SSPN Test Site

Blog

  • Sportmax/Rooiskool se Sportdag 2015

    Sportmax/Rooiskool se Sportdag 2015

    Die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad (Rooiskool) bied Saterdag sy jaarlikse sportdag in die Noord-Vrystaatse dorp aan. Die gasheer pak die Vrystaatse A1-liga kampioen van 2014, Louis Botha, in die hoofwedstryd van dié dag. 

    Die bepalings is: 

    Rooiskool bepalings2015

  • AHS Kroonstad -2002

    Results
    AHS Kroonstad 45, Voortrekker (Pietermaritzburg) 13
    AHS Kroonstad 27, Westonaria 0
    AHS Kroonstad 66, Hoogland 0
    AHS Kroonstad 27, Sasolburg THS 0
    AHS Kroonstad 28, Ficksburg 5
    AHS Kroonstad 16, Cherries 11
    AHS Kroonstad 10, Upington High 22
    AHS Kroonstad 19, Swartland (Malmesbury) 12
    AHS Kroonstad 39, Goudveld 0
    AHS Kroonstad  8, Hentie Cilliers 22 
    Players: Gerald Cinnamon, Niekie Potgieter, Renver Louw, Hugo de Klerk, WJ Smit, Marnus Barnard, Henk Verkes, Pieter Nel, Abrie Smit, Christiaan Bam, Altus de Wet, Fanie van Rensburg, CJ Schlebusch, Ian van den Heever, Eben van Schalkwyk, Marinus Prins, Erns Bruwer, Gert Erasmus, Frikkie Spies, Conraad van Rensburg, Albert Wessels, Shaun Kearney, Paul van Niekerk and Andries Pelser.
    Coaches: Jerry Erasmus and Gert Kotze.
  • AHS Kroonstad – 2006

    Results

    AHS Kroonstad 12,  Jim Fouche 24
    AHS Kroonstad 33,  Vryheid 0
    AHS Kroonstad 15,  Bekker High 5
    AHS Kroonstad   7,  Wonderboom 15
    AHS Kroonstad 36,  Richards Bay 7
    AHS Kroonstad 14,  Harmony Sportacademy 20
    AHS Kroonstad 24,  Hentie Cilliers 21
    AHS Kroonstad 18,  Welkom Gymnasium 3
    AHS Kroonstad 57,  Welkom THS 0
    AHS Kroonstad 41,  Goudveld 3
    AHS Kroonstad 63,  Riebeeckstad 7
    AHS Kroonstad 23,  Kroonstad High 14
    AHS Kroonstad 38,  Voortrekker (Bethlehem) 0
    AHS Kroonstad 31,  Voortrekker (Bethlehem) 8
    AHS Kroonstad 39,  Welkom Gymnasium 0

    Players: Johan Fourie, Louwtjie Louw, Andries Kok, Jean Olivier, Jacques Jordaan, Johan Wessels, Jaco Saayman and Tiaan van Wyk.

  • Grey College – 2015

    Grey College – 2015

    Results

    Grey College 34,  Diamantveld 34
    Grey College 50,  Menlopark 27
    Grey College 22,  HTS Middelburg 19
    Grey College 28,  Kearsney College 10
    Grey College 17,  EG Jansen 15
    Grey College 52,  Fichardtpark 0
    Grey College 29,  Waterkloof 3
    Grey College   7,  Monument 17
    Grey College 19,  Paarl Boys’ High 21
    Grey College 18,  Affies 29 
    Grey College 51,  Selborne College 21
    Grey College 51,  Sentraal 0
    Grey College 18,  Louis Botha 10
    Grey College 34,  Grey High School 22
    Grey College 36,  Maritzburg College 34
    Grey College 40,  Glenwood 10
    Grey College 12,  Paul Roos Gimnasium 19

    Players: IG Prinsloo, Werner Roberts, Louwtjie Steenkamp, Daniel Rust, Jurie Burger, Mario Vieira, Jandre de Beer, Janco van Tonder, 

    Coach: Wessel du Plessis. 

  • Noord-Kaap – 2015

    Results 

    Noord-Kaap 33,  Klerksdorp 5
    Noord-Kaap 60,  Lichtenburg 7
    Noord-Kaap 36,  Welkom Gimnasium 26
    Noord-Kaap 28,  Marlow Landbou 22
    Noord-Kaap 19,  Landboudal 7
    Noord-Kaap 42,  Kearsney College 29
    Noord-Kaap 43,  Transvalia 13
    Noord-Kaap   7,  Outeniqua 22
    Noord-Kaap 22,  Tygerberg 22
    Noord-Kaap 40,  Menlopark 34
    Noord-Kaap 26,  Glenwood 27

    Players: Cameron Hufke, Gerhard Holtzhausen, Brandon de Melim (captain), Zayne Farmer, Stefan Smit, Howard Lottering, Wilfred Bowers, Rian Kotze, Conrad van Aswegen, Gladwin Nieuwenhuizen, Daniello Huyster, Cleo Adams, Marc Aitken, Duan Steenkamp, Lihan Viljoen, Hannes Jacobs, Willbritte Uys, Arthur Jones, Jahnu Pieterse. 

