HTS Drostdy from Worcester in the Boland.

    Sharks CEO Gary Teichmann said the strength, success and reputation of the festival was evident from the calibre of schools participating each year.

    “The best schoolboy players compete against each other over a few days in a festival that attracts top coaches, scouts and fans from across the country,” he said.

    Talent scouts from The Sharks and Sharks Academy will be on the lookout for gifted players during the three play days, scheduled over the Easter weekend for Thursday 13, Saturday 15 and Monday 17 April. Three bursaries, comprising a contract with The Sharks Academy and tuition bursary, will be awarded after the final match of the festival.

    Whilst for many decades Easter rugby festivals were held in Gauteng at St John’s, St Stithians and KES, this festival at Kearsney College in Botha’s Hill has now become an important fixture on the calendars of supporters of outstanding schoolboy rugby. For the tenth year it will provide an exciting weekend of competitive, top class running rugby, bringing some of the country’s best rugby talent to the province.

    Kicking off each day’s play will be a match between primary school teams from Highbury, Westville Senior Primary, Umhlali and the KZN Ibutho/Mark Godefroy u13 development team. The six senior 1st XV fixtures follow each day.

    Speaking at the launch Kearsney headmaster Elwyn van den Aardweg said there was strong diversity of teams selected for this year’s festival, with schools representing the Eastern Cape, Boland, Northern Cape, Gauteng, Mpumalanga and KwaZulu-Natal.

    He said from the first festival 10 years ago, it had grown in support from sponsors, schools, spectators and the media and Kearsney was again gearing up for capacity crowds this year. For the first time live-streaming with professional commentary was being offered to supporters unable to make it to the festival, as well as giving players the opportunity to perform on a broader platform.

    Van den Aardweg said a new co-sponsor, Halfway Ford, had come on board and would add dynamic flavour and energy to the event, together with on-going title sponsor Standard Bank and festival partners The Sharks, Sharks Academy and KZN Rugby Union.

    Standard Bank’s Funeka Montjane said through the festival they hoped to have a meaningful impact by championing the concept of health and friendship through sport, as well as supporting leaders of the future.

    Etienne Fynn, managing director of The Sharks Academy, said the Sharks and Sharks Academy continued to benefit from the festival through the number of players who chose to follow a possible path into the professional ranks through them.

    NewsG KERFlaunch

    Endorsing their sponsorship of the festival, Halfway Ford’s Ward Huxtable said they were excited to be a major sponsor of this dynamic festival for the first time. “We’re proud to be associated with an event linked to the development of South Africa’s youth; and believe it’s the perfect platform to showcase our quality products.”

    Festival organiser Mouton Badenhorst said sporting events such as this called on discipline, commitment, innovation and leadership from players – the human qualities required to build a better future for all.

    “The Standard Bank Kearsney Easter Rugby Festival is an expression of youthful talent, which requires nurturing to produce tomorrow’s leaders. We hope that some of the country’s best young rugby players will enjoy the wonderful opportunity of testing their skills against the best in the game,” Badenhorst said.

    The organisers have appealed to supporters to take new or good condition second-hand rugby kit and clothing to the festival, which can be left in designated collections bins on campus. Contributions to the ‘Boots and Balls’ outreach initiative, which was started two years ago, will be handed over to the KZN Rugby Union’s Development Programme during the closing ceremony. The items are sorted, repaired and distributed to development teams throughout the province.

    Every effort is made to provide a family-friendly environment at the festival, offering entertainment for the very young to the seasoned enthusiast. There will be food outlets, a refreshment tent and fun KidZone for those wanting to enjoy a full day of entertaining rugby. Gate entrance is R20 per person and ample parking will be available.

    See www.kearsney.com for fixtures and festival information.

  • Loftus Versfeld ready for the Prestige Rugby Evening

    Loftus Versfeld ready for the Prestige Rugby Evening

    BlouBulleLoftus Versfeld will once again play host to the Vodacom Blue Bulls’ Prestige Rugby Evening that will see 18 high school and two primary school teams battle it out on Tuesday, 7 March 2017.

    Now in its second year, the tournament has proven to be a highlight on the schoolboy rugby calendar that sees schools come from near and far to compete against one another.

    The Prestige Rugby Evening is proudly brought to you by the Blue Bulls Company, and the evening has been tailored to give the players a unique experience. In order to ensure running rugby, no kicking for points is permitted while each team will be allowed to use a maximum of 26 players and rolling substitutions will be implemented.

    Each team will be mentored by a Vodacom Bulls player that will interact with the team throughout the evening, offering the players guidance and motivation.

    Man of the Match awards will be decided by the Vodacom Bulls coaching staff including head coach, Nollis Marais, and the Player of the Evening will be awarded a Vodacom Blue Bulls contract.

    According to Werner de Beer, Blue Bulls Company: Coordinator High Performance, Operations, Schools & Amateur Rugby, the tournament has already shown immense growth while serving the Vodacom Bulls as a talent identification tool.

    “The Prestige Rugby Evening may have only been in existence for a year but we have already received immense interest from schools around the country. This year will see several schools from the Griffons region compete against schools from the Blue Bulls, Leopards and Lions regions,” said De Beer.

    “The evening provides players the opportunity to play on one of South Africa’s iconic rugby fields, Loftus Versfeld, while giving the High Performance department an opportunity to identify talent that they may not always have access to as players do slip through the cracks,” De Beer added.

    Prestige Rugby Evening fixtures, 7 March 2017:

    12:00 – Midstream U13 vs Curro Heuwelkruin U13
    13:00 – Pretoria Boys High vs. Oos Moot
    14:00 – Pretoria Technical High School vs. Curro Heuwelkruin
    15:00 – Ben Vorster vs. St Alban’s College
    16:00 – Kemptonpark vs. Goudveld
    17:00 – Zwartkop vs. Potchefstroom Gimnasium
    18:00 – Menlopark vs. Jeppe
    19:00 – EG Jansen vs. Bethlehem Voortrekker
    20:00 – Monument vs. Welkom Gimnasium
    21:00 – Garsfontein vs. Diamantveld