Aksie is gewaarborg by hierdie jaar se FNB Classic Clashes van Hoërskool Witteberg teen Voortrekker van Bethlehem.
Die spanning loop hoog en die opgewondenheid is tasbaar oor een van die grootste interskoledae in die land.
Die hele Bethlehem kom Saterdag weer tot stilstand wanneer die twee buurskole mekaar die stryd op die netbalbaan aansê.
Die gasheer, Witteberg, is laasjaar van die wennerstitel ontneem, maar hoop om hierdie jaar skoonskip teen hul opponente te maak.
Dit is vir die skole ‘n voorreg om weereens op hierdie vlak teen mekaar te kan meeding en dat niks minder as skouspelagtige netbal kan verwag word.
Hoewel een van die spanne as wenner van die dag gaan wegstap, hoop Gys Coetzee, hoof van Voortrekker dat sportmangees die eintlike wenner van die dag sal wees.
“Ons hoop dat die mededinging respekvol sal wees en al is die stryd hoe uitdagend, wil ek die ouers herinner dat al is dit ‘n groot dag, die deelnemers steeds kinders bly,” voeg Hannes Oostehuizen, hoof van Hoërskool Witteberg by.
Alicia Mouton, eerstespan afrigter van Witterberg, sê hulle is opgewonde vir die Clash teen Voortrekker. “Dit is my eerste derby-ervaring en ek sien uit om te sien hoe my eerstespan vaar. Ons het hard gewerk en gaan nog harder speel om Witteberg-netbal se naam hoog te hou!”
Ruzel Vorster, eerstespan netbalafriger van Voortrekker, sê die jaarlikse derby tussen Voortrekker en Witteberg is voorwaar ‘n hoogtepunt op hul netbalkalender.
“Dit is ‘n dag waarna elke speelster met afwagting uitsien. As afrigter van Voortrekker se 1ste netbalspan, wil ek alle sterkte aan al ons spanne wat deelneem toewens en aan my span: geniet die wedstryd, doen net jou beste en Jesus sal jou behoed en bewaar. Trekkertrots.”
Ontmoet Witteberg se eerste netbalspan:

Agter – Querida Ackeer, Leozé Lottering, Jane de Villiers, Zinathi Matshotyana, Katleho Mokhina
Voor – Ziané Lottering (onderkaptein), Sharmell Nkomo (kaptein)
Afwesig- Lesedi Motaung
Ontmoet Voortrekker se eerste netbalspan:

Voor: Karli van Niekerk (onderkaptein), Siba Booi (onderkaptein), Anke Heyns (kaptein)
Middel: Jasmine Liebenberg en Heili Pretorius
Agter: Marile Jonck, Elizbe Heyns, Chloe Opperman en Celri Botha


Kingswood College girls coach Zimasa Dunywa says her side will look to give their all and put away every opportunity when they visit Gqeberha’s Pearson High School in what sets to be a highly entertaining match this coming weekend.



Hockey lovers is set to witness an exhilarating clash of hockey titans this Friday as Hoërskool Noord-Kaap and Diamantveld take to the field.


The stage is set for a captivating showdown as Northern Cape High and Diamantveld prepare to go head-to-head in the highly anticipated FNB Classic Clashes.


For more than 25 years, Remember Elites Sports Academy (RESA) has been producing elite footballers in South Africa. 
Despite a poor performance by the team at the Absa Wildeklawer Soccer Tournament, Tevin Klaasen says he is proud of his boys concerning how far the team has come. “It was definitely not the kind of performance we were looking for, losing all games. 