    Coach: Shaun Huygen and Rohan Victor. 

  • Al die Noordvaal Uitslae van 14 Maart 2015

    Die Hoërskool Eldoraigne se rugbyspan het vir die grootste opskudding in Saterdag se skolewedstryde gesorg toe hy die HTS Middelburg in die Tuks-reeks in Pretoria met 22-14 getroef het.

    Die tuisspan het die skrums met sy twee voorrymanne, Nathan Prinsloo en Morné Smith, aan die spits oorheers. Die Rooi Bulle het ook in die lynstane nie die mas opgekom nie. Prinsloo het boonop in die vastelos gewys dat hy ook weet hoe om te systap en die besoekers ook in hierdie afdeling probleme besorg.

    Brendan Heymans, Eldos se kaptein en agtsteman, het sy troepe van voor gelei. Hy moes die veld egter op ’n draagbaar verlaat ná ’n harde duikslag in die tweede helfte. Die Rooi Bulle se beste speler was hul kantman JC Preto­rius. Hy het sy span se eerste drie gedruk nadat hy vanuit sy eie halfgebied deurgebreek het om te gaan afrond.

    Agterlangs verdien die wenspan se senterpaar, Awie Smal en Maartin du Toit, elk ook ’n klop op die skouer.
    Monument het Centurion op die Ras van Rooyen-veld in Krugersdorp met 52-10 verslaan. Die tuisspan het in die tweede helfte na ’n hoër rat oorgeskakel nadat hy met die omdraaislag ’n voorsprong van 19-0 gehad het.

    Vir die Wit Bulle was Zander Kruger, hul losskakel, uitstekend. Sy balverspreiding was van hoogstaande gehalte en hy het ook goeie oordeel met sy besluitneming getoon. Die span se kantman Bakkies Potgieter het voorlangs met sy rotsvaste verdediging uitgetroon. Hy was op die aanval ook meer as ’n handvol.

    Wilrico Gadney, die Hoërskool Pietersburg se linkervleuel, het drie keer in sy span se gemaklike sege van 52-12 oor Florida agter die doellyn gaan kuier. Die Pieties se losskakel, Morné Venter, het 17 punte met ’n drie en ses doelskoppe bygedra.

    Garsfontein se losskakel, JP Wegner, het 20 punte tot sy span se sege van 55-8 oor Marais Viljoen bygedra. Die span se flank en kaptein, Jaco Bezuidenhout, was egter sy span se beste speler op die dag. Die heelagter, Austin Davids, en skrumskakel, Ambrose Papier, het ook blink vertonings gelewer. Bezuidenhout is goed voorlangs deur die haker, Armand Roets, bygestaan.

    EG Jansen het in ’n opwindende wedstryd op sy tuisveld in Boksburg 15 drieë teen Transvalia ingeryg. Die kragmeting het 133 punte in 70 minute opgelewer. Die tuisspan het met 95-38 as oorwinnaar van die veld gestap. Sy losskakel, Xander Crause, het vir die tweede agtereenvolgende week ’n driekuns aan drieë behaal. Sy skakelmaat, Ginter Smuts, het 21 punte teen Transvalia aangeteken. Hy het ’n drie gedruk en ook met agt doelskoppe geslaag.
    Nelspruit se Rhinos het hul aanslag in die reeks met ’n sege van 32-13 oor Vereeniging Gimnasium begin. Kempton Park het Saterdag ook hul aanslag met ’n oorwinning van 35-12 oor Ermelo begin.

    Puntemakers: 

    TUKS-REEKS

    Eldoraigne 22 (15) – Drieë: Christiaan Claassen, Maartin du Toit, Nathan Prinsloo. Doelskoppe: Tryston van Schalkwyk (2). Strafdoel: Van Schalkwyk. HTS Middelburg 14 (7) – Drieë: JC Pretorius, Eric Basson. Doelskoppe: Brandon Parr-Bailey (2).

    Monument 52 (19) – Drieë: Arno van der Westhuizen (2), Ruan Vermaak, Zander Kruger, Franco Tiedt, Len Massyn, Bakkies Potgieter, Justin Brandon. Doelskoppe: Kruger (4), Stian Joubert (2). Centurion 10 (0).

    EG Jansen 95 – Drieë: Xander Crause (3), Hendré Stassen (2), Edwin Jansen (2), Franklin Wagner (2), Nico Peyper, Dandré Brand, Dylan van der Walt, Warren Brits, Quinton Beaton, Ginter Smuts. Doelskoppe: Smuts (8), Jacques Joubert (2). Transvalia 38.

    Garsfontein 55 (29) – Drieë: Shakeel Fredericks (2), JP Wegner, Jaco Bezuidenhout, Austin Davids, Abner van Reenen, Ambrose Papier, Emilio Adams. Doelskoppe: Wegner (6). Strafdoel: Wegner. Marais Viljoen 8 (0).

    Hoërskool Klerksdorp 43 – Drieë: Donovan Ivens (3), JW Nortjé, Phillip Barlow-Jones, Willem Swanepoel, Anker Pretorius. Doelskoppe: Maghiel le Roux (4). Hoërskool Rustenburg 12.

    Kempton Park 35 (13) – Drieë: Pieter Prinsloo (2), Francois Erasmus, Johan Marais, Marnus Liebenberg. Doelskoppe: Divan de Beer (2). Strafdoele: De Beer, Mauritz Snyman. Ermelo 12 (5) – Drieë: Connie van Niekerk, Pieter Bekker. Doelskop: Leon Visser.

    Nelspruit Rhinos 32 – Drieë: Jaco Joubert (2), Eduan Engelbrecht, Marnus van der Merwe, Coenie Kruger. Doelskoppe: Wessel Muller (2). Strafdoel: Muller. Vereeniging Gimnasium 13 – Drie: Arno Grundelingh. Doelskop: Dylan Schoeman. Strafdoele: Schoeman (2).

    Hoërskool Pietersburg 52 – Drieë: Wilrico Gadney (3), Floyd Ledwaba (2), Morné Venter, Jan-Barend Meyer, Tyrone Thompson. Doelskoppe: Venter (6). Florida 12.

    Ander spanne:

    o.16: Eldoraigne 22, HTS Middelburg 20; Rustenburg 31, Klerksdorp 22; Kempton Park 51, Ermelo 6; EG Jansen 36, Transvalia 20; Monument 76, Centurion 0; Florida 15, Pietersburg 14; Marais Viljoen 23, Garsfontein 22; Vereeniging Gimna­sium 20, Nelspruit 17.

    o.15: HTS Middelburg 10, Eldoraigne 5; Rustenburg 51, Klerksdorp 0; Kempton Park 41, Ermelo 0; EG Jansen 17, Transvalia 14; Monument 55, Centurion 0; Florida 57, Pietersburg 7; Garsfontein 43, Marais Viljoen 0; Nelspruit 34, Vereeniging Gimnasium 3.

    o.14: HTS Middelburg 36, Eldoraigne 0; Klerksdorp 41, Rustenburg 0; Kempton Park 55, Ermelo 7; Transvalia 18, EG Jansen 12; Monument 48, Centurion 0; Pietersburg 15, Florida 10; Garsfontein 29, Marais Viljoen 6; Nelspruit 49, Vereeniging Gimnasium 0.

    PUKKE16-REEKS

    Vryburg 105 – Drieë: Joe van Huysteen (5), Rico Markram (4), B.F. van Staden (3), Gert Jonker, JP Esterhuizen, Jonan van den Berg, Adolf Reyneke. Doelskoppe: BF van Staden (10). Wolmaransstad 0.
    Schweizer-Reneke 22 – Drieë: Dané van den Berg, Rudi Kotze, Hercu Strydom. Doelskoppe: Eugene van Rensburg (2). Strafdoel: Van Rensburg. Schoonspruit 7.

    Bekker 35 – Drieë: Bennie Prinsloo (2), Dirk Erlank (2), Herman Roesch, Andy Bok, Ruvo du Preez. Doelskoppe: Ewald Oberholzer (4), Prinsloo. Alberton High 3.

    Volksrust 37 – Drieë: Hendrico Nel (4), Henro Odendaal, Alwande Sangweni. Doelskoppe: SW van Wyk (2). Strafdoel: Van Wyk. Ferrum 28.

    Eerstespanne: Pionier 34, Piet Retief 22; Fochville 34, Overvaal 10; Delmas 19, Pretoria-Noord 13.

    Ander spanne:

    o.16: Vryburg 67, Wolmaransstad 10; Schweizer-Reneke 45, Schoonspruit 10; Piet Retief 17, Pionier 5; Overvaal 34, Fochville 6; Pretoria-Noord 29, Delmas 13; Bekker 15, Alberton High 10.

    o.15: Vryburg 26, Wolmaransstad 0; Schoonspruit 49, Schweizer-Reneke 7; Piet Retief 13, Pionier 3; Fochville 41, Overvaal 0; Pretoria-Noord 29, Delmas 0; Alberton High 12, Bekker 5.

    o.14: Wolmaransstad 19, Vryburg 0; Schweizer-Reneke 12, Schoonspruit 7; Pionier 24, Piet Retief 23; Fochville 17, Overvaal 14; Pretoria-Noord 43, Delmas 7; Bekker 36, Alberton High 0.

    SUPER-REEKS

    Secunda 39 – Drieë: Righ Potgieter, Stephan Kruger, Jacobus Beyleveldt, Christiaan Naudé, Hanco Nel. Doelskoppe: Potgieter (4). Strafdoele: Potgieter (2). Die Wilgers 17.

    Brandwag (Benoni) 43 – Drieë: Janco Fourie (2), Martin Steyn (2), Armin Wessels, Duncan Prinsloo, Shipo Sifundza. Doelskoppe: Steyn (3), Izak Veldman. John Vorster 3.

    Eerstespanne: Dinamika 26, Jan Viljoen 10; Southdowns College 26, Wagpos 20; Tuine 57, Gerrit Maritz 5; Bergsig 14, Ligbron 10.

    Ander spanne:

    o.16: Jan Viljoen 26, Dinamika 12; Secunda 13, Die Wilgers 10; Southdowns 7, Wagpos 5; Tuine 53, Gerrit Maritz 3; Brandwag 55, John Vorster 0; Ligbron 24, Bergsig 0.

    o.15: Jan Viljoen 7, Dinamika 5; Secunda 29, Die Wilgers 7; Wagpos 35, Southdowns 12; Tuine 21, Gerrit Maritz 17; Brandwag 14, John Vorster 5; Ligbron 41, Bergsig 0.

    o.14: Jan Viljoen 24, Dinamika 15; Secunda 43, Die Wilgers 5; Wagpos 32, Southdowns 12; Gerrit Maritz 31, Tuine 12; Brandwag 44, John Vorster 0; Ligbron 12, Bergsig 5.

    NWU VAAL-REEKS

    Linden 19 – Drieë: Ryan Johst, Morné van der Berg, Dillon van Tonder. Doelskoppe: Kyle Lues. Dr. Malan 3 – Strafdoel: Pieter van Vuuren.

    Standerton 31 – Drieë: Mfundo Ndlovu (3), Ruben Hohls. Doelskop: AJ Potgieter (4). Strafdoel: JP de Klerk. Randburg 27.

    Eerste spanne: Hoërskool Alberton 25, Hans Moore 5; Heidelberg Volkskool 29, Brits 10; Benoni High 45, AHS Sasolburg 7; Elspark 40, Hartbeespoort 7; Riebeeckrand 20, President 14.

    o.16: Dr. Malan 27, Linden 0; Randburg 22, Standerton 6; Riebeeckrand 26, President 0; Brits 27, Heidelberg Volkies 11; Benoni 24, AHS Sasolburg 0; Alberton 38, Hans Moore 10; Hartbeespoort 34, Elspark 5.

    o.15: Linden 22, Dr. Malan 0; Standerton 34, Randburg 12; Riebeeckrand 29, President 7; Heidelberg Volkies 31, Brits 0; Benoni 22, AHS Sasolburg 21; Alberton 22, Hans Moore 10; Hartbeespoort 10, Elspark 5.

    o.14: Dr. Malan 53, Linden 0; Randburg 38, Standerton 15; Riebeeckrand 43, President 0; Heidelberg Volkskool 12, Brits 10; Benoni 27, AHS Sasolburg 5; Hans Moore 19, Alberton 12; Hartbeespoort 26, Elspark 5.

    ANDER

    Hoërskool Middelburg 75 – Drieë: Ruben Roodt (3), Siyabonga Khaliswayo (2), Fana Ngwenya (2), Cyprian Nkomo, Barend Ditle, Wandile Shabangu, Jadrich van der Merwe. Doelskoppe: Chris Hanekom (10). Driehoek 5.

    Waterkloof 48 (22) – Drieë: Chergin Fillies (3), Stedman Gans (3), Runan Venter, Eduard Pretorius. Doelskoppe: Quintin Bayards (4). Sentraal 5 (0) – Drie: Strafdrie.

    Potchefstroom Gimnasium 65 – Drieë: Veltie van der Merwe (2), Werner Venter (2), Gwampie van der Berg (2), Gideon Botha (2), Heinrich Siepker, Gerhard Steenekamp, Jacques Jacobs. Doelskoppe: Cassie Dreyer (4), PC le Roux. Oosterlig 3 – Strafdoel: Werner Coetzee.

    Potchefstroom Volkskool 62 – Drieë: Renier Barnard (3), Michael Tolmay (2), FC de Beer, Marco Diederiks, Johan Clower, Roché van Aarde. Doelskoppe: Jandré Dreyer (7). Strafdoel: Dreyer. Hoogenhout 25 – Drieë: Ashley Mathula (2), Janco Swart, Shaun Jacobs. Doelskop: Mathula. Strafdoel: Jacques Rocher.

    Die Anker 20 – Drieë: JJ Keyser, Reinhardt Theron. Doelskoppe: Frikkie Pottas (2). Strafdoele: Pottas (2). HTS Witbank 3.

    Oos-Moot 38 – Drieë: Tiaan de Lange (3), Frikkie Deysel, Terrance Kingsburgh, FC Claassen. Doelskoppe: Ronald van der Weteren (3), JP Alberts. Frikkie Meyer 13 – Drie: Francois Buys. Doelskop: JB de Beer. Strafdoele: De Beer (2).

    Helpmekaar 48 – Drieë: Chuinier van Rooyen (2), Keagan Haman (2), Justin Taylor (2), Zandré Kruger, Divan Minnaar. Doelskoppe: Taylor (4). St. John’s College 7.

    Eerste spanne: Zwartkop 12, Bastion 10; Hugenote 32, Wesvalia 7; Ben Vorster 35, Montana 29; Generaal Hertzog 28, Piet Potgieter 25; Lichtenburg 27, Jeugland 14; Overkruin 32, Hans Strijdom 10; Christiana 55, Mafikeng 3; Curro Heuwelkruin 33, Northern Academy 21; Nylstroom 20, Louis Trichardt 17; Wonderboom 23, Noordheuwel 3; Ben Viljoen 45, Lydenburg 10; Merensky 26, Ellisras 15; HTS John Vorster 64, Tom Naudé 0.

    Ander spanne:

    o.16: Helpmekaar 66, St. John-kollege 0; Zwartkop 25, Bastion 0; Wesvalia 11, Hugenote 7; Ben Vorster 52, Montana 0; Piet Potgieter 27, Generaal Hertzog 7; Lichtenburg 64, Jeugland 10; Middelburg 34, Driehoek 8; Hans Strijdom 38, Overkruin 3; Hoogenhout 37, Potch Volkies 15; Oosterlig 15, Potch Gimmies 7; Oos-Moot 54, Frikkie Meyer 13; Nylstroom 21, Louis Trichardt 17; Noordheuwel 10, Wonderboom 3; Ben Viljoen 8, Lydenburg 5; Ellisras 29, Merensky 12; Waterkloof 40, Sentraal 3; Tom Naudé 32, HTS John Vorster 26.

    o.15: Helpmekaar 14, St. John-kollege 0; Zwartkop 64, Bastion 0; Wesvalia 13, Hugenote 7; Ben Vorster 17, Montana 17; Generaal Hertzog 20, Piet Potgieter 7; Lichtenburg 48, Jeugland 0; Middelburg 66, Driehoek 8; Hans Strijdom 17, Overkruin 5; Potch Volkies 41, Hoogenhout 0; Potch Gimmies 24, Oosterlig 10; Curro Heuwelkruin 27, Northern Academy 12; Frikkie Meyer 10, Oos-Moot 0; Nylstroom 5, Louis Trichardt 5; Noordheuwel 53, Wonderboom 0; Lydenburg 12, Ben Viljoen 10; Ellisras 21, Merensky 10; Waterkloof 50, Sentraal 0; HTS John Vorster 24, Tom Naudé 0.

    o.14: Helpmekaar 21, St. John-kollege 7; Zwartkop 34, Bastion 7; Wesvalia 19, Hugenote 17; Ben Vorster 26, Montana 3; Generaal Hertzog 15, Piet Potgieter 7; Jeugland 27, Lichtenburg 12; Middelburg 36, Driehoek 15; Overkruin 19, Hans Strijdom 0; Potch Volkies 41, Hoogenhout 7; Potch Gimmies 41, Oosterlig 0; Oos-Moot 24, Frikkie Meyer 22; Nylstroom 25, Louis Trichardt 5; Noordheuwel 61, Wonderboom 7; Ben Viljoen 36, Lydenburg 10; Ellisras 15, Merensky 10; Waterkloof 81, Sentraal 0; Tom Naudé 10, HTS John Vorster 5.

  • Diamantveld hou Grey tot ‘n gelykop-uitslag

    Hoërskool Diamantveld se eerste rugbyspan van 2015 het Saterdag die eerste tree gegee om homself as een van die voorste spanne in dié skool se geskiedenis te vestig. Die pad vorentoe is egter nog lank.

    Diamonds het 34-elk gelykop teen die land se voorste rugbyskool, Grey-kollege, op sy tuisveld in Kimberley op sy jaarlikse sportdag gespeel. Die skool van die Diamantstad vier vanjaar sy 80ste bestaansjaar.

    Die terugveg-poging sal onthou word as een van die heel bestes nog op skolevlak in die sentrale streek. Grey het na slegs 13 minute se speeltyd reeds ‘n voorsprong van 22-0 opgebou. Diamantveld se hoofafrigter, Jean Stemmet, het geskerts dat hy teen dié stadium van die kragmeting wou weghardloop. “Die spelers het uitsonderlike karakter gewys om terug te kom na ons so ver agter was om uiteindelik gelykop te speel. Ek is baie trots op my span. Ek moet ook dankie sê vir Grey wat hier met ons feesvieringe teen ons kom speel het,” het Stemmet gesê.

    Dit was die eerste keer wat die twee spanne sedert 1980 mekaar op die rugbyveld die stryd aangesê het. Die span van die Rosestad kon vir die eerste keer sedert 1979 nie daarin slaag om ‘n span van Kimberley te klop nie
    HTS Kimberley het in 1979 vir Grey met 11-9 onder die aanvoering van Eddie Lightfoot geklop. Diamonds se losskakel, Gerco Nortjé, was uitstaande en het 19 van sy span se punte aangeteken. Hy het ook dié drie gedruk en ook verdoel ‘n minuut voor die einde wat die telling gelykop gemaak het.

    Die kaptein en flank, Janco Cloete, het voorlangs sy span aangevuur. Die senter, Nico Roets, en agtsteman, Johan Joubert, het ook blink vertonings gelewer. Diamantveld het wel vroeër met 24-22 teen Sentraal vasgeval, maar Nortjé en nog ‘n paar van Diamonds se sterre was nie in die wedstryd in aksie nie. Vir Grey was sy vleuel Dawid Snyman en agtsteman, Werner Roberts, die vernaamste staatmakers.

    Die Cherries het Duineveld se eerste span met 38-5 verslaan, terwyl ‘n Grey XV-tal vir Landboudal van Jacobsdal met 29-9 die loef afgesteek het. Welkom Gimnasium moes hard werk om Hoërskool Upington met 13-0 op die sportdag onder te kry.

    Op Hartswater se sportdag was Kalahari se Leeus met 15-9 oor die Hoër Landbouskool Noord-Kaapland van Jan Kempdorp baas. Kathu het op dié sportdag vir Zeerust met 19-12 geklop.

    Puntemakers: 

    Grey-kollege 34 (22) – Drieë: Niel Durow, Johan Dippenaar, Dawid Snyman, PR Serfontein, Dian Gouws. Doelskoppe: Mario Veira (3). Strafdoel: Veira. Diamantveld 34 (7) – Nico Roets, Johan Joubert, Janco Cloete, Gerco Nortjé. Doelskoppe: Gerco Nortjé (4). Strafdoele: Nortjé (2).

    Cherries 38 – Drieë: Jaco Wessels (2), Marnus Boshoff, Wian Kloppers, AJ Barkhuizen, JD Steyn. Doelskoppe: Barkhuizen (4). Duineveld 5.

    Welkom Gimnasium 13 – Drieë: Benji Muller, Jason Olivier. Strafdoel: Luan James. Hoërskool Upington 0.

    Grey XV-tal 29. Landboudal 9 – Strafdoele: Tiaan van Wyk (3).

  • Christian aan spits van Louis Botha sege

    Louis Botha se jaarlikse sportdag het aan sy Cravenweek-losskakel, Jeandré Christian, behoort. Hy het 35 punte in sy span se klinkende sege van 50-0 oor HTS Welkom opgestapel.

    Christian het ‘n driekuns aan drieë behaal, vier van sy span se ses drieë verdoel en ook vier strafdoele tussen deur die pale gejaag. Die span van die Rosestad se binnesenter, Rallston Dreyer, het self ook twee keer deur gedraf. Louis Botha bied die sportdag al sedert 1983 aan.

    Fichardtpark moes sweet om Wilgerivier van Frankfort in die vernaamste voorwedstryd met 14-7 te klop. Fichies se pak voorspelers het goed vertoon en veral met hulle dryfmaal-bewegings ver ente veld gewen. Die span se loskopstut, Wandre Nortjé, was sy span se beste speler. Hy het ook albei sy span se drieë gedruk. Die slot, Adriaan Grabe, en flank, Eckhardt Kuhn, kan ook maar vandag breëbors na hulle vertonings rondloop. Agterlangs was die senter, Myburgh van Zyl, soos gewoontlik ‘n staatmaker.

    Wilgerivier se senter, GJ Janse van Rensburg, was uitmuntend op die verdediging. Hy het goed gedoen om Van Zyl en sy sentermaat, Luhan Zeelie, hok te slaan. Die span van Frankfort se heelagter, Stean Marais, het goed aansluiting by sy agterlyn gevind. Die flank, Clifford Davel, is maar klein, maar het nie ‘n tree voorlangs vir Fichies se agttal terug gestaan nie.

    Sand du Plessis het met 22-17 oor President Steyn koning gekraai. Die Steyners se haker Melvin Marais, vaskopstut, Raymond Kruger en slot Janco Nel het voorlangs goeie spel gelewer. In die agterhoede het die senter Kobus van Tonder en en vleuel Ryno Nyce goed vertoon.

    Hoërskool Kroonstad het vir Brandfort met 31-19 getroef. Blouskool se pak voorspelers het die grondslag vir die sege gelê, terwyl die agterlyn ook gevaarlik gelyk het wanneer hy aan die gang gekom het. Vir die verloorspan het sy stut Hanno Terblanche, slot Kamu Kgale en skrumskakel, Francois Fourie moedig probeer.

    Ficksburg het vir Sehunelo met 29-17 in hulle kragmeting op dié sportdag uitoorlê. Vandré Rolls het twee keer vir Jim Fouché teen Goudveld agter die doellyn in sy oorwinning van 24-0 gaan kuier.

    Hentie Cilliers het ‘n merkwaardige sege van 27-26 oor Maritzburg-kollege van Pietermaritzburg op sy tuisveld in Virginia behaal. Die span se skitterende losskakel, Domenic Smit, het die sege met ‘n skepdoel laat in die kragmeting beklink.

    Noord-Kaap se Cameron Hufke was die ster in sy span se sege van 28-22 oor Marlow Landbou op laasgenoemde se tuisveld net buite Cradock. Die vleuel van Northerns het twee keer gaan druk en al vier sy span se drieë verdoel om ‘n seldsame sege oor die Wolramme in Cradock te beklink.

    Die span se Cravenweek-agtsteman, Gerhard Holtzhausen, het die span van Kimberley se ander twee drieë afgerond.

    Puntemakers: 

    Louis Botha 50 – Drieë: Jeandré Christian (3), Rallston Dreyer (2), Azakhiwe Afrika. Doelskoppe: Christian (4). Strafdoele: Christian (4). HTS Welkom 0.

    Fichardtpark 14 (0) – Drieë: Wandre Nortjé (2). Doelskoppe: Pieter Snyman (2). Wilgerivier 7 (0) – Drie: Andries Burgers. Doelskop: Schalk Wilkinson.

    Sand du Plessis 22. President Steyn 17 – Drieë: Kobus van Tonder (2), Ryno Nyce. Doelskop: Van Tonder.

    Hoërskool Kroonstad 31 (19) – Drieë: Anton Steyn, Stian Wessels, Tinus van Schalkwyk, Henro de Vos, Stefan du Plessis. Doelskoppe: De Vos (2), Wessels. Brandfort 7 (0) – Drie: Hanno Terblanché. Doelskop: Henco de Wet.

    Jim Fouché 24 – Drieë: Vandré Rolls (2), Victor Botes, Wian Meyer. Doelskoppe: Tiaan Schutte (2). Goudveld-Hoërskool 0.

    Hentie Cilliers 27 – Drieë: Domenic Smit, Jovanian du Preez, Michael Kitching, Rico le Roux. Doelskoppe: Smit (2). Skepdoel: Smit. Maritzburg-kollege 26.

    Noord-Kaap 28 – Drieë: Cameron Hufke (2), Gerhard Holtzhausen (2). Doelskoppe: Hufke (4). Marlow Landbou 22.

    Waterkloof 48 (22) – Drieë: Chergin Fillies (3), Stedman Gans (3), Runan Venter, Eduard Pretorius. Doelskoppe: Quintin Bayards (4). Sentraal 5 (0) – Drie: Strafdrie.

    Riebeeckstad 41 – Drieë: Solly Seeta (2), Morné Botha (2), Collin Cromhoudt (2), Mpho Matsepe. Doelskoppe: Cromhoudt (2), Wanga Shumi. Hoërskool Bloemfontein 7.

    Theunissen 12 (5) – Drieë: Innocent Rakotsoane, Wian Jordaan. Doelskop: Rakotsoane. Winburg 5 (0).

    Kalahari 15 – Drieë: Erlu Jonck (2), Kaylyn Griqua. HLNK Jan Kempdorp 9.

    Reitz 36 – Drieë: Driaan Scheepers (2), JD Muller, Johan van der Westhuizen, Paul van Deventer, Adriaan Davel. Doelskoppe: Neil van der Merwe (3). Vanderbijlpark 0.

  • Eldos verras Rooi Bulle; Grey speel gelykop

    Eldos verras Rooi Bulle; Grey speel gelykop

    NuusG EldoraigneDie Hoërskool Eldoraigne se rugbyspan het vir die eerste verassing van die skolerugby-seisoen van 2015 gesorg toe hy op sy tuisveld vir HTS Middelburg met 22-14 die loef afgesteek het.

    Eldos se bonkige loskopstut, Nathan Prinsloo, was die groot held in die span van die Jakaranda se mees noemenswaardige sege die afgelope paar jaar. Hy het ‘n paar goeie lopies ingekry, maar dit was in die skrums waar hy die Rooi Bulle behoorlik opgedons het. Die vaskopstut, Morné Smith, het ook in die skrums gehelp om die oorhand te bewerkstellig.

    Die wenspan se kaptein en agtsteman, Brendan Heymans, het ook goed vertoon voordat hy in die tweede helfte met ‘n draagbaar na ‘n harde duikslag die veld verlaat het. Vir die Rooi Bulle het sy flank, JC Pretorius, ‘n skitterende individuele drie vanuit sy eie halfgebied in die eerste helfte afgerond.

    EG Jansen en Transvalia was op eersgenoemde se tuisveld in Boksburg in ‘n drieëfees betrokke. Die gasheer het oortuigend met 95-38 as oorwinnaars van die veld gestap. Die span se losskakel, Xander Crause, het vir die tweede week in ‘n ry die doellyn drie keer oorgesteek.

    Grey-kollege se rugbyspan kon vir die eerste keer sedert 1979 nie daarin slaag om ‘n span van Kimberley tot oorgawe te dwing nie. Die voorste rugbyskool in die land het met 34-elk gelykop teen Diamantveld in die Diamantstad gespeel.

    Die besoekers het na slegs 13 minute met 22-0 voorgeloop en op hierdie stadium het dit gelyk asof Diamonds ‘n lag middag te wagte kon wees.

    HTS Kimberley het in 1979 vir Grey met 11-9 onder die aanvoering van Eddie Lightfoot geklop. Diamonds se losskakel, Gerco Nortjé, het 19 van sy span se punte aangeteken.

    Louis Botha se Vrystaatse Cravenweek-losskakel, Jeandré Christian, was in ‘n verwoestende bui teen HTS Welkom in die hoofwedstryd van die span van die Rosestad se jaarlikse sportdag.

    Christian het 35 punte tot sy span se gemaklike sege van 50-0 oor die besoekers aangeteken. Hy het ‘n driekuns aan drieë behaal, vier drieë verdoel en ook vier strafdoele oorgeklits.

    Noord-Kaap het ‘n seldsame sege van 28-22 oor Marlow Landbou in Cradock behaal. Spanne behaal nie sommer maklik ‘n sege oor die Wolramme in Cradock nie. Vir die span van Kimberley het sy agtsteman, Gerhard Holtzhausen, en vleuel, Cameron Hufke, albei dubbelle driedruk-plesier ervaar.

    In Virginia het Hentie Cilliers danksy ‘n skepdoel deur sy losskakel, Domenic Smit, ‘n merkwaardige sege van 27-26 oor Maritzburg-kollege behaal.

    Vryburg het nog ‘n weghol-sege van 105-0 oor Wolmaransstad in die Pukke16-reeks behaal. Die span se senter, Joe van Huysteen, het vyf van sy span se 17 drieë afgerond. Die losskakel, BF van Staden, het ook weer die punte opgestapel. Sy bydrae van 35 punte het uit drie drieë en tien doelskoppe bestaan.

  • Grey vandag vir eerste keer sedert 1980 teen Diamonds

    Dit is 35 jaar sedert Grey-kollege en Diamantveld mekaar laas op die rugbyveld gepak het, maar vandag kan die span van Kiumberley ‘n veel groter opdraende stryd as destyds in 1980 te wagte wees.

    “Dit is ‘n groot geleentheid vir ons en elke seun wat rugby in Suid-Afrika speel wil teen Grey-kollege speel,” het Jean Stemmet, afrigter van Diamonds, gesê.

    Grey het dié kragmeting in 1980 met 13-4 gewen. Die span van die Rosestad het die wyle Bok-vleuel Jaco Reinach, SA Skole-haker Joepie van der Merwe en SA Skole-kaptein Jurie Erwee in sy geledere gehad. Die tweestryd tussen Van der Merwe en Diamonds se Wessel Lightfoot was die hoogtepunt van die kragmeting destyds.

    Van der Merwe het in 1979 en 1980 in die middel van die nasionale skolespan se skrum gesak, terwyl Lightfoot in 1981 die SA Skole-span se haker was. Interresant is dié feit dat Lightfoot se broer, Eddie, vir HTS Kimberley in 1979 tot ‘n sege van 11-9 oor Grey-kollege aangevoer het. Wessel Lightfoot het Diamonds se enigste drie gedruk, maar hy sê hy het tweede in die skrum teen Van der Merwe gekom. 

    Grey het slegs twee spelers in sy geledere wat verlede jaar die Vrystaat op die Cravenweek in Middelburg (Mpumalanga) verteenwoordig het. Hulle is die heelagter, Sentle Lehoko en die Suid-Afrikaanse Skole-stut, IG Prinsloo.

    Die span behoort egter sonder veel haakplekke sy seisoen met ‘n stewige sege oor Diamantveld af te skop. Daar bestaan twyfel of die tuisspan se losskakel, Gerco Nortjé, betyds van sy besering vir die kragmeting sal herstel. Hy was verlede jaar op die Cravenweek vir die Poubloues in aksie.

    Landboudal van Jacobsdal sal op Diamonds se Sportdag in die vernaamste voorwedstryd teen die Cherries van Grey kragte meet. Die tweestryd van die heelagters tussen Ezrick Alexander (Welkom-Gimnasium) en Benna Nieuwoudt (Hoërskool Upington) in hulle spanne se wedstryd beloof om een van die hoogtepunte van die dag te wees. Duineveld kom teen ‘n Grey Uitnodiging-span te staan.

    Die bepalings:

    13:20: Duineveld t. Grey Uitnodiging; 14:25: Hoërskool Upington t. Welkom-Gimnasium; 15:30: Landboudal t. Cherries; 16:45: Diamantveld t. Grey-kollege.